Leipoldt. 'n Lewensverhaal
(1999)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 183]
| |
Hoofstuk VI
| |
[pagina 184]
| |
medestudente en dosente wat tot vriendskappe kan uitgroei. ‘There is much in an old school like Guy's to spur one on,’ skryf hy, ‘to encourage one and to give one high ambitions which, though they may never be realised, make one's present more cheerful and the future something to be looked forward to.’Ga naar eind4 En op 9 September 1903, byna 'n jaar ná sy eerste registrasie, laat hy sy weldoener weet dat hy baie van sy werk hou, ten spyte van depressiewe oomblikke wanneer hy mismoedig en ontevrede voel en ‘when one thinks bones and drugs are too abstruse subjects for adequate comprehension’. Hy gaan voort: ‘Let me...say this that so far my studies are getting more interesting every day, and as I look back on the twelve months spent I can discover nothing that makes me wish that I had not entered upon the course.’Ga naar eind5 Met sy inskrywing in September 1902 moes Leipoldt die eerste £49 vir sy klasgelde vooruitbetaal, maar hy was verseker van Bolus se steun. In 'n brief van 23 September sê sy weldoener nogmaals dat hy geen rente op die lening wil hê nie en dat dié rente in werklikheid die enigste geskenk aan Leipoldt is, ‘not merely as a gift to yourself but rather as a humble contribution to the cause of Science, and for the good of my adopted country, to which I owe so much’.Ga naar eind6 Hierop reageer Leipoldt op 13 September in 'n brief wat andermaal van sy groot erkentlikheid en dankbaarheid teenoor Bolus getuig, maar ook van die konsensieuse wyse waarop hy met die lening omgaan - 'n aanduiding van hoe die spaarsin van die sendeling steeds in hom werksaam is: ‘As you say in your letter that you waive the question of interest I shall not refer to it again. It will be my determination to look upon your kindness as done not only to me personally but done to enable me to work for South Africa and I will ever look upon it in that light. I think it only fair that I should send you, at the close of every winter term - that is in June - a statement as to how I have expended the money - that is to say, if you have [no] objection for I do not in the least wish to trouble you with such a statement unless you are not unwilling to peruse it.’Ga naar eind7 Leipoldt skryf hom in vir die gekombineerde kursus Licenciate of the Royal College of Physicians (LRCP) en Member of the Royal College of Surgeons (MRCS), met die bedoeling om daarna die Diploma of Public Health (DPH) en die Fellow of the Royal College of Surgeons (FRCS) te verkry.Ga naar eind8 Aanvanklik is dit ook sy plan, soos hy reeds tevore aan Bolus te kenne gegee het, om die Londense matriek te verwerf en hom daarna vir die M.D. in te skryf.Ga naar eind9 Wanneer hy sy kerkverband op die registrasievorm | |
[pagina 185]
| |
moet verstrek, lei die klein duiwel wat altyd in hom werksaam was, hom daartoe om ‘Boeddhisme’ in te vul!Ga naar eind10 Dit is nog eens 'n aanduiding van sy rebellie teen die streng beginsels van sy jeug in die pastorie, maar ook van die onafhanklikheid van gees waartoe hy reeds in dié jare gegroei het, selfs al gee 'n mens toe dat hierdie nonkonformisme iets uitdagends bevat. Hoewel Leipoldt met sy aankoms in Londen reeds heel wat van die Boeddhisme geweet en bepaalde aspekte daarvan tot hom gespreek het, kan 'n mens met sekerheid aanvaar dat hy in hierdie stadium - en ook later in sy lewe - geen praktiserende Boeddhis was nie. Die mediese kursusse wat hy volg, bring mee dat Leipoldt nou elke weeksdag van nege-uur soggens tot vieruur in die middag met lesings, praktiese werk en demonstrasies besig is. In werklikheid is so 'n lading werk vir 'n mediese student betreklik lig! Aanvanklik is dit egter vir Leipoldt, wat nooit aan 'n skoolrooster onderwerp is nie en as joernalis ongereelde ure gewerk het, besonder moeilik om aan 'n vaste roetine gewoond te raak. Om die anatomielesings om nege-uur te haal, so skryf hy aan Bolus, moet hy sewe-uur opstaan, was en aantrek en die een en 'n half myl na die hospitaal loop. Betreklik gou is hy egter versoen daarmee en vind hy dat die oggendstappie hom fiks maak vir die dag se werksaamhede.Ga naar eind11 Daarnaas is hy met die oog op die Londense matriek besig met chemie en biologie. Die biologie-eksamen lê hy reeds in Desember 1902 met welslae af en vakke soos Latyn vind hy selfs makliker in vergelyking met die standaarde vir die Kaapse matriek, maar tot sy verdriet druip hy wiskunde, wat 'n vereiste vir toelating tot die M.D. is.Ga naar eind12 In die lig hiervan besluit hy om voorlopig van die Londense matriek af te sien en hom vir die daaropvolgende vyftien maande op organiese chemie en anatomie toe te lê.Ga naar eind13 Esselen keer in Oktober 1902 saam met sy gesin na Suid-Afrika terug, sodat Leipoldt nou sonder familie in Londen is. Hy staak sy joernalistieke bydraes, laat sy leeswerk, wat hy tot in daardie stadium in die Britse Museum gedoen het, heeltemal links lê en konsentreer in hoofsaak op sy studie. Tog vind hy tyd om by die studente se skaakklub aan te sluitGa naar eind14 en voorlesings vir die St Christopher's Boys' Club te hou, 'n eerste aanduiding van sy belangstelling in die welsyn van kinders.Ga naar eind15 Omdat sy hospita siek word en nie meer haar loseerder kan akkommodeer nie, moet hy van Februarie 1903 af 'n ander woonplek vind. Die soektog word 'n nagmerrie, want aanvanklik kon hy niks behoorliks binne sy begroting kry nie. ‘The slummy quarters where lodgings were cheap were | |
[pagina 186]
| |
absolutely out of the question’, skryf hy op 13 Februarie 1903 aan Bolus. ‘I have not got consumption as yet but I take it it would be tempting providence to live in such vitiated atmospheres as are to be found in what people here call “buildings”.’Ga naar eind16 Gemeubileerde kamers in die beter dele van die stad kos £1 tot £1-10-0 per week sonder kos of bad, 'n bedrag wat vir Leipoldt te hoog is. Daarom besluit hy om twee ongemeubileerde kamers omtrent vyf minute van Guy's net noord van die Teems te huur en dit self te meubileer. Vir die twee kamers betaal hy agt sjielings en 'n sikspens per week en drie sjielings vir versorging. Sy huisraad, wat hy teen 'n winskopie kon aanskaf, kos alles tesame in die omgewing van £14. Daarby hoef hy nou nie meer op reënerige dae van tram- of treindienste gebruik te maak nie. Hy loop deur 'n stegie wat hom binne drie minute by die kollege bring, waar hy sy maaltye kry. 'n Minuut verder is die klaslokale.Ga naar eind17 Sy woonplek is geleë op Trinity Square, ‘a large open square with trees all round and an old church in the centre, a sort of half-Greek, half-Gothic structure which is not remarkable for anything in particular. In the house next to the one I live in, resided Shelley just before he went to Italy with Byron.’Ga naar eind18 Die plein was ook die woonplek van lady Anne Barnard, wie se memoirs, South Africa a century ago, in 1901 gepubliseer is. Leipoldt het dit intussen gelees. ‘It is charmingly written’, laat weet hy Bolus. ‘She saw with an outsider's eye, it is true, but with rare sympathy and kind-heartedness, and wrote what she saw with a very facile pen.’Ga naar eind19 Met die herinnering aan sulke illustere literêre figure in sy onmiddellike omgewing - en met Keats as een van sy voorgangers by die mediese skool - was Leipoldt in sy nuwe woonplek omring van gebenedyde dooies: skimme wat hom literêr kon lei en bevrugtend op sy skeppende gees kon inwerk. Op 17 Januarie 1903 laat weet Bolus sy jong vriend dat die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop besluit het om aan hom die eredoktoraat D.Sc. aan te bied en dat die graad op 7 Maart toegeken sal word, 'n verering wat hy hom laat welgeval en waarmee hy ingenome is, te meer omdat dit ‘both unexpected and unsolicited’ was. In sy reaksie van 13 Februarie hierop spreek Leipoldt sy vreugde uit oor hierdie verering. ‘It certainly reflects’, skryf hy, ‘as much honour upon the University to have your name upon its roll of doctors honoris causa as it does upon you to wear the green silk hood, and I am sure the decision of the committee of honorary degrees will be appreciated by all South Africans, and by all botanists here in England.’Ga naar eind20 In die eerste helfte van 1903 werk Leipoldt hard aan die basiese vak ke. | |
[pagina 187]
| |
Sy joernalistieke bydraes en ander skryfwerk kan hy in dié stadium slegs in die vakansies of op Sondae doen, maar hy probeer om in die naweek van die rookmis en vervuiling van sy onmiddellike omgewing weg te kom, na een van die graafskappe buite Londen te loop, plante te versamel en met die trein terug te keer. Terwyl hy nog in Kaapstad was, het hy by geleentheid 'n lesing oor 'n vygiesoort bygewoon wat die volksnaam kougoed dra en wat 'n alkaloïed, verwant aan die Suid-Amerikaanse Indiaansgif, bevat. Op sy versoek stuur sy vader en Bolus vir hom 'n voorraad van hierdie vygiesoort. Sy vader stuur ook wildeamandelpitte saam met die kougoed. Onder leiding van sy hoogleraar in organiese chemie begin hy die eienskappe van die plant se aktiewe bestanddeel navors. In die laboratorium isoleer hy 'n glukosied wat aan Indiaansgif verwant is, terwyl hy uit die wildeamandelpitte 'n glukosied met 'n sterk narkotiese werking ontwikkel.Ga naar eind21 Met hierdie oorspronklike stuk navorsingswerk, volledig deur hom geïnisieer, maak hy groot indruk op sy dosente. Aan die einde van die semester slaag Leipoldt in al sy voorbereidende vakke. In April 1904 lê hy ook sy tweede professionele eksamen met welslae af. Hy is nou gereed om met kliniese werk in die hospitaal te begin en word toegewys aan sir Alfred Fripp,Ga naar eind22 vir wie hy op rondes vergesel en met die versorging van die pasiënte in die mediese sale help. ‘One of my new patients’, skryf hy aan Bolus, ‘is a semi-paralytic whose bladder has to be washed out every day, and that job devolves on me as clerk. It is not altogether a pleasant task but it is all in the day's work, and as it is an operation I shall have to do, most probably, fairly often in private practice, I am glad that I get such an early opportunity of practising it.’Ga naar eind23 Waarskynlik het Leipoldt in hierdie stadium sy jeugervaring met Francken se boek en sy aanval van histerie volkome verwerk, want in sy verslag aan Bolus merk 'n mens niks van die vroeëre afgryse nie. Na afloop van sy termyn by Fripp begin Leipoldt werk in die sale van sir Cooper Perry, dosent in dermatologie en medisyne en iemand wat later belangrike werk op die gebied van kwaadaardige siektes en die duodenum sou doen. Wat Leipoldt in die besonder tot Perry aantrek, is sy kennis van die klassieke literatuur en sy meesterlike beheersing van Engelse prosa. By sy dood in 1938 huldig The British Medical Journal Perry in 'n hoofartikel as iemand wat met sy skryfwerk vas geglo het aan Quintilianus se voorskrif, wat die tydskrif in Engels weergee: ‘Care should be taken not that the reader may understand if he will, but that he must understand, whether he will or not.’ Wat sy karaktertrekke betref, noem die tydskrif 'n eien- | |
[pagina 188]
| |
skap wat ook in later jare waar was van Leipoldt: ‘Women either admired him or disliked him intensely. There was no middle course for them. He had a habit of paying back-handed compliments that did not make for feminine appreciation. Those who realized his great human qualities behind the lack of social grace were his devoted friends for life, and he in turn repaid their devotion with countless kindnesses.’Ga naar eind24 In Mei 1904 is Bolus saam met sy niggie Lulu Kensit op besoek aan Londen en sien hulle Leipoldt die eerste keer sedert sy vertrek uit Suid-Afrika. Saam eet hulle in 'n vegetariese restaurant, besoek hulle Kew Gardens en kom Bolus op besoek aan Leipoldt se ‘digs’, waar sy hospita, mev. Ransome, hulle op 'n ete trakteer.Ga naar eind25 Tydens sy terugvaart na Suid-Afrika bedank Bolus in 'n brief sy jong vriend vir alles wat hy vir hulle gedoen het. ‘I shall never forget’, skryf hy aan boord van die Gaika, ‘the pleasure of our meetings from the first day at the Academy, to the last evening in the Docks when the time seemed to fly all too quickly, and not forgetting that memorable visit to Cambridge and Ely - delightful to me as to yourself.’ En in 'n tweede brief vermaan hy Leipoldt: ‘Be moderate in your literary aspirations and conquer, as you can a good place in your profession first, then Literature or Botany as you please but leave a little corner in your heart for the last in any case.’ In 'n brief van 9 Mei 1905 reageer Leipoldt op Bolus se versoek: ‘You need not have any fear that I shall ever give up my love for collecting plants or that, when I come back to South Africa, medicine and that alone will wholly absorb my time and rob me of the chances of veld excursions...in search of botanical facts and material.’Ga naar eind26 Vroeg in Oktober 1904 begin Leipoldt as verbandverpleër vir MrGa naar eind27 L.A. Dunn werk, 'n chirurg met wie Bolus reeds kennis gemaak het en iemand wat hoë aansien in die mediese skool geniet. Die gevolg van hierdie verskuiwing is dat Leipoldt se drag werk by die mediese skool geweldig toeneem. Twee maal per week ondersoek hulle vanaf halfnege in die oggend tot halftwee in die middag die buitepasiënte, gevolg deur operasies van twee- tot vyfuur en soms in die aande ook. In die koue Londense weer is dit nie die gesondste en aangenaamste ding om van die warm operasiesaal na die koue gange met hul marmervloer en met togte deur die oop saaldeure te gaan nie, met die gevolg dat Leipoldt bykans iedere maand verkoue kry.Ga naar eind28 Dunn behandel hom egter besonder goed. ‘He did me the honour’, skryf hy op 4 November 1904 aan Bolus, ‘to ask me to a private operation on an old lady up near Paddington and I “dressed” for | |
