Langenhoven. 'n Lewe
(1996)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 167]
| |
Deel II
| |
[pagina 169]
| |
Hoofstuk IX
| |
[pagina 170]
| |
[pagina 171]
| |
reën hoofsaaklik in die wintermaande maar met standhoudende bergstrome en water in die Olifants- en die Grobbelaarsrivier. Die bodem is oor die algemeen heuwelagtig en klipperig met 'n tekort aan geskikte bewerkbare grond. Die inheemse plantegroei was vroeër veral ghwarrie-, doring- en pruimbome en gannabosse waarvan die as gebruik is om seep te maak - alles goeie brandhout. Tussen die digte struikgewasse was daar sebras, buffels, koedoes, elande, hartbeeste, olifante, seekoeie en renosters en ook roofdiere soos leeus, luiperds, wolwe en wildehonde. Die eerste bewoners van dié gebied was die San en die Koikois. Van die San is daar vandag in die omgewing steeds rotstekeninge te sien en hulle berugte plundertogte op veestapels is deel van die boustof wat Langenhoven in 1924 in Die lig van verre dae verwerk het, 'n roman waarin hy op die voorgeskiedenis en folklore van sy streek gesteun het. Die eerste blankes wat die Olifantsriviervallei betree het, was die geselskap van Isaacq Schrijver wat in 1689 deur Attakwaskloof getrek het om handelsbetrekkinge met die Koikois aan te knoop. In 1752 is vaandrig August Beutler deur goewerneur Ryk Tulbagh gekies om die gebied anderkant Attakwaskloof te verken. Kort daarna is die eerste erwe afgemeet en 'n nedersetting begin wat in 1847 tot die stigting van Oudtshoorn - aanvanklik Hartbeesrivier, later Velskoendorp en nog later Polkadorp, Knikspoordorp en Kannaland - sou lei. Die sentrum van die dorp het uiteindelik gestrek van Mark- (later Voortrekker-) straat in die suide tot Hoop- en St. Johnstraat in die noorde en van Westernweg (later Jan van Riebeeckweg) in die weste tot Queenstraat (later Baron van Reedestraat), Hoogstraat en Agterstraat (vandag Adderleystraat) in die ooste. Die verlenging van Queenstraat was Georgeweg, veel later herdoop tot Langenhovenweg. Leningplase is deur die VOC (Vereenigde Oost-Indische Compagnie) uitgereik aan pioniers wat hulle in dié gebied wou vestig. Aanvanklik was Oudtshoorn deel van die Swellendamse distrik en sedert 1811 deel van George. Die beroemde Kangogrotte is in 1780 naby die dorp ontdek. Toe Langenhoven hom op Oudtshoorn kom vestig het, was die belangrikste geboue op die dorp die pragtige Ned. Geref. Kerk met sy Neo-Gotiese ontwerp van Otto Hager, in 1879 ingewy; die Ned. Geref. pastorie, wat ook met 'n ontwerp van Hager uit 1881 dateer; die Anglikaanse St. Jude's Kerk van 1876; die Public School for Girls en die Boy's High School (laasgenoemde vandag die C.P. Nel-museum). Die | |
[pagina 172]
| |
Drilsaal, waar Langenhoven later baie van sy toesprake sou hou, dateer ook uit dié tyd. 'n Openbare biblioteek is in 1882 geopen, en reeds in 1879 is die Oudtshoorn Courant deur John en Hedley Pocock opgerig. Langenhoven sou tydens sy lewe die biblioteek druk gebruik en van sy eerste werke het by J. & H. Pocock verskyn. In Maart 1913 is die hangbrug oor die Grobbelaarsrivier voltooi. Dit was later Langenhoven se gewoonte om iedere dag oor dié brug met Kerkstraat op te stap tot in Hoogstraat en by die Koffiehuis (waar die Cuthbert-skoenwinkel vandag is) koffie te drink, aan 'n manuskrip te werk of 'n brief aan Sarah Goldblatt te voltooi voordat hy sy korrespondensie by die poskantoor om die draai in Kerkstraat gaan afhaal of briewe pos. In die negentiende eeu was die belangrikste boerdery in die Oudtshoornse distrik aanvanklik net vrugte, wingerd, tabak, koring, lusern en 'n bietjie vee. Omdat daar wêreldwyd 'n groot aanvraag na volstruisvere ontstaan het en die amper woestynagtige bodem van Oudtshoorn ideaal geskik was vir hierdie soort boerdery, is teen 1860 'n begin gemaak met die aankoop van volstruise. Dit het, ten spyte van 'n eerste insinking in 1886, 'n tydperk van voorspoed en weelde vir Oudtshoorn ingelui, met as hoogtepunt die periode 1900-1914. So geweldig hoog was die prys van volstruispluime op die internasionale veremark in Londen dat dit byna oornag rykdom aan die eienaars van die voëls gebring het. Volstruispaleise soos Oliver Towers, Pinehurst, Glenara en baie ander is in dié tyd gebou - ‘die angsdrome van demoniese argitekte’,Ga naar eind2 soos Etienne Leroux, boorling van Oudtshoorn, dit later sou stel. Tydens die ‘feather boom’ het Oudtshoorn sy eie Gaiety Theatre gehad, musiekuitvoerings is gehou, operas is uitgevoer en meisies van die Tivoli in Kaapstad is gebring om op die dorp te dans. Groot, elegante partytjies is gereël en iemand soos Atties Fourie, 'n baie goeie vriend van Langenhoven, was bekend vir sy onthale en resiesperde. Van orals, veral uit Litaue, het Jode op die dorp toegesak, dikwels loper-Jode wat met hulle sakkies negosie op die rug gou ryk geword het. Onder hulle was Max en Albert Rose, wat gereeld by Langenhoven kom kuier het, albei bekende figure uit dié tyd. Marcus Hotz het in 1883 as 'n bondeldraende Joodse smous in Oudtshoorn aangeland en in 1899 het hy hom so opgewerk gehad dat hy tot die stadsraad verkies is. Drie boere, Tooch, Fisch en Lipschitz, het gereeld oor waterregte gestry en selfs gebaklei en soms tydens 'n hewige woordewisseling oor waterbeurte in die sloot beland. In sy samespraak ‘De | |
[pagina 173]
| |
kys abaut die forro’Ga naar eind3 steun Langenhoven vir sy gegewe op dié soort rusies. So groot was die Joodse bevolking dat hulle in 1888 'n ruim sinagoge laat bou het. Oudtshoorn het as die ‘Klein Jerusalem’ begin bekend staan en met al die buitelanders en die weelde 'n internasionale karakter gekry. Iets van dié weelde vind weerklank in talle werke van Langenhoven. In sy skets oor Oudtshoorn vra Etienne Leroux speels of dit waar is dat die mense van die dorp ‘hulle perde met sjampanje gewas het, dat hulle sigare aangesteek het met vyfpondnote, dat die duurste Engelse motors die hoofstraat met babbelende getoeter deurkruis het’.Ga naar eind4 In 1913 was volstruisvere ná goud, diamante en wol Suid-Afrika se belangrikste uitvoerproduk en het 'n pond vere meer as £ 12 gekos.Ga naar eind5 Net so skielik as wat dit ontstaan het, stort die mark egter in 1914 in duie. As redes vir die val van die vere is aangevoer 'n oorproduksie en wanbestuur van die mark, die vooruitgang van die motor, wat vrouemodes beïnvloed het, en die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog.Ga naar eind6 Oornag was daar op Oudtshoorn ellendes en bankrotskappe, dagvaardings vir groot somme geld is aan vooraanstaande boere bestel en ekonomies was die gemeenskap in die grootste chaos denkbaar. In die hoofstuk ‘Armoed en ellende’ in Paleise van die pluime vertel Sue van Waart van Piet Roux wie se klante hom £ 6 000 geskuld het, 'n bedrag waarvan hy uiteindelik nie eens £ 50 teruggekry het nie. ‘Ek wou geregtelike stappe doen’, vertel Roux. ‘My gesin moes darem ook leef en ek had die geld bitter nodig. Ek praat toe met my prokureur. Hy dagvaar toe een boer wat my heelwat skuld. Die bode van die hof gaan die dagvaarding persoonlik op hom bestel. Daar aangekom, maak die kêrel sy perd buite vas en klop aan. Die boer maak self die deur oop. Die bode stap in waar die gesin van agt om die etenstafel sit en besig met die dag se hoofmaal, hul aandete. Almal moes eet van 'n enkele kommetjie pampoen.... Daardie bode kon nie die woorde uitkry oor die dagvaarding in sy sak nie. Die ellende van 'n eens gesiene, trotse en skatryk gesin was vir hom te veel.... Hy 't my kom vertel. Toe besluit ek ook dat 'n vader wat ses kinders net op pampoen voed, nie geld het om skuld te betaal nie. Ek het my tuiemakery-en-bekledingsaak gesluit.... Maar my kinders moes ook skoolgaan, aantrek en eet. Ek had g'n plaas waarop ek eens pampoene kon kweek nie ... Ek het werk gesoek. Later het ek loop en soebat vir werk om liggaam en siel aanmekaar te hou, maar daar was nie eens 'n takie wat 'n sikspens kon betaal | |
