Die goue seun. Die lewe en werk van Uys Krige
(2002)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 334]
| |
Hoofstuk X
| |
[pagina 335]
| |
sou dan aan hulle naasbestaandes gestuur word, iets wat die gevangenes 'n sekere eiewaarde teruggegee het met die gerusstelling dat hulle familie van die onsekerheid verlos sou word en sou weet dat hulle nie gewond of dood is nie.Ga naar eind2. Aangesien dit 'n strategie van die Italianers was om die offisiere elders aan te hou sodat die kolonne sonder aanvoerders kon wees wat dalk ontsnappings kon uitdink, het Krige en 'n vriend, wat Italiaans en Duits onderskeidelik magtig was, die natuurlike taak gehad om die leiding op hulle te neem en die moreel van die manskappe hoog te hou.Ga naar eind3. Van Benghazi is die krygsgevangenes met 'n vinnige Italiaanse kruiser verby Kreta na Taranto en van daar na die Tuturano-kamp naby Brindisi aan die ooskus van Italië. Tydens die vaart was daar die gevaar dat die Italiaanse skip deur Geallieerde kanonne by Tobruk bestook kon word of dat Britse vliegtuie hulle onderweg kon bombardeer, terwyl die moontlikheid van 'n torpedering deur Britse duikbote in die Middellandse See nie uitgesluit kon word nie. Hulle bereik Brindisi egter heelhuids. Vir die manskappe was die verveling en die monotone lewe in die kamp die ergste aspek van hulle gevangeskap. Die meeste van hulle was aanvanklik verdwaas deur hulle teenspoed en in so 'n mate neerslagtig dat hulle nie in iets kon belangstel nie. ‘The great enemy of the prisoner’, skryf Krige jare later, ‘is not the guard watching his every step and movement - but boredom, listlessness of spirit, an apathy of mind that can so easily get a grip on him as the months slip monotonously by and nothing, nothing ever happens.’Ga naar eind4. Vir Krige as swerwer was die ingehoktheid erger as vir dié manskappe wat aan 'n gewone burgerlike lewe gewoond was. In die Tuturano-kamp bly hulle, met min kos, feitlik geen komberse nie en sonder enige leesstof, vir die grootste deel van die strafste winter in menseheugenis. ‘We have only’, skryf Krige the summer desert kit we stand up in, few blankets, no fires. The meagre basic rations supplied just enough to keep us alive. At one o'clock we get a plate of thin soup and a plate of rice. At five, more soup and a little macaroni. At six o'clock we go to bed and fourteen hours later we get up in the cold, grey, drizzly dawn. There is no breakfast. So we stay without food each day for almost twenty hours. Twice a week we get a small piece of meat. The colonel next to me exchanges a piece of cabbage stalk, | |
[pagina 336]
| |
so thick as my thumb, for the orange peel of the major sitting opposite him - and both are delighted with the bargain they've made.Ga naar eind5. Tog kry Krige dit reg om in hierdie omstandighede enkele gedigte te skryf, al vind hy dit aanvanklik moeilik om papier in die hande te kry. In ‘Ballade van die krygsgevangene’, 'n gedig wat met sy terugkerende ryme, selfs tot ses maal toe in 'n enkele strofe, meer gebonde is as die verse in Die einde van die pad, word die meeu wat hy in die binnelandse kamp, met die see nêrens in sig nie, waarneem, die draer van sy romantiese verlange en sy sug na vryheid. Maar die verlange is verniet, die horisonne en einders bly leeg en hy weet hy sal die ‘vragskepe’ wat van Brindisi ‘na die verre lande vaar’, nie bereik nie:
Jy tuur nog, treur nog, staan bedremmeld daar,
Jy sug, reikhalsend, na die see, die vertes, maar
jy sal nie na dié ver land vaar!
jy sal nie na die ver land vaar
van al jou liefde en al jou hoop, behalwe...ja, dis waar:
daar's wel één baan, één weg wat daarheen lei,
één koers, één skuimende witpad, één ebgety
waarlangs jou skip mag gaan met vol-gespanne seile vry,
één deining, golwing weg van hier, één vloed, één stroom
- en dis jou droom en dis jou droom, jou droom!Ga naar eind6.
Tussen die Engelstalige soldate, sonder 'n enkele persoon met wie hy Afrikaans kon praat, begin Krige nou ook in Engels dig. In ‘The white road’ gee hy 'n beeld van die Latynse eenvoud en die leefwyse in die klein Italiaanse dorpies met hulle ‘pink and white streets, redbrick church tower,/small sunwashed squares where a fountain tinkles and children skip and play’.Ga naar eind7. In die plek van die meeu is die kronkelende wit pad na die see die draer van die vryheidsideaal, al weet hy ook hier dat dit net 'n droom sal bly: The white road winding away from the prison camp
is the foaming wake
furrowed by the white ship of the prisoner's dreams
scudding with full sails before the wind
to distant seas, a broader horizon.
| |
[pagina 337]
| |
The white road winding back to the prison camp
is no pleasure but pain,
a dagger stabbing the heart.
Only when twilight falls,
the scanty meal is done and the lights grow dim and fail
and the door closes upon the bungalow
where a hundred men must lie
through the long hours of the night
until the dawn wakes them reluctantly to make their beds,
only when slumber comes
and sleep at length seals up their eyes,
is the pain prorogued,
the dagger sheathed.Ga naar eind8.
Vroeg in 1942 word die gevangenes na 'n permanente kamp tussen die hoë Abruzzi-berge ongeveer sewentig myl oos van Rome verplaas. Hierdie kamp by Sulmona sien daar soos 'n aangename plattelandse hotel uit in vergelyking met die Tuturano-kamp. Weldra raak dit bekend as die Fonte d'Amore-kamp deur die nabyheid van die fontein wat deur Ovidius besing is. Die ruïne van Ovidius se geboortehuis was sigbaar van die kamp en tweeduisend jaar vroeër het die Latynse digter die vrugbare veld van die omgewing aangeprys. (‘Sulmo mihi patria est, gelidis uberrimus undis,/milia qui novies distat ab urbe decem’: ‘Sulmona is my geboorteplek, 'n land ryk in yskoue strome, driemaal dertig myl van die stad Rome’, skryf hy in die tiende gedig van die derde boek van sy bundel Tristia.)Ga naar eind9. Deur die welwillendheid en sorg van die Rooi Kruis word hulle nou van sigarette en winterklere met genoeg onderklere voorsien, al word hulle nog tot tagtig manskappe in 'n enkele hut saamgebondel en is daar steeds geen verhitting in die hutte met hul sementvloere nie. Daarby bly dit steeds bitterlik koud. Ses weke lank sien hulle geen son nie, die sneeu lê diep, die ysnaalde hang lank van die geute af en snags hoor hulle die wolwe op die kranse in die nabyheid. Tog vries hulle nie, want snags lê hulle ten volle gekleed onder ses komberse en hulle wek 'n hele klomp hitte op uit die ruim kospakkies wat die Rooi Kruis iedere week aflewer. Vir mense wat maande laas 'n klontjie botter gesien het, is 'n hele plak daarvan meer as net 'n vreugde. Dikwels, sê Krige, het hy gesien hoe 'n manskap sy kospakkie met 'n uitdrukking van | |
[pagina 338]
| |
verwondering in sy oë oopmaak en hoe hy elke blikkie hanteer asof dit iets baie heiligs is. Wanneer die kospakkies as gevolg van 'n swaar sneeuval of ander hindernisse nie betyds aankom nie, daal daar dikwels 'n swaar depressie op die manne neer.Ga naar eind10. ‘It is then I notice’, skryf Krige, one friend chewing dried coffee-dregs, three others kill a cat, and I come upon a fifth tearing a strip of bark from a scraggy, leafless tree and pushing it into his mouth. The famine continues...and the morale sinks, we become sub-normal, all that is mean and petty and nasty in us comes to the surface, and rackets are rife. And then the arrival of the parcels is announced, and everybody gets slightly drunk just watching the trucks come lumbering slowly up the white country road from the station, laden with those dear old familiar Red Cross boxes. And the rackets disappear and no man's hand is turned against his neighbour and one regains one's faith in human beings.Ga naar eind11. Deur bemiddeling van die Rooi Kruis kry die gevangenes nou ook briewe van hulle familie. In die talle briewe wat Uys van Lydia ontvang, skryf sy oor haar toneelwerk en met watter opvoerings sy besig is. Sy reël telkens dat daar vir hom sigarette uit Londen aangestuur word: Springbok, C to C en veral Player's Navy Cut, waarvoor hy baie lief was. Uys laat haar weet dat hy in die kamp aan 'n kring behoort wat een aand per week 'n stuk van Shakespeare met 'n rolverdeling voorlees. Hulle het reeds King Lear en Twelfth night gedoen, hy in die rol van sir Toby uit Twelfth night. Almal het hom daarna kom gelukwens. ‘Die Rooies is so kalm en bedaard, my kleurryke kragtige Sir Toby het ontplof onder hulle’, vertel hy. Toneelskryf is egter in die kamp vir hom 'n saak van onmoontlikheid. Die vonk, die prikkel en die spoor ontbreek geheel en al en hy vind die lewe grys en vaal. Hy hoop dat Lydia vir hom sal wag, sodat hulle ná sy terugkeer nuut kan begin. Hoewel sy ongelukkig was omdat Uys ná sy herstel van netelroos weer terug is na Noord-Afrika, het sy in hierdie stadium tog nog hoop vir hulle huwelik. Sy antwoord dan ook: ‘Ek sal aanhou wag vir jou, Uys. Daar is vir my g'n nuwe begin sonder jou nie. Jy is my hele lewe, en terwyl jy lewe, ou skat, is ek joue en sal ek vir jou wag. Ek weet dat ons baie gelukkig by mekaar gaan wees as jy terugkom.’ | |
