Langenhoven. 'n Lewe
(1996)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 427]
| |||||||
Hoofstuk XVII
| |||||||
[pagina 428]
| |||||||
kaanse Taalvereniging, onder redaksie van J.J. Smith, Tobie Muller en Gordon Tomlinson, en kort daarna word 'n vergadering van die ATV op Stellenbosch gehou. Op hierdie vergadering is ingrypende besluite geneem om Afrikaans erken te kry as Bybel- en kerktaal, as medium by skool- en universiteitseksamens en as amptelike landstaal kragtens artikel 137 van die grondwet. Afgevaardigdes is op dié byeenkoms benoem om die besluite aan die betrokke liggame oor te dra.Ga naar eind2 In Mei 1916 is Ons Moedertaal verenig met die nuwe maandblad De Huisgenoot onder redaksie van J.J. Smith, maar die inhoud was oorwegend in Afrikaans en vanaf die vierde nommer het ook die redaksionele hoofartikel in Afrikaans verskyn. In Desember 1917 is die naam van die blad in Die Huisgenoot verander.Ga naar eind3 In 1918 begin Die Boerevrou as die eerste Afrikaanse tydskrif vir vroue in Pretoria, terwyl De Burger aan die begin van 1922 sy naam na Die Burger verafrikaans en toenemend meer - insluitende die hoofartikels - in Afrikaans publiseer. Ook in kerklike kringe was daar roeringe, al was die Hollandse kerke jare lank nog die sterkste bolwerk vir Nederlands. In Augustus 1914 hou B.B. Keet voor die ATV op Stellenbosch sy toespraak oor ‘Die Bybel in Afrikaans’, waarmee die stryd vir die Bybelvertaling in die Tweede Afrikaanse Beweging 'n aanvang neem, selfs al was daar aanvanklik sterk teenstand en kon ook Langenhoven in dié stadium nog moeilik van die Nederlandse Statevertaling afstand doen. Reeds in Mei 1916 het die Vrystaatse sinode van die Ned. Geref. Kerk egter Afrikaans as kerktaal erken. Op die sitting is ook besluit tot die vertaling van die Bybel en die gefedereerde en ander Hollandse kerke is uitgenooi om hiertoe saam te werk. Transvaal het aarselend gevolg, maar die saak verwys na die Raad der Gefedereerde Kerken, wat die tyd nog nie ryp geag het vir die erkenning van Afrikaans in die kerke nie. Twee jaar later, in Maart 1919, het die raad egter van standpunt verander, terwyl die Gereformeerde Kerk reeds in 1917 en die Hervormde Kerk in 1919 Afrikaans as kerktaal aanvaar het. Die grootste vesting van Hollands was nog die Kaapse Ned. Geref. Kerk, waar die Stellenbosse Kweekskoolprofessore steeds groot invloed gehad het. In November 1919, na 'n verdere pleidooi deur B.B. Keet, het die sinode egter Afrikaans as kerktaal erken. Langenhoven se vlugskrif ‘De heilige ennen van Rehum en Simsai’ het hierin geen geringe rol gespeel nie.Ga naar eind4 De Kerkbode, die orgaan van die Ned. Geref. Kerk, verafrikaans gaandeweg en word in Augustus 1932 Die Kerkbode. | |||||||
[pagina 429]
| |||||||
Met hierdie groeiende belangstelling en erkenning kon Afrikaans in die onderwys nie agterweë bly nie. Die meerderheidsrapport van die kommissie van 1916 om die sterwende Nederlandse taal in Suid-Afrika aan die gang te hou, was sonder enige praktiese resultaat. In 1918, agtien maande later, het die administrateur, sir Frederic de Waal, self 'n ordonnansie by die Kaaplandse Provinsiale Raad ingedien, wat sonder teenstand aanvaar is, waardeur Afrikaans op skool die plek van Nederlands sou inneem. Dit was dus in die praktyk 'n wettiging van die Langenhoven-resolusie van 1914, ‘met wegneming van belemmerende voorwaardes’.Ga naar eind5 In dieselfde jaar is leerstoele in Afrikaans, op sterk aandrang van studente,Ga naar eind6 aan die Universiteit van Stellenbosch en die Grey-universiteitskollege (die latere Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat) ingestel. Reeds in daardie stadium het die studie van Afrikaans in wetenskaplike verhandelinge aan Europese universiteite neerslag gevind en is Afrikaans as medium vir die Amsterdamse proefskrifte van E.C. Pienaar (1919), P.C. Schoonees (1922) en J.J. le Roux (1923) gebruik. Toenemend het dit onder Afrikaners algemene gebruik geword om wetenskaplike studies op verskillende vakgebiede in Afrikaans te publiseer. Die Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, van 1925 af amptelike orgaan van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, was van sy eerste nommer in Junie 1922 in sy geheel in Afrikaans.Ga naar eind7 Maar die grootste deurbraak ten gunste van Afrikaans moes uiteindelik - dít het Langenhoven met sy toetrede tot die politiek besef - op staatkundige terrein en deur wetgewing kom. In 1914 kon hy die eerste stap daartoe doen met sy mosie in die Kaaplandse Provinsiale Raad. In sy minderheidsrapport van 1916 onderstreep hy andermaal die wenslikheid van Afrikaans as medium in die onderwys. In 1918 kon hy ook die resolusie van sir Frederic de Waal steun en verder telkens op politieke vergaderings die belangrikheid van Afrikaans beklemtoon. Maar tot 1920, met sy verkiesing as lid van die Volksraad, was hy nog nie in 'n posisie om daadwerklik iets tot die verdere staatkundige status van die taal by te dra nie. In Maart 1918 stel sy medetaalstryder en letterkundige kollega J.H.H. de Waal egter in die Volksraad voor dat Afrikaans vir die doeleindes van die staatsadministrasie inbegryp moet word onder Hollands as een van die offisiële tale van die Unie.Ga naar eind8 Dit amendeer min. N.J. de Wet, minister van justisie, om wetsontwerpe en wette van die Parle- | |||||||
[pagina 430]
| |||||||
ment en offisiële dokumente van die Volksraad en Senaat uit te sluit. In verband met De Waal se mosie en De Wet se amendement merk Langenhoven in U dienswillige dienaar op dat albei van die standpunt uitgegaan het dat geen wysiging van die grondwet nodig was nie. Artikel 137 moes derhalwe só vertolk word dat Afrikaans saam met Nederlands onder die term ‘Hollands’ in die grondwet kon ressorteer. Dié amendement het egter geen voorsiening vir Afrikaans as skryftaal van die Parlement gemaak nie. Hieroor merk Langenhoven op: ‘Selfs formeel was die bewoording koddig-onlogies: as jy eers die wettige erkenning gedoen had dat Afrikaans onder Artikel 137 inbegrepe was, hoe kon jy dan lid of klerk verbieë om hom in die Parlement te gebruik?’Ga naar eind9 Tog was De Waal se mosie 'n groot stap in die regte rigting, want dit het volgens Langenhoven ‘die hele staatsdiens in al sy vertakkings vir Afrikaans oopgesit’.Ga naar eind10 Tussen 1918 en 1925 het die stryd vir Afrikaans onvermoeid voortgegaan. Die nie-amptelike gebruik van die taal het geweldig toegeneem en die amptelike erkenning was die vurige wens van baie mense. Die probleem was dat artikel 137 toe nog nooit voor 'n hof getoets is nie. Indien 'n hof sou besluit dat Afrikaans en Nederlands twee aparte tale is wat nie deur die begrip ‘Hollands’ in die grondwet gedek word nie, sou daar drie amptelike tale wees in plaas van die twee waarvoor die grondwet voorsiening maak. Dat so 'n dilemma wel kon ontstaan, is in die vooruitsig gestel deur 'n artikel van Melius de Villiers in die South African Law Journal van 1919.Ga naar eind11 De Villiers was vroeër hoofregter van die Oranje-Vrystaatse Republiek en in die jare 1905 tot 1912 professor in die regte aan die Universiteit van Leiden. Neerhalend oor Afrikaans as taal verwys hy na 'n voorval in Transvaal waar 'n dagvaarding in 'n magistraatshof uitgereik is ‘in the form of language which has come to be known as “Afrikaans”, that is to say, a form of Dutch language somewhat simplified, and also corrupted, owing to various causes peculiar to South Africa. An objection was raised to this summons on the ground that it was not drawn in either of the official languages of the Union. This objection, however, was overruled, seemingly on the ground that it was in Dutch, though rather bad Dutch.’Ga naar eind12 De Villiers meen egter dit is nie onmoontlik nie dat 'n ander magistraat die standpunt kon huldig dat, ‘though even a considerable number of grammatical errors might not vitiate a summons, yet when it was intentionally drawn up in such a manner that | |||||||
[pagina 431]
| |||||||
its language constituted a distinct departure from the official Dutch, he would not be bound to accept it, as little as when a summons intended for an English-speaking defendant is drawn in pidgin-English.’Ga naar eind13 Uit 'n regsoogpunt meen De Villiers dan dat ‘Engels’ in die grondwet op die taal van Engeland dui, terwyl ‘Hollands’ op die taal van Holland betrekking het, 'n interpretasie wat volgens hom deur enige woordeboek van die Engelse taal bevestig sal word. ‘The term “Dutch”, therefore,’ gaan hy voort, ‘cannot be made to include any language derived from the language of Holland, just as little as the term English can be made to include pidgin-English. There is nothing, therefore, in Section 137 of the South Africa Act that authorises or justifies the use of “Afrikaans” in legal documents.’Ga naar eind14 En die ondersteuners van Afrikaans, so sê hy ten slotte, gee voor Afrikaans ‘is not a mere dialect or patois but a “taal” or language’.Ga naar eind15 Met Melius de Villiers se status as regsgeleerde was die konstitusionele regsposisie van Afrikaans in die lig van sy argumente nie bloot 'n akademiese kwessie nie, maar iets waarmee die wetgewers deeglik rekening sou moes hou. Indien die Parlement 'n wetsontwerp sou aanneem wat in die hof betwis kon word, sou dit in die praktyk meebring dat alle wette vanaf die goedkeuring van Afrikaans onwettig sou wees. Tog het dié moontlikheid nie die ywer vir Afrikaans gestuit nie. As amendement op 'n ander mosie het Langenhoven in 1921 in die Senaat voorgestel dat Afrikaanse toesprake in Afrikaans - en nie in Nederlands soos gebruiklik nie - gerapporteer moes word. Daar was egter nie 'n regstreekse stemming oor die spesifieke voorstel nie en die amendement het saam met ander op grond van die prosedure verongeluk.Ga naar eind16 In 1923 het die sessiekomitee vir huishoudelike reëling wel die gebruik van Afrikaans aanbeveel en die Senaat het besluit dat Afrikaanse toesprake in die vervolg in Afrikaans gerapporteer sou word.Ga naar eind17 In hierdie jare was daar 'n onderbreking in die Volksraad se Hansardverslae. Toe dit in 1924 hervat word, is die verslaggewers eenvoudig administratief aangesê om Afrikaanse toesprake in Afrikaans weer te gee, sonder dat die Volksraad 'n besluit daartoe geneem het.Ga naar eind18 Hieroor merk Langenhoven op: ‘Dis nie die enigste geval waar die Afrikaanse vloedgolf by die wetgewende gesag verbygestroom het nie.’Ga naar eind19 Aan die begin van 1925 was die situasie in die Parlement dus dat almal, op enkele uitsonderinge na, naas Engels Afrikaans gepraat het, hoewel die wetgewing self in Nederlands en Engels opgestel moes | |||||||
[pagina 432]
| |||||||