[pagina 174]
| |
in my hele omgewing nie. Alles ... absoluut alles het botstil gestaan.... 'n Paar maande later het uitkoms darem gekom in die vorm van regeringswerk by 'n dorpsdam.’Ga naar eind7 Op die val van die vere het 'n langdurige droogte en die Groot Griep van 1918 gevolg, maar ná 1924 was daar weer 'n herstel van die volstruisindustrie, onder meer deur naas die vere ook die vleis, eierdoppe en huid van die voël te bemark. Ds. P.J. Viljoen, predikant op die dorp en vriend van Langenhoven, het, soos Sue van Waart dit stel, ‘onomwonde verklaar dat hy minder gehou het van Oudtshoorn in sy voorspoed as van ou Velskoendorp in sy armoede. “Daar was te veel klatergoud en geld het vir die meeste die maatstaf van alles geword. 'n Mens se karakter was nie deurslaggewend in vriendskappe nie, maar die persoon se bankbalans”.’Ga naar eind8 | |
IIOp 17 Augustus 1899 word Langenhoven op die prokureursrol geplaas en begin hy werk in die kantoor van J.A. Foster, wat reeds 'n geruime tyd as notaris en ‘wetsagent’ op Oudtshoorn gevestig was. Aanvanklik was Langenhoven alleen, maar op 18 Oktober 1899, 'n week nadat die oorlog tussen die twee noordelike republieke en Brittanje verklaar is, sluit Madeline en die Van Velden-kinders hulle in 'n huis in Hoopstraat by hom aan. Die huis was geleë in die woonbuurt Sunnyside, destyds nog bekend as Toiings. Wanneer Langenhoven as prokureur op Oudtshoorn begin werk, is hy in sy sewe en twintigste jaar. Hy is nog onervare in die beroep waarvoor hy opgelei is, maar tog raak hy weldra bekend as skerpsinnige, hulpvaardige regspraktisyn. In die meer as tien jaar dat hy aktief as prokureur werk, help hy mense en instansies in moeilike vraagstukke en tree hy in 'n verskeidenheid regsgedinge op. Aanvanklik was die sake waarmee Langenhoven gemoeid was, betreklik eenvoudig en slegs van plaaslike belang, soos die opstel van testamente, huurkontrakte, bereddering van boedels, skikkings buite die hof, invordering van skuld, diefstal e.d.m. Van die belangrikste aangeleenthede waarmee hy in hierdie eerste tydvak te doen kry, is die aanstelling van arbiters in die geding tussen Esias E. Meyer en die Grand Junction Railway in 1900. Die Grand Junction Railway was van | |
[pagina 175]
| |
voorneme om 'n spoorlyn na Oudtshoorn te bou wat oor twee plase van Meyer sou loop. Die twee partye kon nie 'n ooreenkoms bereik oor die waarde van die grond wat afgestaan moes word nie en Meyer probeer met die hulp van Langenhoven 'n geskikte persoon as arbiter kry om die waardasie te behartig van dié gedeeltes wat die Grand Junction Railway wil gebruik. 'n Ander saak waaroor daar meningsverskil was, het te make gehad met 'n ooreenkoms tussen die eienaars van die plase Rietvlei en Hazenjacht in verband met waterleiding uit die Olifantsrivier. Blykbaar is 'n skikking wel bereik en was daar geen hofsaak oor die aangeleentheid nie. Dit is van belang dat Langenhoven reeds in sy eerste twee jaar as prokureur gemoeid was met waterregte, 'n gebied waarop hy later sou spesialiseer en waarvan hy 'n uitmuntende kenner sou word. Dat die rustelose Langenhoven in hierdie tyd nie net in kantoorwerk bevrediging sou vind nie, maar ook met skeppende werk besig wou wees, spreek eintlik vanself. Soos op Ladismith het hy weer sy hand gewaag aan 'n regshandleiding en aan fiksie. In 1900 verskyn by J. & H. Pocock 'n werk deur hom van vier en twintig bladsye met die titel The Resident Magistrates of the Cape Colony in their capacity as judges, sy eerste publikasie in boekvorm. Die kort studie is geskryf vir leke, nie vir regsgeleerdes nie, en was nie bedoel as 'n persoonlike aanval op magistrate nie, al noem hy die boek in die subtitel ‘a criticism and a plea for reform’. Soos sy latere bekender werk op dié gebied is die eenvoud in die stelwyse, die logiese betoog en die afwisseling van stelling en illustrasie of beeld opvallend. Sy belangrikste beswaar teen die destydse stelsel was dat magistrate 'n te groot verskeidenheid rolle moes vervul en veral dat hulle nie voldoende opgelei is as regters nie. In 1901 begin Langenhoven ook met ‘Reminiscences of Clifton Brown’, wat bestem was as 'n vervolgreeks in 'n Engelse tydskrif. Dit handel oor die ervarings van 'n skrander prokureur wat as 'n soort Sherlock Holmesspeurder met sy intellek en redeneervermoë in die hof sy teenstanders uitoorlê. Langenhoven het hierdie manuskrip in 1902 voltooi en laat tik, maar sonder sukses aan oorsese tydskrifte gestuur. Die geskrewe manuskrip van 158 bladsye word op Stellenbosch bewaar. Alhoewel regstreekse gegewens in hierdie stadium ontbreek, moet 'n mens tot die gevolgtrekking kom dat Langenhoven nie gelukkig was om saam met Foster as prokureur te werk nie. Wat die redes vir die wrywing was, is onbekend, maar 'n mens kan aanneem dat die eiesinni- | |
[pagina 176]
| |
ge Langenhoven moeite sou gehad het om 'n vennootskap te laat slaag. Dat die situasie vir hom betreklik onhoudbaar was, blyk uit sy besluit om, sonder die nodige aanvoorwerk, sy hoër graad in die regte te benut en in die hooggeregshof in Kaapstad as advokaat te gaan praktiseer. Die besluit was nogal drasties, want in daardie stadium was Madeline reeds vyf maande swanger. Sy het besluit om in dié omstandighede en met die heersende Anglo-Boereoorlog in Oudtshoorn agter te bly. Op 15 Augustus 1901 word Langenhoven as advokaat in Kaapstad toegelaat. | |
IIIDie bietjie meer as 'n jaar dat Langenhoven as advokaat 'n kantoor gehad het by ‘Dusseau's Chambers’, Kerkstraat, Kaapstad, was 'n baie moeilike periode in sy lewe. Volgens die getuienis van J.H.H. de Waal, wat ook in dié tyd in Kaapstad advokaat was, het Langenhoven nie juis in aanraking gekom met prokureurs wat vir hom werk kon kry nie. Daarby was sy geaardheid sodanig dat hy nie werk sou gaan soek nie. De Waal praat van Langenhoven se ‘hooghartige fyngevoeligheid’Ga naar eind9 en sy ‘onafhanklikheidsgees’.Ga naar eind10 Langenhoven, so sê De Waal, ‘sou eerder vir homself opgehang het ... as om witvoetjie te gaan soek om eie gewin. Soiets was heeltemal strydig met sy aard.’Ga naar eind11 Uit die baie briewe wat hy in hierdie tyd aan sy vrou skryf, vir wie hy nou, op grond van haar rooi hare, Vonkies noem, kry 'n mens 'n aanduiding van sy probleme, al probeer Vroutjie alles in haar vermoë om hom op allerlei vlakke te steun. Sy bemoedig hom in sy pogings om werk te kry en in 'n brief van 7 Mei 1902 raai sy hom aan om met studie vir sy LL.D te begin. In die besonder doen sy by herhaling navraag oor sy roman. ‘How is the novel going?’ vra sy in 'n ongedateerde brief uit 1901.Ga naar eind12 ‘Don't give it up my dear. I am sure it will be well worth reading. My boy's letters read like novels & what then will ... his novels be?’ Later sê sy weer dat hy met sy roman moet aangaan. Sy is oortuig dat dit een van ons standaardwerke sal wees. Dit is opvallend dat Vroutjie in hierdie briewe na Langenhoven as ‘my boy’ verwys. Telkens sal sy hom met die troetelnaam ‘my boytie’ aanspreek, iets wat hy ook in sy briewe gebruik as hy van homself praat. Dit laat die vraag ontstaan of sy as ouer vrou in hulle verhouding | |