[pagina 189]
| |
him. After the operation he asked me to lunch and gave me a guinea - a new bright sovereign and an equally shiny shilling. This, my first professional fee, I have invested in a surgical tome to which I have asked him to put his autograph as a memento. He is a medium-sized, rather stout middle-aged man, with a moustache of such intense blackness that it brings to one's mind henna and other oriental concoctions for dyeing, and in this way he is a character. At times’, en by hierdie uitspraak dink 'n mens aan wat baie mense van die latere Leipoldt gesê het, ‘he can be very nice - other times again very much the reverse, short-temperted, blunt of speech and irascible, irritable, even savage. As a host I found him very nice indeed. He gave us all a dinner, as the custom is, ...and the repast was less Cornaro-like than Lucullan. We started with oysters and struggled valiantly through 16 courses, for when one of us declined there came Dunn's anxious voice 'now my boy wherever's your appetite gone to!' Fortunately he is an unmarried man and there was no question of a call in top hat and uncomfortable clothes afterwards. The 16 courses done, he produced cigars and told stories, chiefly natural history yarns as he seemed to be a keen ornithologist, and then the cards and played whist and bridge with the condition that “you must not gamble, boys”. So you see the work under such a chief is interesting enough though he himself may be very exacting.’Ga naar eind29 In Februarie 1905 woon Leipoldt tydelik in Shortlands, ongeveer twintig minute per spoor van Guy's, in die huis van ene dr. Price, wie se broer hy vir 'n tweede eksamen ‘afrig’, in ruil waarvoor hy vry losies en hulp van die dokter met sy saalrondes kry. Daarby geniet hy die suiwer lug van die platteland en die geleentheid om saam met die student sy kennis van anatomie te verfris. In April is hy terug op Trinity Square. Omdat hy in April, ‘owing to the special custom that prevails here’,Ga naar eind30 geen werk by Guy's het nie en hy, buiten twee kort onderbrekings, twee jaar lank nie met vakansie weg was nie, gaan hy 'n maand lank na Italië. Vroeg in Mei is hy terug, hierdie keer as verbandverpleër vir Mr Charles J. Symonds. ‘I have a few patients that demand constant attendance, very late at night and very early in the morning and there is no chance of getting even a whole evening free for the next three months’, skryf hy op 9 Mei aan Bolus. Tog geniet hy van die lente wat ook reeds op Trinity Square merkbaar is. ‘There is a weatherbeaten statue of King Alfred...in the centre just opposite the house where Keats lived when he was a student at Guy's’, skryf hy in dieselfde brief, ‘and the lime trees fringing the edge of the square are all in | |
[pagina 190]
| |
full leaf, making quite a smart show. It's a very quiet square on the whole, though the traffic from the neighbouring Borough High Road does make a noise at times, and now that it is warm in the evenings I can sit at the window all the evening reading - if it were not for the fact that I have to get up every two hours or so and trot off to the hospital!’Ga naar eind31 Later dié jaar spreek hy teenoor Bolus sy vreugde en verrukking oor die natuurskoon van die Engelse platteland uit. In 'n brief van 23 SeptemberGa naar eind32 skryf hy: ‘I went with a naturalist chum to Hayes Common where we spent the day, I learning for the first time to distinguish between the cry of a thrush and the warble of a nightingale. I cannot say, however, that I am quite clear as yet to the difference and for my own part I would sooner have the twitter of the finches in the oaks over the Library entrance in our old Avenue to all the thrushes they get here. Still, it is wonderfully beautiful. Your English country in its twilight! I never quite realised its possibilities till I stood on a chalk hill and watched a night jar flitting about near the junipers and saw the delicate tints of a sun long set fading over the pines and the red roofed railway station in the background!’ In die somer van 1905 is Bolus en Lulu Kensit weer in Londen en geniet Leipoldt sy ou vriend se stimulerende geselskap. Saam bespreek hulle nuwe boeke en gaan hulle weer na Ely om na plante te kyk, 'n ekskursie wat Leipoldt ná Bolus se vertrek aanspoor om heelwat te lees, al het hy nie veel tyd tot sy beskikking nie. Sy taak as verbandverpleër vir Symonds, een van die beste chirurge by Guy's, neem die grootste deel van sy tyd in beslag. Hy het Symonds intussen beter leer ken en agtergekom dat hy, soos Bolus, 'n groot belangstelling in ou afdrukke en prente het. In hierdie stadium vind Leipoldt dat hy reeds vir die eindeksamen geskik is. Die regulasies stipuleer egter dat hy hom eers ná vyf jaar, met ander woorde in Oktober 1907, as ingeskrewe student vir dié eksamen kan aanmeld. Slegs in een vak, naamlik verloskunde, mag hy ná afloop van sy vierde jaar geëksamineer word. Hy vind sulke regulasies verregaande. ‘It is infinitely strange’, skryf hy op 27 Oktober 1905 aan Bolus, ‘that responsible and probably intelligent bodies of men such as the Medical Council should make such absurd and useless regulations, or fix such absolutely hampering time limits. What does it really matter how many years have passed and gone since I came to Guy's, so long as I can show that I have acquired sufficient knowledge in the time I have been here to pass the examination successfully?’Ga naar eind33 Omdat Leipoldt reeds in Oktober 1905 al sy verpligte werk vir die kur- | |
[pagina 191]
| |
sus voltooi het, besluit hy om twee jaar lank aan spesiale onderwerpe te wy. Hy wil ook weer met die oog op die M.D. die Londense matriek in Januarie 1906 en daarna die primêre ‘fellowship’ aandurf. Intussen dwaal hy rond in die biblioteek, laboratoriums en dissekteerkamer en vind enkele van sy eertydse klasmaats wat steeds nie in die anatomie-eksamen kon slaag nie. Vir die Londense matriek werk hy aan Euklides en wiskunde. ‘The Latin’, skryf hy op 1 November aan Bolus, ‘is childsplay - the mathematics I cannot get the better of.’Ga naar eind34 Terselfdertyd berei hy hom in die dissekteerkamer voor vir die primêre ‘fellowship’-eksamen in anatomie. Vroeg in Januarie 1906 lê Leipoldt weer die Londense matriekeksamen af. Hy vaar goed in al die vakke, behalwe in wiskunde, wat hy 'n tweede keer druip. In dié omstandighede is die Londense M.D. buite sy bereik en oorweeg hy Durham, wat 'n goeie, gebalanseerde kursus aanbied, al is 'n jaar lange aanwesigheid in die Newcastle-hospitaal 'n vereiste. Soos hulle gebruik die voorafgaande jare was, is Bolus en Lulu Kensit in die Europese somer van 1906 in Engeland. Saam besoek hulle weer Kew en Ely, terwyl Leipoldt en Lulu na voorbeelde van goeie kerkargitektuur gaan kyk. Op 17 November laat Leipoldt sy ou vriend weet dat hy nou in Shadwell werk as kliniese assistent vir ene dr. Fisher, ‘an old Guy's man, a keen antiquarian and a man of means so that he is able to indulge in his hobbies to a satisfactory extent’.Ga naar eind35 Drie keer per week werk hy ook in een van die koorshospitale, waar hy ervaring opdoen in die diagnose en behandeling van aansteeklike siektes. Wanneer hy weer op 14 Desember aan Bolus skryf, het hy een van sy vingers tydens 'n lykskouing gesny en moet hy die brief noodgedwonge met die linkerhand tik. Intussen het Leipoldt sy opleiding in die koorshospitaal voltooi en moet hy hom vir die hele duur van Januarie 1907 aan kraamgevalle in die East End van Londen wy. Hy en vyf ander mediese studente moes in die loop van die maand tussen twee- en driehonderd bevallings behartig. Die meeste werk, so skryf Leipoldt op 1 Februarie 1907 aan Bolus, was in die nag, ‘for, for some obscure reason the stork seems to be particularly active in the early hours of the morning. I did not look forward to the work, I thought, indeed, I should loathe it. Obstetric work is filthy enough, and when done all by oneself, with its dangers and difficulties, it does not prove at all alluring. But I have been pleasantly surprised. I did not have so many cases - barely two each day - and no very great difficulties, and the class of people I met proved interesting - more so than any other I have met among the London poor. They are of the poorest indeed. | |
[pagina 192]
| |
The lanes and alleyways into which I penetrated were a revelation to me, even though I knew more and had seen more of the East-end poverty and slum squalor than most Londoners.’Ga naar eind36 Uit sulke mededelings sien 'n mens weer Leipoldt se basies altruïstiese instelling en die sendelingtradisie wat steeds in hom werksaam was. ‘My experiences during the month’, skryf hy dan ook aan Bolus, ‘have been most interesting - also I believe instructive. They have shown to me how in the most abject poverty charity of the truest and finest type flourishes, and how willing and eager the poor are to help one another.’Ga naar eind37 In die volgende maande rig Leipoldt nog 'n paar studente af vir hul eksamen. Hy vind nie veel plesier daarin nie, maar dit gee hom die geleentheid om weer sy geheue oor afgehandelde kursusse te verfris. Sy hospitaalverpligtinge hou hom in hierdie stadium besig van nege-uur in die oggend tot halfses in die middag. Terselfdertyd berei hy voor vir sy eindeksamen. In hierdie stadium skryf hy verder aan die verse wat later in Oom Gert vertel en ander gedigte opgeneem sou word, al gaan hy terselfdertyd intens op in die kosmopolitiese wêreld van Londen. Hy woon naby Westminster Bridge, die brug van waar William Wordsworth, een van die kreatiewe geeste wat in dié jare een van sy ‘begeleiers’ is, ongeveer honderd jaar tevore die stad in al sy glorie sien lê het: Earth has not anything to show more fair:
Dull would he be of soul who could pass by
A sight so touching in its majesty:
This City now doth, like a garment, wear
The beauty of the morning: silent, bare,
Ships, towers, domes, theatres, and temples lie
Open unto the fields, and to the sky;
All bright and glittering in the smokeless air.
Never did sun more beautifully steep
In his first splendour, valley, rock, or hill;
Ne'er saw I, never felt, a calm so deep!
The river glideth at his own sweet will:
Dear God! the very houses seem asleep;
And all that mighty heart is lying still!Ga naar eind38
| |
[pagina 193]
| |
‘I cannot quite agree with Wordsworth as to the incomparableness of the Westminister view,’ skryf hy by geleentheid aan Bolus, ‘but I wandered across the bridge last Sunday night and stood looking at the river and it struck me that there were many beauties in it, phases and shapes and lights, colours here and shadows there, which I had never before observed, never paid attention to. It seems to me that such a discovery, made by oneself in a moment when one's mind is fully able to grasp the meaning - however remote - it may have, does far more to teach one that poets saw clearer, farther, with better vision than one sees for oneself.’Ga naar eind39 En tog was dit nooit Leipoldt se bedoeling om hom permanent in Brittanje te vestig nie. Wanneer Bolus byvoorbeeld op 'n keer vir hom knipsels uit die Cape Times stuur oor navorsing wat aan die Kaap gedoen word, is hy intens bewus daarvan, soos hy dit in 'n brief van 23 September 1905 stel, ‘that there is so much to do and so little yet done - the wide field for research, the vast possibilities for a worker, and the cogent interest of all the details of the work. It all makes me eager to be back, to take some share in it all, even the smallest.’Ga naar eind40 En op 11 April 1907, kort voordat hy die eindeksamen aflê, skryf hy aan Bolus: ‘I am looking forward to the time when I shall be able to return to South Africa, to work there, and to try by such work, not to repay your kindness and all that you have done to help me - that indeed I cannot do - but to justify the confidence you have put in me. Here, however successful I may be, there is always the thought that - “your proper sphere is your own country”.... I hope, sincerely, to be able to return and work there.’Ga naar eind41 | |
IISoos in sy jare in Kaapstad, en ook later in sy lewe, het Leipoldt hom nie tot een onderwerp of studieveld, in hierdie geval sy mediese studie, beperk nie. Dit was skering en inslag van sy hele samestelling dat hy sy gees moes wakker hou deur op 'n groot en uiteenlopende verskeidenheid terreine te beweeg. 'n Mens kan feitlik sê dat daar nie 'n onderwerp was wat hom nie geïnteresseer het nie. In alles het hy sy nuuskierige neus gesteek en in alles het hy hom verlustig. Een gebied waaroor hy, eienaardig genoeg, niks in sy briewe aan Harry Bolus rep nie maar waarin hy nou intens geïnteresseerd geraak het, was die kookkuns en die wynkultuur. Reeds in die eerste week ná sy aankoms | |
