Jan Rabie. Prosapionier en politieke padwyser
(2004)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 413]
| |
V
| |
[pagina 415]
| |
Hoofstuk XV
| |
[pagina 416]
| |
Buitendien, het hy reeds op Kreta gevind, tuinwerk is gesond en lonend, want jy spaar geld. En grond onder jou vingernaels, was hy oortuig, is nader aan die waarheid as parfuum en skoon handjies.Ga naar eind4 Maar om 'n huis te vind waar Jorie die see kon sien en waar Jan 'n groentetuin kon aanlê, was nie maklik nie. Flou gesoek langs die kus beland hulle uiteindelik op Onrus waar Cecil Higgs en Gregoire Boonzaier reeds jare lank woon en waar Uys Krige hom in Januarie 1969, ná sy tweede besoek aan die VSA en 'n draai deur Europa, kom vestig het. By Uys gaan soek hulle troos. Hy vertel hulle van 'n huis op Onrus se tweelingdorpie, Vermont, wat op 'n vendusie opgeveil sou word en wat hulle, volgens die inligting wat hy het, moontlik sal geval. Dit staan op 'n erf met 'n uitsig op die see, 'n klipgooi van die huis wat Uys se grootoom Joel Krige, Caledon se verteenwoordiger in die ou Kaapse parlement, vir hom laat bou het.Ga naar eind5 Op 18 Desember 1969 is Jan en Jorie saam met 'n afslaer en 'n twintigtal mense op die breë wit voorstoep van die huis op die hoek van wat later Strandloperlaan en Albatrossingel sou heet. Die afslaer begin om die huis op te veil en vir die eerste keer in sy lewe bie Jan op 'n eiendom: eers seweduisend, daarna tienduisend. Toe hy hom weer met skrik kom kry, word die bod van R12 750, met Jorie wat nog onseker is of sy op Onrus wil woon, op hom toegeslaan. Gelukkig, troos hy hom, het Jorie drie groot kratte skilderye uit Griekeland saamgebring en sal daar uit die verkope met die eerste uitstalling genoeg geld vir die betaalslag inkom. Steeds met 'n gevoel van onwil aan die kant van Jorie en onseker of sy op so 'n klein plekkie soos Onrus met skaars vierhonderd inwoners sal aard, trek hulle op Donderdag, 12 Maart 1970, in. Alles is onklaar, maar hulle werskaf om die huis so gou as moontlik in orde te kry. Aan sy ouers skryf Jan later dié maand dat dit steeds 'n deurmekaarspul by hulle is, maar dat die huis en tuin mooi begin regkom. Gelukkig is die erf op goeie grond en die see net veertig tree weg, met 'n hoë heining en bome wat die suidooster en die klam seewind uithou. Vermont is 'n dorpie van net nege huise, maar daar is darem 'n winkel, 'n poskantoor, 'n slagter, 'n hotel en 'n motorhawe. Jorie se uitstalling, laat hy sy ouers weet, was 'n groot sukses. Sy het skilderye vir oor die R7 000 verkoop wat hulle op die huis kan afbetaal. 'n Jaar lank laat hulle verbou en verf om alles na hulle sin te kry. Jan installeer gassilinders vir die kombuis en die badkamer, en teen begin Junie | |
[pagina *41]
| |
78. Jan en Marjorie op hul voorstoep op Kreta, voorgestel op 'n skildery van Marjorie. (Foto: Die Burger)
| |
[pagina *42]
| |
79. Die sentrum van Eloúnda met die donkiekarretjie. (Foto: J.S. Gericke-biblioteek)
| |
[pagina *43]
| |
80. Pappoús, die ou ‘klipkop-Kretaan’, wat 'n daaglikse besoeker by die Rabies op Eloúnda word en vir wie Marjorie in 'n mooi skildery verewig.
| |
[pagina *44]
| |
81. In Maart 1970 trek Jan en Marjorie in op Onrus (Vermont). Hulle besit nou 'n huis met 'n uitsig op sowel die berg as die see. (Foto: Marjorie Wallace)
82. Marjorie in haar ateljee op die solder van hul Onrus-huis. (Foto: Marjorie Wallace)
| |
[pagina *45]
| |
83. Jan pluk sy eerste olywe op Onrus. Met Marjorie en die skilderes Claude Bouscharain, vrou van Erik Laubscher, met wie hulle in die jare 1955-1966 Cheviot Place 6 in Groenpunt deel. (Foto: Marjorie Wallace)
| |
[pagina *46]
| |
84. In sy studeerkamer op Onrus. (Foto: Liesl Rabie)
| |
[pagina *47]
| |
85. Deel van sy uitgebreide boekery op Onrus. (Foto: Liesl Rabie)
| |
[pagina *48]
| |
86. Marjorie in die kombuis. (Foto: Marjorie Wallace)
87. Jan en Jorie slaap winters en somers op die voorstoep. (Foto: Liesl Rabie)
| |
[pagina *49]
| |
88. Jan met sy honde: Skylo - na skulos, Grieks vir ‘hond’,
89. en Arieb - Khoitaal vir ‘hond’ en 'n anagram vir Rabie. (Foto: Liesl Rabie)
90. Met sy honde op die strand. (Foto: Liesl Rabie)
| |
[pagina *50]
| |
91. Ontbyt op Onrus, soos voorgestel deur Marjorie. (Foto: Liesl Rabie)
| |
[pagina *51]
| |
92. Met die jare besoek baie skrywers Jan en Marjorie op Onrus: Lina Spies, Jan, Coenie Slabber, Hennie Aucamp en Adam Small, met Rita Scholtz op die voorgrond. Die geleentheid was die verskyning van Oggendlied (1977), die huldigingsbundel vir Uys Krige.
93. André P. Brink (Foto: Amanda Botha),
| |
[pagina *52]
| |
94. Etienne Leroux (Foto: Amanda Botha),
95. Breyten Breytenbach (Foto: Marjorie Wallace)
| |
[pagina *53]
| |
96. en M.C. Botha. (Foto: Amanda Botha)
97. Braam en Hannie de Vries (regs) kom dikwels kuier, terwyl Koos Human en Chris Barnard (links) die Rabies se bure op Vermont word. (Foto: J.S. Gericke-biblioteek)
| |
[pagina *54]
| |
98. Met Katinka Heyns, wat die televisieprogram Jan-en-Jorie oor die Rabies maak. (Foto: J.S. Gericke-biblioteek)
99. In 1978 verskyn die tweede druk van Mens-alleen, waarvoor Marjorie weer die omslag versorg.
| |
[pagina *55]
| |
100. Jan en Marjorie op Jan se sestigste verjaarsdag in 1980. (Foto: Jan Rabie)
101. By geleentheid van sy sestigste verjaarsdag publiseer Human & Rousseau Jan se Versamelverhale in 'n praguitgawe. Hier verskyn Guus Balkema - uitgewer van die eerste druk van Een-en-twintig - met sy vrou saam met Jan en Marjorie en Koos Human. (Foto: Jan Rabie)
| |
[pagina *56]
| |
102. Van die skrywers wat die Sestigerweek in Februarie 1973 by die Universiteit van Kaapstad bywoon: van links na regs Chris Barnard, John Miles, P.G. du Plessis, Lina Spies, Jan Rabie, Berta Smit, Breyten Breytenbach (agter), Hennie Aucamp, George Weideman, Wilhelm Knobel. (Foto: J.S. Gerickebiblioteek)
103. Tydens Breyten en Yolande Breytenbach se besoek aan Suid-Afrika in 1973 neem Jan hulle saam met 'n groep die Sederberge in. Hier verskyn van links na regs Quentin Otto (swaer van Breyten), James Polley (wat die Sestigerweek in Februarie 1973 aan die Universiteit van Kaapstad georganiseer het), Breyten. Jan, Yolande, Barrie Biermann, die uitgewer Daantjie Saayman met sy vrou Nici voor hom, en die argitek Revel Fox, swaer van Uys Krige. (Foto: Barend J. Toerien)
| |
[pagina *57]
| |
104. Met die verskyning van Môrester oor die Abruzzi, Uys Krige se The way out in Afrikaans, waarvan Jan die vertaling voltooi. Van links na regs Louie Lemmer, Eulalia Krige, Marjorie (voor), Gerry de Melker, wat die uitgawe behartig het (agter), Erik Laubscher en Jan. (Foto: Louie Lemmer)
105. Stigtingsvergadering van die Afrikaanse Skrywersgilde by Broederstroom, 1975. Jan sit voor, derde van links. (Foto: J.S. Gericke-biblioteek)
| |
[pagina *58]
| |
106. 'n Spotprent van T.O. Honiball van skrywers wat hulle teen die sensuurstelsel verset, met Lammie Snyman, hoofsensor, wat hulle hare sny. Van links na regs André P. Brink, Jan, Uys Krige. Jannie Kruger is heel regs. (Foto: J.S. Gericke-biblioteek)
107. Skrywersparade, Marjorie se voorstelling van Jan Rabie, Etienne Leroux, Koos Human en André P. Brink tydens een van die byeenkomste van die Skrywersgilde. (Foto: J.J. Human)
| |
[pagina *59]
| |
108. Met Koos Human en Abraham H. de Vries by 'n gildebyeenkoms. (Foto: J.S. Gericke-biblioteek)
109. Op die beraad van die Skrywersgilde van 1977 op Gordonsbaai verklaar die lede van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns wat ook lede van die Skrywergilde is, dat hulle daarop sal aandring dat ook bruin mense wat 'n beduidende bydrae maak tot die Afrikaanse taal en letterkunde, as Akademielede voorgestel word. Die skrywers wat hierdie verklaring onderteken het, is van links na regs op die foto: F.A. Venter, Leon Rousseau, Jan Senekal, Jan Rabie, Elsa Joubert en Etienne Leroux. Chris Barnard en Abraham H. de Vries was afwesig. (Foto: Jan Rabie)
| |
[pagina *60]
| |
110. Saam met Etienne Leroux, André P. Brink en Chris Barnard. (Foto: J.S. Gericke-biblioteek)
111. Saam met Vernon February, Abraham H. de Vries en Chris Barnard. (Foto: J.S. Gericke-biblioteek)
| |
[pagina *61]
| |
112. 'n Gesellige byeenkoms by Jan se sewentigste verjaarsdag in die Rabies se Onrushuis. By dié geleentheid word 'n liber amicorum aan hom oorhandig. Van links na regs Meyer de Villiers, Siebert Wiid, Wybo Newmark, Jan en Koos Human. (Foto: Marjorie Wallace)
