Langenhoven. 'n Lewe
(1996)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 659]
| |
Epiloog | |
[pagina 661]
| |
Hoofstuk XXII
| |
[pagina 662]
| |
de opgedoen. Sy wou ook onmiddellik 'n bril kry en weer normaal sien en was ontsettend ongeduldig toe dinge nie dadelik kon wees soos sy dit wou hê nie. Omdat die oë egter ná so 'n operasie feitlik van dag tot dag verander, is dit nie vir die geneeshere moontlik om dadelik 'n bril voor te skryf nie. Die oë moet eers die geleentheid kry om ten volle te herstel. In dié toestand is Saartjie teruggeneem na haar huis, Loeloeraai, in Rhodeslaan, Mowbray, waar sy weer by al haar olifantjies en die beeld van Langenhoven kon wees. Maar al haar vriende was erg bekommerd oor haar toestand, veral ook omdat sy haar nie met haar siekte kon versoen nie en gefrustreer en depressief gebly het. Daarby het dit Elsa Joubert en Hanna Hopkins opgeval dat sy die vaste anker van die geloof mis. Tog het sy 'n affiniteit vir die Christelike godsdiens gehad en in haar verwarde toestand dikwels geroep: ‘Jesus, Seun van God.’ Van haar vriende het ook 'n rabbi laat kom om haar by te staan.Ga naar eind3 Steeds het Saartjie se toestand ernstig gebly. Op 19 Februarie 1975 skryf Jan Scannell, in daardie stadium verantwoordelik vir die letterkundige nalatenskap van Langenhoven, aan Israel, Saartjie se broer wat sedert sy uittrede as advokaat in Windhoek in Haifa, Israel, woonagtig was: ‘I am very worried about your sister. Her emotional condition is very bad indeed. She is despairing of ever being able to see again and I don't think I am exaggerating if I say that she is giving up the struggle: that she is losing the will to live. She finds it difficult to remember the names of even her best friends and oldest acquaintances.’ | |
IITerug by die huis is Saartjie deur haar huishulp, Johanna Armenville, getrou opgepas, maar ook haar talle vriende het feitlik as 'n aflosspan gehelp met die verpleging. Geleidelik kon sy weer sien en met behulp van 'n baie groot bril op 'n manier lees, al het die dokters gewaarsku teen ooreising van die oë. Daar moes ander afleidings vir Saartjie bedink word, maar dit was moeilik om so 'n eiesinnige mens 'n ander rigting te laat inslaan. 'n Ou tannie van Stellenbosch is op voorstel van een van die vriendinne laat kom om haar te kom help oppas. Vir afleiding wou sy Saartjie leer hekel, maar dit het Saartjie só ontstel dat die tannie na 'n enkele besoek maar liewer weggebly het. Laetitia moes | |
[pagina 663]
| |
haar inkopies vir haar doen, maar Saartjie het verkies dat slegs bitter klein voorrade op 'n keer gekoop word en die winkel moes dus onnodig baie besoek word, met 'n ontsettende las op Laetitia. Tydens haar siekte kon Saartjie nie aan Langenhoven aandag gee nie, maar dit het haar nie verhoed om tog, al was dit sydelings, die industrie voort te sit nie. Soos sy al die jare met hoë funksionarisse geskakel het om die een of ander seremonie te reël waardeur Langenhoven vereer kon word, so het sy nou begin om uit die bed uit haar eie begrafnis te reël. Die Afrikaanse, Engelse en Joodse gemeenskappe van Kaapstad moes al drie betrek word, haar lyk moes veras word en die as moes oor Langenhoven se graf uitgestrooi word. By herhaling is die sekretaris van die eerste minister gebel om presies te reël watter aandeel die staat aan die begrafnis sou hê. Sy het 'n obsessie gehad dat alles tydens die begrafnis reg en ordelik moes verloop. Daarby was sy bekommerd oor wie die administrasie van Langenhoven se letterkundige nalatenskap ná haar dood sou behartig en wat van die omvangryke briefwisseling tussen haar en Langenhoven sou word. Eintlik wou sy