[pagina 177]
| |
iets van 'n moederfiguur vir hom was. Om so 'n vraag bevredigend te beantwoord, sal 'n mens oor veel meer besonderhede as die skamele beskikbare gegewens moet beskik. In elk geval blyk uit die briewe van albei kante steeds, soos in die verlede, 'n groot toegeneentheid en liefde. In haar briewe is Vroutjie bang dat iets sal gebeur wat hulle sal skei. In 1901 skryf sy: ‘I fear that something may happen which will part us for ever & oh my boy how bitter will it then not be for the survivor to think of the precious moments spent apart.’ Sy spreek hom aan as ‘My own dear absent one’ en in Augustus 1901 skryf sy oor haar eensaamheid en die pos wat as gevolg van die oorlog nie deurkom nie. ‘It is not enough’, sê sy, ‘to be left desolate & feel oh so deserted, but the only solace, that of getting your letters, should be denied me.’ Dit is vir hulle albei 'n ‘time of tribulation and a severe test of our love’. As sy uiteindelik pos kry, skryf sy dat sy baie verlang en dat sy brief vir haar so koud klink. Naas haar eensaamheid handel haar briewe in hierdie tyd oor haar gesondheid, hulle hond, familienuus en veral die oorlog en die komende baba. As gevolg van die oorlog is die plaaslike koerant, Het Zuid-Westen, gestaak. Die Boere het haar perde gevat en is in dié stadium naby Riversdal en Oudtshoorn. Dat sy in dié tyd erg gekant is teen die oorlog en die Boere se optrede afkeur, blyk uit meer as een brief. ‘I wish’, skryf sy, ‘they were all & every one of them in Hades & their dear brother rebels to keep them company.’ Oorheersend in die briewe is egter haar gevoel van eensaamheid en verlatenheid. Niks kan haar man se plek inneem nie, ‘not even the thought of having in a few months' time a little golden link of love. No my boy, 12 children cannot fill my husband's place in my heart. There is a corner in my heart dedicated only to my other half & no love can step in there and fill that vacancy. Does my boy think the little bit of humanity is likely to be a son & heir or is the wish which is father of the thought & will my boytie be disappointed if it is a little girlie?’ Hulle getroude lewe, so gaan sy voort, sal nog volmaakter wees as dié van haar man se pleegouers, ‘seeing that we shall have that precious link which they lack & for which dear old daddy ... has sacrificed half his wishes’. Ook uit Langenhoven se eerste briewe aan sy rooihaar-Vonkies blyk sy groot verlange, al is die ander advokate baie gaaf teenoor hom en gee hulle alle moontlike hulp as hy vra. Alhoewel hy bly is dat sy gesond voel, moet sy versigtig wees tydens die swangerskap - ‘do not run any risks with the coming little one’. Dit grief hom dat sy so alleen is. | |
[pagina 178]
| |
‘Never mind my dearie’, sê hy vertroostend, ‘it will not be long before we see each other again and sweet caresses will make up for the longing now. My wife has no reason to be afraid that the attractions of Cape Town will make her boytie forget her. For the matter of that, I dare say there were available attractions at Oudtshoorn had I cared for any.’ Wanneer Langenhoven in Kaapstad aankom, is prins George (die Hertog van Cornwall en York, die latere George V) en prinses Mary onderweg terug na Brittanje ná hul besoek aan Australië. Alhoewel hy bly is dat die drukte in die stad na hulle vertrek nou verby is, was hy by tydens die optogte langs die strate. Hy ‘had a good look at the Duchess whose eye I contrived to catch as I was holding my hat aloft. She is sweetly pretty I think; her photos do not do her justice.’ Hy is allenig sonder sy geliefde, al voel en eet hy gesond en stap hy ver ente van sy losieshuis tot by sy kantoor. Saans is hy vroeg reeds vaak en in die bed met ‘such books (generally trash) as I can lay hands on’. Soms speel hy en van die losieshuismense ‘a game of whist’, maar andersins voer hy 'n allenige bestaan. ‘My Vonkies makes me so sad’, sê hy, ‘when you say that after I have lost you I must get another to fill your place. Who will ever fill it? And are we not to grow old together, like pappie and mammie, and love each other more and more with every year that comes and goes?’ Ook in 'n brief van 7 September 1901 praat hy van sy verlange na haar. Hy is feitlik ‘frantic with longing and anxiety’, 'n gemoedstoestand wat voortduur in sy brief van die volgende dag as hy meen dat die hele skema van die heelal herbeplan is ‘to tread upon me, a poor helpless worm, and gladden my Creator's heart with an exulting delight in my misery’. Hy het by die junior regsklub aangesluit, waar hy die geleentheid het om Europese koerante te lees. Verder neem hy boeke uit by die Openbare Biblioteek, wat hy saans van agtuur af in die bed lees, meestal deur daarmee saam meer te rook as wat goed is vir hom. Hy voeg by: ‘I have written some fifty pages of a novel (do not smile) and continue it now and then when the humour (I am too modest to call it inspiration) is on me. Perhaps it means merely wasting paper, but then the occupation keeps me, I suppose, out of mischief and harms nobody.’ Alhoewel Langenhoven nie die titel noem nie, kan 'n mens uit die rekonstruksie elders aflei dat dié ‘novel’ sy ‘Clifton Brown’ - verhale moet gewees het. | |
[pagina 179]
| |
Uit die mededelings oor sy aktiwiteite en veral sy verswygings is dit duidelik dat Langenhoven sedert sy aankoms in Kaapstad in Augustus 1901 haas geen werk gehad het nie. Op 18 September laat weet hy sy ‘darlingest Vonkies’ dat ‘as I anticipated, I have not been fortunate enough to get a prosecution assigned to me on Circuit’. Hy skryf hierdie toestand daaraan toe dat hy vervolgings aan senior advokate weggegee het en dat daar as gevolg van die krygswet geen sake in die omgewing van Riversdal, Mosselbaai en Swellendam is nie. Daarom voorsien hy dat hy reeds vroeg in Oktober op Oudtshoorn terug sal wees, al moet sy in hierdie stadium nog nie daarop reken nie. In elk geval is alles slegs van belang ‘because it affects our future and our reunion. Everything is but a step towards the meetingplace of the now divided roads. My first thought in the morning and my last at night, the thought that accompanies me through the hours of the day, and does not leave me in the dreams of the night is ever of my wife. Perhaps it is a great blessing for us to be apart. Married people are so apt, living always together to get accustomed to each other and take each other for granted, that the freshness and poetry of love is easily dulled into the prose of habit and toleration. The love is still there, as deep and true as ever, but its value is hidden with its flames under the ashes of routine. I do not think, if we were parted for a day, that we should ever become as other married couples, but it is sweet, after separation, to awake once more to the roseate glow of our affection in the days of our engagement and honeymoon. Therefore let us not complain too sorely, my dearie. The day of our reward is at hand. By the time this reaches you I shall probably be already on my way, nearer every day to my sweetheart's embraces.’ Geen wonder dat Vonkies by herhaling in haar briewe sê dat ‘my boy's letters read like novels’ en dat sy sy ‘eloquent language’ prys nie. By geleentheid skryf sy: ‘My darling I feel quite reticent in taking up my pen to write again to you after going through one of your cleverly written letters.’ Blykbaar was Langenhoven wel reeds in Oktober 1901 op Oudtshoorn terug. In die periode van 18 September 1901 tot begin Februarie 1902 is daar geen briewe van hom aan Vonkies nie. Aangesien sy al sy briewe in hierdie jare sorgvuldig bewaar het, moet 'n mens aanneem dat daar inderdaad geen korrespondensie tussen hulle was nie en dat Langenhoven besluit het om tot na die bevalling by haar te bly. Op 22 Desember 1901 is hulle enigste dogter, Margarita Rachel Engela, in | |
[pagina 180]
| |
hulle huurhuis in Hoopstraat gebore. Aangesien die krygswet toe van toepassing was, moes Langenhoven koes-koes in die nag oor heinings van erf tot erf loop om die dokter te gaan haal. Die geboorte het goed afgeloop en die baba was van die begin af die appel van sy oog - sy ‘Engeltjie’, soos hy in die eerste jare en ‘die kleine kind’, soos hy selfs later in haar volwassenheid na haar sou verwys. Aanvanklik is sy deur die Van Velden-kinders Margarita of in die verengelste vorm Marguerite genoem, al het Langenhoven self reeds vroeg van Engela gepraat en haar later op dié naam as karakter in sy romans en verhale ingevoer. Met die name Margarita Rachel is sowel Langenhoven se pleegmoeder as sy genetiese moeder vernoem; die Engela-voornaam was 'n eie byvoeging. Kort na haar geboorte het Langenhoven sy bekende wiegeliedjie ‘Liefdesonsin’ vir haar geskryf, die Afrikaanse gedig by uitstek waarin die taal se moontlikhede tot verkleinwoorde geïllustreer word en die eerste gedig van Langenhoven wat sy weg na die Versamelde werke gevind het. In die finale teks in die tweede deel van Ons weg deur die wêreld lui die eerste strofe as volg: Lamtietie, damtietie, doedoe my liefstetjie,
Moederhartrowertjie, dierbaarste diefstetjie!
Luister hoe fluister die wind deur die boompietjie:
Heen en weer wieg hy hom al oor die stroompietjie.
‘Doedoedoe bladertjies,
Slapenstyd nadertjies;
Doedoedoe blommetjies,
Nag is aan 't kommetjies:’
So sing die windjie vir blaartjies en blommetjies.Ga naar eind13
| |
IVAan die einde van Januarie 1902 vertrek Langenhoven per boot van Mosselbaai terug na Kaapstad, waar hy aanvanklik by die White House Hotel inwoon en baie nuwe kennisse ontmoet. Op 7 April 1902 laat weet hy Vonkies dat hy Robbeneiland besoek het, maar dat die vaart weens 'n sterk wind amper rampspoedig was. ‘I have formed the resolve’, skryf hy, ‘that if ever I find myself again in a condition of sufficient lunacy to attempt the passage in such a boat in such weather, I | |
[pagina 181]
| |
shall instead go in a steam tug so as anyhow to have a chance to get to the asylum there in safety for future confinement.’ Die manuskrip van ‘Clifton Brown’ is intussen getik en hy sal dit nou aan elk van die prominente tydskrifte in Engeland vir publikasie stuur. Intussen het hy 'n woonplek aan die onderkant van Koningin Victoriastraat en dus gerieflik naby sy kantoor in Kerkstraat gevind. ‘The place’, so sê hy in 'n brief van 12 April 1902, ‘is conveniently situated, and the face and attendance seem to be good. What detracts from the comfort of the place is that it seems to be frequented by ministers et hoc genus omne, and in consequence an indefinable semi-religious air pervades in which I find myself not quite at home.’ Alhoewel Langenhoven in hierdie tyd nog steeds oor sy brandende liefde vir Vonkies skryf, is die briewe nie meer in dieselfde mate in die swoel styl van die Victoriaanse romantiek nie en is daar meer substansie en 'n groter oopgesteldheid vir die buitewêreld in aanwesig. Wanneer sy in 'n brief van 14 April 1902 vrees dat hy van haar af weggly, na sy terugkeer verlang en bang is vir 'n verwydering, stel hy haar gerus. Op 19 April skryf hy: ‘My vroutie must not be so melancholy; the devil that sends trouble into the world must be very pleased with himself when we increase that trouble by pining under it; it makes him so much more successful in his object. And how can my dearie be afraid that I am slipping from her? Wherever I go, whatever I do, what can ever erase my darling's image from my heart? I wish I could draw for you a picture of what my feelings are in the morning when awakening from a dream of my wifie (the echo of my thoughts and heart's desire of the day before). I find myself back in the reality of helpless loneliness. How long must we be married before my wifie is certain of my love? Nay, sweetheartie, I am but chiding you in love: what would it be to me if you did not care whether I drifted from you or not?’ Op sy tafel in die losieshuis is foto's van Vonkies en Engela - ‘my little guardian angel, appealing to me to work and live for her’. Geleidelik kom ander sake ook in Langenhoven se briewe uit hierdie tyd ter sprake. Op 25 April 1902 skryf hy dat van hulle briewe op grond van krygswetregulasies oopgemaak is, iets wat hom laat uitvaar teen die ‘scoundrel’ en die lae daad ‘to violate the temple of sacred confidence’ wat daar tussen twee mense in 'n huweliksverhouding bestaan. Die skending van hul privaatheid lei dan tot 'n uitroep wat Langenhoven se gesindheid en politieke oortuigings in dié jare verraai: ‘Oh, my | |
[pagina 182]
| |
own British Empire, for which I would shed my heart's blood, the cradle of liberty and justice, where art thou fallen to? Directing thy energies, instead of to the conquest of thy enemies, to the persecution (by the lowest wretches of the lowest scum that disgraces the earth on which it lives, and the sun that shines on it) of thine own subjects ...’ Hy versoek haar om in die toekoms alle briewe aan hom as ‘Mr. Advocate C.J.L.’ te adresseer; miskien sal die ‘scoundrel’ sy regstatus respekteer en hulle briewe met rus laat. Die sterk pro-Britse gesindheid van Langenhoven in hierdie tyd blyk ook uit 'n ongedateerde petisie wat hy opstel terwyl hy tydens sy termyn as advokaat, waarskynlik in Junie of Julie 1902, besoek aflê op Oudtshoorn. Hierdie petisie is gerig ‘To His Most Gracious Majesty, Edward the Seventh, by the Grace of God, King of the United Kingdom of Great Britain and Ireland and of all the British Dominions beyond the Seas, Emperor of India, Defender of the Faith’. In dié flambojante styl kla Langenhoven oor die krygswet, die sensurering van briewe en die feit dat hulle as onderdane ‘grievously and heavily’ belas word ‘by the ill-treatment and indignity which they have to suffer at the hands of roving bands of the enemy, the (late) burghers of the late South African Republic & O.F.S. aided by rebels’.Ga naar eind14 Van tyd tot tyd skryf Langenhoven oor wat hy alles doen, in die besonder oor sy gesprekke met Vroutjie se broer Frans en haar doofstom susters by wie hy tydens hulle besoek aan Kaapstad gereeld gaan kuier en met wie hy gou in die gebaretaal van die doofstommes leer praat. In 'n brief van 28 April sê hy dat hy dadelik van die tweeling gehou het, ‘although it took me a day to distinguish them. They have taught me the deaf and dumb alphabet and I am already quite an expert.’ Dit val hom op dat hulle op konkrete sake konsentreer; ‘of abstract ideas they have not the faintest conception’. En, met 'n verwysing - die enigste uit latere jare - na sy eertydse verlowing, sê hy dat een van die tweeling, Anne, in haar lengte, gelaat en liggaamstrekke ‘the exact image...of Miss de Vries’ is, al hoef Vroutjie geen rede te hê om jaloers by so 'n opmerking te wees nie. Langenhoven besoek die susters gereeld en hy is jammer wanneer hulle uiteindelik weer vertrek. Oor sy regsloopbaan skryf Langenhoven in hierdie periode baie min, al verstrek hy van tyd tot tyd tog enkele besonderhede. Op 28 April en weer op 5 Mei 1902 vertel hy haar van die Radziwill-saak wat hy in die hooggeregshof bywoon en wat die hele Kaapstad tot stilstand | |
[pagina 183]
| |
gebring het. Die Pruisies-Russiese prinses Catherine Maria Radziwill was bevriend met Cecil John Rhodes en het reeds in 1899 'n eerste spandabelrige besoek aan Kaapstad afgelê, waar haar buitensporige rekening by die Mount Nelson Hotel uiteindelik deur Rhodes betaal is op voorwaarde dat sy die land verlaat. In 1900 was sy egter terug. Sy het haar eie tydskrif, Greater Britain, begin, maar spoedig was sy in 'n finansiële dilemma. Terwyl Rhodes in Rhodesië en Londen was, het die prinses sy handtekening op verskeie skuldbriewe vervals, iets wat die ernstig siek Rhodes verplig het om na Suid-Afrika terug te keer en na haar gevangesetting teen haar te getuig. Sy is in die hooggeregshof skuldig bevind en tot twee jaar tronkstraf gevonnis, maar in Augustus 1903 vrygelaat, waarna sy na Rusland teruggekeer en haar herinneringe te boek gestel het. Ook in haar latere jare was sy steeds bekend as avonturier en skryfster.Ga naar eind15 In sy brief van 5 Mei 1902 skryf Langenhoven aan Vroutjie dat hy die hofverrigtinge bygewoon het om die opsomming van die hoofregter, sir Henry de Villiers, te hoor, ‘a treat not to be missed.... The old chief is magnificent. He speaks so quietly and softly and yet every word falls like a sledge-hammer. And in sentencing her I could hear a softness and, I fancied, a tremor in his voice which made it the painful correction of a father, not the stern doom of a judge. Was it not wise in his summing up to say at the end: “I told you at the outset that because the prisoner is of noble birth you must not treat her with any favour. I say to you now that because she is of noble birth you must not do her any injustice.”’ Tussen sy klagtes oor sy eensaamheid, sy ongeduld as haar briewe nie betyds by hom opdaag nie en sy liefdesbelydenisse deur laat weet Langenhoven Vroutjie ook van sy eie ervarings in die hof. Op 17 Mei 1902 sê hy dat hy 'n private kompliment van regter W.P. Schreiner ontvang het. ‘I set’, so gaan hy voort, ‘all three judges in a roar of laughter which is a feat not easy of accomplishment. It was a question about a collision between a cart and a bicycle. My point was that a bicycle was more likely to lead to an accident than a horse, and I asked whether it was not their Lordships' experience that a bike is more ungovernable than a horse.’ In so 'n vraag aan die regters, komende van 'n baie jong advokaat, herken 'n mens die geestigheid waarvoor Langenhoven later so beroemd sou word. Haar tweelingsusters, so sê hy in dieselfde brief, begryp nie goed waarom Vroutjie haar nie by hom in Kaapstad aansluit nie. Hy het verduidelik dat die hele aangeleentheid | |
[pagina 184]
| |
met die vraag van maatskaplike status saamhang. ‘Until I have become better known here,’ skryf hy, ‘you and especially the daughters would have either to mix with no society at all, or to mix in society of those not our equals which would bar our way to society afterwards. On closer acquaintance I find that the Barristers are extremely jealous of their social position, and extremely exclusive, and it would never do to imperil relations with them.’ Hierdie motivering vir hulle tydelike skeiding pas in die raamwerk van Langenhoven se uitdruklike aanvaarding van die Pax Britannica in hierdie jare en die sosiale strukture wat daarmee saamhang. 'n Bykomstige faktor kon egter ook die hoë lewenskoste gewees het. Hy het waarskynlik in hierdie stadium nog nie genoeg werk gehad om ook maar enigsins as advokaat 'n bestaan te maak en sy vrou en kinders in Kaapstad te onderhou nie. 'n Bevestiging van hierdie vermoede vind 'n mens wanneer hy op 24 Mei met geesdrif aan Vroutjie laat weet dat hy sy eerste groot triomf in die hooggeregshof behaal het, ‘practically to get the Court to go against its own previous decision. You should have been in Court to hear me dispute a question of law with the Chief Justice. How nice it was to be addressed by him by name. “But, surely, Mr. Langenhoven, you do not seriously wish to lay down that proposition?” “With your Lordship's permission I do seriously wish to lay it down. My respect for the Court does not allow me to say what I do not mean.” And I gained my point. The interdict, which was one of immense importance to my client, was discharged and he was jubilant.’ Hy hoop om op hierdie wyse die aandag van die hof te trek, al besef hy dat hy daarmee nog nie geld verdien nie. 'n Mens moet dus tot die gevolgtrekking kom dat Langenhoven na byna nege maande as advokaat nog geen noemenswaardige sake behartig het waaruit daar 'n inkomste vir hom was nie. Intussen het 'n ander probleem opgeduik. In 'n brief van 18 Mei het Vroutjie laat weet dat Langenhoven se pleegouers haar besoek het en dat hulle ontsteld was omdat Engela nog nie gedoop is nie. Daarop het Vroutjie vir hulle gesê dat sy en hy nie aan dié onsin (‘tommy rot’) glo nie, al laat sy hom op 26 Mei weet dat die baba intussen tog wel gedoop is. Nog voor ontvangs van hierdie laaste brief skryf Langenhoven op 24 Mei oor die hele aangeleentheid 'n brief waaruit sy oortuigings oor dié sake duidelik blyk. ‘How often and often’, sê hy, ‘has the temptation come upon | |
[pagina 185]
| |
