Leipoldt. 'n Lewensverhaal
(1999)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 101]
| |
Hoofstuk IV
| |
[pagina 102]
| |
berries, and the far horizon of the sea, broken by the outline of Robben Island round which the merchant-men passed on their way to England ...’Ga naar eind6 Hierdie ervaring, so skryf Leipoldt in Stormwrack, was vir Quakerley ‘important factors in shaping his aesthetic education’Ga naar eind7 - en dieselfde sou vir Leipoldt geld. In die komende jare sou hy in sy skeppende werk van hierdie omgewing gebruik maak en telkens sou die stad met sy Tafelberg in sy poësie figureer. In ‘'n Voorspel vir 'n Afrikaanse heldedig’, die lang gedig waarmee sy bundel Uit drie wêrelddele open, spreek hy Tafelberg aan as ‘die kroon van Tafelbaai’: Kan hy oor wie as kind jou skadusleep
Gekruip het in sy slaap, geduldig wag
Sy laaste sluimer in 'n vreemde land?
Kan hy wat eens bo op jou tafelbank
Gestaan het in die sonskyn en die baai
Vol skuim van dooie branders en vol wrak
Gesien het - ná die ru suidoostewind
Die rotse van Drieankerbaai verbreek
En Groenpunt-strand verpes het met die oes
Van seebamboes en blare uit die see -,
Die Kaap waarvan jy kroon is, ooit vergeet?Ga naar eind8
Met sy vestiging in Kaapstad kon Chris naas die plantkunde ook sy belangstelling in allerlei kossoorte en die gastronomie verder uitbrei. Hoewel die kos in die meeste hotels en restaurants van Kaapstad meestal volgens Europese modelle opgedis is, was daar teen die eeuwisseling met Chris se aankoms tog enkele uitsonderings. Onder hulle was daar die Royal in Pleinstraat wat soms met iets besonders vorendag kon kom. Die restaurant wat Leipoldt egter later veral vir sy Kaapse geregte uitsonder, is ou meneer Haylett se beroemde White House in Strandstraat. In dié tyd, so skryf hy in De Volkstem van 14 Desember 1923, ‘met 'n dieretuin in die agterplaas, waar jy gestreepte silwer fisante, papegaaie, 'n half dosyn soort apies, 'n kwagga, 'n boomslang...(en allerlei ander) snaakse diere kon te sien kry’. Die ete daar was altyd Kaaps en uitstekend voorberei. Vyftig jaar later, as hy vir Die Huisgenoot die rubriek ‘Kelder en kombuis’ behartig, onthou Leipoldt nog die voortreflike tafel: ‘Selfs by die agtuur kon 'n mens daar sosaties met die gebruiklike gebraaide piesangs en 'n sestal verskillende sambals kry. Die middagete was veral smaaklik, en op | |
[pagina 103]
| |
die lys van skottels kon die kenner soms lekkernye soos raap-en-tamatiebredie, kerrie-kreefsop, saffraan-bobotie met amandels en rosyntjies, en gestoofde veldkool teëkom. Onder die soet geregte was daar een wat elke plattelander en menige Kapenaar hoog geskat het - die dun sappige, geurige pannekoekies met 'n heerlike sous van eier, room en Van der Hum daaroor.’Ga naar eind9 In dié tyd het Leipoldt die kombuise van die White House en die Royal besoek en van die voortreflike Moslem-kokke iets van die Oosterse aanslag geleer. Van vroeg af was hy geïnteresseerd in allerlei kruie wat bepaalde geregte lekkerder kon laat smaak en in die medisinale waarde van sommige bossies. Kort voor sy dood kon hy nog onthou hoe in sy jong dae op die ou ‘Kleinhandel Mark - daardie mooi, koel, amper oosterse gebou, met sy altyd spuitende fontein waarin waterskilpaaie geswem het en waar die ou Slamse motjies allerhande goed wat eetbaar en oneetbaar was, goedkoop van die hand gesit het -’Ga naar eind10 dikwels allerlei bondeltjies boegoe op die uitstaltafels te koop was. Aan Lawrence Green kon hy by geleentheid vertel dat 'n mens in dié jare seekoeivleis op die mark in Darlingstraat kon kryGa naar eind11 en in sy ‘Kelder en kombuis’-rubriek sê hy dat klipkous destyds vir ‘'n appel en ei’ op die Kaapse vismark beskikbaar was.Ga naar eind12 Of Leipoldt reeds in hierdie jare self seekoei of klipkous berei het, is egter onbekend. Later sou hy in elk geval vir niks stuit wat gaargemaak kon word nie! Met sy aankoms in Kaapstad moes Chris met sy finale voorbereiding vir die staatsdienseksamen begin. In dié eksamen, wat hy in sy eerste Desember in Kaapstad aflê, vaar hy veel beter as in die matrikulasie-eksamen die vorige jaar, al is sy uitslag in Rekenkunde (122 punte uit 300) nie goed nie. Hy behaal vir ‘Official Letter Writing’ 112 punte uit 125 en vir ‘Essay’ 'n volle 75 uit 75. Hoewel hy uit geldnood nie voltyds kon studeer nie, skryf hy hom daarna deeltyds vir die Intermediêre B.A. by die University of the Cape of Good Hope in. As gevolg van sy probleme met Wiskunde en Rekenkunde, wat daarvoor 'n vereiste was, slaag hy nie die eksamen nie. Met die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Koningin Victoriastraat 'n hanetreetjie van hom af kon hy egter nog meer verwoed en veelsydiger as tevore begin lees. Hy het nou dieper kennis gemaak met uiteenlopende wysgerige rigtings: aanvanklik meer met Locke en Mill, daarna met die ekonomiese filosofie van Seligmann.Ga naar eind13 In die boekwinkel van Van de Sandt de Villiers was naas Vondel en De Genestet ook van die indertydse nuwe Nederlandse poësie en prosa te koop. Só leer Chris die werk van Perk, Kloos, Van Eeden, Van Deyssel, Verwey, Couperus en Hélène Swarth | |
[pagina 104]
| |
ken, laasgenoemde volgens sy eie mededeling die digter wat later invloed op sy sonnette sou uitoefen.Ga naar eind14 In dieselfde boekwinkel sien hy ook uitgawes van Racine en Baudelaire. Kort ná sy aankoms in Kaapstad het Chris betreklik gou weer die vriende begin opsoek met wie hy vroeër reeds in aanraking was, aanvanklik meestal ouer mense wat in die plantkunde belang gestel het. In die geselskap van Harry Bolus het hy dikwels met Rudolf Marloth gesels. Na sy aanvanklike kennismaking met hom as jong seun, waartydens Marloth se kortaf houding en bruuske manier van praat vir hom 'n bietjie beangstigend was, het Chris hom nou leer ken ‘as 'n uiters vriendelike, doodeerlike, gewetensvolle, wetenskaplik aangelegde natuurondersoeker, wat, ofskoon sy werklike vak skeikunde en mineralogie was,...(hy) plantkunde, met plantebiologie as byvak, as liefhebbery geneem het’.Ga naar eind15 Bolus het in hierdie jare reeds in sy herehuis Sherwood in Kenilworth gewoon, die voorstad waar Leipoldt hom ook jare later - nie ver van Sherwood af nie - sou vestig. Bolus was bekend as een van die ondernemendste direkteure van die Ou Mutual en 'n welgestelde makelaar,Ga naar eind16 maar was ook ‘'n man van hoë kulturele ontwikkeling, 'n liefhebber van die letterkunde en 'n hartstogtelike versamelaar van Suid-Afrikaanse plante’,Ga naar eind17 waarvoor hy reeds in dié jare internasionale status verwerf het. Hy was besig om sy Bolus-herbarium, wat later by Kirstenbosch en nog later by die Universiteit van Kaapstad gehuisves sou word, uit te brei. Die vriendskap tussen Bolus en Leipoldt het in hierdie jare verdiep. In briewe uit Londen, wanneer hy met sy mediese studie besig is, herinner Leipoldt Bolus later aan die baie ure saam in die herbarium, in die biblioteek van Sherwood en aan hulle wandelinge teen die berg op Sondagoggende wanneer hy van sy joernalistieke verpligtinge kon wegkom. Van die boeke waaraan Bolus hom voorgestel het, soos W.S. Landor se Imaginary conversations,Ga naar eind18 kon Leipoldt in Londen aanskaf en lees. Wanneer Andrew Quakerley in Stormwrack terugdink aan sy wandelinge saam met Johann Franz Drège, 'n internasionaal bekende botanikus wat die Kaap in die negentiende eeu besoek het, is dit 'n kwalik verhulde vermomming vir Leipoldt se eie ervaring saam met Bolus: ‘In later life Andrew Quakerley, when he could be induced to speak about himself, referred with some amount of excusable pride to the fact that he had strolled, on one memorable Sunday afternoon, with Johann Franz Drege up the slopes of the Devil's Peak, where the great botanist, who ranks next to Thunberg and Burchell in the history of Cape botany, had enlightened him, frankly and unaffectedly, | |
[pagina 105]
| |
about the mysteries of sex with the example of a silver tree and a fir cone.’Ga naar eind19 In 1899 het Lulu Kensit, Bolus se niggie wat later met sy seun Frank sou trou, haar by haar oom aangesluit om hom met sy navorsing te help. Só het Chris kennis gemaak met Lulu, 'n vrou met wie hy lewenslank bevriend sou bly. Reeds in hierdie jare kon sy nougeset op klein besonderhede let en nuwe plante akkuraat beskryf, 'n eienskap wat haar later internasionale roem as kenner van Kaapse plante sou besorg.Ga naar eind20 Op Clanwilliam in die pastorie het Chris al 'n ander persoon ontmoet vir wie hy nou beter leer ken het, naamlik Friedrich Carl Kolbe, Rooms-Katolieke priester van Kaapstad, wat later, in 1921, van die pous die titel monseigneur sou ontvang. Kolbe was bekend as briljante joernalis, skrywer en digter en iemand wat ook groot aansien as botanikus geniet het. ‘My indruk destyds,’ op Clanwilliam, skryf Leipoldt later, ‘was van 'n lang, skraal, gladgeskeerde kêrel, wat altyd aan die praat was en wat besonder baie belang gestel het in die vesting werke wat my broer en ek anderkant die sluis gebou het om later “Franse teen Duitsers” te speel. Ons het geen buskruit gehad nie, en die besoeker het ons gewys hoe om 'n min of meer deeglike substituut daarvoor te kry deur swawel met kaliumchloraat te meng.’Ga naar eind21 Daarna het Chris hom tydens die sinodesittings weer ontmoet in dr. Daniel Hahn se studeerkamer, waar Kolbe hom oor die professor se mooi versameling minerale les gegee het. Van 1898 af het hulle mekaar dikwels in Kaapstad gesien. Saam met Kolbe en sy vriend prof. Alfred Bodkin het Chris byna elke Saterdagmiddag op die Kaapse Vlakte gaan botaniseer. Tydens dié uitstappies het gesprekke en argumente oor die een of ander stelling of opvatting nie uitgebly nie. ‘Ek was,’ skryf Leipoldt, ‘soos elke jongeling van dié ouderdom, astrant-nuuskierig en het soms vrae gestel - oor die Onbevlekte Ontvangenis en die Pouslike Onfeilbaarheid, of oor een of ander netelige punt waaroor ek uit Multatuli se Ideën of Christlieb se Moderne Glaubenszweifel ammunisie versamel het - wat 'n minder geduldige persoon sou genoop het om my kortaf op my plek te sit. Maar Kolbe het nooit sulke vrae ontwyk nie en het altyd sy eie standpunt verdedig met openhartige beslistheid en in 'n taal wat die moeite werd was om na te luister. Sy veelsydigheid het hom 'n taamlik grondige kennis gegee van al die natuurwetenskappe, en ofskoon hy nooit daarop aanspraak gemaak het om aangesien te word as 'n gesaghebbende nie, was hy tog 'n goeie kenner van plante, goggas, diere en gesteente. Hy was 'n hartstogtelike versamelaar en op sy togte na die buitedistrikte het hy altyd iets goeds | |
[pagina 106]
| |
huistoe gebring vir sy vriende dr. Purcell, dr. Péringuey of dr. Bolus - vir eersgenoemde “kruipende gedierte” soos spinnekoppe (een van ons mooiste jagspinnekoppe dra sy naam), vir die tweede kewers of iets deur die voorlopers van die Boesmans afgewerk, en vir die derde plantesoorte, waaronder baie nuwes, sommiges waarvan ook sy naam dra.... Bowe alles het hy 'n innige liefde vir die natuur gehad. Hy was vertroud met die plante en diere, veral die voëls, van die Skiereiland en kon daaroor ure lank gesels.’Ga naar eind22 Baie van hierdie vriende het Chris in een van die hotels of restaurants van Kaapstad ontmoet en oor 'n ete lekker gesels. In Haylett se White House in Strandstraat het hy ook van die politieke persoonlikhede van die tyd teëgekom. Onze Jan Hofmeyr was bekend as die onbetwiste leier onder die Kaapse Afrikaners. Hofmeyr wou, behalwe 'n kort tydjie in die negentigerjare, nooit 'n kabinetspos beklee nie, maar het verkies om sy party deur bondgenootskappe met opeenvolgende premiers in die regering te betrek. Deur John X. Merriman is hy beskryf as die Mol, ‘an industrious little animal ...You never see him at work, but every now and then a little mound of earth, thrown up here or there, will testify to his activities.’Ga naar eind23 Aangesien die bynaam van tóé af bly steek het, was dit 'n spitsvondigheid waaroor Hofmeyr gekwets gevoel het. Hy het teengekap met die uitspraak dat Merriman die soort mens was ‘who would sell his party for a phrase’.Ga naar eind24 Hofmeyr en Merriman het nie van mekaar gehou nie, miskien omdat hulle baie verskil het wat geaardheid betref. Merriman was pragmaties, impulsief en primêr 'n parlementariër; Hofmeyr 'n ideologiese leier met langtermynplanne wat hy versigtig opgestel het.Ga naar eind25 Met die verkiesing van 1898 kom die Bond-meerderheid aan die bewind met die jong regsgeleerde W.P. Schreiner, broer van die skryfster Olive Schreiner, as premier en met Merriman en die meesterlike debatteerder J.W. Sauer as kabinetslede. Met al hierdie mense sou Leipoldt in die White House kennis maak. Dié restaurant het 'n eg Afrikaanse atmosfeer gehad en het onder die persoonlike beskerming van 'n paar beginselvaste Bondsmanne gestaan. Van tyd tot tyd het die Bondsmanne egter ook mense van die teenparty - soos Cecil John Rhodes, sir James Sivewright, James Logan, S.J. du Toit en D.C. de Waal - genooi om van die geregte te kom proe.Ga naar eind26 Naby die restaurant was die pragtige Kaaps-Hollandse huis van Marie Koopmans-de Wet waar Chris dikwels 'n besoeker was. Sy het 'n leidende rol onder die Afrikaners van Kaapstad gespeel, en haar huis was, soos Karel Schoeman dit | |
[pagina 107]
| |
stel, ‘the closest approximation to a European salon South Africa was ever to know’.Ga naar eind27 'n Mens kan aanvaar dat Leipoldt hierdie sfeer aangevoel en waardering daarvoor gehad het. | |
IIReeds in Oktober 1898 het Chris aan Harry Bolus uit Clanwiliam geskryf dat hy om finansiële redes sy besoek aan Kaapstad nie as 'n blote vakansiereis kon gebruik nie.Ga naar eind28 Klaarblyklik, so lees 'n mens tussen die reëls, het hy reeds uit Clanwilliam om 'n betrekking aansoek gedoenGa naar eind29 en was hy veral in 'n joernalistieke pos geïnteresseerd. Wanneer hy in sy brief van 4 Oktober 1898 aan Bolus praat van 'n ‘application’Ga naar eind30 waarop hy nog geen antwoord ontvang het nie, verwys dit na alle waarskynlikheid na 'n aansoek by die Cape Times. Die Cape Times was per slot van rekening die koerant wat sy brief oor die rassevraagstuk in 1896 gepubliseer het en wat daarmee 'n prominente polemiek en 'n klein opskudding ontketen het. Met sy vertrek uit Clanwilliam het hy egter nog geen aanbod van die Cape Times ontvang nie. Waarskynlik was daar by dié koerant nie 'n vakature beskikbaar nie. Ná aflegging van die staatsdienseksamen het Chris verdere aanstaltes gemaak om hom in die joernalistieke wêreld te vestig. By The Cape Argus was daar ook geen vakature nie en het die redakteur hom aangeraai om by Ons Land aansoek te doen.Ga naar eind31 Só het hy kennis gemaak met F.S. Malan, die knap redakteur van dié koerant en die persoon wat twee jaar tevore skerp op sy Cape Times-stuk gereageer het. ‘Toe ek hom vertel’, skryf Leipoldt later in ‘My jubileumjaar’, ‘dat ek die meneer is wat hy eenmaal so kwaai aangeval het en dat ek destyds 'n onmondige seun was, het hy my eers 'n bietjie ongelowig aangestaar, en toe het ons altwee uitgebars van die lag.’Ga naar eind32 Hy en Malan het gou goeie vriende geword, maar ongelukkig was daar ook by Ons Land nie 'n vakature nie. Malan het hom egter na die ander Hollandse blad in Kaapstad, De Kolonist, verwys. Dáár kon Chris geholpe raak en as junior verslaggewer - hy dui dit self aan as ‘loopjonge’Ga naar eind33 - aangestel word. De Kolonist se onmiddellike voorganger was Het Dagblad, wat in 1896 opgerig is deur ds. S.J. du Toit, in die sewentigerjare die leier van die Afrikaanse Taalbeweging en in die tagtigerjare superintendent van onderwys in die Zuid-Afrikaansche Republiek. Omdat hy nie met Paul Kruger kon stryk nie, keer hy in die negentigerjare terug na Dal Josafat, waar hy hom | |
