Leipoldt. 'n Lewensverhaal
(1999)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 262]
| |
Hoofstuk VIII
| |
[pagina 263]
| |
vir hom werk reël by The Times en The Morning Post, waarin hy ernstige literêre werk kon publiseer. Daarby sou die ekstra inkomste hom die geleentheid gee om aan die skuld van Harry Bolus af te betaal. In hierdie stadium was daar egter by hom geen twyfel dat hy na Suid-Afrika wil terugkeer nie. ‘I can't stand this beastly climate’, skryf hy in Mei 1909 aan sy oom Ewald Esselen. Naas sy redigering van The Hospital behartig Leipoldt in hierdie tyd 'n weeklikse rubriek in The South African News, die Kaapse koerant waaraan hy vroeër verbonde was. Op 10 November 1909 verskyn die eerste van sy ‘Notes by the mail’, wat hy aan die dood van Onze Jan Hofmeyr in Londen wy. Soos altyd lees hy druk aan 'n verskeidenheid boeke. Sy liefde vir Swinburne kom in hierdie tyd op 'n einde, maar hy herlees Lucretius en Horatius met vreugde. Hy ontdek Alain-Fournier se The wanderer, wat oor 'n jeugdige soeke na 'n ideaal handel, en hy vind dié skrywer ‘a bit of a madman but very, very interesting all the same’.Ga naar eind1 Wanneer Bolus ná sy besoek aan Londen terugreis na Suid-Afrika, gee Leipoldt hom as afskeidsgeskenk die Engelse vertaling van die Max Havelaar, waarop Bolus negatief reageer. In 'n brief van 11 November 1909 skryf Leipoldt: ‘I am sorry that you did not wax enthusiastic over the Max Havelaar, but please remember, in extenuation of the faults you cite in it, that the translation of Baron Nahuys is a very poor one and does not give a correct impression of the beauties of the original. Of course you found parts of it tedious - it was and is pre-eminently a propagandist scream - but what a scream! A yell that roused Holland and rang from Java to Jan Steen's home and created what I still believe is one of the finest literary reputations extant! But I am enthusiastic and shall ever be, for Multatuli grows on me every time I read him. You must read Vorstenschool and the Ideeën to have a real notion of his greatness.’Ga naar eind2 In hierdie stadium oorweeg Leipoldt om hom as regstudent te laat inskryf. Hy dink ook weer aan die Londense M.D., maar die Kaapse matriek en sy onvermoë in wiskunde staan in die weg daarvan, iets waaroor hy baie gebelg voel. ‘The Senatus won't,’ skryf hy op 8 Desember 1910 aan Bolus, ‘like a sensible body, accept my Cape Matric certificate, and I am still negotiating with that august assembly for a modified examination before what they are pleased to term the board of moderators. On principle I object to try for their blessed matric again. I have tried twice and each time they had the impudence to say I was “weak” in elementary mathematics: I did not mind the weak so much as the “elementary”: a knowledge of | |
[pagina 264]
| |
graphs, sines and tangents, and involved questions of this nature set at the actuaries examinations scarcely seem to me to come under the heading of elementary mathematics.... It is a profound pity the Senatus should be so “borniert”. They ought to accept the matriculation of any University in the Empire, and make their degree examination as stiff as they please. Now I have not the slightest fear of the latter: compared for instance with the Fellowship papers the surgery required for the Masters degree is trifling, and I should have no difficulty with it. But the matric stops me, for the present at least, and if I cannot get the Senatus in a better frame of mind I shall content myself with the Brussels M.D. and try for the D.P.H. as well.’Ga naar eind3 Van hierdie planne van Leipoldt kom egter niks tereg nie. 'n Aktiwiteit waarby Leipoldt in dié jare betrek word, is die oprigting van 'n vereniging vir Afrikaners in Londen. Onder die lede van dié groep wat later bekendheid sou verwerf, was C.F. Beyers, H.A. Fagan, Oswald Pirow, J.J. Smith, Guillaume Marais en Leipoldt. Grootliks op inisiatief van Marais, opgeleide veearts en briljante intellek, wat op drie-en-dertigjarige leeftyd tydens die 1918-griep oorlede is,Ga naar eind4 het die Afrikaanse Vereniging op 11 Mei 1911 tot stand gekom om jong Afrikaners wat in Brittanje aan die studeer was, by maandelikse byeenkomste bymekaar te bring, gesprekke te voer en voordragte en lesings te reël. Ná sy periode as locum tenens in New Cross is Leipoldt se adres Queen Victoria Street en later 10 Buckingham Street in die Strand. Daardeur was hy nou feitlik in die hart van Londen, naby Buckingham Palace. Deur bemiddeling van Auguste Escoffier, wat vleisgeregte vir die koning moes berei, word Leipoldt betrek by die bereiding van die ander geregte in die paleis se kombuis. Onder meer moes hy die afgewaste kropslaaie in 'n mandjie droogswaai! So een keer per jaar was dit die koning se gewoonte om sy ‘kombuisonderdane’ op 'n klein geselligheid persoonlik vir hulle dienste te bedank. Toe dit dié betrokke jaar tyd word dat Leipoldt saam met die ander voor die koning moes verskyn, ontdek hy tot sy ontsteltenis dat hy nie 'n swart strikdassie met sy aandpak saamgebring het nie. Na 'n rondskarreling het hy toe met 'n geleende das sy dank ontvang!Ga naar eind5 Tydens die Balkanoorlog van 1912-1913 tussen die geallieerde magte van Bulgarye, Montenegro, Serwië en Griekeland aan die een kant en Turkye aan die ander kant was Leipoldt 'n tyd lank korrespondent vir die Manchester Guardian, die tweede keer dat hy dié funksie tydens 'n oorlog vervul. Volgens 'n mededeling aan Markus Viljoen, later redakteur van Die Huisgenoot, was dit die laaste ‘gentlemen's war’ waarby hy betrokke was. ‘Sog- | |
[pagina 265]
| |
gens’, so gee Viljoen die inligting van Leipoldt weer, ‘is daar so 'n bietjie geveg en dan is die vyandelikhede 'n tyd lank gestaak, sodat daar geleentheid kon wees vir verversinge. In die namiddae is dié proses herhaal. Die offisiere het oor en weer gekuier om te gaan kaart speel of drink; en Leipoldt, wat toe al 'n gekwalifiseerde geneesheer was, het die gewondes aan albei kante help verpleeg. Later het hy glo as bewys van erkentlikheid van die Turke 'n eregraad van die Universiteit van Konstantinopel gekry.’Ga naar eind6 Oor die inligting oor hierdie plesierige verloop van die oorlog kan 'n mens 'n vraagteken plaas. Dit is ook te betwyfel of Leipoldt werklik 'n eredoktoraat gekry het; hoogstens kon hy, soos Viljoen dan ook beweer, tot hakim van Istanbul benoem gewees het.Ga naar eind7 Leipoldt se betrokkenheid by die Balkanoorlog illustreer nog eens die veelsydige beweeglikheid van sy karakter en belangstellingsveld. Hy was nou, ten spyte van sy by tye bruuske optrede, 'n sjarmante jong man met 'n enigmatiese persoonlikheid, in die fleur van sy lewe. Daar was iets fassinerends in die uitdrukking in sy gesig: die kalm, moedige, innemende en tog deurdringende oë; die sensitiewe neusvleuels; die goed gevormde, groot mond; en die duidelik uitstaande onderkaak. Veral die oë was betowerend: die een oomblik kon hulle met 'n stille krag dwarsdeur jou kyk, die volgende oomblik hulle van die onmiddellike omgewing afsluit en dromerig wegstaar, net om oombliklik daarna tot die lewe terug te keer en jou te deurboor.Ga naar eind8 Van hierdie tyd dateer Leipoldt se oorgelewerde sakdagboekies waarin hy afsprake en tye vir mediese ondersoeke aanteken, maar ook, veral later, die aanvangs- en voltooiingsdatums van 'n nuwe stuk skeppende werk met allerlei stukkies kommentaar noteer - 'n belangrike bron om sy werk te dateer.Ga naar eind9 Ten spyte van sy onvermoë in wiskunde en sy frustrasie oor die M.D. wat hy nie kon haal nie, was Leipoldt hoog in aansien by Guy's se dosente en die personeel van die hospitale waar hy gewerk het. Dit word bevestig deur die gloeiende getuigskrifte oor sy loopbaan as student en oor sy hospitaalwerk. Reeds op 21 September 1907 getuig dr. Theodore Fisher dat Leipoldt hom ses maande lank in die buitepasiënte-afdeling van die East London Hospital for Children as kliniese assistent bygestaan het. ‘It is rare to find anyone’, skryf hy, ‘of such wide knowledge, a master of every subject with which he deals, and perhaps still more rare to find extremely varied intellectual activities associated with business-like method and a desire to put knowledge to the test of practical experience.’ Dr. Frederick Taylor, geneesheer by Guy's Hospital en die Seamen's Hospital in Green- | |
[pagina 266]
| |
wich, skryf: ‘He has been one of our most able students at Guy's Hospital and as my clinical clerk in the medical wards in 1904 showed himself diligent, and competent and thoroughly appreciative of all the points in diagnosis and treatment of the cases.’ Dr. F.J. Steward, ook van Guy's, sê in 'n getuigskrif van 8 Januarie 1910: ‘Mr. Leipoldt is an exceptionally able & well informed man & is possessed of a great deal of sound practical knowledge of surgery in its various branches.’ Afgesien van sy vermoëns as geneesheer word sy groot belangstelling in sy pasiënte en sy energieke werkywer geloof. Daarby vind almal hom 'n besonder aangename kollega. | |
