Die goue seun. Die lewe en werk van Uys Krige
(2002)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 497]
| |
Hoofstuk XIV
| |
[pagina 498]
| |
Ontdek steeds nuwe wêrelde.
Waak oor jou woord:
elke byvoeglike naamwoord wat
geen lewe skenk,
pleeg moord.Ga naar eind1.
Tydens die vlug - die langste nóg wat hy, gewoond aan seereise tussen Kaapstad en Europa, aflê - ondervind hy krampe en word hy 'n bietjie lugsiek. Omdat die lughawe by Le Bourget naby Parys aanvanklik as gevolg van die mis gesluit was, moes hulle na Nice uitwyk. Op 'n wonderlik helder môre sien hy eers Sardinië uit die see opstyg en toe Korsika, die kliprots-eiland, blougrys en geheimsinnig, soos iets uit die voorgeskiedenis. In Nice sit Uys op die lughawe meer as 'n uur lank heerlik in die winterson en bak, voordat die passasiers aangesê word om vir die voortsetting van die vlug aan boord te gaan. Hulle vlieg oor die Alpe, ‘'n fantastiese skouspel van smettelose wit sneeupieke wat optroon teen 'n kristalklaar hemel’,Ga naar eind2. voordat hulle veilig, maar in slegte weer, in Parys land. Daar gaan Uys tuis by sy vriende Ivan en Evelina Kats aan die rand van die Marly-le-Roi, die beroemde woud. Die Katse woon in 'n huis wat Lodewyk XIV, die sonkoning, driehonderd jaar tevore vir sy wasvrou laat bou het. In die tien dae dat hy in Parys is, het Uys, ná die enigsins onstuimige landing, eersteklas weer sonder reën en sien hy ses toneelstukke. Die Franse teater is vir hom dié keer teleurstellend. Die voorstelling van Claudel se beroemde Le Soulier de satin is 'n mengsel van simboliek en realisme wat hom glad nie aanstaan nie en dramaties nooit boei nie, al het hy waardering vir die spel van die belangrikste akteurs. Wat hom meevoer, is die oorsigtentoonstellings van Toulouse-Lautrec en Utrillo, wat hy intens bekyk. Soos tydens sy besoek van 1952 en 1953 stap hy weer deur die Quartier Latin en drink hy koffie by die Café de Départ, waar die Boulevard Saint Michel op die linkerwal van die Seine doodloop. ‘Nog nooit’, skryf hy aan sy vriendin Irma Roth, ‘het Europa so 'n oorweldigende indruk op my gemaak nie. Veral visueel. Dis of my oë alles indrink. Hierdie winterlandskap staan baie sober en kaal en afgestroop en skerp uit.’Ga naar eind3. Omdat sy mense tuis oor sy gesondheid bekommerd is, laat hy hulle op 24 Februarie 1959 weet dat hy ‘wonderlik gesond’ is en 'n paar aande selfs, ten spyte van die maag- en kolonmoeilikheid, twee glasies wyn gedrink het. ‘Ek voel so sterk soos 'n os en so lewendig soos 'n sprinkaan. Alles gaan voor die wind.’ | |
[pagina 499]
| |
Op 24 Februarie vlieg Uys na Londen, waar hy weer, soos telkens tevore, by sy vriend Enslin du Plessis op Mecklenburgh Square tuisgaan. Anders as tydens sy besoek van 1931, toe hy maande lank in die mis en reën gesit het, behandel Engeland hom dié keer goed. ‘My intog in Engeland’, skryf hy aan Irma Roth, ‘was kalm en stil en ingetoë soos die Engelse landskap of karakter. ... En net waar ek kom, bring ek die sonlig saam met my. Die ou “body beautiful” het blykbaar soveel Cliftonse sonlig vergaar vanaf Junie verlede jaar, die koue kry g'n vat op my nie. So gou ek in 'n huis of teater of kafee kom, begin ek sweet van warmte - wil ek baadjie en selfs trui afpluk. En buite voel ek glad nie koud nie.’ In Londen sien Uys ook 'n paar opvoerings. Die ‘musical’ King Kong met sy swak teks en onoortuigende karakters was vir hom 'n groot teleurstelling. Hy woon 'n goeie professionele produksie van Ionesco se Die kaalkop prima-donna by, wat hom meer geval. Die Engelse skilders boei hom nie en staan vir hom agter by die werk wat Jean Welz, Cecil Higgs en François doen. Maar dit is vir hom heerlik om in die Britse hoofstad rond te stap en alles te bekyk. | |
IIIn Londen bly Uys langer as wat hy oorspronklik beplan het, maar op 17 Maart 1959 vlieg hy na New York. ‘What must I say of the terrific impact of New York on me’, vra hy in 'n brief wat hy op 28 Maart gesamentlik aan sy familie en Irma skryf. My ragged, disjointed impressions have been both favourable and unfavourable. On the first afternoon, after a gruelling, sleepless night on the plane during which we flew over the tip of Greenland and the dimly perceived mysterious fringes of Labrador, N.Y. seemed only a bigger Johannesburg minus the more attractive features of its surrounding Highveld landscape. Looking out of the train approaching the city, my amazed eyes travelled up a long street that seemed the deadpit of dear old Rissik Street! Had I come 10 000 miles, I asked myself, just to be confronted with a larger edition of, say, Joubert Park or Von Brandis Square? A little later the famous skyscrapers seemed too small, with no lift or elegance or easy, effortless flight into the lucid skies to them. Where were those pearly lights or tints or half-tints, those deli- | |
[pagina 500]
| |
cate tones as described by John dos Passos or the American poets like Hart Crane and others for instance? But later when I had recovered a little from my fatigue, the prospect improved a lot. And now I am much more sympathetic to the soaring (and sweeping while it soareth!), neo-Gothic quality of N.Y.'s skyline. It all depends on the light or the time of the day or your mood, it seems, whether your thoughts lift to these gigantic buildings or they are just flattened out by all this Yankee rhetoric in steel and stone. Whether you marvel at man's ingenuity or crawl along the pavements with García Lorca: ‘Monstrous ... a jungle of steel ...’Ga naar eind4. Wat die teater betref, is die aanbiedinge op Broadway vir Uys die grootste teleurstelling tydens sy besoek aan die VSA. Die voorstelling van Thomas Wolfe se beroemde roman Look homeward, Angel vind hy vlak en niks uitsonderliks nie, sonder enige hoogte- of dieptepunte. Heloise deur die Britse dramaturg James Forsyth is vir hom só vervelig met onbehoorlik slegte spel dat hy tydens die opvoering twee keer aan die slaap val. Die probleem met Broadway, vind hy, is die sterbelaaide rolverdeling, die glinsterligte en die hele aksent op ‘big business’ wat van die aanbieding 'n skouspel wil maak. Miskien het hy dit net ongelukkig getref, want teen die einde van 1959 het van die voorste teaterkritici in die New York Times saamgestem dat dié