Leipoldt. 'n Lewensverhaal
(1999)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 151]
| |
II
| |
[pagina 153]
| |
Hoofstuk V
| |
[pagina 154]
| |
kant toe en Leipoldt begin die ander passasiers na benede volg. Op die dek raak een van die soldate egter aan sy skouer en sê dat hy volgens opdrag vir eers hier moes bly. Aangesien die soldaat 'n aangename kêrel is, begin Leipoldt lekker met hom gesels oor sy ervaring van Indië, waar hy gestasioneer was, en oor die oorlog in Suid-Afrika. Kort voor vyfuur kom Vosloo ook aan. Hy word aan die ander kant van die dek onder die sorg van nog 'n soldaat gelaat. Van die ander passasiers betrag die hele situasie nuuskierig, maar toe van hul kennisse met die twee joernaliste wil gesels, word hulle meegedeel daar is opdrag dat niemand met die twee menere mag praat nie. Die joernaliste moes 'n volle halfuur in die son wag. Toe kom Lingham aan, vergesel van 'n speurder in burgerlike drag, en beveel Leipoldt om hom te volg. In die kaptein se kajuit deursoek hulle sy drasak en sit alle dokumente, boeke en aantekeninge eenkant neer. Leipoldt word beveel om al sy klere uit te trek. Sy hoed word omgedop en die binnekant van sy skoensole, die voering van sy klere en selfs sy onderklere deursoek. Veral in sy sakboekie is hulle besonder geïnteresseerd. Sy besoekerskaartjies, 'n knipsel van Kipling se gedig ‘The islanders’ en alle dokumente, geskrifte en papiere word oor 'n vuurhoutjie se vlam gehou om te kyk of geheime skrif daarop verskyn. Die papieroppervlakke word gevryf om te kyk of dit sal help. Hulle kyk slegs vlugtig na sy voorstellingsbriewe aan mense in Brittanje en net dié van mev. May Sauer, eggenote van J.W. Sauer, word aan die vuurtoets onderwerp. Die luitenant gaan Leipoldt se sakboekie deur en probeer intelligent lyk terwyl hy die Nederlandse notas bekyk. Tydens die ondersoek het die speurder hoflik en beskaaf teenoor die twee joernaliste opgetree. Die luitenant was egter knaend onbeskof en onnodig beledigend. Terwyl Lingham uit die kajuit is, sê die speurder aan Leipoldt dat hy opdrag ontvang het om dié werk te doen maar nie daarvan hou nie. Hy wil van Leipoldt weet of hy 'n spioen was. Die hele tyd het Leipoldt sy humeur probeer beteuel. In sy knoopsgat was 'n verlepte angelier wat May Sauer hom 'n paar dae tevore gegee het. Toe hy sy jas uittrek, val die angelier op die grond. Die speurder kyk 'n oomblik daarna en gooi dit toe weer op die grond neer. ‘Don't treat that so unkindly,’ reageer Leipoldt, ‘it's my last memento of South Africa.’Ga naar eind2 Hy tel dit op en sit dit in sy sakboekie. Sy humeur het amper breekpunt bereik toe die luitenant die verlepte angelier opraap, uitmekaar skeur en die stukkies op die vloer gooi. Daar is tye, het Leipoldt gevoel, wanneer dit gesond is om te vloek, maar gelukkig kon hy hom bedwing. | |
[pagina 155]
| |
Terwyl Vosloo se drasak deursoek is, moes Leipoldt weer onder die sorg van sy soldaat op die dek wag. ‘I stood with my Tommie’, skryf hy op 7 Februarie 1902 ter see aan Anna Purcell, ‘gazing at Cape Town, over which the sun was gradually sinking, making a blue grey haziness over Lions Head and the hill and azure shadows along Platteklip. It was interesting enough to gaze at but my thoughts were not with the landscape. I was trembling, why I can scarcely say... Tommy was more interested than ever, but discreet, charmingly discreet. He hinted stolen goods, a suggestion which I replied to by asking him how he found the Boers. Bye and bye the passengers formed in little groups on the lower deck, discussing me as I stood, with my overcoat and bag alongside of me, smoking. Thomas declined to smoke. “On duty orders is”, he said, “such as did not allow im a smoke”.’Ga naar eind3 'n Kwartier later verskyn Vosloo en die luitenant en word Leipoldt beveel om sy bagasie uit te ken. In die kaptein se kajuit deursoek hulle sy klere en boeke en die pakkies wat ds. Abraham Louw vir bannelinge op St. Helena via Londen saamgestuur het. Harry Bolus se botaniese monsters, wat Leipoldt vir sir William Thiselton-Dyer van Kew Gardens moes saamneem, word op die grond uitgestrooi. Die Latynse etikette van die plantmonsters betuur hulle somber, maar uiteindelik besluit hulle dit is nie verraderlik nie. Leipoldt se boeke en aantekeninge word weer aan die vuurtoets onderwerp, onder meer sy eerste skryfpogings en vertalings van Nederlandse skrywers. Toe hulle by sy manuskripte kom, wil Leipoldt verduidelik, maar die luitenant blaf kortaf: ‘You needn't explain, we'll look into them.’Ga naar eind4 Ook dié bladsye hou hulle oor die vuur en sommige word selfs geskroei, sonder dat hulle enige geheime skrif ontdek. Toe hulle klaar is, staan die speurder Leipoldt met die inpak by. Die luitenant is egter weer besonder onbeskof. ‘Oh, he'll have to do that himself’, is sy reaksie. ‘We've no time. We've got the other person still.’Ga naar eind5 Op sy bevel verwyder die soldate die halfgepakte tasse na die dek waar Leipoldt alles opnuut in die tierende suidooster moet inpak. Onder Leipoldt se bagasie kon Lingham en die speurder niks verdags vind nie, maar onder Vosloo se goed het hulle sy besware teen die krygswetraad in snelskrif en 'n lys Nederlandse sinonieme en uitdrukkings saamgeneem - tot groot vermaak van die twee joernaliste, aangesien die snelskrifweergawe van die besware lank sou neem om te ontsyfer en die woordelys die onskuldigste ding denkbaar was. Eers ná aandete was die twee klaar, tot wrewel van die kaptein, wie se skip ure lank deur die futiele ondersoek vertraag is. | |
[pagina 156]
| |
Uiteindelik kon hy opdrag gee dat die ankers gelig word en is Leipoldt en Vosloo vir die eerste keer na hul kajuit. 'n Bietjie later was Leipoldt weer op die dek om na die verdwynende kuslyn te kyk. In sy brief van 8 Maart 1902 skryf hy aan Harry Bolus: ‘Beyond the hill and the old mountain, the faint reflection of the long set sun was brightening the sky and making the blue brighter and clearer; while below, on the slopes and in the clefts near the Platteklip the shadows had deepened almost into night. I stood on deck till the last lights had faded and only the faint flash of the island lighthouse, fading and reappearing, could be seen over the waters; till the shoreline sloping towards Saldanha Bay had sunk away into dim, indistinguishable greyness; till the outline of the Twelve Apostles could no longer be distinguished in the gloom. I will not bother you with my thoughts but they were melancholy enough ...’Ga naar eind6 Hulle laaste waarneming van Afrika was ongeveer elfuur die aand; daarna het dit te donker geraak om die ligte te onderskei en te mistig om die kus te sien. Hoewel die skip kalm genoeg in die see was, het die wind by die vertrek tydens die eerste paar dae van die reis 'n ligte wieging veroorsaak. Daarby was die etes nie juis van 'n dawerende gehalte nie. Die ergste was dat die ander passasiers Leipoldt en Vosloo aanvanklik met groot argwaan bejeën het. Wanneer hulle aangestap kom, het die ander passasiers hulle geïgnoreer of wegbeweeg. Die gevolg was dat Leipoldt, ‘heartily tired of God's