Langenhoven. 'n Lewe
(1996)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 149]
| |
Hoofstuk VIII
| |
[pagina 150]
| |
the widow Anth. van Velden plays the organ very well although I am not much of a judge. She seems to have been quite crushed by the death of her husband and looks the ghost of her former self. She is on a visit with us just now for a few days, and seems to enjoy it, although we are “only farmers” and not quite up to date in many little things.’ Wanneer Kerneels in Maart 1896 op Hoeko terug is en sy verlowing met Helena de Vries beëindig word, kom hy dikwels by Lenie van Velden op besoek. Aanvanklik begin hy kuier by die dogter Anna,Ga naar eind2 maar baie gou ontstaan daar 'n vurige liefdesverhouding tussen hom en Lenie. Wanneer die verlowing tot 'n einde kom en die nuwe verhouding begin, is moeilik om vandag presies te agterhaal. Die eerste brief van Kerneels aan sy rooikop beminde is van Augustus 1896. In 'n brief van 20 September dieselfde jaar maak die jong Kerneels teenoor sy nuwe beminde die verstommende uitspraak dat hy Helena de Vries nooit liefgehad het nie. Is dit, in die lig van die gloeiende brief van 1894 en die gedig op hulle onderskeie voorname, die uitspraak van 'n man wat sy gewese verloofde finaal wou afsweer of sy rooikop, miskien selfs teen sy eie beterwete in, van sy nuwe lojaliteit wou verseker? Hy skryf: ‘Although I feel assured now that I have never loved the girl I am equally certain that she did and does love me; I know she has never loved anybody else and I feel pretty certain she never will. It is very hard. I feel so cowardly that I have been the cause of ruining a good woman's life. Yet what could I do? Only I wish Fate had chosen another instrument than me to accomplish its cruel ends. - Miss de V. asks me to remain her friend, that we must always remember each other at Christmas and New Year and with our Birthdays and so forth. I must do her justice to say that so far as I can make out there is no attempt in her letter to win me back.’Ga naar eind3 Indien hierdie mededelings van Kerneels aan Lenie van Velden inderdaad eg is en nie net die inbeeldings van iemand wat na 'n liefdesteleurstelling dinge vir hom en vir sy nuwe beminde in 'n gunstige lig probeer stel nie, moet 'n mens tot die gevolgtrekking kom dat Langenhoven van sy kant die verhouding beëindig het. Die inligting van Helena de Vries se aangetroude familie oor die vader se besware en Kerneels se drankgebruik as oorsake vir die verbreking van die verlowing kan dus ten minste bevraagteken word, al kon hierdie faktore natuurlik vir die uiteindelike besluit medebepalend gewees het. Dat die verbreking van die verlowing wel 'n traumatiese aangeleentheid was, blyk uit Langenhoven se mededeling in dieselfde brief dat hy | |
[pagina 151]
| |
nog nie die saak aan sy ouers bekend kon maak nie. 'n Naskrif by hierdie brief lui egter: ‘One bomb has fallen. I told my mother this morning. She seemed as much cut up as though she was one of the parties to the engagement.’ Dit is wel merkwaardig dat Kerneels so lank gewag het om met sy ouers te praat, want in die stadium dat hy dié brief aan Lenie skryf, is hy reeds tot sy ore toe verlief op haar. Uit dieselfde brief blyk verder dat die verbreking vir Helena de Vries pynlik was. Kerneels sê dat hy op dié dag twee briewe van Lenie en een van Helena de Vries ontvang het. By sy tuiskoms het hy eers Helena s'n gelees ‘upon the principle of being “off with the old before you are on with the new”.’ Helena se brief is lank, sonder 'n enkele woord van verwyt, ‘evidently the outflow (of) a thoroughly crushed heart. To make it worse she writes that her mother is seriously ill and the news has to be kept from her, so she has to bear it all alone. She begins “my darling Petite” as usual and says she cannot address me or think of me in any other way. She prays me to let her keep my letters, and not to refuse a poor brokenhearted girl one last request. I shall write to her that she can do so for I know that I can trust her absolutely.’ Uit hierdie inligting lei 'n mens af dat die verlowing êrens in Augustus of op die laaste September 1896 verbreek is en - te oordeel na die moontlike reaksie wat die nuus op Helena se moeder sou kon hê - dat Kerneels dit verbreek het. Is sy skielike verliefdheid op 'n tien jaar ouer vrou 'n soort ‘rebound’-reaksie op die verbreking van die verlowing? Was Lenie van Velden die oorsaak van hierdie verbreking? Het die drie en twintigjarige Kerneels in haar werklik die groot liefde van sy lewe gevind of was daar by hom 'n element van die sielkundig erkende moederkompleks aanwesig? Om enigsins duidelikheid oor hierdie vrae te verkry, is dit nodig om die agtergrond van Lenie van Velden, haar huwelik met haar eerste man en dié se herkoms en haar situasie onmiddellik voor die verhouding met Kerneels in besonderhede na te gaan. | |
IIMagdalena Maria HugoGa naar eind4 - Langenhoven se Vroutjie - is op 12 Mei 1863 op die plaas Nobelsfontein ongeveer 48 kilometer van Victoria-Wes gebore as die derde kind van Cornelis Johannes Hugo en Anna | |