[pagina 194]
| |
in Londen het Leipoldt die geleentheid gehad om 'n werklik voortreflike wyn te drink. ‘Dit was’, so skryf hy, ‘'n wyn van die Beierse Palts, 'n Deidesheimer Kieselberg, glo van 1889, een van die geurigste en lekkerste wyne wat ek in Europa gedrink...het. Vir Engelse smaak was dit veels te soet, maar my gasheer, 'n goeie wynkenner, het daarvan gehou en het dit met die nodige eerbied behandel. Kort daarna het ek, aan die tafel van sir James Sivewright, 'n pragtige Moeselwyn gedrink, 'n Piesporter 1896, besonder geurig en glad nie soet nie. Ek onthou die wyn omdat my medegaste nie geskroom het om te rook onderwyl hulle daarvan gedrink het nie, terwyl hulle algar, met die heilige erns wat gebruiklik is, sigare uitgedoof het toe 'n Portwyn, wat myns insiens nie in die verste verte met die Duitse wyn vergelyk kon word nie, die ronde gemaak het.’Ga naar eind42 By geleentheid was Hennie Malherbe op besoek aan Londen en het Leipoldt sy derde groot Duitse wyn saam met hom in die restaurant van Scott by Piccadilly Circus gedrink. Dit was 'n Schloss Johannisberger van 1879. ‘Die wynkelner’, skryf Leipoldt, ‘het baie verbaas gelyk toe hy gevra word of daar nog van die gemelde wyn oor was, maar het na 'n rukkie teruggekom met die bottel eerbiedig in 'n mandjie geplaas en nog nie oopgemaak nie. Met verskuldigde eerbied het ons die heerlike vog gedrink, maar van 'n tweede bottel was daar geen sprake nie. Ek weet nie wat die prys was nie, maar dit was seker 'n paar pond, want die wyn is nie op die wynkaart vermeld nie en was slegs aan mnr. Malherbe bekend net omdat hy dit jare voor die Engelse Oorlog een maal daar geproe het toe hy die gas van 'n ryk Johannesburger was.’Ga naar eind43 Die hupstoot tot Leipoldt se uitgebreide kulinêre en wynbelangstelling het, naas hierdie feestelike geleenthede, gekom toe hy in Mei 1902 as loseerder by die familie Van Andel ingetrek het. Mnr. Van Andel was bestuurder van die Grafton Galleries en het beheer gehad oor die kelder van die Dilettant Club. Die lede van dié klub het een keer in die maand bymekaargekom om besondere wyne, kossoorte en resepte uit te toets, en Leipoldt was, hoewel met veel minder finansiële middele as dié ryk menere tot sy beskikking, gou deel van hulle groep. Onder Van Andel se toesig, skryf Leipoldt, ‘het ek tal van die Franse wynsoorte leer ken, waaronder menige wat bestem was vir die kelders van die koning en die groot gildes. Mnr. Van Andel kon wanneer hy geblinddoek was nie slegs die wynsoort nie, maar ook die wynoesjaar van die meeste Franse wyne onderskei. Hy het my geleer dat 'n sjampanjewyn, mits dit nie bederf word deur byvoeging van ekstrakte om dit skuimend te maak nie, 'n pragtige | |
[pagina 195]
| |
tafel wyn is,Ga naar eind44 en by hom het ek vir die eerste maal die rooskleurige wyn uit daardie streek gedrink.’Ga naar eind45 Leipoldt vertel hoe hulle op 'n keer op 'n wandeltoggie oornag het in 'n klein strandhotel. By die aandete is die gewone wynkaart aan hulle getoon. Onderaan was 'n byvoeging met die woorde ‘Wit Franse wyn, 2 sjielings’ ingetik. Toe Van Andel van dié wyn proe, het sy snor begin roer en het hy die kurktrekker uit die kelner se hand geneem. ‘Hy wys my die prop,’ skryf Leipoldt, ‘gooi versigtig 'n bietjie van die effens goudkleurige vog in sy glas, skommel dit 'n paar keer, ruik, neem 'n slukkie in sy mond en drink dit. “Ja, waarlik,” sê hy, amper met 'n bewende stem, “dis 'n La Tour Blanche, ek sou sê van 1894.’ Terwyl Leipoldt met sy mediese studie besig was, het hy naas joernalistieke werk dikwels Sondagaande in hotelle soos die Carlton, die Ritz en die Savoy gaan skottelgoed was om sy inkomste aan te vul. In sy eerste jaar in Londen het hy veral in die Carlton gaan werk en die groot voorreg gehad om daar kennis te maak met die meestersjef Auguste Escoffier, ‘that...inventor of new dishes, the most celebrated artist of all time in his chosen profession’, soos Leipoldt hom op 'n keer aan Lawrence Green sou beskryf.Ga naar eind46 Later is Escoffier na die Savoy, die nuwe hotel aan die oewer van die Teems. Omdat dit binne gerieflike loopafstand van sy kamers was en veral omdat hy meer van Escoffier wou leer, het Leipoldt dikwels, soveel as wat sy tyd hom toegelaat het, daar gaan werk. Met Escoffier se toetrede tot die kombuis het die Savoy Café spoedig amper dieselfde roem verkry as die Paryse Café Riche waaraan hy vroeër verbonde was. Escoffier het van die standpunt uitgegaan dat die geregte wat hy berei, nie alleen van die beste kwaliteit moet wees nie, maar dat dit ook keurig en fyn op die tafel moet lyk. Onder Escoffier se leiding het Leipoldt hom ingeskryf vir 'n kookkursus en volgens 'n mededeling aan Green 'n diploma in internasionale cuisine behaal.Ga naar eind47 ‘Ek het hom’, skryf Leipoldt, ‘'n eenvoudige, hoogs intelligente en vriendelike man gevind, wat altyd moeite gedoen het om sy vriende en kennisse behulpsaam te wees. Ek het van hom, en onder sy toesig, baie van die kookkuns geleer. Hy was 'n eersteklas leermeester, want hy was geduldig, eenvoudig in sy verklarings en uitleg van metodes en net en presies in sy reseppe. Hy was geen groot wynkenner nie, maar sy smaak vir speserye was besonder goed en hy was veral ongeëwenaard in sy souse.... Dit was aangenaam en interessant om Escoffier te sien waar hy besig was om vir sy vriende te kook. In sy hempsmoue, ywerig besorg oor alles wat op tafel moes gaan, het hy met kort stappies op en neer in die kombuis gestap en alles self onder | |
[pagina 196]
| |
hande geneem. Die hoender het hy self in stukke verdeel; die rys het hy self gewas - vyf- sesmaal - voordat dit in die kastrol kom. Die tafelgereedskap het hy met die grootste sorg afgeveeg, veral die glaswerk. En dan het hy begin kook. Hy wou liefs niks met elektriese kooktoestelle te doen gehad het nie, maar moes maar ingee, want vandag is dit meer ekonomies om met elektriese krag in die groot hotelkombuise te werk.’Ga naar eind48 Op 'n keer het Leipoldt Escoffier saamgeneem na Kew Gardens, waar Suid-Afrikaanse waterblommetjies toe in bloei was. Waterblommetjiebredie, wat Leipoldt vir hom berei het, was só in sy smaak dat hy later deur die toedoen van Louis Péringuey van die Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad saad gekry het om ná sy aftrede in die stroompie op sy plasie in die suide van Frankryk te plant. Dat Leipoldt reeds in dié jare só intens in die kulinêre kuns geïnteresseerd geraak en 'n grondige studie daarvan begin maak het, hou regstreeks verband met sy opleiding as geneesheer. As geneesheer sou sy belangstelling vroeg onder meer in die rigting van dieetkunde en die fisiologie van vertering beweeg. Teenoor die gourmand met sy ‘verslawende voorliefde vir goeie kos’Ga naar eind49 en die gourmet met sy beheptheid met die voorskriftelike is die gastrosoof, die tipe koskenner waartoe Leipoldt weldra sou ontwikkel, iemand wat alle ‘faktore wat die genieting van voedsel bevorder’,Ga naar eind50 in ag neem. Naas Escoffier het Leipoldt groot Franse sjefs soos Carême, La Chapelle en Brillat-Savarin bewonder; in sy latere kulinêre geskrifte verwys hy telkens na hulle. En as wordende medikus kon hy in hierdie jare reeds saamstem met Carême se uitspraak dat 'n goeie kok vir sy meester meer werd is as 'n onverskillige geneesheer, aangesien 'n goeie kok slegte gesondheid kan verhoed terwyl 'n dokter slegs daarmee kan peuter!Ga naar eind51 Naas sy belangstelling in die kookkuns en die wynkultuur het Leipoldt tydens sy Londense studiejare voortgegaan om oor uiteenlopende onderwerpe uitgebreid te lees. Uit sy briefwisseling met Bolus blyk dit dat hy nie net die biblioteek van die Britse Museum druk besoek het nie, maar ook die tweedehandse boekwinkels in Shaftesbury Avenue, Charing Cross Road en elders, en aankope, dikwels vir 'n appel en 'n ei, gemaak het. Terwyl hy byvoorbeeld op 'n keer in Bangor in Noord-Wallis is, kom hy in 'n vuil pandjieswinkel af op 'n paar goeie boeke oor Suid-Afrika, soos Semple se Walks and sketches at the Cape en 'n boek oor die lewe van biskop John William Colenso.Ga naar eind52 Dat Leipoldt 'n gretige en toegewyde versamelaar was, lei 'n mens af uit die wyse waarop hy uit sy etes afknyp om meer geld vir die aankoop van boeke te hê. ‘I have not much chance of buying | |
[pagina 197]
| |
standard works,’ skryf hy op 26 September 1903 aan Bolus, ‘but now and then I try to get one or two. I allow myself ninepence for dinner but I have found a vegetarian restaurant where one gets enough for sixpence and so the additional threepence goes into books.’Ga naar eind53 Hy maak Bolus in dieselfde brief attent op Grant Richards se World Classics-reeks en sê dat hy die meeste dele teen 'n sjieling stuk aangekoop het.Ga naar eind54 Gereeld vra Bolus hom ook om boeke vir hom in Londen of op die Europese vasteland te bestel. Op 30 Oktober 1903 laat hy Bolus byvoorbeeld weet dat nie een van die aangevraagde boeke tweedehands beskikbaar is nie. Hy sluit nietemin 'n nota in met inligting oor pryse indien hulle gelewer kan word.Ga naar eind55 Twee boeke wat Leipoldt in hierdie stadium lees en wat blykens briewe van 8 Januarie en 3 Augustus 1904 'n groot indruk op hom maak, is The soul of a people en The hearts of men van H. Fielding. The soul of a people, ‘a volume written in a rather ambitious style and dealing with the religion, sociology and customs of the tribes of upper Burma (,)...gives one a far more correct (I think) and certainly a far more pleasant impression of the teachings of the Buddha than the writings of Max-Muller and Schreiber do’.Ga naar eind56 Dit is 'n boek wat tot Leipoldt spreek, omdat dit vir hom so simpatiek, eenvoudig en aantreklik geskryf is en omdat dit so baie menslike belangstelling openbaar.Ga naar eind57 Soos Winwood Reade se The martyrdom of manGa naar eind58 die siening van die Christendom ondergrawe, verken Fielding in The hearts of men die wyse waarop wetenskaplike teorieë soos dié van Charles Darwin oorgelewerde godsdienstige opvattinge aantas. Tradisionele voorstellings van byvoorbeeld die hemel vind hy belaglik. As 'n mens die fyn ironiese toon raaklees, kan jy verstaan waarom Leipoldt deur dié boek meegevoer is: ‘It is a childish heaven of which we learn, a heaven full of girl angels with white wings and floating dresses, of golden harps, of pearly gates, of everlasting song. There are, I think, no men there, only girls; no sheep, but fleecy lambs. It is a heaven that appeals only to them.’Ga naar eind59 Die boek word aangebied as die ervarings en denke van 'n seun - die alter ego van die skrywer - wat tot 'n man ontwikkel. Die seun word aangetrek deur die lewe van Gaudama, die Boeddha, en deur die ooreenkomste wat daar tussen die lewe van dié leermeester tweeduisend vyfhonderd jaar gelede en die Godmens van die Christene seshonderd jaar later bestaan. ‘That which was taught by the sea of Galilee’, skryf Fielding is but the echo of the words spoken long before below the Himalayan Hills.... The two greatest faiths the world has known, the | |
[pagina 198]
| |
greatest teachers that ever came to man to help him in his need, have brought him the same message. Believe not in the world, believe not in wealth, in power, in greatness, in strength. These are not what man should seek. Nay, but leave the world behind you because it is all evil, all very evil. Nothing of this world is of any value. In a man's heart is his greatest treasure. Make therefore your heart pure from the world. Leave it all and turn to God, to righteousness. Cultivate your own soul apart from all the pleasures of life. The other world can be gained only by abjuring this. Wealth and honour and ambition, all the glories of the world, are but traps to catch you. Even the loves we love are wrong. The Buddha left his wife and child. The Christ never married, and denied even his mother any love beyond that of a disciple. It is all the same. Their lives, their teachings are the same.Ga naar eind60 Wanneer Leipoldt aan sy vriend in Kaapstad 'n eksemplaar van The hearts of men stuur, is Bolus ook baie ingenome daarmee. Sy reaksie gee 'n mens 'n aanduiding van hoe stimulerend sy menings vir die veel jonger Leipoldt moet gewees het. ‘I must tell you’, skryf Bolus op 14 November 1904, ‘I have an unwise prejudice against theological literature - my mind is greatly made up on the chief things viz that we never can know (i.e. prove) anything certainly - that it doesn't much matter, that our duty is to hold the judgment in suspense - finally that most books on the subject are - rubbish.’ In Fielding se boek is daar egter weinig waarmee hy kon verskil, want die skrywer formuleer baie van Bolus se eie standpunte beter as wat hy dit elders uitgedruk gevind het en bring sommige idees na vore wat vir hom nuut was. Hy vind dit een van die merkwaardigste boeke van ons tyd, al vind hy dit nie 'n groot boek nie - ‘somewhat disconnected, rather discursive, &, as the author would probably admit at once, will hardly convince anyone whose mind was not previously prepared by years of doubt, & of mental & moral wanderings to receive it.’ Wat hy waardeer, is ‘the writer's splendid moral courage in writing such a book’. Dit moes vir hom vriende gekos en vyande gemaak het. 'n Ander boek waarmee Leipoldt in hierdie tyd kennis maak, is prins Kropotkin se Mutual aid, 'n wetenskaplike studie van 'n tak van die ewolusieleer, al vind hy dat sommige van die skrywer se gevolgtrekkings, soos dié oor die Koikoi se stamstelsel, op 'n gebrek aan kennis berus. ‘I have been very unfortunate in not meeting the man’, skryf hy op 8 Januarie 1903 aan Bolus. ‘I have had several opportunities of doing so but as they | |
