Die goue seun. Die lewe en werk van Uys Krige
(2002)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 518]
| |
Hoofstuk XV
| |
[pagina 519]
| |
kel is, kom daar reaksie uit die geledere van die swart en bruin bevolking op die drakoniese wetgewing met eise om politieke regte, protesoptogte, oproer, dade van sabotasie, ondergrondse bedrywighede en onluste, wat in 1960 as gevolg van die optrede van die polisie by Sharpeville tot groot lewensverlies ly.Ga naar eind2. Wanneer Poqo, gesteun deur die Pan-Africanist Congress, tot dade van geweld en die African National Congress deur sy militêre vleuel, Umkhonto we Sizwe, tot 'n veldtog van beheerde sabotasie oorgaan, word die twee organisasies verbied. Die regering beantwoord die onrus verder met die uitroep van 'n noodtoestand, die mobilisering van burgermageenhede en die uitbreiding van die magte van die polisie deur aanklagte van hoogverraad, eensame opsluitings van negentig dae en langer, inperkings ingevolge die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme en huisarres. Nelson Mandela, wat ondergronds gegaan het, word in Augustus 1962 gevange geneem, terwyl die polisie op 11 Julie 1963 op 'n plaas in Rivonia toeslaan en baie leiers van Umkhonto arresteer. Dit lei tot die Rivoniasaak van 1964 en lewenslange gevangenisstraf vir Mandela en die ander. 'n Rukkie later word ook Bram Fischer, wat getroud was met 'n kleinniggie van Uys Krige, gevang en eweneens lewenslange tronkstraf opgelê.Ga naar eind3. Op die outokratiese optrede van die regering en sy aantasting van die vryheid van die indiwidu lewer Krige by herhaling in die vyftigerjare en later vreeslose kritiek. Tog is dit konsekwent sy standpunt dat 'n digter en skrywer, anders as die politikus wat sektaries aan sy spesifieke party gebonde is, hom deur duursame en blywende waardes en 'n belangelose waarheid moet laat lei. ‘One of the writer's chief tasks’, sê hy op 25 Junie 1964 by die Universiteit van Natal,Ga naar eind4. is to increase the awareness of his reader, sharpen his perceptivity, heighten his sensibility, enlarge his range of consciousness - and so nuance and broaden and deepen his sympathies, give him more insight and understanding of the human condition. And he cannot do this if he is too deeply involved in the purely political situation. Aan die ander kant kan 'n digter, wanneer sy volk krisisstadia deurgaan, nie sy politieke oortuigings heeltemal ignoreer nie, in elk geval nie daardie oortuigings wat bo die party uitstyg en 'n universele toepassing het nie: | |
[pagina 520]
| |
So the poet must remain silent, politically speaking, most of the time, but there are times when he must speak out loud and boldly. When a moral principle or an ethical value is involved, for instance, and it weighs so heavily on his mind that if he did not speak up, he would be stifled, shamed, humiliated by his own silence....he must [speak] to be able to continue writing.Ga naar eind5. En Krige was bereid om by herhaling duidelik en ondubbelsinnig sy standpunt teen die regering te stel, nie alleen teen die dikwels bedenklike metodes en maatreëls nie, maar ook teen wat hy die ‘harsh, hectoring, domineering, self-righteous, intolerant spirit’ van die bewindhebbers se aanslae noem en wat hy volkome vreemd en uit patroon vind met dié van die Afrikaners wat hy ken. In die geskiedenis van die Afrikaner en sy voorgeslagte was die vryheid en die waarde van die indiwiduele mens, ongeag sy klas, kleur of geloof, volgens hom altyd 'n bestendige rigsnoer: What of the Huguenot tradition of us Afrikaners; of the Voortrekkers, of the men who in the Anglo-Boer War fought the mightiest nation on earth practically to a standstill? They, in the words of the French poet, were ‘princes who reigned over themselves’, selfsufficient, fiercely independent, responsible only to their own conscience and to God.Ga naar eind6. Dit was ook tot dusver die rigsnoer van die Afrikaner se Christelike geloof: Our Christian religion, if it affirms one thing, affirms this in the eyes of man and of Christ, the Son of Man, yes, affirms it again and again as a great strong truth: namely, the worth of the individual, the value of the single human entity, his identity, his dignity, his right to happiness and liberty - he who is shaped in the image of God.Ga naar eind7. Daarom val Krige die klousule van die negentig-dae-aanhouding-sonder-verhoor sterk aan: Our law has always presumed a man innocent before he is found guilty. This, I think I am right in saying, has been one of its most | |
[pagina 521]
| |
sacred principles. Now, in the Ninety Days Detention Clause, our law seems to presume a man guilty until he is found innocent. Now, the punishment precedes the trial....Yes, you can be put into solitary confinement for three months by the order of a commissioned police officer on the flimsiest of evidence. Or on faulty evidence. Or on no evidence at all, except a suspicion about you in the mind of that police officer....And this when the entire, formidable, enormous, nation-wide police apparatus has for months been pitted against this single suspect to convict him of the crime which, it now transpires, he never committed.Ga naar eind8. Wanneer Krige op 26 April 1965 by 'n byeenkoms van die Black Sash-beweging in die Drilsaal in Kaapstad optree, is hy uitgesproke in sy kritiek teen die regering. Hy vertel hoe verbaas verskeie Nasionale Volksraadslede 'n paar jaar tevore was toe hulle die eerste keer 'n voorstelling van 'n opera in Italiaans deur die bruin Eoan-groep bygewoon het. Vir hulle almal was die gehalte van die produksie en die puik afwerking 'n openbaring. Nou meng die regering egter met die kunste in Kaapstad in en wil die apartheidsbeleid selfs op openbare uitvoerings afdruk. Die Eoan-groep mag nie meer in teaters in die middestad van Kaapstad optree nie. Onlangs, gaan hy voort, is dertig bruin kinders by 'n toneelvoorstelling verbied. ‘Who in all that huge packed theatre,’ vra hy, would have taken offence at those thirty children sitting there, glued to their seats, gazing enraptured at the stage? And if anybody had taken offence, surely he, and only he, the offended one, should have been ejected on the spot.Ga naar eind9. Sulke maatreëls word toegepas sonder raadpleging en toestemming van die bruin gemeenskap, met as rigsnoer die aparte groepsontwikkeling wat die regering beoog en aan die uitvoer is. In die toepassing word mense egter in hulle waardigheid en menslikheid aangetas op dieselfde wyse en erger as wat lord Milner indertyd aan die Afrikaner gedoen het. Veertig jaar lank, reeds as kind, kon hy gaan luister na die uitvoerings van die Kaapstadse Stadsorkes. Nou word bruin mense op grond van hulle velkleur daar weggewys. ‘We seem’, sê Krige oor hierdie optrede, ‘to elevate meanness to the status of some sort of great national virtue.’Ga naar eind10. Onlangs, gaan hy voort, het die eerste | |
[pagina 522]
| |
minister verklaar dat die bruin mense as 'n minderheid vir die welsyn van die wit meerderheid opgeoffer moet word. Hieroor sê Krige: As an Afrikaner, as a South African, as a member of the human race I repudiate the cynicism, the inhumanity and the lack of any ethical basis inherent in our Prime Minister's pronouncement that the Coloured people as a minority should be sacrificed to the interests of us, the Whites, a majority of a mere three and a half million people. Surely no statement more politically immoral than this has ever fallen from the lips of a South African politician in all our long history!Ga naar eind11. En hy sluit af deur te sê dat Suid-Afrika die rykste land in Afrika is en dat sy bodem (‘soil’) ryk is, ‘beyond dreams to tell’. Maar die vraag is: ‘what of the South African soul?...For what shall it profit a man, if he shall gain the whole world, and lose his soul?’Ga naar eind12. Toe Ian Robertson, die voorsitter van die studenteliggaam NUSAS (National Union of South African Students), kort voor die optrede van die besoekende Amerikaanse senator Robert Kennedy by die Universiteit van Kaapstad op grond van sy politieke bedrywighede ingeperk en daardeur belet word om die byeenkoms by te woon, rig Krige in 'n brief van 15 Mei 1966 in die Cape Times 'n uitdaging tot die minister van justisie, mnr. B.J. Vorster, die man wat hom indertyd in 1940 skerp veroordeel het oor sy toetrede tot Smuts se kantoor om die Nazi-propaganda na Suid-Afrika te beveg. In sy brief daag hy Vorster uit om met duidelike en konkrete bewyse van die skuld van Ian Robertson vorendag te kom: As Suid-Afrikaner voel ek gegrief oor wat hier in my naam en in die naam van alle Suid-Afrikaners gedoen word om die beeld van Suid-Afrika in die oë van die beskaafde wêreld skade aan te doen. | |
[pagina 523]
| |
geheel en al on-Suid-Afrikaans nie, maar ook na 'n verbreking van daardie begrippe van fundamentele regverdigheid waartoe die mensdom so pynlik met verloop van die eeue ontwikkel het.Ga naar eind13. Hy voeg by dat hy hierdie woorde sal terugtrek indien Vorster met duidelike bewyse van Robertson se skuld kan kom. Hy vra of die oortredings van hierdie jong student so gevaarlik en wanhopig van aard kan wees dat hy vir ons weggesteek moet word in weerwil van die beskerming wat ons van ons hoogs doeltreffende polisiemag geniet. Van die skerpste kritiek oor politieke aangeleenthede spreek Krige in 1966 uit wanneer die regering besluit om die hele Distrik Ses in Kaapstad tot 'n wit woonbuurt te verklaar en die inwoners na die Kaapse Vlakte uit te skuif. Dit veroorsaak skokgolwe deur die hele gemeenskap van ver oor die 20 000 inwoners en oproepe van leiers dat die regering weer oor die besluit moet besin. Sjeik Naziem Mohamed sê byvoorbeeld: ‘This is one of the greatest blows suffered so far by the non-White people of this country. Apart from the question of having to move away from the centre of the city and being involved in transport costs and subjected to other handicaps and inconveniences, the number of sentimental attachments that will have to be severed is incalculable.’ In sy reaksie op die ministeriële aankondiging sê Krige in 'n onderhoud met die Sunday Times van 13 Februarie 1966: It looks like the same dreary repetition of the same dreary old racket. We dispossess the dispossessed. We take away the last few remaining privileges of the underprivileged. We continue to humble and humiliate the humble and the already humiliated. We attack the defenceless in the sacred right they have to their own homes, their own hearths. Op hierdie onderhoud reageer die Engelse sender van die SAUK in sy weeklikse ‘Current Affairs’, wat indertyd as kommentaar op aktuele aangeleenthede in die trant van die anonieme hoofartikel van 'n koerant aangebied is. Krige word gekritiseer omdat hy 'n onder- | |
[pagina 524]
| |
houd aan die Sunday Times toegestaan het, terwyl sy poëtiese stelwyse en standpunt gehekel word: ‘The privilege of continuing to live in a slum...the sacred right to continue to inhabit a hovel...the humiliation of giving people decent homes. This may be poetic insight, but to the ordinary man and woman it is madness.’ In sy kommentaar op die ‘Current Affairs’-uitsending herbevestig Krige in die Sunday Times sy besware teen die voorgenome verskuiwing van die inwoners van Distrik Ses en stel hy opnuut sy standpunt oor wanneer 'n digter as politikus behoort op te tree. Sy optrede vorm 'n skrille kontras met baie van sy literêre tydgenote wat verkies het om nie kommentaar op aktuele aangeleenthede uit te spreek nie. In sy reaksie sê Krige: What I told the Sunday Times was the truth as I see it, and I must stand four-square by such truths, especially when it is a question of the happiness and the well-being of thousands of my fellow human beings. | |
