Langenhoven. 'n Lewe
(1996)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 622]
| |
Hoofstuk XXI
| |
[pagina 623]
| |
waar ek...verplig was en is, om dogmas te verwerp wat vir my naastes en vir my nasie heilig is, het ek geswyg; nooit in my geskrifte gesê of te kenne gegee wat ek nie glo nie, maar getuig waar ek kon saamgaan en geswyg waar ek nie kon saamgaan nie. Dikwels het die vraag my gehinder: Was dié swye nie oneerlik nie? En op daardie vraag was my droom 'n antwoord - 'n troos en 'n voldoening. Nie alleen, verstaan ek nou, had ek die reg om te swyg nie: ek had geen reg om anders te doen as te swyg nie. Ek is daarvan oortuig dat my droom 'n bestiering was; maar had hy in die begin van my lewenswerk gekom in plaas van wie weet hoe naby die end daarvan, dan had ek ook maar so gehandel soos ek uit eie instink gedoen het. Tog, dit kan tot 'n lig dien vir iemand anders.’ Juis hierdie diep respek vir sy ewemens en vir die onreg wat sy eie mense oor dekades aangedoen is, was die stukrag agter sy lewenslange missie vir die Afrikaanse taal en sy diensvaardigheid as skrywer en taalstryder. Wanneer hy saam met dr. F.E.J. Malherbe en Sarah Goldblatt 'n voordragaand by 'n kollege vir bruin studente bywoon en alles behalwe D.F. Malherbe se ‘Slaap’ uit die Engelse letterkunde kom, is hy diep verontwaardig. ‘Dáár is 'n miljoen, ja 'n miljoen potensiële lesers van die Huisgenoot...en wat doen ons vir dié mense; wat is óns houding teenoor hulle, dat hulle aan hul moedertaal, Afrikaans, váshou en nie vervreemd raak nie?’ was sy woorde. ‘Selde’, skryf Malherbe, ‘het ek Langenhoven so ernstig sien reageer.’Ga naar eind2 'n Mens kan aanneem dat Langenhoven se verontwaardiging ook voortgespruit het uit 'n empatie met mense wat nie in die geleentheid was om die waarde van hul taal volledig genoeg te begryp nie, al was hy veral bekommerd oor die verlies wat die taal self deur dié verwaarlosing ly. Vir Langenhoven se sterk medemenslikheid spreek dit egter boekdele dat hy só kon reageer op 'n verwydering tussen wit en bruin Afrikaners lank voordat apartheid die amptelike beleid van sy party geword het. Die missie vir Afrikaans was die stukrag vir Langenhoven se groot produksie, wat veral in die twintigerjare fenomenaal was, groter as dié van enige tydgenoot en tot vandag een van die omvangrykstes wat 'n Afrikaanse skrywer ooit gelewer het. Afleiding van hierdie drukke werksaamheid het hy naas die beoefening van sy stokperdjies - houten leerwerk - gevind in die daaglikse besoeke aan die dorp, waar hy in die Koffiehuis in Hoogstraat gaan sit gesels of op die pos gewag het. Alhoewel hy sy lewe lank 'n klein eter was, het hy soms lus gevoel vir afval of harsings, wat hy by die slaghuis gekoop het en wat Vroutjie of | |
[pagina 624]
| |
Sarie dan moes voorberei. By die huis was Langenhoven die persoon wat wintersdae vuur in die kaggel gemaak en voortdurend koffie aan die gang gesit het. By sy eie mengsel, wat hy altyd met melk gedrink het, moes ook vyeskille kom, omdat dit volgens hom dan 'n mooi kleur aan die koffie sou gee.Ga naar eind3 Die koffie moes sterk wees en is in 'n ouderwetse koffiepot met 'n sakkie op die stoof gemaak. Hy was die josie in toe hy op 'n keer by Markus en Anna Viljoen gaan kuier het en merk dat die koffie in 'n nuwerwetse filtreerkan gemaak word. Dit het volgens hom die smaak bederf. Hy het, so vertel Viljoen, ‘die koffietoestel so 'n slag met veragting bekyk, in 'n leunstoel by die vuur gaan sit en 'n boek opgeneem’,Ga naar eind4 al was hy later vriendeliker toe Anna Viljoen koffie op die ou manier maak. Vir alle nuwerwetse goed was Langenhoven skrikkerig. Van 'n telefoon het hy nie gehou nie, al was dit in sy latere jare 'n noodsaaklike euwel. 'n Motor het hy nooit besit nie; hy het altyd van openbare vervoer gebruik gemaak. Tog kon hy die waarde en gerief daarvan insien wanneer hy vir die gereelde Parlementsittings in die Kaap was en saam met Sarah in haar motor, Herrie, van Mowbray se kant af stad toe ry. Hy kry op dié wyse, so stel hy dit in 'n toesprakie, 'n halfuur of meer tyd by wat hy aan sy eie werksaamhede kan wy en hy kom nie nukkerig by die Senaat aan ‘omrede van allerhande sonde wat ek op pad gehad het met sukkelende busse en baie-stasie-treine nie’.Ga naar eind5 By geleentheid het hy 'n toestel gekoop waarop die ou Edisonrolle gespeel kon word, maar 'n ‘draadloos’ het hy nooit besit nie. Hy het die daaglikse koerant boeiender gevind om te lees as om na die nuus oor die radio te luister. In Kaapstad het Langenhoven by die Parlement en die Pers goeie vriende soos M.E.R., die Fagans, Rompel en Markus Viljoen gehad. Dikwels het hy in M.E.R. se woonstel in Koningin Victoriastraat gaan sit en skryf of by die Fagans in hul huis, Waveren, gaan kuier. In 'n hoekie van Waveren se tuin het hy 'n jakarandaboom geplant wat sy persblou blommetjies oor 'n groot leiklip gestrooi het. Daarop is die woorde uitgebeitel wat Langenhoven spesiaal geskryf het: | |
[pagina 625]
| |
Maar eintlik was Langenhoven geen stadsmens nie. Sy voorkeur het uitgegaan na die dorpslewe op Oudtshoorn en die enkele goeie vriende wat hy daar gehad het. Onder hulle was die onderwyser Jacob Smit, die volstruisveerkoning Max Rose en die pionier van die Joodse gemeenskap Marcus Hotz. M. Boehmke kon in 'n uitgawe van die Zionist Record van 21 November 1958 nog onthou hoe wispelturig Langenhoven kon wees, ‘with as many moods as the sea. One moment he would be quiet and serene and the next moment he would rage like a tempest.’ Maar hy kon ook die sagsinnigheid self wees. Boehmke herinner hom hoe Langenhoven 'n pondnoot in 'n bussie van 'n ‘Jewish National Fund’ plaas, kinders se koppe streel en wegkruipertjie met sy hond, Jakhals, speel. Dit was hierdie menslikheid en meelewing wat van Langenhoven met al sy streke en kwinte 'n beminde persoon gemaak het. Veral in die rustigheid van Arbeidsgenot - die milieu waarin hy vrugbaar kon werk - en in die huislike sfeer wat Vroutjie en die ‘kleine kind’ Engela vir hom geskep het, was Langenhoven tuis en op sy gemak. Binne hierdie klein wêreld het hy sy geluk gevind, selfs al was dit met die droogtes in die distrik en sy eie verdorde tuin nie aldag maanskyn en rose nie. In 1927 beleef Oudtshoorn een van die ergste droogtes in menseheugenis, sonder die beduidenis van enige reën. ‘Vandag’, skryf Langenhoven op 28 April aan Sarah Goldblatt, ‘trek dit weer toe. Wolf, wolf. En weer gaan 'n saaityd verby. Dis die derde jaar. Ons kan skaars nog koffiemelk kry van droë-voer-gevoerde koeie. Daar is nie 'n groen grasblaartjie op die aarde nie.’ 'n Daaglikse vreugde was die huisdiere, aan wie hy baie geheg was. Vroutjie se kat, ‘die ou Slangvanger’, was dikwels by hom op die ‘kooi’ of op die tafel as hy aan die skryf was. Op 'n dag vang sy 'n mossie en bring hom in die sitkamer in. ‘Sy dog’, skryf Langenhoven op 24 Julie 1927 aan Sarah, ‘dis 'n muis en sy los hom om te speel en in plaas van te hardloop vlieg hy op. En sy vlieg ook op, en op die tafel en 'n blompot af en stukkend.’ Nou vra Vroutjie dat Sarah, ‘wanneer jy weer liefdadig word met 'n sjieling’, 'n vaas stuur ‘vir 'n Joodse present’. Onder Langenhoven se honde was daar aanvanklik Jakhals met sy bruinrooi hare en ‘byna menslike verstand’Ga naar eind7 oor wie hy die gedig ‘Ag wat, dis maar 'n hond!’Ga naar eind8 geskryf en wat 'n besonderse plek in sy lewe ingeneem het. Waar hy ook al gaan, het Jakhals saamgedraf, gewoonlik met 'n mandjie in die bek. Daarin was sy oubaas se koerant en 'n been | |
[pagina 626]
| |
wat hy kon kry wanneer die vrag veilig tuis besorg is.Ga naar eind9 Jakhals se opvolger was Kwagga, wat hy by 'n Sap-vriend present gekry het. Teen die middel van die twintigerjare was Kwagga ‘al oud en nukkerig en blus-uit, nes sy oubaas’, soos Langenhoven die hond in 'n brief van 4 Julie 1926 aan Sarah Goldblatt beskryf. Sy nuwe hond, Herrie-Mof, so gaan hy voort, ‘moet ek gedurig weg slaan en gooi van my af omdat daar nooit end aan hom is nie. En dan spring hy voor my regop in die lug - met daardie lomp bobbejaanlyf, 60 voet hoog.’ Dit was vir Langenhoven 'n treurige dag toe Herrie-Mof deur strignienvergiftiging dood is. In sy plek kom Polka, wat saam met ou Kwagga in die kassie op die systoep slaap. ‘Die twee’, skryf Langenhoven op 8 Augustus aan Sarah, ‘het baie lief geword vir mekaar. Hy kernuffel vir Kwagga sonder end of ophou, maar die ou is ewe geduldig - was nie met Herrie so nie - jy moet hom sien lag met sy ou Sap-gesig en kastig terugspeel.’ Op 13 Desember 1931 deel hy Sarah mee: ‘Arme ou Kwagga lyk of hy op sy laaste bene is. Ek het verlede nag láát wakker gebly om hom nie so alleen te laat lê en ly nie. Fooitog; met al sy Sapskap het hy baie jare van troue diens gegee, sy hele ou lewetjie lank. Daarom kan ek nie aan die dood glo nie; dis te onmoontlik. En hier is dit maar 'n hond.’ Voordat hy die brief pos, voeg hy as 'n naskrif by: ‘Maandagoggend. Ou Kwagga is vanoggend dood.’ Ten spyte van die ontspanne atmosfeer van Arbeidsgenot en die huislike kring het Langenhoven se drukke werksaamheid en die ongesonde leefpatroon sy tol geëis. E.B. Grosskopf skryf dat Langenhoven reeds in die vroeë jare van sy politieke loopbaan kwaai asma gekry het,Ga naar eind10 maar nêrens elders in die dokumentasie is daar 'n bevestiging hiervan nie en by gebrek aan verdere inligting moet 'n mens 'n sterk vraagteken by dié mededeling plaas. In sy briewe aan Sarah Goldblatt blyk dit eerder dat hy telkens die prooi van slaaploosheid was en dikwels aan hoofpyn of die uiterste uitputting gely het - toestande wat hom depressief gemaak en met ondergangsgedagtes vervul het. Soms skryf hy aan Sarah dat dit vir hom lyk of hy ‘by die dag agteruit gaan’ of heeltemal ‘uitgefienies’ is. Wanneer hy dan weer regkom, laat hy haar weet dat dit - ‘touch wood!’ - 'n bietjie beter gaan. Maar meermale kla hy in sy briewe oor sy gesondheid. As hy op Geloftedag 1922 'n opvoering van Die Hoop van Suid-Afrika op De Rust bywoon, voel hy ‘so hopeloos onbekwaam’ dat hy van die verhoog wegbly en byna die hele dag lê. Toe hy ‘op aandrang’ 'n paar | |
[pagina 627]
| |