[pagina 339]
| |
Wat nou 'n besondere luukse vir die gevangenes word, is die ruim biblioteek van amper drieduisend boeke waaruit hulle kan kies en waaruit hulle elke woord kan opslurp. Tog verhoed hierdie luukse hulle nie om steeds voortdurend ontsnappingsplanne te smee en met 'n naburige kampong saam te span om tonnels te bou wat hulle na vryheid moes lei nie. Ontdek die Italianers een van die tonnels op 'n Maandagmôre, begin hulle dadelik met die grawe van 'n ander tonnel op Dinsdag! ‘Partykeer’, skryf Krige, ‘grawe ons sommer twee tegelykertyd - om nie al ons kalfies in dieselfde kraal te hê nie. Die plan was gewoonlik: op die bestemde tyd sou party van ons saam met...[die manskappe van die ander kampong] in hul tonnel soos molle na die lug en vryheid voortbeur - of party van hulle sou saam met ons in ons tonnel die grootse poging aanwend. Maar daardie winkende liggie het ons nooit gesien nie...Ons tonnels is altyd, onvermydelik, ontdek.’Ga naar eind12. In die Fonte d'Amore-kamp kry Krige groot waardering vir die lewensmoed en humor van die Britte met wie hy as enigste Suid-Afrikaner saam is. Selfs wanneer hierdie mense onder geweldige druk verkeer het, was hulle lewenslus en geestigheid feitlik onuitroeibaar. Hy vind ook dat die beproewing van die saamgedronge lewe vir byna elkeen 'n les in goeie burgerskap is. Wanneer iemand onder die teenspoed homself wil bevoordeel, is die morele veroordeling dan ook feller as wat dit buite die kamp sou wees. By geleentheid het hulle gesien hoe 'n man sy lemoen skelm vir 'n groter een by die man langs hom omruil. Almal het dit verfoeilik gevind.Ga naar eind13. Daarby het Krige by herhaling gesien hoe die aanhouding geleenthede skep om die psige te verbeter en wonderlike, onbekende dinge uit mense te voorskyn haal. Een beroepsoldaat het in die kamp vier tale aangeleer, dosyne het hulle deeglik voorberei op die naoorlogse wêreld en andere het talente in hulself ontdek waarvan hulle vroeër geen vermoede gehad het nie.Ga naar eind14. Tydens sy aanhouding het Krige gehelp om twee stukke, Shaw se Pygmalion en Robert Sherriff se drama oor die loopgraaflewe tydens die Eerste Wêreldoorlog, Journey's end, op te voer. Messelaars en matrose het ontwikkel in uitstekende akteurs, terwyl almal entoesiasties saamgewerk het om van die aanbiedinge 'n sukses te maak. ‘The production [vermoedelik van Pygmalion] was amazing,’ sê Krige, ‘for all the scenery, costumes and dresses, props and paraphernalia were all makeshift, created out of bits of salvage picked up in the compound wire and rag, broken wood, slats, scraps and | |
[pagina 340]
| |
oddments. Yet the final production was as good as anything professionally produced. One was never conscious that the show was makeshift, nor that men were playing the women's parts.’Ga naar eind15. As een van die gevangenes wat intellektueel die verste ontwikkel was, lewer Krige 'n besondere bydrae deur 'n daaglikse kampkoerant in die lewe te roep. Die opstel van dié koerant hou hom die hele dag besig en hy stel dit elke dag saam uit vyf of ses Italiaanse koerante. Deur tussen die reëls te lees, vertekende voorstellings en misleidings te bespeur en die bylas van inligting wat hom langs 'n geheime weg bereik het, kon hy dikwels baie na aan 'n korrekte weergawe van die feite kom. Aan Noreen Purdon sou hy later sê: ‘It was amazing what a lot one could read between the lines, or what you could deduce from their contradictions.’Ga naar eind16. Dan kon hy die nuus aan twee of drie sekretarisse dikteer, met kommentaar en interpretasie daarby. Vyfuur in die middag is die handgeskrewe blaaie in die kamp onder die manskappe versprei. Die koerant handhaaf 'n hoë standaard en help om die manne se moreel hoog te hou.Ga naar eind17. Met Kersfees 1942 kry die hele kamp 'n besondere maaltyd met buitengewone geregte, tot selfs 'n regte Engelse ‘Christmas Pudding’ - alles op 'n veelkleurige spyskaart aangedui. Omdat Uys toe reeds maande lank die daaglikse koerant vir hulle gelewer het, wou sy medegevangenes hom spesiaal bedank. Op sy spyskaart verskyn dan in 'n enigsins foutiewe Afrikaans die woorde ‘Gellukige Keesvies!’ ‘I still remember’, skryf Krige, ‘their roar of laughter when I told them what they had wished me was not a happy Christmas but a happy “Monkey-Annoyed”’.Ga naar eind18. Vir eie skeppende werk was die gevangeskap egter nie bevorderlik nie, omdat 'n skrywer nie die geleentheid gehad het om hom vir sy werk af te sonder nie. Eenduisend eenhonderd van hulle is byna 'n jaar lank aangehou in 'n kamp met die grootte van 'n rugbyveld en met tagtig manskappe in een kamer. Dit was in skrille kontras met die Modena-kamp in die noorde van Italië, waar veral Suid-Afrikaners aangehou is en waar die gevangenes klasse in vakgebiede soos landbou, regsgeleerdheid, mynwese, bankwese en geneeskunde kon volg en waar die manskappe hulle kennis van tale kon uitbrei.Ga naar eind19. Die môre ná sy aankoms in die Sulmona-kamp ontmoet Krige die enigste twee Franse onder 'n paar honderd Engelssprekende offisiere. Hulle was verheug om nog iemand te vind wat hulle taal vlot kon praat en bring hom uitgawes van Baudelaire, Racine en Molière. Gereelde kontak met die twee Franse offisiere was egter moeilik, om- | |
[pagina 341]
| |
dat offisiere en manskappe in die kamp van mekaar geskei is en Uys steeds, as gevolg van die verlies van sy identiteitskaart, nie as offisier erken is nie.Ga naar eind20. Hy was derhalwe gedoem om nog 'n jaar in die manskappe se stampvol, benoude kwartiere te bly. Daar was egter 'n geluk by hierdie ongeluk, want Krige was die enigste oorlogskorrespondent wat nie na Noord-Italië en later Duitsland geneem is nie en daarom ook die enigste wat suksesvol kon ontsnap.Ga naar eind21. Tog kry Krige dit reg om in die kamp gedigte en enkele verhale te skryf. ‘Lied van die reëndruppel’ herinner met sy personifiëring die leser aan die eenbedryf Die gees van die water. ‘Lied van die liefdesnood’ is een van die weinige gedigte in Krige se oeuvre wat op 'n persoonlike problematiek dui. Dit is weer die klag van die romantikus, maar nou ook van 'n man wat in sy huwelikslewe teleurgesteld is en uitvind sy grootse ‘droom was slegs bedrog’: Agter die maskers van hul woorde, dade
hoor jy hoe 'n ieder ween.
Jy hamer teen die blinde wand. Verniet! Jy vind
elk' sit in sy sel alleen.
Jy swerf, jy soek, jy roep: jy hoor 'n holle eggo in die wind
waar ook al jou voetstap klap.
O liefde, vrug van my vurigste verlange,
ek byt diep in jou bitter sap.Ga naar eind22.
Soos vroeër is die realiteit van die lewe in die kamp en die bitter koue van die winter weer die boustof van ‘Midwinter’, waarin die absolute uitsigloosheid aangrypend verwoord word: This is our life, our death-in-life: this gloom, this ghostly pallor
above each cot at noon, this cold at day's meridian, as cold as ice but
burning
even as war's embrace, the battle's bitter kiss.
Through the cracks in the wide wooden door, the shattered
window, the mist seeps. Wisps cluster, drift and veer
above each wooden bed.
The floor is of cement. There is no stove or fire. In two long rows
we lie freezing under our blankets. In this grey whiteness lingering
around us, drooping, drear,
| |
[pagina 342]
| |
from which all speech, all sound has fled
no one speaks. All the old battles, desert scraps, dogfights, crashes
on the desert's deck, swimming around in the cold dark Med.
before the slow red dawn, all the heroism and gallantry, all the
cowardice and the horror and the fear,
nothing, nothing has been left unsaid. ...
This is a dead world, a lost world and these are lost men,
lost each in his separate limbo, banished from his memories,
exiled even from himself. Here even dreams are dead.Ga naar eind23.
Teenoor hierdie uitsigloosheid tydens die winter kom daar in ‘Spring’ tog iets nuuts en hoopvols met die aanbreek van die lente en - met 'n toespeling op Schiller se ‘Ode an die Freude’ uit Beethoven se Negende Simfonie - by die aanhoor van iemand wat iets op die klavier speel. Drie van die verse is herinneringsbeelde. ‘Hooglied’ roep die jeugwêreld van Krige se Stellenbosch op en gee, met die sensualiteit van Salomo se Bybelboek wat in die slepende ryme natril, 'n kamee van 'n vrou wat haar ‘in ou Helderberg se water’Ga naar eind24. was. Die verlange na die land van sy geboorte wek in die digter 'n groot hartseer en laat hom in ‘Karoodorpie’ prentjies en flardes uit sy herinneringe opdiep, en 'n bewuswording van die besef om van dié tweespalt nooit bevry te wees,
altyd verbind en tog altyd, altyd geskei te wees!