[pagina 199]
| |
all involved the trouble of going to tea or afternoon parties - a kind of social intercourse I have a most profound distaste of - I did not accept them.’Ga naar eind61 Ook oor 'n ander werk op die gebied van die antropologie oordeel hy negatief. Wanneer hy Dudley Kidd se studie The essential Kaffir vir The Speaker moet resenseer, vind hy dit oor die algemeen swak, al is dit as opsomming waardevol. ‘What I cavil at’, skryf hy op 3 Augustus 1904 aan Bolus, ‘is the way in which the author treats such a subject as native beliefs. I do not think he quite realises the points he discusses and he certainly is never quite in sympathy with Hottentot legends and Kaffir folklore.’Ga naar eind62 Ander boeke waaroor hy hom in hierdie jare teenoor Bolus in briewe uitspreek, is Oscar Wilde se ‘rekenskap’, De profundis, wat postuum gepubliseer word en waarin die outeur op die beskuldiging van homoseksualiteit teen hom en sy gevangenisstraf reageer. De profundis interesseer Leipoldt egter nie veel nie. Hy lees ook Landor se Imaginary conversations, Mary Wilkins se roman A gatherer of simples en H.W. Paul se biografie oor die historikus J.A. Froude. Met 'n ekstra £25 wat Bolus aan hom stuur, koop Leipoldt met die oog op sy toekomstige terugkeer na Suid-Afrika 'n paar mediese handleidings. ‘Here’, skryf hy op 1 Februarie 1907 aan Bolus, ‘one has such good libraries - such added facilities for reference, that a private bookcase of “leading cases” in medicine is not so necessary. But in South Africa things are different and it may be advisable to get some good books and take them out with one.’Ga naar eind63 Met sy feitlik ingebore nuuskierigheid, sy vermoë om hom gou aan te pas en met baie mense kennis te maak, het Leipoldt reeds in die loop van sy studiejare heelparty beroemde mense ontmoet en ook saam met vooraanstaande Suid-Afrikaners op besoek aan Londen geëet of gesprekke met hulle gevoer. Wanneer hy op 1 Julie 1933 in Die Volkstem oor die tekort aan mediese handboeke in Afrikaans skryf, verwys hy na twee onderhoude wat hy as jong man met Florence Nightingale gehad het. In haar jong dae, so het sy hom vertel, was daar ook geen verpleegstershandboek in Engels beskikbaar nie, iets wat haar werk ontsettend bemoeilik het. By meer as een geleentheid het Leipoldt die voorreg gehad om Joseph Lister, Engelse chirurg en grondlegger van die antiseptiese wondbehandeling, ná 1903 te sien en te spreek. Lister was toe reeds ná 'n toeval half verlam. ‘Hy het die indruk gemaak’, skryf Leipoldt in 'n artikelreeks op 19 en 20 Mei 1927 in Die Volkstem, ‘van 'n goedgeluimde, waardige oubaas, met gladgeskeerde kin, klein bokkebaardjie, wat reeds spierwit was en 'n besonder | |
[pagina 200]
| |
kinderlike en aantreklike glimlag. Oor sy eie loopbaan wou hy nie praat nie, maar dit was blykbaar 'n genot vir hom om te praat oor die werk wat in die tyd deur ander gedaan geword 't en veral oor die vooruitgang wat gemaak word in die navorsing van onbekende siektes, soos kanker en tering. Ons het een namiddag oor kanker gepraat, en die verligting wat, danksy groteliks die metodes deur Lister populêr gemaak, nou algemeen kan gegee word deur vroegtydige operasie. Die oubaas het stil gesit en nou en dan sy knikkie toestemmend gegee, en eintlik het hy gesê: “My vaste oortuiging is dat ons kanker nog sal oorwin. En tering en arteric sklerise (verkalking van die are) ook. Meer lig - dit is al wat ons nodig het en dit sal kom.”’ Kort na sy aankoms in Londen, en nog vóór die byeenkoms by die huis van Courtney, waar hy heelparty pro-Boer-Britte ontmoet, ontvang Leipoldt en sy vriend Vosloo 'n uitnodiging van Ramsay Macdonald en sy eggenote. Hulle is die aand daarheen. Leipoldt kon hulle heelwat inligting oor die Britse konsentrasiekampe gee, aangesien hy die syfers en ook 'n paar foto's by hom gehad het. In 'n artikel wat hy later in De Volkstem oor dié ontmoeting skryf, spreek hy sy waardering uit vir Macdonald se besadigde, gematigde sosialisme, veral in vergelyking met baie van die ekstremiste van destyds.Ga naar eind64 Later dieselfde jaar, op besoek in Londen, teken J.H. Hofmeyr 'n nota wat Leipoldt toelaat om die jaargange van die Cape Argus en die Cape Times in die Britse Museum te lees. In 'n verdere kaartjie laat weet hy hoe voortreflik hy 'n artikel van Leipoldt in die Manchester Guardian gevind het. ‘Het zou mij zeer spijten’, skryf Hofmeyr, ‘indien uwe talenten verloren gingen voor onze Zuid Afrikaansche drukker.’ Iemand wat 'n minder goeie indruk op Leipoldt maak, is Emily Hobhouse, vir wie hy reeds tydens die Anglo-Boereoorlog by mev. Marie Koopmans-de Wet in Strandstraat ontmoet het. As gevolg van haar gebrek aan kennis van Suid-Afrika en die Afrikaners was sy vir Leipoldt vol vooroordele en nie imponerend nie. Toe hy en Vosloo in Londen aankom, was Emily Hobhouse een van die eerstes wat hulle uitgenooi het om met haar in die ouderwetse huis van haar oom, lord Hobhouse, in Burton Street te kom gesels. Tydens sy eerste studiejaar het sy hom gevra om haar les in Afrikaans te gee en het hy haar 'n maklike leerling gevind. Sy was toe besig met The brunt of war, haar boek oor die konsentrasiekampe. Leipoldt het wysigings voorgestel, maar sy was eiesinnig en wou byna niks verander nie. Daarby was sy geen goeie skryfster nie. ‘My eie ondervinding van die kampe’, sê Leipoldt, ‘het in baie opsigte met die van hare ooreenge- | |
[pagina 201]
| |
stem, maar ek het meer afgeweet van ons volksomstandighede en gewoontes. Hier en daar het ek saggies 'n paar van haar verkeerde begrippe reggestel. Sy het my met trane in die oë vertel hoe sy 'n babetjie van 'n paar maande gesien het met 'n beentjie in sy mond “sonder vleis of vet, met niks daarop waarvan hy kon lewe nie!” Toe ek haar vertel dat daar baie sulke babetjies is en dat ekself (sover my vertel is) op 'n stert-beentjie grootgemaak is, wou sy dit eers nie glo nie!’Ga naar eind65 Vir Leipoldt was sy van die soort mense wat sterk op haar eie inbeelding steun, só bevooroordeeld dat sy nie twee kante van 'n saak kon insien nie. Van dié soort mense, skryf hy, stam die martelare en die sendelinge! Hy het wel 'n sekere mate van waardering vir dié tipe, maar word ongeduldig in hulle aanwesigheid: omdat hulle kyk op sake gekleur word deur wat hulle hartstogtelik begeer, kan jy nie met hulle redeneer nie. Die mense in Engeland het dan ook nie in haar belang gestel nie en die publikasie van haar sleg geskrewe boek, langdradig en vervelend, was 'n mislukking. Ná die oorlog het selfs die pro-Boer-Britte belangstelling in die onderwerp verloor. By geleentheid het sy ná 'n besoek aan Suid-Afrika Leipoldt ‘'n kamer vol (van haar) skilderye van sonsondergange op die veld’ gewys wat hom amper laat flou val het! Haar kunsgevoel, so skryf hy, was innig en diep maar nie ontwikkel nie. Mense vir wie Leipoldt in sy Londense jare baie goed leer ken en by wie hy gereeld op besoek gekom het, was die drie Ford-susters van die landgoed Adel Grange naby Leeds. Sy eerste Kersfees in Engeland, en talle Kersfeeste daarna, het hy op hulle landgoed deurgebring. ‘Hulle het’, skryf Leipoldt, ‘my op Leeds-stasie ontmoet met 'n klein een-silinder-Mors-motortjie...Adel Grange is 'n pragtige groot huis, gebou op die fondamente van 'n ou klooster-skuur, vandaar dan ook sy naam. In die toringkamer dwaal nog die spook van die ou kloosterhoof rond wat uit sy amp ontslaan is deur kardinaal Wolsey toe Hendrik die Agste die Engelse kloosterrentes in sy eie sak wou keer. Soos in byna al die ou landhuise in Engeland destyds die geval was, was daar weelde maar nie alte veel gerief nie. Daar was byvoorbeeld geen badkamer nie; jy moes jou bad in jou slaapkamer neem, maar 'n badkamer met warm water aangelê was in aanbou; die verligting was met gas, maar elektriese lig was ookal op die tapyt, ofskoon ons in ons slaapkamers nog kerse in ouderwetse silwerkandelare gebruik het. Daarenteen was elke kamer mooi verwarm met 'n ope vuurherd waarin dag en nag groot houtblokke gebrand het, iets wat ek veral geniet het, want dit was bitter koud en die groen grastapyte in die omgewing van die huis was dik bedek met sneeu.’Ga naar eind66 | |
[pagina 202]
| |
Die gewoonte van die susters was om iedere Kersfees 'n aantal gaste te nooi om 'n week of tien dae op Adel Grange te kom deurbring, samekomste wat vir Leipoldt altyd interessant en stimulerend was. Tydens sy eerste Kersfees op Adel Grange het hy kennis gemaak met Stepniak, ‘die ou Russiese anargis wat so bysiende was dat hy (later) lees-lees oor die spoorweg gestap het en deur 'n aankomende trein platgestamp is’.Ga naar eind67 Tydens dié besoek ontmoet hy ook die vegetariër George Bernard Shaw, ‘wat geskimp het oor die eiers en die ham wat op die ontbytbuffet gestaan het’.Ga naar eind68 Shaw was nie juis beleef teenoor die ander gaste nie. Nog besoekers was Vernon Lee, wat roem verwerf het as een van die beste Engelse stiliste, en Keir Hardie, wat die arbeiderbeweging in Engeland aan die gang gesit het. Dit was dus 'n besonder gesellige byeenkoms van mense wat almal iets te sê gehad het. Iedereen, skryf Leipoldt, ‘kon doen en laat wat hy wou, en die beste tyd van die dag was die aand om die groot vuur in die voorsaal, waar ons sit en gesels het, of die geïmproviseerde konserte in die musieksaal, waar mej. Peddle, 'n mezzo-sopraan wat haar kuns goed verstaan het, ons vergas het op ou Amerikaanse en Engelse volksliedere’.Ga naar eind69 'n Kersparty by Engelse van dié stand en status, gaan Leipoldt voort, ‘is iets wat die alleraangenaamste herinneringe agterlaat. Daar heers 'n stemming van kulturele vriendskaplikheid wat iedereen wat hom daarby kan aanpas, dadelik op sy gemak laat voel. Ofskoon die geselstaal Engels is, word Duits en Frans...nie verwaarloos nie, en die besprekings raak allerhande onderwerpe aan, nie alleen van plaaslike en persoonlike belang nie, maar ook van algemene aard. My gasvroue...het gedurende die leeftyd van hul vader die voorreg geniet om in aanraking te kom met bykans elke persoon van betekenis in Engeland of op die Vasteland wat na Leeds gekom het, want die Ford-woning op Adel was 'n uiters gasvrye huis, en oubaas Ford was 'n Liberaal van die ou soort, wat betrekkinge aangeknoop het met algar van wie hy iets kon leer, of vir wie hy iets kon doen. Gladstone, Garibaldi, Kossuth, Mazzini en andere het hy onthaal, en die liberale opleiding het sy kinders probeer navolg.’Ga naar eind70 Leipoldt skryf dat hy verskeie Kersdae op Adel Grange deurgebring het, ‘elkeen 'n genotvolle herinnering, want elkeen het my in aanraking gebring met nuwe kennisse met wie dit die moeite werd was om kennis te maak’.Ga naar eind71 Om vyfuur, terwyl dit buite nog stikdonker was, is die gaste deur die sangers gewek wat voor die huis Kersliedere kom sing het. Dikwels was die gashere die prooi van ‘waits’ of rondgaande Kerssangers wat elke huis besoek het, maar net daarop uit was om aalmoese en geld te bedel. | |
[pagina 203]
| |
Baie van dié groepe was ongeoefen en hul sang was power, maar ander was goed geskool en het mooi gesing, veral as hulle met ouderwetse deuntjies begin.Ga naar eind72 Die beste uitvoerings was gewoonlik dié van die seuns van die Adel-verbeterskool, 'n inrigting wat deur oubaas Ford met die hulp van sy ryk Kwaker-vriende opgerig is om verwaarloosde seuns 'n ambag te leer.Ga naar eind73 Sommige van dié seuns het pragtig uitgeblink met hulle tenoorstemme en een van hulle het later as sanger naam gemaak.Ga naar eind74 ‘Om nege-uur’, skryf Leipoldt, ‘het ons na ontbyt gekom, nadat die Kersfeespresente uitgedeel, en die gebruiklike gelukwensinge gewissel was. Daarna kon iedereen doen wat hy wou. As dit moontlik was om op die groot dam te gaan skaats ry, dan het die susters dit voorgestel; ek het dit nie geleer nie, en my ondervinding van skaats kom min of meer ooreen met dié van mnr. Snodgrass in Dickens se vermaaklike boek.Ga naar eind75 Trouens, in Londen was daar destyds geen geleentheid om dié kuns te beoefen nie. Wandelinge in die skilderagtige omgewing van Leeds was egter altyd moontlik, selfs al het dit gereën, want die reën was maar motreën. Uitstappies met die motor was minder aangenaam, want die Mors het gewoonlik steeks geword en ons moes met Jan Tuisbly se karretjie voortsukkel.’Ga naar eind76 In die namiddag was dit die gewoonte ‘om die seunsinrigting te besoek, waar die seuns in die groot swemsaal, waarvan die swemgat met planke oordek was, voordragte gehou,...of 'n demonstrasie in liggaamsoefeninge gehou het. Daarna het een of ander van die gaste 'n kort toespraak gehou by die uitdeling van die Kersgeskenke wat deur die gesin Ford sonder versuim elke jaar aan elke seun aangebied is.’Ga naar eind77 Die groot Kersmaal is altyd in die aand geëet, altyd, skryf Leipoldt, ‘met die gebruiklike groot kalkoen met oesters en kastaiings gevul, die Kerspoeding met sy groen blare en rooi bessies bekrans, in sy vlammende glorie van brandewynvuur, en die “trifle” met die verskillende simboliese voorwerpe daarin - die trouring, die vingerhoed, die trippens, die knoop - met daarna die aftrek van die gekleurde klappers, die opsit van papier-musse en die vermaaklikheid met die ingewonne spreukies en leuses. Daarna koffie in die voorsaal rondom die groot vuur, en 'n geselsery wat gewoonlik uitgedraai het om die bowenatuurlike, wat aanleiding gegee het tot die vertel van wonderlike eie ervarings opgedoen in verskillende wêrelddele, in Birma, Ceylon, Tibet, en Abessinië, in Salzburg, Rio en - daar ek ook my deeltjie moes bydra - in die Hantam.’Ga naar eind78 Dit is opvallend dat Leipoldt, soos vroeër reeds in Kaapstad, hom besonder aangetrokke gevoel het tot mense veel ouer as hy, soos hier weer | |