[pagina 108]
| |
wy aan sy Bybelvertaling en van waar hy ook joernalistieke werk vir 'n Paarlse koerant behartig. Tydens sy werk aan Het Dagblad het hy gewoon in 'n klein kamertjie in Kaapstad agter die redaksionele kantoor, afgesluit deur 'n afskorting.Ga naar eind34 Het Dagblad was die enigste Hollandse koerant wat elke dag - Sondae uitgesonderd - verskyn het. Du Toit was in hierdie jare weens sy sterk steun vir die beleidsrigting van Rhodes taamlik uitgebak in Afrikanerkringe. Hoewel dit nooit met sekerheid vasgestel is nie, was dit 'n openbare geheim dat Du Toit, wat dit in hierdie jare nie breed gehad het nie, dié koerant alleen met die finansiële steun van Rhodes kon uitgee.Ga naar eind35 Rhodes was per slot van rekening ná sy aandeel aan die Jameson-inval in onguns by die Afrikaners en dit het hom gepas om 'n Hollandse blad te steun wat vir sy beleid en vir hom propaganda maak. Die koerant was dan ook sterk pro-Rhodes en imperialisties gesind, opgerig met die uitdruklike bedoeling om 'n ander politieke standpunt te stel as dié van Burgstraat - waar Ons Land gesetel was.Ga naar eind36 In die loop van 1898 is Het Dagblad gestaak en het dit in 'n ander gedaante en onder die naam De Kolonist voortbestaan, nou met slegs drie uitgawes per week en onder redaksie van dr. James Vrolik, ‘'n eksentrieke Hollandse regsgeleerde’.Ga naar eind37 Met 'n betrekking verseker, het Leipoldt vir hom in die Bo-Kaap by 'n Moslem-gesinGa naar eind38 'n bekostigbare kamer gehuur wat buitendien gerieflik binne loopafstand van De Kolonist se kantore in Breestraat 52 was. Voor hom, terwyl die koerant nog as Het Dagblad bekend was, het Jannie de Waal, indertyd reeds as advokaat werksaam, elke namiddag tussen vieren vyfuur ingekom om Du Toit se inleidingsartikel - wat in albei landstale gepubliseer is - vir die volgende uitgawe in Engels te vertaal. Anders as sy vader, D.C. de Waal, een van die direkteure van Het Dagblad, was Jannie in hierdie jare 'n oortuigde ondersteuner van Hofmeyr se Afrikanerbond. Aanvanklik was hy huiwerig om 'n deeltydse baantjie by De Kolonist te aanvaar, omdat hy 'n botsing met Du Toit gevrees het. Tog het hulle goed met mekaar gestryk. In My herinnerings van ons taalstryd skryf hy dat Du Toit ‘vriendelik en inagnemend’ teenoor hom was, al het De Waal ‘oor staatkundige vraagstukke ... geen redenasie met ... (hom) gesoek nie’.Ga naar eind39 'n Mens kan aanvaar dat De Waal en Leipoldt se paaie by die redaksiekantore sou gekruis het, al is die Engelse hoofartikels in De Kolonist eers van Augustus 1899 af hervat. Wat Leipoldt in dié jare van De Waal en sy werk gedink het, blyk nêrens uit sy latere geskrifte nie. Oor Du Toit is hy egter uitgesproke negatief. ‘As agttienjarige jongeling,’ skryf hy in 1947 | |
[pagina 109]
| |
kort voor sy dood, ‘het ek kennis gemaak met wyle ds. S.J. du Toit, destyds beskou as 'n voortrekker en toeligter op die gebied van kultuur, opvoeding en kuns. Nog sy persoonlikheid nog sy gedrukte geskrifte in prosa of op rym, het 'n diep indruk op my gemaak; my jeugdige bewondering vir sy onbetwisbare talent vir polemiese spitsvondigheid, is van die begin af verduister deur 'n afkeer teen 'n sekere sinisme...wat ek my verbeel het dat ek in sy gesels sowel as in sy werke kon bespeur.’Ga naar eind40 In 'n oorsigartikel oor ‘Gebreke van ons letterkunde’ vra hy waarom oorspronklike werk soos Du Toit se Die koningin van Skeba met haas geen letterkundige waarde as voorskryfmateriaal op skool bo bestaande Afrikaanse vertalings van Benoit of Rider Haggard verkies word.Ga naar eind41 Die eerste drie maande by De Kolonist was Chris verantwoordelik vir die vertaling van die Reuter-berigte in Nederlands. Die blad, wat elke Dinsdag, Donderdag en Saterdag gepubliseer is, het meestal uit vier bladsye bestaan, waarvan twee vol advertensies was. Gewoonlik was die Saterdaguitgawes 'n bietjie dikker. Naas die hoofartikel was daar meestal 'n parlementêre oorsig, stukkies plaaslike nuus en 'n buitelandse rubriek met allerlei kort beriggies, laasgenoemde waarskynlik Chris se werk. In April 1899 begin hy met 'n reeks artikels oor ‘Groote dieren en dingen’ - nie in Afrikaans, soos hy later beweer het nie, maar in Nederlands. Hierdie reeks, skryf hy later in 'n brief aan Bolus, ‘called forth indignant letters of protest from country readers, one of whom wrote saying that he had searched his Bible through and never heard of the Mastodon’!Ga naar eind42 Van Julie tot September publiseer hy ook 'n reeks oor ‘Het rijk der natuur’ en 'n mens vermoed dat 'n vroeëre reeks, ‘Uit oude schrijvers’, waarin besonderhede uit die joernale en dagboeke van die ou ontdekkingsreisigers opgediep word, ook van hom is. Dat Chris, soos J.M.H. Viljoen in Die Huisgenoot van 12 Januarie 1945 beweer, ook die hoofartikels geskryf het, is, afgesien dan van enkele uitsonderings oor ‘neutrale’ onderwerpe, hoogs twyfelagtig. Die meeste hoofartikels van De Kolonist was in dié jare fel teen die twee noordelike republieke gerig en onbeskaamde regverdigings vir elke uitspraak van Rhodes en die Britse minister van kolonies. Hoewel Chris - anders as baie van sy ouer Kaapse vriende - nie gemeen het dat Rhodes die beliggaming van 'n Mefistofeliaanse boosheid en verdorwenheid was nie en selfs, soos hy op 7 Mei 1902 aan Bolus skryf, gedink het dat hy as een van die min ‘really capable politicians’ van die Kaap beskou kon word, was hy nie ‘sufficiently a lover of his to admire all he did’.Ga naar eind43 'n Mens kan dus aanvaar dat Chris in dié werkkring nooit besonder | |
[pagina 110]
| |
gelukkig was nie. Die gees van die redaksiekantoor was in 'n sekere sin anti-Afrikaans, ofskoon Afrikaanse bydraes opgeneem is en Vrolik, volgens wat Leipoldt later skryf, 'n soort ‘kosmopolitiese onpartydigheid’Ga naar eind44 teenoor vriend en vyand gehandhaaf het. Maar Du Toit se sinisme en die wyse waarop hy in sy hoofartikels sy steun aan Rhodes toegesê het, was meer as wat Chris kon uitstaan. Hy het al hoe steekser geword en probeer om êrens elders werk te vind. Op aandrang van Marie Koopmans-de Wet - wat dit nie kon verdra dat Chris langer aan so 'n anti-Afrikaanse sfeer blootgestel word nie - en met 'n brief van dr. W.F. Purcell, die botanikus wat hy deur Kolbe leer ken het, is hy op 'n dag na mnr. Fred Centlivres. Purcell het hom vertel dat Centlivres 'n nuwe Engelstalige dagblad wou begin waarin die saak van die Boere in 'n gunstige lig gestel kon word. Dit sou die naam The South African News hê, maar die eerste uitgawe sou eers in Mei 1899 verskyn en die kantore van die blad was nog nie aangekoop of gemeubileer nie. Chris moes met sy briefie na Sauer en Standen se kantoor gaan. Daar, skryf Leipoldt, het mnr. Centlivres uitgekom en my oor sy brille bekyk, met 'n agterdogtige uitdrukking op sy vriendelike gesig, en 'n gloed van verontwaardiging op voorkop en wange. Agter hom was die dikke gestalte van mnr. Sauer, naas die grimmige gerektheid van Lang Jan X. Ek het die twee laastes van veraf herken, want hulle was altwee welbekendes vir elke Kapenaar. Elke namiddag kon jy die twee sien loop, langs mekaar, die korte en die lange, oor die Kerkplein na die Parlementsgebou of die ministeriële kantore. Met geeneen van hulle had ek ooit [tot in daardie stadium - JCK] 'n woord gewissel nie. En my eerste kennismaking was alles behalwe aanmoedigend. | |
[pagina 111]
| |
Hoewel Centlivres gou daarvan oortuig kon word dat Chris nie 'n spioen was nie en werklik in 'n betrekking by die nuwe koerant geïnteresseerd was, kon hulle hom in daardie stadium nog nie aanstel nie. Hy het op dié wyse egter Centlivres, Merriman en Sauer ontmoet, almal mense met wie hy weldra bevriend sou raak. Later, toe hulle goeie vriende was, kon Chris dikwels Centlivres met dié eerste ontmoeting treiter as dié hom die een of ander kompliment gemaak het! Intussen het The South African News in die loop van 1899 begin verskyn en het Chris by De Kolonist voortgegaan. Met sy aanstelling by dié koerant was sy salaris net £7.10.0 per maand, maar na drie maande is dit opgeskuif tot £12.10.0.Ga naar eind46 In September 1899 skryf hy, volgens 'n mededeling aan Burgers, na aanleiding van 'n toespraak van sir William Butler, die agerende hoë kommissaris, 'n hoofartikel met 'n alte sterk nasionale kleur. Klaarblyklik is dié hoofartikel nie gepubliseer nie, want in die uitgawes van De Kolonist in dié tyd is so 'n hoofartikel nie aanwesig nie. Die inlewering van dié hoofartikel lei egter tot sy ontslag. Feitlik onmiddellik is Chris by The South African News aangestel. Hy kon dus sy intrek neem by die redaksiekantore in Kerkstraat, waar hy onder vriende was en in veel beter omstandighede kon werk. | |
[pagina 112]
| |
IIIReeds in die laaste maande wat Chris daar werksaam was, het die nuus van die oplaaiende spanning tussen die twee noordelike republieke en Brittanje die beriggewing in De Kolonist oorheers. Die strekking van dié berigte was oorwegend ten gunste van Brittanje en sir Alfred Milner, goewerneur van die Kaapkolonie en Britse hoë kommissaris in Suid-Afrika. Milner het die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek weens sy weiering om die stemreg aan die sogenaamde Uitlanders te verleen, as die ongenaakbare verdrukker van duisende lojale Britse onderdane beskou. Van Leipoldt se nuwe vriende, in die besonder Merriman, het die gebeure vanuit 'n ander hoek bekyk. Merriman het nie saamgestem met Paul Kruger se beleid oor die Uitlanders nie en ook nie geaarsel om dit te sê nie. Reeds in 'n brief van 11 Maart 1898 skryf hy aan die Vrystaatse president M.T. Steyn: ‘One cannot conceal the fact that the greatest danger to the future lies in the attitude of President Kruger and his vain hope of building up a State on a foundation of a narrow unenlightened minority ...’Ga naar eind47 Maar Milner, wat fanatiek vasgeklou het aan sy eie kyk op sake, was vir Merriman die verkeerde man op die verkeerde plek. Die konferensie wat W.P. Schreiner, premier van die Kaapkolonie, en Steyn in Mei 1899 in Bloemfontein gereël het om 'n ontmoeting tussen Kruger en Milner te bewerkstellig, was 'n klaaglike mislukking, hoofsaaklik weens Milner se botte onverbiddelikheid.Ga naar eind48 Ná hierdie konferensie skryf Merriman op 7 Junie 1899 aan sir David Tennant, Kaapse agent-generaal: ‘I do not think Sir A. Milner shines as a diplomatist compared with the old Boer.’Ga naar eind49 En kort voor die oorlog, op 9 Augustus 1899, skryf hy aan G. Smith: ‘it is difficult as an Englishman to see one's country playing the part of a bully.’Ga naar eind50 'n Mens kan aanvaar dat Chris in sy jare by The South African News van hierdie gesindheid van Merriman kennis geneem het, want in belangrike mate was dit ook sy standpunt oor die oorlog. Van 'n onkritiese kyk op Kruger en sy beleid ten opsigte van die Uitlanders was daar van die begin af by hom geen sprake nie. Maar hy het reeds genoeg van die politieke spel geweet om in te sien dat Joseph Chamberlain, Britse minister van kolonies, en Milner tot elke prys die Zuid-Afrikaansche Republiek van die aardbol wou wegvee en dat die stemregkwessie gerieflik as 'n casus belli aangegryp is. Vir hulle imperiale ideale was die bestaan van die twee republieke 'n struikelblok. | |
[pagina 113]
| |
Op die middag van Maandag, 9 Oktober 1899, het die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek 'n lang memorandum aan die Britse gesant in Pretoria oorhandig. Daarin word gekla oor die ‘unlawful intervention in the internal affairs of this Republic ..., caused by the extraordinary strenghtening of troops in the neighbourhood of the borders of this Republic’.Ga naar eind51 Die versterking van die troepe aan die grens het nou, volgens dié memorandum, vir Transvaal 'n onuithoudbare situasie geskep. In sy roman Stormwrack maak Leipoldt later volledig gebruik van hierdie memorandum waarin die republikeinse regering die Britse regering versoek om alle geskilpunte vriendskaplik uit die weg te ruim; om troepe aan die grens te onttrek; om die versterkings wat pas gearriveer het, binne 'n redelike tyd na Brittanje te laat terugkeer, met die versekering van hierdie regering dat geen aanval of vyandighede teen die besittings van die Britse regering deur die Republiek tydens die periode van verdere onderhandelinge onderneem sal word nie; en om die Britse troepe ter see onderweg na die Kaap nie aan wal te laat gaan nie. Indien 'n positiewe antwoord nie voor of op Woensdag, 11 Oktober 1899, om vyfuur die middag ontvang word nie, sal dit as 'n formele oorlogsverklaring beskou word.Ga naar eind52 Hierop het die Britse goewerment - volgens 'n telegrafiese berig aan alle magistrate in die Kaapkolonie - geantwoord dat ‘it feels itself utterly unable to discuss the requests made, and has instructed Her Majesty's Representative at Pretoria to ask for his papers...A state of war consequently exists between Her Majesty's Colony of the Cape of Good Hope and the South African Republic as from 5 o'clock on Wednesday, and a proclamation to this effect is being issued forthwith.’Ga naar eind53 Die oorlogsverklaring was vir Chris 'n wrede skok. Hoewel die Kaapstadse joernaliste oor die algemeen daarvan oortuig was dat oorlog nie meer afgeweer kon word nie, het hy op 'n oplossing deur onderhandelinge gehoop. Hy en sy familie op Clanwilliam het die politieke maneuvers tussen Brittanje en Transvaal en die dreigende oorlog gespanne dopgehou, ook omdat van hul familie betrokke kon raak. Chris se ouer broer, Johnny, was in Transvaal werksaam en sy oom Ewald Esselen het 'n belangrike amp in die Zuid-Afrikaansche Republiek beklee. Een van die eerste take wat Chris ná sy toetrede tot die redaksie van The South African News - enkele dae vóór die oorlogsverklaring - van Hofmeyr ontvang het, was om 'n onderhoud met Milner te voer. ‘Op 8 Oktober van daardie jaar, 'n Sondag,’ skryf Leipoldt, ‘het ek opdrag gekry om 'n onderhoud by sir Alfred Milner te gaan aanvra, omdat ons uit Transvaal inlig- | |
[pagina 114]
| |