IIMet die voltooiing van sy studie by Guy's Hospital in 1907 kon Chris Leipoldt terugkyk op die uiteenlopende spektrale verskeidenheid wat met 'n opleiding in die mediese wetenskap gepaard gaan. In die eerste jaar, so kon hy hom jare later herinner, het sy dosente hulle hoofsaaklik toegespits op skeikunde en fisika, wat die student in staat stel ‘om iets te verstaan van die meganiese faktore wat op die liggaam werk, en van die stofwisseling wat in die weefsels plaasvind’.Ga naar eind10 In die tweede jaar het hulle die kursusse toegespits op fisiologie en anatomie, onderskeidelik die studie van die funksies van die normale liggaam en die bou van die organe, terwyl gevorderde studente in embriologie ook iets omtrent die ontstaan van die mens geleer en in vergelykende anatomie kennis gemaak het met die verskille tussen mens en dier. Van die derde jaar af was die studente se hele opleiding gerig op die verskillende siektes wat hulle by pasiënte in hospitale teëkom.Ga naar eind11 Wat Leipoldt van die begin af in hierdie opleiding, met al sy verdienstes, as 'n groot hiaat beskou het, was die volslae afwesigheid van enige aandag aan kennis van die normale indiwidu. Dit het selde gebeur dat 'n professor sy studente daartoe aangespoor het om éérs die normale grondig te bestudeer voordat hulle op die abnormale - die afwykende, die verknoeide, die verdraaide, die sieklike - konsentreer.Ga naar eind12 Daarom was hy so verras om ná sy promosie by Guy's juis dié verwaarloosde aspek van sy Londense opleiding op sy vastelandse studiereis van 1908 aangevul te kry. ‘Dit was vir my 'n openbaring’, skryf hy, ‘om, die twede dag toe ek in Berlyn was, 'n lesing van die vermaarde professor Krause in die Koninklike Mediese Kliniek op die Siegelstrasse by te woon, waar die professor anderhalfuur, met be- | |
[pagina 267]
| |
hulp van 'n epidiaskoop, en 'n lang ry normale kinders, volwassenes en oues van dae, 'n betoog oor die verskillende tiepes van die normale mens gegee het.’Ga naar eind13 Later het Leipoldt dieselfde in Italië en Oostenryk ervaar. Van die beroemdste mediese professore met wie hy daar kon kennis maak, het hulle kursusse ingelei met 'n lesing oor die normale mens. Nog vóór sy vertrek na die Europese vasteland, waar hy hom op die ortopedie en pediatrie toegespits het, is Leipoldt gevra om as locum tenens by 'n private praktyk diens te doen, 'n posisie wat hy by geleentheid ook ná sy terugkeer en ná sy reis saam met Pulitzer sou beklee. Van die private praktyk het hy egter van die begin af niks gehou nie. ‘In my own case,’ skryf hy in 'n ongepubliseerde manuskrip,Ga naar eind14 ‘private practice held out no attractions for me. The dictum of that great and half forgotten master...that the practitioner of medicine should serve the public and not merely the private sick, had impressed me when I first came across it, both by its logic and by its commonsense. Private practice benefits the individual. Consulting practice and public service, such as could be found in the two branches of medical jurisprudence and preventive medicine, offered a better chance of realising Aselli's ideal.’ Uit 'n uitspraak soos dié bespeur 'n mens weer hoe sterk die sendelinggees steeds in Leipoldt soos 'n suurdeeg werksaam was en in watter groot mate hy as altruïs by die lot van 'n groter gemeenskap betrokke wou wees. In die kiem is hier trouens die sterk didaktiese element aanwesig wat sy latere publikasies op mediese gebied sou kenmerk. Dit is dan ook nie toevallig nie dat hy in hierdie jare reeds sy grootste vreugdes begin put uit die behandeling van kinders. In Oktober 1909 werk hy twee keer per week as narkotiseur in die Duitse hospitaal in Dalston en een keer per week in die Victoria-kinderhospitaal in Chelsea - ‘one afternoon a week which I look forward to and very much enjoy’,Ga naar eind15 soos hy dit in 'n brief van 11 November 1909 aan Bolus stel. Opvallend is dat Leipoldt in sy brief aan Bolus glad nie vermeld in watter mate hy as chirurg, een van die gebiede waarop hy hom bekwaam het, werksaam is nie. In sy Bushveld doctor skryf hy egter dat tydens sy Londense jare ‘my experience had been gained solely in large hospitals where I had first worked as an aspirant for surgical posts on the staff and consequently directed my efforts to purely surgical work, with a special bent towards orthopaedics’.Ga naar eind16 Hoeveel volwaardige operasies, indien enige, Leipoldt inderdaad gedoen het, is egter onbekend. Medici wat in latere jare sy onhandigheid waargeneem het, was bly dat hy in Suid-Afrika nooit die gebied van die chirurgie betree het nie. Prof. J.H. | |
[pagina 268]
| |
Louw, hoof van die departement chirurgie aan die Universiteit van Kaapstad, stel dit in 1980 onomwonde: ‘he possessed none of the characteristics of a typical surgeon - least of all manual dexterity.’Ga naar eind17 In die behandeling van kinders was Leipoldt egter intens geïnteresseerd. In sy Praatjies met die oumense (1918) vertel hy die merkwaardige geval in Londen van 'n twaalfjarige meisie wat heeltemal blind was, sonder dat die oogarts enige verklaring vir haar toestand kon verskaf. Aanvanklik was die behandeling vrugteloos. Op 'n aand het die ou hospitaalsuster haar 'n kelkie kasterolie gemeng met wyn ingegee en gesê: ‘Gaan nou slaap, kind, en môre sal jij weer sien’. Die volgende oggend kon die meisie die koerant lees, 'n geval, so verklaar Leipoldt dit, waar die siek gemoedstoestand deur suggestie genees is.Ga naar eind18 En die vreugde wat siek kinders in 'n hospitaal tydens Kersfees ervaar, met 'n groot Kersboom waaraan studente en verpleegsters onselfsugtig weke lank gewerk het, was vir hom iets aandoenliks om te aanskou. ‘Dis 'n gebeurtenis’, skryf hy, waarna elke kind in die omgewing van die groot inrigting twaalf maande lank gretig uitsien. Die enigste voorwaarde vir deelneming aan die gasvryheid is dat die kind òf self 'n gewese pasiënt is òf die kind van 'n buite-pasiënt. Daar word selfs vertel dat kinders hul ouers gedwing het om die polykliniek te besoek eenvoudig om 'n kans te kry om op die lys geplaas te word. Natuurlik moes daar teleurstellings wees, want daar was duisende arm kinders in die hospitaal-wyk; maar die stelsel is taamlik bevredigend en minder is afgewys as wat 'n mens sou verwag. En daar was altyd iets oor om uit te deel aan die honderde klein handjies van diegene wat buite die groot ysterhek gestaan het en nie die verrigtings daarbinne kon bywoon nie. Ek het een van die beroemdste geneeshere gesien, vermom as Vader Kersmis, wat hom ure lank besig gehou het met die uitdeel van koek en presente en sy werk slegs gestaak het omdat hy moes vlug om betyds sy eie Kersmaal te geniet. Kersfees op hierdie manier gevier is dubbel aangenaam, want dit is die verwesenliking van die ideaal van naasteliefde wat so intiem met ons besef van die betekenis van die feesdag ingevleg is.Ga naar eind19 In sy kinderpasiënte het Leipoldt se mediese belangstelling in die eerste plek gelê, 'n belangstelling wat algaande tot 'n hartstog sou uitgroei. Ten spyte van sy bedenkinge oor die private praktyk neem Leipoldt in | |
[pagina 269]
| |
Oktober 1909 sy intrek by 14 Mansion House Chambers, Queen Victoria Street, waar hy as algemene mediese praktisyn begin. Die ruim kamer wat hy huur, is met 'n afskorting verdeel in 'n wag- en spreekkamer waarvoor hy altesame £72 huur per jaar moet betaal, terwyl die meubels hom £25 uit die sak jaag. Sy spreekure is van elfuur in die oggend tot twee-uur in die middag. ‘I am going slowly, getting in things bit by bit,’ skryf hy op 11 November 1909 aan Bolus, ‘and at present my chambers look very bare. I hope to seat myself in them in state on the 20th and begin the dreary daily wait for unfortunates who are venturesome enough to trust themselves to my tender mercies.... So far I've had three patients - all too poor to pay. Another is almost within my net. It's a young man who has enlarged tonsils, and who went to St. Clair Thomson who offered to take them out for £52. This the poor thing cannot afford to pay, so I have offered to do it for him at £10 - £5 - as much as he can pay; and he is now considering the matter.’Ga naar eind20 In die loop van die daaropvolgende maand gaan dit nie veel beter met Leipoldt se praktyk nie. 'n Arbeider wat aan sy kamer moes kom werk en onder meer 'n opwasbak en dubbelskakelaars vir neus- en keelondersoeke moes installeer, het presies die teenoorgestelde gedoen as wat hy gevra is en 'n kombuisbak en enkelskakelaars aangelê. Nou is die kamers uiteindelik ingerig, so laat weet hy Bolus op 20 Januarie 1910, maar die pasiënte daag nie op nie! ‘It is very dreary waiting and seems to lead to nothing, but I suppose it must be given a fair trial. At the end of six months - that is in July - I will write and tell you my experiences, and give you a detailed statement of my work. At present there is, professionally at least, no progress to report, and the waiting, the unremunerative but in point of time expensive hospital work tires one out and makes it doubly hard to do literary work - that is of any real value - in the evenings. I feel, at times, as if I wanted to throw up the whole thing and take the bit between my teeth and run South Africawards, but then that seems cowardly, especially after only a month's trial.’Ga naar eind21 Hierdie drang terug na Suid-Afrika word in die volgende maande sterker, veral as hy toenemend op prinsipiële punte met sir Henry Burdett oor die redigering van The Hospital begin verskil. Hy kyk gereeld na die moontlikhede in die Cape Medical Record en sal aan enige opening oorweging skenk. Op sy beurt bied Bolus aan om met die oog op 'n praktyk in Suid-Afrika vir Leipoldt te adverteer en hom selfs die geld vir die aankoop te leen. In 'n brief van 6 Oktober 1910Ga naar eind22 spreek Leipoldt sy dank | |