[pagina 204]
| |
uit sy vriendskap met die Ford-susters blyk. Maar hoe het hy met tydgenote by Guy's omgegaan? Was daar sprake van enige emosionele of amoreuse betrokkenheid by hom? Onder die mense wat saam met hom gestudeer het, was die skamerige Pat (later sir Patrick) Laidlaw, wat belangrike werk op die gebied van epidemiese siektes sou doen en die leerstoel in patologie by Guy's sou beklee. Leipoldt en Laidlaw was tydens hul studiejare op besonder goeie voet, maar van hul vriendskap is daar haas niks bekend nie. Onder sy ander vriende was Guy Harcourt Peall, later dokter in Salisbury. In 'n brief van 18 Julie 1921 herinner hy Leipoldt aan hul studentedae: ‘You spring to my mind's eye wearing a red tie, hair ruffled - fair hair, in Guy's old smoking room. You also used to have no breakfast! Occasionally sleep on the Embankment to get local colour!’ Verder was daar die gemoedelike Edward Hughes, wat later na Nieu-Seeland verhuis het. Dat hulle betreklik joviaal met mekaar verkeer het, blyk uit enkele mededelings uit Hughes se briewe. By geleentheid, toe Leipoldt op die Europese vasteland op reis was, skryf Hughes: ‘When are you going to return to this sink of iniquity, you might drop us a line and give an account of your doings, those doings which are fit for publication. I mean of course, over the rest we will draw the veil.’ En wanneer Hughes self op reis is, skryf hy uit Brussel: ‘I went yesterday to see the Manneken-Pis, he does so remind me of Poole [klaarblyklik 'n gemeenskaplike vriend - JCK], it took me some time to find him, I see the man who made him was condemned and burnt for sodomy.’Ga naar eind79 Moet 'n mens uit die gemoedelike toon van Hughes se briewe en die sake waaroor hy skryf, aflei dat Leipoldt 'n verborge seksuele lewe gelei het en dat hy - soos al beweer is - deel van die Londense homoseksuele ‘underground’ van dié tyd was? Of het hy flirtasies met meisies gehad? Dr. P. le Fras Nortier, Clanwilliamse geneesheer en later een van Leipoldt se allerbeste vriende, het byvoorbeeld by geleentheid aan dr. M.P.O. Burgers gesê: ‘While Leipoldt was in Europe and when he was in the East he had his fling with women.’Ga naar eind80 Wat hierdie intiem persoonlike aspekte van Leipoldt se lewe betref, is dit gerade om op die getuienis van tydgenote te steun, nie op mededelings van mense wat blote vermoedens uitspreek of van latere vriende wat hierdie sy van Leipoldt nie self ervaar het nie. Die getuienis in dié verband is uiters karig, maar gelukkig bestaan daar 'n vyf bladsy lange verslag oor Leipoldt se lewe in Londen wat dr. Val St. John op 19 Oktober 1949 op versoek van Burgers opgestel het, een van die allerbelangrikste dokumen- | |
[pagina 205]
| |
te oor hierdie fase in Leipoldt se lewe.Ga naar eind81 St. John was die neef van lady St. John, met wie Leipoldt op goeie voet was, nog 'n voorbeeld van sy vriendskap met ouer mense. Volgens haar neef was sy ‘a deep-thinking woman herself and a bit of a writer, with a nice gift of expression’.Ga naar eind82 By geleentheid, so skryf Leipoldt op 16 November 1905 aan Bolus, ontmoet hy ook 'n oom van Val St. John, ‘an interesting old gentleman - Sir Frederick St. John, formerly minister plenipotentiary at Dresden and Peking. He has written a book of recollections which his nephew, who is a student here, asked me to read in manuscript and which I found fairly interesting. This has since been published by Chapman & Hall and is being well received.’Ga naar eind83 Oor Leipoldt se persoonlike lewe skryf Val St. John: He was certainly reticent in matters concerning his - I was going to say ‘sentimental’ life - but the word ‘emotional’ would seem more appropriate in his case. Did he have a sentimental life, as the words are generally understood?...Sex seemed to play but a small part in his life, and even that small part, which we may assume to have existed, never became apparent to me. If he had an attachment of this nature, it must have been something quasi-etherial, in large part a product of his mental imagery (with possibly a material counterpart). Leipoldt's emotional life, which for all I know, has been very intense, did not find expression through the common channels. I think it was very deep, impregnated with intellect, quite devoid of sentimentality. You write that he told you that his attitude to women was rather unusual. I knew that and have often pondered about it through the years. I believe that he had no use for women, as such. He must have been aware, consciously or subconsciously, that socalled sentimental attachments usually lead to domesticity, and I am sure there was no room for that in his life. 'Tis the way of the lonely ones. Of his hates I know nothing. They could not have been either deep or lasting. His friendships were immortal. Maar hoe het medestudente by Guy's Leipoldt indertyd ervaar? Val St. John vertel van hulle eerste ontmoeting: It is the Fall of 1903 and I am struggling with elementary tests at my bench in the chemical lab at Guy's Hospital. On my left is a tall lanky | |
[pagina 206]
| |
fellow who does not seem to have brushed his hair. He passes his fingers through it as he holds up a test tube for inspection. I note that he balances himself first on one foot and then the other. He wears a gray suit of non-descript material, ill cut. A non-descript all round, uncouth, entirely un-English and therefore entirely wrong. In die loop van hulle jare saam by Guy's het St. John Leipoldt goed leer ken, in die mate wat 'n verwikkelde persoonlikheid soos hy te kenne was. St. John onthou hoe hy Leipoldt dikwels by sy kamers naby die hospitaal besoek het. ‘Leipoldt's “digs”’, skryf hy, ‘consisted of a couple of rooms, which were, to say the least, thoroughly untidy. The inside room was of course his bedroom, and I think contained little more than a simple bed, a quantity of blankets - he eschewed sheets -, a piece of soap, a razor, a towel, and possibly a hairbrush. The front room was the scene of his intellectual output, and it was here that I would find him thumping away on a rickety dusty old typewriter, the inevitable corncob between his teeth, in deep concentration. He might be in the middle of an article..., but he would rise, pleasant and unruffled, enquire what I had been doing, and as likely as not suggest that we should go out to dinner together.’ Dan het hulle saam oor London Bridge na die stad geloop en aangesit in 'n klein restaurantjie wat net aan hom en 'n paar medekenners van die kookkuns bekend was en waar hulle skilpad of 'n sekere soort vis, op 'n besondere manier berei, bestel het, vergesel van 'n spesiale bottel wyn wat die vloei van woorde vergemaklik het. Dan, gaan St. John voort, ‘he would discourse for a couple of hours on dishes, or vintages, or other by-products of the human genius’. Wat St. John merkwaardig gevind het, was Leipoldt | |
[pagina 207]
| |
se volkome gebrek aan belangstelling in musiek. Leipoldt was, skryf St. John, ‘completely obtuse to music in any of its higher forms. I doubt if he ever entered the Covent Garden Opera House in all his London years, years when it was at its highest, with Richter as director and such virtuosi of the voice as Tetrazzini, Caruso, Destinn and Van Dyck.’ Hierdie afstandelikheid teenoor een van die belangrikste uitingsvorme van die menslike gees het Leipoldt ook in later jare nooit oorkom nie. Dit is waarskynlik toe te skryf aan die afsondering in sy Clanwilliamse jeugjare toe daar geen geleentheid vir enige ontwikkeling in dié rigting was nie. As daar nog 'n moontlikheid vir enige skoling in die musiek tydens sy vormingsjare was, is dit finaal vernietig deur die hartelose optrede van die kerkraad, wat Leipoldt se vader feitlik verbied het om viool in die pastorie te speel en deur die wyse waarop sy moeder, met wie hy nooit oor die weg kon kom nie, hom klavier wou laat speel het. Geen wonder dat hy later kon sê dat musiek die duurste geraas ter wêreld is nie!Ga naar eind84 Soos almal wat hom in dié jare geken het, is St. John beïndruk deur Leipoldt se belesenheid, die rykdom van sy denke, sy manier van formuleer en sy meesterlike beheersing van die Engelse taal. Veral die wyse waarop hy Engels gepraat en die groot woordeskat waaroor hy beskik het, was vir baie mense verstommend, veral omdat hy in ander opsigte - veral sy voorkoms en gebruike - so vreemd on-Engels was. Baie medestudente het hom dan ook as 'n taamlike natuurfrats beskou. Wat baie in die besonder verras het, was, soos St. John dit stel, ‘that he had quite a following among those young men who definitely did not attain even the low average of intelligence and culture. Some of these seemed quite devoted to him. Without doubt he gave them quite a bit of his time and coached them not a little.’ Hierdie herinnering van St. John is 'n aanduiding van hoe sterk die sendelinggees, 'n humane altruïsme en 'n diepgaande belangstelling in die minderbevoorregte reeds in dié jare in Leipoldt werksaam was. Dieselfde belangstelling in sy medemens, wat later tot een van die sentrale drifte in Leipoldt se samestelling sou ontwikkel, het hom daartoe gelei om baie van sy aande aan die kinders van die White Chapel-buurt te bestee. St. John se herinneringe in dié verband word bevestig deur Leipoldt se neef Ewald Esselen. Esselen het in Brittanje en Duitsland in die ingenieurswese gestudeer en hom later in Kanada gevestig. Hy onthou hoe hy verskeie kere onderweg na Amerika in Londen by Leipoldt oornag het en hoe interessant dit vir hom was om te sien hoe die kinders van die buurt Leipoldt se woonplek letterlik oor- | |
[pagina 208]
| |
stroom het. Oor die hele vloer het hy vir hulle speelgoedtreine aangelê waarmee hulle na hartelus en dikwels tot ergernis van besoekers kon speel, sonder dat dit Leipoldt self enigsins gehinder het.Ga naar eind85 ‘They were, we were, all his children,’ skryf St. John met groot insig oor hierdie aspek van Leipoldt, ‘and his love had the peculiarity of being free from sentimentality. It had a quality of universality. He had that in common with the mahatmas of all times and races, that he gave more than he received, that every slightest approach or appeal met with a response generous out of all proportion.’ Dat Leipoldt veel meer gegee het as wat hy ontvang het, was ook die vreugde - en verdriet - van sy latere lewe. Veel meer as die meeste studente van sy tyd by Guy's was Leipoldt 'n ernstige student met 'n breë kennis en 'n algemene belesenheid wat dié van tydgenote oorskadu het. Daarom dat St. John hom vererend ‘the outstanding figure on the Weltbühne of my early manhood’ noem. Oor hoe Leipoldt se tydgenote en sy dosente op hom gereageer het, laat St. John hom in 'n insiggewende paragraaf in sy verslag aan Burgers uit: This overall knowledge of medicine, combined with his general erudition and serious character, placed him in a little niche of his own in the community of Guy's. There were undoubtedly a few brilliant men around, but they did not share this special niche with him, perhaps because they neither shared his little excentricities nor that genius the type of which was so peculiarly his own. He was outstandingly an individualist. His teachers respected him, but I do not know of his having been on intimate terms with any of them. The English - of whom I am one - have cultivated more categories, forms, subdivisions and shades of snobbishness than any other people. I can imagine that his teachers were just a little shy of him. They were looked upon as little tin gods by the general run of students (as elsewhere), and may be there crept when in his presence a faint doubt regarding their infallibility into their subconscious minds. After all they were good men who limited and cramped their outlook on life, with just one string to their bow, and they sought to perfect themselves within the bounds of their special field, while Leipoldt, whatever occupied the attention of his fertile brain possessed the faculty of at the same time looking beyond it and placing the thing perceived in its relation to other factors. | |
[pagina 209]
| |