[pagina 525]
| |
Wanneer Krige in 1969 die skoliere van die Diocesan College in Rondebosch by hulle jaarlikse prysuitdeling toespreek, sê hy dat Suid-Afrikaners nie van 'n bemoeienis met die politiek beskuldig kan word as die optrede van die regering hulle voortdurend daarin sleep nie. Hy vra die skoliere om na te dink oor hoe die wit mense die meerderheid van die bevolking behandel: The system whereby Africans are sent to the cities to provide the labour force which lies at the base of our prosperity, also desecrates one of the sacred codes of all our religions - it destroys family life. Met verwysing na die nuut geskepte Verteenwoordigende Kleurlingraad, wat vir die belange van die bruin mense moet sorg, sê Krige dat dit geen oplossings gebring het nie en net bygedra het om 'n verdere belediging in die gesigte van die bruin mense te slinger: One of our most respected dominees has said, speaking of the way in which the Coloured Representative Council was loaded with apartheid supporters, that this is one of the worst examples of political expediency in our country. En hy sluit af: ‘What more can one say of such shamelessness on our part?’ | |
IIWetgewing wat in die sestigerjare van haas alle skrywers en kunstenaars sterk reaksie ontlok, is die instelling van 'n sensuurstelsel. Reeds jare lank was daar verskeie pogings van die regering se kant, soos met die benoeming van die Cronjé-kommissie in 1954, om skrywers en akademici hok te slaan en die vrye geestelike groei van die literatuur | |
[pagina 526]
| |
aan bande te lê. Met die Wet op Publikasies en Vermaaklikhede, wat in 1963 deur die Parlement geloods word, skep die regering 'n stelsel ingevolge waarvan beheer deur 'n raad van nege lede uitgeoefen word. Openlik is daar onder skrywers en letterkundiges gegis dat Abr. H. Jonker voorsitter van die raad sou word. Jonker, in sy jeug 'n belowende skrywer wat met sy ‘Nuwe Saaklikheid’-styl 'n vernuwing in die prosa wou bring, was in die dertigerjare redakteur van Die Suiderstem, orgaan van die Verenigde Party. Ná sy aktiewe toetrede tot die politiek het hy by geleentheid gesê: ‘die party met die hoogste bod kry my brein’.Ga naar eind16. In dié proses het hy 'n paar bokkespronge gemaak en van die Verenigde Party tot die Konserwatiewe Party gewissel. Toe hy in die vyftigerjare in die Volksraad na die regering oorloop, het die Sappe honend vir die Natte aan die oorkant geskree: ‘Julle kan hom maar vat!’ Sowel op politieke as literêre terrein was daar 'n wantroue in Jonker, in die geledere van die skrywers vererger deurdat sy afwysende en hardvogtige gesindheid teenoor sy dogter Ingrid aan hulle bekend was. Tydens die bespreking van die wetsontwerp in die Volksraad was Jonker een van die belangrikste woordvoerders aan regeringskant. 'n Moontlike kandidaat vir die beoogde Publikasieraad was Abel Coetzee, professor aan die Universiteit van die Witwatersrand, wat vir die hoofskap van die Departement Afrikaans en Nederlands verbygegaan is en in onmin met N.P. van Wyk Louw, sy kollega en hoof, geleef het. Daar is gegis dat sy oudstudent, dr. Connie Mulder, indertyd reeds 'n aktiewe Volksraadslid van die Nasionale Party, 'n plekkie in die raad vir hom sou beding. Jonker en Coetzee se benoemings, so is gevrees, sou tot ekstreme besluite van die raad lei en die vitale groei van die Afrikaanse letterkunde fnuik, veral in 'n tyd toe Sestigers soos André P. Brink met Lobola vir die lewe en Etienne Leroux met Sewe dae by die Silbersteins 'n belangrike vernuwing in die prosa aan die bring was. Met sy status as skeppende kunstenaar en akademikus het Van Wyk Louw, van die begin af sterk gekant teen die wetgewing, 'n gesprek met senator Jan de Klerk, die minister onder wie die Publikasieraad sou ressorteer, aangevra en die name van letterkundiges vir aanstelling op die raad voorgelê. Deur Van Wyk Louw se aanbevelings het dit gekom dat die literatuurhistorikus G. Dekker, wat landswyd respek geniet het, as voorsitter aangestel is, terwyl drie Afrikaanse literatore, A.P. Grové, Merwe Scholtz en T.T. Cloete, en C.J.D. Harvey, professor in Engels aan die Universiteit van Stellenbosch, tot lede benoem is. | |
[pagina 527]
| |
Ten spyte hiervan was daar deurentyd kritiek van skrywers en is petisies, pleidooie en versoeke by herhaling opgestel om die wetgewing te keer of om vir 'n gunstiger bedeling te pleit. Van die begin af was die heftigste kritiek op die bepaling dat 'n publikasie ongewens verklaar kan word indien dit of 'n deel daarvan onbetaamlik of onwelvoeglik is of vir die openbare sedes aanstootlik of skadelik is; godslasterlik is of vir die godsdienstige oortuigings of gevoelens van enige bevolkingsdeel aanstootlik is; enige bevolkingsdeel belaglik of veragtelik maak; vir die betrekkinge tussen enige bevolkingsdeel skadelik is; of vir die veiligheid van die staat, die algemene welsyn of die vrede en goeie orde nadelig is. Die besware teen die wet het allereers die bepaling gegeld dat 'n publikasie ongewens verklaar kan word indien dit ‘of 'n deel daarvan’ onbetaamlik of onwelvoeglik is. Daarmee is die teoretiese moontlikheid geskep dat 'n boek op grond van 'n enkele paragraaf of woord verbied kon word, terwyl nêrens die besondere aard van die literêre kunswerk en die elementêre stelreël dat 'n gedig, roman of drama alleen as 'n geheel beoordeel kan word, in die wet ingebou is nie. Van Wyk Louw noem die wetgewing 'n effektiewer manier om die Afrikaanse taal en literatuur dood te smoor as wat Milner kon bedink het, terwyl D.J. Opperman op die ‘agterlike literatuurbeskouing ten grondslag’ van die wet, ‘die groot magte van willekeur in nie-literêre hande’ en ‘die finansiële risiko van appèl’Ga naar eind17. wys. Namens die Sestigers tree veral André P. Brink by herhaling deur middel van persoonlike korrespondensie met die minister en literatore, briewe aan koerante, artikels en lesings op as belangrikste kritikus van die nuwe bedeling en verdediger van die skrywers se belange. Brink waarsku dat sensuur en die klimaat van vrees wat daardeur opgewek word, die kreatiewe moontlikhede van die Afrikaanse letterkunde kan fnuik, terwyl hy dit later het oor ‘die feit dat daar dag vir dag baklei moet word vir literêre waardes wat in die res van die wêreld al geslagte lank as vanselfsprekend beskou word’.Ga naar eind18. Op 25 April 1964, kort ná die aanvaarding van die wet, oorhandig W.A. de Klerk en Mary Renault aan senator Jan de Klerk 'n verklaring wat deur 117 skrywers en 41 kunstenaars onderteken is. Vier Suid-Afrikaanse skrywers - Jan Rabie, W.A. de Klerk, Uys Krige en Jack Cope - woon daarna 'n perskonferensie by die Nasionale Pers by. In die verklaring spreek die skrywers hulle kommer uit dat die wet nêrens by die beoordeling die aard en intensie van 'n werk as letter- | |
[pagina 528]
| |
kunde in ag neem nie en in stryd met die elementêrste kunsbeginsel 'n werk nie as 'n geheel beoordeel nie. Die reeds bestaande middele teen pornografie is volgens die ondertekenaars reeds voldoende en hulle betreur die onnodige verreikende magte wat die wet verleen. Hulle verwelkom die appèl na die howe, maar wys daarop dat die howe aan 'n strenge vertolking van die wet gebonde is. Dit sal uitgewers oorversigtig maak en weinig sal kans sien vir hofsake, wat in die lig van die kostefaktor onprakties sal wees. Hulle is diep verontrus oor die toekoms van die skeppende denke in die land, aangesien geen openbare debat of eerlike soeke of geestelike groei verwag kan word as die demper vooraf geplaas is op die antwoorde wat gegee kan word nie. Veral skrywers wat plaaslik moet publiseer, kan tot swye of oppervlakkigheid gedwing word, met noodlottige gevolge vir veral die Afrikaanse letterkunde.Ga naar eind19. Die feit dat die literatore in die Publikasieraad die Afrikaanse literatuur ‘goedgesind’ was en nie sommer tot 'n verbod sou toestem nie, was vir baie skrywers, veral onder die Sestigers, nog geen waarborg dat alles met die nuwe stelsel nou in orde was nie. Deur wysigings in die wet, die verbod op boeke soos Kennis van die aand en Magersfontein, o Magersfontein! en 'n renons in die selfversekerde en verwaande optrede van Grové, Scholtz en Cloete het die bedenkinge oor die korrupte stelsel met die jare in walging oorgegaan. Voor sy dood in 1970 het Van Wyk Louw hom by geleentheid uitgelaat oor hoe vernederend dit vir hom is dat mense soos Grové, Scholtz en Cloete vir hom moet besluit oor wat hy mag lees.Ga naar eind20. By Uys Krige was daar uit die staanspoor sterk reaksie teen die wet. Terwyl die wetsontwerp nog onder bespreking was, sê hy by geleentheid in Kaapstad dat daar reeds twee en twintig wette bestaan om ongewenste boeke van kinders weg te hou, dat die polisie volgens wet op pornografie beslag kan lê en dat daar effektiewe wette vir politieke sensuur in werking is. Die oprigting van 'n publikasieraad is 'n mosie van wantroue in die polisie en onnodige uitgawe van die belastingbetalers se geld. Skrywers het die waarborg van 'n appèl na die howe teen enige beslissing van die raad, maar hoeveel skrywers kan so 'n appèl bekostig?Ga naar eind21. By Krige was daar verder geen twyfel dat die benoeming van ‘betroubare’ literatore nog geen waarborg vir skrywers inhou nie. In Durban sê hy in sy voordrag ‘A few thoughts on the freedom of the individual’, wat hy op 25 Junie 1964 by die Universiteit van Natal lewer: | |
[pagina 529]
| |
I read in your newspapers that Senator De Klerk, Minister of Interior, Education and Arts, had said that we 100-odd writers and poets who had protested against the formation of this Board, were now as happy as sandboys, we were perfectly content with the Board since we knew now that our affairs and our fate as practicing writers, were in good hands. I want to repudiate this statement with all the force at my command - whether it be small or great - not only on behalf of myself but also on behalf of quite a number of writers with whom I have been able to communicate whether by word of mouth or writing during the past few weeks. By herhaling is Krige bereid om as getuie vir skrywers en kunstenaars op te tree wat deur beslissings van die Publikasieraad benadeel word. So getuig hy in 1963 ten gunste van die Johannesburgse kunstenaar Harold Rubin wanneer hy op grond van sy skildery met die titel ‘My Jesus’ op 'n klag van godslastering aangekla word. Onderaan die naakte voorstelling van die lydende Christus verskyn die woorde: ‘Ek vergewe U, o God, want U weet nie wat U doen nie.’ Krige en Richard Daneel wys daarop dat twyfel in die almagtigheid en alwetenheid van God telkens in die Afrikaanse poësie, van Eugène Marais se ‘Is daar nog trane?’ tot baie verse van Van Wyk Louw en W.E.G. Louw, voorkom. Krige lees 'n passasie uit sy ‘Lied van die Fascistiese bomwerpers’ voor om te illustreer hoe die aanroeping van God en Christus 'n ironiese werking in 'n gedig kan hê. Hy betoog dat die voorstelling van Christus met 'n pet op die kop by die eeue oue tradisie van die uitbeelding | |
[pagina 530]
| |
