Leipoldt. 'n Lewensverhaal
(1999)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 230]
| |
Hoofstuk VII
| |
[pagina 231]
| |
egter teen die einde van die jaar sy laataandritte staak en sy ontspanning beperk tot ‘a walk across Hampstead Heath or up the Borough’.Ga naar eind4 Leipoldt se liggaamlike oefening was dus hoofsaaklik tot stap en fietsry beperk. Met sy mediese studie, leeswerk en sporadiese joernalistieke bydraes was sy dagprogram besonder druk. Tog word hy gou na sy registrasie by Guy's lid van die studente se skaakklub en speel hy gereeld saam met vriende of kennisse biljart. Kort ná sy kennismaking met sir Henry Burdett kom hy van tyd tot tyd by hom aan huis om brug te speel, 'n tipe ontspanning waarmee hy lewenslank sou volhou. Ook aan die verenigingslewe van die studente neem hy deel. Vir die winterseisoen 1907-1908 is hy een van die presidente van die Pupil's Physical Society en tree hy by herhaling as voorsitter by byeenkomste van hierdie vereniging op. Ook in 'n ander belangstellingsveld verdiep Leipoldt hom nou verder. Reeds in 1901, toe hy nog in Kaapstad was, het hy aangesluit by 'n studiekring vir die ondersoek van paranatuurlike verskynsels.Ga naar eind5 Min mense in Kaapstad was egter in sulke sake geïnteresseerd, al het mnr. P.B. van Rhyn, een van die parlementslede, aan hom besonderhede van die bes gestaafde spookverskynsels in Suid-Afrika verskaf. In Engeland was daar egter 'n groot genootskap, ‘gestig met die opsetlike doel om elke spookgeskiedenis wat aan die lede bekend gemaak is, te ondersoek volgens die nuutste en beste wetenskaplike metodes’. Reeds as student sluit Leipoldt by hierdie genootskap aan. Oor een van sy persoonlike ondervindings as lid hiervan skryf hy in Die Huisgenoot van 18 Oktober 1946. 'n Mooi tweeverdiepinghuis op die oewer van die Teems was bekend as 'n spookhuis. Dit het aan 'n ryk ou Indiese rentenier behoort wat op 'n dag in een van die lang gange dood gevind is, vermoedelik verwurg. Ná die eienaar se dood is die plek verhuur. Die eerste huurder het egter die huis skielik verlaat, sonder om die redes vir sy vertrek te verstrek. Die tweede huurder het ná die eerste nag gevlug, terwyl die derde, enigsins dapperder, dit vier nagte kon uithou. Die relaas was telkens dat 'n kruipende gedaante in die gange rondsluip en aan elke deurknop draai. Wanneer hy dit gesluit vind, het hy boosaardig daaraan begin krap en werskaf en dan plotseling verdwyn. ‘Drie van ons’, vertel Leipoldt, het die huis met toestemming van die agent besoek en een nag daarin deurgebring. Met my was 'n elektriese ingenieur, wat sy klein keffertjie saamgebring het, en 'n skeikundige wat gewapen was met | |
[pagina 232]
| |
allerhande goed om gemiese toetse te doen. Ek het my klein Javaanse apie,Ga naar eind7 Nonnie, meegeneem. Sy was goed bevriend met die keffertjie en, net soos hy, baie gevoelig en rats. Ons het in die groot biljartkamer gesit, voor 'n groot vuurherd waarin niks as koerantpapier was nie, want dit was 'n taamlik warm Septemberaand. Die keffertjie en die apie het gesellig op die vloer langs die vuurherd gelê onderwyl ons gepraat het. Die vensters van die kamer was teenoor die tuingrond en was oop. Buite was dit 'n bietjie bewolk, maar nie so erg dat ons nie nou en dan die sterre kon sien nie. Die huis het ons deursnuffel, sonder om egter iets wat in die minste verkeerd was, te bespeur. Hoewel dit vir Leipoldt en sy vriende in hierdie geval - en trouens ook in ander dergelike gevalle - telkens gegaan het om 'n wetenskaplike verklaring van die ‘verskynsel’ of ‘spook’, was dit nie altyd moontlik om so 'n verklaring te verskaf nie. Dit is juis hierdie bonatuurlike aspek wat Leipoldt telkens in dié gevalle geboei het en wat hom later tot die skryf van die spookverhale in die bundels Waar spoke speel (1927), Wat agter lê (1930) en Die rooi rotte (1932) sou aanvuur. Maar Leipoldt was nie net geïnteresseerd daarin om die streke van die gees te bereis nie. Telkens, as hy maar enigsins die kans tydens sy studiejare gekry het, besoek hy ander dele van Brittanje. Die somervakansie van 1903 bring hy deur op die klein, stil dorpie Dwygyfylchi in Noord-Wallis, waar hy die geleentheid gebruik om berg te klim en in die buitelug te slaap - 'n | |
[pagina 233]
| |
verfrissende afwisseling op die Londense leefwyse met sy gejaag. Hoewel die weer meestal reënerig was, kon hy telkens op die heuwels onderdak vind en te voet die noordelike gedeeltes en skilderagtige plekkies besoek. ‘I collected a few plants,’ skryf hy op 26 September 1903 aan Bolus, ‘but very few species were to be got - they all seemed to be over. To me it was a very interesting time and not the least was the interest of observing the people. There were many things which were reminiscent of home and S. Africa. The duality of the languages, the simplicity of the people, the hard Calvinism of their chapels, (and) the unfloored cottages with their open fire-places.’Ga naar eind9 En in November 1905 laat hy Bolus se fiets van nuwe bande voorsien en ry hy naweke na plekke soos Sevenoaks en Canterbury. Hy maak daar 'n reël van om naas sy nagtelike halfmyl voor slapenstyd iedere Sondag 'n betreklike lang fietsrit te onderneem.Ga naar eind10 Op Goeie Vrydag 1906 lê hy selfs die lang ent na Plymouth te fiets af.Ga naar eind11 Besoeke wat Leipoldt altyd intens geniet, is die jaarlikse Kerstyd by die Ford-susters op Adel Grange in Yorkshire. Ná sy besoek in Desember 1907 skryf hy aan Bolus oor die kosmopolitiese geselskap waaruit die gaste bestaan het - ‘the diversity of race, creed, politics, profession and sentiment leading to very instructive interchange of opinion during conversation’.Ga naar eind12 Onder die gaste was 'n teeboer uit Assam, 'n meuleienaar van Yorkshire, 'n Venezolaan, 'n Chinees en 'n Amerikaner uit Denver, Colorado. Die Amerikaner het hulle vergas op interessante maar bloeddorstige en skrikwekkende herinneringe aan hoe misdadigers in die ou dae sonder 'n geregtelike verhoor in die Verenigde State opgehang is. Van 'n Andalusiese sy-handelaar leer Leipoldt, wat altyd op jag was na nuwe woorde en vreemde tale probeer bemeester het, 'n aantal keurige byname en idiome in Spaans ken wat hy later wil gebruik. ‘There was a glorious fall of snow on Xmas day itself,’ skryf hy, ‘and throughout the week the weather, although cold, was fine, making it possible for me to explore the neighbourhood more thoroughly than I have done before. Much of the ground, I suppose, is familiar enough to you. Kirkstall Abbey ruins are quite worth seeing, but the gem in the neighbourhood is Adel Church, a small building dating from early Saxon times with one of the finest Norman doorways I have as yet seen - chisel- and hatchetwork in different parts, showing that the work had been done at various times. This church is almost wholly unrestored: what little restoration there is has been very carefully done and the result is an excellent specimen of early Norman work which is one of the sights of Adel.’Ga naar eind13 | |
[pagina 234]
| |
IIReeds in 1902, die jaar van sy aankoms in Brittanje, was Leipoldt enkele weke lank na die vasteland van Europa om vir die Manchester Guardian van die reeks stakings in verskillende lande verslag te doen. Hy het egter ook die geleentheid gebruik om Nederland, België, Frankryk en Spanje te verken deur derde klas per trein te reis, dikwels, selfs ver ente, te stap en goedkoop te loseer. Op dié wyse het hy ook 'n patroon vasgelê vir sy toekomstige reise. Deurdat hy meermale opdragte van koerante ontvang het, was sy persoonlike uitgawes vir dié reise uiters gering. Met mense van allerlei beroepe en stande het hy gesels en alles, van hospitale tot skilderye, waargeneem en in hom opgeneem. Agter sy liefde vir die lewe en sy medemens, so kon Val St. John reeds opmerk, het die optekenaar en joernalis geskuil wat van alle waarnemings wou verslag doen.Ga naar eind14 Ná sy inskrywing as mediese student in September 1902 kon Leipoldt aanvanklik nie die tyd vind om weer op die vasteland te reis nie. Op 9 Mei 1905 laat hy Bolus egter weet dat hy pas terug is van 'n vakansie in Italië. ‘I have had no holiday for two years’, skryf hy, ‘and the constant ward work, while it has not told on me to any great extent, has yet made me tired out and anxious to get, if possible, some fresh air.’Ga naar eind15 Aangesien hy die hele April niks gehad het om by Guy's te doen nie, het hy besluit om per skip na Italië te reis, wat goedkoper as per spoor sou wees. Daarby sou sy verblyf in Italië nie juis meer as dié in Londen kos nie. ‘So I went,’ skryf hy via the Rhine, walking some stretches and passing quietly from one place to another, seeing Bellinzona, Chiasso, Como, Ala, Mori, Lugano, Verona, Vicenza, Padua and ending at Venice. Bologna which I wanted very much to see had to be given up for want of time. Milan I could only inspect for one afternoon but that sufficed to see the principal sights - Da Vinci's Last Supper - the ‘Dome’ - which has no dome and with which I was rather disappointed since it looked more like a petrified wedding cake than the second largest cathedral in Europe - and the immense Ospedale Maggiore - ten times the size of Guy's and possessing nearly 6 000 beds. Although I had no visiting card nor any proof of my professional identity on me, I was easily admitted when I stated, in my bad Italian (which seemed indescribably worse when I heard others speaking it so fluently and well) that I was un medico. They showed me their wards where I saw | |