[pagina 152]
| |
Christina Elizabeth van Schalkwijk. Die plaas het behoort aan haar grootouers, Jakobus Wouter en Magdalena Maria Hugo, en die ouma was in die omgewing alombekend as kundige vroedvrou by baie geboortes, onder andere dié van die digter A.G. Visser. Lenie, soos Vroutjie genoem is, het 'n broer Cornelis Johannes gehad wat later geneesheer was, 'n broer Fransie en verder doofstom tweelingsusters en 'n doofstom broer wat in die 1918-griep oorlede is. Later het haar ouers op die plaas Skimmelfontein en nog later op Schietkuil in die distrik Murraysburg gewoon. Aanvanklik was Lenie in 'n plaasskooltjie naby Murraysburg, maar in 1873 begin sy skoolgaan by die Springfield-klooster in Wynberg, terwyl haar gestremde broer en susters later by 'n skool vir dowes in die Tuine opgelei is. Die reis daarheen was per perdekar tot op Mosselbaai en van daar per skip na Kaapstad. By die Ierse Dominikanernonne het Lenie 'n baie deeglike en fyn opvoeding ontvang, onder meer in naaldwerk, sang, klavier en orrel. Engels het sy keurig leer praat en 'n groot liefde vir die Engelse literatuur ontwikkel, terwyl sy ook Frans en 'n bietjie Duits geleer het. In haar volwasse lewe het sy lid van die Ned. Geref. Kerk gebly, maar haar tweelingsusters is, tot ontsteltenis van die ouers, tot die Rooms-Katolisisme bekeer. Na voltooiing van haar skoolopleiding gee sy onderwys in die skooltjie op haar vader se plaas. Sy was 'n mooi meisie met massas ligrooi hare, pragtig gebou en met 'n helder verstand. Aanvanklik, kort na haar terugkeer na Murraysburg, raak sy verloof aan 'n kêrel van die omgewing. Toe sy saam met haar moeder na Port Elizabeth reis om 'n bruidsuitset te bestel, ontmoet sy daar die jong prokureur Anthonie Georg Eliab van Velden, op 5 Oktober 1852 op Winburg gebore en dus tien jaar ouer as Lenie - 'n kêrel met sy 6 voet 5 duim in sy sokkies reusagtig lank. Anthonie was die seun van ds. Dirk van Velden (1813-1878) en Elizabeth Overgaauw (1819-1858), albei reeds oorlede - die moeder deur selfmoord - toe Lenie in sy lewe verskyn het. Ds. Van Velden is gebore in Hoorn, Nederland, en was agtereenvolgens leraar in Arras, Leuven, Pietermaritzburg, Winburg en Ladismith, waar hy Langenhoven gedoop het. Na die dood van sy eerste vrou het ds. Van Velden in 1859 hertrou met Anna Christina Preller (1813-1876). Sy Memoirs, in Nederlands geskryf, vertel die enigsins dorre verhaal van sy loopbaan, met die aksent op sy werk as predikant en die kerklike twispunte en geskille van die negentiende eeu. | |
[pagina 153]
| |
Die ontmoeting met die aantreklike en saggeaarde Anthonie het Lenie van besluit laat verander en op 11 Januarie 1882 trou sy met hom. Na hulle huwelik vestig die egpaar hulle op Ladismith, waar Van Velden toetree tot die regspraktyk van Th.C.W. Johnson. Vyf maande na haar huwelik word die vyftienjarige Sarie Karolus van Amalienstein, wie se ma nog as slavin gebore is, as huishulp aan haar toegewys, 'n posisie wat Sarie byna sestig jaar lank sou beklee. Op Ladismith word vir Lenie en Anthonie vyf kinders gebore van wie een, Dirk van Velden, klein dood is (20 Augustus 1884-29 April 1885). Die ander was drie dogters en 'n seun: Anna Elizabeth Christina (1882), Elizabeth Overgaauw (1886), Magdalena Antoinette (1889) en Cornelis Johannes Hugo (1891). Met Anthonie was Lenie feitlik twaalf jaar getroud, maar op een en veertigjarige leeftyd word hy ernstig siek. Hy sterf op 10 Desember 1893. Voor sy dood moet hy onbeskryflike pyn deurstaan as gevolg van galstene in die blaas, maar dit is onbekend of dit die oorsaak van sy dood was. Met Anthonie se dood was Lenie swanger. Hulle sesde en laaste kind, Margaretha Julia, is op 19 Junie 1894 gebore en 'n jaar later is sy op haar verjaarsdag oorlede. Lenie se man en twee vroeggestorwe kinders is begrawe by die ou kerk op Ladismith, waar haar skoonvader en sy twee vrouens ook lê. Later jare het Lenie 'n grafsteen met die woorde ‘Slaap sag geliefdes’ daar laat oprig. Na die dood van haar eerste man het Lenie 'n moeilike tyd beleef. Sy het weinig geld gehad en moes vir 'n geringe salaris as orreliste by die Ned. Geref. Kerk werk. Sarie was verplig om hulle karige spens aan te vul met bredies vol brandnetels, suring en ander veldkossies. Ten spyte hiervan was Lenie 'n aristokratiese mens in haar houding en gedrag, iemand wat die teenslae in haar lewe met 'n innerlike krag kon beveg. | |
IIIKerneels Langenhoven moet Lenie van Velden reeds voor sy studie op Stellenbosch en sy termyn as onderwyser geken het. Van hierdie eerste kennismaking - toe sy as getroude vrou saam met haar eerste man dikwels op Hoeko by die Langenhovens kom kuier het - weet ons niks verder nie. Eers in 1896 het hulle mekaar anders en opnuut leer ken | |
[pagina 154]
| |