seisoen die slegste in 'n baie lang tyd was. Maar ook die gemiddelde New Yorkse toneelkritikus, merk hy op, vind hy onbevredigend. Die kritikus staan by tye tussen die ernstige dramaturg en sy potensiële publiek. Dikwels is sy analitiese vermoëns onderontwikkeld en sy kritiese apparaat ontoereikend. Die gevolg is dat ‘he frequently exalts the mediocre .. (and) even trumpets the praise of the trivial and the trite’.Ga naar eind5. Waarvoor hy wel waardering het, is die uitstekende werk van Yale se dramaskool onder leiding van Curtis Canfield en die voortreflike dramadepartement aan die Universiteit van Noord-Carolina. Die aanbiedinge by die Off Broadway-teaters was vir hom, ten spyte van 'n sekere amateurisme en slordige improvisasies, meer bevredigend, óók omdat dit nie in dieselfde mate op die kommersiële en die ‘silwer dollar’ ingestel is nie. By Off Broadway sien hy O'Casey se meesterwerk Juno and the paycock, Synge se The well of the saints, Brecht se immergroen The threepenny opera en Anouilh se The waltz of the toreadors. Van die byeenkomste van skrywers, kritici en vertalers wat Uys | |
[pagina 501]
| |
tydens sy besoek aan die VSA bywoon, is die belangrikste die internasionale kongres by die Institute of Contemporary Art wat van 19 tot 25 April 1959 deur die Ford Foundation in Washington geborg word. Desmond Wilson ontmoet hom op die stasie. Teen 'n rasende spoed seil hulle met Wilson se swierige oop sedan deur die strate om eers in sy gasheer se ruim woonstel in een van die voorstede te gaan drankies maak, só rasend dat Uys dit aan sy maag begin voel. ‘I am a pocket Hercules, of course,’ skryf hy aan Suzanne en Revel, ‘but I have my Achilles heel firmly planted in the pit of my stomach!’ Hy gaan tuis in die gerieflike Windsor Park Hotel langs een van Washington se pragtige, breë boulevards, en dié nag kry hy toe weer sy ‘ou krampies, baie plesierig’. Aan sy familie skryf hy op 20 April: Nog voor ek Washington ooit te sien gekry het, het ek gedurig van Washington gepraat as Pretoria - en so waar as wragtag Washington laat mens in baie opsigte dink aan Pretoria. Net soos New York jou dikwels aan Johannesburg herinner. In sy een hoek staan 'n televisiestel waarvoor hy net sy vinger moet wikkel om van die een sender na die ander oor te skakel, ‘maar ek slaan die dekselse ding nie aan nie, die geflikker en dans van beelde is te senuslopend in die effens gespanne toestand wat ek is’. Die volgende dag gaan hy saam met die Institute of Contemporary Art-mense na die plaas van mev. Law Watkins, die ‘jongerige’ weduwee van 'n bekende Washington-filantroop wat 'n halwe galery vol pragtige skilderye aan die stad geskenk het. Saam met hom by die onthaal is 'n hele paar lede van die paneel wat, soos hy, ná afloop van die kongres 'n toer van twee maande deur Amerikaanse stede op onkoste van die Carnegie-organisasie sal onderneem. Onder hulle is die Britse romanskrywer en digter Kingsley Amis, die Amerikaanse komponis Aaron Copland, die Deense romanskrywer Isak Dinesen (Karen Blixen) en die Amerikaanse digter Robert Lowell. Met al hierdie beroemde mense maak Uys tydens die kongres kennis en deur die voordragte kry hy 'n goeie indruk van die Amerikaanse kultuur. Salvador Madariaga, die Spaanse filosoof, essayis en romanskrywer, is 'n ‘verbasende ou mannetjie’ met wie hy lekker gesels en wie se bruin ogies flikker toe Uys hom van sy moeder se bewondering vir sy werk vertel. Met sy Ingleses, Franceses, Españoles (1929) het Madariaga 'n vergelykende studie oor die tale van Europa gepubliseer. | |
[pagina 502]
| |
Daarin wys Madariaga op die verwantskap tussen taal, veral die woordklank, en volk, 'n verwantskap wat volgens hom bepalend is vir die nasionale identiteit en karaktersamestelling van die verskillende Europese volkere.Ga naar eind6. Dit is 'n boek wat Uys reeds van vroeër ken en waaraan hy groot waarde heg. Die jong John Wain, Britse digter, romanskrywer en kritikus, maak 'n goeie indruk op Uys, ‘vurig, uitgesproke, reg op die man af, vol lewe, met die beste eienskappe van die North Country-Engelsman’. Stephen Spender, Engelse digter, kritikus en redakteur, ‘made a strange impression - rather the éminence grise (hy is heeltemal grys) of a younger generation that for years hasn't been so young anymore’. Van die Amerikaanse digter Richard Eberhart hou hy baie. Dat dit 'n wedersydse aangetrokkenheid was, blyk uit die feit dat hy Uys onmiddellik nooi om by hom in New Hampshire in die noorde te kom oorbly. Die dag ná die byeenkoms op mev. Watkins se plaas tree Uys op by die Cathedral Hall-meisieskool, een van die beste skole in die land, en saam met die prinsipaal stap hy met 'n blosende gesig tussen die tweehonderd mooi jong nooiens deur wat met sy aankoms almal opstaan. Die volgende dag nooi die Suid-Afrikaanse ambassadeur hom uit vir 'n Sjinese ete. Uys, met sy soet tand en nie gewoond aan Sjinese kos nie, vra of daar dan nie ook poeding kom nie!Ga naar eind7. In die weke wat kom, reis hy van oos na wes en van noord na suid oor die hele VSA en lê hy 'n afstand van 25 000 myl af. Hy hou lesings by Columbia (New York) en Tucson (Arizona) en is gas by Harvard, Yale, North Carolina en Texas (Austin). Aan die Universiteit van Texas gee hy twee weke lank 'n reeks lesings en seminare oor die literatuur van die Statebond, maar met toespitsing op ‘The flowering of South African literature in the fifties’. Sy gasheer, prof. Joseph Jones van die Departement Engels, was nog nooit in Suid-Afrika of Nederland nie, maar stel hom in 'n kort toespraak voor in Afrikaans wat hy van 'n stel plate ter voorbereiding van sy komende besoek aan die Universiteit van Kaapstad in 1960 aan die leer was. In sy inleidende lesing tot dié reeks sê Uys die kontemporêre Engelse Suid-Afrikaanse literatuur het sy oorsprong in die werk van Roy Campbell en William Plomer in die twintigerjare. Sedert die Tweede Wêreldoorlog het 'n polsende liefde vir die eie land in die literatuur sy neerslag begin vind en tot 'n opbloei gelei. Deur toestande in Suid-Afrika is hedendaagse skrywers meer gepreokkupeer met hulle land as vroeër en vind hulle die boustof vir hulle werk in die problematiek | |
[pagina 503]
| |