113. Jan Rabie en Vernon February by die jaarberaad van die Afrikaanse Skrywersgilde op Maselspoort (1993) waartydens Rabie die erelidmaatskap van die Gilde ontvang het. (Foto: NALN)
| |
[pagina *62]
| |
114. Jan, reeds ernstig siek, nadat hy gehoor het van die dood van sy hond Patta. ((Foto: Siebert Wiid)
| |
[pagina *63]
| |
115. André Brink en Jan by die verskyning van Paryse dagboek in 1998. (Foto: Siebert Wiid)
116. Jan saam met Marjorie op sy 81ste verjaardag, die dag voor sy dood, in die inrigting vir verswakte bejaardes op Onrus. (Foto: Siebert Wiid)
| |
[pagina *64]
| |
117. Jan se begrafnis op Onrus. (Foto: MC Botha)
| |
[pagina 417]
| |
is die meeste rakke ingebou en die huis so te sê klaar. Aanvanklik was dit Siebert Wiid, hulle vriend die argitek wat die plan moes optrek, se gedagte dat Jorie 'n ateljee in die agterplaas moes kry, maar uiteindelik besluit hulle om die dak af te haal en vir haar 'n ateljee bo in die solder te bou. Hulle sit vensters van kiaathout en vloerplanke van Oregon in wat hulle van die gesloopte Ocean View Hotel koop.Ga naar eind6 Laatmiddag op 17 Mei 1971, skryf Jan, bestyg 'n aantal bure saam met ons die buitetrap om Jorie se hemelateljee te kom inwy. Sy pronk soos 'n pou toe hulle bewonderend uitroep oor die manjifieke uitsig oor suidersee en noorderberg, en oor die heerlike ruime werkruimte waarin sy nou na hartsverlange kan skilder en klodder. Uys Krige stel die heildronk in op sy sielsverwarmende dwaalmanier, en stel by elk en 'n ieder vas hoe verlangs hulle familie van hom is en of hulle sy boeke al gelees het en hoekom nie.Ga naar eind7 Net die volgende dag kon Jorie in haar hemelateljee - waar sy ander mense, insluitende Jan, slegs onder haar wakende oog sou toelaat - begin skilder. Reeds op die huiskoopdag het Jan besluit die uitheemse kikoejoe moet deur Kaapse kweek vervang word. Binne 'n ommesientjie het hy 'n groot stuk skoon tuingrond aan die kikoejoegras ontworstel en baie groente aangeplant: wortels, rankbone, grasuie, skorsies, groenslaai, tamaties, prei, spruitkool, blomkool, soetrissies, brinjals en pietersielie. Probleme met gulsige insekte, soos pampoenvlieg en slaaiwurms, wat steek en kou, was daar volop, terwyl voëls gedurig in die bome en in die beddings kom pik het. Maar ten spyte hiervan floreer die tuin. Reeds in die eerste November op Onrus kan Jan in sy dagboek aanteken: ‘Ons het twee maande laas groente gekoop. Ons tuin lewer so baie ons gee gedurig weg: skorsies, boerbone, groenbone, knolkool, seldery, spinasie, grasuie. En nou kom tamaties in hul honderde aan. (Brinjals en soetrissies is laat.)’ Jan ontwikkel tot 'n kundige kok, al sê hy self by geleentheid dat sy repertoire nie groot is nie en dat Jorie die eintlike deskundige in hulle huis is. Hy was egter lief om self groenboontjiebredie te maak, want Jorie het die neiging gehad om dit te laat aanbrand. Gedagtig aan hul verblyf in Eloúnda saai hy einde Julie Kretensiese origanum en tiemie in sy tuin en in Augustus plant hy vier olyfbome. Sy kennis van olywe, waaroor hy reeds in sy jare | |
[pagina 418]
| |
by die radio 'n hoorbeeld opgestel het, is op Kreta verder uitgebou. Nou kon hy met die eerste pluksel en in die jare wat kom, 'n olyfboer in die kleine word. Die mooiste olywe wat hy van sy bome oes, kry Jorie wat dit drie weke lank hou in 'n emmer met soutwater wat sy elke paar dae vervang totdat hulle ‘ryp’ genoeg is om gebottel te word. Die kleiner olyfies en dié wat afgeval het of deur die voëls gepik is, maal Jan tot oliepap in 'n seilsak en pars dit daarna herhaaldelik met 'n ou boekpers wat Erik Laubscher hom present gegee het. Dit neem lank voor die water en olie van die vaste stowwe skei en die sediment afsak, maar ná sowat drie maande is sy olyfolie reg vir die bottel.Ga naar eind8 Dit is opvallend dat Jan op Onrus sy Kretensiese ervaring met 'n groentetuin en olyfoeste verder ontwikkel. Die Grieke het hom geleer om sy eie bodem nog liewer te kry as wat hy dit vroeër gehad het. Soos hy destyds in Parys begin besef het dat hy as Afrikaner verantwoordelik is vir sy taal en iets moet doen om sy mense van 'n dwase politieke beleid te red, besef hy nou die waarde van die stukkie aarde waarop hy woon. As jy daardie stukkie aarde nie liefhet nie, so was sy oortuiging, is jy 'n parasiet. Dit help nie, sê hy by geleentheid, om in 'n blink voorstad te sit en terug te hunker na Hugenoot-voorouers nie. Ons moet wortel gooi en op alle moontlike maniere hierdie land ons s'n maak.Ga naar eind9 Daarby moet die mens 'n verantwoordelikheid vir sy stukkie aarde en uiteindelik die hele planeet kweek. Gereeld kla hy in briewe aan Die Burger oor die uitheemse Port Jackson-bome wat die inheemse plantegroei op die Kaapse Vlakte verdring, hoe die enigste stuk ongerepte kuslyn tussen Kaapstad en Danger Point, die gebied tussen Vermont en Hawston, deur geldboelies uit die Transvaal vernietig word,Ga naar eind10 en hoe die mens daarin slaag om sy planeet, die moederaarde, te bemors en dalk te vernietig. In 'n bydrae tot Cultura sê hy dit is die mens se verantwoordelikheid om die stuk aarde waarop jy woon, met al sy sintuie te leer ken, die plante deur die seisoene, die diere en hul gewoontes, die oorleweringe en die geskiedenis van jou kontrei. Ook alles wat voor jou was, is deel van jou erfenis, Hollander sowel as Hottentot. Ons besit nie ons aarde slegs met ons lewendes nie, maar meer nog met ons dooies daarin.Ga naar eind11 | |
[pagina 419]
| |
Ook die oseane wat ons klimaat bepaal en wat saam met die bome vir ons suurstof vervaardig, het ons beskerming nodig: Onthou, een boom verskaf genoeg suurstof, genoeg lewe vir een mens. En is ons dankbaar genoeg vir die skoonste winde en seestrome wat vanaf Antarktika om ons Suid-Afrikaanse kuste spoel?Ga naar eind12 Jaarliks, kla hy, stroom 'n stormloop mense soos die Bybelse swyne van Gadara kus toe om kwansuis gereinig en herlaai te word, maar wat in die proses slegs besoedeling agterlaat. Self het Jan erns gemaak met sy eie kontrei. Aan die ontwikkelende Vermont kon hy mooi straatname gee wat na seevoëls vernoem is,Ga naar eind13 soos Strandloper, Pikkewyn, Stormvoël, Seemeeu, Albatros, Malgas en Duiker. Op sy eie erf het hy skoongemaak, geplant en gesaai, voortdurend kaalhand tussen die akkers aan 't grawe en omdolwe. ‘Laatmiddag’, skryf Chris Barnard, ‘sou hy ingenome kom aankondig hy het vandag sewe tamaties uit sy tuin gepluk, en drie slaaikoppe, en twee en dertig ertappels oopgeërd’.Ga naar eind14 Dit het Siebert Wiid verbaas met watter enorme fisieke energie Jan die hele erf kon ontklip, balke van skeepswrakke op sy rug van die see aandra en bamboes aansleep om in kompos vir die tuin te verwerk. Jan, so was Siebert se waarneming, moes altyd iets doen. Soos vroeër in Parys kon hy nie lank stilsit en net rustig oor 'n koppie koffie of 'n glasie wyn klets nie.Ga naar eind15 Sy geestelike onrus moes liggaamlik 'n uitweg vind. Só 'n tuiste by die see met 'n eie tuin was die ideale blyplek om sy energie te kanaliseer. Maar ook die see self leer Jan nou beter ken as ooit tevore, al was hy van vroeg af as kind langs die Kafferkuilsrivier op Riethuiskraal reeds 'n watermens. Daagliks gaan hy en Jorie smiddags in die getypoel naby hulle huis swem. Met 'n termometer in die see kon hy vasstel dat wanneer die suidooster woed, sak die temperatuur van die water tot veertien of twaalf grade Celsius, terwyl die see warmer word as die noordwestewind waai. Hy kon aanvanklik geen verklaring daarvoor vind nie, maar het dit later toegeskryf aan die seestrome. Die noordwester dam die Mosambiekstroom met warm Indiese water op, terwyl die suidooster op sy beurt die Augulhasstroom met koue Atlantiese water aanhelp.Ga naar eind16 Op 23 Maart haal Jan sy eerste eie seekos uit: 'n kooksel alikreukel. Met 'n duikbril op leer hy die ondersese wonders ken en besef hy hoeveel kos daar vir die | |
[pagina 420]
| |
kundige persoon gratis beskikbaar is. Wanneer hy Jan met duikbril en snorkel in die water sien, skryf Barend Toerien 'n geleentheidsgedig wat hy later, terug in die VSA, aan Jan pos: Deur die seebamboese-nisse
tussen seekatte en visse
woeker Jan met swart rob-voete
blaas kort-kort groot seekoei-proese
dan gooi hy triomfantelik
'n perlemoenskulp in die blik
‘Nog een, manne, vir die pan!