me to be honest and say straight out that I have too much respect for God Almighty to believe lies about him. But what would be the result? So far as consequences to me are concerned, I do not care. The old people can cut me out of their will and do what they like. But I think of the unhappiness it would be to them. It would hurt them in this way that they would regret what they have done for me, and in all the world there is no pain so great as the regret for what was meant to be a good deed. From their point of view it would mean: “Had we left him he might have been saved. Now we have been the instruments for preparing him for hell.”’ Daarby meen hy dat Engela die keuse moet hê om as volwassene 'n gelowige te wees en dat hy haar nie tot die teendeel wil beïnvloed nie. ‘If an agnostic is not on the side of God,’ so sluit hy hierdie aangeleentheid af, ‘he can at any rate be on the side of justice. And there are many words of Christ that I believe more than professed believers do. One of them is this: “God is a spirit and must be worshipped in spirit and in truth.”’ Uit 'n brief van 29 Mei oor dieselfde saak blyk Langenhoven se groot liefde en verering vir sy pleegvader. ‘If anything were ever to induce me to accept Christianity, it would be the contemplation of his [sy vader se - JCK] character as a Christian. No creed can be altogether bad whose followers are such as he.’ 'n Mens moet dus tot die gevolgtrekking kom dat Langenhoven in hierdie jare, soos ook later in sy lewe, wel 'n gelowige mens was, al het hy hom weinig aan kerklike voorskrifte en sakramente gesteur. Alhoewel hy die woord ‘agnostic’ hier gebruik, is die term ‘vrysinnige Christen’ eerder 'n nader aanduiding van Langenhoven se oortuigings in dié tyd. Dat Langenhoven se regspraktyk in hierdie stadium beroerd was, blyk ook uit ander inligting uit dié periode. In sy brief van 29 Mei laat hy Vroutjie weet dat 'n Italiaanse hertog hom oor 'n regsaangeleentheid kom raadpleeg het. Indien hy met die saak - waaroor hy geen verdere besonderhede verstrek nie - kan voortgaan, sal dit ‘not only sensational but of international importance’ wees. Op 9 Junie skryf hy egter dat hy na bestudering van die relevante dokumente verplig was om sy kliënt mee te deel dat daar geen hoop op sukses is nie. Die internasionale roem was dus niks meer as 'n hersenskim nie. Blykbaar was dit reeds Langenhoven se plan om hom in Junie by Vroutjie in Oudtshoorn aan te sluit. ‘Every morning I awake’, so skryf hy, ‘I think that there is another day gone: “day's march nearer home.” But yet the promised land, although in sight, seems yet so far far | |
[pagina 186]
| |
off and the sand of the weary wilderness is clogging my footsteps and choking my nostrils. But the delight of meeting once more the desire of my eyes, the beloved of my heart, and washing out in the showers of her love the blistering sand from my eyes, and quenching the thirsty weariness of my heart will make up for all the dreary wanderings.’ Voordat hy na Oudtshoorn kan terugkeer, duik die verdere moontlikheid van 'n groot saak vir Langenhoven op. Op 14 Junie skryf hy aan Vroutjie dat hy 'n groot aantal transportaktes tot ver terug in die agtiende eeu moet deurwerk met die oog op 'n aanspraak van agt miljoen pond. ‘There is’, so gaan hy voort, ‘of course a number of seniors retained with me but meanwhile I have to do the dirty work as being the junior. My usual luck will probably again lead to the advice “no case.” That would be a pity, for if the case came on it would be the biggest ever tried before the Supreme Court.’ Hy hoop steeds dat hy oor 'n week op Oudtshoorn sal kan wees, maar hy kan nie nou hierdie saak laat vaar nie. ‘Many a day’, voeg hy by in 'n uitspraak wat 'n mens 'n aanduiding gee van hoe min werk Langenhoven in dié tyd gehad het, ‘have I kicked my heels in Chambers with nothing to do and now that I want to go to my dearie this thing turns up. By the way it is merely an accident and no credit that I got this retainer. The reason is that I am the only sufficient authority upon 17th & 18th century High Dutch in which the documents are written.’ En hy sluit sy brief onder meer met die volgende woorde af: ‘I have to put aside to resume “Nademael daer waeren” which I shall have to be at the whole day to-morrow.’ Blykbaar het daar ook van hierdie saak niks gekom nie en kon die prokureur hom nie eens betaal nie. Teen die tweede helfte van Junie 1902 is hy by Vroutjie op Oudtshoorn. Daar behartig hy die saak van J.H. Cilliers wat nie langer die boerdery op die plaas Elandsvlei kan hanteer nie en wat ontevrede is met die kurator wat deur die eienaar aangestel is. Ook dié aangeleentheid kon vir Langenhoven geen groot inkomste in die sak gebring het nie. Dit het hom egter 'n klomp tyd gekos, sodat hy eers in Augustus terug is in Kaapstad. Met sy aankoms, so skryf hy op 18 Augustus aan Vroutjie, moes hy uitvind dat al die belangrike sake reeds aan ander advokate toegewys is. Die vorige week het hy die hele tyd aan ‘the Roodebloem Estates matter’ gewerk, maar die prokureur het die aangeleentheid verkeerd voorgestel en hom geen geld laat toekom nie. Afgesien van die finansiële verknorsing waarin Langenhoven nou | |
[pagina 187]
| |
ongetwyfeld verkeer het, blyk dit uit die briewe van Augustus af dat daar reeds in Oudtshoorn 'n ander probleem begin kop uitsteek het, 'n probleem wat volgens alle aanduidings in hierdie stadium nie meer nuut was nie en wat die huweliksgeluk van hom en Vroutjie ernstig bedreig het. Hierdie probleem is Langenhoven se oormatige gebruik van alkohol. In 'n brief van 4 Augustus 1902 praat Vroutjie van ‘all the reproach and bitterness my heart suffered’ as gevolg van sy drankprobleem. ‘You have always been the kindest husband to me’, skryf sy, en ‘I can never think of being separated from you for ever.’ Daarom oorweeg sy dan ook nie 'n egskeiding nie, maar hy moet ‘the accursed drink once and for always’ laat staan. Sy gaan voort: ‘I must speak plainly now, or never. You have tried before and if you had only persisted you would have missed all this misery and suffering. It is no good your trying to take it moderately. Leave it alone altogether. Is my love not worth the sacrifice nor dear little Angela's (sic!) future? To say nothing of your own precious self? Surely you do not mean to tell me that you are a slave? However dear I do not see how I can prevent you from taking drink by taking all your earnings under my control. Surely no man could or would be satisfied to waste his life under such restrictions and just imagine how humiliated you will feel never to have a shilling to dispose of...’ Dat die probleem tydens sy besoek aan Oudtshoorn baie ernstige afmetings aangeneem het, blyk uit die feit dat Vroutjie 'n prokureur geraadpleeg het. Dié het haar aangeraai om op Oudtshoorn aan te bly en haar nie - soos Langenhoven blykbaar versoek het - by hom in Kaapstad aan te sluit nie. Hulle lewenspeil sou in Kaapstad laer wees en daarby moet hulle geld vir 'n eie huis wegsit. Intussen sal sy so spaarsaam as moontlik leef, want Langenhoven se bankrekening op Oudtshoorn is feitlik uitgeput. Sy hoop ten slotte hy sal vir haar die volgende keer kan skryf: ‘“My wifie since last I wrote I have touched not a drop” and so from week to week.’ Uit die brief in sy geheel moet 'n mens tot die gevolgtrekking kom dat Langenhoven se drankgebruik teen 1902 al 'n ernstige probleem was en dat dit na alle waarskynlikheid na 1898 en vroeër teruggevoer kan word. Alhoewel definitiewe gegewens in hierdie stadium nog ontbreek, begin 'n mens die vermoede kry dat hy nie 'n daaglikse drinker was nie, maar dat hy fases van oormatige dranksug beleef het en sy gebruik dus 'n vorm van dipsomanie was. Vandaar dat Vroutjie aan hom kon sê dat dit geen sin het om drank ‘moderately’ te gebruik nie; | |
[pagina 188]
| |