waarmee hulle daagliks gekonfronteer word. Hy illustreer dit aan die hand van Nadine Gordimer se ‘Which new era would that be?’ and Jack Cope se ‘The tame ox’. Tydens die lesings en seminare oor die Engelse Suid-Afrikaanse letterkunde, waarby daar naas die ingeskrewe studente ook telkens 'n klompie ‘outsiders’ aanwesig is, bespreek hy ‘The serf’ van Campbell, Butler se ‘Cape Coloured batman’ en ‘The music-maker’ van Bosman. In 'n brief aan Jack Cope en Charles Eglington skryf hy op 3 Julie 1959: ‘“batman” hit the audience hard. Way up alone on the empty stage, I could feel, physically, their warm response. And “The music-maker” was just the right thing to end up with. Being in prose and short and containing both pathos and humor, “The music-maker” was ... much commented on later to me.’ Hy wy ook twee van die lesure aan die Afrikaanse poësie en praat oor elf gedigte, insluitende Elisabeth Eybers se ‘Maria’ en sy eie ‘Klopdans’. Hy brei verder uit op die voordrag wat hy vroeër by die groot meisieskool in Washington gehou het. Hy lees sy vertalings van ‘Gebed aan die jong maan’, Van Melle se ‘Die tuiskoms’ en Marais se ‘Die dans van die reën’ voor. Soos in Washington, toe die meisies spontaan begin hande klap het, is ‘Gebed aan die jong maan’ ook in Texas 'n dawerende sukses. Hy herinner hom dat hy enkele jare tevore dieselfde geesdriftige reaksie ondervind het toe hy dié gedig in Kaapstad vir die seuns van Rondebosch Boys' High - waar sy seun Taillefer op skool was - moes voorlees. Ernst van Heerden, soos Uys ook op besoek aan die VSA, het hom 'n maand tevore vertel dat hy dieselfde geesdrif by die Universiteit van Michigan teëgekom het. En hy vra hom af hoekom dit telkens so 'n sukses is, aangesien hy nie meen sy Engelse vertaling of selfs die Afrikaans is so dawerend nie. ‘Because of its spirited rhythm, its “dramatic appeal”?’ vra hy aan Cope en Eglington. Because it's one of those ‘bad’ poems that you (or rather, I, Uys Krige) can say well, that I can put over with my old well-tried brand of body bowling? My phenomenal magnetism, my Bolandse flair for hamming through my own Malmesbury corn, and what have you ...? Vir Uys self is die reeks lesings en seminare deur die geesdrif van sy gehoor baie stimulerend. En hy vind die mense so vriendelik. Ná sy eerste lesing gee 'n onderwyser hom 'n boek wat hom £2 gekos het. | |
[pagina 504]
| |
Brad, een van die studente, laat 'n hemp op 'n hanger vir hom, met 'n nota: ‘I got this shirt as a present a year ago & I can't wear it - because it no longer fits. If you can wear it, I would like you to have it.’ Vir die bedrag van £90 verkoop hy ook 'n paar van sy manuskripte in Engels aan die Universiteit van Texas, wat daarvoor bekend is dat hulle wêreldwyd dokumentasie van bekende skrywers versamel. Ná afloop van die lesingreeks bring Uys 'n aangename week in Chapel Hill deur. Die mense van die University of North Carolina is baie bedagsaam en gasvry teenoor hom. New Orleans is maklik die aantreklikste stad wat hy in die VSA sien. Daar woon hy in 'n hotel in die Franse buurt: lang strate vol ou Franse huisies met balkonnetjies, verandas, stoepies, groot vensters en gekleurde luike. Dié wêreld is die wieg van jazz. Elke aand gaan luister hy na die jazzkonserte. ‘Dan bewe die beroemde Bourbonstraat soos 'n riet’, skryf hy op 14 Junie aan sy ouers. ‘Mammie sou sê hy bulk soos 'n bandstand vol briesende bulle van Basan.’ Elke instrumentalis is vir hom 'n virtuoos en die geheel is 'n volmaakte samespel. In Augustus 1959 is Uys in San Francisco, wat hom met sy skiereiland baie aan die Kaap laat dink. In 'n brief aan sy mense tuis op 14 Augustus skryf hy die stad het vyf miljoen mense en dat die koerante elke oggend ‘a special eye irritant bulletin’ as gevolg van die rookmis publiseer. Daarna is hy in Chicago, waar hy 'n week bly voordat hy na Toronto gaan, waar hy tien dae lank by ‘Curly’ Sherk kuier, een van die vier helde van die Sulmona-vallei wie se naam in The way out genoem word. Teen die middel van September is hy terug in New York en bly hy by Barend Toerien in Forest Hills. Vir 'n Nederlandse kring, waarvan hy 'n randeier was, reël Toerien dat Uys van sy gedigte voorlees. Marnix Gijsen, Leo Vroman en Albert Helman was ook by en die byeenkoms is 'n groot sukses. Tydens hulle tydjie saam lees Uys vir Toerien heelparty van die verse wat later in Vooraand sou verskyn. Die woeligheid van New York staan Uys egter glad nie aan nie. Een van die mense met wie hy nou bevriend raak, verwys na dié stad met sy wolkekrabbers as ‘the cardiac express’, 'n ander een as ‘the Nirvana of the double Martini’, waarop Uys gepas improviseer met ‘the Jitters Jalopy’! Nog vóór sy besoek aan die VSA was Uys reeds deur sy kennis van die Amerikaanse literatuur 'n bewonderaar van dié land en sy mense. In 'n lesing wat hy in 1957 aan die Universiteit van die Witwatersrand hou, sonder hy die rykdom, verskeidenheid en krag van | |
[pagina 505]
| |
die Amerikaanse dialoog en die demokratiese gevoel vir die lewe as Amerika se waardevolle bydrae tot die wêreldliteratuur uit. In vergelyking met die klasgebondenheid van die Britse literatuur van die negentiende eeu vind hy dat die Amerikaners deur die klassegrens breek en daardeur 'n juister beeld van die lewe in sy volle rykdom bied.Ga naar eind8. Uys se besoek aan die VSA bevestig die gunstige indruk wat hy van dié land gehad het, al vind hy ook dat hy op sekere punte krities staan. Ná sy terugkeer na Suid-Afrika sê hy in 'n onderhoud met die liberale koerant Contact dat die isolasie van Amerikaanse skrywers van mekaar en, deur hul kritiek op die Amerikaanse leefwyse, van ander Amerikaners een van die negatiewe ervarings van sy verblyf was. Toe hy vir sy besoek aan die Universiteit van Texas by die Raleigh-Durham-lughawe land, word hy onaangenaam getref deur die bordjies ‘For Coloured Men Only’ en ‘For Whites Only’, wat hom aan sy ‘heimat’ herinner. En op 'n persoonlike vlak, so skryf hy aan sy moeder, kon hy figuurlik gesproke nie ‘vatplek’ aan die Amerikaanse vrou kry nie. ‘They are full of a cold familiarity, a frivolous restraint and a flighty reserve.’ Daarteenoor is hy beïndruk deur die vitaliteit en werklike idealisme in Amerika.Ga naar eind9. Indien Suid-Afrika 'n sintese kan vind tussen die beste uit Europa en die VSA en wat ons self van waarde het, sal dit volgens hom moontlik wees om ons rasseprobleme op te los. Tydens sy besoek het die Suid-Afrikaanse rassevraagstuk trouens telkens in gesprekke ter sprake gekom, iets wat hom in 'n brief aan sy ouers op 24 Mei laat kla oor die ‘treurige besigheid’ wat tans in die ‘geliefde’ land met die ‘Gang of Mean Little Men’ aan die bewind afspeel en wat by hom persoonlik tot 'n gevoel van ontreddering en verlatenheid lei. Hy besef ook dat 'n Suid-Afrikaner soos hy 'n essensiële verbondenheid met sy eie land het waaraan hy in die buiteland nie kan ontkom nie. Dat Suid-Afrikaners voortdurend van die probleme in hulle land bewus bly, is iets wat die Amerikaners ook tref. In sy inleiding tot sy bloemlesing uit Olive Schreiner vertel Uys van 'n treffende geleentheid tydens sy verblyf in New York: In 1959 I attended a party in New York. At about one o'clock the penultimate American departed, leaving in the flat only the famous American anthropologist, Margaret Mead - a small greyhaired woman who once lived for six months as the only European with a cannibal tribe in New Guinea - and four South Afri- | |
[pagina 506]
| |
cans: Nadine Gordimer, Peter Abrahams, Laurens van der Post and me. At once the atmosphere became electric with a discussion on South Africa, its problems, virtues, faults, irresistible spell, etc., by the South Africans, Margaret Mead taking little or no part in it; our discussion crackling away on such a consistent level of ‘passionate intensity’ that at last Margaret Mead exclaimed, throwing up her hands in mock despair: Op 'n dag besoek Uys die Actors' Studio, waar Lee Strasberg doseer en waar 'n voorstelling aan die gang was. Hy beland langs 'n blonde meisie wat by die kroegtoonbank met 'n drankie besig is. Vaagweg lyk sy vir hom na 'n jong aktrise wat hy in Kaapstad ontmoet het, maar haar hare is slordig en onversorg en oor die algemeen maak sy 'n verwaarloosde indruk. Toe die voorstelling verby was en die meisie vertrek het, vra hy een van die personeel: ‘Isn't that girl a South African?’ ‘Buddy’, kom die antwoord, ‘that's Marilyn Monroe!’ Uys was verbysterd. ‘So 'n ou valetjie, en dan nog sonder sykouse! Very unimposing!’Ga naar eind11. | |
IIITerwyl Uys in Europa en die VSA aan die rondreis was, het hy gereeld dagboek gehou en uitvoerig sy ervarings aangeteken. Na briewe van sy familie en wye vriendekring in Suid-Afrika het hy reikhalsend uitgesien, want briewe was vir hom as romantiese swerwer 'n soort anker en 'n bevestiging dat hy nie alleen op die aarde is nie. Briewe wat hy ontvang, lees hy dan ook dikwels oor en oor, tot tien keer toe. Van sy huismaat, Jack Cope, ontvang hy, soos van sy moeder en Bokkie, gereeld briewe. In antwoord op sy eerste brief skryf Jack op 2 Maart 1959: ‘You are never far from our thoughts if not frequently | |
[pagina 507]
| |
the centre of them. Everybody we know continually asks after you and I'm sure your letter will circulate rapidly and be read with all the eagerness and pleasure it aroused in me. ... One of your enormous assets as a person and a friend ... is your size and your sense of universal standards. You are yourself the surest antidote to provincialism and when you go abroad, well, you are our envoy extraordinary and Minister Plenipotentiary par excellance.’ In 'n latere brief sê Jack: ‘Everybody asks me and I ask everybody and we all have a feeling that somewhere in the wastes of America you are wandering with your case full of poems and your beard full of butterflies. I think it's an unfair bargain that your letters are worth so many of ours - you are our eyes and our ears, but we are your life-line.’ Dié uitspraak van Jack vat die betekenis van Uys se briewe vir sy vriende en dié van sy vriende aan hom in 'n mooi beeld saam. Briewe uit Suid-Afrika was vir hom inderdaad 'n naelstring wat tydens sy besoek aan die buiteland in 'n essensiële behoefte voorsien het. Wanneer Jack se The road to Ysterberg verskyn, lewer Uys, wetende wat dit vir sy vriend sal beteken, in 'n brief uitvoerig kommentaar op wat hy as die verdienstes en gebreke van die roman beskou.Ga naar eind12. Maar dit is veral die korrespondensie met sy nuutgevonde geliefde, Irma Roth, wat vir Uys in hierdie tyd 'n lewensnoodsaak is. Vóór sy vertrek sê sy aan hom in 'n intieme oomblik sy sal hom liefhê tot Tafelberg in die see wegsink, woorde wat 'n groot indruk op hom maak en hom roer. In 'n ongedateerde brief 'n dag of wat ná sy vertrek skryf Irma 'n hartstogtelike brief wat 'n aanduiding is van hoe lief sy hom het: Uysie - I love you. - How often have you not asked me to say it and how often have I not refrained from saying it and now that you are no longer here to say it to, it is the only thing of which I am conscious, - which fills my very being. For all the many times I have not said it, I say it now - I love you, I love you, I love you! Oor Irma se liefde vir Uys kan daar, as 'n mens hierdie en ander briewe van haar deurlees, geen twyfel bestaan nie. Dit is egter duidelik dat sy nie 'n bedrewe briefskrywer is nie en dat haar taal en styl heelwat te wense oorlaat. Dikwels begaan sy taalfoute of twyfel sy, soos 'n mens kan aflei uit die herhaalde vraagtekens, wat sy orals plaas, of sy 'n bepaalde woord reg spel. | |
[pagina 508]
| |
Ook uit Uys se briewe moet 'n mens aflei dat hy 'n ware en diep liefde vir Irma voel. Op 16 April 1959 skryf hy uit New York: Vanaand wil ek vrek van verlange na jou. En ek bedoel dit letterlik! Voor aandete is ek reeds na bed, ly alweer 'n hele paar dae lank aan my lewer - en voel ellendig. Vandag soos 'n spook deur N. York gedwaal. Die plek is in baie opsigte 'n onding, 'n monster - hy staan in geen verband met die groeiende, lewende natuur nie, hy is koud, gevoelloos, onmenslik ... Miskien is dit al die partytjies, die gedurige sien van (en praat met) mense, die aanhoudende uitganery - vanaand is die eerste aand in 13 aande dat ek nie uitgegaan het nie - die opwinding, die geestelike genietinge en prikkelings (die kunsmusea is 'n voortdurende genot), die ou lewertjie, of al die dinge saam, wie weet. Maar elke aand so teen skemering sak daar 'n moedeloosheid en mistroostigheid op my af waarvoor ek geen woorde kan vind nie. Miskien is die hoofoorsaak my verlange na jou. Ek het besluit ek gaan nooit weer reis sonder jou nie. 