Jan Rabie. Prosapionier en politieke padwyser
(2004)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 336]
| |
Hoofstuk XI
| |
[pagina 337]
| |
die bewussynstroom, 'n spel met tye, die terugflits en 'n mitologiese stramien literêr vreemd en die ‘filosofiese’ basis van 'n roman soos Etienne Leroux se Sewe dae by die Silbersteins duister,Ga naar eind2 terwyl F.E.J. Malherbe gevind het dat André P. Brink in 'n roman soos Lobola vir die lewe seks ‘by die hare’ bysleep.Ga naar eind3 Naas die seksuele uitgesprokenheid lok die afkeer van kerk en godsdiens en die kritiek op die apartheidspolitiek in sommige werke by meer as een leser verset uit. Baie gou kom daar dan ook 'n polarisasie tussen die skrywers aan die een kant en die owerheid, die Kerk en dele van die literêre ‘establishment’ aan die ander kant. 'n Vrystaatse lid van die provinsiale raad verwys na die Sestigers as ‘daardie gespuis’,Ga naar eind4 terwyl die Akademieraad aanvanklik huiwer om die Hertzogprys aan ‘sulke dekadente werk’Ga naar eind5 soos Sewe dae by die Silbersteins toe te ken en eers swig as N.P. van Wyk Louw in die openbaar hom ten gunste van so 'n bekroning uitspreek. Hoewel Jan Rabie tot die eksperimentele aanvangsjare van Sestig bydra deur die surrealistiese ‘prosas’ van Een-en-twintig en die Kafka-agtige inslag van sy roman Mens-alleen, maak hy nie in dieselfde mate as Leroux en Brink gebruik van nuwe tegnieke nie, terwyl die seksuele openheid van Brink by hom feitlik volledig afwesig is. Hy is egter by herhaling bereid om sy medekunstenaars se goeie werk aan te prys en te verdedig. In Leroux se Sewe dae by die Silbersteins, Brink se Lobola vir die lewe en Bartho Smit se Pusonderwater vind hy ‘een selfde noodkreet oor ons gemeenskap se geloofskrisis’.Ga naar eind6 Wanneer W.E.G. Louw in 'n resensie in Die Burger van 17 Mei 1963 Putsonderwater as 'n ‘prul’ afmaak, verdedig hy dit as 'n drama wat met sy volwasse problematiek ‘bloedwarm binne-in ons eie tyd’Ga naar eind7 staan en waardeer hy Smit se waagmoed om 'n sosiale aanklag in die vorm van 'n allegorie aan te durf. Daarby laat hy hom, sowel in sy skeppende werk as in sy betogende stukke, by tye sterk uit oor die skynheiligheid van mense wat hulself Christene noem. Op 'n byeenkoms van Nusas in 1965 sê hy dat die jonger skrywers met nuwe vorm- en situasieprobleme te make het waarmee die voorbeeld van ouer skrywers hulle nie veel kan help nie en dat hulle in hul soeke pioniers is, amper soos ‘nuwe Voortrekkers sonder 'n Bybel’.Ga naar eind8 Op hierdie uitspraak, wat in koerante gerapporteer is, volg 'n skeldbrief onder 'n skuilnaam en word die Sestigers se werk verdoem as 'n soort ‘agterbuurtlektuur’, ‘taalslettery’ en 'n ‘geploeter in die laagste vuilwaterslote’.Ga naar eind9 Ook op die retoriese verdediging van Afrikanernasionalisme soos Rabie dit in P.J. Meyer se Nog nie die einde | |
[pagina 338]
| |
nie aantref, reageer hy. Op Meyer se uitspraak dat die Afrikanervolk sy ‘Godgestelde roeping’Ga naar eind10 moet vervul en dat die swartes ‘steeds afhanklik van die Afrikaner se voogdelike leiding sal bly’,Ga naar eind11 vra hy hoe voogdyskap vir ewig kan voortbestaan. So 'n uitspraak dui vir hom op ‘nasionale verblinding waarin denke en Christendom eindig’,Ga naar eind12 woorde - soos hy in sy outobiografiese Perskor-boek sê - wat hom seker nooit vergewe is nie en tot persona non grata gebrandmerk het.Ga naar eind13 Veel meer as sy medeskrywers Brink en Leroux in hierdie vroeë stadium van Sestig toon Rabie dus 'n bewussyn vir die maatskaplike problematiek van Suid-Afrika, meer spesifiek die rassevraagstuk. Stukke soos ‘Stellenbosch, my vallei’, ‘Plek vir een’ en veral ‘Droogte’ in Een-en-twintig was daartoe reeds die aanloop, maar naas sy briewe en uitsprake in die pers kry dié vraagstuk die volle aandag op die groter skaal van 'n vollengteroman in Ons, die afgod. In dié vroeë stadium van Sestig is Bartho Smit se drama Die verminktes (1960) die enigste ander werk wat dié probleem in 'n werk van groter omvang sentraal stel. Wanneer Brink tydens die Kol-debat van 1968Ga naar eind14 vra of die tyd nie miskien, ná Sestig se toespitsing op ‘seks en simbole’ en die estetiese verfyning van die kunswerk, aangebreek het vir die deurbraak na die politieke en sosiale in die wydste sin van die woord nie, hou hy kennelik nie rekening met hierdie vroeë werke van Rabie en Smit en die Bolandia-reeks van Rabie waarvan die eerste drie in die sestigerjare verskyn nie. In sy reaksie hierop sê Smit dat Brink die hele Sestigerbeweging reduseer tot dit wat hy self daarin projekteer. Teenoor hierdie ‘ver-Brinking van Sestig’, wat tot 'n eensydige perspektief en die verenging van die hele beweging lei, meen Smit daar wás ander Sestigers, en hier het hy spesifiek Rabie en homself in gedagte, wat juis besig was met die ‘ander dimensies’ waaroor Brink dit het en wat erns met ons Suid-Afrikaanse situasie gemaak het. Dat dit nie altyd groot kunswerke opgelewer het nie, en 'n mens vermoed dat hy hier aan 'n werk soos Ons, die afgod dink, verander niks aan die saak nie. As Brink in Concept 2, Julie 1970 sê dat ‘the peculiar and important social functions fulfilled by younger writers in this country places an immense social, moral and political responsibility on us’, klink sy formulering feitlik woordeliks na uitsprake wat Rabie reeds in Parys in sy dagboek en in sy lesing oor die Afrikaanse skrywer en die kleurprobleem gelewer het. Rabie volg dus van die begin af ander roetes as sy tydgenote. Terwyl | |
[pagina 339]
| |