graag die briewe verbrand, maar aan die ander kant kon sy ook nie iets vernietig wat deur die Chief geskryf is nie. Keer op keer is die prokureurs na haar bed ontbied om te besluit wat met die korrespondensie gemaak moet word en om die laaste verstellings aan haar testament aan te bring. Uiteindelik is besluit dat die briewe na die Kaapse Argiefbewaarplek moes gaan. Saartjie was egter nie in so 'n toestand dat die aangeleentheid behoorlik beskryf en deur haar bekragtig kon word nie. Toe haar laaste testament op 18 Februarie onderteken moes word, was sy ook nie daartoe in staat nie en moes 'n kommissaris van ede die verrigtinge wettig. Geheel en al ultra vires en sonder dat Langenhoven se testament daarvoor voorsiening maak, het sy in haar testament Jan Scannell as administrateur van Langenhoven se letterkundige nalatenskap benoem. Na haar dood het Guillaume Brümmer, met volledige instemming van Scannell, by die Hooggeregshof aansoek gedoen om, volgens die bepalings van Langenhoven se testament, as administrateur van die letterkundige nalatenskap aangestel te word. Vir almal was dit duidelik dat daar in die plek van die tydelike verwardheid na die operasie as gevolg van die narkose nou 'n dieper waansin gekom het. Saartjie was nie meer toerekenbaar in haar optrede nie. Phil Weber van die Nasionale Pers moes by meer as een geleentheid op haar versoek kom om sake in verband met Langenhoven-publikasies te | |
[pagina 664]
| |
reël, maar sy kommentaar was kort en bondig: ‘Non compos mentis.’ 'n Kurator moes volgens hom aangestel word om haar sake te behartig. As gevolg van die logistiek van die hele aangeleentheid en wie daarvoor moes teken, het die uitvoering daarvan egter uitgebly. | |
IIIKort na haar terugkeer na Loeloeraai het Saartjie se broer Israel, wat in daardie stadium by sy suster Rebecca Cohen in Johannesburg gekuier het, saam met sy dogter Naomi JacobsohnGa naar eind4 haar kom besoek. Hulle het haar veral vanuit hulle Joodse geloofsoortuiging baie sterk teengespreek oor haar planne om haar te laat veras. In die paar dae wat hulle daar gebly het, was daar 'n erg gespanne atmosfeer en 'n hooglopende konflik in Loeloeraai. Na hulle vertrek was Saartjie in 'n nog slegter toestand, onherstelbaar waansinnig. Dr. C.P. van der Merwe, die huisarts, moes reël dat sy in die psigiatriese afdeling van die Elizabeth-verpleeginrigting in Oranjezicht opgeneem word. Daar was sy aanvanklik as gevolg van haar onbeheerbaarheid vir die grootste deel van die dag onder verdowing en met rieme op die bed vasgemaak. 'n Keer toe die Brümmers haar besoek het, kon hulle haar onder in die straat hoor skree en skel. Sy het by meer as een geleentheid die verpleegsters aangeval en haar woede verder ontlaai op enige besoeker, ongeag wie dit was. Maar veral die Brümmers moes dit ontgeld, want dit was asof wrokke van jare lank nou skielik na die oppervlak gekom het. Die ou frustrasie dat sy nooit volledig Langenhoven s'n kon wees nie, het uitgeborrel. Laetitia, moeder van die Langenhoven-nasate, het sy gesien as ‘die vrugbare vrou met die baie kinders’. Vir Guillaume Brümmer het sy toegesnou: ‘Ek haat jou soos nog nooit iemand op aarde gehaat is nie’, waarskynlik omdat hy haar so gruwelik in haar administratiewe ywer teleurgestel het. Dit was vir haar al die jare 'n onverteerbare gedagte dat die man wat vir haar so baie aan die Chief laat dink en so baie soos hy gepraat het, nie deel van haar Langenhoven-industrie wou wees nie. Sy was feitlik Langenhoven se kroonbewaker en dit was iets vreesliks vir haar dat sy bloedfamilie en afstammelinge so gedegenereer was! Soos 'n ou kanselarybeampte het sy in haar wanhoop gesien hoe die kroon en dinastie verkrummel en die opvolgers geheel en al onwaardig is om die | |