nadat die verlowing van Kerneels en Helena de Vries beëindig is. Dit moet van die begin af 'n hartstogtelike verhouding gewees het, soos 'n mens kan aflei uit die druk briefwisseling wanneer sy in die loop van die jaar ses weke lank op Philipstown by haar skoonsuster gaan kuier. Kerneels se vyf briewe uit hierdie tyd is, behalwe een in 'n gloedvolle, feitlik hoofse Duits, geskryf in die bloemryke Victoriaanse Engels van die negentiende eeu en gerig aan Madeline, soos hy haar in hierdie tyd aangespreek het. Die briewe gee 'n mens 'n aanduiding van die psigiese kragte wat in Kerneels Langenhoven werksaam was. Chronologies die vroegste in hierdie korrespondensie is die Duitse brief wat Kerneels op 23 Augustus 1896 skryf. Naas die taal wyk dit in etlike opsigte radikaal van die ander af en stel dit besondere probleme. In die bespreking van dié korrespondensie word hierdie brief dan ook met opset agterweë gehou. Die eerste van die Engelse briewe is gedateer 20 September 1896 en is geskryf van Hoeko af wanneer Madeline in Philipstown met vakansie is. Die inset is dié van 'n tipiese Victoriaanse romantikus wat die afwesigheid van die geliefde vrou intens ervaar en dit in flambojante taal en met weemoed beleef. Hy roep 'n aand op tydens haar laaste besoek aan Hoeko en ‘how I stood with a great tide of undeclared love, hardly acknowledged even to myself, welling up from my previously loveless heart. And you? Everything around me is the same - only you are not here. Everything the same as it was then and yet how infinitely different. All the sweet associations connected with those few short hours thrill me with rapture at every step I take in and about the house; and fill me with bitter sadness by the contrast between the past and the present.’ Vervolgens vra Kerneels haar wat sy doen en sê hy hoe moeilik dit vir hom is om nie die plekke te ken wat sy gaan besoek nie. Tog bly daar in sy hart ‘a picture which no presence or absence of surroundings can ever obscure - a jewel that needs no setting - an impress that will remain so long as the heart that bears it throbs with life’. Met meer as 'n tikkie egoïsme en 'n onderliggende element van onsekerheid vra hy of daar onder die oppervlakte in haar denke ‘a little sacred corner’ is wat vir hom alleen bestem is. Toe hy haar telegram ontvang, was hy alleen by die prokureurskantoor ‘and spent a longer time reading it than I would have if I had had to decipher it from Egyptian hieroglyphics’. As sy terug is op Ladismith, wil hy haar oorweldig met kusse. | |
[pagina 155]
| |
Hy vind dit vreemd ‘that a cold matter-of-fact scientific mechanism like the telegraph can also serve to provide an outlet for an overflowing heart’. In elk geval glo hy sy en hy ‘shall always be found in the service of Love’. En, voeg hy by in 'n uitspraak wat 'n aanduiding is van Langenhoven se geloofsbelewing in hierdie jare, ‘By making Love...we shall I trust not be accounted unfaithful to the God who is Love.’ Verder skryf Kerneels oor sy rusteloosheid. Gelukkig het hy 'n bietjie afleiding kon vind in die vorm van ‘a magic lantern performance’ en 'n aantal voordragte, alhoewel die geheel uiteindelik ‘very trashy’ en niks meer as ‘a Highway robbery’ was nie. So ongeduldig is hy oor die inkomende pos dat hy op en neer in die straat stap terwyl die posbeamptes sorteer, 'n hebbelikheid wat Langenhoven tot sy sterfdag sou behou. Hy is verheug omdat daar twee briewe van haar was. ‘How good of you my own darling beloved Madeline’, so skryf hy, ‘to go to the trouble of writing to me at all when you must have been so dreadfully sick and tired of the journey.’ Die ontvangs van haar briewe ‘comforted me with the anticipation that my lonely longing for the cheerless time to come would be much brightened by such letters. And you will brighten it won't you Sweetheartie?’ Met 'n groot mate van selfinsig voeg hy by: ‘I know I am very exacting and selfish but do permit me to plead that you shall write to me every little thing; make your letters very warm; they can never be warmer than your love can they?...Forgive me Sweetheartie that I write no news, that I write about love. I cannot help myself. I have had to do with many women during the short term of my experience (would to God I had not) for none of them all was ever one with me as you are, with none of them all had I ever the same sympathy as with you, none of them knew me as you...’ Voordat hy haar in sy volwassenheid leer ken het, so gaan hy voort, het hy geen gevoel van eenheid met 'n ander mens ervaar nie. In haar vind hy egter die liefde van sy lewe en hy vra haar om hom altyd lief te hê, selfs al sal sy liefde ‘very selfish, very exacting, very troublesome, very tiresomely persistent’ wees. Juis om dié rede kan hy nie nou vir haar oor die jongste nuus op die dorp en die wonderlike lente op Hoeko iets vertel nie. Sy hart is só vervul met liefde vir haar dat hy oor niks anders kan skryf nie, al gaan hy tog 'n bladsy verder voort om te sê dat hy heelwat aan sy regstudie doen en dat Meester Bloemkolk met 'n klomp kinders op Hoeko was. Teen die einde van die brief hoop | |
[pagina 156]
| |
