Die goue seun. Die lewe en werk van Uys Krige
(2002)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 564]
| |
Hoofstuk XVI
| |
[pagina 565]
| |
en-wit woning wat O'Neill se akteur-vader vir sy oudag gekoop het, die huis waarin die gesinsdrama Long day's journey into night - die O'Neill-familie se eie ware persoonlike geskiedenis - afspeel. In sy brief van 5 Junie aan Eulalia sê Uys hy kon eenvoudig nie daar wegkom nie; hy was so ontroer. Saam met die Kats-gesin swem Uys daagliks in 'n bospoel. ‘Ons swemmery elke dag’, skryf hy ook op 5 Junie aan Eulalia, ‘is 'n hele skouspel, 'n hele stoet. Dis die vier seuns, Evelina, Ivan en ek in ons baaiklere. En agterna - of om ons - kom Oats, die wit ponie, Gub-Gub, die wit vark, Ashes, die wit bokrammetjie; en in die jongste tyd het daar ook 'n rooigeel eendjie (wat 'n paar dae oud is) bygekom. Dan nog Blackie, die swart “scottie”, wat die eendjie se beste maat is en hom nie alleen kan of wil laat staan nie. As ons die pad oorgaan hier voor die huis op weg na die poel 'n paar honderd tree van die huis, stop ons die verkeer; gaan drie of vier motors gewoonlik stokstil staan sodat die “kavalkade” die pad oor kan steek. En lag almal (motoriste inkluis) lekker. Die groot poel is gevoed deur koue onderaardse bronne. Daar swem die eendjie lustig rond en lyk dit soms asof die vark ook wil “gaan vare”. En die kinders baljaar meestal poedelnakend rond. Op 'n boomstam aan die ver ent van die poel sit daar byna elke keer 'n moederwaterskilpad met haar twee kleintjies in die son en bak. Eers as ek ongeveer vier tree van hulle af is, glip hulle kalm en geluidloos in die water (mamma eerste). Soms gaan ons na 'n pragtige rivier omtrent 'n myl deur die bos. Die stroom is vinnig en ons skiet soos 'n pyl met hom saam. Daar's 'n lang tou aan 'n hoë boom en hoog in die lug swaai ons aan daardie tou, vlieg deur die lug en land ploemps in die water! 'n Heerlike sport... Dan die terugtog deur die hoë gras en die blomme.’ Dit is met 'n gevoel van spyt dat Uys ná drie heerlike weke die Katse verlaat. Op Maandag, 10 Junie, vlieg hy van New Haven af na Washington om met sy toer onder toesig van die State Department te begin, terwyl Ivan dieselfde dag na Indonesië vertrek en Evelina en die kinders na haar ouers in Maine gaan. Hulle spreek egter af dat Uys in September weer by hulle sal aansluit wanneer hulle in Connemara, Ierland, is. In Washington besoek Uys die National Gallery drie maal. Veral die impressioniste, die post-impressioniste en die drie kamers vol Rembrandts - elke skildery 'n meesterstuk - beïndruk hom. Uit Toronto daag sy ou Abruzzi-vriend Ray Sherk op by wie hy in 1959 drie weke lank was en wat nou sewehonderd myl ver gery het om Uys te sien. | |
[pagina 566]
| |
Soos baie jare tevore, toe hy uit Suid-Frankryk aan sy klein sustertjie Mizzi in 'n pragtige brief van sy ervarings vertel, skryf hy nou kort ná sy aankoms in New York 'n brief aan sy kleindogter Lida, wat saam met haar ouers op Philadelphia woon. Die Park Sheraton Hotel, waar hy tuisgaan, is ses en twintig verdiepings hoog en bestaan uit 1 600 kamers, waarvan baie so groot soos woonstelle is. Onder een dak woon daar miskien meer mense as in die hele Malmesbury, en die hotel is vyftig tree van die beroemde Broadway. ‘Dit straal en glans heelnag daar van skitterende ligte,’ skryf hy, ‘ligwiele wat om en om draai, duisende ligte wat aan- en afslaan, teaters, bioskope, cabarets wat lank na middernag aan die gang is, kafees en eetplekke wat nooit toegaan nie. En die mense stroom verby jou.’ Tog voel Uys dikwels baie eensaam in sy groot, gerieflike hotelkamer. ‘There is a terrible loneliness about the city,’ sou hy later in 'n onderhoud sê, ‘an extraordinary desolation, and everybody looks lost.’Ga naar eind2. New York is vir hom 'n visuele wonder en hy word baie beïndruk met die argitektuur, maar die baie mense is 'n verskrikking. Hy beleef ook 'n voorbeeld van die geweld waarmee die land geteister word. Die hele Amerika is verstom oor die dood van Robert Kennedy wat, soos sy broer enkele jare tevore, deur 'n sluipmoordenaar om die lewe gebring word. ‘No, God, not again!’ is die algemene reaksie. ‘What is our country coming to? For God's sake, why are we such violent people?’Ga naar eind3. Die teaters op Broadway vind hy oor die algemeen teleurstellend. Veral die naaktonele en die seks op die verhoog staan hom nie aan nie. ‘I have a fear that keeps me awake at night’, sou hy later van sy indrukke van dié tipe opvoerings sê, that all this sex bally-hoo will bore us to death, and to such an extent that we will stop propagating the human species. The amount of sex being incubated for the 1969 to 1971 Broadway seasons would make a brothel-keeper blush.Ga naar eind4. Hy sien die produksie van Tom Stoppard se Rosencrantz and Guildenstern are dead, wat in New York en Londen hoë lof gekry het en wat met die New York Drama Critics Award bekroon is. Aan sy moeder skryf hy op 15 Julie hy vind dit 'n teleurstellende stuk met 'n vervelende eerste bedryf, al was die spel van die twee hoofspelers baie goed. In 'n ‘off-Broadway performance’ sien hy The importance of being | |
[pagina 567]
| |
Ernest by die Roundabout Theatre in The Village met Madeleine le Roux as aktrise en haar man, John Mitchell, as regisseur, voorheen 'n belowende dramastudent aan die Universiteit van Kaapstad, waar hy beïndruk het in The sport of my mad mother van Ann Jellicoe. Saam met John gaan kyk hy na die ‘musical’ The man from La Mancha. Dele was vir hom goed, laat weet hy sy moeder, ‘but the Yanks couldn't resist their old temptation of dragging in sex by the short hairs - the immortal Dulcinea del Toboso had to be a slut, of course, taking part in a wild orgy in that famous inn. This city is sex-obsessed - but on that subject I can write half a book. Some of the symptoms of this obsession are quite incredible....How I pity the people of New York sometimes - particularly its old people and its children. What a city to grow up in - and die in.’ Gelukkig kon Uys weer, soos vroeër in 1959, 'n tyd lank by die digter Barend J. Toerien bly. Toerien was toe gevestig in die staat New York op 'n plaas naby Kerhonkson. Uys was baie geïnteresseerd in visname soos ‘galjoen’ en ‘fransmadam’.Ga naar eind5. Hy plaas die plastiekbak met botter op die elektriese stoof in Toerien se kombuis ‘om dit sagter te maak’. Terwyl die hele ding smelt, rammel Uys voort aan die visname!Ga naar eind6. Later in Julie bly hy in die lieflike, landelike Concord by Faith Fuller in 'n pragtige tweeverdiepinghuis langs die beroemde rivier. ‘Concord’, skryf hy op 29 Julie aan sy moeder, ‘is a very attractive little typical New England town - trees, gardens, lawns, old wooden houses etc. Concord is of course, one of the most historical places in the world. Here it all began, the War of Independence in 1775, that would eventually make the USA one of the two most powerful nations the world has ever seen. The first skirmish was at Lexington nearby..., then came the battle of Concord. On the old bridge not far from where I'm writing “once the embattled farmers stood, and fired the shot heard round the world” (Emerson).’ Die vorige dag het hy rondom die groot huis geloop waarin Emerson sewe en veertig jaar gewoon het, en Uys onthou hoe sy moeder Emerson gelees het toe hy 'n seuntjie was. Soos hy van stad tot stad rondgaan, begin die herhaalde oppakkery en rondryery Uys te irriteer en hy vind dit 'n swaar las om sy verrukkinge en geesdrif oor dinge so moedersielalleen te dra, met niemand van sy familie of vriende om dit aan mee te deel nie. In Greenwich Village ontmoet hy die dramaturg Arthur Miller, wat hom beïndruk met sy ‘old Jewish prophetic patriarchal look about him’ | |
[pagina 568]
| |