[pagina 270]
| |
hiervoor uit. ‘I have just seen Dr. Weber of the Paarl,’ skryf hy, ‘who has sold his practice and is over here for a visit. His opinions of chances at the Cape - especially in the Cape Colony - is not very good. He tells me that unless I have capital and am content to wait for a couple of years it will not be much good.’ Leipoldt besluit derhalwe om nog tot einde 1912 in Londen te bly, behalwe as iets onvoorsiens gebeur. Sy private praktyk is in dié stadium steeds nie op dreef nie, maar daar is hoop op verbetering. Intussen het hy die kamers in die City opgehef en slegs die spreekkamer in Buckingham Street behou, 'n verandering wat sy uitgawes met die helfte besnoei en hom die geleentheid bied om tussen £150 en £200 per jaar te spaar. Maar ook dié verandering help nie. Hoewel hy sy spreekkamerdeur laat oopstaan om besoekers te lok, kry hy geen pasiënte nie. Die oop deur lei soms tot geestige situasies. ‘(On) one occasion’, skryf hy op 8 Desember 1910 aan Bolus, ‘a dilapidated clergyman had wandered in and was sitting in my armchair reading one of my review books. I thought at first he was a patient, and was just going to lock the door to prevent his escape, when he mildly informed me that he had merely strolled in for a rest. “It is so warm, outside” he said, with a beautific smile. “I hope you don't mind. I am quite a stranger in London. As you will see I have stolen nothing.” The poor man was not quite right in his head, but entirely harmless, and he refused any tea. I do not know his name. We talked for a few minutes, and I found that he had read Lucretius - which excused his intrusion wholly! - and then he got up and said that he “really must be going now”. We shook hands as if we were old friends and I ushered him to the door. The last I saw of him was his back as he stood peering into a shop at the Strand-side of the street. My landlady told me he had simply walked in and as she thought he was a friend of mine she did not interfere. I found nothing missing afterwards!’Ga naar eind23 In die tweede helfte van 1910 ontvang Leipoldt onverwags besoek van sy bejaarde vader en Katie, sy jongste suster. Ongelukkig het hulle eers van Madeira af vir hom van hulle reis laat weet, met die gevolg dat hy hulle vanweë sy verpligtinge nie na die Europese vasteland kon vergesel nie. Hoewel die seereis hom goed gedoen het, vind Leipoldt sy vader se gesondheid glad nie na wens nie. In 'n brief aan Issa, sy oudste suster, skryf hy: ‘His paralysis, of which he makes light, is really bad, much worse than I expected from his letters. I am taking him to see Sir Dya Duckworth or Dr. Fawcett for a thorough overhaul as I do not like to do it myself!’Ga naar eind24 | |
[pagina *17]
| |
25. 'n Voorbeeld van Babiana leipoldtii, deur Gwendoline Lewis beskryf as 'n nuwe spesie. Die tipe-eksemplaar is Leipoldt-nommer 55686 in die Suid-Afrikaanse Museumversameling. (Foto met vergunning van die Bolus-Herbarium.)
26. Die tipe-eksemplaar van Ixia leipoldtii, deur Leipoldt op 27 September 1935 tussen Prins Albert en Klaarstroom as 'n nuwe spesie gevind. Gwendoline Lewis skryf: ‘Hierdie aantreklike en skynbaar seldsame spesie is slegs een keer versamel en vernoem ter ere van die vinder, wyle dr. C.L. Leipoldt, wat in hierdie land altyd onthou sal word as 'n skrywer en digter en 'n hartstogtelike liefhebber van die natuur.’ (Foto met vergunning van die Bolusd-Herbarium.)
| |
[pagina *18]
| |
27. Dr. Lulu Bolus het haar vriend Leipoldt vereer deur die genus Leipoldtia in die familie Mesembryanthemaceae of vygies na hom te vernoem. Hierdie waterverfillustrasie is deel van 'n reeks van meer as 'n duisend wat Mary Page in die jare 1915-1925 by die Bolus-Herbarium voltooi het. (Foto met vergunning van die Bolus-Herbarium.)
28. Rudolph Schlechter, die Duitse botanis saam met wie Leipoldt op jeugdige ouderdom deur die dor streke van Namakwaland en Boesmansland gereis het om plante te versamel. (Foto: Bolus-Herbarium.)
| |
[pagina *19]
| |
29. Portret van Harry Bolus (olie op hout; kunstenaar onbekend), sakeman en botanis met wie Leipoldt in Kaapstad bevriend raak en wat hom finansieel begunstig om hom vir die mediese beroep in Londen te bekwaam. (Foto met vergunning van die Bolus-Herbarium.)
| |
[pagina *20]
| |
30. Kaapstad aan die begin van die twintigste eeu tydens die Anglo-Boereoorlog. (Foto: Universiteit van Stellenbosch.)
31. Friedrich Carl Kolbe, Rooms-Katolieke geestelike in Kaapstad, met wie Leipoldt 'n hegte vriendskap sluit. (Foto: Universiteit van Stellenbosch.)
| |
[pagina *21]
| |
32. Lulu Bolus, gebore Kensit, wat ná die dood van Harry Bolus met sy seun Frank in die huwelik tree. Soos Harry Bolus het sy later internasionale roem as botanis verwerf. Lulu en Frank Bolus was van Leipoldt se hegste vriende. In sy briewe verwys hy na hulle as die Boli. (Foto: Bolus-Herbarium.)
| |
[pagina *22]
| |
33. Dot (Dorothy) Sauer, later Van Zyl, geliefde van Leipoldt en aangesprokene in sy gedig ‘Wys my die plek waar ons saam gestaan het’. (Foto: Paul van Zyl.)
34. Londen aan die begin van die twintigste eeu, wanneer Leipoldt medies aan die Guy's Hospital studeer. (Foto: Universiteit van Stellenbosch.)
| |
[pagina *23]
| |
35. Die eerste bladsy van 'n brief uit Londen van Leipoldt aan Harry Bolus. 'n Keur uit hierdie belangwekkende briewe word in 1979 onder die titel Dear Dr Bolus gepubliseer.
| |
[pagina *24]
| |
36. Leipoldt in die anatomie-lesingsaal tydens sy studiejare by Guy's Hospital in Londen. Leipoldt, met die hand voor die ken, staan derde van links.
| |
[pagina *25]
| |
37. In sy finale jaar as huisdokter by Guy's saam met van sy medestudente en die personeel. Leipoldt staan in die middelste ry, derde van regs.
38. Auguste Escoffier, beroemde meesterkok van die Savoy in Londen. Onder Escoffier se leiding het Leipoldt dikwels, soveel as wat sy tyd hom toegelaat het, by die Savoy gaan werk en kosbare ervaring in die kulinêre kuns opgedoen. (Foto: Universiteit van Stellenbosch.)
| |
[pagina *26]
| |
39. Tydens sy jare in Londen reis Leipoldt veelvuldig op die vasteland van Europa en later ook na die twee Amerikas en die Ooste. Op 'n poskaart uit Remagen, Duitsland, skryf hy op 21 April 1903: ‘Good hotel - fair meals - good attendance - sheets dry! C.L.L.’
40. Jozeph Pulitzer, die koerantmagnaat op wie se jag Leipoldt na die twee Amerikas saamreis en na wie se mediese sorg hy omsien. (Foto: Universiteit van Stellenbosch.)
| |
[pagina *27]
| |
41. In die eindeksamen by Guy's Hospital in 1907 verwerf Leipoldt goue medaljes sowel in medisyne as in chirurgie. Hier word sy sertifikaat in medisyne afgedruk.
| |
[pagina *28]
| |
42. Titelblad van die eerste uitgawe van Oom Gert vertel en ander gedigte (1911), Leipoldt se eerste bundel gedigte. (Foto: Universiteit van Stellenbosch.)
43. J.J. Smith, taalkundige versorger van Leipoldt se tekste. (Foto: Universiteit van Stellenbosch.)
| |
[pagina *29]
| |
44. Die karbou of buffel wat vandag nog in Indonesië met die plant van rys ingespan word en waarna Leipoldt in Uit my Oosterse dagboek verwys. (Foto: Impact.)
45. Krakatou, ‘die duister reus van driemaal donker rots’ in die Soendastraat tussen Soematra en Java. Dit is dié vulkaan wat in 1883 met groot lewensverlies tot uitbarsting gekom het en waaroor Leipoldt 'n sonnet in Uit drie wêrelddele opneem. (Foto: Impact.)
| |
[pagina *30]
| |
46. Die doerian, die Oosterse vrug met 'n besondere lekker smaak en 'n uiters onaangename reuk. ‘Jou steeklig' skil versluier godespys’, skryf Leipoldt daaroor in Uit drie wêrelddele. (Foto: J.C. Kannemeyer.)
| |
[pagina *31]
| |
47. Padi-velde, die droë ryslande op Java, waarna Leipoldt in sy dramatiese alleenspraak ‘Van Noodt se laaste aand’ verwys. (Foto: J.C. Kannemeyer.)