ting gekry het dat 'n ultimatum aan die Engelse regering gestuur sou word. Sir Alfred het my met sy gewone vriendelikheid - hy was self 'n joernalis, en was altyd gereed om 'n vakkollega te ontvang - vertel dat ons inligting “soos gewoonlik” verkeerd was, en het daaraan toegevoeg dat hy nie die minste geloof geheg het aan 'n aggressiewe stap van Transvaalse kant nie. Op die Maandag het ons dan in die News aangekondig dat die “berigte dat die Transvaalse regering 'n ultimatum gestel het, van alle waarheid ontbloot is.” Dit bly 'n jammerlike feit dat op die oomblik toe die News se lesers op die Maandagmôre hierdie berig in hul koerant lees, mnr. Conyngham Greene [Britse saakgelastigde in Pretoria - JCK] al besig was om die ultimatum, wat hy die môre van die Staatsekretaris, oud-President Reitz, ontvang het, aan mnr. Chamberlain oor te sein. Eers op Woensdagmôre het ons volledige inligting verkry, en dit is as dringende nuus gepubliseer, ofskoon dit toe reeds aan baie bekend was. Op Donderdagmôre het die koerante verskyn met die Staatsekretaris se brief waarin die volsinne aan die slot die ultimatum bevat, en daaronder die kort kabelgram van die Engelse regering aan sy verteenwoordiger in Pretoria waarin hy gelas is om dadelik sy papiere te vra.’Ga naar eind54 Binne enkele weke ná die uitbreek van die oorlog het die lewe in Kaapstad begin verander. Britse troepeskepe het gearriveer, oral was daar blyke van militêre bedrywighede, joernaliste en avonturiers het aangekom, die stad was vol Britse soldate en Britse offisiere het die hele Mount Nelson Hotel, wat kort tevore geopen is, vol gesit.Ga naar eind55 Kaapstad, so skryf Leipoldt baie later in 'n artikel, ‘was propvol, sy normale bevolking meer as vyfvoudig vermeerder deur in die eerste plaas al die skuilsoekende Johannesburgers, en in die tweede deur die troepemagte waarvan daar byna daagliks 'n klomp deur die strate gemarsjeer het op pad na die groot kampe op Maitland, Wynberg en Drie-Ankerbaai. In die baai het meer as honderd transportskepe, stoom- sowel as seil-, geanker gelê. Kerkstraat was vol dobbelhuise, en Keeromstraat het 'n nog swarter reputasie gehad. Sake was ontsettend druk; iedereen was besig om geld te maak, en geld was daar in oorvloed sodat daar baie kans was vir die slimmes om soveel moontlik daarvan in die hande te kry. Terwyl opskuddings soms vreeslik was,...het die Kapenaars hulle oor die algemeen kalm en bedaard gedra, wel bewus van die feit dat hulle die verteenwoordigers van die oudste stad in die land is en as sodanig 'n goeie verantwoordelikheidsin daarop moes nahou.’Ga naar eind56 Die belangrikste Kaapse koerante van dié tyd was die Cape Times en The | |
[pagina 115]
| |
Cape Argus, albei met kantore in St. Georgesstraat en albei sterk pro-Brits. 'n Akkurater indruk van die irrasionele gevoelens wat oor die oorlog by die pro-Britse groep gewek is, vind neerslag in The South African Review en The Owl (Penstone's Weekly), albei met die bedoeling ‘to be satirical, or at any rate humorous, containing rather heavy-handed satire, social gossip...and cartoons...Both were strongly pro-British and equally violent in their disparagement of their opponents.’Ga naar eind57 Die Hollandssprekende deel van die stad se wit bevolking was feitlik volledig teen die oorlog gekant. Hulle is gelei deur Hofmeyr, wie se huis, Welgemeend in Kampstraat, in die populêre pers berug was vir allerlei Bond-manipulasies. Onder die bynaam die Mol het Hofmeyr altyd agter die skerms gewerk en het hy ‘a considerable reputation for intriguing’Ga naar eind58 gehad. Marie Koopmans-de Wet in Strandstraat was, soos Hofmeyr, vroeër goed met Rhodes bevriend, maar die Jameson-inval het 'n onherstelbare breuk tussen hulle bewerkstellig. The South African Review het na Koopmans-de Wet verwys as ‘the recognised leader of the pro-Boer women agitators’, die ‘notorious ladyrebel of Strand Street’ en die ‘Queen of South African reb-ladies’.Ga naar eind59 Die belangrikste orgaan van die Hollandssprekende anti-oorlog-groep was die Bondskoerant Ons Land met Malan as redakteur, 'n blad wat 'n belangrike meningsvormende invloed op Afrikaners, veral dié van die platteland, uitgeoefen het.Ga naar eind60 Onder die Engelssprekendes wat teen die oorlog gekant was en hulle sterk daaroor uitgespreek het, was Merriman en Sauer, albei lede van die Schreiner-kabinet, en die Rooms-Katolieke geestelike Kolbe. Hulle siening van sake is in Kaapstad verteenwoordig deur The South African News, waarby Leipoldt in Oktober 1899 begin werk het. Die koerant is in Mei 1898 opgerig deur 'n groep wat Schreiner, Merriman en Sauer ingesluit het. By herhaling is die koerant snydend deur die lojale pers aangeval, 'n keer of wat ook met fisieke geweld. The South African Review het na The South African News verwys as ‘that mendacious pro-War rag’, ‘the filthy Church Street pro-Boer organ’ en ‘dirtiest rag of all pro-Boer press’.Ga naar eind61 By geleentheid vroeg in 1900 het die oproerige skare buite die kantore van Ons Land en The South African News begin raas en jou, en het hulle van die ruite gebreek, terwyl betogings voor die huise van Hofmeyr en Koopmans-de Wet plaasgevind het. Hofmeyr is op 'n keer deur 'n gepeupel agtervolg toe hy in 'n rytuig onderweg was, terwyl Merriman by 'n ander geleentheid in Adderleystraat afgejaag is.Ga naar eind62 Die gemoedere het dus soms hoog geloop en vir onstuimighede gesorg. | |
[pagina 116]
| |
Die redakteur van The South African News was Albert Cartwright, 'n man met sterk pro-Boer-sentimente. Hy het in Maart 1900 sekretaris van die konsiliasiekomitee, 'n sterk anti-Milner-liggaam geword, en is gereken as een van die beste joernaliste van Suid-Afrika. ‘Ons personeel’, so skryf Leipoldt later reminisserend oor dié vroeë jare in sy loopbaan as koerantskrywer, ‘was maar klein, maar dit was uiters geesdriftig, en dit was (al was ek self daarin) 'n uitgesoekte personeel.... Ons hoofverslaggewer was wyle mnr. Barry, later stadsklerk van Mowbray; ons subredakteur (ons het net een gehad) mnr. Graham, later hoof van die publisiteitsdepartement van die Spoorweë, 'n kêrel met 'n geniepsige pen, 'n amper perdeby-agtige sarkasme, en vir ons jong verslaggewers op kantoor 'n voorbeeldige leidsman wat altyd vir betydse aanmoediging klaar was.’Ga naar eind63 Naas die sekretaris, mnr. Hebble, was daar die besturende direkteur, Centlivres, volgens Leipoldt ‘'n oubaas in wie daar geen bedrog en geen afwyking van wat hy as beginsel aangeneem het, geskuil het nie’.Ga naar eind64 Van buite het die koerant uitstekende medewerkers gehad, soos Kolbe, Harry Currey, ds. D.P. Faure, Anna Purcell en Elizabeth Molteno, met Merriman en Sauer altyd op die agtergrond. Wanneer Chris êrens in die News-kantoor op Merriman afkom, het hulle altyd 'n woordjie oor die politiek of die letterkunde gewissel. Soms het hulle saam met ander verslaggewers gestap na die Café Royal in Kerkstraat, destyds die bymekaarkomplek van koerantskrywers in Kaapstad.Ga naar eind65 Met die oorlog aan die gang het Chris baie werk by The South African News gehad en besig gebly, al het hy tyd ingeruim om sy ander belangstellings uit te leef. Hy het steeds elke Saterdagmiddag saam met Kolbe in die veld uitgegaan en Sondagoggende, as hy dit enigsins kon inruim, met Bolus in die herbarium deurgebring. By geleentheid, baie jare later, skryf hy oor hoe Kersdag 1899, sy eerste as joernalis, verloop het. Kersfees het dié jaar op 'n Maandag geval en vir dié besondere geleentheid het die News 'n hoofartikel deur Kolbe en 'n Kersdaggedig deur Anna Purcell gepubliseer. Kersdag self was vir Chris 'n gewone werksdag, want hy moes die oggend 'n ontbyt by die YMCA in Langstraat bywoon, aanwesig wees by 'n feesviering vir Transvaalse vlugtelinge in die Veremark en daarna na 'n onthaal vir die matrose van die verskillende troepeskepe in die baai gaan. Oor dit alles moes hy die aand op kantoor verslae tik. Hy sou die Kersaand by vriende deurgebring het, maar toevallig was hy die namiddag toeskouer by 'n stamgeveg tussen twee opponerende swart groepe, waaroor hy ook moes skryf. Van feesvierings het daar dus op dié Kersdag vir Chris weinig tereggekom. | |
[pagina 117]
| |
IVIn die eerste maande van die oorlog het die Britte gevoelige verliese gely en in die week voor Kersfees 1899 het hulle by die Slag van Colenso baie lewens verloor. Die verliese is toegeskryf aan onoordeelkundige besluite van generaal Redvers Buller, Britse opperbevelhebber in Suid-Afrika. Lord Roberts is gestuur om hom te vervang, met lord Kitchener as sy hoogste stafoffisier. Met hierdie nuwe leiding aan Britse kant kon die Boere hulle aanvanklike oorwinnings nie opvolg nie en het die gety ten gunste van die vyand begin draai. Mafeking, Kimberley en Ladysmith is ontset en generaal Piet Cronjé moes by Paardeberg oorgee. Vroeg in 1900 het die meeste mense in Kaapstad gemeen die oorlog is verby. Britse troepe het Pretoria en Bloemfontein beset en volgens Roberts was daar geen georganiseerde teenstand meer oor nie. Maar die oorlog was nie verby nie. Die Boeremagte onder aanvoering van bekwame generaals het hulle gevegstaktiek gewysig en in klein kommando's verdeel wat die Britte oral onverwags aangeval en daarna weer die wyk geneem het. Kitchener het hierdie guerrillastryd in die twee republieke beantwoord met die afbrand van plase en huise en die verwydering van vroue en kinders na konsentrasiekampe. In die Kaapkolonie het Milner onder die waan verkeer dat 'n pan-Afrikaner-sameswering aan die broei was en wou hy, soos tóé reeds in Natal die geval was, krygswet afkondig. Die Schreiner-ministerie, wat met sterk steun van die Afrikanerbond aan die bewind gekom het, was egter hierteen gekant en het gevrees dat die outoritêre Milner die voortbestaan van 'n konstitusionele regering in gevaar sou stel. Dat hierdie gevaar nie denkbeeldig was nie, blyk uit Milner se brief van 15 November 1899 aan Chamberlain met die versoek om die ministerie op te hef en om 'n regering te benoem ‘which would cooperate promptly and heartily with the Imperial government in any measures necessary to restore order’.Ga naar eind66 'n Moontlike konstitusionele krisis is afgeweer toe die Schreiner-kabinet in November 1899 toegestem het om, in antwoord op die Vrystaatse inval, krygswet in die noordoostelike distrikte van die kolonie af te kondig. Burgers wat hulle by die republikeinse magte aangesluit of die vyande van Brittanje op enige wyse gesteun het, kon met 'n proklamasie van April 1901 op aanklag van hoogverraad deur 'n krygshof verhoor en die doodsvonnis opgelê word. Met die instelling van krygswet en 'n rondgaande hoogverraadhof is Leipoldt deur die redaksie van The South African News aangewys om die ver- | |
[pagina 118]
| |
rigtinge van dié hof as snelskrywer en verslaggewer te volg. Die hof het bestaan uit drie regters wat almal Hollands goed kon verstaan en die respek van die publiek geniet het, naamlik regters William Solomon, Andries Maasdorp en Johannes Lange, met C.W. Hutton as staatsaanklaer, Gys Hofmeyr as registrateur, Henry Burton en James Molteno as advokate en J.G.P. van der Horst as prokureur vir die aangeklaagdes. Nog voor die oorlog is die joernalis J.A. Hobson, wat in 1900 The war in South Africa: Its causes and effects sou publiseer, as spesiale korrespondent van die Manchester Guardian, 'n pro-Boer-koerant, na die Kaap gestuur. Met die uitbreek van die oorlog is Hobson egter terug na Brittanje. Aangesien S.C. Cronwright, eggenoot van Olive Schreiner, nie die aanbod as spesiale verslaggewer van dié koerant kon aanvaar nie, is Leipoldt benoem tot oorlogskorrespondent van die Manchester Guardian en moes hy van dorp tot dorp saam met die hof beweeg. Van dié oomblik af dateer sy kontak met buitelandse nuusblaaie en tydskrifte. Weldra kry hy naas werk vir die Manchester Guardian opdragte van die Daily Express in Brittanje, die Chicago Record en die Boston Post in die VSA, die Brusselse Petit Bleu, die Hamburgse Neueste Nachrichten en die Nederlandse Het Nieuws van den Dag. Binne 'n maand of twee styg sy inkomste van £12.10.0 tot sowat £300 per maand! Vir een brokkie eksklusiewe nuus in verband met 'n plan van Rhodes om die goudmyne ná die oorlog te nasionaliseer - 'n berig wat net twaalf woorde beslaan het - is hy £150 betaal, waarskynlik die beste vergoeding per letter vir enige Suid-Afrikaanse joernalis in dié tyd!Ga naar eind67 Met sy werk as snelskrywer en verslaggewer het Leipoldt nou die geleentheid gehad om eerstehandse kennis van die oorlog in die republieke en die uitwerking van krygswet in die Kolonie in te win en om streke te besoek waar hy nooit tevore was nie. Die hofsittings het in Desember 1900 op Colesberg begin, maar moes as gevolg van die tweede Vrystaatse inval in die Kolonie daar gestaak word. In Maart 1901 was die hof op Dordrecht, waar 247 sake op die rol verskyn het en waarin die meeste aangeklaagdes skuldig bevind is. Daarna is die hof agtereenvolgens na Barkly-Oos, Cradock, Middelburg, Burgersdorp en Somerset-Oos. Op Cradock, Middelburg en Dordrecht is rebelle deur die Britse militêre owerheid gehang. Blykbaar is die laaste sake waarmee Leipoldt te make gehad het, in November 1901 op Kenhardt afgehandel. Dáár is drie rebelle ter dood veroordeel, maar twee se straf is verander tot lewenslange gevangenisstraf en dwangarbeid. Tussen die sittings van die hof deur is Leipoldt telkens terug na Kaapstad, waar hy verdere nuus oor die oorlog en die toepassing van krygswet kon verneem. | |
[pagina 119]
| |
Uit die berigte wat Leipoldt in dié tyd vir oorsese koerante skryf, kry 'n mens 'n goeie beeld van die verskrikkinge van die oorlog, van hoe ingrypend die instelling van krygswet op die daaglikse lewe van die Kolonialers was en watter onregverdighede met die uitvoering daarvan gepaard gegaan het. Dit geld veral vir sy bydraes in die Manchester Guardian en Het Nieuws van den Dag. Vir Het Nieuws van den Dag lewer hy naas verspreide berigte van 21 Mei 1900 af maandeliks 'n reeks ‘Brieven uit de Kaapkolonie’. Oor die militêre bedrywighede in Kaapstad in hierdie tyd skryf Leipoldt soms met sardoniese genot in verslae wat ons ook 'n aanduiding gee van sy joernalistieke vermoë en die wyse waarop hy in Nederlands kon skryf. ‘Kaapstad’, laat weet hy Het Nieuws van den Dag op 21 Mei 1900, ‘is heelemaal een garnizoensstad geworden, en die weet wat dit woord eigenlijk bedoelt, kan zich voorstellen dat de ingezetenen, die noch niet geheel en al door den jingo-geest zijn opgesweept, daarmee niet in hun schik zijn. Overal ziet men soldaten in khaki, officiertjes met geheel en al nutteloze “monocles” in het oog, patrouilles te paard en te voet, en nog het mooiste van alles, mijnheer de “private” met twee zwarte dames bij zich. Dat dit alles behalve in 's lands belang is blijkt uit het feit dat het getal vrouwen, die voor den Magistraat verschijnen “wegens ontucht” dagelijks vermeerdert.’ Op 19 Julie sê hy dat daar uit die moederstad weinig oor die oorlog te berig is. ‘Men moet niet naar Kaapstad gaan’, skryf hy, ‘om volledige officieele berichten aangaande den loop van den oorlog te bekomen, ga dan liever naar de Zuidsee-eilanden. Geruchten, bestaande grootendeels uit een gram waarheid, zestien gram van hooren-zeggen en een kilo leugentaal, zijn het algemeen recept voor de nieuwsgierigheid die hier zoo sterk heerst.’ Ook op Britse beriggewing oor die Hollands-Afrikaanse gedeelte van die bevolking lewer Leipoldt kommentaar. Wanneer Rudyard Kipling in The Times van 15 Maart 1900 beweer dat elke Kolonis van Hollandse afkoms en 'n groot aantal Britse Koloniste verraaiers en spioene is, reageer hy in die Manchester Guardian van 7 Junie 1900. Kipling se uitspraak dat daar selfs vóór 1881, met ander woorde vóór die stigting van die Afrikanerbond, aktiewe ontrou in die Kolonie was, vind hy belaglik. ‘Mr. Kipling,’ skryf hy, ‘with a licence which if not poetic is at least Imperial, makes assertions regarding Capetown which have led its citizens, British and Dutch alike, to rub their eyes. He says that in our clubs men still sink their voices and look fearfully around “when they record certain facts,” but that the said clubs “are not quite so full of members who personally shot Colley at Ma- | |
