Jan Rabie. Prosapionier en politieke padwyser
(2004)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 220]
| |
Hoofstuk VIII
| |
[pagina 221]
| |
'n Russiese vlugteling te laat lyk,Ga naar eind1 by die Saint Lazare-stasie te gaan inwag.Ga naar eind2 Uys was die tweede Afrikaner wat Marjorie ontmoet het en hy het dadelik 'n simpatieke indruk op haar gemaak. Hy was, soos sy later sou sê, 'n kleinerige mannetjie wat reeds met die intrapslag in die ateljee oor die koue gekla het.Ga naar eind3 Tellings later het hy, soos Marjorie later sou vertel, ‘al die Krige-warmte en geesdrif uitgestraal soos hy in drie tale lostrek, nie net oor homself nie, maar met ware broederskap oor al wat mens is’.Ga naar eind4 Hoewel hy van plan was om net 'n naweek by Jan en Marjorie te vertoef en dan in 'n woonstel in te trek, bly hy drie maande lank by hulle! Op 30 Desember 1952 teken Jan in sy dagboek aan: ‘Uys Krige oorwinter oorvloediglik as causeur by ons sedert die 19de.’Ga naar eind5 Gou vind Uys ook aanklank by Marjorie. Sy skryf: Ek het nog nooit so min werk verrig of 'n besoeker so geniet nie. En dit ten spyte van sy afgryslike gewoonte om die hele namiddag te slaap, om dan met hernieude kragte op te staan met 'n praatlus wat eers teen middernag sy toppunt bereik, om ons tot halftwee wakker te hou, en om ons insluimer bo op die balkon nog vir oulaas met digterstrofes van onder in die ateljee te verhoed. Dan, vroegdag sesuur in die môre, kom leun hy met 'n ronde glimlaggesig en 'n koppie tee oor ons bed, so 'n naastedienaar dat 'n mens die goed moet drink. Om nie te praat van die vaarwater agtergelate besittings wat hy soos 'n kind oor die hele huis gestrooi het nie. Soms het Uys tot drie-uur in die nag bly praat en dikwels tee gemaak - omtrent die enigste wat hy in 'n kombuis kon uitrig - só sleg dat Jan dit by die venster uitsmyt.Ga naar eind7 In dié tyd probeer Marjorie hom skilder, maar dit was 'n hopelose taak. Sy vertel: Hy het gedurig gepraat - aangehelp deur my - en dan het hy elke halfuur of so gesê: ‘What about a cup of tea, girlie?’ Nog 'n halfuur later | |
[pagina 222]
| |
het die drukking van die tee hom verdryf na die primitiewe dinges agter in die agterplaas wat ons met tien ander ateljees gedeel het. Dan sou meer praat weer meer teelus aanwakker, sonder eind.Ga naar eind8 Eers toe hy weg was, het Marjorie hom só gemis dat sy hom kon skilder soos sy hom onthou het, met veel meer sukses. Hulle het die skildery bokant hulle tafel opgehang. Terwyl hy die drie maande by hulle in die Rue de la Tombe Issoire was, het Uys vir Marjorie, hoewel 'n bietjie karig, vir sy etes vergoed, maar soms onverwags met iemand opgedaag wat saam met hom teater toe sou gaan en, tot Marjorie se wrewel, vinnig 'n happie wou eet. Ten spyte van sy onbeholpenheid en al die ergernis kon Jan baie jare later getuig dat Uys die heel lekkerste gas was wat hulle ooit in hulle gasvrye tuiste in Parys kon verwelkom. Dit was vir hulle, skryf Jan, ‘'n genot om die warme, naïewe, opregte mens en borrelende praatmasjien en immergeesdriftige homme des lettres in Marjorie se ateljee in Montparnasse te hê’.Ga naar eind9 Hy was 'n ‘onkeerbaar borrelende woordfontein’Ga naar eind10 wat nooit moeg geword het van praat nie, wat vir Jan en Marjorie poësie gedeklameer het terwyl hulle skottelgoed was of boeke agter hom optel.Ga naar eind11 Uys was ‘tot wanhopens toe’Ga naar eind12 onprakties in 'n huis en in sy ‘onverwoesbare geesdrif’Ga naar eind13 meestal nie bewus van wat om hom aangaan of wat hy eet nie. Toe Marjorie vroeg in 1953 'n maand lank by haar ouers in Skotland was, moes Jan na Uys omsien terwyl hulle snoesig saamwoon. ‘We are doing some work’, skryf Jan aan Marjorie. ‘I've completely taken over your maternal and domestic activities, and as a result Uys has become very nice to me indeed. I even find myself wishing I could be female in physical fact as well, and then do my best to seduce him for his own good.’ In 'n brief van 15 April 1953 sê hy selfs: ‘I'm cook and Uys has called me Lydia 5 times now’ ['n verwysing na sy vrou, die aktrise Lydia Lindeque - JCK]! Op 'n dag het hy egter Uys se bord yskoue, deurmekaargekrapte kos voor hom weggeraap en in die asblik gaan uitsmyt met die woorde: ‘Jy kry niks voor jy nie sê dis lekker nie!’Ga naar eind14 Deurdat hy 'n amptelike gas van die Franse regering was, kon Uys met die vergunning van die Franse Departement van Kultuursake gratis teater- en rolprentkaartjies na feitlik elke aanbieding in Parys kry. Dikwels gaan Jan en Marjorie saam. Een wintersaand in die Théâtre de Babylone woon hulle die produksie van die Ier Samuel Beckett se rewolusionêre | |