van die nar as simbool van die droefgeestigheid aansluit en 'n uitbeelding wil gee van hoe die mens die Godheid uitbuit. Die mens se onmenslikheid teenoor die mensdom in die Naam van God is vir hom die hooftema van die skildery, en die woorde onderaan kan die gewete van die mens wees wat met die mens praat. So gesien, is die ‘God’ in die teks die valse God, nie die alwetende God nie. In sy uitspraak sê die landdros dat Krige se interpretasie van die skildery as ‘'n kreet teen godslastering en die uitbuiting van Kersfees’ baie daartoe bygedra het dat hy die skildery nie as godslasterlik sien nie, maar as 'n ernstige boodskap teen die gedrag van die hedendaagse mens. Rubin word op grond van die getuienis onskuldig bevind aan godslastering. Die aanklaer kon nie een kunstenaar of kunskenner vind wat bereid was om vir die staat te getuig nie.Ga naar eind23. En in 1964 getuig Krige ten gunste van Can Themba en Insight Publications, wat op grond van die verhaal ‘The fugitive’ in The New African van onwelvoeglikheid en godslastering aangekla en deur 'n landdros skuldig bevind is. Wanneer die saak voor die hooggeregshof dien, sê Krige dat die gebruik van growwe woorde, soos in die betrokke verhaal, geregverdig kan wees as 'n skrywer 'n realistiese effek wil bereik. Al die groot skrywers gebruik growwe woorde en dit sal die polisie voltyds besig hou as hulle na sulke woorde in boeke wil soek. Hy kan nie begryp dat die staat Themba vir 'n paar woorde wat hy geskryf het, wil veroordeel nie.Ga naar eind24. Telkens sedert die aanvaarding van die wet in 1963 herbevestig Krige sy afsku van en renons in die stelsel van publikasiebeheer. Die wet bly vir hom 'n onding, een van die afstootlikste maniere waarop die regering op die terrein van die literatuur sy mag afdwing en skrywers aan bande lê. In 'n ongedateerde brief aan die sekretaris van binnelandse sake betreur hy die stelsel van publikasiebeheer. ‘Ek beskou dit nie alleen as in alle opsigte nadelig vir die Suid-Afrikaanse letterkunde nie, maar ook vir die ontluikende Afrikaanse letterkunde in die besonder’, skryf hy. Hy sê hy het herhaaldelik die afgelope jare in die openbaar beswaar gemaak teen die hele stelsel en vra: ‘Wat moet ons dink van 'n stelsel wat grootmeesters soos Rabelais en Balzac in die ban doen? Natuurlik wil niemand die sluise wyd oopdraai vir al die pornografie en smerighede van Europa en die VSA nie. Die baie bedrewe en deeglike polisie kan dít egter doeltreffend beheer. Slegs die wete dat daar 'n sensorskap bestaan, is al nadelig vir ons skrywers.’ Op 25 November 1966, wanneer hy in die | |
[pagina 531]
| |
hospitaal is, reik hy 'n verklaring uit wat andermaal 'n aanduiding is van sy afkeer en hoe hy voornemens is om hom steeds teen die wet te verset: I have fought the Publications Control Board from the moment of its conception. And that was years ago. And I shall fight it, I think, till the day I die. I am convinced that our young, vital, bold South African literature, both in English and in Afrikaans, has no need of Mother Grundies, however educationally pre-eminent or professorially exalted those dear old ladies might have become in the fulness of their academic years.Ga naar eind25. | |
IIIOp 4 Februarie 1960, kort ná sy terugkeer uit Europa in Kaapstad, vier Uys sy vyftigste verjaardag. Hy was steeds een van die bekendste mense in die land, só bekend dat 'n brief uit Amerika met die adres ‘Uys Krige, the famous poet and writer, South Africa’ by hom uitkom! Steeds bly hy 'n beminlike mens. By geleentheid skryf hy aan Marge, vrou van die digter Sydney Clouts: ‘Whenever I look at a woman I see babies in her eyes’, woorde wat haar vir die res van haar lewe toegewyd aan hom maak.Ga naar eind26. Die beeldhoudster Nell Kaye maak 'n pragtige bronsbeeld van sy hoof.Ga naar eind27. Omdat hy lenig bly en elke dag twee keer in die koue water van Clifton gaan swem, behou Uys - ten spyte van die soms knaende pyn wat sy spastiese kolon hom besorg - sy jeugdige voorkoms en sy belangstelling in alles wat hy beleef. Aan Eulalia skryf hy op 27 Julie 1969 uit die VSA oor die ‘maanbohaai’ wanneer die eerste mens op die maan loop en die Amerikaanse president, Richard Nixon, daarna verwys as ‘the most momentous event since the Creation’. Vir Uys klink dié uitspraak baie na godslastering - ‘Uncle Sam über Alles!’ By herhaling help hy swemmers wat in die verraderlike Clifton-see in die moeilikheid beland, soos op 27 September 1965 toe hy 'n matroos van die Windsor Castle red wat op Tweede Strand besig was om te verdrink.Ga naar eind28. 'n Besondere vreugde vir hom in 1965 is die verskyning van Liberta sulla Majella, die Italiaanse vertaling van The way out, wat vir sy vriend Vincenzo Petrella die geleentheid bied om in sy moedertaal van Uys se ontsnapping en sy hulde aan die Abruzzi-boere te lees. Omdat | |
[pagina 532]
| |
Vincenzo in Italië met sy boerdery swaar kry, help Uys hom om na Suid-Afrika te emigreer, waar hy tien jaar lank op die wynplaas Monte Vista in die Constantia-vallei as voorman werk voordat hy weer na sy eie land terugkeer. Uys het die bekendheid en die kalklig intens geniet. Dikwels het hy soos 'n akteur vir 'n gehoor gespeel en haas nooit vir 'n joernalis 'n onderhoud geweier nie. Sy spraaksaamheid en bereidwilligheid om kommentaar te lewer, lei daartoe dat Peter Blum op 'n keer snedig na hom as ‘die babbelapie van Clifton’Ga naar eind29. verwys! Maar soms kon hy onvergenoegd raak met dié rol. In 'n brief van 23 November 1965 skryf hy aan Fay Goldie: I sometimes think too much is known about my ‘background’. I mean I am in reality much more of a ‘personality’ in this country than a real practising writer. That is why I often say: ‘I'm sick and tired of being Public Figure No. 264...I'm not a performing monkey! I want to be a writer, do you hear, a writer...’ And then my old cracked voice trails off in a broken sort of squeak. It's quite ridiculous how few of my books sell. I also sometimes say: the only person who buys Krige, when he's not prescribed (I almost said proscribed) is Krige. I want to laugh...No kidding... Maar dié periodieke verset teen sy openbare beeld het niks gehelp nie. By herhaling word die bruisende Uys in hierdie jare deur universiteite soos Natal, Rhodes, Stellenbosch en die Witwatersrand uitgenooi om studente te kom toespreek; net op die kampus van die Universiteit van Pretoria word hy by geleentheid op grond van sy politieke standpunte verbied! In Augustus 1965 gee hy byvoorbeeld nege lesings aan die Rhodes-Universiteit in die departemente Afrikaans, Engels en Frans. Hy bly eers oor by sy vriende Guy en Jean Butler en later by Rob en Liesje Antonissen, vir wie hy leer ken het toe hulle op 'n someraand in 1962 uit die donkerte by die kombuisdeur van sy en Jack Cope se houthuisie in Clifton ingestrompel het. In Maupertuus, die huis wat die Antonissens in Grahamstad na die lêplek van die vos Reinaert vernoem het, loop Uys agter Liesje aan tot in die badkamer om Franse gedigte vir haar voor te lees! Die studente voer sy Yerma-vertaling op en aan die studentekoerant The Rhodeo verklaar hy: ‘I have about 20 plays buzzing around in my | |
[pagina 533]
| |
head like busy bees. It gets entangled with my tail, it is not a comet's tail, but I think it will get a sparkle to it if I work hard enough at revisions. Being a perfectionist, I am revising continually, but I realise that I will never reach perfection.’Ga naar eind30. Ook oor die radio is hy 'n gewilde persoonlikheid en in die sestigerjare behartig hy onder meer 'n program wat hy aan vertalings uit die Spaans-Amerikaanse poësie wy. Anna Neethling-Pohl is só beïndruk daardeur dat sy op 10 April 1964 aan hom skryf: ‘Ek is regtig baie besig maar ek moet aan jou skrywe om te sê hoe wonderlik jou aanbiedings van die poësie Sondagaande vir my is. Die digters is vir my onbekend en ek is nie slim nie. Ek sou al die skoonheid misgeloop het as dit nie vir jou was nie. Baie dankie vir die eenvoudige, treffende inleidings en vir die vertalings en vir die pragtige manier waarop jy die verse “oorbring”. Jy het my lewe baie ryker gemaak en ek dank jou daarvoor.’ Steeds was Uys, soos vroeër, verruk oor die sêkrag van Afrikaans. ‘Daar is niks in die hemel of op die aarde of onder die see’, sê hy in 'n liefdesbelydenis teenoor sy taal, wat na 'n verbinding van C.J. Langenhoven en Van Wyk Louw klink, wat nie in Afrikaans uitgedruk kan word, geen gedagte wat die mens nog ooit gedink het, geen gevoel wat hy nog ooit gevoel het,...niks waar of kensketsend of geldig van die mens, sy wese of sy noodlot, wat nie in Afrikaans sy uiting kan vind net so goed as in enigeen van die tale wat ek ken nie.Ga naar eind31. Dit is veral die spontane beeldspraak van die armes en dikwels ongeletterdes wat hom boei, soos ‘die weer maak uier’, ‘doer in die weste staan die onweer wydsbeen oor die wêreld’, ‘die weer is loskop’ - almal uitdrukkings wat hy van vissers by Hawston gehoor het. Eendag het 'n visser Uys laat skaterlag toe hy merk hulle sit 'n kreef in koue water wat dan geleidelik op 'n paraffienstofie tot kookpunt verhit word. Toe Uys die visser aanspreek oor die wreedheid van so 'n dood, kom die bekkige antwoord: ‘Nei, Master, die kreef raak gewoond daaraan!’ André P. Brink het van dié storie gehou en dit later as titel vir een van sy romans gebruik. Maar ook boere-uitdrukkings het hom gefassineer, soos ‘meer bek as binnegoed’, ‘hulle praat oor dit en dat en 'n handjie vol perskes’, ‘hy's so toe jy moet hom open met skriflesing en gebed’.Ga naar eind32. Nog boeretaal wat Uys in een van sy aantekeningboeke neerskryf, is: ‘Hulle werk met 'n vyfpond- | |
[pagina 534]
| |
noot soos bobbejaan se kind met 'n granaatskil’; en ‘Ek wil hom met die klein kant van my verkyker nie raaksien nie.’ Uitdrukkings vir dronkenskap het hom geamuseer: ‘hy's net lekker aangekuier; hy's nie alleen nie; hy loop twee rye spore; hy jaag ganse aan’. Hy het lekker gelag toe sy huishulp Babsie op 'n dag praat van 'n man wat ‘met sy bek vol Bybeltekste die Here verneuk’. Saam met die rustige, Apolliniese Jack Cope beleef Uys baie aangename dae in Sea-Girt. Hoewel hy self eers later tot die redaksie toetree, werk Uys van die begin af ten nouste saam met Jack, wat in 1960 saam met medeskrywers en kritici Contrast oprig, 'n literêre tydskrif wat sowel Engelse as Afrikaanse bydraes opneem en 'n belangrike podium vir debutante bied. Omdat Uys en Jack dikwels verplig was om die veelvuldige voorleggings, veral op die gebied van die poësie, summier af te wys, word hulle deur teleurgestelde maar talentlose digters uitgekryt as die Clifton Mafia! Dit verhinder hierdie digters nie om saam met Uys en Jack se vriende en kennisse by Sea-Girt te kom aanklop en graag in hulle geselskap te verkeer nie. Sestigers soos André P. Brink, Bartho Smit, Etienne Leroux en Chris Barnard, wat in ander provinsies of dele van die land woon, maak ook gereeld hulle opwagting by Sea-Girt. Uys gesels met hulle land en sand oor die literatuur en gemeenskaplike belange, soos hulle verset teen die publikasiebeheer en die politieke situasie in die land. Ander mense wat Uys nou ook leer ken, is die kortverhaalskrywers Abraham H. de Vries en Hennie Aucamp. Aucamp het van vroeg af 'n groot waardering vir Uys as prosaskrywer gehad, later van die indringendste en deeglikste studies oor sy werk gelewer en met die bloemlesing Met ander oë (1980) 'n voortreflike keuse uit Krige se prosa byeengebring. In 1960 vertrek Peter Blum, met wie Uys nie 'n baie hartlike verhouding gehad het nie, na Brittanje, waar hy soos 'n groot speld verdwyn, al stuur hy van tyd tot tyd nare kaartjies en briewe aan Uys, terwyl Breyten Breytenbach na Skandinawië vertrek en hom later in Parys vestig, waar hy met die Viëtnamese Hoang Lien (Yolande) in die huwelik tree. Soms is die aanloop wel 'n bietjie oorweldigend vir Jack, wat hom graag met sy skryfwerk aan vaste ure hou en by voorkeur van negeuur in die oggend tot vyfuur in die middag, alleen onderbreek deur middagete, wil werk en duisend woorde per dag wil presteer. Op 30 Januarie 1965 teken hy in sy dagboekGa naar eind33. aan ‘swarms of people invade the bungalow and the beach’ en daar is geen kans om in sulke omstandighede te werk nie. | |