word. Die grondwet van 1909 het bepaal dat Engels en Hollands die twee amptelike tale is en artikel 137 het geen melding gemaak van Afrikaans of die Afrikaanse vorm van Hollands nie. Reeds in 1914 het Langenhoven in die Kaaplandse Provinsiale Raad by die indiening van sy mosie betoog dat die beraadslagings in Afrikaans in die raad onwettig sou wees as Afrikaans nie onder ‘Hollands’ in die grondwet inbegrepe was nie. Met sy voorstel van Maart 1918 in die Volksraad wou J.H.H. de Waal te kenne gee dat die tyd ryp was om Afrikaans vir amptelike staatsgebruik te erken. Die implikasie was dan dat die Volksraad sou aanvaar dat die grondwet Afrikaans as 'n vorm van Hollands beskou. Só wou die raad dit egter in hierdie stadium nog nie goedkeur nie. Op 'n amendement van die destydse minister van justisie is egter besluit dat Afrikaans onder Hollands inbegryp is en vir alle staats- en amptelike doeleindes gebruik mag word, behalwe by die opstel van wetgewing en in amptelike dokumente van die regering en raad. Hierdie beslissing was, ondanks voorbehoude,Ga naar eind20 'n belangrike stap op die weg na volle wetlike erkenning. Dat die aangeleentheid in die jare tussen 1918 en 1925 nie verder gevoer is nie, kan gedeeltelik daaraan toegeskryf word dat die Suid-Afrikaanse Party aan die bewind was en dat sowel Botha as Smuts nie veel erg gehad het aan die nasionale strewe van die Afrikanergemeenskap nie. Met die verkiesingsoorwinning van 1924 en die bewindsaanvaarding van Hertzog was die tyd egter meer as ryp dat die taalkwessie tot 'n bevredigende eindpunt gevoer kon word. | |||||||
IIOp Woensdag, 18 Februarie 1925, het dr. D.F. Malan, die nuwe minister van onderwys en binnelandse sake in die Paktregering, in die Volksraad voorgestel dat 'n gesamentlike komitee van die Volksraad en Senaat benoem word ‘om de kwestie te overwegen of, en indien wel, in hoeverre, de Afrikaanse vorm van de Hollandse taal in plaats van de Nederlandse taal-vorm van Hollands gebruikt zal worden ten aanzien van Wetsontwerpen en Wetten van het Parlement, alsook ten aanzien van officiële dokumenten van beide Huizen’.Ga naar eind21 Die volgende dag, Donderdag, 19 Februarie, het Malan sy voorstel in die aanwesigheid van Langenhoven in die Senaat toegelig. Hy het | |||||||
[pagina 433]
| |||||||
daarop gewys dat die bewoording met groot sorgvuldigheid gekies is. Daar word nie van 'n Afrikaanse en 'n Nederlandse taal gepraat nie, want dit kan moontlik die indruk wek dat die twee heeltemal aparte selfstandige tale is. Die bewoording is só gekies om te beklemtoon dat Nederlands en Afrikaans vorme van dieselfde stamtaal is, sodat ‘Hollands’ in dié geval die generiese term is en Afrikaans en Nederlands die spesies benoem. Die vorige dag is in die Volksraad teen hierdie terminologie beswaar gemaak op grond van die feit dat dit nie in Nederland so gebruik word nie. Malan wys egter daarop dat in Nederland met die woord ‘Hollands’ die Nederlandse dialek van die provinsie Noord-Holland aangedui word. In Suid-Afrika word van ‘Hollands’ en ‘Hoog-Hollands’ gepraat, selde van ‘Nederlands’. ‘Dit is die kontensie aan die kant van sommige van die vernaamste persone wat deelgeneem het aan die Nasionale Convensie’, gaan Malan voort, ‘dat waar die woorde “Hollandse Taal” toe gebruik geword is in Artiekel 137, dit altans in hul gedagte was om daaronder te begryp nie alleen wat ons noem die Nederlandse Taal maar ook die Afrikaanse vorm. Hulle het daarmee rekening gehou dat die Afrikaanse taalvorm al meer in status in die toekoms sal toeneem en die heersende taalvorm in die toekoms in Suid-Afrika sal word.’Ga naar eind22 Indien ons nou van die veronderstelling uitgaan dat Afrikaans 'n aparte taal is van Nederlands, raak dit artikel 137. Dit sou beteken dat die Senaat nie 'n resolusie kon aanneem om Afrikaans in die plek van Nederlands te stel sonder 'n wysiging van die grondwet nie. Malan meen egter dit is die algemene beskouing van die Senaat, soos ook sy eie siening van sake, dat Afrikaans en Nederlands twee taalvorme is van wat in die grondwet ‘Hollands’ genoem word. Afrikaans was van die begin af 'n vorm waarvan lede na eie keuse gebruik kon maak; die enkele lid wat hom wel van die Nederlandse taal bedien, sou in Nederland die reaksie ontlok, soos dit inderdaad dié van 'n besoekende Nederlander ontlok het: ‘Zulk Afrikaans kunnen wij best verstaan.’Ga naar eind23 Intussen het dit in albei huise gebruiklik geword om in Hansardverslae die Afrikaanse taalvorm te gebruik indien 'n lid sy toespraak in ‘Hollands’ lewer. Verder word Afrikaans in plaas van Nederlands gebruik in kennisgewings, proklamasies en ander offisiële stukke en ook in stukke waarvoor Nederlands in werklikheid 'n wetsvereiste sou gewees het. Die logika, so gaan Malan voort, vereis egter van ons om verder te | |||||||
[pagina 434]
| |||||||
gaan. ‘As ons die toesprake wat in die Huise gelewer word in die Afrikaanse taalvorm weergee in ons Hansard, dan vra ons in die naam van logika, in die naam van logiese konsekwensie, waarom getuienis wat afgelê word voor ons Selek Komitees in die Afrikaanse taalvorm, teruggegee moet word in offisiële rapporte in die Nederlandse taalvorm. As ons toesprake teruggegee word in die Hansard in die Afrikaanse taalvorm, dan is daar hoegenaamd geen rede waarom dieselfde nie ook sal gedoen word met betrekking tot sulke offisiële stukke as 'n offisiële rapport van die Selek Komitee. Daarom sê ek, lê die noodsaak ons op om verder te gaan as ons tot hiertoe gegaan het.’Ga naar eind24 Wat hy dus voorstel, is dat die gebruik van Afrikaans, ook wat betref wetsontwerpe, wette en ander offisiële dokumente, deur 'n gesamentlike komitee van albei huise van die Parlement nagegaan sal word en dat hulle na 'n grondige ondersoek verslag van hulle bevindinge sal lewer. Daar is mense wat meen, sê Malan verder, dat die Afrikaanse taal nog nie heeltemal 'n vaste vorm verkry het nie en wat meen dat ons nog 'n paar jaar moet wag. Mense wat só redeneer, gee in ieder geval die beginsel toe en erken dat Afrikaans 'n opkomende taal is wat uiteindelik heeltemal die plek van Nederlands sal inneem. In teenstelling tot sy eie vroeëre geduld met Nederlands in De Burger en die wyse waarop hy kritiek op die rapportering van Afrikaanse toesprake in Nederlands eenkant toe geskuif en by implikasie die standpunt van ‘langsame haas’ ingeneem het wat vir Langenhoven so verfoeilik was, sê Malan nou dat mense met dié soort redenasie die saak te veel en onnodig ‘strem...en dat die tyd reeds aangebreek het dat ons die laaste en finale stap met betrekking tot hierdie saak kan neem’.Ga naar eind25 Want vastigheid vind ons nooit by enige lewende taal nie. Solank 'n volk lewe en sy gedagtes in woorde wil klee, sal die taal steeds bly groei en verander. Die enigste vereiste is dat jy in staat moet wees om deur middel van daardie taal jou gedagtes volledig en suiwer te kan uitdruk. Hy meen dat die woordeskat en buigsaamheid van Afrikaans sodanig is dat ons in dié opsig geen vrees behoort te hê nie. In die afgelope tien jaar is daar in Afrikaans op letterkundige terrein meer geproduseer as in Engels en die jong Afrikaanse letterkunde het ook erkenning en waardering in ander lande ontvang. Hy is bly om te sê, gaan Malan voort, ‘dat in die opbou van die Afrikaanse taal en die Afrikaanse letterkunde hierdie Edelagbare Huis die eer het om onder sy ledetal in te sluit twee van diegene wat die vernaamste bydraes daartoe gelewer het - ek spreek | |||||||
[pagina 435]
| |||||||
hier van Senator eks-President Reitz en Senator Langenhoven’.Ga naar eind26 Die Afrikaanse letterkunde word met waardering genoem in Hollandse letterkundige tydskrifte. In Holland word dit aan universiteite gedoseer en in Berlyn is een professor spesiaal belas met die onderrig van die Afrikaanse taal en letterkunde. In Holland word Afrikaans verder as deel van die Hollandse letterkunde in tegniese en middelbare skole onderrig. In Suid-Afrika self is daar geen enkele laer skool meer waar die Afrikaanse vorm van Hollands nie as medium van onderwys gebruik word nie, terwyl feitlik alle universiteite en universiteitskolleges die Afrikaanse taal en letterkunde as vakrigting aanbied. Die spelling is in 1915 deur die Suid-Afrikaanse Akademie van Taal, Lettere en Kuns vasgelê. Daar is wel hier en daar afwykings, maar dié is só gering dat dit ons nie hoef te laat aarsel om die Afrikaanse taalvorm in plaas van die Nederlandse vorm te gebruik nie. Daarom, so meen hy ten slotte, is die genoemde besware nie onoorkomelik nie en het die tyd na sy oordeel gekom dat die twee huise van die Parlement deur 'n gesamentlike komitee die saak deeglik moet laat ondersoek en dat sodanige komitee dan aan die Parlement moet rapporteer. Onmiddellik ná Malan het Langenhoven aan die woord gekom en sy toespraak, soos sy gebruik baie kere was, in Engels gelewer.Ga naar eind27 Indien Afrikaans 'n aparte taal was en nie onder die ‘Hollands’ van artikel 137 van die grondwet gedek word nie, is die voorstel volgens hom buite orde en sal Afrikaans alleen na wysiging van artikel 137 ingevoer kan word. Die president van die Senaat het hom egter reeds gekompromitteer, want ‘if Afrikaans is not included in the South Africa Act, it was your duty to stop the Hon. Minister just now when he addressed the House in Afrikaans, exactly in the same way as if he had addressed the House in Spanish, because he would then, as far as the South Africa Act is concerned, be addressing the House in a foreign language, something which is not permitted by the Constitution. That would not be the first occasion. Since I have been a member of this House I have not heard a single non-English speech delivered in any other language than in Afrikaans, though I have heard some bad Afrikaans which was intended to be High Dutch.’Ga naar eind28 Indien Afrikaans grondwetlik geen reg gehad het nie, moes daar al jare gelede beswaar gekom het; nou is dit te laat om dit te doen. Dr. Malan het egter veral beklemtoon dat Afrikaans ingesluit is onder die term ‘Hollands’ in die wet. Een van sy vriende in die opposisie | |||||||
[pagina 436]
| |||||||
