Jan Rabie. Prosapionier en politieke padwyser
(2004)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 51]
| |
Hoofstuk III
| |
[pagina 52]
| |
Westerse demokrasieë by herhaling en sien hulle dat lande soos Brittanje en Frankryk onwillig en onmagtig is om in te gryp en hulle teen te gaan. Hitler remilitariseer die Rynland in 1936 en beset Oostenryk in 1938. As hy in Maart 1939, wanneer Jan in sy derde jaar op Stellenbosch is, die Sudeteland (deel van Tsjeggo-Slowakye) inneem, kan Brittanje en Frankryk weinig meer doen as om te waarsku dat hulle 'n Duitse besetting van Pole nie gelate sal aanvaar nie.Ga naar eind2 Op Stellenbosch, binne 'n studentegemeenskap wat van huis uit oorwegend Afrikaansprekend, Nasionaalvoelend en behoudend was, sou Jan aanvanklik, méér as van internasionale strominge en bewegings, bewus word van die politieke ontwikkelinge in sy eie land. Kort ná sy geboorte is daar groot industriële onrus aan die Witwatersrand as gevolg van die stakings oor lone in die mynbedryf. Generaal J.C. Smuts, die premier, se militêre ingryping om die rus te herstel, was waarskynlik die belangrikste rede waarom hy die verkiesing teen die ‘pakt’ van die Nasionaliste en die Arbeiders in 1924 verloor het.Ga naar eind3 Generaal J.B.M. Hertzog, wat daarmee aan die bewind kom, voer sy beleid van ‘Suid-Afrika eerste’ op kulturele en staatkundige terrein deur. Afrikaans word in 1925 tot amptelike landstaal naas Engels verhef, terwyl Suid-Afrika in 1931 met die Statuut van Westminster staatkundige outonomiteit binne die Britse Ryk verkry.Ga naar eind4 Wanneer Suid-Afrika aan die begin van die dertigerjare deur depressie en droogte geteister word, dwing dit Hertzog om nader aan die Engelstalige deel van die bevolking te beweeg en in 1933 'n koalisie en in 1934 samesmelting met Smuts se Suid-Afrikaanse Party te soek. Teenoor die Verenigde Party, wat op dié wyse met Hertzog as premier en Smuts as adjunk tot stand kom, verset dr. D.F. Malan en sy volgelinge hulle, wat met 'n klein aantal setels die belangrikste opposisie word.Ga naar eind5 Op Riethuiskraal was Jan se vader 'n ondersteuner van Malan en op Stellenbosch sal Jan in dié ‘bakermat van eg Afrikaanse oortuigings’Ga naar eind6 - volgens die getuienis van die latere digter Barend J. Toerien, wat in hierdie tyd saam met hom op Stellenbosch studeer - ‘geheel en al 'n konformerende seun, deel van die massa’Ga naar eind7 wees en by die ekstremistiese Herenigde Nasionale Party aansluit. Hy is selfs, totdat Malan dit vir sy volgelinge verbied, lid van die militaristiese Ossewa-Brandwag wat die totstandkoming van 'n republiek deur verwerping van die demokratiese stelsel gepropageer het.Ga naar eind8 Waarskynlik het sy groeiende belangstelling in die letterkunde, wat by hom gaandeweg 'n groter hartstog as die skilderkuns of selfs die musiek sou word, alle aan- | |
[pagina 53]
| |
dag aan die politieke aktualiteite van die dag verdring. Trouens, wanneer hy in 1933 sy skoolloopbaan op Riversdal begin, verskyn die eerste volledige Afrikaanse Bybel, 'n gebeurtenis wat 'n diepgaande invloed op die ontwikkeling van die literatuur sou hê. Die ryke dwaas, die belangrike poësiedebuut van W.E.G. Louw, word in 1934 gepubliseer, die jaar waarin Jan die eksamen vir die junior sertifikaat aflê. Weldra sou die vernuwing van Dertig sterker gestalte aanneem met die werk van N.P. van Wyk Louw, Uys Krige en Elisabeth Eybers en sou die Afrikaanse literatuur, meer spesifiek die poësie, binne enkele jare tot 'n peil opgestoot word wat die werk van vroeër oortref en wat die Dertigers met hul Europese tydgenote sou laat meespreek. Hoewel hierdie werk op Stellenbosch aanvanklik nie binne kursusse akademies onderdak sou vind nie, sou Jan as ywerige leser en belangstellende student gou van hierdie nuwe opbloei in die Afrikaanse literatuur kennis neem. | |
IIWanneer Jan op die Stellenbosse stasie aankom en hom aanmeld by Wilgenhof op die hoek van Victoria- en Ryneveldstraat, die koshuis waar hy die volgende vier jaar sou woon, is hy, soos hy dit self sou stel, die kleinste en skaamste van al die eerstejaartjies, 'n mannetjie wat, skaars tafelhoog, nog ontuis was in sy eerste langbroek en oor meisies gebloos het,Ga naar eind9 al het sy wilde kuif met donker hare en vinnige stappie reeds in hom iets van 'n parmant verraai. Om hom 'n bietjie te tem, het die seniors sy kop by een van die vensters laat afhangGa naar eind10 en moes hy tydens die dopery Charlie Chaplin voorstel deur hom te klee in 'n swaelstertmanel en groot skoene verkeerd om aangetrek, en met 'n strikdas, keil en 'n snorretjie van swart politoer onder sy neus.Ga naar eind11 'n Tyd lank was sy bynaam Charlie Chaplin en in dié gewaad moes hy twee weke lank sy eerste klasse bywoon, iets wat hom aanvanklik net verder in sy dop laat kruip het. Om hom van sy skroomvalligheid teenoor die ander geslag te stroop, het van die seniors saam op die trein na Stellenbosch hom reeds gedwing om een van die meisies, ook 'n voornemende eerstejaartjie, te soen. In 'n vers wat hy later onder die titel ‘Arme sot?’ sou publiseer, doen hy geestig verslag van dié ondervinding wat uiteindelik toe nie vir hom so onbehaaglik was nie: | |
[pagina 54]
| |
Hul stoot hom deur die deur.
‘Toe buig, en soen haar op die wang.’
Hy sien sy hemp is voor geskeur
en word tog al te bang.
Maar sotte het geen wil, hul móét.
So buig hy na haar mond en soen.