[pagina 223]
| |
En attendant Godot, daardie ‘skrikwekkende loflied op absurditeit en die niet’,Ga naar eind15 by. ‘What a lovely Irish play in French!’ was Uys se kommentaar.Ga naar eind16 En Uys kon geesdriftig raak oor alles. Jare later kon Jan nog onthou hoe hy en Uys op 14 Julie 1953, die nasionale feesdag van Frankryk, op 'n kafeeterras waar die Boul Mich op die Pont St. Michel uitmond, saam met 'n wriemelende massa mense gesit het. In hulle groepie was ook Franse en Spanjaarde en twee jong Angel-Saksers wat hard probeer het om 'n Kubaanse skoonheid te beïndruk. Jan vertel: Feesvreugde en lawaai ten spyt, daar was al dié saamgegooide vreemdelinge - wat Afrikaans nie ken nie - verruk besig om te luister hoe Uys sy Afrikaanse vertaling vanuit Lorca se Spaans vergelykend deklameer. Ek onthou nog die sonore y el amanacer no era se ewe sonore Afrikaanse eweknie en daar was geen daeraad. Dronk van poësie het Uys 'n volslae oorwinning oor wyn en feesrumoer behaal - ook in die oë van die Kubaanse skoonheid. Op die luide markplek van ons eeu was dit voorwaar 'n prestasie. Op die koop toe het hy - onverbeterlik familie-bewuste Afrikaner - die Spaans- en Franssprekende dames toe ook begin uitvra oor hul voorouers om te weet of 'n lang gestorwe Ferreira of De Villiers hom nie dalk nog nouer aan hulle verbind nie. Vriende moes as familie beskou word, en sou lojale liefde soos egte familielede ontvang.Ga naar eind17 Maar soms het hulle tog hard gewerk. Jan, wie se Frans in dié stadium vlotter was as dié van Uys, help sy vriend met die hersiening van sy direkte vertaling van Paul Éluard se gedigte en die verbetering van sy twee eerste digbundels, Kentering en Rooidag, wat hy vir 'n nuwe uitgawe in een band wou gereed maak. Op sy beurt help Uys vir Jan sny en slyp aan sy ‘prosas’ en om dit gereed te kry vir 'n uitgewer. Vir hierdie publikasie, wat in 1956 as Een-en-twintig sou verskyn, skryf Uys 'n lofryke en insiggewende inleiding, waarin hy by die tradisie van die surrealiste stilstaan en oor die Franse poème en prose uitwei, maar uitdruklik verklaar dat daar hier geen sprake van blote navolging of epigonisme kan wees nie: Jan Rabie het hierdie vorm sy eie gemaak; en niemand moet dink dat dit 'n maklike vorm is nie, want dit het sy eie probleme van organisasie en konstruksie, is vol strikvalle vir die onbedrewene en die epi- | |
[pagina 224]
| |
goon, en dit vereis 'n ewe groot innerlike gespannenheid en noodsaak as die gedig.Ga naar eind18 Krige se kommentaar by sommige van die ‘prosas’ is besonder insiggewend. Die openingstuk, ‘Drie kaalkoppe eet tesame’, laat hom byvoorbeeld dink aan 'n vyftiende- of sestiende-eeuse gravure of ets van die bedroewende gevolge van een van die doodsondes, 'n stuk wat hom ‘onmiddellik verplaas in die sfeer van die werk van party surrealistiese digters of skilders’.Ga naar eind19 Boweal, en hier dink 'n mens aan die wyse waarop Krige self met swoeg en sweet in die dertigerjare by sy eie prosastyl in Spanje moes uitkom, waardeer hy die wyse waarop ook Rabie sy eie stem gevind het: Sy studie van die Franse taal en letterkunde het hom...'n fyner oor gegee vir sy eie taal, dié taal se musikaliteit en die toonwaardes van daardie musikaliteit; dit het sy taalgebruik leniger gemaak, beweegliker, veel subtieler en ryker geskakeerd as voorheen; sy visuele gawe aansienlik verskerp en hom geleer om die beeld raak en lewendig met 'n minimum van woorde daar te stel.Ga naar eind20 Die grootste taak van die skrywer, sê Krige, is om geensins met nuwighede voor die dag te kom nie, maar alleen sy ware self te ontdek. En het hy dié self eers ontdek - sy eie eerlikheid, die lewe self asook die werk van ander skrywers help hom natuurlik om daardie self te ontdek - gaan sy werk verskil van dié van ander soos sy vingerafdrukke verskil van wie s'n ook al op aarde; en gaan dit werklik nuut wees, werklik oorspronklik in die oorspronklike sin van die woord, naamlik van eie oorsprong.Ga naar eind21 Dit is belangrike woorde wat Krige hier skryf, want dit gee 'n aanduiding van hoe hy onmiddellik die waarde van Rabie se ‘prosas’ kon insien en takseer. In Krige het Rabie daardie gevoelige klankbord gevind wat, in teenstelling tot die onbegrip waarop hy met voorleggings elders gestuit het, dadelik kon aanvoel dat hy met hierdie kort stukke 'n belangrike vernuwing en 'n eie geluid in die Afrikaanse prosa bring. Maar by werk alleen kon die praterige Uys nie bly nie. Kort ná sy aan- | |
[pagina 225]
| |
