Langenhoven. 'n Lewe
(1996)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 66]
| |
Hoofstuk IV
| |
[pagina 67]
| |
volkskrywer by uitnemendheid bekend bly en moes sy eie begeerte na privaatheid geëerbiedig word. Vandaar dat haar lewenslange obsessie met Langenhoven veral in toesprake en seremonies met politici uiting gevind het. Naas die testamentêre voorskrif kon Saartjie vir haar standpunt ook steun op Langenhoven self, wat by herhaling geweier het om biografiese inligting oor homself te verstrek. In sy luimige ‘Beknopte eie lewenskets’ in Aan stille waters I sê Langenhoven dat daar reeds herhaaldelik aangekondig is dat sy uitvoerige eie lewensbeskrywing, ‘waarin ek niks omtrent my deugde en die gebreke van my tydgenote sal verkort of verswyg nie,’Ga naar eind1 na sy dood sal verskyn. In die verlede is hy al deur ‘bloemlesingversamelaars (oorval met aansoeke) om besonderhede omtrent my persoonlike geskiedenis’.Ga naar eind2 Hy vind dit onbegryplik ‘waarom dit die lesers van daardie versamelings sou interesseer om te verneem waar ek oral rondgeswerwe het en watter brande en bankrotskappe ek geniet het’.Ga naar eind3 Op sy kenmerkende wyse om betoog en illustrasie af te wissel, vra hy dan: ‘Wat traak jou die persoonlike sake van die telegraafbode, solank as hy jou maar behoorlik die telegram aflewer? 'n Skrywer is maar 'n boodskapper; wat hy self met bewuste opset sê, beteken niks. Net omdat 'n man 'n skrywer is, moet hy nou op 'n verhoogde-statuspaal ten toon gestel word en bôgom, bôgom skree en sy nakende liggaam wys omdat hy sy siel ontbloot het.’Ga naar eind4 Lank voordat N.P. van Wyk Louw in die vyftigerjare 'n teoretiese afkeer van speurtogte na Die ‘mens’ agter die boek geformuleer het, was daar dus al by Langenhoven so 'n renons aanwesig, al het hy nie die moeite gedoen om dit wetenskaplik te beredeneer nie. In dieselfde inleidende stuk tot Aan stille waters I wei hy wel aan die einde in vae, algemene terme uit oor die geluk en leed wat hom te beurt geval het en sê hy dat hy nooit, ‘hoe verkeerd ek ook deur onbewuste dwaling mag gewees het, opsetlik gesê het wat nie volgens my oortuiging die waarheid was nie’.Ga naar eind5 Verder kan hy nie insien hoe iemand geregtig kan wees op besonderhede omtrent sy lewensloop nie. ‘My werke is dáár’, sê hy; ‘nader as dit aan die wesentlike Langenhoven sal geen biografie ooit kom nie.’Ga naar eind6 As daar ooit 'n grafskrif vir hom opgerig word, sal hy verkies dat die laaste strofe van sy vertaling van Gray se ‘Elegy’ daarop aangebring sal word, iets wat dan ook inderdaad gebeur het: | |
[pagina 68]
| |
Soek nie om sy verdienstes na te gaan,
Sy swakhede te delf uit hierdie grot -
(Albei rus daar waar vrees met hoop bestaan)
Die boesem van sy Vader en sy God.Ga naar eind7
Hierdie uitgesproke afkeer van ander mense se ronddelwery in die ‘grot’ was waarskynlik die rede waarom Langenhoven die biograwe voorgespring en self kort voor sy dood 'n outobiografiese werk geskryf het, 'n boek waarin hy natuurlik na willekeur dinge kon weglaat wat hy na sy dood nie bestendig wou hê nie. In 'n literatuur soos dié van Afrikaans, waarin die biografie as genre geen sterk tradisie soos byvoorbeeld in Engels verteenwoordig nie, werk die aanwesigheid van 'n outobiografie buitendien ontmoedigend in op die enkele biograwe wat wel bereid sou wees om so 'n taak te onderneem. Dokumente waaruit 'n biograaf 'n lewe kon rekonstrueer, dit het Langenhoven as regsgeleerde goed geweet, sou trouens eers vyftig jaar na die afsterwe vir navorsers beskikbaar wees. Buitendien bevat die outobiografie, wat net enkele maande voor Langenhoven se dood in 1932 onder die titel U dienswillige dienaar gepubliseer is, weer uitsprake wat teen biografiese geskiedskrywing gemik is. Tien of twaalf jaar tevore, so skryf Langenhoven, het hy wel begin met 'n outobiografie, maar dit weer gelos omdat hy hom onder geen verpligting gevoel