48. Berg Merapi in Sentraal-Java, die ‘land van oerwoud en vulkaan’. (Foto: Impact.)
| |
[pagina *32]
| |
49. Die kop van Pieter Elberfeld wat vandag in die museum in Jakatra bewaar word. Die geskiedenis van Elberfeld het Leipoldt intens geboei. Onder sy nalatenskap is fragmente van 'n onvoltooide drama oor dié figuur, wie se lewensverhaal 'n ooreenkoms met die Kaapse rebel Estienne Barbier vertoon. (Foto: Universiteit van Stellenbosch.)
| |
[pagina 271]
| |
Daarby is hy bekommerd dat Katie klaarblyklik geen belangstelling in die lewe het nie en onsimpatiek teenoor hul vader optree. Sy het Leipoldt vertel sy is siek en sat van die onderwys. Die een oomblik wil sy gaan toneelspeel, die volgende oomblik vir verpleegster gaan leer, sonder die besef dat dit naas harde werk dissipline vereis waaroor sy nie beskik nie. Intussen het Bolus weer op die kwessie van 'n praktyk vir Leipoldt in Suid-Afrika ingegaan. In 'n brief van 12 Desember 1910 laat weet hy sy jong vriend dat daar 'n praktyk op Boshof beskikbaar is. In 'n brief van 18 Februarie 1911 antwoord Leipoldt hierop. Hy hoop om die hele aangeleentheid met Bolus te bespreek wanneer hy en Lulu Kensit Londen in Mei besoek. Naas sy verpligtinge by die hospitaal, skryf Leipoldt, bestee hy baie tyd aan joernalistieke werk ten einde 'n bietjie geld te spaar waarmee hy sy skuld kan afbetaal. Hy kry as gevolg daarvan weinig tyd vir belangriker skeppende werk en die Londense klimaat val hom by die dag meer teë. Hy het twee alternatiewe waartussen hy moet kies: om na die Kaap te kom en in private praktyk te gaan, of terug te keer na Pulitzer se jag. Die tweede moontlikheid sal hom die geleentheid bied om £600 per jaar te spaar, maar ‘what it entails in demoralisation I have already told you’.Ga naar eind25 Hy meen egter dat hy dit moet doen. ‘A couple of years spent on board’, skryf hy, ‘will give me plenty of time to devote myself to literary work - as the professional work is very slight - and enable me to save money to buy a practice finally.’Ga naar eind26 | |
IIIGelukkig vir Leipoldt word nie een van die twee alternatiewe wat hy teenoor Bolus in die vooruitsig gestel het, verwesenlik nie. Die inkomste uit sy praktyk bly egter niksbeduidend. Omdat die salaris vir sy hospitaalwerk ook nie groot genoeg is om hom aan die lewe te hou nie en sy verskille met sir Henry Burdett by The Hospital by die dag groter word, moet hy nou ernstig begin dink aan 'n ander bron van inkomste. Juis in hierdie stadium duik daar iets op wat aan Leipoldt se mediese loopbaan 'n koers gee waarin hy, ook in die toekoms, die hoogste vreugde en bevrediging sou vind. Nog voor die beëindiging van sy studie het hy die geleentheid gehad om die beroemde dr. Thomas Barnardo, in 1899 oprigter en direkteur van 'n nasionale genootskap vir die versorging en opvoeding van hawelose kinders,Ga naar eind27 te ontmoet. In 'n lang gesprek, waarin | |
[pagina 272]
| |
Leipoldt oor die jare in sy ouerhuis met 'n onsimpatieke moeder praat, wei Barnardo uit oor die groot voldoening wat hy uit sy werk met behoeftige kinders put en watter vreugde hy belewe as hulle later van jare in hulle studie en werkkringe sukses behaal. ‘Your own youth was lonely and dark. Why don't you help other children to have a happier youth than your own? It will be a compensation for your own loneliness.’Ga naar eind28 Hierdie woorde het 'n groot indruk op die sendelingkind Leipoldt gemaak, maar hy het aanvanklik nie geweet hoe hy dit as medikus ten uitvoer kon bring nie. Die gedagte was egter al die jare sluimerend in hom aanwesig. In Junie 1910 was daar enkele vakatures vir skooldokters by die London County Council beskikbaar. Om sy naam as kandidaat vir so 'n betrekking voor te lê, was iets wat hy deeglik moes oorweeg. Indien hy voltyds aangestel word, sou hy nie meer geregtig wees om privaat te praktiseer of konsultasies te doen nie. Hy sou ook sy hospitaalwerk by die Victoria en die Dalston moes laat vaar.Ga naar eind29 Maar, so het hy dadelik besef, in 'n aanstelling as skooldokter sou hy daagliks met kinders kon werk en die gedagte wat Barnardo by hom geplant het, werklikheid laat word. Leipoldt besluit dus om vir 'n pos aansoek te doen. Op 'n mooi, helder Juliemiddag in 1910 meld hy hom saam met sestig ander kandidate by die kantoor van die London County Council op Trafalgar Square vir 'n onderhoud aan. 'n Week of twee nadat hulle voor die raad verskyn het, word hy een van die vakante betrekkings aangebied. Sy werk sou op 1 September 'n aanvang neem. Aanvanklik sou sy verpligtinge oor drie halfdae per week teen 'n salaris van £120 per jaar strek en sou hy net tydelik in diens wees. Later sou dit teen £400 per jaar 'n voltydse betrekking word. Tot vóór Leipoldt en sy kollegas se aanstelling was die mediese inspeksie op skole van die London County Council nog in 'n beginstadium. Aan die hoof van die hele onderneming was dr. James Kerr, iemand vir wie Leipoldt baie gou die hoogste bewondering gehad het. Hy skryf: ‘Dr. James Kerr, an enthusiastic and able pioneer in the speciality, had organised the school medical inspectorate of the London County Council..., and had gathered round him a band of equally enthusiastic young men, to whom he gave unlimited opportunity for special study and research. Our routine work was alleged to be monotonous and mechanical. As a matter of fact it was neither. It was it is true to some extent assessment work. The purpose of the examination of scholars was to find out whether or not the child could “profit from the instruction given in class”. To assess that capacity one had to know what the normal child was able to achieve. It was | |
[pagina 273]
| |
sufficiently obvious in most cases that malnutrition, carious teeth and septic tonsils, incipient tuberculosis, rickets, and other apparent and tangible defects, gave an absolute indication of abnormality and incapacity.’Ga naar eind30 Leipoldt se verpligtinge was, soos dié van kollegas, om na skole te gaan en telkens 'n aantal kinders te ondersoek. Kort ná die aanstelling het Kerr hulle almal byeengeroep en op 'n yslike kaart van die graafskap elkeen se ‘kringe’ uitgewerk. Toe Leipoldt nog 'n deeltydse assistent was, is een van die suidelike streke van die stad aan hom toegewys, waar hy drie maal per week skole moes besoek. Dit was 'n agterbuurtstreek met armoedige skole en kinders. Met sy voltydse aanstelling het hy die meer gegoede Hampstead toegewys gekry, 'n kring met sowat 40 000 kinders en met drie verpleegsters om hom in die werk by te staan. Dit was vir Leipoldt 'n totaal nuwe werkkring. Binne die eerste week moes hy met die skole kennis maak, hom op die hoogte stel van die werk en daarna die vasgestelde roetine van die hoofkantoor volg. In 'n brief van 10 Oktober 1910Ga naar eind31 aan Bolus skryf hy onderhoudend oor sy eerste ervarings en indrukke: At my first school... the junior boys were in a state of great nervous trepidation when I called. The result of course was that their little hearts were beating furiously, and in many cases they had cardiac murmurs which were difficult to diagnose. Usually however these murmurs disappeared after one had talked to them and put them at their ease by asking them questions about their home life, and so on, so that one was justified in looking upon the murmurs as transient and not due to disease. There was one small boy, however, a cheeky little kid of 9 years, who was by no means nervous yet had a big dilated heart, an irregular pulse and a general condition of cardiac irritability which I could not account for. I examined his throat and found it markedly inflamed - a kind of chronic, granular laryngitis. On questioning him I found that he was a confirmed cigarette smoker! He had started smoking when he was 7 and he smoked on an average 8-10 cigarettes...a day, and now has a typical smoker's throat and heart! This is the first case I have met in a child. I explained the case to his astonished grandmother - his mother being dead - and hope that he is now being taken care of! But it is only a hope! I believe the good ladies do not fully appreciate the benefits of medical inspection. They are apt to look upon it as a bore, a nuisance, and | |
[pagina 274]
| |