[pagina 535]
| |
Mense vir wie Uys en Jack gereeld sien, is Jan en Marjorie Rabie en Ingrid Jonker, wat haar, ná die finale verwydering van Pieter Venter, opnuut in Kaapstad vestig en afwisselend in Seepunt en Bantrybaai woon. Uys lees Ingrid se gedigte met so 'n kil, kritiese oog dat sy in haar gesprekke met Jack na hom as ‘the Iceman’Ga naar eind34. verwys! Jan Rabie, op wie sy dolverlief raak, sonder dat dié liefde enigsins beantwoord word, begin van haar te praat as Ingrid Muisvoet op grond van die sagte treetjies waarmee sy loop, net om alles agter haar in volkome chaos te laat! Ordelikheid was nie een van Ingrid se deugde nie. Ten spyte hiervan heg sy haar emosioneel aan Jack en ontwikkel daar 'n verhouding tussen hulle. Dat Jack vir haar iets van die vader verteenwoordig na wie se liefde sy so vurig verlang, blyk uit die wyse waarop sy by tye doelbewus die rol van die klein dogtertjie vir hom speel. Sy hoop egter nog steeds dat Abraham Jonker haar as dogter en digter sal erken. Wanneer haar bundel Rook en oker in 1963 verskyn en sy daarvoor met die Perskor-prys bekroon word, bel sy hom en vra hom om op haar koste saam na Johannesburg te vlieg wanneer sy die prys in ontvangs neem. Al antwoord wat sy op haar oproep kry, is 'n gehoorbuis wat oombliklik neergesit word.Ga naar eind35. Ingrid se verhouding met Jack verhinder haar egter nie om ook met ander mans verhoudings aan te knoop nie. Met die geld van die Perskor-prys kry sy die geleentheid om Europa te besoek. ‘Ingrid is due to leave on Friday’, skryf Jack op 24 Maart 1964 aan Uys, ‘and she is going absolutely round the bend with built-up anxieties. I have to grin and bear it; grinning's none too easy. I only hope she gets on the ship all in one piece.’ Op die skip waarmee sy vertrek, leer sy Laurens van der Post ken, met wie sy gou 'n vriendskap sluit. In Europa ontmoet sy een van haar ander minnaars, André P. Brink, met wie sy 'n tyd lank saamreis. In 'n brief van 27 Junie 1963 skryf Jack 'n bietjie afgehaal aan Uys, in daardie stadium in Natal: ‘Ingrid is in Paris with André and this seems a pity to me. A South African should go over prepared to have an affair with Europe. But with the local boy round the corner - dis bra 'n gamors!’ Wanneer Ingrid terug is, bring sy André na Sea-Girt, iets wat Jack, duidelik jaloers, 'n ‘unnecessary provocation’Ga naar eind36. vind. Die situasie word verder verwikkel deurdat die onstabiele Gabrielle Boyd, wat meer as net 'n ogie op Uys het, dag lank soos 'n skaduwee in een van die hoeke van Sea-Girt se voorkamer sit. Instinktief en profeties voorsien Jack dat Ingrid se wilde lewe tot iets vreesliks sal lei. Op 10 Februarie 1965 teken hy in sy dag- | |
[pagina 536]
| |
boek aan: ‘Wrote Ingrid a long letter trying to describe some of my feelings - but how? What I am obsessed with is how to save her from what seems a terrifying drift always deeper towards a violent end.’ Dieper die jaar 1965 in het Ingrid se losbandige sekslewe met allerlei mans, vererger deur haar drank- en by tye ook dwelmgebruik, sy tol begin eis. Finansieel was sy in 'n haglike toestand. Brink het nie kans gesien vir die chaos wat sy lewe sou oorheers indien hy hom in 'n huwelik met Ingrid begewe nie. Ook Jack was nie bereid om met haar te trou nie. Ingrid was in 'n emosioneel versteurde toestand oor dié afwysings. In dié stadium het Bonnie Davidtsz saam met Ingrid en haar dogter, Simone, in 'n woonstel in Seepunt gewoon. Op 18 Julie 1965 kry hulle rusie oor wie die betrokke aand die ete moet voorberei. Later die aand gaan Ingrid drankies maak by 'n restaurant, terwyl Bonnie in die motor wag. Toe Ingrid uitkom, is sy onvas op haar voete en is hulle terug huis toe. Ingrid het weer die woonstel verlaat en Bonnie het gesien sy stap see se kant toe. Omdat Ingrid vroeër die aand gesê het sy gaan selfmoord pleeg, volg Bonnie haar en oorreed haar om na die woonstel terug te gaan. Onderweg terug hou die polisie by hulle stil en vra wat hulle so laat op 'n koue nag in slaapklere buite soek. Bonnie sê dat hulle net 'n entjie stap. By die woonstel sê Ingrid weer sy gaan selfmoord pleeg, maar gaan lê by Simone op die bed. Later die nag dwaal sy in die woonstel rond en Bonnie hoor haar uitgaan. Sy en Simone volg haar en sien hoe sy by die Seepuntse polisiekantoor instap. Sersant J.H.P. Pietersen kon later getuig dat Ingrid by haar aankoms baie terneergedruk was en met selfmoord gedreig het. Sy het haar polse aan hom gewys en gesê dat sy al voorheen selfmoord probeer pleeg het. Hy het met haar gepraat en hulle het selfs begin grappies maak. Ingrid het toe aan hom gesê dat sy veel beter voel en dat sy nie selfmoord sal pleeg nie. Daarop het hy haar na haar woonstel teruggeneem. Omdat Simone ontsteld was, besluit Bonnie intussen om die kind na Uys en Jack se houthuisie te bring, waar hulle die oggend om vyf minute voor vier aankom. Van Uys af bel Bonnie die polisie, wat sê hulle ry met Ingrid rond om haar te kalmeer. Toe sy terug is in Seepunt en na die polisiekantoor gaan om Ingrid op te laai, moes sy hoor dat hulle Ingrid by haar woonstel afgelaai het. Sy was egter nie daar nie. Om sewe-uur daardie oggend van 19 Julie 1965 is Bonnie weer na die polisiekantoor. Daar is sy meegedeel hulle het Ingrid se lyk by Drieankerbaai gevind.Ga naar eind37. | |
[pagina 537]
| |
Vir Uys was die dood van Ingrid 'n ontsettende slag en vir Jack so 'n traumatiese gebeurtenis dat hy dit, soos 'n mens uit sy talle dagboekinskrywings kan aflei, 'n jaar later nog nie volkome kon verwerk het nie. Op 19 Julie 1965, die dag van haar dood, maak Jack in sy dagboek 'n inskrywing waaruit dit duidelik uit die sinskonstruksies en verwarde en verbandlose mededelings blyk dat hy nie by sy volle positiewe is nie: O my beloved my darling Pie. You are not dead to me you never will die so long as I breathe and think. My darling speak to me. I hear you say my name as I walk thru the streets. Quietly. I will listen. I am you at last. All the dross gone. Darling I failed you. There is only one irrepairable fault - to lack faith, to lose courage, to be smaller than one's love. I love you a million times. I said it and always it was true. O I failed, Pie, listen to my cry. Cold and bruisd leaning a little towards me in the white & the glass sereen. O Pie, is this you? I must see you there - the police mortuary, the green passages & at the end of them this room, the very end. Always my most terrible dream....They did not wake me or call me, but let her die. No one can claim her life no one threw her away. Her spirit, rose at last out of all the terror and despair and dissolution. Met Ingrid se dood was Abraham Jonker uitstedig. Toe sy vrou telefonies van die dood meegedeel is, was haar reaksie dat dit ‘'n bietjie ongeleë’Ga naar eind38. kom. Jonker was op 'n jagtog êrens in die Noordweste. Toe hy uiteindelik bereik kon word en verneem Ingrid se lyk is in die see by Drieankerbaai gevind, was sy eerste woorde: ‘Waarom het julle haar nie weer in die see teruggestoot nie?’Ga naar eind39. Van Ingrid se skrywersvriende het 'n begrafnis sonder enige godsdienstige plegtigheid vir haar gereël. Abraham Jonker, bedag op skade aan sy politieke loopbaan, het by sy terugkeer dadelik 'n stokkie voor die skrywers se planne gesteek. In 'n telefoongesprek het hy Jack Cope gedreig indien hy en sy vriende met hulle planne sou voortgaan en die skrywers daarvan beskuldig dat hulle van die begrafnis 'n ‘politieke’ aangeleentheid wil maak.Ga naar eind40. Op Donderdag, 22 Julie, is Ingrid begrawe. By die graf het ds. J.L. van Rooyen, vader van die latere joernalis en eerste redakteur van De Kat, Johan van Rooyen, opgetree, onbewus daarvan dat hy 'n bekende digteres begrawe. Die familielede het 'n kring | |
[pagina 538]
| |
rondom die graf gevorm. Verder weg, met 'n konsentriese sirkel van niemandsland tussen hulle en die familie, was die skrywers en hulle vriende, en eenkant het 'n paar lede van die Veiligheidspolisie gestaan om te keer indien een van Ingrid se vriende dit sou waag om 'n gedig voor te lees! Jack Cope, wat laat vir die begrafnis opgedaag het, moes met geweld vasgehou word, aanvanklik deur Uys en Jan. Uys het dit aan sy hart begin voel en eenkant op 'n graf gaan sit om sy kragte te herwin indien dit weer benodig sou word. Erik Laubscher en later Johann Cilliers van Simondium-uitgewery moes Jan bystaan, maar Jack was haas onstuitbaar. Op een tydstip het hy met 'n bos blomme in die hand graf toe gebeur. Terwyl die kis laat sak is, was hy ontroosbaar.Ga naar eind41. 'n Paar dae later het sowat vyftig mense by die graf bymekaargekom om te luister na 'n waardering van Ingrid se werk deur Uys en 'n voordrag van enkele van haar verse deur Jan Rabie. Kort ná haar dood word die Ingrid Jonker-prys in die lewe geroep om jong digters, afwisselend vir debute in Afrikaans en Engels, aan te moedig.Ga naar eind42. In 1966 verskyn In memoriam Ingrid Jonker met bydraes van haar talle vriende. Uys skryf daarin 'n pragtige insiggewende opstel oor haar werk. Daarin sê hy onder meer: In haar beste gedigte het Ingrid Jonker haar eie individualiteit en persoonlikheid, haar eie stem. Dit is al wat 'n mens van 'n digter kan vra: dat hy sy eie persoonlike stem het, in so 'n mate dat jy die digter uitken as jy dalk 'n gedig van hom begin lees op 'n bladsy waar sy naam nie vermeld word nie. In haar beste gedigte eien jy altyd onvermydelik hierdie stem van Ingrid, hierdie suiwer liriese stem met sy spontaneïteit, sy vloeiende gang, sy welluidende toon, fyn innerlike musiek. Hoe sing dié stem op sy suiwerste in ons gedagtes, ruis hy soos 'n ver geheime musiek na in ons bewussyn.Ga naar eind43. Talle skrywers huldig Ingrid in gedigte en van Jack Cope verskyn 'n ontroerende persoonlike elegie-in-prosavorm met die titel ‘A crown of wild olive’ in In memoriam Ingrid Jonker. Hoe diep die dood van Ingrid hom geraak het, blyk uit 'n brief wat Jack op 5 Augustus 1965 uit Johannesburg skryf aan Uys, wat by tye ongeduldig geraak het met sy vriend se verdriet: | |
[pagina 539]
| |
I am very desolate and feel some precious thing has been torn out of the centre of me. Day and night this never leaves me, the black pit of loss. I know Ingrid loved me. It was not that she got starry-eyed on any veering impulse. I think you did not understand that. How could you? Everything was a betrayal and mine above all, not thrice ere the crowing cock but with every hour of the night. How can I have betrayed the one woman I loved and love to the last breath? How does one do this? God knows, it is the ultimate bitterness and agony. Too late. I live by the small chip of light that somehow I will redeem something and purify some living force out of the real love between us that we could not live with. I ask her (myself) a million times to give me some release, and the truth that I don't see. Not to torment myself - I don't need to do that, but to rise out of this despair and doubt and pain. Not to be weak anymore, go on, be patient and clean my mind of the last unthought evil and bitterness. This is a cry out of my night, Uys. | |