hy in Parys die invloede van die surrealisme, die absurdisme en die eksistensialisme ondergaan en gewerk het aan Een-en-twintig en Mens-alleen, was jonger tydgenote soos Dolf van Niekerk, Brink, Abraham H. de Vries en Hennie Aucamp besig met werke wat by die kleinrealisme en romantiek van vroeër aansluit. Toe van die Sestigers met gelade simbolies-allegoriese romans kom of werke lewer waarin die surrealisme neerslag vind, lewer hy die eerste voorbeelde van geëngageerde literatuur en 'n verdieping in die vroeë geskiedenis van Afrika, iets waarby Brink eers in die sewentigerjare sal uitkom. In dié opsig is Rabie, wat met sy sewejarige verblyf in Parys pionier en padwyser vir die ander Sestigers was, ook 'n buitestander wat in die vroeë jare 'n alleenpad loop. Telkens sal Rabie sy medeskrywers in die sestigerjare verwyt dat hulle van die Suid-Afrikaanse mens en situasie wegskram, dat hulle nie objektief en brandend-eerlik oor hulle mense se groot probleme skryf nie en hulle nie rekenskap gee van wat werklik in die Suid-Afrika van vandag aangaan nie. Die grootste ‘bedreiging’ vir 'n gemeenskap, meen hy, is nie ‘gevare’ van buite nie, maar as die moed en wil ontbreek ‘om die lewe soos hy is aan te durf en óm te skep tot kennis, waarde, geestesgoedere vir daardie gemeenskap’.Ga naar eind15 In 'n bydrae tot die tydskrif Contrast waardeer hy die ‘onrus van eksperimentalisme’Ga naar eind16 soos dit tot uiting kom in die werk van Leroux, Brink en Van Niekerk. Hy voel egter dat die ‘allesoorheersende Kleurprobleem’Ga naar eind17 nog nie deur skrywers sentraal gestel word nie, al is dit reeds die tema in Chris Barnard se Man in die middel en Elsa Joubert se Ons wag op die kaptein. Sterker stel Rabie dit in die derde uitgawe van Sestiger.Ga naar eind18 Die ‘stilistiese vormvernuwing en -verryking’ het volgens hom ‘taamlik krampagtig’ plaasgevind, iets wat onvermydelik is by enige bevryding en vernuwing. In die romans en novelles van die Sestigers word daar egter veral geworstel met die hoe, terwyl die wat, ‘die dringende aktualiteit van 'n Suid-Afrikaner se daaglikse konfrontasies’, ietwat bedolwe bly en nie eintlik ter sprake kom nie. Volgens hom wil die Sestigers nog te veel ‘literêr’ wees. Sy oproep aan die einde van dié kort artikel in Sestiger word, hoewel hy dit nie uitdruklik so stel nie, 'n oproep om aktualiteit: Die formele deurbraak was nodig, sal steeds weer nodig word omdat tydskrifte, geslagte en denkrigtings verouder en steeds hersien of vervang moet word. [...] Maar die eintlike taak vir 'n prosateur is nie om die jongste vuurwerkvertoning te lewer nie. Dit is steeds net: worstel | |
[pagina 340]
| |
met die mens. Sy angs, sy hartstog, sy oneerlike weghardloop en femelary, sy moed, sy soek na geloof. Sy eensame verantwoordelikheid voor elke situasie. Omdat ons Afrikaans skrywe op hierdie veeltalige planeet. Nie 'n spel met woorde nie, nie 'n steriele slyp van die pen nie, maar 'n bieg, die steeds herhaalde, steeds hernieude verhaal van die lewe. Vandag. As ons dit nie in ons prosa kan verwesenlik nie, dan het ons geen vernuwing ondergaan nie.Ga naar eind19 Dit is goeie, gesonde en eerlike prosa se taak, sê Rabie elders, om al die probleme en die brandende vraagstukke van die dag aan te spreek. Hy vind egter dat te veel Sestigers in die nuwe vorme van uitdrukking opgaan en dat die intellek in hulle werk oor die emosie seëvier.Ga naar eind20 In aansluiting by die briefwisseling tussen hom en Leroux in 1956-1957 sê hy in 'n lesing in 1965 dat die gevaar vir die Sestigers ‘'n blinker wêreld- en selfontvlugting’Ga naar eind21 is, al gee hy toe dat die Afrikaanse letterkunde min feller sosiale aanklagte as Sewe dae by die Silbersteins besit. Wat egter vir hom nog te min in ons letterkunde voorkom, is 'n direkte, volledige benadering van ons kleur- of gemeenskapsdilemma.Ga naar eind22 In 'n lesing op 18 Augustus 1965 voor die Afrikaanse Studiekring op StellenboschGa naar eind23 praat Rabie oor die verantwoordelikheid van die skrywer teenoor sy volk en sien hy, in teenstelling tot wat hy die ‘ivoorkunstenaars’ noem, die skrywer as ‘'n essensiële sel in die volksliggaam’. Die skrywer moet volgens hom 'n spieël vir sy gemeenskap ophou, vaag-aangevoelde waarhede of probleme van sy tyd uitkristalliseer en in die daglig stel, estetiese en morele waardes met vormgewing in stand hou, die totaliteit en polariteit van die lewe voorhou met die onrus van die debat - in kort, 'n gistende groeisél wat nie altyd in die logge inersie van die gemeenskap welkom is nie, maar tog uiters noodsaaklik vir die gesondheid van daardie gemeenskap is. Die begrip ‘volk’ omskryf hy as ‘'n samehorige groep mense met een grondgebied, een taal, een kultuur, een geskiedenis, een staatsverband, liefs een ras en godsdiens, asook een sosiale struktuur, d.w.s. sosio-ekonomiese selfgenoegsaamheid waar lede van daardie volk alle poste, van kabinetslede tot by straatveërs, self vul’. Hiervolgens is die blanke Afrikaners slegs | |
[pagina 341]
| |