Die mes dring in jou hart tot by die hef.Ga naar eind25.
Soos in hierdie twee verse is daar ook in ‘Verre blik’ 'n obsessie met die lig - simbool van 'n strewe na 'n groter suiwerheid, kalmte en harmonie. Dié vers steun op sy besoek aan die Maluti's in Mei 1939, toe hy van die kruin af kon sien hoe drie van die provinsies van Suid-Afrika - Transvaal, die Oranje-Vrystaat en Natal - in 'n weidse panorama voor hom lê. Terwyl hy saam met François, Mizzi en twee skildervriende hom verkyk aan die grootse son oorspoelde wêreld onder hom, het Mussolini hom gereed gemaak vir sy aanval op Albanië en was dit duidelik dat 'n wêreldoorlog met die opkoms van Nazi-Duitsland en Hitler se optrede onvermydelik was. Met die uitgestrekte landskap onder hom, ‘faced with that flood of golden light, | |
[pagina 343]
| |
those immeasurable distances, that generosity of horizons’, soos hy dit later in 'n voordragprogram uit sy eie werk sou formuleer,Ga naar eind26. het hy aan sy eie mense begin dink: ‘the hope leaped in me that we as a people, despite our antagonisms, conflicts, schisms, the many things that divided us, would yet be as one, stand united before the climax of the greatest moral crisis of our time that was upon us’.Ga naar eind27. In Mei 1939 kon hierdie waarneming en sy gedagte daarby egter nog nie tot 'n gedig ontwikkel nie. Op 'n skitterende herfsmiddag in die krygsgevangenekamp, drie jaar later, het dit egter spontaan uit hom gevloei. ‘Golden day after golden day’, skryf Krige, that classic valley of Sulmona in which Hannibal's invading army had been stopped by the Romans 2 000 years before, know only a Virgilian peace, quiet and harmony. Our camp in those luminous tranquil days seemed the still centre of a collapsing world - for all about us Europe was passing through its agony. On a thousand mile front from Murmansk in the North to the Black Sea in the South millions of young Germans and Russians were locked in a death struggle. And in the Western Desert a great tank battle was raging to its climax. The Germans would have to be pushed right back to the English Channel or back to Berlin from both sides, I thought. And all Western Europe would again go up in flames.Ga naar eind28. Teen so 'n agtergrond skryf hy dan ‘Verre blik’, wat in die slotstrofe op 'n ideaal vir sy mense uitmond: O mense van my ras, ondanks alles wat ons skei,
steeds aan my gees, my siel, my hart verwant,
wees groot en ruim en sterk, wees vry,
vol lig en stilte, soos dié suiderland!Ga naar eind29.
In die voordragprogram wys Krige daarop dat die gedig die idee wil uitdruk ‘that our character or nature as a people should be in harmony with the breadth, strength, grandeur and nobility of the South African landscape’.Ga naar eind30. Die latere geskiedenis van die gedig se ontvangs, so gaan hy voort, het hom altyd geamuseer: It has been interpreted in a dozen different ways. Members of the United Party have read it at their congresses, rallies, vleisbraaie | |
[pagina 344]
| |
with a special recommendation to their Nationalist friends to take note of the poet's words. And the Nationalists have done likewise, one critic even mistaking it for a passionate plea for a republic. Almost every political party or group has shown an interest in it. And I have had it quoted to me, to my astonishment, by Africans. Perhaps this is the case of the poet catching half-a-dozen butterflies in one net.Ga naar eind31. In dieselfde najaar van 1942 skryf Krige ook die ‘Drie gedigte vir my dogter’, wat 'n afdeling in Hart sonder hawe vorm. Soos in ‘Lied van die reëndruppel’ gebruik hy in ‘Die skoot’ weer die drieslagrym, afgewissel met paarrym, terwyl ‘Die vlermuis’ met sy mooi beeld aan die slot iets van Leipoldt verraai. Die beste van die drie gedigte is ‘Swaels bo die kamp’. In 'n reeks voorlesings uit die poësie en prosa wat hy in 1966 vir die radio lewer, vertel Krige hoe die swaels teen Oktober 1942 besig was om in hul duisende vir die lang trek suidwaarts te versamel. ‘Ek het gedink’, skryf hy, ‘aan Suid-Afrika, my vriende, my eie familie, dikwels aan my enigste kind, Eulalia. Ek het daardie swaels, hul werksaamhede, oefenvlugte en so meer, begin dophou asof my hele vryheid van hul gedurige kom en gaan, hul vlugge geveerde bewegings, afhang.’Ga naar eind32. Iets hiervan vind neerslag in die gedig. Aan die begin val die aksent, naas momentele aandag aan die herfsmiddag, op die realiteit van die oorlog: ‘Europa vergaan/in smart en skande.’Ga naar eind33. Dan verskuif die swaartepunt toenemend na die swaels wat op die punt is om met die wisseling van die seisoene hul suidwaartse reis te begin. In sy verbeelding volg hy dan die swaels tot waar hulle oor die rooi dak duik waaronder Eulalia lewe: onthou my as
jul suidwaarts gaan
en aan die einde van
dié lange baan
jul duik en skiet
en liggies swewe
oor die rooi dak
waar sy, Eulalia, lewe ...
| |
[pagina 345]
| |
Sing dan vir haar,
sing bly vir haar
tot sy, verruk,
na julle staar.
En wyl jul sag
verby haar skeer,
sê ek kom weer,
ja, ek kom weer
en dat my drome
waak oor haar bed.
Gee haar, o swaels,
my teerheid net ...Ga naar eind34.
In 'n agttal verdere verse, wat 'n aparte afdeling in Hart sonder hawe vorm, gebruik Krige 'n aantal Lorca-tekste wat dikwels slegs as vertrekpunt vir 'n totaal nuwe gedig gebruik word, soos in ‘Lied van die roos’, ‘Lied van die helder dood’ en ‘Nokturne’. ‘En daarna’ is in so 'n mate 'n uitbreiding op Lorca dat Krige iets outobiografies byvoeg en die voorlaaste strofe selfs as 'n toespeling op die oorlog en Krige se ideaal van liefde en eenheid tussen mense gelees kan word. In 'n reeks satiriese verse, wat in Trek van 4 Junie 1943 en eers veel later in Vooraand (1964) in die afdeling ‘Gifpyltjies’ gebundel word, spot Krige met André Huguenet - die ‘leier’ van die Afrikaanse toneel -, D.F. Malherbe, W.E.G. Louw en 'n hele rits Afrikaanse kritici. Maar die satire bly meestal flou en die verse wemel van rym- en ander gesogthede. Een van die belangrikste stukke prosa wat Krige tydens sy aanhouding skryf, is ‘Death of the Zulu’, 'n verhaal wat aan hom deur sy medekrygsgevangene Ben du Toit, voor die oorlog sy buurman in Clifton, vertel is. Dié verhaal skryf hy binne vier en twintig uur klaar met 'n potloodstompie op 'n paar stukkies verfrommelde papier. In Engelse vorm word dit opgeneem in The dream and the desert (1953). Eers in Die Brandwag van 31 Augustus 1962 werk Krige dit nog fyner af vir die Afrikaanse weergawe wat as ‘Dood van die Zoeloe’Ga naar eind35. verskyn. Wat 'n mens hier opval, is hoe Krige die Zoeloe se doodsverlange met die gebruik van net enkele Zoeloewoorde oordra en hoe dit in die verhaal iets van 'n inkantasie word. Hier word die roman- | |
[pagina 346]
| |