IVDie meeste publikasies van Krige wat in die sestigerjare in boekvorm verskyn, is werk wat hy reeds in die vyftigerjare en vroeër voltooi het. In 1961 verskyn sy sketse Sout van die aarde, wat allerweë gunstig ontvang word, al sê A.P. Grové - en dít oor 'n boek wat ‘Totensonntag’ bevat - dat Krige oppervlakkig oor die oorlog skryf. In 'n brief van 3 Maart 1968 aan Bokkie onthou Krige nog sy aanmerking van 1961: ‘Wat weet Grové van die oorlog? Toe ek vir die bomme moes koes, was hy besig om hakekruise in die bas van die wilgerbome langs die Wilgerrivier [Krige bedoel die Mooirivier - JCK] in Potchefstroom te kerwe. So nie letterlik nie, dan wel figuurlik...’ Sout van die aarde word gevolg deur Rooi in 1965, 'n versamelbundel waaraan André P. Brink, Hennie Aucamp, Jan Rabie en Freda Linde ook meewerk. Met 'n vyftal stukke dra Krige by tot die bundel - onder meer met ‘Die Carbonari’, wat reeds eerder in Engels in The dream and the desert opgeneem is, die dramaties bewoë relaas van 'n episode uit sy Abruzzitydperk. In 1962 verskyn sy vertalings van die Franse digter Paul Éluard as Éluard en die Surrealisme, terwyl hy uit Spaans Yerma (1963) en Spaans-Amerikaanse keuse (1969) publiseer. Krige se vertalings uit Jacques Prévert en Salvatore Quasimodo het nooit in boekvorm ver- | |
[pagina 540]
| |
skyn nie.Ga naar eind44. In sy inleiding tot Spaans-Amerikaanse keuse, wat Maart 1968 gedateer is, sê hy dat hy ‘onlangs’ 'n dertigtal gedigte van die Chileen Pablo Neruda vertaal het en in 'n aparte bundel wil publiseer, maar dié verse - altesaam een en twintig - word eers postuum saam met vertalings van ander digters se werk opgeneem in M.M. Walters se Spaanse dans (1991), wat deel vorm van die reeks Poësie uit verre lande. Postuum in dieselfde reeks verskyn ook Brasilië sing (1990). Vir 'n opvoering vir die Nasionale Skouburg in Pretoria in 1966 vertaal hy Molière se Le médecin malgré lui met groot vryhede as Dokter teen-wil-en-dank. Dit word egter eers in 1971 deur Van Schaik gepubliseer. In sy inleiding noem hy Molière, tot wie hy hom van vroeg af aangetrokke gevoel het, ‘een van die groot alchemiste van die teater’.Ga naar eind45. Toe hy dit die eerste keer in 1947 op die stoep van sy Johannesburgse huis aan die lees was, vertel hy, het hy so aan die lag geraak van al die kwinkslae en kaskenades dat sy vrou en dogtertjie aangesit gekom het, vas onder die indruk hy is ‘'n paar van...sy bont varkies’Ga naar eind46. kwyt! Só vry vertaal hy die Franse dramaturg dat die eerste gesprek tussen Sganarelle en Martine amper soos 'n rusie tussen Uys en Lydia klink, terwyl die tipies Krigeaanse woordspel telkens deurslaan en die mankolieke ‘dikderm’ ook in die rymende slot van die eerste bedryf uitslaan! Ná die rampspoedige kontrak met die Afrikaanse Pers-Boekhandel in die vyftigerjare en die swak behandeling wat hy van Sarel Marais kry, verskyn die meeste van Krige se werke in die sestigerjare by John Malherbe en by HAUM, waar hy met Gerry de Melker op goeie voet is. Vir sy publikasies by HAUM kry hy uitstekende terme, byvoorbeeld vir Sout van die aarde 15% op die eerste 5 000 eksemplare, 17% op die volgende 5 000 en 20% daarna. Met uitsondering van dié wat by Van Schaik verskyn het, neem Human & Rousseau in die sestigerjare die meeste van Krige se Afrikaanse werke van ander uitgewers oor en verskyn heruitgawes van Die ryk weduwee (1970), Magdalena Retief (1975) en Die goue kring (1976) by dié uitgewery. Hulle publiseer ook van hom die oorvertelling van 'n Esopus-fabel as Haas en die skilpad (1968). Met Koos Human het Krige goeie kontak en gou ontwikkel daar ook 'n persoonlike vriendskap tussen hulle. Ná die vroeëre The way out (1946) en The dream and the desert (1953) kry Krige in die sestigerjare ook 'n voller profiel as tweetalige skrywer met die publikasie van The sniper and other one-act plays (1962), waarin hy, naas die titelstuk, The arrest, Fuente sagrada en All roads lead to | |
[pagina 541]
| |
Rome opneem, The two lamps (1964), die bloemlesing Poems of Roy Campbell (1966) en Orphan of the desert (1967), wat merendeels verwerkings van stukke uit Ver in die wêreld...en Sout van die aarde bevat. 'n Mens kan skepties staan teenoor Krige se neiging om sy oorspronklike werke van een taal na 'n ander te transponeer en dit betreur dat hy sy energie nie vir nuwe werk aangewend het nie. Naas die geldelike aspek van so 'n werkpatroon was hierdie vertalings egter ook vir hom 'n poging om 'n groter gehoor en leserskring te bereik en in sy strewe na perfeksie die stuk beter en sekuurder af te werk. In Orphan of the desert neem Krige ook sy rede oor ‘The English language in South Africa’ op, waarin hy 'n paar belangrike gedagtes oor die taalsituasie in die land uitspreek. Om 'n ander man se taal te kan leer, sê hy, kry jy as 't ware 'n tweede karakter of persoonlikheid - or you at least modify your character or personality, since you come to think and feel like him through your knowledge and understanding of his language. And by so doing you enlarge your field of consciousness, heighten your awareness, increase your powers of perception.Ga naar eind47. Daarby herbevestig Krige 'n gedagte wat hy reeds vroeër by herhaling uitgespreek het: as jy jou eie taal goed wil leer ken, is dit goed om 'n tweede taal behoorlik aan te leer. Die eerste taal is a searchlight on the second; this whole process of learning another man's language, entering his mind and spirit and soul through his language, sharpens your linguistic sensibility and so makes you more sensitive to the subtleties and nuances of your own language.Ga naar eind48. Verder maak hy die prikkelende uitspraak dat die Afrikaanssprekende bevolking van die land van die sterkste bondgenote van die Engelse taal in Suid-Afrika is: We know that we cannot do without it; that it is a window, a door, no, a great gate wide open to the outside world; that not only does it give us a universal medium of ordinary speech but also access to all the great works of literature or science translated into English from any other language on earth.Ga naar eind49. | |
[pagina 542]
| |
En hy voeg by dat Afrikaners se aanpasbaarheid, elastisiteit en veerkrag in veranderde omstandighede en tydens die moeilike jare van heropbou ná die Anglo-Boereoorlog en tydens die depressiejare juis, as 'n mens 'n oomblik daaroor nadink, in die feit lê dat baie van ons Engels reeds as kleuters leer praat het. Een van die geslaagdste ondernemings waaraan Krige baie jare lank werk, is die hersiening van sy twee eerste digbundels, wat met 'n paar byvoegings in 1961 as Gedigte 1927-1940 by Van Schaik verskyn. In 'n radio-onderhoud wat hy op 12 Desember 1965 met Pieter Grobbelaar voer, verwys Krige na Flaubert se uitspraak oor die smart van die woord. Dit is die rede waarom hy so baie hersien. Aanvanklik, sê hy, kom 'n gedig by hom maklik, maar al die draaiery daarna is swaar werk. Sy gedigte staar hom met groot verwytende oë aan as hy voor sy siel weet hy kan nog verbeter. Wanneer hy hersien, gaan hy voort, verander hy nooit die stemming, die grondtoon van die gedig nie - net die woorde, hulle volgorde, verband en samehang. By hom hou die proses jare aan en met 'n koel oog op sy produkte skaaf en poleer hy voortdurend. Wanneer hy in 'n bus of 'n trein sit, dink hy dikwels oor 'n bepaalde reël wat nog nie reg is nie. In 1959, toe hy in Italië saam met Eulalia gereis het, sit hy in die trein met Rooidag in die hand en verander en verbeter hy verse wat hy vyftien of twintig jaar tevore geskryf het. Dan sê Eulalia: ‘Ag, Pappa, 'n mens kan mos nie kos so baie kou nie.’ Maar dan kom staan die verse verwytend voor hom en kom party reëls tog op die lange duur reg as hy verder daaraan werk. Soms was Eulalia verras wanneer hy, anders as sy gewoonte, tydens 'n ete stil word en nuwe verbeteringe in sy kop maal! Uiteindelik is 'n gedig dan klaar, al was daar vir 'n digter met die ingesteldheid van Krige nooit werklik 'n dag waarop hy kon sê 'n werk is klaar nie. By geleentheid kon hy met instemming in Engels uit Paul Valéry aanhaal: ‘One never finishes a book, one abandons it.’Ga naar eind50. Dat sy hersiening van sy vroeë verse 'n groot verbetering is, was ook die mening van prominente kritici. In sy bespreking van die bundel wys Ernst van Heerden daarop dat hele strofes en strofereekse verval het of herskryf is; titels, woorde en beelde is verander; en baie gedigte het een of ander verkorting ondergaan. Onder die gedigte is vir Van Heerden van die mooiste verse van Dertig. Krige vind volgens hom 'n harmonie tussen die volkse en aardse aan die een kant en die sofistikasie van die moderne lewensbewussyn aan die ander | |
[pagina 543]
| |
kant, en sy gebruik van die spreektaal gee met al sy assosiatiewe waardes 'n besondere cachet aan sy Afrikaans.Ga naar eind51. Rob Antonissen wys ook op die deurtastende hersiening: ‘Baie dooie hout is weggesnoei, uitgehak: sentimentele strofes en verse, retoriek, net woorde, onbesuisde beeldspraak, rymklinkklank, “kleure” sonder kleur, sier- en modeadjektiewe....Teenwoordige deelwoorde, boekwoorde, adolessente woorde is by tientalle weggewerk: dit gee volwassener digkuns. Heel belangrik is die normalisering van die sillabetelling in die metriesvaste gedigte, waardeur ritmiese spanninge gevoeliger en feller tot hul reg kom. Soms is 'n hele gedig “herskommel”, het 'n heeltemal nuwe gestalte ontstaan.’Ga naar eind52. Opmerklik vir Antonissen is dat die beste gedigte uit die oorspronklike bundels weinig veranderings ondergaan het, soos ‘Dagbreek’, ‘Romanza’, ‘Ballade van monsieur Lapeyre’, ‘Tram-ode’, ‘Die blinde se geloof’, ‘Die seemeeu’ en ‘Lied van die Fascistiese bomwerpers’. En hy sluit af: ‘Ek wil hier andermaal in die besonder aandag vra vir “Romanza”, wat as “Franse ballade” sonder weerga in ons taal nog te min die erkenning gekry het waarop dit geregtig is.’Ga naar eind53. Ander hersienings wat Krige in die sestiger- en sewentigerjare voltooi, is sy eenbedrywe: Vier eenbedrywe (1967), waarin Die skaapwagters van Betlehem, Die arrestasie, Die sluipskutter en Alle paaie gaan na Rome opgeneem word; en Die wit muur en ander eenbedrywe (1973), waarin naas die titelstuk die finale teks van Fuente sagrada en Die grootkanonne verskyn. Dat hy die vroeëre Die gees van die water en Die ongeskrewe stuk nie hersien nie, is 'n aanduiding dat hy dié twee stukke as van mindere allooi beskou. Ná die slegte ervaring met Sarel Marais was Krige lugtig vir die Afrikaanse Pers-Boekhandel, wat intussen tot Perskor herdoop is en onder leiding van Bartho Smit, met die medewerking van Chris Barnard, graag nuwe skrywers wou werf en die aansien van die maatskappy wou herwin. Daarom dat hulle 'n groot prys vir nuwe werk instel wat in 1963 aan Ingrid Jonker vir Rook en oker toegeken word. Chris Barnard was bewus daarvan dat Krige 'n bundel nuwe verse op koms het en het hom in briewe met die prys as lokaas aangemoedig om die manuskrip aan Perskor voor te lê.Ga naar eind54. Die bundel Vooraand, wat in 1964 by Perskor verskyn, bevat 'n aantal mooi gedigte. Die titelvers is feitlik 'n stuk anekdotiese poësie wat naas die onmiddellike wêreld in die kroegie en die gesprek oor rugby en die vissers met die liedjie van die Minnesangers 'n onbestemde romantiese uitreik word, soos | |
[pagina 544]
| |
vroeër die vertrekkende skip in ‘Tram-ode’. Onder die korter verse is daar die reeks ‘Spaanse wysies’ en ‘Kaapse herinneringe in die vreemde’, wat hy in 1959 skryf terwyl hy in die VSA en Europa reis. Soms bereik Krige hier iets besonders in kort verse, soos in sy indruk van Clifton op 'n tintelende lentemôre: Die blye dag
bruis oor van lig,
één vreugde tot
die verste vergesig.
Dis of 'n laggende kind
my op die lippe soen
en die groot groen see
ruik soos 'n waatlemoen!Ga naar eind55.