sal, so gaan Langenhoven spottend voort, voorkeur daaraan gee om sy toesprake in die Senaat in die taal van Chaucer te hou, omdat hy nog in daardie eeu leef. Volgens die vriend was daar sedertdien 'n gestadige agteruitgang van die Engelse taal. Vir Langenhoven is die moderne Engelse taal egter 'n veel fyner instrument as die taal van Chaucer. Wat 'n mens se standpunt hieroor ook al mag wees, ‘we do not say that the English of to-day is a different language from the English of Chaucer. When we use the word “English” that term is wide enough to embrace, say the dialect of Lancashire, broad Scotch, the English of the Yankee, and the English of Chaucer and of Shakespeare, as well as the modern English of to-day. In exactly the same way’, sê Langenhoven treiterend, ‘it was understood that “Dutch” in the South Africa Act should apply to the Afrikaans form of the language as well as that of Holland; to the lower form still used in Holland and to the product of higher, more perfect evolution, reached in South Africa.’Ga naar eind29 Indien Afrikaans nou 'n taalvorm is wat uit Hollands ontwikkel en verder ontwikkel het, is daar ook die moontlikheid dat hierdie ontwikkeling regressief kan wees. Dan het ons te make met 'n taal wat nie vir wetlike, politieke, administratiewe, letterkundige en ander doeleindes geskik is nie. Die agbare minister het by die indiening van die voorstel gewys op die posisie wat die Afrikaanse letterkunde, die hoër vorm van die taal, inneem. In formele dokumente, met ander woorde in betogende prosa, het Afrikaans sy geskiktheid voldoende geïllustreer, soos blyk uit die talle proefskrifte in Afrikaans waarmee studente aan Nederlandse universiteite hul doktorsgrade behaal het. ‘As far back as some eight years ago’, sê Langenhoven, ‘I had occasion to draw up a most intricate and involved legal document, a servitude dealing with water rights.Ga naar eind30 That document was drawn up in Afrikaans; it was registered in Afrikaans and to-day it is the regulation of rights in connection with the particular riparian proprietors involved. I may say that not a single lawsuit has arisen in consequence of that document, but I am not so sure, if I had instead written the document in Dutch, that lawsuits might not have arisen in consequence of obscurity in the way these rights were presented.’Ga naar eind31 Ook ander regsgeleerdes van wie hy kennis dra, het nooit moeite as hulle dergelike dokumente in Afrikaans moet opstel nie. En 'n regsgeleerde sal nie die hof in 'n taal toespreek as hy meen dat dit nie sy saak vir hom sal wen nie, want sy eerste verantwoordelikheid is teenoor sy kliënt. | |||||||
[pagina 437]
| |||||||
Sy Engelssprekende vriende, so betoog Langenhoven verder, moet nie onder die indruk verkeer dat daar 'n twis tussen twee groepe Hollandssprekende mense in Suid-Afrika is nie. Die Hollandssprekende deel van die bevolking het sy voet neergesit en sal op tweetaligheid in die staatsdiens aandring as 'n reg wat deur die grondwet aan hom gegee is. Wanneer Engelssprekendes, soos trouens ook Afrikaanssprekendes, Nederlands aanleer, praat hulle die taal nie soos 'n Nederlander nie. Die Hollandssprekendes in Suid-Afrika sal met moeite 'n eksamen in dié taal kan slaag, maar die Engelssprekendes sal groter probleme ondervind. Indien die Engelssprekendes in die huis dus aandring op Nederlands, gaan hulle vir toekomstige aanstellings in die staatsdiens onreg aan hulself doen. Daarom, so sluit Langenhoven af, ‘I would appeal to English-speaking hon. members to give their support to this matter; Afrikaans is a language dear to us in the same way that the English language is dear to them. We have shown respect for English and I would appeal to them to show their respect for the one language which above all on earth is sacred to us.’Ga naar eind32 Ná Langenhoven het senator sir Walter Stanford aan die woord gekom. Indien die toesprake in die huis in Nederlands was, het hy gesê, sou hy die verrigtinge nie so gemaklik kon volg nie en sou hy dus in 'n veel slegter posisie wees. Hy was lid van die Nasionale Konvensie en dit was sy opvatting dat die term ‘Hollands’ gebruik is om die betekenis te verteenwoordig wat die volk van Suid-Afrika verlang het om daaraan te gee. Daarop het senator H.G. Stuart aan die woord gekom. Hy het gesê die bedoeling van die voorstel is om in die grondwet die woord ‘Hollands’ deur ‘Afrikaans’ te vervang. Die vraag kom egter by hom op of die regering die regte weg volg om dit te bereik, want so 'n wysiging impliseer logies dat jy die grondwet moet verander. Hy durf nie sê die regering handel verkeerd met die mosie nie, maar hy vra homself tog af of die mosie nie te oorhaastig is nie en of die huis genoegsaam toegerus is om 'n behoorlike diskussie op die gebied van tegniese taalkennis te voer. Hy meen 'n kommissie van taalgeleerdes buite die Parlement moet aangestel word om op die kwessie in te gaan en dit op te los. Een van die vrae is byvoorbeeld of daar vandag 'n vaste skryfvorm en woordeboek bestaan. Dit het hom opgeval dat sy Afrikaanse vriende in briewe dikwels vorms wissel. Hy gaan nie akkoord met die gedagte dat onder die woord ‘Hollands’ indertyd enige soort Hollands wat ge- | |||||||
[pagina 438]
| |||||||
praat is, verstaan is nie. Die skryfvorm was altyd ‘Hollands’, wat ook al die spreekvorm was. Hy kan nie met die minister saamstem dat Nederlands en Afrikaans maar twee taalvorme van iets anders is nie. Die Afrikaanse spreektaal is vir hom 'n dogter van Nederlands, maar Nederlands - so stel hy dit volgens die Hansardverslag - is die gesproke vorm. 'n Bietjie later sê hy egter weer Hollands is die taal en Afrikaans die spreekvorm! Dit is vir hom onnodig haastig om nou reeds die spreekvorm tot die offisiële taalvorm te verhef. In die ou republieke was Hollands die taal en was daar geen noodsaaklikheid om twee skryfvorme in die wetgewing te gebruik nie. As ons van Hollands afstand doen, gaan dit tot slordigheid lei, want Hollands is 'n ryk taal vol tegniese terme en een van die mooiste tale ter wêreld. Afrikaans is nog nie so ryk nie. Dit is, so stel hy dit, ‘the language which the Voortrekkers used when they trekked into the wilds, and there are splendid idioms in Afrikaans; but I say, it is as yet too early in the language movement to make it an official language. The language is as yet in a state of adolescence; it is too early now to affix the seal of the Constitution to it.’Ga naar eind33 Na senator Stuart het senator F.O. Churchill aan die woord gekom en veral senator Langenhoven bedank omdat hy die saak uit 'n geskiedkundige standpunt uiteengesit het en omdat sy toespraak in Engels beter vir hom verstaanbaar was. Hy meen die huis moet die voorstel in verband met 'n gekose komitee aanvaar en hy hoop dat die huis na indiening van die verslag in staat sal wees om tot 'n min of meer eenparige besluit oor die vraagstuk te kom. Dit wil vir hom voorkom of die algemene neiging in die rigting van Afrikaans is. ‘When I came down here in 1910’, sê hy, ‘I was advised to learn the Dutch language as against the Afrikaans. I was told that the latter would be of very little use to me. Well, Sir, I took my lessons two or three times a week, but I found great difficulty, for instance, in following the Prime Minister [genl. Hertzog - JCK], and I asked myself: “Why cannot I understand what he says when I understand quite well what my friend Charlie Marais says.” I was told that the Prime Minister spoke in High Dutch, which was somewhat more technical and that others spoke in Afrikaans, which I found simpler. It gradually began to dawn upon me that the simpler language was the one we could learn more easily, and it would be the more easy language for us to adopt if it is the wish of the people that Afrikaans should be the other official language.’Ga naar eind34 Dit is | |||||||
[pagina 439]
| |||||||
egter nie vir Engelssprekendes om hulle sienswyse aan Hollandssprekendes op te dring nie, maar om die beslissing te aanvaar wat hulle welgeval. Dit is wel so dat die Afrikaanse taal nog onvas is, maar hierin kan die regering behulpsaam wees en 'n komitee benoem om 'n gesaghebbende woordeboek op te stel. Met 'n spraakkuns van universiteitsweë sal ons uiteindelik 'n erkende vorm van Afrikaans kry. Ook senator D.J.E. Opperman was van mening dat die voorstel van die regering 'n stap in die gewenste rigting is. Senator Chris van Niekerk het in sy toespraak die tyd opgeroep toe daar in die ou Kaapkolonie vir Hollandse taalregte geveg moes word, maar dit is 'n periode wat nou agter die rug is. Vandag nog, as 'n ouerige Afrikaner opstaan om 'n toespraak te hou, probeer hy Hollands praat, maar dis só gebrekkig dat dit nie as Hollands beskou kan word nie. Hy betoon sy hulde aan mense soos senator Reitz en senator Langenhoven wat soveel gedoen het om die Afrikaanse taalvorm te bestendig. In teenstelling tot senator Stuart meen hy nie dat ons te haastig met die voorstel is nie. ‘In Suid-Afrika’, sê hy, ‘ly ons nooit aan die siekte om te haastig te wees nie. Ons ly hier aan die siekte om te stadig te wees. “Haas u langsaam” behoort ons uit ons volkslewe te skrap.’Ga naar eind35 Op skole en universiteite word Afrikaans reeds onderrig, en tog wil senator Stuart hê die taalvorm moet Nederlands bly. Ons moet ons nie bespotlik maak om te probeer Nederlands praat terwyl ons dit nie kan doen nie. Van Niekerk stem saam dat daar nog nie 'n vaste Afrikaanse taalvorm is nie, maar die aanstelling van 'n kommissie sal daaraan geen verskil maak nie. Ons sal dit alleen kan bereik op die wyse soos deur die minister van binnelandse sake voorgestel word. Senators Stanford en Churchill het gesê die besluit raak net die Hollandssprekende gedeelte van die bevolking, maar volgens Van Niekerk baie beslis ook die Engelssprekende gedeelte. Wat dít betref, sluit hy hom aan by senator Langenhoven. As hierdie mosie aangeneem word, val die beswaar weg dat dit vir hulle moeilik is om die ander landstaal aan te leer. Na aanvaarding van die mosie in albei huise is 'n gesamentlike komitee van die Volksraad en Senaat benoem om te oorweeg of, en indien wel in hoeverre, die Afrikaanse vorm van die Hollandse taal in plaas van die Nederlandse vorm in wetsontwerpe, wette en offisiële dokumente gebruik sou word. Uit die Senaat het senatore Langenhoven, Reitz en C.A. Schweizer in die komitee gedien, terwyl dr. Malan en menere C.J. Krige en A.G. Barlow uit die Volksraad benoem is. Enkele | |||||||
[pagina 440]
| |||||||
