Die goue seun. Die lewe en werk van Uys Krige
(2002)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 427]
| |
Hoofstuk XII
| |
[pagina 428]
| |
1958 publiseer en later in sy bundel Sout van die aardeGa naar eind1. onder die titel ‘Die verstekelinge’ opneem, blyk dit dat hy lekker met van sy medepassasiers gesels. Die twee persone wat tydens die eerste twaalf dae van die reis die sterkste indruk op hom maak, is die ou Hollandse meubelmaker Van Hoek van Potchefstroom en die Engelse kolonel Bowes-Pritchard, vroeër van Indië en tot kort vantevore nog in Johannesburg woonagtig. Van Hoek was al oor die sewentig. Hy het dwarsdeur die Anglo-Boereoorlog aan die kant van die Boere geveg en hy besit 'n vergeelde brief wat hy aan Uys wys - 'n dankgeskrif vir sy deelname aan die oorlog, onderteken deur Paul Kruger. Hy was sestig jaar laas in Nederland en gaan nou alleen terug om sy siek vyf en tagtigjarige suster te sien. Sy land is nou egter die groot wye stiltes van Transvaal. Indien hy in Nederland te sterwe kom, so deel hy Uys mee, het hy gereël dat sy stoflike oorskot na Suid-Afrika teruggebring word. Bowes-Pritchard is 'n karakter-cliché van die tipiese Engelse kolonel of 'n parodie op daardie tipe wat 'n mens in 'n satiriese Engelse rolprent of roman sou aantref. Sy groot verwyt teen die Britte is dat hulle 'n bietjie oorhaastig van hulle kolonie in Indië ontslae geraak het. Van Suid-Afrika en sy mense hou hy baie, maar nou het daar 'n onweerstaanbare drang en verlange by hom na Engeland ontstaan, 'n land waar hy 'n halfeeu tevore as tienderjarige geleef het. Soos C. Louis Leipoldt presies vyftig jaar tevore besoek ook Uys Tenerife, die Spaanse eiland wat deel vorm van die Kanariese argipel. Tydens die paar uur dat die Klipfontein daar aandoen, stap hy aan wal by die hoofstad, Santa Cruz, die eerste keer ná sestien jaar dat hy weer Spaanse grondgebied betree. Maar Santa Cruz gee hom net 'n gruwelike hoofpyn en 'n harwar van deurmekaar indrukke - geen wonder, geen geheim en beslis geen poësie nie - ‘net nogmaals 'n gevoel van wanhoop oor die volstrekte afhanklikheid van 'n mens se geestestoestand van die welsyn van jou liggaam’.Ga naar eind2. Tog lewer Santa Cruz 'n onverwagte verrassing. Kort ná middagete die volgende dag, wanneer die skip weer verder vaar, ontdek die twee Bowes-Pritchard-meisietjies twee verstekelinge tussen die motors op die ruimte tussen die eerste- en toeristeklas, twee Spaanse seuns wat in Santa Cruz op die skip geklim het met die plan om in Engeland te werk, dan oor te steek na die Verenigde State en die wêreld te sien. Omdat die offisiere nou van hulle weet, sal hulle met die volgende skip na Santa Cruz moet terugkeer. Die een seun, Juan, se vader is tydens die Spaanse Burgeroorlog deur Franco se mense | |
[pagina 429]
| |
geskiet toe die kind maar pas drie weke oud was - en skielik, skryf Uys, ‘hier op die sonnige dek met die wye see wat oral om ons silwer-en-blou speldewerk, loop daar 'n koue rilling langs my rug af en word ek teruggeruk in al die angs en verskrikking van daardie tragiese botsing wat die lewe van meer as 'n miljoen mense opgeëis en my destyds so diep geraak het’.Ga naar eind3. En omtrent 'n uur later ontdek hulle nog twee verstekelinge: twee blouswart swaeltjies wat om die bodek wentel en tydens hulle jaarlikse migrasie na die ander kant van die wêreld op die skip na rusplek soek en op hulle ‘onfeilbare instinkmatige manier ... presies weet waar hulle heen gaan’.Ga naar eind4. Met sy aankoms op die Londense Waterloo-stasie is Uys se ou vriend die skilder Enslin du Plessis daar om hom te verwelkom en hom weer, soos in 1931 en in 1945, in sy ruim woning op Mecklenburg Square in Bloomsbury onderdak te gee. Daar werk Uys hard aan die afronding van sy bundel Engelse kortverhale en besoek hy Collins, die uitgewer wat die produksie van die boek sou onderneem. Vir die BBC se Third Programme lewer hy praatjies en vir The Observer skryf hy twee artikels. Tog vind hy die Londense mis steeds nie bevorderlik vir skryf nie. ‘How can one write in such a clotted atmosphere?’Ga naar eind5. vra hy aan Sinclair Beiles. Buitendien het Suid-Afrikaners volgens hom genoeg Engelse kultuur saam met hulle moedersmelk opgeneem. ‘What we need to reveal ourselves to ourselves’, sê hy aan Beiles, ‘is a Latin culture. To give us clarity, balance, poise, harmony, elegance, grace, subtlety, nuance and all the rest.’Ga naar eind6. Met sy ou vriende Roy en Mary Campbell bring hy 'n dag deur aan die vooraand van hulle vertrek na Portugal, waar hulle hulle permanent wou vestig. Soos Uys is ook Roy moeg van die mis en het hy behoefte aan die son van die Iberiese skiereiland. Voor die Campbells se vertrek gaan eet Roy en Uys een middag saam met die skrywers Alan Paton en Laurens van der Post. Saam met Enslin du Plessis, wat ook die ete bywoon, onderteken hulle 'n ope brief aan die Suid-Afrikaanse regering waarin hulle protesteer teen die planne om bruin mense op 'n aparte kieserslys te plaas. Die brief het weinig effek op die regering gehad, maar dit is saam met 'n foto van die vier skrywers en Du Plessis prominent in verskeie Suid-Afrikaanse koerante gepubliseer.Ga naar eind7. Deur sy gesprekke met Campbell word Uys nou opnuut aangevuur om na Lorca se poësie terug te keer. In sy boeiende opstel oor Lorca wat hy juis in hierdie tyd publiseer, praat Campbell van ‘Canción de sineta’ (‘Die lied van die ruiter’) as ‘that uncanny and haunting’ | |
[pagina 430]
| |
gedig ‘which reminds one of the Scotch-English border ballads, which concentrate a tragedy into one or two simple verses.... In the consonants and the vowel sounds of this strange poem, which cannot be reproduced properly, only faintly suggested in English, one gets the rhythm of the canter of a horse ... There results a frightened, furtive, hurried, and sinister syncopation of hoofbeats and heartbeats, that defies analysis.’Ga naar eind8. Deur die jare heen het Uys dié gedig van Lorca baie keer herlees en gemeen dat dié ‘wonderwerkie van klank en ritme en sinrykheid’Ga naar eind9. so verstrengel is met die fynste vesels van die Spaanse taal dat dit geheel en al onvertaalbaar is. Toe lees hy in 1952 Campbell se vertaling: Córdoba.
Remote and lonely.
Jet-black mare and full round moon,
With olives in my saddle bags,
Although I know the road so well
I shall not get to Córdoba.
Across the plain, across the wind,
Jet-black mare and full red moon,
Death is gazing down upon me,
Down from the towers of Córdoba.
Ay! The road so dark and long.
Ay! My mare so tired yet brave.
Death is waiting for me there
Before I get to Córdoba.
Córdoba.
Remote and lonely.Ga naar eind10.
Campbell se opstel en die Engelse vertaling van Lorca se gedig word in November 1952, toe die mis ná die kortstondige somer weer dik begin lê, vir Uys 'n uitdaging. Die gedig bly spook by hom en op 'n triestige middag van reën en mis skryf hy die vertaling moeiteloos neer wat dié van Campbell in haas alle opsigte oortref, ‘behalwe daardie een uiters moeilike reël: “En, ai, my dapper perd, jy's stom!” wat, ek is bevrees, my nooit sal bevredig nie ...’:Ga naar eind11. | |
[pagina 431]
| |
Córdoba.
Ver weg en gans alleen.
Pikswart ryperd, ronde maan,
met 'n sak olywe teen my saal.
Al wis ek waar elke stofpad gaan,
nooit sal ek Córdoba ooit haal.
Ver oor die vlakte, in teen die wind,
pikswart ryperd, bloedrooi maan.
Waar Córdoba se torings blink,
staar stip die dood my aan.
Ai, wat 'n lang ent pad vannag!
En, ai, my dapper perd, jy's stom!