koms in Parys ontvang hy 'n eksemplaar van Opperman se doktorale proefskrif oor die Digters van Dertig waarin sy werk volgens sy eie oordeel stief in vergelyking met dié van N.P. van Wyk Louw en ander digters bespreek word. Telkens in Uys en Jan se gesprekke duik die naam van Opperman op. In dié stadium het Marjorie nog nie Afrikaans geken nie, maar met haar gevoelige oor kon sy gou sekere woorde wat dikwels voorkom, uitken en haar eie afleidings maak. Uit Uys en Jan se gesprekke hoor sy ‘joggel, goggel, boggel, Opperman! Joggel, goggel, Opperman!’ Op 'n wintersdag brand sy haar hand aan die warm pyp van die ysterstoof in die middel van die ateljee. Sy roep uit: ‘Opperman!’ Toe Uys en Jan haar verbaas aankyk, vra sy: ‘Isn't Opperman a terrible swearword in Afrikaans?’Ga naar eind22 In Augustus 1953, nadat hy darem ook 'n tyd lank in 'n klein hotelletjie in die Quartier Latin gewoon het, verlaat Uys Parys om, ná kort besoeke aan België en Nederland, sewe maande lank in sy hartland Spanje te gaan woon. Maar Jan en Marjorie kon Uys nie vergeet nie. ‘Man,’ skryf Jan in 'n brief van 10 Mei 1954 aan Uys, ‘jou legende leef voort in Parys. Jy verstaan die kuns om mense in jou teenwoordigheid “af te skrik” en as jy weg is hartseer en vol sagte plekkies na jou te laat verlang. Jy is soos die prikkel-skulpie in die see wat as dit jou aanraak eers brand en dan week en vol mensliefde maak. Ons word oorval met navrae na jou en ons is self vol heimwee na jou.’Ga naar eind23 | |
IIKort ná Uys se aankoms in Parys het ook ander Suid-Afrikaners - soos vroeër Elsa Joubert, Erik Laubscher, Nel Erasmus, Paul du Toit, Bettie Cilliers-Barnard, Maud Sumner en Anna Neethling-Pohl - op besoek na Parys gekom. Onder hulle was die toneel- en balletkunstenaar Richard Daneel, die skilderes Nel Erasmus wat bevriend was met Jan se broer Louw, die kunstenaars Johan van Heerden, Anna Vorster, die argitek Leo Theron en sy vrou, Wendy, en die digter Jannie Coetzee. Jannie Coetzee was 'n rustelose gees wat in en uit Parys beweeg en elke reis, soos Jan Rabie later sou vertel, met 'n gedig oor 'n begraafplaas afgesluit het. Sy enigste gepubliseerde skeppende werk was 'n bundel verse wat so laat as 1986 onder die titel Reisiger in vlamgebied verskyn het, al | |
[pagina 226]
| |
het hy deurentyd aan die skryf gebly en was hy kort voor sy dood in 1989 nog besig met 'n reisboek oor die piesangbootvaarte tussen Barcelona en die Kanariese Eilande waarin 'n mens snags gevaar en daagliks 'n ander hawestad verken het. Laat in sy lewe, in 1979, het hy 'n M.A.-verhandeling oor Jan se werk aan die Universiteit van Natal voltooi. Die kritiese oorsig wat hy in 1986 oor Jan se werk in die monografie in die reeks Sestigers in woord en beeld lewer, is op dié verhandeling gebaseer. As gebore pessimis het Jannie altyd op sy reise vier of vyf verskillende krag- en wasbakproppe en sterk gloeilampe saamgeneem, sodat hy in enige goedkoop hotelkamer kon water kook en klere was en nooit sonder lig sou wees nie. In briewe kon hy soms spits opmerkings oor sy indrukke maak. Uit Delhi laat weet hy Jan en Marjorie by geleentheid: ‘India, a vast waitingroom for Death. On a station without a convenience.’Ga naar eind24 Omdat hy op 'n keer desperaat was om geld te maak, gaan doseer hy Engels by 'n skool op 'n piepklein dorpie in die Franse platteland. Elke jaar wanneer die nuwe wyne beskikbaar word, was dit die gewoonte op dié dorpie dat van die jong klomp in 'n bus klim en die hele dag op die plase rondgaan om van die jong wyne te proe. Omdat dié wyne die neiging het om op 'n mens se maag te werk, moes die bus dan onderweg huis toe telkens stilhou sodat van die toergangers van hul oortollige vog en by tye ook van iets substansiëlers ontslae kon raak. Maar Jannie, skaam soos altyd, was te beleefd om uit te klim en doen dit toe sommer alles in 'n onbewaakte oomblik in sy broek. Siek soos hy was van sy ongestelde maag en van skaamte, het die vrouens van die dorpie hulle oor hom ontferm, hom onder hande geneem, in 'n warm bad geplaas, gepoeier en in die bed gesit. Van daardie oomblik af is hy opgeneem in die gemeenskap en het hy bekend gestaan as ‘le gentil chieur’ (die vriendelike skyter).Ga naar eind25 Vroeg in 1953 kom Bartho Smit, Jan se vriend uit sy dae in Johannesburg, ook in Parys aan. Toe Jan verneem Bartho gaan ook 'n tyd lank daar vertoef, het sy gasvryheid hom laat voel die steeds inwonende Uys was nou lank genoeg by hulle en dat hy moet plek maak vir Bartho, die arme nuwe wildvreemdeling in die groot stad. Maar Uys het koppig en verontwaardig vasgestaan. ‘Why should I go? Marjorie is used to me by now. Why should she get used to another? To this Balbo?’ Marjorie se gelate kommentaar was: ‘Let Uys stay. I'll rather have the evil I know.’Ga naar eind26 Uys het gebly. Jan, teen hierdie tyd gewoond aan armoede, gaan Bartho by die Gare St. Lazare haal en is verstom oor die stel pragtige leerkoffers, | |