tikus, wat basies in die verlede of toekoms leef, deur die verskrikkinge van die oorlog met 'n werklikheid in die hede gekonfronteer wat hy vroeër nie geken het nie. Die konstruksie van die verhaal is besonder heg deur die wyse waarop dit met die gevangenes se mars na Tobruk 'n aanvang neem en weer daarmee eindig wanneer die verteller weer deel word van die ‘naamlose skare krygsgevangenes’ wat stadig en moeisaam na hulle bestemming aankruie. In sy beskouing oor ‘Dood van die Zoeloe’ sê Hennie Aucamp dit is seker die strakste verhaal van Krige: dit het ‘'n meedoënlose gang, nes dié van die soldate deur die woestyn. Die eerste sinne plaas jou onmiddellik binne-in die handeling; roep dadelik die woestynruimte en assosiasies aan die Tweede Wêreldoorlog op: Figtree, Tobroekhawe. Die woestynruimte kry gou metafisiese implikasies met woorde soos “sonvloed”, “uit niks, deur niks, na niks”, wat die spanning dood-lewe in die doodwens van die verminkte Zoeloe voorberei’.Ga naar eind36. Van die talle tegniese voortreflikhede van die verhaal wys Aucamp in die besonder op die beeldspraak wat deurentyd inspeel op woestyn- en oorlogservarings en die magistrale benutting van detail (byvoorbeeld die Zoeloe se hand wat teen sy bors opkruip).Ga naar eind37. Toe die verhaal in handgeskrewe vorm in die kampkoerant verskyn, was Krige se Engelse maats dadelik geesdriftig daaroor. Sedertdien het die verhaal 'n merkwaardige internasionale loop gehad en was dit ook finansieel een van Krige se groot suksesse. So baie het die Nobelpryswenner André Gide daarvan gehou dat hy die Franse vertaling daarvan in sy maandblad L'Arche opgeneem het. Dit is oor die BBC uitgesaai en die Franse skrywer Georges Duhamel het dit hoog aangeprys, terwyl Ignazio Silone, Italiaanse romanskrywer, gesê het dit is die beste kortverhaal met die Tweede Wêreldoorlog as tema. In Amerika is dit in Harper's Magazine opgeneem. By die publikasie van The dream and the desert het dit hoë lof van Amerikaanse kritici ontvang. Ook in Brittanje en Nederland het die verhaal aandag getrek, terwyl dit verder in Duits, Jiddisj en Magjaars vertaal en in twee bekende Skandinawiese tydskrifte gepubliseer is. By geleentheid het Krige gesê dat hy uit ‘Death of the Zulu’ meer verdien het as uit al sy ander publikasies saam!Ga naar eind38. Hoewel Krige se jare tydens die oorlog en as krygsgevangene geen grap was nie en hy baie ellendes moes deurleef, het hy jare later gesê dat hy dié ervaring vir geen geld sou wou verruil nie. In sy onderhoud met Jan Rabie in Gesprekke met skrywers 3 sê hy: | |
[pagina 347]
| |
In wese haat ek natuurlik oorlog. Maar die groot ding wat oorlog 'n mens gee, is die gevoel van kameraadskaplikheid met die manne wat saam met jou dieselfde gevare trotseer, dieselfde ontberinge ondergaan. En dis 'n gevoel daai, boetie, wat jou nooit sal los nie, waaroor jy sal nadink en jy jou sal verheug, en waarna jy sal terugverlang jou hele lewe lank. Ek kan 'n boek oor dié onderwerp skryf. Maar laat ek net een voorbeeld hiervan gee. Ek onthou toe ek dertig jaar gelede in daardie krygsgevangenekamp aan daai Tommies gesê het (want ek was anderhalfjaar lank slegs onder Britse manskappe, meestal Cockneys of North Countrymen) toe hulle alte neerslagtig begin word: ‘You know, the day will come when you will long for this camp. You will be back in the life which you so very much long for now, you will be back in that competitive cut-throat society and you will have trouble with your wives and your children and your neighbours and you will sometimes say with a sigh: “God, I wish I was in Sulmona again!”’ En jare daarna kry ek party van hulle terug in Londen en hulle sê vir my: ‘You know, Uys, I remember something you said once in the camp. You said one day you will ...’ En dan vertel hulle vir my - nie net een nie, maar 'n hele paar - hoe daar tye gekom het dat hulle gewens het hulle is terug in daai kamp, sewentig mans saam ingeprop in een vertrek, gekniehalterde gevangenes, met min kos en al daai ontsettende ongerief, al daai gruwelike verveling wat nooit end kry nie! Snaaks, nè, Jan? Maar dis wat kameraadskaplikheid vir jou doen.Ga naar eind39. | |
IIOp 7 Desember 1941, veertien dae ná die Slag van Sidi Rezegh en Krige se gevangeneming, val Japan sonder waarskuwing Pearl Harbor aan en verklaar die Verenigde State van Amerika oorlog teen die Spilmoondhede. Uys is dus uit die oorlog nog vóór die Amerikaners daar inkom! Wanneer Duitsland oorlog verklaar teen Rusland, op twee fronte begin veg en in 'n ysige sneeuwinter beland, was dit vir Krige duidelik die gety is besig om te draai. Die verlies van Noord-Afrika met die Slag van El Alamein in November 1942, so merk hy aan die reaksie van die wagte by die kamp, het 'n verpletterende invloed op die Italiaanse moreel. Wanneer Stalingrad tydens die Duitse offen- | |
[pagina 348]
| |
sief aan die oosfront ondanks heftige aanvalle bly staan, wis hy dat Hitler die oorlog gaan verloor.Ga naar eind40. In Italië was die afloop vinniger as wat Krige kon voorspel, al kon hy merk die burgerlike bevolking was siek en sat van die oorlog. Koning Victor Emmanuel III, ondersteun deur die sosialiste, was reeds geruime tyd in die geheim besig om Italië uit die oorlog te probeer losmaak. Op 14 Julie 1943, ná die val van Sicilië en die bombardement van Rome, aanvaar die kabinet 'n mosie van wantroue in die regering. Die koning laat Mussolini arresteer en vra Pietro Badoglio om 'n nuwe regering saam te stel. Badoglio was in 1936 by Ethiopië betrokke, maar as iemand wat gekant was teen Italië se toetrede tot die oorlog, het hy ná 1939 nie deel aan die regering nie en beplan hy 'n komplot om Mussolini tot 'n val te bring en Italië uit die oorlog te kry. Dat Mussolini in 1943 inderdaad tot 'n val kom, was vir 'n belangrike deel Badoglio se werk.Ga naar eind41. Op 8 September 1943 sorg hy vir 'n wapenstilstand tussen Italië en die Geallieerde magte. Die middag van 8 September was Krige besig om te lees aan H.G. Wells se Outline of history toe 'n Italiaanse seun op sy fiets by die kamp aangery kom en vir die gevangenes deur die omheining skreeu: ‘Die oorlog is verby!’ Van die manne was aan die voetbal speel, maar hulle het net daar opgehou. Onder die Italianers was daar net soveel vreugde as onder die krygsgevangenes. Die paar dae wat op hierdie aankondiging gevolg het, was vir die mense in aanhouding verwarrend. Op Vrydagoggend, 10 September, deel die kampkommandant hulle mee dat hulle vry is om te gaan, maar dat die Duitsers reeds in die nabye Sulmona aangekom het en dat hy hulle aanraai om vir hulle eie veiligheid in die kamp te bly. Die volgende dag luister Uys in die offisiersmenasie na die radionuus en slaag teen middernag daarin om op die BBC in te skakel. Toe hoor hy dat die Geallieerde leërmagte alles voor hulle plattrap en dat hulle besig is om die vyandelike vliegtuie uit die lug te vee. 'n Dag later, Sondag, 12 September, wanneer hulle hoor dat die Duitse troepe in Sulmona voornemens is om die kamp te kom stormloop, laat spat hulle na die heuwels in die onmiddellike omgewing, Uys met sewe oefeningboeke wat - so het hy gemeen - sy skeppende werk van die voorafgaande twee en twintig maande bevat. Sondagaand, 12 September, vertrek Uys saam met drie ander gevangenes - Frank Cochran, Samuel Rochberg en Michael Marchant - en dieselfde nag slaap hulle in 'n klofie teen die hang van die Morrone- | |
[pagina 349]
| |
'N RUWE SRETS VAN DIE OMGEWING VAN DIE PALAZZO, GEMAAK TYDENS UYS KRIGE SE ONISNAPPING
DIE GEBIED VAN DIE ONTSNAPPINGSROETE.