In ‘Lewenstroos’ bring hy hulde aan die groot digters en kunstenaars wat hom begelei het, almal reeds dood terwyl hy, met 'n stem wat soveel skraler klink, leef en op sy mondfluitjie speel. Een van die allerbeste verse in Vooraand is ‘L'art poétique’, die vrye verwerking van 'n teks van Huidobro, met sy onmiddellike belewing van die skeppende vermoë. Oor twee verse in Vooraand verskaf Krige by geleentheid agtergrondinligting. ‘Die spoor terug’ met sy romantiese uitreik na die vertes, net om in die verdriet van die ontglippende en wegsyferende vas te steek, skryf hy kort ná die dood van C.M. van den Heever, aan wie hy die gedig opdra. Onregstreeks, sê Krige, is die gedig 'n antwoord op ‘Tram-ode’ met sy geweeklaag oor die mens se verlies van onskuld, sy kinderlike visie en die ewige spanning tussen droom en werklikheid. In ‘Die spoor terug’ kom daar 'n versoening tussen man en kind en berus hy in die ontnugterings en ontgogelings wat die lewe hom ook mag bring. Oor die ontstaan van die gedig skryf Krige: Op 'n wintersdag in 1949 het ek van die blomplaas van my ou vriend, Ian Murray, die reuse-sandduin oorgestap wat Houtbaai van die verruklike baaitjie, Oude Schip, skei. Reeds aan Houtbaai se kant het ek die kindervoetspore waarvan my gedig praat, baie duidelik in die spierwit sand gewaar. Die spore het my op slag vasgevat; ek het hulle die ontsaglike duin oor gevolg tot waar hulle op Oude Schip se strandjie doodloop. | |
[pagina 545]
| |
Die gewildheid van ‘Stoftrappertjie’ het Krige altyd verras, want sedert Van Wyk Louw dit in sy reeks plate Klank in poësie met die digter as voorleser opgeneem het, was dié vers landswyd bekend en het Krige verskeie briewe van onbekendes ontvang waarin hulle hom om die teks vra wat hulle nêrens kon opspoor nie. Waarom ‘Stoftrappertjie’ vir hom 'n hele paadjie uitgetrap het, sê Krige, weet hy nie; dit lyk maar vir hom die hele wêreld het 'n skilpadjie lief! Die ontstaan van die gedig, gaan hy voort, was nogal toevallig: Dit was in Julie 1956, in die middel van 'n koue winter, en ek per trein op pad na Bloemfontein. Ons was net twee in die kompartement, ek en 'n lewendige, aangename seun met name Van der Merwe wat (so het ek baie gou uitgevind) die seun van een | |
[pagina 546]
| |
van my kleinniggies was. Soos dit die telge van twee ou geslagte betaam, het ons land en sand en die ou soutwaters van die see aanmekaar gesels. | |
[pagina 547]
| |
Ten spyte van die mooi verse was die lywige Vooraand egter veels te omvangryk. Krige het geleentheidsverse uit die veertigerjare opgeneem wat hulle aktualiteit lank reeds verloor het, terwyl die nuwe verse van kwaliteit nie so omvangryk is nie. Selfs 'n kritikus soos Rob Antonissen, wat uiters simpatiek teenoor Krige se werk gestaan het, kon daarin nie veel vind wat hy kon waardeer nie. Hy kom tot die slotsom dat ‘uit Vooraand moes hoogstens een-kwart gebloemlees gewees het’.Ga naar eind59. Vir die Perskor-prys vir 1964 is Van Wyk Louw, D.J. Opperman en F.I.J. van Rensburg die beoordelaars en hulle ken die prys toe aan Breyten Breytenbach vir sy gelyktydige debuut in poësie- en prosavorm: Die ysterkoei moet sweet en Katastrofes. Hierdie besluit is vir Krige ontstellend. Hy is vies vir Chris Barnard en Bartho Smit, wat hom in 'n publikasie by Perskor ingepraat het. Hy beskou die feit dat hy verbygegaan is, as nog 'n stukkie haatlikheid van Van Wyk Louw en Opperman teenoor hom en hy wonder waarom hulle so ‘gemeen’ is. In 'n brief aan Charles Eglington skryf hy dat hy met oortuiging kan sê Vooraand is sy beste bundel, 'n oordeel oor eie werk wat só grotesk is dat dit met Leipoldt se oorskatting van Die bergtragedie vergelyk kan word. Oor Opperman skryf hy snedig in sy brief aan Eglington: ‘Hy skryf nie poësie met sy gevoelens of intuïsies nie, maar met sy drieduim-dikke dirkerige renostervel.’ Ook Breytenbach, vir wie hy met die jare as die ‘probleemkind’Ga naar eind60. van die Afrikaanse poësie gaan beskou, is vir hom nie die digter wat die kritici van hom wil maak nie. By Breyten merk hy wel ‘a word and telling image here & there, but (he) never, or hardly ever, achieves a poem that stands up head erect with its feet firmly planted on our own veld in its own velskoene. Neruda has done B.B. no good. B.B. completely lacks N's broad fast sweeping rhythms, the pulse of real poetry in almost every line he writes.’Ga naar eind61. Tydens 'n besoek aan Johannesburg het Jack Cope aan Bartho Smit vertel hoe ongelukkig Krige oor die Vooraand-geskiedenis en die behandeling van die Afrikaanse Pers-Boekhandel is en dat hy van sy vroeëre manuskripte nooit teruggekry het nie. ‘Sarel’, skryf Cope op 18 Oktober 1965 ná 'n gesprek met Smit, ‘appears to be the Nigger in the woodpile regarding the earlier period during which you dealt with APB. The records have either been destroyed or are just missing, but if you have written proof in any shape concerning the cash you are owed Bartho says he could then go to the Board and ask for payment.’ Wat die toekenning van die prys | |
[pagina 548]
| |
aan Breytenbach betref, sê Cope: ‘Bartho repeated over and over again that he would like you to believe that neither Van Wyk nor Van Rensburg nor Dirk have any prejudice or feeling against you or your work. Van Wyk felt that a number of poems in Vooraand were very good, but on the balance of the whole looks (?)Ga naar eind62. the decision had to go to Breyten (don't burst!). The conditions of the competition were stated to all those whose books were considered and to the judges who were the best possible, and the decision on the winner was out of the hands of the publishers.’ Ook met 'n ander werk waaraan hy in hierdie jare werk, die drama Muur van die dood, wat in 1968 verskyn, vaar Krige nie goed nie. Die hoofbeswaar teen Muur van die dood is dat dit in 'n ideëdrama bly vassteek en dat die karakters nêrens oortuig nie. Dit neem nie die feit weg nie dat Krige hier prikkelende gedagtes en opvattinge verwoord, soos sy standpunt teenoor die oorlog en die Nazi's se uitwissing van die Jode. In die oorlog, sê een van die karakters in 'n passasie waarin Krige 'n verwantskap toon met M.E.R., ‘het 'n droom vir my waarheid geword - die mens se droom van 'n lewe wat die moeite werd is om te lewe...met die gee van jouself, die vergeet van jouself, die verloor en vind van jouself’.Ga naar eind63. ‘Wat die Nazi's aan die Joodse volk gedoen het,’ lui dit elders, ‘was seker die grootste gruweldaad in die geskiedenis van die mens. Om 'n hele volk, man, vrou en kind, so doelbewus, trapsgewyse, sistematies te probeer uitroei...het daar ooit 'n groter skande oor die mens gekom?’Ga naar eind64. Die rassekonflik in Suid-Afrika beskryf een van sy figure as 'n situasie ‘waar(in) 'n mens al hoe meer teruggedryf word in 'n noute, 'n engte, die noute van jou ras, jou groep, die engte van jouself, jou eie afgesonderdheid, eensaamheid’.Ga naar eind65. Die gevaar vir die mens is sy sug na ambisie in plaas daarvan om die lewe in sy eenvoud te aanvaar. Die gevaar is dat die mens verlief kan raak op sy droom en 'n dweepsiekte daarmee kan ontwikkel: ‘Soos die Franse sou sê, wat julle aan ly, is 'n dors na die Absolute. Julle wil alles hê of niks. Wees tevrede met minder, dan kry julle miskien meer.’Ga naar eind66. Hoewel die dialoog in Muur van die dood in idees bly vassteek en die drama as drama derhalwe nie oortuig nie, bevat die stuk baie van die essensiële Krige: sy menseliefde en sy humanisme. Groter sukses bereik Krige met sy ‘komedieklug’ Die loodswaaiers, wat reeds in September 1966 baie suksesvol deur KRUIK in die Hofmeyrteater in Kaapstad opgevoer word, maar eers 1977 in boekvorm | |
[pagina 549]
| |
verskyn. Krige gryp hierin terug na 'n tipe situasie, die ‘siekparade’, wat hy tydens die veldslae in Oos- en Noord-Afrika beleef het, al is dit nie op 'n feitelike weergawe van 'n spesifieke voorval gegrond nie. Wat 'n mens in die stuk waardeer, is die kwinkslae, die soldatetaal en die woordspel wat soms in 'n Krigeaanse oordaad verval, al word dit meestal geregverdig deur die komiese van die situasie. Die drama word pragtig opgebou met die progressiewe intredes van die soldate tydens die ‘siekparade’, en met die karige tydsverloop tussen die twee bedrywe word die drama in werklikheid een lang uitgebreide eenbedryf wat na 'n klimaks opwerk. Met Krige se nou reeds bekende standpunt oor die oorlog en die ‘heilige beginsels’ waarvoor hulle veg, slaan die erns plek-plek deur en word Die loodswaaiers, soos vroeër Die ryk weduwee, van ‘komedieklug’ verhef tot 'n drama wat iets essensiëlers oor die mens te sê het. Wat hierdie verskynsel, die vermenging van luim en erns, betref, maak André P. Brink in sy bespreking van die teks in Rapport van 27 November 1977 'n interessante uitspraak: Uys het 'n manier om as 't ware by die formele literatuur verby te skryf. Hy kry sy geskakeerde beeld van warm menslikheid opgebou ten spyte van die prosedures wat hy volg en die prosesse wat hy gebruik. En is dit nie uiteindelik wat saak maak nie? Lank ná die formele aspekte van Die loodswaaiers al vergete is, sal die geloof, hoop en liefde van dié menslike tafereel mens nog bybly. 'n Belangrike projek waaraan Krige en Jack Cope baie tyd in die sestigerjare bestee en wat uiteindelik in 1968 tot publikasie lei, is The Penguin book of South African verse. Gedeeltelik is die werk aan hierdie bloemlesing in die twee samestellers se korrespondensie met mekaar vasgelê in tye wanneer een van hulle op reis was in ander provinsies of in die buiteland en wanneer hulle nie daagliks met mekaar in Sea-Girt kon beraadslaag nie. Telkens blyk dit uit Cope se briewe aan Krige hoe moeilik dit is om Afrikaanse verse bevredigend in Engels te vertaal. Op 24 Maart 1964 stuur hy sy vertaling van ‘Lied van die Fascistiese bomwerpers’ aan Krige met die mededeling: ‘You will see that it is pretty faithful to the original with only occasional free interpretations where I don't really get what you are aiming at, such as the line about the torpedo fish.’ Tog word dié vertaling nie opgeneem nie, omdat Krige uiteindelik nie daarmee tevrede was nie. Wan- | |
[pagina 550]
| |
neer Cope sy vertaling van ‘Die soldaat’ klaar het, lê hy dit op 13 April 1964 aan Krige voor: ‘I have taken your Soldier and, working with your marks and my own feeling about the poem I have done a suggested shortening which you may (maybe won't) like. I like the poem very much though I've always felt it was too long and repetitious. Throughout I used “under” for “underneath” which is too particular and localized in meaning, and in any case I feel it gives a more resonant line, less jingly.’ Maar ook met dié vertaling is Krige nie tevrede nie, want in die Penguin verskyn sy eie vertaling. Cope vind Elisabeth Eybers ‘intensely difficult and intractable’ om te vertaal. ‘“Röntgenfoto” is such a good poem but I can't touch it.’ Later laat hy Krige weet: ‘A curious thing I have found is a hardness in Opperman that resists translation. I may be wrong, but these poems seem to have so little in them that they are going to sound thin even in the best English translation. I like the short poems but I can't do anything with them, having tried. There is so much more behind the poem in every case with Van Wyk [Louw] that one exercises a little freedom without losing too much, especially the rhythms and word-sounds which are very subtle and of course are the most intangible.’ Omdat Krige en Cope so baie probleme met die vertaling ondervind, is die Afrikaanse afdeling van die bloemlesing dan ook nie verteenwoordigend genoeg van die hele spektrum van die Afrikaanse poësie nie en voel 'n mens 'n sekere nepotisme en persoonlike vooren afkeur aan, soos daaruit blyk dat Opperman deur net vier verse verteenwoordig word, teenoor Van Wyk Louw se sewe, Krige se vyf en Ingrid Jonker se agt verse. Breyten Breytenbach ontbreek geheel en al. Aanvanklik was dit die samestellers se plan om, soos in die geval van die Penguin-keuses uit Frans, Spaans en Duits, die oorspronklike Afrikaanse gedigte met prosavertalings af te druk, maar die uitgewers was nie daarvoor te vinde nie. Veral Krige het daarop aangedring dat, aangesien hulle nou met vertalings in versvorm moes werk, die oorsettings as gedigte in eie reg 'n eie lewe moet hê. Hy was nie daarin geïnteresseerd om fasiele of lukraak oorsettings op te neem nie. In die inleiding sê Krige en Cope (maar 'n mens kan hierdie verwysing op die rekening van Krige plaas, aangesien hy by geleentheid in 'n gesprek iets dergeliks teenoor Opperman kwytgeraak het):Ga naar eind67. | |
[pagina 551]
| |