immaculate English’, soos hy aan Anna Purcell skryf,Ga naar eind7 besluit om hom te onttrek en te verdiep in die boeke wat hy saamgebring het. Hy lees Milton se prosa en Asa Gray se Manual of botany. Uit die skeepsbiblioteek leen hy die romans van Thackeray en Austen uit om te herlees. Ook De Quincey se Confessions of an English opium eater lees hy. De Quincey se Lake reminiscences, wat handel oor sy vriendskap met die twee beroemde digters van die merestreek, Wordsworth en Coleridge, boei hom egter meer. Hoewel hy die gedrag van die buffelagtige luitenant gou van hom kon afskud, was Leipoldt die eerste paar dae in 'n slegte gemoedstoestand, ‘continually allowing my thoughts’, soos hy aan Bolus skryf, ‘to creep back to the land I was leaving and now and then to take a leap into the uncertain and visionary future’.Ga naar eind8 Dit voel vir hom of hy sonder berou of pyn die bekende en vertroude vir die onbekende en onsekere verruil. ‘In my case’, gaan hy voort, ‘I was saying goodbye to South Africa under particularly distressing circumstances. You know my feelings on the war ... and you can easily imagine that my last sight of land was scarcely | |
[pagina 157]
| |
pleasant.’Ga naar eind9 Dit is egter opvallend dat Leipoldt, aan wie Bolus se sterk kritiek op Paul Kruger se toetrede tot die oorlog bekend was, die hele gedoente met die luitenantjie vir sy weldoener heeltemal verswyg en dit slegs in sy brief aan Anna Purcell vermeld. Waarskynlik, so vermoed 'n mens, was Bolus nie heeltemal tevrede met Leipoldt se betrokkenheid by 'n pro-Boer-koerant nie en sou inligting oor so 'n voorval vir hom net olie op die vuur gewees het. Dit sou nie die laaste keer wees dat Leipoldt só selektief met sy mededelings te werk gaan nie. Na 'n paar dae se afsondering het een van die ouer mans op die reis met Vosloo en Leipoldt begin gesels. Leipoldt kom nou ook agter dat daar onder die Nieu-Seelanders aan boord 'n paar voortreflike mense is. Saam met hulle in die kajuit is 'n pro-Boer-Ier wat niks goeds van die Engelse wil hoor nie, terwyl een van die Australiërs aan boord in Brittanje die petisie vir Albert Cartwright en F.S. Malan se vrylating geteken het. Leipoldt vertel aan hulle en 'n paar Amerikaners van die krygswet in die Kaapkolonie, Gideon Scheepers se fusillcring en al die booshede onder die militêre bewind - besonderhede wat vir hulle skokkend is. Toe hy en Vosloo van hulle wedervaringe met die aankoms aan boord verslag doen, is die Ier se reaksie: ‘Why didn't you demand their warrant - what earthly right had they to search you? I'd like to see them do such a thing to me.’Ga naar eind10 Die Ier kon klaarblyklik nie begryp dat met mense van die luitenant se kaliber in 'n magsposisie alle proteste en vertoë nutteloos is nie! Soos die reis voortgegaan het, kon Leipoldt en Vosloo dus lekker gesprekke met van hul medereisigers voer en vriendskappe opbou. Onder die passasiers was 'n verwelkte hertogin, wat steeds gemeen het dat sy vir 'n groep gouddelwers in Borneo mooi sou wees, en 'n groep Swede wie se taal 'n vermenging van Sweedse vloekwoorde en plat Amerikaans was. Leipoldt, wat nou die eerste keer buite die Kaapkolonie aan die reis was en gemeen het dat niks mooier as die Karoo met sy ‘beautiful wildness, its almost fairy-like glamour in winter, and its droughty aridness in summer’Ga naar eind11 kon wees nie, word meegevoer deur die ‘ever-changing beauty of the sea - now living emerald, then deep blue like a sapphire but seemingly alive, contracting and expanding and altering as the ship bounded over it. To me it was a wondrously fine picture at night when standing on the high poop, I watched the phosphorescent jelly-fish paddling past and the bubbles of light breaking in the churnings of the screw and dwindling down into the quiet tranquillity of the wake.’Ga naar eind12 Met hul aankoms by Tenerife,Ga naar eind13 die Spaanse eiland wat deel vorm van | |
[pagina 158]
| |
die Kanariese argipel, kom 'n dokter aan boord en laat die geel vlag as teken van 'n besmette skip hys. Al wat dit beteken, is egter dat die plaaslike mense nie aan boord mag kom nie; die passasiers is vry om aan land te gaan! Hoewel die uitgedoofde vulkaan met sy wit sand en sneeu 'n mooi gesig en die binnelandse dorpie La LagunaGa naar eind14 'n bekoorlike plekkie is, vind Leipoldt die hoofstad, Santa Cruz, uiters vuil en verwaarloos en vol bedelaars. Die passasiers verdeel in groepe van vier of vyf om die stad te besigtig; onder dié van Leipoldt is William Marshall, sekretaris van die Ou Mutual, en 'n Spanjaard van Brasilië. In die drankwinkels proe hulle van die swaar plaaslike rosyntjieagtige port - teen nege pennies besonder goedkoop soos alles op Tenerife (ook die vriendelikheid van die eilandbewoners). Die Spanjaard lei hulle na 'n herberg naby La Laguna waar hulle die wonderlikste ete denkbaar geniet, ‘a meal’, soos Leipoldt aan Bolus skryf, ‘which still seems to flavour the room when I think of it. It was really a most wonderful collation. Commencing with poached eggs and stewed crab, closely followed by ducklings soused in very sweet canary, it ended with some kind of very rich pudding in which sugar cane preserve, if I remember rightly, was a principal ingredient.’Ga naar eind15 'n Besonder vermaaklike voorval tydens dié besoek duik op nadat hul Spaanse medepassasier vir sy siësta na die skip teruggekeer het. Marshall, wat graag wou sien hoe 'n Spaanse teater van binne lyk, het 'n straatknaap nader geroep en hom gevra om as gids op te tree. ‘The boy it appears’, skryf Leipoldt, ‘happened to mistake his meaning - expressed more by pantomime than words - and took us all to a very different place - a house of music women with all its attendant evils. Whereat Mr M. was greatly annoyed and kicked and cuffed the little fellow back before him into the street scarcely heeding his protest to the effect that he really meant no harm since “all the signori Englees went there!”’Ga naar eind16 Omdat die skeepsbiblioteek vir Leipoldt se leesywer nie genoeg boeke na sy smaak bevat nie, koop hy op Tenerife 'n Amerikaanse bloemlesing uit die Engelse poësie en 'n paar Duitse romans. Die Engelse verse laat hom terugdink aan hoe Bolus hom aan die sonnette van Shakespeare voorgestel het en aan die baie kere dat hulle saam oor poësie kon gesels. In die bloemlesing vind hy ook die sonnet van Joseph Blanco White wat hom bygebly het sedert Bolus dit in sy studeerkamer-herbarium die aand voor sy vertrek hardop voorgelees het: | |
[pagina 159]
| |
Mysterious Night! when our first parent knew
Thee from report divine, and heard thy name,
Did he not tremble for this lovely frame,
This glorious canopy of light and blue?
Yet 'neath a curtain of translucent dew,
Bathed in the rays of the great setting flame,
Hesperus with the host of heaven came,
And lo! Creation widened in man's view.
Who could have thought such darkness lay concealed
Within thy beams, O sun! or who could find,
Whilst fly and leaf and insect stood revealed,
That to such countless orbs thou mad'st us blind!
Why do we then shun death with anxious strife?