[pagina 665]
| |
troon te bestyg. By geleentheid het sy dan ook uitgeroep: ‘Ek is Langenhoven se enigste geliefde.’ Sy was die enigste, volgens haar inbeelding, wat tot die einde lojaal sou wees. Só erg was Sarah se toestand dat 'n psigiater ingeroep is om te kyk wat hy kan doen. Die somtotaal van die psigiatriese hulp was egter net verdere kalmeermiddels en die opmerking - wat vir almal reeds duidelik was - dat Saartjie ‘op pad uit’ is. Die buitensporige aggressie was 'n aanduiding dat die intellektuele funksies aan die afneem was en dat seniliteit as gevolg van kortikale degenerasie van die brein ingetree het. Daaraan was niks te doen nie. Uiteindelik het Saartjie van al die kalmeermiddels kalmer geword en kon sy sonder rieme weer op 'n gewone bed slaap. Sy was egter daarvan bewus dat sy nie heeltemal normaal was nie en het nou self gevra om na die psigiatriese inrigting Stikland te gaan, waar dr. Hans Rompel aan die hoof was. Dr. Rompel was die seun van Frederik Rompel, die joernalis by Die Burger in wie sy en Langenhoven so 'n groot vertroue gehad het. By hom, so was sy oortuig, sou sy in die beste hande wees. Saartjie was nou in staat om self te bel en haar opname te reël. Laetitia sou haar net voor die Paasnaweek inneem, maar sou onmiddellik weer moes vertrek om haar na Ladismith te haas, waar haar skoonmoeder, Engela, ernstig siek was. Met die oorplasing van die Elizabeth-verpleeginrigting na Stikland op 27 Maart 1975 kon Saartjie, vergesel van Laetitia, self instap. By die aankoms in haar kamer was haar eerste vraag waar die skakelaar is. Toe dit blyk dat daar om veiligheidsredes en onvoldoende personeel nêrens in die kamers skakelaars beskikbaar is nie, was daar onmiddellik groot paniek by Saartjie. Sy was daaraan gewoond om meer as een keer in die nag op te staan, het sy gesê, en sy kon nie sonder 'n skakelaar klaarkom nie. Die paniek het oorgegaan in 'n aanval van waansin. Laetitia was jammer om haar in dié toestand so te los, maar Engela het op Ladismith haar dringende aandag vereis. Toe Guillaume en Laetitia van Ladismith terugkeer, was Saartjie in 'n ander kamer, weer met rieme op die bed vasgemaak, en heeltemal van haar sinne. Sy het gehuil en die hele tyd ‘Mamma, Mamma’ geroep. Na oorleg met die hospitaalpersoneel is besluit dat iemand pal by haar sou waak en is die dienste van Johanna Armenville weer verkry om haar in die nag op te pas. Geleidelik het die toestand gestabiliseer en was Saartjie rustiger, al kon sy nie eintlik meer gesels nie. Sy het baie | |
[pagina 666]
| |
gesoebat om weer na haar huis geneem te word, maar niemand het kans gesien om die voltydse verpleging te behartig nie. 'n Paar keer het vriende haar wel in die motor gelaai en by haar huis verbygery. Vir baie van haar naaste vriendinne, vir die Brümmers en vir iemand soos Johanna Armenville was daar iets aangrypends in Saartjie se einde, veral as 'n mens dit teen die agtergrond van haar lewenslange toewyding beskou. Tydens sy lewe het Langenhoven by tye deur sy drankmisbruik verligting van sy demoon gekry, al was die verslawing die duur prys wat hy vir sy toewyding moes betaal. Langenhoven se demoon het aanklank gevind by die demoon in Saartjie. Die prys wat sy daarvoor betaal het, was die innerlike waansin wat haar 'n lewe lank tot haar missie gedryf het. Vir die grootste deel van haar lewe kon sy dit verberg. Toe sy haar egter nie meer self staande kon hou nie, het hierdie waansin sigbaar geword. Die enkele mense wat dit van naby kon aanskou, is getref deur die poëtiese en dramatiese kwaliteit van dié waansin. Daar was iets onafwendbaars daarin. Fisiek het Saartjie geleidelik swakker geword en haar in haarself teruggetrek. Longontsteking het die dood verhaas. Aan die einde, so herinner Elsa Joubert haar, het Saartjie stil gelê, opgekrul in 'n fetusposisie, en iets gesê wat na ‘Mamma’ klink. Dit was vir Elsa 'n ontroerende einde om te aanskou. Op 22 Mei 1975, om 9:30 die oggend, is Saartjie in Stikland oorlede. | |