[pagina 120]
| |
juba” as they were two years ago. To those familiar with the modest clubland of the “old colony's” capital this statement will cause something approaching stupefaction. As a matter of fact, so pronounced is the Jingoism of Capetown, and so painful and personal have differences become since the Raid, that one of the members of the present Cabinet who publicly condemned that crime soon after its committal was hissed and hooted by a crowd of men in the diningroom of his own club - the story is common property, - and of recent months so intolerably have political affairs reacted upon social relations that at the café where Mr. Schreiner was mobbed the other day it is a daily experience to meet Mr. Schreiner and one or more of his colleagues, who have apparently found club life no longer possible. As for any man boasting in a Capetown club that he had shot Colley - there are but two clubs of any importance, - he who did so would go away with a broken head, if he got away at all.’ En in die uitgawe van 4 September 1900 reageer hy op die aantyging van onwettige verhoudinge tussen die Afrikanerbond en die Republieke, dat die Bond niks doen om die rebellie in die Kolonie te verhoed nie en dat die Bond hom vir 'n onafhanklike Suid-Afrika beywer. Vóór die uitbreek van die oorlog, skryf hy, het die Bond sy invloed gebruik om geweld te voorkom en is 'n telegram aan president Kruger gestuur met die versoek om Chamberlain se eise te aanvaar. Die gedagte van 'n sameswering tussen die noordelike Boere en simpatiserende Kolonialers is onsinnig: ‘if the Republics were conspiring with thousands of Cape Colonists, why should they have attacked before the conspiracy could become effective?’ Wat die Koloniale politiek betref, laat hy op 15 Oktober 1900 in Het Nieuws van den Dag 'n geestige blik val op Schreiner, eerste minister van die Bondsministerie, en die uiteenlopende politieke rigtings wat sy familie, soms tot die ekstreme toe, verteenwoordig. ‘De Heer Schreiner,’ skryf hy, ‘is het jongste mannelijke lid van een talentvolle familie, wier leden allen bijzonder begaafd zijn en naam hebben gemaakt, ten goede of ten kwade. De oudste zoon is hoofd van een college in Engeland, een andere is een warm voorstander van de zaak der Goede Tempelieren, een man die nevens God, de Britsche vlag dient, en, nevens de duivel, tabak, sterken drank en den Bond haat. Een der zusters treedt in zijne voetstappen, terwijl de jongste, de bekende schrijfster Olive Schreiner, met hart en ziel tegen dien vervloekten oorlog is gekant. De eene broeder is nu naar Engeland als afgevaardigde van den Jingo-bond, om te bewijzen, dat in iederen Afrikaander een klein duiveltje van disloyaliteit huist, dat moord, | |
[pagina 121]
| |
moord schreeuwt. Maar de hoofdtrek der familie is hardnekkigheid. “Als de Schreiners iets in hun kop hebben, dan krijgt God alleen het er weêr uit,” zegt men hier, en de Heer W.P. Schreiner bezit die eigenaardige stijfkoppigheid in groote mate.’ En wanneer ‘townguards’ ook in Kaapstad en die voorstede, waar daar geen gevaar van 'n Republikeinse inval bestaan nie, die geboue en huise begin ‘bewaak’, hekel Leipoldt in 'n berig van 15 Februarie 1901 hierdie petieterige soldaatjies: ‘Vele klerken en stadsluitjes, die niet in staat zijn de geregelde rooverskorpsen te gaan vermeerderen met hunne eerbiedwaardige persoontjes, hebben zich als stadswachten laten inschrijven, en hier en daar ziet men een “luitenant”, die nog nooit een geweer in handen heeft gehad, of een “kaptein”, die nog nooit met een sterker vijand dan met de rheumatiek te kampen heeft gehad. Als de corpsen aan het exerceeren zijn - en dat doet zij meestal in den avond, wanneer 't donker is, zoodat de toeschouwers niet in staat zijn veel van hunne heerlijke mismanoeuvres te zien - dan is 't iets om je ziek om te lachen. “Marsch” - dan gaat het op een loopen, alsof de Boeren reeds in het gezicht waren; “halt” wordt geroepen, en dan staan de wachten zoo subiet stil, dat sommigen van hun evenwicht verliezen en hals over kop op den grond tuimelen. Maar het mooist is, als men ze wapens in de hand geeft. Dan is er een verwarring, zoals Sodom en Gomorrah niet zagen, toen zij aan het branden waren. Gelukkig zijn de militaire autoriteiten niet zulke gekken, dat zij die vogelverschrikkers met ammunitie vertrouwen, en tot hiertoe moeten zij maar met hunne verbeelding schieten. Ik twijfel sterk of 't ooit verder komt.’ Maar dit is veral die berigte uit die twee Republieke en Natal waarop Leipoldt hom in die eerste jaar van sy ‘Brieven uit de Kaapkolonie’ toespits. Op 26 November 1900 laat hy die lesers van Het Nieuws van den Dag weet dat daar geen einde is aan die afbranding van plase en die vernietiging van woonhuise nie. Uit die Republieke kom verskriklike berigte oor die optrede van die Britse soldate. ‘Sommige van de verhaaltjes’, skryf hy, ‘zijn te smerig om te noemen, maar er zijn nog anderen die waarschijnlijk op goede gronden rusten. Zoo zegt men bijvoorbeeld dat een patrouillie Engelsche soldaten op een boerenplaats nabij Lindeque kwamen; het huis was reeds vroeger afgebrand maar er stonden nog een paar kafferhutten, en op de plaats was ook nog een jong Boerenmeisje van omtrent 12 jaar. Dit werd door de Tommies gevangen en mishandeld op de schandelijkste wijze. Op een boerenplaats in Natal werd een vrouw op dergelijke onnoembare wijze mishandeld en daarna vermoord, of liever stierf kort | |
[pagina 122]
| |
daarna ten gevolge de ruwe behandeling waaraan zij was blootgesteld. Een ander - en een van de ergere gevallen - is dat van een meisje van omtrent 10 jaar, dat zwaar gewond was en welke arm op twee plaatsen gebroken was. Zij werd op zoo schandelijke wijze toegetakeld, dat de broer van dit arme kind, die de eed van getrouwheid had afgelegd en de wapens had neergelegd, zich bij De Wet aansloot en een eed gezworen heeft zooveel Engelschen als mogelijk te dooden voordat hij zelf gedood wordt.’ Uit die Vrystaat het 'n vrou in 'n brief geskryf: ‘Kom en help ons om die duivels in de zee te drijven - hulle verkrag ons kinders zelfs in die dood...Die vuilgoed het ons huise verbrand en ons goed gesteel.... Ons vergaan van die honger en ons het nie eens kleere nie.’ Met die verwoesting van 'n plaas is 'n man van een en tagtig jaar, ‘half lam en bijna sprakeloos’, lewend deur die soldate verbrand. ‘De oorlog’, gaan hy voort in 'n stuk waarin die herhalings, fraserings en woordkeuse 'n aanduiding is van hoe knap Leipoldt reeds in dié jare kon skryf, ‘is niet meer een krijg. Het is een groot auto da fe. Iedere zucht, iedere traan die er valt, ieder huis dat afgebrand wordt maakt hem nog erger en langer. De Republikeinen zijn waarlijk door den smeltkroes der ellende gegaan en nog zijn zij niet gereinigd. Geen enkele regeering heeft tot hiertoe de stoutheid gehad om aan Engeland te zeggen “niet verder”.’ Hy vra beskuldigend: ‘Zal iemand dat doen? Zullen al de Mogenheden met de armen over elkaar zitten terwijl er een tweede Polen gesticht wordt, terwijl zoovele dappere mannen het leven gewillig verloren voor de vrijheid van hun land? Verliezen kunnen zij het niet, maar hoelang zal het duren voordat zij het winnen?’ In 'n brief van 15 Desember gaan hy oor dié aangeleentheid voort, met beklemtoning van die afgryslikhede in die konsentrasiekampe: ‘waarlijk, het is een schande, zoowel voor Engeland, dat zulke schanddaden doet, als voor de Europeesche mogendheden, die dat alles toelaten, zonder er tegen te protesteeren, dat een heldhaftig volk, “welk met zooveel moed en kracht, zooveel humaniteit en mannelijkheid voor zijn onafhankelijkheid heeft gestreden, dóor zulke daden tot wanhoop zal gedreven worden. Aanvankelijk werd de oorlog ten minste gevoerd tegen een volk - nu echter is het een oorlog tegen vrouwen en kinderen. Ieder, die een sprank van gevoel bezit, zal zich met de Afrikaander vrouwen vereenigen om hiertegen te protesteeren.’ Een van die bemoedigendste tekens, sê Leipoldt op 26 November, is die gesindheid van die plaasarbeiders. ‘Men hoort zoo vaak zeggen’, skryf hy, ‘dat de Boeren de ergste vijanden der kleurlingen zijn. De geschiedenis van de Kaap-kolonie bewijst het tegenovergestelde, | |
[pagina 123]
| |
want het is een bekend feit, dat slavernij misschien nergens in de wereld zoo humaan was als hier gedurende de regering van de Oost-Indische Compagnie.... Nu gedurende den oorlog hebben vele van de kleurlingen in de republieken getoond, dat zij het met hun meesters eens zijn.... Toen sommigen van die jongens zagen, dat hunne meesters gevangen genomen werden, wilden zij ook meêgaan. De militaire autoriteiten zeiden: “Neen, komt bij ons werken, we geven je 3 shillings per dag, met vrijen kost en een pak khaki kleeren.”’ Daarvoor was hulle egter meestal nie te vinde nie: ‘sommigen van hen wilde niet iemand, die “een bottel voor zijn oog” droeg als meester hebben’, 'n toespeling op die monokels waarvoor die Britse offisiere so lief was. Die gruweldade in die Republieke het die wreedhede oortref wat in die Kaapkolonie onder die mantel van die krygswet gepleeg is. Tog was J. Ramsay Macdonald nie ver verkeerd nie waar hy beweer dat ‘martial law has been to the Dutch of the Cape what the (concentration) camps have been to the burghers of the Transvaal and Orange River Colony’.Ga naar eind68 'n Paar maande ná die instelling van die krygswet skryf Leipoldt in die Manchester Guardian van 12 Februarie 1901: ‘As to the working of martial law, one regrets to find that reports are coming in, not from one district but many, of such a character that, in sober earnest, one feels inclined to ask if the military administrators wish to force Dutch colonists into rebellion. It would not be so bad if all the administrators of martial law were genuinely military men; but the deadly system continues of placing local politicians in posts where they have at their mercy the persons and property of their Dutch neighbours and political opponents.’ In die uitgawe van 22 Augustus 1900 vertel hy byvoorbeeld van ene Van der Walt, 'n boer van Naauwpoort, wat van ondergrondse bedrywighede verdink en voor die krygshof gedaag is. Aanvanklik het die president van die regbank Van der Walt se regsverteenwoordiger probeer uitsluit van die verrigtinge. Toe hy hierin nie kon slaag nie en die gevangene op grond van onvoldoende getuienis vrygelaat moes word, ‘the president refused to release him even then, on the ground that he had a near relative who was said to have gone into rebellion, and that his antecedents were suspicious. The matter was referred to this officer's superior - it is but fair to say that he thus referred it himself, - who ordered Van der Walt's release; and he was released, to find that in his absence he had been converted from a flourishing farmer into one who was practically a pauper. Everything on his farm had been looted, except the land, and as everyone knows who knows anything of South | |
[pagina 124]
| |
African farming, the land is of little use in a sheep or cattle district if the stock has gone.’ En op 12 Februarie 1901 sluit hy, met 'n pragtige gebruik van alliterasies wat sy beheer oor Engels mooi illustreer, hierby aan: ‘To the South African Boer his farm is his all. Farmless is to be fameless - nay, worse, for it is to be ill-famed, almost.’ Wanneer Leipoldt jare later Kersdag 1900 in herinnering roep, vertel hy hoe hy dit op Colesberg saam met ander lede van die rondgaande hoogverraadhof deurgebring het en hoe van die gesiene inwoners van die dorp deur die militêre verneder is. ‘As ek terugdink,’ skryf hy, ‘kan ek my nog verbeel dat ek een van die veroordeeldes sien, oubaas Jan van der Merwe, ouderling van die Colesbergse gemeente en twintig jaar lank veldkornet van sy wyk, 'n waardige gestalte wat met sy hand voor sy oë sy vonnis aangehoor en sy vernedering blykbaar diep gevoel het.’Ga naar eind69 Vir alle praktiese doeleindes het die militêre owerheid, en nie die burgerlik verkose regering nie, die Kaapkolonie van April 1901 tot met die vredesluiting in Mei 1902 geregeer. Die Koloniale howe is deur krygshowe vervang, die parlement is geprorogeer, spesiale passe was nodig vir elke reis, alle persoonlike besittings kon opgekommandeer word en selfs politieke figure soos Merriman is in huisarres geplaas of in die gevangenis opgesluit.Ga naar eind70 Op 7 Oktober 1901 skryf Leipoldt in Het Nieuws van den Dag: ‘Hier in de kolonie heeft men bijna geen rechten meer. Overal heerscht de krijgswet en de militaire hoven hebben de gewone gerechtshoven vervangen. Het Hooggerechtshof heeft geen macht, of voelt zich te zwak, om tegen de militairen in te gaan. Indien men een applicatie maakt voor een Habeas Corpus, dan verklaart het hof heel koeltjes, dat de militairen geen gehoor aan hunne orders en bevelen zullen geven en dat zij dus de applicatie niet kunnen toestaan.... Verleden week werd er applicatie gemaakt ten behoeve van vier Boeren van de Paarl, die door de militairen in hechtenis zijn genomen, zonder dat men verklaard heeft waarom.... Zij protesteerden natuurlijk tegen zulk arrest, maar daarop werd geen acht geslagen en zij werden naar den tronk gevoerd en later naar Beaufort-West vervoerd, waar zij nu nog zijn. Daar de militairen geen “warrant” of acte van beschuldiging tegen hen hebben ingebracht en zij dus niet weten, waarom men hen als gevangenen bewaart, deden zij aanzoek bij het Hof om losgelaten te worden. Rechter Buchanan, die gedurende de afwezigheid van den hoofdrechter De Villiers als waarnemend hoofdrechter fungeert, zeide, dat het Hof geen macht had; men kon wel een bevel geven, dat applicanten losgelaten moesten worden, maar dan zouden de militairen eenvou- | |
[pagina 125]
| |
dig weigeren zulk een bevel te gehoorzamen, en dan was het ook uit met het Hof. Nadat men de zaak overwogen had, stemde het Hof echter toe en gaf een bevel aan de cipier te Beaufort-West, die een civiel ambtenaar is, om aan het Hof zijne redenen bloot te leggen, waarom hij die heeren in hechtenis hield. Zoover staat de zaak nu.’ Die euwels van krygswet en die praktiese probleme wat dit vir die Kolonialers meegebring het, sou later in Leipoldt se ‘Oom Gert vertel’, die groot monoloog van sy debuutbundel, figureer. Wanneer die kakies die dorp beset waarin oom Gert, die verteller in dié dramatiese monoloog, woon en ‘Martjie Louw’ proklameer, pas die nuwe magistraat, Wilson, die krygswet besonder streng toe: Hy het ons onderdruk; sy hand was hard:
Geen lig mag in die kamers brand; geen mens
Mag buite op die straat gaan ná agtuur;
Orals het hy op ons spioen en selfs
Ons huise deurgesnuffel om te sien
Of ons miskien nie wapens het of kruit,
Patrone, doppies of so iets; hy dag
Ons het 'n hele boel kos byeengegaar
Om vir die Boerkommando's af te gee.