woorde moes sê, het hy byna ‘gekollaps’. Soms ly hy só aan duiseligheid dat hy sy bydrae vir Aan stille waters soos ‘'n sterwende’ bymekaar sukkel, soms voel hy te ‘sufferig en neerslagtig’ vir skryf en soms wil sy kop van die hoofpyn bars. Met die insomnia, so skryf hy op 22 November 1924 aan Sarah, beleef hy allerlei folteringe in die ‘eindelose nagwake’ en 'n ‘onstuimige rusteloosheid’ bedags as hy nie aan die werk kan kom nie. ‘My kop’, laat weet hy op 25 November, ‘bly gedurig knaend seer, dof seer in die voormiddae en barstend seer in die namiddae.... My kop bly vurig, koorsig warm en dit klop doem-doem-doem...en ek voel so magteloos, rusteloos, vriendeloos, moedeloos.’ Op 13 Augustus 1925 skryf hy dat hy nie Bloemfontein toe gaan om op uitnodiging 'n lesing te hou nie. Selfs al sou hy lewend in Bloemfontein aankom, sou hy nie vyf minute op 'n verhoog kon staan nie. ‘Kraggies glad op.’ Twee dae later laat weet hy haar dat sy duiseligheid beter is. ‘Ek word nie meer blind as ek buk of opstaan of my kop draai nie. Vreeslike doodgaan-gevoel daardie - en so sal dit maar kom ook; eenslag sal die laaste slag wees.’ Aan die slot van dié brief voeg hy by: ‘Bly jy nou fris - dis genoeg as ek siek is; en opgeruimd - dis genoeg as ek neerslagtig is.’ Toe hy by 'n ander geleentheid verneem dat Sarah self siek was en hy self weer erg aan die hoofpyn ly, skryf hy dat hulle nie hulle ‘verstand verniet’ gekry het nie. Tog ‘sou ons nie anders kies nie. Beter om vir intellek te betaal as om verniet 'n b. fool te wees.’ Langenhoven se slapeloosheid en hoofpyne is in sy latere jare vererger deur artritis en geweldige pyne wat hy, klaarblyklik van die lang ure se skryf, in die skouer en arm gekry het. Op 15 September 1924 is die toestand, volgens 'n brief aan Sarah, só erg dat hy nie sy vingers kan roer nie en amper nie die pen kan vashou nie. Om die pyn te behandel, het hy allerlei rate gebruik, onder meer deur nakend buite te lê sodat die hitte van die son die skouerpyn kan teenwerk. Op 8 November 1925 skryf hy dat hy ‘naar en dof en sleg wakker geword’ het. Hy het homself met Engelse sout behandel, ‘en toe die son begint te steek, poedelnakend daarin gaan sit vir 'n halfuur tot ek nie aan my lyf kon vat nie - hy was netso warm as 'n klip, en toe in 'n bad yskou water ingespring...En nou voel ek regtig al te lekker.’ Maar soms wou die behandeling nie help nie. Op 16 September 1924 skryf hy: ‘Ek sit nou in die son, kaal, terwyl ek skryf. Hoop om tog vanmiddag 'n bietjie te slaap, al is dit dan maar om weer met die folte- | |
[pagina 628]
| |
ring wakker te word.’ Miskien, gaan hy voort, moet hy heeltemal rus, ‘maar hoe rus ek? Ek kan nie my gedagtes tot hibernasie bring nie.’ Só erg is die aanval dié keer dat hy steeds op 20 September van die ‘gruwelike pyn’ kla. ‘Ek dink’, skryf hy, ‘ek moet drie weke in die kooi bly op my rug en glad nie opstaan nie en nie 'n druppel verdomde medisyne drink nie en skryf die pyn dood.’ Uit hierdie laaste opmerking is dit duidelik dat die stroomop Langenhoven seker nie die gehoorsaamste pasiënt was wat 'n dokter kon kry nie. Om die toestand te laat genees, sou hy van die voortdurend inspannende skryfwerk moes wegbly, iets wat hy juis nie doen nie! Uit die simptome vermoed 'n mens dat naas 'n ernstige vorm van ‘skrywerskramp’ sy pyne ook die gevolg van artritis en urinesuur in die bloed was. Die talle kere dat hy oor sy skete aan Sarah skryf, laat die vraag ontstaan of Langenhoven nie 'n hipochondriese element in sy samestelling gehad het en met sy lang jeremiades nogal 'n klakous was nie. Dit is egter opvallend dat sy ander vriende selde in hul herinneringe melding maak van sy siektetoestande en klaarblyklik nie in dieselfde mate as Sarah daarvan bewus was nie. Miskien het hy sy klagtes uitsluitlik tot Vroutjie in hulle daaglikse lewe saam en tot Sarah in sy briewe beperk. Dit is nog 'n aanduiding van hoe heg sy en Sarah se vriendskap was. Terselfdertyd spreek dit boekdele vir Sarah se toewyding dat sy bereid was om die stroom klagtes te verduur en hom in haar antwoorde te bemoedig. 'n Mens vra jou egter af in watter mate Langenhoven se afwykings en toestande geneties oorerflik was. In U dienswillige dienaar vertel hy dat hy sekere geestelike eienskappe het wat hy by iemand anders ‘'n kranksinnigheid’Ga naar eind11 sou noem. ‘Toe ek nog 'n kind op die plaas was,’ skryf hy, ‘as ek gestuur was om iets te haal uit die kelder of die meule of van die solder af waar ek moes oopsluit en weer toesluit, kon ek nie daar wegkom nie. Ek draai weer en weer óm om seker te maak dat ek die slot regtig gesluit het - tot drie vier maal toe, tot tien twaalf maal toe. Vandag, op my oudag, sit ek nie 'n brief in 'n koevert nie of ek haal hom weer en weer uit om te sien of dit die regte brief is en of ek die blaaie reg agtermekaar het. Saans staan ek weer en weer uit die kooi uit op om te gaan kyk of ek nie die ligte in die eetkamer of waar ek laaste was laat brand het nie. Ek kom van my posbus af en ek draai weer om, en ek loop weer en ek draai weer om, om my te oortuig dat ek die bus | |
[pagina 629]
| |
behoorlik gesluit het - terwyl ek ál die tyd weet dat die slot so gemaak is dat die sleutel nie kan uitgetrek word as hy nie gesluit is nie.’Ga naar eind12 Langenhoven vertel dan verder dat hy al jare lank getroud was voor hy wis dat Anderpa, sy genetiese vader, aan dieselfde eienaardigheid gely het. Anderpa het hom by geleentheid vertel hoe hy ná die branddood van sy kind ‘die werf afloop om te kyk of die wit krulkopseuntjie nie soos gister daar agter die alweelaning speel nie. En terugkom huis toe, en weer gaan kyk. En al die tyd weet hy die verbrande lykie lê daar binne, wagtende op die begrafnis.’Ga naar eind13 Toe Anderpa nog 'n seun op Hamelkop was, het hy op 'n keer 'n bosbok aan die dolkhorings gevang, na 'n gat water gesleep en hom daar versuip. Die gevaar was egter groot dat die bok sou loskom en hom met die horings doodstoot. Nadat hy die bok keelaf gesny en met bosse toegemaak het, wou hy huis toe gaan om hulp te kry. ‘Maar, Neels’, het hy jare later aan sy seun vertel, ‘ek kon nie daar wegkom nie. Ek klim tot bo, dan draai ek om en ek kom weer af tot onder in die kloof om te sien of die bok regtig daar is. En dan klim ek weer en ek draai weer om.’Ga naar eind14 Die soort optrede wat Langenhoven hier by hom en Anderpa beskryf, toon ooreenkomste met die soort kompulsiewe handelinge wat voorkom by lyers aan die Tourette-sindroom. Die Tourette-mens is volgens G.S. GerickeGa naar eind15 dikwels hoogs intelligent, hiperaktief en rusteloos, iemand wie se brein baie vinnig funksioneer en wat vir sy besondere kreatiwiteit 'n uitlaatklep in die kuns vind. Deur sy konflik met sisteme is hy egter geneig om nonkonformisties op te tree, hom aan oorreaksies skuldig te maak en gefrustreerd te raak as die resultate van sy arbeid nie gou gesien word nie. Die keersy van die hiperaktiwiteit is dan dikwels 'n onproduktiewe rusteloosheid. In watter mate hierdie eienskappe by Anderpa aanwesig was en of daar in Langenhoven se ander voorgeslagte eienskappe van die Tourette-psige aanwesig was, is vandag seker nie meer agterhaalbaar nie. Baie van die tipiese karaktertrekke van die Tourette-psige vind 'n mens egter by Langenhoven terug en die obsessioneel kompulsiewe gedrag was volgens die getuienis in U dienswillige dienaar by albei aanwesig. Daarby praat Langenhoven in U dienswillige dienaar verder van 'n ‘maniertjie’ wat op hoë ouderdom - ‘êrens by 'n gesigsbeweging’Ga naar eind16 - by hom begin voorkom het, iets wat hy hom ‘teësit om te onderdruk’Ga naar eind17 en wat by sy Pappie - sy oom dus - ook in sy later jare verskyn het. Alhoewel Langenhoven nie veel besonderhede oor dié verskynsel ver- | |
[pagina 630]
| |
strek nie en klaarblyklik skroomvallig is om daaroor te praat, beskryf hy hier 'n senuweetrekking in die gesig wat dikwels by lyers aan die Tourette-sindroom voorkom, blykbaar 'n geoutomatiseerde dwanghandeling waarvan die doel verdwyn en meestal nie meer te agterhaal is nie.Ga naar eind18 Die kompulsiewe handelinge wat Langenhoven met familielede gedeel het, mag dus moontlik op genetiese eienskappe dui. Sy wisselvallige gesondheid in die laaste ongeveer sewentien jaar van sy lewe getuig egter van 'n onverstandige leefwyse, in die besonder wat sy eetgewoontes en sy misbruik van alkohol betref. Uit sy briewe aan Sarah Goldblatt en enkele briewe van Vroutjie kry 'n mens 'n beeld van iemand wat hom by tye aan alkohol te buite kon gaan en soms dae lank feitlik net gedrink het, sonder om behoorlik te eet. Dit is bekend dat die obsessioneel kompulsiewe gedrag van die Tourette-sindroom-lyer ook in aptytkompulsies soos bulimie of anoreksie tot uiting kan kom, maar hulle ook in verskynsels soos vetsug, alkoholisme en dwelmgebruike kan manifesteer. By gebrek aan die nodige getuienis kan 'n mens nie sê in watter mate Langenhoven se drankmisbruik die gevolg van oorerwing was nie. In elk geval is dit ook nie nodig om dit te weet nie. Die feit is dat Langenhoven nie alleen 'n swaar drinker was nie, maar 'n alkoholis. | |
IIReeds tydens sy lewe was dit bekend dat Langenhoven nie net 'n strawwe roker van Flag-sigarette was nie, maar ook heelwat alkohol kon gebruik. Die omvang hiervan was egter nie algemeen bekend nie. Op Oudtshoorn het hy soms die kroeg van die Central Hotel of die Criterion besoek en altyd op 'n spesifieke kruk met sy hand om die glas gesit, waarskynlik sodat ander nie moes sien hoeveel hy drink nie. Aptytwekkers en tafelwyne het hy selde gedrink. Sy voorkeur was Limosinbrandewyn, wat hy in groot hoeveelhede kon wegslaan, want alles dui daarop dat hy nie 'n sosiale gebruiker was nie. Hy was eerder die soort drinker wat maande lank sonder drank kon klaarkom, maar dan weer by tye skielik aan die drink kon raak. Volgens 'n mededeling van mev. Alice Allison, skoondogter van Vroutjie se dogter Anna, wat dié inligting van haar skoonmoeder het, ‘he would drink (suip) for three weeks | |
[pagina 631]
| |
on end and then stop for six months. Even the angel Gabriel would not have been able to tempt him then.’Ga naar eind19 Hierdie mededeling klop met die beeld van Langenhoven se drankgebruik wat 'n mens uit sy korrespondensie met Sarah Goldblatt kan aflees, behalwe dat dit lyk of die periodes van onthouding veel korter kon wees as wat Anna van Velden in die herinnering van Alice Allison te kenne wou gee. Daar was bepaald tye wanneer Langenhoven heeltemal ontspoor en in die diepste ellende van depressie aanhou drink het, net om daarna die verskriklikste folteringe van selfverwyt te ondergaan. By herhaling het hierdie fases van dipsomaniese eksesse voorgekom wanneer hy in Kaapstad op besoek was, gevolg deur die bittere naberou terwyl hy op Oudtshoorn sy ewewig probeer herwin. In Kaapstad het dit telkemale gebeur dat Sarah op haar motorfiets van kroeg tot kroeg moes ry op soek na haar vriend. As sy hom vind, moes sy hom in die syspan laai en by die huis besorg. Wanneer hy byvoorbeeld op 2 Maart 1922 aan haar skryf, sê hy dat hy byna van die ‘moeilikheid’ herstel het wat hy in die Kaap gehad het, maar dat hy nou so neerslagtig en ellendig ongelukkig voel as wat hy haar nooit kan beskryf nie. Die gevolg van dit alles is dat hy 'n fase van skryfloosheid beleef. Hy voel verskriklik oor die verdriet wat hy haar aangedoen het. ‘Die wêreld’, so skryf hy op 8 Maart 1922 aan Sarah nadat hy in 'n boek oor Russiese intellektuele ná die Rewolusie gelees het, ‘besef nie die seën en heerlikheid van die hoogtes - ja, en nie die vloek en verdoemenis van die laagtes - van die diepgevoeligheid vir geluk of ellende van sy sieners nie.’ 'n Mens is geneig om te dink dat Langenhoven by die skryf van hierdie woorde ook homself in gedagte gehad het. Anna Rothmann, dogter van M.E.R., kon jare later nog onthou hoe Langenhoven by geleentheid onder invloed in haar moeder se woonstel in Kaapstad feitlik nie kon praat nie en net stamelend kon sê: ‘Mense, julle weet nie! Julle weet nie!’Ga naar eind20 Dit is 'n aanduiding dat Langenhoven se drankmisbruik ten nouste met die spanninge in verband met sy kunstenaarskap saamgehang het. Wie daarin 'n ander soort ontvlugting wil sien, is beslis op 'n dwaalspoor, want sy hele drinkpatroon dui op iemand wat die spanninge van sy skeppende gees nie kon hanteer nie en noodgedwonge van tyd tot tyd aan die strawwe eise van sy demoon moes ontsnap. Waar hy hom in sy skeppende werk oor drankmisbruik uitlaat, is dit dikwels met die problematiek van die skeppende mens in die | |