'n Mens voel te alleen, te verlate soms. ... In Kaapstad was ons so selde alleen saam. Hoeveel honderd male het ek nie al hier in N. York gesug nie: ‘Ag, was die dierbare onvergelyklike Irma maar hier.’ Maar ek wil nie eens daaraan dink nie. Dis te hemeltergend. Hene, maar ek is vol klagtes vanaand! Hoop net ek sal môre beter voel. In elk geval, enigste, al die klagtes is slegs 'n bewys van my liefde vir jou. Baie gou, wanneer Irma se briewe minder word, vir hom te kort is en oor niksseggendhede handel, dring Uys daarop aan dat sy meer aan hom moet skryf en vollediger van haar doen en late vertel. Hy is klaarblyklik nie bewus daarvan dat sy geen briefskrywer is nie en dit haat om haar gevoelens op skrif te stel. Sy briewe raak vol verwyte. Wat hy later as die finale bewys voorhou dat sy hom nie werklik liefhet nie, is haar brief van 28 April waarin sy, miskien naïef, haar drukke sosiale lewe as verskoning vir haar min briewe voorhou. Die dele wat Uys ná ontvangs onderstreep het, word hier kursief weergegee: Uysie - Het vanmiddag jou hoogs interessante brief uit Washington ontvang. - Dit was sommer 'n ‘lekker’ brief en sal my besig hou vir ten minste drie dae! - Dit is 'n uitstekende idee om deurslagpapier te gebruik en spaar ons almal hier die moeite | |
[pagina 509]
| |
om jou briewe te sirkuleer - although I do think between Suzanne and myself we now have it down to a fine art. - I couldn't manage a letter last week due to a rather hectic social splurge. - Last Thursday Suzanne gave what was intended as a small quiet dinner party for the Venters (farewell). [Dit is 'n verwysing na Ingrid Jonker en haar man, Pieter Venter, wat na Johannesburg vertrek - JCK.] Only it turned out to be a small but rather hectic and most enjoyable party - got back here well past midnight. - Friday-evening people called Stander from Bellville gave another similar party - primarily consisting of our gang - Foxes, Venters, Rabies etc. - less enjoyable but somehow we dragged it out and I got back to my room at 4:30 am!! Saturday I rushed off to Worcester [waar haar ouers woon - JCK]. Sunday was Egonne's [haar dogtertjie - JCK] birthday (5th). Last night I worked till past 12am. - So all in all I've had very little time even for brief chats with you. - And then too there really is hardly news for two letters a week. I can hardly make every letter a declaration of my love. Uit 'n brief soos dié het die suspisieuse Uys 'n gebrek aan belangstelling en liefde afgelei en vermoed dat Irma, soos hy dit in 'n brief aan haar stel, ‘deeply involved’ met iemand anders is. Onderliggend aan dit alles was die vrees dat hy weer in 'n situasie soos dié met Lydia sou beland. ‘I did not want to commit myself with you with a proposal of marriage’, skryf hy, ‘for the simple reason that I wanted to be sure, absolutely sure of my love for you. I had already had one disastrous marriage that had almost destroyed me.’ Hy wou 'n sekere perspektief op hulle situasie kry en sy verblyf oorsee sou 'n toets vir hom én haar wees. Hy het in dié tyd uitgevind, gaan hy voort, hoe lief hy vir haar is en uit haar briewe lei hy nou af dat sy nie dieselfde gevoel vir hom het nie. Irma verweer haar deur hom daarop te wys dat sy, anders as hy, nie van skryf hou nie. ‘Just as much as you enjoy writing’, skryf sy, ‘I dislike it. ... I do not write easily or well, my spelling is bad and my punctuation equally poor. Even my shortest notes to you never take me under an hour to write (contrary to your calculations).’ Irma se kort briewe en Uys se argwaan oor haar ware gevoelens lei uiteindelik tot 'n breuk. Uit Tucson skryf hy op 22 Julie 1959 | |
[pagina 510]
| |
To the Dark Lady of the Sonnets that were still to be written but, now, it seems, will never be written. In all my life I have never written a poem to a woman. This is the first and probably the last one. I thank you for it ... I ... think ... that it should be my valedictory to you ... [and that] we should call it a day. By die brief sluit Uys 'n gedig in wat hy ‘Aveu’ noem, maar wat in Vooraand onder die titel ‘Refrein’ verskyn. Dit is inderdaad die enigste liefdesgedig in die Krige-oeuvre wat oor 'n spesifieke vrou handel, iets uiters ongewoon vir 'n digter wat basies as romantikus bekend is: Aan die voet van Tafelberg het sy,
loskop van liefde, in my arms gelê.
‘My liefde sal soos Tafelberg bly staan ...’
het sy met 'n sug gesê.
Die see was in ons kamer in die nag.
En see én nag het soos 'n skulp geruis.
Het ooit die blydskap sy blink golf
hoër gestoot as in dié donker huis?
Haar lyf in witter skoonheid
as die sterrenag geklee;
haar stem, stil in my oor, stiller
as die stil stem van die see.
‘Ou Tafelberg's geduldiger
as selfs papier ...’ het ek geskerts.
Eers kastig kwaad, toe spot sy: ‘Maar
jy's grof, man, één stuk ruwe erts!’
Toe rys sy stralend langs my op
- o liggaam glansende in sy eie lig! -
omhels sy my, haar hare 'n
swart waterval langs my gesig.
| |
[pagina 511]
| |
Met woede en wonder fluister sy
telkens my doodgewone naam.
En in dié donker stem sing see
en nag en al die sterre saam:
‘Ek het jou lief! Ek het jou lief!
Ons liefde's uit één staal gesmee.
Ek sal jou liefhê, liefhê...
tot Tafelberg sink in die see!’
Hoe soet die hartseer van die afskeid
wat die laaste sakdoek gee.
Ek het op dek bly staan, gestaar, gestaar...
tot Tafelberg sink in die see.
'n Maand lank het elk brief van haar
'n vreugdevuur laat laai in my.
Selfs op die drukste grootstadstraat
hoor ek haar stem, dié silwere gety
wat spoel en sing saam met die see,
die nag se swart-en-silwer vloed,
innig, vol stilte en skroom, of dit
die einste stem is van my bloed.
Voor Goya en Velazquez sien
ek haar - o vroueliggaam teer! -
vind ek haar beeld in kleur of marmer met
'n spraaklose verrukking weer...
Twee maande skaars en al haar briewe
is skielik kalmer, koeler, ligter.
Ek dag eers dis maar minnaarsgriewe.
Maar was dié stem nie dikwels digter?
Nou skryf sy fyntjies, mooi beleef
van koeitjies, kalwers, ou Tant Dorie:
sy's kranklik, kom nooit weer op dreef.
Dis elke week dieselfde storie.
| |
[pagina 512]
| |
Sy's besig, het so baie pligte.
'n Maand's verby, daar kom geen brief.