Ja, neef, sy hand was hard! ...
En ons
Was deur die war daarmee, half uit ons vel;
En niemand van ons mense het geweet
Wat môre of oormôre vir ons wag.
Die dorp was vol gebrom, net soos 'n deeg
Waardeur 'n mens die suurdeeg goed geknee het -
Jy weet hoe rys die ding; nou net so ook
Met onse mense! Maar wat kon ons maak?
Die jongmense veral was baie steeks -
Ons kon hul byna nie in toom meer hou nie.Ga naar eind71
Oom Gert spits hom in dié gedeelte van sy monoloog hoofsaaklik toe op toestande wat ongerief vir die dorpsbewoners veroorsaak het, nie op die verskrikkinge wat die afkondiging van krygswet en die toepassing daarvan meegebring het nie.Ga naar eind72 Dat die militêre by tye sonder behoorlike magtiging | |
[pagina 126]
| |
opgetree het, blyk uit verskeie voorvalle wat aangemeld is. Op 15 April 1901 berig Leipoldt byvoorbeeld in die Manchester Guardian oor vier Koloniste, drie by De Aar en een in die Cradockse distrik, wat summier gefusilleer is, sonder dat hulle behoorlike regshulp vir hul verdediging kon verkry en sonder dat die goewerneur die doodsvonnisse onderteken het. En in die uitgawe van 10 Oktober 1901 reageer hy op die instelling van 'n krygshof wat deur 'n kaptein en 'n luitenant gelei word. ‘The issues of life and death’, skryf hy, ‘have been taken out of the hands of our judges and vested in those of that peregrinating military tribunal, the jurists of which are men who know nothing about the law of treason, the rules of the law of evidence, or the proper way to deal with such cases as come before them. These men have been given immense powers, more authority even than is reposed in the judges of the Supreme Court, for there is no higher court of appeal for the men whom they condemn to death or exile.’ Veral ontstellend vir die Kolonialers was die wyse waarop die vernaamste volwasse mans in die Afrikanergemeenskap van Cradock en Dordrecht gedwing is om die teregstellings by te woon. Sulke gedwonge bywoning van teregstellings het ook elders in die Kolonie plaasgevind. Die prokureur-generaal, Richard Solomon, het Kitchener aangeraai dat sake vir ernstige beskuldigings van hoogverraad deur 'n regter van die Kaapse hooggeregshof verhoor moes word en dat die doodsvonnis weens hoogverraad alleen met verwysing na Londen uitgespreek sou word, behalwe in gevalle waar spoedige optrede vereis is. ‘Under the exigencies of war, however,’ skryf John S. Galbraith, ‘the military did not always adhere to the letter or spirit of this understanding. The death penalty was imposed on relatively few colonial subjects in proportion to the total number convicted for various offences in support of the republican forces.... But the manner in which executions were carried out evoked rage and hatred far beyond the numbers involved. General Sir John French ordered relatives and all male residents of Dordrecht to attend public executions in July 1901, presumably as a means of striking terror into the population which he considered throroughly disloyal.’Ga naar eind73 Op 13 Julie 1901 is 'n jong man, J.P. Coetzee, op Dordrecht in die openbaar tereggestel en drie dae tevore het dieselfde lot 'n ander jong man, F.A. Marais, op Middelburg getref. Die liberale Britse koerant Morning Leader het hierdie openbare teregstellings as skandalig beskryf: ‘Two repetitions of Slachters' Nek in one short week will neither be forgiven nor forgotten as long as there is a Marais or a Coetzee to tell the tale. To Englishmen and to | |
[pagina 127]
| |
English Colonists, to whom South Africa is home, it is a terrible awakening to find that English officers in an English Colony are capable of proceedings which, as far back as 1868, were by statute law of England forbidden. They feel that even prior to that date attendance of executions in England was at any rate voluntary, it was never compulsory but in South Africa the tradition of England seems to have been forgotten, or to be wilfully laid aside.’Ga naar eind74 Leipoldt, wat die verhore van Marais en Coetzee bygewoon het,Ga naar eind75 was dieselfde mening toegedaan. In 'n hoofartikel in The South African News van 12 Julie 1901 - een van die weiniges wat hy vir sy eie koerant oor die oorlog en die Britse politiek lewerGa naar eind76 - skryf hy oor die euwels van krygswet en die openbare teregstellings: To-day we enter upon the twenty-second month of the war, in which, according to the statement of Lord Milner, the Sovereign's representative in South Africa, quite the most competent authority on the subject, ‘Great Britain set herself from the first to make an end of the business once and for all; to make South Africa one country under one flag, and with one system of law and government’. Nobody outside the walls of a lunatic asylum even pretends that an end has been made of what the High Commissioner so very gracefully alludes to as ‘business’; but, since credit should be given where credit is due, Lord Milner and those who applauded his policy may be congratulated - if, indeed, it is a matter for congratulation - on South Africa practically enjoying one system of law. That one system is Martial Law, which is to-day in force from the boundaries of the Cape Division to the Zambesi. Government in that vast area there is none...Everywhere there is confusion, and in the greater part of this southern Continent there is ‘ruin upon ruin, rout on rout, confusion worse confounded’. That is what Great Britain, once ‘dear for her reputation through the world’, has to show civilisation after an attempt, lasting 21 months, to deprive two small farming communities of the right to govern themselves; and that she spared nothing to effect this unholy object, the lengthy casualty rolls and the Chancellor's gigantic figures bear testimony, which is only too eloquent. Hy hoop dat die toekoms 'n vooruitgang op hierdie ‘inglorious campaign’ sal bring en: | |
[pagina 128]
| |
that the inhabitants of the Colony under martial law were being treated by their temporary rulers with the consideration which is their due at the beginning of the 20th century. But what are we told? A young Dutchman is sentenced to be executed at Middelburg in this Colony, which town, we were informed, General French recently made his headquarters. From a telegram passed by the Censor and communicated to the newspapers for publication, we learn that ‘Many of the leading residents were ordered to attend and were present’ at the execution. If it is true that this painful duty was imposed upon the residents of Middelburg, we have no hesitation in stigmatising it as a brutal and degrading order - an order, moreover, wholly opposed to the feelings not only of every Englishman, but of every Christian the wide world over. There was, of course, a time in the history of England when executions were public; but more than 30 years ago - to be precise, in 1868 - an Act was passed by the Imperial Legislature prohibiting public executions. That Act limited the spectators of these grim tragedies to the sheriff, gaoler, chaplain, and surgeon of the prison, and such other prison officers as the sheriff requires or allows. The public are always rigidly excluded - but in the little township of Middelburg they are, it would seem, ordered to attend. This, thank God, was never the case in England. Executions were public, and people sufficiently curious or morbid enough to find excitement in such awful scenes were not refused admission; but their presence was voluntary, not compulsory. We profess to be going to teach the Boers the blessings of civilisation, and we begin in this, our own Colony, by the issue of this order, which is repulsive to the feeling and the sentiment of every civilised man, and is, moreover, contrary to the statute law of England. Leipoldt protesteer teen die mag van die tribunaal, bestaande uit drie militêre offisiere, om oor lewe en dood te beslis, veral omdat geen appèl moontlik is nie. Hy vra ten slotte wat die eerste minister van die Kolonie in verband met die openbare teregstellings gaan doen. Die teregstelling van Coetzee en Marais kon moontlik vir Leipoldt die aanleiding tot sy monoloog ‘Oom Gert vertel’ gewees het, al speel die geskiedenis van Piet Bester, 'n Kaapse polisieman wat gedros het, hom by die Boeremagte aangesluit het en daarop deur 'n Engelse krygshof op Dordrecht ter dood veroordeel is, ook in die gedig mee. Volgens | |
[pagina 129]
| |
die Britse offisier wat die teregstelling moes lei, het Bester geweier om geblinddoek te word en het hy versoek om van voor af geskiet te word.Ga naar eind77 Dit is 'n gegewe wat Leipoldt gebruik, al wysig hy die fusillering tot 'n hangdood: Die kakies het oor Bennie se gesig
'n Sakdoek of 'n kopdoekie of iets
Net soos 'n mus wil trek, maar Bennie vra -
En nog op Engels ook: hy kon dit praat -
Of hulle hom nie sonder dit kon hang nie.Ga naar eind78
Met die afkondiging van krygswet in die noordoostelike distrikte het honderde Koloniale boere die wapen opgeneem om saam met die Republikeine teen die Engelse troepe te veg. Op Oujaarsaand 1900 skryf Leipoldt in Kaapstad in 'n stuk wat op 22 Januarie 1901 in Het Nieuws van den Dag verskyn, dat die strate vol is van halfdronk Tommies en plesiersoekers. Aan die gevegsfront was die gebeure van die afgelope vier weke werklik merkwaardig. ‘De Boeren,’ skryf hy, ‘in kleine groepen van 200 en 500 man - in 't geheel zeker niet meer dan 2000 - zijn de grenzen der kolonie overgetrokken en hebben verschillende dorpen in bezit genomen.’ Hulle is nou verder suid as wat hulle ooit was en die ‘heeren militairen kunnen er noch kop noch staart uit wijs worden’. Hy was in Desember met die spesiale hof op Colesberg, waar daar verskeie aangeklaagdes was. Colesberg was steeds onder krygswet, ‘maar de kommandant is een man die veel menschenkennis bezit en die bovendien een gentleman is’, 'n stelwyse wat later in ‘Oom Gert vertel’ sal terugkeer: Ou Smith, die magistraat - hy is 'n man
Vir wie ek eerbied voel, al is hy Engels:
Hy was tog altyd nog 'n jentelman,
En het met onse mense akkordeer.Ga naar eind79
‘Maar’, gaan Leipoldt voort, ‘wij waren er pas acht dagen, toen op eens een halfdoode soldaat de straat opreed met een vaart en regelrecht naar den kommandant liep. Eenige uren later - want er wordt niet met zooveel spoed gemobiliseerd als de officieren in de kantienen zijn en de manschappen met de gekleurde meiden in de achterhoeken schuilen - was alles in rep en roer...Later weer kwam er bericht - ja de Boeren hebben | |
[pagina 130]
| |
een van onze voorposten nabij de dorp aangevallen. De stadswachten werden uitgeroepen.’ Oor hierdie verrassingsaanvalle van die Boere skryf Leipoldt verder op 15 Februarie 1901 in Het Nieuws van den Dag 'n stuk waaruit sy beeldingsvermoë en skryfvaardigheid duidelik blyk. Niemand weet waar die Boerekommando's hulle bevind nie, ‘want zij zijn als dwaallichtjes, die nu hier, dan daar verschijnen. Dit echter staat vast, dat zij heel op hun gemak overal paarden commandeeren en dwars door de Britsche lijnen trekken, alsof ieder commando een De Wet als leider had.’ Die jingo's, sê Leipoldt, dring daarop aan dat die rebellerende Kolonialers wat hulle aan hoogverraad skuldig maak, volgens die wet gestraf moet word, terwyl die Bondsparty daarvoor pleit dat slegs die belhamels gestraf en aan die ander amnestie verleen word. Kolbe, deel Leipoldt op 15 Oktober 1901 mee, druk die algemene gevoel van die mense uit waar hy oor die rebelle skryf: ‘Tegen de wet hebben zij gezondigd, maar in mijn hart kan ik ze niet veroordeelen.’ Maar die Afrikaners in die Kolonie doen volgens Leipoldt veels te min om die Boere te help. Hulle gee soms wel 'n paar pond vir 'n fonds ten behoewe van die republieke en die verdrukte vroue, maar hulle protesteer nie teen die onreg wat die Boere aangedoen word nie. In sommige stukke wat Leipoldt lewer, hoon hy die Britte weens hul halfhartigheid en leuens. Op 'n sarkastiese wyse wei hy op 15 Februarie 1900 in dieselfde koerant uit oor die valse manier waarop die Britte die verloop van die oorlog aanbied. ‘De Boeren’, skryf hy, ‘worden altoos regelmatig teruggeslagen, zelfs al behouden zij ook hunne posities, neen zelfs al kiezen hunne tegenstanders ook het hazenpad. Wat vele nieuwigheden heeft de oorlog niet ingevoerd, in militaire terminologie zoowel als in diplomatieke taal. Een nederlaag heet een overwinning. Een overwinning, al is zij ook microscopisch, wordt als een Waterloo beschouwd. Het wegloopen heet een “advance”; het ontruimen van een voorheen ingenomen dorp wordt bestempeld als een “beweging, vereischt door de militaire noodzakelijkheid”. Men zal haast een nieuw woordenboek voor officieren in het Britsche leger moeten uitgeven ...’ Op 13 November 1900 skryf hy oor Roberts, wat voortgaan met die afbranding en verwoesting van huise in die republieke. ‘Men vergelijkt’, gaan hy voort, ‘zijn daden met die van den Basuto-koning Moshesh, die vroeger ook tegen de Boeren krijg voerde, maar zich daarbij onderscheidde door ongemeende ridderlijkheid. Geheel anders dus dan wat de soldaten van den Britschen opperbevelhebber uitrichten. Moshesh bijvoorbeeld gelaste zijn krijgers, | |
[pagina 131]
| |
vóór zij op kommando trokken, dat zij tegen de Boeren moesten strijden, maar niet tegen de wees of de vrouw die geen beschermer had. De geschiedenis vertelt voorts dat toen een van Moshesh's impis of commando's een woning verbrand had waarin zich slechts een arme Boerenvrouw bevond, hij haar dadelijk een troep vee en beesten, als schadevergoeding, toezond, bevelende dat de roekelooze zwarten gestraft zouden worden.... Nu vergelijkt men de houding van Moshesh met die van Lord Roberts.’ Hierdie kritiek op die Britte se amorele krygsverrigtinge beteken egter nie dat Leipoldt onkrities gestaan het teenoor die Boere se saak en die wyse waarop hulle uit hulle invalle in die Kolonie en die anneksasie van dorpe probeer munt slaan het nie. In Kaapstad was sy beste vriende trouens Engelse. Nie almal van hulle was - soos Merriman - die Boeresaak goedgesind nie, en 'n mens kan aanvaar dat die oorlog, saam met die politiek en die taktiek van die twee opponerende partye, van tyd tot tyd in gesprekke tussen Leipoldt en sy vriende ter sprake gekom het. 'n Aanduiding van hoe Bolus oor die oorlog gevoel het, kan 'n mens aflei uit 'n brief wat hy op 15 April 1902 - dit wil sê, ses weke voor die Vrede van Vereeniging - skryf wanneer Leipoldt hom in Londen bevind. ‘I believe’, skryf Bolus, ‘the end is rapidly approaching. I never forced the subject with you, but preferred to talk of other things on which we could more probably agree. But my convictions never wavered after war was once declared. The best of the Boer character I respect as much as any one but I believe that Kruger and his followers represented not the best but the worst of it. The discovery of gold and its consequences brought out this worst, and stifled its best. Corruption, and lust for gold, did a deadly work - but superadded to this in my view was the practical irreligion induced by the Calvinistic creed, and its immoral doctrine of justification by faith alone - preached to them in and out of season by their ministers in place of the inculcation of common honesty, truthfulness, and mercy and love to their fellow-creatures, white and coloured.... That the Boers of the Transvaal should have wished to maintain their independence, I think, was a legitimate ambition, per se, and if their Government had been decently honest and tolerable I should have felt that they were in the right and would have taken their side. But the case was far otherwise, not only were they so bad as to be intolerable to any decent neighbour, but as is now known, and as you know, they incited the O.F.S. which had no quarrel with us, - whose independence we had freely | |