en ‘the great big intellectual dome of his head’.Ga naar eind7. Met Miller, een van die dramaturge wat as gevolg van apartheid opvoerregte aan Suid-Afrika weier, bespreek hy die vraag of so 'n verbod werklik verstandig is. ‘If you want to change somebody's politics,’ so gee hy in 'n onderhoud sy gesprek met Miller weer, if you don't like it, you have got to heighten his awareness, make him more sensitive, give him a larger range of consciousness, give other viewpoints to him, heighten his sensibility, sharpen his susceptibility, that's how you approach him. One of the greatest methods of doing that is through art and the theatre...now you have cut them off from those plays where you have expressed your own quintessence of your feelings and your viewpoint of life...you deprive the very people you want to convert...And I said that also there was such a contradiction: because you allow it in cinemas and they allow their plays to be converted into films, which is much more profitable....He listened to all this and said: you know, I have forbidden my plays...in the South where the segregated audiences are, and I must be consistent....But I'll think about what you said. And he listened to me very carefully.Ga naar eind8. Hoewel hy steeds mooi dinge sien en interessante mense ontmoet, besef Uys toenemend Amerika is nie sy vasteland nie. Hy hoort nie daar nie, dit is asof daar iets vyandigs is teenoor hom en hy verlang huis toe. Die pyn in die sy pla hom baie en hy haal dikwels François se woorde aan: ‘Ja-nee, Uys, as jy nou gaan reis, moet jy 'n verpleegster saamneem!’ Maar hy geniet dit darem om as afskeid van die VSA in 'n klein vliegtuigie oor die Niagra-waterval te draai. Só na aan die water is hulle dat die loods amper die vlerke in die reënboog bokant die val doop. | |
IIOp Dinsdag, 27 Augustus, vertrek Uys van die Kennedy-lughawe en die volgende oggend om kwart oor agt arriveer hy op die Shannonlughawe op sy eerste besoek aan Ierland. Van daar reis hy per bus na Galway. Hy dwaal deur die mooi ou stadjie, slenter by die hawe rond en snuffel die boekwinkels deur. Per trein ry hy weswaarts deur die | |
[pagina 569]
| |
gelyksoortige maar groen Ierse landskap. Hy gaan sit in die gerieflike ruim oop ‘bar’ van die Clifden Bay Hotel. Met die reusagtige spierwit wolke met blou voetstukke in die oop skoon tintelende lig verander die landskap voortdurend. Maar Uys keer terug na die ooskus, want hy wil Dublin deeglik leer ken en sy seun inwag. In die stadjie Bray suid van Dublin aan die wilde kus van Ierland bel Taillefer hom uit Londen. Uys kon egter niks hoor nie en raas met die Cockney-sentrale totdat hy tien minute later 'n helder lyn kry. Taillefer, na wie Uys in hierdie stadium reeds vurig verlang, is al 'n paar dae in Londen, maar hy het sy vader doelbewus nie gebel nie - ‘because I wanted to absorb London by myself’. Hy spreek egter af om oor die naweek by Uys aan te sluit. Van Bray reis Uys na Dublin. ‘Wat 'n stad! En wat 'n dramatiese verlede!’ roep hy in verrukking in 'n brief van 27 Augustus teenoor Eulalia uit. Dit was reeds lankal sy oortuiging, sê hy later in 'n onderhoud,Ga naar eind9. dat al die groot Engelse dramaturge sedert Shakespeare Iere was: Congreve, Sheridan, Farquhar, Shaw, Wilde, O'Casey en Synge. Selfs Amerikaners soos O'Neill is van Ierse herkoms. Hy kom goed op die hoogte met die historiese agtergrond van die stad. ‘As I walked down the main street of Dublin’, sê hy in sy onderhoud,Ga naar eind10. ‘I found that you follow the civil war - or the Easter rebellion - street by street, corner by corner, you can see where somebody was killed, where so and so was killed...I was fascinated.’ Voor die Abbey-teater loop hy in Taillefer vas, wat ook die stad aan die verken was. Hulle sien produksies van Brendan Behan se Borstal boy en The playboy of the Western world van John Synge, wat Uys as die beste Engelse komedie sedert Shakespeare beskou. Saam reis hulle na Connemara, waar Europa eindig en in die see versink, waar dit verlate en eensaam en mooi soos Gansbaai is.Ga naar eind11. Die kleinboere en arbeiders praat vir hom die musikaalste Engels met sulke wonderlike inversies en kadanse. Die tydjie by die Katse in Connemara is vir albei 'n heerlike tyd en hy geniet elke oomblik saam met Taillefer en sy vriende. In Londen sien hy vlugtig vir Koos Human, wat baie geesdriftig is oor Spaans-Amerikaanse keuse, wat by sy firma aan die kom is, terwyl die Penguin-mense sy en Jack se bloemlesing hoog aanslaan. Maar só opgewerk is Uys van al die opwinding dat hy in Londen met sy maag en kolon in die Prince of Wales-hospitaal beland. Daar lê hy met die proewe van sy Spaanse vertalings, die Penguin en sy Olive Schreineruitgawe, terwyl 'n stroom kunstenaars, dramaturge en uitgewers be- | |