hy moet dit geheel en al laat staan. Dat Langenhoven self die probleem besef en die naïewe voorstel gemaak het dat sy, waarskynlik in Kaapstad, al sy geldsake moes beheer, blyk ook as sy sê dat so 'n reëling vir hom vernederend sou wees en in die praktyk nie sou werk nie. Wat die redes vir Langenhoven se oormatige alkoholgebruik was, is moeilik om met sekerheid te agterhaal, al kan 'n mens 'n dergelike ontwikkeling by iemand met sy labiele geestesgesteldheid wel verwag het. Dit sou naïef wees om te dink dat die liefdesteleurstelling met Helena de Vries aanleiding daartoe was, al kon die spanning in verband daarmee hom indertyd reeds tot die drank gedryf het. Alhoewel Vroutjie tien jaar ouer as hy was, dui alles daarop dat sy huwelik vir hom geluk gebring het, selfs al was daar na alle waarskynlikheid weens die leeftydsverskil iets van 'n moeder-seun-verhouding in aanwesig. 'n Mens moet dus eerder tot die gevolgtrekking kom dat sy gebrek aan 'n duidelik omskrewe lewensdoel en sy leeglêery in hierdie jare tot depressies en slaaploosheid gelei het, dikwels afgewissel deur fases waarin hy dan wel hard maar onoordeelkundig en sonder 'n streng roetine gewerk het. Dié ongereeldheid en wisselvalligheid was ook kenmerkend van sy latere lewe en het telkens tot spanningsituasies gelei waarvan hy hom met oormatige alkohol wou losdrink. Langenhoven was, soos telkens later in sy lewe, vol berou en hartseer oor die verdriet wat hy Vroutjie aangedoen het. In 'n brief wat net fragmentaries oorgelewer en klaarblyklik op 11 Augustus 1902 uit Kaapstad geskryf is, kla hy oor die las van sy niere en die feit dat hy so wanhopig neerslagtig voel. Hy vra Vroutjie om Engela namens hom te soen en voeg by: ‘Thank God she does not know how unworthy I have been of it.... And if I am not utterly unworthy of offering my love to you, my wifie, let me tell you that one is not necessarily incapable of love, because he has shown himself unworthy in the service of love.... When I write again I may be better and not desperately apprehensive that the whole universe is going to smash because one insignificant wretch has got mixed up in its machinery and hurt himself. And I will write you how I get on. Tomorrow will be my birthday. Perhaps it will be the opening day of a year of happiness.’ Dat Langenhoven se finansiële verknorsing egter voortgeduur het, blyk uit 'n verdere brief wat net gedeeltelik bewaar is. Aangesien hy te laat in Kaapstad opgedaag het, is hy nou vir die volgende termyn sonder opdragte. Hy sal hom dus aan kleiner sake soos die invordering van | |
[pagina 189]
| |
skuld moet wy. Hy voel in dié omstandighede ellendig, verwys na sy ‘irregular, erratic, half-insane mind’ en vra haar: ‘Oh give me hope and cheer my darling one, some small balm of comfort and love, if it were but some straw to cling to.’ Hy gaan voort: ‘I dream and feel that I must return to the belief of my childhood, to the religion mammie taught me. For the past few days an almost irresistible voice has spoken to my heart, has been with me in my dreams, has haunted me every hour: “Thou fool, thou hast taunted and defied the God of the Universe, pitted thy insane brain against His infinite wisdom, and where has it landed thee?” And with it has come, speaking to me in the language I learnt at mammie's knees, another soft voice of welcoming love: “Ik zal u ruste geven”, blowing upon my throbbing brain like a spicy breeze carrying the tidings of a land of happiness that gave it birth. And then I have gone over all the ground again, have proved and convinced myself that it is all a delusion, the paradise of fools and the refuge of cowards. But, then, those fools and those cowards are better than I am, not only better off, but better in themselves, and better for those they love.’ Hy voeg by dat hy in hierdie brief sy diepste innerlike aan haar blootgelê het. Hy wil nie 'n ‘separation’ tussen hulle hê nie, want niemand anders sal haar plek in sy lewe kan vul nie. Op 14 Augustus 1902 skryf hy oor sy liefde vir haar wat in die weke van verlatenheid en verval sterker geword het, terwyl ‘I lay tossing on my bed and cursing heaven and earth and myself and eating out my heart in despair’. Hy gaan voort: ‘Does the outcast leper lose his love for his lost dear ones? Yet he can never return, and I can. And if I should fall again, and go down from misery to deeper misery, and from degradation to death, then still when my weary eyes close for the last upon the scenes of earth which were but scenes of hell to me, my last heart's throb will be a throb of love. But I have hope and confidence, full trust, that there will be no more of it. If only I have my Vonkies's sweet love to help me and encourage my fainting heart, we shall yet have our heaven back. In the meantime I am your own boy again.’ Maar, so voeg hy by, hy het geen werk nie. Hy het egter besluit om nie sy pleegvader se finansiële steun te vra of hom enigiets te vertel nie. Hy was steeds besig met die ‘Roodebloem Estates’ en die saak kan nou na die hof gaan, al vermoed hy dat die prokureur wat hom die opdrag gegee het, hom in die steek sal laat. Ten spyte hiervan sal hy hom nie weer verlaat nie op ‘the idiotic refuge which makes things worse instead of better’. | |
[pagina 190]
| |
Langenhoven moet intussen van Vroutjie 'n brief ontvang het wat nie bewaar is nie, want in sy antwoord van 18 Augustus 1902 skryf hy dat hy tussen die reëls haar liefde soos vroeër aanvoel. In hom het die afhanklikheid en uitsigloosheid gewyk vir 'n hernieude drang om tydelike teleurstellings te bowe te kom en na die voorpunt te beur. Hy het kennis gemaak met 'n seun van 'n sekere dr. Wilkinson. Met hierdie nuwe vriend het hy blykbaar sy probleme openlik bespreek. Wilkinson het gesê ‘that brooding over indiscretions of the past is the best way of reducing oneself to the state of mind which will cause their repetition in the future, and that after all it was only an experience that happens to everybody, except to those who make no mistakes and make nothing else either’. Langenhoven wys dan op die bekende feit in Engeland dat die politikus W.E. Gladstone onder die invloed welsprekender was, terwyl lord Russell, ‘probably the cleverest lawyer England has ever known’, en sir Thos. Upington in Suid-Afrika albei in finansiële nood verkeer het. Alhoewel hy met hierdie voorbeelde nie te kenne wil gee dat alkoholisme en bankrotskap noodsaaklik is om sukses te bereik nie, meen hy dat dit nie onvergeeflike sondes teen die Heilige Gees is nie. ‘So you need not fear yet, my Vonkies,’ so gaan hy voort, ‘that all is lost. You shall still in the future be proud of your boytie, and laugh at the trials of the past. And we shall yet again go hand in hand with no evil memories to obscure the love in our hearts.’ Ten spyte van die hoopvolle noot in hierdie brief was Langenhoven se finansiële probleme en sy poging om van die drank af weg te bly, nog glad nie op 'n einde nie. Blykbaar het sy regspraktyk geen noemenswaardige inkomste vir hom ingebring nie en was hy in September of Oktober 1902 weer in 'n fase van dipsomaniese drankgebruik, met ernstige gevolge sowel vir hom as vir sy huwelik. Op 18 Oktober 1902 vra hy Vroutjie of dit nog die moeite werd is om so voort te gaan. Hy het berou omdat hy in haar lewe verskyn het net om haar eindelose ellende aan te doen. Tog meen hy dat die probleem nou uiteindelik verby is. Hy skryf: ‘I simply cannot stand the sight or smell of the poison. Will you then, at the end of November when the term is over, let us together visit the old people at Ladismith for a month? I will confide everything to papa, and if then with your influence and his I fall again afterwards, it will be all hopeless. If then I can no more battle with the disease than a leper with his leprosy, it will be as well to be as soon as possible out of the way of those whom my tenderest love | |