[pagina 132]
| |
given, and always respected, to join in declaring war against us (even bribed into it by Kruger's gold, paid to certain leaders, as is alleged) - and worse still, incited the Cape Boers to rise against us, to whom had been given such liberties that they even had the Government of the Colony in their own hands on several occasions, directly or indirectly so - and worst of all, incited the Basutos (whom we were restraining) to rise against us. What then must be the judgment of an informed, honest and loyal Englishman!’ Hoewel Bolus elders in sy brief die Jameson-inval ten sterkste afkeur en Rhodes as ‘an unscrupulous man’ beskou, is dit opvallend dat hy die groot onreg van die konsentrasiekampe en die euwels wat met die toepassing van krygswet gepaard gegaan het, glad nie noem nie. In sy antwoordGa naar eind80 van 7 Mei 1902 op hierdie brief sê Leipoldt dat sy verlede en agtergrond hom ten gunste van die Boeresaak beïnvloed het. Maar gebeure, gaan hy voort, ‘which have happened since the outbreak of hostilities, new facts which have come to light or theories which have thrown a new glow on old facts, have served to modify (my) opinions in some respects. My own view with regard to the whole matter is that South Africa as a whole should be allowed to choose her own control. I was as much against Krugerism and Bondism as any one would be and my ideal South Africa was not a Dutch MontenegroGa naar eind81 with Kruger as hereditary head and a right of reversion to Mr Reitz, or him failing, Dr Leyds.’ En in aansluiting by sy brief van 1896 aan die Cape Times formuleer hy sy ideale staat as ‘a broad commonwealth...where there should be distinctions neither of race nor of creed nor colour, and one concerned utterly with its internal affairs with schemes for the betterment and improvement of the country and not with plans for foreign and extra-territorial expansion’. Van die gebeure sedert die uitbreek van die oorlog waarvan Leipoldt hier praat en wat hom 'n ander blik op die Boeresaak gegee het, vermeld hy in Het Nieuws van den Dag van 27 Junie 1901, 'n artikel wat hy reeds op 1 Junie in Kaapstad geskryf het. Wanneer hy die stuk skryf, is hy pas terug van 'n reis na Aliwal-Noord, Barkly-Oos en ander noordoostelike distrikte, dié streke wat aan die begin van die oorlog deur die Boere binnegetrek, in besit geneem en geannekseer is. Wat vir Leipoldt as 'n skok gekom het, is ‘dat de Republikeinen, die den oorlog verklaarden, naar zij zeiden, slechts om hun land en hunne vrijheid te behouden,...werkelijk van plan waren hunne landsgrenzen uit te breiden’. Proklamasies is gepubliseer waarin verklaar word dat die een of ander distrik in die Kaapkolonie | |
[pagina 133]
| |
Vrystaatse gebied geword het. Van die Boerekommandante het verwag dat duisende Kolonialers hulle onder die Vrystaatse vlag sou skaar, maar slegs 'n paar dosyn was bereid om aan te sluit. Daarop is die mense gekommandeer, met die gevaar dat hulle later as rebelle in hegtenis geneem en tereggestel kon word.Ga naar eind82 In die hofsake waarby Leipoldt teenwoordig was, het die beskuldigde telkens gesê ‘dat hij gedwongen werd de wapenen op te nemen’. Dikwels was dit inderdaad die geval, al het Leipoldt by geleentheid in teenwoordigheid van advokaat Henry Burton opgemerk: ‘What, none guilty? Is there not one who will plead guilty and say under the circumstances I'll do the same again?’Ga naar eind83 Enkele kere was die modus operandi dat 'n bepaalde burger 'n kommandobrief ontvang waarin hy beveel word om op 'n bepaalde datum met perd, toom en saal, dertig patrone en proviand te verskyn. Weier hy om hieraan gehoor te gee, word hy met £37.10.0 beboet en onmiddellik daarna weer gekommandeer. Weier hy weer, word hy nogmaals beboet, al het niemand 'n tweede keer geweier nie. Oor dit alles sê Leipoldt: ‘Helaas, hoe meer men de ware feiten van het in bezit nemen van koloniale districten nagaat, des te meer moet men de handelingen van de Republikeinen afkeuren. En nu zijn er, die alles, wat door hen gedaan werd, goedkeuren. Voor dezulken kon geen Boerengeneraal een fout begaan en durft men iets van de Republikeinen zeggen, dan spreken ze alsof men een landverrader of wel een Engelsche Jingo van de slechtste soort is.’ Hoe sterk Leipoldt oor hierdie aangeleentheid gevoel het, blyk uit sy roman Stormwrack, wat hy in Desember 1931 voltooi. In die geannekseerde distrikte, so word Storam in die roman meegedeel, is die burgers opdrag gegee om hulle by die Republikeinse magte aan te sluit onder die voorwendsel dat hulle nou burgers van die Vrystaat is. Dit lei tot die afkondiging van krygswet in distrikte wat nog nie binnegeval is nie, iets wat volgens Storam die simpatie vir die Republikeinse saak laat afneem. ‘The Republicans must know’, sê hy, ‘that every man who joins them under these conditions is a rebel, and liable to be shot when captured. I can understand the Boers making full use of volunteer rebels. But to me that policy of bludgeoning and cajoling men into rebellion, well knowing that the poor fools must inevitably suffer, while real Republican subjects are immune from reprisals, is perfectly damnable.’Ga naar eind84 Ook in Bushveld doctor, wat hy in 1937 publiseer, kom Leipoldt op dié saak terug. In hoofstuk IV van dié boek skryf hy: | |
[pagina 134]
| |
During the Boer War the republican commandos invaded the Cape Colony and proclaimed parts of it republican territory. The Dutchspeaking farmers in those ‘annexed’ divisions were told that they were now republican burghers and had to fight in the commandos. When the districts were reoccupied, these men, who were British subjects and technically rebels, were arraigned before a special court of three judges and were tried on charges of treason, murder and various offences. It was a circuit court, travelling from district to district, and it tried many rebels, with the majority of whom one could not help sympathizing, since they had gone into rebellion, not always because they rebelled against the government under which they lived, nor because they so whole-heartedly sympathized with the cause of the republics, but because they had been induced to believe that they were by annexation republican subjects and as such bound to fight in the commandos. The republican leaders who cajoled them into this belief knew perfectly well that every man they recruited in the Cape Colony ran the risk of being summarily shot as a rebel when captured; they themselves, being republican burghers, could claim the privileges of prisoners of war, but their dupes could not reckon on such immunity. Yet the action of these leaders has never been repudiated by those who write about the war from the Boer side; it is taken for granted that they acted from motives of high patriotism and that their cunning merits praise instead of protest.’Ga naar eind85 Afgesien van die helder wyse waarop Leipoldt hier skryf, lei 'n mens uit gelaaide woorde soos ‘dupes’ en ‘cunning’ af hoe sterk hy steeds vyf en dertig jaar ná die Vrede van Vereeniging oor dié aangeleentheid voel. Niks is trouens verder van die waarheid af nie wanneer G. Dekker in die eerste uitgawe van sy Afrikaanse literatuurgeskiedenis beweer dat daar omstreeks 1920 in Leipoldt se ‘politieke gevoelens’ ná die ‘vaderlandse’ verse van sy eerste bundel ‘'n groot omkeer’Ga naar eind86 kom. So 'n uitspraak hou nie rekening met die werklike humane inhoud van sy gedigte oor die Anglo-Boereoorlog nie en weerspreek die gegewens wat uit 'n ondersoek van die relevante dokumente aan die lig kom. Daar was by Leipoldt nooit sprake van 'n politieke ommekeer nie. Hoewel hy die saak van die Boere goedgesind was, het sy simpatie nie voortgespruit uit 'n enge patriotisme nie. Dit het basies berus op sy gevoel vir regverdigheid en sy medemenslikheid by die aan- | |
[pagina 135]
| |
skoue van so baie leed wat die oorlog meegebring het. Dat hy met die publikasie van Uitdrie wêrelddele, soos Dekker beweer, 'n groot ommekeer beleef en sy kritiek op die saak van die Boere eers in Stormwrack en Bushveld doctor formuleer, word geloënstraf deur wat hy oor hulle optrede in die noordoostelike distrikte in Het Nieuws van den Dag skryf. 'n Mens kan hoogstens sê dat hy sy verontwaardiging later duideliker verwoord het. | |
VHoewel Leipoldt in die loop van 1901 steeds die verrigtinge van die rondgaande hoogverraadhof bygewoon het, is sy aanwesigheid toenemend van April af in die kantore van The South African News in Kaapstad vereis. In April 1901 is vier koerantredakteurs daarvan beskuldig dat hulle opruiende of lasterlike artikels gepubliseer het. Hulle was L.E. de Jong van die Worcester Advertiser, J.A. Vosloo van Het Oosten op Somerset-Oos, Malan van Ons Land en Cartwright van The South African News.Ga naar eind87 Cartwright is vervolg op grond van 'n artikel waarin beweer is dat Kitchener drie keer opdrag aan sy troepe gegee het om Boere nie gevange te neem nie maar tot die laaste man dood te skiet, selfs al dra hulle 'n wit vlag. Kitchener het hierdie bewering ontken. Cartwright se verweer dat sy berig 'n bona fide-fout was en eers geplaas is nadat dit in die Londense Times verskyn het en daarna deur drie Britse blaaie en 'n Port Elizabethse koerant oorgeneem is, het geen gewig gedra nie. Hy is op grond van opruiende laster tot 'n jaar gevangenisstraf gevonnis.Ga naar eind88 In hierdie omstandighede is Leipoldt, toe nog nie twintig jaar oud nie, gevra om as agerende redakteur van The South African News op te tree. Dit was, soos Leipoldt self in sy artikel oor Merriman te kenne gee, 'n waagstuk,Ga naar eind89 maar sy taak is grootliks vergemaklik deur ‘die briljante stoet buitestaande hoofartiekel-skrywers’, onder wie Merriman en Kolbe. Kolbe het elke Woensdag en Saterdag die hoofartikels geskryf en was, soos Leipoldt dit later sou stel, ‘'n eersteklas joernalis, wat dadelik die kern van 'n saak kon raaksien en die gawe besit het om sy standpunt kalm maar met nadruk te verdedig in taal en 'n styl wat onberispelik was. Hy het veral uitgeblink in fyn satire en ironie, ofskoon hy soms ... in 'n hoofartikel 'n toppunt van verhewenheid kon bereik deur die gebruik van eenvoudige, meestal eenlettergrepige woorde.’Ga naar eind90 Leipoldt se eie hoofartikels is gewoonlik na'n bespreking van 'n paar punte met Sauer of na ontvangs van | |
[pagina 136]
| |
'n kort nota van Merriman geskryf. Op 'n namiddag kort nadat hy die redakteurstoel ingeneem het en nog nie goed bekend was met die plattelandse medewerkers van die blad nie, het Merriman hom voorgestel aan W.C. Scully, ‘ons mees vooraanstaande digter’,Ga naar eind91 soos Merriman hom genoem het. Besonder gou het daar 'n goeie verhouding tussen Scully en Leipoldt ontwikkel en het Scully ook artikels vir die koerant gelewer. Wat Leipoldt veral gewaardeer het, is dat Scully hom in behoorlike taal helder kon uitdruk en dat hy uitsluitend geskryf het oor dinge waarmee hy deeglik op die hoogte was.Ga naar eind92 Dit is opvallend dat van Leipoldt se eie hoofartikels in The South African News - almal van 1901 - net 'n paar oor die onmiddellike politiek van die dag handel. In die uitgawe van 12 Julie skryf hy oor openbare teregstellings, een van die stukke wat oor sy ervarings saam met die rondgaande hoogverraadhof handel. Op 2 Julie verskyn 'n stuk van hom oor 'n rebel wat hy op Colesberg ontmoet het, maar dit is 'n karakterskets sonder politieke ondertone. Meermale handel sy hoofartikels oor neutrale onderwerpe, soos die Nederlandse literatuur in Kaapstad (26 Julie), die manier waarop mense hulle name teen Leeukop en op ander openbare plekke uitkrap en die natuur ontsier (29 Julie), die natuurskoon van Tafelberg (19 Augustus) en die dood van president William McKinley van die VSA (16 September). In ‘Our times’ (22 Augustus) besing hy, uitgaande van Tine in Multatuli se Max Havelaar, die lof van die vrou met allerlei toespelings op die leed in die konsentrasiekampe - 'n voorspel tot die slot van ‘Vrede-aand’ in Oom Gert vertel en ander gedigte. In ‘The argument of Tenterden Steeple’, wat hy op 5 September publiseer, raak hy egter regstreekser aan 'n gevoelige politieke kwessie. Die onrus in die land vandag, skryf Leipoldt, berus nie op verskille tussen ras en kleur nie. ‘Dutch and English’, gaan hy voort, stood together in the past and can stand together again in the future, as at present they are in many instances standing shoulder to shoulder. Native and white man have stood together ere this; they can do so once more. The cause that keeps the people apart lies not here but elsewhere; not in the Republics, but in Downing Street. It is the same cause that made the burghers of the days of the East India Company kick against the exploitation of this Colony for the benefit of that Company. Take that cause away, allow South African questions, the question of race, of colour, of creed, of what language we should | |
[pagina 137]
| |