[pagina 235]
| |
many of those unfortunate individuals which we medical students consider ‘interesting cases’ - cases, that is to say, which, had professionalism been less rampant, we would probably regard as very distressful and sad ones indeed.... (I)t was the hospitals in Italy that impressed me most. They are so clean, so large, so excellently well managed, and what is more, the men in charge seem so human and not like the mere scientific machines one meets with in German institutions.Ga naar eind16 In Venesië woon Leipoldt in die Hotel Belle Vue wat op die Piazza met die twee leeus aan die kant van die Heilige Markus uitkyk. Daar besoek hy van die kunsmuseums, wat 'n gunstige indruk op hom maak. Met die Brennerpas en deur München keer hy na Londen terug. Hy is besonder bly dat hy Italië kon besoek. ‘Apart from the fact that it meant the realisation of a long-cherished project,’ skryf hy aan Bolus, ‘the holiday has done me a great deal of good and I believe I have learnt something from it.’Ga naar eind17 Só beïndruk is Leipoldt deur Italië dat toe die geleentheid hom twee jaar later voordoen om vir die koerant 'n verslag oor 'n mediese kongres in Switserland te skryf, hy weer 'n besoek aan 'n gedeelte van Italië bring. Ná die kongres in Neuchâtel, wat net 'n dag of twee geduur het, reis hy en 'n vriend per trein na Luzern. Van die meer af stap hulle in pragtige sonskynweer die spits van die Berg Rigi uit. By Brunnen word hulle meegedeel dat sneeustorms, ten spyte daarvan dat dit reeds Meimaand is, nog dikwels voorkom en dat dit gevaarlik sou wees om die St. Gotthardpas te voet aan te durf. Tog loop hulle tot by Göschenen, waar hulle deur die sneeu oorval word. Van daar reis hulle per trein oor die Alpe na Lugano, waar hulle die res van die vakansie, met ekskursies na Como en Maggiore en selfs Milaan, deurbring. Wat Leipoldt, die digter wat later klein diertjies sprekend in sy slampamperliedjies sou laat optree, veral boei, is die akkedisse en koggelmanders wat hy teëkom. ‘I do not think I ever enjoyed the sight of a lizard so much’, skryf hy op 18 Junie 1907 aan Bolus; ‘the sight of it seemed to bring back very luridly the vista of the veld and its shiny agamas.’Ga naar eind18 In Lugano besoek hy die katedraal met sy mooi fresko's, ‘one of the inevitable martyrdom of St Sebastian being very rich in colouring and impressive in composition’.Ga naar eind19 En hulle geniet dit om in Lugano oor te bly. ‘There were few tourists’, laat hy Bolus weet, ‘and we were the only visitors at a small hotel where they gave us an excellent room and a very good breakfast each morning for five days at four marks per head!’Ga naar eind20 | |
[pagina 236]
| |
Vóór hulle besoek aan Bellagio wis Leipoldt nie dit is die geboortestad van Alessandro Volta, wat die elektriese battery uitgevind het nie. Daarom was hy verbaas om Volta se standbeeld en die ‘casa’, waarin hy met dooie paddas geëksperimenteer het, daar te sien. ‘The man in charge’, skryf hy, ‘was very friendly and told me a great deal about the place - most of it I could not quite follow. I found I could make myself understood quite well in my student Italian, but when it came to following conversation between two natives, my brain was still too sluggish to make sense out of the talk!’Ga naar eind21 Omdat hulle geld aan die opraak was, moes hulle die plan om te voet die Simplonpas oor te steek, laat vaar. Deur Parys is hulle terug na Londen. In Junie 1907 slaag Leipoldt sy eindeksamen en is hy 'n gekwalifiseerde medikus. Omdat hy nou op grond van sy goeie uitslae as huisdokter by Guy's aangestel word, moet hy sy kamers op Trinity Square met sy literêre en historiese assosiasies ontruim en by die hospitaal inwoon, iets wat hy jammer vind om te doen. Dit is 'n groot eer om so 'n ‘house appointment’ by Guy's te kry, maar daar is geen geld aan die aanstelling verbonde nie. Die gelukkige bekleër van die pos kom egter daardeur in aanmerking vir verdere aanstellings later en ‘you rise to a height of Everest-like altitude in the estimation of the average G.P.’Ga naar eind22 Tog is die erkenning van vaardighede hoofsaaklik van waarde vir iemand wat in Brittanje wil praktiseer; vir iemand soos Leipoldt, wat na Suid-Afrika wil terugkeer, is dit van minder belang. Daarom besluit hy om die pos net 'n paar maande te vul en om in Maart 1908 na die vasteland te gaan, waar hy met die oog op sy finale FRCS-eksamen (Fellowship of the Royal College of Surgeons) verdere ondervinding op die gebied van die chirurgie wil opdoen. Intussen volg hy 'n druk program. In die oggend van sewe tot tien het hy tyd vir lees en skryf. Daarna gaan hy op saalrondes en hou hy toesig oor die verbandverpleërs, meestal studente wat nog nie veel ervaring het nie. Op dae wanneer nuwe pasiënte hulle aanmeld, moet hy die vriende en familie te woord staan. Ná middagete kan die operasies maklik tot sesuur duur, gevolg deur verdere saalrondes en nasorg. Teen halftwaalf gaan hy bed toe, ‘to be called up, perhaps, half an hour later to see a patient who “can't sleep, doctor, “cause my innards shake so!”’Ga naar eind23 Maandae behandel hy, by wyse van afwisseling op dié roetine, die buitepasiënte, maklik tussen veertig en tagtig op 'n dag, terwyl hy een keer per maand ook nagdiens tussen saans halfsewe en die volgende oggend om halftien het. ‘All this’, skryf hy op 11 Desember 1907 aan Bolus, ‘is of course very good from a | |
[pagina 237]
| |
point of view of learning, but from the hospital's side it is pure unadulterated sweating. Nevertheless the applicants for the post are many and were the conditions of service made doubly onerous I do not doubt that there will be students enough to fill the post. For my part I am glad that my appointment comes to an end in January.’Ga naar eind24 In hierdie tyd het hy ook die eerste keer die ervaring dat 'n pasiënt onder sy sorg sterf. Op 1 Augustus 1907 skryf hy aan Bolus: ‘It was a nice little girl who came in with double bronchopneumonia and probably tuberculosis as well. From the first she was very bad and her case was practically hopeless, but I thought that there was a chance. I tried my best, and failed. Perhaps the experience has been of great use to me. At any rate it has taught me how absolutely hopeless some cases are, and how utterly helpless we have to look on while a patient dies by inches before our eyes. I had of course seen many deaths before, but never any that touched me so much, because I was entirely on my own responsibility and the thought would recur “Had I done everything for her?”’Ga naar eind25 Ten spyte van die druk program het Leipoldt darem die geleentheid om Bernard Shaw se The perfect Wagnerite, G.M. Trevelyan se studie van Meredith en John Morley se Diderot and Voltaire te lees. Meredith se poësie is vir Leipoldt ‘over-finished, a predilection for unconventional metres, turns of inversion and a blending of commonplace and refinement which does not always appeal’Ga naar eind26 Daarteenoor spreek Meredith se prosawerke meer tot hom, ‘but many of them remind one of King Charles” death - they are so fearfully long and make so great a strain on one's patience en perseverance (not to mention one's eyesight) that they can never, I expect, be really popular.’Ga naar eind27 Leipoldt kry ook tyd om vir Bolus by van die boekwinkels tweedehandse eksemplare in die hande te kry. So byvoorbeeld stuur hy vir hom die drie dele van 'n Darwin-biografie wat teen 10/6 te koop was; aangesien die titelbladsy egter 'n sny bevat en daar ook ander kleiner gebreke voorkom, kon hy dit kry vir 6/6. ‘I must apologise’, skryf hy op 11 Desember 1907, ‘for keeping them so long, but I have been reading them, and have enjoyed them very much indeed. They give one, somehow, a different idea of Darwin, of what he was like, his tastes and sentiments and his whole career.’Ga naar eind28 Aan die begin van Januarie 1908 kom Leipoldt se aanstelling as huisdokter by Guy's tot 'n einde. Hoewel dit die vorige maand sy voorneme was om vir aanvullende studie en ondervinding na die vasteland van Europa te gaan, was sy planne tog nie heeltemal uitgewerk nie. Die finale FRCS- | |
[pagina 238]
| |
eksamen kon hy eers in November 1908 aflê, aangesien die regulasies bepaal dat 'n student vóór die eksamen minstens ses jaar lank ingeskrewe student moet wees.Ga naar eind29 In die agt maande tot sy beskikking kan hy nou as locum tenens vir 'n algemene praktisyn teen drie ghienies per week instaan, 'n betrekking wat hom min tyd vir studie sal laat. As huisdokter by Guy's sal hy wel meer tyd vir die voorbereiding vir sy eksamen hê, maar geen betaling kry nie. Hy oorweeg dit ook om as skeepsdokter op 'n skip na Wes-Indië te gaan, 'n betrekking wat 'n inkomste van £8 tot £10 per maand bied, losies en kos sal spaar en hom terselfdertyd ruim geleentheid vir lees en die voorbereiding vir die FRCS sal gee, al sal hy nie die geleentheid vir praktiese werk hê nie. Ná vyf jaar in die roet en mis van Londen, so stel hy hom dit voor, sal so 'n reis 'n aangename afwisseling wees. Daarby begin sy redaksionele werk by The Hospital hom nou te verveel. Dinge word te veel op 'n onprofessionele wyse afgehandel en die afspraak van onverdeelde verantwoordelikheid, sover dit sy eie aandeel aanbetref, word nie nagekom nie. Hy gee ook nie soveel aandag aan die blad as wat sir Henry Burdett sou verkies nie. ‘The reason for this’, skryf hy op 5 Januarie 1908 vir Bolus, ‘is that I have lost interest in the work, because it is carried on so badly. The paper, under proper management, could be made quite good: now it is merely carried on as a hobby of Sir H's upon a system which is abhorrent to my old-fashioned journalistic tastes.’Ga naar eind30 In hierdie stadium is Leipoldt, waarskynlik as gevolg van die ‘most dismal and inclement weather’Ga naar eind31 wat hulle in Londen beleef en die onduidelikheid oor die volgende stap in sy loopbaan, betreklik geïrriteerd met alles. Dit blyk uit 'n brief van 31 Januarie 1908 wat hy aan Bolus skryf terwyl hy as locum tenens vir 'n dokter in New Cross waarneem. ‘I am learning the mysteries of private practice - to keep down the drug bill - to tell lies to a patient - to be the real professional humbug. I suppose one has to go through with it, and the ins and outs of every profession are not very nice.... There is only one greater humbug and hypocrite than the average general practitioner and that is the average specialist consultant.’Ga naar eind32 | |