If Light can thus deceive, wherefore not Life?Ga naar eind17
Hoewel dié sonnet nie vir hom Milton se ‘When I considerGa naar eind18 how my days are spent’ or ‘Avenge Oh Lord thy slaughtered saints whose bones’ vervang nie, gryp dit Leipoldt geweldig aan. In 'n brief van 4 Junie 1902 aan Bolus sê hy dat hy intussen dié sonnet uit die hoof geleer het; ‘every time I repeat it I like it better’.Ga naar eind19 Hy gaan voort: ‘It is a very fine sonnet although the image I believe is scarcely quite correct. If Death is to be to life what the starshine is to the full sun glow, I myself should prefer the Buddhist idea of absolute annihilation or nothingness - Hamlet's sleep without a doubt as to dreams.’Ga naar eind20 Opvallend is dat Leipoldt hier reeds sy voorkeur vir die Boeddhistiese salige nirwana uitspreek, 'n aanduiding van die sterk invloed van Junghuhn en ander skrywers met wie hy al op Clanwilliam kennis gemaak het. Kommentators wat gemeen het dat die Oosterse wysbegeerte eers 'n latere invloed op Leipoldt was, het kennelik nie rekening gehou met die digter se vroeë kennisname van verskillende godsdienstige strominge en sy wye belesenheid op 'n verskeidenheid gebiede nie. Ná Tenerife begin dit geleidelik kouer word en met die aankoms in die hawe van Plymouth is die koue werklik iets ysliks. Die meeste passasiers klim daar af, maar Leipoldt besluit om saam te vaar tot by Tilbury. Die laaste gedeelte van die vaart in die digte mis van die Teems is vir hom 'n nuwe ervaring. Op 22 Februarie 1902 ontskeep hy by die Tilling-dok en slaap hy in die hotel naby die St. Pancras-stasie, sy eerste nag in die ‘city of fogs and influenza fevers’,Ga naar eind21 soos hy Londen aan Bolus beskryf. | |
[pagina 160]
| |
IIDie Londen waarin Leipoldt hom in Februarie 1902 gevestig het, was by die aanvang van die kort periode van koning Edward. Met die dood van Victoria is niks goeds van haar opvolger verwag nie. ‘We all feel motherless to-day’, skryf die romanskrywer Henry James kort ná Victoria se dood aan 'n vriend in Parys. ‘We are to have no more of little mysterious Victoria, but instead fat vulgar dreadful Edward.’Ga naar eind22 Edward was bekend vir sy dobbelary, amoreuse avonture en sy aandeel aan die ‘race track set’.Ga naar eind23 Tog het Edward betreklik gou na sy troonbestyging baie gedoen om die verlore vrolike plesierigheid van Londen te herstel. Hy laat die Buckingham-paleis skoonmaak en met Regency-meubels inrig, terwyl die trappe en galerye in blou getapyt en kandelare vir elektriese lig herbedraad word. Dit was 'n tyd van groot onthale met baie gesprekke en gelag en met 'n sug na uiterlike swier. Opera-premières is bygewoon deur vroue met naakte skouers onder parasols en mans wat met mantels oor aandpakke en keile in koetse opgedaag het.Ga naar eind24 In die hotelle is nie net oornag nie, maar groot bankette, onthale, private partytjies en bals gehou. César Ritz was aan die hoof van die Carlton in die Haymarket voordat hy in 1905 by Piccadilly Circus die hotel geopen het waaraan hy sy naam verleen het, 'n hotel waarin Leipoldt later gereeld sou kom om in die kombuis te werk en só sy kennis van die gastronomie uit te bou. Die belangrikste Londense restaurants kort ná die eeuwisseling was die Frascati's in Holborn, die Romano's in The Strand, die Savoy naby die Teems en die Trocadero wat sy beroemde ‘Long Bar’ in 1901 geopen het. Dié wat nie so 'n duur maaltyd kon bekostig nie, kon kies tussen 'n Penny Breakfast en 'n Fivepenny Dinner by Lockhart's of Pearce and Plenty. Skrywers en skilders het verkies om by die Café de l'Europe of by die rooi pluche-tafels van die Café Royal aan te sit. Kettingrestaurants soos Lyons en afdeling winkels soos Selfridges het begin sake doen en in 1911, 'n paar jaar voor Leipoldt se terugkeer na Suid-Afrika, is die imposante Harrod's in Brompton Road geopen. In 1901 het die eerste elektriese trem in Londen se strate begin loop en in 1905 is die eerste elektriese moltrein in gebruik geneem. In dieselfde jaar het Londen sy eerste vloot busse gekry en het die ‘horseless carriage’Ga naar eind25 gekom om te bly. Die meer as vier en 'n half miljoen inwoners het die hoofstad van die Britse Ryk uit sy nate laat bars. Met 'n baie klein begroting het Leipoldt nie geld gehad om veel aan hierdie prag en praal te hê nie. Hy was gelukkig om saam met Vosloo losies | |
[pagina 161]
| |
te kry in die welbekende losieshuis van die bejaarde mejj. Higham in 28 Gower Street, naby die Universiteit van Londen en die Britse Museum. Net onder hulle het mnr. H.J. Wilson, Liberale parlementslid vir Holmfirth, geloseer, die eerste ‘pro-Boer’ van enige betekenis met wie hulle daar in aanraking gekom het.Ga naar eind26 Die eerste dae in Londen bestee hy veral daaraan om die bekende besienswaardighede te besigtig. Die meeste plekke wat hy sien, stel hom egter teleur. Die interieurs van St Paul's Cathedral, Westminster Abbey en die Houses of Parliament is vir hom minder indrukwekkend as wat hy verwag het, maar hy is besonder beïndruk deur die Turner-skilderye in die National Gallery en die portrette in die Royal College of Surgeons Museum. Ook die kapel van die Tower of London, Hampton Court en Windsor Castle bewonder hy. Aangesien hy in die buurt van die West End-teaters bly, woon hy enkele opvoerings by, waarskynlik deur van die goedkoper kaartjies te koop. Hy word veral beïndruk deur Stephen Phillips se Paolo and Francesca, wat in die St. James opgevoer word.Ga naar eind27 Kort ná sy aankoms besorg Leipoldt die plantmonsters van Bolus wat hy saamgebring het, aan sir William Thiselton-Dyer by Kew Gardens. Sir William ontvang hom baie hartlik en stel hom ook aan die ander plantkundiges by die herbarium voor. Dit is 'n verwelkoming wat hy baie waardeer, aangesien plante een van sy groot belangstellingsvelde is wat hy in die jare in Londen met verdere besoeke aan Kew sou uitbou. Hy lewer ook 'n aantal boeke af by Wesley in Essex Street en word beïndruk deur die ‘very large and select stock of books’Ga naar eind28 in die winkel. In die komende jare sou hy by herhaling feitlik as Bolus se agent met boekhandelaars in verbinding tree om vir sy Kaapse vriend katalogi te kry, seldsame eksemplare aan te koop en oordrukke van artikels te bekom. Leipoldt lê ook besoek af by sy oom Ewald Esselen, wat sedert sy gevangeneming in 1900 op parool in Richmond gewoon het. Esselen stel hom voor aan 'n groep Boere-ondersteuners in Chelsea en hulle nooi hom om hulle oor die onreg van die oorlog, in die besonder die krygswet in die Kaapkolonie, te kom toespreek. Leipoldt en Vosloo se name was teen hierdie tyd bekend aan die Londense pro-Boer-Britte, omdat die optrede van die luitenantjie by hul vertrek uit Kaapstad rugbaar geword en tot 'n vraag in die Britse parlement gelei het. Op 11 Maart 1902 stel D.V. Pirie, verteenwoordiger vir Aberdeen, die volgende vraag in die laerhuis: ‘I beg to ask the Secretary of State for War whether he is aware that two British subjects, who have recently come to this country from Cape Colony with | |
[pagina 162]
| |
the full permission of the base commandant at Cape Town, were, on coming on board the ship Persic, taken into the captain's cabin by a military officer and stripped naked, on the ground that they must be searched, and whether he will take steps to prevent any such treatment in the future of British subjects against whom there is no charge.’ Hierop het W. St. John Brodrick, minister van oorlog, verklaar: ‘I have no information as to the incident referred to in the Question.’Ga naar eind29 Die byeenkoms waarheen Leipoldt 'n uitnodiging aanvaar, is gehou by die huis van baron Leonard Courtney, van beroep advokaat en joernalis, maar veral bekend as ‘wysgeer’ van Chelsea en as politikus wat Brittanje se eerste anneksasie van Transvaal in die parlement teengestaan het. Hoewel reeds halfpad blind, is Courtney beskou as die groot voorstander van die ouderwetse liberale. Sy huis was dan ook 'n vergaderplek vir almal wat die oorlogsbeleid van die Salisbury-regering teengestaan het.Ga naar eind30 Veral onder die Kwakers, groepe wat met maatskaplike regverdigheid te make gehad het, pasifiste, Ierse nasionaliste en teenstanders van Joseph Chamberlain was daar steun vir die Republieke; hulle is dikwels verenig deur 'n idealisering van die Boere en 'n vermenging van nasionalisme en blinde vooroordeel.Ga naar eind31 Baie van hierdie pro-Boer-Britte was vir Leipoldt, soos hy aan Bolus skryf, onkundige sentimentaliste ‘who look at the Boer through rose-coloured glasses and do not know that under the romance as they term it there lies a foundation of sordidness and evil which makes the Boer far more of a human being than angel’.Ga naar eind32 Dit is 'n uitspraak wat andermaal bevestig dat Leipoldt geen blinde verering vir die Boere gehad het nie en wat aansluit by sy kritiek in Het Nieuws van den Dag op hul optrede teenoor die Kolonialers op die besette dorpe. Baie van die Britte wat sogenaamd ten gunste van die Boeresaak betoog het, was vir Leipoldt mense wat slegs politieke munt vir eie gewin uit hul standpunt wou slaan. Hy was in die parlement, skryf hy aan Bolus, toe die nuus oor Methuen se gevangeneming deur generaal J.H. (Koos) de la Rey by Tweebosch op 7 Maart 1902 aangekondig is, ‘and a more disgraceful exhibition of bad taste than given by the Irish members I have not yet witnessed’.Ga naar eind33 Dit kan wees dat Leipoldt met sy waarnemings oor die pro-Boer-Britte wat so dom en oningelig is, Bolus 'n bietjie na die mond praat, want heeltemal afsydig teenoor dié mense staan hy wel nie en met sommige word hy weldra goeie vriende. Onder dié wat met hul gematigde en verstandige optrede indruk op hom maak, is, naas Wilson wat Leipoldt en Vosloo nooi om in sy kiesaf- | |