Wat word van my ou vergesigte:
‘Ek het jou lief! Ek het jou lief...’?
O pyn van die bedroë hart,
ek weet jy's oud, oud soos die gras,
maar jy's opnuut weer nuut, my smart,
elk keer op slag mes-skerp en vars!
Die klokke van ou Nôtre Dame
dreun galmend oor die grys ou stad.
Maar daar's 'n simpel sinnetjie
wat kouer aan my rugstring vat.
Die bronsmond van Big Ben kan bons,
kan bons, hoor hoe hy beier, beier...!
Maar daar's 'n lawwe klein refrein
wat verder trek, wyer, al wyer,
koud oor die koue see...tot selfs
New York se kranse antwoord gee,
een enkel reël, nie eers my eie
(dra ek oral met my mee?):
‘Tot Tafelberg sink in die see...
Tot Tafelberg sink in die see...’Ga naar eind13.
Maar ook in Suid-Afrika was 'n literêre liefdesverhouding besig om tot niet te gaan. In Maart 1959 is Ingrid Jonker saam met Pieter Venter en hulle dogtertjie, Simone, weg uit die Kaap om hulle in Johannesburg te vestig. Op 29 Julie skryf Jack Cope aan Uys dat hulle sy wysheid hier mis, ‘as events are assailing us from all sides and the fun is getting a bit too fast at times’. Die groot probleem wat hulle het, is Ingrid. Sy het Pieter verlaat en selfs nie eens haar klere ingepak nie. Die gebeure het iets van 'n tragikomedie, maar die hoofspelers is te betrokke om enigiets anders as 'n diepe tragedie raak te sien. Op 'n geestige wyse skets Jack die omstandighede wat tot Ingrid se vertrek gelei het: | |
[pagina *37]
| |
67. Uys Krige op Clifton.
68. Saam met Fulalia op Clifton.
| |
[pagina *38]
| |
69. In 1958 ontvang Uys Krige 'n eredoktoraat van die Universiteit van Natal, 'n verering wat hy baie hoog op prys stel. Hier verskyn hy saam met dr. P. du P. Grobler, dosent in Afrikaans en Nederlands van die Durban-kampus van dié universiteit.
70. Anna Neethling-Pohl (Moeder Mart) en Allen Dyssel (Luis) in die Universiteit van Pretoria se produksie van Die goue kring.
71. Lydia saam met John Mantel met wie sy kort ná haar egskeiding van Uys getroud is.
| |
[pagina *39]
| |
72. Uys met sy skrywersvriend Jack Cope, saam met wie hy in die sestigerjare in Sea-Girt op Clifton se Tweede Strand woon.
73. Spotprent in The Cape Argus van 28 Oktober 1963. Die onderskrif lui: ‘Mr. Krige would like his muse back!’
| |
[pagina *40]
| |
74. Irma Roth, die ‘black panther’ en geliefde van Uys. (Foto: Eulalia Krige.)
75. Uys se geliefde suster Mizzi wat in 1961 op vier en veertigjarige leeftyd aan kanker sterf. (Foto: Suzanne Fox.)
| |
[pagina *41]
| |
76. Suzanne, sy jongste suster, getroud met die argitek Revel Fox. (Foto: Suzanne Fox.)
77. Saam met sy skilderbroer François.
| |
[pagina *42]
| |
78. Op 25 April 1963 oorhandig 'n groep Suid-Afrikaanse skrywers 'n verklaring oor die Wet op Publikasies en Vermaaklikhede aan senator Jan de Klerk, minister van binnelandse sake en onderwys. By die perskonferensie daarna verskyn van links na regs Jan Rabie, W.A. de Klerk, Uys Krige en Jack Cope.
79. Professor Donald Inskip aan die woord in 1965 by 'n byeenkoms van die Black Sash in die Drilsaal, Kaapstad, waarby Uys Krige (links) ook praat om te protesteer teen die regering se proklamasie om geen gemengde gehore by teater- en musiekuitvoerings toe te laat nie. Langsaan Krige sit eerwaarde E.L. King, deken van Kaapstad, en regs van Inskip sit mev. E. Scott van die Black Sash.
| |
[pagina *43]
| |
80. Uys Krige aan die woord by die byeenkoms van skrywersvriende by die graf van Ingrid Jonker. (Foto: Die Burger.)
81. Saam met spelers en die regisseur van Die loodswaaiers wat in 1966 deur KRUIK opgevoer is. Van links na regs: Pietro Nolte (regisseur), Krige, Fitz Morley, Johan Malherbe, Ben Dekker en Wilhelm de la Qeurra.
| |
[pagina *44]
| |
82. Saam met Rob Antonissen, by uitstek dié kritikus wat die indringendste beskouinge oor Krige se werk skryf.
83. In Mei 1967 is Uys in die Groote Schuur Hospitaal met 'n maagsweer en word hy besoek deur sy seun Tai wat op 4 Mei op Nuweland se rugbystadion vir Transvaal teen Westelike Provinsie speel. (Foto: Taillefer Krige.)
| |
[pagina *45]
| |
84. Taillefer saam met sy vrou Anya en hul seun Demian. (Foto: Suzanne Fox.)
85. Saam met Breyten Breytenbach (links) en André P. Brink (regs) in Parys in 1968.
| |
[pagina *46]
| |
86. In 1969 vestig Uys hom finaal in Swartdakkies, sy huis op Onrust. (Foto: Wium van Zyl.)
| |
[pagina *47]
| |
87 tot 89. Uys op Onrust: drie beelde. (eerste twee foto's: Eulalia Krige.)
| |
[pagina *48]
| |
90. ‘Die ene vlam, die ene son.’
| |
[pagina *49]
| |
91. In 1970 ontvang Uys Krige 'n eredoktoraat van die Rhodes-Universiteit. Hier is hy saam met die registrateur, mnr. W.J. Askew.
92. In 1974 ontvang Uys Krige uiteindelik die Hertzogprys vir Poësie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. By dié geleentheid verskyn hy saam met Gerhard J. Beukes (links).
| |
[pagina *50]
| |
[pagina *51]
| |
93 tot 100. Die vele gesigte van Uys Krige, gefotografeer deur Juhan Kuus. (Foto's met vergunning van Johan Vosloo, Rapport.)
| |
[pagina *52]
| |
101. In Desember 1975 ontvang Krige 'n eredoktoraat van die Universiteit van Stellenbosch.
102. In September 1975 word Krige se Twaalfde nag onder regie van Cobus Rossouw deur KRUIK in die Nico Malan-teater in Kaapstad opgevoer. Hier verskyn die skrywer (regs) en die regisseur (tweede van links) met enkele van die spelers wat in die stuk optree: (van links na regs) Jana Cilliers (Viola), Liz Dick (Olivia) en Nic de Jager (Orsino).
| |
[pagina *53]
| |
103. Sannie en Uys.
104. Sannie Uys saam met haar seuns en oorlewende dogter op haar negentigste verjaardag. Van links na regs: Arnold, François, Bokkie, Sannie, Suzanne en Uys. (Foto: Suzanne Fox.)
| |
[pagina *54]
| |
105. Saam met sy huishulp Babsie Winnaar op die stoep van Swartdakkies, Onrust. (Foto: Eulalia Krige.)
| |
[pagina *55]
| |
106. Uys ‘vol nukke en neuke’ in die ortopediese afdeling van die H.F. Verwoerd-Hospitaal ná sy ernstige ongeluk in 1976.