dae later is dr. N.J. van der Merwe in die plek van mnr. Barlow benoem. In die pers was daar enkele stemme wat te velde getrek het teen die ‘uitvaart van het Nederlandsch’. In een van die briewe aan die pers is byvoorbeeld gekla dat ons ons nou gaan losskeur ‘van de fijne Nederlandse beschaving en rijke letterkunde’ en dat ons nou hier ‘een verbasterd Afrikaans’ gaan skep.Ga naar eind36 Verder is beweer dat die Afrikaanse woordeskat en gedagtewêreld nog heelwat verryk moes word voordat dit as selfstandige kultuurtaal diens kon doen. As die band met die ou moederland nou afgesny word, sou dit nie meer kan gebeur nie en sou Engels heeltemal die oorhand kry.Ga naar eind37 Hierop het prof. E.C. Pienaar van die Universiteit van Stellenbosch gereageer. ‘Die vrees vir 'n oorheersende Engelse invloed in die toekoms’, skryf hy, ‘is bloot denkbeeldig. Want waarlik, as Engels met die geweldige voorsprong wat dit gedurende die laaste honderd jaar in S.A. op die volkstaal gehad het - toe ons nog met 'n kunsmatig aangeleerde Hooghollands (wat nie Nederlands was nie!) stroomop moes sukkel, toe ons eie taal in die kombuis verkeer het en Engels in die voorkamer, toe “opvoeding” sinoniem was met “Engels leer”, toe ons geen eie literatuur gehad het nie, toe Jong-Suidafrika hom nog nie bewus was van sy eie nasionale roeping nie - as Engels in daardie voordelige posisie gedurende 'n hele eeu nie by magte gewees het om die Afrikaanse beskawing te “verengels” en die Afrikaanse taal te “verbaster” nie, hoe sal dit dan nou plotseling moontlik wees?’Ga naar eind38 Wat die studie van Nederlands betref, wys Pienaar daarop dat daar aan universiteite tans meer as voorheen aan die onderrig van Nederlands gedoen word, en dan op 'n oordeelkundiger wyse. Terwyl die aksent vroeër op die grammatika geval het, word die literatuur nou in besonderhede bestudeer. Daar is dus nie sprake van 'n ‘losscheuren van de rijke Nederlandse letterkunde’ nie, want ‘met die ontwaakte en steeds groeiende belangstelling vir ons eie ontluikende literatuur en die wetenskaplike beoefening van ons eie verwaarloosde spraak, het ook die Nederlandse literatuur en die Nederlandse spraak vandag vir ons studente 'n betekenis wat dit vir ons vroeër nooit besit het nie.’Ga naar eind39 Maar selfs uit oorde van waar 'n mens dit allermins sou verwag, het daar nou skielik besware teen Malan se voorstel en die benoeming van 'n gesamentlike komitee van die twee huise gekom. Terwyl Gustav S. Preller in 1905 in reaksie op J.H. Hofmeyr se Stellenbosse toespraak ‘Is 't ons ernst?’, waarin die volk opgeroep is om die Hollandse taal te | |||||||
[pagina 441]
| |||||||
handhaaf, in die reeks artikels ‘Laat 't ons toch ernst wezen!’ in Land en Volk die standpunt inneem dat Afrikaans die skryftaal behoort te word, is sy standpunt twintig jaar later radikaal anders. Hy maak nou beswaar teen die oorhaastige taalpolitiek: ‘die veels te vroeë invoering van Afrikaans as voertaal van ons onderwys; te haastige vertaling van die Bybel, voordat die taal nog sy beslag gekry het, en nou weer die aanwending daarvan as taal van ons wetgewing. Hierdeur word Hollands verdring uit sy allerlaaste skuilhoek in ons openbare lewe...’Ga naar eind40 Die besware teen die toekomstige gevare van 'n Engelse oorwig en van die verdringing van Nederlands kon egter in hierdie stadium geen hond haaraf maak nie. Die diskrepansie tussen die gesproke en skriftelike Hollands van die Parlement was so absurd en onlogies dat dit 'n onhoudbare situasie begin word het. As die praktiese en konstitusionele probleme opgelos kon word, was daar geen rede waarom Afrikaans nie Nederlands sou vervang nie. Met Malan se voorstel van 18 Februarie 1925 en die benoeming van die gesamentlike komitee van Volksraad en Senaat die volgende dag is die bal daarvoor aan die rol gesit. | |||||||
IIIDie gesamentlike komitee het die eerste keer om 10:00 op Dinsdag, 24 Februarie 1925, vergader en daarna tot 12 Maart nog sewe voormiddae met sy verrigtinge voortgegaan. Na afloop daarvan is 'n Rapport gepubliseer wat ook die notule van die verrigtinge en 'n notule van die afgelegde getuienis bevat.Ga naar eind41 Op voorstel van dr. D.F. Malan is senator (president) F.W. Reitz, toe reeds een en sewentig jaar oud, tot voorsitter benoem. Reitz was bekend as een van die vroegste Afrikaanse digters, wie se ‘Klaas Gezwindt en zijn paert’ (na Burns), ‘Die steveltjies van Sannie’ en ‘Ter nagedachtenis van kommandant Louw Wippenaar’ alombekend was. Reeds in 1880 verdedig hy Afrikaans teen die beskuldiging dat dit 'n ‘barbaarsche patois’ is en noem hy dit die lewenskragtige volkstaal van die Afrikaners, ‘for that High-Dutch, as a spoken language in South Africa has any existence, excepting among a few recently arrived Hollanders, no one can contend’.Ga naar eind42 Na 'n periode as advokaat in Kaapstad en regter in Bloemfontein was hy in die tydperk 1888 tot 1895 | |||||||
[pagina 442]
| |||||||
president van die Oranje-Vrystaat, staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek en lid en president van die Unie-Senaat. Reitz was dus die vanselfsprekende keuse vir die voorsitterskap, ook op grond van sy ‘beminde persoonlikheid’.Ga naar eind43 In U dienswillige dienaar sê Langenhoven dat Reitz se benoeming tot voorsitter ‘'n waardige bekroning (was) van die lewenswerk van hierdie gryse landsvader, wat vir Afrikaans geywer het, nie met teoretiese propaganda nie maar met praktiese skeppingsdiens, toe die meeste van ons wat later daarvoor gewerk het nog in die wieg was of nog nie daar nie, en die ander òf onverskillig was òf besig was om hulle langsaam te haas - die Staatsvader, as ek dit hier mag bysê, wat deur 'n lang lewe van volksdiens in die verantwoordelikste betrekkings, een van die seer weiniges was wat geen spore getrap het wat hy of ons vandag sou wens dat hulle kon doodgevee word nie’.Ga naar eind44 Daarna het die vergadering op voorstel van Langenhoven besluit dat die getuienis onder verskillende hoofde ingesamel moet word: (a) die konstitusionele regskwessie; (b) die taalkwessie, insluitende die kwessie van die wysiging van artikel 137 van die grondwet; en (c) die praktiese uitvoerbaarheid. Verder is besluit om 'n aantal getuies te ondervra: oor die konstitusionele regskwessie die minister van mynwese (adv. F.W. Beyers), adv. H.A. Fagan en gewese hoofregter Melius de Villiers; oor die taalkwessie prof. E.C. Pienaar, dr. D.B. Bosman, adv. Fagan, dr. F.E.J. Malherbe, prof. M.C. Botha, dr. W.J. Viljoen en mnr. Gustav S. Preller; en oor die praktiese uitvoerbaarheid mnr. E.M.O. Clough (klerk van die Senaat), mnr. D.H. Visser (klerk van die Volksraad), mnr. C.G. Murray (hoofvertaler van die Volksraad) en mnr. A. van de Sandt Centlivres (wetsopsteller van die Parlement en veel later hoofregter van Suid-Afrika). Die gesiene Stellenbosse taalkundige prof. J.J. Smith is nie as getuie ontbied nie, aangesien hy ten tyde van die sitting van die gesamentlike komitee op uitnodiging in Nederland was.Ga naar eind45 Dat Langenhoven 'n reuseaandeel aan die verrigtinge van die komitee gehad het, blyk reeds uit sy voorstel om die getuienis in drie hoofafdelings af te neem. 'n Mens kan ook aanvaar dat hy in die keuse van die getuies 'n groot seggenskap gehad het, al kom daar ook belangrike teenstanders van Afrikaans in die oorspronklike lys voor. Langenhoven sê in U dienswillige dienaar dat hy ‘nie uit (sy) pad uit gegaan het om vooraanstaande teëstanders weg te hou nie’.Ga naar eind46 Nadat die komitee egter agt getuies aangehoor het, so sê Langenhoven, ‘was daar geen teëstem | |||||||
[pagina 443]
| |||||||
op my voorstel dat verder getuienis onnodig was nie’.Ga naar eind47 Die agt getuies was in alfabetiese volgorde dr. Bosman, adv. Centlivres, mnr. Clough, adv. Fagan, mnr. Murray, prof. Pienaar, dr. Viljoen en mnr. Visser. Dit is opvallend dat oudhoofregter Melius de Villiers, een van die sterkste antagoniste van Afrikaans, nie opgeroep is nie. Die komitee het egter baie duidelik van sy standpunt kennis geneem, want sy artikel van 1919 in die South African Law Journal is as addendum by die Rapport afgedruk. As 'n mens die notule van die getuienis nagaan, is dit opvallend dat dr. Malan en Langenhoven as vraagstellers die aktiefste was en dat die ander lede slegs enkele kere, en dan ook meestal ter aanvulling of opvolging, iets van die getuies wou weet. Wat die praktiese uitvoerbaarheid betref, het mnr. D.H. Visser in sy getuienis daarop gewys dat die Hansardverslae nie deur die parlementêre vertalers en klerke behartig word nie, maar deur persone van buite. Op 'n vraag van Langenhoven het hy geantwoord dat dit tans besonder moeilik is om snelskrywers te vind wat Nederlands genoegsaam ken om verslae uit Afrikaans na Nederlands oor te set. Namate die onderwys van Afrikaans toeneem, sal dit al hoe makliker word om Afrikaanse personeel en al hoe moeiliker om Nederlandse vertalers te bekom. Van die personeel van die Volksraad en die Senaat was dit veral mnr. C.G. Murray, hoofvertaler van die Parlement, wat die sterkste besware teen die voorstel gehad het. Sy besware het, soos Langenhoven dit stel, veral neergekom op ‘die ou poging om aan te toon dat die taal nog te “onvas” was in sy vorms, vernaamlik ten opsigte van sy spelling’.Ga naar eind48 In 'n memorandum wat hy vooraf aan die komitee voorgelê het en wat op versoek van mnr. Visser opgestel is, noem Murray as een van die moeilikhede in verband met die invoering van Afrikaans vir sy personeel ‘het feit dat Afrikaans, vergeleken met Hollands, niet zulk een vaste taal met zulk een vaste en algemeen erkende spraakkunst en spelling is’.Ga naar eind49 In antwoord op 'n vraag van mnr. Krige sê Murray verder dat daar meer dubbele of wisselvorme in Afrikaans as in Engels of Nederlands is en dat Afrikaanse skrywers verskil wat die juiste vorm betref. Stukke vir die Parlement moet dikwels in groot haas vertaal word; as daar dan twyfel bestaan oor die skryfwyse, vertraag dit die werk. Op dr. Malan se vraag of 'n gesaghebbende woordeboek nie die probleem sal oplos nie, was sy antwoord dat daar te veel tyd verlore sal gaan as 'n mens te dikwels 'n woordeboek moet raadpleeg.Ga naar eind50 | |||||||
[pagina 444]
| |||||||
Hierdie antwoorde van Murray was vir Langenhoven 'n gulde geleentheid om tot die kern van die probleem deur te dring. Onmiddellik ná Krige en Malan het Langenhoven oorgeneem en Murray begin ondervra. Die verslag in die Rapport gee 'n aanduiding van die trefseker wyse waarop hy met fyn oorleg en die versigtige opbou van vrae die getuie tot 'n erkenning dwing van sy eie onkunde in verband met Afrikaans as die eintlike basis van al die besware:
Indien ik u recht verstaan heb, is uw bezwaar tweeërlei: eerstens, dat er dubbele vormen zijn die beide erkend worden? - Ja. Uw ander bezwaar is dat de vertalers ieder keer naar het Akademiese woordelijst moeten gaan? - Ja. Dat heeft meer te doen met de onkunde van de vertaler dan met het bestaan van erkende dubbele vormen? - In zekere zin, ja. Iemand die niet Engels kent, zal dezelfde moeilikheid hebben met het schrijven van Engels? - Neen; want u moet erkennen dat het een paar jaren zijn dat de spelling door de Akademie vastgesteld is, en menig opgevoede Afrikaner schrijft vandaag meer volgens zijn eigen opvatting van hoe het woord geschreven moet worden dan volgens de vastgestelde spelling. Leest u veel Afrikaans? - Ik lees Die Burger geregeld. Heeft u Afrikaanse letterkunde gelezen? - Ja, ook sommige van uw werken en de gedichten van Leipoldt, Totius, en anderen. U erkent dat u niet op de hoogte van de Afrikaanse letterkunde is? - Ik erken, ik ben niet op de hoogte van de Afrikaanse letterkunde. Ik lees hier en daar. U weet dat zulke lichamen als de Matrikulatie Raad, het Opvoedings Departement, en de universiteiten, voor hoger studie - ik spreek niet eens van de plaatselike eksaminerende lichamen - al die officiële lichamen stellen eksamens in met Afrikaans als medium en de hoogste vakken worden in Afrikaans onderwezen. Zij moeten dus alle antwoorden die zij van de kandidaten krijgen, korrigeren. Zij kunnen het dan onmogelik doen indien er niet een standaard is waaraan zij zich houden, niet waar? - Ja. Zij moeten een standaard hebben? - Ja. Ik weet dat voor tallen van eksamenopgaven en antwoorden erop een standaard vastgesteld is door genoemde lichamen, maar u zal erkennen dat verschillende schrijvers in Afrikaans in ons land vandaag niet in alle opzichten | |||||||