[pagina 191]
| |
cannot save me from bringing sorrow and disgrace upon.’ Die plekplek sukkelende Engels in hierdie brief en die feit dat hy nou bereid is om sy trots te sluk en sowel sy benarde finansiële posisie as sy alkoholisme met sy pleegvader te bespreek, gee 'n aanduiding van hoe erg die situasie in dié stadium werklik was. Blykbaar moet Vroutjie in 'n brief van Oktober 1902 iets geskryf het wat die siek en labiele Langenhoven skoon ontsenu het. Op 27 Oktober 1902 antwoord hy op dié brief wat nie bewaar is nie. Langenhoven se brief is 'n vreemde vermenging van emosionele uitbarsting en die kille afgemetenheid van die regsgeleerde. In die brief praat hy oor sy gekrenkte trots en vernedering en gee hy aan Vroutjie regsadvies met die oog op 'n komende egskeiding. Dit is tekenend van die laagtepunt wat hulle huwelik as gevolg van sy drankgebruik in Oktober 1902 bereik het. Hy begin deur te sê hy voel so bitter by die ontvangs van haar brief dieselfde oggend dat hy half geaarsel het om dit te beantwoord. Hy gaan voort: ‘I take it, therefore, that all possibility of reconciliation between us is at an end. In my last letters, I humiliated myself unto dust. I opened my deepest heart to you thinking that it was love that would judge me. Instead, I have it now in your own words that you have no more love left for me. I do not wish to question the justice of what you say; I deserve it all and a great deal more. But it is as well to accept the position as it seems irrevocably to stand, no matter through whose fault that position was brought about. And the position is that we are henceforth utter strangers. Since I have, unfortunately, not a depraved will, I cannot look upon an estrangement lightly, and nothing on earth can ever destroy my love. And an outcast has feelings as well as a model. Yet while I shall go on loving you forever, a union that is made up of love on one side and contempt on the other is worse than no union at all. I think it absolutely impossible ever to give you such confidences and heart secrets again as I have never seen any other living woman before to whom I would have disclosed them. Under these circumstances, I see nothing for it but that I shall make such reparation as is at the last moment within my power and rid you of the millstone round your neck that is weighing you down and making of your life a hell. I suggest, therefore, that you sue me for judicial separation, or if you desire to re-marry, as seems probable, for divorce on the ground of malicious desertion. Your re-marriage would mean my death, but that, | |
[pagina 192]
| |
of course, would be a matter of supreme indifference to you.’ Indien sy teen 'n egskeiding besluit, is die enigste uitweg vir haar ‘to make a last attempt at helping me to be cured of what is, as you know, a disease, and to fall in with either of my suggestions - come to Town or let us visit Ladismith.’ Wat ook al gebeur, verseker hy haar aan die einde van die brief van sy liefde ‘to my last dying breath. You may not believe this avowal, or if you do it may not interest you, but it is nevertheless true, and in view of the possible steps you may take in the future, it may be my last opportunity for making it.’ As 'n mens hierdie brief van Langenhoven in besonderhede ontleed, is dit 'n uiters eienaardige, selfs neurotiese, geskrif. Aan die begin aanvaar hy Vroutjie se verwerping en die verbrokkeling van hulle huwelik as 'n fait accompli en berus hy skynbaar daarin, al is so 'n verwydering vir hom baie moeilik. Soos die brief vorder, herbevestig hy tog sy liefde wat tot in ewigheid sal voortduur. In die lig van die feit dat hulle verbinding nou op 'n vereniging van liefde enersyds en veragting andersyds berus, is die skeiding egter onvermydelik. Op 'n betreklik kliniese wyse gee hy haar dan die nodige regsadvies. 'n Mens het die ongemaklike gevoel dat Langenhoven maar te goed weet dat Vroutjie nooit tot so 'n stap sal oorgaan nie. Vandaar dat hy vir haar kan sê dat haar moontlike hertroue sy dood sal beteken, in die wete dat so iets nooit sal plaasvind nie. Daarom ook dat hy aan die einde weer sy liefde herbevestig, selfs al mag so 'n versekering haar nie meer interesseer nie. Of Vroutjie die voorstel aangeneem het om saam met haar man 'n maand lank by haar skoonouers op Ladismith te gaan bly, is onbekend maar dis onwaarskynlik. Met haar praktiese ingesteldheid en met die versorging van skoolgaande kinders in haglike finansiële omstandighede was so iets waarskynlik nie vir haar aanneemlik nie. Aansluiting by Langenhoven in Kaapstad het sy beslis nie oorweeg nie. Waarskynlik was daar ten minste 'n gesprek met Langenhoven se ouers, want hulle was wel op die hoogte van hulle pleegseun se drankprobleme en die finansiële uitsigloosheid van sy Kaapstadse regspraktyk. Alhoewel dokumentêre gegewens ontbreek, moet 'n mens aanvaar dat die ouers wel bereid was om Langenhoven finansieel by te staan, mits hy hom weer by Vroutjie aansluit en hom opnuut as prokureur op Oudtshoorn vestig. Dit is dan ook inderdaad wat gebeur het. Op 13 November vra Langenhoven die Kaapse hooggeregshof om sy naam van die advoka- | |
[pagina 193]
| |
terol te skrap en hom as prokureur te herstel. In sy verslag hieroor sê J.H.H. de Waal dat die aansoek ‘na 'n plegtige vermaninkie teen sulke rondspringery’Ga naar eind16 goedgekeur is. Die Oudtshoorn Courant van 17 November 1902 verstrek meer besonderhede oor die aansoek en die regter se betreklik ernstige betigting. Op 13 November 1902, so lui die berig, ‘deed de heer Schreiner aanzoek ... voor Rechter Buchanan ... om de heer Cornelis Jacob Langenhoven toe te laten als Prokureur en Notaris Publiek. De heer Langenhoven is een Advokaat van het Hooge Gerechtshof, doch om praktische redenen wenschte hy weer toegelaten te worden als Prokureur en Notaris. Het Hof stond het verzoek toe, doch zyn lordship gaf te kennen dat hy niet zulke applicaties om van de eene professie naar de andere over te gaan zou aanmoedigen. Men kon niet toegelaten worden om op zulke wyze rond te springen. Het Hof zou gansch niet ten gunste zyn van een toekomstige verzoek indien de applikant wenschte op de rol van Advokaat geplaatst te worden.’ In die tweede helfte van November 1902 is Langenhoven dan terug op Oudtshoorn, weer as prokureur saam met Foster. In die omgang het hy nog die titel ‘advokaat’ behou, al was hy nooit in werklikheid weer advokaat nie. Dit is as prokureur dat hy voor die waterhof as regsgeleerde sou skitter. |
|