Ai, dat die dood daar vir my wag
voor ek in Córdoba kom!
Córdoba.
Ver weg en gans alleen.Ga naar eind12.
Maar dit is veral die Londense teater waarin Uys geïnteresseerd is en waar hy in die nege maande van sy verblyf nie minder nie as negentig produksies bywoon. Die geheelindruk wat hy van die Engelse toneel oorhou, is die algemene bedrewenheid, trefsekerheid, maar veral die besondere tegniese vaardigheid waarmee die Britte die dekorkonstruksie opbou. Hy meen 'n mens sal nie iewers in die wêreld beter dekor en kostuums as in Londen kry nie, maar dat die blote middel 'n einddoel geword het. Sy beswaar is dat die Engelse toneel aan ‘'n soort taalskuheid of woordskrikkerigheid’Ga naar eind13. ly en dat die dialoog 'n nabootsing van die geykte spraak van die deursnee-Engelsman is, sonder enige pit of fut. Tog is die spel van die Londense akteurs op 'n baie hoë peil. In die Old Vic sien hy 'n opvoering van King Lear. In die Phoenix woon hy John Gielgud se produksie van Much ado about nothing by en sien hy hoe Gielgud volkome in sy rol opgaan: ‘Gielgud did not act Benedict, he was Benedict; full of brio and bounce when deluding himself he would remain forever a bachelor; abashed, contrite, gentle and even tender once he had fallen in love with Beatrice. And the whole production seemed to take a lively | |
[pagina 432]
| |
charm and grace from his bouyant elegance, and fire from the vitality of his “attack”.’Ga naar eind14. Aan Lydia skryf hy op 23 Mei 1952 dat nie alle toneel wat hy sien, goed is nie. Montserrat van die Frans-Spaanse dramaturg Roblez is die stuk wat hom die meeste aangryp. Met Richard Burton, ‘die begaafdste jong speler’ in Engeland, wat die hoofrol vertolk en ‘met so 'n wonderlike rus en kalmte in hom’ kan speel, gaan maak hy kennis en reël hy 'n ontmoeting vir 'n latere lang gesprek. Ongelukkig het die kritici dié stuk, wat Uys in 'n voorstedelike teater sien, só doodgemaak dat dit nooit by die West End uitgekom het nie. Hy voel trouens dat Londen die res van Engeland kultureel vernietig. Die platteland verarm, omdat al die jong toneelspelers en kunstenaars na Londen wil gaan en die erkenning van die grootstad wil geniet. So 'n sentralisasie van die kunste en die intellektuele lewe, meen hy, is nadelig vir 'n land.Ga naar eind15. Wanneer Uys genoeg het van Londen en deur die grootstad ingehok voel, wyk hy uit na Skotland, waar hy lekker lank by nuut verworwe vriende kuier en sy verhaal ‘The dream’ voltooi. Juis in hierdie tyd bereik hom die onaangename nuus van die heftige polemiek wat daar in Suid-Afrika oor die Hertzogprys vir Drama losgebars het, nog 'n aflewering - maar nou uiters onverkwiklik - van die blatante wyse waarop die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns sy werk vir bekroning verbygaan. Die storm van 1952 het 'n lang aanloop van herhaalde verswygings en ignorerings gehad. In 1944 het die keurkommissie van die Akademie besluit dat die drama-oes vir die betrokke tydvak te klein is en dat hulle, volgens die nuwe regulasies, na Leipoldt wil teruggryp en Die heks en Die laaste aand bekroon ten einde, in die woorde van prof. D.B. Bosman wat die commendatio lewer, ‘'n ou skuld’Ga naar eind16. te vereffen. Wanneer daar egter in 1948 weer na bekroningswaardige dramas in die tydvak gekyk word, vind die keurkommissie dat die werk van Gerhard J. Beukes en W.A. de Klerk belofte vir die toekoms toon. Van 'n teruggryp na Krige, wie se werk 'n vorige keer verbygegaan is, word niks gerep nie. In 1949 kom die Hertzogprys vir Prosa aan die beurt. Waardering word wel uitgespreek vir die werk van Uys Krige saam met dié van Holmer Johanssen en J.F.W. Grosskopf, maar tog word geen bekroning gemaak nie. Die besluit om geen prys toe te ken nie, lok van verskeie kante protes uit, onder meer in hoofartikels in Die Vaderland en Die Transvaler en briewe in Die Burger. Wat baie kommentators teen die bors gestuit het, is dat 'n skryfster soos M.E.R., van wie se mooiste | |
[pagina 433]
| |
werk in dié jare gepubliseer is, nie bekroningswaardig geag word nie, terwyl J. van Melle, wie se belangrike kortverhale, waarop Krige se bloemlesing van 1949 weer prominent die aandag gevestig het, vir die soveelste keer verbygegaan is. Dit het die bedanking van I.W. van der Merwe (Boerneef) as lid en 'n eredoktoraat van die Engelstalige Universiteit van Kaapstad gekos voordat die Akademie tot besinning kon kom en M.E.R. in 1953 met die Hertzogprys bekroon is. Van Melle moes egter sterf voordat hy erkenning vir sy werk ontvang het. In 1951 kom die poësie aan die beurt. Krige, Watermeyer en Pretorius se werk word wel genoem, maar Toon van den Heever word bekroon, ‘nie op grond van sy jongste bundel (Die speelman van Dorestad) nie, maar vanweë die besondere plek wat hy deur sy eerste bundel...in ons digkuns inneem en die diepgaande invloed wat daarvan uitgegaan het’.Ga naar eind17. Van 'n teruggryp na Krige, soos vroeër na Eybers, was daar geen sprake nie. In 1952 word die Hertzogprys vir Drama aan Beukes en De Klerk toegeken. Die keurkommissie bestaan uit F.C.L. Bosman (sameroeper), M.S.B. Kritzinger en H. van der Merwe Scholtz, senior. Oor Krige se werk lui die verslag: ‘Hoewel daar uitstekende werk is onder die... stukke van Krige, staan dit as geheel tog dusdanig agter by Beukes of De Klerk, dat dit nie gelyk gestel kan word vir hul werk vir bekroning nie. Moontlik kan dit by 'n latere geleentheid as aanvullende werk geld vir 'n eventuele bekroning.’Ga naar eind18. Oor Beukes se werk is die lof van die keurders in die oortreffende trap: ‘Al hierdie werk is in die groot of goeie klas. Deur Beukes se meesterskap van vorm, sy breë veld van onderwerpe en figure (nasionaal sowel as internasionaal), sy egte en deurdringende karaktertekening, sy treffende dialoog, sy tragiese sowel as komiese vermoë, sy digterlike siening sowel as intellektuele mag, verdien Beukes sonder enige twyfel die Hertzogprys, insonderheid vir sy eenbedrywe Salome Dans! en, as toppunt, Langs die Steiltes.’Ga naar eind19. Ook oor De Klerk se Die jaar van die vuur-os is die verslag loftuitend: ‘'n stuk van groot formaat waaruit groot liefde vir die land spreek en wat 'n groot boodskap verkondig of 'n mens nou orals daarmee saamstem of nie. Dit toon 'n sosiale insig en 'n beeldende vermoë wat 'n mens aan Ibsen laat dink. As drama in die gewone sin van die woord is dit inderdaad die voortreflikste stuk wat die Van Riebeeckfees voortgebring het.’Ga naar eind20. Op hierdie uitsonderlik gunstige verslag volg reaksies van W.E.G. Louw, D.J. Opperman, Meyer de Villiers, J. du P. Scholtz en Rob An- | |
[pagina 434]
| |