Dis pure koningskos daai,’
sê Jan.Ga naar eind17
Jan haal rye van die groot seewiere uit wat hy, saam met 'n knippie sout en neutmuskaat en gemeng met rooiwyn, tot eetbare selei kook en tot 'n heerlike jellie laat stol. Gereeld duik hy, bestudeer hy die seeplante en skulpdiere, en reël hy staptoere vir skoolkinders en groepe mede-entoesiaste. In Die seeboek van die Sonderkossers, 'n seunsboek van 62 000 woorde en twintig bladsye tekeninge deur Jorie wat hy binne vier maande in 1975 skryf en wat nog dieselfde jaar deur Tafelberg gepubliseer en in 1977 met die Scheepersprys vir Jeuglektuur bekroon word, is oorlewing en aanpassing die hooftemas. Soos die Strandlopers van ouds onderneem twee seuns, 'n dogter en haar vader om sonder 'n voorraad kos of geriewe van die beskawing twee weke lank langs die Kaapse Suidkus uit die natuur te leef. Ná aanvanklike onderlinge spanninge onder hulle leer die stappers tydens die tog dat hulle op mekaar aangewys is en dat hulle vir oorlewing harmonies moet saambestaan en mekaar se hulp nodig het om te oorleef. Ná die aanvanklike gesukkel slaag hulle daarin om die eksperiment suksesvol te voltooi en op hoofsaaklik seekos en bessies vir hul oorlewing staat te maak. Uit die boek blyk Jan se uitstekende kennis van die see en sy bekommernis oor die mens wat die aarde om hom vervuil. Die nuuskierige Jan, steeds met 'n wye belangstelling in geskiedenis, geografie en demografie wat hy aan die universiteit bestudeer het, wou alles weet van die omgewing waarin hy woon. As 'n mens sy dagboek uit die jare op Onrus nagaan, val dit jou op hoe hy telkens lyste gegewens op- | |
[pagina 421]
| |
stel: die jaarvloei van ons kusriviere, die maandelikse reënval op Onrus, sy waterverbruik en houtverbruik vir die winter, die liters petrol per honderd kilometer wat hy aan hulle Morris bestee, inligting oor droogte en peste in die tuin. Hy kon vasstel dat die ou Hollandse reisiger M.D. Teenstra die eerste was om die naam Onrust in sy reisverslag De vruchten mijner werkzaamheden (1825) op skrif te stel,Ga naar eind18 en dat die dorp waarskynlik vernoem is na die Eilanden van Onrust voor die monding van die Djakartarivier in die ou Nederlandse Oos-Indië waarvan een, Purmerend, nes vroeër die Vallei van Hemel en Aarde naby Onrus, 'n kolonie vir melaatses gehuisves het.Ga naar eind19 Maar Jan wou verder terug weet. Hy wou deel hê aan die vervloë geskiedenis en selfs die spoke of geraamtes van die verlede ontmoet. Hy het nou in oorsese lande tien jaar van sy lewe deurgebring en naas Parys en die Mediterreense suide van Europa ook die ‘goue Griekse eilande [... en] die supersnelweë in Kalifornië’Ga naar eind20 deeglik leer ken. In die winter op Onrus, die ‘tyd van stomende honde voor die vuur, van boontjiesop en kruiewyn, van snoek en patats’, luister hy ‘met wellus [...] na die nat gepiets teen ruit en dak, of dink [hy] aan die dankbare aarde en wat nog alles in die tuin voor die voorjaar gedoen moet word’.Ga naar eind21 Wanneer die weer dit toelaat, gaan hy stap, kap hy 'n dooie rooikransboom vir die vleisbraai af, en dink hy aan die Strandlopers en Koisan, ‘dié mensies, geel en vlietend soos die duine van weleer’,Ga naar eind22 wat voor hom hier was. En, mymerend oor hierdie voorgangers, wonder hy oor die vurige bygelowe oor sterre en diere waarin hulle geglo het oor en wat hulle in hierdie landskap nagelaat het wat ‘nog in ons kan nawoon’,Ga naar eind23 'n erfenis wat moeilik is om aan te voel ‘waar wind en sand gedurig hul sameswering van onstandvastigheid fluister’.Ga naar eind24 Te oordeel aan die massas skulpe en klipwerktuie en potskerwe was hulle hier gevestig en word hulle spore gedurig deur die wind oopen toegewaai. Vóór hulle was hier 'n smeltkroes met die wreedste, sluuste en snelvoetigste diere, met 'n oop veld vol gevare en vinnige dood. Hier, so kon die argeoloë vasstel, was miljoene jare vóór die Koisan die wieg van die mens self. Hier het die aap op sy mensvoete regop gekom om te kan slaan, te gooi, te steek en te skiet en só te midde van die dreiging rondom hom te oorleef. En dit is by hierdie mens, wat met sy regop-kom tot kultuurwese ontwikkel het, dat Jan geslagte en geslagte later aansluit. | |
[pagina 422]
| |
IIVan die begin af het Jan en Jorie besluit om winters en somers op die voorstoep te slaap. Die huis, het hulle gemeen, was vir kos kook, boeke en skilderye en vir mense wat wintertyd op besoek kom, nie vir slaap nie. Belangrik vir albei was hul skeppende werk en daarin het hulle mekaar ondersteun, ook omdat die een intens belanggestel het in wat die ander een doen. Jan het die spanrame vir haar skilderye gemaak, terwyl sy alles wat hy skryf, deeglik gelees en skerp gekritiseer het. Dit het ook 'n vaste tradisie geword dat sy die tekening, dikwels vrolik en veelkleurig, vir die stofomslag van sy boeke maak en vir sommige, soos Die seeboek van die Sonderkossers en 'n Boek vir Onrus, die illustrasies binne-in verskaf. Jan was nooit gepla oor haar vuil klere wanneer sy skilder nie, want hy het geweet as dit die dag móét, kon sy goed lyk. En wedersyds het hulle respek vir mekaar se werk en oorgawe aan hul kuns gehad. Daarby het Jan vir Jorie beskou as die intelligentste mens wat hy ooit leer ken het.Ga naar eind25 As kunstenaars het albei hul eie gang en roetine gehad. Jan sou in die oggende, nadat hy die koerant by die kafee gaan koop en gelees het, begin om te hersien en oor te tik wat hy die vorige dag met die hand geskryf het. Tienuur se kant was dit tyd vir koffie. Dan was Jorie klaar met die huiswerk en is sy op ateljee toe om te skilder tot etenstyd wat gewoonlik voorafgegaan is deur 'n glasie rooiwyn. Ná middagete het Jan dikwels gedut, terwyl Jorie buite op die agterstoep op haar maag gelê en koerant lees het. Ná die swem in die getypoel het Jan begin skryf en is Jorie vir 'n tweede sessie na haar ateljee. Saans het Jan sy skryfwerk voortgesit of saam met Jorie gesit en lees aan die boeke wat hy ter resensie van The Cape Times ontvang het - 'n werksaamheid waarmee hy met die jongste ontwikkelinge op die gebied van die Afrikaanse letterkunde kon bybly en wat vir hom naas sy tantième 'n broodnodige inkomste besorg het. Jan was nogal gevoelig oor die feit dat hy miskien minder geld in hulle gesamentlike huishouding as Jorie met haar skilderye inbring. Daarom het hy gereeld berekeninge gemaak oor hoeveel hy iedere maand gesaag en hoeveel sakkies aartappels of hoeveel wortels hy geoes het. Naas sy werklike geldelike inkomste het hy sy bydrae tot die huis op dié wyse bereken.Ga naar eind26 Jan en Jorie se huwelik was 'n baie geskakeerde en komplekse verhouding wat gewissel het van baie teer tot uiters ru. Sy het daarvan gehou as hy vir haar stories lag en op sy beurt was hy lewenslank besig met 'n | |
[pagina 423]
| |