[pagina 445]
| |||||||
dezelfde taal gebruiken. Als men het leest is het dezelfde taal, maar de een gebruikt één vorm van 'n woord en 'n ander weer 'n ander vorm van hetzelfde woord. B.v. neemt maar het woordje “werd”: sommigen gebruiken het hoegenaamd niet. De verschillen die u noemt zijn woordverschillen? - Ja, niet zinsbouw. Niet zinsbouw, niet idiomen en niet sintaksis? - Ik erken het. Het is net ten opzichte van enkele woorden? - Ja, dit erken ik. Het is juist bij het gebruik van woorden waar vertalers soms haken. Wanneer zij voor de machine zitten en het ene blad na het andere vinnig aftikken, stoort het hen een boek te moeten opslaan voor de spelling van een woord. Je krijgt een woord waaromtrent jij twijfel hebt; misschien spelt jij het volgens je opvatting, om later te ontdekken dat de Akademie een andere spelling heeft. U heeft zo even gesproken van Die Burger. Ik spreek tans van Die Burger als een van de voornaamste en grootste krachten die wij in dit land hebben (waar ik van weet), die konsekwent Afrikaans dwarsdoor gebruiken? - Ja. Die Burger is in de eerste instantie begonnen met Nederlands als de redaktietaal en Afrikaans voor bijdragen. Later is het langzamerhand en helemaal overgeslagen tot Afrikaans. Nu wat hun staf betreft, ook zij ondervonden dezelfde moeilikheden met vertalingen, en deze soort van dingen, als wat de staf hier betreft, niet waar? - Ja. En zij hadden beter reden om zulk een moeilikheid te vermijden, daar zij uit hun zak moesten betalen voor vermeerderde kosten. Zij korrigeren stukken door korrespondenten ingezonden; zij zorgen voor uniformiteit door hun eigen staf. Zegt u nu dat de onvastheid van taal, van vormen, in Die Burger te bespeuren is? - In de editoriale stukken van Die Burger is het niet te bespeuren; maar slechts een paar dagen geleden heeft een schrijver in Die Burger zijn opinie gegeven over het gebruik van zekere woorden, en toen heeft Die Burger verklaard dat het nog niet vastgelegd is. Dat is een van de woorden waarvan wij spreken. Het Afrikaans dat in Die Burger gebruikt wordt, is uniform? - Ik erken het, er wordt niet hot-en-haar in Die Burger gespeld. Slagen zij erin om een standaard te bereiken? - Ja, ik denk zij hebben eenvormigheid van spelling. Zij leggen er zich ook op toe. Die Burger had dezelfde moeilikheid met over te slaan van Nederlands in Afrikaans? - Ja.Ga naar eind51 | |||||||
[pagina 446]
| |||||||
As 'n mens hierdie vraagstelling en getuienis ontleed, kom die probleme waarvan Murray melding maak, in 'n groot mate neer op sy eie en sy assistente se gebrekkige kennis van Afrikaans. Hy sê wel dat hy 'n gereelde leser van Die Burger is, maar dat hy nie voldoende op die hoogte is van die Afrikaanse letterkunde nie. Aan die een kant praat hy van die baie dubbelvorme in die taal, maar aan die ander kant moet hy Langenhoven gelyk gee dat Die Burger 'n groot mate van uniformiteit handhaaf en besig is om 'n standaard vir taalgebruik te stel. Hy moes verder toegee dat die personeel van Die Burger met dieselfde probleme te kampe gehad het as die vertalers van die Parlement, maar dat hulle die saak vir hulself suksesvol kon oplos. Met Langenhoven se vraagstelling het Murray dus telkens in strikke beland waaruit hy hom nie kon loswring nie. Op 'n vraag van senator Schweizer, wat net na Langenhoven aan die woord gekom het, kon hy dan ook nie anders as om sy hele personeel se gebrekkige kennis van Afrikaans te bely nie. Schweizer se vraag was: ‘Zullen de vertalers die er tans zijn, bekwaam zijn om het werk in het Afrikaans te doen?’ Hierop het Murray geantwoord: ‘Zij zullen het niet met dezelfde spoed kunnen doen.’ Schweizer se verdere vraag was: ‘Maar ik bedoel of u en de andere vertalers genoegzaam op hoogte van het Afrikaans is om het werk in het Afrikaans te doen?’ Hierop was Murray verplig om te antwoord: ‘Op het ogenblik zal het moeilik gaan. Bij de andere vertalers is Hollands de hoofdzaak: zij zijn geboren Nederlanders; in hun vak zijn zij uitstekend bekwaam, en zij lezen dageliks Afrikaans. Maar dat zij in Afrikaans even gemaklik als in Hollands zullen kunnen vertalen, denk ik, is te veel van hen verwacht.’Ga naar eind52 Hieroor merk Langenhoven in U dienswillige dienaar op: ‘Met ander woorde, die helfte van die diens van die volk moes nog maar voortaan vir Engelse amptenare ingerig bly en die ander helfte vir Hollanders en die Afrikaners moes buite staan.’Ga naar eind53 Ná Murray is mnr. D.H. Visser verder deur die komitee ondervra. Op 'n vraag van Langenhoven oor emendasies wat in wette aangebring moet word, was Visser se standpunt dat byvoegings in Afrikaans by 'n Nederlandse teks lelik sal lyk. Hy moes daarom met Langenhoven akkoord gaan dat hoe langer ons nalaat om Afrikaans in te voer, hoe verder sal die Hollandse wette strek.Ga naar eind54 Wat die bruikbaarheid van Afrikaans betref, was daar veral die getuienis van adv. H.A. Fagan en prof. E.C. Pienaar. Fagan het getuig dat | |||||||
[pagina 447]
| |||||||
hy as professor op Stellenbosch sy onderrig deur medium Afrikaans gegee het en dat hy steeds regstudente se werk in Afrikaans eksamineer. Daar is geen twyfel oor die geskiktheid van Afrikaans vir die opleiding van studente en vir die gebruik in geregshowe nie, en hy vind die taal net so geskik vir regsdoeleindes as enige ander taal. Hy kan hom geen enkele geval herinner waar die Nederlandse vorm van die Hollandse taal in geregshowe gebruik is nie. Meestal is die getuienis in die rondgaande howe in Afrikaans en is dit ook die gewoonte van advokate, indien hulle die taal magtig is, om die hele saak in Afrikaans te voer. Regsdokumente op die platteland is deesdae byna sonder uitsondering in Afrikaans, nie meer in Nederlands nie. Op Langenhoven se vraag of dit regverdig is teenoor 'n Afrikaanstalige getuie om sy getuienis in Engels af te neem, het Fagan gesê dat baie juis afhang ‘van de juiste woorden door de getuige gebezigd: en in kruisvraging is het heel noodzakelik dat de getuige gerapporteerd wordt in de taal die hij gebruikt.’Ga naar eind55 Dit is nie toevallig dat Langenhoven juis hierdie vraag aan Fagan gestel het nie, want tydens sy eie termyn as advokaat in Kaapstad het hy intens bewus geword van die groot onreg as iemand in 'n vreemde taal getuienis in 'n hof moes aflê. Sy ervarings in dié verband was trouens een van die belangrikste dryfvere vir sy latere ywer in verband met Afrikaans. Prof. Pienaar is veral deur dr. Malan ondervra. Wat die spelling van woorde in Afrikaans betref, het Pienaar daarop gewys dat almal aanvanklik gespel het soos hulle praat. Teenstanders van die taal het altyd beweer dat 'n vaste norm vir die spelling ontbreek. Op die kongres van die Afrikaanse Taalvereniging in 1908 is die eerste reëling vir standaardisasie getref, maar daar was nog altyd punte van verskil. Die kwessie is uiteindelik deur die Akademie aangepak en 'n woordelys is in 1917 uitgegee en in 1921 hersien. Sedert 1920 is daar 'n groot mate van uniformiteit. ‘Er mogen’, sê Pienaar, ‘enkele schrijvers zijn, b.v. Preller in Pretoria, die nog “ik” schrijven, hoewel ik overtuigd ben dat ook hijzelf “ek” zegt. Dit is m.i. niets anders dan de nawerking van een oude schrijftraditie die op ons ingehamerd is. Wat de spelling betreft, hebben wij voorlopig voldoende vastigheid bereikt om de spelling te laten rusten.... Maar te eniger tijd, wanneer wij vinden dat het nodig is, om welke reden ook al, om een wijziging aan te brengen, dan moeten wij weer overeenkomen om het te doen. In elke levende taal moet de spelling van tijd tot tijd herzien worden, anders staat de spreektaal later | |||||||
[pagina 448]
| |||||||
zo ver van de schrijftaal af, dat het helemaal niet meer een aanduiding is van de andere.’Ga naar eind56 Wat die stand van die Afrikaanse letterkunde betref, het die produksie volgens Pienaar in die afgelope tyd geweldig toegeneem. ‘Ik zou willen...zeggen’, was sy woorde, ‘dat sedert het ontstaan van onze taalbeweging - zegt maar, sedert 1905 tot 1925 - meer boeken verschenen zijn in Afrikaans dan over de laatste honderd jaar in het Engels in Zuid-Afrika geproduceerd is. Niet alleen is de produktie overweldigend; ook de gehalte van onze litteratuur is vandaag reeds van zo een aard dat het op sommige terreinen ten minste gelijk gesteld kan worden met de voortbrengsels van andere landen.’Ga naar eind57 Om hierdie stelling te staaf, verwys Pienaar na uitsprake van Nederlandse en Vlaamse kundiges soos Hesseling, Kollewijn, Schepers en René de Clerq. Op 'n vraag van dr. Van der Merwe of daar by hom enige twyfel is dat dit oorhaastig sou wees om Afrikaans in wetgewing in te voer, was Pienaar baie beslis. Taal is volgens hom altyd onafskeidelik verbonde aan die volk. Dit is 'n wanopvatting om te meen ‘dat zolang een taal niet begrammatiseerd en bespelregeld is’,Ga naar eind58 dit nog nie taal is nie. ‘De schrijftaal heeft geen reden van bestaan tenzij het een zo nauwkeurig mogelijke aanduiding is van het gesproken woord. Daarom moet in dit geval niet onze taalkundigen en letterkundigen beslissen, want het volk is de “spraakmakende gemeente”, en het volk spreekt hier in de eerste instansie.’Ga naar eind59 In enige taal, antwoord Pienaar op 'n verdere vraag, vind 'n mens wisselvorme; in Nederlands het die woord ‘man’ byvoorbeeld nie minder nie as ses meervoudsvorme. 'n Taal wat tussen mense leef, sal altyd wissel, soos wat tans by ons met Afrikaans die geval is. Die sogenaamde Hoog-Hollands of Nederlands wat by ons al die jare op skool gangbaar was, is 'n ‘papiertaal die met een woordeboek en grammatika samengesteld is; maar het berust niet op het Nederlands van vandaag; het berust ook niet op het Afrikaans van vandaag; het is een tussen-ding. Ik meen dat wij reeds sedert 1910 buiten de wet gehandeld hebben door erkenning te verlenen aan een taal die noch Nederlands noch Afrikaans is. Het woord “Hollands” in de zin waarin wij ervan spreken in Zuid-Afrika bedoelt “Afrikaans-sprekende”, want ons volk is niet Nederlands-sprekend, het is Afrikaans-sprekend.’Ga naar eind60 Daarom meen hy ook dat ‘Hollands’ in artikel 137 die Afrikaanse vorm beteken, want ‘voor wie is artikel 137 gemaakt? Al staat er in de Engelse lesing “Dutch”, dan is de vraag toch: “Van welk volk is daar sprake?” Dan is het antwoord, “niet het Nederlandse volk, | |||||||