tonissen, wat almal 'n verdoemende oordeel oor die Akademieverslag en veral Beukes se werk uitspreek, terwyl F.C.L. Bosman die Akademie verdedig. In antwoord op die hooggestemde lof sê W.E.G. Louw in Die Huisgenoot van 24 Oktober 1952 byvoorbeeld dat hy ‘nog nie één stuk van Beukes gelees het waarin ek nie op byna elke bladsy, in byna elke sin, teen die bors gestuit is deur onvergeeflike retorika en onvermoë om in die gesproke woord ook maar iets van innerlike lewe uit te druk nie’.Ga naar eind21. In Standpunte van Oktober 1952 spreek Rob Antonissen hom uit oor Beukes se As ons twee eers getroud is!, waarvan hy die opvoering op Grahamstad bygewoon het. Hy het gebloos ‘oor die enorme geesteloosheid, oor die ondenkbare flouïteite, oor die onwaaragtigheid van die hele intrige, oor die skandalige dubbelsinnighede’.Ga naar eind22. Selfs Bokkie is in 'n brief van 30 November 1952 verbysterd oor die lofrede van die Akademie oor die Hertzogprys. Hy het die opvoering van Beukes se Salome dans! bygewoon en dit was vir hom afskuwelik en walglik. Antonissen, so laat hy Uys weet, het die stuk in Standpunte verdoem en Bokkie verneem die belanghebbendes het glo alles geprobeer om die artikel onderdruk te kry. Ook die toekenning aan De Klerk is vir Antonissen ‘voorbarig’, al is daar in De Klerk se stukke ‘heelwat meer substansie as in Beukes s'n’. Hy gaan voort: Uys Krige se eenbedrywe Alle paaie gaan na Rome (1949), Fuente Sagrada en Die sluipskutter (1951) ‘is stukke só warm van menslikheid dat hul agterstelling by Beukes en De Klerk se werk 'n mens met verstomming slaan. En ook die ander twee stukke was nie van “bekroningsgehalte” nie. Laat Die Ongeskrewe Stuk dan nie “nuut” wees in die wêreldliteratuur nie, dis allesins 'n treffend geslaagde eksperiment, oorspronklik en “Afrikaans” genoeg om nie net Pirandello te wees nie. Die Grootkanonne mag op “dronkemansburlesk” (Ak.-v.) uitloop, maar dis 'n virtuose burlesk; en as die Akademieverslag hier gewaag van “onnatuurlike taal”, dan bewys dit juis 'n gebrek aan insig in die burleske funksie van die “grootkanonne” se taal. In elke geval is hierdie klug veel egter en ryker as enige spesimen van Beukes se klugte. Die Akademie het 'n gulde geleentheid laat verbygaan om Krige publiek te erken as verreweg die beste Afrikaanse eenbedryfskrywer van hede.’Ga naar eind23. In die jare wat op hierdie ongelukkige bekroning van De Klerk en Beukes en die negering van Krige sou volg, sou die Akademie nie hierdie laaste uitspraak van Antonissen ter harte neem nie. In 1956 en 1960 het die Akademie tereg sy Hertzogprys vir Drama aan Op- | |
[pagina 435]
| |
perman vir Periandros van Korinthe en Van Wyk Louw vir Germanicus onderskeidelik laat toekom. In 1963 het die Akademie egter geen toekenning vir drama gemaak nie, om weer vir die soveelste keer Krige, maar ook etlike jonger dramaturge, verby te gaan. En in 1966 sou die Akademie vir 'n verdere skandaal, gelykwaardig aan dié van 1952, sorg deur die prys andermaal van Krige te weerhou. 'n Mens moet onteenseglik tot die gevolgtrekking kom dat daar naas heelwat slordigheid ook heelwat moedswil ten grondslag van die Akademie se besluite in verband met Krige aanwesig was en dat sy uitgesproke politieke oortuigings, en nie in die eerste plek die gehalte van sy werk nie, deels verantwoordelik was vir die gebrek aan geesdrif om sy werk te bekroon. | |
IIOp 12 Maart 1952, toe hy nog in Kaapstad was, skryf Uys aan Jan Rabie, wat reeds sedert 1947 in Parys woon, dat hy hom graag tydens sy besoek aan Frankryk wil sien. In daardie stadium was Uys se plan voorlopig om in Junie of begin Julie in Parys aan te land. Dit sou egter tot Desember duur voordat hy sy opwagting in die Franse hoofstad sou maak. Reeds aan die begin van die twintigste eeu was Parys met die talle impressioniste wat daar of in die nabyheid van die stad gewerk het, die kultuursentrum van Wes-Europa. Talle kunstenaars soos Modigliani het in die Quartier Latin aan die linkeroewer van die Seine 'n intense lewe gelei en prikkels vir die uitbouing van hulle kuns gevind. Met Uys se eerste kort besoek in 1931 was Parys 'n smeltkroes waar 'n mengelmoes mense bymekaargekom het en waar allerlei rigtings in die literatuur en kuns onderdak kon vind. Ná die Tweede Wêreldoorlog was Parys, nog meer as tevore, die intellektuele Mekka waar intelligentsia hulle druk gemaak het oor die mees uiteenlopende politieke en filosofiese kwessies. Met studente uit alle moontlike wêrelddele was die sfeer in Parys en in die Cité Universitaire gelaai en kosmopolities. Dit was die hoogbloei van die eksistensialisme en die nuwe boeke en idees van Jean-Paul Sartre, Albert Camus, Maurice Merleau-Ponty en Simone de Beauvoir is langs die Seine deur langhaarstudente gelees en bespreek. Aan die Sorbonne is die werk van Karl Marx, Søren Kierkegaard en Martin Heidegger bestu- | |
[pagina 436]
| |
deer, terwyl die fenomenologie van Edmund Husserl groot ingang gevind het. Die absurde teater van Beckett en Ionesco is naas die toneelstukke van García Lorca opgevoer, terwyl films na scenario's van Jacques Prévert, soos Les enfants du paradis, vertoon is.Ga naar eind24. In 1950, kort nadat hy in Amsterdam aangekom het om die leerstoel in Afrikaans te aanvaar, is Van Wyk Louw ook op 'n kort besoek aan 'n Parys waar, soos hy dit stel, ‘die nátrillings van 'n Wêreldoorlog nog hewig genoeg was om sober mense hul ewewig te laat verloor’.Ga naar eind25. In die studentekafees, waar hy dikwels gekom het, was daar naas die Franse ook Viëtnamese, Senegalese, Algeryne en mense van baie ander nasiesGa naar eind26. - almal besig om met die hartstog van die jeug oor lewensbelangrike vraagstukke helderheid te verkry. Parys het in die jare ná die oorlog 'n magnetiese aantrekkingskrag vir jong kunstenaars en skrywers van elders, Amerikaners in die besonder, gehad. 'n ‘Lost generation’, bestaande uit Elliott Stein, James Baldwin, Carson McCullers en Alfred Chester, het begin om in Parys te skryf.Ga naar eind27. Skrywers en kunstenaars wat hulle in hierdie jare ook in Parys vestig en vir korter of langer periodes daar woon, was Simon Vinkenoog, Remco Campert, Rudy Kousbroek, Hans Andreus, Lucebert, Hugo Claus, Gerrit Kouwenaar, Karel Appel en Corneille - almal digters en skilders wat later as die Nederlandse Vijftigers of lede van die Cobra-groep bekend sou staan. Simon Vinkenoog vestig hom in Maart 1950 in die stad en met sy ongeremde geesdrif is hy die bindende krag in hierdie heterogene groep. Dit was die tyd waarin die Nederlandse poësie en kuns hulle wou ontworstel aan die provinsialisme en op 'n euforiese manier wou aansluiting soek met die internasionale avant-garde. Jan Rabie - in daardie stadium nog net vir boeke soos Nog skyn die sterre (1943) en Geen somer (1944) met hulle voortsetting van die historiese romantiek en die plaasroman en vir die stadsromans Vertrou op môre (1946) en Die pad na mekaar (1947) bekend - het reeds in April 1947 in Parys aangekom, waar hy gelees, gestudeer en probeer skryf het. Vir Uys het hy kort voor sy vertrek uit Suid-Afrika in Johannesburg in die ou, leë huis in Parktown-Noord ontmoet. Hy het hom onthou as 'n kort, borrelende, romantiese figuur met 'n wilde kuif wat hom aan Napoleon laat dink het, met 'n oordrewe uitvraery na ouers en grootouers se herkoms en nooiensvanne in 'n poging om vas te stel of hy en Jan nie dalk familie van mekaar is nie. Toe Uys die aand sonder kennisgewing met Jan by die huis in Parktown opdaag, het | |
[pagina 437]
| |