[pagina 632]
| |
agtergrond. Was daar in Langenhoven se tyd beter kalmeerpille en ander middels om spanning te verlig, het hy drank dalk nooit nodig gehad nie. Baie van die simptome wat hy in sy briewe aan Sarah beskryf, hou verband met sy drankgebruik of is onttrekkingsimptome ná 'n periode van bedwelming. Op 11 November 1922 kla hy dat hy hom doodgewerk het en nou ‘hopeloos dronk - duiselig!’ voel. Twee dae later skryf hy dat hy by die kerk duiselig geword het en hulle hom moes uitneem. Op 18 November laat hy haar weet hy het flou geword en op 21 November voel hy ‘siekerig en neerslagtig en...rusteloos’. Wat 'n mens uit hierdie mededelings opval, is hoe lank Langenhoven neem om van onttrekkingsimptome ontslae te raak; oor 'n periode van nege dae is hulle nie minder nie en het sy depressiwiteit eerder toegeneem. Dit dui op die erns en omvang van sy misbruik. Die feit dat Langenhoven se drinkery van tyd tot tyd so onbeheers kon raak, was waarskynlik die rede waarom hy na heelwat aarseling in 1923 'n belangrike uitnodiging tog uiteindelik van die hand wys. In 'n brief van 28 Junie 1923 nooi die Algemeen Nederlands Verbond hom uit tot 'n besoek van 'n maand aan Nederland. ‘Gaarne zullen wij U de gelegenheid bieden’, skryf die sekretaris, ‘in verschillende steden van ons vaderland op te treden, U daar in kennis te brengen met leidende persoonlijkheden, U in één woord een ontvangst te bereiden, die U de gelegenheid zal bieden banden te sluiten, die U aangenaam, en voor ons beiden van beteekenis kunnen zijn.’ In 'n brief van 25 Julie vertel Langenhoven, klaarblyklik opgetoë, Sarah van die uitnodiging, maar op 2 Augustus skryf hy uit Graaff-Reinet, waar hy in 'n watersaak moes optree, dat hy ‘maar nie’ Nederland toe sal gaan nie. ‘Daar trek 'n bietjie pligsgevoel my; maar ek het nie geld nie en ek weet nie waar ek dit moet kry nie en my private sake is almal in die war. Ons moet maar vir prof. Bodenstein stuur of een van die groot skrywers wat ons hier het’, 'n uitspraak waaruit 'n mens aflei dat Langenhoven die teleurstelling met die Stellenbosse professoraat en die negatiewe resensies en ophemeling van ander skrywers nie vergeet het nie. Op 6 Augustus skryf hy egter dat hy die uitnodiging voorwaardelik sal aanneem, maar dat sy by Rompel moet verneem ‘of 'n mens noodwendig in Holland dress suits en manelle en dergelyke gedonder nodig het. Die ja of nee mag die laaste stoffie in die skaal wees wat my help om te beslis.’ In 'n naskrif laat hy haar egter weet dat hy nou definitief na Nederland skryf om die uitnodiging van die hand te wys. ‘Ek is moeg van weifel en mal | |
[pagina 633]
| |
van persoonlike moeilikheid.’ In sy antwoord van 9 Augustus aan die Algemeen Nederlands Verbond sê Langenhoven dat hy die belangrikheid van so 'n uitnodiging vir sy volk en kultuur besef. ‘Ook persoonlijk - indien het mij veroorloofd zij dit te zeggen - zou het bezoek aan Holland mij eene openbaring en eene bezieling zijn geweest. Nog nooit heb ik een voet over de grenzen van Zuid-Afrika gezet! Wat zou het voor mij als schrijver niet waard geweest zijn met Uw zoveel ouder en hooger kultuur van naderbij kennis te maken! Maar, helaas, het kan niet zijn. Persoonlijke aangelegenheden maken het onmogelijk.’ Langenhoven se bedanking vir so 'n uitnodiging kon nie om finansiële redes gewees het nie, want die Algemeen Nederlands Verbond was bereid om alle koste te dra. Uit sy brief blyk ook nêrens dat 'n gevoel teen Hollanders by hom 'n rol gespeel het nie. Al was hy verplig om ter wille van Afrikaans tydens die taalstryd teen Nederlands te velde te trek, was daar Hollanders onder sy onmiddellike vriende in Kaapstad en het hy groot waardering gehad vir 'n skrywer soos Multatuli, wie se werk hy feitlik daagliks gelees het. Waarskynlik was hy eerder beangs dat sy verslawing hom onbesonne dinge sou laat aanvang en dat hy met 'n fase van alkoholiese eksesse in die buiteland ook die aansien van sy land en taal in die gedrang sou bring. Daarby was hy geborge in die wêreld van die Klein Karoo en sou 'n besoek aan Nederland vir hom 'n te groot sprong in die duister wees. 'n Mens vra jou trouens af of so 'n besoek enige belangrike bydrae sou kon lewer tot 'n skrywer wie se skeppende werk in so 'n mate uit die aarde van sy heimat voortgekom het. Dat Langenhoven 'n fase van eksesse tydens 'n besoek aan Nederland moet gevrees het, kan 'n mens aflei uit die patroon van sy drankmisbruik in die loop van 1923. Ná 'n besoek aan Kaapstad bedank hy Sarah op 28 Februarie 1923 weer vir al haar ‘liefde en lydsaamheid gedurende my verblyf; en 'n bede om maar weer te vergewe’. Hy meen die ‘nuk’ is nou verby, maar op 17 April moes hy na 'n verdere besoek opnuut om verskoning vra ‘vir die verdriet wat ek jou aangedoen het’. In Junie moes dit op Oudtshoorn vreeslik met hom daaraan toe gegaan het, want in 'n brief praat hy van die ‘folteringe van die hel’ wat hy deur is. Eers op 3 Julie is hy sonder die ‘duiwelsdrif’, maar veiligheidshalwe het hy as ‘'n desperate redmiddel’ om die kwaal te bekamp, sy drank ‘self deur die magistraat laat stop’. Wat Langenhoven dus gedoen het, was om kragtens artikel 93 van die Drankwet hom | |
[pagina 634]
| |
deur die magistraat tot dronkaard te laat verklaar, sodat alle drank winkels in die distrik Oudtshoorn verbied is om enige alkoholiese drank aan hom te verkoop. Gewoonlik was dit 'n familielid of 'n werkgewer wat hierdie verbod versoek het. Langenhoven was seker die enigste persoon in die geskiedenis wat self hierdie verbod aangevra het. Gelukkig het hy in hierdie ellende die volle steun van Vroutjie en Engela gehad. Ook Sarah, naas Vroutjie seker die persoon wat die ontstellende omvang van Langenhoven se drankmisbruik die beste geken het, was baie simpatiek. ‘Foei tog,’ skryf sy op 23 September aan hom, ‘ek is baie, baie jammer vir jou, my Chief. Dis swaar om so te moet stry. Maar as die oorwinning behaal is, dan is dit die moeite werd gewees. Maar moenie dink ons weet nie hoe jy moet stry. Vertrou maar op ons innige meegevoel.’ Waarskynlik was die verbod slegs 'n maand lank geldig. Aan die begin van Augustus, toe hy weer aan Sarah skryf, is Langenhoven reeds 'n week lank vir die watersaak in Graaff-Reinet en baie vermoeid na al die inspanning. Hy meen egter, so skryf hy op 2 Augustus aan Sarah, dat die ‘vloek’ nou verby is en dat hy in elk geval ‘geen stuk aanleiding’ gevoel het nie. Kort daarop volg egter 'n verdere drinksessie toe hy Kaapstad weer besoek. Op 8 September skryf Langenhoven uit Oudtshoorn aan Sarah dat hy haar 'n ‘oneindige verdriet’ aangedoen het. Hy is stadig aan die regkom, maar ‘dit het baie lank aangehou en my liggaam is verwoes’. Op 11 September is hy steeds vol skaamte en hartseer oor die verdriet aan haar. ‘Dit maak my wanhopig of daar ooit in die toekoms redding en behoud te wagte is. Maar - ek was al erger en dit het weer reggekom. Vergewe my tog, my dear Sub - as jy kan, vergewe - en laat ons hoop op ligter en skoner dae.’ En op 13 September skryf hy dat hy nie ‘roekeloos’ is nie, maar liggaamlik en geestelik onder ‘die vloek’ ly. 'n Mens sou verwag dat Langenhoven na so 'n strawwe fase van eksesse en die verbod wat hy homself deur die magistraat opgelê het, versigtiger sou wees. In Oktober is dit egter maar weer dieselfde storie. Wanneer hy op 27 Oktober aan Sarah skryf, is hy reeds 'n week lank in die bed nadat hy doktersbehandeling vir die toestand moes ontvang. ‘Ek het die swaarste helse folterings van my lewe deurgemaak. Nou nog bewe ek soos 'n riet en ek kan nie die pen vashou nie.’ Op 30 Oktober laat hy haar weet dat hy na 'n week van ‘onbeskryflike smart’ weer in 'n mate herstel het, maar nog steeds ‘bewerig’ en bitter neer- | |
[pagina 635]
| |
slagtig voel. ‘Ek kan jou nie sê wat ek deurgegaan het nie. Want my maag en lewer was gerinneweer; my senuwees was aan flenters; en my hart het gedwing om te gaan staan.... Ek moes drie dae nag en dag opgepas word. Nou kan ek darem weer eet en slaap en my gedagtes is helder.’ En op 31 Oktober kan hy sê dat hy nou ‘vir die eerste maal weer perdfris’ voel. Sarah moedig hom ook in hierdie tyd baie aan. In 'n brief van 1 November spreek sy haar blydskap uit dat hy so ver herstel het. ‘As jy maar nou die moed wil hou en die nukke beveg, dan sal ons almal probeer dankbaar bly onder die kastyding, né? Maar hemel tog, my dear Chief. Wees tog nou versigtig al was dit nie om jou ontwil, dan om ons.... Mag jy spoedig fris en gesond word, heeltemal sterk. Dit is my gedagte al die tyd, al is ek waar ook besig, en al doen ek wat ook. En as die gedagte jou help, jou kan help, dan sal dit help. Dit moet ook. Hoe kan gevoelens soos dié van die Ounooi, van Engela, van my hulle krag verloor? Steun op ons liefde en op ons vaste vertroue in jou.’ Maar nog was die drankmisbruik van 1923 nie op 'n einde nie. Aan die begin van November was Langenhoven weer vir die watersaak in Graaff-Reinet, waar hy hom andermaal aan die drank oorgegee het. Op hoë ouderdom kon Anna Neethling-Pohl, indertyd 'n matriekdogter op die dorp, nog onthou hoe geskok die Van der Bergs, by wie Langenhoven tuisgegaan het, in die aande was as hulle gas niks wou eet nie en net met 'n bottel brandewyn in die bed geklim het.Ga naar eind21 Op 20 November skryf Langenhoven aan Sarah dat hy skaam is om ‘verder skuld te bely want daar is geen verskoning om in te bring nie’. Maar nou is dit sy voorneme om nie weer te drink nie. ‘Eén las’, skryf hy aan Sarah, ‘sal ek jou nooit weer aandoen nie. Ek weet jy glo my nie maar jy sal sien.’ Blykbaar het hierdie vaste besluit wel gesorg dat Langenhoven 'n tyd lank van die drank weggebly het, maar op 17 April 1924 moet hy Sarah na 'n besoek aan Kaapstad weer om verskoning vra vir ‘al die verdriet wat ek jou aangedoen het’. Hy voel dié keer moedeloos, want hy vind dit - volgens 'n verdere brief van 21 April - onmoontlik om homself te verstaan. ‘Sê tog’, skryf hy, ‘vir die mense ná my dood ek was 'n dubbele persoonlikheid. En nie 'n goeie man wat kwaad gedoen het nie maar 'n slegte wat gestreef en gebid en geworstel het om beter te word as hy was en goed te doen.’ So sterk voel hy dié keer oor sy misbruik dat hy ook die liefde van die Vader nie verstaan nie. ‘Waarom help Hy my nie’, vra hy. ‘Sou ék my eie kind dan nie red nie?’ In | |
[pagina 636]
| |