IIIWanneer sir Henry Burdett van Leipoldt se planne om as skeepsdokter te gaan werk, te hore kom, raai hy hom dit baie sterk af. Hy stel voor dat Leipoldt liewers sy oorspronklike plan deurvoer en 'n studiereis op die | |
[pagina 239]
| |
Europese vasteland onderneem. Hy kan dié reis op koste van The Hospital onderneem, indien hy 'n reeks artikels oor die studiemoontlikhede vir Britse studente op die vasteland skryf.Ga naar eind33 Sy salaris vir so 'n reis sal £16 per maand in Engelse banknote wees, genoeg vir sy lewenskoste en 'n bedrag waaruit hy selfs geld vir sy inskrywing vir die FRCS-eksamen later dié jaar kon oorhou. Leipoldt aanvaar hierdie voorstel. In Maart 1908 vertrek hy na Berlyn met die voorneme om 'n paar maande daar te vertoef, hom as nagraadse student in te skryf en klasse oor die chirurgie by te woon. Berlyn vind hy 'n pragtige stad, ‘almost the finest, architecturally that I have as yet seen’.Ga naar eind34 Met die baie werk waaraan hy in die Charité-hospitaal deel het, leer hy elke dag iets nuuts van praktiese waarde, in die besonder om konserwatief te wees en eers alle moontlike middels te probeer voordat op 'n operatiewe ingryp besluit word. Sy roetine van ses in die oggend tot vier in die middag wy hy hoofsaaklik aan praktiese werk. Reeds om sesuur voordag woon hy 'n klas oor operatiewe chirurgie op kadawers en honde by. Leipoldt ontwikkel egter 'n afkeer van eksperimente met diere, met die gevolg dat die ‘little dachshund that was assigned to me grew fat on biscuits and was the only unmaimed among his lot of Versuchsthiere when the course was over’.Ga naar eind35 Om halfagt is hy in die kliniek van August Bier, bekende Duitse chirurg, om 'n vroeë lesing aan te hoor, terwyl hy van tien tot twee prof. Klapp in die ortopediese afdeling as vrywillige assistent bystaan. Na middagete volg verdere ortopediese werk, gevolg deur ‘kele’ drie maal per week tot vieruur. Daarna was hy vry om nog hospitale te besoek of om ander werk te doen. Saans kon hy sy aantekeninge maak, lees of die opera bywoon, al vermoed 'n mens dat Leipoldt met sy gebrek aan belangstelling in musiek selde van die goedkoop kaartjies, wat 'n kliniekvrywilliger vir die opera kon kry, gebruik gemaak het. Sondae was hy vry om die stad toeristies te verken. Berlyn, skryf hy aan Bolus, is in many ways very interesting to a stranger, but it is a city of extremes. The Siegesallee is about the most awful perversity of art I have seen; close to it are the really fine Moltke statue and the Wagner Denkmal. When you stand in front of the solidly simple marble figure of the man who ‘knew how to be silent in eleven languages’ you are almost persuaded that the Germans are the coming race....The picture galleries are fine enough, but the best pieces there...are almost French in execution, however much they may be Teutonic | |
[pagina 240]
| |
in conception.... The buildings are very much like the statues, overdone. The new evangelical dome, in Italian renaissance style, is supremely ugly as yet, looking shoddy and new. I cannot get enthusiastic over cathedrals built of cement and rough cast and ‘drawn up’ in a couple of years.... The botanical gardens are not comparable to those at Kew - much newer and not so full.Ga naar eind36 Tydens sy termyn in Berlyn bly Leipoldt, na 'n paar dae in die Hotel Reichskrone naby die Friedrichstrasse-stasie,Ga naar eind37 in die Ritterstrasse, nie ver van die klinieke nie, waar hy in 'n kamer teen twee en dertig mark per maand woon - heelwat goedkoper as in Londen. Op 'n keer neem 'n joernalis-kollega hom deur ‘Swart Berlyn’ en kom hy onder die indruk van die ellende en neerdrukkendheid wat die skynbaar vooruitstrewende stad ook het. ‘Germany, to judge from Berlin,’ skryf hy met 'n insig wat - gesien teen die agtergrond van die twintigste-eeuse wêreldoorloë - feitlik profeties genoem kan word, ‘gives me the impression of a vast machine, working with clock-like regularity and precision, cold, calculating, to the exclusion of all sentiment that is not associated with militarism and even aggressive militarism’.Ga naar eind38 In die suide van Duitsland tref die vriendelikheid van die mense hom, terwyl die Pruise baie anders is: ‘The Prussian is overbearing, rude (in the clinics the professor loses his temper; swears like a bargee at his first assistants ... and is, with a few outstanding exceptions, abominably harsh to his patients) and suffers visibly from swelled head. Feeling against England is strong, especially now when Russia is waning in her friendship for Prussia, and there is no doubt whatever that Prussia, sooner or later will force a war with England. The saving grace of the situation lies in the fact that Prussia, so far as I can see, is isolated in this anti-English feeling which is certainly not shared by Bavaria, Baden or South Germany.’Ga naar eind39 Hoewel hy deurgaans goed behandel is en vriende gemaak het, is Leipoldt bly hy het nie in Berlyn kom studeer nie. Die professore wat hul pasiënte soos mense behandel, is van Beiere of Boheme; die ander, so skryf hy aan Bolus, ‘have no more regard for the feelings of patients than they have for the animals they experiment upon’.Ga naar eind40 Tog kon hy in sy weeklikse artikelreeks oor sy indrukke van nagraadse mediese studie op die vasteland in The Hospital gunstig oor Berlyn skryf. In die uitgawe van 2 Mei 1908 sê hy: | |
[pagina 241]
| |
Of all German university towns Berlin offers perhaps the most facilities for study for the graduate, especially for the ‘foreign graduate’ who comes to Germany in search of ‘special courses’. The population of the city is of the most varied kind, and medically Berlin taps the surrounding parts to a greater extent than is the case in London and Paris. The large metropolitan hospitals are always replete with interest, and the city itself swarms with private clinics and polyclinics which are available for the industrious student. So far as hospitals are concerned, Berlin can now boast of possessing the largest and, in some points, the best equipped hospital in the world - the gigantic Virchow Infirmary, recently completed - and of a number of interesting and well filled institutions in various parts. At these charities the opportunities for study are numerous and varied. Any ‘specialty’ can be worked at throughout the year, for there is always someone able and willing to demonstrate how such material may be best utilised. As a centre for graduate work Berlin is probably unique, in so far that it offers, in its private polyclinics, opportunities for special work which are unobtainable anywhere else. Van Berlyn af het Leipoldt ekskursies onderneem na die ou universiteitstad Göttingen. Op 5 Junie 1908 skryf hy vir Bolus: ‘There they sweep their hats to the ground when they meet the Herr Professor in the street, and the feeling of reverence when in the presence of a Herr Geheimrat is almost pathological. That is one of the characteristics of the Prussian. He is abjectly, slavishly cringing before a man with a title - and no one who is anything or has done anything, even if he has only stolen another man's work, can do without a title. The professors - professor in itself is a title - are Geheimrat, Oberhofrat, Hofrat, Medicinalrat, and the Lord knows what else besides.’Ga naar eind41 Na Göttingen besoek Leipoldt Jena, Leipzig, Hamburg, Tübingen, Dresden, Halle, Königsberg, Greifswald en Praag; in die meeste van dié stede wat mediese skole het, maak hy kontak met die professore en neem hy hulle metodes waar.Ga naar eind42 Praag is vir hom die mooiste stad van Europa. ‘I reached it in early summer, the gardens all in bloom, lilacs and laburnums clustering over the walls, in the parks the hyacinths dying to seed, and mingling in all the scent of “ripening” strawberry leaves the smell Bacon says he loved so much in his essay on Gardens.’Ga naar eind43 In Praag bly Leipoldt in die Hotel Wien en bestee hy die grootste deel van sy tyd aan kliniekbesoeke. Op 'n namiddag stap hy een van die omliggen- | |
[pagina 242]
| |