Mallarmé has said that a poem is made not out of thoughts but out of words. One feels tempted to paraphrase him by saying a poem is made not even of words but of vowels and consonants; that it is the interplay of vowels and consonants which makes the music - and that by translation you have an entirely different set of sounds and the music is no more...Ga naar eind68. Juis daarom het die samestellers hulle beperk tot vertalings wat, volgens hulle, ‘do not fall too far below the merit of the original and have a certain claim to exist as verse in their own right’.Ga naar eind69. In die sestigerjare wou Krige 'n bundel literêre opstelle met die titel Die naamlose muse en ander opstelle publiseer. Daarin wou hy onder meer sy stukke opneem oor die vrye vers, Baudelaire, ‘Die Stem’ en sy reaksie op die kritiek oor ‘Vignette’. Tot hierdie bundeling het hy nooit gekom nie. In 1968 publiseer hy egter by die Oxford University Press Olive Schreiner: A selection, een van sy heel belangrikste ondernemings in die sestigerjare. In die voortreflike inleiding tot hierdie bloemlesing spreek hy die mening uit dat Olive Schreiner nie die groot romanskrywer was wat deur soveel van haar tydgenote aangeprys is nie. Sy is eerder digter en profeet, en haar rykste en rypste werk is nie The story of an African farm nie, maar Thoughts on South Africa, wat in 1923 in Londen verskyn het - 'n boek wat hy eers in 1956 leer ken. Hy waardeer die visioenêre krag en die vérsiendheid waarmee Schreiner die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog en die Uniewording kon voorspel, haar stryd vir die regte van die vrou, die ‘Karoo-like cleanness and clarity’Ga naar eind70. van haar prosa en haar ‘acute perceptions of the essential nature of the different South African peoples, their joint problems and their common destiny’.Ga naar eind71. Haar belangrikste uitsprake, en van deurslaggewende belang vir sy eie verdere politieke vorming, vind Krige in Schreiner se siening van die rassesituasie in Suid-Afrika. Sy pleit daarvoor dat swart en bruin mense stemreg gegun word: ‘South Africa must be a free man's country...I believe that an attempt to base our national life on distinctions of race and colour, as such, will, after the lapse of many years, prove fatal to us.’Ga naar eind72. Reeds in 1908 skryf sy: For the dark man is with us to stay...The problems of the twentieth century will not be a repetition of those of the nineteenth | |
[pagina 552]
| |
century or those which went before it. The walls dividing continents are breaking down; everywhere European, Asian and African will interlard... Solank die volle regte van burgerskap van die swart bevolking weerhou en sy maatskaplike organisasie verbreek word, sonder dat ons hom deel laat vorm van ons eie, sê Schreiner, solank ‘as nine-tenths of our community have no permanent stake in the land, and no right or share in our government,’Ga naar eind74. reduseer ons hierdie geweldige massa tot 'n groot, siedende proletariaat en kan daar geen vrede wees nie. Sy gaan voort: We cannot hope ultimately to equal the men of our own race living in more wholly enlightened and humanised communities, if our existence is passed among millions of non-free subjected peoples.Ga naar eind75. In haar omskrywing van die eienskappe waaraan die man moet voldoen wat hierdie land behoorlik kan lei, sê Krige, formuleer Schreiner die enigste geldige nasionale of patriotiese ideaal waarvolgens miskien alle Suid-Afrikaners, ongeag hulle ras of kleur, kan lewe: At all costs to himself he will persist in holding up before us the ideal, by which he himself is dominated, of a great South Africa, in which each element of our population, while maintaining its own individuality, shall subserve the interests of others as well as its own; till from this sense of mutual service and from the passionate love of our physical Mother Earth, which is common to all South Africans, shall grow up the wide and deep South African feeling that alone can transform us into a ‘great nation’.Ga naar eind76. | |
[pagina 553]
| |
In 'n brief wat sy in 1916 skryf, sê Schreiner: On all sides we must creep out of our wretched little trenches of national hatred and antagonism, dug for us by ignorance and the desire for vulgar dominance and empire...and we must meet on the same ground of common humanity; each bearing in his hand something he is willing to give up, and the strongest and the greatest giving most.Ga naar eind77. Dit bly Krige se verdienste dat hy hierdie belangrike gedagtes van Schreiner, wat vandag nog steeds vir Suid-Afrika so brandend aktueel is, opnuut aan die lesende publiek bekend gestel het in 'n stadium toe die meeste van haar boeke nie meer maklik verkrygbaar was nie en toe Suid-Afrika in so 'n mate deur rassekonflikte oorheers is dat die land onderweg was na 'n semi-militêre diktatuur. Aan die einde van sy inleiding kom Krige tot die slotsom dat sy steeds 'n groot Suid-Afrikaner is ‘in terms of a South Africa that does not yet, alas, exist, but which we, by following her light, have by untiring patience and love still to create’.Ga naar eind78. Schreiner staan met haar aksent op geestelike vryheid in die groot ry van liberale denkers waartoe mense soos Onze Jan Hofmeyr, F.S. Malan, J.H. Hofmeyr en Alan Paton behoort, en Thoughts on South Africa is die voorloper van C. Louis Leipoldt se Bushveld doctor. In haar bespreking in die Sunday Times van 23 Maart 1969 noem Mary Morison Webster Krige se inleiding ‘possibly the finest stretch of prose he has ever written. With its shapely sentences, logical argument, and the stern justice of its assessments, it makes an outstanding contribution to the literature on Olive Schreiner.’ Of Webster ook Krige se Afrikaanse prosa by haar oordeel betrek, is onduidelik, maar die gulle lof is 'n aanduiding van watter waarde sy aan hierdie inleiding heg. In die Sunday Tribune van 7 Januarie 1969 skryf Tony Morphet: ‘It is wholly appropriate that Uys Krige should have edited Olive Schreiner's writings because his own work reflects the same delight in individual diversity and difference and he shares with her a deeply rooted sense of free harmonious life. In revealing the keenness and strength of her thinking and the broad range of her feelings he has re-established a living connection with the finest South African mind.’ Een van die grootste ondernemings wat Krige in die sestigerjare | |
[pagina 554]
| |
aanpak, is sy vertaling van Shakespeare se Twelfth night, wat hy op versoek van Eghard van der Hoven, toneeldirekteur van TRUK, doen en wat die eerste keer op 11 Augustus 1964 in die Alexander-teater in Johannesburg aangebied word. Die vertaling verskyn in 1967 as Twaalfde nag. Toe Krige, wat aanvanklik onwillig was om dié groot taak te onderneem en deur Van der Hoven oorreed moes word, met die werk begin, het hy van meet af met 'n hele aantal probleme te kampe gehad. In sy inleiding tot die vertaling sê hy die stemming in Twelfth night, wat hy as Shakespeare se beste blyspel beskou, verander voortdurend, en daarmee ook die taal. Naas die romanties welsprekende verliefde Hertog van Orsino en die verruklike Viola is daar die gesoute, aardse prosa van die op drank versotte sir Toby Belch vir wie Krige na sir Tobie Wynvat herdoop, en sy lawwe drinkebroer sir Andrew Aguecheek, wat in Afrikaans sir Andries Bibberbakkies (en in 'n guitige oomblik sommer Bibberboudjies) word. Toe hy die eerste dag wou begin, is hy onmiddellik gefnuik deur die eerste reël van die drama - ‘waarskynlik’, sê Krige, ‘die mees poëtiese openingsreël...van enige toneelstuk in die Engelse letterkunde’:Ga naar eind79. If music be the food of love, play on...
Krige wou TRUK bel en sê hy moes stapelgek gewees het om na Van der Hoven se verleidelike ompraat-praatjies te luister, maar het tog die volgende dag voortgegaan en 'n ent gevorder. Ten einde die digtheid en bondigheid van Shakespeare se taal die hoof te bied, het hy besluit om die vyfvoetige jambe van die Engels met twee sillabes te verleng en 'n soort rymlose Franse aleksandryn te skrywe. ‘Ek het seker’, skryf hy, ‘instinkmatig staat gemaak op die subtiele musikale eienskappe van die Afrikaanse taal, van sy rykdom aan lang dubbele klinkers, sy beweeglikheid, frisheid, sêkrag, en so meer, om my minstens 'n lewendige versreël te gee, 'n mate van ewewig en harmonie, 'n soete woordevloei...’Ga naar eind80. Soos hy gevorder het, kon hy soms onbewus oorslaan na Shakespeare se rymlose versreël van tien sillabes. Vir die openingsreëls kon hy darem toe 'n gangbare weergawe vind: As dan musiek die liefde voed, hou aan met speel;
Gee my te veel daarvan sodat, met dié
Teveel, my smaak mag siek word, en so sterf.Ga naar eind81.
| |
[pagina 555]
| |
Daarby het hy, soos hy gevorder het, hom sekere vryhede met die teks veroorloof. ‘Immers’, skryf hy, ‘dis die gees van die oorspronklike stuk wat bewaar moet word eerder as sy letter; en waar daar alte letterlik vertaal word, kan daar dikwels veel verlore gaan wat die gees of stemming van 'n betrokke passasie betref.’Ga naar eind82. Soms moes Krige op sy knieë sit en werk, want wanneer hy staan of sit, was die pyn in sy sy te erg. Maar, sê hy op 9 Augustus 1964 in 'n onderhoud met die Sunday Chronicle, ‘it was a labour of joy. Afrikaans chimes so harmoniously with the rural imagery of Shakespeare, culled from the Warwickshire countryside.’ En hy geniet dit om Shakespeare se woordvernuf te verafrikaans. ‘Die woordspelings waarin Shakespeare so 'n behae skep,’ skryf Ernst van Heerden in sy bespreking van die vertaling, ‘was water op die meul van ons Afrikaanse woordvirtuoos - en hier kon hy dikwels sy vindingrykheid laat botvier.’Ga naar eind83. Krige werk vyf en 'n halwe maand aan die vertaling en herskryf telkens dele. Die eindproduk is verreweg die beste vertaling in Afrikaans van 'n Shakespeare-komedie, 'n werk waarin die Elizabethane plek-plek soos tipiese Afrikaners praat. En Krige slaag daarin om ook die liedere van die nar Feste oer-Afrikaans te laat klink, soos die slotsang wat hier naas die Engels weergegee word: When that I was and a little tiny boy,
With hey-ho, the wind and the rain;
A foolish thing was but a toy,
For the rain it raineth every day.
But when I came to man's estate,
With hey-ho, the wind and the rain;
'Gainst knaves and thieves men shut their gate,
For the rain it raineth every day.
But when I came, alas, to wive,
With hey-ho, the wind and the rain;
By swaggering could I never thrive,
For the rain it raineth every day.
| |
[pagina 556]
| |
But when I came unto my beds,
With hey-ho, the wind and the rain;
With tosspots still had drunken heads,
For the rain it raineth every day.
A great while ago the world began,
With hey-ho, the wind and the rain;
But that's all one, our play is done,
And we'll strive to please you every day.Ga naar eind84.
Toe ek 'n klein, klein seuntjie was,
Met 'n haai en 'n aai en die wind en die reën,
Het alles op dees aarde my verras,
Want die reën hy reën aldag aaneen.
Maar toe ek 'n man word en die lewe druk,
Met 'n haai en 'n aai en die wind en die reën,
Kom daar 'n end aan wonder en geluk,
Want die reën hy reën aldag aaneen.
Maar toe ek trou, my op 'n vrou verlaat,
Met 'n haai en 'n aai en die wind en die reën,
Kon spog en pronk, helaas, my nie meer baat,
Want die reën hy reën aldag aaneen.
Toe sy, ontstoke, roep, roep ook die druif
Met 'n haai en 'n aai en die wind en die reën,
Het ek met drinkebroers geswier, gefuif,
Want die reën hy reën aldag aaneen.
Die wêreld draai al lank aaneen,
Met 'n haai en 'n aai en die wind en die reën;
Of ons nou juig of ween, dis alles een,
Ons stuk is klaar. Ons dank u wel...
Gaan nou maar heen...Ga naar eind85.
| |
[pagina 557]
| |
VIn die sestigerjare ontvang Krige by herhaling kleiner toekennings vir sy werk, soos 'n derde prys in die ATKV se dramawedstryd in 1964, 'n bedrag van £100 van Die Landstem vir 'n bundel verse wat later deel van Vooraand vorm, 'n prys van die BBC vir sy kortverhaal ‘Orphan of the desert’ en 'n bekroning vir ‘Die Carbonari’ in sy Engelse vorm van die New York Herald Tribune. Steeds word van sy stukke deur instansies soos TRUK en KRUIK en SUKOVS, universiteitsteaters en amateurs opgevoer, terwyl baie skole, kolleges en toneelskole van sy eenbedrywe op die planke bring. Die belangrikste eer wat aan hom in die sestigerjare bewys word, is die publikasie in 1966 van Christina van Heyningen en Jacques Berthoud se boek oor sy lewe en werk onder die titel Uys Krige in die reeks Twayne's World Authors Series, die enigste Suid-Afrikaanse skrywer wat in dié reeks opgeneem word. Van Heyningen, dosent in Engels aan die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van die Witwatersrand en later hoogleraar aan die Universiteit van Natal, was bekend as 'n briljante dosent en was só goed bevriend met Krige dat hy sy bundel Vooraand aan haar opdra. Terwyl 'n mens by die lees soms voel dat Berthoud nie altyd die aksente reg lê nie, sommige werke oorskat en ander weer onderskat, is Van Heyningen se deel 'n voortreflike biografiese studie vanaf Krige se kinderjare tot die middel van die sestigste dekade. Telkens lê sy verbande tussen die lewe en werk van die outeur, toon sy aan waar sekere temas en motiewe by hom hulle oorsprong gehad het en laat sy ook die aksent val op Krige as openbare figuur en die politieke standpunte wat hy inneem. In die sestigerjare beklee Krige 'n besondere posisie as skrywer in Suid-Afrika. Terwyl daar van die kant van Engelse literatore, linkse politici en die buiteland groot waardering vir sy werk en persoon was, is dit van Afrikaanse kant aanvanklik hoofsaaklik Rob Antonissen en later ook André P. Brink wat insiggewende en indringende opstelle oor sy werk lewer. Van ander Afrikaanse kommentators was daar dikwels 'n ongevoeligheid teenoor hom of is sy werk heeltemal doodgeswyg. Christina van Heyningen skryf in dié verband: ‘he has, to quite a surprising degree, been the victim of the silent disregard and of the invisible contempt which he seems to have earned from the Nationalist Party since 1939’.Ga naar eind86. Sy sterk gevoel vir onafhanklikheid - 'n erfenis van sy Uys-voorsate onder die Voortrekkers - en sy diep en natuur- | |