hierdie moedeloosheid is dit naas sy gesinslede Sarah wat hom vertroos. Hy moet alles wat met hom gebeur, sien as 'n louteringsproses waaruit die reine liefde en egte krag voortkom. ‘Ons wat jou ken’, skryf sy op 24 April, ‘glo vas en onwrikbaar in jou herstel. Ons het jou lief. Ons ken die man in jou. En ons weet jy sal seëvier.’ Maar ten spyte van hierdie liefde wat hy van Sarah en van Vroutjie en Engela ontvang, swig Langenhoven en neem die ‘blou duiwels’ - soos hy sy eksesse nou begin te noem - in Mei weer van hom besit. Wanneer hy vir die Parlementsitting per trein na Kaapstad moet reis, vra hy haar in 'n brief van 21 Junie om voorsiening te maak ‘vir die nodige voorsorg vir my beskerming’ by sy aankoms, 'n versoek wat hy op 24 Julie herhaal. Meer as een maal het dit in hierdie jare gebeur dat Langenhoven op die trein na Kaapstad só begin drink het dat hy nie in staat was om uit te klim en sy weg te vind nie. As voorsorgmaatreël het hy met twee persone by die Nasionale Pers gereël om teen betaling op die Kaapstadse stasie te wees as die trein uit Oudtshoorn aankom. Hulle was later by die Pers bekend as ‘Langenhoven se draers’.Ga naar eind22 Of Langenhoven hom dié keer op die trein onkapabel gedrink het, is nie bekend nie. Op 14 Augustus moes hy egter, terug op Oudtshoorn, Sarah vir die soveelste keer bedank ‘vir die liefde en lydsaamheid waarmee jy my weer hierdie slag versorg en opgepas het’. Op 16 Augustus skryf hy dat hy nou weer ‘redelik fris’ voel, maar dat hy homself nie kan verstaan nie. ‘Of liewer,’ gaan hy voort, ‘die een ek kan die ander my nie verstaan nie.’ In 'n brief van 12 Augustus 1924 wens Sarah hom geluk met sy verjaardag en hoop sy dat hy ‘van nou af 'n lang bui van soetwees (sal) kry’. Langenhoven bedank haar vir haar ‘woordjie van aanmoediging’ en sê hy wou weer skryf om vergiffenis te vra, ‘maar dis die soveelste maal, en dis ál vir my dat dit nie anders kan lyk nie as na huigelary. Ag, Sub, as jy tog kan weet...maar nee, Goddank jy weet nie. Laat my maar alleen weet en alleen brand.’ Uit sulke woorde kom 'n mens onder die indruk van hoe Langenhoven telkens 'n ongelyke stryd aanknoop teen magte wat te sterk vir hom was. Klaarblyklik was hy, soos 'n mens male sonder tal uit sy optrede ná negatiewe resensies kan aflei, iemand wat uiters sensitief op prikkels gereageer het. Die hele debakel ná die verskyning van A first guide to Afrikaans en Mof en sy mense het hom in 1926 byvoorbeeld heeltemal laat ontspoor. Nog voor die publikasie van die resensies was hy vir die Parlementsitting in Kaapstad, waar hy weer vir die soveelste | |
[pagina 637]
| |
keer aan die drink geraak het. Op 13 Junie 1926 bedank hy Sarah vir sy verblyf en dat sy hom so ‘versorg en verpleeg’ en al sy ‘onmoontlike nukke’ verdra het. Toe hy teen die einde van Oktober Kaapstad weer besoek, gee hy hom andermaal aan die drank oor en moet hy haar weer in 'n brief van 28 Oktober bedank vir haar liefde en die wyse waarop sy hom versorg en verpleeg het. Daarna volg weer 'n fase van onthouding met die gepaardgaande depressiwiteit, hoofpyn en rugpyn en 'n ‘toestand van sufheid’ wat hom onbekwaam maak om te werk. Eers op 13 November kan hy Sarah laat weet: ‘Ek voel vandag weer fris - touch wood.’ Teen April 1927 was Langenhoven se gesondheid na 'n verdere besoek aan Kaapstad en die soveelste fase van eksesse absoluut haglik, al het Vroutjie dié keer saam met hom die sitting bygewoon. Só erg was hy dat dit Vroutjie na hulle terugkeer op Oudtshoorn in absolute desperaatheid na die pen laat gryp en aan Sarah 'n brief laat skryf het. Op 6 AprilGa naar eind23 laat weet sy haar vriendin dat sy maar liewer 'n sluier sal werp oor haar ‘lyding en bittere vernedering’ tydens die treinreis terug. Op Maandag, 2 April, het sy haar man sover gekry dat ‘hy weer sou gaan teken’, 'n formulering waaruit dit blyk dat Langenhoven die tweedeGa naar eind24 keer ‘beskerming’ teen sy dranksug nodig gehad het. Sy het haastig klaargemaak vir die besoek aan die dorp en met hom saamgegaan. Voordat hulle by die magistraat kon uitkom, het Langenhoven egter 'n telegram aan Sarah gaan wegstuur, 'n bottel brandewyn by die drankwinkel gaan koop en ‘nog 'n dop (hoeveel weet ek nie) by die Central gaan drink’. Uiteindelik is hulle saam na die kantoor, waar Langenhoven die magistraat wou laat verstaan dat hy deur sy vrou geforseer is om daar te wees en nie tot onthouding van langer as drie maande wou inwillig nie. Eers nadat Vroutjie haar humeur verloor het, was hy bereid om tot ses maande in te stem. ‘Nou’, vier dae later, so skryf sy aan Sarah, ‘is hy in 'n treurige toestand. Ek het van Jacobsohn [die huisarts - JCK] slaapdrank vir hom gekry maar as dié op is hoe dan? Dit sal tog nie gaan om daarmee aan te hou nie.’ Hoe moedeloos Vroutjie oor die toestand is, blyk uit haar mededeling dat sy ‘die lewe nie langer gaan verdra nie’ en dat haar eie gesondheid as gevolg van dié toestand nie na wense is nie. ‘Dis al 30 jaar’, skryf sy, ‘van ek met die stryd begin het. Elke keer is die moeilikheid om hom weer normaal te kry swaarder. Hy is natuurlik nog al die tyd in die bed sonder skeer of was. Ons is nou besig om hom sterke kragtige sop te gee. Mag die Vader gee dat hy nou hom sal regruk.’ | |
[pagina 638]
| |
Hoe erg Langenhoven se toestand dié keer was, blyk verder uit sy briewe aan Sarah. Op 7 April skryf hy: ‘ek sukkel pynlik hierdie woordjies agtermekaar tot die uiterste nodige. Maar ek voel nou dat ek deur Gods genade aan die herstel is. Weer dank ek jou uit al die innigheid van my hart vir al die liefde en toewyding waarmee jy my versorg en na my omgekyk het. Ek kan nie meer sê nie.’ 'n Dag later gaan hy in meer besonderhede op sy toestand in. ‘Hel, maar ek het 'n toer deurgemaak’, skryf hy. ‘Dank die hemel dat jy nie weet wat dit is nie. Ek wonder as 'n mens dit met grade kon meet hoe naby die dood ek omgedraai het. En nie die minste van die folterings nie was die leed oor die leed wat ek veroorsaak het behalwe wat ek self gely het. Maar die Sub vergewe my maar altyd weer. Wat moet die liefde van God nie wees nie.... En ek hoop van alle harte dat die arme Sub heeltemal tot verhaal gekom het van die verdriet en sorg wat ek haar veroorsaak het. Foeitog, Sub; ek is kranksinnig anders sou ek sulke dinge nie slag vir slag weer versuim om te ontsien nie.’ Selfs uit die bewerige handskrif waarin hy op 10 April aan Sarah skryf, kan 'n mens aflei dat die vergiftiging nog steeds in sy gestel is, al kla hy in hierdie tyd ook oor die ‘gruwelike astigmatisme’ van sy oë. Kort voor sy dood in 1932 sou hierdie probleem erger word en sou hy 'n spesialis in verband daarmee raadpleeg. Blykbaar het daar ná hierdie eksesse en die wetlike ‘beskerming’ weer 'n fase van onthouding by Langenhoven ingetree, al sou sy dranksug tot die einde van sy lewe 'n probleem bly. In April 1929 bedank hy Sarah die soveelste keer vir die liefde en verdraagsaamheid nadat hy tydens sy besoek aan Kaapstad hom nog 'n keer te buite gegaan het. In Mei 1929 is hy weer deur die magistraat op die swartlys geplaas. In Julie 1930 raak hy by S.P. le Roux en sy vrou op hulle plaas Middelplaats naby De Rust aan die drink. Terwyl hy in Oktober weer by die Le Rouxs kuier, gebeur dieselfde, in so 'n mate dat hulle hom ‘soos 'n kind’ moet oppas. ‘Dit was nooit van te vore so erg nie’, skryf hy op 18 Oktober aan Sarah. ‘Ek is nou uit die moeilikheid-self verlos maar nie uit sy nasleep nie. Hart en senuwees. Nou-al drie nagte byna niks geslaap nie (Op die plaas slaapdrank gebruik. Hier wil ek nie.)Ga naar eind25 sodat ek nie gister kon skryf...nie; was onmoontlik dronk en lighoofdig.’ Dat Langenhoven se drankmisbruik hierdie keer maande aangehou het en sy gesondheid baie ernstig aangetas is, blyk uit 'n briefGa naar eind26 wat Vroutjie op 15 Augustus 1930 na sy terugkeer uit Kaapstad aan Sarah skryf. Indien hy nie nou ophou nie, sê sy, vrees sy vir beroerte, want hy | |
[pagina 639]
| |
wys alle uiterlike tekens daarvan. ‘Sy gesig het [tydens die periode van eksesse - JCK] gelyk of die bloed deur sy vel wou bars en het jy gesien hoe sy wange gelyk het! Dit was asof daar 'n kors van bloedpuisies op was. Hy het ook gedurig by die kleinste snytjie met skeer gebloei. Nou nog. Gister hom weer 'n plekkie gesny en weer was daar die tekens.’ Sy vrees nou dat hy tydens die komende besoek aan Somerset-Oos, waarheen hy vir partysake moet gaan, weer sal begin drink. Dit is onbekend of Langenhoven hom tydens dié besoek te buite gegaan het. Dat Vroutjie se vrees vir nog 'n dranksessie egter nie ongegrond was nie, blyk uit nog 'n briefGa naar eind27 wat sy op 25 November 1930 aan Sarah ná Langenhoven se terugkeer uit Kaapstad skryf. Vroutjie was op die stasie toe die trein na Port Elizabeth inkom. Langenhoven was ‘nie te erg nie’ en hy ‘kon goed loop’, maar hy het aaklig gelyk. Hy was verbaas om Vroutjie te sien en het haar gevra hoe sy wis wanneer hy sou aankom. ‘Ek sê toe’, skryf sy, ‘ek het mos geweet jy kom en ek het jou toe maar kom ontmoet.’ Hulle is na die huurmotor en die bagasie is gou deur die bestuurder, Fourie, ingesit. ‘En ons was op weg huis toe’, gaan sy voort, ‘toe sê hy vir Fourie hy moet eers na P.V. ['n drankwinkel - JCK] gaan en dan na North se hotel. Toe sê ek “Maar Pappa, dis mos 'n omme pad. Laat hy eers na North se hotel gaan en dan na P.V. Dan is ons mos sommer op weg.” Nee, sê hy, hy moet eers na P.V. Toe ons by P.V. kom, sê hy vir Fourie hy wil nou nie afklim nie of soiets en hy moet maar na North se hotel gaan.... Toe hy by North se hotel kom sonder 'n woord verder met my te praat sê hy vir Fourie hy moet die porter roep. Ek wis toe nog glat nie wat sy plan was nie. Dog hy moes iemand sien. Maar hy begint te sukkel om die motor oop te kry en eindelik toe die porter kom het hy die deur ook oop en klim af en sê vir die porter om sy goed te neem. Toe eers vra ek hom wat sy plan was. Nee sê hy hy gaan nie huis toe nie. Ek vra hom dan waarom nie, ek het dan gekom om jou te ontmoet. Maar hy sê net: “Fourie, neem Mev. L. huis toe.” Wat kon ek tog toe doen? Dit sou my niks gehelp het om in te gaan en hom probeer ompraat nie. Hy was te dronk. Het toe maar stil huis toe gekom en met Bessie [haar dogter wat langsaan Arbeidsgenot in Klapperbos gewoon het - JCK] gaan praat, en ons het toe besluit dat Allan [Pocock, Bessie se man - JCK] na hom moes gaan en kyk wat hy kon doen. Allan het Matthews gaan haal en die twee is toe af hotel toe en Allan het buite gebly en M. het na sy kamer gegaan en hy sê vir M. ek is baie kwaad vir hom ek wil nie 'n dronk man hê nie | |
[pagina 640]
| |