IVBy haar dood het Die Burger in 'n hoofartikel hulde aan Saartjie gebring. Deur haar verbintenis met Langenhoven, so skryf die koerant op 23 Mei 1975, kon sy ‘haar volkome vereenselwig met die Afrikaanse taalbeweging...Haar besondere verbintenis met 'n geniale skrywer het gegroei tot 'n lewenslange verbintenis met 'n nuwe taal en 'n nuwe volk. Haar geloof in hom het ook geword 'n geloof in hulle, sterker as dié van baie Afrikaners self.’ Die mens wat ‘van buite af’ kom en homself met 'n ideaal, 'n beweging, 'n kultuur of 'n volk vereenselwig, openbaar dikwels, so gaan Die Burger voort, ‘'n ywer en dryfkrag wat meermale diegene in die skande steek wat in daardie dinge gebore en getoë is’. Sulke mense ‘irriteer’ soms en is dikwels ‘ongemaklik’ om te akkommodeer, maar is dikwels ook ‘'n gewenste prik- | |
[pagina 667]
| |
kel as dit spruit uit 'n suiwere beskouing en 'n vaste lojaliteit’. Van dít albei het Sarah gehad. ‘Sy het in ons taal en ons volk leer glo, en sy het die geloof teen swaar aanslae behou nadat die noue persoonlike samewerking met 'n groot Afrikaner deur sy dood beëindig is. So het sy daartoe bygedra om ons geloof in onsself te verstewig, wat insluit die geloof in ons vermoë om waardevolle, maar nogal onwaarskynlike mense vir ons taal en ons saak te win.’ Die roudiens vir Saartjie is in die Maitlandse krematorium gehou, waar haar vriende aan die einde staande met die slotvers van ‘Die Stem van Suid-Afrika’ afgesluit het. Sen. Johan van der Spuy, minister van nasionale opvoeding, het die regering by die roudiens verteenwoordig. By dié geleentheid het ds. Charles Hopkins Psalm 23 en die eerste vers van Rut voorgelees en Saartjie beskryf as ‘'n gawe aan Suid-Afrika in 'n tyd toe ons sulke mense nodig gehad het’.Ga naar eind5 Mev. Joyce Newton Thompson het hulde aan Saartjie gebring namens die Engelssprekende gemeenskap, by wie die oorledene bekend was as leermeester van Afrikaans aan mense van aansien. Mnr. Israel Pinshaw, sekretaris van die Joodse Raad van Afgevaardigdes, het ontroerend in Afrikaans gepraat oor die onpeilbaarheid van die lotgevalle van die ontheemde Oos-Europese Jode wat na Suid-Afrika uitgewyk en hulle as ‘Boerejode’ met die strewe van die Afrikanervolk vereenselwig het. Hy het 'n vers voorgelees van die Joodse digteres Miriam Stekelis, soos in Afrikaans vertaal: Môre, met die skitterende rooidag sal ek ontwaak,
en deur die koel, stil strate sal ek stap,
en omhoog, o Jerusalem, deurgeur met die nag se dou
in die bloute van jou hemel,
sal 'n voël, sterk van vlerk en swierig van kleur, opstyg -
'n wolk sal saggies verbydobber
en met die trappe, glad gevrywe met die eeue,
stadig, onwankelbaar
sal ek al stygend na Sion stap ...
Saartjie se as is nie, soos sy gevra het, op Langenhoven se graf uitgestrooi nie. In 'n kort seremonie, met prof. H.B. Thom, rektor van die Universiteit van Stellenbosch en voorsitter van die Arbeidsgenotdireksie, is dit in die tuin van Arbeidsgenot in 'n houer begrawe voor | |
[pagina 668]
| |
die borsbeeld van Langenhoven deur I. Mitford-Barberton, 'n beeld wat sy self geskenk het. ‘Met nougesette ywer het sy haar lewe gewy aan die belange en die nagedagtenis van haar Chief’, lui die bewoording op die gedenkplaatjie. |
|