het om aan enigiemand 'n ‘biegbelydenis’Ga naar eind8 na te laat nie. Verder kon geen ‘nietige deeltjie, selfs van my onbesproke paaie (van my lewe), van publieke belang...wees nie’.Ga naar eind9 Dat hy dit tog so kort voor sy dood opnuut aangepak het, is nie toe te skryf aan die belangrikheid van sy beroepslewe, sy huislike lewe of sy persoonlike lewe nie, maar aan die ‘drie hoedanighede waarin ek ten goede of ten kwade, voor die publiek en as publieke dienaar opgetree het’,Ga naar eind10 naamlik sy aktiwiteit ‘as politikus, as vegter vir Afrikaans, en as skrywer’.Ga naar eind11 ‘Herhaaldelik’, so gaan hy voort, ‘het ek die standpunt ingeneem dat my lesers nie, net omdat ek as skrywer in hulle diens was, aanspraak het op die besonderhede van my persoonlike lewe nie.’Ga naar eind12 Hierop laat Langenhoven dan die insiggewende uitspraak volg: ‘Maar ek moet erken dat ekself maar altyd nuuskierig is om iets te weet van die loopbaan van diegene in wie se werk ek belangstel - al bring die kennismaking dan ook gewoonlik teleurstelling, want 'n man se woorde is beter as hy en familiarity breeds contempt.’Ga naar eind13 Hy erken dus die bestaan van | |
[pagina 69]
| |
'n sekere menslike nuuskierigheid in verband met die skrywer agter die boek, selfs al lewer die verworwe kennis dan meestal nie 'n bydrae tot 'n groter respek vir die skepper nie. Veral in die geval van 'n skrywer soos Langenhoven, wie se werk so besonder bodemvas was en uit 'n duidelike geografies omskrewe gebied van Suid-Afrika voortkom, moes die vraag na die mens agter die boek by baie mense ontstaan het, veral ook omdat daar in baie van sy werke met die invoering van Vroutjie en Engela as karakters vir die ingeligte leser 'n sekere bekendheid was wat in sy ervaring van die werk meegespeel het. Vir die literator kan biografiese besonderhede trouens 'n hulp wees in die ervaring van die kunswerk, die interpretasie daarvan konkretiseer en ons belewing daarvan verruim. Daarby kan biografiese besonderhede 'n hulpmiddel wees in die literatuurgeskiedenis: die resepsie van 'n skrywer, sy verhouding tot ander skrywers, die tradisie waarby hy aansluit, watter invloede en bronne op hom ingewerk het, en dies meer. Tydens haar lewe sou Saartjie egter nooit enige hulp aan 'n biograaf verskaf nie. As administratrise sou sy, behalwe waar dit haar gepas het, die letter van die testament stiptelik uitvoer en haar regte jaloers bewaak. Daarby is die Langenhoven-dokumente eers in 1983 aan die Dokumentesentrum van die Stellenbosse Universiteitsbiblioteek oorhandig en het dit 'n geruime tyd geduur om dié omvangryke versameling, wat veertien meter rakruimte beslaan, te orden en te katalogiseer. Selfs na voltooiing van die driedelige katalogus (waarby die eendelige katalogus van die Sarah Goldblatt-versameling aansluit) was die dokumente nie toeganklik vir alle navorsers nie, maar onderworpe aan die begunstiging van prof. G.C.L. Brümmer, kleinseun van Langenhoven en die persoon wat na Sarah Goldblatt in beheer was van die letterkundige nalatenskap van Langenhoven. Van die Langenhoven-dokumente was trouens nog in private besit of elders geberg, soos die waardevolle briefwisseling tussen Langenhoven en Sarah Goldblatt wat in die Kaapse Argief bewaar word. | |
IIIndien Saartjie nog planne gehad het om, al was dit dan onder 'n sekere rigiede toesig, aan 'n biograaf dokumente vir 'n boek oor Langenhoven se lewe beskikbaar te stel, is die moontlikheid daarvan finaal very- | |
[pagina 70]
| |