die vurige Lydia woedend 'n broodkors na hulle gegooi, iets wat Uys met 'n ‘reënboog’ onskuldige trooswoorde beantwoord het.Ga naar eind28. Jan het reeds in dié stadium waardering gehad vir Uys, wat die ‘verwonderlike suidelike vensters’Ga naar eind29. van die Mediterreense literature vir Afrikaans toeganklik gemaak het en hy het gehou van die wyse waarop Uys feitlik sonder geld of vaste inkomste in Frankryk en Spanje soos 'n troebadoer kon leef en swerf. Met sy aankoms in Parys sou Jan dieselfde tipe leefwyse voer. Hy het Frans behoorlik geleer en die Franse letterkunde van 'n kant af verken, terwyl hy gebrek gely het deur die goedkoopste kos en slaapplek te kry en weke lank sonder 'n behoorlike bad klaar te kom. Soms moes hy uit honger koolblare in die groot sentrale mark, Les Halles, gaan optel, die metro help uitvee of vae skemerberoepe beoefen, soos om vir 'n pornografiese blaadjie te poseer. Toe hy ná veertien dae se koolblare weer by die pornograwe opdaag, wou hulle hom nie weer gebruik nie - hy was dan nou kwansuis te maer! In dié tyd leer hy die Skotse skilderes Marjorie Wallace ken. Hy behou sy dakkamer, maar saam woon hulle in haar ateljee in die Rue de la Tombe Issoire 33.Ga naar eind30. Baie gou raak hy en Marjorie bevriend met die Nederlandse en Vlaamse skrywers en kunstenaars, ontmoet hulle lede van die groep in kafees of woon hulle van die veelvuldige feeste en gesellighede van Vinkenoog en sy vriende by. Die Nederlanders en Vlaminge was in onvrede met die tradisionele en geykte van hulle eie letterkunde en wou, in die woorde van Lucebert, 'n aanval loods op die ‘hipokrisie’ van die ‘letterdames’ en die ‘letterheren’ wat ook ná die oorlog verder voortgeskryf het asof ‘holland een rose perziktuin’ is. In plaas daarvan was dit hulle strewe om in naam van die ervaring van die volledige lewe ‘de blote kont der kunst te kussen onder uw sonnetten en balladen’.Ga naar eind31. Soos hulle was ook Jan, ten spyte van sy stereotiepe romans, in opstand teen die tradisionele skrywers in sy eie land en wou hy met sy werk 'n vernuwing in die Afrikaanse prosa bring. Reeds in Januarie 1950 voltooi hy die eerste kort stukke wat hy later sy prosas sou noem: stukke soos ‘Drie kaalkoppe eet tesame’, ‘Die man met die swaar been’; later ook ‘Simbool’. Hierdie stukke skryf hy oorspronklik in Engels, deels uit woede omdat die Nasionale Pers sy roman Helgard van die hel in 1949 afkeur, deels omdat sy Paryse vriende, in die besonder Marjorie, aan wie hy sy werk wou bekend stel, nie Afrikaans magtig was nie.Ga naar eind32. Wanneer hy van dié prosas aan die Tydskrif vir Letterkunde voorlê, word vier van hulle deur | |
[pagina 438]
| |
C.M. van den Heever aanvaar, maar Opperman keur al sy voorleggings, insluitende ‘Stellenbosch, my vallei’, vir Standpunte af.Ga naar eind33. Naas sy gevoel van opstandigheid, wat die literêre elite in sy eie land betref, was hy ook sterk bewus van die onreg wat in naam van apartheid gepleeg word. Baie Suid-Afrikaners wat hy in Parys leer ken het, wou nie weer teruggaan nie, maar hy voel dat hy tog in daardie dorheid as skrywer 'n taak sal hê. Op 16 Desember 1951 voltooi hy ‘Droogte’ oor wat hy die ‘enigste nasionale tema’Ga naar eind34. van Suid-Afrika noem: ‘die blindheid in blakende son’,Ga naar eind35. die histeriese en krampagtige vasklou aan 'n verlede waarin ekstreme vooroordele die botoon voer. Uiteindelik, op 19 Desember 1952, gaan haal Jan en Marjorie Uys by die Gare du Nord af, waar hy, toegewikkel in 'n reënjas, per bus uit Londen aankom. Uys was die tweede Afrikaner wat Marjorie ontmoet het en hy het dadelik 'n simpatieke indruk op haar gemaak. Hy was, soos sy later sou sê, 'n kleinerige mannetjie wat reeds met die uitstap begin praat en oor die koue gekla het.Ga naar eind36. Uys, wat reeds in September sou aankom, het in Skotland by 'n klomp Lallans-digters vasgeval en in Dunfermline het hulle mekaar se werk begin vertaal.Ga naar eind37. Hoewel hy van plan was om net 'n naweek by Jan en Marjorie te vertoef en dan in 'n woonstel in te trek, bly hy drie maande lank by hulle! Op 30 Desember 1952 teken Jan in sy dagboek aan: ‘Uys Krige oorwinter oorvloediglik as causeur [verteller/prater] by ons sedert die 19de.’Ga naar eind38. Gou vind Uys ook aanklank by Marjorie, soms bly hy tot drie-uur in die nag praat en dikwels maak hy in die oggend tee - omtrent die enigste wat hy in 'n kombuis kon uitrig -, só sleg dat Jan dit by die venster uitsmyt. In dié tyd skilder Marjorie hom. Dit is 'n haas onmoontlike taak, omdat Uys net eenvoudig nie kon stilsit nie. Hy het Marjorie, hoewel 'n bietjie karig, vir sy etes vergoed, maar soms onverwags met iemand opgedaag wat saam met hom teater toe sou gaan en, tot Marjorie se ergernis, vinnig 'n happie wou eet. Ná Uys se koms was Suid-Afrikaners soos Richard Daneel, Jannie Coetzee en Bartho Smit ook in Parys. Toe Bartho aankom, het Jan se gasvryheid hom laat voel Uys was nou lank genoeg by hulle en dat hy moet plek maak vir Bartho. Maar Uys het koppig vasgestaan. ‘Why should I go? Marjorie is used to me by now. Why should she get used to another? To this Balbo?’Ga naar eind39. Marjorie se gelate kommentaar was: ‘Let Uys stay. I'll rather have the evil I know.’Ga naar eind40. | |
[pagina 439]
| |
Ten spyte van sy onbeholpenheid en al die ergernis kon Jan baie jare later getuig dat Uys die heel lekkerste gas was wat hulle ooit in hulle gasvrye tuiste in Parys kon verwelkom. Dit was vir hulle, skryf Jan, ‘'n genot om die warme, naïewe, opregte mens en borrelende praatmasjien en immergeesdriftige homme des lettres in Marjorie se ateljee in Montparnasse te hê’.Ga naar eind41. Hy was 'n ‘onkeerbaar borrelende woordfontein’Ga naar eind42. wat nooit moeg geword het van praat nie, wat vir Jan en Marjorie poësie gedeklameer het terwyl hulle skottelgoed was of boeke agter hom optel.Ga naar eind43. Uys was ‘tot wanhopens toe’Ga naar eind44. onprakties in 'n huis en in sy ‘onverwoesbare geesdrif’Ga naar eind45. meestal nie bewus van wat om hom aangaan of wat hy eet nie. Toe Marjorie 'n maand lank by haar ouers in Skotland was, moes Jan na Uys omsien. Op 'n dag het hy Uys se bord yskoue, deurmekaargekrapte kos voor hom weggeraap en in die asblik gaan uitsmyt met die woorde: ‘Jy kry niks voor jy nie sê dis lekker nie!’Ga naar eind46. In die eerste dae in Parys dwaal Uys deur die Quartier Latin, stap hy oor die brûe van die Seine, kyk hy in by Les Halles, besoek hy die Louvre en loop hy verby die Place de la Concorde na die Champs Elysées en die Arc de Triomphe. Hoewel hy die stad, soos trouens alle stede, 'n bietjie raserig vind, is Parys vir hom nou 'n aantreklike stad, nie meer die monster en dreiging van sy gedig ‘Dagbreek’ van 1931, wat die onderliggende melancholie in hom wek, nie. Net met die grys geklede dames by die hekke van die metro kom hy nie klaar nie. As hy vir die soveelste maal met die verkeerde kaartjie wil reis en hom in hulle onverbiddelike strengheid vasloop, verwys hy na hulle as ‘the grim grey Gorgons of the gates’!Ga naar eind47. Almal, ook die Nederlandse skrywers, wat hom in hierdie tyd ontmoet en leer ken, hou van Uys se innemende menslikheid en nederigheid. 'n Onbekende joernalis wat in hierdie dae oor hom moes skryf, gee 'n goeie kensketsing van Uys in Parys, in sy ‘roaring forties’ op sy wakkerste: It was not like meeting a great man. There is a peasant-like quality about Uys Krige, with his earthy simplicity. He scorns sophistication, lacks affectation and has a contageous enthusiasm. His face, with its impishness, reminds one of a highly intelligent monkey. It is ageless in its animation and the quick workings of his mind are revealed in those darting blue eyes. Uys Krige is unlike any other man I have ever met. He conforms to no pattern | |
[pagina 440]
| |