[pagina 449]
| |||||||
maar het Afrikaanse volk.”Ga naar eind61 En as 'n mens Afrikaans met Nederlands in Nederland, Frans in Frankryk of Engels in Engeland vergelyk, dan is Afrikaans, volgens Pienaar in antwoord op 'n vraag van Langenhoven, beslis meer uniform. Die sterkste getuienis teen die voorstel en die moontlike invoering van Afrikaans sonder die wysiging van die grondwet het gekom van mnr. A. van de Sandt Centlivres, parlementêre wetsopsteller. As 'n mens sy getuienis en die vrae aan hom ontleed, merk 'n mens dat selfs Langenhoven moeite ondervind het om sy argumentasie, soos in die geval van Murray, heeltemal omver te gooi. Dit spreek boekdele vir Langenhoven se regskennis en sy tegniek van kruisverhoor dat hy ook hierdie briljante regsgeleerde uiteindelik, in 'n sekere mate dan, kon troef. Op Langenhoven se vraag of met ‘Hollands’ in artikel 137 die Hollands van Suid-Afrika bedoel word en of die Hollands van Nederland nie uitgesluit word nie, was Centlivres se antwoord dat hy twyfel of so 'n bewering gemaak kan word. ‘Neem aan, argumentshalve,’ betoog hy, ‘dat het Parlement dubbelzinnige taal gebruikte, toen het van Hollands melding maakte, overeenkomstig artikel 137, dan is het hof bij de uitlegging van de Wet gerechtigd om de toestand van zaken ten tijde van de aanname van de Wet in ogenschouw te nemen. Wanneer wij de toestand van zaken in ogenschouw nemen ten tijde dat de Zuid-Afrika Wet aangenomen werd, bestaat er geen twijfel bij mij dat wat door de wetgeving bedoeld werd door het woord “Dutch” te gebruiken, Nederlands bedoeld werd, want de Wetten van beide de Oranje Vrijstaat en van de Transvaal...waren in het Nederlands en niet in Afrikaans.’ Hierop kon Langenhoven egter vra: ‘Mijn punt is dat het een logies begrijpelike uitlegging zal zijn. Men moet eerst tot een besluit geraken over de taalkundige kwestie?’ Centlivres was verplig om bevestigend te antwoord. Heelwat later tydens die ondervraging het Langenhoven melding gemaak van die Engelse neiging om die term ‘Hollands’ en die term ‘Dutchman’ ruimer te gebruik as bloot verwysende na Nederland en 'n Nederlander. Hierop was sy vraag: ‘De Zuid-Afrika Wet is natuurlik een Wet van het Britse Parlement. Als u de tijdsomstandigheden in ogenschouw neemt, hoe zou u de wijze beschouwen waarop deze uitdrukkingen op Zuid-Afrika toegepast zouden worden?’ Centlivres was nou verplig om presies die teenoorgestelde te sê van wat hy aan die begin van sy getuienis gesê het: ‘Ja, mijn eigen beschouwing is, dat indien wij uitgaan van de bewering dat | |||||||
[pagina 450]
| |||||||
Afrikaans slechts een andere vorm van Hollands is, dan meen ik zou het helemaal wettig zijn te argumenteren dat in de uitdrukking “Hollandse” in artikel 137 de woorden Afrikaans en Nederlands ingesloten zijn.’Ga naar eind62 Met die ondervraging van die getuies oor die bruikbaarheid van Afrikaans en grotendeels ook oor die moeilikhede in verband met die oorgang van Nederlands na Afrikaans afgehandel, het een baie belangrike en gedugte persoon nog vir ondervraging oorgebly, naamlik dr. W.J. Viljoen. Die vraag was nog steeds of Afrikaans inbegrepe was by die ‘Hollands’ van artikel 137 en of 'n wysiging van die grondwet - wat 'n tweederdemeerderheid vereis het - nodig sou wees. Vir 'n beslissing hieroor, sê Langenhoven in U dienswillige dienaar, ‘het daar...ontsaglik veel afgehang van die getuienis van dr. Viljoen, die Kaapse Superintendent-Generaal van Onderwys. Dis noueliks te veel om te sê dat, soos die partye gestaan het, met die Engelssprekende lede sonder sterk neiging eenkant toe of anderkant toe, en dus bereid om te swaai na watter kant hulle maters mog besluit, die lot van Afrikaans op hierdie stadium in die hande van dr. Viljoen was.’Ga naar eind63 En dr. Viljoen, wat in 1896 in Straatsburg gepromoveer het met 'n proefskrif Beiträge zur Geschichte der Cap-Hollandischen Sprache en daarna as professor in moderne tale 'n groot kampvegter geword het vir die Hollandse taal waarvan hy die algemene gebruik met 'n Vereenvoudigde Nederlandse Spelling (VNS) probeer bevorder het, was nie bekend as 'n vriend van Afrikaans nie. Langenhoven het dus geweet dat hy in Viljoen die mees gedugte opponent tydens die sitting van die gesamentlike komitee kon hê. ‘Dis nie nodig’, so skryf Langenhoven, ‘om hier op die vraag in te gaan of...(dr. Viljoen) deur sy houding tot hiertoe die verwagting gebillik had nie, maar hy is sekerlik deur die teëstanders beskou geword as hulle kampvegter, die een man van bevoegde kennis en gesag op wie hulle kon reken, al het hy hulle dan maar die ekskuus verskaf om die voorgestelde verandering te laat verongeluk.’Ga naar eind64 ‘Ekself’, voeg Langenhoven in die lig van hierdie hele agtergrond by, ‘het gevrees dat sy getuienis vyandig sou wees, en die uitwerking daarvan dodelik. Ek het my vir 'n ernstige stryd klaargemaak.’Ga naar eind65 Viljoen se ondervraging is ingelei deur dr. Malan, wat die probleem aan die orde gestel het of Nederlands en Afrikaans as twee aparte tale of as twee vorme van dieselfde taal beskou moet word. ‘Mijn eerlike opinie’, was Viljoen se antwoord, ‘is, dat Nederlands en Afrikaans niet moeten worden beschouwd als twee zelfstandige talen, helemaal | |||||||
[pagina 451]
| |||||||
van elkaar verschillend, maar dat Afrikaans moet worden beschouwd als een zelfstandige ontwikkeling van die vorm van het Nederlands of Nederduits, zoals het toen genoemd werd, dat naar hier overgeplant is in 1652 en in de loop van de tijden een zelfstandige ontwikkelingsgang heeft gehad. Dit is gedeeltelik toe te schrijven aan de verre afstand van het oorspronkelike vaderland, gedeeltelik aan invloeden die hier op de vorm van het Nederduits inwerkten, zoals b.v. klimatiese invloeden wat de uitspraakt betreft, de inboorlingetaal, de Franse vluchtelingen, het Maleis en het Portugees, enz. Toen eenmaal de politieke band tussen Nederland en Zuid-Afrika verbroken was, sprak het als vanzelf, dat niet meer die nauwe voeling bestond tussen het oorspronkelike vaderland en Zuid-Afrika, en een eigen taalvorm zich op eigen wijze hier ontwikkelde.’Ga naar eind66 Tog meen Viljoen dat die voeling tussen Nederlands en Afrikaans steeds bestaan. Die Afrikaanse literatuur maak dan ook deel uit van die algemene Nederlandse literatuur wat Noord-Nederlands, Suid-Nederlands of Vlaams en dies meer insluit. Op die verdere vraag van dr. Malan of 'n mens met die Suid-Afrika-wet as 'n wet van die Britse Parlement die woord ‘Dutch’ in artikel 137 moet interpreteer soos Engelse woordeboeke die woord as die taal van Nederland omskryf en of dit ook die ander taalvorme van Nederlands kan insluit, was Viljoen se antwoord dat Engelse woordeboeke die begrip veels te beperk verklaar. Geen enkele Nederlandse filoloog sal dit onderskryf nie. Reeds uit hierdie antwoorde was dit duidelik dat Viljoen die saak van Afrikaans in hierdie stadium hoegenaamd nie vyandiggesind was nie. Dit het ook en veral geblyk uit sy antwoorde op Langenhoven se ondervraging. Op die vraag of die oorgang van 'n sintetiese na 'n analitiese taal nie beteken dat met Afrikaans 'n ‘ontaarding’ plaasgevind het nie, was sy antwoord dat dieselfde verandering byvoorbeeld in die oorgang van Latyn na Frans en van Angel-Saksies na Engels gebeur het en dat dit selfs as 'n verbetering en 'n ontwikkeling beskou kan word. Afrikaans is volgens hom geskik as wetenskapstaal en letterkundige produkte in Afrikaans word ook in Nederland en Vlaandere hoog gewaardeer. Op skool word Afrikaans reeds as voertaal gebruik en tans is daar haas geen kandidate wat Nederlands as vak by die taalstudie kies nie. Alleen vir vergelykende doeleindes kom Nederlands nog in die taalonderrig ter sprake. Daarenteen word die Nederlandse letterkunde naas die Afrikaanse nog steeds bestudeer. Op Langenhoven se vraag of | |||||||
[pagina 452]
| |||||||
Afrikaans vir alle doeleindes van inspeksie en eksamens die plek van Nederlands ingeneem het, was Viljoen se antwoord: ‘Ik zal u een bewijs geven om aan te tonen, hoe ver het Afrikaans toegenomen is. Wijlen de heer Fouché en ik hebben een reeks leesboekjes in de vereenvoudigde schrijftaal uitgegeven, waarin wij ons ten doel stelden, uitdrukkingen die aan Zuid-Afrika eigen zijn, te gebruiken en de leeslust aan te wakkeren. Deze boekjes waren in gebruik toen ik te Stellenbosch en in de Vrijstaat was. Tans is die reeks in onbruik geraakt. Ik betreur dit natuurlik uit een financieel oogpunt en in zekere zin ook ter wille van de taal zelf.’ Hierop was Langenhoven se vraag en Viljoen se reaksie: ‘U heeft zeker hier een grief tegen mij? - Neen, helemaal niet; ik beschouw de zaak uit een breder oogpunt.’Ga naar eind67 Ook op universiteite het Afrikaans die plek van Nederlands ingeneem. Wat sy eie opvattinge oor die taalsituasie in Suid-Afrika betref, het Viljoen gesê dat hy wel 'n voorstander was van die Vereenvoudige Nederlandse Spelling, maar dat hy reeds in sy proefskrif gesê het dat die beweging om Afrikaans tot skryftaal te verhef, 'n redelike en billike beweging was. ‘Ik heb altijd’, sê hy, ‘dat standpunt ingenomen, vijandig ben ik nooit tegenover Afrikaans geweest. De enige reden waarom ik sterke propaganda gemaakt heb voor vereenvoudigd Nederlands was, dat ik het beschouwd heb als een overgangsbrug. Er was destijds een sterk gevoel tegen Afrikaans, deels een politiek gevoel gesproten uit antipathie tegen de leiders van de Afrikaanse taalbeweging en deels tegenstand bij de predikanten en de kerklikeGa naar eind68 leiders. De voorzitter zal zich de geweldige pennestrijd herinneren, die toen gevoerd is, bij voorbeeld tegen Di Patriot. Er was een hoge mate van antipathie tegen wijlen Ds. S.J. du Toit en diegenen die aan zijn zijde gestaan hebben. Toch was het Afrikaans toen reeds echt Afrikaans, evenals onze Afrikaanse veldbloemen echt Afrikaans zijn. Ik heb altijd gevoeld, dat wij nooit zover zouden komen om Afrikaans algemeen te vervangen door Nederlands zelfs in de vereenvoudigde vorm. Ik geloof dan ook’, sê hy veelbetekenend, 'n uitspraak wat deur die gesag van Viljoen ontsettend veel gewig gedra het, ‘dat Afrikaans het voorgoed gewonnen heeft en veel gemakkeliker is en niet minder duidelik voor gebruik in onze wetten dan Nederlands.’Ga naar eind69 En oor die eventuele verheffing van Afrikaans tot amptelike taal van Suid-Afrika was hy ewe gunstig te spreke. 'n Mens sou kan wag tot daar 'n groot letterkundige skat in Afrikaans bestaan, maar uit 'n praktiese oogpunt is dit veel beter om onmiddellik tot die stap oor te gaan. | |||||||