'n deel van die Afrikanervolk wat verder deur die bruin mense opgevul word. Taalhistorici sal volgens Rabie wegskram van 'n slotsom wat die blanke ideologie nie aanstaan nie, maar hy haal prof. J.L.M. Franken goedkeurend aan wat oor die wordingsgeskiedenis van die taal die volgende sê: Die eintlike Afrikaans, dié van die Kleurling...(het) reeds vroeg sy beslag gekry in die mond van die spraakmakende Kleurlinggemeenskap, (en het) gaandeweg in die loop van 'n paar eeue geword tot die beskaafde spreek- en skryftaal van die Afrikaanse volk...Die geleidelike ontwikkeling van Afrikaans, van die 17e af tot in die 19e eeu, vertoon 'n geleidelike inwerking van die Afrikaans van die Kleurling, vereers op dié van die Boer en ongeletterde kolonis, en ten slotte op die meer Hollands getinte taal van die beskaafde inwoner van die hoofplaas... Vir Rabie bestaan die Afrikaanse volk dus nie net uit blankes nie, maar ‘uit witter en bruiner Afrikaners’. As die blanke Afrikaner net met sy Europese verlede en sy ‘wit helfte’ wil bly voortbestaan, sal hy sy volkwees nie verwesenlik nie en ‘volkloos’ ondergaan. Hy waarsku teen so 'n ‘blindelingse selfsug’. Die Sestigers, gaan hy voort, het tot dusver meer 'n vernuwing in styl as in tema nagestrewe en hulle aansluiting by die Franse skool kan as ‘'n blinker ontvlugting van die Afrikaanse skrywer se taak beskou [...] word’, al het hulle met hul werk gehelp om ‘wyer vlerke’ aan die Afrikaanse letterkunde te gee en van Afrikaans 'n volwasse taal te maak. Baie van hulle ‘besef reeds dat dit hul dure plig word om te waarsku wanneer politieke leiers die volk lei na 'n doodloopstraat waar nog net 'n dierlike gesnou en die reg van die sterkste sal heers’. Terwyl die meeste Sestigers in hierdie stadium nog met seks en simbole, die absurde en die allegorie besig was en lank voordat Brink met sy oproep om 'n groter betrokkenheid by die maatskappy gekom het, voel Rabie dus dat die literatuur nie net in 'n stilistiese vormvernuwing en in tegnieke moet bly vassteek of in 'n blote spel met woorde moet ontaard nie. Dit moet in 'n situasie soos dié van Suid-Afrika die dringende aktualiteit van die land aanspreek. Rabie besef egter ook baie gou dat so 'n strewe nie in 'n skellerige aanklag moet ontaard soos sy eie Ons, die afgod dit gedeeltelik was nie. Anders as Brink, wat later in sy oproep sal sê dat die skrywer deur sy werk 'n rewolusie moet voer as hy hom in 'n mens-onterende situ- | |
[pagina 342]
| |
asie soos dié in Suid-Afrika bevind,Ga naar eind24 sal Rabie weldra die herkoms van die Afrikaner en sy wortels in Afrika begin verken in 'n poging om iets van sy hede te verstaan. Waar hy in die vyftigerjare na Parys is en die weg vir sy medeskrywers na 'n stilistiese vernuwing aangedui het, wys hy nou die rigting aan waarmee hulle 'n sinvoller gesprek oor hulle eie land en vasteland kan voer. | |
IIDie verskeidenheid, uiteenlopendheid en die verskille met betrekking tot styl, struktuur en die aard van die eksperiment oorheers van die begin af by die Sestigers in die beginfase van die vernuwing. Hulle kan dus nie 'n literêre groep genoem word wat 'n bepaalde rigting in die kuns voorstaan in die sin wat die Nederlandse Tagtigers dit in hulle aanvangsjare of die eksperimentele Nederlandse digters van die vyftigerjare dit was nie. Tog is daar 'n duidelike gemeenskaplike doelstelling wat tot hulle historiese situasie en gesamentlike reaksie op die bestaande orde herlei kan word. Met Parys as katalisator by die meeste agter die rug, reageer die Sestigers bewustelik of onbewustelik op die beperkte beeld van die Afrikaanse prosa vóór hulle en kom hulle ooreen deurdat hulle werk - hoe sterk die onderlinge verskille ook al mag wees - in baie opsigte nuut aandoen. Wanneer W.E.G. Louw vir die soveelste keer in 'n radiogesprek sanik oor die agterstand van die prosa en sê dat die hoop op die ongeborenes gevestig is, sê hulle in hulle byeenkomste by Cheviot Place 6 in Groenpunt: ‘Maar óns is die nuwe geborenes. Ons gaan, ná die verhewe verse van Van Wyk Louw, 'n totale verandering in die literatuur bring, ons is die nuwe vlagdraers van Afrikaans. Ons gaan loop op paaie wat ander nog nie geloop het nie.’Ga naar eind25 Omdat hulle werk vir baie mense vreemd was en hulle dikwels met die gebruik van sekere woorde allerlei heersende taboes deurbreek het, was hulle bydraes nie altyd welkom by die bestaande uitgewerye nie. Toegang tot 'n tydskrif soos Standpunte, wat ná die fase van Opperman se redigering deur W.E.G. Louw en daarna A.P. Grové behartig is, was nie geredelik beskikbaar vir hulle nie en meermale is van hul bydraes afgekeur. Gelukkig kon Jan Rabie in die opwindende beginjare van Sestig die Engelse Suid-Afrikaanse skrywer Jack Cope leer ken. Dikwels kon Jan by Jack, wat | |
[pagina 343]
| |
die houthuisie Sea-Girt in Clifton met Uys Krige gedeel het, aankom om te gesels, en baie keer was Ingrid Jonker en Richard Rive ook daar om in 'n lewendige literêre gesprek te deel. In die tydskrif Contrast, wat Jack in 1960 oprig en wat, anders as die meer akademiese Standpunte van dié jare, op oorspronklike kreatiewe werk gekonsentreer het, kon Jan as redaksielid nuwe skeppende talente in Afrikaans werf en van sy eie werk publiseer. Saam kon hy en Jack 'n brug bou tussen Engels en Afrikaans, al was Chris Barnard, wat gehou het van ‘die Afrikaans-Engelse gedagte’, bang dat Afrikaanse bydraes later opsy geskuif sou word ter wille van oorsese verspreiding.Ga naar eind26 Só 'n hegte vriendekring het Uys en Jan en Jack gevorm en só streng het hulle bydraes vir Contrast beoordeel dat jaloerses en teleurgesteldes soms snedig van hulle as die Clifton Mafia gepraat het. Soos Jan en Marjorie se Groenpunt-woning was Sea-Girt 'n gelukkige literêre tuiste wat amper soos 'n magneet dwarsdeur die sestigerjare besoekers getrek het en waar jonger skrywers hul leerjongeskap kon volg. Iets van die gees van die byeenkomste vind neerslag in die beurtspraak van Ingrid Jonker wat sy ‘Ballade van die drie vriende’ noem: Hul drink 'n glasie Libertas
dis gou gepraat en maklik lag
en op die horison lê laag
die ou wyn van die dag