hy dat haar besoek aan haar skoonsuster aangenaam is en bekruip die vrees hom dat sy iemand anders kan ontmoet op wie sy verlief kan raak. En uiteindelik groet hy haar: ‘Goodnight, Sweetheartie, my letter is getting too long. Try to take as much care of yourself as would satisfy me. It is very hard to say goodnight in this dreary way. When shall I have my kisses again? Oh my Sweetheartie, my longing maddens me when I think of all that was and all that is. One colourless week is past, will the succeeding ones pass as slowly? I can almost feel angry with you for running away like this.’ Hierdie liefdesbrief van die jong Kerneels aan sy toekomstige vrou is geformuleer in die tipiese swoel styl van die Victoriaanse era. As 'n mens bedink dat die geliefde vrou slegs ses weke weg sou wees, is die aanslag en belewing van die afwesigheid darem 'n bietjie oorweldigend. 'n Mens moet egter onthou dat hier 'n jong man van drie en twintig jaar aan die woord is, vasgevang in die konvensies en die retoriek van die Victoriaanse era, 'n man wat buitendien sy heftige liefde in 'n aangeleerde taal en idioom aan sy beminde moet oordra en in daardie stadium oor geen eie taal met die nodige literêre tradisies beskik het om so iets in aan te pak nie. Daarby was hy, ten spyte van sy vertonerige gespog met sy veelvuldige liefdeservarings, in 'n groot mate wêreldvreemd. Wat 'n mens egter nie van jou kan afskud nie, is dat Langenhoven 'n jaloerse en veeleisende minnaar moet gewees het, iemand wat knaend en besitlik kon optree en wat derhalwe 'n sterk persoonlikheid moes vind wat hom wel kon liefhê maar hom tog by tye kon teëgaan. Blykbaar was Madeline, die latere Vroutjie, iemand wat met so 'n romantiese en egosentriese natuur kon saamleef. Die ander drie in Engels geskrewe briewe uit die periode voor hulle huwelik toon dieselfde soort ingesteldheid as dié van 20 September. Op 26 September sê hy dat hy reeds drie briewe van haar ontvang het, maar dat onverwagte werk by die kantoor en die Duitse klasse wat hy volg, beantwoording verhinder het. Daarby het hy in die aand siek gevoel, ‘unable to write a line’ - die eerste keer dat hy oor sy gesondheidstoestand skryf en 'n klagte wat ook dikwels later in sy briewe sou opduik. Uit die brief blyk weer 'n ongeduld met posaflewering en die onsekerheid oor hoe dié dienste op Philipstown daar uitsien. Later kry hy egter wel die geleentheid om te skryf. Daar volg dan weer 'n uiting van verlange in die romantiese toonaard van die tyd: | |
[pagina 157]
| |
‘How many more times shall I have to go to bed sweetheartie without being able to kiss you goodnight? What a long time, aye what a lifetime it seems since you have gone away! And yet how short in comparison with what still remained. The weary hours drag on into weary days and each successive day seems to bring me no nearer to our reunion. I feel restless and dissatisfied with everything and everybody. In the morning it seems hardly worth while to wish for the evening to come, the evening will not bring you; at night I cannot go to sleep with any prospect of a bright awakening to a happier day. All is cheerless, empty, desolate...’ Hy wens dat daar in die ses weke wat sy weg sal wees, net 'n klein onderbreking as 'n oase mag kom. Wanneer hy weer op 30 September 1896 aan haar skryf, het hy pas 'n brief van Madeline ontvang. Sedert hy laas aan haar geskryf het, is sy gesondheid weer uitstekend. Hy bedank haar ‘for pouring the balm of your true sweet love upon my aching heart’. Hy is bly oor die moontlikheid dat sy vroeër mag terugkeer. Alhoewel hy hom onwaardig ag, vra hy haar om so gou moontlik te kom. Sy liefde, so skryf hy, ‘is not sensuality that in its choice of an object has not looked deeper than the physical surface.... When you have returned, Sweetheartie, and we can have our evenings together again and our music and our Sunday afternoons you shall not have cause to be disappointed at not having prolonged your absence.’ Die brief van Kerneels op 12 Oktober 1896 is geskryf na 'n naweekbesoek aan Hoeko. Hy sien uit na haar terugkeer die volgende week. Die woorde ‘next week’, gaan hy voort, ‘have been chiming sweet music in my ears and in my heart ever since. Next week! I shall see my darling again and my bitter yearning shall be satisfied after such weary days of waiting.’ In 'n oortreffende trap van flambojansie en ekstase skryf hy: ‘Love has cried in its anguish for its Love to come back, and its Love has heard and felt and is coming, coming, coming home to its other self to be reunited. Flow swiftly hither ye refreshing healing waters from the immeasurable oceans of the eternal heavens, flow back to the parched and wounded soul that has writhed in agony during the time of privation that followed so shortly upon its first deep draughts of your heavenly bounty. Coming, coming, in one great flood of allencompassing Love; grant me patience to await, the coming. Are you coming; sweetheartie? Your lover is waiting - he has been waiting oh! so long and he can bear the waiting no longer.’ Alhoewel Madeline in | |