[pagina 558]
| |
like humanitêre oortuigings en gevoel het dit vir hom onmoontlik gemaak om mee te werk aan 'n beginsellose outoritêre sisteem, of dit nou 'n onderdrukkende regimenterende partymasjien of 'n falanks kritiese jabroers was wat samewerking met die party hoër gestel het as akademiese eerlikheid en integriteit.Ga naar eind87. Vir hierdie nonkonformisme en eerlikheid moes Krige met die jare 'n hoë prys betaal. By tye het dit hom met verslaenheid vervul, maar hy het hom nooit volledig aan die wanhoop oorgegee of beswyk nie. Met die jare het hy voortgegaan met nuwe werk en om die artistieke kwaliteit van sy vroeëre arbeid met hersiening te verbeter. In 1966 moes die Hertzogprys vir Drama weer toegeken word. Op 12 Mei 1966 berig Die Burger dat die Akademie besluit het om geen toekenning te maak nie, maar in 'n brief in die meningskolomme van dié koerant die volgende dag skryf J.J. Human hy ag dit in die openbare belang om bekend te maak dat die keurkomitee die Hertzogprys vir Drama eenparig vir Uys Krige aanbeveel het. Op hierdie brief bars 'n hewige storm los nadat dit verder bekend word dat die keurkomitee bestaan het uit W.J. du P. Erlank, T.T. Cloete en C.J.M. Nienaber. In sy kommentaar teenoor Die Burger sê D.J. Opperman dat Krige lankal reeds as dramaturg en as digter bekroon moes gewees het. Die miskenning, keer op keer, raak só opvallend dat dit vir 'n mens wil voorkom of daar ‘moedswil’ by betrokke is. W.A. de Klerk sê volgens hom het Krige die Hertzogprys minstens tien jaar tevore reeds verdien. J.C. Kannemeyer meen Krige is saam met Van Wyk Louw en Opperman die leidende dramaturg van die Afrikaanse letterkunde en verdien die prys op grond van sy eenbedrywe en Die goue kring. Aanvanklik was die voorsitter van die Akademie, P.J. Nienaber, nie bereid om iets te sê nie. In Die Burger van 17 Mei 1966 stel hy egter in 'n deskundige skuif die verslag van die keurkomitee vry. Daarin begaan die keurkomitee die taktiese flater om, naas Krige se dramatiese werk en in stryd met die genre-afbakening vir die toekenning van die betrokke jaar, ook sy publikasies op die gebied van die poësie en prosa te betrek en kwalitatief daar meer waarde aan te heg as aan sy dramas. Teen die dramatiese werk word daar trouens in die verslag by tye sterk kritiek uitgespreek, al word Krige darem in 'n kort paragrafie vir sy eenbedrywe lof toegeswaai. Aan die slot van die verslag sê die keurkomitee dat 'n toekenning aan Krige 'n ‘vertraagde erkenning’ sal wees en 'n ‘spoorslag’ om nuwe werk te skep. Dit was dus feitelik korrek vir P.J. Nienaber om in sy verklaring aan | |
[pagina 559]
| |
Die Burger van 17 Mei 1966 daarop te wys dat die Hertzogprys 'n prestigeprys is en geen aanmoedigingsprys nie. Wat hy aan Die Burger verswyg, was dat in die Fakulteitsraad, wat 'n aanbeveling aan die Akademieraad moes maak, die betrokke jaar sewe taal- en letterkundiges gedien het wat kragtens hulle vakgebied op die hoogte moes gewees het met Krige se werk. Bloot op grond van 'n swak verslag het hulle verkies om die veilige weg te volg: om geen toekenning by die Akademieraad aan te beveel nie en nie die aangeleentheid na 'n breë letterkundige kommissie te verwys nie. Wat Nienaber verder verswyg, is dat Krige se politieke oortuiging tydens die bespreking op die Akademieraad wel ter sprake gekom het, al het die voorsitter die bespreking daarvan summier gestop deur te sê dat 'n beslissing op grond van die letterkundige waarde van Krige se werk geneem moet word en dat sy politiek nie ter sake is nie.Ga naar eind88. Hy het ook nie vermeld nie dat B.J. Vorster, minister van justisie en die man wat reeds in 1940 teen Krige oor sy toetrede tot Smuts se kantoor uitgevaar het, die sekretaris van die Akademie, Daan Goosen, tydens 'n byeenkoms by die Voortrekkermonument in Pretoria gedreig het met die woorde: ‘Bekroon hom en julle sal seer kry!’Ga naar eind89. Vorster het Nienaber kort daarna gebel en gesê: ‘As die Akademie Krige vandag bekroon, sal ek sorg dat die Veiligheidspolisie hom môre gryp.’Ga naar eind90. Op watter gronde die polisie Krige sou ‘gryp’, het Vorster nie uitgespel nie, maar die dreigement was genoeg om Nienaber se broek te laat bewe. Die swak bewoorde verslag waaragter hy kon skuil, was dus vir hom soos manna uit die hemel. As verdere reaksie op die Akademie-besluit sê Meyer de Villiers, taalkundige van Stellenbosch, Krige moes die Hertzogprys reeds jare tevore gekry het en dat die Akademie 'n stompsinnige besluit geneem het, terwyl Fred Engelen van die Departement Drama van Stellenbosch ronduit verklaar: ‘Mnr. Krige is een van ons beste dramaturge. Hy moet die Hertzogprys ontvang het.’ Adam Small verklaar: ‘Mnr. Krige verdien die prys meer as enigiemand anders wat ek ken. Hy moet reeds lankal bekroon gewees het. Daar is duidelik politieke en persoonlike vooroordele in die Akademie teen mnr. Krige.’Ga naar eind91. Krige self wou niks sê nie. Toe hy egter by twee skole in die Tygerberg 'n praatjie voor 'n groep skoliere moes lewer, laat hy in antwoord op 'n versoek van een van die onderwysers hom baie kalm oor die aangeleentheid uit. In die Cape Argus van 21 Junie 1966 word sy kommentaar as volg weergegee: | |
[pagina 560]
| |
It was a surprise to me to learn that my work had been recommended for the prize because I had not had any plays published for ten years, although I have written a few in the meantime. But an even more agreeable surprise was to read in the newspapers that so many people were prepared to defend my work. Die Akademie het nou 'n onverbeterlik slegte rekord in verband met Krige gehad, want die rol wat dié liggaam oor dekades gespeel het om by herhaling bekronings van Krige te weerhou, is een van die ergste vergrype nóg wat 'n Afrikaanse woordkunstenaar aangedoen is. Hoewel hy hom in sy kommentaar by die skool baie diplomaties uitlaat, kon alleen 'n engel of 'n renoster ongevoelig teenoor so 'n afgryslike behandeling en belediging staan. Die gebeure van 1966 het dan ook nie in sy koue klere gaan sit nie. In 1969 ken die Akademie die Prys vir Vertaalde Werk gesamentlik aan Eitemal en Uys Krige vir Faust en Twaalfde nag onderskeidelik toe. In 'n verklaring aan Die Beeld van 18 Mei 1969, waaraan hy in die Cape Argus van 24 Mei enkele aanvullings toevoeg, sê Krige dat hy nie die prys weier omdat dit 'n verdeelde prys is nie. Die vernaamste rede is omdat hy reeds jare lank vertroue en respek vir die Akademie se literêre oordeelvellinge verloor het. Toe hy in 1942 in 'n Italiaanse krygsgevangenekamp was, moes hy hoor die Hertzogprys vir Drama is aan hom toegeken, net om later te verneem dit het tog nie gebeur nie. In 1952, toe hy eers in Brittanje en later in Frankryk was, is 'n landswye polemiek in feitlik elke koerant gevoer toe hy weer vir die Hertzogprys vir Drama verbygegaan is. In 1966 het dit weer gebeur. Hy vra hoe dit moontlik is dat die Akademie 'n keurkomitee van literêre deskundiges kan aanstel om 'n aanbeveling te maak wat dan deur 'n hoëre liggaam, waarin sommige mense met geen kennis van die literatuur dien, gewysig of verwerp kan word. Hy sluit af: Laat my woorde so helder soos 'n swart kraai op 'n sneeuveld spreek. Indien die Akademie dink dat sy literêre oordele enige waarde vir die meerderheid van ons skrywers en digters van enige betekenis kan hê, moet hy spoedig van so 'n dwase illusie ontnugter word.Ga naar eind92. | |
[pagina 561]
| |
selinge, weifelinge in verband met literêre aangeleenthede, sy voortdurende teenstrydighede, besluiteloosheid, geboer in sy eie wandelgange, onderlinge rugkrappery, politieke gekonkel, partydigheid en algemene ondoeltreffendheid in dié verband. Dit was bitter maar besliste woorde ná 'n minimum van ses en twintig jaar se vernedering. Tog het die voorsitter van die Akademieraad, Meiring Naudé, dit nodig gevind om 'n verklaring uit te reik waarin hy sê Krige se groot betekenis vir die Afrikaanse letterkunde staan ‘onaantasbaar’ en dat die Akademie alleen ‘die grootste waardering vir sy skrywerskap’ het. Hy voeg by: ‘Dat die Akademie hom al ooit deur politieke oorweginge laat beïnvloed het, is totaal uit die lug gegryp. Daar sal seker geen enkele bewys voor gevind kan word nie.’ Dit was 'n nogal naïewe verklaring van 'n natuurwetenskaplike. Waarskynlik het net hy en 'n paar van sy meelopers dit geglo. | |
VITerwyl Uys in Clifton gewoon het, is Eulalia getroud en het sy op 'n plaas naby Philadelphia gaan woon, waar sy 'n aandeel aan die gemeenskapslewe gehad het deur in die kerkkoor te sing en aan amateurtoneel deel te neem. Sy speel ook in The two lamps van haar vader in die Muizenbergse Masque-teater en op Stellenbosch. Op skool het Taillefer feitlik in elke vorm van sport uitgeblink. Nadat hy die skool verlaat het, speel hy vir Transvaal se onder-19-rugbyspan en later word hy in die provinsiale span opgeneem. Einde 1964 kry hy 'n betrekking as kameraman by Emil Nofal Films en later werk hy saam met Rob Hinds en Dave Manley. Saam daarmee het hy 'n groot belangstelling in die toneel en gereeld woon hy teatervoorstellings en filmvertonings by. | |
[pagina 562]
| |
Uys se talent vind uiting op baie gebiede. Nie die minste daarvan nie was hoe om te lewe en alle dinge wat hy ervaar, met die verwondering van 'n kind aan te kyk. Daarby was hy, soos Christina van Heyningen dit stel, ‘a poet...deeply rooted in the central virtues of generosity, courage, and truthfulness’.Ga naar eind93. Clifton, strand van die sonaanbidders, waar 'n mens ‘die see en die jasmyn se geur’Ga naar eind94. kon ruik, was steeds vir hom 'n vreugde. Tog onttrek hy hom dikwels lang rukke op Onrust, waar hy in Maart 1964 die huis Swartdakkies van Arnold en sy vrou, Vera, koop en waar hy van plan was om hom permanent te vestig. Hy kom ook dikwels by sy niggie Francina de Kock, wat 'n mooi maar ongerieflike huis sonder toilet op Witsand, die Overberg-strand van sy jeug, gehad het. Besoekers moes daar op 'n bulsak slaap en vir hulle behoeftes bossies toe gaan. Tydens een van sy besoeke moes Uys op 'n oggend sy pot gaan leegmaak. Onderweg na die bergplek vir dergelike afval ontmoet hy iemand op straat met wie hy, terwyl hy al beduiende die pot rondswaai, 'n gesprek oor die voortreflikhede van Lorca en Neruda se poësie begin aanknoop!Ga naar eind95. Maar die pyn in die sy het by tye baie las veroorsaak. In die sestigerjare word hy 'n paar keer, tot groot vreugde van die verpleegsters, wat hom graag weer sien, in die Groote Schuur-hospitaal vir waarneming en behandeling opgeneem. Op 'n keer is Adam Small saam met hom daar en die twee digters gesels land en sand met mekaar. In 1966, wanneer Dokter teen-wil-en-dank en Die grootkanonne opgevoer word, beland hy in die H.F. Verwoerd-hospitaal in Pretoria. Daar is hy onder die sorg van dr. Boet Kloppers, professor in geneeskunde en vroeër saam met Uys in die oorlog as lid van die mediese korps. Sy vriende Leo en Wendy Theron neem 'n baie siek Uys daarheen. Onderweg sê Uys hy meen hy moet darem 'n bietjie geld by hom in die hospitaal hê. Orals, terwyl hy deur sy boeke blaai, val note uit, want Uys leef sonder beursie! Met sy aankoms verander die hele atmosfeer in die hospitaal. Jong digters, meer as twintig van hulle, stroom hospitaal toe en vorm 'n kring om sy bed. Uys is verbysterd oor die baie digters. ‘Wie had kon dink dat Afrika zoveul digters had?’ kon hy weer vra saam met Oom Jan wat Versies maak. Uys wil van elke verpleegster iets van haar herkoms weet, waar sy vandaan kom en of hulle nie dalk familie van mekaar is nie. Die hele personeel is dol op hom en die verpleegsters het trane in hulle oë wanneer hy weer vertrek.Ga naar eind96. | |
[pagina 563]
| |
Hoewel Uys steeds die see by Clifton geniet, was die saamblyery met Jack met die jare nie sonder ernstige probleme nie. Jack beleef depressies en 'n fase van onstabiliteit ná Ingrid Jonker se dood en Uys het weinig geduld daarmee. Oor naweke kom Jack se kinders en hulle menigvuldige vriende kuier en vertrap hom, iets wat vir hom by tye ontstemmend en ondraaglik word. Die probleem was hoe om die saak finansieel tussen hulle op te los, aangesien Jack dit nie breed genoeg gehad het om Uys uit te koop nie. Uiteindelik kom Jack en Uys in April 1968 tot 'n ooreenkoms. Uys verkoop sy deel van Sea-Girt aan Jack, wat dit in paaiemente van R1 000 sal afbetaal. By hierdie ooreenkoms hou Jack egter nie. Só ontsteld is Uys oor die verloop van sake dat hy weer in die hospitaal beland. Uiteindelik kon Jack darem teen November 1970 Sea-Girt teen 'n goeie bedrag van die hand sit en Uys se deel uitbetaal. Kort daarna vestig Jack hom op Eldorado by Onrust en word die twee weer, ná 'n tydelike verwydering, goeie vriende. Uys was nou gevestig op Onrust, die strand waar hy dikwels tydens vakansies as kind en later saam met sy ouers deurgebring het. Maar vir eers het hy die plan gehad om weer 'n keer na die VSA te gaan om allerlei indrukke te gaan absorbeer en die teaters en kunsmuseums te ervaar. Terselfdertyd wou hy weer die ou bekende plekke gaan opsoek en 'n paar nuwe dele van Europa sien. En dié keer, so het hy gehoop, kon Taillefer, soos vroeër Eulalia, 'n gedeelte van die tyd saam met hom reis en kon hy sy seun iets wys van wat hy jare tevore ervaar het. |
|