[pagina 163]
| |
deling, Holmfirth, te kom praat, mense soos J. Ramsay Macdonald, sekretaris van die Arbeidersparty en skrywer van What I saw in South Africa, en mnr. A.G. Gardiner,Ga naar eind34 redakteur van die Daily News. Hy leer ook die Fords ken, 'n ou Kwaker-familie wat op die landgoed Adel Grange naby Leeds gevestig was. Oor die drie Ford-susters, almal veel ouer as hy - nog 'n voorbeeld van sy vermoë om met bejaarde mense hegte vriendskappe te sluit - skryf Leipoldt by geleentheid uitvoerig. Al drie susters, so vertel hy, was ‘vroue van edel inbors en opvatting ... Die oudste, Bessie, en die twede oudste, Isabella, was lede van die Independent Labour Party en het met die party, wat destyds nog as 'n uiters Sosialistiese party beskou is, welvaart en leed gedeel in die bittere stryd vir die erkenning van die regte van die vakverenigings. Isabella het die groot staking in Leeds feitlik georganiseer, en haar boekGa naar eind35 - in die vorm van 'n roman - oor die gebeurtenisse van die tyd verdien vandag nog aandag, nie alleen omdat dit 'n getroue beskrywing van die byna ongelooflike toestande van destyds gee nie, maar ook omdat dit letterkundige waarde besit. Die derde suster, Emily, was 'n kunstenares en een van die weinige skilders in fresco in Engeland.... Die susters Ford het mnr. Vosloo en my uitgenooi om hulle op Adel Grange te kom besoek, en van daardie tyd af het ek met hulle bevriend geword.’Ga naar eind36 | |
IIIMaar Leipoldt moes nou in sy eie lewensbehoeftes voorsien en op 'n manier geld verdien. Aanvanklik was sy bedoeling om as vryskutjoernalis te werk en te probeer om sekere artikels wat hy in gedagte gehad het, êrens gepubliseer te kry. Deur sy werk as oorlogskorrespondent in Suid-Afrika het hy reeds kontakte gehad met 'n verskeidenheid koerante en tydskrifte. Ná sy aankoms het hy verder in aanraking gekom met mense wat hom op die gebied van die literatuur en die joernalistiek advies kon gee. Sy bedoeling was, so skryf hy aan Bolus, ‘to try my luck ... as a free lance, to follow in the steps of so many literary aspirants and to live a Bohemian-Grub Street sort of life until such time when I should have made a name’.Ga naar eind37 Die Britse koerant waarmee Leipoldt die hegste kontak gehad het, was die pro-Boer Manchester Guardian.Ga naar eind38 Sedert 1872 was C.P. Scott die redakteur. Hy het daarin geslaag om dit uit te bou van 'n koerant met 'n beperkte | |
[pagina 164]
| |
nuusdekking en leserskring tot 'n internasionaal gerespekteerde dagblad. ‘Scott’, skryf Francis Williams in sy Dangerous estate (1957), ‘went on to make the Guardian into something unique in British journalism: a provincial paper which came to be accepted not only in Britain but in every part of the civilised world as the supreme expression of the liberal spirit.’Ga naar eind39 By sy dood in 1932 is Scott genoem ‘a leading figure - perhaps the Leader - in the journalism of the world’.Ga naar eind40 Sy sukses het gelê in die groot verskeidenheid kontakte wat hy opgebou het. Daarby is hy geloof vir die beginsel van liberalisme en vryheid wat hy gehuldig het: ‘What distinguished him was the firmness of his advocacy, which more than once brought him into direct and embittered conflict not merely with his conservative readers but with the simple-minded, uncritical patriotism of the general public.’Ga naar eind41 Kort na sy aankoms besoek Leipoldt die Manchester Guardian se Londense kantore in Charing Cross Road om oor moontlike vryskutwerk te onderhandel. Hierdie onderhandelinge was suksesvol, met die gevolg dat daar in sy eerste maande in Londen heelwat artikels van hom in dié koerant verskyn. Aanvanklik handel dié artikels nog oor die Anglo-Boereoorlog en die gruwels van krygswet. Op 17 Maart 1902Ga naar eind42 skryf hy oor die toestand in Kaapstad: hoe moeilik dit gaan om permitte vir reise te kry en hoe benepe en kortsigtig die militêre owerheid in sommige gevalle optree. 'n Kaapse boekhandelaar, mnr. Mondt, 'n Nederlander in diens van die firma Dusseau & Kie., was accused of having infringed martial law regulations by exposing the National Anthem of the Transvaal for sale, and the evidence against him went to show that he had sold a book of songs in which the National Anthems of Holland and other countries appeared, together with that of the Transvaal and Orange Free State. There were two counts against him, the prosecution being evidently of opinion that ‘Wien Ne“erlands” bloed,’ the national anthem of Holland, was equally seditious with ‘Kent gy dat Volk’ of the Transvaal, but the magistrate thought differently and convicted Mr. Mondt only on one count, fining him £ 10. The case is one of great interest, and it was generally felt that the sentence had been too severe, especially as the book was a remnant of old stock and had not been reimported after martial law had been proclaimed. | |
[pagina 165]
| |
Mense wat iets teen die oorlog sê, word summier na Bermuda verban. Die toepassing van die krygswet skep 'n voortdurende toestand van onsekerheid, omdat iemand selfs gearresteer kan word weens woorde wat hy vóór die instelling van die noodmaatreëls uitgespreek het, sonder dat enige voorsiening vir appèl gemaak word. Met sy later so kenmerkende ironie skryf Leipoldt: There have been no executions in Capetown so far. Greenmarket Square and the Parade have not been the scene of public promulgations of the death sentences of rebels, condemned on counts that run over the whole gamut of crime, from murder to infringing the latest petty regulation of some district commandant. The safety of the Empire has there been threatened only by an aged gentlewoman,Ga naar eind43 by a member of the Executive Council, by a firm of attorneys, and by our daily papers. With these the authorities could deal without resorting to unusually drastic measures, and when the public offices of the attorneys and one ex-Minister had been searched, the house of the lady of Strand Street had been carefully inspected, and the newspapers coerced into silence, Capetown would resume the even tenour of its ways, undisturbed by any news from the seat of war, and cheered, moreover, by the careful detailing of our victories and successes. Vir die Boere, wat 'n groot respek vir die wet het, so skryf Leipoldt in die Manchester Guardian van 19 Maart, is dit 'n skok om met die onreg van die krygswet kennis te maak. Die toepassing van die krygswet beteken vir die Boer en Kolonialer the absolute suppression of the right of free speech or expression of opinion in private or in public; the continual concealment of his real ideas, wishes and desires under an assumed veil of fawning subserviency and hypocritical loyalty; the effacement of all his preconceived notions regarding English justice and British fairplay; and the total abolition of all sense of security and safety so long as a soldier remains in the district. It means that on the unsubstantiated evidence of one farm servant he may have his house searched at midnight when his family has gone to bed, and may have to see soldiers entering his wife's and daughters' bedrooms and searching these while the inmates are in bed. It means that if he be a successful tradesman with | |
[pagina 166]
| |