| |
[pagina 350]
| |
berge in die onmiddellike nabyheid. Reeds die vorige dag het Frank, 'n Brit en majoor in die artillerie, drie man as spioene die Sulmonavallei ingestuur en tevergeefs geprobeer om 'n roete met ten minste een put of fontein oor die berg te kry, sodat die 3 000 gevangenes sonder water en met min kos uit die vallei kon kom en die Geallieerde magte verder suid by Campobasso en die see aan die oostekant kon bereik. Tog durf hulle die berg aan. In 'n stuk wat onder die titel ‘'n Lang ent pad’ onder sy dokumente bewaar word,Ga naar eind42. skryf Uys: Belaai met jas, waterbottel, padkos is ons 'n stuk bergwand oor wat die dag vantevore deur een van ons padvinders as ‘onbestygbaar’ afgekeur is. Omdat hulle sonder water nie die berg kon oor nie, is Uys en sy makkers verplig om in die vallei af te daal. Tot sy ontsteltenis ontdek hy dat die een oefeningboek wat hy saamgeneem het, slegs aantekeninge bevat en dat sy boek met verse steeds in die kamp lê! Onderweg ondertoe ontmoet hulle 'n groep Engelse wat hulle vertel dat die Italianers die vlugtelinge soos verlore seuns verwelkom, bereid is om alles vir hulle te doen en burgerlike klere vir hulle ver- | |
[pagina 351]
| |
skaf sodat hulle helder oordag in die dorpie kan rondloop. So maklik sou dit egter nie vir Uys en sy vriende wees om die vryheid te bereik nie, want feitlik onmiddellik stel die Duitsers hoë vonnisse en selfs oombliklike fusillering in as straf vir enige Italianer wat die Geallieerdes help. Gelukkig ontmoet hulle by hulle aankoms in Sulmona vir Vincenzo Petrella, wat in die opvolgende weke as hulle weldoener en beskermheer sou optree, hulle telkens teen Duitse gevare sou waarsku en hulle in sy huis en elders in die nabyheid beskerming, oornagting en kos sou aanbied. Vincenzo is 'n kleinboer van die vallei wat Mussolini en sy geknoei verag en verskriklik voel oor die ellende waarin sy land deur die Fasciste gedompel is. Met die Duitsers aan die kom, wys Vincenzo hulle 'n klein betongrot wat hy vir sy gesin as bomskuiling gebou het en waarin hulle voorlopig kan wegkruip. Teen die aand eet hulle saam met die Petrella-gesin en slaap hulle op 'n hoop mielieblare onder 'n sink-afdak in die binneplaas. Dit word die patroon van die vlugtelinge se lewe vir die volgende paar dae. Met die Duitsers steeds in die nabyheid en die gevaar dat hulle elke oomblik betrap kan word, stel Vincenzo voor dat hulle in sy wynkelder binne-in een van die leë wynvate, wat deur 'n klein deurtjie langs die kraan vir 'n mens toegang bied, moet wegkruip. Hier bly hulle ses dae lank, met net 'n bietjie sonlig wat in 'n dun straaltjie deur 'n skrefie tussen nege- en elfuur elke môre deurgelaat word. Selfs hier was hulle egter nie sonder gevaar nie. Eenkeer het 'n Duitser vlak voor die kelderdeur kom staan en aan die groot swaar deur se handvatsel gedraai. Toe dit nie wou oop nie, het hy gemeen dit is gesluit en toe maar weer weggestap. Ten spyte van die ongemak en die moeilike lewe as voortvlugtige behou Uys sy vertroue in die mensdom. Wanneer hy sien hoe goed Vincenzo en sy familie vir hulle sorg, kom daar vrede in sy gemoed. In Môrester oor die Abruzzi, die Afrikaanse verwerking van The way out, die boek oor Krige se verblyf in die Sulmona-vallei en sy ontsnapping wat hy ná die oorlog sou publiseer,Ga naar eind43. skryf hy: 'n Vertroue sterk aan in my, sonder die tydelike verheffing wat tekenend van 'n liriese gees is, dat al die gevare wat voorlê ten spyt, ons heel hier sal uitkom, en dat 'n nuwe wêreld gebore sal word uit die bittere groeipyne van die oorlog, en dat die mensdom inderdaad beweeg na 'n nuwe doel: 'n voller lewe waar mense mekaar sal respekteer en daar minder haat, afguns en | |
[pagina 352]
| |
wreedheid sal wees, en meer waardigheid, 'n lewe wat meer slapende energieë sal wek, 'n wêreld gebaseer nie op mag of voorreg vir 'n enkele ras of klas mens nie, maar op die welsyn van almal.Ga naar eind44. Wanneer Vincenzo hulle meedeel dat drie Duitse offisiere enige dag kan kom om 'n deel van sy huis te beset, besef hulle dat selfs die kelder nou vir hulle te warm word. Hy laat sy manuskripte in sy Italiaanse gasheer se sorg; moontlik, so hoop hy, kan hy dit ná die oorlog kom afhaal. Hulle nuwe tuiste is in 'n ruigte 'n paar honderd tree van die Petrellas se huis, 'n gras-en-tak-skermpie met digte onderbos waarin hulle 'n paar dae bly, waar Vincenzo hulle gereeld besoek en waar Uys ook 'n paar boeke ontvang om te lees. Die hele tyd het hy teenoor sy mede-ontsnaptes gekla oor sy manuskripte wat in die kamp agtergelaat is. Op 'n dag is Sam helder oordag in burgerlike klere terug kamp toe om sy Joodse gebedeboek, 'n paar foto's en briewe van Frank en die oefeningboeke te gaan haal - 'n onbeskryflike vreugde vir Uys. Hulle maak ook kennis met 'n Arabier wat vlot Italiaans ken, 'n Senussi aan wie hy die naam ou Blou Hemp gee - ‘een van daardie vurige woestynvegters wat mens ook in Libië kry’.Ga naar eind45. Dit is egter 'n man wat so baie praat oor sy eie vermoëns en wedervaringe dat Uys die indruk kry hy het met 'n geweldige spekskieter te make.Ga naar eind46. Met die een alarm op die ander besluit Uys en sy vriende dat hulle nie langer die Petrellas deur hulle aanwesigheid aan die gevaar van vervolging en selfs die doodstraf kan blootstel nie. Teen die hang van die berg vind hulle 'n grot waar hulle 'n week lank wegkruip. Ten spyte van die stortreën besluit hulle om die tog oor die berge aan te pak, die dorpies te vermy en eerder staat te maak op die Italianers wat hulle op die paadjies of op plase teëkom en wat, so word hulle verseker, hulle sal help. By Di Pillo, een van die Italianers met wie hulle bevriend geraak het, ontstaan die plan dat drie van die vlugtelinge, vermom in veewagtersklere, sal meereis met 'n aantal van die herders wat hulle vee oor die berge na warmer gebiede in die suide neem. Bartolommeo, die hoofveewagter - 'n vermoënde boer wat, ouer as sy wagters, ná vroeë uittrede hom weer tot sy groot liefde, die berge en sy skape, gewend het - is bereid om hulle te laat saamgaan. In die oornaghut is daar egter reeds ander vlugtelinge wat hy die vorige dag in die mis raakgeloop het. Kos en skuiling kan hy bied, | |
[pagina 353]
| |
maar hy kan nie te veel mense op een slag saam met sy wagters laat reis nie. Terwyl Uys op 'n nag in die hut lê, hoor hy hoe die wagters onder mekaar gesels oor die gevare waaraan hulle hulle blootstel om die vlugtelinge saam te neem. Hoewel hulle merendeels dialek praat, kon Uys hulle betreklik goed verstaan. In 'n belangrike passasie in Môrester oor die Abruzzi gee hy dié gesprek weer: Daar is jong stemme wat opgewonde opklink, maar Bartolommeo se diep, rustige stem oorheers alles die kere wat hy praat. | |
[pagina 354]
| |
klaar. Al is ons, die Here weet, nie juis in staat om oorlog te verklaar nie ...’ Drie dae later, wanneer die reën ophou en die mis opklaar, vertrek die voortvlugtiges. Uys het moeite om die skape wat hy aandryf, bymekaar te hou, maar die ander wagters help hom. Die ‘nakende wilde skoonheid’Ga naar eind48. van die Morrone, deel van die Apennyne-bergreeks, is vir hom net so indrukwekkend as dié van die Maluti's wat hy in 1939 in Basoetoland gesien het. Hy word getref deur ‘dieselfde stilte, dieselfde kaalheid en gebrek aan plantegroei, ... net hier en daar die verdorde geraamtetjie van 'n bergdistel’.Ga naar eind49. Op die verdere tog, so word hulle meegedeel, moet hulle 'n paar grootpaaie oorsteek en drie riviere - die Sangro, die Trigno en die Biferno - deurgaan voordat hulle by Campobasso en die Geallieerde leërs sal uitkom. By Campo di Giove, waar die Duitsers toegeslaan en waar baie Italianers omgekom het, is daar weer die gevaar dat hulle gevang kan word, maar ook dié struikelblok kom hulle te bowe. Hulle steek die Bitterberg oor en vermy Palena, waar daar Duitsers mag wees. In die maanlig is die kruin van die berg ‘amper so skerp soos die lem van 'n mes, of | |
[pagina 355]
| |