a farce, and very rarely show sufficient energy to carry out the doctor's recommendations. They prefer to take their children to ‘sixpenny doctors’ who really do not treat them as they ought to be treated. In my district there is a very popular Black Doctor (I believe he is a Hindoo) whose popularity depends on the fact that he undercuts the sixpenny men by charging 3 pence! His treatment is however by no means so good as it ought to be in a man of such altruistic principles as his tariff shows him to be! Van die begin af was die werk vir Leipoldt uiters interessant, veral omdat dit so veelsydig en inspirerend was. Hoewel Hampstead oorwegend deur mense van die middestand en hoër bewoon is, was dit duidelik dat baie van die skoolkinders ellendig ondervoed was, iets wat die raad op versoek van Leipoldt dadelik met die verskaffing van skoolmaaltye begin bekamp het. Mnr. Hancock Nunn, 'n bekende ingesetene van Hampstead en iemand met wie Leipoldt bevriend was, het as voorsitter van die verskillende Care-Committees aansienlik bygedra tot die fondse vir die voeding en behandeling van behoeftige kinders. Aangesien mediese inspeksie op skole in dié tyd iets nuuts was en baie mense nie die waarde daarvan kon insien nie, was baie onderwysers en dokters aanvanklik daarteen gekant. Die onderwysers het gemeen dat dit 'n onredelike inmenging op hulle terrein was, terwyl die dokters gedink het dit sou inbreuk maak op hulle praktyk. Voordat Leipoldt Hampstead verlaat het, was die gesindheid van albei groepe totaal anders, danksy die takt, mensekennis en persoonlikheid van Kerr. Een van die skoolhoofde het egter voortgegaan om Leipoldt voortdurend te dwarsboom en die lewe vir hom moeilik te maak. ‘Ek wou nie’, skryf Leipoldt, ‘by die hoofkantoor kla nie, en het maar stilgebly, en op 'n goeie dag het die oubaas - want hy was al taamlik bejaard - omgeswaai en het my selfs uitgenooi om by hom te kom tee drink. Van toe af was ons goeie vriende, en eers later het ek die oorsaak van sy vroeëre onwilligheid verneem. Een van sy assistente het my dit vertel. “O,” het hy gesê, “weet jy dan nie waarom hy so bitsig was nie? Hy het dadelik toe hy van jou aanstelling verneem het, gesê dat dit 'n | |
[pagina 275]
| |
skande is om 'n gedit-en-datse Duitser op ons af te dwing, en eers nou het hy gehoor dat jy 'n Boer is.’Ga naar eind32 Ook die verhouding tussen skooldokter en ouer het aan die begin veel te wense oorgelaat. Leipoldt vertel dat hy by een skoolondersoek die moeder versoek het om haar kind te ontklee. ‘Sy was’, skryf hy 'n norse, sterk-gespierde dame, wat kort-asemig was en my vroegtydig verseker het dat sy 'n ‘hart’ het - waarskynlik as verklaring van die jenewerruik wat sy uitgeasem het. Die bojurkie het maklik genoeg afgekom, maar daaronder was 'n flennie-onder- en borokkie, en dit was tevergeefs om haar te vra om dit ook uit te trek. Aanvanklik het Leipoldt baie sulke gevalle teëgekom. Luise was volop, onderklere ellendig vuil, skoeisel die verkeerde nommer. 'n Groot persentasie was ondervoed, sieklik en gebreklik. Geleidelik binne die bestek van drie, vier jaar het die situasie begin verbeter. Die skoolverpleegsters moes egter baie beledigings verduur. Een van hulle het op 'n huisbesoek 'n paar hande vol hare verloor, terwyl 'n verontwaardigde moeder, wie se seuntjie huis toe gestuur is omdat hy so vuil was, die kind die volgende dag teruggestuur het met 'n briefie: ‘My kind kom skool toe om te leer lees en skryf, nie vir jou om aan te ruik nie.’Ga naar eind34 Wat Leipoldt veral tydens inspeksies ondervind het, is dat elke kind 'n indiwidu is en dat nie almal oor dieselfde kam geskeer kon word nie. Elke kind moes noukeurig ondersoek en met die ideale norm vergelyk word. Die skole wat hy moes besoek, was meestal groot, met drie- tot vierduisend leerlinge per skool, meestal goed ingerig met 'n goeie speelterrein, moderne meubels en goed opgeleide onderwysers. Daar was wel gebiede waar ondervoeding en tuberkulose dikwels voorgekom het. So 'n gebied was in een van die klowe van Wallis geleë, 'n streek waarvan byna al die kinders se ouers arm werkers in die koolmyne was. By een van die skole wat onder die London County Council val, het Leipoldt kennis gemaak met 'n nuwigheid waarin hy dadelik belanggestel | |
[pagina 276]
| |
het en waarvan hy later 'n oortuigde apologeet sou word, naamlik die skoolreis. Sy belangstelling is geprikkel deurdat een van hulle dokters verklaar het dat sulke reise te afmattend vir die kinders was en dat die lang wandeltogte wat daarmee gepaard gaan, by sommige skoliere hartmoeilikhede kon veroorsaak. Die London County Council het Leipoldt gevra om dié aangeleentheid te ondersoek en met een van die reise saam te gaan. Die skool wat so 'n reis ingestel het, was die Torianno Avenue, waar die opgewektheid en lewendigheid van die leerlinge Leipoldt van die begin af getref het. Die hoof was dadelik bereid om Leipoldt mee te neem op die reis, wat met 'n veertigtal meisies en seuns tussen tien en twaalf jaar onderneem sou word. Leipoldt skryf: Ek het kans gekry om te sien hoe grondig die voorbereiding vir die uitstappie was, en hoe elke kind, maande tevore, hom daarvoor klaar gemaak het. Elkeen het weekliks sy bedraggie - 'n paar pennies - in sy skoolreisspaarkassie gestort. Vir die week se reis, wat vervoerkoste met die trein en boot ingesluit het, moes hy sowat vyftien sjielings betaal, en die meeste kinders - want byna sonder uitsondering was hulle arm kinders - moes die geld self verdien of uit hulle sakgeldjies, wat maar skraal was, spaar. Ook moes hulle die reis vooraf bestudeer, die geskiedenis en aardrykskunde van die plekke waarnatoe hulle sou geneem word, aanleer, en kaarte en tekeninge maak. Die reis was na die Isle of Wight, deur Winchester en Southampton, en ek was verbaas om te sien hoe goedkoop dit kon geskied, en hoe vlot dit van stapel kon loop, danksy die grondige voorbereiding. Dit was my 'n openbaring om te sien hoe die leiers - mnr. Lewis as hoof, en die onderwyser en onderwyseres wat meegegaan het - en die kinders geakkordeer het, met watter gemoedelikheid altwee mekaar bejeën het, en watter sedelike en opvoedkundige resultate so 'n reis kon oplewer. Van daardie tyd af is ek 'n voorstander van die skoolreis... Dit was egter geen piekniek nie: dit was 'n deurdagte reis, goed georganiseer en onder behoorlike leiding. Elke môre het ons van ons verblyfplek vertrek na 'n behoorlike agtuur, die kinders gewapen met hulle aantekenboekies, en een of ander plek gaan sien, om in die namiddag weer terug te kom. Op die lang wandeling was daar kans vir meer as een nuttige les - oor die geskiedenis, botanie, geologie, industriële ontwikkeling of wat al ook - wat nooit langer as 'n kwartier geduur het nie, en wat altyd met belangstelling deur die | |
[pagina 277]
| |
kinders gevolg is. In die aand het ons ‘navraag’ gehad. Elke tiental kinders het met hulle aantekeninge gekom en dié met die leiers bespreek - 'n onderrigsuur wat kans gegee het vir vrae aan weerskante, en wat ongetwyfeld van die grootste nut vir algar was. Daarna was daar 'n halfuur gesellige verkeer, met liedere of speletjies en dan ook het ek die kans waargeneem om my ondersoekwerk te verrig. Elke kind se hart en spiere is ondersoek, en op die end het dit geblyk dat nie een die minste teken van hartvermoeidheid gelewer het nie. Ek kon eerlik en opreg verklaar, in my breedvoerige verslag aan die Raad, dat die skoolreis hoegenaamd geen liggaamlike skade veroorsaak het nie, en dat elke kind, sonder uitsondering, daarby baat gevind het. My verslag het soveel belangstelling verwek dat die Opvoedingskomitee van die Raad dit laat druk en onder skole versprei het.Ga naar eind35 Met verloop van jare is die stelsel van skoolreise in Brittanje uitgebrei. 'n Versekeringsbedrag is by die reiskoste ingesluit; binnelandse skoolreise is goedkoop aangebied en groter bedrae geld alleen vir reise na die Europese vasteland vereis; die kinders moes self vir die reis betaal, maar 'n fonds is in die lewe geroep waaruit behoeftige kinders gehelp kon word; op verskeie plekke is skoolreiskoshuise opgerig waar die kinders teen baie lae pryse kon loseer. ‘Die geringe koste van die skoolreis in Engeland’, skryf Leipoldt, ‘is te danke grotendeels aan die bereidwilligheid van die spoorweë om reiskaartjies teen 'n baie billike prys toe te staan. Hulle het geleer dat elke kind wat meegaan op so 'n reis, 'n potensiële propagandamaker is...Die Londense Raad gee ook belangrike voorregte aan sy onderwysers wat meedoen aan sulke skoolreise. Die onderwyser of onderwyseres kry nie alleen volle salaris as hy of sy op skoolreis uit is nie, maar sy plaasvervanger op skool tydens sy afwesigheid word betaal, en die reisende onderwyser kry 'n skoolreistoelaag, omdat die Departement besef dat hy werk doen in die belang van die skool en van die kinders.’Ga naar eind36 Die geleentheid om met kinders te werk wat elkeen 'n eie unieke persoonlikheid was en om met uiteenlopende probleme gekonfronteer te word, het vir Leipoldt geboei en hom in die werk as skooldokter laat opgaan. Daarby het hy deur bemiddeling van Kerr uitmuntende geleenthede vir eie navorsing gekry. Hy kon ander skooldistrikte besoek en na die Europese vasteland van Europa gaan om skoolinspeksie in Nederland, België, Frankryk en Italië te ondersoek. ‘In Italië’, skryf hy ‘is dit beson- | |
[pagina 278]
| |