Die kêrels lag, hy vind dit soet -
Die lippe rooi soos waatlemoen.Ga naar eind12
Die tradisie om tydens die dopery eerstejaars te blinddoek, met ‘'n gekrys en gebrul’ allerlei sotlikhede met hulle aan te vang en as ‘nakende skandpale te beverf’, vind hy egter walglik.Ga naar eind13 Die Universiteit van Stellenbosch was met Jan se aankoms nog 'n klein inrigting, kwalik meer as eenduisend vyfhonderd studente, al sou die getal aan die begin van 1940 darem styg tot 1 865.Ga naar eind14 Op die kampus het minder as vyf studente 'n motor besit, sodat 'n mens op Stellenbosch ‘'n baie ineengeweefde studentesamelewing’Ga naar eind15 aantref, oorgegee aan genoeg pret en uitbundigheid, maar - in ooreenstemming met die gees van die tyd - diep gevoelig vir die groot strominge wat Europa besig gehou het: die kommunisme, die nasionaal-sosialisme, die fascisme.Ga naar eind16 Die meeste vakke van die Fakulteit van Lettere en Wysbegeerte, waar Jan as B.A.-student geregistreer het, was gehuisves in die sierlike Ou Hoofgebou in Ryneveldstraat, waar hy die kursus in Engels sou volg, en in die Ou Hollandse Saal, 'n klein onaantreklike geboutjie langsaan, op die perseel waar later die H.B. Thom-teater sou verrys. Daar het Jan sy ander vakke geneem - Hollands (soos Afrikaans en Nederlands destyds genoem is), Duits, geografie en geskiedenis. In die nabygeleë Crozierstraat was die C.L. Marais-biblioteek waar Jan dikwels in 'n hoekie gaan sit het om feite in verband met sy vakke na te slaan en sy algemene kennis uit te brei. Met Wilgenhof skuins oorkant die Ou Hoofgebou en regoor die meisieskoshuis Macdonaldhuis (op die perseel waar die Wilcocks-gebou vandag staan) was Jan se Stellenbosch 'n knus wêreldjie, met gerieflike afstande tussen klasse. 'n Bietjie verder weg was ander dameskoshuise, soos Harmonie, Greylock en Monica, waar hy soms op deurmatte gestaan en wriemel het. Die bewaringsinisiatief, wat later van Stellenbosch een van die mooiste dorpe in die Wes-Kaap sou maak, het in hierdie stadium nog | |
[pagina 55]
| |
ontbreek en baie van die historiese huise, soos dié in Dorpstraat, was bouvallig en verwaarloos. Met uitsondering van die Hoofgebou was die meeste ou geboue van die universiteit ontoereikend, terwyl van die nuwer geboue vir die natuurwetenskappe ontsier is deur gedrogtelike Griekse suile en 'n onpraktiese uitleg van klaskamers en lesingsale. Wilgenhof, wat as oudste koshuis uit 1903 dateer en 'n roemryke tradisie van gevierde oudstudente gehad het, was in sommige opsigte betreklik primitief en van buite onaansienlik. By geleentheid het een van die dosente in Engels sy misnoeë oor die swak argitektuur van die kampus uitgespreek en gesê dat Wilgenhof die enigste ontwerp is wat 'n mens in 'n mate bevredig: dit is duiwehokke en wil ook duiwehokke wees!Ga naar eind17 Hoewel Jan later 'n bietjie skepties was oor Wilgenhof waar jong Afrikaners destyds, soos hy in 'n herinneringskets sou skryf, ‘warmlekker’ tuis was maar met woorde soos kwod, kys, sjauwers en kommenroom hulle moedertaal met 'n soort pidgin-Engels vermeng het,Ga naar eind18 was hy tog baie gelukkig in die koshuis. Dit was vir hom nie slegs 'n plek waar 'n mens kon eet en slaap en veilig droom nie. Wilgenhof - waar hy aanvanklik 'n kamer in die nederige regtervleuel en later bo in ‘Bachelors’ gehad het - was vir hom 'n ‘moederaanwesigheid’ waar 'n mens deur die huisgees, die samesyn en buurskap met ander jongmense iets soos jong wyn in jou voel borrel en gis het.Ga naar eind19 Vir 'n jong romantiese siel soos hy, ‘popelvol droomvuur’, was daar ook die ‘groen-en-amber-flonkerende tonnel’ van die Eersterivier waar hy soms met 'n nooientjie kon gaan wandel, terwyl Simonsberg en die Pieke hoog rondom hulle soos skildwagte uitgetroon het.Ga naar eind20 Jare later, wanneer hy besig is om in die Franse Alpe Mont Blanc uit te klim, kom die vrede van Stellenbosch, die vallei waar die bergpieke blou bo die lower troon, na hom terug. In die verhaal ‘Stellenbosch, my vallei’, in 1956 opgeneem in sy bundel Een-en-twintig, roep hy met heimwee sy jare daar in die herinnering: Vreugde dryf my voort deur die vredige stadjie waar ek elke akkerboom, elke watergemurmel, elke sonbespatte muur gretig herken. Hier is die keuse van herinnering, hier is die vallei van my jeug, die mooiste. | |
[pagina 56]
| |
Hoewel Jan nou, anders as op skool, sy aandag by sy werk bepaal het, was daar genoeg tyd vir ander aktiwiteite. Meisies het hy wel begin aankyk en soms saam met hulle gaan stap, maar tot 'n vaste kys of selfs 'n onskuldige vryery het dit nie gekom nie. In die Konserwatorium - die Conserve, soos dit onder die studente bekend was, met sy goeie akoestiek in die hoofsaal - kon hy van tyd tot tyd uitvoerings hoor en dikwels na plaatopnames gaan luister om sy musiekkennis verder uit te brei. Oor naweke kon hy in die Recreation, tot die Rec of die Vlooifliek deur die studente herdoop, gaan kyk na die jongste film, meestal goedkoop strooi uit Hollywood. Enkele kere was daar met 'n Mae West, 'n Mary Pickford of 'n Charlie Chaplin iets beters in die Plaza waar hy in een van die goedkoop sitplekke vir een sjieling en sewe pennies kon inskuif.Ga naar eind22 Soms is hy saam met die Berg- en Toerklub (die BTK) op naweekuitstappies om die berge van die omgewing te gaan beklim, 'n aktiwiteit wat Jan tot laat in sy lewe sou volhou. Jare later kon Barend Toerien onthou hoe hy en die latere komponis Hubert du Plessis, ook tóé student op Stellenbosch, 'n groep bergklimmers teengekom het, marsjerend en singend, met Jan vooraan wat skreeu: ‘BTKaa! BTKaa!’Ga naar eind23 Saam met hom in die koshuis was die drie De Villiersneefs: Lang David, wat later advokaat en besturende direkteur van die Nasionale Pers sou word, Heilige Dawid, wat in die teologie gestudeer het en op Stellenbosch in die Kweekskool sou doseer, en Dik Dawid, later hoof van Sasol. Beyers Naudé, later predikant en moderator van die Suid-Transvaalse sinode van die Ned. Geref. Kerk, maar tydens die apartheidsbewind 'n uitgeworpene uit Afrikanerkringe en lank onder huisarres, was studenteraadsvoorsitter en destyds al bekend vir sy vurige gesprekke. In Dagbreek, die ander manskoshuis, het die latere eerste minister en staats-president John Vorster ingewoon, in 1938 ook lid van die studenteraad en die man wat in die sestigerjare as minister van justisie teen Naudé sou optree. 'n Tipiese spel wat die Wilgenhoffers iedere jaar gespeel het, was ‘Reckless’. 'n Tennisbal word met kaal geskeerde koppe op die grasperk van die ‘kwod’ heen en weer gestamp, met die beste stamper in die middel en die ander in 'n kring rondom hom. Op 6 November 1937 is 'n poging aangewend om die rekord van 67 stampe, sonder dat die bal die grond raak, te oortref. Die aanslag was suksesvol en die totaal is na 74 opgeskuif, met Jan as een van die veertien suksesvolle spanlede.Ga naar eind24 In 1937, met Jan se aankoms op Stellenbosch, het Die Kraaie, Wilgenhof se sangkoor, onder leiding van die later bekende koorleier Philip McLachlan | |
[pagina 57]
| |