speak, and what we should call ourselves - leave these questions for South Africans to settle, and do not, when they are about to settle them, bring bayonets and lyddite shells into the council; then the unrest will vanish away and real and permanent peace will replace it. En op 9 September vra hy in die lig van die voortdurende krygswetregulasies om 'n verklaring van regte vir die Kolonie. ‘Measures, too often vindictive, brutal, and unjust,’ skryf hy, ‘have been tried and are being tried to break the spirit of the people whose offence is that they have opinions of their own and adhere to them.... If the Colony must be ruled by martial law, let it be reasonably administered, let us not suffer the enactments of a set of intolerant officials who not seldom spend their time in giving dances and drinking parties, while the lives and liberties of those who have been placed in their charge are endangered by their folly.’ In drie verdere hoofartikels staan hy sterk krities teenoor Milner, Kitchener en die Britse regering. Die Uitlanders se griewe, skryf hy op 26 September, is ten volle misbruik ‘to produce this chaos and gehenna which we see around us to-day’, al gee hy toe dat daar griewe was en dat ‘we have never held a brief for Krugerism’. Hy gaan voort: Notwithstanding the most emphatic declarations on the part of British statesmen that England had no right whatsoever to interfere in the internal reforms of the Transvaal, they suggested such interference, and clamoured for coercion if fine words would not serve. Few chapters in modern history read so pathetically painful, but at the same time so pitifully ludicrous as that of the negotiations attending and following the Bloemfontein Conference and the suggestion for a joint inquiry.... And now the grievances are dead, while the wretched results of the policy that boomed them are everywhere around us. Op 7 Oktober kla hy oor die geld wat in die land deur die ‘verskroeide aarde’-beleid van Kitchener vermors word. ‘We do not intend to dilate’, skryf hy, ‘on the destruction wrought even in this Colony; we do not wish to mention how many farms have been burned, how the country has been devastated, even in the dorps and villages so near at hand; how the sheep have been killed, tillage and agriculture neglected, trade at every important point almost brought to a standstill, and all the channels from which | |
[pagina 138]
| |
this Colony derives its revenue choked by war dust.’ En op 8 Oktober vind hy dit jammer dat Engeland in Suid-Afrika nie meer die aansien van vroeër geniet nie. Intussen het die Schreiner-ministerie, wat sowel van pro-Britse as pro-Boer-kant gekritiseer is, tot 'n val gekom oor die vraag of amnestie verleen moes word aan die rebelle wat in die vroeë maande van die oorlog aan die kant van die Boere geveg het. Die kabinet bedank op 17 Junie en 'n nuwe ministerie kom tot stand onder leiding van sir Gordon Sprigg, 'n man wat, hoewel sy beleid sonder voorbehoud pro-Brits was, Milner later beskryf het as ‘the most hopeless man, weak, obstinate, and vain’.Ga naar eind93 Krygswet was steeds van krag, maar Kitchener het nou voorbrand gemaak om dit uit te brei na die Kaapse hawens, veral om die koerante by te kom wat die Boere steun. Op Woendag, 9 Oktober 1901, om 2 nm., is die krygswet in Kaapstad afgekondig. Twee minute later is die kantore van The South African News ná die gedrukte proklamasie deur die polisie deursoek. ‘They bore with them’, skryf Leipoldt in The Manchester Guardian van 5 November 1901, ‘a warrant signed by the base commandant giving them the right to search the premises for treasonable documents.... The building was thoroughly searched, the editorial being specially attended to, but although some papers were taken away, the searchers found nothing which could be in any way construed as treasonable.’ Die redaksie het egter vermoed dat alle pro-Boer-blaaie, in die besonder The South African News en Ons Land, onderdruk sou word sodra krygswet in Kaapstad afgekondig is. Op Donderdag, 10 Oktober, en Vrydag, 11 Oktober, het die News betreklik gematigde hoofartikels gepubliseer, al het dié van Vrydag kommentaar bevat op die standpunt wat Sprigg en sy kollegas teenoor Chamberlain inneem. Op Saterdag, 12 Oktober, verskyn egter 'n satiriese hoofartikel onder die titel ‘Spring time’ deur Kolbe, volgens Leipoldt ‘die beste stuk wat hy vir my geskryf het’.Ga naar eind94 Daarin lewer Kolbe, met uitweiding oor die lente, 'n sterk sarkastiese berisping van Sprigg oor die voortbestaan van krygswet in die Kolonie. Die toespelings tussen die lente en die premier was besonder fyn, tot op die klankooreenkoms tussen ‘spring’ en ‘Sprigg’ af. ‘One of the wisest books ever written’, skryf Kolbe, is Alice through the looking-glass. It is, moreover, specially appropriate to our own days. Everything in Topsy-turvy Land is back foremost, inside out, and upside down. We are no longer in the British Constitution, and in everything we say or do we have to consider whether we | |
[pagina 139]
| |
shall please somebody or other of whom we know no more than the Oysters knew of the Walrus. Politics do not exist, and a political newspaper gasps for breath in the vacuum. ‘The time has come,’ the Walrus said, ‘to talk of many things; of shoes - and ships - and sealing-wax - of cabbages - and kings’ - but not of politics. We require a little time to accommodate ourselves to the new state of things. If we had been born under a Russian autocrat, we should, of course, have gradually trained ourselves to proportion our speech to our environment. As it is, we candidly confess that we do not find ourselves at home. If we complain, we hear the voice of the Walrus saying to us, ‘The night is fine: do you admire the view?’ So we turn to the view. We hope there is no offence in speaking of the flowers that bloom in the spring, tra la! It is a universal English custom to talk of the weather by way of a preliminary feeler towards subjects more personal or more interesting. In dié trant gaan Kolbe voort, met fyn toespelings op die politieke situasie in die Kaapkolonie. Dieselfde Saterdag waarop Kolbe se stuk verskyn, word die besturende direkteur van die News, Centlivres, om 11.15 nm. beveel om hom die volgende oggend om 9-uur by die basiskommandant, kolonel Cooper, in die Kasteel aan te meld. Daar is hy meegedeel dat indien enigiets verraderlik, opruiend of van waarde vir die vyand in die koerant verskyn, almal wat met die blad te make het, verantwoordelik gehou sal word. Cooper het verder gedreig dat indien enige artikels verskyn waarin die burgerlike, militêre of vlootoffisiere van Sy Majesteit belaglik gemaak word, verdere uitgawes van die blad onmiddellik stopgesit sou word.Ga naar eind95 Daarmee was die skrif vir die direksie aan die muur. Die direksie het gevoel dat daar van nou af daagliks probleme by die koerant sal wees en dat die vryheid van die pers in so 'n mate deur die toepassing van die krygswet aangetas word dat dit geen sin het om met die koerant voort te gaan nie. Die laaste uitgawe verskyn dan ook op Maandag, 14 Oktober. In hierdie laaste hoofartikel begin Leipoldt met 'n opsomming van die naweek se gebeure by die koerant. Hy gaan voort: We feel sure that we are only giving expression to the unanimous feelings of our shareholders and of all our friends and supporters when we declare that with such restrictions imposed upon us we | |
[pagina 140]
| |
could only decide to discontinue for the present the issue of The South African News. If such articles as appeared on Friday and Saturday last will not be allowed; if Sir Gordon Sprigg and his colleagues whose salaries Colonial taxpayers pay are to be above criticism by Colonists; if we may not even write about the seasons of the year, the functions of a newspaper neither owned nor controlled by Mr. Cecil Rhodes have for the present disappeared. Klaarblyklik was hierdie hoofartikel die laaste strooi, want dieselfde dag het die polisie die kantore van die koerant gesluit. Dit was egter 'n futiele daad, want die direksie het toe reeds besluit om uitgawes te staak totdat 'n gunstiger bedeling vir die pers in die Kolonie aanbreek. Betreklik gou na afloop van die Anglo-Boereoorlog, in Augustus 1902, kon die publikasie van The South African News hervat word. Maar in daardie stadium was Leipoldt reeds in Londen, waar hy op die punt was om hom by Guy's Hospital as mediese student in te skryf. Hy sou later uit Londen aan die koerant meewerk. | |
VIIn sy jare as joernalis in Kaapstad het Leipoldt naas sy joernalistieke werk betreklik min gepubliseer. Dit is egter heeltemal verstaanbaar, aangesien hy met die rondgaande hoogverraadhof en sy werk as oorlogskorrespondent vir 'n menigte buitelandse blaaie ontsettend besig moet gewees het. En daarnaas het hy sy belangstelling in plante verder uitgebou en reeds begin om intensief in die kookkuns geïnteresseerd te raak. | |
[pagina 141]
| |
As 'n mens Leipoldt op die woord af kan glo, het van die vroegste verse wat later in Oom Gert vertel en ander gedigte opgeneem is, in sy tyd as joernalis en snelskrywer by die rondgaande hoogverraadhof ontstaan. In ‘Eerste skoffies’, wat op 1 Desember 1933 in Die Huisgenoot verskyn, sê hy dat die dramatiese monoloog ‘Oom Gert vertel’ geskryf is op Dordrecht ‘na aanleiding van wat 'n oubaas aldaar vir my vertel het, ... min of meer realisties, met, natuurlik, vervalsing van name en plekke’.Ga naar eind96 Ook ‘Japie’ is ingegee deur ‘die klagte van 'n vriend’,Ga naar eind97 terwyl ‘Die seepkissie’ geskryf is ná sy terugkeer van Aliwal-Noord, waar hy die konsentrasiekamp besoek het.Ga naar eind98 Uit ander gegewens weet ons dat Leipoldt Dordrecht en Aliwal-Noord in 1901 besoek het. Gedagtig aan sy neiging om sy skeppinge altyd vroeër te dateer as wat werklik die geval is, kan 'n mens skepties staan teenoor dié inligting. Tog herhaal hy hierdie inligting en wei hy in Die Huisgenoot van 17 Januarie 1947 verder daaroor uit in sy artikel ‘Oor my eie werk’, waarin hy nie alleen veel noukeuriger met die feite omgaan nie, maar ook vroeëre foutiewe inligting korrigeer. ‘Ou Booi se pondok’, ‘Sterretjie’, ‘Die ou meul’ en ‘Mordegai’ is volgens hom alles jeugwerk, sommige reeds van 1896, terwyl ‘Oktobermaand’ ook in 1896 geskryf is.Ga naar eind99 ‘Oom Gert vertel’, sê hy nou, het hy in 1901 in potlood neergeskryf en die jaar daarna in verbeterde vorm oorgetik. Dit is egter moeilik om te glo dat ‘Op my ou Karoo’ met die reëls ‘Rond oor die wêreld het hy gereis;/ Nêrens was uitkoms vir sy hart’ voor sy sestiende of sewentiende jaar geskryf is, al moet 'n mens die krag van die verbeelding en die inlewing by 'n skeppende kunstenaar nooit onderskat nie. 'n Mens is, op grond van die onderskrif ‘Aliwal-Noord, 1901’ en die reël ‘Die Junie-lug stort oor die stroom van die Vaal’ geneig om Leipoldt te glo dat ‘In die konsentrasiekamp’ in 1901 in Aliwal-Noord ontstaan het, aangesien hy juis in die koue Juniemaand van 1901 by die hofverrigtinge op dié dorp betrokke was. Die vergissing met die rivier se naam - die Vaal in plaas van die Oranje - kan 'n mens maar as 'n Leipoldt-slordigheidjie afmaak! 'n Besonderheid in die gedig, wat egter die jaar 1901 hoogs twyfelagtig maak, is die reël ‘Vergewe? Vergeet? Is dit maklik vergewe?’, aangesien die pleidooi vir ‘vergewe en vergeet’ eers met Botha en Smuts se pleidooi vir konsiliasie 'n bekende wekroep in die Suid-Afrikaanse politiek geword het. Aangesien die oorspronklike manuskripte van hierdie gedigte nie oorgelewer is nie, is dit onmoontlik om vas te stel in watter mate hulle reeds in dié stadium die finale fase van die eerste druk van Oom Gert vertel en ander gedigte bereik het. Daar is egter die getuienis van Lulu Bolus dat Leipoldt op sy skeepsreis na | |
[pagina 142]
| |
Brittanje baie van die bekende gedigte in sy eerste bundel geskryf of voltooi het. ‘During that voyage,’ skryf sy in haar ‘Memoir’ voor in Leipoldt se postume The ballad of Dick King and other poems, ‘stirred to the depths by his experiences in the Anglo-Boer War, with lingering, backward glances at all he was leaving in the beloved homeland, and rejoicing at the approaching fulfilment of the second great dream of his life [om hom as medikus te bekwaam - JCK], Leipoldt wrote many of the poems whose publication in 1911 placed him in the front rank of Afrikaans poets.’Ga naar eind100 Lulu Bolus se inligting klop met Leipoldt se eie uitspraak in die ‘Voorrede’ tot Oom Gert vertel en ander gedigte dat die ‘meeste van die gediggies ... gemaak (is) geword toen ik nog half flou was met die skok van die oorlog, en toen die donder van die Engelse kanonne nog altijd in mijn ore was.’Ga naar eind101 In Londen sou Leipoldt se vriend Johannes Smith later dié gedigte noukeurig deurgaan en talle wysigings voorstel. Reeds in 1899, so sê Leipoldt self,Ga naar eind102 het hy in Engels begin skryf aan Die bergtragedie, wat egter eers in 1932, en toe in Afrikaans, gepubliseer is. Of van die slampamperliedjies in Oom Gert vertel en ander gedigte ook so vroeg ontstaan het, weet ons nie. Dit is egter opvallend dat hy reeds in 'n artikel van 21 Augustus 1901 in The South African News, waarin hy oor die besoek van 'n plattelandse neef aan Kaapstad skryf, die reël ‘Let us go see the streets, boetie’ as motto gebruik en daarmee die bekende toegesproke hoorder van dié liedjies - en dan nog in 'n Engelse konteks - die eerste keer gebruik. ‘My eerste gedrukte versies’, skryf Leipoldt verder, ‘het verskyn in die New Age tydens die Tweede Vryheidsoorlog; 'n paar van hulle is opgeneem in die bundeltjie Oorlogsgedigte wat later deur daardie blad uitgegee is.’Ga naar eind103 Uit 'n ondersoek wat J. Kromhout in 1954 onderneem het, blyk dit egter dat die bundel waarna Leipoldt verwys, in werklikheid die titel Songs of the veld dra. Dit het in 'n beperkte oplaag in 1902 in Londen verskyn en al die verse is oordrukke uit The New Age, 'n Londense tydskrif wat ten tyde van die Anglo-Boereoorlog sterk pro-Boers was. Leipoldt praat van sy ‘eerste gedrukte versies’, maar die twee Engelse sonnette oor Gideon Scheepers, wat M.A. Bax-Botha as die werk van Leipoldt aandui,Ga naar eind104 is in werklikheid van Olive Schreiner, terwyl die ander anonieme verse deur Kolbe, Anna Purcell, Alice Green en Elizabeth Molteno geskryf is. Die enigste gedig wat onder Leipoldt se bekende pseudoniem van dié tyd, F.W.B., verskyn, is ‘The executions in Cape Colony: A fragment’: | |
[pagina 143]
| |
The gibbet and the grave gave life, and will
Give life again to those that strive and strain
For freedom and its cause; nor strive in vain
Those whose desires need force and cords to kill.
The thing is done; or right or wrong 'tis done,
And only the remembrance shall endure.
But not the memory of a wrong shall stand
More firm or rooted faster or more sure.
And it shall serve to keep this dismal land
More dismal till the final aim is won.