der goed georganiseer, en ek het die mooi, nuwe skole, en veral die pragtige herstellingskole, soos dié van Codavilla naby Bologna, bewonder. Ook in Duitsland was die diens al populêr, ofskoon dit daar op 'n heeltemal ander manier gereël is. In Mannheim, byvoorbeeld, onder die entoesiastiese dr. Stephanie, was dit goed georganiseer, en daar het ek met die mooi opelugskool vir gebrekkige kinders kennis gemaak en 'n verslag daaroor gelewer.’Ga naar eind37 In Amerika kon hy die skoolmediese dienste in Chicago, New York en St. Louis ondersoek. Orals was daar punte van ooreenstemming en verskil wat nuttig was om te bestudeer. Terug in Londen kon hy en kollegas met hul navorsingswerk voortgaan. ‘Ons kon’, skryf hy, ‘meewerk met die groot hospitale, en ons het agter ons gehad die uitstekend ingerigte laboratorium van die Graafskap self. Elke jaar, dus, het tal van ons skooldokters een of meer rapporte oor die resultate van besondere navorsingswerk geskryf, wat in die jaarverslag van die Raad gepubliseer is. In my geval het ek sulke rapporte geskryf oor ondervoeding, platvoet, ruggraatsverkromming in verband met die sitting en houding van skoolleerlinge, vergroting van die skildklier, en, wat my besondere belangstelling ingeboesem het, die sogenaamde konstitusionele minderwaardigheid van (sommige) kinders.’Ga naar eind38 Met onderbrekings was Leipoldt bykans vier jaar lank in Londen as skooldokter werksaam. In 1913 behartig hy ook die redaksie van The School Hygiene, amptelike blad van die vakgenootskap van skooldokters.Ga naar eind39 Toe hy Brittanje vroeg in 1914 verlaat, het hy nie alleen uitgebreide ervaring in dié veld gehad nie, maar was hy deur sy besoeke aan talle stede in Amerika en Europa deegliker as wie ook al in Suid-Afrika op die hoogte van wat daar aan mediese skoolinspeksie in ander lande gedoen word. | |
VIIn Mei 1911 kom Harry Bolus en Lulu Kensit in Brittanje aan op hulle jaarlikse besoek. Bolus was nou 'n man van sewe en sewentig en as gevolg van 'n chroniese hartprobleem glad nie meer in goeie gesondheid nie. Op Woensdag, 24 Mei, skryf Leipoldt vir hom 'n briefie na Oxted in Surrey, waar Bolus toe gehuisves was, dat hy jammer is om te hoor sy ou vriend voel nie lekker nie. Hy onderneem om hulle die volgende dag te besoek en tot die Sondagaand te bly. Hy sal dan sommer ook sy instrumente saambring en Bolus deeglik ondersoek. | |
[pagina 279]
| |
Voordat Leipoldt op Donderdag, 25 Mei, in Oxted kon aankom, sterf Bolus die middag om halfvyf. Leipoldt reik die doodsertifikaat uit; Bolus sterf aan ‘aortic disease and heart failure’. Dieselfde aand skryf Leipoldt aan Lulu Kensit dat sy haar nie hoef te verwyt dat sy in enigiets betreffende haar oom se toestand nalatig was nie. ‘Believe me’, gaan hy voort, ‘it is no mere lip assurance when I tell you that I am certain, from what I know of his condition, that nothing any of us could have done during the last few hours could have made his end less painful than it has fortunately been.’ Met 'n boodskapper stuur hy aan haar die lykskleed wat algemeen in Brittanje gebruik word.Ga naar eind40 Hy voeg by: ‘I feel that I am so deeply indebted to him who is gone that anything I can do now must be the poorest attempt only to show my appreciation of his constant kindness to me in the past.’Ga naar eind41 Dat die dood van Bolus vir Leipoldt persoonlik 'n groot verlies was, blyk uit twee verdere briewe wat hy in hierdie tyd aan Lulu Kensit skryf. Op 14 Julie 1911 skryf hy dat Suid-Afrika baie gemis het deur nie van Bolus se insigte in politieke aangeleenthede aan die Kaap gebruik te maak nie. Bolus se siening was ‘that more public benefit is given to the community by example than by preaching or political propaganda. But how much could South Africa have learned from and benefited by his experience, his real, innate feeling for what is best in patriotism, and his knowledge of practical business affairs!’ Op 9 Augustus 1911 laat hy haar weet dat hy in Julie 'n week lank by die ou dames in Adel Grange naby Leeds gekuier het. Daar het hy baie oor Bolus gedink. ‘Either death is the end of all things,’ skryf hy in 'n passasie waarin ons die diepste en essensieelste Leipoldt ontmoet, or it is the beginning of a new life of which we can form no notion, since all our conceptions, our estimates of what is happiness, what constitutes enjoyment, beautitude, are based on idolonsGa naar eind43 which surely can have no counterparts in what lies behind that veil. Groping, conjecturally, fantastically, in the dark - that is all we can do, uncertain even of what our senses conceive. In either possibility - absolute annihilation, or absolute reincarnation in a manner I cannot think of - I can rest, comforted merely by the thought of what he was upon earth. The last words of the lesson said on Holy Saturday in Catholic churches always seems comforting to me: ‘A facie iniquitatis sublatus est justus et erit in pace memoria ejus!...’Ga naar eind44 That is all I can | |
[pagina 280]
| |
know for certain; all I can hold as faith, and it suffices, for me at least, when I consider what he was to me and how he loved, and lived.Ga naar eind45 Hy hoop om in die volgende maande Bolus se briewe aan hom deur te gaan en van sekere dele vir haar afskrifte te maak - ‘it will be a melancholy pleasure going through them’. In hierdie passasie hou Leipoldt dus die moontlikheid oop van 'n absolute uitwissing of 'n reïnkarnasie wat vir hom onvoorstelbaar is. Wanneer hy dus later van jare 'n bietjie sensasioneel wou te kenne gee dat hy 'n Boeddhis is en daarom ook die Boeddhistiese reïnkarnasieleer aanvaar, kan ons sy uitspraak met 'n knippie sout neem. Ook kommentators van later wat van hom 'n ateïs wou maak, steun slegs op enkele uitsprake van hom. Dit sal korrekter wees om hom in die lig van hierdie twyfel tussen twee uiteindes 'n agnostikus te noem. Dat ons hier egter met Leipoldt se diepste wese in aanraking kom, blyk daaruit dat die keuse van uitwissing of reïnkarnasie telkens later in sy oeuvre poëties vergestalt sal word. Leipoldt beleef in 1911 ook 'n verdere verlies. Op 11 November sterf sy reeds ylende vader ten huise van sy suster Issa op Hopefield. Op dieselfde dag skryf hy aan Issa: ‘I have only just received your cable informing me of father's death and I am writing this hurried note in the train. I need scarcely say how shocked and sorry I am - and that notwithstanding the fact that I anticipated his death every day almost since I last saw him. But I did hope that he would have been spared some months longer and that I would have had a chance of seeing him once more.’Ga naar eind46 Aan Lulu Kensit skryf Leipoldt op 8 Desember 1911 dat sy vader se dood 'n groot skok vir hom was. ‘I do not know the full details’, gaan hy voort. My sister Mrs Pattison has merely written to say that he passed away quite quietly, after complaining of pain in the arm before he went to bed. I take it that he died of heart failure consequent on aortic disease - almost identical with that from which Dr Bolus suffered. I knew that he had aortic disease and his anginal attacks were merely the symptom of such trouble - as you may remember was the case with your uncle. It is strange that the three men whom I believe I knew best - your uncle, my father, and Mr Hofmeyr - all died in more or less the same way. When I saw him last year I realised fully that his condition was very grave - that was why I was so annoyed with Katie because she did not want to return with him for I felt that | |
[pagina 281]
| |
he might die at any moment and that it could be a lasting source of grief to her had she not been with him in case his death happened while he was on board ship on the return journey. Thank you very much for all your kind words: thank you as much for all that you did for him. He wrote and told me of your kindness - I am remembering the somewhat pathetic way in which he contrasted your care of your uncle with the way in which Katie treated him - not that he ever complained but he had a half humorous way of disguising his feelings when he felt very deeply or strongly. I got the last letter he wrote me only last week. It had been delayed in the post and in it he gave me some particulars of his trip to Cape Town.’Ga naar eind47 Met dié brief, wat Issa aan hom stuur, was sy vader besig net voordat hy sy laaste toeval gekry het. Ofskoon sy vader se gewone skryftaal Nederlands was, is dié brief in Duits geskryf. Dit was nie kompleet nie, so vertel Leipoldt later; ‘hy het dit in die middel van 'n volsin onderbreek, en ek het dit in die onvolmaakte toestand gekry. 'n Paar kort reëls in Duits, sonder naamtekening, die begin van 'n brief wat taamlik lank sou gewees het indien hy tyd en geleentheid gehad het om dit klaar te skryf.’Ga naar eind48 Met die dood van sy vader en Bolus verloor Leipoldt die twee groot mentors uit sy jeugjare. Sy vader was die persoon wat hom op Clanwilliam deur sy onderwys in nuwe wêrelde kon inlei en aan wie hy in sekere mate geheg was, terwyl Bolus sy botaniese belangstelling in die regte kanale kon stuur en ook op die gebied van die literatuur 'n stimulerende gespreksgenoot vir hom was. Daarby het Bolus hom in die geleentheid gestel om in Londen sy mediese studie te voltooi. Sy waardering vir Bolus getuig hy op talle bladsye van Dear Dr Bolus, terwyl hy sy skatpligtigheid teenoor sy vader in sy Jeugherinneringe in Markus Viljoen se 'n Joernalis vertel boekstaaf. | |
VWat Leipoldt se streng persoonlike en liefdeslewe tydens sy Londense jare betref, is die gegewens, soos in ander tydperke uit sy lewe, uiters karig. Ons weet dat hy tydens die Pulitzer-vaart verlief geraak het op 'n sangeres van Amerikaanse herkoms. Sy vriend Val St. John kon later in antwoord op 'n navraag van M.P.O. Burgers niks noemenswaardigs oor intieme | |
[pagina 282]
| |