taalles as sy Afrikaanse woorde verkeerd inspan of gebruik. Die huwelik was 'n durende oorlog tussen twee persone wat mekaar liefhet en vir baie waarnemers het dit die konvensionele opvattinge van wat 'n huwelik behoort te wees, laat vervaag en die omskrywing van 'n suksesvolle huwelik verbreed. Dikwels kon hulle voor besoekers taamlik iesegrimmig met mekaar praat en mekaar lelike dinge toesnou. Soms het hy haar met die woorde ‘Hou jou bek, Jorie’ stilgemaak as sy, soos dikwels gebeur het, die geselskap só oorheers dat niemand anders 'n woord kon inkry nie. Toe M.C. Botha se skoonmoeder Jan tydens 'n ete vra of hy, ná 'n sarsie katterigheid tussen hom en Jorie, nie meer diplomaties teenoor sy vrou kan wees nie, antwoord hy: ‘Diplomasie werk nie met so 'n skurk nie.’Ga naar eind27 So 'n uitspraak klink erg, maar 'n mens moet dit in die nodige perspektief sien. Jan en Jorie se rusies was fenomenaal, maar baie van hul vriende het dié heftige woordewisselings as 'n spel beskou en dit afgelag. Braam de Vries kan onthou hoe Jan en Jorie een aand in 'n heftige rusie voor vriende betrokke was, net om ná die gaste se vertrek lieftallig en rustig met mekaar te sit en gesels.Ga naar eind28 Daarby was Jan in sy diepste wese asosiaal. Anders as Jorie het hy 'n element van mensskuheid in hom gehad wat hy nooit heeltemal oorwin het nie. Jorie was sy verbinding met ander mense, die persoon op wie hy vir sosiale kontak gesteun het. Ten spyte van die verskille was hulle dus geheg aan mekaar, die een noodsaaklik en onmisbaar vir die ander, na alle waarskynlikheid omdat hulle basies dieselfde dinge in die lewe wou hê en dieselfde ideale en verwagtings gehad het. Al was die een dan soms kwaad vir die ander, was hulle nooit verveeld met mekaar nie. ‘Ons het 'n lang argument in 1949 begin en dit is nou nog nie verby nie’, het sy by geleentheid in 'n onderhoudGa naar eind29 gesê. ‘Hy dink ek is 'n ongeluk wat hom oorgekom het. Nou hou hy maar die duiwel wat hy ken eerder as om 'n nuwe een te beproef.’ In hierdie (enkele) opsig was hulle verhouding baie soos dié van die Engelse skrywer D.H. Lawrence en sy vrou, Frieda. Lawrence se woorde in 'n brief van 1912 aan Edward Garnett oor sy verhouding met Frieda toon 'n groot ooreenkoms met dié tussen Jan en Jorie: We are fearfully fond of one another, all the more, perhaps, when it doesn't show. We want remarkably the same thing in life - sort of freedom, nakedness of intimacy, free breathing-space between us. You don't know how fine it is between us - whatever either of us says.Ga naar eind30 | |
[pagina 424]
| |
Jan kon geen ander vrou as Jorie liefhê nie en selfs nie eers by 'n ander vlerksleep nie. Lewenslank was hy gewikkel in 'n stryd met die onderdrukkende Calvinisme en die patriargale oorheersing in sy ouerhuis, magte wat in sy jeug tot 'n afkeer van vroue en vrees vir seksuele kontak gelei het. Veral die vroulike karakters in sy vroeëre romans en sy Paryse dagboek toon vir die leser dat sy opvattinge oor die liefde en die vrou ten nouste saamhang met sy komplekse persoonlikheid. Jan kon sy aanvanklike misoginie oorwin, maar dit bly 'n ope vraag of sy en Jorie se kinderloosheid 'n eie keuse, die resultaat van haar liggaamlike gebrek of selfs seksuele onvermoë was. Tydens hulle verblyf op Kreta het Jorie, volgens 'n mededeling tydens 'n gesprek,Ga naar eind31 belanggestel daarin om 'n eie kind te hê, maar niks het gebeur nie. Waarskynlik as gevolg van die gemis aan kinders, van wie hulle albei baie gehou het, was daar gou diere op Jan en Jorie se erf op Onrus. Die eerste huisdiere wat by hulle aangekom het, was 'n kapokkie en 'n bokserteef waaraan hulle die naam Sjeba gegee het. Gou daag hulle vriendin Margot Holt uit Kaapstad op met 'n klein reuntjie van agt weke, 'n kruis tussen 'n Labrador en 'n Dobermann. Aangesien hulle pas terug was van Griekeland, gee Jan aan hom die naam Skilo - na skulos, ‘hond’ in Grieks. Aanvanklik was Sjeba uiters jaloers, maar Skilo het gou begin swel soos 'n pampoen, soos Sjeba leer blaf en op 'n onbeholpe wyse uiting aan sy baldadige liefde gegee. ‘Toe maar, hy's g'n sleg nie,’ het een van die bouers opgemerk, ‘hy's nie rêrig 'n hond nie, hy's eintlik 'n soort donkie.’Ga naar eind32 Saam met Jan stap die twee honde die duine in en strandlangs, terwyl Skilo elke oggend saamdraf as Jan op sy afgeleefde fiets Die Burger gaan koop. Op 'n oggend toe Jan weer so op sy fiets verbyry, hoor sy buurvrou Maudie van der Colff, wat toevallig dié dag werksmense by haar gehad het, een van hulle sê: ‘Daai man, hy's famous. Vir hom maak wit of bruin nie saak nie. As jy by hom eet, sit hy die hele brood op tafel dat jy kan sny suffel soos jy wil.’Ga naar eind33 Terwyl die bouers nog op Jan se erf was, neem Spokie, 'n ‘appelkoosgeel katjie’,Ga naar eind34 haar intrek. Dit was 'n gesig om die gesin smiddags te sien stap op pad see toe om te gaan swem: Jan en Jorie, gevolg deur die twee groot honde ‘en een bleek appelkooskleur katjie wat stertjie omhoog orals denkbeeldige muise bespring, in die verbygaan liefderik deur 'n rooskleurige Skilotong belek, en eenmaal ook 'n ent tussen twee enorme maar versigtige slagtande gedra’.Ga naar eind35 In Oktober 1977 is Spokie skielik dood as gevolg van kanker in die keel, | |
[pagina 425]
| |
terwyl Skilo 'n jaar later vir die derde keer in sy lewe bosluiskoors gekry het en in die agterlyf verlam is. Op 7 November 1978 kom die veearts, dr. Wilson, om hom in te spuit. ‘Ons het gekniel by sy stoepbed waaruit hy omtrent nie meer kon opstaan nie’, skryf Jan. ‘Ek het sy kop op my knieë gehou terwyl dr. Wilson hom inspuit. My dierbare hond het effe verbaas na my gekyk, en toe gesug. Sy kop het begin druip, en binne sewe sekondes was hy dood.’Ga naar eind36 Eers 'n jaar later kry hulle 'n Deense pronkrug waaraan Jan die naam Arieb, Hottentots vir ‘hond’ en 'n anagram vir Rabie, gee. Intussen kry Jorie 'n hele rits katte. Wanneer Arieb, aan wie hulle ook baie vreugde beleef, op 17 Desember 1986 aan beenkanker sterf, teken Jan in sy dagboek aan: ‘Dankie, ou maat, vir sewe jaar en vier maande.’ Hulle kry twee nuwe honde, Bekkie en Patta. ‘Na 'n week’, skryf Jan, ‘is die huis een groot chaos, en het die katte met starre oë talle hartaanvalle oorleef.’ Wanneer Chris Barnard en Katinka Heyns later 'n vakansiehuis regoor Jan en Jorie betrek, leer hulle Jan en veral sy honde nog beter ken as vroeër. ‘Een keer 'n jaar, in Desember,’ skryf Chris, is ons bure op Onrusrivier. Maak jy die eerste oggend die agterdeur oop, wag daar 'n mandjie met 'n kop dou-nat botterslaai, 'n paar takkies roosmaryn, 'n bossie vinkel, 'n bietjie seldery - en Die Burger. ‘Vreemd,’ skryf Chris, ‘maar Jan kom altyd by die agterdeur in en die honde triomfantelik 'n paar sekondes later by die voordeur.’Ga naar eind38 Jan se voorkeur het altyd uitgegaan na groot honde. By geleentheid het hy gesê as 'n mens eers 'n groot hond leer liefkry het, kan jy nie meer klein keffertjies verdra nie.Ga naar eind39 'n Groot hond was vir hom nie net 'n goeie wagter nie, maar 'n uitmuntende stapmaat in die duine, teen die berg of langs die strand. Die katte in die huishouding het telkens met talryke krose seisoensgewys vermeerder en was in Jorie se ateljee dikwels modelle vir haar skilderye. Hoewel Jan nie afsydig was van die katte wat etenstyd dikwels op die agterstoep op die tafel lê en bak of teen die aand se kant gehipnotiseer die vlug van die voëls dopgehou het nie, het sy voorkeur uitgegaan na sy honde. Maar ook ander diere het sy belangstelling en sorg | |
[pagina 426]
| |
gewek. Op 'n keer het hy en Jorie weke lank 'n pikkewyn wat met olie van 'n tenkskip besmeer is, versorg en met klipvissies gevoed. En in die kouer maande van die jaar het hy altyd belanggestel in die walviskoeie wat in die beskutte water kom baai en die weke met hul ‘enorme kleingoed lê en omspeel het’.Ga naar eind40 | |