a ‘progressive’ rival over the way or close at hand he may one day find himself in gaol and his opponent tradesman capturing all his customers while he is passing his time like a stock-thief in a common cell. It means that his minister may not visit him on his farm without a permit, nor he the minister; that his church is being desecrated, as he considers; and that his property is destroyed, either directly or indirectly, by the action of those who were sent to the district to protect it and him. In sommige distrikte in die noordoostelike deel van die Kolonie, gaan Leipoldt in dieselfde artikel voort, was die instelling van krygswet noodsaaklik en het die betrokke administrateurs, ten spyte van streng optrede by tye, hoflik en diplomaties opgetree. In dié verband dink hy aan mense soos kolonel Levey op Dordrecht, kaptein Fryer op Clanwilliam en majoor Wiseman-Clarke op Cradock. ‘These gentlemen’, gaan hy voort, had to enforce regulations which were not of their making. They had to carry into execution orders from their superiors, who knew nothing about local circumstances and conditions. They had on some occasions to act severely, but in most instances they used their discretion, and however much their administration may be blamed for faults and mistakes, they at least did their best to make themselves respected and not merely feared by the people in their districts. The system of military rule is such that it can never be loved by men who, like colonists at the Cape, have for years had a measure of selfgovernment, and it says much for the administration of these former commandants that today, even with the hatred and dislike that prevail against everything English, their names are remembered with gratitude and respect. Ongelukkig is van hierdie mense, ‘for some reason or other’, na ander distrikte verplaas, and their successors were men who knew nothing about local conditions. The result has been that martial law in the Cape Colony has done more to add recruits to the Boer forces than anything else ... | |
[pagina 167]
| |
Waarskynlik is ou Smith, die magistraat in ‘Oom Gert vertel’, gemodelleer op mnr. Charles Levey van Dordrecht na wie Leipoldt in dié artikel verwys. ‘Hij is een man,’ het hy reeds op 27 Junie 1901 in Het Nieuws van den Dag geskryf, ‘die, ofschoon hij zijn eigen opinie heeft een mensch toelaat om van hem te verschillen. Onder zijn regime zijn de verhoudingen tusschen Engelsch sprekenden en Boeren in het district zoo vriendelijk als mensch maar wenschen kan. Ik hoorde zelfs van de Engelschen geen grof woord tegen de rebellen aldaar. Hunne Engelsche vrienden zonden hun kost somtijds en gaven hun de hand. Maar dan hebben Dordrecht-rebellen zich ook als mannen gedragen. Hebben wij in Zuid-Afrika meer mannen zooals de Heer Levey, dan zullen wij niets tegen martial law hebben. De Heer Levey - hij is nu naar Transvaal gegaan en Dordrecht zal hem missen - vertelde mij veel hoe het in het district toeging en ik hoorde aan alle kanten dat men hem als vriend achtte - Boer, Engelschman en Kleurling spraken tot zijn lof.’ Hoewel Levey na Transvaal, en nie na 'n ander plek in die Kolonie nie, gestuur word, kon sy vertrek die ingewing gewees het vir die volgende reëls in ‘Oom Gert vertel’: Maar hulle het hom soetjies afgesit
En na Oos-Londen toe gestuur, omdat
Hy nie na hulle pype vlot wou dans,
En in sy plaas 'n kol'nel aangestel.Ga naar eind44
Leipoldt het by geleentheid gesê dat die verhaal van ‘Oom Gert vertel’ geskryf is ‘na aanleiding van wat 'n ou oom my meegedeel het’.Ga naar eind45 Gedagtig aan die onsorgvuldige wyse waarop hy dikwels met dergelike mededelings oor sy eie werk omgegaan het, hoef ons egter nie veel waarde aan so 'n uitspraak te heg nie. Waarskynlik steun hy vir ‘Oom Gert vertel’ op 'n verskeidenheid gebeure waarvan hy tydens en vóór sy werk as snelskrywer van die rondgaande hoogverraadhof kennis geneem het en is sy dramatiese monoloog 'n eklektiese verbinding van baie voorvalle uit dié tyd, aangevul met die skeppende verbeelding van 'n kreatiewe gees. Kort ná hierdie stukke skryf Leipoldt ook 'n artikel oor die verhoor en fusillering van Gideon Scheepers. Dit word egter, waarskynlik omdat die Britse publiek teen dié tyd reeds 'n oordosis oor die gruwels van die Kaapse krygswet te lese gekry het, nie gepubliseer nie.Ga naar eind46 Omdat hulle in Leipoldt 'n reeds bedrewe joernalis en vlot skrywer bespeur, bied die Manchester Guardian aan om hom op die koerant se koste | |
[pagina 168]
| |
na die Europese vasteland te stuur om verslag te doen oor die stakings onder dokwerkers, lettersetters en diamantslypers in Nederland, België, Spanje en Frankryk. Leipoldt gryp hierdie geleentheid aan, die eerste van 'n hele paar reise wat hy só op koste van 'n koerant na Europa onderneem. Wanneer presies hy na die vasteland vertrek het, is nie bekend nie, maar volgens die datum van die berigte moet hy reeds in Maart en April in Nederland gewees het. Ook in Leuven neem hy die onluste waar en skryf hy vir die Manchester Guardian verslae wat hulle kon gebruik. Terwyl hy in Parys was, vind die Franse verkiesing plaas en skryf hy 'n reeks ‘briewe’ vir sommige van die Amerikaanse koerante vir wie hy vroeër as oorlogskorrespondent opgetree het. Klaarblyklik het Leipoldt met sy aankoms op die vasteland ook kontak gemaak met Het Nieuws van den Dag, die Nederlandse koerant waarvoor hy in 1900 en 1901 veelvuldige berigte oor die oorlog geskryf het. Het Nieuws van den Dag, waarvan die eerste nommer in Maart 1870 verskyn het, was bestem vir die Protestantse middegroepe, 'n gesinsblad met neutrale berigte wat primêr opvoedkundig gerig was, alhoewel dit teen die eeuwisseling ook aktueler beskouinge opgeneem het. Met P.H. Ritter as hoofredakteur het dit die Anglo-Boereoorlog, waaroor die gevoelens in Nederland, soos op die res van die Europese vasteland, hoog geloop het, feitlik op die voet gevolg.Ga naar eind47 Van die berigte oor die stakende dokwerkers in Enschede en die opstande in Brussel wat in hierdie tyd in Het Nieuws van den Dag verskyn, is kennelik van Leipoldt se hand. So berig hy op 15 April 1902 dat wat hy die voorafgaande week ervaar het, eintlik maar net die voorspel is van wat in die komende week moes volg, nu bij de demonstratiën ten gunste van Grondwetsherziening en algemeen stemrecht de algemeene werkstaking dreigt te komen. | |
[pagina 169]
| |
Dit spreek boekdele vir Leipoldt se aanpasbaarheid om so gou ná sy aankoms in Europa sulke joernalistieke verslae oor die vlaag van stakings in verskillende lande te skryf en hom van die ellende in sy eie land na verwikkelde maatskaplike probleme op 'n ander vasteland oor te skakel. Indien dit waar is dat 'n greep op 'n situasie, wat totaal vreemde eise stel, die ware toets vir intelligensie is, moet 'n mens Leipoldt as 'n hoogs intelligente mens beskou. Om oor sulke opstande in België en ander Europese lande verslag te doen, verg inlewing in 'n wêreld wat tot kort tevore vir Leipoldt 'n terra incognita moet gewees het. En dat hy die vertroue van koerante kon geniet om hieroor verslag te doen, getuig van die aansien wat hy reeds in dié jare as joernalis - en dít in meer as een taal - geniet het. 'n Mens is geneig om Markus Viljoen gelyk te gee dat Leipoldt, indien hy bereid was om hom net daaraan oor te gee en hom aan 'n vaste betrekking te bind, ‘wêreldroem as joernalis sou verwerf het’.Ga naar eind48 Die ekstra inkomste wat Leipoldt met sy joernalistieke werk verdien, gee hom die geleentheid om iets van Europa te sien.Ga naar eind49 Hy besoek ook Straatsburg en bly 'n paar dae op 'n klein dorpie naby Chálons-sur-Marne.Ga naar eind50 In Amsterdam besoek hy die Rijksmuseum en neem hy die stad met sy veelvuldige pleine, wat grotendeels negentiende-eeus vasgelê is, in hom op. Aan die begin van die twintigste eeu is die fin de siècle, wat Leipoldt in Engeland reeds in die werk van Oscar Wilde en die Nineties weerspieël gesien het, in Nederland slegs merkbaar in die aflopende burgerkultuur en die opkomende proletariaat, gelei deur die Marxistiese Sociaal-Democratische Arbeiderspartij. | |
[pagina 170]
| |
Voor sy vertrek uit Londen skryf Ewald Esselen vir Leipoldt bekendstellingsbriewe aan president Paul Kruger en dr. Willem Leyds, staatsek retaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek, wat in daardie stadium in ballingskap op die Maliebaan in Utrecht gewoon het. Leipoldt moes ook vóór sy vertrek uit Londen na die kantoor van buitelandse sake gaan om amptelik verlof te kry om met ‘persone in vyandelike verkeer met Haar Majesteit se regering’Ga naar eind51 in verbinding te tree. In sy onderhoud met Leipoldt het lord Lansdowne, Britse minister van buitelandse sake, egter geen beswaar teen so 'n besoek gehad nie. Hy beskou, só was sy woorde aan Leipoldt, Leyds as 'n verstandige persoon en hy is nuuskierig om te hoor wat hy van die toestand dink.Ga naar eind52 Enkele weke vóór die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 is Leipoldt in Utrecht om met die president te gesels en om hom te beweeg om die een en ander vir die Britse koerante te sê. Dr. Abraham Kuyper, Nederlandse eerste minister, het kort tevore aan Lansdowne 'n brief gestuur om hom oor die vooruitsigte van vrede te pols. Leipoldt moes egter deur Leyds 'n afspraak maak. By sy aankoms in Utrecht is hy dadelik na Leyds se hotel. ‘Mnr. Bolman, sy sekretaris, wat elke verslaggewer van hom wou weghou,’ skryf Leipoldt, het my dan ook eers die gewone afjak gegee, maar Esselen se brief het my darem tot in die dokter se sitkamer gekry. Leyds, toe nog in die fleur van sy jare, het die indruk op my gemaak van 'n aantreklike, besonder goedgeklede en ietwat verfynde tipe, en met sy swart snor en stramme houding sou ek hom op straat beskou het as 'n militêr in burgerlike kleding. Wat my dadelik getref het, was sy welluidende stem en sy hoflikheid. Ofskoon hy daagliks deur verslaggewers lastig geval is en blykbaar nie geneigd was om iets aan 'n verteenwoordiger van 'n Engelse koerant mee te deel nie, het hy nie kortaf geweier om iets te sê nie. Heel hoflik het hy verduidelik dat dit vir hom onmoontlik was om op so 'n kritieke tyd 'n onderhoud toe te staan. En meneer Bolman, huiwerend soos 'n hoender wat na haar enigste kuikentjie kyk, het terloops binnegestap vir juis daardie oomblik afgesproke onderhoud met 'n meneer van dié of daardie gesantskap. Ek was jonk en taamlik voortvarend, en my ondervinding as verslaggewer het my geleer dat die sekretaris gewoonlik op so 'n manier sy baas behulpsaam is om van 'n ongewenste besoeker ontslae te raak, en ek wou tog so graag iets van dr. Leyds verneem wat ek na Londen | |