or convention. He is completely uninhibited and has his own code of living.Ga naar eind48. Deurdat hy 'n amptelike gas van die Franse regering was, kon Uys met die vergunning van die Franse departement van kultuursake gratis teater- en rolprentkaartjies na feitlik elke aanbieding in Parys kry, ook toe hy later, ná sy verblyf by Jan en Marjorie, in 'n klein hotelletjie in die Quartier Latin gewoon het. Hy word besonder beïndruk deur die Franse rolprente wat hy sien. Wanneer 'n Fransman sy kamera op 'n straathoek of die interieur van 'n kafee rig, merk hy op, sien 'n mens dadelik die verskil met die oppervlakkige Hollywoodprodukte. Met sy meer as veertig teaters beleef Parys in dié jare 'n bloeitydperk in sy toneellewe. Uys ontmoet van die beroemde regisseurs en akteurs, wat hom uitnooi om hulle repetisies by te woon. Dikwels gaan sit hy dan 'n hele dag daar en luister. Met die Rooms-Katolieke filosoof Gabriel Marcel, wat ook toneelstukke skryf, raak hy goed bevriend en ten minste een maal 'n week gesels hulle lank met mekaar.Ga naar eind49. Baie gou merk Uys 'n belangrike verskil tussen die Londense en die Paryse teater. Die Engelse toneel is met sy fyn dekorkonstruksie ingestel op die oog, terwyl die Franse op die oor gerig is. Die spelers is toegespits op die versorging, die vertroeteling byna, van hulle dialoog. In die blyspele buit hulle die ratse woord en wederwoord uit, terwyl die lang, bewoë alleensprake - op gevaar af van breedsprakigheid of ‘betoog’ - in die treurspele hom opval. In die besonder is hy beïndruk deur die werk van Jean Vilar, die stigter van die Théâtre Populaire, wat met sy aanbiedings die toneel na die arbeiderstand wou bring. Met slegs 'n paar stoele as dekor sien Uys van hom 'n opvoering waarin hy stemming, atmosfeer, verandering in tempo en verwisseling van tonele bloot met die verdieping of vermindering van die beligting bereik.Ga naar eind50. Uys woon stukke van Claudel, Anouilh, Ionesco, Adamov, Alfred Jarry en baie van die ander avantgarde-skrywers van dié tyd by. Onder die bykans sewentig produksies wat hy sien, is ook dié van Molière in die Comédie Française. Saam met Jan en Marjorie gaan kyk hy een wintersaand in die Théâtre de Babylone na die Ier Samuel Beckett se rewolusionêre En attendant Godot, daardie ‘skrikwekkende loflied op absurditeit en die niet’.Ga naar eind51. ‘What a lovely Irish play in French!’ was Uys se kommentaar!Ga naar eind52. In Londen was Uys besig met die afhandeling van sy verhale in The dream and the desert. Nou, terwyl hulle snoesig in Parys saam- | |
[pagina 441]
| |
woon, help Jan, wie se Frans in dié stadium vlotter was as dié van Uys, sy vriend met die hersiening van sy direkte vertaling van Paul Éluard se gedigte. Uys word opnuut beïndruk deur die moeitelose indruk wat Éluard se verse maak. Hy self het nog altyd gevoel dat 'n gedig nie gefabriseer kan word nie, dat dit soos 'n fontein in hom moet begin speel. In een van sy briewe, so herinner Uys hom, het John Keats gesê dat as 'n gedig nie na hom kom soos blare na 'n boom nie, dit maar liewers nooit moet kom nie.Ga naar eind53. Hy dink aan die belangrike stelreël van Paul Valéry dat die digter van êrens - deur die gode of deur die inspirasie - 'n reël gegee moet word waarop hy dan verder self moet voortbou. In die Engelse vertaling deur Denise Folliot formuleer Valéry hierdie beginsel as volg: Skilled verse is the art of a profound skeptic. It presupposes an extraordinary freedom with respect to the whole of our ideas and sensations. The gods in their graciousness gives us an occasional first line for nothing; but it is for us to fashion the second, which must chime with the first and not be unworthy of its supernatural elder. All the resources of experience and of the mind are not too much to render it comparable to the line which was a gift.Ga naar eind54. Dit is 'n beginsel waarop Uys telkens in sy digterlike loopbaan sou terugkom, al voeg hy by tye spottend by dat hy graag sou wou hê dat twee of drie reëls hom gegee word! Op sy beurt help Uys vir Jan sny en slyp aan die prosas wat in 1956 by die uitgewer Balkema onder die titel Een-en-twintig sou verskyn. Die samewerking van Jan en Uys in die Rue de la Tombe Issoire 33 in Montparnasse is die geboorte van Sestig. Met Een-en-twintig lei Rabie oornag die vernuwing in die Afrikaanse prosa in wat 'n paar jaar later met sy verdere werk - veral die roman Mens-alleen, wat hy ook in Parys skryf maar eers in 1963 publiseer - en dié van Etienne Leroux, André P. Brink, Dolf van Niekerk en Chris Barnard 'n werklikheid sou word. By die verskyning van Jan se bundel skryf Uys 'n lofryke en insiggewende inleiding waarin hy by die tradisie van die surrealiste stilstaan en oor die Franse poème en prose uitwei, maar uitdruklik verklaar dat daar hier geen sprake van blote navolging of epigonisme kan wees nie: | |
[pagina 442]
| |
Jan Rabie het hierdie vorm sy eie gemaak; en niemand moet dink dat dit 'n maklike vorm is nie, want dit het sy eie probleme van organisasie en konstruksie, is vol strikvalle vir die onbedrewene en die epigoon, en dit vereis 'n ewe groot innerlike gespannenheid en noodsaak as die gedig.Ga naar eind55. Krige se kommentaar by sommige van die prosas is besonder insiggewend. Die openingstuk, ‘Drie kaalkoppe eet tesame’, laat hom byvoorbeeld dink aan 'n vyftiende- of sestiende-eeuse gravure of ets van die bedroewende gevolge van een van die doodsondes, 'n stuk wat hom ‘onmiddellik verplaas in die sfeer van die werk van party surrealistiese digters of skilders’.Ga naar eind56. Boweal, en hier dink 'n mens aan die wyse waarop Krige self met swoeg en sweet in die dertigerjare by sy eie prosastyl in Spanje moes uitkom, waardeer hy die wyse waarop ook Rabie sy eie stem gevind het: Sy studie van die Franse taal en letterkunde het hom...'n fyner oor gegee vir sy eie taal, dié taal se musikaliteit en die toonwaardes van daardie musikaliteit; dit het sy taalgebruik leniger gemaak, beweegliker, veel subtieler en ryker geskakeerd as voorheen; sy visuele gawe aansienlik verskerp en hom geleer om die beeld raak en lewendig met 'n minimum van woorde daar te stel.Ga naar eind57. Die grootste taak van die skrywer, sê Krige, is om geensins met nuwighede voor die dag te kom nie, maar alleen sy ware self te ontdek. En het hy dié self eers ontdek - sy eie eerlikheid, die lewe self asook die werk van ander skrywers help hom natuurlik om daardie self te ontdek - gaan sy werk verskil van dié van ander soos sy vingerafdrukke verskil van wie s'n ook al op aarde; en gaan dit werklik nuut wees, werklik oorspronklik in die oorspronklike sin van die woord, naamlik van eie oorsprong.Ga naar eind58. Dit is belangrike woorde wat Krige hier skryf en 'n sleutel tot sy eie ontwikkeling wat ná sy Europese verblyf vir hom voorgelê het. Hoewel hy tydens sy besoek aan Parys deeglik met byvoorbeeld die Teater van die Absurde kennis maak, het hy in die jare wat voorlê, | |
[pagina 443]
| |
niks van wat hy op die gebied van die literatuur en die toneel kon ervaar en beleef, klakkeloos oorgeneem nie. Wat daar van hierdie en dergelike tradisies in 'n drama soos Die goue kring opduik, het hy volkome versoen met sy eie styl en oortuigings as skrywer. Maar by werk alleen kon die praterige Uys nie bly nie. Kort ná sy aankoms in Parys in Desember 1952 duik sy misnoeë oor die toekenning van die Hertzogprys in sy gesprekke met Jan op. Hy was oor die algemeen tevrede met Opperman se bloemlesing Groot verseboek, wat die vorige jaar verskyn en waarvoor hy sy eie tekste spesiaal hersien het. Hy het egter gemeen dat Opperman te veel van Van Wyk Louw en sy eie werk opneem en daarmee 'n eensydige beeld van die Afrikaanse poësie gee, ten koste van die Mediterreense rigting en die losser prosodie wat hy met bundels soos Rooidag, Die einde van die pad en Hart sonder hawe verteenwoordig. Nog sterker was sy gevoel wanneer Opperman se doktorale proefskrif vroeg in 1953 verskyn en Uys se werk volgens sy eie oordeel stief in vergelyking met dié van Van Wyk Louw bespreek word. In 'n brief wat hy 'n paar maande later skryf aan Charles Eglington, die digter en joernalis wat die uitvoerige artikel oor Krige se werk vir die eerste uitgawe van P.J. Nienaber se Perspektief en profiel gelewer het, blyk duidelik waarin Uys se grief geleë is: dat hy al die invloede uit Spaans en Frans wat aan Opperman vrywel onbekend was, self uitgewys het; dat Opperman sterk krities staan teenoor die gedigte wat Krige as skoolkind skryf, maar Van Wyk Louw se - volgens hom - dikwels ewe swak vroeë verse sonder negatiewe kommentaar bloot vermeld; en dat Opperman basies negatief ingestel is teenoor Krige se hele digterskap: Dirk had a good chance to come with an adequate assessment of my worth as a poet - but he messed it up. I gave him about 90 percent of my ‘influences’, even flung a couple into the bag that weren't quite true, just for a joke...And his whole essay on me...is top-heavy with ‘influences’. But what is worse, is his prejudice against me. It sticks out a mile all over the place. Why, for instance, doesn't he say my translation of Lorca's Llanto is as good, if not better, than any other translation extant - when he goes out of his way to compare some of Van Wyk's best poems to inferior poems by famous poets just to show what a ‘great poet’ V.W. really is? Why doesn't he compare my Llanto with Spender's or Lloyd's or even Campbell's - or with some Dutch | |