gestaan, 'n serenadekoor wat veral aan die begin van die lente by die meisiekoshuise gaan sing het. In 1937 het hulle hul kenwysie, ‘O, dis weer die Kraaie van Wilgenhof’, geskryf deur Lang David de Villiers, die eerste keer uitgevoer, met Jan Rabie wat lustig saamsing.Ga naar eind25 Iedere jaar was Juniordag een van die hoogtepunte in die lewe van die studente, 'n dag vir pret en vermaak en vir verlief wees. ‘Die hele Stellenbosch is in rep en roer’, skryf Jan in 'n stuk wat hy in Maart 1940 in Die Stellenbosse Student publiseer en wat hy ‘Studente-dagboek’ noem. ‘Almal is in hulle mooiste uitgedos en drom in die strate saam om te wag vir die optog...Party is opgeruimd. Ander is haastig. Maar almal is ewe vrolik en verwagtingsvol. Selfs Johan voel die lentekoors soos 'n glasie wyn in hom opklim. En rondom lê die ou Pieke-reeks. Die blou mure om die groen juweel-valleie. Om die mense daaronder in die nuwe dag. Lente.’ Reeds op Riethuiskraal het Jan sy moeder laat verstaan dat hy, met sy belangstelling in die wêreld om hom en in die natuur, op die gebied van geografie verder wou studeer, 'n vak wat hy weens die beperkte keusemoontlikhede nie op Riversdal kon neem nie. Aan die hoof van dié departement was prof. P. Serton, met mnr. D.J. Conradie as lektor. Die eerstejaarskursus het begin met 'n studie van die klimaat op verskillende kontinente, met 'n uitvoeriger behandeling van Afrika en spesifiek Suid-Afrika. Die tweedejaarskursus is gewy aan 'n verdere landsbeskrywing oor die kontinente buite Afrika, natuurkundige geografie (oppervlakte, vorm van die aarde, die klimaat, die see) en 'n oorsig oor die algemene ekonomiese geografie. Die derdejaarskursus was 'n voortsetting en uitbreiding van die tweedejaarswerk, met 'n bespreking van geomorfologie, klimatologie, oseanografie, rasseverhoudings e.d.m.Ga naar eind26 Vir 'n werklike begrip van die belangstellings wat Jan ook later in sy lewe sou hê en vir sy werkswyse as skrywer, moet 'n mens onthou dat sy een hoofvak vir die B.A. geografie was. Wanneer hy tydens universiteitsvakansies op Riethuiskraal was, so kon sy broer Carel later onthou, het Jan bedags in die ou skool se ‘konsistorie’ ingetrek, op sy opwen-grammofoon klassieke musiek van die ou 78-plate gespeel en rye en rye syfers en statistieke in sy folio-skryfboeke met 'n vulpen ingevul.Ga naar eind27 Dwarsdeur sy lewe het Jan statistieke gehou oor allerlei geografiese en demografiese aangeleenthede rakende Suid-Afrika: die inwonerstal, die bevolkingsamestellings en die verhouding tussen Afrikaans- en Engelssprekendes van elke dorp, die klimaat en verspreiding van die reënval dwarsdeur die jaar. Die gevolg van sy intense belangstelling | |
[pagina 58]
| |
is dat Jan in 1937, toe klaspredikate en eksamenuitslae nog met simbole aangedui is (dit is eers in 1938 na syfers verander) baie goed vaar en 'n B as jaarsyfer behaal. In 1938 kry hy 'n 6. Die beste kombinasie saam met geografie, so het Jan gereken, was geskiedenis, al het hy vir dié vak in matriek net 'n skamele D gekry. Geskiedenis is gedoseer deur prof. J.A. Wiid, wat later medeskrywer van die oorsigtelike Geskiedenis van Suid-Afrika (eerste deel, 1951) was en met wie se seun, die argitek Siebert Wiid, Jan later goed bevriend sou raak. Die ander dosent in geskiedenis was dr. H.B.Thom, in 1938 bevorder tot professor, later rektor van die universiteit, biograaf van Gerrit Maritz en D.F. Malan en saam met D.B. Bosman redakteur van Van Riebeeck se Daghregister. In die eerste jaar is die algemene Europese geskiedenis voor 1789 behandel, terwyl 'n begin gemaak is met 'n inleiding tot die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat in die tweede en derde jaar voortgesit is. In die tweede jaar het die aksent verder op die negentiende eeu in Europa geval en in die derde jaar op die konstitusionele geskiedenis van Groot-Brittanje en die dominiums. In 1937 kry Jan ook in geskiedenis 'n B en in 1938 'n klaspredikaat van 6. Duits en Engels neem Jan slegs in sy eerste jaar. Vir albei dié vakke word B's aan hom toegeken, sowel vir die predikaat as die eksamen. In Engels is een van sy dosente die knap Christina van Heyningen, 'n inspirerende dosent, wat in 1966 in die VSA 'n uitstekende boek oor sy latere vriend Uys Krige sou publiseer. Indien die leerstof in Nederlands en Afrikaans, of Hollands soos die studente die vak toe genoem het, tydens Jan se jare aantrekliker aangebied was, sou hy dit waarskynlik in die plek van geskiedenis tot op derdejaarsvlak geneem het, want sy belangstelling in die letterkunde het met sy aankoms op Stellenbosch vinnig toegeneem. In 'n mate het prof. F.E.J. Malherbe se inspirerende klasse oor die Nederlandse letterkunde en sy buitemuurse lesings oor die Franse impressioniste, wat hy met ligbeelde geïllustreer het, Jan geboei, maar die ‘vervlakste ou Fransie’Ga naar eind28 se lesings was agtuur in die oggend wanneer Jan, soms tot twee-uur in die nag aan die werk of aan die gesels, nog wou slaap. Hoewel die streng prof. A.C. Bouman, hoogleraar in Germaanse filologie, 'n knap vakman was, het sy spesialiteitsgebied Jan nie eintlik geïnteresseer nie. Die groot teleurstelling in die departement was prof. E.C. Pienaar, bekend as sterk vaderlander en volksman, maar met weinig aanvoeling vir die nuwe poësie van | |
[pagina 59]
| |
Dertig wat juis in Jan se jare op Stellenbosch begin verskyn het. Pienaar het dié poësie as onnasionaal en die geding met God by die Louws as onchristelik afgemaak en in herdrukke van sy bloemlesing Digters uit Suid-Afrika geen plek vir hulle werk ingeruim nie. Wanneer N.P. van Wyk Louw se bundel Die halwe kring in 1937 verskyn, word dit deur die knap jong Nederlander, H.A. Mulder, bestempel as 'n bundel wat sy plek inneem ‘aan die top van die Afrikaanse poësie’ én ‘in die ry van die groot bundels Nederlandse liriek as hul gelyke’.Ga naar eind29 Daarteenoor praat Pienaar in sy resensie van die bundel in Die Burger van 18 Desember 1937 van die ‘metafisiese abstraksies wat die leser hoofpyn veroorsaak’, 'n uitlating wat van Uys Krige in Die Brandwag van 7 Oktober 1938 die reaksie ontlok dat as Pienaar ‘weer 'n digbundel wil bestorm, hy dit moet doen gewapen met 'n flessie asperien’. Dit is 'n uitspraak wat nie by Jan, in dié jare reeds kranige leser van koerante en tydskrifte, sou verbygegaan het nie, ook nie dié van Elisabeth Eybers wat die anti-Engelse gesindheid in Pienaar se Werda (1938) in 'n resensie bestempel het as die ‘voortdurende en stelselmatige eksploitasie van die kudde-instink’.Ga naar eind30 Hoewel in hierdie stadium, soos ook later steeds, self 'n sterk voelende Afrikaner, het Jan reeds onopsigtelik begin reageer op die eng keurslyf waarin politici en volksredenaars Afrikanerskap, veral tydens die landswye Voortrekkereeufees, wou indwing. Hy het trouens gevind dat die meeste van sy medestudente die retoriek van hierdie mense konformerend en kritiekloos aanvaar, maar as romantikus, wat besig was om hom in die weelde van woorde te verdiep, het hy nog nie sterk genoeg gevoel om hom demonstratief daarteen te verset nie. Onderliggend aan sy reaksie was sy rebellie teen die Calvinistiese geloof en die benouende en behoudende nasionale beginsels wat hy op Riethuiskraal moes verduur. E.C. Pienaar was vir hom 'n verlengstuk van sy vader se eng opvattinge. Daarom het Pienaar se retoriek hom dwars in die krop gesteek en kon hy vir Hollands II net 'n 5-predikaat verwerf. In die eksamen slaag hy darem met 'n 6. Telkens, wanneer die universiteitsreses aanbreek, is Jan weer per trein terug na Riethuiskraal waar hy gewoonlik die vakansie deurgebring het. In sy roman Die pad na mekaar (1947) beskryf hy so 'n reis wanneer sy karakter Herman per trein oor die Hottentotshollandberge verby Caledon ry tot by Saaiplaas waar hy die bus vir Stilbaai haal. ‘Meestal’, gaan hy voort, ‘is daar bossies of droë heide langs die wit kalkpad, met hier en daar 'n suikerbos of rooipitjieboom; soms gaan hulle oor lang gelyktes waar net | |
[pagina 60]
| |