107. Saam met sy vriendin Margaret Maskew op die strand by Onrust. (Foto: Suzanne Fox.)
| |
[pagina *56]
| |
108. By die bekendstelling van Oggendlied, die huldigingsbundel vir Uys wat onder redaksie van André P. Brink in 1977 verskyn. Van links na regs: Koos Human, Uys, André Brink en Leon Rousseau. (Foto: Eulalia Krige.)
109. In 1980 woon D.J. Opperman die viering van Uys se sewentigste verjaardag op Hermanus by. Hier verskvn Opperman en Uys by dié geleentheid.
| |
[pagina *57]
| |
110. Uys met die vertaling van sy verse in Russies.
| |
[pagina *58]
| |
111. ‘Maar wat makeer die ou dierasie?’ 'n tekening van Margaret Maskew. (Margaret Maskew, A portrait of Uys Krige, Wynberg, Chelsea Gallery, 1985.)
112. Die wandelende verkleehokkie van Onrust, weer volgens Margaret Maskew se voorstelling. (Margaret Maskew, A portrait of Uys Krige, Wynberg, Chelsea Gallery, 1985.)
| |
[pagina *59]
| |
113. Uys se herontmoeting in 1983 met die agterlyn van Toulon, die Franse klub waarvoor hy in 1932 rugby gespeel het. (Sol y sombra, video oor die lewe van Uys Krige, deur Pierre Marais, 1985.)
114. Enkele dae voor sy dood oorhandig Gerry de Melker (regs) van Perskor die eerste eksemplaar van Môrester oor die Abruzzi aan Uys. Op die bed sit Jan Rabie, Marjorie Wallace en Louie Lemmer en langs De Melker staan Eulalia. (Foto: Eulalia Krige.)
| |
[pagina *60]
| |
115. Eulalia sing Psalm 23 by die begrafnis van haar vader. Links staan Uys se suster Suzanne.
116. Uys se graf op Onrust. Dit is deur Jan Rabie met skulpe bedek. (Foto: Japie Pienaar.)
| |
[pagina 513]
| |
Pietro [Nolte] was staying with Piet and Ingrid and as you know Ingrid is greatly drawn to Pietro, in spite of his being a moffie. Well, Piet thinks he gets proofs of Ingrid's betrayal and there ensues a series of hysterical scenes in which sundry props such as a carving knife appear. There is a lot of wild weeping and goings on and Pietro puts through frantic calls to his mother in Cape Town to come and save him from murder and worse. Ingrid walks out with Simone and goes to a hotel. Fortunately at this stage enters wisdom in the shape of Breyten Breytenbach, aged 19, who is about the sanest young man one can imagine. He is on a hitch-hike round the Union on the princely sum of £4 and has landed in Jhb. Breyten holds the peace and collects some money for Ingrid. Meanwhile Piet is so frantic and almost demented that Ingrid agrees to leave Simone with him. She gets on the train to the Cape and pitches up at Jan and Marjorie's. Breyten is nannie, trooster to Piet, housekeeper and the lot. Ingrid arrives here full of gin, remorse and doubt. She says: Thank God Uys isn't here. Meaning, that she has such an enormous respect and affection for you that she could not face your disapproval. She gets plenty from Jan and me, not directly because she is in too bad a way to take any moral lectures. But we haven't rolled out any red carpet for her. She wants a divorce, of course, but having left the child is in a very poor position. We both advised her to keep on the friendliest possible terms with Piet and if possible to do everything that has to be done by reason and consent. She took our advice and has gone to stay with Abraham [Jonker, haar vader - JCK] at St James. Abraham does not take it too badly but he thinks she should go back to Piet and patch things up. Gerry de Melker has found work for Ingrid and promised her a £50 advance on her book of poems. Incidentally, one of Abraham's lines is that Ingrid's difficulties are largely due to the bad company she keeps - people like Jan and Marjorie and that dastardly liberalis Krige. She should shine up her halo and creep back under the gate into the volkskraal....I get frantic letters every other day from Piet and I know what he is going through, but what can I do? 'n Week ná Ingrid se aankoms in die Kaap kom Pieter Venter ook aan, met Simone by hom. Op 'n partytjie slaag Venter daarin om almal | |
[pagina 514]
| |
op hol te jaag deur 'n aanval van histerie met rukkings en later bewusteloosheid te veins. 'n Dokter op die toneel kon egter deur die skouspel sien en hom met 'n inspuiting van gewone water tot die lewe laat terugkeer.Ga naar eind14. Met sy histrioniese aanvalle en dramatiese tonele voor vriende kon hy Ingrid oorreed om saam met hom terug te gaan na Johannesburg, al was dit vir almal in die Kaap duidelik at die huwelik nooit kon hou nie. ‘The Ingrid-Piet business is still tottering along and is quite pathetic’, laat weet Jack op 3 Oktober 1959 aan Uys. Piet is madly writing poetry in an undignified effort to gain Ingrid's esteem (instead of kicking her to hell out and cutting his (emotional) losses)....Piet even sent Jan a batch of poems for Podium because some of Ingrid's poems appeared in it. Jan shook his head sadly when I asked what he intended to do. I don't think Ingrid really wants any man and all her...other episodes are merely an expression of her desire to get away from Piet....Ingrid is essentially feminine,...but she has not reconciled her position as a woman, as a poet, as a mother. She is in a state of emotional chaos and the easiest way to evade it is to reach for the gin bottle. Consequently - misery. Die huwelik het, soos almal kon voorspel, nie gehou nie. In 1961 is hulle finaal vervreem en in Januarie 1962 geskei. Met Simone in haar sorg keer Ingrid terug na Kaapstad.Ga naar eind15. Pieter Venter se verse word in 1962 gepubliseer in die bundel Die blomblaar is requiem. Dit is oor die algemeen afgryslik slegte poësie, maar uit ‘Songbird’, een van die Engelse gedigte wat hy opneem en wat oor die droewige jeug van Ingrid handel, blyk die sterk gevoel wat hy, ondanks alles, vir haar het. Die eerste drie strofes van dié gedig lui as volg: Your arrival in this world was sad.
Everybody saw the sadness.
Your nest was half-deserted
and made of jetsam mostly,
poorly lined with threadbare feathers.
| |
[pagina 515]
| |
The wind howls about the place,
the bushes swear back at it
and it spits
sand and rubbish all around
the landscape in rebellion.
You were moved to lots of living places
never far apart and by the brine.