del deur die publikasie van M.P.O. Burgers se Die mens Langenhoven, 'n M.A.-verhandeling wat tot 'n studie van 342 bladsye uitgegroei het en in 1939 deur die Nasionale Pers gepubliseer is. Die boek is 'n vroeë voorbeeld van 'n psigologiese analise ‘om die oorspronge en die bronne van Langenhoven se werk na te spoor, om sekere probleme in verband met sy werk en sy karakter te probeer verklaar, en om die dieper wese van sy geskrifte en sy optrede te probeer deurgrond’.Ga naar eind14 Dit spreek vanself dat so 'n grootse opset op 'n wetenskaplike basis moet berus en dat insae in dokumentêre materiaal en kennis oor die private lewensloop van die skrywer daarvoor absoluut essensieel is. Burgers het nie insae gehad in hierdie tipe stof nie en sy kennis van Langenhoven se lewensloop berus in hoofsaak op wat hy, telkens met woorde soos ‘miskien’, ‘moontlik’ en ‘waarskynlik’ as noodgreep, uit die gepubliseerde werke kon aflei. 'n Mens staan by voorbaat skepties teenoor 'n metode wat niks meer as blote menings tot resultaat het nie en bloot op gissings en vermoedens berus. Dié wankelrige wetenskaplike basis blyk veral uit sommige verregaande afleidings wat Burgers maak. Hy meen dat die onsekerheid en godsdienstwyfel wat Langenhoven as hoërskoolleerling op Riversdal deurgemaak het - 'n stadium waarin baie, veral sensitiewe, mense iets dergeliks belewe - teruggevoer kan word na die feit dat sy genetiese vader hom verlaat en aan die sorg van pleegouers oorgelaat het en dat Langenhoven hierdie omstandighede waarskynlik as sewentienjarige seun die eerste keer verneem het (p.155). Die uitspraak in sy geheel berus op 'n veronderstelling wat hoogs debatteerbaar is, want Langenhoven se genetiese vader (vir wie hy Anderpa sou noem) het na die geboorte van sy seun en die dood van sy eerste vrou lank by sy ouer broer en Langenhoven se pleegvader (Pappie) op die plaas Hoeko bly woon en op baie goeie voet met hom verkeer. Langenhoven het dus van vroeg af - in elk geval lank voor sy hoërskooljare op Riversdal - met Anderpa kennis gemaak en die treurige omstandighede verneem waarin sy moeder dood is. Op p. 167 is die afleiding nog erger, aangesien dit op die aanname van onjuiste feite berus. Hier skryf Burgers dat die woorde ‘by die kluitklap op die kis’ in ‘Die Stem van Suid-Afrika’ op die begrafnis van Langenhoven se pleegvader dui. ‘Die Stem van Suid-Afrika’ is egter op 30-31 Mei 1918 geskryf, terwyl die pleegvader eers op 2 Julie 1919 oorlede is! Ook 'n afleiding wat Burgers op p.304 maak, berus op foutiewe feitelike besonderhede. In 'n passasie uit | |
[pagina 71]
| |
Eerste skoffies op die pad van Suid-Afrika dink 'n gryse moeder aan 'n vader wat in 'n donderstorm die seun Pietjie gaan soek het en toe deur die weerlig getref is en geval het. Pietjie - volgens Burgers Langenhoven se bynaam as kind - roep dan uit, nie wetende dat sy vader dood is nie: ‘A, Pappie het tog geval; Pappie het lekker geval!’Ga naar eind15 Burgers merk hieroor op: ‘Ons sien agter hierdie skynbaar onskuldige uitroep die werking van 'n onbewuste haatgevoel teen die vader in die kind se wese, wat graag die vader uit die pad wil hê omdat hy inmeng in sy belange en 'n gedeelte van die aandag en liefde van die moeder geniet.’ Afgesien van die feit dat Langenhoven se bynaam as kind nie Pietjie was nie maar Petiet (of Petite soos hy dit later gespel het), berus die afleiding op so 'n vergesogte aanname dat 'n mens dit eerder moet verontagsaam. Die basiese beswaar teen Burgers se boek is die wyse waarop hy die psigoanalitiese metode toepas, veral as 'n mens dit lees teen die karige gegewens en sy vergesogte veronderstellings. In sy bespreking van Die mens Langenhoven sê J.A.J. van Rensburg, professor in sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, dan ook: ‘Van die sielkundige standpunt beskou, maak die werk die totale indruk dat hy oppervlakkig en onwetenskaplik is. Die skrywer is nog te onryp en onkrities om hom aan so 'n taak te waag; daarby is hy nie eens korrek met al sy feite omtrent Langenhoven self nie...Sekerlik het hy nie geslaag in sy taak om tot die dieper wese van Langenhoven deur te dring nie. Ek kan nie sien tot watter nut die boek kan dien nie.’Ga naar eind16 Ook Vroutjie het hierdie besware aangevoel. In 'n brief van 18 Junie 1939 skryf sy aan Saartjie hoe diep