[pagina 158]
| |
hierdie tyd alleen weg was en haar kinders op Ladismith laat agterbly het, is dit opvallend dat Kerneels in die briewe haas nie hulle welsyn meld nie, al het hy volgens 'n naskrif die bedoeling gehad om haar wel in te lig. Slegs in sy brief van 12 Oktober noem hy dat hy en Anna - Madeline se oudste dogter - hulle Duitse klasse na 'n onderbreking van veertien dae as gevolg van die inspekteur se besoek en die skoolvakansie hervat het. Soos reeds vermeld, word die vier oorgelewerde Engelse briewe van 1896 voorafgegaan deur 'n Duitse brief wat Langenhoven op 23 Augustus 1896 skryf. Dat hy die brief in Duits skryf, kan as 'n oefening in die taal gesien word, feitlik 'n illustrasie van hoe hy in 'n kort tydjie die Duitse romantiese idioom bemeester het. Die brief spreek egter nie van die begin van 'n intense liefdesverhouding nie, maar eerder van 'n weemoedige afskeid van 'n beminde, 'n afskeid wat hom die geleentheid gee om sy dank te betuig vir alles wat sy vir hom beteken het. Hy sluit 'n foto van hom vir haar in, maar ag haar haarlok 'n oneindig kosbaarder besit as 'n portret wat hy al ook aan ander gegee het. Die versoek aan die slot om dié brief in die vuur te gooi, klink inderdaad asof daar 'n einde aan die verhouding kom. Die vraag ontstaan wat die jong Kerneels met hierdie brief wil sê. Die brief is, volgens 'n mededeling van Guillaume Brümmer,Ga naar eind5 na Vroutjie se dood deur Sarah Goldblatt in Arbeidsgenot ontdek, apart van die pakkie liefdesbriewe. Op 'n koevert, groot genoeg om dié brief te bevat, het Vroutjie egter aangeteken: ‘My liefste se brief aan my geskryf 23 Aug. 1896.’ Indien die brief wel in die koevert was, is die ‘Gnädige Frau’ van die aanhef beslis Vroutjie, al skep die hele sfeer van afskeid en weemoed en die vermelding van die haarlok eerder die indruk dat dit 'n laaste brief aan Helena de Vries is, nou met die hoofse ‘Frau’ in plaas van ‘Fräulein’, wat by die eerbiedige afstandelikheid aansluit. Miskien is die brief 'n voorbeeld van hoe die psige van die genie plotseling van oorstelpende liefdesgeluk en vreugde in die ontsettendste misère van 'n ewige afskeid kan oorgaan, in so 'n mate dat hy in staat is om 'n brief te skryf wat in werklikheid op albei vrouens in daardie stadium van sy lewe gerig kan wees! As die brief slegs vir Vroutjie bedoel is, het die hele sfeer van afskeid en onsekerheid 'n eenvoudige verklaring: haar besoek van ses weke aan Philipstown! Die brief, weer geskryf in Langenhoven se swierige, feitlik kalligrafiese handskrif, is na Vroutjie se dood deur Sarah Goldblatt getranskribeer | |
[pagina 159]
| |
en saam met die ander liefdesbriewe aan Engela oorhandig. Op 26 April 1951 het Guillaume Brümmer - toe nog op skool op Beaufort-Wes - dit in Afrikaans vertaal. Hier volg die tekste van die oorspronklike Duitse brief en Brümmer se Afrikaanse vertaling:
Gnädige Frau!
Darf ich den Brief antworten den ich von dir mit deinen theuren Geschenke erhalten? Nur deshalb tue ich es, weil es mir die Gelegenheit gewährt, dir meinen herzlichsten Dank für jenes Andenken zuzubringen, und dir die Sicherheit zu leisten, dasz dein Zutrauen mir immer heilig sein wird. Denn, wenn ich auch die Gewohnheit hätte meine theursten Schätze den Augen anderer bloszustellen, mein Heiligstes den Hünden vorzuwerfen; und wenn auch mein Ehrgefühl mich nicht zwünge jedes Zutrauen zu bewahren; so konnte ich doch nicht deine Freundschaft, die mir unendlich mehr werth ist als du dir immer glauben kannst, mit Undank erwiedern. Der Einflusz deiner Freundschaft und Freundlichkeit hat mich von mir selbst gerettet, der ich vorher ein verlorener Mensch war. Bisher habe ich nie auf Erden je einen Busenfreund gehabt der mich kannte wie du mich kennst. Ich sah nichts als Uebles in der Welt; Wahrheit, Treu und Liebe glaubte ich nicht; ich glaubte an keinen Menschen, und gar zu wenig an meinen Gott. Du hast mich gelernt dasz es noch Gutes auf Erden giebt, du bist mein guter Engel gewesen. Und wenn es sein musz dasz in der finstern Zukunft unsere irdischen Wege auseinander laufen, wie es hier auf Eerden geht wo kein Weg sicher ist als nur jener Eine der zum sichern Grabe führt; so wird dennoch mein Herz immer mit süszer, bitterer Erinnerung zuruckdenken was du mir gewesen. Von diesem allen ist dein Andenken mir ein Pfand. Mit diesem biete ich dir das versprochene Bild. Dessen schon sehr geringer Werth, wird noch weiter dadurch vermindert, dasz ich dasselbe auch anderen gegeben habe, während deine Locke nur für mich allein war und Niemand sonst eine solche hat. Aber dennoch du hast von mir was Niemand anders je hatte - was Niemand anders immer besitzen wird, und du weiszt es. Du hast mir um einen Brief versucht. Sei mir denn nicht böse, dasz ich deinen Wunsch erfüllt habe. Wenn du dieses gelesen hast, | |
[pagina 160]
| |
so nimm es und wirf es ins Feuer, und gedenke dessen nicht mehr. Den deinigen werde ich bewahren. Lebe wohl und glucklich. Dein (was soll ich es nennen?) Dein C.J. Langenhoven.