Maar skielik is die huthuis stil
die see daarvoor word skemer-laat [.]Ga naar eind27
Oor Jan se bydrae tot Contrast skryf Jack: ‘Rabie took a prominent part along with other openminded writers and poets. He contributed short stories, articles and criticism and helped to bring to light from Afrikaans authors throughout the country a store of material which in some instances had lain for years in obscurity, thanks to the unofficial suppression by magazines and publishers.’Ga naar eind28 Byna drie dekades lank het Jan die funksie van Afrikaanse redakteur vir die tydskrif vervul. Contrast kon egter net in 'n beperkte mate aan die nuwe talente onderdak bied. In 1962 amalgameer Dagbreekpers en die ou Afrikaanse Pers-Boekhandel en word Bartho Smit aangestel as hoof van algemene publikasies. Bartho se twee prioriteite was om as uitgewer 'n heenkome vir ‘jonger’ skrywers te skep en só 'n skrywerskorps vir sy uitgewery op te | |
[pagina 344]
| |
bou en om 'n tydskrif op te rig om as mondstuk vir die Sestigers te dien.Ga naar eind29 As Bartho Smit en Chris Barnard, wat as joernalis by die Afrikaanse Pers in diens was, nie daarin kan slaag om borge vir so 'n blad te vind nie, onderhandel hulle met Abel Coetzee van die Tydskrif vir Letterkunde en word besluit om 'n nuwe tydskrif onder die naam ‘60’ met Tydskrif vir Letterkunde as subtitel in die lewe te roep. Coetzee sou die hoofredakteur bly, met Bartho as hulpredakteur en met die redaksionele medewerking van die meeste Sestigers. Die doelstelling van die blad sou - volgens die ‘Ter inleiding’ in die eerste nommer - wees ‘om die regte klimaat en begrip vir hulle werk en strewe te skep’, as podium vir die jonger skrywers te dien en ‘'n venster oop te maak op die rigtings en strominge van ons eie tyd, en andersyds ... die jonger skrywer die geleentheid te bied om helderheid te kry oor wat en waarheen hulle wil en moet’. In Februarie 1963 verskyn ‘60’: Tydskrif vir Letterkunde, nuwe reeks, jaargang l, nr. 1 met bydraes van die jonger skrywers waarin die vernuwing van die Afrikaanse literatuur by wyse van skeppende werk en kritiese stukke voorrang geniet, voorafgegaan deur 'n volkome verwarde inleidingsartikel van Coetzee wat bedoel is as 'n (haas onverstaanbare) ‘pleidooi’ vir die moderne skrywer. Die eerste nommer van die nuwe tydskrif laat besonder gou 'n heftige reaksie ontstaan as dit blyk dat die opname van die jongeres in die redaksie bedenkinge in sekere kringe veroorsaak en tot gevolg kan hê dat die staatsteun vir die tydskrif gestaak mag word. Coetzee vra Smit om as hulpredakteur uit te tree, waarop ook die lede van die paneel hulle verbintenis met die blad verbreek. Die hele gebeurtenis en die wyse waarop hulle behandel is, het egter die gevoel van solidariteit onder die Sestigers verskerp. Daarby kry die aangeleentheid heelwat publisiteit in die dagblaaie en vind die skrywers dit derhalwe betreklik maklik om 'n borg vir 'n nuwe tydskrif te vind. As Coetzee dreig met 'n hofbevel indien hulle die naam ‘60’ vir hulle blad gebruik, besluit hulle op die naam Sestiger. In November 1963 verskyn die eerste nommer met Barnard, Brink, De Vries, Leroux, Koos Meij, Rabie, Adam Small en Dolf van Niekerk as redaksielede. Smit sou as die hoofredakteur optree, maar nog vóór die verskyning van die eerste nommer was daar pogings om sy posisie as uitgewer by die Afrikaanse Pers-Boekhandel te bemoeilik. As Brink juis in hierdie tyd 'n verklaring oor die publikasiewetgewing aan die BBC doen, word dit as rugstekery van sy kant beskou en verklaar van die ouer akademici dat hulle alle betrekkinge met die APB gaan verbreek indien sy uitgewer hom langer | |
[pagina 345]
| |
by die Sestigers skaar. Die enigste praktiese uitweg vir Smit was dus om sy naam ‘amptelik’ aan die redaksie te onttrek en klandestien met die redigering voort te gaan. Vanaf die derde nommer van Sestiger neem Brink die redaksionele werk van die blad oor. Sestiger bestaan net twee jaar lank, maar dit bied vir die skrywers die geleentheid om hulle kragte saam te span, vryelik in nuwe rigtings te eksperimenteer, oor hulle werk te besin en polemies standpunt in te neem teen persone en toestande in die literêre wêreld en die samelewing as sodanig. En al is dit so dat die Sestigers by die oprigting van die blad reeds maklike toegang tot ander bestaande tydskrifte en koerante gehad het en uitgewers baie geïnteresseerd was om hulle werk te publiseer, verwesenlik hulle met die totstandkoming van Sestiger die ideaal om 'n eie blad te hê waarin hulle menings onafhanklik en sonder voorbehoud gelug kan word. As uitgewer by die Afrikaanse Pers publiseer Bartho Smit belangrike werke, soos Ingrid Jonker se Rook en oker, Chris Barnard se Dwaal en Breyten Breytenbach se dubbele debuut Die ysterkoei moet sweet en Katastrofes, en sorg hy ook vir die uiteindelike publikasie van Jan se Mens-alleen. Die herhaalde inmenging en teenstand wat hy van buite en binne die Afrikaanse Pers ontvang, laat hom egter uiteindelik in 1968 uittree as uitgewer, al is hy voorlopig op 'n vryskutbasis en later weer voltyds aan die uitgewery verbonde. Die eintlike uitgewer van die Sestigers is J.J. Human, wat saam met Leon Rousseau in 1959 die firma Human & Rousseau oprig. Met Opperman as literêre adviseur en later as direkteur stel Human 'n nuwe standaard wat professionele versorging van manuskripte en onderhandeling met outeurs betref. Baie van die werke van die Sestigers verskyn dan ook by Human & Rousseau. Human dwing die waardering van sy medewerkers af, ook dié van Jan Rabie wat die meeste van sy boeke vanaf die sestigerjare aan hom toevertrou. Ná ‘die keurige baanbrekerswerk van Guus Balkema in die vyftigerjare’ beskou Jan vir Human as ‘die kranigste en knapste uitgewer in die land’.Ga naar eind30 Daarby was hy vir Jan 'n gewaardeerde vriend met 'n goeie wynsmaak en 'n meester van die potjiekos.Ga naar eind31 | |