ongelukkig sy voel oor Burgers se boek en die verregaande gevolgtrekkings waartoe hy uit onkunde kom. Dit spreek vanself dat Saartjie, wat uit Langenhoven se werk en sy nagedagtenis haar lewenskrag en missie ontvang het, ook ná sy dood sy werk en sy kultus wou laat voortlewe. Daarom het sy alle versoeke om biografiese besonderhede afgewys en op die werk van Langenhoven gekonsentreer, al was die verering van die mens, soos sy hom aan die wêreld wou vertoon, telkens die hoofdis by die seremonies. Burgers se boek was egter vir haar die finale bewys - indien so 'n bewys vir haar nog hoegenaamd nodig was - dat studies van letterkundiges en pseudoletterkundiges oor haar ‘heiligdom’ uit die bose is. Dit was buitendien 'n sprekende illustrasie van hoe so 'n studie juis nié aangepak moes word nie. Sy het die ‘Chief’ se privaatheid bewaak met 'n toewyding wat nie net literêr gerig was nie. | |
[pagina 72]
| |
IIIUit dit alles lei 'n mens af dat Saartjie sekere dinge vir die openbare konsumpsie wou verberg, al was daar reeds tydens Langenhoven se lewe stories oor sy private lewe in omloop. Dit was byvoorbeeld algemeen bekend dat hy straf kon drink, al was die presiese aard en omvang daarvan aan die publiek heeltemal onbekend en het Saartjie ook alle navrae daaroor eenvoudig geïgnoreer. Dat dit egter by tye problematiese afmetings kon aanneem, ly geen twyfel nie. In 'n brief van 16 Februarie 1972 aan M.E.R. skryf Saartjie oor 'n boek oor Langenhoven in sy vriende wat sy met verskillende mense as medewerkers in gedagte het, 'n boek wat nooit gematerialiseer het nie. Sy beskou 'n bydrae van M.E.R. tot die beoogde boek as essensieel, maar vra haar tog om liewers niks oor Langenhoven se ‘siekteswak’ te skryf nie. Die vorige jaar het sy op 'n navraag van regter Victor Hiemstra gesê as ander mense sonder dié ‘swak’ hulle volk so gedien het as die ‘Chief’, was ons vandag geestelik baie ryk. ‘Wat ons moet onthou’, so gaan sy voort, ‘is wat gedoen is.’ In haar antwoord van 20 Februarie skryf M.E.R. - toe reeds sewe en negentig jaar oud - in 'n bewerige handskrif dat sy nie sal kan meedoen nie, want ‘die ou masjien is elke dag 'n bietjie lammer’. Sy het darem reeds haar ‘getuienis’ oor Langenhoven lankal klaar, 'n ‘getuienis’ wat later die jaar in haar outobiografiese My beskeie deel sou verskyn. Sy verseker Saartjie egter: ‘Nee, jy hoef nie te twyfel nie; ek sal daardie kant van hom onvertel laat...Maar die vriendskap met hom - ja!’ Oor hierdie ‘siekteswak’ van hom het Langenhoven nooit regstreeks in sy gepubliseerde werk self geskryf nie, maar indirek het hy tog daarop kommentaar gelewer. In een van die ‘Honderd prekies’ in deel III van Ons weg deur die wêreld skryf hy oor die drinkende man wat sy liggaam opoffer om sy siel te bevredig en andersom, net om aan die einde nie een van die twee te bevredig nie maar albei te vernietig. ‘Sy wellus is sy afgod,’ skryf hy, ‘en díe afgod vertrap hy onder sy voete. Want hy verniel die genotsvermoë van die wellus. Dus in elke opsig verydel hy sy eie doel; vir die één lus gooi hy alles weg wat op die aarde dierbaar is - sy wêreldsgoed, sy huislike geluk, sy vriendskap, sy stand in die maatskappy, sy reputasie, sy eer en karakter, sy sede en godsdiens, sy geluk, sy verstand en siel en liggaam; en as hy dit alles prysgegee het ter wille van die één lus, dan kan hy uit die lus self geen genut of | |
[pagina 73]
| |