de heuwels uit om die stad in al sy glorie te betrag: ‘a blue grey evening haze rising up from the Moldau, the horned moon...just showing above the towers of the Hradschin:Ga naar eind44 twinkling lights below and twilight colours as glorious as in Turner's Temeraire picture. I smoked my pipe and watched the twilight fading and the night deepening into green over the town and told myself I had never seen a finer sight, or one which I wanted someone to appreciate with me. Solitary appreciation is not very satisfactory: one wants a partner in admiration.’Ga naar eind45 Van Praag is Leipoldt na Brünn (vandag Brno) en van daar na Wene, waar hy vroeg in Junie 1908 aankom. Hy vind Wene 'n baie duur stad met swerms Amerikaanse studente, met die gevolg dat die poliklinieke oorvol en die opleiding swak is, al maak hy goeie kontak met dr. Adolf Lorenz, 'n ortopediese chirurg. Daarom besluit hy om eers ander dele van Oostenryk en Pole, in die besonder Kraków, Warschau en Breslau (vandag Wroclaw) te besoek. Kraków, indertyd deel van Oostenryk, vind hy 'n ‘fine old city, small, with nothing very picturesque in its environment, but with many interesting points’.Ga naar eind46 Aangesien die reis met 'n goedkoop trein vanaf Breslau (vandag Wroclaw) na Rusland nie duur is nie, besoek Leipoldt Moskou om hospitale en die stand van mediese dienste daar te bekyk. Die besoek wysig totaal sy siening van Rusland. Hy vind dit 'n ryk land, gekultiveerd en goed geregeer, al is dit vir 'n reisiger die duurste land van Europa, in die besonder wat die etes betref. In die restaurants val dit Leipoldt op dat Franse, Duitse, Hongaarse en Italiaanse wyne teen billike pryse te kry is, maar dat Russiese wyne, waarskynlik as gevolg van plaaslike snobisme, nie op die wynkaart verskyn nie. Hy loseer by 'n doktersvriend, wat hom 'n paar bottels Krim-wyn besorg: ‘voorbeeldig skoon op die verhemelte, “harmonieus”, soos die wynkenner dit uitdruk, en lekker om te drink’.Ga naar eind47 Pole en veral Rusland is vir Leipoldt fassinerende lande om te besoek. ‘Life in Warsaw and Moscow’, skryf hy op 22 Julie 1908 aan Bolus, is very interesting - street life more so than in any city I have seen. The Paris fashion prevails of sitting in the cafés and of dignifying the cult of the Flâneur. The Russian seems to spend a third of his day at the café - there is always music and always ice - one would hardly believe the amount of ice, cream and water ice, consumed: young and old sit over their ice just as in Germany they sit over their beer - and this although the temperature, to me, was like one of our June days in Africa. Sitting | |
[pagina 243]
| |
at the little tables, with the ikons on the walls, the samovars on the counter and the huge buffet at the end (laden with all sorts of food and tit-bits, caviar, dried grouse, patties, salted almonds, everything one can think of in the way of ‘horseduffs’ as the Pilkington Plush's footman would have said), the café lounger stares in to the street and listens to the band, hardly ever opening his mouth for conventional purposes. The scene that goes before his eyes, ever varying and changing, is very interesting. A constant stream of people perambulate the pavements and I have never yet seen so many varieties of our race jostling one another as in the Moscow streets. You can imagine the picturesqueness of it all with dandy-like Frenchmen, bluff Germans, haggard Finns, fanatically looking Armenians, gaudy Croats, Tartars, and Herzegovinians, broad-rim-hatted Thibetans, long-tailed Chinese, Japanese with their noses ‘tip-tilted like the petal of a flower’ in supreme satisfaction with their diminutive selves, white-robed Parsees from Baku, tall Cossacks from the Vistula and still more giant-like Kurds, crimson-shawled Persians, Mongolians with jinglings bells, and amidst all, constantly, like a stream of yellow water flowing into the sea or a vein of mica shimmering in a stratum of variegated conglomerate, comes a line of military, gold, green, and silver uniforms, clanking spurs and clattering sabres. Such a mixture of colour, form and race, I never saw before, and my short visit was quite too short to exhaust the interest of it all. Nor was it less interesting to watch the café loungers. They sit phlegmatic and grave, not dull like the Hollanders or stupid like the Berliners, but with an air of melancholy dignity - which is not even shaken when a Japanese enters. One would think the entrance of the victorious little Asiatics would rouse the Russian ‘like one who smells a foul fleshed agaric in the holt’, but it does not seem to be the case. This is the prevailing impression one gets - the people are melancholy - resigned. In Warsaw my Russian colleagues were very frank - they declared that they had real grievances, political and social, which wanted reform: so also in Moscow, but I must say I did not meet with the deadly hatred and unreasonable prejudice against the government which one finds in the Russians one meets in England. The ‘Terrorists’ seem, in fact to be cordially detested, even by the fanatic young Polish party, but for all that they are strong and there are still many executions going on in Russia, both legal, by the authorities, and illegal by the terrorists.Ga naar eind48 | |
[pagina 244]
| |
Moskou maak op Leipoldt 'n groter indruk as Berlyn of Wene, waarskynlik omdat die strate so breed en die stad so uitgestrek is. Ongelukkig kon hy net twee dae bly en was die weer só sleg dat hy nie die geleentheid gehad het om die Kremlin te sien nie. Naas die straatlewe kon hy enkele kerke en hospitale besigtig en 'n goeie indruk van die openbare geboue kry. Die metodes wat die Russiese geneeshere aanwend, vind hy in baie opsigte beter as dié wat hulle in Engeland het, al was sy besoek veels te kort om 'n gesaghebbende opinie uit te spreek. Selfs die dorpe het hulle eie klein hospitale.Ga naar eind49 Ook Warschau, met sy breë strate, Bisantynse argitektuur en winkels wat aan Parys herinner, vind hy 'n pragtige stad. Die hospitale is uitstekend ingerig en die geneeshere is op die hoogte van die jongste stand van die mediese wetenskap. Wat hom veral tref, is hoe skoon die mense daar uitsien. Ná sy besoek aan Rusland en Pole gaan Leipoldt na Graz, waar hy deur die besondere welwillendheid van dr. Hans von Spitzy nie alleen in die hospitale nie, maar ook in die private kliniek van dié beroemde Oostenrykse ortopediese chirurg assisteer. Sy werk word hoofsaaklik in twee hospitale, die Algemene Siekehuis en die Anna-Kindersiekehuis, gedoen. Die groot hospitaal het meer geleentheid vir praktiese werk gebied as enige ander hospitaal tydens sy reis, terwyl die leermeesters voortreflik en die materiaal volop was. Oor die naweke het hy die geleentheid om ekskursies saam met Spitzy of een van die ander professore te maak. ‘Under the doctor's charge’, skryf hy vir Bolus, ‘I have made my first “Klettertour” or real climb - up the Griesmauer 2000 metres: a very horrid job I thought at first as it meant an ascent up a steep, perpendicular wall of rock with a drop of two thousand feet. However it was accomplished, and I felt something of the climber's intoxication when I stood on the top and looked down on the awful way we had come up.’Ga naar eind50 Met Spitzy, wat naas voortreflike arts en dosent 'n buitelugmens is wat die natuurskoon van sy omgewing benut, sluit Leipoldt 'n hegte vriendskap. Later verskyn hy momenteel in Leipoldt se speurverhaal Die moord op Muisenberg (1934) wanneer die knap speurder Slink sê: ‘My mening is dat elke kind...behoort te leer (swem) voordat hy drie jaar oud is. Hoe jonger, hoe makliker om te leer swem. Professor Spitzy van WeenenGa naar eind51 het sy babetjie van agtien maande leer swem, en waar 'n Oostenryker dit kan doen, kan ons dit tog ook klaar kry!’Ga naar eind52 Graz, die hoofstad van die provinsie Stiermarke, was vir Leipoldt 'n besonder goedkoop stad en daarby deur sy voortreflike universiteit, die | |
[pagina 245]
| |
aanwesigheid van 'n garnisoen en pragtige vakansieoorde van internasionale roem. Verder was dit bekend as die verblyfplek van vorste wat hul troon moes verlaat en in die skilderagtige omgewing en veral vanweë die lae lewenskoste onderdak gevind het. By 'n besonder vriendelike hospita, Frau Janda, huur Leipoldt 'n kamer wat op die rivier en die Stiermarkse Alpe uitkyk. ‘Die stad’, skryf hy by geleentheid, ‘lê in die diep kloof wat die rivier Mur uitgespoel het in sy wilde vaart deur die veld. Bosbegroeide bulte omring dit aan alle kante, bulte wat stadigaan hoër word totdat hulle plek ruim vir die rotsagtige gebergte by Maria Zell. In die verte sien 'n mens die sneeubedekte kruine van die oostelike bergkettings...Deur die stad tuimel die rivier Mur, omtrent so groot as die Bergrivier, maar woester en skuimender omdat sy val groter en steiler is. Hy loop dwarsdeur die stad en word daar beteuel deur die stadsraad, wat 'n gedeelte gekanaliseer het en hier en daar groot swembaaie gemaak het waarin die jeug van die stad die reg het om smiddags vry te swem.’Ga naar eind53 In die Schloss Meran, landgoed van die stadhouer van Graz, drink Leipoldt tydens 'n maaltyd saam met 'n uitgelese geselskap sy eerste Tokay Essencia, die wyn wat sedert die sestiende eeu as die vernaamste groot wyn van die wêreld beskou is en wat op grond van 'n amptelike dekreet van die Vatikaan die enigste wyn is wat 'n pous mag drink. Die wyn wat hy die aand tydens die ete drink, was besonder verfyn. ‘Die kleur’, skryf hy, was 'n donker topaas, maar oorspronklik was dit, soos elke wyn afkomstig van die furmint-druif, 'n soort toermalyn-groen, met 'n goue fonkelingGa naar eind54 daarin. Dit het ek reeds by die Luttenberger-wyne opgemerk, en dit het my geïmponeer, want 'n groenagtige wyn was my destyds onbekend, ofskoon sommige van die Moeselwyne ook 'n ligte toermalynskyn het. Die Tokay het egter 'n geur gehad wat kenmerkend en baie aangenaam was. Dit het my herinner aan lemoenbloeisels...die verbeelding kan bokspeel om 'n gelykenis te vind om daardie eienaardige geur van Tokay te beskryf. Net so moeilik is dit om die ewe eienaardige nasmaak van die wyn te beskryf. Die stroopsoet, ferweelsagte ‘voel’ van die wyn oor tong en verhemelte is iets wat 'n mens lank in sy geheue sal behou, maar die heerlike nasmaak, net by die insluk van die teug, is iets wat jy net met aanbiddende dankbaarheid kan geniet.’Ga naar eind55 | |