Dein! Ja, wahrlich, und doch nicht dein. - Lebe wohl.
Hoeko, den 23sten August 1896.
Geagte Mevrou!
Durf ek die brief beantwoord wat ek van jou met jou kosbare geskenk ontvang het? Net om hierdie rede doen ek dit, omdat dit my die geleentheid bied om jou my hartlikste dank vir daardie aandenking toe te bring, en jou die sekerheid te gee dat jou vertroue vir my altyd heilig sal wees. Want, selfs as ek die gewoonte gehad het om my duurste skatte aan die oë van andere bloot te stel, my heiligste voor die honde te werp; en as selfs my eergevoel my nie gedwing het om elke vertroue te bewaar nie, kon ek tog nie jou vriendskap wat vir my oneindig meer werd is as jy ooit kon glo, met ondank beantwoord nie. Die invloed van jou vriendskap het my van myself gered - ek wat voorheen 'n verlore mens was. Tot hiertoe het ek nooit op aarde so 'n boesemvriend gehad, wat my geken het soos jy my ken nie. Ek het niks as boosheid in die wêreld gesien nie; aan waarheid, trouheid en liefde het ek nie geglo nie; ek het aan geen mens geglo nie, en glad te min aan my God. Jy het my geleer dat daar nog goedheid op aarde is, jy was my goeie engel gewees. En as dit moet wees dat in die duistere toekoms ons aardse weë uitmekaar mag loop, soos dit hier op aarde gaan waar geen weg seker is nie behalwe net daardie een wat na 'n gewisse graf voer; - sal nogtans my hart altyd met soete, bittere herinnering terugdink wat jy vir my gewees het. Van al hierdie is jou aandenking vir my 'n pand. Hiermee bied ek jou my beloofde portret aan. Dié se reeds uiters geringe waarde word nog verder daardeur verminder, dat ek dit ook al vir ander gegee het, terwyl jou lokke net vir my alleen | |
[pagina 161]
| |
was en niemand anders so een het nie. Maar nogtans het jy van my wat niemand anders ooit gehad het nie - wat niemand anders ooit sal besit nie, en dit weet jy. Jy het versoek om 'n brief. Wees dan nie kwaad vir my dat ek jou wens vervul het nie. Wanneer jy hierdie gelees het, neem dit en gooi dit in die vuur, en dink nie meer hieraan nie. Joue sal ek bewaar. Leef wel en gelukkig. Jou (wat moet ek dit noem?) Jou C.J. Langenhoven.
Joue! Ja waarlik, - en tog nie joue. - Leef wel.
Hoeko, 23 Augustus 1896.
Kort voor die huwelik het Madeline, soos hy haar steeds in sy briewe uit dié jare bly noem, aan Kerneels 'n raaisel gegee om op te los, 'n soort prettige tydverdryf wat weer tekenend van die tyd was. Die raaisel lui: I am a word of plural number,
A foe to peace, rest and slumber.
Yet add to me the letter ‘s’ -
And strange the metamorphosis!
Plural is plural now no more,
And sweet that bitter was before.