[pagina 453]
| |||||||
Langenhoven het hom voor die ondervraging van Viljoen op 'n vurige stryd voorberei, maar van die verwagte storm het niks tereggekom nie. Alles het eenvoudig seepglad verloop en hy het, soos hy dit in U dienswillige dienaar stel, ‘letterlik alles van dr. Viljoen gekry wat ek wou hê, en nie met steekse teësinnigheid van sy kant nie maar met hartlike saamstemming’.Ga naar eind70 Uiteindelik was daar nog die moeilike konstitusionele regskwessie wat oorbrug moes word. In werklikheid was die hele situasie van sowel voor- as teenstanders se kant uiters lagwekkend, iets wat Langenhoven met sy fyn kyk op sake skerpsinnig en knap saamvat. ‘Afrikaans-voorstanders’, skryf hy in U dienswillige dienaar, ‘was logies gebonde aan die opvatting waartoe hulle gevoel en hulle trots hulle tegelykertyd onweerstaanbaar geneig het, dat Afrikaans 'n besonderse, selfstandige taal is. Maar volgens so 'n opvatting was die Grondwet met sy tweederdesslagboom onverbiddelik in hulle pad. Want hy maak voorsiening, nie vir drie tale, een Engelse en twee Hollandse nie, maar net twee tale. Dit sou bespotlik - en onwaar - gewees het om te betoog dat sy bedoeling was om Hoog-Hollands uit te sluit en vir Afrikaans en Engels voorsiening te maak. Aan die ander kant was die teëstanders van Afrikaans se enigste grond onder hulle voete, van die “Patriot” se tyd af, konsekwent dit gewees, dat Afrikaans maar 'n vorm, 'n verslegte en verlaagde vorm, van Nederlands was - soos Melius [de Villiers - JCK] dit uitgedruk het, was hy in dieselfde soort verhouding as pidgin-Engels teenoor Engels. Maar met hierdie standpunt weer, het hulle die beskerming van Artikel 137 prysgegee, want dan was Afrikaans nie uitgesluit nie. Dus albei partye was in die posisie dat hulle wapens tot hulp was vir die teëparty en dodelik vir hulleself, maar geeneen kon dit bekostig om die vyand se wapens teen hom te gebruik nie.’Ga naar eind71 Om hulle eie kant te bevoordeel, sê Langenhoven verder, het sowel hy as dr. Malan die teenparty se standpunt ‘geëksploiteer’Ga naar eind72 deur telkens van die Afrikaanse vorm van die Hollandse taal te praat en te beklemtoon dat indien Afrikaans in die woord ‘Hollands’ van artikel 137 uitgesluit word, Afrikaans in wetgewing en as taal van redevoering in die Parlement uitgesluit moes word. Onderliggend aan hierdie strategie was die vrees dat hulle in 'n geval van ernstige teenstand nie 'n tweederdemeerderheid sou behaal nie. Die opposisie het egter ewe sterk gevoel dat dit nodig sou wees om die grondwet te wysig en adv. Centlivres, so sê Langenhoven in U dienswillige dienaar, het belangrike | |||||||
[pagina 454]
| |||||||
‘tegniese regskundige getuienis afgelê...(en) sy kragtige steun aan die ander kant gegee’.Ga naar eind73 En, moes Langenhoven toegee, sy ‘redenasie was redelik en billik. Die Grondwet, the South Africa Act, is 'n Engelse wet van die Britse Parlement, en van daardie oogpunt uit, en uiteindelik deur Britse Regsgesag, sou die woord “Dutch” geïnterpreteer word. As die interpretasie dan was dat Afrikaans nie binne die bedoeling van die term lê soos daar gebesig nie, dan sou al ons wetgewende besluite en al ons Wette daarvolgens opgestel, en al die Provinsiale Wetgewing wat reeds in dieselfde vorm gemaak was, 'n blote nulliteit wees.’Ga naar eind74 Om uit hierdie skaakmatposisie los te kom, moes die ondersteuners van dr. Malan se voorstel noodwendig 'n kompromis met die teenparty tref. Hierdie kompromis en die resultaat daarvan formuleer Langenhoven indrukwekkend-eenvoudig in U dienswillige dienaar. Hulle het vir die teenparty gesê: ‘Beloof van julle kant af julle ondersteuning in die Gesamentlike Sitting, en ons sal van ons kant af ons standpunt laat vaar dat die wysiging van Artikel 137 onnodig is.’Ga naar eind75 Hierop laat Langenhoven volg: ‘En die kompromis het deurgegaan. Dankie vir niks, kon hulle gesê het. Maar dis 'n groot ding vir 'n man as hy 'n opinie beetgekry het om sy sin te kry en te voel dat hy seëvier. Ons het die teëparty sy sin gegee - om Afrikaans as 'n besonderse taal te beskou (wat altyd ons standpunt was)!’Ga naar eind76 Die gevolg van hierdie kompromis was dat die gesamentlike komitee 'n eenparige rapport kon inlewer en dat daar uiteindelik by die gesamentlike sitting van die twee huise om die grondwet te wysig, op een teenstem na 'n eenparige besluit geneem kon word. Die rapport van die komitee is deur Langenhoven opgestel.Ga naar eind77 Onder meer word daarin gesê dat die komitee die vraag oorweeg het of die woord ‘Hollandse’ in artikel 137 van die grondwet gelees moet word as sou dit Nederlands en Afrikaans insluit en daarom ook die vraag of Afrikaans, taalkundig beskou, 'n selfstandige taal of 'n vorm van ‘Hollands’ is. Dit is onnodig om oor die twee kwessies uitsluitsel te verkry. Daar bestaan ‘ten minste genoegzame twijfel, ook in gezaghebbende kringen, om het wenselik te maken dat er een formele en afdoende interpretatie van de bestaande wetsbepaling zal gegeven worden.’Ga naar eind78 Intussen is daar egter, sowel deur die Parlement as ondergeskikte wetgewende en administratiewe liggame, in die veronderstelling gehandel dat Afrikaans wel deur die grondwet voorsien word. Daarom beskou die komi- | |||||||
[pagina 455]
| |||||||
tee dit ‘wenselik dat...stappen formeel bekrachtigd worden ten einde alle twijfel omtrent de wettigheid daarvan te verwijderen’.Ga naar eind79 Oor die noodsaaklikheid om dadelik tot die stap oor te gaan, is daar by die komitee geen twyfel nie. Die komitee is daarvan oortuig dat so 'n stap 'n vereiste is in die algemene belang en dat die oorgang geen groot praktiese probleme sal meebring nie. Uitstel van die besluit sou die probleme in die toekoms alleen maar vererger. Daarom beveel die komitee aan:
WETSONTWERP
| |||||||
[pagina 456]
| |||||||
Op 25 Maart 1925 het pres. Reitz as voorsitter van die gesamentlike komitee die rapport aan die Senaat ter bespreking voorgelê. Sonder om vooraf aan Langenhoven kennis te gee, het hy gesê: ‘Ek sal die taak aan senator Langenhoven oorlaat om die saak toe te lig; hy kan dit beter doen as ek, en ek hoop ook dat hy dit in beide tale sal doen, sodat ook ons Engelse vriende sal verstaan wat gedaan is deur die Gesamentlike Komitee.’Ga naar eind81 Hierop het Langenhoven opgestaan en onvoorbereid 'n rede in Engels gehou waarin hy lank by die konstitusionele kwessie in verband met die oorskakeling van Nederlands na Afrikaans stilgestaan het. ‘The question arose’, het hy gesê, ‘as to whether any constitutional change is required before this alteration is adopted. In the remarks which I addressed to the House at the time when the motion was here for the appointment of the Select Committee, I took the view - and I take it still - that Section 137 of the South Africa Act, when it speaks of “Dutch” and “Hollands” includes “Afrikaans” and therefore if the matter rested with me, or if the ultimate authority rested with me, it might not be necessary to take the step which the Committee recommends. When sitting on the Committee I felt that there were other views which did not agree with mine, views that are entitled to respect. There is first of all the view put before the Committee by the Parliamentary Draftsman, Mr. Centlivres, and there is a very strong expression by no less an authority than ex-Judge Melius de Villiers (a legal authority and not a linguistic authority). I refer to his article which appeared in the Cape [South African - JCK] Law Journal, an article which was put in. Hon. Senators will find that extract as one of the appendices to our report. Mr. Centlivres was doubtful; Mr. Melius de Villiers has no doubt at all that if we made this alteration without a constitutional alteration of Section 137 of the South Africa Act, we should be acting ultra vires. Since there is that doubt it seems to me that it might be well to meet the opinions of those who express these doubts; that we should make the necessary alteration to Section 137 of the South Africa Act. In that way we shall arrive at the same result, and we shall arrive at that result with more certainty and with the removal of all doubt which otherwise would remain. Therefore the Select Committee has committed itself to a recommendation that Section 137 of the South Africa Act shall first of all be altered so as to place it beyond doubt in future that the word “Dutch” includes “Afrikaans”.’Ga naar eind82 | |||||||
[pagina 457]
| |||||||
Na hierdie inleiding het Langenhoven verder op die konstitusionele kwessie ingegaan deur daarop te wys dat die Suid-Afrika-wet 'n wet van die Britse Parlement is en dat die woord ‘Dutch’ derhalwe deur howe in die Britse betekenis van die woord, soos verklaar in Engelse woordeboeke, geïnterpreteer kan word. ‘Dealing with the matter...in the English form, if the Court is asked to put a construction upon the word “Dutch” it will not be asked to put a construction upon the word “Hollands”. A South African Court would probably be disposed to give a wider interpretation; a British Court would be more likely to consider what was in the mind of the legislature, the Parliament of Great Britain, when they made use of that expression. What would be in the mind of the ordinary Englishman sitting in Parliament in England when he made use of the expression “Dutch”? Surely what would be in his mind would be the language of Holland, and that being that it means “Afrikaans” is clearly out of the province of Section 137, and if that is so, and we make an alteration, we shall be doing something ultra vires.’Ga naar eind83 Indien die ‘testing right’Ga naar eind84 na die howe uitgevoer sou word, kan dit selfs meebring dat alle wetgewing van provinsiale rade in verband met Afrikaans ultra vires bevind kan word. Daarom is die logiese uitweg uit die dilemma 'n wysiging van die grondwet. Wat die aanbeveling van 'n omvattende woordeboek vir Afrikaans betref, verwys Langenhoven na 'n koerantberig en op sy tipiese wyse toon hy weer die absurditeit van die verslag aan. ‘In a local paper the other day’, sê hy, ‘I saw this question discussed with the degree of ignorance which is characteristic of the paper in question. One point on which they laid stress was that in Afrikaans, not having a literature up to this time, there could be no authority as to the use and meaning of words. The paper seems to hold the view that you cannot have a developed language until you have a dictionary, and you cannot have a dictionary until you have developed a language. It is difficult to say in these circumstances how you can get either the development of the language first or the compilation of the dictionary. All languages have grown, and their dictionaries and grammars have grown with them step by step.’Ga naar eind85 Daarna vat Langenhoven die getuienis voor die gesamentlike komitee kernagtig saam. Die getuies het veral twee sake beklemtoon: ‘The first point made originally by the opposition was that we were in too great a hurry with this change. As to that it was made clear by the | |||||||