[pagina 227]
| |
elkeen oorgetrek met bruin linne, waarop sy vriend se naam in vergulde letters pryk. Die tasse, swaar gepak, moes na die metro met heelparty oorklimme ná die eerste aand se oornagting by hulle in die ateljee gedra word. En Bartho self, gesond en sonbruin ná sy bootvaart van Suid-Afrika, was geklee in 'n donkerbruin leerbaadjie, in alle opsigte ‘'n weelderige bruin verskynsel’,Ga naar eind27 in vergelyking met Jan wie se klere teen dié tyd, ná byna vyf jaar in Parys, daar taamlik gehawend uitgesien het. Die eerste nag het Bartho by hulle in die Rue de la Tombe Issoire oornag. ‘Are you also a Boer in search of himself?’ was Marjorie se vraag met die intrapslag.Ga naar eind28 Die volgende dag het hulle almal en masse opgeruk om vir Bartho ook 'n dakkamer hoog onder die dakpanne te gaan soek. Bartho se mooi leertasse en baadjie het gelukkig 'n goeie indruk gemaak, want hulle het gou vir hom huisvesting gekry in 'n obskure hotelletjie, Le Vieux Colombier, nie ver van Jean-Paul Sartre se Café de Flore in die St. Germain-buurt nie. ‘Die kamer’, skryf Jan, ‘was nogal ruim, met 'n prag van 'n rooigeteëlde vloer en 'n uitsig oor 'n duisternis rooi skoorsteenpotte wat mens aan Turkse fesse of omgekeerde uile laat dink het.’Ga naar eind29 Baie gou het daar in Bartho se kamer talle leë literbottels gestaan en het hy 'n potjie wortelbredie bo-op 'n verbode alkoholstofie laat prut. Eers meer as 'n jaar ná sy aankoms het die toneelspeelster Kita Redelinghuys, met wie hy in 1949 in Johannesburg getroud is, haar by hom gevoeg. Kita het Bartho veel meer teater laat sien, terwyl sy self mimiekklasse by Marcel Marceau geneem en selfs rolle in Frans gespeel het. Jan en Marjorie het oor en weer by Bartho en Kita gekuier. Dit het Jan altyd verbaas dat Bartho so min sin vir rigting gehad het. Hulle blyplekke was maar 'n paar kilometer uit mekaar, maar Jan moes laataand saam met hom stap of hom in die metro na sy tuiste vergesel en dan - weens gebrek aan geld - die hele pad terugstap.Ga naar eind30 In hulle gesprekke is daar baie en diep gepraat, want Bartho het lesings aan die Sorbonne oor die filosofie van Heidegger en ander twintigste-eeuse denkers gevolg, 'n studierigting wat hy later in München sou voortsit. Hy was trouens ‘so gedug ernstig dat hy glad Hegel en Nietzsche en Spengler se elke woord in Gotiese Duits deurgelees en verteer het’.Ga naar eind31 Vir sy doktorale studie in Parys, wat hy nooit sou voltooi nie, begin hy aantekeninge maak oor ‘Die krisis van ons werklikheidsbeeld in drama en epiek’ wat hy later in München en Wenen sou voortsit, in Johannesburg finaal sou herskryf, in Sestiger sou publiseer en in sy bundel Losgoed (1974) sou opneem. | |
[pagina 228]
| |
Vir Bartho was die tyd in Parys saam met toegewyde skrywers soos Jan en Uys, later aangevul met die koms van Etienne Leroux, 'n hele openbaring. Terwyl daar in die veertigerjare met mense soos Van Wyk Louw, Opperman, Boerneef, Jan Greshoff en J. du P. Scholtz in Kaapstad 'n lewendige kulturele klimaat bestaan het wat stimulerend op skeppende geeste kon inwerk, was Johannesburg vir Bartho, met die talle mindere en kwynende skrywers met hulle klein vetetjies in die laat jare veertig, 'n ‘kulturele woestyn’,Ga naar eind32 met Elisabeth Eybers wat stil eenkant in Emmarentia blykbaar sonder water in dié klimaat kon oorleef. Uit dié barre wêreld kom Bartho dan in 1953 in Parys aan. Om by die Sorbonne te kon inskryf, moes hy binne 'n ommesientjie Frans onder die knie kry. Bartho skryf: Alles wat jy vroeër tweedehands geken het, kry skielik nuwe gestaltes en inhoude omdat jy daagliks in húlle taal en húlle werklikheid begin leef. Daar gaan skaars 'n week verby sonder die een of ander opwindende nuwe ontdekking. En om die kroon te span - dis skaars sewe jaar ná die oorlog - is daar nog iéts van die ouwêreldse Parys en Europa oor: 'n ouwêreldsheid wat skaars 'n dekade later...reeds byna volkome en onherroeplik verdwyn het.Ga naar eind33 Saam met Jan en Marjorie leer Bartho die Nederlandse skilders Karel Appel en Corneille ken en die skrywende Vijftigers, wat, onder leiding van Simon Vinkenoog, besig was om die rustige beeld van die Nederlandse letterkunde te verander en gevestigde reputasies omver te gooi. Maar die ywer en geesdrif waarmee die klein groepie Suid-Afrikaners, soos hy dit later sou stel, ‘so alles op die spel gesit het om elkeen op sy eie gebied iéts te probeer bereik’,Ga naar eind34 het aansteeklik op elkeen ingewerk. Hy kon sien hoe Nel Erasmus, Johan van Heerden en Anna Vorster se skilderwerk van maand tot maand vooruitgaan en hoe goed Richard Daneel en Kita Redelinghuys met hulle toneelspel in 'n vreemde taal en spelstyl vorder. Jan Rabie was besig om aan Mens-alleen met behulp van 'n noukeurig getekende kaart van sy fiktiewe stad, wat raakpunte met Parys gehad het, te werk, terwyl Uys aan sy eerste twee digbundels met die oog op 'n nuwe uitgawe aan die hersien was. Hoewel Uys voortdurend Jan en Bartho se advies vra, veg hy telkens vir die behoud van elke reël wat hulle wil skrap. Soms het die gesprekke driftig verloop. By geleentheid sê Uys vir Jan: | |