[pagina 570]
| |
soek by hom kom aflê. Wanneer hy uit die hospitaal ontslaan word, besoek hy en Taillefer die kunsmuseums en teaters voordat hulle na die vasteland vertrek. | |
IIIOp 4 November kom Uys en Taillefer in Parys aan met 'n verslonste en afgeleefde Volkswagen wat Uys in Londen gekoop het. Hulle gaan tuis in die Quartier Latin, die ou wyk waar Uys in Augustus 1931 Bokkie ontmoet en waarheen hy telkens met verdere besoeke aan die stad teruggekeer het. Voor sy aankoms het Uys na Breyten Breytenbach gebel, by wie André P. Brink ook tuis was, en gevra dat hulle vir hom en Taillefer kamers in die buurt moes kry. In die hotelletjie waar Baudelaire en Rimbaud op 'n keer tuis was, het die patron geen plek meer gehad nie en Breyten en André besluit op 'n hotel waar Sigmund Freud op sy dag gewoon het. Ná 'n nag het Uys egter verkies om 'n ander lêplekkie, 'n klein hotelletjie in die Rue Malebranche, die straat van Breyten se huis, te kry en waar hy sy vriende elke dag kon sien. Met Uys se aankoms, so vertel André in 'n vermaaklike skets oor dié besoek, lyk en ruik en proe Parys anders. Van elke ding word lig-lig poësie gemaak. Hy loop soos 'n terglustige Midas deur die stad en slinger versreëls teen die geute, strooi ryme oor die strate, rank die Luxemburgtuin toe met beelde, tower vokale en konsonante uit die wolke of sy maagpyn op.Ga naar eind12. Breyten en André ervaar nou hoe Uys kan gesels. In sy skets gee André 'n beeld van dié vlugvoetige wip-wip-beweging soos Uys van een onderwerp na 'n ander met aanhalings en verwysings uit die werk van dosyne digters kan wissel: Ken jy die reël van Baudelaire...nee, wat was dit nou weer? Maar daar's 'n ander reël van Lamartine wat vir my so mooi is: ‘'n Enkele wese ontbreek my, en die heelal is ontvolk,’ dis tog merkwaardig hoeveel gevoeliger Afrikaans vir die Romaanse tale is as Engels. Ek lees nou die dag weer Roy Campbell se vertalings | |
[pagina 571]
| |
van Baudelaire maar man, Engels is te gesofistikeerd vir behoorlike werk. My bundel van die Suid-Amerikaanse digters is nou klaar. Twintig jaar gelede al, maar hy kom nou eers uit. Ek het jou mos gesê, nè, ek sit met agtien ongepubliseerde boeke in my laai. En wanneer kom ek weer aan iets nuuts? Die drama wat ek wil skryf, ag Here, wat word daarvan? Snaaks, weet jy, ek droom deesdae weer so baie. Maar jy sou nou dink dat ek droom oor die groot drama wat ek nog gaan skryf of die Akademiepryse wat ek van die hand wys en so, maar nee: nag vir nag droom ek ek speel vir die Springbokke. Dit wys jou net. Maak my skoon aangedaan. Party mense word mos glo heiliger soos hulle ouer word, maar ek word net huileriger. Terloops, ons het nog nie klaar gepraat oor Starkie se biografie van Rimbaud nie.Ga naar eind13. Wanneer Uys tussen sy afsprake met skrywers soos die digter Armand Guibert vry is, sit hy, Breyten en André in die Restaurant Perraudin, waar hulle met harde frases in Afrikaans lang diskussies oor die ete voer. Soms sit hy saam met sy twee vriende in die Café Malebranche en probeer om nie te afkerig te lyk van die dobbeloutomaat waarop die twee Sestigers versot geraak het nie. Uys het ook een aand probeer speel, maar met die eerste probeerslag sy duimnael ingeskeur.Ga naar eind14. Ten spyte van dié aansteeklike gepraat ervaar Uys nou ook iets van wat Guy Butler by geleentheid as ‘the loneliness of the non-stop talker’Ga naar eind15. by hom gediagnoseer het. Hy hou van André en Breyten, Yolande vind hy sjarmant en hy hou steeds van Parys. Maar iets van die Uys-depressie sak op hom toe. Op 21 November skryf hy aan sy moeder: ‘But I grow old, I cannot look at Paris with the same enchanted eyes - alhoewel ek bly is ek is hier. I have long since come to the conclusion I am an African, not a European! or an American.’ Ná die weke in Parys gaan Uys en Taillefer met die Volkswagentjie na Brussel. In Luxemburg bly hulle oor in 'n aardige hotelletjie. Aanvanklik lyk dit na 'n banale burgerlike stadjie, totdat 'n ou mannetjie met liefde vir sy plek hulle meer as 'n uur lank begelei en Taillefer met sy kameraoog die ene verrukking is. Hulle ry deur die noorde van Frankryk tot by Basel in Switserland, en in Zürich lê hulle besoek af by Peter Sulzer. In Lausanne bly hulle by die Katse oor en van daar reis hulle na Milaan en Florence. Ná hulle aankoms in Rome gaan hulle eers 'n paar dae lank na Vincenzo Petrella in Sulmona, waar Taillefer, soos vroeër Eulalia, die geleentheid het om die kleinboere | |
[pagina 572]
| |
van die Abruzzi-berge en sy vader se weldoeners te ontmoet. In Rome sien Uys weer sy vriend Silone. In meer as een opsig is die tog deur Italië vir Uys 'n pelgrimsreis na Michelangelo, Da Vinci en die kleinboer Vincenzo - almal teenoor wie hy so baie verskuldig is. In Rome tref die geluk Taillefer om Fellini te ontmoet en die geleentheid te kry om as kameraman vir 'n dokumentêre film oor dié legendariese rolprentregisseur werk te kry. Daarmee begin sy loopbaan as internasionale filmmaker en besluit hy om nie die reis verder saam met sy vader voort te sit nie. | |
IVVan Rome af vlieg Uys na Athene, waar hy 'n week lank in die digteres Adele White se huis bly. Intussen het hy die eerste eksemplare van sy Olive Schreiner-boek ontvang. Dit was sy voorneme om by Jan en Marjorie Rabie aan te sluit, wat in daardie stadium twee jaar lank op 'n klein dorpie op Kreta gewoon en gewerk het. Maar teen dié tyd was Uys van al die rondryery te uitgeput en wou hy net terug huis toe. In sy onderhoud met Jan Rabie sê hy dat die angs, die wanhoop en die vervreemding in die Europese teater en roman vir hom toenemend teen die bors begin stuit het: ‘die reddelose Kafka-agtige isolasie of eensaamheid van die individu, die mens se beheptheid met seks, geweld, kranksinnigheid van elke slag of soort en wat dies meer sy’.Ga naar eind16. Die jaar 1968 het vir hom, méér as vroeër, laat besef dat ons nie Europeërs is nie, maar uit Afrika: ‘'n soort frisheid, vatbaarheid, jeugdigheid, openhartigheid, miskien selfs 'n soort onskuld’.Ga naar eind17. Selfs al het die Suid-Afrikaner sy ‘eie eensaamheid,...[sy] eie wanhoop’Ga naar eind18. wat verband hou met ons rassesituasie, is dit vir ons geen rede om die Europese leegte en sinloosheid klakkeloos oor te neem nie. Vroeg in Januarie 1969 vertrek Uys uit Athene. Op die lughawe in Rome sien hy Taillefer vir ongeveer twintig minute. Dié volgende Sondag sou Tai in sy eerste rugbywedstryd vir Rome se eerste span teen Napels speel. Aanvanklik het hy geprotesteer en gesê hy is uit oefening, maar die Italianers het net gelag en gesê hoe laat hy op die stasie vir die trein na Napels moet wees. Later skryf hy aan Uys: | |
[pagina 573]
| |
I was handed a beautiful big club kit-bag with the whole kit inside; new boots, socks, jersey, track-suit, special sandals to wear in the shower I eventually found out, rubbing ointment and a quart bottle of fruitjuice. The guy I play center with came rushing over with a paper which had a report on me in it in one hand and in the other a Collins Pocket Dictionary which he told me in extremely broken English he had bought so that he could swot up what to tell me in English so that at least I would know which side of the field was left and which was right.Ga naar eind19. En soos Uys tydens hulle gesamentlike reis vir Taillefer iets van die Europa wat hy leer ken het, kon wys, so herbeleef hy nou deur sy seun die jare toe hy self vir Toulon, die kampioenspan van Frankryk, rugby kon speel. Doodmoeg ná 'n vlug van vier en twintig uur kom Uys in Johannesburg aan. Hy bly aanvanklik by Bokkie en Dorothy in Pretoria en daarna 'n paar dae by Richard Daneel in Johannesburg. Op Vrydag, 27 Januarie 1969, vlieg hy na Kaapstad. |
|