die kiel van 'n enorme, omgekeerde boot’.Ga naar eind50. Hoog oor die Abruzzi ‘skyn die môrester so helder verlig dat dit skynbaar die maan in glans oortref’.Ga naar eind51. Hoewel 'n windjie baie koud oor die bergkruin waai, is alles so vars en vonkelend dat hulle ‘tegelykertyd 'n groot ontsag en 'n groot jubeling’Ga naar eind52. ervaar. Hulle steek die bergpad van Palena af oor en kom in 'n pragtige bos met herfskleure. Hulle gaan Capracotta verby, maar beland op 'n kronkelpad. Van 'n boer en sy skoondogter en later ook sy vrou ontvang hulle besondere gasvryheid. Hier kry die voortvlugtiges 'n goeie bord kos en slaapplek. Die ou man spoor hulle aan om goed te slaap totdat hy hulle die volgende oggend vir die verdere reis kom wakker maak en die pad wys.Ga naar eind53. In die dorpie Cupello woon Pascuale Tucci, wat aanbied om hulle, al hou dit gevaar vir hom in, saam met 'n paar ander oor die laaste stukkie pad tot by Campobasso te neem. Sedert die wapenstilstand van meer as 'n maand tevore het Pascuale Tucci dit as sy heilige plig beskou om enige Geallieerde oudkrygsgevangene wat hy teëkom, onder sy beskerming te neem en veilig anderkant die Duitse kanonne aan sy mense terug te besorg. Op 'n oggend in September 1943Ga naar eind54. bevind Uys hom in die geselskap van vyf ander ontsnapte krygsgevangenes, een Griek, vier en twintig Italianers en die twee Tucci-broers, albei Abruzzi-boere, op die allerlaaste skof van sy ses weke lange vlug deur die Duitse linies na die Geallieerde voorposte. Pascuale Tucci neem hulle deur die Trigno en die berge oor, totdat hulle in die nanag 'n digte bos binnegedring. Met dagbreek is daar geen bome meer nie en die sterre het verbleek: Net die môrester, hoog bo die oostelike gesigseinder, is pragtiger as ooit. Onder ons, aan albei kante, lê 'n geheimsinnige wêreld, eenvormig in sy vaagheid en anonimiteit. Maar reeds onderskei ons ginds die dowwe ommelyn van 'n heuwel, die fyn-getekende kontoer van 'n rant en die eerste wasige aanduidings van nog verdere hoogtes en pieke.Ga naar eind55. Die wêreld waarop hulle nou neerkyk, lyk baie soos die streek waardeur ons gekom het, maar met dié groot onderskeid: dit sal 'n wêreld van vrye mense wees waar nie langer op ons jag gemaak sal word nie, ons weer normale mense sal word, verlos van vrees.Ga naar eind56. | |
[pagina 356]
| |
Van 'n boer verneem hulle die Duitsers is die vorige aand vort. In veiligheid kan hulle afdaal: Met lang treë stap ons oor die boggelrug van daardie rant kaal en swart bo 'n wêreld wat nou 'n sagte goue glans het soos die blos op 'n perske. Al die sterre is weg. Net Venus bly oor, tot 'n splintertjie afgestroop, wat af en toe silwerig flikker.Ga naar eind57. Hulle is nou vry, al is die begrip ‘vryheid’ 'n vreemde abstraksie, soos die môrester. Terwyl hulle vroeër, toe die Duitsers vlak by hulle was, met mekaar gepraat het, is hulle nou stil: Ek besef dat die stryd - al is die laaste skoot reeds afgevuur - nog glad nie volstry is nie; en dat dit nog lank, baie lank sal neem voor die ideale waarvoor so 'n groot opoffering gemaak is, werklikheid sal word. Ek besef maar alte goed dat misstande en rassehaat, onkunde en broodgebrek nog oral bestaan; dat selfsug en 'n drang na mag geensins tot 'n enkele volk of ras beperk is nie; dat 'n gemis aan begrip van die werklike behoeftes van die mens, geestelik sowel as stoflik, universele euwels is; dat daar nog miljoene mensewesens is wat geen vertroue het in sy medemens en al die moontlikhede wat daar in hom skuil nie, en wat, bewus of onbewus, fel gekant staan teen die broederskap van alle volke en mense; en dat as hierdie dinge die Fascisme is of die teelaarde van daardie Fascisme wat grense skep tussen mens en mens, volk en volk, die Fascisme of sy moontlike bron oral in alle lande en onder alle volke te vinde is. Soos nog nooit tevore nie besef ek dat die mens, om sy droom van menswaardigheid te verwesenlik, die stryd nooit sal kan staak nie.Ga naar eind58. Hoe waar hierdie woorde is, besef Uys met sy aankoms in Campobasso. Sy eie mense tree onmenslik teenoor die Italianers op, selfs dié wat hulle vryheid aan die goedhartigheid en hulp van die gewone burgers te danke het. Uit die Engelse koerante wat hy deurblaai, straal 'n onverdraagsaamheid wat hom teen die bors stuit en dit geskok laat neersit. Die joernaliste, duidelik mense wat die oorlogsfront nie ken nie, is vol eiegeregtigheid, hulle kyk neer op die Duitsers as ‘Hunne’, boelies en moordenaars en skryf neerbuigend en met minagting oor die Italianers. Daarteenoor is hulle eie mense wonderlike helde | |
[pagina 357]
| |
sonder foute. By die lees van dié verslae dink hy aan die ou spreuk: ‘In die oorlog sneuwel die waarheid eerste.’Ga naar eind59. Wanneer hy probeer om 'n redelike vergoeding vir die Tucci-broers te beding, word hy deur 'n stoelsitter-luitenantjie meegedeel dat slegs 'n pond per gevangene as vaste reël toegelaat word. Wanneer dit in 'n stryery ontaard, is 'n stuk of ses, sewe offisiere by wat al die ‘ou holruggeryde beledigings’Ga naar eind60. oor die Italianers oprakel met die ‘einste rassistiese arrogansie en onverdraagsaamheid wat ons veronderstel is om in die Duitsers te beveg’.Ga naar eind61. Die volgende dag is hulle in Foggia. Die stad, vroeëre hoofkwartier van die Luftwaffe, is plat gebombardeer deur die Geallieerdes. Die sentrale hoë geboue is net leë doppe - 'n dooie plek waar niks werk nie. Hoewel die vliegtuie wel pamflette afgegooi het om die inwoners oor die aanval te waarsku, het baie mense in hulle huise gebly. Twee maande ná die bombardement lê daar nog steeds dooies onder die puin. Terneergedruk stap Uys en sy maats deur die stad. In 'n hoë gebou waarvan die dak afgeskiet is en wat intussen deur die soldate as 'n klub vir mans ingerig is, kry hulle tee te drinke. Wanneer Uys oplet dat die Engelse soldate, drie Londenaars en twee Noord-Engelse, vier of vyf seuntjies, wie se ouers in die bombardement gedood is, feitlik aangeneem het as hulle eie kinders en vir hulle sorg, herstel dit in sekere mate sy geloof in die mens. Vir die eerste keer vandat hulle by Campobasso deur die linies gekom het, voel hy gelukkig en weet hy weer wat geloof en hoop is.Ga naar eind62. Die ervaring in die krygsgevangenekamp, so kon Krige baie jare later getuig, het sy geloof in die mens herstel. Terwyl die literatuur later in die twintigste eeu smalend na die mens as 'n verfoeilike wese kyk, het hy sy makkers in die kamp almal ordentlik gevind. Die meeste van hulle was Cockneys, Arabiere en Jode, gewone burgers met weinig ontwikkeling of kennis van die kunste. Wanneer van hulle nie genoeg kos gehad het nie, het hulle dikwels eerlik onder mekaar gedeel. Hy het die heroïese in die doodgewone burger en sy ewige moed leer waardeer en in opstand begin kom teen die siening van die mens as 'n wurm. Sy ontsnapping was 'n hoogtepunt in sy lewe en hy het telkens later sy waardering en bewondering betuig vir wat die kleinboere van die Sulmona-vallei bereid was om vir die voortvlugtiges te doen. Daarby is die rykdom van die Italiaanse taal en sy letterkunde aan hom geopenbaar, 'n kultuurskat wat hom ná sy studie van die Franse en die Spaanse letterkunde in die dertigerjare gees- | |
[pagina 358]
| |
telik sou verruim en nuwe moontlikhede vir sy skeppende werk sou bied.Ga naar eind63. | |
IIIOnmiddellik ná sy aankoms in Foggia is Krige per skip terug na Suid-Afrika om van sy ervarings en ontberings te herstel. Op die skip is Van Wyk Louw die eerste van 'n hand vol vriende aan wie hy 'n brief skryf. Die twee baie mooi briewe wat Louw aan hom in die kamp gestuur het en wat nog daar lê, behalwe as die Duitsers hulle teen dié tyd al verbrand het, sal hy nie maklik vergeet nie. Hy gaan voort: Ek sien reikhalsend daarna uit om jou weer 'n stewige handdruk te gee, land en sand aanmekaar met jou te gesels, gedagtes te wissel, weer die vonke te laat spat. In twee jaar het ek geen Afrikaanse boek of tydskrif te sien gekry - behalwe die Bybel. Daar is dus groot leemtes om aan te vul. Ek is meer geheg aan ons taal as ooit. Vertrou en hoop om iets werkliks van waarde tot ons letterkunde by te dra - veral op die gebied van die poësie en die toneel. Voel of ek nou eers begin, dat wat ook al agter die rug lê, slegs vakleerlingskapwerk was. Die volgende vyf jaar gaan ek ook heelwat Engels skrywe - veral my verhale, sketse, dokumentêre werk ens. Reeds geruime tyd het die Engelse taal as uitdrukkingsmiddel my begin fassineer. Ek het nogal vertroue in my vermoë om mettertyd as skrywer die taal heeltemal baas te raak. Gaan natuurlik nooit weer 'n vaste betrekking beklee, my geheel en al aan literatuur wy. Ook om dié rede moet ek in Engels skrywe - daar g'n skrywer op sy Afrikaanse royalties kan lewe behalwe, dalk, as hy ‘geseën’ is met die vrugbaarheid van 'n middelmatigheid soos C.M. ... Terloops, al wat ek uitgehou het toe die Duitsers ons begin bestook het en ek moes draf, was ongeveer veertig gedigte (byna al my vers-produksie in die twee jaar). Verhale, aantekenings, dagboeke, eenbedrywe - alles het ek verloor - maar daar lê veertig jaar voor!Ga naar eind64. In Johannesburg word Uys verenig met Lydia en Eulalia. Terwyl hy in Oos- en Noord-Afrika en later in die krygsgevangekamp in Italië was, het Lydia haar toneelloopbaan voortgesit en moes sy en Eulalia baie rondtrek. Toe sy hoor dat Uys ontsnap het en onderweg is na | |
[pagina 359]
| |