[pagina 229]
| |
‘Man, wie's jý om vir mý te sê wat's 'n goeie versreël en wat nie? Ek het al gedigte geskryf toe jy nog tande gekry het!’ Waarop Jan antwoord: ‘Jy's g'n digter nie, man, jy's 'n kriek; jy weet nooit wanneer om op te hou nie!’Ga naar eind35 Onder dié stimulerende verkeer met ander skrywers en kunstenaars kry Bartho self koers met sy drama Moeder Hanna en tussendeur begin hy ook skrywe aan sy blyspel Don Juan onder die boere. Die blyspel steek egter ná die eerste toneel vas, terwyl Putsonderwater, waarmee hy ook begin, met 'n eerste ‘eksperimentele steekproef’Ga naar eind36 eindig. Moeder Hanna word eers in 1954 in Londen voltooi en D.J. Opperman is só ingenome daarmee dat hy dit in sy geheel in 1955 in Standpunte publiseer - die inset tot die vernuwing van die Afrikaanse drama. Bartho het Moeder Hanna seker 'n twintig keer oor een oor geslyp en met sy volle, sonore, sensitiewe lippe, wat Peter Blum reeds in Johannesburg gefassineer het, vir Jan kom voorlees. Op sy beurt het Jan weer gedeeltes van Een-en-twintig en tonele uit Mens-alleen vir kommentaar aan Bartho voorgelees. ‘Dit was wonderlik’, skryf Jan, ‘om in daardie dae jonk en arm in Parys te kon wees. 'n Latynse paradys van ontdekking vir stoere Calviniste wat ek en Bartho altans oorspronklik was.’Ga naar eind37 Met die gees van Hemingway en Gertrude Stein wat nog steeds in die vyftigerjare daar gehang het, was Parys vir Jan en Bartho 'n soort katalisator. Hulle het nuwe dinge ontdek en gevoel hulle loop op paaie waarop ander Afrikaanse skrywers voor hulle, met uitsondering van Uys Krige, nog nie geloop het nie. | |
IIIStephen le Roux, wat in 1955 met die roman Die eerste lewe van Colet onder die naam Etienne Leroux sou debuteer, was van plan om in 1954 saam met sy vrou, Renée, 'n reis deur Wes-Europa te onderneem en ook Parys te besoek. In Kaapstad het Stephen sy goeie vriend en mentor, die Nederlandse digter Jan Greshoff, 'n bietjie gepols oor kontakte in Europa, en Greshoff het onderneem om aan Jan Rabie, vir wie hy skrams geken het, te skryf met die versoek om die Le Rouxs met hulle aankoms in Parys 'n bietjie touwys te maak en aan die stad bekend te stel. Voor hulle besoek aan Parys sou die Le Rouxs eers deur Italië reis en die kunsmuseums in Rome, Florence en Venesië besoek. Jan het hulle in daardie sta- | |
[pagina 230]
| |
dium nog nie geken nie, maar uit Greshoff se brief kon hy aflei dat Stephen 'n skrywer met groot belofte is en dat Renée se skilderye Marjorie mag interesseer. Uit 'n brief wat hy vir Stephen en Renée laat by die hotel waar hulle, volgens Greshoff, gereserveer was en op 3 Mei 1954Ga naar eind38 sou aankom, blyk weer Jan se medemenslikheid en hulpvaardigheid. Hy skryf dat hy nie hul uur en stasie van aankoms ken nie, maar sy adres vir hulle laat, met 'n aanduiding van hoe om per metro by hom uit te kom. Hy sal die volgende aand om kwart voor tien by hulle hotel wees. ‘As julle weg is,’ skryf hy, te moeg, of so iets, moenie moeite doen nie, maar laat net 'n briefie by die buro waarin julle 'n afspraak maak vir die volgende dag - enige tyd in die namiddag of aand. Maar as julle daar is, kan ons na die Dôme-kafee gaan (200 tree) en lekker gesels. Julle sal my maklik herken: Ek het 'n swart Paryse baardjie en sal 'n donker veels te grote jas aanhê. Wil julle dalk kontak maak voor 9:45, Woensdag - ek sal heeldag tuis wees tot ongeveer 9:15 die aand as ek na julle gaan kom.Ga naar eind39 Met hulle aankoms maak Stephen per brief 'n afspraak met Jan om hom in die Dôme te ontmoet, terwyl Renée in die kamer agterbly. In 'n dagboekGa naar eind40 wat hy in hierdie tyd hou en waaruit sy latere satiries-ironiese skryfstyl reeds duidelik merkbaar is, skryf Stephen: Hy het 'n Paryse baardjie, 'n jas wat te klein is vir hom [in teenstelling tot Jan se vermelding van 'n ‘veels te grote jas’! - JCK] en 'n maroon serp aan. Die stewels is baie gehawend en gaan al voor oop. Sy gebare is ekspressief en daar is 'n skamerigheid en 'n sensitiwiteit. As hy lag, ruk hy heen-en-weer, en die geluid is gesmoor - soos iemand wat slegte tande het en alles inhou. Sy oë toon die eienskappe van fyn waarneming. | |