IIINaas hulle reaksie op die bestaande orde en hulle bedenkinge oor die politieke bestel in die land dra die dreigende voorneme van die regering om | |
[pagina 346]
| |
skrywers deur wetgewing met 'n sensuurstelsel aan bande te lê, verder by tot 'n gevoel van solidariteit en groepsvorming onder die Sestigers. Aanvanklik is beheer oor publikasies in Suid-Afrika toegepas op grond van verskeie koloniale of provinsiale wette, bepalings in verband met doeanebeheer en die Sensuurwet van 1931. Reeds in 1947 kom die beheer oor binnelandse publikasies ter sprake, terwyl die aangeleentheid andermaal onder die soeklig kom wanneer die Transvaalse Hooggeregshof in 1953 uitspraak moet lewer in verband met die kopieregskending van 'n ‘obsene’ artikel wat die tydskrif Keur volgens bewering van Fyn Goud oorgeneem het. Hierdie saak is een van die aanleidende oorsake tot die benoeming van die Cronjé-kommissie in 1954 om ‘die euwel van onwelvoeglike, aanstootlike of skadelike leesstof’ te ondersoek. Die verslag van dié kommissie word in 1956 in die Volksraad ter tafel gelê en in 1957 gepubliseer. Van die begin af het Jan Rabie nie geaarsel om hom oor die dreigende maatreëls en wetgewing uit te spreek nie. In 'n brief van 9 Oktober 1957 aan Die Burger wys hy daarop dat die verslag hoofsaaklik oor pornografie handel, maar dat meer as tagtig hofies onderskei word op grond waarvan 'n boek as verderflik beskou kan word: van 'n strekking wat sedes of godsdiens of rasseverhoudinge kan skaad, oor 'n simpatieke benadering van bloedvermenging of die kommunisme, tot by aanstootlike beskrywings van moord, selfmoord, vegtery, rusie, drinkery, smokkelary, sadisme, naglewe, naaktheid, persone in karige kleding, egskeiding, ‘menslike of maatskaplike afwyking of ontaarding of enige dergelike of verwante verskynsel’, en so meer - en dit alles op die vae en willekeurige grondslag van 'n interpretasie van 'n interpretasie.Ga naar eind32 Hy vra hom af of daar vir die letterkunde nog iets oorbly, behalwe 'n ‘voorgeskrewe standaard’ of ‘die peil van die naweekkoerant’.Ga naar eind33 Wie sal besluit of ‘selfmoord, rusie, drinkery’Ga naar eind34 in die werk van 'n Dostojewski of 'n Shakespeare aanstootlik is? As boeke nie meer ‘die taak het om die mens se diepste en eerlikste en moedigste waarnemings van sy aardse bestaan te karteer nie, moet hulle maar afgeskaf word met nog 'n negatiewe wet’.Ga naar eind35 Geen selfrespekterende land, gaan hy voort, maak 'n wet waarin ‘'n sentrale outokrasie bo die howe gestel word nie’.Ga naar eind36 Beheer oor ongewenste lektuur en die ‘geel pers’ kan deur uitgewers en verspreiders en liefs met | |
[pagina 347]
| |
behulp van die howe en die bestaande wette gehanteer word. Hy pleit daarvoor dat die letterkunde buite die politiek en daarom ook buite die wetgewing gehou sal word. Hoe sterk Jan oor die dreigende wetgewing voel, blyk uit 'n verdere uitspraak wat hy maak: as 'n volk se beste geestesprodukte deur 'n geheime komitee verbied kan word, en dit buite die gereg en die howe om, en daardie volk laat dit toe, dan het daardie volk geen selfrespek, geen vryheidsbegeerte en moed, en geen toekoms meer oor nie. Dan teken hy sy eie geestelike doodvonnis, en verdien dit.Ga naar eind37 Gelukkig word die verreikende voorstelle in verband met beheer in dié stadium nie deur die regering aanvaar nie. Ná die publikasie van die Cronjéverslag in 1957 vra Die Huisgenoot in die uitgawe van 21 Oktober 'n aantal letterkundiges en skrywers om kommentaar te lewer, en spreek die meerderheid hulle sterk uit teen die voorgestelde beheer. ‘Loop ons [...] nie gevaar nie,’ sê G. Dekker, ‘dat hierdie goedbedoelde middel [d.w.s. 'n wet op ongewenste publikasies - JCK] om een nare euwel te bestry oorsaak word van 'n veel groter euwel: die belemmering van die vrye geestelike groei van 'n volk soos dit tot openbaring kom in die heel essensiële openbaring van sy geestelike lewe en bestaan: die kuns.’ Ná die Cronjé-kommissie se verslag was daar verskeie ander pogings van die regering se kant om skrywers en akademici hok te slaan en die vrye geestelike groei van die literatuur aan bande te lê. Wanneer die regering in 1961 weer aanstaltes maak om 'n beheer in te stel, begin Jan Rabie in die suide en Nadine Gordimer in die noorde met 'n petisie teen die wetgewing. Voordat hulle egter veel kon vorder, kondig die minister aan dat die wetgewing teruggetrek word. Dit was egter nie die einde nie. Met die Wet op Publikasies en Vermaaklikhede, wat in 1963 deur die Parlement geloods word, skep die regering 'n stelsel ingevolge waarvan beheer deur 'n raad van nege lede met die moontlikheid van appèl na die howe uitgeoefen word. Terwyl die wetsontwerp in die Parlement onder bespreking is, skryf André Brink en Jan Rabie 'n hele paar briewe aan die pers om teen die beoogde wetgewing te protesteer. In 'n brief van 5 Februarie 1963 sê Jan: | |
[pagina 348]
| |