Kerneels het die hele nag deur na die raaisel gekyk en die volgende oggend vroeg aan haar venster geklop om die korrekte antwoord te gee: ‘caress’.Ga naar eind6 | |
IVOp 23 Februarie 1897 word Langenhoven en Lenie van Velden in die pastorie op Ladismith deur ds. J.W. Louw - vader van Kerneels se skool- en studentevriend Willie Louw - in die huwelik bevestig, met sy vrou se swaer W. van Velden en sy pleegvader as getuies.Ga naar eind7 As Kerneels met Madeline trou, is hy nog 'n brandarm prokureurs- | |
[pagina 162]
| |
klerk. Sy vader was wel 'n vermoënde man, maar behalwe deur die verskaffing van plaasprodukte van tyd tot tyd het dit teen Piet Langenhoven se oortuigings ingegaan om 'n jongman aan geld te help, veral as die jongman 'n geliefde pleegseun was. Kerneels moes self sy pad oopkap, sou sy oortuiging gewees het. Na die huwelik het Kerneels dus sy intrek geneem in Madeline se huis op Ladismith. Die vier Van Veldenkinders uit haar vorige huwelik het by hulle gewoon. Anna, die oudste, was toe vyftien jaar oud, Bessie elf, Antoinette agt en Hugo, die seuntjie, vyf. Alhoewel Kerneels in dié tyd met Anna se skoolwerk gehelp en selfs aanvanklik 'n ogie op haar gehad het, was daar van die begin af 'n swak verhouding tussen hom en sy stiefkinders. Hy was, soos van hulle later sou opmerk, 'n moeilike persoon om mee te kommunikeer, nie 'n ‘outgoing, hail fellow well met’ nie. Deur sy intrekkery in hulle ma se huis het hulle hom as 'n indringer beskou. In later jare sou hulle sê: ‘He came to hang up his hat.’ Omdat hy daarop gesteld was om hulle 'n goeie opvoeding te gee, moes die Van Velden-kinders in hierdie jare aan die etenstafel met hom Engels praat, nie Afrikaans nie. Die gevolg was dat hulle in hulle volwasse lewens almal verengels het en afsydig gestaan het teenoor sy latere stryd in belang van Afrikaans. Dit is opvallend dat die Van Velden-kinders in sy skeppende werk nooit, soos Vroutjie en sy eie dogter, Engela, as karakters ingevoer is nie en dat daar uiters selde verwysings na hulle voorkom. Die wanverhouding met sy stiefkinders het egter nie verhinder dat Kerneels en Madeline se huwelik aan die begin baie gelukkig was nie. Wanneer sy in die winter van 1897 weer by haar skoonsuster op Philipstown is, skryf hy op 4 Julie hoe bekommerd hy was oor haar treinreis en hoe hy na haar verlang. Soos in 'n vorige brief kla hy weer oor sy gesondheid, iets wat soos 'n goue draad dwarsdeur sy lewe in Langenhoven se korrespondensie sou loop. 'n Mens kry die indruk dat die siekte waarvan hy praat, veroorsaak is deur die oorlading van werk op kantoor, gevolg deur die regstudie waarmee hy in die aand tuis besig was. Hy skryf: ‘I am very sick and poorly to-day. As usual the mental depression (consequent on your absence) has brought a physical prostration. My appetite is gone, my digestion something awful. I lie awake tossing in bed until two three o'clock every night, and awake in the morning with a dull dead weight upon my brain.’ Sy baas, mnr. Johnson, het hom op hierdie Sondag gevra vir middagete, maar hy sal laat weet dat hy siek voel. Sy vader het hom vir die middag uitgenooi na die | |
[pagina 163]
| |
plaas en sal hom die volgende oggend terugbring. ‘At other times’, so skryf hy, ‘I should hail the chance of going to Hoeko with delight but now strange as it is, it's absolutely painful for me to go away. It seems as though I am still going further and further away from you. My nerves are so low that going out to Hoeko seems quite an undertaking.’ Hy spreek haar nou liefderik aan as Maxtiti en sê dat hy hom nooit kon voorstel dat dit in hom was om iemand so hartstogtelik lief te hê nie. Met die weemoed van die romantikus sê hy: ‘All life is now one dull darkness, and there seems to be no strength to await the further time that still remains before we can be reunited.... Come back, come back to my heart, my beloved. And when you are with me you must never, never go away again.’ Wanneer hy op 6 Julie weer aan haar skryf, sê hy dat haar seuntjie Hugo saam met die perdekar sal kom om haar by die stasie, waarskynlik op Laingsburg, af te haal. Sy sal haar nie kan voorstel hoe bly hy oor die vooruitsig van haar terugkeer oor drie dae is nie. ‘When you are with me once more’, so skryf hy, ‘and we can have our walks and kisses as before, and I have my beloved to accompany me to the Office of a morning and accord me a loving welcome upon my return, it will be a mystery to me upon looking back at the cheerless interval that separated us, to understand how I got through the sad lonely days when from morning to night I never heard the accent of your loved voice, saw no glimpse of your loved face, experienced no sweet rapture from your presence. All that will then seem like some horrid dream which has given place to a heavenly awakening - but oh there must be no such dreams again. Our lives are in the Hands of Almighty God; he bestows them and takes them as suits his Eternal Wisdom, and before us in the unknown future there looms this one certainty among all that is uncertain, that there shall be a parting which poor human power supported though it be by the most passionate human love, shall not be able to prevent.’ Om daardie rede moet hulle hand aan hand elke duim van die weg gaan. ‘Let other husbands and wives’, so voeg hy by, ‘seek amusement apart from each other - that is a proof they do not love. With us it shall not be so. It will never with me be “I love the world and my wife”. I love my wife first, above all, beyond all; if there is anything left for the world I give it ungrudgingly.’ En hy sluit af: ‘Sleep well, Maxetiti, and dream of your longing husband. I shall be awake and think of you. Till we meet, au revoir, my priceless treasure.’ | |