amoreuse verbintenisse tydens Leipoldt se jare as mediese student en medikus in Brittanje vermeld nie. Ons weet met sekerheid dat hy vóór sy vertrek uit Suid-Afrika tot drie persone aangetrokke gevoel het, naamlik Frank William Baxter, 'n niggie en Dot Sauer, wat later met sy jeugvriend Hennie van Zyl getroud is.Ga naar eind49 In 'n gesprek met Hennie se seun Helm het Leipoldt by geleentheid gesê dat hy twee keer in sy lewe werklik op 'n vrou verlief was; een van dié kere was op Helm se moeder.Ga naar eind50 Of Leipoldt met die ander keer sy niggie of die vrou van die Pulitzer-vaart bedoel het en of hy gewoon in sy gesprek met Van Zyl van een van die twee vergeet het, weet ons nie. Wat, naas 'n groot verering, presies die verhouding met Baxter was, weet ons ook nie. Leipoldt sê alleen dat sy latere gebruik van dié man se voorletters as pseudoniem toegeskryf moet word aan ‘'n romantiese verhouding’Ga naar eind51, 'n soort Schwärmerei.Ga naar eind52 Tog moes daar, behalwe as dit suiwer uit sy verbeelding voorkom, in die jare in die buiteland een of meer liefdesverbintenisse gewees het waarna Leipoldt telkens later sou terugkeer, behalwe as hy dié besonderhede uit die jare vóór sy vertrek uit Kaapstad oproep. In 'n brief aan sy suster Issa, gedateer 18 Mei 1911, sê hy dat hy nooit sal trou nie, en 'n mens vermoed dus dat dié verbintenis of verbintenisse terug te voer is na die jare onmiddellik voorafgaande aan dié datum. Die geskiedenis vind 'n eerste neerslag in 'n agttal sonnette wat Leipoldt later in Uit drie wêrelddele van 1923 sou bundel en wat, deur die aparte rubrisering en nommering, klaarblyklik as 'n siklus gekonsipieer is.Ga naar eind53 In sy studieGa naar eind54 sê Burgers dat Leipoldt op 'n keer gesê het sommige gedigte in Uit drie wêrelddele is reeds in 1906 geskryf, al beweer J.J. Smith in 'n ongepubliseerde voorwoord by dié bundel dat al die verse, met uitsondering van die eerste, tussen 1912 en 1922 ontstaan het. Of die verse wat, volgens die mededeling aan Burgers, uit 1906 dateer, die sonnetsiklus insluit, weet ons nie. Met uitsondering van ‘Mymering’, die laaste van dié groep, is hulle almal egter in die jare 1914 tot begin 1917 in Ons Moedertaal en Die Brandwag gepubliseer, van die vroegste verse uit dié bundel wat hulle weg na tydskrifte gevind het. Die moontlikheid van 'n vroeë ontstaan word versterk deur die manuskripmateriaal. Vier van die sonnette verskyn in een van Leipoldt se notaboeke waarin ook die adres van sir Henry Burdett en die name van pasiënte tydens sy Londense jare aangeteken is. Enkele bladsye is uitgeskeur, wat 'n mens laat vermoed dat voorstadia van die vier sonnette en moontlik van die ander in die siklus daarop kon verskyn het.Ga naar eind55 Dit beteken nie dat almal inderdaad tussen 1906 en 1914 ontstaan het | |
[pagina 283]
| |
nie, al dui hul posisie in die notaboek sterk daarop. By gebrek aan enige datering kan dit egter hoogstens as 'n waarskynlikheid genoem word. Al die sonnette is volgens die Miltoniaans-Petrarcaanse struktuur gebou, maar sommige toon ook die Shakespeariaanse uitreik na 'n slotkoeplet. Hulle handel afwisselend oor 'n liefdesgeskiedenis en die problematiek van dood en liefde, en is, saam met enkele latere verse, van die mees intieme liriek in Leipoldt se oeuvre. Oor die wyse waarop hulle in Uit drie wêrelddele op mekaar volg, sê Burgers: ‘As hulle almal betrekking het op dieselfde verhouding, verskyn hulle in die bundel in enigsins willekeurige volgorde; maar ons weet dat Leipoldt hom nie baie bekommer het oor die vorm van sy gepubliseerde werke nie, dit selfs geheel en al in die hande van vriende gelaat het. Dit kan dus bes moontlik wees dat hy nie veel aandag aan die juiste volgorde van die sonnette bestee het nie, of hulle selfs in hierdie volgorde laat verskyn het juis om die persoonlike element nie so sterk op die voorgrond te laat kom nie.’Ga naar eind56 Daarom druk Burgers die gedigte in 'n ander volgorde af as waarin dit gepubliseer is. As eerste sonnet neem Burgers die derde in die siklus, ‘Vooruitsig’, waarin 'n mens uit die lang voorstelling oor drie kwatryne heen kan aflei dat die spreker aanvanklik ongevoelig was vir die toegeneentheid van 'n ander persoon, totdat die liefde hom uit sy afsydigheid gewek het. Dit alles word oorgedra deur die lang, uitgewerkte beeld van 'n swart wolkemassa wat met haas geen sonlig nie die hemel ‘vou aan vou’ oordek, totdat die wind die wolke verjaag, die son deurbreek en die veld en vlei met ‘vlammende kleure’ verlig. Die sleutel tot die beeld word gegee in die slotkoeplet: Vanmiddag was die berge donkerblou,
'n Magtig' ringmuur, swart en duister-dig.
Die son, beskroomd, was gierig met sy lig,
En die hael-swanger hemel hard en grou.
Daar was geen straal vir glinst'ring teen die rou;
Geen korrel kleur, om in die swart te stig
Die kleinste eiland in die vergesig -
Maar net maar reuse-wolke vou aan vou.
En somaar in 'n omsien het die wind
Die donker wolke uitmekaargesprei;
'n Splinter goud het halfpad my verblind,
En vlammende kleure was oor veld en vlei.
| |
[pagina 284]
| |
So was my liefde eenmaal amper grys,
En joue het my myne weer gewys.
Die liefde wat ná die periode van ‘versomberde afsondering’Ga naar eind57 ontstaan, is só sterk dat dit oor die dood heen reik. Die gedagte van 'n nadoodse ontmoeting en die geluk wat die geliefdes in 'n hiernamaals sal ervaar, spreek duidelik uit ‘Skeiding’, al word die skeiding deur die dood hier nog slegs as 'n moontlikheid, en nie 'n werklikheid nie, geponeer. Opvallend is dat die voorstelling van die oktaaf in die sekstet oorloop en daar van die gebruiklike wending ná die oktaaf haas geen sprake is nie, behalwe as 'n mens dit in die kontras tussen skeiding en ontmoeting wil sien: My skat, as eind'lik ek van jou moet skei
En een van ons moet ingaan in die nag
Waar wie-weet-wat op elkeen van ons wag,
Waaruit geen mens ooit troos of tyding kry,
Wees dan gerus - want dié wat agterbly,
Gedenk sy maat wat mym'rend in die prag
Van die onkenb're skaduland sy drag
Alleen moet beur, tot oor die land verbrei
Die glans van volle onsterflikheid en vree
Vir ewig, en ons weer mekaar ontmoet
En weer as maats so hand in hand kan dwaal
Oor oewers van 'n onbegrensde see,
En elke brander as hy bruis, begroet
Met dankbaarheid wat elke leed betaal.
Die hereniging waarvan Leipoldt hier praat, vind plaas in 'n durende staat van onsterflikheid en vrede. Dit is 'n hereniging waarin alle geskeidenheid opgehef is en waarin die twee geliefdes ‘hand in hand kan dwaal’. In ‘Hoop’ is die stemming totaal anders. Die verhouding het sedert die ontmoeting, waarskynlik as gevolg van afwysing, skipbreuk gely en die spreker kyk vanuit 'n punt in die verlede op 'n afgelope stuk geskiedenis terug. Die geliefde het hom verlei in ‘willesande’ waarin hy tot sy ‘skande’ beland het. Waarom skande? Is dit 'n verbode liefde, 'n homoërotiese verhouding wat deur die streng Victoriane nie geduld kon word nie of 'n geliefde wat deur verwerping die weerliefde onwaardig was? Hoewel hy | |
[pagina 285]
| |
die ‘siel’ van die geliefde moet ontbeer, bly die ‘aangesig’ hom tot in sy sterwensuur by: Ek het geen wierook om as offerande
Jou toe te swaai as ek jou siel begeer;
Ek het geen lof, amper geen liefde meer,
Om by te voeg by al die reeds verpande
Lof, liefde en leed wat eenmaal, tot my skande,
Ek vir jou uitgestort het. Nog 'n keer,
En sonder pronk of prag, wil ek probeer
Om weg te worstel uit die willesande
Waarin jy my verlok het met jou lig,
Wat soos vuurvliegies in die duister dartel,
En soos vuurvliegies uitdoof en verkwyn.
Ek het jou siel nie; maar jou aangesig
Bly myne vir altyd, totdat ek spartel
In doodse angs en in die nag verdwyn.
Hierdie sonnet is, soos Burgers dit stel, ‘'n klag teen die begeerde wat hom verlok maar aan wie se bekoring hy nie kan ontsnap nie.’Ga naar eind58 Met dié gedig maak die motiewepaar van 'n persoon wat die liefde onwaardig geword het en 'n durende liefde wat alle teenspoed trotseer, sy intrede in Leipoldt se oeuvre. Tot laat in die veertigerjare sal hierdie motiewepaar in sy poësie neerslag vind. Die kontras waarvan daar met die teenstelling tussen ‘krag’ en ‘groter krag’ in die oktaaf van ‘Liefde’ sprake is, kan gelees word as dié tussen die natuur ‘wat sterre laat verskyn’ en die liefde wat die mens, by implikasie by gebrek aan weerliefde, tot radeloosheid kan dryf. 'n Mens kan hierdie kontras egter ook interpreteer as die dubbelkantigheid van die liefde, die mag wat die mens tot sterhoogtes kan ophef maar ook tot in die niet kan laat ‘kwyn’. Die radeloosheid waarin die liefde die mens werp, word besonder mooi gesuggereer deur die parallelle sinstruktuur van reëls 6-7, versterk deur die herhaalde ontkenning en feitlik gelykluidende dubbelryme. Die sekstet praat van die ‘siel’ van die geliefde wat hy ‘eenmaal’ gewaar het en wat vir hom 'n bron van krag en 'n hulp in sy nood was. ‘Liefde’ is die eerste sonnet van die siklus. Leipoldt plaas dit prominent aan die begin, waarskynlik omdat dit die primêre idee van die geheel vooropstel:Ga naar eind59 | |
[pagina 286]
| |
Wie ken die krag wat sterre laat verskyn
As die jong nag weemoedig-duister ween
En purper-groen sy droefnis-trane reën
Oor die ou dag, wat vaal, verlam verdwyn?
