Langenhoven. 'n Lewe
(1996)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 669]
| |
Hoofstuk XXIII
| |
[pagina 670]
| |
In 1959 het Engela en Niko na Ladismith verhuis. Hy het weer 'n tandartspraktyk begin met Engela, soos in hul jong dae, as sy assistent. Hulle het naby die dorp gewoon op die plasie wat Langenhoven se pleegvader aangeskaf en wat Engela na haar vader en moeder geërf het. In 1967 het Niko 'n beroerte gekry, maar genoegsaam herstel om weer te begin werk. Na 'n operasie in die Karl Bremer-hospitaal is hy op 7 Mei 1967 oorlede. Hy is op Beaufort-Wes begrawe.Ga naar eind2 | |
IINa die dood van haar man het Engela rustig, omring deur al die katte waarvoor sy so lief was, net buite Ladismith bly woon op 'n deel van die plaas waaraan sy die naam Toorvoet gegee het. Van tyd tot tyd het sy Guillaume en Laetitia in Kaapstad besoek, maar die rustigheid van die Klein Karoo verkies. Wanneer Guillaume en Laetitia, later vergesel van hul kinders, die tyd kon vind, het hulle graag by hul moeder gaan kuier. Dikwels het Guillaume uit die Kaap gebel vir 'n geselsie. As daar niks anders was nie, het hulle graag oor die katte gesels waarvoor hy ook lief was. Maar die jare het aangestap. Engela was 'n strawwe roker en dié gewoonte het sy tol begin eis. Sy het emfiseem opgedoen, wat haar, veral in die wintermaande, soms kortasem gemaak het. Toe hulle in Desember 1974 by haar was, het Guillaume besef dat hulle haar nie deur die volgende winter sou kon haal nie. Sy was baie kortasem, en kon net nog kort entjies loop. In April 1975, toe Saartjie ook reeds ernstig siek en aan die kwyn was, het Engela bedlêend geraak en is sy van tyd tot tyd in die Ladismithse hospitaal opgeneem. Die hospitaalpersoneel was baie lief vir haar en het besondere aandag aan haar gegee. Telkens is sy weer terug plaas toe, waar Katrina Buys goed na haar omgesien het. In April 1975 het Guillaume uitnodigings ontvang om referate in Duitsland by twee baie belangrike konferensies op sy vakgebied te lewer. Dit was besonder vererende uitnodigings, maar weens sy moeder se toestand het hy gehuiwer om dit te aanvaar. Laetitia het hom egter baie sterk aangemoedig en onderneem om self vir hul moeder te sorg. Engela self was heelhartig ten gunste daarvan dat hy moet gaan. In die Junie-vakansie van 1975 het Guillaume so lank as moontlik op | |
[pagina 671]
| |
Ladismith gebly, en daar in die hospitaal van sy moeder afskeid geneem. Toe is hy na Duitsland, van waar hy gereeld vir Laetitia op die plaas kon bel. Intussen het Engela se toestand algaande verswak. Laetitia was lang ure by haar in die hospitaal en moes haar van tyd tot tyd die suurstofmasker gee. Tog het sy gretig geluister wanneer Laetitia Guillaume se briewe uit Duitsland aan haar voorlees. Op Saterdag, 19 Julie, het Laetitia weer 'n brief van hom ontvang, onder meer oor 'n referaat van hom wat gunstige kommentaar uitgelok het. Engela was innig bly en wou dit weer en weer voorgelees hê. Direk daarna het sy in 'n koma verval. Laetitia het by haar bly sit, want die worsteling het tot laat in die nag geduur. Eers teen middernag het sy baie rustig geword. | |
III‘Op dieselfde Saterdag’, skryf Guillaume,Ga naar eind3 ‘het ek in 'n herberg op 'n dyk naby Bremen sit en werk aan my referaat vir die konferensie in Mannheim, waarheen ek die volgende oggend moes vertrek. Die stuk wou nie vorm aanneem nie, en dit het my ontstel. Vroegaand is ek na die huis van 'n kollega, ook op die dyk, om Laetitia te bel. Na 'n lang gesukkel het die telefoniste gesê dat 'n kabel ter see gebreek het en die verbinding eers oor drie of vier uur herstel sou kon word. Om nie steurnis in die huis te maak nie, want dit was al slapenstyd, het ek die oproep afgesê en in vertwyfeling die huis verlaat. In die byna-donker kom miswolke uit die suide teen die dyk aangestu. Dit laat my besef dat Mamma daar in die verre suide is, en dis of ek met die aanstap iets soekends uit daardie rigting aanvoel. Daar is die ligste suising in my ore, iets van 'n polsing aan my slape. Toe hoor ek 'n kat miaau onder 'n struik aan die suidekant. Ek roep, en 'n grou kat kom na my. Ek streel hom, en toe volg hy my. Ek het geweet katte loop nie graag ver weg van hul plek nie, maar dié een volg my meer as 'n halwe kilometer, tot by die herberg. Die dier is bang vir die vreemde woning, en wil nie ingaan nie. Ek sê tot siens en maak die buitedeur toe. Die kat miaau. Ek maak weer oop en hy kom net tot in die voorportaal. Alles is donker en stil, maar die kat is bang; daarom laat ek hom uit. Ek gaan in, maar die kat huil. Ek laat hom weer in, maar toe ek hom die trap wil opdra, is hy so bang | |
[pagina 672]
| |
dat ek hom weer uitlaat. Die derde keer was ek al hoog die trap op toe hy buite so droewig huil dat ek hom gaan haal en stewig in my arms na my kamer dra. Ek gaan sit dadelik by my werk met die kat spinnend op my skoot. Dit gee my 'n rustigheid wat my fluks laat vorder. Rondom middernag word die kat baie bedrywig op my skoot: maal om en om, trap-trap, maak geluidjies. Toe slaap hy, en ek voel diep getroos. Met die werk voltooi gaan ek slaap, met die kat op die voetenent. Toe ek die oggend vroeg opstaan, lê die kat nog daar. Maar nou rek hy hom uit, spring doodluiters op die vensterbank en loop van daar oor die platdak weg terwyl ek hom agternakyk. Toe kom die oproep van Laetitia. Ladismith se sentrale het deur die nag hard gewerk om die verbinding tot stand te bring, want Mamma is kort na middernag oorlede. Dit was Sondag, 20 Julie 1975. Sy was drie en sewentig jaar oud.’ | |
IVGuillaume het die konferensie in Mannheim bygewoon en toe dadelik vir sy moeder se begrafnis teruggekeer. Behalwe deur Guillaume en Laetitia is Engela oorleef deur vier kleinkinders: Niko, Stefaans, Kerneels en Willemien. Op 29 Julie 1975 is sy uit die Ned. Geref. Moederkerk op Beaufort-Wes begrawe, die dorp waar sy en haar man nege en twintig jaar gewoon en waar hulle as burgemeesterspaar 'n belangrike rol in die gemeenskap gespeel het. Sy rus langs haar man. Sy het Saartjie met byna twee maande en Langenhoven met byna drie en veertig jaar oorleef. |