You saw old ladies who
reminded one of tragic spiky brooms
which swept you in with tea and bread for supper.Ga naar eind16.
| |
IVIn Junie 1959 vertrek Eulalia uit Kaapstad om by vriende in Frankryk en Engeland te kuier en die twee lande te verken, voordat haar vader by haar sou aansluit en hulle saam verder sou reis. Op 5 Oktober stap Uys in Plymouth aan wal. Eulalia is op die stasie om hom in te wag. In Londen gaan hulle drie weke lank tuis by Enslin du Plessis en saam bring vader en dogter aangename ure in die stad deur. Hulle besoek die teater en sien The hostage van Behan en O'Casey se Cock-a-Doodle Dandy. Maar dit is veral die National Gallery en die Tate se skilderye wat hulle boei. ‘Eulalia’, skryf hy aan 'n vriendin by die Carnegie-organisasie,Ga naar eind17. ‘took to Europe like a swan to water. And I immediately launched a flotilla of swans myself. And, of course, Europe sang for us no swan-song. On the contrary...’ Van Engeland gaan hulle na Frankryk, waar hulle tien dae by die Katse in Parys bly. Van daar reis hulle na Lausanne, waar hulle veertien dae by Winifred Katzen tuisgaan en besoeke bring aan Genève en Zürich, onder meer om met Peter Sulzer, 'n Switser wat in die Afrikaanse letterkunde geïnteresseerd is en van Uys se werk in Duits vertaal het, te gesels. Saam sien hulle die opvoering van Sulzer se vertaling van Die goue kring. Daarna is hulle 'n maand lank in Italië. Hoewel dit die hele tyd reën, was dit vir albei 'n ongelooflike besoek. In Rome gee sy ou vriend Silone en sy Ierse vrou, Darina, vir hulle 'n onthaal waarop Elizabeth Bowen een van die gaste is. Uys vertaal en Eulalia sing Afrikaanse boereliedjies soos ‘Kinders, moenie in die water mors nie’, met Uys | |
[pagina 516]
| |
wat hier en daar sy basso profundo bysit.Ga naar eind18. Vier dae lank besoek hulle die Sulmona-vallei, waar hulle by sy weldoener Vincenzo en sy gesin tuisgaan, 'n besoek waarmee Uys die tweede deel van sy gelofte aan Silone uit 1946 nakom: om sy dogter, wanneer sy volwasse is, die wêreld van die Abruzzi en die Italiaanse kleinboere wat so goed vir hom was, te kom wys. Eulalia is diep ontroer om al die plekke te sien waar haar vader moes skuil. Vincenzo se seun neem hulle na Schiavi in die hart van die Abruzzi, waar hulle daarin slaag om Pascuale Tucci op te spoor, die gids wat Uys en sy makkers in Oktober 1943 op die laaste tog van hulle ontvlugting deur die Duitse linies na vryheid gelei het. ‘This experience’, skryf Uys aan sy vriendin, ‘has something really fabulous about it (and now I'm using the word in its original unspoilt sense) and Eulalia said she felt like crying with a mixture of joy and awe and sadness almost all the time we were in that little austere white stone village on top of that high peak glittering in the sharp winter sunlight.’ Vroeg op 'n oggend in Verona ontdek hulle die balkon van Juliet. Daar vlieg 'n krans wit duiwe verby die ou, verweerde rooibruin mure. ‘Ek het nog altyd gedink Romeo and Juliet is 'n pragtige liefdesverhaal maar 'n vrot toneelstuk....Op dié stil oggend staan ons (egter) albei met trane in ons oë by die gesig. Vóór die hekke oopgaan, vóór nege nog, staan ons en loer na binne by die traliewerk om Juliet se graf. Kompleet twee apies...en dis winter, en die blare syg neer op die sierbossies om die graf, en 'n ou mannetjie in swart vee die laantjie skoon, en die verlatenheid kruip in die hart...’Ga naar eind19. Uys en Eulalia het by mekaar vlam gevat en die reis van drie maande deur Europa intens geniet. Deur haar oë, sou hy later in sy opdrag by Sout van die aarde sê, ontdek hy Europa opnuut en ook homself. Hy was trouens ook, soos sy, twee en twintig jaar oud toe hy die eerste keer Europa toe is. Wat hom veral tref, is hoe ontvanklik sy vir die skilderkuns en die argitektuur is. Op hulle tweede dag saam in Venesië het sy, van 'n afstand, 'n klein skilderytjie onmiddellik uitgeken as 'n werk van Paolo Veneziano. Toe hy, wat tevore nog nooit van dié skilder gehoor het, vra hoe sy dit weet, sê sy sy het 'n paar dae gelede een van sy skilderye in Verona gesien en die styl onthou. Voor 'n skildery wat nie geteken is nie, het sy dadelik gesê dit moet 'n Titiaan wees. Toe Uys dit betwis, het die diensdoende toesighouer dit uitgewys as 'n Titiaan-kopie van 'n eeu later.Ga naar eind20. Op aandrang van Eulalia sluit hulle hul reis van drie maande af | |
[pagina 517]
| |
met 'n besoek aan Griekeland. Op 'n oggend vroeg vlieg Uys na Athene en onthou hy hoe ‘skigtig’ hy met sy eerste vlug in Noord-Kenia was. Onderweg na Athene kyk hy by die venster uit en sien hy die môrester. Dit is sy lieflingster - ‘aandster en môrester tegelyk - veral omdat hy so baie wonderlike herinneringe vir my oproep van my vlug terug na die vryheid oor die Abruzzi-gebergtes byna sewentien jaar gelede toe hy, hoog bo dié woeste onherbergsame pieke, feitlik ons enigste baken was elke nag deur daardie duister doolhof vol gevare’.Ga naar eind21. Dan sien hy die Griekse eilande en herinner hy hom die reëls wat hy vyf en twintig jaar tevore in Spanje omtrent dié eilande geskryf het en wat hy nou die eerste keer sien: ...eilande, blou eilande, anderkant die son
blou soos 'n verre berg of diep waterbron...
te midde van kalm land-omslote somerseë:
Capri en Kreta en die Cicladië...Ga naar eind22.
‘Dat 'n mens 'n kwarteeu moet wag vir 'n droom om werklikheid te word...’, skryf hy in sy skets ‘Vlug na Athene’Ga naar eind23. in Sout van die aarde. Eulalia, wat vooruit gegaan het, wag op hom en in dié helder Attiese lig voel hy ‘soos die eerste Grieke moes gestaan het, vol van 'n blymoedige afwagting, in daardie daeraad van die wêreld...’Ga naar eind24. Die besoek aan Griekeland was vir hom 'n belewenis. ‘I'd never imagine’, skryf hy op 17 Julie 1960 aan Darina en Ignazio Silone, ‘that at this advanced stage of my life a new country would thrill and excite me so. As I say to everyone, every stone there was for us a conflagration of the mind.’ Op 29 Desember 1959 vlieg Uys van Athene af terug na Suid-Afrika. Eulalia bly nog langer en kom aan die begin van Maart 1960 per ooskusboot in Kaapstad aan. |
|