[pagina 246]
| |
'n Besondere dag wat Leipoldt in Graz beleef, is die fees wat jaarliks op 2 Augustus gehou word en waartydens 'n groot straatmark, die Potzunkerlmark, plaasvind. Potzunkerl is 'n verdraaiing van die Latynse ‘portiuncula’, 'n klein porsie of brokkie, die benaming van die bidplek van die Heilige Franciskus in die hoofkerk van Assisi - ‘'n mooi kunstig uitgemesselde sykerkie gevoeg aan die groter en meer imponerende gebou wat die eer en roem van Assisi uitmaak’.Ga naar eind56 Potzunkerldag is dus die dag waarop alle gelowiges die ideaal van onselfsugtigheid en selfopoffering wat Franciskus deur sy voorbeeld gestel het, probeer nastreef deur onder meer van hulle besittings weg te gee. Vroeg die oggend is Leipoldt gewek deur 'n rumoer buitekant. ‘'n Blik uit die venster’, skryf hy, ‘het die bewys gelewer dat daar iets gaande was op die oewers van die rivier. Oral rond kon ek die ligte van lanterns sien, selfs op die rivier. Daar was bootjies en skuitjies by die dosyn; en op die grasperke, wat die aand tevore so leeg en verlate was, was daar nou 'n krioelende menigte mense, groot en klein, wat almal soos miere bedrywig rondloop, sonder dat ek eintlik kon gewaar waaruit die bedrywigheid bestaan en wat die rede vir hierdie skielike drukte was.’Ga naar eind57 Toe sy die oggend vir hom koffie bring en van hom ook 'n bydrae vir die mark afbedel, kon Leipoldt van die spraaksame Frau Janda verneem watter betekenis die dag vir hulle as gelowiges het: Die Herr Doktor is tog bekend met die Heilige Frans, nè? Ja, van Assisi in Italië êrens. Juis. En so, die Herr Doktor ken Assisi? Wat 'n voorreg om in die wêreld rond te reis. Nie dat sy nou daardie landstreek sou uitkies vir 'n plesierreis nie. Sy sou liewer na Parys - Weenen - Buda - selfs na Berlyn of Dresden gaan. Maar iedereen het sy smaak. Dus van Assisi. En miskien weet die Herr Doktor, ofskoon'n ketter, dat die Heilige Frans alles wat hy besit het - ja, regtig alles, tot sy onderhemp, met permissie - aan die armes afgestaan het? Ja? Goed. En dit as gebod agtergelaat het dat iedereen wat aan die Gemeente behoort op hierdie dag van Potzunkerl ook iets aan die armes sou afstaan? Dit is mos die betekenis van Potzunkerl, ofskoon die meeste lui dit ‘Fetsenmark’ noem omdat daar allerlei rommel is. Die Herr Doktor moet maar self gaan kyk - dit is interessant, veral vir 'n vreemdeling. Sy is al te gewoond daaraan om kopseer daaroor te kry, maar vir 'n vreemdeling is daar nogal baie om te sien.Ga naar eind58 | |
[pagina 247]
| |
Veral interessant vir Leipoldt was om te sien watter soort geskenke die mense bring. Die tradisie van die dag bepaal dat dit iets gerings in waarde moet wees, maar iets wat die skenker self kan gebruik en wat vir hom persoonlik dierbaar is. In die besonder is Leipoldt, reeds in dié stadium hartstogtelik geïnteresseerd in die jeug, geboei deur die presente wat die kinders bring. ‘Daar was 'n seuntjie’, skryf hy, ‘wat sy hanslammetjie te koop aangebied het; 'n meisie wat twee katjies in 'n mandjie rondgedra het; geen kind daar het sonder iets gekom nie. Later het ek van Frau Janda verneem dat die kinders by so 'n geleentheid 'n vername rol speel. As hulle niks het om weg te gee of te verhandel nie, dan gee hulle - hulself. Hulle bied hul dienste aan, wat dan opgeveil word, en die hoogste bieder kan eis dat hulle vir hom moet kom werk vir 'n dag, 'n week, 'n maand of soms (dog selde) vir 'n jaar.... Dit was dus 'n kermis, 'n egte smousery. Daar was tafeltjies net soos by ons by geleentheid van 'n kerkbasaar, waar 'n mens allerhande eetgoed, handewerk, groente en produkte teen uiters billike prys kan koop. En net soos by ons vroeër die geval was, kon iemand koop en die verkoopte dadelik weer aan die verkoper skenk om weer ten goede van die goeie saak verkoop te word. Die Stadhouer het die katjies in die mandjie gekoop en hulle weer aan die klein meisie present gegee, en hulle het drie keer van baas verwissel, en op dié wyse 'n aansienlike sommetjie opgebring vir die armekas.... Die boer-ooms met wie ek gepraat het - eenvoudige mense wat my deur hul manier van gesels en hul hele opvatting van wat reg en billik is, aan ons eie ou mense in die Bokveld laat dink het - was dit eens dat die Potzunkerlmark 'n goeie instelling is. Dit bring die mense bymekaar om barmhartigheid te toon, om te wys dat hulle, hoe ryk of arm hulle ook mag wees, iets vir die arme oor het en volgens die instelling van Broer Frans wil handel en wandel.’Ga naar eind59 Na afloop van sy termyn in Graz is Leipoldt saam met 'n groep van vyf klimmers na die Stiermarkse Alpe om 'n paar van die spitse uit te klim. Om die eerste keer met 'n tou om die lyf oor 'n diep ravyn van duisend voet te swaai, is vir hom 'n aaklige ondervinding en die afdaal daarna ook iets ergs. Maar van bo was die uitsig van so 'n onbeskryflike skoonheid dat dit al die harde werk die moeite werd gemaak het. Nog voor vieruur in die oggend het hulle begin vóór die sonsopkoms om oor die yslaag te wees, anders sou die glans onverdraagsaam vir die oë word. ‘One glacier,’ skryf hy op 23 Oktober 1908 vir Bolus, | |
[pagina 248]
| |
that which guards the approach to the Dachstein, was especially fine. Its deep crevasses attract one in an eerie manner, and I have never felt an impulse to throw myself down a height more strongly than there, when looking into the deep sea-green shimmer of these huge clefts, that seem bottomless because of their colouring. Looking down one sees the blue haze which is almost like the sky; it is as if one were glancing through the earth, and breathing in, through a huge central bore hole, the air from the antipodes. Equally fine are the jagged ice cliffs - congealed Atlantic waves, crested with new snow as the others with foam, and wind and rain worn into all fantastic shapes. The narrow clefts between two such boulders are almost lanceolate, and it struck me that here was a possible explanation of the evolution of northern Gothic architecture!Ga naar eind60 Ná die eerste moeilike klim is hulle die Dachstein in die Dolomietberge uit en die Tirool-valleie deur na die Schwarzenstein-gletsers, 'n tog wat Leipoldt met die manjifieke panorama van bo as een van die mooiste ekskursies van sy lewe beskou. Daarna verlaat hy die groep. Hy waag dit nie om man-alleen pieke soos die Vajoletthurm, die Marmolata en die moeilike Drei Sinnen te klim nie. In plaas daarvan loop hy te voet deur dele van die Tirool. Wanneer hy baie later in ‘Bemoeisug’ in die bundel Wat agter lê (1930) 'n verhaal oor 'n vreemde ontmoeting skryf, is die gegewe, soos die subtitel ‘'n Fantastiese verhaal’ trouens suggereer, in hoë mate fiktief. Met die verwysing na die Drei Sinnen ‘wat al soveel menselewens gekos het’,Ga naar eind61 die klein dorpies in 'n kom met wit besneeude berge en die wandeling deur die TiroolGa naar eind62 steun hy egter in baie groot mate op sy wedervaringe uit 1908. Hiervandaan reis Leipoldt na Bolzano en Trento. Na 'n staptog langs die Gardameer, laaste woonplek van die jonk gestorwe Latynse digter Catullus, kom hy in Verona aan. Hy besoek ook weer Venesië en reis van daar na Ravenna om Dante se graf te besigtig. Van daar keer hy terug na Bologna en gaan hy met 'n driedaagse staptoer oor die Apennyne na Florence, wat hom met al die kunsskatte fassineer, ‘of all I saw in Italy, I most liked, that I most desire to see again’,Ga naar eind63 soos hy op 23 November 1908 aan Bolus skryf. In Italië het hy die geleentheid om orvieto te drink, 'n wyn uit die Montefiascone-distrik maar minder soet as die ander wyne uit dié gebied en met meer geur en 'n lekker nasmaak.Ga naar eind64 Dit is na hierdie wyn dat broeder Eugenio in Leipoldt se drama Die heks (1923) verwys wan- | |
[pagina 249]
| |
neer hy by broeder Placido die suidelike wyne aanprys bo dié wat in die noorde van Italië gemaak word. Met die oog op die Kardinaal se fragiele gesondheidstoestand, so deel hy Placido mee, het hy vir Sy Eminensie se slaapdrank 'n vat ‘orwiëto’ laat kom, ‘sterker wyn as die wateragtige vog wat hulle hier drink’.Ga naar eind65 Aan die begin van Oktober 1908 is Leipoldt terug in Londen. Hy is weer een keer per week locum tenens by 'n dokter in New Cross en berei hom voor vir die FRCS-eksamen in November. Die studiereis deur Europa was vir Leipoldt 'n opskerping van die sintuie. Geen ander mediese student in hierdie jare by Guy's kon in die bestek van sewe maande soveel hospitale besoek, soveel prominente medici ontmoet en daarby soveel indrukke opdoen en ervarings beleef nie. Daar is waarskynlik ook geen ander Suid-Afrikaner in dié jare wat só uitgebreid gereis het nie - van Berlyn via Wene tot in Moskou en van daar tot by Graz en oor die Dolomietberge, die Apennyne en die Alpe na Italië. Vir sy latere skeppende werk was hierdie reis 'n ryk bron waaruit hy jare lank kon put. Daarby kon hy weekliks 'n verslag van sy ervarings vir sir Henry Burdett stuur. Vier van hierdie stukke wat in The Hospital verskyn, word nog in 1909 deur die Londense Scientific Press in 'n pamflet van twee en dertig bladsye oorgedruk en onder die titel The ideal graduate study institution: What Germany has done gepubliseer. Dit is sy eerste beskeie publikasie in boekvorm.Ga naar eind66 | |