renosterbossies groei.’ Dié wêreld is die vertroude landskap van sy jeug: ‘Die plasies wat hul verbygaan is klein en kaal; skaaptroppe wei mistroostig op die kort gras tussen die bossies en klein graanlandjies lê op kort afstande van die huise met rietdakke. “Die ryk boere woon langs die rivier of berg se kant-toe,” roep die bestuurder deur die gedreun na hom. 'n Endjie verder staan 'n stofverwaaide winkel by 'n paar bloekombome, en daar word stilgehou om 'n possak af en 'n hok vol protesterende hoenders op te laai.’Ga naar eind31 In 1939, wanneer Jan met sy derde jaar besig is, begin sy broer Louw ook met sy studie op Stellenbosch. Hy was twee jaar jonger as Jan, is beskou as die slimste maar mees teruggetrokke van die broers en sou later in die Namib as geoloog werk. In die afgeleë landstreke wat hy bo die stede verkies het, sou hy met die jare 'n uitgebreide kennis van die natuur en wilde diere opbou, maar by tye kon hy oor persoonlike belewenisse praat wat aan die ongelooflike gegrens het. So het hy by geleentheid aan Gideon Joubert, later skrywer van Die groot gedagte (1997) en saam met hom student op Stellenbosch, vertel van sy ontmoeting met 'n renoster, hoe hulle vir mekaar staan en kyk, hoe hy vir die renoster sê: ‘Sjee!’ en hoe die renoster weghardloop. Omdat dit bekend is dat 'n renoster nie goed kan sien nie, het Joubert die waarheid van die verhaal betwyfel.Ga naar eind32 Louw was 'n selfstandige denker wat daarvan oortuig was dat die mens 'n soort korsmos of misgewas is wat die aarde se oppervlak oorwoeker totdat ons mekaar versmoor en uitroei.Ga naar eind33 In die Namib het hy onder die indruk gekom van die wonder en volmaaktheid van die sandkorrel wat uiteindelik, as alles op aarde sou vergaan, sou bly bestaan. Jan steun op Louw se opvatting hieroor as hy in sy jeugboek Die seeboek van die Sonderkossers (1975), in antwoord op die vraag wat die onsterflikste ding op aarde is, die groepie avonturiers laat ‘kyk na die fyn korrels sand wat almal tesame sandvaal lyk, en tog elkeen met talle ander innerlike kleure glim’,Ga naar eind34 en die karakter Daniel laat sê: ‘Kyk hoe rond is dit deur die see geslyp...So rond en omring soos dit nou is deur 'n onsigbare velletjie water, kan selfs die woesste branders dit nie verder vrywe nie. Nou is dit so te sê onverwoesbaar.’Ga naar eind35 Omdat Louw daarvan oortuig was dat Afrikaans nie foneties genoeg gespel word nie, ontwikkel hy die sandkorrelskryftaal wat 'n mens aan die ultra-fonetiese spelwyse van S.J. du Toit herinner en waarin hy 'n prosastuk in Sestiger sou publiseer.Ga naar eind36 In ‘My broer Louw’,Ga naar eind37 een van sy beste stukke kortprosa, gee Jan later 'n geestige maar liefdevolle beeld van | |
[pagina 61]
| |
sy enigsins eksentrieke broer en jeugmaat. Met die jare sou al die broers op Stellenbosch studeer, almal, soos Jan en Louw, inwoners van Wilgenhof. Hans, die platjie onder die kinders, het 'n landboukursus gevolg en kon die vreemdste goed aanvang, van paddas oopsny tot trekkers regmaak. Later het hy in Kenia grondboontjies gaan plant. Carel, soos Jan lief vir musiek, bekwaam hom as elektriese ingenieur, terwyl At siviele ingenieur word en later aan die departement van waterwese verbonde is. Martha, die oudste suster, het haar as onderwyseres bekwaam, terwyl Sannie, die laatlammetjie, gaan verpleeg het. Jan en Louw,Ga naar eind38 van vroeg af 'n tweemanskap, sou hul hegte verhouding ook as studente voortsit en by meer as een geleentheid tydens vakansies op staptogte gaan. In die somervakansie van 1939-1940 stap hulle met twee groot rugsakke van Riethuiskraal na Albertinia en van Mosselbaai al met die kus langs tot by Jeffreysbaai. Met die terugkeer loop hulle deur die Langkloof terug huis toe.Ga naar eind39 In sy roman Die pad na mekaar (1947) vind hierdie reis neerslag as Jan in die tweede hoofstuk beskryf hoe die karakter Herman, terwyl hy derdejaarstudent op Stellenbosch was, op 'n keer tydens 'n Desembervakansie 'n staptoer saam met sy broer - toe 'n eerstejaarstudent - langs die kus onderneem, 'n gegewe wat, onder meer met Jan en Louw se ouderdomsverskil en hulle belangstellings, baie met die werklikheid korrespondeer. Albei karakters is jonk, gesond, vol geesdrif en 'n bietjie trots op die toer wat hulle aangepak het. Hulle loop met rugsakke van stranddorpie tot stranddorpie, heeltemal bruingebrand en gelukkig. ‘Snags’, so beskryf Jan hierdie tog, het hulle onder die wye hemel geslaap en in soel nagte op 'n plek waar water was en bome om teen die sterre te staan, of teen 'n duin met die seegebrom rustig naby, selfs vergeet om vuur te maak of om tent op te slaan, en asemloos wakker gelê om so in diep, droomlose slaap te val. Bedags het hulle die paaie en voetpaadjies oor die rante en vlaktes, of die lang kurwes van die kus gevolg; blou en wit dae was dit, eenvoudig en gesond.Ga naar eind40 Op die terugreis stap hulle deur die binneland om 'n herhaling van dieselfde roete te vermy, en teen skemeraand kom hulle af op 'n rivier in 'n diep kloof, gemodelleer op die vallei van die Kafferkuilsrivier met sy ‘kristalhelder dwarsstroompies, huise op steil kweekerfies, groen boorde en | |
[pagina 62]
| |
tuine’Ga naar eind41 en met die skuite wat op die water vaar. Hoewel die landskap vir die duur van die roman doelbewus vaag gehou word, het dit duidelik raakpunte met Jan en Louw se jeugwêreld. So 'n staptog was 'n verademing ná 'n inspannende akademiese kwartaal en 'n opskerping van die sintuie vir jongmense wat hulle dae met boeke moes deurbring. Maar aan die einde van die vakansie het Jan en Louw met vreugde die trein gehaal vir die terugreis na Stellenbosch. | |
IIIWanneer Jan in 1937 op Stellenbosch aankom, is die later bekende digter en letterkundige Ernst van Heerden redakteur van Die Stellenbosse Student, 'n tydskrif wat in daardie tyd een keer per maand verskyn het en waarin naas nuus oor allerlei aktiwiteite op die kampus ook skeppende werk van studente gepubliseer is. Onder die skrywende jongmense op Stellenbosch was daar in hierdie jare die enigsins ouer Hans Holleman, later hoogleraar in Leiden, wat onder die pseudoniem Holmer Johannsen skrywer was van Gety (1938), waarmee hy tot die rigting van die Nuwe Saaklikheid in die prosa bydra. In 1944 sou hy met Die onterfdes 'n roman lewer wat 'n kruising is tussen Jochem van Bruggen se humorrealisme en Jan van Melle se soberheid en atmosfeerskepping. In 1940 sou van die eerste verse van G.A. Watermeyer en Barend J. Toerien in Die Stellenbosse Student verskyn. Van Heerden, wat druk besig was met sy M.A. en weldra vir verdere studie na Nederland sou vertrek, was in 1937 net waarnemende redakteur. In dieselfde jaar word die nuwe redaksie saamgestel. Daarop dien W.A. de Klerk, wat in 1942 as dramaturg sou debuteer en later sowel op dié gebied as met romans en reisverslae sou beïndruk. Die Stellenbosse studentelewe vorm die agtergrond vir sy romantiese Komedie onder die eike (1955). Saam met hom in die redaksie is F.A. Venter, later skrywer van Swart pelgrim en die Trek-tetralogie, en Audrey Swart, wat met die hoofredakteur, Andries Blignault, in die huwelik sou tree en groot bekendheid met haar essays en haar reklame vir die Afrikaanse boek sou verwerf. Audrey Blignault en De Klerk vorm saam met vyf ander die ‘Go to Hell Club’, 'n soort vroeë voorloper van al die anti-establishment-groepe onder Afrikaners. Ander skrywende studente was die dramaturg Gerhard J. | |
[pagina 63]
| |
Beukes, die briljante joernalis Dirk Kamfer, van wie postuum 'n bloemlesing koerant- en tydskrifstukke onder die titel Die elfde uur (1962) sou verskyn, en Topsy Smith, skepper van die Trompie- en Saartjie-jeugverhale.Ga naar eind42 'n Bietjie eenkant van hulle was die regstudent Etienne Leroux wat van sy klere verkoop het om meisies uit te neem.Ga naar eind43 Wanneer Jan Rabie op Stellenbosch aankom, is hy steeds aan die teken en verlief op musiek. Sommige middae gaan luister hy in die Conserve na die simfonieë en konserte van Mozart en Beethoven op plate en skilder hy natuurtonele langs die Eersterivier. Deur sy studie van Hollands begin hy egter nou ook intensief te lees aan die Nederlandse poësie. Hy kom onder die indruk van die sonnette van Willem Kloos, wat met 'n reël soos ‘Ik ben een God in 't diepst van mijn gedachten’Ga naar eind44 en die kosmiese selfvergroting van die ek ander inhoude as die Calvinisme van sy jeugwêreld op Riethuiskraal aan hom openbaar, al sou die verlatenheid van A. Roland Holst, wie se verse hy uit Dirk Coster se bloemlesing Nieuwe geluiden leer ken, sterker tot hom spreek: ... een oud verhaal, dat ik nog weet
van haar en mij...aan liefde en dood en dromen ...