Cape Town, July 30, 1901Ga naar eind105
Nog voor die publikasie van hierdie gedig is Leipoldt besonder getref deur 'n voorval uit die Anglo-Boereoorlog waarvan hy regstreeks te hore kom en waaroor hy in Het Nieuws van den Dag uitvoerig en sonder vrees vir binnelandse sensuur kon skryf. In 'n artikel van 19 Julie 1900 vertel hy van die wedervaringe van ene mnr. Jager van Hoopstad. Leipoldt skryf: Hij is een man van aanzien, een veldkornet, die nogal wat bezit. Wel, ... zijne vrouw en vier kinderen lagen te bed, ziek aan de koorts. Den geheelen nacht door moest hij bij hen blijven, en toch, ondanks alle hulp, stierf zijn oudste zoontje voordat het dag werd. | |
[pagina 144]
| |
gevangenis zitten. Hij wist natuurlijk niet wat intusschen van zijn zieke vrouw en kinderen, die hij aan zijn bedienden had moeten overlaten, geworden was. Hierdie gegewe gebruik Leipoldt dan in ‘De rebel’, wat in Elseviers Geillustreerd Maandschrift van Desember 1900 gepubliseer word, behalwe dat hy in die plek van die baba die vrou laat sterf, terwyl die man - hier Elias Liebenberg genoem - in die gevangenis aangehou word. Met sy terugkeer na die plaas is hy só verbitterd dat hy hom as rebel by die Boeremagte aansluit. Die boeiende in die verhaal is egter die slotgedeelte. Daaruit word dit duidelik dat die hele episode deur 'n magistraat aan die verteller oorgedra word. Die magistraat se manier van praat en die parafernalia met sigaar en die glas wyn wat hy aanbied, is die ‘Britse’ ekwivalent vir oom Gert se tabak en koffie. Maar agter hierdie parafernalia voel die ingeligte leser dat hy reeds met 'n skrywer te make het wat die literêre tradisie baie deeglik ken. Agter die magistraat en sy toehoorder verrys die groot gestaltes in Robert Browning se dramatiese monoloë: ‘En Elias Liebenberg?’ vroeg ik den magistraat, toen deze mij weer een sigaar aanbood, ‘hij bleef toch loyaal?’ Is ‘De rebel’ tot op sekere hoogte die voorloper van ‘Oom Gert vertel’, kan 'n mens ‘Bambinelino’,Ga naar eind106 die ander skets wat Leipoldt in hierdie tyd skryf en wat in Desember 1901 in Elseviers Geïllustreerd Maandschrift verskyn, as die prosa-ekwivalent van ‘In die konsentrasiekamp’ en ‘'n Nuwe liedjie op 'n ou deuntjie’ sien. ‘Het was een mooi kind,’ begin hierdie skets, tenger en teer als een ‘aardblommetje’ dat bij de rivier groeide tusschen het hooge, groene gras. Het was mooi omdat het zoo krachteloos, zoo tenger was, omdat het zoo bleek was, met zulke holle oogjes, met zulke kleurlooze lippen. | |
[pagina 145]
| |
Eigenlijk moest het een frisch, gezond, stevig gebouwd kind geweest zijn. Het was in het veld geboren en had moeder's melk gedronken tot dat het gespeend werd en met geitenmelk, versch van den uier, gevoed. Toen had het een kleur; toen was het werkelijk mooi omdat het zoo dartelend, zoo vol lach en leven was. Als men het toen ergerde dan schreeuwde het zoo dat men het heel ver kon hooren, en sloeg met de handjes en beentjes geweldig alsof het voor eens en altoos met je wou afmaken. Toen was het liefelijk geweest omdat het gezond en sterk was. Geleidelik word die beeld van die kind in die konsentrasiekamp opgebou, met die seildoek van die tent ‘vuil en hier en daar verscheurd’ deur die wind, 'n beskrywing wat sekere reëls uit ‘In die konsentrasiekamp’ in die herinnering roep: Hier sit jy en koes teen die wind wat daar suie
Yskoud deur die tentseil, geskeur deur die hael.Ga naar eind107
Wanneer gepraat word van die donker en stil tent waarin die kind lê, dink 'n mens aan die verwante vyfde strofe van dieselfde gedig: En deur elke skeur in die seil kan jy duister
Die wolke bespeur oor die hemel verbrei;
Geen ster skyn as gids; na geen stem kan jy luister.Ga naar eind108
In die skets word verder gepraat van die kind wat as gevolg van die tering moet ‘liggen en wegkwijnen’, 'n siening wat die reëls ‘Jy moet verkwyn in 'n kinderkamp’ en ‘Kinkhoes en tering, sonder melk:/ Bitter vir jou is die | |
[pagina 146]
| |
lewenskelk!’Ga naar eind109 in ‘'n Nuwe liedjie op 'n ou deuntjie’ oproep. En as die spreker sê: ‘Sterf, dan, hier op het veld, dat men zegge, 'ook dat kind heeft zijn leven ervoor gegeven'’, dink 'n mens aan die reeks volgehoue ironieë in die tweede strofe van dié gedig en die skrynende refreinreëls: Vou maar jou handjies dig tesame,
Sluit maar jou ogies, en sê ame!Ga naar eind110
| |
VIIHoewel Leipoldt betreklik gou in Kaapstad goeie vriende gehad het en - ten spyte van sy soms onbeskofte omgang met mense - klaarblyklik 'n stimulerende persoon was om te ken, is dit opvallend dat mense soos Bolus, Hahn, MacOwan, Merriman, Sauer en Koopmans-de Wet almal veel ouer as hy was. 'n Mens vra jou af of hy mense van sy eie ouderdom geken het en of hy hoegenaamd in jong dames geïnteresseerd was. Het die ongelukkige jeug in sy ouerhuis met 'n moeder wat voortdurend gekyf en die lewe vir hom onaangenaam gemaak het, hom van vroue afgestoot? Die getuienis in verband met Leipoldt se vriendskap met mense van sy eie leeftyd en met vroue is uiters karig. By geleentheid het hy egter aan Burgers vertel dat 'n maat - waarskynlik ook 'n joernalis - een aand aan hom voorgestel het dat hulle 'n bietjie die naglewe van Kaapstad moes gaan verken. In een van die gesellige bymekaarkomplekke het hulle twee vroue ontmoet, 'n ligte Deense meisie en 'n brunet. Sy maat het die brunet verkies, terwyl Leipoldt lekker met die Deense meisie gesels het, sonder dat dit ook maar enigsins tot iets seksueels gelei het. Daarna het hy haar nog 'n keer of wat gesien. Op 'n dag neem 'n ander vriend, 'n polisieman, hom saam na die lykshuis om die lyk van 'n vrou te bekyk. Dit was die lyk van die Deense meisie, volgens die polisieman 'n bekende prostituut in Kaapstad. Met die woorde ‘Sy het baie ontvang’ haal die vriend die kleed af, trek die lippe van die vulva oop en wys Leipoldt die veneriese sere. Dit was die eerste keer dat Leipoldt 'n naakte vrou gesien het; en die dood van die vrou en die toestand van die lyk was vir hom 'n geweldige skok.Ga naar eind111 Met 'n ongenaakbare moeder wat hom geen liefde gegee het nie en met so 'n skokkende ervaring by die eerste aanblik van 'n naakte vrou kan 'n mens geredelik verwag dat Leipoldt nie juis begerig sou gewees het om intiem met die teenoorgestelde geslag kennis te maak nie. In later jare is | |
[pagina 147]
| |
dikwels die bewering gemaak dat Leipoldt homoseksueel was, en 'n mens kan die vraag stel of daar enige getuienis in sy jare as joernalis in Kaapstad is wat op 'n homoseksuele verhouding dui. In ‘My jubileumjaar’, wat ongeveer drie maande voor sy dood in Die Huisgenoot verskyn het, sê Leipoldt dat hy in sy vroeëre jare as skrywer dikwels die voorletters F.W.B. gebruik het. ‘Hoekom ek hierdie ... (skuilnaam) uitgekies het,’ skryf hy, ‘is iets waaroor ek nie nou hoef te praat nie, behalwe om te sê dat dit gedeeltelik afkomstig is van 'n persoon wat ek in een van my vroeëre jeugdige verhale as held en kampvegter uitgebeeld het, en gedeeltelik toegeskryf moet word aan 'n romantiese verhouding met iemand wat dieselfde voorletters gehad het.’Ga naar eind112 In persoonlike onderhoude met Burgers en 'n brief aan hom het Leipoldt meer van dié persoon vertel, al verstrek hy in dié brief inligting wat nie met die feite kan strook nie. Die voorletters F.W.B. staan vir Frank William Baxter, vir wie Leipoldt tussen die jare 1890-1894 in Kaapstad leer ken het. Hy was 'n jong Rhodesiese konstabel en het op 22 April 1896 tydens die Matebele-opstand op heldhaftige wyse gesterf toe hy 'n vriend se lewe probeer red het. Of die vriendskap - wat slegs kon ontstaan het tydens die sinodesittings toe Leipoldt saam met die res van sy gesin in Kaapstad was - inderdaad op'n homoseksuele verhouding uitgeloop het, is onmoontlik om vandag te bepaal. In sy weergawe aan Burgers noem Leipoldt dit egter 'n schwärmerische verhouding, die tipe ideële verering wat in dié vroeë jare dikwels by seuns voorkom, die vorm van 'n heldeverering aanneem en van 'n verbygaande aard is. Dat hierdie man egter 'n groot indruk op Leipoldt gemaak het, blyk uit die herhaalde gebruik van die voorletters.Ga naar eind113 Burgers vermoed selfs dat die gedig ‘Japie’, die klag van 'n man oor die verlies van 'n vriend tydens die Anglo-Boereoorlog, in werklikheid 'n verwoording is van Leipoldt se eie verliesGa naar eind114 en dat Japie dus as 'n ‘objective correlative’ vir Baxter dien. Wat verhoudings met vroue betref, weet ons in hierdie stadium van Leipoldt se lewe net van twee wat in die rigting van die amoreuse gelei het, alhoewel die besonderhede oor albei uiters skraps is en 'n mens nie die graad van intimiteit kan bepaal nie. Dr. J. Kromhout beweer in sy doktorale proefskrif oor Leipoldt dat onder enkele ouer mense die vermoede bestaan het ‘dat Leipoldt as jong man op 'n niggie van hom verlief geraak het; dat die liefde wederkerig was; dat daar weens die familieverwantskap van beide ouerskante beswaar gemaak is; dat die verloofdes toe onderneem het, aangesien hulle nie met mekaar mag trou nie, om nooit | |
[pagina 148]
| |
met iemand anders in die huwelik te tree nie; en dat die niggie dit later tog gedoen het’Ga naar eind115 Kromhout het hierdie gerug probeer verifieer by mnr. Ewald Esselen, 'n neef van Leipoldt. In 'n brief van 7 April 1952 antwoord Esselen op Kromhout se navraag: ‘Sy persoonlike lewe was soas u dit beskryf, omtrent die verlowing met sy niggie. Dit was altyd meer of min “taboo” gewees in ons huis om daarvan te praat.’Ga naar eind116 Oor hierdie verhouding het ons dus haas geen besonderhede nie, maar dit moes voor Leipoldt se vertrek in 1902 na Londen plaasgevind het, aangesien sy moeder in 1903 en sy vader in 1911 oorlede is en Leipoldt self eers aan die begin van 1914 na Suid-Afrika teruggekeer het. Gaan 'n mens die genealogiese tabelle na, is daar verskeie niggies, sowel aan die Esselen- as aan die Leipoldt-kant, wat in aanmerking kom, maar dit is 'n futiele spekulasie om te probeer vasstel watter een die waarskynlikste kandidaat is. Daarby, kennende Leipoldt, is die moontlikheid nie uitgesluit dat dit 'n veel ouer niggie was nie. Naas die beswaar van die familie teen die te nabye bloedverwantskap kon 'n moontlike ouderdomsverskil dus 'n faktor gewees het. Ook hieroor is dit futiel om verder te bespiegel. Oor 'n ander vriendskap met 'n vrou weet ons iets meer. By The South African News was Leipoldt bevriend met Sauer, een van die direkteure van die maatskappy en lid van die Kaapse Parlement. By geleentheid het Leipoldt aan Markus Viljoen vertel dat hy met Sauer se dogter Dot (Dorothy Constantia) ‘sou wou getrou het, maar ongelukkig het Van Zyl my voorgespring’.Ga naar eind117 Dié Van Zyl van wie Leipoldt hier praat, is sy jeugvriend Hennie van Zyl, wat op Clanwilliam in die huis langsaan die pastorie grootgeword het. Van Zyl, advokaat en later regter-president van Kaapland, is in 1907 met Dot Sauer getroud. Ook in hierdie geval moet die vriendskap tussen Leipoldt en Dot dus vóór 1902 begin het, want met sy terugkeer was sy reeds met Van Zyl getroud. In later jare, nadat hy hom in 1925 weer in Kaapstad gevestig het, was Leipoldt goed bevriend met die Van Zyls en het hulle seuns, Helm en Paul, gereeld by hom kom tennis speel. Volgens mev. Helen BurtonGa naar eind118 was Leipoldt ook later baie gesteld op Dot en het hulle gereeld saam brug gespeel. Dot moes nog voor haar troue hare aan haar gesig laat verwyder, maar die operasie was 'n mislukking. Op haar huweliksdag was sy swaar gesluier, met die onderste helfte van haar gesig bedek. Later is sy na Europa vir behandeling en is dele uit haar dy op die gesig oorgeplant. Die gevolg van dit alles was dat sy nie maklik in die gemeenskap kon beweeg nie en dat brug eintlik haar enigste afleiding was. Klaarblyklik was sy 'n baie intelligente en baie moedige | |
[pagina 149]
| |
vrou teenoor wie Leipoldt sy lewe lank besonder teer gevoel het. Kort nadat sy in 1937 aan kanker in die gesig oorlede is, het Van Zyl weer getrou, hierdie keer met die medikus Elizabeth Reitz, 'n dogter van president F.W. Reitz. Leipoldt het hom dit erg kwalik geneem. ‘Man, ek kan jou nie vergewe nie. Vir my was 'n lewe te kort om te wag vir daardie vrou; en jy kan haar nie eens tien maande onthou nie’, was sy woorde aan Van Zyl.Ga naar eind119 By geleentheid het hy aan Helm van Zyl gesê dat hy net twee keer aan 'n huwelik gedink het; een van die twee kere was met Helm se moeder.Ga naar eind120 Oor hoe intiem die verhouding tussen Leipoldt en Dot was, kan 'n mens vandag net bespiegel. Miskien het Leipoldt se slegte verhouding met sy moeder en die skokkende ervaring met die Deense vrou hom verhoed om 'n diepgaande verhouding met 'n vrou aan te knoop. Waarskynlik kon hy nie maklik op 'n vrou verlief raak nie en was die drif by hom nie sterk nie. Hoe ook al, albei die Van Zyl-seuns, sowel Helm as Paul, het beweer dat Leipoldt se bekende gedig uit Skoonheidstroos (1932), ‘Wys my die plek’, op sy verhouding met hul moeder slaan. Indien dit die geval is, en 'n mens hoef nie daaraan te twyfel nie, is dit 'n aanduiding van hoe sterk en teer sy gevoel vir hierdie vrou was. Meer as dertig jaar nadat die verhouding tot 'n einde gekom het, kon hy met weemoed skryf oor hierdie verlore liefde van hom: Wys my die plek waar ons saam geloop het,
Eens, toe jy myne was -
Vroeër, toe ons harte so veel gehoop het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde! Net jy nie. Vra,
Wie van ons twee moet die meeste dra?
Jy wat vergeet het - of ek wat boet
Vir my liefde wat uithou en alles vergoed?Ga naar eind121
| |
VIIIMet die sluiting van The South African News het Leipoldt uit Bulawayo 'n aanbod as assistentredakteur by 'n koerant teen 'n salaris van £70 per maand ontvang. As gevolg van sy verbintenis met 'n pro-Boer-blad kon hy egter geen vergunning ontvang om te vertrek nie. | |
[pagina 150]
| |
In elk geval het hy ander planne gehad. In Kaapstad het sy vriendskap met die veel ouer Bolus verder verinnig. In hulle gesprekke het Leipoldt se toekoms telkens ter sprake gekom en het Bolus voorgestel dat hy Leipoldt finansieel steun om in Londen sy kinderideaal, om in die medisyne te studeer en geneesheer te word, te verwesenlik. Hoewel Leipoldt dit die graagste van alles wou doen, wou hy nie daarvan hoor om Bolus se geld te aanvaar nie. Hy het gemeen dat hy met die beloofde voortgesette stukwerk vir die Manchester Guardian en met joernalistieke bydraes vir ander Europese en Amerikaanse koerante, waarmee hy as oorlogskorrespondent in aanraking was, 'n bestaan sou kon maak. Aanvanklik was dit onseker of Leipoldt se aansoek om na Engeland te reis, goedgekeur sou word. Waarskynlik het mnr. James Rose-Innes, prokureur-generaal, deur bemiddeling van Merriman voorspraak vir Leipoldt gedoen, want hy kry wel toestemming vir die reis. In Januarie 1902 is hy druk besig met voorbereidings vir sy vertrek. Hy bring sy botaniese versameling in orde, skenk alle duplikate aan Bolus, pak sy reeds groot boekery weg en gaan vir oulaas na Clanwilliam om van sy mense daar afskeid te neem en in die Pakhuispas te gaan stap.Ga naar eind122 Toe hy by die kantoor van Sauer en Standen kom om te groet, is Merriman daar met 'n hele pak briewe wat Leipoldt vir vriende in Brittanje moet saamneem - 'n riskante onderneming, aangesien Merriman veral pro-Boer-vriende oorsee gehad het. Op aandrang van Sauer, wat na Leipoldt gekyk en geglimlag het, is die briewe toe maar liewers vernietig!Ga naar eind123 Op 24 Januarie 1902, die dag voor sy vertrek, skryf Leipoldt aan Bolus dat hy £500 tot sy beskikking het. Indien hy wel besluit om Bolus se ‘generous offer’ vir mediese studie te aanvaar, hoef daar geen vertraging met sy inskrywing te wees nie. ‘In conclusion’, sluit hy af, ‘let me once more thank you for all your kindness to me. Expressions of gratitude generally sound trite and conventional but I can assure you that I am sincerely grateful to you for your courtesy and kindness to me all the time I have been here. I shall not forget it and if it ever should happen that I could do anything to show, in a more practical manner, that I am not unmindful of it, I am sure you will not find me forgetful.’Ga naar eind124 |
|