IIIOfskoon Leipoldt met die finansiële steun van Harry Bolus genoeg geld vir sy studie en losies gehad het, kon sy rustelose gees hom nie tot net een belangstellingsveld beperk nie. Reeds uit sy korrespondensie met Bolus en uit die herinnerings van iemand soos Val St. John blyk dit dat hy veel wyer as die gewone mediese student gelees het en dat hy in baie dinge geïnteresseerd was. Vroeg in sy lewe het hy al teenoor Ka Bergh opgemerk dat die Esselens nie net een beroep kon beoefen nie. Dit het hul geaardheid beter gepas om twee rigtings in te gaan. Hoewel hy by geleentheid aan Bolus geskryf het dat hy nooit weer die joernalistiek as loopbaan sou kies nie en dat hy al sy aandag aan sy mediese studie sou wy, was die joernalistiek en die skrywersberoep steeds vir hom aanlokkend. Wanneer Albert Cartwright, sy redakteur by The South African News, Londen besoek en hom nooi om saam met hom na Suid-Afrika terug te keer om die koerant te hervat, reageer hy egter afwysend. ‘I found that my journalistic vigour was almost a lost quantity and that I had no desire to go back to reporting’,Ga naar eind86 skryf hy op 13 September 1902 aan Bolus. Leipoldt se mededeling aan Bolus was egter 'n treffende voorbeeld van die spreekwoordelike ‘famous last words’, want, soos St. John tereg opgemerk het, ‘behind his great and genuine interest, back of his love of life and his fellow men, there lurked a little reporter, keen and very much alive to what makes good copy.’ Die nuuskierige agie en die skeppende skrywer wat hy wesentlik was, het hom telkens daartoe gelei om waarnemings of beskouinge op papier vas te lê en te publiseer. Op dié wyse kon hy 'n inkomste verdien wat hy aan die aankoop van boeke en aan reise kon bestee. St. John meen dan ook dat die grootste deel van Leipoldt se inkomste tydens sy Londense jare uit sy joernalistieke en literêre werk gekom het. Hy het klaarblyklik nooit 'n tekort aan geld gehad nie. Van tyd tot tyd het Leipoldt dus artikels en berigte vir die Manchester Guardian en ander koerante en tydskrifte soos The Spectator, The Gentleman's Magazine, Macmillan's Magazine, The Monthly Review en The Westminster Review geskryf. Aanvanklik was hierdie artikels oor die Suid-Afrikaanse situasie en die Anglo-Boereoorlog, later toenemend oor mediese aangeleenthede en oor mediese kongresse waaroor hy op versoek verslag gedoen het. Tot in Mei 1910 nog versoek die Manchester Guardian hom egter om 'n artikel te skryf oor die taak wat op die nuwe regering in Suid-Afrika wag ‘and on the kind of change which will be brought about in South African life and | |
[pagina 210]
| |
development by the fact of Union and by the obliteration of racialGa naar eind87 and local divisions’.Ga naar eind88 En in September 1910 vra dieselfde koerant 'n artikel oor die uitslag van die Suid-Afrikaanse verkiesing wat die lengte van ‘a long leader’Ga naar eind89 moet hê. By herhaling spreek Bolus sy vreugde uit oor die feit dat Leipoldt soveel geld met sy koerantwerk verdien, maar hy waarsku teen die gevaar dat dit op sy jong vriend se professionele studie kan inbreuk maak. Behalwe enkele kere dat hy op koste van die Manchester Guardian op die Europese vasteland oor 'n mediese kongres moes verslag doen, neem Leipoldt se joernalistieke werk van 1904 af dan ook merkbaar af, al is hy in hierdie jare, sonder die medewete van Bolus en selfs St. John vir wie hy byna daagliks sien, besig om gedigte in Afrikaans te skryf. Leipoldt het dikwels niks van 'n stuk werk laat hoor voordat dit byna klaar was nie. Die grootste gedeelte van Leipoldt se joernalistieke werk uit hierdie jare is efemeer van aard, tydgebonde aan 'n bepaalde gebeurtenis of situasie soos goeie joernalistiek behoort te wees. Naas ‘Omar in an African vineyard’,Ga naar eind90 wat hy reeds kort na sy aankoms in Londen in Macmillan's Magazine publiseer, skryf hy in sy studiejare by Guy's vier stukke van groter omvang wat van blywender waarde is. Afgesien van die fyn insigte wat hy telkens openbaar, werp hierdie stukke by tye lig op die opvattinge van die wordende Afrikaanse digter en is hulle andermaal 'n illustrasie van Leipoldt se meesterlike beheersing van die Engelse taal. Die eerste van hierdie stukke is ‘Multatuli and the Max Havelaar’, wat in die Westminster Review van Oktober 1903 gepubliseer word. Die Max Havelaar, die hoogtepunt van die negentiende-eeuse Nederlandse literatuur en steeds 'n roman wat internasionaal kan meepraat, het reeds in 1866 in Engelse vertaling verskyn en is later deur niemand minder nie as D.H. Lawrence aangeprys as een van die allerbeste romans wat hy in 'n dekade gelees het. Daarna het dit uit die openbare oog in Engeland verdwyn. Leipoldt se artikel is dus 'n poging om opnuut die aandag op hierdie belangrike roman te vestig. Om dit vir Engelse lesers, wat meestal nie Nederlands ken nie en nie met die ontwikkelingsgang van die Nederlandse literatuur vertroud is nie, meer toeganklik te maak, begin hy sy artikel deur kortliks die negentiende-eeuse situasie in Nederlands vóór die verskyning van die Max Havelaar, maar dan feitlik met Engelse oë, te skets. Vóór Multatuli is die Nederlandse prosa oorheers deur Beets, wat sy ‘artificial imitations of Byronic models’ laat vaar het om met sy Camera obscura in die ‘Dickens | |
[pagina 211]
| |
of the Netherlands’ te ontwikkel, terwyl Van Lennep met sy navolging van Scott aan Nederland ‘its own Waverley novels’ kon gee. 'n Mens kan by hierdie verbandleggings nog die wenkbroue lig, maar Leipoldt is in die kol met sy kensketsing van die windstilte wat teen ongeveer 1850 in die Nederlandse literatuur gekom het. ‘There was’, skryf hy, ‘a want of originality amongst the younger lights, who shone with the reflected radiance of their predecessors, not with there own vitality. The tendency was towards triviality...; books were being written from the study, not from the street; for the tribune, not the reader.’ In hierdie windstilte verskyn dan Multatuli, Eduard Douwes Dekker, se Max Havelaar in 1859. ‘It brought’, skryf Leipoldt, ‘a new author, a new style, a new manner of writing, a new matter, almost a new art, before the public, and as a Senator (sic) in the Second Chamber expressed it, “a thrill passed through the land” when it appeared.’ Dit het die kanon van wat tot op daardie stadium as literatuur beskou is, deurbreek; ‘and yet the book was not only readible, but entrancingly interesting. It had no conventionality. It belonged to no particular set, for it was neither the work of a romanticist, nor that of a follower of Van Lennep or Bosboom Toussaint. It was a hybrid product, an audacious, impudently bold venture which compelled attention and provoked criticism by its aggressiveness and by the singular originality of its character and style.’ Lank voor enige Nederlandse kritikus het Leipoldt met hierdie enkele opmerkinge Multatuli se groot roman, wat hy reeds in sy kinderjare op Clanwilliam leer ken het, raak gekarakteriseer en tot die kern van die hibridiese struktuur deurgedring. Na 'n vlugtige oorsig oor Multatuli se lewensloop as agtergrond tot die ontstaan van sy boek kenskets Leipoldt die Max Havelaar - in 'n fyn onderskeid wat hy tref - as ‘a novel with a purpose, not a tendence-roman, but one with a purpose open and revealed.... The Max Havelaar was admittedly penned to inflame public opinion, and to spread abroad, not only in Holland but in Europe generally, the pitiful tale of the wrongs suffered and endured by “the mildest mannered nation in the world”.’ Om hierdie aspek van Multatuli se roman aan Engelse lesers oor te dra, lê hy weer verbande met bekende werke in die Engelse taal: ‘Mix Uncle Tom's cabin, Carlyle's French revolution, and Oliver Twist, and imagine the amalgamation of the three transcribed by an author with special and distinct talents which neither Dickens nor Mrs. Stowe possessed, and the resulting work might have some resemblance to the Max Havelaar.’ Ná 'n bespreking van sekere onderdele, | |
[pagina 212]
| |
soos die bekende verhaal van Saïdjah en Adinda, wat hy later in Afrikaans sou verwerk, wys Leipoldt daarop dat Multatuli se politieke protes in groot mate nie suksesvol was nie. Gedagtig aan die wyse waarop hy later as stroomop ketter dikwels sy publiek die harnas ingejaag het en die karige inslag wat sy politieke idees tydens sy lewe kon vind, kan 'n mens die vraag stel of Leipoldt nie homself profeties in Multatuli as alleenstaande hervormer gesien het nie, as 'n sendeling wie se boodskap verwerp is: ‘That he was a failure, a failure in so far that his talents entitled him to a far higher position than he ever reached, was as much his own fault as it was his misfortune. The rôle of the reformer, especially that of the militant, vindictively irritable pioneer of reform, is never a happy one, and Dekker was constitutionally unfit for his self-appointed task. He could not argue patiently, he would not write impersonally, he could not be conventional, he could not leave sarcasm and satire alone, and the blood of a satirical martyr has never fertilised a creed.’ Baie van hierdie eienskappe van Multatuli is in die latere Leipoldt terug te vind. En dat hy 'n groot bewondering vir die lydende Multatuli in sy stryd as alleenstaande enkeling gehad het, blyk uit die sonnet, een van sy allerbeste, wat hy in 1923 in sy bundel Uit drie wêrelddele oor dié indiwidualistiese skrywer opneem: Kind van die noorderwêreld, waar die kou
Van winter weerga vinde in 'n volk
Wat kalm bly as jy kokend is en flou
En nie jou taal verstaan nie sonder tolk!
Die warmer Ooste, waar die son ontstaan,
Het jou tot man gemaak, en van jou hart
Die ys-gekorste kettings afgeslaan,
en jou geleer daar lê ook vreug in smart,
En in ellende grootsheid. Ek, as een
Met wie die Ooste ook gepraat het, gee
Hier, waar Adindas spook by maanlig ween
Oor Saïdjahs graf in eensaam-stille wee,
My huldegroet aan jou as blyk daarvan,
Apostel, hoëpriester, lyder, Man!Ga naar eind91
In die Monthly Review van Julie 1904 verskyn ‘The rebel’, 'n stuk wat, soos die Nederlandse ‘De rebel’ van 1900, 'n verwantskap met ‘Oom Gert vertel’ toon, al verskil dit radikaal van die Nederlandse teks.Ga naar eind92 Anders as ‘De | |
[pagina 213]
| |
rebel’ is die rebel in die Engelse teks die volgehoue verteller wat uit 'n agterna-perspektief, kort voor sy teregstelling, praat oor hoe hy hom by die Boerekommando van Gideon Scheepers aangesluit en watter tweespalt dit in sy gemoed as vroeër getroue Britse onderdaan veroorsaak het. Teenoor ‘De rebel’ het ons dus hier te make met 'n drama-in-die-kleine wat deur die gespanne dialoog verder gelaai word - die eerste keer dat 'n mens in Leipoldt se bewaar geblewe geskrifte 'n sterk toneeltalent gewaar. Wat 'n mens hier tref, is dat Leipoldt teenoor die sprekende rebel die figuur van Martins stel, die ‘English-minded Dutchman’ wat getrou bly aan die koloniale regering en aan koningin Victoria, ‘the Old Grandmother’. Die keuse waarvoor die hoofpersoon te staan kom, sê een van die lede van die kommando aan hom, is tussen ‘a road of safety and ease and one of peril and danger, not easy to tread’, tussen ‘liberty on the one side...and on the other treason to thy country and to the memory of thy forefathers. Which road wilt thou choose?’ En die weg wat hy uiteindelik kies, is dié wat na sy dood lei, maar terselfdertyd dié waarop hy as 'n suiwer mens sal sterf. Met die agterna-perspektief en die volgehoue monoloog is ‘The rebel’ verwant aan ‘Oom Gert vertel’, al is die spreker in die dramatiese monoloog nie self 'n rebel nie maar net 'n ouer persoon wat oor die dood van twee jongmense praat. Betreklik vroeg in ‘The rebel’ sê die sprekende hoofpersoon: I knew they [die kommando - JCK] would not go past without touching at the farm, where they could get coffee, perhaps a man, perhaps a horse. There is no sin in giving a man's kith and kin coffee when they need it, and if there was a horse on the farm, was it my fault? Hierdie passasie herinner aan 'n voorval waaroor oom Gert uitwei. Wanneer Bennie en Johnnie op 'n aand oom Gert kom sê dat hulle hul by Smuts se kommando wil aansluit en dat hulle met oom Gert se perde, wat die Engelse toe nog nie by hom afgeneem het nie, wil vertrek, probeer hy en sy vrou, Nonnie, hulle aanvanklik daarvan afkry. Dit is egter vergeefs: Nonnie het toe my knapsak volgeprop
Met biltong en beskuit; en ek het self
Die saalsakkies met hardgekookte eiers
| |
[pagina 214]
| |
En ander padkos volgelaai - want hy
Was tog my peetseun, en dan Johnnie ook
Neef Saarl se seun - en Saarl en ek was maats!
So kan geen mens my dit tog kwalik neem,
Al was ek ook 'n Britse onderdaan:
Kan ek my eie vlees en been sien ly
As ek nog kos het?...
Dié môre was die heel gespuis om my!
Die kol'nel, soos 'n brommer, gons en gons
En vloek en maak lawaai - maar ek staan pal.
Ek kon mos nie gehelp het dat die perde
Nog in die tuin gestaan het, en ek sê
Dat dit sy skuld was, en nie myne nie;
Maar van die biltong en beskuit en eiers
Het ek hom toe maar liewers niks gesê nie.Ga naar eind93
Wanneer die rebel praat van Sarel Michau, 'n jong man wat op Ceres gebly het ‘till he could not endure it any longer and then...went into the veld with his uncle's old horse and the biltong that his aunt had made’, herinner dit ook aan Bennie en Johnnie se vertrek, meer spesifiek aan die woorde: ‘Ons kan dit nie hier uithou nie, oom Gert:
'n Mens moet tog iets vir sy nasie doen.’Ga naar eind94
Wanneer die verteller in ‘The rebel’ praat van sy vrou, Hanni, wat dood is, merk Snyders op: ‘These are times when the dead and the unborn are the best off’, herinner dit vaagweg aan Saarl, Johnnie se vader, se dood: Ou Saarl was altyd maats met my gewees;
Maar hy het in dieselfde maand gesterwe
Van kanker in die maag - die Heer se hand!