[pagina 171]
| |
kon telegrafeer, mitsgaders ook 'n onderhoud met die President, wat hy alleen vir my kon reël. Tydens die gesprek het Leipoldt Leyds leer ken as 'n geniale, sjarmante en veelsydige persoon wat met sy manier van praat 'n feitlik betowerende uitwerking op 'n besoeker gehad het. ‘Hy het die slag gehad’, skryf Leipoldt, ‘om op so 'n innemende manier sy saak voor te dra dat 'n mens onmoontlik kon twyfel aan sy openhartigheid.... Sy stipte noukeurigheid wat betref datums en besonderhede van gebeurtenisse - wat ook in sy geskrewe stukke opvallend is - het die indruk versterk. Daarby kon hy gemoedelik gesels oor allerhande bysake, en sy verhaaltrant was net so interessant en boeiend.’Ga naar eind54 Die volgende dag het Leipoldt Kruger in die klein huisie op die Maliebaan in Utrecht opgesoek, 'n afspraak wat ses uur lank geduur het.Ga naar eind55 Die ou president was verby die fleur van sy lewe en het dit betreur dat hy geen deel kon vorm van die vredesonderhandelinge by Vereeniging nie. Sy gesondheid, wat deur malaria ondergrawe is, was nie meer goed nie, sy oë was swak en hy is nie toegelaat om te rook nie, hoewel hy met sy pyp gesit en speel en dit selfs gestop het. Hy het die tabak vir Leipoldt aangebied en hom bruusk aangemoedig: ‘Rook, seun, rook! Hulle wil my nie toelaat nie, maar ek hou daarvan om 'n pyp aan die gang te sien.’ Hy het lewendig gesels, maar met die verstandhouding dat niks in koerante uitgelap mag word nie. In sy diep stoel het hy weggesak, 'n groot liggaam en 'n groot kop met 'n verrimpelde gesig en hangende lippe. 'n Mens kon hom moei- | |
[pagina 172]
| |
lik voorstel as die ratse atleet wat hy was of as 'n bekwame leier van mense vir wie persoonlikheid belangriker was as afkoms of kulturele kundigheid. Tydens die gesprek het daar egter in sy oë 'n blik van krag geflits en sy lae stem het gevibreer met die oorblyfsels van 'n hartstogtelike siel wat steeds ekstaties kon opstyg of ly en nie skaam was om sy gevoel te wys nie. 'n Afvaardiging van Duitse studente het ingekom met ruikers wildeviooltjies. Hy het strak geluister na 'n lang en gloeiende toespraak oor vryheid en hul simpatie vir die Boere. ‘Sê vir hulle ek bedank hulle’, het hy die tolk gevra om te vertaal. Toe die deputasie weg is, het hy die viooltjies op die tafel neergegooi, sy keil op die mat teruggesit en hervat waar hy opgehou het: ‘Soos ek gesê het, seun...’ Die president het ure lank, klaarblyklik met oorgawe, oor die verlede gepraat, omdat hy in Leipoldt 'n jong man voor hom gehad het wat 'n simpatieke en nuuskierige belangstelling getoon het in alles wat hy sê. Een van sy sekretarisse, mnr. Van Boeschoten, het in en uit die kamer beweeg. Kruger het egter elke tussenkoms kortaf afgeweer: ‘Wag, Van Boeschoten, wag! Ek het baie om aan hierdie jongman te vertel.’ Skielik het hy in die middel van 'n sin afgebreek en sy pyp opgeneem, net om te vertroetel. ‘Jy moet iets gaan kry om te eet,’ het hy gesê. ‘Jong mense moenie honger ly nie. Gaan eet en kom terug dat ons kan voortgaan.’ Leipoldt het geprotesteer en gesê hy het nie nodig om te eet nie. ‘Wat van uself, president...’ Die president het hom onderbreek: ‘Ek is 'n ou man. Ek neem net 'n koppie sop. Maar jy - gaan, of ek sal...’ Sy duim en voorvinger het aangedui hoe geniepsig hy Leipoldt sou knyp as hy enige ongehoorsaamheid aan gesag betoon. Leipoldt het ná afloop van sy gesprek met Kruger aantekeninge gemaak toe die onderhoud nog vars in sy geheue was. Oor sy aantekeninge sê hy die volgende in Bushveld doctor: They are interesting, and would have been doubly so at that time, when the negotiations that led up to the Vereeniging pact were pending, for he spoke freely, paying me the honour of trusting my word that, though a journalist, I would not publish anything he said. I have been told - I was told then by his entourage - that he was a broken old man, not to be compared to what he had been in his prime, but I saw little in him that betrayed senility, except the physical signs of advancing age, the slight tremor of the fingers, the fatigued slant of the head, and the weakened eyesight for which he had | |
[pagina 173]
| |
to use stronger glasses. His voice was sonorous and powerful, his vocabulary rich and forceful, his talk vivacious and interspersed with homely similes that reminded me of conversations with my father's elders. He was a rugged, rough-hewn, primitive old gentleman, with an innate courtesy and a certain indefinable charm of mannerism that were singularly attractive.... That is the memory of him that abides with me.Ga naar eind56 Terug in Londen het Leipoldt dit oorweeg om in Engels 'n boek oor Kruger te skryf. Waarskynlik het hy as gevolg van sy drukke werksaamhede in hierdie stadium nie veel daaraan gedoen nie. Veel later, in die dertigerjare, sou hy weer aan sy biografie oor Kruger werk maar dit nooit voltooi nie. Leipoldt se besoek aan Kruger en Nederland resoneer egter later in twee verse, al gaan dit vir hom in die eerste plek in albei oor die verbondenheid tussen die twee verwante lande. In ‘Die Maliebaan’, oorspronklik in Die Brandwag van 1 September 1916 gepubliseer maar eers postuum in Geseënde skaduwees gebundel,Ga naar eind57 skryf hy oor die besonder breë straat van die stad en sy pragtige Domtoring wat apart van die kerk staan. Die eerste drie strofes lui as volg: In Utrecht waar die Maliebaan
Die mooiste straat in Utrecht is,
Waar jy op die kanaal kan gaan
Vir palings in die water vis,
Daar staan die Domkerk ouerwets
Met Goties vensters, fyn bewerk,
Waarop die swaels die dag deur swets;
'n Deftige uitgedinkte kerk,
Waarvan die toring stokalleen
Verwyderd van die vlerke staan,
Net soos 'n kêrel op één been
Wat stilstaan op die Maliebaan.
By die lees dink 'n mens 'n oomblik by die aanvang van die tweede strofe dat Leipoldt die topografie van Utrecht maar sleg ken as hy die Domkerk op die Maliebaan plaas, tot jy besef dat die uitswaaiende bepaling die | |
[pagina 174]
| |
sinsbou vertroebel en hy in werklikheid die inset (‘In Utrecht...’) van die gedig hervat! Die alleenstaande toring van dié kerk word dan vir die spreker, in 'n stukkie eksplisiete didaktiek wat ongewoon vir Leipoldt is, beeld van die verhouding tussen die twee volke: En ons, of vlerk of toring, staan
Ver in die suide stokalleen,
En jy wat loop langs Maliebaan
Onthou ons is al droog gespeen.
Hoewel ‘In Amsterdam’ in Oom Gert vertel en ander gedigteGa naar eind58 soos ‘Die Maliebaan’ nie 'n onberispelike gedig is nie, bevat dit mooi momente, soos die atmosfeer wat by die inset geskep word met die spreker wat, ‘moedersielalleen’ in die vreemde, die veld van sy jeugwêreld terugmymer en die kontras wat hy só met die waaiende wind en rasende strate van sy onmiddellike omgewing opbou. Tog voel hy by die aanblik van dié ou stad 'n bewondering vir die grootse verlede van hierdie verwante volk: Vir tagtig jare het hul hier
Gestruikel in die duister rond,
Die dyke oopgebreek, die see
Gemaak tot bobaas van die grond,
Die land gedoop met vuur en bloed,
Die klei vir elke huis deurwerk
Met trane; so 'n stad sal staan
Vir ewig - want dié klei is sterk.
Die trotse bouwerk van die Nederlanders bring die mymerende spreker dan by die vraag wat van sy eie volk gaan word. Ook húlle, sê die sendelingkind met sy beklemtoning van arbeid en toewyding - 'n motief wat telkens in Leipoldt se poësie sal opduik - moet deur vlyt en harde werk iets opbou: En ons? Ons wil 'n nasie wees!
Ook agter ons lê vuur en bloed;
Ook ons het vir ons land gestort
'n See van trane - ja, dis goed!
| |
[pagina 175]
| |
Maar verder - wat? 'n Nasie word
Nie somaar soos die koring groot:
Dit moet deur werk, deur vlyt, deur smart,
Deur lewe ook word voortgestoot.