[pagina 444]
| |
ones of whose existence he is perfectly aware? He goes into both Van Wyk's and my poems written when we were in our early teens - but he criticizes mine adversely and V.W.'s not. Nor does he praise Van Wyk's. Why? Take a swipe at an old fogey of almost 44 by all means if he deserves it - but why, o why crack a kid of fourteen over the head? I could go on analysing this prejudice of Dirk, but will mention only one thing more. That astonishing final summing up of his. Bewildered, I ask: Why for the love of God or man write about 50 pages about a poet to come to the shattering conclusion that you now doubt whether he's really a poet or not? I wrote to Dirk about this saying his peroration reminded me of the old Oom, who on being confronted with a giraffe, grunted: ‘Nee, nefie, in jou glo ek nie...’ Uit sy brief aan Eglington lei 'n mens af dat Uys baie seergemaak was deur die wyse waarop Opperman sy poësie in Digters van Dertig bespreek. Ter verdediging kan 'n mens wel sê dat Opperman meestal trefseker die beste verse in die Krige-oeuvre aanwys en sy vinger op van die belangrikste en mees basiese probleme en gevare van dié digterskap lê. Tog bly Opperman in gebreke om die vraag in sy finale samevatting aan die slot, naamlik of Krige nie maar ‘net 'n blote naskeppende kunstenaar’Ga naar eind59. is nie, met die nodige substansie positief te beantwoord. Dat Krige baie vertaal en dikwels in sy vertalings tot ‘nadigtings’ oorgaan, maak nie van hom 'n minder oorspronklike digter nie. Ten spyte van die invloede en verwantskappe wat hy probeer uitwys, kon Opperman ook nie daarin slaag om die nuutheid en oorspronklikheid van Krige se beste verse oortuigend te bevraagteken nie. Die enkele kere dat hy Eglington in dié verband teengaan, is sy bewysvoerings onoortuigend. Alles vloei vir Uys voort uit die wanopvatting oor die woord oorspronklik en wat hy Opperman se ‘snuffelkoors’ noem. Wanneer hy Digters van Dertig klaar gelees het, skryf hy 'n satiriese vers wat hy ‘Kritikus van Vyftig’ noem: Dat hy geen digtermaat, anders begaaf
as hy, ooit kan laat staan nie
sonder om hom in lompe plompe
prosa skoon plat te slaan nie;
dat hy één enkel digter van sy eie soort
maar groter gawes, moet my hier nie misverstaan nie
| |
[pagina 445]
| |
(ook hy lag skaars en ken geen traan nie)
telkens verhef tot 'n spitspiek waar Keats
nòg Shelley ooit hul pad sal baan nie
- is dit kritiek, suiwer en onpartydig,
of maar net oppermanie?
Telkens in Uys en Jan se gesprekke duik die naam van Opperman op. In dié stadium het Marjorie nog nie Afrikaans geken nie, maar met haar gevoelige oor kon sy gou sekere woorde wat dikwels voorkom, uitken en haar eie afleidings maak. Uit Uys en Jan se gesprekke hoor sy ‘joggel, goggel, boggel, Opperman! Joggel, goggel, Opperman!’ Op 'n wintersdag brand sy haar hand aan die warm pyp van die ysterstoof in die middel van die ateljee. Sy roep uit: ‘Opperman!’ Toe Uys en Jan haar verbaas aankyk, vra sy: ‘Isn't Opperman a terrible swearword in Afrikaans?’Ga naar eind60. Van tyd tot tyd, in die sewe maande dat hy in Parys woon, skryf Uys artikels vir tydskrifte en koerante, tree hy oor die radio en televisie op en hou hy lesings en praatjies. Wanneer hy uitgenooi word om oor die Suid-Afrikaanse rasseprobleem 'n lesing te lewer, praat hy met insig, menslikheid en liefde vir sy land en ál sy mense, óók sy politieke opponente. Kritici tuis, veral onder die Nasionaliste, moes skaam gekry het indien hulle van hierdie genuanseerde standpuntinname van Krige voor 'n Franse gehoor kennis geneem het. Aangesien dié lesing, wat hy op 28 Mei 1952 lewer, so belangrik vir sy politieke standpunt én sy menslikheid is, word dit hier in sy geheel weergegee: If there is one thing I regret about the present passionate interest in this country & the world in general in South Africa's immensely complex racial problem, it is its oversimplification - a certain, perhaps unavoidable, lack of nuance. And as your own Paul Verlaine so aptly said: c'est la nuance que compte...Let me, briefly, give a few of these nuances. | |
[pagina 446]
| |
and economic dilemma not of our making as every other European race would have been caught up in it under similar circumstances. And we have reacted to it in exactly the same way, I think, as any other European people would have reacted to it. Our situation, it must be remembered, is the completely logical and inevitable result of the establishment and development in Africa of Europe's highly technical modern civilization. | |
[pagina 447]
| |
maintain - in our own country. And if this sounds too much like an apologia pro domo, let me hasten to add that white and black must find each other in South Africa in sympathy, understanding and co-operation - or else perish. And that the onus now lies on us, the whites, to ease the tensions, achieve a just balance, give the non-European a fuller, freer life in the country to which we all belong and which we all love. | |
[pagina 448]
| |
heid must give the Non-Europeans every scope for progress and self-fulfillment under their own leadership and in their own territories; and that we Europeans will have to make enormous sacrifices in order to make Apartheid work. That the rapid industrialisation of South Africa and the present integration of our joint lives make nonsense of this project, does not, however, invalidate its sincerity. | |
[pagina 449]
| |
anger. A few weeks later he voted for the Bill disenfranchising 40 000 coloured voters. | |