IIINá Jan en Jorie se vestiging op Onrus kom Jan se ouers en sy broers van tyd tot tyd by hulle kuier. Van 27 Mei tot 3 Junie 1970 is sy pa en ma in 'n nog onklaar plek by hulle, maar hy vind ‘hulle word oud en inhuisig’. Ook sy broer Louw, die geoloog, kom met sy vragmotor aangery. Jan merk op hy is nog soos altyd sku, maar as hy eers aan die praat raak, hou hy nie op nie. Hy volg mens soos 'n hond en Jan wonder of al die gesels en slaafse agternalopery 'n manier is om vir die groot eensaamheid in die veld en die Namib te kompenseer. Hy skryf steeds aan sy epiese gedig oor die sandkorrel. Twee van sy voortande makeer en hy praat nou nog meer skuinskop as tevore. In die negentigerjare vestig sowel Hans as At hulle op Hermanus en sien die broers meer van mekaar. Toe Jan en Jorie op Onrus intrek, het die skilders Cecil Higgs en Gregoire Boonzaier reeds daar gewoon. Net soms sien hulle Cecil langs die see wandel, met ‘haar vorstelike optog katte skugter verknog aan haar eensaamheid.’Ga naar eind41 Gregoire kon hulle meer dikwels sien ‘waar sy lang bene sy fiets se pedale statig om en om trap, of waar hy kierie in die hand en hond op die hak gaan stap’.Ga naar eind42 Met die ‘mengsel van wrewel en toegeneentheid’Ga naar eind43 waarmee hy dikwels skryf oor Uys Krige, wat ongeveer 'n jaar voor hom en Jorie permanent op Onrus kom woon het, kla Jan in sy dagboek en in 'n Boek vir Onrus dikwels oor sy ou vriend se ydelheid en sy onvermoë om enigiets prakties met sy hande te verrig. Op 8 Desember 1970 teken hy aan Uys het sy nuut verkreë telefoon só baie gebruik dat dit stukkend is. Hy ‘verteer’ tonne koerantpapier om sy naam êrens genoem te kan sien, en luister en kyk gelyktydig na die radio en die televisie net om sy naam of beeld nie te mis nie. Saam met vriende sal hy in 'n gesprek tien minute voortbabbel en vroetel, sodat almal, met die gewillige Jorie vooraan, soos 'n kring howelinge na hom moet luister. En Jan wonder hoe dit moontlik is dat 'n | |
[pagina 427]
| |
man wat so min vir kos en wyn omgee, dit reggekry het om Frans te leer. Babsie Winnaar, Uys se huishulp, moet by hom inwoon om alles vir hom op te tel en reg te vat agter hom aan en vir alles te sorg. ‘En ook vir haar maak hy, hulpelose, verhewe digter, naïewe kind, tot moeder wat kloek oor sy hulpelooshede.’Ga naar eind44 Toe Cecil Higgs op 'n dag deur booswigte aangeval is, ontwikkel Babsie tot 'n kloekende hen wat Uys dag en nag wil beskerm. ‘Ek slaap nou op die stoep om Oubaas Uys van die moordenaars op te pas. Ek slaat die moordenaar oor die kop met die byl as hy die Oubaas kom doodmaak, ja.’ Volgens Jan ly Uys aan 'n groot dosis ipekonders wat hy liefderyk vertroetel en hom telkens in die hospitaal laat beland. Wanneer Uys ná so 'n hospitaalverblyf alleen by die huis is, kry hy aanvalle van swartgalligheid en ‘doodsgedagtes omdat sy digfontein so totaal opgedroë het’.Ga naar eind45 Op 'n dag roep hy knorrig uit: ‘Mammie het ons nooit vertel die ouderdom is so vreeslik nie.’Ga naar eind46 Steeds gaan Uys in die oggend en die middag see toe om te swem. Op 'n dag verloor hy met die swem in die golwe sy kunsgebit. ‘Dat die see waarvoor ek só lief is, dit nou aan my kon doen,’ sug hy. Toe hy hoor Cynthia Laubscher stal montages uit, onder meer een met 'n vasgelymde stel tande daarop, bel hy dadelik na die kunslokaal. Hy vra Cynthia waar sy die kunstande gekry het. ‘Op die strand?’ Hy gee Cynthia nie tyd om te antwoord nie. ‘Ek't myne op die strand verloor. Jy moenie daai skilderstuk verkoop nie, hoor jy, dis my tande. Vasgegom? 'n Mens kan dit mos weer losmaak of iets. Dis mý tande, ek wil hulle terughê.’ Dit het Cynthia weinig gehelp om Uys te probeer oortuig die tande was vasgelym en onbruikbaar en dat sy hulle buitendien nie by die strand opgetel het nie. In sy dagboek teken Jan aan dat Uys met die toenemende ouderdom versleg, al hoe krenteriger en selfsugtiger word en nie meer 'n behoorlike bord kos inkry nie. Saans loop hy in Onrus se stil strate rond en stap sommer by enige iemand in, sonder om daaraan te dink om 'n geskenkie, 'n bottel wyn of so, saam te neem. Die huishulp wat in Babsie se plek kom, begin hom met enorme aankope van kruideniersware uitbuit en haar nagklere, kunstande en onderklere lê die huis vol. Jan teken aan: Uys se selfsug het nou ontstellende afmetings, en boonop dwing hy almal om hom om die hede te ontken en net in die verlede te lewe. Alle kos haat hy, soos hy luidkeels voor elke ete verkondig. Ons moet vir hom bandopnames maak vir 'n glorieboek vol foto's vir Perskor. | |
[pagina 428]
| |
Hy dwarsboom alles opsetlik, stel uit soos 'n kind wat speelgoed breek, en dwing al sy herinneringe Europees, dus weg van Suid-Afrika se skrywers. Sy gloriejeug in Europa, en nie Suid-Afrika waar sy roem te min was. Geen ou vriend wil hom meer sien nie; hy het 'n monster / karikatuur van die ou Golden Boy geword. 'n Aanduiding van Jan en Uys se verhouding tot mekaar in hierdie jare gee André Letoit, die latere Koos Kombuis, in sy roman Somer II (1985): Ons kom in die stikhitte van die vroeë middag op Onrus aan, en besluit om Jan Rabie nie dadelik lastig te val nie, want dis die tyd dat alle suksesvolle mense slaap of hulle vroue klim. Dus sit ons op die strand tussen lae bossies en weggooi-Cokeblikkies op 'n bankie en eet ons laaste tjoklitkoekies op wat ons naby Grabouw in 'n plaasstoor gekoop het, ons rugsakke eenkant neergegooi, moeg en warm en stomend van die lang ent pad teen ons lywe. Jan begelei hulle na die huis van Louie Lemmer, Uys se sekretaresse, waar hulle gaan oorbly. Hy lyk die hele tyd tegelyk nors en vriendelik. Abrup is eintlik die woord. Alles wat hy sê spoeg hy uit soos 'n bitter blaffie. Ook dié dinge wat hy skynbaar goed bedoel.Ga naar eind48 | |
[pagina 429]
| |
Hulle besoek Uys Krige: Hy sit daar, agteroor soos 'n sater wat sommer netnou uit die bos uitgekruip het en die huis oorgeneem het en dit sy koninkryk gemaak het. Bonkige lyfie; waterige dog skerp ogies agter die brilglase; lang, ongeordende grys hare oor sy kraag. Sý sinne kom ook skerp, hartlik en effens verbitterd uit. Praat alle suksesvolle skrywers in triomfantlike monoloë soos rukkerige mishorings? Dis 'n ondervinding om hom en Jan met mekaar te hoor praat; die een bly half op die stoep staan, vies of skaam om in te gaan, en die ander sit agteroor op die rusbank; en dan blaf hulle vir mekaar.Ga naar eind49 Maar wanneer Uys op Maandag, 10 Augustus 1987, te sterwe kom, breek die liefde wat Jan diep binne-in hom vir Uys gehad het, deur. By die begrafnis op Donderdagmiddag, 13 Augustus, is Jan een van die draers en sê hy by die graf: ‘Die troebadoer en swerwer het huis toe gekom, na hierdie plekkie aan die voet van Afrika, voor die ontsaglike Suidersee; 'n plekkie met die naam Onrus. Uys het kom rus in Onrus.’Ga naar eind50 Toe hulle wegloop ná die begrafnis, sê Jan vir Jorie: ‘Nou kan ek later hier langsaan Uys begrawe word.’Ga naar eind51 Later het Jan die graf van die digter van ‘Ken jy die see...’ met wit skulpe bedek en drie sonneblomme - Uys se geliefkoosde blom - daarop geplant.Ga naar eind52 Met Jan en Jorie wat hulle in Maart 1970 op Vermont vestig en Chris en Katinka Barnard wat later hul vakansiehuis daar laat bou, word Onrus en sy tweelingdorpie met die jare 'n egte kunstenaarskolonie waar skeppende en verwante mense kom woon of vir hulle naweek- en vakansietuistes aanskaf. Hulle is die egpaar Klaas Steytler en Elsa Joubert, Jack Cope, Koos Human, Siebert Wiid, Bill Davis, Barend J. Toerien, Simon Rappoport, Etienne Leroux, Al J. Venter en later ook Pieter en Estelle Spaarwater. Gou word Jan en Jorie se huis, soos vroeër hulle woning in die Rue de la Tombe Issoire in Parys en Cheviot Place 6 in Groenpunt, 'n gewilde aankomplek vir kunstenaars en skrywers. Uit die noorde kom Fanie Olivier, ‘jonk en opreg en opgewek soos fonteinwater’,Ga naar eind53 uit Natal Braam de Vries met sy Ladismithse bry-r en sy talle stories uit die Klein Karoo, uit Switserland dr. Peter Sulzer wat van Jan se werk in Duits vertaal, ‘die hoflikste mens wat ons ooit aan huis had’,Ga naar eind54 uit Windhoek George Weideman ‘met 'n karakoelpels van 'n baard’Ga naar eind55 en uit Johannesburg die ‘fermsagte’Ga naar eind56 | |