[pagina 164]
| |
Die briewe is dus weer hoofsaaklik in die trant van die verliefde romantikus, al kom daar nou ook tog meer saaklike en praktiese mededelings voor. Opvallend is dat Langenhoven in sy brief van 4 Julie 1897 lank by sy swak gesondheid stilstaan, 'n tipe uitweiding wat tevore ook al in sy korrespondensie voorkom. Hy praat van depressie en slaaploosheid, albei waarskynlik die gevolg van 'n te swaar werklading, al skryf hy dit toe aan haar afwesigheid. As hy egter so swak voel dat hy die uitnodiging na middagete by die Johnsons van die hand wys en daarteen opsien om saam met sy pleegvader na Hoeko te gaan, vermoed 'n mens dat daar agter die siekte iets meer skuil. Die vraag begin by jou opkom of hier nie reeds 'n aanduiding is van 'n oormatige drankgebruik om die spanning as gevolg van die baie werk en die eensaamheid terwyl hy sonder sy geliefde is, te verdryf nie. Dit kan selfs wees dat hy juis tydens die afwesigheid van sy vrou hom aan die drank oorgegee en in dié opsig sy gewone roetine vir 'n sekere losbandigheid verruil het. In een van sy briewe aan haar sê hy trouens dat hy sedert haar vertrek nie weer by sy regstudie uitgekom het nie. So 'n interpretasie berus in dié stadium slegs op 'n vermoede en konkrete gegewens ontbreek om die depressies tot oormatige gebruik van alkohol te herlei, al sluit dit aan by die patroon wat later so kenmerkend van Langenhoven se drankprobleem sou wees. 'n Mens moet egter in gedagte hou dat die jong Kerneels in dié stadium slegs vier en twintig jaar oud was. Enige oormaat sou nog in 'n beginfase gewees het, indien dit dan hoegenaamd 'n probleem was. Tydens hierdie termyn op Ladismith het Langenhoven weens sy druk werksaamhede by die kantoor en sy selfstandige studie min tyd vir eie skryfwerk gekry. Trouens, in hierdie stadium was daar waarskynlik by hom nog geen duidelike gedagte om skeppende werk te lewer nie, al het hy reeds so 'n voorneme teenoor sy skoolvriende op Riversdal uitgespreek. Van die oorgelewerde manuskripte weet ons slegs met sekerheid van twee geskrifte wat op Ladismith geskryf is. In 1899 skryf hy 'n ongetitelde, onvoltooide handleiding in Engels oor die regte van die indiwidu en die relevante regsbepalings, in die besonder die regte in verband met eienaarskap, besit, vervreemding, gebruik en gevangehouding. Die manuskrip, wat slegs uit drie hoofstukke, die laaste onvolledig, bestaan, is in 1955 deur mnr. W.G. van Velden van Ladismith aan Arbeidsgenot geskenk. Die tweede manuskrip dra die titel The life history of an ostrich, die verhaal van 'n volstruis vanaf die oomblik dat hy | |
[pagina 165]
| |
uit die eierdop loskom tot by volwassenheid en die vereplukstadium, alles in die trant van die dierverhaal gesien vanuit sy belewing van dinge. Hierdie verhaaltjie is in 1953 in 'n klein boekie - waarskynlik tot wrewel van Sarah Goldblatt! - by die Standard Press in Kaapstad deur Langenhoven se stiefskoonseun, Allan Pocock, gepubliseer. Behalwe Langenhoven se teks bevat die boekie enkele tekeninge van volstruise deur Pocock self wat nie altyd regstreeks by die verhaal aansluit nie. In 'n voorwoord vertel Pocock dat hy Langenhoven in 1899 ontmoet het en dat dié hom die manuskrip van die volstruisstorie gegee het. ‘He had’, so skryf Pocock, ‘apparently lost interest in the essayGa naar eind8 and told me I could do what I pleased with it. His youth was spent in the Ladismith district where he had ample opportunity to study ostriches and their habits. The essay...was written on inferior ruled foolscap in the neat, beautiful handwriting of the author.... Judging by the phraseology and the frequent use of the conjunction “and” in long compound sentences the essay must have been one of his earliest efforts as a writer.’ Kort nadat die verhaaltjie aan hom oorhandig is, het Pocock probeer om dit in Engelse tydskrifte soos The Strand en Pearsons te publiseer. Dit is egter in Londen afgekeur en Pocock het belangstelling verloor. Toe hy jare later na die manuskrip soek, kon hy dit nie vind nie. Eers in 1949 het hy dit weer in 'n laai ontdek en besluit om dit saam met sy tekeninge as 'n klein boekie te publiseer. Omdat dit een van Langenhoven se vroegste geskrifte is, so sê Pocock in die inleiding, behoort die publikasie, naas die verdienste van die vernuftige verhaal, van belang te wees vir studente van die begaafde outeur se latere geskrifte. Die manuskrip, wat gedreig het om uitmekaar te begin val, is deur Pocock op harde karton geplak en vir bewaring aan die C.P. Nelmuseum op Oudtshoorn oorhandig. Tans is dit in die C.J. Langenhoven-gedenkbiblioteek op die dorp. In Junie 1899 lê Langenhoven die LL.B.-eksamen met sukses af by die ou University of the Cape of Good Hope en is hy gekwalifiseer om sowel as prokureur en as advokaat diens te aanvaar. Hy kon dus hierna onmiddellik tot die balie toegelaat word om as advokaat te praktiseer en in die hooggeregshof op te tree, maar hy het verkies om in die sybalie as prokureur te werk en só 'n groter verskeidenheid gebiede te betree. Omdat daar met Johnson en Reid in die saak op Ladismith geen plek vir 'n derde prokureur was nie, het Langenhoven begin uitkyk na 'n | |
[pagina 166]
| |
firma waarby hy as vennoot kon aansluit. Die nabygeleë groter dorp Oudtshoorn het vir hom na die ideale plek gelyk. Gelukkig was daar in dié tyd juis 'n vakature in 'n prokureurskantoor op die dorp en Langenhoven se kandidatuur vir die betrekking was suksesvol. In Augustus 1899 begin hy dan daar as prokureur. |
|