[pagina 231]
| |
Hulle besluit almal om by Jan en Marjorie in die ateljee te gaan eet en koop worsies en eiers onderweg. In sy dagboek gee Stephen 'n kostelike beskrywing van die ateljee: Hulle ateljee en slaapkamer op die twee vloere, met die skuins dak, die vuil opwasplek en die gedruis van die moutfabriek in jou ore - is soos mens nie verwag het nie. Hulle betaal tien pond 'n jaar en is brandarm. Die kos is vuil, maar dit pas. Daar is die bekende karakters: die skilder met die vervolgingskompleks en die valdeure, die Sweedse danseres met die abstrakte skilder: hy skilder soos sy dans en andersom. Sy het haar Sweedse man verlaat toe sy sy skilderye gesien het. Jan en Marjorie is trots op hulle ateljee - heeltemal snobisties, want dit is aan weerskante oop. In die somer is dit te pragtig. Die twee bome in die vuil agterplaas is dan groen. Jy pis om die draai en kak die here weet alleen waar. Ek sien in Studio dat sy beskou word as een van die beste van die jongeres wat een of ander uitstalling gehou het. Uys Krige het lank by hulle gebly en daar hang 'n skilderstuk van haar teen die muur wat sy van hom geverf het: die hoë voorkop en die swak mond. Hulle het vir Uys 'n meisie gekry maar hy het net toegelaat dat sy sy hare streel. Dis wat hy nodig het - meer as die hare streel, egter, want hy kan so ontsaglik baie praat. Hy skuld vir Jan 180 praature. Die Suid-Italiaanse borde met die vispatroon, wat 'n sjieling elk gekos het, is aanmekaar gelas met dwarsspelde. Baie effektief: mens kan skaars die krakies sien. Ek lees van sy werke op die solderkamer...Hy het heelwat talent, maar is geneig tot té veel beelde. Sy kennis is deeglik en sy gesprekke onselfsugtig [...] | |
[pagina 232]
| |
die winter was hy driekwart vol kole, die water het oor en oor gekook, die stofie het rooiwarm geword - om die kamer net tot by zero te bring. In die tyd dat die Lerouxs in Parys is, drink Stephen al die verskillende fasette van die stad in hom op. Saam met Jan gaan hy koffie drink by die Pergola in die St. Germain-buurt naby die Flore waar Sartre dikwels kom. Stephen skryf: Pure eksistensialiste - alhoewel hulle vir my meer na 'n klomp wilde teenagers lyk. Hulle kyk ons een na die ander deur en 'n meisie vra vir Jan toe sy sy baard sien, of hy 'n ware kunstenaar is of 'n pseudo. Die meisies het almal die ‘drowned look’: lang hare, mascara-oë en geen lipverf nie. Dit laat hulle effens spookagtig lyk. Die seuns is meesal gladgeskeer en ‘suity’ aangetrek. Hulle dans die hele nag ‘be-bop’. Mens kan sien dat hulle nie daarvan hou dat toeriste daar kom nie. Ek is seker daarvan dat nie een van hulle al ooit iets van Sartre gelees het nie. Wat Stephen veral van hou, is om die ‘tipes’ te bekyk: 'n Jongman met die langste haar moontlik en 'n ou reënjas stap verby. Niemand kyk na hom nie, behalwe iemand langs ons tafel, en ek hoor hom prewel: ‘Pseudo-Boheme.’ 'n Pragtige meisie kom in en gaan aan die tafel langsaan sit. By nader ondersoek blyk dit dat haar vel nie so mooi is nie. Sy skets 'n jong Amerikaner voor ons - 'n student van die Sorbonne skynbaar, met 'n borselkop. Renée begin ook teken. Mens voel dadelik dat hier alles geoorloof is. Parys bly die alma mater. Daar is 'n werklike, onomstootlike vryheid. Selfs vir die pseudo. Die stalletjies langs die Seine het vir Stephen die wonderlikste aanbiedinge, van swaarde en ou pistole tot kaarte en manuskripte: Iemand vertel dat 'n Fransman sal kyk hoe 'n ander een selfmoord in die Seine pleeg terwyl hy nie 'n vinger roer nie, maar slegs die hoop uitspreek dat die persoon gou verdrink sodat die lyding nie té lank aanhou nie...Sien weer 'n man en 'n meisie vry: hy byt haar oor en | |
[pagina 233]
| |
sy streel sy kop. 'n Ou vrou kyk na hulle sonder 'n uitdrukking op haar gesig. Dit was vir Jan opvallend dat Stephen tydens sy besoek alles ‘ondergronds’Ga naar eind41 benader het, steeds simboliek in die erotiese en ironiese gesoek het en die naglewe van die Pigalle eerder as die skilderye in die Louvre wou sien. By die Pigalle, skryf Stephen in sy dagboek, gaan hulle by een van die plekke in om teen twintig frank te kyk na kaal meisies deur periskope. Die man wat die geld verwissel het die gesig van 'n heilige: groot, somber oë, rantlose bril soos daardie priesters in Venesië, en swaar wenkbroue [...] Kyk na die driedimensionele kaal meisies by die nagklubs. Die deurmanne pluk ons omtrent in, maar ons het nie genoeg geld nie. Eve, Moulin Rouge en al die ander. By L'Arizona vra hulle