[pagina 430]
| |
John Miles. Jan merk in sy dagboek op André Brink, wat gereeld uit Grahamstad opdaag, ontwikkel al hoe meer 'n ‘bourgeois’ maag, Etienne Leroux kry 'n hippie-gestalte namate sy hare en baard al hoe meer uitrafel en hy sy oë agter 'n donkerbril verskuil, Koos Human raak al hoe sprankelender soos hy oor glasies rooiwyn stories oor skrywers vertel, en Leon Rousseau ‘met sy katamaran en soet, onverstoorbare glimlag’ laat 'n mens dink ‘van sy voorouers moes katte gewees het’.Ga naar eind57 Twee jong skrywers met wie Jan in die sewentigerjare kennis maak, is die digters Phil du Plessis en Casper Schmidt wat dikwels van Johannesburg ry, by Etienne Leroux op Koffiefontein oornag en dan by Jan en Jorie op Onrus aandoen. Vir jong digters was Rabie as redakteur van Contrast die spilpunt, ‘'n vae en aangename redakteur’.Ga naar eind58 Soms word die gaste, veral in die somermaande as vriende en besoekers uit die binneland hulle drumpels deurtrap, vir Jan te veel en teken hy in sy dagboek aan: ‘Ek is uitgemens.’ Tog was dit deel van sy persoonlikheid en, ten spyte van sy teruggetrokkenheid, een van sy vaste beginsels om nooit mense weg te wys nie, 'n gulhartigheid wat hy van sy moeder geërf het. Die besoeker, het hy dikwels gesê, is heilig in jou poorte; jy moet hom altyd welkom laat voel.Ga naar eind59 Iemand vir wie Jan reeds in sy jare in Groenpunt ontmoet het en wat gereeld by hom op Onrus kom kuier, is die skrywer Richard Rive wat nooit sy verontwaardiging oor apartheid en die verbod op sy boeke weggesteek het nie. Tog het sy sin vir humor hom, ‘dinamiese [en] hoflike mens’Ga naar eind60 wat hy was, verhoed om in giftigheid te verval. Wanneer Richard, op die toppunt van sy roem as skrywer en dosent, sinloos deur moordenaars neergevel word, skryf Jan 'n huldeblyk oor hom.Ga naar eind61 Ook Bill (W.A.) de Klerk, nog 'n vriend uit sy Groenpunt-dae, kom gereeld kuier, vir Jan die mees Bolandse van alle Afrikaanse skrywers. Omdat Jan ook met sulke aksies besig was, het hy groot waardering gehad vir Bill se inisiatiewe en sy kampvegtersdrif vir die bewaring van die berge en die statige ou herehuise van die Paarl-vallei.Ga naar eind62 Hoewel Jan nie veel erg gehad het aan akademici nie, was die filosoof Johan Degenaar, een van die hoflikste mense wat hy ken, een van die groot uitsonderings - ‘the most decent man in Stellenbosch’, sou Jorie later sê.Ga naar eind63 In 'n huldigingsbundel vir Degenaar skryf Jan: ‘sy hele persoonlikheid is deurglans van 'n helderheid soos van 'n geslypte juweel wat geen vatplek bied aan 'n kritiese oog nie’.Ga naar eind64 Wat hy in 'n gesprek met hom waardeer, is ‘sy kalmte en helder denke wat hom eerder na jóú sal laat luister as om 'n dowwe kol in sy ego aan jou op te | |
[pagina 431]
| |
dwing’.Ga naar eind65 Eenmaal het hy geluister hoe Degenaar in 'n openbare debat met hooggeplaaste apartheidkerkleiers in die Stellenbosse Kweekskool optree, 'n parate, vreeslose vertoning van suiwer logika, sonder om sy stem te verhef soos van sy driftige teenstanders soms wel gedoen het. Tydens dié debat het Jan geesdriftig opgespring en ‘Ditsem!’ uitgeroep, tot wrewel van die kerkleiers. Vir Degenaar en sy vrou Jetty was Jan se koppigheid 'n aantreklike deel van sy persoonlikheid en hulle het gehou van die wyse waarop hy en Jorie van mekaar voor vriende verskil, nie hulle rusies hou vir tot wanneer hulle alleen is nie. Jan se liefde vir sy hond en sy groentetuin, sy opgaan in die aarde en sy liefde vir Afrikaans het Degenaar beïndruk.Ga naar eind66 Op sy beurt het Jan gevoel, wanneer hulle op Onrus saameet, Degenaar waardeer sy en Jorie se gesprek ‘as iets so kosbaars soos die goue dag buite oor die blou see aan ons voete’.Ga naar eind67 Jan skryf: ‘Al wat ek Johan Degenaar uit al ons mooi dae wil verwyt, is dat hy die woord altyd bo alles gestel het. Johan kan deur 'n landskap loop, oënskynlik sonder om die afdwalings van 'n blom en blaar raak te sien, so verdiep sal hy in die spel van die woord bly.’Ga naar eind68 Die gebruik van ‘afdwalings’ getuig van hoe sensitief Jan woorde in selfs 'n kort stukkie geleentheidsprosa kon gebruik. Dit is op Onrus waar Breyten Breytenbach saam met sy vrou, Yolande, hom in 1973 aanvanklik tydens sy eerste besoek ná baie jare aan Suid-Afrika in sy ouers se huis tuismaak en, soos telkens daarna, op Oujaarsdagaand 1972 saam met 'n hele boel gaste by Jan en Jorie saamkuier. In 'n Seisoen in die paradys wat hy onder die skuilnaam B.B. Lasarus oor hierdie besoek in 1976 publiseer, verwys hy na Jan en Jorie as Biltong en Joors: Na aandete stap ons in die donker na Biltong en Joors se huis wat net 'n entjie verder lê. Motte om die enkele lamppaal se lig. Vlermuise, harig seker, in die geute van die donker huise op leë erwe. Bo ons staan en tril die Suiderkruis op sy twee wysters. 'n Enorme dierasie, 'n hond met die naam van Skylos, kom knorrend op ons af. Biltong en sy familie sit om 'n vuur in die agterplaas. Ons is net betyds vir wyn en koffie. Jan Biltong is 'n geveerde en intense klein silhoeët in die vlamme se skynsel. Hy kyk met sy kop half skuins en 'n sardoniese glimlaggie in die baard na die verlore seun se tuiskoms.Ga naar eind69 | |
[pagina 432]
| |
Van 23 tot 27 Maart gaan Jan vyf dae lank saam met die uitgewer Daantjie Saayman en sy vrou, Nici, die argitek en dosent Barry Bierman, die argitek Revel Fox, swaer van Uys Krige, Barend Toerien, James Polley en Breyten stap in die Sederberge. In 'n Seisoen in die paradys dui Breyten Barend met die naam Bul en Jan as Ratel aan. Hulle stap oor die Sederberge by Welbedacht tot by Wuppertal en terug deur Skerpioenspoort en Vogelsangvallei tot Crystal Pool. Tydens dié reis maak Jan kennis met oom Frederik Joubert, hulle bruin gids, wat in 'n grot woon en getuie was van hoe arende met 'n luiperd baklei, maar Jan erg hom aan die ‘liberaliste’ in hul groep wat vervelig-kruiperig teenoor die bruines optree. Telkens in die sewentiger- en tagtigerjare onderneem Jan nog staptogte langs die see of in die berge, soms vergesel van Barend Toerien. Sy hulde aan die berge en aan oom Frederik Joubert, wat dit nie kon veel dat van die bergklimmers sommer so Engels ‘in sy gesig in’Ga naar eind70 kom praat nie, boekstaaf Jan in Droomberge - Sederberge (1985), die verslag van sy laaste lang staptog wat hy saam met Daantjie en Nici Saayman en oom Frederik met sy donkies onderneem.Ga naar eind71 Iemand vir wie Jan in die sewentigerjare op Onrus leer ken, is die skrywer M.C. Botha met wie hy 'n hegte vriendskap sluit. M.C. het van die begin af Jan se onblusbare drif om die lewe, sy onverskrokkenheid en sy sin vir regverdigheid, ‘so tragies afwesig in die dogmas van Afrikanernasionalisme’,Ga naar eind72 bewonder. Jan, het hy waargeneem, is die onafhanklikste mens wat hy ken: Hy verwag nóg gawes nóg guns, hoewel hy, paradoksaal genoeg, maklik van albei sal gee. Hy is in 'n sin die titel van een van sy boeke, Mens-alleen, tog is hy 'n gelukkige mens [...] Daar is iets argaïes in Jan, iets oers, wat Etienne Leroux laat sê het: ‘Jan is heilig.’...Die afgrond lok hom nie. ‘Nietzsche is 'n mal hond wat hulle moes vermoor het die dag toe hy gebore is,’ sê hy.Ga naar eind73 Omdat daar drie mense in die telefoongids van Hermanus met die naam Jan Rabie is, het Jan die woord ‘Skrywer’ agter syne laat invoeg. Nog 'n illustrasie van sy onafhanklikheid van denke en oordeel is dat hy weinig waarde heg aan kreef, by uitstek dié seekos waarvoor baie mense ten duurste in restaurants sal betaal. Toe M.C. ná 'n duiksessie met 'n halwe sak kreef uit die water kom, was Jan se enigste opmerking: ‘My pa het | |