of soiets. Toe het A. en M. deur gekom en my kom sien. Ek sê vir Matthews ek het nie 'n woord nog met hom kon praat nie. Al wou ek ook daar was nog nie 'n oomblik nie. Dit is 'n duiwelse leuen. Maar ewewel ek is toe met hulle saam deur hotel toe, en dadelik was hy gereed om met my saam huis toe te kom sonder die minste moeite. Maar ag ek had 'n helse tyd deur gemaak. Maandagnag heelnag wakker gewees. Hy het my nooit 'n oomblik laat rus nie en nooit het hy of ek een minuut geslaap nie. Om 4 uur Sarie gaan roep om koffie te maak en hy kon nie wag dat ek vir Jacobsohn medisyne en slaapdrank kon vra nie. Ag ag hy was onmoontlik. Dingsdag (gister) tamelik maar kon nie slaap nie met slaapdrank en al. Gisteraand hom 'n twede slaapdrank gegee en hy het toen darem laaste nag 'n bietjie geslaap. Vandag redelik gewees.’ Na 'n onderbreking hervat Vroutjie die brief: ‘Gister het Chief darem sy artikel [vir Aan stille waters - JCK] geskrywe soveel beter maar hy was natuurlik nog al die tyd in bed of in sy japon in die huis rond. Nou wil ek weer 'n poging maak om hom te beweeg om homself onder beskerming te sit want hy het aan beide Bessie le Roux [S.P. se vrou - JCK] en my Bess gesê dat hy voel daar is net een plan nog en hy sal verplig wees om dit te doen.... Vir my het hy nog niks gesê nie. Hy voel nou so beter dat ek twyfel. Regtig die man het my nou so behandel dat ek dronk geslaan is. Verbeel jou dat hy voor die hotel afklim. Sy goed laat afhaal en vir hom 'n kamer in die hotel bespreek. Die wêreld moet dink ons het 'n hewige rusie gehad. Dog hy was nie bewus van wat hy doen nie. Nogthans hy moet met so 'n plan van die Kaap gekom het want hy was of hy verskrik was op die stasie om my te sien en die manier wat hy vir Fourie orders gegee het het my so laat dink. Ek weet nie wat om te doen nie. Oor die hospitaalbehandeling [klaarblyklik teen dranksug - JCK] weet ek niks en as hy nie vanself en vrywillig hom wil onderwerp nie dan sal hy ook nooit daar bly nie. Maar vind tog maar bysonderhede uit. As hy sê vir 'n jaar homself onder beskerming sit sal dit nie nodig wees nie. Maar of hy so ver sal kom...ek twyfel. Moet nou ophou. Sal jou spoedig weer laat weet of dinge beter gaan. Arme arme Sarah dat jy weer al die verdriet en ergernis moes hê. God weet ek is radeloos en hopeloos.’Ga naar eind28 Uit die gegewens in die briewe van Vroutjie en die korrespondensie wat Sarah van haar Chief bewaar het, word dit duidelik, as dit nog nie tevore duidelik was nie, dat Langenhoven se drankmisbruik nie dié van 'n ligsinnige, slordige drinker was nie, maar deel van 'n persoonlike | |
[pagina 641]
| |
noodlot. Hy het met alle mag teen die euwel probeer stry, maar klaarblyklik was hy, selfs met die hulp van familielede en vriende, nie by magte om van die verslawing los te kom nie. Daar is getuienis wat daarop dui dat hy by meer as een geleentheid in 'n uiters beskonke toestand op straat in Ladismith verskyn en na sy pleegvader se woning op Elandsvlei probeer loopGa naar eind29 of saam met 'n drinkebroer in die slote van Oudtshoorn gelê het.Ga naar eind30 Soms moes Jan Anderson, later burgemeester van Oudtshoorn, hom voor 'n belangrike vergadering of hofsaak ‘uitvars’.Ga naar eind31 Daarteenoor bestaan egter geen getuienis hoegenaamd dat hy in sy benewelde toestand ooit sy hand teen sy vrou of iemand anders gelig het nie. Wel het hy hom, na die aanvanklike euforie, meer as een maal in 'n toestand van totale swaarmoedigheid ingedrink en gevoel dat hy deur almal verlate is. By tye het hy selfs gevoel dat Sarah hom verlaat het. By meer as een geleentheid het Langenhoven hom in sy geskrifte oor die euwel van drank en drankmisbruik as sodanig uitgelaat - roerende dokumente wat ontstaan het uit eie bittere persoonlike ervaring en getuienis van sy insig in die afskuwelike gevolge van die verslawing. Wanneer hy op 10 Augustus 1920 die Stellenbosse studente toespreek oor die begrip ‘Belangstelling’, illustreer hy die verflouing van aandag aan die hand van die verskillende dinge wat 'n mens kan drink en eet. ‘Jy kan aanhou om meer en meer peper op jou vleis te gooi tot jy naderhand die vleis laat bly en skone peper eet - maar wat dan verder? So weer, melk en water is nie interessant genoeg nie, nou drink jy koffie. As die koffie eentonig word drink jy wyn. Dan word die wyn eentonig en jy neem brandewyn. Eindelik prikkel die één glas nie meer nie en jy neem twee en drie; en uiteindelik in stede van meer opgewek te raak, raak jy dronk. Die prikkelmiddel het self 'n verdowingsmiddel geword. Opwekking word bedwelming.’Ga naar eind32 Wanneer dr. D.F. Malan as minister van binnelandse sake 'n wetsontwerp indien om die verskaffing van drank te beperk, is Langenhoven sterk ten gunste daarvan. In 'n bydrae tot sy Aan stille waters-rubriekGa naar eind33 verskyn 'n ‘ingestuurde’ stuk oor die moontlikhede van drankbeperking. Wie die skrywer van die stuk is, sê Langenhoven, maak geen saak nie. Die skrywer, gaan hy voort, kon egter sy naam as ‘Slagoffer’ onderteken het - ‘nie 'n slagoffer van beperking nie, maar van onbeperkte vryheid’. Uit die handskrif en styl is dit egter duidelik dat die outeur niemand minder as Langenhoven self is nie. | |
[pagina 642]
| |
In hierdie bydrae verklaar Langenhoven hom ten gunste van 'n volstrekte drankverbod - 'n hopeloos onpraktiese en onagterhaalbare ideaal wat hy nastrewe, maar wat getuig van die irrasionele drif waarmee hy alkoholiese drank in alle vorme wil bestry. Hy dink nie soseer aan die kwaad waartoe die drank hom as slagoffer gelei het nie, maar ‘aan die goed waarvoor ek my deur die misbruik daarvan onbevoeg gemaak het, vir my, vir my huis, vir my land en my volk’. Veral één tipe persoon word hoofsaaklik deur die drankgier oorweldig, naamlik ‘die fyn-intellektuele, met die verbeeldingsweelde van die kunstenaar, met die delikate senuwee-gestel wat die maklikste verstoor word’. Uit dié soort mens kom ‘die martelaars en hervormers, die sieners en profete’ voort wat 'n volk kwalik kan mis. Daarby behoort die maatskappy te besef dat alkoholisme 'n siektetoestand is, nie 'n oortreding wat deur wetsvervolging of maatskaplike ostrasisme bestry kan word nie. Dit is verkiesliker om hierdie ‘verlore-gaandes’ te red in plaas daarvan om vir hulle ‘wanhoop op wanhoop’ te stapel, want die verslaafde het vir homself al klaar ‘'n hel op aarde’ geskep. As dit dan nodig is, moet die misbruiker soos 'n sieke of 'n kranksinnige - maar dan met liefde - behandel word. Die drankdrif tref byvoorbeeld die kunstenaar: ‘die man met die gloeiendste verbeeldingskrag’, die beste onder ons ‘wat abnormaal is juis omdat hy nie middelmatig is nie’. Dié soort mens besit dikwels die ‘ongestadigste senuwee-stelsel’. Daarom moet ons hom nie veroordeel nie, want dit is vir ons onmoontlik om die ‘versoeking’ teenoor die ‘weerstandsvermoë’ af te weeg. Wanneer Langenhoven in Ons weg deur die wêreld III oor die dwase wyse skryf waarop die mens sy liggaam en siel beproef, gebruik hy weer die beeld van die drinker en roker as voorbeeld. ‘Ons beproef ons gesondheid van dag tot dag’, skryf hy, ‘maar ons liggaam het 'n groot reserwekrag van selfherstel - hy spring weer terug gesondheid toe. En ongelukkig, dit sus ons tot gerustheid. Die hartklopping teen die steil hoogte gaan verby; en ons begin weer te rook. Die dowwe hoofpyn in die oggend met die swart-halfmane onder die oë en die smaak van doodsbeendere in die mond gaan verby, en môre-aand eet en drink ons weer te veel. Die bogie word swakker en papper deur die spanning wat bedoel was om hom sterker te maak; hy bly naderhand krom staan soos 'n mandjielat of 'n houthoepel; ons wil hom weer reguit buig - en, klaps! daar lê ons. Die boog wat eenmaal gebreek het, word nie weer heel nie.’Ga naar eind34 | |
[pagina 643]
| |
Langenhoven het dit hier nog in betreklik algemene terme oor die misbruik van liggaam en siel, al voel 'n mens by die lees van so 'n passasie dat die skrywer die gevolge van die eksesse wat hy beskryf, aan eie lyf ervaar het. Een van sy bekendste spreuke handel egter regstreeks oor die dwaasheid van die drinker. ‘Dis moeilik om 'n man wat drink tevrede te stel. As die bottel vol is, is dit nie na sy sin nie; en as hy leeg is, is dit ook nie na sy sin nie.’Ga naar eind35 Waar hy in die daaropvolgende prekie die patroon van die drinker beskryf, wei hy weer uit oor die dwaasheid en die skade wat hy aan sy eie liggaam en siel berokken. En weer het 'n mens die gevoel dat hy hier uit eie ervaring getuig. ‘Onvoldoenlikheid en onredelikheid, verkeerdigheid, is die grondeienskap van 'n dronkaard’, skryf hy. ‘Hy drink om sy dors te les, en hoe meer hy drink hoe dorstiger word hy. Hy drink om lekker te voel, en hoe meer hy drink hoe slegter voel hy. Hy drink tot hy hoofpyn het en dan drink hy die hoofpyn weg tot hy 'n tweede kry wat erger is. Hy is so lief vir die drank dat jy sou verwag dat hy begerig moet wees om lank aan te hou, maar in plaas daarvan drink hy hom haastig in die tronk of in die graf in en dan moet hy vroegtydig ophou. Hy offer sy liggaam op om sy siel te bevredig (want daar is 'n sielsgenot in die opwekking wat vóór die bedwelming kom); en hy offer sy siel op om sy liggaam te bevredig - en op die end bevredig hy geeneen nie maar verderf albei.’Ga naar eind36 So 'n man, gaan hy voort, moet ons nie te streng veroordeel nie. ‘In sekere mate kan ons nie help om hom te verag nie, want hy het homself tot die diepste modder van veragting verneder. Maar laat ons soetjies loop met ons oordeel.... En miskien nóg is daar hoop: miskien nie, maar miskien tog. Nét sulke gevallenes as hy het weer opgestaan. Wie weet, één van ons wat nie haastig is om die eerste klip te gooi nie, kan hom ophelp. Ons kan miskien aan sy vrou weer 'n man gee, aan sy kinders 'n vader, aan sy land 'n burger, aan homself sy eer en roem, sy verlore geluk en karakter. God weet, en díe wat dit ondervind het weet, wat so 'n verlossing beteken uit so 'n slawerny. Jy wat dit nie weet nie, leser: dank God dat jy dit nie weet nie. Maar omdat jy dit nie weet nie: oordeel nie, help.’Ga naar eind37 Langenhoven skryf hier oor 'n lydende mens wat hulp en simpatie in sy verslawing nodig het, iemand wat smag om uit die ellende verlos te word. Die eerlikheid waarmee hy die euwel verwoord, is aangrypend - en dit word aangrypender as 'n mens dit teen die volle agtergrond van sy verslawing lees. Anders as Rimbaud, wat alles wat menslik is, ter wille van die kuns wou opoffer en sy persoonlikheid met drank en | |
[pagina 644]
| |
dwelms wou afbreek, sodat die stem van God in die poësie deur hom kon praat,Ga naar eind38 het Langenhoven drank gebruik om ná 'n periode van geweldige inspanning en kreatiewe vaart sy brein af te skakel en sy senuwees tot rus te laat kom. Sowel in inspanning as in ontspanning het hy egter nie enige maat geken nie. Soos hy hom tydens die skeppingsfase op 'n onoordeelkundige wyse gemoor en veels te veel uit sy gestel in 'n te korte tydspan probeer tap het, so het hy hom in sy poging tot ontspanning aan 'n ander uiterste oorgegee. In albei fases het die drif - die skeppingsdrif en die drankdrif - die ewewig versteur en hom tot eksesse gedryf. Deur die jare lange ongesonde leef- en werkpatroon het hy sy gesondheid vernietig. Toe hy op 15 Julie 1932 op die leeftyd van byna nege en vyftig jaar te sterwe kom, was hy 'n ou man met 'n verwoeste liggaam. Om 'n kortsigtige morele oordeel oor 'n dronkaard te vel, is veel makliker as om die innerlike dryfvere van 'n lydende en verslaafde mens se irrasionele optrede te verstaan. Langenhoven was 'n verwikkelde mens met innerlike teenstrydighede. 'n Kennis van sy drinkpatroon en siektegeskiedenis bring ons nader aan die mens, al bly dit steeds moeilik om sy innerlike dryfvere te begryp. In laaste instansie staan iemand wat hom in die skrywer en die mens Langenhoven verdiep, egter oorstelp by die onkreukbaarheid en vlekkelose eerlikheid wat so kenmerkend van hierdie besondere mens was. By meer as een geleentheid het Langenhoven oor homself gepraat en sy eie booshede bely, al kon hy tog telkens - sowel in geestige as ernstige oomblikke - ook op 'n sekere keersy wys. Op 'n keer stap hy in die Tuine in Kaapstad. ‘Maar jy is mos dronk’, merk 'n verbyganger op. ‘Ja’, was Langenhoven se antwoord, ‘maar môre is ek nugter en jy nog steeds 'n aap.’ In die ‘Beknopte eie lewenskets’ wat hy as inleiding tot sy bundel Aan stille waters in 1929 afdruk, sê hy dat hy nie 'n hoë ouderdom sal bereik nie, want ‘hoe spoedig 'n mens by jou bestemming aanland, hang nie net af van hoe lank die pad was nie, maar hoe vinnig jy gereis het.’Ga naar eind39 En Langenhoven hét vinnig geleef. ‘Ek het’, skryf hy, ‘meer as my regmatige beurt gehad, oneindig minder as my verdiende deel van leed, oneindig meer as my verdiende deel van geluk. By doen en by nalaat was ek en bly ek 'n sondaar, God alleen weet hoe groot, maar onreg en bedrog en valsheid, hetsy in my omgang teenoor my ewenaaste, hetsy in my beroep of in my politiek, was nooit my gebruiklike ondeug nie.’Ga naar eind40 | |