Laat daar duidelikheid wees oor die plek van die kuns in die samelewing. Dit is geen soete na die mond pratery ter wille van meer geld, groter aansien nie. Die kuns is een van die gesondste aspekte van Homo Sapiens se moedige kruistog na meer lig in die jaloerse duisternis van die heelal. Só eenvoudig is die skrywer of skilder se taak: hy moet die bietjie waarheid waartoe hy in staat is, eerlik kan meedeel, al gee dit aanstoot. Aanstoot veral aan 'n siek beskawing wat geneig is om bang vir sy portret te wees. Óf die volle werklikheid, déúr vuilnis en afgryse na deernis en liefdesbegrip, kosbaar volledig, óf die wete dat jy die lewe verraai.Ga naar eind38 Een van die gevolge van dié wetgewing, gaan hy voort, kan wees dat skrywers bang sal word om die volle waarheid uit te sê en ‘boekies vir bababoeties’Ga naar eind39 begin vervaardig. Dié verraad sal van Afrikaans 'n doodgesmoorde taaltjie maak. In nog 'n brief van 26 Februarie 1963 aan Die Burger wys Jan daarop dat die bose klimaat van die wet presensuur in die hand sal werk: Die pynlikste sensuur sal natuurlik vooraf plaasvind, wanneer die arme skryweling die kompleksiteit van die skepping deur die misbanke van dosyne angstige moenies moet probeer raaksien, en wanneer die arme uitgewer die manuskrip lees en weet dat nóg hy nóg die skrywer 'n duur appèlsaak kan bekostig as hulle dit in elk geval beswaarlik sal kan wen. Met die makers van die wet, sê Jan, het dit geen sin om te twis nie, aangesien hulle hul sin aan die land opgedwing het. ‘Intussen’, gaan hy voort, ‘sal almal wat geestelike en kulturele bereikinge in 'n taal as die enigste blywende bestaansrede vir daardie taalgemeenskap liefhet en help bevorder, magteloos moet toekyk hoe ons skrywers met dié muishondwet probeer saamleef.’Ga naar eind41 | |
[pagina 349]
| |
Een van die redes vir die ontsteltenis onder die skrywers was dat daar mense op die beheerraad kon kom wat in hulle oë onbevoeg was. Daar is openlik gegis dat Abraham H. Jonker voorsitter van die raad sou word. Sowel op politieke as literêre terrein was daar 'n wantroue in Jonker, in die geledere van die skrywers vererger deurdat sy afwysende en hardvogtige gesindheid teenoor sy dogter Ingrid aan hulle bekend was. Tydens die bespreking van die wetsontwerp in die Volksraad was Jonker een van die belangrikste woordvoerders aan regeringskant. Hy verwyt Rabie en Brink dat hulle hul saak in verband met sensuur nie met ‘kalme waardigheid’ stel nie en noem die beoogde nuwe wet ‘'n reuse-verbetering op alles wat ons gehad het’. Ter stawing van die dispuut oor ongewenste ‘gedeeltes’ wat in die toekoms deur die raad uit literêre werke verwyder kan word, maak hy 'n uitspraak wat die bedenkinge van die skrywers oor sy vermoëns om as hoofsensor op te tree, volkome regverdig. ‘Eeue lank en vandag nog’, sê hy tydens 'n debat in die Volksraad, ‘het die allergrootste meerderheid van die bewonderaars van Shakespeare se werke hom geken slegs uit die “expurgated editions”. Hulle weet niks van die smerigheidjies wat Shakespeare ter wille van die smaak van toenmalige teatergangers bygesleep het nie. En Shakespeare se grootheid het beter te voorskyn getree deur die “expurgated editions” wat ons vandag nog lees.’Ga naar eind42 Met sy status as skeppende kunstenaar en akademikus het Van Wyk Louw, van die begin af sterk gekant teen die wetgewing, 'n gesprek met senator Jan de Klerk, die minister onder wie die publikasieraad sou ressorteer, aangevra en die name van letterkundiges vir aanstelling op die raad voorgelê. Deur Van Wyk Louw se aanbevelings het dit gekom dat die literatuurhistorikus G. Dekker, wat landswyd respek geniet het, as voorsitter aangestel is, terwyl drie Afrikaanse literatore, A.P. Grové, Merwe Scholtz en T.T. Cloete, en C.J.D. Harvey, professor in Engels aan die Universiteit van Stellenbosch, tot lede benoem is. Ten spyte hiervan was daar deurentyd kritiek van skrywers en is petisies, pleidooie en versoeke by herhaling opgestel om die wetgewing te keer of om vir 'n gunstiger bedeling te pleit. Van die begin af was die heftigste kritiek op die bepaling dat 'n publikasie ongewens verklaar kan word indien dit of 'n deel daarvan onbetaamlik of onwelvoeglik is of vir die openbare sedes aanstootlik of skadelik is; godslasterlik is of vir die godsdienstige oortuigings of gevoelens van enige bevolkingsdeel aanstootlik is; enige bevolkingsdeel belaglik of veragtelik maak; vir die betrekkinge tussen enige | |
[pagina 350]
| |
bevolkingsdeel skadelik is; of vir die veiligheid van die staat, die algemene welsyn of die vrede en goeie orde nadelig is. Die besware teen die wet het allereers die bepaling gegeld dat 'n publikasie ongewens verklaar kan word indien dit ‘of 'n deel daarvan’ onbetaamlik of onwelvoeglik is. Daarmee is die teoretiese moontlikheid geskep dat 'n boek op grond van 'n enkele paragraaf of woord verbied kon word, terwyl nêrens die besondere aard van die literêre kunswerk en die elementêre stelreël dat 'n gedig, roman of drama alleen as 'n geheel beoordeel kan word, in die wet ingebou is nie. Van Wyk Louw noem die wetgewing 'n effektiewer manier om die Afrikaanse taal en literatuur dood te smoor as wat Milner kon bedink het, terwyl D.J. Opperman op die ‘agterlike literatuurbeskouing [...] ten grondslag’ van die wet, ‘die groot magte van willekeur in nie-literêre hande’ en ‘die finansiële risiko van appèl’Ga naar eind43 wys. Namens die Sestigers tree veral Brink by herhaling deur middel van persoonlike korrespondensie met die minister en literatore, briewe aan koerante, artikels en lesings op as belangrikste kritikus van die nuwe bedeling en verdediger van die skrywers se belange. Brink waarsku dat sensuur en die klimaat van vrees wat daardeur opgewek word, die kreatiewe moontlikhede van die Afrikaanse letterkunde kan fnuik, terwyl hy dit later het oor ‘die