IIIIn Augustus 1953 verlaat Uys Parys en reis hy na België. In 'n klein dorpie net buite Antwerpen bly hy by die Vlaamse regisseur Fred Engelen en sy vrou, die aktrise Tine Balder.Ga naar eind62. Hulle stel Krige se werk bekend aan 'n Antwerpse gehoor waartydens ook sy vertalings uit Frans en Spaans voorgelees word. Dit is sy tweede besoek aan Antwerpen. Byna twintig jaar vroeër, in 1935, het hy die eerste eksemplaar van sy eerste digbundel, Kentering, met bewende vingers op die Grote Markt in Antwerpen uit die pakkie gehaal. Ná sy verblyf van drie weke buite Antwerpen reis Uys vir 'n verdere drie weke na Nederland. Nou sien hy Amsterdam die eerste keer, vir hom een van die mooiste stede wat hy ooit besoek het.Ga naar eind63. Aan prof. N.A. Donkersloot, die digter Anthonie Donker, met wie hy net oor die telefoon kon gesels en nie persoonlik kon ontmoet nie, sê hy Amsterdam is 'n ‘verruklike stad’. 'n Maand voor sy aankoms saai Radio Nederland sy Alle paaie gaan na Rome in Nederlandse vertaling uit. In Amsterdam bly hy by Van Wyk en Truida Louw, deur wie hy gul ontvang word en met wie hy, soos in die ou dae in Kaapstad, heerlik gesels. By Van Wyk Louw aan huis herlees hy weer al die bundels van sy vriend en van Opperman, maar hy vind baie van die verse serebraal, krampagtig en ritmies onsuiwer.Ga naar eind64. Vir hom maak Van Wyk Louw verse met 'n skitterende tegniek, maar hy maak hulle.Ga naar eind65. In Den Haag woon hy by die Australiese ambassadeur, Alfred Stirling, vir wie hy in Suid-Afrika leer ken het toe Stirling ambassadeur in Pretoria was. Tien dae lank kuier hy in Den Haag ook by Ludwig Binge, wat in daardie stadium kultuurattaché by die Suid-Afrikaanse Ambassade was. Uys se kamer was op die derde verdieping. Elke aand wou hy opsluit hê hy en Ludwig se vrou, Ferrie, wat swanger was, moet by Scheveningen aan die Noordseekus gaan stap; dit is dan kwansuis so goed vir 'n swanger vrou om te stap. Wanneer hulle dan terugkom, gesels hy land en sand die nag deur. As hy gaan tee maak, skink hy die tee in onpaar koppies en pierings! | |
[pagina 450]
| |
In Amsterdam en Den Haag sien Uys tien toneelopvoerings. Tydens die Holland Festival in Den Haag woon hy die produksie van Shakespeare se The tempest in die vertaling van Martinus Nijhoff deur die Haagse Comedie onder spelleiding van Cees Laseur by. Wanneer koning Alonso se skip in die eerste toneel teen die rotse verpletter word, is die voorstelling vir hom Hollandse realisme op sy beste: Die geloei van die wind, die gemoker van die verskeurde seile teen die gebroke maste, die wanhopige geskreeu van die skipbreukelinge, die gekantel heen-en-weer van die gedoemde skip in die siedende bare, die fors stem van Prospero wat hoog opstyg bo al dié gebrul uit - ek glo nie ek het al ooit 'n werkliker stukkie ‘werklikheid’ op die toneel gesien nie.Ga naar eind66. Die feit dat Cees Laseur en sy spelers al hierdie sorg en toewyding kon bestee aan 'n toneeltjie wat kwalik drie minute geduur het, was vir hom 'n treffende bewys van die deeglikheid van die Nederlandse toneel. Die stuk wat die grootste indruk op Uys maak, is Johan de Meester se opvoering van die Middeleeuse moraliteit Elckerlijc teen 'n symuur van die Waalse kerk in Delft. Hy skryf: Ek het nooit kon droom dat 'n ou godsdienstige stuk, wat in so 'n mate vooropgeset of ‘daargestel’ is; wat deur geen lewende karakters, maar slegs deur simboliese of allegoriese figure gedra word en wat derhalwe vir my bepaald iets gekunstelds gehad het, my só kon boei nie. Maar die pragtig-sobere regie en die wonderlik eenvoudige spel - veral dié van Han Bentz van den Berg as Elckerlijc self - het die wonder laat geskied. Ons het omtrent 'n uur-en-'n-half daar in die buitelug gesit, glad nie meer bang dat dit nou dalk enige oomblik gaan reën nie, roerloos, sprakeloos, tot in ons murg bewoë...Ga naar eind67. Vir Uys se werk aan Die goue kring, die drama waarmee hy weldra sou begin, was die bywoning van Elckerlijc van groot betekenis. Op 'n besondere wyse sou elemente van die Middeleeuse moraliteit in Krige se drama neerslag vind. | |
[pagina 451]
| |
IVNá die kort besoeke aan België en Nederland wou Uys met alle geweld na Spanje gaan. In Augustus 1953 keer hy terug om sewe maande in sy hartland te bly. In Barcelona, waar hy in 1933 en 1934 gewoon het, soek hy weer al sy blyplekke van vroeër op. In Madrid maak hy kennis met Richard Ley, professor in Engels aan die Universiteit van Salamanca. Ley nooi hom uit om aan die begin van 1954, by geleentheid van die agthonderdste viering van die Universiteit van Salamanca, lesings oor sowel die Afrikaanse as die Spaanse literatuur te hou en om naweke saam met hom in Madrid voorstellings van die Spaanse teater by te woon. In Salamanca ontmoet hy talle skrywers van internasionale reputasie. Aan Bokkie skryf hy op 12 Februarie 1954 dat hy nou, amper Proustiaans, op twee vlakke lewe: die universiteitslewe in Salamanca en hul eie universiteitsdae saam op Stellenbosch 'n kwarteeu tevore. Tog is daar groot verskille tussen Salamanca en Stellenbosch: die een stokoud, slegs klip en steen in die middel van die Kastiliaanse hoogvlakte, sonder 'n enkele boom; die ander jonk en groen en wit, met water in die strate en hoë bome oral. Salamanca is een van die oudste universiteite ter wêreld. Argitektonies is dit 'n juweel: eeue oue kerke en ander geboue, almal van pragtige geel klip ‘wat soos ryp lemoene of stawe goud gloei in die ryp statiese lig van die namiddag’. Deur 'n vriend van Ludwig en Ferrie Binge in Den Haag kry Uys die adres van die Hotel Rovira in Tossa de Mar, 'n klein vissersdorpie noord van Barcelona aan die Costa Brava. In die somermaande is daar in dié dorpie gewoonlik 'n gedrang van mense, maar vroeg in September, juis die tyd dat Uys daar aanland, begin die vakansiegangers te verdwyn en keer die ou ritme van die Mediterreense visserslewe terug. In die Hotel Rovira kon Uys vir slegs tien sjielings per dag bly, met middag- en aandetes en twee bottels wyn daarby ingesluit! Maar selfs dít was vir Uys te duur. By die eenvoudige Katalaanse vissersvrou Adela Domingo Estran kry hy nog goedkoper losies. Met sy verering van die moederfiguur word sy vir hom die gedenkwaardigste van alle vroue wat hy in die tien jaar van sy tyd in Europa ontmoet. ‘En dit was by Señora Adela-hulle’, skryf hy in Sout van die aarde, ‘dat ek opgeneem is in daardie mooi samehang en verband, dat ek deel geword het van daardie gestadige ritme, stil en soetvloeiend, wat oor die eeue terugreik na die dae van Homerus’.Ga naar eind68. | |
[pagina 452]
| |
Die huisie van Señora Adela en haar man het bestaan uit twee verdiepings met taamlike groot vertrekke, ligbruin van buite en spierwit van binne, alles silwerskoon, met 'n minimum aan meubels en die afwesigheid van enige gemakstoele of sofa. In Uys se kamer bo was daar twee yslike beddens. Een het hy dadelik vol boeke, koerante, tydskrifte en manuskripte gestapel. Op die eenvoudige skrynhouttafeltjie waarop hy sy skryfwerk gedoen het, was daar die beeld van 'n spekvet Christuskind met 'n lang wit rok aan. Onder was daar 'n kleinhuisie wat deel van die kombuis was. Bedags kon hy in sy kamer werk en saans, met die geur van die lemoene in sy neus en die geruis van die Middellandse See in sy ore, met die vissers gesels. By Señora Adela en haar man, Juan, aan huis begin Uys met sy drama Die goue kring, wat hy op die Portugese legende baseer wat hy jare tevore in die verhaal ‘La Miseria’ in Die palmboom verwerk het. Die oorspronklike legende met sy deels komiese inhoud bou hy hier uit tot 'n besinning oor die doel van die lewe, met die uiteindelike besef by die hoofkarakter, Moeder Mart, dat die lewe alleen betekenis kry as ook die dood ten volle aanvaar kan word. Wat Van Wyk Louw in een van sy vroeë sonnette, met die insigryke slotreël ‘mooi is die lewe en die dood is mooi’, as ‘my jeug se oopgelate kring’Ga naar eind69. aangedui het, word by Krige 'n ‘goue kring’. Die mens moet soos 'n lemoen wees, getrou aan homself en die lewe, en nie soos Moeder Mart die kringloop van lewe en dood probeer verbreek nie. Wanneer Uys in dié tyd aan Lydia skryf, sê hy dat Die goue kring hom druk besig hou. Hy verlang na hulle almal en is lus om terug te kom, maar indien hy nou van tuiste verander, is die stuk vir 'n geruime tyd ‘na die maan’. Dit is 'n stuk, skryf hy, wat hy al byna tien jaar in sy kop ronddra, maar waarmee hy vroeër nie op stryk kon kom nie. Nou het die hele affêre egter skielik vonk gevat en ‘praat en beweeg en leef en haal my karakters sommer vanselwers asem’. Teen middel Desember wil hy die stuk klaar hê. Een van die karakters, 'n kêrel met 'n houtbeen, ‘is so vol lewe en sêgoed dat hy dreig (net soos Naudé in Die ryk weduwee) om die hele stuk uit lit uit te ruk’. Die derde bedryf, gaan hy voort, gee hom groot probleme, nie ‘soseer tegnies nie, maar filosofies-digterlik’. Bill de Klerk het hom 'n hele paar keer op die hart gedruk om 'n stuk in versvorm te skryf. Dalk is hy reg, want in die eerste bedryf kom reeds vier ‘lyrics’ of tussensange voor wat hy makliker geskryf het as die prosagedeeltes. Hy is seker Lydia sal van sy ‘Lied van die lemoen’ hou, die ‘theme song’, | |