ons allen op het noodlot meegenomen
van de sombere planeet.Ga naar eind45
Ook reeds in sy eerste jaar maak hy kennis met die poësie van T.S. Eliot wie se magtige bundel The waste land van 1922 met sy gevoel van totale verlorenheid, so anders as die musiek en beelding van digters soos Wordsworth en Keats, hom diep beïndruk: Unreal City,
Under the brown fog of a winter dawn,
A crowd flowed over London Bridge, so many,
I had not thought death had undone so many.Ga naar eind46
Dit is egter, so kort ná die verwoesting van die Eerste Wêreldoorlog, die verse van Rupert Brooke, die romantiese Engelse digter wat op die slagveld aan bloedvergiftiging sterf, waaraan hy hom in hierdie stadium die meeste verwant voel: | |
[pagina 64]
| |
If I should die, think only this of me:
That there's some corner of a foreign field
That is for ever England.Ga naar eind47
Ook die gewilde gedig van John McCrae, die Kanadese dokter wat dood en verminking daagliks tydens die oorlog beleef het, sou sy romantiese psige voed: In Flanders Fields, the poppies grow
Between the crosses, row on row
That mark our places; and in the sky
The lark, still bravely singing, fly
Scarce heard amongst the guns below.Ga naar eind48
Maar veral die eerste bundels van Dertig - Die ryke dwaas van W.E.G. Louw, Alleenspraak en Die halwe kring van N.P. van Wyk Louw, Kentering van Uys Krige en Belydenis in die skemering van Elisabeth Eybers - en Hettie Smit se belydenisroman Sy kom met die sekelmaan - sou hom diep beïndruk en daarvan oortuig dat 'n literatuur in Afrikaans aan die ontwikkel is wat nie agterstaan by dié in ander tale nie. In hierdie stadium van Jan se ontwikkeling spreek die fyn verwoording en versmusiek van W.E.G. Louw tot hom: Stil sleep die ure en stuif die motreën buite;
die druppels tril droewig teen die ruite;
drup-drup eentonig op gewel en dak
en hang swaar-blink aan die kaal amandeltakGa naar eind49 [,]
terwyl hy in die romantiese fase en Weltschmerz wat hy nou beleef, 'n verwantskap voel met Van Wyk Louw se weemoed om die skoonheid wat te midde van die aardse dinge vergaan: Bo oor blydskap en liefde
wat hierdie wêreld ken,
sal ons in roerlose straling
die ewige skoonheid ken,
| |
[pagina 65]
| |
die skoonheid wat ons 'n oomblik
sien flikker en vergaan
tussen die donker dinge
waardeur ons lewes gaan.Ga naar eind50
Aangevuur en geïnspireer deur wat hy nou deur sy kennismaking met die literatuur ontdek én wat hy van medestudente in Die Stellenbosse Student lees, begin Jan voel dat hy met die kwas nie soveel kan uitrig as met die woord nie. Met die woord, meen hy, kan hy die fynste nuanses van betekenis denkbaar suggereer en soveel verder reik. Vir 'n gedig, so sou hy dit jare later in sy onderhoud met Johan van Jaarsveld stel,Ga naar eind51 is daar derduisende woorde tot sy beskikking, terwyl 'n palet met net agt kleure kan werk. Dit is 'n uitspraak wat, hoe prikkelend ook al, 'n onregverdige en onlogiese afspeel van een kunsvorm teenoor 'n ander is, maar dit illustreer die hartstog waarmee Jan nou een medium vir 'n ander verruil. In Wilgenhof sou hy begin bekend staan as die ‘valetjie’ wat om die hoek versies sit en rym of hulle langs die Eersterivier gaan uitkraam,Ga naar eind52 al sal 'n mens die gesonde, pragtig geboude jongman met sy donker hare en bruin, smeulende oë nie juis as vaal beskryf nie! Wanneer hy tydens vakansies op Riethuiskraal is, so herinner Carel Rabie hom jare later, was Jan dikwels op soek na 'n spesifieke woord vir 'n spesifieke stemming. Op 'n reënerige dag kon hy byvoorbeeld op en af in die gang deur die huis loop en die woord ‘triestig, triestig, triestig’, wat vir hom die presiese gevoelswaarde van die weer oordra, liefkosend herhaal.Ga naar eind53 So 'n herinnering van Carel Rabie illustreer met watter oorgawe Jan hom aan die wonder van die woord begin oorgee het. Omdat hy as tipiese romantikus gemeen het dat die woord hom in sy onvoltooidheid as mens kon help, begin Jan dan nou gedigte skryf, meestal, soos hy dit self later sou stel, ‘sentimentele dwalinkies’ vol klinkende ryme (eik - lyk, verlange - wange), vol bewondering vir die prag, nie die mag, van die woord - dikwels liefdesverse, omdat hy, die ‘skamerige klongetjie’ wat hy was, dit darem begin waag het om meisies langer as twee sekondes aan te kyk.Ga naar eind54 Intussen het W.A. de Klerk aan die begin van 1939 die redakteurskap van Die Stellenbosse Student van Andries Blignault oorgeneem en gemerk dat daar 'n hele versameling verse is wat deur Jan Rabie ingestuur en nog nie gepubliseer is nie. De Klerk neem dan Jan se eerste verse op en help hom daarmee om sy eerste treë op die weg van die lite- | |
[pagina 66]
| |
ratuur te gee.Ga naar eind55 Vanaf Oktober 1940 sal die naam van Jan S. Rabie trouens ook as lid van die subredaksie van Die Stellenbosse Student verskyn. Jan se eerste gepubliseerde gedigGa naar eind56 verskyn in Die Stellenbosse Student van Mei 1939 en dra die titel ‘My eerlik wil’: Vry van doelloosheid en bande
sal ek trag om soos die rots te staan
waarteen die troebel seegolf skuim en nie
soos klei in tomelose hande.
Met eerlik wil van daad
om reg te leef en in die sweet
van eie spier en seker wil
te weet dat alle twyfel jou verlaat.
En as 'n ander suiwer dag oorslaan
in skemerlig se grys, sal ek
met donker glans van aandlig in my oë
na die vrede van jou welkom gaan.
Dié gedig illustreer die verdienstes maar terselfdertyd ook die ernstige tekortkominge wat in die komende jare kenmerkend van Jan se gedigte sal bly. Enkele kere bereik hy deur die segging 'n besondere effek, soos met ‘die sweet / van eie spier’ en veral met die funksieverwisseling van 'n woord, soos in ‘die vrede van jou welkom’, waar die byvoeglike naamwoord ‘welkom’ 'n selfstandige naamwoord word. Meermale maak hy egter gebruik van 'n boekwoord soos ‘trag’ wat argaïsties aandoen, laat hy die byvoeglike naamwoord onverboë (soos met ‘eerlik’ in die titel en reël 5), waar die e-uitgang natuurliker sou gewees het, of sit hy 'n e by (‘tomelose’) wat 'n verdagte indruk maak. 'n Mens vra jou af of hy met hierdie onverboë vorm bloot aan die uiterlike metrum gehoorsaam is en of hy 'n sekere geladenheid in sy vers wil bereik en daarmee wil aansluit by Van Wyk Louw se gebruik, soos in ‘eensaam lye’ uit ‘O wye en droewe land’.Ga naar eind57 Tog kom die willekeurige e-uitgang van die byvoeglike naamwoord, soos trouens ook by Jan, veelvuldiger in die vroeë poësie van Van Wyk Louw en veral W.E.G. Louw voor. Wat egter in hierdie stadium die meeste in Jan se verse, soos ook in hier- | |
[pagina 67]
| |
die eerste gepubliseerde gedig, hinder, is die feitlik volslae beeldloosheid. Behalwe die ‘rots’ en die ‘seegolf’ en die vergelyking in die vierde reël van strofe 1 word die versugting om 'n ideale lewe, vry van doelloosheid en met 'n rotsvaste daadkrag, uitsluitlik bewerend verder gevoer, nie beeldend gevoed nie. Daarom dat onder hierdie vroeë verse die kort ‘Reënboogkleure’ so opval. In dié vers slaag Jan daarin om die helder flitsende waarneming vir die hele duur van die gedig vol te hou en die beeld verder met alliterasies en 'n mooi verbinding van kruis- en paarrym te versterk. Dat Jan self met dié vers ingenome was, blyk uit die feit dat hy dit ná publikasie in Die Stellenbosse Student van Junie 1939 ook aan die redaksie van Die Huisgenoot stuur, wat dit in hul uitgawe van 21 Julie 1939 opneem: Ek het die spuitfontein se glans
in skitterdruppels van kristal
waar reënboogkleure dans
en huiwer voor dit val -
teen helderblou sien skater
voor dit plas in donker water.