[pagina 458]
| |||||||
witnesses, that the longer we delayed the greater would be the difficulties, because we should be going on longer, piling up the legislation in the language which afterwards would be abandoned. As to the other point raised that Afrikaans is not sufficiently developed, I think hon. members will be greatly struck by the instances which the witnesses placed before us upon this one point.’Ga naar eind86 In dié verband verwys hy na Afrikaans as skool- en universiteitstaal en die groot vordering wat daar reeds gemaak is om die taal te standaardiseer. Met dié ontwikkeling val die beswaar van oorhaastigheid weg. ‘Not only’, was Langenhoven se slotwoorde, ‘would I like to see the change made, not only would the whole of the Dutch speaking section of this country love to see it made, but a large proportion of those belonging to the other section of the white people of South Africa also, and they would find it greatly to their advantage. Not merely that, but it will become a sine qua non if in future they desire to take the same part as the Dutch in the political life of this country. I may say in the political life of the country, in the business life of the country, and in the intellectual and cultural life of the country, Afrikaans has progressed to such an extent that the Englishman in South Africa who does not know Afrikaans will have reason to be sorry for himself if he continues to be deaf and dumb to what is one of the very best things he has found in the land of his adoption.’Ga naar eind87 As 'n mens in gedagte hou dat Langenhoven op versoek van Reitz en onvoorbereid gepraat het, is dit seker een van die voortreflikste toesprake wat hy ooit gehou het, vergelykbaar met sy 1914-rede oor ‘Afrikaans as voertaal’. Dat hy self ook só moes gevoel het, blyk uit die feit dat hy, naas Reitz se uitnodiging om hom aan die woord te stel, in U dienswillige dienaar 'n tweede ‘erkentenis’ noem wat hy na afloop van dié rede in die Senaat ontvang: die dank van senator Churchill. In sy dankwoord loof Churchill nie alleen die helder wyse waarop Langenhoven die saak uiteengesit het nie, maar spreek hy ook sy waardering uit vir die groot werk wat die gesamentlike komitee verrig het. As 'n mens onthou dat Langenhoven in dié komitee nie net 'n aandeel gehad het nie, maar in 'n groot mate die verloop van die sittings georkestreer en die belangrikste dokumente in verband met die werksaamhede opgestel het, is dit eintlik dubbele lof en erkenning wat Langenhoven hier ontvang. ‘I am sure’, het Churchill gesê, ‘the Senate listened with extraordinary interest to the very able speech that | |||||||
[pagina 459]
| |||||||
we have had from Senator Langenhoven, and I would personally like to thank him for the lucid way in which he has put the legal and other aspects of the question before us. After the explanation of the Hon. Senator Langenhoven, I say the whole position is one which requires to be dealt with on the lines that he has outlined to us and recommended in this report; and I am sure, Sir, we welcome the work of the Committee. It seems to me the Committee have gone into their work very thoroughly, and I hope that the objects that they have in their report will be carried out and that such difficulties which lie in their way will steadily give way to the intelligence that they have brought to bear on the question up to now. I am sure, Sir, we also agree with Senator Langenhoven that those of us who in our youth had not had the opportunity of learning the language would like to follow the literature and the language more than we do at present, and I think that I am only voicing what is the general feeling on this side. We welcome this report. I am not going into the technicalities, it would obviously be wrong for me to do so. I merely rose in order to welcome the report and particularly to thank Senator Langenhoven for giving us such a lucid exposition of the position.’Ga naar eind88 | |||||||
IVNadat die verslag van die gesamentlike komitee deur sowel die Volksraad as die Senaat aangeneem is, moes die twee huise nog in 'n gesamentlike sitting die wetgewing aanneem, aangesien dit 'n wysiging van die grondwet behels het en 'n tweederdemeerderheid daarvoor nodig was. Met die tweede lesing van die wetsontwerp op 8 Mei 1925 het dr. Malan beklemtoon dat daar vir die Hollandssprekende in Suid-Afrika net een taal is wat hulle eie genoem kan word, naamlik Afrikaans. ‘Die erkenning van die Afrikaanse taal...is die simbool van die erkenning van hom as volk, die erkenning van sy status en vryheid. As hierdie wet in die wetboek geplaas word, dan sal - ek mag dit sê - die Hollandssprekende gedeelte van die Suid-Afrikaanse volk vir die eerste maal voel dat hy ten volle erken word en in sy eie land ten volle vry en tuis is.’Ga naar eind89 Hy het ook sy dank uitgespreek vir die welwillende houding van die Engelssprekende lede van die Parlement. ‘Daar is van | |||||||
[pagina 460]
| |||||||
begin tot end geen poging aangewend van die kant van die Engelssprekende vriende om enige struikelblok hoegenaamd in die weg te lê vir die aanname van die wet nie. Inteendeel, deur die aanwesigheid van hulle vanmôre en by ander sittings vooraf, en deur hul medewerking by die besprekings in beide Huise afsonderlik, het hulle getoon dat hulle belang stel in die saak, en sommige lede van die Senaat het selfs aktief deelgeneem aan die besprekings in die ander Huis.’Ga naar eind90 Ná Malan het Langenhoven, andermaal in Engels, aan die woord gekom, maar self 'n vertaling daarvan besorg wat in Hansard afgedruk en wat hy later in die eerste deel van Aan stille waters opgeneem het. ‘Die hele wêreld deur’, het hy gesê, ‘word die respek wat aan 'n volk gegee word, gegee om die wyse waarop hy die hoogste wat in hom is uitdruk. En hoewel die taal maar 'n instrument is, is dit die enigste instrument wat 'n volk het om aan sy hoogste kultuur en veredeling en beskawing uiting te gee. Dus, wanneer die volkstaal weggehou word uit die hoogste werkkringe van die staat, beteken dit nie alleen afbreuk aan die agting wat ander vir só 'n volk koester nie, maar 'n seermaak van sy gevoel van eie waarde.’Ga naar eind91 Sy besondere dank gaan uit na die Engelssprekende deel van die bevolking wat gehelp het om dié saak reg te stel. ‘Hier gee hulle nou van alle harte die steun en hulp waarsonder hierdie onreg aan ons selfrespek nie kon herstel geword het nie.’Ga naar eind92 Van die kant van die opposisie het sir Thomas Smartt en eerw. W.W. Rider gepraat. Hulle het gewys op die nouer en hartliker samewerking tussen die twee blanke taalgroepe en gevra dat albei kante van die twee huise die wetsontwerp moet steun. Die wetsontwerp is dan ook op die gesamentlike sitting van Volksraad en Senaat goedgekeur. Dit lei tot die amptelike erkenning van Afrikaans as landstaal op 27 Mei 1925. Dít waarvoor Langenhoven in 1914 tot die politiek toegetree het, is dus 'n dekade later verwesenlik. Al het dr. Malan in sy hoedanigheid as minister van onderwys en binnelandse sake die inisiatief hiervoor geneem, was Langenhoven die beplanner van die hele strategie wat gevolg sou word en die dryfkrag agter die wetsontwerp. Sy insig in die konstitusie en die regskwessie, sy vermoë as regsman, sy ervaring met die Afrikaanse taalstryd, sy kennis van vergelykbare gevalle waar ander tale in 'n minderheidsposisie verkeer en sy briljante redenaarsvermoë het alles meegehelp om die saak tot 'n bevredigende einde te voer. | |||||||
[pagina 461]
| |||||||
Daarby het Langenhoven by die Engelstalige lede van albei huise die nodige geloofwaardigheid gehad. ‘Had ek, soos my verstandige wapenbroers’, sê hy in U dienswillige dienaar, ‘Nederlands aan die hand gehou as 'n bondgenoot en Engels bestry as die enigste vyand, dan had ek nooit die Engelse ondersteuning gekry waarsonder my eerste poginkie in die Provinsiale Raad reeds hopeloos sou misluk het nie. En ook dit was nie 'n saak van berekende taktiek nie maar soos dit vir my eenvoudige vernuf gelyk het en vandag nog lyk, 'n saak van blote logika. Engels moes, en sou, in elke geval voortbly en die helfte van die terrein behou; die ander helfte, óns helfte, moes op een of ander manier tussen Afrikaans en Nederlands verdeel word - van hierdie twee kon die een alleen plek kry waar hy die ander kon weghou.’Ga naar eind93 Langenhoven se groot verdienste as taalstryder lê juis in die insig dat hy teen Nederlands, en nie teen Engels nie, die stryd moes aanknoop. Hierin verskil hy van al sy medestryders en hierin lê, naas die enorme aandeel aan die staatserkenning, sy eintlike groot bydrae tot die taalstryd. Maar daarmee was die stryd hoegenaamd nog nie verby nie. Die ‘stryd van die strenger toets van gebruik en volharding en toewyding’Ga naar eind94, die ‘altyd strenger tug’Ga naar eind95 waarvan N.P. van Wyk Louw enkele jare later in Die halwe kring sou praat, het nou voorgelê. Met die amptelike erkenning het die Afrikaanstaliges, soos Langenhoven dit stel, nog net hulle ‘transport’ gekry op die ‘halwe erfplaas’ wat van nou af met nuwe ywer bewerk en met groot sorg bewaak moes word.Ga naar eind96 En hierdie toegewyde bewerking van die taal het beteken dat daar in Afrikaans werke tot stand moes kom wat die taal kon veredel en die klein literatuur verder kon uitbou. Reeds voor sy toetrede tot die Parlement het Langenhoven 'n aansienlike bydrae hiertoe gelewer, maar in die twintigerjare werk hy met nog groter ywer en groei sy oeuvre uit tot een van die omvangrykstes in Afrikaans. Met sy skeppende werk onmiddellik vóór en ná die amptelike erkenning wou hy by implikasie sy standpunt in verband met die verfyning van die volkstaal bevestig. Die groot skeppende vaart wat die laaste twaalf jaar van sy lewe kenmerk, is die oorweldigende hartstog en drif wat hom daartoe lei om soms tot drie of vier werke per jaar te publiseer. Teen die einde van sy lewe het hy dan ook nie gepraat oor wat hy vir Afrikaans gedoen het nie, maar die ‘verskuldigde besef’ onder woorde gebring van wat Afrikaans vir hóm in sy lewe was: ‘Hy het my | |||||||
[pagina 462]
| |||||||
geleer wat dit beteken om deur 'n oorweldigende hartstog beheers te word, om saligheid te win uit liefdediens, om die koninkryk van die hemele te vind in 'n lewensroeping op die aarde, om 'n belang voor oë te hou wat oneindig groter is as my niksbeduidende eie belang.’Ga naar eind97 |
|