feit dat daar dag vir dag baklei moet word vir literêre waardes wat in die res van die wêreld al geslagte lank as vanselfsprekend beskou word’.Ga naar eind44 Op 25 April 1964, kort ná die aanvaarding van die wet, oorhandig W.A. de Klerk en Mary Renault aan senator Jan de Klerk 'n verklaring wat deur 117 skrywers en 41 kunstenaars onderteken is. Jan Rabie was egter die belangrikste inisieerder van die verklaring en het die groot werk onderneem om dit vir ondertekening aan skrywers en kunstenaars uit te stuur. Vier Suid-Afrikaanse skrywers - Jan Rabie, W.A. de Klerk, Uys Krige en Jack Cope - woon daarna 'n perskonferensie by die Nasionale Pers by. In die verklaring spreek die skrywers hulle kommer uit dat die wet nêrens by die beoordeling die aard en intensie van 'n werk as letterkunde in ag neem nie en in stryd met die elementêrste kunsbeginsel 'n werk nie as 'n geheel beoordeel nie. Die reeds bestaande middele teen pornografie is volgens die ondertekenaars voldoende en hulle betreur die onnodige verreikende magte wat die wet verleen. Hulle verwelkom die appèl na die howe, maar wys daarop dat die howe aan 'n strenge vertolking van die wet gebonde is. Dit sal uitgewers oorversigtig maak en weinig sal kans sien | |
[pagina 351]
| |
vir hofsake, wat in die lig van die kostefaktor onprakties sal wees. Hulle is diep verontrus oor die toekoms van die skeppende denke in die land, aangesien geen openbare debat of eerlike soeke of geestelike groei verwag kan word as die demper vooraf geplaas is op die antwoorde wat gegee kan word nie. Veral skrywers wat plaaslik moet publiseer, kan tot swye of oppervlakkigheid gedwing word, met noodlottige gevolge vir veral die Afrikaanse letterkunde.Ga naar eind45 Die feit dat die literatore in die publikasieraad die Afrikaanse literatuur ‘goedgesind’ was en nie sommer tot 'n verbod sou toestem nie, was vir baie skrywers, veral onder die Sestigers, nog geen waarborg dat alles met die nuwe stelsel nou in orde was nie. Baie gou was daar trouens bedenkinge oor die magsposisie waarin Grové, Cloete en Scholtz geplaas is en vrae is gestel oor hulle integriteit as letterkundiges. Reeds die jaar ná die aanname van die wet word dit duidelik uit die woelinge rondom die verskyning van André Brink se roman Orgie, waaroor hy Jan in 'n reeks briewe inlig. Wanneer André in 1964 die manuskrip van sy roman Orgie aan Bartho Smit by die Afrikaanse Pers-Boekhandel vir publikasie voorlê, waarsku Merwe Scholtz, sonder dat hy die manuskrip gelees het, Dirk Richard daarteen.Ga naar eind46 Richard lig die besturende direkteur, Marius Jooste, in wat, ook sonder enige insae in die manuskrip, sê dat sy uitgewery nie ‘latrinewerk’ sal uitgee nie.Ga naar eind47 Die behartiging van die boekeblad van Dagbreek word summier van André weggeneem en oorhandig aan Merwe Scholtz wat egter nie lank daarmee volhou nie. Bartho was verplig om André te laat weet dat hy nie met die produksie van Orgie, in daardie stadium reeds in die setstadium, kon voortgaan nie. André lê Orgie daarop voor aan John Malherbe wat uit Johannesburg gewaarsku word dat Grové en Merwe beloof het, nog steeds sonder kennis van die manuskrip, om Orgie te verbied as hy dit sou publiseer.Ga naar eind48 Ten spyte hiervan gaan Malherbe voort met die publikasie. Die hele mislike stuk geskiedenis was vir Jan egter 'n bewys dat die wet op publikasiebeheer 'n broeiende, gistende klimaat met hom saamdra wat uiters skadelik inwerk op 'n jong literatuur soos dié van Afrikaans. Telkens sou hy dan ook in die jare wat kom, sy afsku en renons in die stelsel van publikasiebeheer herbevestig. Reeds wanneer Abraham Jonker ná die aanvaarding van die wet die gemoedere onder die skrywers wil kalmeer, skryf Jan in Die Burger van 12 Maart 1963 dat die skrywers nie maklik een persoon se ‘welwillende versekerings’ sal aanvaar ‘wanneer die | |
[pagina 352]
| |
wet [self] 'n ander taal praat nie’.Ga naar eind49 Vir die skrywers self stel die wet groot eise wat hulle integriteit betref: Nou lê die groot gesukkel tussen die lewe en hierdie muilband éérs voor. Voortaan moet ons éérs bewys dat ons die lewe nie met ons woord sal verraai nie. Veral nie vooraf sal verraai nie. Soos Tolstoj dit gestel het: ‘Van belang is nie wat die sensor doen aan wat ek geskryf het nie, maar aan wat ek kon geskryf het.’Ga naar eind50 | |
IVVir jonger skrywers aan die begin van hul loopbane was Jan Rabie in die laat vyftiger- en sestigerjare 'n stimulus en 'n leermeester van wie se voorbeeld 'n groot invloed uitgegaan het - nie alleen as skrywer nie, maar ook en veral deur sy en Marjorie se leefstyl en deur die onverskrokke wyse waarop hy standpunt ingeneem het teen apartheid en sensuur. Stilisties dui hy met sy Paryse werk vir Breyten Breytenbach die weg aan na Katastrofes en vir John Miles na Liefs nie op straat nie, en op baie ander jonger skrywers druk sy ‘prosas’ een of ander stempel af. By herhaling later in sy lewe het Jan egter ongeduldig geword wanneer hy by uitstek as die skrywer van Een-en-twintig voorgehou is. Sy belangrikste bydrae, het hy met oortuiging gesê, was dié werke waarin hy die probleme in die Suid-Afrikaanse samelewing aanspreek en Afrika as motief verken. In sy voorlesings en artikels in die sestigerjare het hy onomwonde die standpunt ingeneem dat dit die taak van die Afrikaanse skrywer is om verslag te doen oor die maatskappy waarin hy leef en dat dit 'n wegskram van verantwoordelikhede, 'n soort volstruisery, is om dit te ontduik. Reeds op 20 Mei 1953 het hy dié verantwoordelikheid duidelik vir homself besef as hy in sy Paryse dagboek aanteken ‘dat Europa my geleer het, dat ek dwarsdeur my roman [hy bedoel hier Mens-alleen - JCK.], dwarsdeur 'n aanvanklike estetisme getas het na waarvoor ek eintlik bestem is: l'engagement. In geen party of groep, maar teen l'injustice et le malheur’.Ga naar eind51 En hy was bereid om selfs van die leidende figure in die literêre lewe te opponeer as hy oortuig was van sy standpunt. Wanneer Van Wyk Louw in die Mei 1964-nommer van Sestiger in die konteks van 'n artikel oor die vernuwing van Sestig die opmerking maak dat Engelse skrywers in Suid- | |