Die verse wat Jan in 1939 en 1940 publiseer, verskyn allereers in Die Stellenbosse Student. Vir hierdie publikasies het hy egter geen vergoeding ontvang nie, al wen hy darem met 'n gedig in die uitgawe van April - Mei 1940 'n prysgeld van sewe sjielings en 'n sikspens. Omdat hy sy sakgeld wou aanvul, stuur Jan toenemend verse vir Die Huisgenoot, ook omdat dit 'n tydskrif was wat groot aansien geniet en gaandeweg bekend geraak het as ‘die arm man se universiteit’ waarmee sowel leek as vakkundige tevrede was.Ga naar eind58 Omdat hy egter baie gedigte beskikbaar gehad het en Die Huisgenoot nie alles kon akkommodeer nie, maak hy voorleggings aan haas alle blaaie wat ook maar enigsins bereid was om in dié tyd van beperkte publikasiemoontlikhede gedigte vir opname te oorweeg. Naas Die Brandwag, die noordelike opposisie van Die Huisgenoot, stuur hy ook bydraes in vir Die Landbouweekblad.Ga naar eind59 By Die Landbouweekblad sou hy trouens, soos by Die Huisgenoot, 'n halfkroon per gedig betaal word. 'n Mens is verbaas dat Die Landbouweekblad gedigte opneem, maar in hierdie jare wou dié tydskrif met Die Huisgenoot kompeteer en het die redaksie sy inhoud vir lesers aantreklik probeer maak deur byvoorbeeld C.M. van den Heever se Langs die grootpad en Die ruiter in die nag van Mikro as vervolgverhale te laat verskyn.Ga naar eind60 Gedigte, veral oor landelike temas, was dus welkom. | |
[pagina 68]
| |
Hoewel Jan in hierdie jare dikwels die agrariese landskap in sy gedigte betrek, val die aksent egter meer op die mens wat met sy ‘blinde smart’ alleen in die kosmiese ruimte staan, wat oor die wese van God mymer en wat ‘koorsig’ soek na iemand om die ‘doodse somberheid’Ga naar eind61 met hom te deel. Soms voel hy dat hy doelloos van dag tot nag gespoel word,Ga naar eind62 terwyl hy ander kere weer die behaaglikheid van die natuur ná die reën beleefGa naar eind63 of in die ‘sagte vrede’ van 'n nuwe dag byna soos 'n kind voel met 'n ‘jong / en helder lewe’,Ga naar eind64 iets wat hom in 'n feitlik mistieke aanvoeling laat vra of hy 'n nederige onderdeel van die heelal is (‘Is ek 'n grassaad in die veld,/ En U die bloue lug daarbo?’)Ga naar eind65 en laat bid vir die geleentheid om voluit te leef (hier met 'n volgehoue see-beelding) totdat die ‘souterige smaak’ op sy lippe hom laat ‘wegsink in die woelige see’.Ga naar eind66 Telkens word 'n natuurgevoeligheid verbind met die strewe van die jeugdig-manhaftige enkeling wat ‘die hoogste punt [wil] beklim’, wil ‘instap teen son na daardie blouste kim’,Ga naar eind67 in wie die ‘hoë / wil’ leef ‘om sterk te wees’.Ga naar eind68 Die soekende ek wat oor ‘die grense van die jare’ wil reik ‘tot daar waar woorde nie kan kom’ ('n mens bemerk hier 'n aansluiting by Van Wyk Louw se ‘Grense’),Ga naar eind69 moet uiteindelik uit die ‘wilde gehyg’ en die ‘smeking’ agterkom dat ‘hy wat hier na baie vra / sal altyd groter sy verlange dra’.Ga naar eind70 Die strewe na suiwerheid, na ‘die krag om alles wat gestorwe was / eerlik uit sy lewe weg te stuur’,Ga naar eind71 beïndruk 'n mens, al vind jy dikwels dat die strewe nie helder uitgesê of verwoord word nie en die tipiese romantiese vaagheid jou onbevredig laat. In enkele verse is daar nou sprake van 'n geliefde wat saam met hom in die son ‘vragend oor die rante staar’ en in wie die lewe ook klop, al is die weg vorentoe onduidelik: Hier deur ons spoel die ligte wyn
Wat jong bloed is,
En voor ons lê die lewe klein
En vol geheimenis.Ga naar eind72
Met die bysyn van die geliefde weet hy in ‘Totdat’Ga naar eind73 dat die liefde in hom sal groei en verdiep, al sal hy haar met die aanbreek van die winter weer moet afstaan. Soms word die liefde versluier deur die pyn van die leegte en die eensaamheid, soos in ‘Gryse môre’, wat 'n studie van grysheid in die kleine is: | |
[pagina 69]
| |
Grys is haar oë van pyn
En grys die môre om ons heen;
Laag lê die skuim en die mis
En die water is grys soos met reën.
O God, die môre is leeg
En ons somer soos wolke daarheen;
Wit branders jaag yl teen die kus
En ons harte is grys en alleen.Ga naar eind74
Toenemend maak Jan ook gebruik van die tipiese clichés en modewoorde van Dertig (geheimenis, silwer dae) en die willekeurige e-uitgang van die adjektief (fyne vlinder, roue winde, bleke skyn, late naglans, lange strate), hinderlikhede wat saam met die argaïsmes en boekwoorde vir ons vandag 'n ouderwetse gestileerdheid aan sy gedigte gee. Enkele kere haper daar in die verse iets aan die sinsbou of word 'n troebel voorstelling nog verder vertroebel deur 'n onduidelike en lomp sinsbou, soos in ‘Die vlam’ en ‘Gebore’, albei in Die Landbouweekblad van 4 September 1940. Soms bereik hy egter 'n sekere bekoorlikheid deur die regstreekse aanspreking van 'n geliefde en die stromende vaart wat die enjamberende reëls gee, soos in ‘Verwagting’: Kom saam met my vanaand
Na waar die stilte lewend is
Dat al jou woorde weer soos water
Kan sink in my geheuenis;
Hier op die klein vlak van die straat
Waarom die bome swygend staan -
Dat jy en ek met hierdie mooi ou lied
Van ons liefde saam kan gaan.
Want jeug is soos 'n volle somerdag
Waarteen die berge wenkend roep -
Waar lewe net verwagting is
Van oor die daggrens wonders soek.
| |
[pagina 70]
| |
Kyk lief, jy het al saans gesien
Hoe skadus om die heuwels draai,
Nou het 'n ver en heilig wind
Ons met hul skemervreug deurwaai.
Soos nou die wind die blare roer
Hoog bo ons in die akkerlaan -
So gaan ons twee, ons donker bloed
In stil verwagting saam.Ga naar eind75
Bekyk 'n mens egter hierdie gedig noukeurig, sluit dit in 'n groot mate aan by Van Wyk Louw se ‘Kom vannag in my drome’: Kom vannag in my drome
as dit donker is en stil;
reik my jou hand deur die drome,
en ons sal dwaal waar ons wil.
Kom, in die sterreduister
sal ek jou siel erken;
soos elke nag in die duister
sal ek jou oë ken.Ga naar eind76
Dit is nie 'n geval van regstreekse navolging nie, maar eerder dat 'n mens orals in die gedig die tipiese woordklank en soms ook die tipiese woordkeuse en ritme van Van Wyk Louw en soms ook W.E.G. Louw bemerk. Die Louws se verse, en ‘Kom vannag in my drome’ in die besonder, was vir Jan hier die swewende model. 'n Mens sien dit ook in 'n gedig soos ‘Is alles dan so klein, O Heer’Ga naar eind77 wat met sy inset aan ‘Kyk hier's my hande, o Heer’ uit Van Wyk Louw se ‘Gedagtes, liedere en gebede van 'n soldaat’ laat dink.Ga naar eind78 Die roering van die blare in die tweede strofe van dié gedig herinner aan W.E.G. Louw.Ga naar eind79 Uit enkele bydraes tot Die Stellenbosse Student in 1939 en 1940 leer 'n mens ook Jan Rabie as prosateur ken. In 'n polemiese stuk met die titel ‘Is ons middelmatig?’ in die uitgawe van April - Mei 1940 blyk sy nonkonformisme en onafhanklikheid van gees reeds uit die eerste sin: ‘Elke mens lewe op sy eie manier en het dus geen reg om 'n ander te veroordeel of te kritiseer nie.’ Van die paar verhale wat Jan in hierdie jare skryf, is die mins | |
[pagina 71]
| |
bevredigende die romanties-literêre skets van 'n meisie wat deur haar werkgewer ontslaan word (‘Soos dié van gister’, April - Mei 1940) en die soort kunsprosa wat hy in ‘Verlore koninkryk’ (Augustus 1940) en ‘Aarde en wind’ (Lente 1940) skryf, al kan laasgenoemde stuk deur die tema van die onverenigbaarheid van man en vrou as die verre voorloper van ‘Die padda en die maan’ in Een-en-twintig gesien word. Veel aantrekliker is die boerse beeldspraak wat soms in Jan se studentikose stukke uitslaan, soos ‘Die Wilgenhoffers stroom bak toe soos 'n klomp hoenders vir wie jy kiep-kiep geskree het’ (‘Studente-dagboek’, Maart 1940). ‘Gardi’, wat hy in Die Stellenbosse Student van Oktober 1940 publiseer, speel af op 'n bergplato in Middel-Spanje en handel oor 'n kloosterling wat by die ontmoeting van 'n vrolike en opgewekte meisie bewus word daarvan dat die lewe langs hom verbystroom. Sy rusteloosheid dwing hom na die vreemde waar hy die meisie weer ontmoet. Deur iets diep binne-in hom kan hulle nie by mekaar bly nie, al het sy die hele tyd net vir hom geleef. Haar lyk word in die rivier gevind. Gekonfronteer met die rustelose hel van sy die gees, wil Gardi sy eie lewe neem, maar dan besef hy dat hy sy eie lot nie kan vooruitloop nie en is hy gedoem om steeds te swerf. Hoewel te uitgesponne is dié stuk Jan se omvangrykste stuk prosa uit dié vroeë jare, tipies romanties en sterk onder die invloed van Arthur van Schendel se Een zwerver verliefd wat hy nou lees en bewonderGa naar eind80 en wat ook op persoonlike vlak 'n seminale teks vir hom word. Van Schendel se Tamalone-figuur - ‘een schooier, onverschillig zelfs voor zijn eigen gevoelens’,Ga naar eind81 wat by wyse van spreke al sy besittings in 'n rugsak kon pak en, voortgestu deur sy eie onrus, op sy eie en alleen deur die wêreld kon dool - word vir Jan die groot romantiese ideaal. ‘O, die berge’ (Junie 1940, ook opgeneem in Die Landbouweekblad van 24 Julie 1940) is die verhaal van 'n man wat in so 'n mate in sy werk as skilder opgaan dat sy verhouding met 'n meisie noodgedwonge daaronder moet ly. Die verhaal is nie sonder moontlikhede nie en die kunswerk as medeminnares, wat die kloof tussen die twee geliefdes bring, bied moontlikhede, maar die ontknoping is onbevredigend en teatraal-onwerklik. ‘Om voor te lewe’ (Die Landbouweekblad, 31 Julie 1940) is met die spanningsverhouding tussen vader en seun 'n voorloper vir Jan se roman Geen somer, maar die patriargfiguur word hier deur die beroerte van 'n eertydse geliefde versag tot toegeeflikheid en mildheid. ‘Skaduwees by bome’ (Die Landbouweekblad, 28 Augustus 1940) is die eerste verhaal van Jan waarin | |
[pagina 72]
| |
die rasseprobleem gestalte vind. Dit handel oor 'n mediese dokter wat uitvind dat sy meisie gekleurde bloed het, nie vir die verhouding kans sien nie en haar versaak. Rabie hanteer die probleem hier egter grenseloos naïef en die slot veryl in 'n romantiese waas. Die onverenigbaarheid in die liefde is die hooftema in enkele van Jan Rabie se vroeë studenteverse, maar hulle toon steeds die gebreke van sy ander werk uit dié tyd. In ‘Sonder jou’Ga naar eind82 is daar sprake van die onvermoë om die geliefde te bereik en deel van sy lewe te maak. Die eerste strofe lui as volg: Net jy kan lewe bring, net jy,
Maar altyd is jy ver, ja ver van my.