[pagina 645]
| |
IIIWanneer Langenhoven in Kaapstad vir die Parlementsittings of vir onderhandelinge met Die Burger en die Nasionale Pers op besoek was, het hy meestal by Sarah in Labounerestraat in die Tuine en later in Rhodeslaan in Mowbray tuisgegaan. Daar moes sy hom telkens met eindelose geduld en teerheid fisiek uit die ellendes van sy verslawing red, soms deur hom letterlik in haar huis in te dra, uit te trek, skoon te maak en te verpleeg. 'n Mens vra jou af waarom sy dit alles vir hom opgeoffer het. Dit kan wees dat Sarah 'n soort sekretariële psige gehad het en die soort persoon was wat uit bewondering vir die groot skryftalent en die mens Langenhoven in sy nugter oomblikke bereid sou gewees het om alles vir hom te doen. Sy het in hom die goddelike genie gesien, die skrywer wat kon toor met woorde en wat verhale met 'n vaart kon vertel op 'n wyse wat van Afrikaans 'n soepel instrument gemaak het. Sy ywer vir die taal en sy stryd in belang van Afrikaans het haar ook aangevuur en 'n betekenis aan haar lewe gegee. Op dié wyse het 'n dissipelskap ontstaan wat 'n hele lewe lank sou duur. Maar om Sarah bloot tot 'n sekretariële tipe te vervlak, laat nie reg geskied aan haar selfstandigheid en die eie drif wat inherent ook deel van haar was nie. By geleentheid, op 18 November 1921, praat Langenhoven in 'n brief van die ‘volharding en artistieke temperament’ wat in hulle albei verbind is. Sy was 'n intelligente vrou met deursettingsvermoë wat seker nie vir dié van Langenhoven agtergestaan het nie, al het haar talente op 'n ander manier tot uiting gekom. In Sarah het Langenhoven 'n geestelike maat gevind wat 'n mens in dié mate selde in die lewe toebedeel kry. Sarah was die persoon buite sy huislike kring wat sy hartstog vir al sy ideale begryp het, wat sy kunstenaarpsige verstaan en vertroetel het en vir wie hy ten volle met sy werk kon vertrou. Bowenal moet sy 'n gespreksgenoot gewees het wat hom kon stimuleer en inspireer, selfs al was sy dan deur haar andersoortige herkoms nie vertroud met die agtergronde van sy kuns nie. Dit beteken geensins dat die vriendskap 'n rustige verloop gehad het nie, want die ongeduldige Langenhoven kon by tye 'n opgejaagdheid oor onbenullighede ontwikkel wat ontstellende afmetings aangeneem het. Telkens gee hy in sy briewe aan haar opdragte in verband met die afhandeling van manuskripte, wat hy in 'n daaropvolgende brief weer | |
[pagina 646]
| |
wysig. Bowenal word hy by herhaling erg geïrriteerd as daar nie betyds reaksie van haar kom nie. In 'n brief wat hy in die Woensdagnag van 2-3 Augustus 1922 skryf, sê hy dat hy haar uitdruklik gevra het om hom nie weer deur die laattydigheid van 'n brief onnodig te ontstel nie. In sy toestand, gaan hy voort, lei ‘die geringste oorsakie tot die ernstigste gevolge’. In plaas van haar weeklikse gereelde brief was daar nou net ‘die flenterpapiertjie wat jy Saterdag geskryf het en eers Sondag-aand gepos het’, 'n opmerking waaruit 'n mens aflei dat Langenhoven selfs die datum van die brief met die posstempel vergelyk! Hy kyk selfs na die uur waarop dit gepos is, want die langer brief wat Sarah in die ‘flenterbriefie’ in die vooruitsig stel, word eers Dinsdagoggend in die donker voor half-sewe gepos. Daaruit lei Langenhoven af dat sy nie die tweede brief Sondagaand geskryf het nie maar Maandagaand. Wanneer Sarah in 'n later brief sê dat sy Sondag op besoek aan Tulbagh was, verwyt hy haar dat hy nie daaroor ingelig is nie! Afgesien van die beheptheid met die pos en die uur en dag waarop briewe in die bus beland, spreek so 'n tipe ontsteltenis by Langenhoven van 'n verregaande obsessie met Sarah. 'n Mens kry die indruk uit briewe soos dié, waarvan daar meer as een voorbeeld in die korrespondensie bestaan, dat hy absoluut besitlik oor haar gevoel het en haar nie 'n eie selfstandige lewe wou gun nie. Hy vermoed nou, feitlik in 'n vlaag van vervolgingswaan, dat sy as gevolg van sy gedrag in Kaapstad belangstelling in hom verloor het. Indien dit die geval is, moet sy op ontvangs van sy brief dit duidelik aan hom telegrafeer. ‘Dis beter’, skryf hy, ‘om meteens onthoof te word, en klaar, as om stadig doodgefolter te word. En as daar niks is nie, telegrafeer my dit dan ook en duidelik. Maar ek moet jou volle aandag en belangstelling hê en jou volle vertroue, soos nog al die jare, of anders glad niks. Al wat ek nog altyd van jou gehad het was liefdediens so trou as ooit op die aarde iemand wat dit nie wêrd is nie kon ontvang van 'n medemens. Jy het my bederwe.’ Uit hierdie laaste opmerking blyk duidelik watter belangrike rol Sarah in Langenhoven se lewe gespeel en hoe onbaatsugtig sy haar dienste tot sy beskikking gestel het. Vergoeding daarvoor het sy minimaal ontvang, maar in geld was sy in elk geval nie geïnteresseerd nie. Dit was vir haar 'n belewenis om so direk met 'n groot skrywer en 'n briljante brein in aanraking te wees en hom as vriend te hê. Daarom dat sy hom by herhaling verseker dat haar belangstelling nie ‘verplaas’ is nie, maar dat sy met 'n volle lading werk nie altyd die tyd het om | |
[pagina 647]
| |
onmiddellik alles te los en aan sy werk aandag te gee nie. Nie dat dit Langenhoven altyd bevredig het nie! Op 20 Junie 1924 skryf hy in 'n oomblik van algehele verlatenheid ‘die een op aarde, buiten my eie mense, wat nog altyd my hulp was, het ook onverskillig geword - ek skryf in die wind; ek soek toegang teen 'n klipmuur; vrae, instruksies, besprekings, telegramme, klagtes, soebat - alles bly sonder notiesie’. Sarah moet telkens haar belangstelling herbevestig en hom oortuig van haar ywer vir hom en sy werk. Haar vriendskap met hom, so sê sy in 'n brief van 19 Junie 1924, is nie 'n ‘vlindervriendskap’ nie; dit is die soort vriendskap ‘wat eenmaal in 'n lewenstyd gegee word, sonder keuse en sonder balansstate’. En Langenhoven was gelukkig nie nét lastig nie. Hy kon ook 'n groot toegeneentheid teenoor haar in sy briewe openbaar. Toe sy in 'n brief van 22 November 1922 kla dat daar naas haar werk vir haar niks op aarde is nie, dat niemand omgee of sy lewe of dood is nie en dat sy elke dag na 'n ‘dolleë huis’ moet terugkeer, is hy besonder getref deur die eensaamheid wat uit haar woorde spreek. ‘Nog nooit in al die jare wat ons mekaar ken’, skryf hy op 25 November 1922 aan haar, ‘was jy so moedeloos en troosteloos en wanhopig as wat jy moet gewees het toe jy my die brief geskryf het...nie. En wat moet ek sê? Daar werk jy jou morsdood, meer as wat vir die sterkste liggaamsbou te veel sou wees; en dan moet jy naar die ledige huis toe gaan en nie 'n vriendelike gesig of 'n woordjie van aanmoediging of liefde ontvang nie. Ek is baie baie hartseer, Sub.’ Hierdie empatie blyk ook duidelik uit die hulp wat Langenhoven aan Sarah verskaf toe sy in Junie 1924 vir haar matrieksertifikaat moet eksamen skryf. Hy gaan die handleiding vir dierkunde stelselmatig met haar deur en wys haar op sekere vrae wat sy kan verwag, al was Langenhoven se benadering waarskynlik nie so eksamengerig as wat sy nodig gehad het nie!Ga naar eind41 'n Paar maande later, toe sy haar vir 'n eksamen in die sielkunde moet voorberei, help hy haar weer. Telkens waarsku hy haar om haar nie te ooreis nie, al is dit juis die ding wat hy self die hele tyd doen! Hy lees Huxley en ‘daardie verdomde Duitser’ Freud om haar deur die stof te help. Haar probleem, so sê hy in 'n brief van 22 November 1924, is dat sy helderheid wil vind waar daar nog net ‘spinnerakke van die metafiesika’ is. ‘Had jy self 'n troebel intellek’, gaan hy voort, ‘dan sou jy baie beter oor die weg kom met...al daardie kranksinnige spul.’ | |
[pagina 648]
| |
En telkens wanneer Sarah verjaar, wens Langenhoven haar van harte geluk met die besondere dag in haar lewe. ‘Jy het vir jou die swaar pad gekies,’ skryf hy op 21 Desember 1923, ‘die pad van diens en offervaardigheid en Hy wat geweet het meer as enige mensekind nog ooit geweet het,...het dit aangewys as die weg van geluk op die lang baan. En jou werk is nie sonder vrug nie hoe jy ook nie al die oes daarvan kan sien en bereken nie. Maar al wat jy in hierdie een jaar gedoen het, in jou beroep en daarbuite, hoeveel het jy nie bygedra om die arme donkere wêreld verligter te laat as wat hy sonder jou sou gewees het nie.’ En op 22 Desember 1926 skryf hy: ‘Deur die jaar, en die jare, wat kom mag jy gesondheid hê vir jou minbeloonde diens en trou, en geluk en welvaart om met opgeruimde hart jou werk te doen vir die geluk en welvaart van ander. Jood of Christen, ons is een Vader se kinders en daar is 'n wêreld vol van ons behoeftige broers en susters om deur diens soos joue tot hulle geluk te lei. Ek dink terug, weer selfsugtig, aan die jaar wat verstryk is en, wat my eie persoon betref, aan die verder opgehoopte skuld van dankbaarheid wat ek nooit sal kan vereffen nie, vir wat jy vir my was tot moed en besieling...en bewaking en verpleging. Uit die diepste van my hart, al die hoogste en beste, my dear Sub.’ Die toegeneentheid en inlewing was ook telkens merkbaar uit Sarah se briewe, selfs wanneer Langenhoven hom in Kaapstad weer te buite gegaan het. Nêrens is daar ooit 'n beskuldiging of afkeer te merk nie; alleen 'n groot verdraagsaamheid. Selfs wanneer hy hom in die diepste ellende ingedrink het, bly sy steeds oortuig dat hy sal regkom. Hy moet vashou aan ‘ons liefde’ en ‘fris’ word uit die krag wat daar ‘van ons na jou toe gaan’, skryf sy op 18 Februarie 1924. Hoe belangrik dit vir haar is dat hy sal regkom, blyk uit haar opmerking: ‘As jy ingee, berowe jy my van hoop op die aarde.’ Sy sê dat sy nie in 'n hiernamaals glo nie; nogtans wil Langenhoven haar verseker van 'n ‘leidende God’. ‘En wanneer ek werklik in vertwyfeling verkeer sodat ek aan 't vergaan is,’ skryf sy, ‘kom jou oortuiging my daarom ter hulp, en ek voel 'n krag daarvan en van jou eie sekerheid, wat my oor die donkerte heen help. Selfs nou noudat my angs my in die diepste ellende gooi kom daar darem nog uit die CredoGa naar eind42 jou oortuiging en haal my daarvandaan weg en laat my hoop dat dit onmoontlik is om sommer 'n speletjie van so 'n aard te veronderstel. Daardie troos kom uit jou. My dear Chief, dis nie waar dat jou Skepper wat jou die Credo laat skryf het, gewillig is | |
[pagina 649]
| |