Wie ken die groter krag wat my laat kwyn
As ek moet stoei, geen mens kan weet waarteen,
As ek moet hink, geen mens kan weet waarheen,
En my plesier gee, ja, in pure pyn?
Ek ken dit self nie, en ek weet maar dit:
Ek het jou eenmaal in jou siel gewaar,
Diep in die skim-ryk waar die liefde sit,
Waar al wat krag is, lank was opgegaar
Om vir my in my nood tot hulp te wees,
Tot goue kettings binde gees aan gees.
Teenoor die durende krag van die liefde, wat in die twee voorafgaande gedigte vooropgestel word, staan die dood van die geliefde sentraal in ‘Die aakligste’, die hoogtepunt van die siklus en een van die beste verse wat Leipoldt ooit geskryf het. André P. Brink wy in 1980, Leipoldt se eeufeesjaar, 'n insiggewende en sensitiewe opstel aan dié gedig waarin hy stilstaan by die geslaagde spel van kontraste, onder meer dié tussen die ‘aakligste’ van die titel en die ‘bitterste’ van die eerste en die tiende reël en tussen ‘liefgehad het’ van reël 2 en ‘liefhet’ van reël 14.Ga naar eind60 Wat in hierdie gedig opval, is, soos Burgers tereg opmerk, die magteloosheid van die spreker ‘by die gedagte dat hy wat verlate agterbly, geen hand kan uitstrek om die onbereikbare beminde te help nie’:Ga naar eind61 Dit is die bitterste van alles, dit,
Dat wat ek liefgehad het, wat nou dood
En weggeleg is in 'n kis van lood
En sederhout, onsterflik êrens sit,
Of swerwe as 'n spookwolk silwerwit,
Deur onbeperkte magte voortgestoot -
Miskien, soos ek, verlate, of in nood,
Maar onbereikbaar, ook al smeek en bid
Ek heel die dag en jammer al my tyd.
Dit is die bitterste dat ek geen hand
Kan uitstrek, hulpvol, meelyend in my smart;
| |
[pagina 287]
| |
Geen steun kan gee, hoe hard en swaar die stryd;
En dat daar swerwe in die Dodeland,
Verlate, wat ek liefhet in my hart!
‘Trou’, wat Burgers tematies ná hierdie gedig plaas, is die klag oor 'n geliefde dooie deur 'n agtergeblewene wat ‘verkreupel (word) deur die lewenslas’. Terwyl hy in ‘Skeiding’ die gestorwene aangespreek het as ‘my skat’, praat hy nou van die gestorwene as ‘vrind’. Is Leipoldt hier deur die dwang van die metrum verlei om van ‘vrind’ in plaas van ‘vrindin’ te praat, of steun die gedig op sy ‘romantiese verhouding’ met Frank William Baxter? Slaan die siklus, by wyse van 'n opsetlike mistifikasie, op meer as een geliefde? Hoe dan ook, die gedig gee aangrypend gestalte aan 'n vereensaamde wat die werklikheid as 'n ‘galg’ ervaar: Ek dra geen krip of kromband om my arm
Vir jou, wat voorgegaan het; want ek weet
Ek sal jou nooit, ek kan jou nooit vergeet,
Al word wat warm is, koud - wat koud is, warm.
Het ek die reg te sê: ‘Ag, ek erbarm
My oor my vrind,’ as droefnis liefde vreet
En in my eensaamheid my voorkop sweet
En louter klag slaat in my ore alarm?
Het ek die reg te wonder of jy walg
Oor spookverskynsels in 'n spokeland?
Ek, wat ongierig opkyk na die galg
Van werklikheid, wat klaar staan vir verstand -
Ek, traneblind, wat in die duister tas
Half flou, verkreupel deur die lewenslas?
Die oorblywende twee verse in die siklus handel primêr oor die problematiek van lewe en dood, hoewel 'n mens voel dat die geliefde of geliefdes wat in die voorafgaande sonnette aangespreek of betrek is, in dié twee verse resoneer. By wyse van kontraswerking word die magte van dood en lewe in ‘Dood’ met die uitbuiting van die volta mooi teenoor mekaar gestel: O trotse Dood, die mense doen jou eer,
Bang vir jou hartstog, huiw'rend vir jou hand,
| |
[pagina 288]
| |
Wat lewe wegslaat en die donker land
Hiernamaals aanwys, waar die spoke weer
Tot mis en onaantasb're ligte keer.
Hul noem jou groot, God van die Anderkant,
Genadeloos, verhewe bo verstand,
Vors van die vors en Heerser van die heer.
En tog, daar is 'n trotser mag as jy,
Wat ons beperkte wysheid nooit kan meet -
'n Mag wat alles sterk maak en verkwik,
Al is jy, Dood, ook met ons. Ja, vir my
Is elke kind se eerste lewenskreet
'n Groter wonder as sy laaste snik.
In die slotgedig van die siklus, ‘Mymering’, verskuif die problematiek van dood en lewe na 'n besinning oor wat van die mens ná die liggaamlike dood word: of hy inderdaad volledig tot rus sal kom, en of hy, soos die Boeddhistiese leer dit voorstel, gereïnkarneer na die ‘lewensworst'ling en -gewoel’ sal terugkeer, 'n gedagte wat die spreker blykens die slotreël met afsku vervul. Hoewel Leipoldt in sy brief aan Lulu Kensit gesê het dat hy in albei moontlikhede, ‘absolute annihilation, or absolute reincarnation’, kan berus, is die laaste alternatief nou tog vir hom onaanvaarbaar: As ek aandagtig in die aandlug tuur,
En diep oorpeins al wat ek hoor en lees,
En wonder in gedagte wat sal wees
Geheim verskuil agter ons lewensmuur,
En waar die Dood ons eind'lik heen sal stuur,
Dan voel ek sterk en seker, want my gees,
Tevrede en geduldig, sonder vrees,
Wag soos die middag op sy skemer-uur.
Maar as ek dink: ‘Miskien, ag, kom ons weer,
T'rug in die lewensworst'ling en -gewoel,
Waar bitter Noodlot al ons vreug verniel
En al ons ideale ru verteer,’
Dan is dit amper of ek in my voel
Koud - koud my hart en hoendervel my siel.
| |
[pagina 289]
| |
Lees 'n mens nou die siklus in sy geheel en probeer jy dit na die biografiese Leipoldt herlei, stuit jy op meer as een probleem. In ‘Trou’ word die geliefde 'n ‘vrind’ genoem, terwyl hy of sy in ‘Skeiding’ as ‘my skat’ aangespreek word en daar in ‘Hoop’ sprake is van 'n liefde wat tot die spreker se ‘skande’ uitgestort is. In ‘Trou’ en ‘Die aakligste’ word gepraat van die geliefde as 'n gestorwe persoon en in die meeste van die verse word vanuit 'n punt in die hede op die verbintenis as 'n afgehandelde stuk geskiedenis teruggekyk. In die sesde sonnet, daarenteen, moet die skeiding egter nog plaasvind: ‘My skat, as eind'lik ek van jou moet skei.’ Uit dit alles moet 'n mens aflei dat die sonnette nie op dieselfde verhouding betrekking kan hê nie. Dit is egter haas onmoontlik om enige van die sonnette met enige mate van sekerheid na die mense te herlei met wie Leipoldt in mindere of meerdere mate in 'n intieme verhouding gestaan het. Dit is byvoorbeeld moontlik dat ‘Trou’ op Frank William Baxter betrekking kan hê, terwyl die aangesprokene in ‘Hoop’ Dot Sauer (van Zyl), maar ook die onbekende Amerikaanse sangeres of selfs die onbekende niggie kan wees. Intrinsiek bevat die verse egter te weinig inligting om hulle met definitiewe sekerheid aan enige persoon te koppel. Dit is buitendien ook moontlik, soos Burgers opmerk, dat van die verse waarin die beminde as 'n gestorwene verskyn, kan verwys na 'n seun of jong man wat Leipoldt deur sy werk as skooldokter leer ken het en vir wie hy, waarskynlik met finansiële bystand of huisvesting, behulpsaam was om sy voete te vind en in die lewe vooruit te kom. Hierdie jong man, wie se naam onbekend is, het in 1914 in die Eerste Wêreldoorlog gesterf.Ga naar eind62 Indien die verse op hierdie jong man betrekking het, is die ontstaansdatum aansienlik later as wat 'n mens uit hul voorkoms in Leipoldt se notaboek vermoed. Wat ook al die presiese omstandighede is, moet 'n mens tot die gevolgtrekking kom dat Leipoldt in sy Londense jare 'n dierbare beminde deur die dood verloor het en dat hy in 'n sekere stadium verknog was aan 'n persoon wat sy liefde nie altyd waardig was nie. Ook in latere verse sal hy op hierdie groot liefde wat geen weerliefde ontvang het nie, terugkeer. Dit is 'n motief wat soos 'n rooi draad deur sy werk loop, ook in gevalle waar hy dit later in objektiewe gestaltes verskuil. |
|