Graag wil ek vreugde om my vou
Soos water sag die eie rimpels hou;
Maar oor die golfslag van my wil
Waai hier die winde ysig-kil -
Steeds bly die lewe leeg en grou,
Allenig sonder jou, ag, sonder jou.
Die afgemete paarrym toon 'n sekere eenselwigheid en bevat geen rymverrassing nie. Wat die binding betref, is daar 'n mate van skakeling tussen ‘rimpels’ en ‘golfslag’, maar die eksplisiete ‘van my wil’ by ‘golfslag’ verbleek die beeld, terwyl ‘ysig-kil’ en ‘leeg en grou’ na blote versvulsel lyk. Sterker word die verlange na 'n geliefde, nou met 'n sekere verwantskap aan Hettie Smit se ‘dear imaginary friend’ in Sy kom met die sekelmaan, verwoord in 'n gedig wat in Die Stellenbosse Student van Junie 1940 verskyn: Ek kon jou soveel liefde gee
As jy net wou bestaan,
Maar jy's 'n droom net soos die see
Of jare hiervandaan.
En eensaam soms groei smart in my
Soos 'n viool se sang
Tot jy in droom 'n waarheid kry -
Omdat ek so verlang.
| |
[pagina 73]
| |
Dan staar ek vér uit oor die see
Waar alle drome gaan,
Om jou die mooiste beeld te gee
Omdat jy nie bestaan.
‘Glimlag met my’,Ga naar eind83 wat ook spreek van 'n geskeidenheid tussen die ek en die geliefde, is die eerste gedig van Rabie wat deur die wisselende lengte van die versreël en die afwesigheid van rym iets van die vrye vers toon, al voel 'n mens nou dat die gedig te min bindmiddele bevat en na die amorfe neig. Só belangrik het Jan self egter dié gedig geag dat hy dit ook na Die Huisgenoot stuur. Dáár verskyn dit in die uitgawe van 18 Oktober 1940: Glimlag met my
verlaas -
voor ek sal gaan;
Ja glimlag met my
want die blare val stil
in die jare tussen ons,
en die vrugte hang dood
aan die boom van die nag.
Die wind fluister en roer
baie sag -
deur die blou see van jou hare;
Groot voëls draai hoog,
baie ver -
in die stille musiek van hul vaart,
en ons twee is stil
met die stilte
van driftige water -
Voor ek sal gaan
glimlag met my
en bly teen die aand;
so wil ek jou sien
nog vrilaas -
want die wind roer in die stof
tussen ons -
| |
[pagina 74]
| |
Die beswaar teen Jan Rabie se poësie in die jare 1939-1940 is nie in die eerste plek beïnvloeding van ander digters nie, want vir 'n jong digter is hy nogal betreklik onafhanklik van modelle. Die beswaar lê eerder in die versifikasie, die talle stoplappe en rymdwang, die gebruik van verslete woorde en die beeldarmoede. 'n Mens moet egter onthou dat Jan op skool waarskynlik geen enkele gedig geskryf het nie en eers op universiteit, ná sy eksperimente met die skilderkuns, werklik in die literatuur as kunsuiting vir homself begin belangstel het. In vergelyking met Die ryke dwaas van W.E.G. Louw, waarin verse opgeneem word wat van die digter se sestiende tot twintigste jaar geskryf is, het Jan dus nie so 'n lang aanloop as digter gehad nie. Sy vroeë verse as student toon dan ook al die mankemente van iemand wat nog onbeholpe met die woord omgaan, al wek enkele reëls tog die vermoede dat uit hierdie baaierd iets kan ontwikkel. Die ontwikkeling sal egter verrassend in 'n ander rigting wees as wat hierdie lomp aanloop voorspel. | |
IVTerwyl Jan in 1939 aan sy hoofvakke, geografie en geskiedenis, vir die B.A. werk, maar genoeg tyd vir allerlei pret en ontspanning op die rustige Stellenbosch inruim, was die wêreldgebeure in Europa meedoënloos aan die afstuur op 'n tweede wêreldoorlog. Brittanje en Frankryk was teësinnig bereid om, ter wille van vrede en omdat hulle onseker was oor die gereedheidsgrondslag van hulle eie leërs, Hitler en Mussolini se wandade te duld, terwyl hulle met die Spaanse Burgeroorlog nouliks ingemeng het. Wanneer Hitler egter Pole binneval, kom Brittanje en Frankryk hul belofte teenoor dié land na en verklaar hulle op 3 September 1939 oorlog teen Duitsland.Ga naar eind84 In Suid-Afrika was die Suid-Afrikaanse Parlement toevallig in Kaapstad byeen. Op 'n kabinetsvergadering stel die premier, generaal J.B.M. Hertzog, voor dat Suid-Afrika 'n neutrale posisie inneem en nie in 'n ‘Europese’ oorlog ingesleep word waaraan hy geen aandeel hoef te hê nie. Toe generaal J.C. Smuts, die adjunkpremier, aan die woord kom, spreek hy dit as sy oortuiging uit dat die komende stryd tussen Brittanje en Duitsland nie bloot 'n Europese aangeleentheid is nie, maar dat ook die vryheid en onafhanklikheid van Suid-Afrika in die lig van Hitler se brute | |
[pagina 75]
| |
skending van ander lande se soewereiniteit op die spel is. Dit is derhalwe in die land se belang om hom saam met die ander Statebondslande by Brittanje te skaar en die Nazi-aggressie teen te gaan. In die Volksraad vra Hertzog op Maandag, 4 September, dat die land neutraal moet bly, terwyl Smuts in 'n amendement hierop voorstel dat die Unie sy betrekkinge met Duitsland verbreek en tot die oorlog toetree. In die nag van 4 September, terwyl Duitse troepe reeds oor die Poolse vlaktes na die hoofstad Warschau in aantog was, besluit die Volksraad met 80 stemme teen 67 ten gunste van Smuts se amendement. Aangesien 'n alternatiewe regering onder Smuts onmiddellik beskikbaar sou wees, weier die goewerneur-generaal Hertzog se aanbeveling om die Parlement te ontbind en 'n verkiesing uit te skryf. Smuts word gevra om 'n nuwe kabinet saam te stel en op 6 September 1939 verklaar die nuwe regering oorlog en verbreek hy sy diplomatieke betrekkinge met Duitsland. Op Stellenbosch, waar Jan reeds met sy voorbereiding vir die eindeksamen begin het, was die regeringsverandering en Suid-Afrika se toetrede tot die oorlog groot nuus. Op Donderdag, 7 September 1939, sou prof. E.C. Pienaar 'n klas by die derdejaars hê. Omdat hulle geweet het wat te wagte was, het al wat leef en beef - van studente uit ingenieurswese, die regte, die natuurwetenskappe, die teologie en selfs liggaamlike opvoeding - opgeruk na die Ou Hollandse Saal om te hoor hoe dié vurige vaderlander en volksredenaar gaan reageer. Jan was ook by. Prof. Pienaar het ingekom, gemerk wat hy voor hom het en 'n keer of wat met sy hand oor sy netjiese kapsel golwende wit hare gestreel. Toe het hy losgetrek en die stryd van die Afrikaner omtrent voor die koms van Van Riebeeck gaan haal en dit deur al die opdraandes en afdraandes tot die smaad en verraad van Smuts die vorige dag gevoer.Ga naar eind85 Op twee monstervergaderings enkele dae later het die behoudende studente met bruisende geesdrif en 'n buitengewone bywoning Hertzog se standpunt ondersteun en sonder sukses by die regering op neutraliteit aangedring.Ga naar eind86 In die Ned. Geref. kerk, waarin Jan in hierdie jare nog by tye dienste bywoon, bid van die dominees vir Hitler se oorwinning.Ga naar eind87 Die uitbreek van die oorlog het in die eerste jare weinig verandering gebring aan die rustige lewe op Stellenbosch. In elk geval het dit nie die reeds vasgestelde rooster vir die eindeksamens beïnvloed nie. In November 1939 lê Jan die eksamen in sy twee hoofvakke af. Met sy volgehoue belangstelling is sy uitslag in geografie besonder goed. Hy gaan skryf op 'n klas- | |
[pagina 76]
| |