VIIn November 1908 lê Leipoldt die FRCS-eksamen af terwyl hy aan 'n hewige aanval van griep ly. As gevolg hiervan skryf hy besonder sleg en vaar hy ook beroerd in die praktiese gedeelte. Hoewel die vrae betreklik maklik was, skryf hy aan Bolus, ‘I lost my head: got into a sheer funk of nervousness, tongue-tied and timorous, so that I am afraid I gave the examiners a very bad impression.’Ga naar eind67 Hy druip dan ook die eksamen met twee punte, maar hoop om dit in Mei 1909 met sukses af te lê. Kort hierna skenk Leipoldt oorweging aan verskillende moontlikhede vir sy onmiddellike toekoms. Weens gebrek aan geld kan hy in dié stadium nog nie in Suid-Afrika met 'n eie algemene praktyk begin nie. Sowel in Johannesburg as die Paarl ken hy egter geneeshere wat hom graag as vennoot wil hê. Intussen het 'n ander opsie opgeduik. Kort na sy terugkeer van die vas- | |
[pagina 250]
| |
teland van Europa bel sir Alfred Fripp, een van sy ouddosente vir wie hy ook as verbandverpleër gewerk het, hom en vra of hy geïnteresseerd sal wees om aan boord van die jag van 'n Amerikaanse miljoenêr as mediese dokter diens te doen. Die aanvangsalaris sal £70 per maand wees; indien hy hom permanent wil verbind, word 'n aanbod van £1 500 per jaar gemaak. Die miljoenêr is die koerantmagnaat Joseph Pulitzer, eienaar van die New York World en iemand wat nie minder nie as sestig Amerikaanse nuusblaaie beheer. Hy is heeltemal blind en reis saam met verskeie sekretarisse en sy elfjarige seun rond op 'n weelderige jag. Die pos sal Leipoldt ruim geleentheid vir lees en skryf bied terwyl die jag in die suidelike seë rondvaar. Van Maart tot Julie gaan Pulitzer na Wiesbaden en sal die dokter vakansie kan hou. Aangesien daar aan boord weinig uitgawes sal wees, meen Leipoldt, kan hy heelwat geld spaar en begin terugbetaal aan die lening wat Bolus so goedgunstig tot sy beskikking gestel het. Oor 'n ete in die Café Royal ontmoet Leipoldt mnr. James Tuohy, Londense korrespondent van die New York World en verteenwoordiger van Pulitzer. Onder die ete vra Tuohy Leipoldt uitvoerig uit oor sy belangstellings. Die vorige arts van Pulitzer, dr. Hosmer, het nie alleen na sy werkgewer se gesondheid omgesien nie, maar ook as 'n soort metgesel opgetree en vir hom uit die werke van Plutarchus, Herodotus, Plato en Tacitus voorgelees.Ga naar eind68 By die aanstelling van 'n nuwe arts sal daar dus uiteraard ook op die belesenheid en die literêre voorkeure van die kandidate gelet word. Pulitzer het reeds van Leipoldt se geskrifte kennis geneem en belangstelling daarvoor getoon. Deur bydraes vir sy werkgewer se koerante kan Leipoldt buitendien, volgens Tuohy, sy inkomste aanvul. 'n Paar dae later laat Tuohy Leipoldt weet dat hy as nuwe arts vir Pulitzer aangestel is. Leipoldt aanvaar die pos teen 'n salaris van £700 per jaar, maar verbind hom net vir drie maande. Dit skep vir Pulitzer die geleentheid om te sien wat hy aan Leipoldt het, en vir Leipoldt om uit te vind of maande op 'n skip saam met 'n blinde man vir hom draaglik is. In Desember 1908 vertrek hy met die RMS Teutonic na New York, waarvandaan hy per trein na die geselskap van Pulitzer sal reis. Op die skip het hy die voorreg om eersteklas te reis. ‘I never’, skryf hy op 9 Desember aan boord vir Bolus, travelled in such luxury: it seems wickedly wasteful after third classing in an Italian cargo boat! All my expenses on board - tips etc. - are to be put down as ‘business expenses’ so my own personal outlay | |
[pagina 251]
| |
has only been on underclothing, and additions to outlay. I have had to fill up a most gruesome form for the American customs officials in which I had to declare on semi-oath that I was not an Anarchist, nor a Polygamist, nor a convicted felon and besides to furnish ‘an accurate personal description of myself.’ This last proved rather trying - I am not sure whether my eyes are green, my hair brown or my nose straight. Still it passed. This vessel is very big in some things but not in tonnage, nor is it so nice as a Union Castle boat. The first class library is very good - the saloon bare and rather uninviting. I have not had time as yet to find out the state of things accurately, nor to see how I am impressed with my eighty odd fellow first-class passengers. My cabin is very nice - large and comfortable and all to myself. What bothers me is the dressing for dinners and the extent of the tips!Ga naar eind69 Tydens die vaart oor die Atlantiese Oseaan maak Leipoldt druk gebruik van die skeepsbiblioteek. Hy lees Dickens se Our mutual friend, wat hy uitstekend vind. Sekere werke van Besant en Rice is vir hom goed en ander sleg. Holy orders van Marie Corelli is, so teken hy aan, te ‘Corelliesque’ en het ‘too much flapdoodle & fudge about it and too many italics’. The green domino van Anthony Dyllington is, behalwe die eerste hoofstukke, nie sleg nie en The governors van E.P. Oppenheim is goed, maar The eyewitness van Hilaire Belloc is vir hom ‘rot’! Barker se The decline and fall of the Netherlands en Shorter se boek oor The Brontës vind hy goed. As afwisseling speel hy van tyd tot tyd skaak met die skeepskaptein, die betaalmeester en skeepsdokter. Van die begin van die reis is die weer onstuimig en die golwing van die skip só sterk dat hy moeite ondervind om te skryf. Sy eerste blik op New York kry Leipoldt vroeg in die oggend. Ten spyte van sneeu op die dakke van die huise is dit 'n stralende sonskyndag. Met die invaart in die hawe kan hy die Statue of Liberty van Bartholdi en die wolkekrabbers van Manhattan goed waarneem. Met sy aankoms wag een van Pulitzer se sekretarisse hom in met die opdrag om hom binne 'n paar uur, vóór sy vertrek na Hampton in Virginië, waar hy hom by die jag sal aansluit, die stad te wys. Allereers word hy na Pulitzer se woning in Fifth Avenue geneem, ‘a big marble pile, extravagance to be the keynote everywhere’.Ga naar eind70 Hy besigtig die voortreflike biblioteek, met portrette deur Lenbach, etse deur Whistler en Legros en 'n borsbeeld van Pulitzer deur Rodin. Pulitzer se slaapkamer is geïsoleer deur drie lae verdikte mure | |
[pagina 252]
| |
om alle geluide - waaroor die miljoenêr 'n fobie ontwikkel het - uit te sluit. ‘Everything’, skryf Leipoldt op Kersdag 1908 aan Bolus, ‘was extravagantly luxurious, but I believe my mood got more and more aggressive instead of appreciative as excessive tokens of affluence and spending power of my employer were shown me!’Ga naar eind71 Daarna word hy deur die sekretarisse vir middagete geneem na die Hotel Plaza, 'n gebou van vyf en twintig verdiepings. Die oesters eet hy met genoegdoening en hy word ingewy in die Amerikaanse gebruik van 'n ‘cocktail’ voor ete, 'n gewoonte wat hy nie in alle opsigte goed vind nie. In die namiddag word hy op 'n besigtigingstoer deur die stad geneem. Sommige van die geboue met hul dekoratiewe styl, die smal straatjies en die indruk van oorhaastig afgehandelde konstruksie en ontwerp laat hom aan Berlyn dink. Die oorheersende indruk is egter die luuksheid, ook van sy werkgewer se lewenstyl. ‘To give you an idea of the methods of my employer’, skryf Leipoldt aan Bolus, ‘the secretaries asked me if I could suggest any new books, or give them a list. I did so, quoting about 40 books I had seen reviews of or read, and we drove to Brentano's, the chief bookseller and bought them all forthwith!’Ga naar eind72 Daarna is hulle na The World-gebou, 'n wolkekrabber wat aan Pulitzer behoort en waarin die grootste koerant ter wêreld gehuisves word. Die hele opset van die koerant en die verskillende afdelings beïndruk Leipoldt. Ná die besoek drink hulle tee in die Hotel Waldorf en kry Leipoldt, wat teen dié tyd taamlik uitgeput was, die geleentheid om 'n uur of twee te rus. Ter afsluiting van sy besoek aan New York word hy teen die vroeë aand op 'n wolkekrabber van twee en veertig verdiepings geneem om die uitsig te bewonder: ‘millions of lamps lying like a gigantic sea below’.Ga naar eind73 Ná aandete moes hy die trein haal vir 'n tien uur lange rit tot by die veerboot wat hom na die jag sou neem. Met sy aankoms in Fort Monroe is hy eers na die Hotel Chamberlin vir sy eerste Amerikaanse ontbyt. Daarna kon hy vlugtig van die besienswaardighede bekyk, onder meer die Hampton-Instituut, waar swart en Indiaanse kinders opleiding ontvang en wat 'n goeie indruk op hom maak. Uiteindelik word hy na die Liberty geneem, 'n jag van 1800 ton wat spesiaal deur Pulitzer in Skotland laat bou is. Op die promenadedek is 'n mooi rookkamer, 'n sitkamer, 'n salon en 'n goeie biblioteek. Op die boonste dek is die kajuite, almal met beddens in plaas van banke en gemaklike stoele en tafels. Sy eie kajuit is besonder gerieflik, spesiaal met kaste wat as 'n noodapteek ingerig is. 'n Paar deure verder is nog 'n kajuit wat hy as 'n studeerkamer of spreekkamer kan ge- | |
[pagina 253]
| |