Suid-Afrika, het sy met al haar spaargeldjies vir hulle 'n klein siersteenhuisie op 'n hoekerf in Scholtzstraat, Norwood, Johannesburg, gekoop. Hoewel die huis karig gemeubileer was, het sy gesorg vir genoeg rakke vir Uys se baie boeke, waarvan die meeste by Bokkie in Pretoria gestoor is. Vir Eulalia was die terugkeer van haar vader 'n groot vreugde. Omdat hy in haar kinderjare so baie weg was, het sy haar moeder in dié stadium veel beter geken. Uys was die groot afwesige vreemdeling in haar lewe na wie se besoeke sy gretig en opgewonde uitgesien het. Maar nou het hy baie aandag aan haar gegee. In die aande het hy vir haar Huckleberry Finn en die pragtige kinderverhale van Oscar Wilde voorgeleesGa naar eind65. en deur die relaas van sy ontsnapping het sy 'n heroïese verering vir hom begin kry. Ná sy terugkeer moes Uys baie onderhoude, sowel in Afrikaans as in Engels, aan feitlik al wat koerant en tydskrif was, toestaan, want die algemene publiek het groot belangstelling in sy aanhouding in die kamp en sy ontsnapping getoon. Reeds in Campobasso en Foggia het hy bewus geword van die antipatie teen die Italianers en wou hy iets doen vir die Italiaanse gevangenes in Suid-Afrika. Terwyl 'n koerant soos The Rand Daily Mail gif gespuug het oor die hele Italiaanse volk, hou Uys by herhaling lesings om dié vooroordeel af te breek.Ga naar eind66. Toe hy op 'n perskonferensie in Johannesburg vertel hoe wonderlik die Italiaanse kleinboere en hulle vroue en kinders die ontsnapte krygsgevangenes gehelp het, was 'n hooggeplaaste Suid-Afrikaanse offisier in Kaïro só die joos in vir hom dat hy daarop aangedring het dat Krige dadelik voor 'n krygsraad moet verskyn!Ga naar eind67. Van dié dreigement het daar egter niks gekom nie. Omdat hy graag sy familie so gou moontlik wou sien, vertrek Uys, Lydia en Eulalia reeds vroeg in Desember 1943 per trein na die Kaap, waar hulle aanvanklik by sy ouers in Nuweland kuier en daarna op Onrust in Ouma Dominee se strandhuis gaan vakansie hou. Die weersien van sy ouers, veral van sy moeder, aan wie hy steeds geheg gebly het, was 'n vreugdevolle ervaring, soos ook die see by Onrust, wat hy reeds as kind leer ken en liefkry het. Uys wou nou egter met 'n koorsagtige haas en 'n gevoel van dringendheid die hele geskiedenis van sy ontsnapping te boek stel. Hy het, miskien 'n bietjie naïef, gehoop dat die spoedige publikasie van so 'n boek, waarin hy oor sy kennismaking met die Abruzzi-boere en hulle aandeel aan die ontsnapping van so baie krygsgevangenes wou uitwei, die benadering van die Geallieerde Opperbevel teenoor | |
[pagina 360]
| |
die Italianers sou verander. Daarom trek hulle na afloop van die feesgety, wat met Kersfees en Nuwejaar saamhang, oor na 'n ander huis op Onrust.Ga naar eind68. Daar begin hy in Februarie 1944 The way out aan Lydia dikteer. Aan Bokkie skryf hy dat hy in Engels werk aan sy boek oor sy ontsnapping. Hy wil hê dit moet iets meer wees as net reportage. Op 17 Maart 1944, nadat hy al 'n hele ent gevorder het, keer hulle terug na hulle huisie in Norwood, waar Lydia met haar radio- en toneelverpligtinge moes voortgaan. Sy was vir die tweede keer in haar lewe verwagtend en het gehoop die lewe saam met Uys sou nou, ná sy terugkeer, 'n rustiger wending neem. In Johannesburg voltooi Uys die manuskrip van The way out. In dié paar maande het hy 250 000 woorde geskryf. Met die hersiening, wat hy in Julie 1944 klaarmaak, is dit verminder na 150 000 woorde.Ga naar eind69. Ná 'n afwysing deur Hurst and Blackett lê hy die manuskrip voor aan die Britse uitgewer Collins, wat dit onmiddellik aanvaar. As gevolg van die papierskaarste tydens die oorlog word die publikasie egter vertraag tot Desember 1946. Dit was te laat om nog enige invloed op die Geallieerde Opperbevel se gesindheid teenoor die Italianers te hê, indien hulle dan hoegenaamd van so 'n boek sou kennis neem en tot ander insigte sou kom. Tog skryf hy in die voorwoord: If I had been more interested in the style of this book than in its content I would have written it in my own language - Afrikaans. But this is a book which I had on my conscience - on my conscience as a human being and not as a literary craftsman - and which, I felt strongly, should be written in English so that documentary evidence as to exactly what happened in Italy after the 8th September, 1943, should be accessible to the peoples of the two countries at present most concerned with Italy - namely, the British Commonwealth and America. Al het The way out nie 'n hegte konstruksie nie en word die gang bepaal deur 'n reeks kleiner klimakse en antiklimakse tot 'n detonerende ontnugtering en frustrasie aan die slot, het die lewensegt- | |
[pagina 361]
| |
heid en eerlikheid van die vertelling van die begin af lesers meegevoer. Ná sy vroeëre joernalistieke werk by The Rand Daily Mail, die enkele verse in Engels en die stukke wat hy vir die kampkoerant tydens sy gevangeskap opstel, is The way out Uys se eerste omvangryke werk in Engels. Op enkele plekke voel 'n mens dat hy vir 'n boek in Engels die historiese presens te veel gebruik en soms is die dialoog 'n bietjie onnatuurlik, veral wanneer dit met 'n gemoedelike geselstaal vermeng word. Krige was bewus van die gevare om in 'n medium te skryf wat nie sy moedertaal is nie. Toe die boek in Junie 1955 'n tweede uitgawe by Maskew Miller sou beleef, het hy in 'n noot voorin daarop gewys dat die meeste van sy korreksies vir die eerste uitgawe Londen nie betyds vir publikasie bereik het nie. Hy skryf: To write for the first time a book in a language not one's own, is - as we say in Afrikaans - ‘no cat to tackle without gloves on’. It is like flying a plane when one is as yet not completely at home with the controls. Perhaps, at times, one flies blind ... One is prone to take short cuts; mistake a phrase or expression for something fresh and novel when in reality it is, to the experienced ear, nothing but a mere cliché; or, out of the seven or eight possible ways of expressing a thought or feeling in so rich a language as English, choose the fourth or third best way and not the final and inevitable one.Ga naar eind70. Daarom dat hy vir die tweede uitgawe The way out drasties hersien, die taal en styl verbeter en sekere passasies wat vir hom oortollig voorkom, weglaat. In Londen geniet The way out 'n entoesiastiese ontvangs by van die voorste literêre kritici. Frank O'Connor skryf: ‘The way out has all the excitement of an escape story, raised by literary art to universality.’ Walter Allen noem dit ‘a warm-hearted, humane book ... A fantastic story ... parts of it are moving indeed ... while parts have a strange pastoral beauty that has an eerie quality by contrast with the background of war ... At his best Mr. Krige writes admirably.’ S.P.B. Mais sê: ‘The way out is one of the most gripping of true adventure stories ... The special merit of the book lies in the complete absence of straining after any highly-coloured literary or dramatic effects. It is a bold, unvarnished narrative and the more convincing and effective on that account.’ In Suid-Afrika skryf Lawrence G. Green: ‘Af- | |
[pagina 362]
| |
ter reading The way out those who cannot read Afrikaans will hope that Krige will continue to write in both languages. His English is sensitive and vivid. In fact, I am now wondering whether there is any other writer in the Union so completely and powerfully bilingual as Uys Krige ... This is one of the 1939-1945 war books that will live.’ Mary Morison Webster het ook hoë lof vir die boek: ‘This is a rare book, beautifully written, and illumined throughout with the percipiency of genius ... a book which, long after the last echoes of World War II have died away, will be read and enjoyed as literature.’ Edgar Bernstein skryf: ‘[Krige] has related the ephemeral incident to the vast, impersonal picture of war, and endowed the result with a humaneness and profundity rare among war books ... There is a candour and directness about The way out that reminds one of that greatest of all war books, The red badge of courage. Like Stephen Crane, Krige does not romanticise ... A nervous, sensitive prose, vivid in description and flexible in his delineation of beauty ... Uys Krige has written the best book that has yet come out of the war ...’Ga naar eind71. En wanneer Christina van Heyningen in 1966 'n hele studie aan Krige se lewe en werk wy, sê sy oor The way out: This book has been called, with justice, one of the finest escape stories of World War II. There have been narratives that are more ingenious, more spectacular, and more brutal; but none has been written with a greater depth of truth and range of sympathy. The way out is at once a subtle exposition of the mind and feelings of men on the run and a haunting evocation of the pastoral landscape of Ovid and Horace; periods of danger and fear, behind which lay the constant menace of war, alternate with pictures of the splendor of the Abruzzi Mountains or the beauty of autumn forests. But it is in the celebration of the warmth and strength of the Italian peasants, who repeatedly risked their lives for the sake of the fugitives, from nothing but a sense of fundamental human loyalty, that the book's power must finally reside. And out of the encounter between Uys Krige's generous gratitude and their ancient simplicity grows a moving affirmation of all those common bonds that link human beings together, whatever their disputes and differences.Ga naar eind72. | |
[pagina 363]
| |