predikaat van 6, maar in die eksamen stoot hy dit op na 'n 8. Hoewel hy geskiedenis, soos geografie, ook op 'n 6 gaan skryf, behaal hy in die eksamen net 'n 5. Geskiedenis was kennelik nie sy eerste aanleg nie.Ga naar eind88 Daarmee kom sy voorgraadse opleiding tot 'n einde. Omdat sy vader op 'n karige salaris nou twee seuns op Stellenbosch moes onderhou en nog drie in die veertigerjare sou volg, besluit Jan om voorlopig nie met verdere studie in geografie voort te gaan nie, óók omdat hy, ten spyte van sy steeds volgehoue belangstelling in dié vak, toenemend meer in die letterkunde geïnteresseerd begin raak. Met Hollands net op tweedejaarsvlak was verdere studie op dié gebied egter vir hom uitgeslote. Omdat sy ouers met die ander seuns nog finansiële verpligtinge sou hê, moes hy sy studieskuld aan sy vader begin terugbetaal sodra hy self begin te verdien. Hoewel hy nie 'n besondere belangstelling in die onderwys as beroep gehad het nie, besluit hy om in 1940 vir die Sekondêre Onderwysdiploma in te skryf, 'n betrekking as onderwyser te aanvaar en met 'n deel van sy salaris op 'n maandelikse basis sy skuld te delg. In 1940 begin Jan dus met die onderwyskursus wat vir hom 'n jaar lank een stuk tydsverkwisting is, met belaglike vakke soos hoe om op die swartbord te skryf en hoe om onderrig te gee, dikwels met dosente wat self maar bra vervelig voor 'n klas was en van die metodiek van onderwys geen snars geweet het nie. Voordat Jan dié kursus kon voltooi, vind daar op Stellenbosch iets plaas wat later 'n sterk invloed en 'n lang nawerking by hom sou hê.Ga naar eind89 Vir die duur van die Tweede Wêreldoorlog het die burgemeester van Kaapstad opdrag gegee dat daar daagliks om 12:00 twee minute stilte op die strate van die stad gehandhaaf moes word om vir 'n oorwinning van die Geallieerdes te bid. Op 27 Julie 1940 is Schalk Pienaar, later bekende joernalis en redakteur van sowel die Sondagkoerant Die Beeld as die dagblad Beeld, met 'n groep studente na Kaapstad om die opdrag in Adderleystraat doelbewus te verontagsaam. Toe die beuel blaas, het van die manne aangehou stap, die aanleiding tot 'n groot straatbakleiery en optrede van soldate en polisie. Enkele van die studente is aangehou, maar 'n kort rukkie later weer losgelaat. Op gepaste plekke het hulle 'n bier of twee gaan drink en onder mekaar oor hulle prestasies begin spog. Dieselfde aand wou Pienaar en sy vriende, manhaftig en taamlik gekoring, op die hoek van Plein- en Andringastraat, die enigste plek op Stellenbosch waar die aandkoerant indertyd te koop was, die Cape Argus kry om oor hulle heldedade van die | |
[pagina 77]
| |
dag te lees. Volgens een van die studente het 'n bruin man in die lang ry wagtendes ingedruk en 'n meisie opsy geskuif. 'n Bakleiery het ontstaan en van die studente het groot skade aangerig aan die eiendom van bruin mense wat in daardie stadium wonings gehad het in die omgewing van waar Merrimanlaan vandag geleë is. Sommige studente is in die huise om radio's en meubels stukkend te skop - iets wat baie van die bruin mense jare lank baie verbitterd gelaat het. In die verhaal ‘Stellenbosch, my vallei’ gee Jan sy weergawe van die gebeure, terwyl hy in die ry op die laatuitgawe van die koerant staan en wag: My bure begin plotseling maal en vloekend een kant toe beur. In groen akwarium-lig drifswaai wit en bruin gesigte. Hees vlaag krete en vuishoue op. Sekondes later toe ons al hardloop, begryp ek 'n Kleurling het 'n wit meisie opsy gestamp om eerste by die kraamvenster te kan kom. Blitssnel hyg die nagstraat vol van ons verontwaardigde agtervolging. Hier en daar spring 'n twintig, dertig op na 'n akkerboom se takke om slaangoed te kry, skeur soos sprinkaanswerms repe lower in 'n oogwenk kaal. Op 'n dwarsstraat rinkel die lampligte uit en begroet 'n reën klippe ons vanuit die donker. 'n Handjievol polisie los skote in die lug. Ons lag en jou. Skielik is ons honderde, 'n duisend, 'n wolwetrop wat blindelings jag. Ons stormloop in die donker, ons harte bons, bons, ons is helde wat ons lewens jubelend blootstel aan die noodsaak van ons gemeenskaplike woede.Ga naar eind90 Die volgende dag, so vertel Jan in sy verhaal, word die stryd hervat as 'n nuwe gerug hulle bereik: In Sondagsklere storm ons in die sonlig, 'n wit en jeugdige gespuis 'n duisend sterk. En weer eens plunder ons sprinkaan-afsigtelik die akkerbome kaal, weer eens begroet die ysterdors van 'n klippereën ons op die grens van die armoediger strate. Ver na vore waar muisklein klonkies kruiwavragte klippe tors, swerm dit swart. Hierdie keer blink meslemme, doem bylstele by ons op. Die waaghalsigstes kruip skerpskuttergewyse op dakke langs. Telkens word een bewusteloos en bebloed na agter gedra. Skreeuend maal ons.Ga naar eind91 | |
[pagina 78]
| |
En saam met die massa neem Jan deel aan die geweld, al moet 'n mens in sy weergawe plek inruim vir die literêre effek wat hy wil bereik: Toe het ek saamgelag, saamgestorm. Soos die ander, 'n jong seun in Sondagsklere met 'n haatvertrekte, hygende mond. Oor klippestapels, deur verlate strate waar ons ons meerderwaardigheid met klippe in elke vensterruit betoon het. Al wat nie kruiperig binne in hul huise gebly het nie, het ons vir hul aanmatiging vergeld. Hiér wit arms wat 'n Kleurlingvrou terugstamp deur 'n oop deur, 'n byl wat lig en val oor die trots van die huis, 'n radiostel, terwyl 'n grap met voetbalstewels kners: ‘Nou het jy twee!’; dáár voete wat 'n bruin gesig skop tot die rooi bloed spat.Ga naar eind92 Jan roep hierdie voorval op wanneer hy in 1954, veertien jaar later, besig is om een van die bergpieke in Frankryk uit te klim en vanuit 'n berghut hoog in die Alpe op die sneeu in die vallei onder hom neerkyk. Dan herinner hy hom 'n ander vallei, die dorp van sy studentedae, vol akkerbome, water en son. 'n Ontsettende angs, verlatenheid en ontreddering sak op hom toe. Is dit 'n angs omdat hy indertyd deelagtig was aan 'n stuk onmenslikheid, 'n verlatenheid oor die aantasting van medemense wat hom lewenslank sou bybly? ‘Stellenbosch, my vallei’ gee geen antwoord hierop nie. In 1940 was Jan nog nie bewus van hoe so 'n voorval menslike verhoudinge vir 'n geslag of twee, vir 'n hele leeftyd, kon versteur nie. 'n Sosiale bewussyn was nog nie by hom aan die werk nie en waarskynlik het hy, beïnvloed deur die omgewing waarin hy hom bevind het, dit alles gesien as studentepret. Die voorval het dus in dié stadium geen merkbare uitwerking op hom gehad nie. Maar in sy onderbewuste was die onreg en onmenslikheid van dit alles wel dormant, gereed om op die regte tydstip uit die slaap gewek te word. Aan die einde van 1940 lê Jan sy eksamen vir die onderwysdiploma suksesvol af. Hy was nou gereed vir die onderwys. Hoewel hy bereid was om sy beroep met oorgawe en toewyding te beoefen, was dit terselfdertyd sy voorneme om elke beskikbare tydjie wat hy kon inruim, aan sy eintlike hartstog, die skeppende literatuur, toe te wy. Begin Desember is hy terug op Riethuiskraal vir 'n welverdiende rus by die see en by die rivier van sy jeug. |
|