[pagina 453]
| |
gesing deur die blinde swerwer-digter reg aan die begin terwyl hy onder die lemoenboom sit. Maar met die vierde en laaste bedryf sukkel hy, in so 'n mate dat hy dit eers 'n jaar later in Rondebosch heeltemal afgewerk kry.Ga naar eind70. Miskien as gevolg van die frustrasies met die vierde bedryf ontwikkel Uys 'n ernstige maagongesteldheid, die eerste tekens van wat later 'n knaende probleem by hom sou word. As daar nie verbetering kom nie, kla hy in sy brief aan Lydia, gaan hy 'n dokter spreek. Dalk, meen hy, is dit die eenvoudige kos wat hy nou reeds twee maande eet, dalk is dit senuwees. Hy leef baie eenvoudig, drink nou feitlik 'n jaar lank niks nie. En hy is pragtig bruin gebrand. Tydens sy gesprekke met Señora Adela in die aand om haar tafel het Uys dikwels dele van sy wordende drama uit die vuis vir haar in Spaans vertaal. Sy het lekker gelag vir sy ou Spaanse volksfiguur, Pablo van die Honderd Vure en die Oop See, die oudmatroos met die afbeen, kammakastige held van Lepanto en so baie ander seeslae, bobaas van alle baasspoggers.Ga naar eind71. Min het sy besef dat Uys vir die rusies tussen Pablo en sy vrou, Violetta, eintlik steun op die soms hooglopende gesprekke wat sy self van tyd tot tyd met haar man, Juan, en haar stiefseun gehad het! Wanneer Uys soms gevoel het dat Pablo met al sy kaskenades die spel te veel oorheers en hom van die verhoog af wil stuur, het sy gepleit: ‘Bring hom terug, hombre, bring hom terug! Hy's so snaaks...Ek hou baie van hom.’Ga naar eind72. En min het sy geweet dat Uys met die hinkende, grootpratende, dranksugtige Pablo, soos Daniel Hugo in 1987 in 'n artikel aangetoon het, in werklikheid 'n parodie skryf op sy vriend Roy Campbell se wonderlike vermoë om groot te praat en te lieg!Ga naar eind73. Met Die goue kring bereik Krige die hoogtepunt van sy dramatiese oeuvre. Dit is ook 'n stuk wat ná aan sy hart lê, want in dié drama versoen hy sy liefde vir Spanje, vir die Afrikaanse taal en vir die eenvoudige plattelandse mense. Sy Spaanse ‘vistermense’, sê hy by geleentheid, kon net sowel Kaapse bruin mense gewees het.Ga naar eind74. Hy voel ook dat hy met dié drama ‘dalk naby aan die volle gebruik van die teater (kom). Ek maak gebruik van musiek en dans en sang en koor in 'n eenheid wat, meen ek, organies is; en dan is daar nog 'n taamlike sterk storie of intrige ook. Die stuk bevat ook 'n sekere besinning - wat dramaties verantwoord is, dink ek - oor wat ek voel omtrent die lewe en die dood.’Ga naar eind75. Die vermenging van verskillende teatertradisies in Die goue kring sorg vir 'n besonderse bydrae tot die Afrikaanse toneelliteratuur. Naas | |
[pagina 454]
| |
die invoering van liedjies, wat aan Shakespeare en Lorca se dramas laat dink, toon die stuk duidelike ooreenkomste met verskillende Middeleeuse dramatiese vorme. Sommige van die karakters openbaar byvoorbeeld die bekende tekortkominge van die mens soos dit in die Middeleeuse klugte aangetref word, byvoorbeeld vrekkerigheid, luiheid en hoogmoed. Daar is ook 'n verwantskap tussen die misteriespele en die toneel met die bedelaar deur die verskyning van die Christus-figuur en die vrye verwerking van Bybelse motiewe (veral die geskiedenis van die Barmhartige Samaritaan en die penning van die weduwee), terwyl die tradisie van die mirakelspele voortgesit word deur die wonder van die Dood wat aan die boom vassit. Die duidelikste ooreenkoms met die Middeleeuse drama is egter die verwantskap met die moraliteite deur die redenering en bespiegeling oor die sin van lewe en dood. Veral hier het Krige se teaterervaring van Elckerlijc tydens sy besoek aan Delft vir die bespiegelende uitbouing van die Portugese legende in die slotbedryf gesorg. En ook die wyse waarop die Vreemdeling hom aan Moeder Mart aankondig, sy identiteit openbaar en 'n lang reis in die vooruitsig stel, toon raakpunte met Elckerlijc. Volgens die Dood in die Middeleeuse spel moet Elckerlijc saam met hom gaan op ‘Een pelgrimagie, die niemand en mag/Wederkeren in geender manieren’. Wanneer Elckerlijc sê dat sy sake nog te deurmekaar is en vra: ‘Wie bistu, bode?’, kry hy die antwoord: Ik ben de Dood.
Elckerlijc zal bi Gods bevele rekeninge doen mi.Ga naar eind76.
Aan die begin van die derde toneel van die derde bedryf van Die goue kring meld die Vreemdeling hom aan by Moeder Mart met ‘'n belangrike sending’: hy kom haar haal om hom ‘op 'n lang reis te vergesel’ na ‘'n ver, baie ver plek’. Wanneer sy hom vra, ‘Wie is jy, meneer?’, antwoord die Vreemdeling: ‘Hier in Candamar noem almal my die Vreemdeling. En miskien is ek...die Groot Vreemdeling. Ek is die Dood, Moeder Mart...’Ga naar eind77. Met al hierdie figure, motiewe en verskeidenheid van dramatiese tradisies was daar vir Krige die gevaar dat die eenheid van die drama deur die veelheid van die spel aangetas kon word. Tog bestaan daar 'n duidelike eenheid deurdat, soos Rob Antonissen dit stel, 'n mens die eerste twee bedrywe kan sien as die ‘grondpatroon...waarop die legende geborduur gaan word, en dat die kern van elke scène | |
[pagina 455]
| |
in I-II op een of ander wyse weerklank vind en effektief sinryk word in III-IV’.Ga naar eind78. In die eerste twee bedrywe is die meestal volkse figure (Pablo, Violetta, Miguel) byvoorbeeld primêr komies, maar voor die letterlike aanwesigheid van die Dood in die vierde bedryf word hulle almal gedwing om na te dink oor die sin van die lewe en die dood. Aanvanklik skep Krige 'n sekere afstand van die gebeure deur die karakters as suiwer komies aan te bied, maar later staan 'n mens nader aan hulle as iets tragies of pateties aan hulle tipe-figure toegevoeg word, sodat daar 'n mooi balans tussen driflewe en besinning in die spel tot stand kom. Daarby vorm die drama 'n eenheid deurdat elke bedryf as 't ware die beweging van 'n hele stoet volkse figure, aanvanklik uitbundig, later meer ingetoë, gee en deurdat al die karakters uiteindelik rondom die lemoenboom, as simbool van die lewe, beweeg. Dit lei tot die pragtige volkse hulde aan die lewe met dans en lied aan die einde van die derde bedryf. Toe die stuk in 1958 in Kaapstad en omstreke opgevoer is, was dit 'n triomf. En jare later, wanneer die hersiene uitgawe van Die goue kring in 1976 verskyn, sê André P. Brink: ‘Ek wonder soms of ons drama- en teaterkritici ten volle besef wátter skat hierdie werk van Uys Krige wérklik is: 'n waardige loflied aan en uit die hart van een van die menslikste en ruimste van alle kunstenaars wat nog uit Afrikaans musiek gemaak het.’Ga naar eind79. Maar seker die grootste hulde vir sy stuk ontvang Uys van Señora Adela, wat nie eens kon lees of skryf nie: Elke aand het ek haar aan tafel - sy en ek het saans altyd alleen geëet daar Juan reeds in die laat agtermiddag op sy bootjie uitgevaar het - in Spaans, haar tweede taal en my vyfde, vertel wat ek in die loop van die dag geskryf het. ... | |
[pagina 456]
| |
|
|