genot haal nie. Daar was 'n tyd toe hy gedrink het om geluk te soek: nou moet hy maar uit vertwyfeling drink om sy ongeluk te versag of te vergeet.’Ga naar eind17 Uit die erns waarmee Langenhoven hier in algemene terme oor die probleem skryf, kry ons 'n aanduiding van die omvang daarvan, al ontbreek die besonderhede om die presiese aard en die patroon wat dit aangeneem het, vas te stel. Dat Saartjie een van die weinige mense was wat uitvoerig op die hoogte daarvan was, ly geen twyfel nie, maar sy het verkies om nie daaroor te praat nie. Op 'n navraag van 'n joernalis van die Sunday Times het Engela tydens die eeufeesjaar gesê: ‘I would love to tell you about...(my father), as I have beautiful memories of him. But I dare not.’ Of hierdie terughouding teruggevoer kan word na Saartjie se uitdruklike opdrag aan die Brümmers aan die begin van die eeufeesjaar en of Engela die testamentêre bepaling in gedagte gehad het, is moeilik om te sê. ‘She gives no reasons’, voeg die joernalis na aanleiding van Engela se uitspraak by.Ga naar eind18 Miskien het Engela se woorde 'n sinspeling bevat op allerlei verhale wat oor haar vader in die Klein Karoo in omloop was, onder meer dat daar meer as net 'n saaklike verhouding tussen Langenhoven en Saartjie bestaan het. Volgens ou ingesetenes van Oudtshoorn was dit algemeen bekend op die dorp. In Hoofstad van 23 Mei 1975 skryf 'n ongenoemde joernalis dat Langenhoven volgens 'n bejaarde oom van Oudtshoorn 'n alleenloper was wat min met mense gemeng het, iets wat ook die geval was met Saartjie toe sy in Oudtshoorn aangekom het. ‘Sy is’, so skryf die koerant verder, ‘nooit deur die Afrikaners aanvaar nie, en ons segsman dink die twee het troos in mekaar se geselskap gevind. Die tonge was los oor hulle, maar daaraan het hulle hul nie gesteur nie.’ Na Saartjie se dood het Gordon Winter in die Sunday Express van 1 Junie 1975 die storie onder die opskrif ‘Langenhoven had a Jewish mistress’ opgeraap en dit sensasioneel aan die wêreld verkondig. Volgens die historiese romanskryfster Mary Phillips was Saartjie sowel by die Afrikaners as by die Joodse gemeenskap 'n ‘outcast’, omdat nie een van die twee groepe haar wou aanvaar nie. ‘There is no doubt in my mind’, het Mary Phillips aan die Sunday Express gesê, ‘that theirs was one of the world's greatest true love stories.’Ga naar eind19 In die verklaring sê Mary Phillips verder dat Saartjie in die tyd by Het Zuid-Westen op Oudtshoorn sewe dae 'n week saam met haar geliefde ‘Chief’ gewerk | |
[pagina 74]
| |
het. ‘I am convinced he returned her tremendous love in every way possible, including physically.’ Dit sou volgens haar die enorme toewyding en passie verklaar waarmee sy haar taak as administratrise van die letterkundige nalatenskap in die drie en veertig jaar na Langenhoven se dood tot haar eie heengaan uitgevoer het en waarom sy self nooit getrou het nie. Tog het Langenhoven ook sy vrou en dogter intens liefgehad. ‘The straightlaced Victorian attitudes of his day’, so gaan sy voort, ‘demanded a strict code of social behaviour, but equally important was Langenhoven's tremendous determination to free the acceptance of Afrikaans as an official language. That was why the 21-year-old Sarah agreed to remain in the background when she fell in love with her 38-year-old editor.’ Mary Phillips sê verder in die onderhoud dat haar onthulling nie as 'n stuk venyn geïnterpreteer moet word nie, aangesien sy 'n goeie vriendin van Saartjie was en drie jaar lank daaglikse klasse by haar oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis bygewoon het. Sy voeg by: ‘She had a statue of Langenhoven in her lounge. Surrounded by all his photographs and the 50 books he wrote it was like a shrine. Sarah talked to her statue constantly as though her lover was still alive.’ Op hierdie verklaring het J.P. Scannell, in daardie stadium in beheer van Langenhoven se letterkundige nalatenskap, in 'n onderhoud met Oggendblad van 3 Junie 1975 die verhouding ontken. Volgens hom is daar in die private briewe tussen Langenhoven en Saartjie ‘geen enkele bewys’ van 'n romanse nie. Ook in die talle ander dokumente in die Langenhoven-nalatenskap ‘is daar nie 'n enkele woord wat só iets kan bevestig nie’. Die vraag is egter of Scannell inderdaad die relevante dokumente reg ‘gelees’ en vertolk het, in die besonder die briewe tussen Langenhoven en Saartjie wat kodes mag bevat wat by die onoplettende