bruik, ingerig met tafels en 'n tikmasjien. Pulitzer se eie stel kamers, almal spesiaal gebou met kurkmure, rubbertoebehore en swaar tapyte om alle geluid uit te sluit, is ook op dié dek. Verder is daar 'n gimnasium. Die kwartiere van die twee en vyftig bemanningslede, almal Britte, is afgeskei van die res van die skip.Ga naar eind74 Leipoldt word vriendelik deur Hiram Dixon, die kaptein van die jag, verwelkom. Dieselfde aand ontmoet hy sy werkgewer, 62, with a face that is strongly reminiscent of Bernard Shaw, only the eyes are shrunken, staring, sightless - tall, rather slender, a curious character, and as I suspect, not ‘all there’ to use an expressive slang term. He has an antipathy to noise that amounts to an obsession, and when one watches closely, gives signs here and there, and very slight as yet, of a failing mind. My impression is (how far correct I cannot say as yet) that he is in an early stage of general paralysis of the insane. He is quick in speech and temper, very well read and apparently very broadminded, an idealist in many things, very materialistic in others. One has to describe everything to him, but what he wants is not so much a general impression as the minute details.... He still controls the editorial side of his paper and takes a keen practical interest in journalism. At the same time he displays a childish delight in small things. Thus he is very fond of a joke or of giving one or all of his entourage a surprise...One is never certain as to his movements: the yacht may be ordered to Cuba and half way he will order her to Newfoundland or Europe and then when she is under way, countermand the order and head her for some other part in quite the opposite direction. He is passionately fond of music but hates noise, as I have said. Also hates heat and does not dare to cruise south for fear of the tropics. I shall try to get him to go to CapeTown but I fear he won't hear of it as yet.Ga naar eind75 Naas Pulitzer en Leipoldt, bestaan die groep uit twee Amerikaanse sekretarisse wat vir Pulitzer voorlees, 'n Engelse sekretaris, 'n Duitse sekretaris wat ook vir hom op die klavier speel, 'n Duitse leermeester vir sy seun Herbert en 'n Engelse goewernante, ook vir die seun. Verder is daar 'n personeel van lyfbediendes en hofmeesters, van wie een aan elkeen van hulle toegewys is. Met drie kokke en 'n voortreflike kelder, onbeperkte vrugte en goeie sigare voel Leipoldt ‘as if I am daily committing sacrilege | |
[pagina 254]
| |
and proving a traitor to my ideals of plain living and high thinking!’Ga naar eind76 Die rede vir die voortdurende vaart en die verblyf op die jag, so verneem Leipoldt, is dat Pulitzer en sy koerant by 'n lastersaak teen president Theodore Roosevelt van die Verenigde State van Amerika betrokke is. In 'n berig in The World is beweer dat Roosevelt gemoeid was met bedrog van ongeveer veertig miljoen dollar, wat wederregtelik uitbetaal is aan 'n Franse maatskappy belas met die werk aan die Panamakanaal. Uit vrees vir arrestasie kon Pulitzer dit nie waag om in die VSA aan land te gaan nie.Ga naar eind77 Die lewe aan boord van die jag vind Leipoldt baie stil, maar dit gee hom die geleentheid om te skryf en te lees. Gewoonlik staan hy om seweuur op, bad, loop 'n draai op die dek en gaan dan ontbyt eet. Daarna is hy beskikbaar vir enigiemand wat sy professionele dienste benodig. Die res van die oggend lees en skryf hy tot ongeveer eenuur wanneer middagete bedien word, waarby Pulitzer aanwesig is. Die middagete bestaan uit ses gange en is gewoonlik met die gesprekke baie plesierig. Pulitzer gaan dan slaap en die res hou hulle onledig deur te lees, skaak te speel, te skryf of te stap. Teen vieruur is daar 'n teesessie. Omstreeks sewe-uur verklee almal vir die aandete, wat om halfagt begin. Dit duur ongeveer 'n uur; daarna vertrek Pulitzer saam met een van die sekretarisse wat vir hom in die bed lees, ‘while we linger over the nuts (which must not be cracked while he is in the room) and finally retire to the smokingroom to listen to some music, read or talk’.Ga naar eind78 Op Kersdag 1909 is die Liberty langs die kus van Florida in die suidelike gedeelte van die VSA. Hulle vaar na Jekyll-eiland, die vakansie-eiland van 'n groep Amerikaanse miljoenêrs. Dit is een van die plekke waar Pulitzer ook vir hom 'n ‘huisie’ laat bou het, in werklikheid, soos Leipoldt dit beskryf, ‘'n tweeverdieping-landhuis, met marmersuile om die boonste verandas te steun, met baie slaapkamers, groot resepsiesale en sierlike gewels, gebou in die modern-ouderwetse Amerikaanse landstyl’.Ga naar eind79 Die eiland self is met sy klubgebou, swembad, strandswemplekke, binnelandse meer waarin krokodille geskiet kan word en bos met herte en ander wild die speelplek van miljoenêrs. Op Kersdag verkies Pulitzer egter om die Kersmaal saam met sy hele entourage op die dek van die Liberty onder die sterre in die oop lug te geniet. ‘Die spyskaart was eenvoudig genoeg,’ skryf Leipoldt, ‘maar dit was 'n eenvoudigheid van kuns, en elke skottel was 'n kunsstuk. As voorspys was daar egte Russiese caviar, van die vername grootkorrel-soort; daarna 'n terrapinsoep, 'n smaaklike waterskil- | |
[pagina 255]
| |
pad; dan 'n besondere Amerikaanse vis, die “shad”, wat min of meer ooreenstem met ons eie galjoen, gestoof op die “groen plank”, 'n manier van toebereiding wat in die suidelike State aangetref word en wat die beste in vis of vlees behou; as hoofgereg, nie die speenvark of gevulde kalkoen nie, ofskoon altwee koud te verkry was, daar ons hulle al vir die noenmaal gehad het, maar 'n heerlike, op seldery gevoerde eendvoël, met 'n heerlike sous van bloubessiestroop. As nagereg die plumpoeding en 'n roomyspoeding met volop vrugte, vars en nog dieselfde dag gepluk.’Ga naar eind80 Van Jekyll-eiland stoom die Liberty verder suid na Havana, hoofstad van Kuba, 'n stad wat nie juis 'n besondere indruk op Leipoldt maak nie. Van daar vaar hulle na Meksiko, Montevideo, Rio de Janeiro en Tenerife, 'n reis wat vir Leipoldt interessant is, al het hulle nie die geleentheid om baie keer aan land te gaan nie. In New York, waar hulle drie weke vertoef, laat kaptein Dixon die skip so onopsigtelik as moontlik by Long Island Sound vasmeer. In dié tyd besoek Leipoldt Washington, Chicago, die Niagara-waterval en Boston, waar hy die graf van Ralph Waldo Emerson besigtig. Daarna vertrek hulle na Plymouth en Southampton. Op 18 April 1909 kom hulle aan in Lissabon, waar Leipoldt die jag verlaat, van sy kennisse afskeid neem, deur die doeane gaan en die kloosterkerk van Belem, waar die seevaarder Vasco da Gama se lyk bewaar word, besigtig. Hierdie besoek sal later in ‘'n Voorspel vir 'n Afrikaanse heldedig’, die lang vers waarmee sy bundel Uit drie wêrelddele (1923) open, neerslag vind: Die kloosterkerk van Belem hou sy lyk,
Gekluister in 'n ouderwetse graf,
Omring met ouderwetse silwerwerk
En koddig-mooi gebeitelde marmerkant.
Dáár op sy grafsteen lê hy afgebeeld;
En naas hom pryk sy wapen en sy skild,
Sy seemansepter en sy ridderswaard;
En onder septer, swaard en skild, sy naam.
Hier deur die opestaande kloosterpoort,
Versterk met fyn skarniere half verguld
En ysterskuiwe en -grendels half verroes,
Waai sag die suidewind uit Cascaes-baai,
En bring die seeruik waar hy salig rus,
En strooi die seemis oor sy marmergraf
In winter soos wywasem deur die kerk.Ga naar eind81
| |
[pagina 256]
| |
Ná die besoek aan Lissabon keer Leipoldt via Parys na Londen terug, terwyl die res van die Liberty-geselskap die reis voortsit na Wiesbaden vir Pulitzer se jaarlikse vakansie aan die einde van die winter.Ga naar eind82 Hoewel die maande saam met Pulitzer op die jag vir Leipoldt 'n besondere ervaring was, het hy hom van tyd tot tyd geërger aan die wispelturigheid en buierigheid van sy werkgewer en was daar vir hom 'n element van verveling in die lang reis. Hy was dus bly om in April 1909 in Brittanje terug te wees.Ga naar eind83 Volgens 'n mededeling van Leipoldt aan sy latere vriendin Helen Burton was dit tydens dié reis dat hy verlief geraak het op Hattie Green, 'n Amerikaanse miljoenêres wat ook 'n sangeres was. Die verhouding was egter uitsigloos, want Leipoldt, arm soos hy was, kon haar niks bied nie. Die verhouding het dan ook doodgeloop.Ga naar eind84 Volgens mev. Burton het dié vrou, net soos Leipoldt, ook nooit getrou nie. Of sy - soos 'n mens uit sekere verse vermoed - nog vóór Leipoldt se terugkeer na Suid-Afrika oorlede is, weet ons nie, want onder sy nagelate dokumente is daar nêrens enige gegewens oor dié verhouding nie. Dit is egter nie onmoontlik dat een van die onvoltooide verse in sy nalatenskap, wat as 'n Shakespeariaanse sonnet gekonsipieer is, op hierdie verhouding kan slaan nie, veral as 'n mens die eerste reël, waarin daar sprake is van 'n transatlantiese oortog, letterlik interpreteer. By afwesigheid van enige gegewens oor die ontstaansdatum van die gedig is dit egter onmoontlik om definitiewe afleidings te maak en kan die verband tussen die onvoltooide fragment en die verhouding slegs as 'n vae waarskynlikheid geponeer word: I reached across the Atlantic to enrich
My hermit life that held no happiness
To find somewhere amid the feveredGa naar eind85 stress
Of great ghost cities blacked by grime and pitch
A heart to beat in unison with my own
A hand responding to my alien clasp
A soul to whom my real soul would be known
A mind whose fancy my own faith could grasp.Ga naar eind86
En wanneer Leipoldt jare later op 'n afgelope stuk liefdesgeskiedenis terugkyk, is dit nie onwaarskynlik nie dat 'n ongepubliseerde gedig van hom op dié verhouding sinspeel: | |
[pagina 257]
| |
I would have given her all my heart
To hold in trust to gild or break
Content she had in me a part
But there are risks one dare not take.
I would have given her all my life
To mould and fashion to her make
Content that I would call her wife
But there are risks one dare not take.