[pagina 353]
| |
Afrika dit makliker het as hul Afrikaanse kollegas, omdat hulle vanuit hulle liberalistiese en progressiewe oortuigings die ‘paradokse en anomalieë’ in ons volkereverhoudings kan aantoon en op oplossings kan wys, terwyl ‘party [...] die geluk [het] dat hulle op 'n veilige toevlugsoord [...] kan reken as die dinge waarvoor hulle propaganda maak, hier dalk onverwags “effens skeef” loop’, is Jan een van die skrywers wat sterk hierop reageer. Hy skryf hy sal Louw se eie voorbeeld verloën as hy stilbly oor die ‘onnodige neerhaling’ van Engelse Suid-Afrikaanse skrywers. Louw kan dit volgens hom beswaarlik staaf dat Engelse skrywers dit makliker het. Jan skryf: ‘Ek wonder of ons besef hoe hul huidige gespletenheid (tussen 'n Engelse Brittanje, en 'n Afrikaanse (dalk Bantoe-) oorheersde Suid-Afrika) op Engelstalige Suid-Afrikaners weeg, hoe moeilik dit dán vir 'n skrywer word.’Ga naar eind52 Nog sterker reageer Jan op D.J. Opperman tydens die lesing wat hy op 18 Augustus 1965 voor die Afrikaanse Studiekring op Stellenbosch hou. Opperman neem in ‘Kuns is boos!’, 'n lesing waarin hy essensiële aspekte van sy ars poetica uiteensit, die standpunt in dat die werklike kunstenaar 'n verkleurmannetjie en verraaier is wat as kunstenaar aan geen bepaalde volk behoort nie.Ga naar eind53 Jan verwys na hierdie uitspraak en meen in reaksie daarop dat indien 'n skrywer swyg of tydelike leiers klakkeloos napraat, en nie, ‘eerlik en dwars teen die heilige afgode van die oomblik in, die ongebaande avontuur van die lewe aandurf nie, dan is hy 'n slegte skrywer, en daarom 'n slegte lid van daardie volk’.Ga naar eind54 Met Opperman, in daardie stadium hoogleraar in Afrikaanse letterkunde op Stellenbosch, in die gehoor, voeg Jan by: ‘En daarom is prof. Opperman, wat my betref, 'n lafaard!’ By die gehoor was daar by dié woorde van Jan 'n geskokte stilte, terwyl Opperman self met 'n soort Stoïsynse afsydigheid en sonder om 'n vinger te verroer, na hom sit en luister het. Dit was 'n geval van twee botsende opvattinge oor die taak van die skeppende persoonlikheid: Opperman wat die standpunt gehuldig het dat hy sy kuns vervlak en verraai as hy te ná aan die aktualiteit beweeg, terwyl Jan betrokkenheid by die aktualiteit van sy land as morele noodsaak vir die skrywer sien. In die gesprek tydens die onthaal ná Jan se lesing het Opperman die nodige ruimte gelaat vir 'n standpunt soos dié van Jan, maar sy eie opvattinge oor die taak van die kunstenaar opnuut uiteengesit. In plaas van spanning tussen die twee skrywers het Opperman eerder met dié onderonsie groter waardering vir Jan se integriteit en sy hoë morele oortuigings as kunstenaar begin | |
[pagina 354]
| |
ontwikkel.Ga naar eind55 Later jare het Opperman, wat aanvanklik negatief was oor Jan se skrywerskap, veral toe hy nie meer gedigte geskryf het nie en Opperman nie beïndruk was met die ‘prosas’ wat hy vir Standpunte voorgelê het nie, in 'n gesprek teenoor Hennie Aucamp erken dat hy gaandeweg groter waardering vir Jan begin kry het toe hy gemerk het hoe bodemvas en bodembewus Jan was.Ga naar eind56 In 1966, voordat Jan en Marjorie oorsee vertrek op 'n studiereis wat 'n volgende fase in hulle lewens sal inlei, versamel Jan sy belangrikste strydvaardige stukke in die bundel Polemika wat in 1966 by John Malherbe verskyn. In 'n naskrif verwys hy na twee persone, die een uiters links en die ander een uiters regs, wat hom smalend ‘afgeskryf’ het. Die een het gesê: ‘Die moeilikheid met jou is dat jy jou mense nie kan haat nie’; die ander: ‘Watter reg het jy om jou as gewete van die Afrikaners aan te stel?’Ga naar eind57 Hoewel bitter min eksemplare van dié boek verkoop is, was die bymekaarbring van dié opstelle en lesings vir Jan belangrik. ‘Sonder die waaksaamheid van kritiek kan liefde 'n dodelik moeras van selfaanbidding word’, sê hy in die naskrif.Ga naar eind58 Jare later beskryf hy homself as 'n soort ‘Kaapse waghond’ wat geblaf het oor dinge wat hom hinder en wat hom by herhaling oor die plek van die bruin man in ons samelewing uitgelaat het.Ga naar eind59 ‘His conscience’, skryf Jack Cope, turned him against his own youthful nationalism, and having rid himself of the bias he was all the better equipped to oppose it. More and more he became a polemicist in collision with the ‘system’. For nearly a decade between the publication of Ons, die afgod and his departure for a three-year absence in America and Europe he took on the role among Afrikaans writers virtually of a one-man resistance movement against apartheid, against censorship, against the ceaseless flow of discriminatory laws. He went out on the hustings, spoke and lectured on his favourite themes, engaged in controversies in the press.Ga naar eind60 Dit is naas sy skeppende werk in hierdie jare met dié polemiese aktiwiteite en die volgehoue verset teen sensuur en 'n onregverdige politieke sisteem dat Jan die bewondering van tydgenote en latere geslagte geniet. |
|