En die gedig word afgesluit met die bevestiging van die verbondenheid en van Amsterdam wat steeds oor sy siel ‘gesag’ het. Met sy terugkeer van die vasteland het Leipoldt nog enkele stukke vir die Manchester Guardian geskryf. Sy belangrikste letterkundige bydrae uit hierdie eerste paar maande in Brittanje verskyn egter in die Macmillan's Magazine van Junie 1902. Dit is die essay ‘Omar in an African vineyard’, waarin jeugherinneringe uit die wêreld van Clanwilliam in die uitbeelding van 'n hele gemeenskap pragtig saamgebind word. Tussen uitgawes van Shakespeare, Keats en 'n Franse boek beland daar in die pastoriebiblioteek ook 'n uitgawe van Omar Khayyám se Rubáiyát, ongemerk agtergelaat deur 'n ‘goddelose’ smous. Shakespeare, ‘having found favour even in that fold of strict Calvinism’, is opnuut in blou ingebind, maar die dominee het die werk van Omar bestempel as ‘a wicked book...which no Christian man should read because it made you discontented with your environment and rendered you callous to the natural consequences of your follies in this world and the next’. Tog was daar in die lemoenbome, die wingerd en die enkele palmboom iets Omaresks in die atmosfeer van hierdie dorp: A wealth of grenadellas twined over the wall, their dark blue and white flowers showing clearly against the snowy whiteness of the house to which they had attached themselves. Omar would have sat there, and made more quatrains, and drunk more wine, and talked his cheery philosophy to the native brats who ran about half naked playing with the ostrich chicks. Die Kwakergesinde inwoners van die dorp sou egter Omar se filosofie nie begryp het nie, selfs if you were to translate him into low Dutch and put footnotes to explain the historical allusions. Doubtless no one who cares for him could appreciate him in such circumstances. Willem Kloos writes exquisite sonnets, and Dr. Van Eeden is a poet to his fingertips, but it is no disparagement to them to say that they could not | |
[pagina 176]
| |
give us a translation of Omar if they tried. Holland must needs take the Tentmaker's philosophy in English or American, German or French, and it is the same with Africanders. But apart from the difficulties of language there are others; and the main one is this, that Omar and Calvin are incompatibles, although the latter, with predestination and foreordination writ large in his philosophy, might have put in a claim for kinship, and notwithstanding the fact that I have heard the Persian quoted in the City Temple. Tog is die Maleise waskilder, die inwoners van die pondokke en die skaapwagter by die rivier Omariste in hart en siel, al het hulle van die digter nooit gehoor nie: For they all followed his philosophy, they all lived their day, and when eventide came and they entered the Caravan for the dawn of Nothing they did so quietly, resiguedly, with no unnecessary bedside ceremony. Amadeus, the jet black Hottentot who cut the stone for such people as were unfortunate enough to be afflicted with that malady and simple enough to believe in his ancient methods, had his special proverbs which all his neighbours used, and the trend of every one was Omarwords. ‘Dry sticks are made to burn’ - ‘What did our good little Lord give you tears for but to weep?’ - ‘People will die so long as the hills shine blue’ - ‘You can't put a sweet potato together again when once you've cut it’ - and ‘Don't cry, we know all about it.’ It was the philosophy they had found practical all their lives long; it was one that suited them. Hoewel Leipoldt in hierdie essay sê dat Omar nie in Afrikaans of Nederlands reg sou klink nie en later sterk besware teen C.J. Langenhoven se omdigting sou hê, sou hy self, in Die Burger-Kersnommer van 1924, 'n sestiental ‘Verse van die tentmaker, Omar, die Persiese digter’ publiseer.Ga naar eind59 Dit is veral die carpe diem-filosofie van die Rubáiyát wat Leipoldt beïndruk het en sommige van sy vertalings uit FitzGerald is glad nie onaardig nie: Sodra die môrerooi die ooste kleur,
En eer jy nog die son se goud bespeur,
Staan op: dis dag, en met die dag se lig
Bruis op die wierook van die wyn se geur.Ga naar eind60
| |
[pagina 177]
| |
Die aand van Sondag, 1 Junie 1902, bereik die nuus van die Vrede van Vereeniging Brittanje. In sy uitgawe van 2 Junie berig die Manchester Guardian oor hoe Londen die nuus ontvang het: From many churches and chapels the people came out at the end of the service to see knots of revellers breaking the calm of Sunday evening, and the word ‘Peace’ quickly passed from mouth to mouth. The congregations joined the revellers. The roofs of the hotels in the West End flamed with gas torches. Her Majesty's Theatre was lit up as if for a performance, and the turret of the National Liberal Club was gay with coloured electric lights.... Out in the street...were all the usual phenomena of rejoicing. Vendors of flags, with a quick adaptation to circumstances worthy of emulation by those in higher walks of commerce, had come out from their native haunts of court and alley with bundles under their arms; but the bundles soon went. Boxes of ‘favours’ were quickly sold, and it was a point of honour with every passer-by to carry one or the other.... The police stopped all traffic along the streets which converge at the Bank, and the cheering revellers, waving their flags, had it all to themselves. The horses in the cabs and omnibuses carried tiny Union Jacks in their harness, and their drivers used flags on whips. Elders in dieselfde uitgawe word vertel hoe the Lady Mayoress and her young daughter attached the ends of a large streamer bearing in red lettering the significant message ‘Peace is proclaimed’ to the pillars of the historic façade (of the Mansion House). People rushed to the spot from the side streets, the Tube subways, and passing vehicles, cheering wildly. The passengers on the outside of the buses rose and waved their hats, handkerchiefs, and umbrellas, and broke into lusty hurrahs, being joined by the stentorian shouts of the drivers and the conductors. In 'n brief van 4 Junie 1902 aan Harry Bolus skryf Leipoldt dat hy baie bly is dit is alles verby, al meen hy dit sou verstandig gewees het indien Brittanje 'n sekere mate van onafhanklikheid op streng voorwaardes aan die Boere kon gebied het. ‘The news of peace’, skryf hy, ‘was very well received here. As you will see from the papers the rejoicings were great | |
[pagina 178]
| |
- almost excessive, and showed how great the strain had been and how eager was the country for some definite settlement that would relieve it.’Ga naar eind61 Opmerklik is dat Leipoldt, miskien uit respek vir Bolus, wat van die begin af teen die oorlog en Kruger se politiek gekant was, sy ware gevoelens vir sy veel ouer mentor en weldoener verswyg. By die nuus van die vrede het hy sterk gevoelens gehad oor die onbillike bedeling en die onreg van die oorlog waardeur so baie lewens tot 'n einde gekom het. Die uitbundige feesvierings betrag hy met 'n wrange ironie in sy monoloog ‘Vredeaand’, saam met ‘Oom Gert vertel’ die ander groot oorlogsgedig in sy eerste bundel. Die gejuig van die skare, die vreugdevolle ‘hoerê’-uitroepe en die waaiende vlae waaroor die Manchester Guardian berig, resoneer in die eerste strofe van dié gedig:Ga naar eind62 Dis vrede, man; die oorlog is verby!
Hoor jy die mense skreeu, die strate vol?
Sien jy die hele wêreld is op hol?
Kom, hier's 'n bottel soetwyn; laat ons drink!
Ons het ons nasie in die see gesink;
Ons het geen land meer nie; dis klaar met Kees!
Dis vrede nou! Kom skreeu - of is jy hees
Van lag? Nou, lag maar, want die storie's uit:
Ons nasie's weg, ons kan daarna maar fluit!
Drink, drink jou glas! Die son skyn deur die wyn -
Is dit te soet, of smaak dit soos asyn?
Nou ja, dan kom hier by die venster staan
En skou met my al die gedoente aan.
Daar waai die vlag, daar word hoerê geskree:
Die aandeelmark rys weer, en ons daarmee!
Wat is ons land teenoor die aandeelmark?
Wat 'n kanarievoël teenoor 'n vark?
'n Lelieblom teenoor 'n stronk tabak?
Ons nasie, wat so wild was, is nou mak
En kan getrein word soos 'n jong bob'jaan,
Wat, as hy steeks is, jy weer goed kan slaan.