[pagina 433]
| |
hulle skerpioene van die see genoem.’Ga naar eind74 Waarskynlik omdat hy 'n groot deel van sy lewe in armoede moes lewe, was daar by Jan 'n versamelwoede. Een jaar het hy tydens 'n byeenkoms van skrywers loodomhulsels van al die wynbottels tydens elke aand se partytjie versamel en in sy baadjiesakke geprop vir wanneer hy Kaapstad toe moes terugvlieg. Toe hy verby die sekuriteit by die lughawe stap, gaan die bomverklikker se alarm af. Jan skrik hom boeglam. Sy verskoning was dat hy maar net die goed by sy huis wou gaan smelt om nuwe gewigte vir sy duikgordel te maak.Ga naar eind75 Hoewel hulle mekaar reeds van vroeër geken het, kom daar 'n hegte vriendskap met die Rabies tot stand wanneer Chris Barnard en sy vrou, die sprankelende Katinka Heyns, regoor hulle op Vermont intrek. Jan en Katinka se kennismaking het stram begin. Katinka wou graag 'n dokumentêr oor die see maak en Chris het aanbeveel dat sy Jan vir medewerking nader. Toe Katinka uit Johannesburg afkom Kaap toe en Jan bel, was sy eerste woorde dat hy haar nie kan ontvang nie. ‘Jorie, my vrou, is nie hier nie, sy is besig met 'n uitstalling’, was sy woorde. Katinka se verweer dat dit nie saak maak nie en dat sy eintlik kom om hom te sien, het op dowe ore en onbegrip gestuit. ‘Maar my vrou is nie hier nie’, het hy herhaal. Toe Katinka Jorie by die uitstalling in Kaapstad ontmoet en vra of sy enige beswaar het as sy 'n onderhoud met haar man voer, want hy is half skaam daaroor, was Jorie se antwoord: ‘Nee, gaan gerus.’ Toe Katinka volgens afspraak op Vermont aankom, was Jan baie senuweeagtig. Hy het koppietjies vir die Griekse koffie wat Jorie altyd maak, vooraf reggesit en vir haar in 'n koppietjie met 'n bars in ingeskink. Die koffie loop alles uit en Katinka drink dit vinnig op, waarop Jan dit weer vol skink en Katinka dit weer dadelik uitdrink. Die hele situasie was vir Katinka meer as half ongemaklik, want sy kon nouliks vir Jan sê die koppie lek. Dit was egter hulle eerste ontmoeting. In die jare van hul vriendskap het sy agtergekom Jan is dikwels ongemaklik met 'n eerste of skielike kennismaking. Sy reaksie in so 'n situasie was altyd om terug te val op Jorie wat sy sosiale kant gehanteer het. Later het hulle goeie vriende geraak en het sy bewus geword van die besondere verhouding tussen hom en Jorie. Dikwels kon sy van haar en Chris se huis hoor hoe hulle met sulke eggo's ‘Jaaan’ en ‘Jooorie’ uit die tuin of die ateljee na mekaar roep.Ga naar eind76 Van die sensitiefste stukke wat ooit oor Jan en Jorie geskryf is, kom uit die pen van Chris Barnard. In die teks wat hy vir Katinka se film Jan-en-Jorie by geleentheid van Jan se sewentigste verjaardag in 1990 skryf, sê hy: | |
[pagina 434]
| |
Amptelik is hulle bekend as die skrywer Jan Rabie en sy Skots gebore vrou, die skilder Marjorie Wallace. Maar net die buitewêreld ken hulle so. Na vyf en dertig jaar se getroude lewe en 'n ingewikkelde proses van mutasie het hulle een geword, onverklaarbaar en wonderbaarlik saamgevoeg. Die een hand skilder, die ander hand skryf. Hulle praat nog uit twee monde uit, ja, en hoofsaaklik tegelyk, maar sonder die een is die ander een onvolledig. Jan-en-Jorie. 'n Naam met koppeltekens [...] Soms doen die toeval uitsonderlike moeite om mense uit vreemde uithoeke van die aarde af bymekaar te bring. | |
IVVroeg in 1970 werk Jan sy toekomsfiksieverhaal Die hemelblom, wat hy reeds in die vyftigerjare vir die radio geskryf het, om tot roman. Dit verskyn in 1971 by Tafelberg. In die sewentigerjare verskyn nog verder van hom 'n Haan vir Eloúnda (1971), sy Kreta-skinderboek waaraan hy in die wintermaande van 1970 lekker skryf en wat hy aanvanklik Eiland voor Europa wou noem. Hy voltooi ook Die seeboek van die Sonderkossers (1975), 'n boek wat gunstig deur die kritiek ontvang word en wat talle herdrukke beleef. En in 1987 voltooi hy die vertaling van The way out as Môrester oor die Abruzzi wat Uys Krige nie kon klaarmaak nie. Naas sy gereelde rubriek oor nuwe Afrikaanse publikasies in The Cape Times doen Jan in hierdie jare ook heelwat vertaalwerk vir 'n inkomste. Hy voltooi sy vertaling van Ioannes Kondulakis se roman Patouchos as Patoegas en vertaal verder uit die Grieks Ilias Venezis se roman Aioliki ji as Verlange na die hartland. In die sewentiger- en tagtigerjare sou hy nog heelwat vertaalwerk doen, meestal uit Frans, maar ook heelparty uit moderne Grieks en Duits. Uit Frans vertaal hy Djibi Thiam se Suster Luiperd, uit Duits Die varkwagter van Hans Andersen en uit Engels Arthur C. Clarke se 2010: Sending na Jupiter, die opvolg van die roman waarop die legendariese rolprent 2001: A space odyssey gebaseer is. By geleentheid het Jan hom uitgespreek oor hoe hy 'n vertaling aanpak. Gewoonlik, sê hy, begin hy deur die oorspronklike vinnig te lees en bewus te raak van die atmosfeer en die slaggate wat op hom wag. Dan begin hy vertaal deur 'n paragraaf of 'n sin te probeer begryp en dit terselfdertyd in Afrikaans ‘om te dink’. As hy moeilike kolle teëkom, sal hy dit met vertalings in Nederlands | |
[pagina 435]
| |
en Engels vergelyk. Ná voltooiing vergelyk hy dan sy teks met die oorspronklike, maar daarna lees hy net die Afrikaanse teks om te sien hoe dit nou, onafhanklik van die oorspronklike, daar uitsien en of die woordkeuse en die sinsritme hom bevredig. Dan tik hy dit vir die tweede keer skoon oor.Ga naar eind77 Die mees ambisieuse roman waaraan Jan in die sewentigerjare werk, is Ark, waarmee hy die lyn van sy Bolandia-reeks tot in die hede wil deurtrek. Sentraal is weer, soos in Ons, die afgod, die kleurprobleem, nou met die vraag wat die blanke Afrikaner kan red en hoe hy kan oorleef. Hy begin met dié roman in November 1971, maar skryf hom telkens vas, hoofsaaklik, soos hy in sy dagboek aanteken, omdat hy nie binne-in sy karakters kan kom nie. Wanneer hy die manuskrip inlewer, vra Koos Human ses persone om dit te lees, maar vyf van hulle is gekant teen publikasie. In 'n brief van 11 November 1974 sê Koos Human die hoofbeswaar is dat die roman in ‘een groot preek’ ontaard en aan 'n tweespalt tussen verhaal en verhandeling ly. Jan hersien die teks weer en uiteindelik publiseer Human & Rousseau dit in 1977, al was dit dan met weinig entoesiasme. Die verhaal speel af in die hedendaagse Suid-Afrika. Die sentrale figuur, 'n skrywer, moet homself ná 'n fase van geheueverlies opnuut oriënteer ten opsigte van die Suid-Afrikaanse rassespanninge en geskiedenis as sodanig, 'n taak wat op 'n soektog na die eie herkoms en identiteit en uiteindelik 'n nuwe siening van die verlede uitloop. Die Afrikaner, wil Jan sê, ly aan amnesie, die geestesiekte by uitnemendheid onder blanke Afrikaners: ‘Ons het ons geskiedenis vergeet, vergeet hoe Hollander en Hottentot in hul ontmoeting vermeng en witter en bruiner Afrikaners geword het. [...] Apartheid as amnesie, 'n wensdenkery, wegdenkery van andere. Verantwoordelikheid vir die werklikheid is te swaar, vergeet dit met 'n dwelmwoord.’Ga naar eind78 Vir die ingeligte leser is daar heelparty outobiografiese momente in die roman en die hooffiguur, Alewyn Muller, is 'n afstammeling van sy gelyknamige voorsate in die eerste drie Bolandia-romans. Uit die gegewens oor die taalverspreiding wat in die tweede hoofstuk van die roman verstrek word,Ga naar eind79 is Rabie die demograaf aan die woord, terwyl baie van die gedagtes wat die karakters oor die wording van die Afrikanervolk en die Afrikaanse taal uitspreek, na die pleidooie van Jan self klink: | |
[pagina 436]
| |