byvoorbeeld geen ingangsgeld nie, maar net vir die drankies [...] Ons gaan na ander nagklubs van buite kyk. Sien die Jaws of Hell. Die naakte foto's buite word luidrugtiger, en die meisies vetter. Jan vertel dat die Tabarin die beste van sy soort is [...] In een van die klubs dans 'n klomp swaaiende negers met pap meisies. Voordat hulle Parys verlaat om verder op hulle reis deur Wes-Europa te gaan, gee Jan en Marjorie vir die Le Rouxs 'n ete. Daarvoor was hulle spesiaal die gordyne en gaan Jan die mark in op soek na vis. Marjorie gee hulle 'n breedvoerige uiteensetting van hoe dit gaan wees en hoe die vis voorberei gaan word. Stephen skryf: Jan dink steeds dat sy 'n goeie kok is. Terwyl hulle alles voorberei skinder hulle sinies van almal. Daar is 'n besondere ‘grapevine’ tussen die kunstenaars [...] | |
[pagina 234]
| |
wat homself opdring. Die wyn is goedkoop - 'n St. Emillion kos maar 105 frank. Die aanhalings uit Stephen se dagboek gee 'n goeie, hoewel ironies-sardoniese, beeld van Jan en Marjorie se huishouding en leefwyse en die intellektuele wisselwerking tussen die toekomstige Sestigers in Parys. Al vier - Jan, Marjorie, Stephen en Renée - was in hierdie jare sukkelende kunstenaars, al het Marjorie reeds in Parys as 'n belowende skilderes bekend begin staan. Jan het egter probleme gehad om sy ‘prosas’ in Suid-Afrika gepubliseer te kry en sy roman is ná voorlegging afgewys, terwyl Stephen, met uitsondering van ‘Kaartjie vir oortreding’, wat op voorspraak van Jan Greshoff in Standpunte, V:3, Maart 1951 opgeneem is, in hierdie stadium geen vordering met die publikasie van sy werk kon maak nie. In 1955 sou Die eerste lewe van Colet, wat hy aan Greshoff sou opdra, op eie koste by Culemborg verskyn. Hoewel Stephen in sy dagboek skryf dat Parys ‘my stad’ is, vind hy dit tog 'n moeilike plek om deel van te word. ‘Jy het wel die gevoel dat jy kan doen wat jy lus het,’ skryf hy, maar tog voel jy nie deel van die groep nie - of liewers, daar is géén groep wat werklik hoort nie - almal kom van buite: jy is alleen tuis as jy binne 'n kring beweeg. Dis die verskil tussen hier en Italië: Parys | |
[pagina 235]
| |
is 'n wonderlike dekor, in 'n teater vir die avant garde; maar jy moet 'n spel hê, en 'n storie. Hy gaan voort: Iets wat my egter hinder, is dat die toneel so vol is - daar is té veel kunstenaars, te veel afwykings, té veel vryheid. Dis, soos Graham Greene gesê het, 'n vorm van masturbasie. Jy moet óf baie jonk wees, óf in 'n ander tyd geleef het toe getalle nie 'n oorweging was in Europa - soos vandag nie. | |
IVMet sy Mens-alleen, vir hom om die verkeerde redes deur die Nasionale Boekhandel afgekeur, en sy ‘prosas’, ná Marjorie se noulettende lees van die Engelse weergawes, deur Uys Krige en Bartho Smit goed bevind en deur homself herhaaldelik geslyp en gesnoei, het Jan begin voel sy leerskool in Parys is voltooi. Dit was nou vir hom die hoogste tyd om na Suid-Afrika terug te keer waar groot werk op hom sal wag. Uit die bloute ontvang hy geld van sy oom Sarel wat hom in die geleentheid stel om 'n passaat vir die terugvaart te koop. Maar die vraag was: Wat van Marjorie? Hulle spreek af dat sy hom later sal volg, maar dat hulle net twee jaar in Suid-Afrika sal bly en hulle dan weer in Parys sal vestig. Aan Uys Krige skryf hy op 2 November 1954: Dis met 'n beswaarde gemoed dat ek terugkom, hoewel met opwinding. 'n Gevoel soos voor 'n tandarts, net minder magteloos en meer bewus van 'n moontlike versettende uitbarsting. Man, ek is vas aan my land, dié kloppende, bitter nawelstring...Suid-Afrika brand in my, geliefde vlermuisson, en in Europa verdroog ek in die reën.Ga naar eind43 En in sy dagboek teken hy aan: ‘'n Volledige uitlewing, uitsê van die mens, is onmoontlik waar jy self tralie en tronk vir andere is.’Ga naar eind44 Wat was dan die wins wat Parys vir hom en die ander Afrikaanse skrywers en wordende Sestigers wat tydens sy verblyf in Frankryk op besoek was, gebring het? In sy artikel oor ‘Parys se Sestigers’ sê Jan dit was waar- | |
[pagina 236]
| |