om jou tot ondergang te doem nie. Dis nie waar nie. Hy het by my, by die ou nooi, by Mev. Rothmann, by ons almal 'n wonderlike liefde vir jou ingeplant - 'n liefde wat bestand is teen alles - want dit is bedoel om jou te sterk en te red. En dit sal jou ook red.’ Uit die getuienis van die drukke korrespondensie tussen die twee moet 'n mens tot die gevolgtrekking kom dat die vriendskap tussen Langenhoven en Sarah besonder heg en diep was, 'n vriendskap wat Langenhoven se geweldige eise en wispelturigheid kon deurstaan en 'n lewe lank behoue kon bly. Sarah was bereid om alles te verduur ter wille van daardie vriendskap en uit respek vir die groot intellek en talent waarmee sy in aanraking was. Naas die opwinding van Langenhoven se enorme produksie was daar die klein trekkies wat van hom klaarblyklik so 'n beminlike mens gemaak het. Soms terg hy Sarah byvoorbeeld gemoedelik deur haar Duitse aksent na te boots. ‘Dit was al bitter droeg’, skryf hy op 17 Desember 1923, ‘terwaail ek skraaif val daar 'n sagte motrientjie maar dit laaik nie vir maai of haai sal aanhou nie.’ En op 1 Julie 1931 skryf hy: ‘Laaik of ons gaan rien kraai.’ Die vraag is of daar naas die hegte vriendskap tussen Langenhoven en Sarah Goldblatt ook iets intiemers tussen hulle was. Tydens Langenhoven se lewe en ook ná sy dood was daar allerlei los praatjies, sonder dat iemand blykbaar iets meer geweet het. Vriende van Sarah, soos Audrey Blignault en Alba Bouwer,Ga naar eind43 was verbysterd oor die oorgawe waarmee Sarah haar aan die uitvoering van haar pligte as letterkundige administratrise gewy het - 'n toewyding wat nêrens sy gelyke gehad het nie. Dit het Elsa Joubert, wat goed met Sarah bevriend was, opgeval dat Sarah haar lewe lank gekant was teen buitehuwelikse verhoudings en sy was oortuig daarvan dat die fanatieke ywer en oorgawe juis voortgespruit het uit seksuele onvervuldheid. Die verhouding tussen Sarah en Langenhoven was volgens haar 'n ‘mating of two minds’, sonder dat daar enige sprake van 'n geslagtelike basis was.Ga naar eind44 Die praatjies het voortgekom uit die feit dat Langenhoven telkens by Sarah in Kaapstad tuis was en haar besondere diens aan hom. By geleentheid het Sarah dan ook aan Anna Neethling-Pohl gesê: ‘I gave up my good name to drag him out of the gutters.’Ga naar eind45 Indien daar wel 'n intieme verhouding tussen Sarah en Langenhoven was, verwag 'n mens by voorbaat dat die korrespondensie tussen die twee meer lig daarop sou werp. Kort na Sarah se dood het Jan Scannell, in daardie stadium in beheer van die letterkundige nalatenskap van | |
[pagina 650]
| |
Langenhoven, in antwoord op persberigte verklaar dat die briefwisseling ‘geen enkele bewys’ van 'n romanse bevat nie en dat die talle ander dokumente in die Langenhoven-nalatenskap ook ‘nie 'n enkele woord (bevat) wat so iets kan bevestig nie’.Ga naar eind46 Die moontlikheid is egter nie uitgesluit dat die briewe kodes mag bevat wat by Scannell verbygegaan het nie. Wat betref die dokumente van Langenhoven en ook dié van Sarah, die briefwisseling tussen hulle uitgesonderd, het Scannell inderdaad gelyk dat daar nêrens iets is wat op 'n geslagtelike verhouding tussen die twee dui nie. Die naaste daaraan is die knipsel uit die Church Times van 10 September 1965 waarop die aandag reeds in hoofstuk IV gevestig is. Maar dié knipsel kan hoogstens omstandigheidsgetuienis wees en geen beslissende afleiding kan daaruit gemaak word nie. Belangwekkend is egter die feit dat Sarah, klaarblyklik na 'n gesprek met Langenhoven, in 'n brief van 11 Januarie 1926 skryf dat sy alle briewe van hom weer noukeurig deurgegaan het. Briewe wat iets te make het met manuskripte, die pers en die politiek, het sy behou en die ander tot niet gemaak. Terwyl sy hiermee besig was, het sy ‘seergekry’, want elke brief ‘hou 'n intieme skakel uit die verlede voor my oë, en dit vind dadelik 'n weerklank in my geheue en hart’. As 'n mens die woordkeuse in Sarah se formulering noukeurig bekyk, moet 'n mens tot die gevolgtrekking kom dat die vernietigde briewe iets te make het met die intieme verhouding tussen haar en Langenhoven, dinge wat in die ‘verlede’ gebeur het en wat steeds 'n ‘weerklank’ in haar ‘hart’ wek. Op ander private aangeleenthede soos Langenhoven se drankmisbruik kan dit nie betrekking hê nie, want dié besonderhede het baie volledig bewaar gebly. Watter ander ‘intieme’ dinge uit die verlede kan hier dan bedoel word as dit nie op seksuele intimiteit dui nie? En dat Langenhoven wel vroeër in briewe oor intieme sake van dié aard geskryf het, weet ons uit die bestaan van die geëmbargeerde briewe tussen hom en Vroutjie wat tans in besit van prof. G.C.L. Brümmer is en wat uit die jare 1901-1902 dateer.Ga naar eind47 Die Victoriaanse skroom van sy era was nie sterk genoeg om hom daarvan te weerhou om by geleentheid wel oor dié intieme sake in briewe te skryf nie. Alhoewel Sarah dus aan die begin van 1926 sekere briewe vernietig het, is daar tog sekere terugkerende kodes in die behoue korrespondensie wat nie begryp kan word as dit nie op 'n intieme verhouding van toepassing gemaak word nie, kodes wat Scannell indertyd nie raakgesien | |
[pagina 651]
| |
het nie. Hierdie terugkerende kodes is nie dinge soos die ‘My dear Sub’-en ‘My dear Chief’-aanhef en die ‘Jou innige vriend’- en ‘Jou innige vriendin’-einde waarmee die briewe begin en sluit nie. Sulke wendings dui op 'n hegte vriendskap, maar nog nie op 'n seksuele verhouding nie. Telkens in die loop van 'n brief maak Langenhoven egter 'n soort uitspraak wat in sy verskillende variante só gereeld voorkom dat dit feitlik 'n refrein word. Toe hy op 7 Julie 1924 na sy terugkeer uit Kaapstad aan Sarah skryf, sê hy dat hy baie rusteloos voel. ‘My dear Sub’, gaan hy voort, ‘alles is beuselagtig op die een ding ná wat ek nie kan skryf nie.’ Op 13 November 1924 laat hy haar weet: ‘Daar is nie 'n ding wat ek sou kan sê nie of ek moet stilbly daarvan.’ Wanneer hy op 7 Januarie 1925 aan haar skryf, sê hy: ‘Jy weet, Sub, daar is niks hiervandaan om te skryf nie, of ek moet skryf wat ek nie moet skryf nie.’ Nog duideliker, nou feitlik heeltemal eksplisiet, is die mededeling van 16 Junie 1925: ‘Maar ek kan nie vir jou skryf nie want oor die een ding waar my hart van vol is moet ek nie skryf nie.’ En op 15 Augustus 1925 sê hy ‘daar was regtig baie om te sê as ek dit kon sê’. Uit die konteks waarin hierdie refreinmatige mededelings voorkom, is dit duidelik dat daar 'n afgesproke ooreenkoms tussen Langenhoven en Sarah was dat hulle oor hul intieme verhouding nie sou skrywe nie. Klaarblyklik het Langenhoven by tye dié ooreenkoms verbreek; vandaar dat Sarah in Januarie 1926 sekere briewe wat 'n ‘weerklank’ in haar ‘hart’ vind, vernietig het. Maar Sarah het nie sorgvuldig genoeg gesif nie, want in sommige briewe het Langenhoven se kodes bewaar gebly. Die ‘een ding’ waar sy ‘hart’ van vol is, kan trouens niks anders as 'n verwysing na hul intieme verhouding en liefde vir mekaar wees nie. Maar is daar dan niks verder as hierdie steeds vae toespelings op hul verhouding bekend nie? In 'n studie van Langenhoven moet 'n mens altyd onthou dat die hele geskiedenis in die Victoriaanse era afspeel en dat die Victoriane in hul lewenswandel altyd met sekere mores en sedes rekening gehou het. Soos in ander tye het buitehuwelikse seks ook in dié era voorgekom, maar die Victoriane het daar nie 'n verhaal van gemaak nie. Alles het in die stilligheid gebeur en die uiterlike norme van fatsoen en die goeie lewe is rustig op die oppervlak bewaar. Egskeidings was seldsame verskynsels, veral op 'n plattelandse dorp soos Oudtshoorn. En tog was daar naas die los praatjies ander inligting wat meer lig op die verhouding kan werp. Van die Pococks se kant was daar geen twyfel oor die saak nie. Die rede vir hulle animositeit jeens Langenho- | |
[pagina 652]
| |
ven, so het Joyce Pocock dit in 1991 verwoord, was ‘because he was always drunk...and then, that terrible business with Sarah Goldblatt’.Ga naar eind48 Marjorie Pocock, kleindogter van Vroutjie, was veral besonder uitgesproke en het meer as een maal gepraat oor Langenhoven se seksuele onversadigbaarheid en onstuimighede, insluitend 'n indiskresie met Sarah in die kantore van Het Zuid-Westen.Ga naar eind49 Die bewering oor die dronkenskap is beslis 'n oordrywing, want 'n mens kan met sekerheid uit die dokumente vasstel dat Langenhoven tussen sy drinksessies ook lang periodes van onthouding gehad het en dat hy nie sy enorme produksie in 'n voortdurende waas van dronkenskap kon gelewer het nie. Dit is egter moeilik om te aanvaar dat die Victoriane blatant seksuele verhoudinge sou versin het. 'n Element van waarheid sal die bewerings van Marjorie Pocock dus wel bevat. Die vraag is alleen: Wat moet ons uit dit alles aflei? Watter rol presies het Sarah naas haar ‘onskatbare hulp’Ga naar eind50 by sy werk in Langenhoven se lewe gespeel? Het die verhouding met Sarah die huwelik van Langenhoven en Vroutjie geskaad? Wanneer hy in U dienswillige dienaar van Sarah praat as sy ‘intieme huisvriendin’,Ga naar eind51 is die vraag hoe Vroutjie op die ‘vriendskap’ en die ‘intimiteit’ gereageer het. Was dit 'n soort mariage à trois? Sou die Victoriane wel oor sulke sake gepraat het? Die Victoriane in 'n konserwatiewe Afrikaanse gemeenskap soos dié van Oudtshoorn sou nie met 'n woordevloed dinge uitgelap het nie, maar in 'n gekwelde naggesprek sou sulke sake tog ter sprake kon kom. En van so 'n naggesprek tussen sy ouma en moeder was Guillaume Brümmer 'n getuie.Ga naar eind52 Guillaume onthou sy ouma uit sy kinderdae as 'n baie wyse en liefdevolle vrou wat haar in die donker dae van Engela se eie drankprobleme baie oor haar dogter bekommer het en alle moontlike hulp aan haar wou verleen. Toe hy so ongeveer elf, twaalf jaar oud was, het Vroutjie by hulle op Beaufort-Wes gekuier. Laat een nag het Vroutjie in haar besorgdheid in Engela se slaapkamer ingekom om met haar te gesels. Guillaume moes weens sy ouma se besoek in 'n bed in sy ma se kamer slaap. Tydens die gesprek het hy egter wakker geword, sonder die medewete van die twee vrouens. Onder meer het Langenhoven se verhouding met Saartjie ter sprake gekom. Dit was vir Guillaume, wat teen hierdie tyd intens lê en luister het, baie duidelik dat sy ma en sy ouma reeds vroeër oor dié saak gepraat het en dat sy ma volledig daarmee op die hoogte was. Op Engela se vraag hoekom haar moeder bereid was om dit alles te verduur, het Vroutjie geantwoord: ‘Ek het | |
[pagina 653]
| |