So het hy nie dié dag oorleef nie.Ga naar eind95
Vorme soos ‘Boetie’, wat Martins gebruik, ‘Oompie’, wat die rebel self aanwend, en ‘nephew’, wat Scheepers gebruik wanneer hy met die rebel praat, kom almal in ‘Oom Gert vertel’ en elders by Leipoldt voor. En 'n spesifieke natuurbeeld wat die verteller aanwend, kom later feitlik woordeliks in een van die gedigte in Oom Gert vertel en ander gedigte voor. Die rebel sê: | |
[pagina 215]
| |
The moon went in and out amongst the clouds like a partridge that struts in high grass, and when it shone on the ground I saw how muddy and wet the path was. Die eerste gedeelte van hierdie aanhaling vind neerslag in die gedig ‘Woltemade se spook’: Die maan wat deur die wolke trek
Soos 'n fisant deur ruigtegras -Ga naar eind96
Leipoldt stuur 'n eksemplaar van ‘The rebel’ aan Bolus. In 'n brief van hom wat nie bewaar gebly het nie maar waarop Leipoldt op 13 Julie 1904 reageer, spreek Bolus kritiek uit op die stuk, waarskynlik op die plek-plek bedenklike wyse waarop die doen en late van die Engelse tydens krygswet voorgestel word. Die rebel draai byvoorbeeld nie doekies om oor die Kakies se optrede nie: The atrocities under martial law - they had made an old man walk up a hill till he was almost dead, they had shot a native in cold blood because he would not do as they ordered him, they had stolen sheep and cattle and insulted us and burned houses. Snyders told us at the meeting that they had done worse things. He spoke about Van der Merwe's wife - man, it made one's blood boil! In sy reaksie op Bolus se brief bedank Leipoldt sy vriend vir sy eerlike kritiek. ‘Let me...firstly say,’ skryf hy, ‘that no criticism, especially such earnest, honest and sympathetic criticism as that which you have given me, will ever be received by me in any but a pupil's spirit - the spirit of learning and trying to teach oneself.’Ga naar eind97 ‘The rebel’, skryf Leipoldt, is in 'n sekere sin verbeelding. ‘I have tried to be true,’ gaan hy voort, ‘to be impartial and uncoloured but you can easily see that my whole figure of the rebel is a sort of philosopher of the backveld which is really a combination of more than one type.’Ga naar eind98 Uit so 'n opmerking word dit duidelik dat Leipoldt geen natuurtalent was soos van die eerste kommentators op sy werk beweer het nie, maar 'n skrywer wat met 'n hele stuk belesenheid as agtergrond presies geweet het wat hy doen. As die begrip ‘bedrieglike eenvoud’ ooit op 'n skrywer van toepassing was, is dit hier die geval. Hy skryf verder: ‘The main stratum which un- | |
[pagina 216]
| |
derlies the article is what was told me by a real rebel in Dordrecht prison ...When I examine my own feelings I cannot say that indignation would ever move me to rebellion any more than anger or disgust, and I do not think indignation was a factor in the fate of our S. African rebels. The real motive was family ties, perhaps also a certain undefined sense of wrong done to the Boer states, and therefore of moral injustice. On that point my feelings are still the same as they were when the war started, but let me state again distinctly what I think I have already stated in conversations that I think the idea of a Dutch independent S.A. chimerical and impossible, and an ideal for which I for one certainly will never strive. I hope in [sic! for?] a pure S. African confederation with such wide independence as Canada possesses, but I hold that even for the realisation of such an ideal war is unjustifiable and unjust.... If I thought that anything I wrote would encourage another war, another such calamity as that out of which we have barely emerged, I would not write.’Ga naar eind99 Dit is nie onwaarskynlik nie dat Bolus se kritiek op ‘The rebel’ en Leipoldt se vrees dat sommige van sy verse - soos ‘Oom Gert vertel’, ‘In die konsentrasiekamp’ en ‘'n Nuwe liedjie op 'n ou deuntjie’, wat almal reeds in hierdie stadium in sy laai gelê het - ou gevoelens opnuut kon laat opvlam, hom laat besluit het om vir eers van publikasie van sy Afrikaanse gedigte af te sien. ‘As an historical fact,’ vervolg Leipoldt in sy skets van die historiese agtergrond van ‘The rebel’, ‘several rebels were hanged who were neither ringleaders nor murderers. The case of Coetzee [Johannes Petrus Coetzee, die rebel wat op 15 Julie 1901 deur die Britte tereggestel is - JCK], a young man of 18 executed at Cradock was, I believe, the first. Altogether about 20 men were executed but I am not sure, nor does it much matter, when or where. My rebel who told me his tale died of a gunshot wound, as a matter of fact. What I tried to show was that wild statements, no matter of what kind, were readily believed, and that the innate principle of loyalty, as you or any English born S. African understand it, was almost nonexistent amongst the average rebels.’Ga naar eind100 In hierdie stadium oorweeg Leipoldt dit, so skryf hy aan Bolus, ook om oor 'n ander tipe karakter 'n studie te skryf: ‘a character that in a way impressed and impresses me very much. I hinted at him when I tried to sketch Martins - the “English-minded Dutchman”. The position of the Dutch loyalist during war was one, which from a literary point of view, yields much food for reflection and possibly for “strong” studies.’Ga naar eind101 In die | |
[pagina 217]
| |
vorm van 'n skets het Leipoldt hierdie ‘loyal Dutchman’ nooit die lig laat sien nie. Hy vind gestalte in Oom Gert, die ‘Britse onderdaan’ wat vir Bennie en Johnnie halfslagtig probeer wegkeer van die oorlog, wat aan die einde van sy monoloog vertel hoe die grapmaker Piet Spanspek en Skeeloog-Louw, mense wat op grond van hulle hele ingesteldheid en fisieke gebreke ongeskik vir oorlogvoering is, by die Boeremagte gaan aansluit, maar wat self niks doen in belang van die eerbare saak van die republieke nie. Die ‘loyal Dutchman’ wat oom Gert wesentlik was, is 'n bevestiging dat G. Dekker en baie ander kommentators daarna totaal verkeerd was in die siening van oom Gert as die ‘rasegte boer’. Eers in die sestigerjare sou D.J. Opperman, Merwe Scholtz en E. Lindenberg kom met suiwerder lesings, wat die tradisionele siening van oom Gert sou omvergooi. 'n Artikel waarin Leipoldt sterk reageer op 'n digterskap waaroor hy bedenkinge het en waarin hy implisiet sy eie opvattinge oor die poësie formuleer, is dié oor die Australiese digter Adam Lindsay Gordon in die Westminster Review van Februarie 1906. Aan die begin van sy artikel haal hy twee strofes uit Gordon se Hippodromania aan om sy ingesteldheid as digter te illustreer, 'n instelling wat naas alle verskille 'n verwantskap toon met Leipoldt se troebadoer wat op sy ou ramkietjie met ‘nog net een snaar’Ga naar eind102 deurmekaar in die maanlig speel, 'n digter wat vir homself ‘uit puur verstrooiing’Ga naar eind103 sing en hom verder nie aan sy publiek steur nie: My rhymes, are they stale? If my metre
Is varied, one chime rings through all;
One chime; though I sing more or sing less
I have but one string to my lute,
And it might have been better if, singless
And songless, the same had been mute.
Yet not as a seer of visions,
Nor yet as a dreamer of dreams,
I send you these partial decisions
On hackney'd, impoverish'd themes;
But with song out of tune, sung to pass time,
Flung heedless to friends or to foes,
Where the false notes that ring for the last time
May blend with some real ones - who knows?
| |
[pagina 218]
| |
Wat Leipoldt in verse soos dié opval, is dat dit die leser bekoor, dat dit met 'n swaai van die metrum en 'n ritmiese kadans 'n beroep op die hart doen en dat die kritiese fakulteit deur die skoonheid van klank aan die slaap gesus word. Wanneer 'n mens egter tot ondersoek gewek word, kom jy agter ‘that the lute has indeed only one string and scarcely one fret, and that consequently the poet has only one dominant chime and barely two semitones’. Ondanks die verwantskap tussen die ‘lute’ en die ‘ramkietjie’ staan Leipoldt dus sterk krities teen so 'n beperkte digterskap wat die leser bloot musikaal wil meevoer. Sy boeiende reaksie is die voorloper van D.J. Opperman se kritiese reaksie op C.M. van den Heever, 'n digterskap waarvan Opperman kragtens sy hele kreatiewe ingesteldheid wars was en waarteen hy hom met die impak van sy hele wese as kunstenaar kon verset.Ga naar eind104 In die besonder reageer Leipoldt op die feit dat Gordon as ‘colonial poet’ nie sy eie land, Australië, poëties genoegsaam verken en in sy verse gestalte laat aanneem nie. ‘There still wants a colonial’, skryf hy, ‘who shall interpret himself to us in a thoroughly novel, un-English fashion, who shall give us the prairie, the palm-tree-covered foreshore and the pearl-shelled beach, the wild, yellow veld, or the smoking, obsidianbanked cascades as they exist for him and his fellows, instead of writing and singing about matters he has learned from books, or of dead men and women who died centuries before his land was known.’ In plaas daarvan om sy aangenome land in sy werk te laat neerslag vind, het Gordon hom melancholies oorgegee aan ‘an artificial sadness which in course of time became...a second nature to him’. Wanneer hy hierdie morbiede pessimisme verruil en die wêreld rondom hom sonder 'n wysgerige bril bekyk, word hy ‘the apostle of the practical: a forerunner of that school of sternly commonplace sages whose chief modern exponent is Mr. Kipling: the singer of things as they are, who delights in human struggle for human ends, and in physical prowess, in the strength of muscle and the hard work of daily labour. Such men view the world as a workshop, not as a couch on which to dream idle fancies.’ Ongelukkig, gaan Leipoldt voort, het ons min van hierdie Gordon. Die ander Gordon, 'n bloedlose, siellose eggo van Swinburne en Browning, oorheers in sy werk. ‘With the exception of the Bush Ballads and Galloping Rhymes’, sê Leipoldt in 'n besonder skerp uitspraak, ‘there is little in all that the Australian has written which could not as well have been penned by an Oxford undergraduate working on a prize theme.’ Anders as die Suid-Afrikaanse digter Thomas Pringle het hy nêrens die natuurwonders | |
[pagina 219]
| |
van sy aangenome land in sy poësie verewig nie. Pringle ‘sang of the bushman, of the karroo, of the wild grandeur of the veld, it is true, in somewhat halting accents, but in a spirit of sincere poetic appreciation’, terwyl 'n mens by Gordon vergeefs soek na ‘any distinctive description of Australian scenery, or colonial life’. Daarby kom die beswaar dat sy filosofie sy poësie oorstem en dat sy werk iets van 'n prekerigheid toon, selfs waar dit nie opsigtelik didakties is nie. Wat Leipoldt in die besonder erger aan Gordon se werk, is die nabootsing van bestaande modelle. ‘Plagiarism, of idea and form at least,’ sê hy in 'n gedeelte van sy studie waarin hy besonder raak en adekwaat formuleer, ‘is a sin of which all poets have been guilty, and the crime is venial if the thing stolen becomes the nucleus round which the criminal crystallises the splendid efforts of his genius. In Gordon's case the plagiarism is at times open and clear, not only in form but in substance as well, but there are, unfortunately, very few occasions on which he shows as clearly that he was a worthy thief who could use the property to a better end than its former owner.’ Gordon was met ander woorde nie in staat om, soos Vondel voorskryf, behendig te steel nie.Ga naar eind105 Die gevolg - en 'n mens dink hier aan hoe Leipoldt later self in die plek van Gordon se ‘lute’ sy eie ramkietjie sou stel - is ‘that others have plagiarised him since, perhaps with better results than in his own case’. Onderliggend aan sy hele beskouing oor Gordon, wat as ‘colonial poet’ nie die moeite gedoen het om sy eie nuwe wêreld in verse vas te vang nie, lê Leipoldt se heeltemal andersoortige ingesteldheid as kreatiewe persoonlikheid. Reeds in hierdie jare was die bundel Oom Gert vertel en ander gedigte besig om vorm aan te neem, 'n bundel waarin hy naas die leed van die Anglo-Boereoorlog die Suid-Afrikaanse veld poëties sou vergestalt in verse wat dié van Pringle sou oortref. Dit maak Leipoldt se studie oor Gordon 'n sleutelopstel waaruit 'n mens implisiet sy eie kunsopvattinge kan aflei. Met sy hele wese as kunstenaar reageer hy op 'n digterskap waarmee hy nie vrede het nie. Daarby is dit 'n uitstekende stuk kritiek, voortreflik geformuleer. 'n Mens is geneig om - in navolging van Markus Viljoen se uitspraak oor Leipoldt se joernalistieke werk - die stelling te maak dat indien Leipoldt hom net op die literêre kritiek toegespits het, groot roem op dié gebied vir hom beskore was. In die Westminster Review van April 1907 verskyn Leipoldt se opstel oor ‘John Keats, medical student’, sy laaste omvangryke studie uit hierdie jare. Reeds op 26 September 1903 skryf hy aan Bolus dat Keats ook 'n mediese student by Guy's was, ‘a student who, as his professors complained, | |
[pagina 220]
| |
spent most of his time in dawdling about the Boro”’.Ga naar eind106 Wanneer hy in 1905 van die Europese vasteland terugkeer, woon Leipoldt weer op Trinity Square met die standbeeld van koning Alfred oorkant die huis waarin Keats tydens sy studiejare gebly het. Vir die belaglike bedrag van nege pennies koop hy Forman se vierdelige uitgawe van The letters of John Keats. Op 23 September 1905Ga naar eind107 laat weet hy Bolus: ‘I shall write an article on Keats's life at Guy's for our gazette - which pays me at the remunerative scale of 10/- an article but it is congenial work for all that. How interesting the letters are! A short space of barely six years, and yet it was long enough for him to allow his pen to “glean his teeming brain” and let the books “hold like rich garners the full ripened grain” of his genius.’ Waarskynlik was die artikel te lank vir die Guy's Hospital Gazette, want dit verskyn omtrent negentien maande later in die Westminster Review. In dié artikel gaan dit vir Leipoldt nie in die eerste plek oor Keats as digter nie, maar oor die mediese student: sy loopbaan by Guy's, die dosente by wie hy in die klas was, die vriende wat hy gehad en die verskillende plekke waar hy gewoon het. Eers aan die einde van die artikel staan hy stil by dié gedeeltes in die briewe en verse waarin die mediese wêreld op die een of ander wyse neerslag vind. Dat Leipoldt hom in 'n sekere sin met Keats identifiseer en dat sy beskrywing van die Engelse digter se nonkonformisme en voorliefde om ongewone standpunte in gesprekke te stel, ook op homself van toepassing was, lei 'n mens uit meer as een passasie in die opstel af. Wanneer die vriende in die aand byeengekom het, skryf Leipoldt, ‘they discussed literary and other matters, and Keats soon won a reputation as critic, and as an outspoken, unconventional debater. He delighted, perhaps in a spirit of opposition, to adopt views and opinions diametrically opposed to those of the majority present - opinions which he was generally ready and able to vindicate with a wealth of argument and an amount of eloquence that impressed, if they did not convince, his guests.’ By die lees van hierdie woorde voel 'n mens amper asof Val St. John dit oor Leipoldt geskryf het! En ook in sy uitspraak oor wat die mediese studie vir Keats as mens beteken het, is 'n mens geneig om dieselfde verryking in die geval van Leipoldt te vermoed. ‘His experience at Guy's’, sê Leipoldt van Keats, ‘strengthened his human sympathy, enlarged his conception of suffering, and broadened his purview, but it was after all a mere accessory, not an essential factor, in his mental development.’ Ook in die geval van Leipoldt is hierdie laaste gedagte waar. Sy ervaring van menslike lyding by Guy's het sy basiese altruïsme verdiep, | |
[pagina 221]
| |