I look back on the years gone by
And sorrow for my own self's sake
God send a chance to glorify
But there are risks one dare not take.Ga naar eind87
| |
VOp 14 Mei 1909 voltooi Leipoldt die skriftelike FRCS-eksamen, gevolg deur die praktiese gedeelte die volgende dag. Hierdie keer is hy suksesvol en kom sy amptelike mediese studie finaal op 'n einde. Harry Bolus en Lulu Kensit is juis in dié tyd op hulle jaarlikse besoek aan Londen, en die geleentheid word gevier met 'n ete wat Leipoldt self berei en met die drink van 'n besondere Duitse wyn.Ga naar eind88 Bolus nooi Leipoldt om ses weke lank saam met hulle as gas op 'n reis na die Europese vasteland te gaan. Aanvanklik is Leipoldt huiwerig om so 'n gulle aanbod te aanvaar, maar in 'n brief van 21 Mei 1909 beklemtoon Bolus dat dit in die lig van sy hoë ouderdom nie 'n ‘disinterested offer’ is nie. ‘On the contrary’, skryf hy, ‘it is really an interested one for I am sure you can and will save me a great amount of worry and even some labour for there is much of both in Continental travel, even to me when as a young and strong man I travelled alone years ago. Independently of this I believe your company will be agreeable to us both. I only hope it will prove as pleasant to you.’ Die wyse waarop Bolus die aanbod skriftelik maak, oortuig Leipoldt. Die aand van Maandag, 24 Mei 1909, vertrek hulle om nege-uur met 'n Cooks Conducted Tour vanaf Charing Cross Station. Aanvanklik gaan die reis na Karlsbad en van daar na Brussel, Parys, Genève en Marseille. Die grootste deel van die reis word egter afgelê in Italië, waar hulle Pisa, | |
[pagina 258]
| |
Rome, Napels, Capri, Pompeji, Florence, Venesië, Milaan en Lugano besoek. Via Switserland, Duitsland, Nederland en België keer hulle terug na Londen. In 'n brief van 27 September 1909 laat weet Leipoldt sy ou vriend hoe hy die ‘delightful Italian days’ van hulle toer geniet het. ‘I have the most pleasant memories of July and August still and shall always look back with pleasure to the trip.’Ga naar eind89 Reeds in Mei het Leipoldt 'n pos by dr. Daniell van New Cross as locum tenens aanvaar. Met sy terugkeer van die vasteland gaan hy hiermee voort, al het hy ook die gedagte om aanstellings by hospitale te verkry en om 'n eie private praktyk in Londen te begin. Ouder gewoonte volg hy weer 'n druk program, ook wat sy leeswerk betref. ‘I have just been reading a curious modern poet Francis Thompson’, skryf hy op 27 September aan Bolus. ‘The poems are weird and not always pleasing - a damnable deficiency in all verse that claims to be poetry - but they are certainly striking and in a few like The Hound of Heaven the rhythm and cadence are wonderful and the verses are really melodious.... (Thompson) is likely to become 'the rage' in a few years time.’Ga naar eind90 Hy berei ook voor vir 'n eksamen in openbare gesondheid en dink daaraan om 'n kursus in die regte te volg.Ga naar eind91 In hierdie tyd sien hy weer sy oom Ewald Esselen in Londen en lê ook besoek af by sy ou vriende mnr. J.W. Sauer en mnr. W.P. Schreiner, wat saam met J.H. Hofmeyr in Brittanje en die Europese vasteland reis. Op 16 Oktober sterf Hofmeyr in Londen na 'n hartaanval. ‘I saw him before and after he had been embalmed’, skryf Leipoldt op 11 November aan Bolus. ‘On the first occasion he looked very well - quite young and smiling, but the embalming made him much older and gave a strain of care to his face.’Ga naar eind92 Leipoldt woon die begrafnis by. Na alle waarskynlikheid is dit Kersdag 1909, terwyl Leipoldt die praktyk van dr. Daniell waarneem, dat hy een van die eienaardigste ondervindings van sy lewe het.Ga naar eind93 Leipoldt het teësinnig toegestem om vir sy doktersvriend oor Kersfees waar te neem, aangesien dit hom sou weghou van die jaarlikse besoek aan Adel Grange, waar die Ford-susters soos altyd 'n boeiende geselskap mense sou vergader en waar hulle in die aand rondom die kaggelvuur oor allerhande interessante onderwerpe sou gesels en selfs spookstories sou vertel. Sy kollega het hom net vlugtige aanduidings oor die pasiënte gegee en hom verder na aantekeninge oor die gevalle verwys. Waarskynlik, so was sy woorde, sou geen pasiënte hulle aanmeld nie, behalwe een oor wie hy niks verder wou sê nie; wanneer hy terug is, sal hy graag wil weet wat Leipoldt van dié man dink. | |
[pagina 259]
| |
Kersdag was dié jaar 'n nare, koue, reënerige dag, met vuil sneeu op die dakke en langs die strate. Leipoldt was glad nie tevrede toe hy uitgeroep word om 'n pasiënt te besoek nie. In die namiddag kon hy darem rustig met sy leeswerk voortgaan. In die aand het die huishoudster die Kersmaal voorgesit. Leipoldt was net besig met die nagereg toe die huishoudster inkom om te sê dat 'n pasiënt in die spreekkamer op hom wag, dié een vir wie die dokter altyd port en beskuitjies tydens besoeke aanbied. Leipoldt het sy ete voltooi en hom toe na die spreekkamer gewend. Hy skryf: Die vuur het dof gebrand in die groot herd, en daarvoor, met sy rug na my toe ek binnekom, het 'n lang maer gestalte gestaan, gekleed in die gebruiklike drag van 'n meneer uit die goeie stand. Sy swart pluiskeil het hy op die tafel gesit en daarnaas 'n klein pakkie, mooi in wit papier toegedraai en gebind met rooskleurige lint, en sy swart handskoene. Hy was na skatting goed in die sewentig jaar, bleek van gesig, met 'n growwe grys snor, sy kop amper kaal en die kophare wat oorbly net so grys as sy snor; 'n lang skraal man, goed oor die ses voet drie, met sy skouers krom en sy hande amper deurskynend wit, sodat die groot are onder sy vel duidelik sigbaar was en daaraan amper 'n koddige verskyning gegee het. Sy gesig was nie innemend nie; daar was iets terughoudends in, asof hy nie op sy gemak was nie. Hierdie eerste indruk wat ek gekry het, is dadelik versterk deur die feit dat hy my nie in die gesig gekyk het na die eerste vlugtige oogopslag by my binnekoms nie. Maar sy gelaatstrekke was egaal, en van die sykant gesien, het sy kop 'n goeie indruk gemaak. Hy was, in sy tyd, seker 'n mooi kêrel; 'n man met 'n fynbesnede neus en lippe, met al die lyne aantreklik, 'n goeie voorkop, 'n ferme kin. Ja, toe hy jonger was, sou 'n mens hom werklik twee maal bekyk het. Nou was hy meer soos die renewasie van iets wat voorheen aanspraak op skoonheid gemaak het.Ga naar eind94 By die aanvang van hul gesprek kon Leipoldt sien dat sy besoeker uitermate senuweeagtig is. Hy het verskoning probeer maak vir sy besoek op 'n Kersdag en die geskenk, wat vir sy huisarts bedoel was, oorhandig. Van agter sy rug het 'n stukkie papier te voorskyn gekom, 'n voorskrif vir 'n swaar slaapmiddel - swaarder as wat Leipoldt self sou gegee het. Leipoldt het ingegaan om die voorskrif op te maak, maar eers sy kollega se aantekeninge nageslaan. Hy het gemerk dat die pasiënt drie of vier maal in die | |
[pagina 260]
| |
jaar kom, gereeld betaal en telkens dieselfde sterk slaapmiddel voorgeskryf kry. Met die opmaak het hy die swaar dosis chloraal daarin met die helfte verminder. Ná die pasiënt se vertrek het Leipoldt, wie se belangstelling nou gewek is, iets meer uit sy kollega se boeke probeer wys word, maar hy kon geen vordering maak nie. Waarskynlik, so het hy gemeen, was dit maar net 'n senuweelyer, gepla met slapeloosheid. Toe sy vriend die dag ná Tweede Kersdag opdaag, het Leipoldt hom verwyt dat hy niks oor die man se toestand, vir wie hy in die verlede sestig grein chloraal voorgeskryf het, aan hom meegedeel het nie. Sy kollega het geantwoord dat daar liggaamlik niks met die man verkeerd is nie. Hy ‘ly net aan sy gewete’. Op Leipoldt se verdere vraag het die dokter 'n boek met knipsels te voorskyn gehaal. Voor die vuur die aand kon Leipoldt dit rustig deurgaan. In sy artikel oor die voorval skryf hy: Meer as vyftig jaar tevore was daar 'n moordsaak wat die hele Londen in rep en roer gebring het. 'n Welgestelde meisie se lyk is in een van die voorstede gevind, en dit was onmiddellik duidelik dat sy op gruwelike wyse om die lewe gebring is. Haar skedel is verbrysel met 'n swaar knots of hamer, en naby die lyk is 'n loodhamer gevind soos wat gebruik word - of destyds gebruik is - deur lettersetters om die ‘vorms’ stewig aan mekaar te kap. Die polisie het uitgevind dat die meisie 'n vryer gehad het, 'n jong man wat daar goed in gesit het en wie se vader 'n drukkery gehad het. Volgens die getuienis het die jong man met die vermoorde meisie in die rigting waar haar lyk gevind is, uitgewandel 'n paar dae voordat hulle die lyk daar gevind het.... Selfs lank voordat die saak voor die hof gekom het, was die getuienis, soos deur die koerante beskryf, so sterk teen die aangeklaagde dat dit duidelik was dat die openbare mening sterk teen hom gekant was. Maar die kroon kon nie sy skuld bewys nie, en na 'n verhoor wat vier dae geduur het en breedvoerig in die koerante gerapporteer is, het die jurie hom onskuldig bevind.Ga naar eind95 Die vader van Leipoldt se kollega, so kon dr. Daniell hom later meedeel, was een van die getuies en was oortuig dat die man skuldig was. Ná die uitspraak moes die polisie die aangeklaagde beskerm. Hy moes dan ook vlug en het hom glo in Australië gevestig. Ongeveer twaalf jaar gelede het hy, vyf en dertig jaar ná die voorval, teruggekeer en onder 'n skuilnaam | |
[pagina 261]
| |
weer in die ou huis van sy vader kom woon. Die meeste mense wat hom persoonlik geken het, was toe al dood. Op 'n dag het die man dr. Daniell kom spreek en ná 'n lang gesprek die knipsels oorhandig. Op dié wyse het dr. Daniell met die ware identiteit van sy pasiënt bekend geraak. Toe die man weer kom, was sy woorde: ‘En toe nou, Dokter? Wil jy 'n pasiënt hê wat miskien 'n moordenaar is?’ Opvallend in hierdie verslag van die ‘snaakse pasiënt’ se besoek en die relaas van dr. Daniell is dat die ware toedrag van sake enduit onseker bly. In teenstelling tot C.J. Langenhoven en ander skrywers se spookverhale en relase oor moorde is Leipoldt basies geïnteresseerd in die psige van die aangeklaagde, nie in die eerste plek in 'n ‘oplossing’ wat die leser sal bevredig nie. Daarom dat die vraag of die pasiënt inderdaad die moordenaar was, onbeantwoord bly. Dit is hierdie belangstelling in die psige wat van Leipoldt in sy Londense jare 'n aktiewe lid van die studiekring vir die ondersoek van paranatuurlike verskynsels gemaak het. Ook wat sy reise betref, het hy 'n ander ingesteldheid gehad as die dikwels oppervlakkige toeristiese blik wat 'n mens by so baie reisverhaalskrywers vind. Die doel van sy reise was, naas mediese verkennings, veral om hom te verryk met die kunsskatte van die wêreld en om mense in verskillende lande en sfere waar te neem. Want basies was Leipoldt 'n altruïs met 'n sterk meelewende komponent, selfs al het mense hom dan, soos 'n mens uit die verse oor 'n versaakte geliefde kan aflei, dikwels teleurgestel. Ten spyte van sy veelvuldige reise en ondanks die vreugdes wat hy daaruit kon put, kon hy waarskynlik, soos hy dit self by geleentheid in 'n gedig sou stel, ‘nêrens...uitkoms vir sy hart’Ga naar eind96 vind nie. |
|