skynlik die aantreklike vermenging van Franse realisme en Paryse surrealisme en eksistensialisme, saam met ‘'n sousie wêreldwye dekadensie’Ga naar eind45 wat hulle aangetrek het. Daarby het hulle gesien hoe 'n hoë en eerbare posisie intelligentsia en kunstenaars in die Franse samelewing beklee, terwyl daar in Suid-Afrika van die kant van politici in magsposisies toenemende minagting vir skrywers en akademici aan die ontwikkel was. Belangrikste van alles was egter dat, hoe hy en sy medeskrywers ook al in Europa en veral Frankryk opgegaan het, sou Europa hulle leer dat hulle in laaste instansie Afrikaans is en 'n taak ten opsigte van hul eie taal en land het. Jare later sou hy dit in sy outobiografie só stel: Ek kan nie eens verseker sê dat my werk fasette van Latynse ironie en bondigheid bygekry het nie. Suid-Afrika is 'n smeltkroes van so 'n dringende aard dat 'n mens jouself kan kul wanneer jy na jou terugkeer sê: Wat ek uiteindelik van Europa geleer het, is dat hoe meer my denke vir die hele wêreld oopgaan, hoe meer ek wêreldburger is wat sewe tale en dus sewe wêreldbeelde ken, hoe meer besef ek ek is verantwoordelik vir 'n deel daarvan, vir my eie land.Ga naar eind46 Parys het hom laat kennis neem van strominge soos die eksistensialisme, die absurdisme en die surrealisme, alles dinge wat in sy roman en ‘prosas’ neerslag vind, maar in 'n situasie soos dié van Suid-Afrika was dit vir hom belangriker dat die skrywer betrokke moet wees. Selfs Een-en-twintig sou vir homself later te veel van 'n estetiese speletjie wees. Aan Chris Lombard - veel later skrywer van die digbundels Tussen die malgasse op die kaai (1991) en Millennium (1994) en die kortverhaalbundel Vanuit 'n ou dorpshuis (1996) - skryf hy reeds op 23 April 1953 dat Afrikaanse skrywers die oneerlikste estetici ter wêreld is en dat ons nasionale simbool eintlik die volstruis wat sy kop diep in die sand indruk, behoort te wees: 'n Skrywer is oneerlik as hy esteties tokkel, en nie die hele wêreld om hom in sy skrywe betrek nie - juis as die wêreld om hom op 'n gemors en 'n skandelike selfmoord afstuur. As die denker, die digterprofeet bly swyg oor die essensiële, ontken hy die enigste rede vir sy bestaan. Om eerlik te wees vandag beteken om besorg te wees oor die toestand van die wêreld, van ons eie land. Uys Krige is 'n prysenswaardige en vereensaamde uitsondering op die groot gros van Suid- | |
[pagina 237]
| |
Afrika se kultuurhelde, dié wat oor sterre en branderruisinge neulGa naar eind47 in stede van byvoorbeeld (ook) te skrywe oor die probleme waaraan almal dink, maar nie die moed het om reguit en eerlik aan te pak nie. Soos ons kleurprobleem. Dit is 'n taak wat Jan ná die publikasie van sy Paryse werk op homself sal neem. Intussen kon Jan vir die terugvaart 'n plek kry op die SS Zuiderkruis, ook, soos toe hy gekom het, 'n Nederlandse skip vol immigrante, wat van Amsterdam na Kaapstad sou vaar. Marjorie sou voorlopig in haar ateljee in Parys agterbly totdat hy, soos sy dit later in 'n onderhoud sou stel,Ga naar eind48 genoeg geld gehad het om haar ‘in te voer’. Vroeg in Desember 1955 sê Jan vir haar, terwyl sy skottelgoed was: ‘I've no money to give you anything for Christmas.’ Marjorie antwoord: ‘That's all right.’ Toe sê Jan: ‘I could [always] marry you for Christmas.’ Marjorie antwoord berustend: ‘That's all right.’Ga naar eind49 Jan dring aan daarop dat die huwelik voor Kersfees moet plaasvind en dat sy alles moet reël. Die maklikste sou wees om dit voor die Britse Ambassade in Parys te doen, anders moes die dokumente vertaal word - wat 'n duur en lang proses kon wees. Op haar beurt dring Marjorie aan op 'n ring, maar Jan was onversetlik: ‘I'm not giving you a ring; it is the sign of slavery.’ Maar Marjorie hou vol: sy moet 'n ring hê, sy wil nie elke keer as sy, met Jan weg, in 'n kafee sit, vir lastige mans verduidelik dat sy getroud is nie. Sy wil net haar hand kan ophou, sodat hulle die ring kan sien. Jan se antwoord was dat sy dit dan maar self moes koop.Ga naar eind50 Met die Kersseisoen en die sluiting van die ambassade tydens die feestyd kon hulle dit egter nie voor 25 Desember haal nie, en daarby wou haar ouers darem graag uit Skotland kom om die huwelik by te woon. Op 4 Januarie 1955 trou Jan en Marjorie voor die Britse konsul in 'n besneeude Parys. Bartho het sy ou bruin pak aan Jan geskenk om in te trou, terwyl Marjorie, wat slegs sandale besit het, Kita se skoene vir die geleentheid kon leen. Jannie Coetzee was die getuie by die huweliksvoltrekking. Marjorie se vader het die huwelik gelate gadegeslaan en was taamlik vrolik by die onthaal in die ateljee agterna, maar haar moeder het taamlik suspisieus na die nuwe skoonseun gekyk en gewonder of dit die regte man vir haar dogter was. Vir 'n wittebroodsreis het Jan en Marjorie geen geld gehad nie. In elk | |
[pagina 238]
| |
geval was daar slegs 'n paar dae oor voordat Jan na Nederland sou gaan vir die vaart wat hom na sy sonnige suiderland sou terugneem. Dit was onseker wanneer hulle mekaar weer sou sien. Daarom geniet die pas getroude egpaar die laaste paar dae saam in Parys, die stad van hulle liefde, waar albei, afsonderlik en gesamentlik, soveel nuwe dinge kon beleef wat hulle lewens so geweldig verryk het. |
|