hom liefgehad.’ Sy het aangedui dat ook dít nie genoeg was om 'n breuk tussen hulle te bring nie, selfs nie die keer toe sy haar man en Saartjie in Arbeidsgenot op heterdaad in 'n bed betrap het nie. ‘Maar dis Godskreiend’, het Engela uitgebars. ‘As dit ék was, sou ek hom vrekgemaak het. Ek sou die lampetbeker langs die bed geneem en sy kop ingeslaan het.’ Sy moeder se heftigheid het Guillaume verbaas, want sy het 'n feitlik goddelike verering vir Langenhoven gehad en altyd met baie liefde van hom gepraat. Op hierdie emosionele uitbarsting het sy ouma weer rustig geantwoord dat dít nie is wat sy sou gedoen het nie. Haar liefde vir haar man het haar in staat gestel om met sy swakhede saam te leef, ook omdat sy oortuig was van sy liefde vir haar. Van 'n mariage à trois was daar dus geen sprake nie. Langenhoven het sy vrou, ten spyte van hulle ouderdomsverskil, baie liefgehad en in die huislike kring van Arbeidsgenot het hy die rustigheid gevind wat vir sy skeppende werk nodig was. Vroutjie kon met haar waardigheid, liefde, helende kalmte, wysheid en bestuursvernuf aan hom 'n vervullende huwelik en gelukkige tuiste gee.Ga naar eind53 Sarah was vir Langenhoven 'n intellektuele stimulus en iemand wat 'n ongelooflik groot bydrae tot die administrasie van sy enorme produksie gelewer het. Van tyd tot tyd moes daar wel liggaamlike omgang tussen hulle plaasgevind het wanneer Langenhoven vir die Parlementsittings in Kaapstad was, maar telkens het hy weer na Oudtshoorn en na Vroutjie teruggekeer. Daar is absoluut niks in die dokumentasie wat 'n mens aan Langenhoven se liefde vir Vroutjie kan laat twyfel nie. Langenhoven sou trouens selfs in die verste verte nooit 'n egskeiding oorweeg het nie, hoeseer hy dan ook die geselskap van die Sub geniet het en hoeseer hy ook vir haar - maar dan op 'n ander manier - bemin het. Daarvoor was die geweldige vererende liefde vir Vroutjie en die band tussen hulle wat ook in sy werk neerslag vind, veels te sterk. Met 'n egskeiding sou hy trouens die hele eie ‘mite’ van Vroutjie en Engela as karakters in sy ‘schnipes’ vernietig het. Sarah kon sy manuskripte vir die uitgewers behartig en sy bydraes vir Aan stille waters by Rompel besorg, maar Vroutjie en Engela en die daaglikse lewe in die Klein Karoo was die voedingsbron van sy kuns. Naas die enkele oorblywende maar nietemin betekenisvolle kodes in die korrespondensie tussen Langenhoven en Sarah berus die getuienis van 'n intieme verhouding dus op die flardes mededelings van die Pocock-nasate en op die naggesprek waarvan die jong Guillaume Brümmer 'n getuie was. Die Victoriaanse mores en gedragslyne het | |
[pagina 654]
| |
feitlik volledig daarin geslaag om alle definitiewe inligting oor die verhouding te verheimlik.Ga naar eind54 | |
IVVroutjie het dus daarin geslaag om met Langenhoven en al die probleme saam te leef. Oor 'n hele leeftyd lank het haar liefde vir haar ‘boytie’, soos sy hom in haar Engelse briewe rondom die eeuwisseling noem, nooit verflou nie. Vir haar was hy ‘'n stukkie son in die huis’Ga naar eind55 en uit haar briewe aan hom, wanneer hy in die twintigerjare vir die Parlementsittings in Kaapstad is of êrens elders politieke vergaderings hou, straal 'n warm en omvattende liefde. Vroutjie was vir Langenhoven die anker wat hy vir sy labiele gees nodig gehad het. In 'n geestige versie in Doppers en Filistyne skryf hy oor die man wat sy perd opsaal, sy ‘snôr se punte soos die horings van 'n ram’ krul en na al sy nooiens gaan vry. Uiteindelik keer hy weer terug: Maar as ek dan weer by my huis voor Vroutjie kom verskyn - Dan sien jy maar my hart word saf, my grotigheid word klein; My jonkheid, rykdom, dapperheid, my redenaarstalent, En al my pronk en praal waai weg soos donsies in die wind.Ga naar eind56 Ook sy briewe spreek van 'n gelukkige huwelik. Op 11 Mei 1926 skryf hy om dag te sê ‘en om die Vroutjie van alle hart en met al my liefde die rykste seën van die liewe Here te wens op jou verjaarsdag’. Meestal handel sy briewe oor sy politieke verpligtinge en huishoudelike sake. 'n Enkele keer kla hy 'n bietjie oor sy gesondheid. In sy brief van 10 Maart 1932 skryf hy: ‘My oor pla my nie meer nie en my ogie is baie beter en ekself voel ook nou fris, touch wood.’ Wanneer hy agterkom dat hy hulle vyf en dertigste troudag op 23 Februarie 1932 as gevolg van ‘siekerigheid...en allerhande worries’ vergeet het, is hy baie spyt en ontsteld. Dit lei tot sy brief van 25 Februarie 1932, 'n roerende hulde aan die vrou wat bereid was om met hom die lewe te deel en naas die lief ook al die leed te aanvaar. ‘Na 35 jaar - dis 'n goeie stuk van elk van ons se lewe’, skryf hy; ‘en ons het maar ons lief en leed gehad, jy onvergelykelik meer van die leed as ek omdat ek die oorsaak was. Nou op my ou-dag kan ek dit met al my liefde nie vergoed nie. Maar die Vroutjie weet, ten | |
[pagina 655]
| |
spyte van alles en alles, dat jy nooit en nooit 'n man kon gehad het wat jou meer kon liefgehad het as ek nie. Dit het nou so getref dat jy groot gelukkigheid en groot droefheid bymekaar moes kry. Daarteenoor het jy 'n diens gedoen en 'n roeping vervul ver by my persoon en waarde verby - want sonder jou hoe sou ek die werk kon gedoen het waartoe die liewe Here, hier weer soos maar gewoonlik, die swak gereedskap gebruik het?’ Naas Vroutjie het Langenhoven se liefde uitgegaan na hul dogter, Engela, wat nou saam met haar man, Niko Brümmer, op Beaufort-Wes gewoon het. Behalwe inligting oor sy werk skryf hy in sy briewe aan haar oor die rustige lewe in Arbeidsgenot. Op 13 Julie 1931 laat weet hy haar dat hy die manuskrip van Hoe om te skrywe, waaraan hy saam met prof. E.C. Pienaar van Stellenbosch werk, gepos het. Dit is, so skryf hy, ‘'n skoolboek oor die skryfkuns - nie die hoë kuns nie maar die common or garden variety soos myne’. As hy en Pienaar nie kan ooreenkom omtrent die werkwyse nie en hy hom nie wil laat reghelp nie, sal hy dit maar vir sy ‘allenige rekening’ neem. In die kenmerkende Sagmoedige Neelsie-trant voeg hy by: ‘Ek is mos 'n amateur en daarby nog 'n letterkundige ketter. Interessant genoeg maar onakademies en selfs nou nog, na die gratis-bedoktering, hopeloos ondokterlikondeftig. Nou ja, ek kon ook die gesag gehad het as ek toe die geleentheid daar was die damnfool dinge wou geleer het wat voorhande was, maar dan sou ek weer nie kon geskryf het nie - nie op my manier nie en dus gladnie.’ In die hartjie van die bitterlik koue winter, so gaan hy voort, sit hy elke aand voor die vuur ‘en daarvandaan kooi-toe met 'n warmwater-kan. Moeder weet ook nou van koue, ten spyte van die rooi hare. Sy het nog die slap gomlastiek-watersak wat 'n mens nie kan volkry voordat die water yskoud is nie en dan is die flennel buitesak papnat oorgemors. Help om die rumatiek te bly handhaaf.’ En hy sluit af deur te vertel van Polka, wat ‘'n hond duisend’ is, en Kwagga, wat van die ouderdom nou ‘stokdoof en spierwit’ geword het. Van Vroutjie en Engela kon Langenhoven dus die liefde en geborgenheid ontvang wat so nodig was as stukrag vir sy werk, terwyl Sarah vir hom sy ‘dienswillige dienaar’ was, die persoon by uitstek wat haar met toewyding aan sy werk gewy het. En aan hulle al drie het hy ruimskoots van homself teruggegee. Daarom dat een van die spreuke wat hy in Aan stille waters I opneem, in alle opsigte op hom van toepassing is: ‘Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak: die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.’Ga naar eind57 | |
[pagina 656]
| |
Te midde van al hierdie liefde breek 12 Mei 1932 aan, die laaste verjaardag van Vroutjie wat sy saam met haar man kon vier. Op dié besondere dag is albei in Kaapstad, waar Langenhoven die Parlementsitting bywoon. Vir dié geleentheid reël hy 'n spesiale ete by die Parlement wat naas Vroutjie, Sarah en Engela ook deur 'n paar besondere vriende soos die Fagans en Miemie Rothmann bygewoon word. Aan die einde van die ete lewer 'n bode van die Nasionale Pers die eerste eksemplare van die outobiografiese U dienswillige dienaar af, die laaste boek wat van Langenhoven tydens sy lewe gepubliseer sou word. By die opdrag voorin verskyn die volgende woorde: ‘As 'n geringe blykie van erkentenis vir troue diens en toewyding deur baie jare en met die hulde van innige vriendskap opgedra aan mej. Sarah Goldblatt.’ Enkele weke ná hierdie heuglike dag vertrek Langenhoven op 'n reis in verband met partysake. Op 2 Junie 1932 skryf hy aan Sarah dat hy ‘fris en gesond’ op Beaufort-Wes aangekom het en bedank hy haar - die laaste keer - dat sy hom in Kaapstad ‘so soet versorg en verpleeg en opgepas en...(sy) verblyf so gelukkig gemaak het’. Terug op Oudtshoorn begin hy met 'n reeks vir Die Huisgenoot wat hy in briewe sy ‘Kinderbybel’ noem, 'n oorvertelling van die Ou Testament in verstaanbare taal. Wanneer hy by die geskiedenis van die Israeliete se uittog uit Egipte kom, laat weet hy haar op 22 Junie dat hy goed vorder. ‘Ek is’, so voeg hy by in 'n formulering wat enkele weke later 'n ander betekenis sou kry, ‘al byna in die beloofde land.’ Die komende reis met die ‘na-paadjie’ na Colesberg toe om met die tussenverkiesingstryd te help, sal, so laat hy Sarah op 24 Junie weet, ‘drie oorklimmings met lê en wag op allerhande plekke en onsekerheid van geriewe op die reis’ meebring. Daarom sal hy liewers met die ompad via Kaapstad kom, Vrydag, 1 Julie, arriveer en weer Sondagaand, 3 Julie, daar vertrek. Verder, so gaan hy voort, is daar geen nuus nie. ‘In die aande sit ek by die vuur, somtyds in die dag ook. Die Sub se watersak is uitstekend goed - beter as die Ounooi s'n wat 'n mens moet vol-drup met 'n medisyne-kelkie.’ En toe Langenhoven na sy besoek aan Colesberg op Maandag, 11 Julie, op Oudtshoorn terug is, skryf hy weer op Donderdag, 14 Julie, aan Sarah, sy laaste brief aan haar. Hy het die Sondagnag op die trein al 'n ‘nare aanval’ gehad en die nag by die huis nog twee, sodat hy die Dinsdag in die ‘kooi’ gebly het. ‘Van gister weer beter, touch wood.’ Maar Langenhoven was hierdie keer veel sieker as wat hy self kon | |
[pagina 657]
| |
vermoed. Trouens, in die laaste jaar van sy lewe was daar met die Stellenbosse eredoktoraat, die verskyning van die outobiografiese U dienswillige dienaar en die groter empatie teenoor andere deur vergiffenisse en geskenke allerlei ‘intimations of mortality’ merkbaar. In een van sy laaste bydraes tot Aan stille waters, wat op 1 Mei 1932 in Die Burger verskyn, onderneem hy en Vroutjie saam met Saartjie in haar Baby Austin 'n verbeelde reis op die ou paaie waar die trem indertyd in Sonde met die bure geloop het. Maar nou gaan die reis verder tot diep in die noorde van die land. Saam sal hulle drie stukke opvoer wat hy sal skryf en Saartjie sal korrigeer, terwyl Vroutjie met 'n kamera mooi toneeltjies sal afneem met ‘by-beskrywings’ vir publikasie in Die Huisgenoot. En as hierdie kunstenaarsdroom nie genoeg is nie, stig hy sommer 'n nuwe politieke party wat 'n omwenteling in die land sal bring met stampvol sale, ‘juigende menigtes (en) verpletterende oorwinnings by die eleksies’.Ga naar eind58 Maar dit alles was net 'n droom en 'n laaste bydrae tot sy eie mite. 'n Finale terugkeer was op hande. | |
VEn na sy dood het Vroutjie met die soet herinnering aan haar oorlede man gesit. In haar eensaamheid kon sy vertroosting vind in sy geskrifte en die herinnering aan hulle liefde. ‘In die aande as ek so alleen voel’, skryf sy op 4 September 1933 aan Sarah, ‘dan haal ek van sy briewe van lang verlede uit en ek lees en herlees hulle en dan voel ek op die oomblik of hy nie weg van my is nie.’ En Sarah dan? Vir háár, wat nooit enige matrimoniale erkenning van hom kon geniet nie, kon hy sy geskrewe werk as blywende besit agterlaat, die ‘dooie boek’ van sy gedig ‘Kuns en liefde’ waarin sy woorde en sy liefde - ook vir haar - steeds kon voortleef.Ga naar eind59 En met die testamentêre aanwysing van haar as administratrise van sy letterkundige nalatenskap kon hy aan haar die opdrag gee om die ‘dooie boek’ te laat leef. Drie en veertig jaar lank sou sy met 'n ongelooflike drif en geesdrif, waarskynlik anders as wat Langenhoven dit self ooit sou wou gehad het, hierdie opdrag getrou uitvoer. Oor haar interpretasie, oordeel en selfs die fatsoen waarmee sy haar missie voltooi het, kon 'n mens miskien twyfel; haar hartstog en ywer was egter dié van 'n dissipel wie se ware liefde bo verdenking was. |
|