Hoerê! hoerê! Skreeu saam met my:
Dis vrede nou; die oorlog is verby!Ga naar eind63
| |
[pagina 179]
| |
IVReeds met sy terugkeer van die vasteland het Leipoldt gevoel dat hy, hoewel hy heerlik by die twee ou dames in Gower Street gewoon het, vir hom nog goedkoper losies moes kry. Op 'n dag stap hy in sy onmiddellike omgewing rond en besigtig die hospitaalkompleks naby Queen's Square. By een van die huise sien hy 'n kennisgewing in Nederlands: ‘Kamer te huur.’ Hy klop aan en 'n Vlaamse mevrou maak die deur oop. ‘Mevrouw’, sê hy, ‘u heeft een kamer te huur. Ik zoek een kamer.’ ‘Ik denk ik houd van je’, was haar antwoord. Só het dit gekom dat Leipoldt van Mei 1902 op Queen's Square by die familie Van Andel begin woon het. Mnr. Van Andel, een van die bekendste wynbeoordelaars in Engeland, was 'n baaskok en wynkenner en het saam met vriende een maal per maand bymekaargekom om buitengewone geregte en wyne uit te toets. By hulle het Leipoldt hom gou aangesluit en begin om saam met sy hospes in die kombuis te eksperimenteer en goeie wyne te proe.Ga naar eind64 In Junie 1902 vergesel Leipoldt die kinders van Ewald Esselen na 'n spa naby Androssan aan die Skotse weskus. Daar loop hy oor die hoogland en versamel plante. ‘The may is in full bloom’, skryf hy op 4 Junie 1902 aan Bolus, ‘...and amongst the wet grass I have gathered quite a big nosegay of violets, white sorrel and some cruciferous plant that seems like our Heliophilas.’Ga naar eind65 Hy besoek Loch Lomond en ander dele van die merestreek wat sir Walter Scott in ‘The lady of the lake’ beskryf, 'n gedig wat Leipoldt uit een van sy eerste Engelse boeke, Gems from English writers, ken en waarvan hy groot dele uit die hoof geleer het. Die Skotse hoofstad, Edinburgh, vind hy die mooiste stad van die Britse Eilande, maar hy hou nie besonder baie van die Skotte self nie. Wanneer die Esselens hom 'n rukkie later nooi om saam te gaan na Hastings, die kusdorp waar die ruïne van die ou kasteel van Willem van Normandië te sien is en waar die beroemde Slag van Hastings in 1066 plaasgevind het, neem hy dit gretig aan. Saam met prof. Alfred Bodkin van Kaapstad, wat op besoek aan Brittanje is en saam met wie hy en Friedrich Kolbe haas iedere naweek gebotaniseer het, gaan hy op 'n staptoer oor die kalkheuwels van Dorking in Surrey. Leipoldt vind die Engelse landskap pragtig. In 'n brief van 13 September 1902 skryf hy aan Bolus: ‘It has been a wonder and a delight to me, your English country, first with its fresh green and its hedges of scented hawthorns and wild cherry and now in summer with its wealth of flowers and grasses.’Ga naar eind66 Saam met Bodkin | |
[pagina 180]
| |
versamel hy naby Londen orgideë. Hy hoop om met sy botaniese belangstelling voort te gaan en die nukleus van 'n versameling op te bou.Ga naar eind67 Kort na sy aankoms het Leipoldt begin besef dat hy wel in Brittanje 'n bestaan as vryskutjoernalis sou kan maak, maar dat dit met die baie beskikbare joernaliste 'n harde stryd sou wees.Ga naar eind68 Wanneer die Anglo-Boereoorlog verby is en sy kennis van Suid-Afrikaanse omstandighede en die oorlog nie meer vir die Britse pers aktueel sou wees nie, sal sy posisie nog moeiliker raak. In elk geval was dit van sy kinderjare af sy begeerte om in die medisyne te studeer en hom as arts te bekwaam, maar hy het gemeen dat hy die groot uitgawe aan die jare lange studie nooit sou kon bekostig nie. Reeds voor sy vertrek het Bolus aangebied om hom in sy studie finansieel te steun. Leipoldt het egter nie daarvoor kans gesien nie, al het hy sy vriend laat verstaan dat hy onderweg na Londen nog oor die aanbod sou nadink. Met sy joernalistieke werk vir die groot aantal oorsese koerante het hy 'n neseiertjie opgebou en ook Bolus se raad gevolg en 'n polis vir £500 by die Ou Mutual uitgeneem. In sy brief van 8 Maart 1902 uit Londen skryf Leipoldt aan Bolus dat hy intussen diep oor die saak nagedink het. Indien Bolus nog bereid is om hom die geld te leen, sal hy hom graag in Londen by Guy's Hospital as mediese student wil inskryf. Hy benodig £700 oor vyf jaar vir dié studie. Self beskik hy oor £200 wat hy in die drie jaar as joernalis kon spaar, sodat 'n lening van £500 hom in staat sal stel om die studie te voltooi. Dit is moontlik dat hy 'n beurs kan wen, maar daarop kan hy nie reken nie. Indien Bolus hom dus £500 teen 6% rente kan leen en dit halfjaarliks of kwartaalliks kan betaal, sal hy by Guy's kan begin studeer. Die enigste sekuriteit wat hy kan aanbied, is sy polis by die Ou Mutual. In antwoord op hierdie brief onderneem Bolus in 'n brief van 2 April 1902 dat hy sal help soos hy beloof het. Hy wil nie hê iemand in Kaapstad moet iets van die saak weet nie. Hy leen die geld rentevry en Leipoldt kan die kapitaal na goeddunke en met verdrag terugbetaal. Indien hy seker was dat hy Leipoldt se studietydperk sal oorleef, sou die saak aansienlik makliker gewees het. Daarop kan hy op sy ouderdom egter nie reken nie. ‘At present,’ skryf Bolus, ‘it seems to me that the only way out of the difficulty is for me to deposit in your name the whole sum in a Bank here on Fixed Deposit, for a year certain, for which I may get 3½ or 4 per cent interest. Just before the year expires you could write to the Bank to remit your £100 and renew the £400 (or whatever you need) - and this could continue so long as it lasted. But the annual interest which accrues you | |
[pagina 181]
| |
could instruct the Bank to pay to me or my Executors, here (so as to save a double remittance)...’Ga naar eind69 Hy vra dat Leipoldt die Ou Mutual moet versoek om sy lewenspolis aan Bolus te sedeer. Hy skryf dit alles, omdat hy nie wil hê Leipoldt moet sy besluit langer uitstel nie en hom onmiddellik as student moet inskryf. Hy hoop Leipoldt sal probeer om die Londense M.D. te behaal, ‘wh. seems to me the “blue ribbon” of the profession and most highly esteemed’. In 'n verdere brief van 15 April raai hy Leipoldt aan om nie te veel oor die politieke toestand in Suid-Afrika na te dink en daaroor te skryf nie. ‘I fear’, skryf hy, ‘you may become much absorbed in them, but you will no doubt reflect that there is some truth in the Biblical injunction “No man can serve two masters” and you will have made a choice in entering at Guy's. Pro-Boerism is but a phase and the S.A. War but an episode. Medicine, as an art and a science will last as long as human ignorance, and human evil-nature, - and how long will that be?’ In sy brief van 7 Mei 1902Ga naar eind70 skryf Leipoldt dat hy op die oomblik nog steeds heelwat artikels vir koerante soos die Manchester Guardian, die Daily News en die Telegraph Chronicle skryf, maar dat dit meestal oor die oorlog en die onlangse gebeure in Suid-Afrika handel. Hy wil nou sy hand waag aan ‘longer and less ephemeral work for the monthlies on questions of more lasting and more literary importance.’ Hy is egter baie dankbaar dat Bolus hom finansieel gaan steun en hy hierdie efemere werk kan los. ‘I am not a politician’, skryf hy. ‘Circumstances, not choice, made me a political journalist, and when I begin medicine I shall hail the day as one of emancipation from that profession. Never fear I shall serve two masters.’ In antwoord hierop stuur Bolus op 4 Junie 1902 aan Leipoldt 'n formele brief, ‘renouncing all legal rights to repayment of both capital and interest - thus placing myself entirely in your hands - and leaving you free as I hope from any pecuniary anxieties, and enter on and pursue your studies’. Hy wil nie hê Leipoldt moet enige rente betaal nie; dit is die enigste skenking wat hy maak. Hy hou daarvan om te hoor dat Leipoldt by die aanvang van sy professie as dokter nie aan die joernalistiek sal meedoen nie. ‘Theoretically’, skryf hy, ‘journalism should rank almost as high as medicine, but practically or as we know it today I fear it is very far below what it should be.’ Wat Leipoldt en Bolus in hierdie stadium nie kon geweet het nie, is dat omstandighede Leipoldt júís in die toekoms daartoe sou bring om medisyne en joernalistiek op so 'n wyse met mekaar te versoen dat hy Suid-Afrika se belangrikste mediese joernalis sou word! In sy brief van 7 Mei skryf Leipoldt dat hy hom nog dieselfde dag as | |
[pagina 182]
| |
mediese student gaan inskryf. Klaarblyklik was sy aanmelding egter te vroeg, aangesien die wintersemester eers in September sou begin. In elk geval het die Algemene Mediese Raad vereis dat hy eers 'n toelatingseksamen aflê. As hy hom vir die Londense M.D. wou inskryf, moes hy buitendien eers die Londense matrikulasie-eksamen in Januarie 1903 slaag. Vir Leipoldt, op sy ouderdom en in sy omstandighede, was die verwerwing van die Londense matrikulasie 'n besonder moeilike aangeleentheid. In sy brief van 4 Junie aan Bolus skryf hy dat hy nooit 'n openbare skool bygewoon het nie. In matriek het hy goeie punte in tale en fisiologie behaal, maar wiskunde net-net deurgekom. Vir die staatsdienseksamen het hy nog beter punte in Engels en Nederlands behaal, maar wiskunde gedruip. ‘Otherwise’, gaan hy voort, ‘I have had no experience of examinations and my home study while very full in some subjects has been lamentably deficient in others. Above all home study is apt to make a pupil an erratic worker - not a steady grinder.’Ga naar eind71 In die lig van hierdie omstandighede en voorskrifte werk Leipoldt dus vanaf Mei aan fisika en chemie en begin hy hom geleidelik vir die Londense matrikulasie-eksamen voorberei. Aan die begin van September 1902 betaal hy sy gelde en skryf hy hom by Guy's as mediese student in. ‘I view medicine through rose-pink glasses because I know so little about it’, skryf hy reeds op 4 Junie aan Bolus.Ga naar eind72 |
|