‘Die Voortrekkers was 'n fout in die geskiedenis. Tot die vroeë 19de eeu het die nuwe Afrikanervolk as een homogene kultuureenheid uitgedy. Daarenteen was die Voortrekkers 'n sprong tussen ander volkere in, was hulle voortaan gyselaars van swart Afrika. Hulle sou hulle slegs kon handhaaf as enklaves van mag wat àl meer outoritêr hul veelrassige oorsprong in die moeder-Boland ignoreer, en bruin Afrikaners ook as “nie-blankes” verstoot. Hierdie gyselaar-wit mense het dus die Afrikaners se grootste gevaar geword...’Ga naar eind80 ‘Ons het net een kans om in Afrika te oorleef. Die eenwording van alle Afrikaners van alle kleure. Nog dieper wortelgooi. Minder Europa, meer Afrika.’Ga naar eind81 ‘As ons witter en bruiner Afrikaners mekaar nie kan vind nie, krepeer ons in die grootste gemors wat die wêreld nog gesien het.’Ga naar eind82 ‘Afrikaans is die taal van skollie en tsotsi en Boer en my moeder en 'n proletariaat wat in die aarde gewortel is. Dis 'n bloedsterk jong taal wat dié land se aarde soos geen ander kan uitsing nie.’Ga naar eind83 ‘Dink julle ooit daaraan dat die Afrikaanse taal Suid-Afrika se grootste veelrassige prestasie is? Saam deur wit en bruin en swart gemaak?’Ga naar eind84 Alewyn Muller word ‘'n verdagte persoon’,Ga naar eind85 woorde wat 'n hoë minister oor Jan teenoor Bill de Klerk opmerk,Ga naar eind86 terwyl die woorde waar Muller telefonies met die dood gedreig word,Ga naar eind87 woordeliks met Jan se eie ervaring ooreenkom.Ga naar eind88 En wanneer die skrywer Alewyn Muller deur sy dagboeke blaai en merk hoe hulle hoofsaaklik op idees konsentreer en van emosionele ontboeseminge wegswaai, klink dit baie soos Jan se eie dagboeke, veral dié ná sy terugkeer uit Parys. Muller se dagboeke, selfs sy briewe, ‘bevat min persoonlike besonderhede, eintlik net idees, veral dié van 'n sensitiewe Afrikaner telkens verontrus deur nuwe outoritêre stommiteite van die owerheid. 'n Neerslag van kollektiewe skuldgevoel, gepaard met 'n hartstogtelike behoefte om eerder trots as skaam vir sy mense te wees. Telkens kom sy aantekeninge terug op die bruiner Afrikaners, die stemloos uitgeworpe helfte van sy volk, versmaai deur hul witter broers wat selfbevoorregting deur velkleur afdwing in die gesig van die ganse Afrika.’Ga naar eind89 Die hoofbeswaar teen Ark is egter, soos in die geval van Ons, die afgod, 'n verteller wat alles deur 'n politieke bril sien en voortdurend moraliserend en patronerend kommentaar op die gebeure lewer. Helize van Vuuren wys op die karakters én die intrige wat voertuie vir propaganda word en die lang passasies uit Alewyn se dagboek wat die verhaalgang onderbreek.Ga naar eind90 | |
[pagina 437]
| |
André P. Brink meen die alwetende derdepersoonsverteller staan dikwels tussen die leser en die onmiddellikheid van Alewyn se pogings om homself weer te vind en rekenskap daarvan te gee, sodat hy as moralis sy ‘boodskap’ oor Afrikanerskap probeer uitspel in plaas van dit aan die roman-elemente self oor te laat.Ga naar eind91 Tog bevat Ark voortreflike gedeeltes, soos hoofstukke 4 tot 6, waarop Brink ook wys. En ten spyte van al die gebreke is Jakes Gerwel besonder gunstig aan die slot van sy resensie: ‘Wanneer hulle wat ná ons kom die balansstaat van 'n Suid-Afrikaanse literatuurgeskiedenis opmaak, sal dit, naas die klein handjievol Afrikaanse prosawerke met werklike aanspraak op literêre afgerondheid, skrywerskappe wees soos dié van Rabie met 'n roman soos Ark wat uit Afrikaanse geledere die betekenisvolle groeipunte in die ontwikkeling van ons nasionale literatuur blyk te wees.’Ga naar eind92 Jan se volgende roman is Johanna se storie wat in Desember 1981 verskyn en waaraan hy in Mei 1978 begin werk - weer 'n boek oor apartheid, maar dié keer geestig en met 'n ligte aanslag. Op 5 Oktober 1978 teken hy kripties aan: ‘Skryf roman so lank, so outyds moontlik, so leesbaar soos Dickens. Weet nooit iets vooruit nie, beplan weinig, inherente komiek en natuurlik fantasie van elke situasie moet self skryf.’ Wanneer hy dit inlewer, sê Koos Human dat hy die manuskrip met genoegdoening gelees het. Dit is die lewensverhaal van Johanna, 'n meisie van gemengde afkoms wat van die huis van haar despotiese vader wegloop om 'n nuwe lewe in Kaapstad te begin. Die roman is in hoofsaak episodiese verhaalkuns deurdat die hoofkarakter haar telkens in nuwe situasies bevind en met nuwe karakters gekonfronteer word. Dit bring ook mee dat talle tonele - soos dié in hoofstukke 15 en 16, 'n milde satire op Uys Krige - weinig met die groter verband te make het, al is hulle dan op sigself heel vermaaklik. Een insident wat Jan hier verwerk, berus op 'n voorval wat hy self in geselskap van Jorie en Richard Rive beleef het. In November 1974 teken hy in sy dagboek aan dat hulle drie die jaarlikse Caledonse veldblommeskou wou besoek. Hulle is toegelaat om deur die tuin te stap, maar toe hulle die groot skuur met die skou wou binnegaan, het Richard, geklee in 'n flambojante oranjekleurige ferweelbroek met Columbia University in vet letters op sy wit T-hemp, hond se gedagtes begin kry, in die motor gaan sit en gemaak asof hy hoofpyn het. Toe Jan aan die hekbeampte vra of hulle ook hulle ‘nie-blanke vriend’ mag inbring, deel dié hom vriendelik mee dat hulle nie geriewe vir alle rasse het nie. In die toneel in Johanna se storie gee Jan die voorval as volg weer: | |
[pagina 438]
| |
‘Ons kom mos nie fluit nie, ons kom blomme kyk!’ [...] Jan stap na die parkeerterrein en kom terug met Richard. Toe die hekwagter hom sien, merk hy teenoor Jan op: ‘Nee, maar oukei, mens kan sien hy's 'n Pakistani!’Ga naar eind94 Een van die karakters merk na aanleiding van hierdie voorval op: ‘[A]s selfs bloed- en taalbroers soos ons nie soos mense saam kan verkeer nie, dan gaan ons mekaar mos soos hondsdol diere in hierdie land verskeur.’Ga naar eind95 Hoewel Jan En oseaan (1985) as die vyfde en laaste van sy Bolandia-reeks aandui, is dit slegs die gegewe wat daarvan 'n historiese roman maak. Dit speel af teen die agtergrond van die melaatse-kolonie van Hemel en Aarde (1817-1846) en steun dus op 'n gegewe wat, soos Jan dit self stel, hy as 't ware op sy ‘drumpel oopgeskrop het’Ga naar eind96 en waaroor hy waardevolle inligting in die Morawiërs se argief op Genadendal kon opdiep. Jan sê self hy het hard probeer om politieke ammunisie daarin te kry, maar die naaste wat hy aan rassisme by die veelrassige inwoners van die Melaatse Instituut teengekom het, was die blanke melaatses se eis dat hulle aparte kleinhuisies wou hê! Teen die agtergrond van die melaatses se ervaring gee die roman ook die ‘vrese en verlangens’ van 'n jong ontwikkelende land. Van Jan se latere romans is En oseaan met sy sterk, gespanne opbou tot 'n grootse slottoneel die geslaagdste. Wat, naas Droomberge - Sederberge (1985), waarin hy met genoegdoening skryf oor die vreugde wat hy as bergklimmer uit die natuur geput het, nog in die tagtigerjare van Jan verskyn, is die onderhoudende 'n Boek vir Onrus (1982), sy outobiografiese Perskor-boek in die reeks Sestigers in | |
[pagina 439]
| |
woord en beeld (1986) en Buidel (1989) waarin hy sy verspreide opstelle, referate en geleentheidstukke bundel. Soos 'n Haan vir Eloúnda 'n dankiesê-boek vir Kreta en sy mense was, is 'n Boek vir Onrus 'n onderhoudende skinderboek oor alles wat Jan saam met sy Jorie in hul tuiste by die see en saam met hul diere en baie vriende ervaar en beleef het. Dit is 'n boek waaruit 'n mildheid en 'n groot menslikheid straal, al word dit nooit stroperig of sentimenteel nie. En in sy bydrae tot die reeks Sestigers in woord en beeld kon hy 'n bestekopname maak van 'n hele lewe en 'n skrywerskap wat toegewy was aan sy twee hartstogte: die Afrikaanse mens en die Afrikaanse taal. |
|