'n altruïsme wat deur die oorgeërfde sendelinggees reeds in hom aanwesig was. Anders as in die artikel oor Gordon spits Leipoldt hom dus in sy studie oor Keats toe op 'n bepaalde fase van die digter se lewe. ‘The study of the life and associations of a great writer’, skryf hy aan die begin van sy Keatsartikel in 'n passasie wat 'n merkwaardige insig in die kuns van die biografie openbaar, ‘must always possess an interest which adds to and enhances the pleasure to be derived from his works. More especially is this study intrinsically valuable where the case concerns a great poet. Environment in relation to its influence on the mind is not only interesting from a purely psychological point of view: it is equally instructive to the literary student who wishes to know the forces which moulded the thought, the impressions which stamped themselves indelibly on the memory of the master, and the associations which modified or broadened his views or cramped and stultified his methods of expression. These items of personal detail often afford valuable clues to the individuality of the man. They make the biography of the poet doubly absorbing to the student, because, in many instances, they furnish the key to problems which are otherwise vague, puzzling, or altogether incomprehensible.’ Dat Leipoldt in 'n vroeë stadium van sy ontwikkeling as skrywer die funksie van die byhaal van biografiese besonderhede by die bestudering van 'n skrywer só helder kon insien, getuig naas sy belesenheid van hoe suiwer hy oor dié sake kon dink. Dit is jammer dat iemand met sulke insigte die literêre kritiek later net sporadies sou beoefen. Maar Leipoldt was in sy studiejare by Guy's nie net aktief as joernalis en skrywer van omvangryke artikels oor die literatuur nie. Met sy ervaring by De Kolonist en The South African News was hy uitnemend geskik om die redaksionele verantwoordelikheid van 'n tydskrif te behartig. Op 23 Maart 1906 word hy deur die bestuur van Guy's Hospital Gazette meegedeel dat hy teen 'n honorarium van £50 per jaar tot redakteur benoem is. Die blad verskyn twee keer per maand, sodat Leipoldt se inkomste met meer as £4 per maand groei. Die onondertekende bydraes, waarskynlik van die redakteur self, handel oor daaglikse gebeure by Guy's. Die redaksionele pos by Guy's Hospital Gazette het die kollig sterk op Leipoldt as mediese joernalis laat val. Dit spreek vanself dat die redakteurs van verwante blaaie in sy dienste sou belang stel. Onverwags ontvang hy dan ook in Januarie 1907 'n brief van sir Henry Burdett waarin hy om 'n onderhoud gevra word. ‘I confess’, skryf Leipoldt op 1 Februarie aan Bo- | |
[pagina 222]
| |
lus, ‘I did not know who he was, except by hearsay, and I did not pay very much attention. However I called and found him a very nice old gentleman indeed - a man with character and, so far as it appears to me, a man also of sterling honesty. He informed me, much to my surprise, that he had been following my few months” career as editor of the Guy's Hospital Gazette with great interest and that he wished to make a proposal to me. Briefly put his proposal amounted to this. He is the principal proprietor of The Hospital, the best circulating medical paper here - the circulation of The Lancet is, as you doubtless know, quite small, only about 2 500 - and of Burdett's Charities. Recently he has joined with Hammond (Burdett's Hospitals and Charities, a yearbook of philanthropy) and Rothschild to enlarge the paper and to introduce certain improvements, and he had advertised for a sub-editor. In reply to his advertisement he had received 200 applications, several of them, also to my surprise, emanating from leading men in the profession (among others from one physician under whom I have for some time been serving). He had heard of me from someone and had “looked up my career” - whatever that might mean - and he offered me the sub-editorship with carte blanche as to how the paper should be run, so long as it was made a power in the profession. The proposal considerably astonished me. He was a perfect stranger and although I liked him I did not know how much of that liking was due to my intuitive respect for a strong man and how much to the natural disinclination one has to think ill of a man who says nice things about one in a nice way.’Ga naar eind108 In reaksie op hierdie uitnodiging sê Leipoldt aan Burdett sy eerste prioriteit is die voltooiing van sy studie. Daarom kan hy nie werk onderneem wat op sy hospitaal- en eksamenverpligtinge inbreuk maak nie. Hy sal bereid wees om 'n paar aande in die week vir The Hospital opsy te sit, indien dit kan gebeur sonder om sy werk te skaad. Daarmee is hulle uitmekaar, met die belofte van Leipoldt dat hy oor die saak sou nadink. Intussen het Burdett in 'n brief aan Leipoldt weer gevra dat hy tot die redaksie van The Hospital toetree. Verder vra hy of Leipoldt van plan is om na Suid-Afrika terug te keer en of hy bereid sal wees om hom permanent in Brittanje aan mediese joernalistiek te wy. Hierop het Leipoldt geantwoord ‘that no matter what inducements were here, I would go back’.Ga naar eind109 Ten spyte hiervan was Burdett steeds bereid om Leipoldt se dienste te verkry. Uiteindelik het hulle ooreengekom dat hy Woensdagmiddae vir Burdett op kantoor sal werk, met die moontlikheid om dit Saterdagmiddae voort te sit. Sy taak sal wees om as subredakteur | |
[pagina 223]
| |
kopie te versorg. Daarvoor sal hy £100 per jaar ontvang. Vir alles wat hy self skryf, sal hy teen die gewone tarief apart betaal word. Op Leipoldt se mededeling antwoord Bolus in 'n brief van 12 Maart. ‘I have taken some time’, skryf hy, ‘to think over it - for your news of the very handsome offer that had been made you startled me at first a little. But on reflection I thought I could see from your letter that you had already made up your mind and that your decision was pretty well what I could have wished. - In brief I think (1) if your end in life were the acquisition of fame, - if money or position, you would have accepted the offer. But that (2) if your ideal was to serve the country of your birth, and to gain those mental and moral opportunities for doing good to your fellow men by the stimulus of a more immediate and personal ministration to their needs in sorrow and suffering, and if you were moved by the consideration of the probable greater chance of a loftier growth in mental and moral stature by returning to practise the profession you have chosen in this country, then I think you would choose the course which it seems to me you had decided to take, by only very partially joining in the proposals put before you.’ Bolus gaan voort: ‘I do not say these two courses lie necessarily as divergent in their results as I have implied. Possibly a man might follow the first, and yet gain the advantages of the second. But I think it improbable, as the world is at present constituted. If you were possessed of unlimited means, could control a medical journal alone and in entire disregard for pecuniary results, there might be a fine field for noble and benevolent work. But association with others joined to the constraint of pecuniary considerations would inevitably, sooner or later, lead either to failure or to the lowering of your own highest ideals. I admit that to a greater or lesser extent that is the battle for all men - to reconcile these apparent antagonistic influences - to preserve his ideals and to gain a living. If a man's ideals are low, the battle is less fierce. But just in proportion to the conflict is the gain to the character. Your ideals are not low, you will not readily let them become low - and you will do wisely when a choice seems to lie before you to adopt that course which seems to offer the readiest play for their development and fulfilment. Battles there will be in any case, of that there can be little fear. Of course the decision must rest with yourself - no one can advise you, because so much depends upon your own idiosyncrasy. You told Sir Henry Burdett you would help him to a certain extent, which was not to interfere with your medical course, for a year, “and if after the first year” you say “I wish to accept his proposal, it will be open for me to do so”. I shall | |
[pagina 224]
| |
neither be greatly surprised, nor think any the less of you, if you do so. I do not say that I shall not be sorry, but that, of course, should be of no weight with you if it could be merely pure selfishness of me to urge it. My life is nearly done, yours is just beginning. If I see you fairly started my object in helping you will be attained, whether you are in London or in Thibet, or at the Cape. The pleasure of your companionship would at best be for so short a time, that even on that low ground it would be absolutely improper to put it against your own judgment.’ In sy antwoord op Bolus se brief, waaruit die groot toegeneentheid teenoor sy jong vriend treffend blyk, sê Leipoldt op 11 April dat dit steeds sy vaste voorneme is om na Suid-Afrika terug te keer. Ten spyte van 'n sekere ontwikkelende kosmopolitisme wat hy by hom bespeur, ‘I am still South African sufficiently to wish I were back at the Cape, or to yearn for a trudge over the veld. I hope, sincerely, to return there.... I am not going to get fixed here.’Ga naar eind110 Hoewel sy werk vir The Hospital in hierdie stadium in die lig van sy komende eksamen hoofsaaklik tot redigering beperk is, het hy met sir Henry gereël dat hy die rubriek ‘The Book World of Medicine and Science’ sal behartig en verder net ‘occasional articles’ sal skryf. In die Maart 1907-uitgawe verskyn sy eerste bydrae vir die rubriek: 'n bespreking van Pierre Bodin se boek The nursling, 'n resensie wat andermaal sy belangstelling in die jong kind verraai. Hy gaan in hierdie stadium elke Woensdagmiddag van twee tot vier na die kantoor. Die tydskrif, skryf hy aan Bolus, is bedoel vir die algemene praktisyn en kompeteer dus nie met The Lancet of die British Medical Journal nie. Die bedoeling is om artikels kort en informatief te hou. Met Burdett kom hy goed oor die weg. ‘Sir Henry’, gaan hy voort, ‘I like very much - the only objection I have so far is that he has no idea of time. He sits and chats away, smoking cigar after cigar and telling me of his experiences. To give you an instance, he asked me up to his house for lunch at 12 one day “to talk over things”. I went. As you know I rarely take breakfast and I am vigorously hungry by the luncheon hour. He talked and discussed things and smoked while I blessed cigars for stilling the pangs of hunger. This went on till half past four when he said “Bless my soul, you must be hungry” and ordered lunch.’Ga naar eind111 | |
[pagina 225]
| |
IVIn Mei 1907 lê Leipoldt die eindeksamen af vir die gekombineerde kursus in chirurgie en medisyne: die Licenciate of the Royal College of Physicians (LRCP) en die Membership of the Royal College of Surgeons (MRCS). In 'n uitvoerige en besonder onderhoudende brief skryf Leipoldt oor sy ervarings tydens die eksamenaflegging. Aangesien dié brief, gedateer 16 Julie 1907, om onbegryplike redes nie in Dear Dr Bolus opgeneem is nie, word dit hier in sy geheel weergegee:Ga naar eind112 You will doubtless be pleased to hear that I have finished, successfully, my final examination for the LRCP.MRCS. I am thus ‘qualified’, though not yet on the Register. I found that the authorities were willing to allow me to try my luck, although I am still four months short of the required five years which the curriculum demands, but as I felt quite confident that I knew my work, I decided to adventure my twenty guineas entrance fee and face the examiners. I am glad to say I have a very pleasant, even an enjoyable time. No examination I have ever been ‘in’ for was as cheerfully exhilarating. I think it easy - perhaps because it is behind me - but I am certain that in no other examination have I been more courteously, more kindly or more goodnaturedly treated. There were three papers, two in medicine and pathology and one in surgery, and I found, as I had expected, that the difficulty was not how to answer the questions but how to condense what one had learned so as to make it possible to put the condensation on paper within half an hour - there were six questions and the time limit was three hours. After that came ‘Clinicals’ which I enjoyed hugely. In surgery they gave me five altogether and I was fortunate enough to ‘spot’ them all. In fact with commonsense and some hospital training that was easy enough and I got through the ordeal all right. In the evening there were two vivas on surgical instruments operations and specimens. I had a delightful old gentleman to examine me in instruments. He wanted to know all about trusses, and told me about what he did for his patients - hardly gave me a chance to show him what I knew for when I started to explain he said ‘There, that'll do, my boy. I see you know all about it!’ His method of finding out what I did know was somewhat after this fashion ‘now how would you stop the bleeding (we were talking of a perineal operation) if it is bad? Why, | |
[pagina 226]
| |
of course you know. You'd put on pressure - that's it - crutch pressure. I always find that the best way of dealing with haemorrhage. Why, I remember once I had -’ and then he would treat me to a dissertation - a most edifying one too - on a case which he happened to have had some years ago. | |
[pagina 227]
| |
| |
[pagina 228]
| |
Nog voordat Leipoldt hierdie uitvoerige en vermaaklike brief oor sy eksamenervarings skryf, verneem hy die nuus dat hy die buitengewone prestasie behaal het om sowel in chirurgie as kliniese medisyne die goue medalje - die hoogste toekenning wat 'n student by Guy's kan ontvang - te verwerf. ‘My competitors’, skryf hy reeds op 18 Junie 1907 aan Bolus, ‘were qualified men - all London University - and I am therefore rather pleased at the result. So far the two medals have only been won in the same year by three other men - Dr Golding-Bird and Drs Bryant and Hertz, all on the staff. Usually the honours are divided, one man being in one subject, taking the one medal while the other goes to another student. My achievement is therefore a bit of a record, and so far as non-University and Colonial Students are concerned, it is a record.’Ga naar eind113 Vanselfsprekend was Leipoldt se weldoener besonder ingenome met dié prestasie. In 'n brief van 10 Julie wens Bolus hom geluk: ‘I did not make a mistake in your character - either morally or intellectually.... But when sitting in the same place where I sat at the table when I first made you my offer, you opposite me - I can see you as you rose much moved and grasped my hand and my predominating thought is one of gratitude and content that you have given me an opportunity of doing some good with the means which I have acquired, an opportunity such as is afforded to but few men.’ Bolus voeg by dat Leipoldt se brief nie die eerste was met die nuus nie. 'n Dag of twee vroeër is dit aan The South African News gekabel en het die koerant dit saam met 'n komplimenterende paragraaf die wêreld ingestuur. In 'n naskrif by sy brief van 16 Julie 1907 aan Bolus sê Leipoldt dat hy sy twee medaljes aan sy vriend stuur. Hy vra sy weldoener om dit as 'n klein teken van eerbied te aanvaar. Sy bedoeling daarmee was om die medaljes aan Bolus te skenk, ongeveer soos Romeinse pryswenners hulle toekennings aan hul patrone geskenk het. Hiervan wou Bolus egter niks hoor nie. Hy wys die medaljes aan Leipoldt se vader en pos dit dan terug. Op 4 September 1907 skryf hy aan Leipoldt: ‘I quite appreciate your motive in sending them - it was very generous and good of you, and I think all the more of you for it. But of course in your burst of unselfish gratitude it would not occur to you to think how mean it would be for me to accept of such a gift. I do accept your sentiment and that is all you need.’ | |
[pagina 229]
| |
Met die verwerwing van sy diplomas in chirurgie en medisyne voltooi Leipoldt dus sy loopbaan as mediese student by Guy's. Hy het wel die besondere prestasie behaal om in albei rigtings die goue medalje te behaal, maar as gevolg van sy onvermoë om in wiskunde vir die Londense matriek te slaag, het die lokkende hoër graad M.D. hom steeds bly ontwyk. Die medaljes gooi hy dus sommer, sonder om te weet wat om nou eintlik daarmee te doen, saam met sy diplomas en getuigskrifte in 'n laai. ‘I have not framed the medals and at present they repose in a drawer along with my diplomas and testimonials’,Ga naar eind114 skryf hy op 11 Desember 1907 aan Bolus. Hy was nooit iemand vir opsmuk of vertoon nie en sulke eerbewyse het hom eintlik 'n bietjie verleë gemaak. Ofskoon 'n besondere prestasie, was dit, soos sy vriend Val St. John dit stel, vir Leipoldt betreklik maklik om dié medaljes te verwerf. ‘I remember’, skryf St. John, watching him as he scrutinized the board bearing the numbers of the successful candidates. ‘There's my number - he said - come along’ and with a glow on his face turned out to the sidewalk where his path was suddenly obstructed by a flower woman offering him a button hole. Perhaps long practice had made her expert in spotting new-hatched fellows of the College. But she was not taking any chances and the half-sovereign she got instead of sixpence caused her to vanish into the crowd. She did not know that generosity was never accidental with Leipoldt. Die volgende paar maande sou Leipoldt as huisarts by Guy's werk, 'n erkenning van sy vaardighede en 'n uitstekende geleentheid om ervaring op te doen, al was daar geen salaris aan verbonde nie. Maar, soos telkens in sy studiejare by Guy's, het sy kop na die buiteland gestaan om by sekere mediese inrigtings verder te spesialiseer en sy kennis verder te verruim. |
|