leser kan verbygaan. Onder Saartjie se dokumente is daar in elk geval uit die Church Times van 10 September 1965 'n artikel met die titel ‘A pattern of love’ wat, hoe indirek en onopsigtelik ook al, vir die leser 'n aanduiding kan gee van die verhouding tussen haar en die ‘Chief’. Die betrokke gedeelte is deur Saartjie aangestreep en gee 'n besliste aanduiding van die rigting waarin die oplossing gesoek moet word. Die aangestreepte gedeelte lui as volg: ‘It seems to be a frequent necessity for men who are doing creative work of high importance to have an intimate confidant of the other sex, who must have a sufficient knowl- | |
[pagina 75]
| |
edge of the work to speak intelligently about it, and a high degree of critical sensibility which invokes the deep respect of the artist who submits his thought and work to her. That is the point from which many sex relationships start, but they develop into something more, into a very deep intimacy which, though it may not be sexual in the ordinary sense at all, is of complete necessity both to the artist and to his confidant and to the work which they are doing. On this kind of relationship much of the creativity of life rests. It falls outside the conventional patterns, but it can be given by God, for it serves the good of his world.’ | |
IVDie groot probleem waarmee 'n biograaf van Langenhoven vandag te kampe het, is dat hy enersyds met 'n vertekende en eensydige beeld van die skrywer te make het, 'n beeld wat grotendeels oor 'n periode van meer as vier dekades deur Saartjie opgebou is ten einde haar geliefde ‘Chief’ op 'n voetstuk te plaas en aan hom 'n heroïese gestalte te gee. In dié proses het sy baie dinge verswyg en selfs nie geaarsel om sekere aangeleenthede opsetlik te verdraai nie. Andersyds het daar in die storieryke Klein Karoo allerlei staaltjies oor hom en sy herkoms in omloop gekom, staaltjies wat grotendeels op 'n mondelinge tradisie berus en vandag moeilik alles geverifieer kan word. Langenhoven self het ook nie juis hulp aan 'n toekomstige biograaf verskaf nie, want dikwels is sy boeke fiktiewe eskapades wat na werklike avonture klink. Alhoewel hy ongetwyfeld 'n groot liefde vir die Klein Karoo en die eenvoud van die mense van die streek moet gehad het - 'n liefde wat die basis vir sy werk vorm - is die bekende wêreld en die huislike kring dikwels in sy werk verbind met fantasieë en elemente van 'n veel latere absurdistiese tradisie. Die probleem vir die biograaf is dus hoe om feit en fiksie van mekaar te onderskei. In dié verband is dit 'n gesonde wetenskaplike uitgangspunt om 'n verslag sover moontlik op dokumente te baseer en mondelinge inligting slegs te betrek waar dit sonder enige sweem van twyfel - en dan liefs deur die verifiëring van verskeie persone - aangewend kan word. As gevolg van ontbrekende dokumente sal die ondersoeker van tyd tot tyd met vraagstukke te make hê waarvoor hy nooit 'n bevredi- | |
[pagina 76]
| |
gende wetenskaplike oplossing sal kan vind nie en waarvoor die verleidelike mondelinge oorlewering met al sy luister en drama 'n maklike maar uiteindelik tog onbevredigende oplossing bied. Soms kan dit gebeur dat 'n navorser verplig word om twee moontlike antwoorde vir dieselfde probleem voor te lê en die oplossing aan die leser oor te laat, miskien in die hoop dat 'n latere navorser tog met definitiewe dokumentêre inligting 'n finale uitsluitsel sal kan gee. Gelukkig bestaan daar ook vir 'n aansienlike gedeelte van Langenhoven se lewe, veral oor dié wat hyself as die belangrikste en openbare fase beskou het, meer as genoeg nuwe inligting om 'n fassinerende beeld van sy ‘weg deur die wêreld’ te gee. Hierdie belangrike fase, wat uiteindelik sy statuur bepaal, word egter voorafgegaan deur sy kinderjare en die langsame ontwikkeling tot die mens wat hy uiteindelik geword het. Daarmee is ons terug by sy voorgeskiedenis, sy geboorte en sy wordingsjare. |
|