By sulke hoë lof ontstaan die vraag of Krige dan nie, met die gunstige ontvangs waarmee sy boek in Brittanje begroet is, aan 'n Afrikaanse weergawe van The way out gedink het nie. Môrester oor die Abruzzi, soos die boek in Afrikaans heet, verskyn eers veel later, enkele dae vóór sy dood op 10 Augustus 1987. By die verskyning is die indruk in koerantberigte en ook deur 'n noot voorin die boek gewek dat Krige in die jare onmiddellik vóór sy dood aan die Afrikaanse vertaling gewerk het en dat die finale afrondingswerk deur Jan Rabie onderneem is. Rabie het inderdaad die redigering in dié jare gedoen, maar in werklikheid was die Afrikaanse bewerking deur Krige self vir alle praktiese doeleindes reeds in 1948 gereed. In sy onderhoud met Rabie wat in 1973 - met ander woorde nog vóór publikasie van die Afrikaanse teks - in Gesprekke met skrywers 3 opgeneem word, sê Krige trouens dat die boek al vyf en twintig jaar in Afrikaans bestaan.Ga naar eind73. In dieselfde onderhoud sê Krige: ‘Môrester is die beste (of minste swak) boek wat ek nog geskryf het. Want my Afrikaanse prosa is 'n hele ent beter, meen ek, as my Engelse.’Ga naar eind74. Waarom is dit dan nie gepubliseer nie? Uit die beskikbare dokumente lei 'n mens af dat politieke vooroordele teen Krige en die vermeende swak verkope oor 'n onderwerp wat vir baie Afrikaners nog steeds 'n ‘Engelse’ aangeleentheid was, by ten minste twee uitgewers 'n rol gespeel het. Wanneer hy die manuskrip in 1951 aan die Afrikaanse Pers-Boekhandel voorlê, laat Sarel Marais, hoof van die uitgewersafdeling, hom in 'n onbeskofte brief van 14 Mei, waaruit sy afkeer van Smuts se deelname aan die oorlog onderliggend blyk, summier weet: ‘Nee, man, ek glo nie dat 'n Afrikaanse uitgawe van The way out 'n uitgewersukses sal wees nie. Die publiek wil niks van oorlog weet nie - veral ons Afrikaanse lesers oor die afgelope (of liewer “julle”) oorlog.’ Ná die afwysing deur die Afrikaanse Pers-Boekhandel laat Krige die manuskrip van Môrester oor die Abruzzi vir eers lê. In 1954 lewer hy dit egter in by George Minnaar van die Nasionale Boekhandel, 'n man wat dikwels op eie stoom, sonder om buitekeurders te nader, oor manuskripte besluit het. Hy het dit tot sy krediet gehad dat hy in die vyftigerjare Venter se Swart pelgrim, Eitemal se Jaffie, Elise Muller se Die vrou op die skuit en Audrey Blignault se eerste bundel essays vir publikasie afgekeur het!Ga naar eind75. Dit was ongelukkige besluite. Met Môrester oor die Abruzzi sloer hy só lank dat Krige later ongeduldig word. Wanneer hy uiteindelik op 2 Desember 1954 met 'n brief vorendag kom, | |
[pagina 364]
| |
meen hy dit sal vir hulle as uitgewers nie 'n lonende saak wees om die werk in boekvorm in Afrikaans uit te gee nie. Sy besware formuleer hy as volg: 1. Dit is 'n oorlogsboek en derhalwe tydsgebonde. Die oorlog is egter so lank reeds verby dat die agtergrond van die boek vir die leser van vandag nie meer die indruk van werklikheid skep wat dit ag jaar gelede sou gedoen het nie. Die Afrikaanse leser het in die oorlogsjare nie baie na aan die oorlog gestaan nie en daar is dus vir hom nie dieselfde sentiment aan verbonde wat byvoorbeeld met die Engelsman die geval is nie. Ons glo dus dat 'n oorlogsboek vandag nie veel opgang sal maak nie. Terwyl Marais die boek blatant, sonder enige poging tot literêre motivering, op grond van sy tema en Krige se deelname aan 'n Smutsoorlog afkeur, wei Minnaar - ten spyte van die feit dat die Tweede Wêreldoorlog skrywers van oor die hele wêreld toe nog steeds besig gehou het - behendig en in teenspraak met baie ander kommentators oor die Engelse weergawe uit oor wat hy die tydsgebondenheid noem en voeg hy ook sommer morele ontoelaatbaarhede en aanhalings uit digters as besware by. Toe die boek uiteindelik ná jare in 1987 wél in Afrikaans - en nogal by Perskor, die opvolger van die APB - verskyn, geniet dit 'n geesdriftige ontvangs. Hennie Aucamp bewonder die wyse waarop Krige die dokumentêre verhaal tot 'n romantiese ‘sprokie’ oor die ouwêreldse deug van menslike goedheid en geloof omtower.Ga naar eind76. F.I.J. van Rensburg meen die boek bring 'n goedgestruktureerde spanningslyn tot stand,Ga naar eind77. terwyl Johann Lodewyk Marais die trefsekerheid en afgerondheid van die prosa waardeer.Ga naar eind78. | |
[pagina 365]
| |
Met die vroeëre afwysings is daar nie alleen 'n groot onreg teenoor Krige gepleeg nie, maar ook 'n onreg teenoor die Afrikaner wat op die vooraand van die apartheidsera die getuienis van 'n mede-Afrikaner oor 'n diep menslike drama en die onuitwisbare geloof dat vrede tussen alle volkere uiteindelik sal kom, in hulle eie taal nie gegun is nie. Maar ook op 'n ander vlak sou die werk van Krige in hierdie jare geringskattend beoordeel en vir toekennings verbygegaan word. Vir die jaar 1941 moes die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die Hertzogprys vir Drama vir die periode 1938-1940 toeken. Die enigste werk wat uit die vier en twintig stukke onder beskouing noemenswaardig was, is Krige se Magdalena Retief en Die wit muur en ander eenbedrywe en Die klipdolk en ander kortspele deur J.F.W. Grosskopf. Die keurkommissie, bestaande uit H. van der Merwe Scholtz (senior) en F.C.L. Bosman, vind Magdalena Retief 'n verdienstelike werk. ‘Dit bevat elemente van digterlikheid;’ lui die verslag, ‘daar is afwisseling van toon, die dialoog fris en beeldend, die karakterisering suiwer en kragtig. Op heel aanskoulike en oorsigtelike wyse word die hoofmomente uit die lewe van Retief en sy familie uitgebeeld. Deur deeglike voorstudie en psigologiese insig het die skrywer daarin geslaag om sy stof en sy persone te verlewendig.’ As drama vind die twee beoordelaars dit egter onbevredigend: dit mis strakheid van bou en uitbeelding; 'n noodwendige verband tussen die verskillende tonele ontbreek; 'n groot gedeelte van die stof is suiwer geskiedenis, gelê in die mond van die dramatis personae en sonder dramatiese waarde. Die drie eenbedrywe in Die wit muur staan op 'n hoër vlak as Magdalena Retief: Die wit muur met sy ‘kragtige slot’, Die skaapwagters van Betlehem met sy ‘gevoelige stemmingsbeelde’ en Die arrestasie, wat met sy verskeidenheid karakters lewendig en kleurryk is. Volgens die kommissie verdien slegs Krige se werk oorweging met die oog op die Hertzogprys, maar of dié skrywer reeds die rypheid, breedte en diepte bereik het wat 'n mens graag met die Hertzogprys assosieer, val te betwyfel. Hulle doen derhalwe 'n beroep om die aangeleentheid na 'n breë letterkundige kommissie te verwys. In 'n onderskrif sê F.C.L. Bosman dat hy met alles akkoord gaan, maar Magdalena Retief hoër aanslaan as Scholtz. Die uitslag van die breë kommissie was vier stemme (Theo Wassenaar, T.J. Haarhoff, M.S.B. Kritzinger en J. van Bruggen) ten gunste van 'n bekroning van Krige, terwyl ses (F.E.J. Malherbe, S.P.E. Boshoff, E.C. Pienaar, C.M. | |
[pagina 366]
| |
Booysen, D.B. Bosman en J.J. le Roux) daarteen was. Die besluit was dus om geen bekroning te maak nie, iets wat P.J. Nienaber later in sy boek Die Hertzogprys vyftig jaar ‘waarskynlik 'n fout’Ga naar eind79. noem. Wat die aangeleentheid besonder sielig maak, is dat Krige, terwyl hy in die krygsgevangenekamp aangehou is, moes verneem dat die Hertzogprys wél aan hom toegeken is, net om later weer te hoor dat sy werk tog nie bekroon is nie! Hierby sou dit egter nie bly nie. In 1941 het die kunskommissie van die Akademie besluit om geen toekenning te maak nie, omdat die kuns van Afrikaanse beeldhouers ‘nog in wording is en nie genoeg gekristalliseer is om nou al bekroon te word met 'n erepenning nie’. Tydens die bespreking het Gerard Moerdijk gevra wie vir so 'n erepenning in aanmerking behoort te kom. Hy en die kommissie voel so 'n persoon moet 'n gebore Afrikaner wees of hom só met die Afrikaner vereenselwig dat hy as Afrikaner aangesien kan word en dat hy moet kuns lewer wat eg Afrikaans is. G.S. Nienaber het gesê: ‘Iemand kan 'n gebore Afrikaner wees, maar prakties nie 'n Afrikaner wees nie. Dan kry jy weer iemand wat nie hier gebore is nie, maar wat prakties tog 'n Afrikaner is. Op dié grondslag kan maklik beslis word wie in aanmerking moet kom.’ 'n Verslag hieroor verskyn op 13 Desember 1941 in Die Volksblad en 'n paar dae later in Die Burger. Twee weke later, op 30 Desember 1941, reageer Die Suiderstem daarop. Nienaber het volgens die artikel ‘die eienaardige stelling neergelê dat die erepenning alleen toegeken moet word aan “Afrikaners”, en hy het betoog dat dit “'n praktiese saak is wat op praktiese grondslag beskou moet word.”’ Die koerant wil nou graag weet volgens watter toets hy vasstel wie prakties Afrikaner is en wie nie. Is skrywers soos Leipoldt, C.M. van den Heever, T.J. Haarhoff en Krige praktiese Afrikaners? Nienaber sê dis maklik om uit te maak wie so 'n praktiese Afrikaner is. Die Suiderstem hoop hy sal vir die inligting van die publiek op hierdie versoek wil reageer en hulle sal die ruimte daarvoor oophou, ‘want niemand moet ons dit nou kwalik neem dat in die lig van hierdie soort besprekings ons dit 'n bietjie snaaks begin vind dat Uys Krige se werk nie bekroon is deur die Akademie nie, hoewel dit onteenseglik die beste is - en van hoë gehalte is - wat verskyn het in die afgelope drie jaar en as sodanig aanbeveel is. Ons vertrou dat dr. Nienaber en die ander lede van die Kunskommissie wat met hom saamvoel 'n behoorlike en duidelike antwoord op hierdie vrae sal gee.’ Niemand reageer egter op hierdie versoek nie.Ga naar eind80. | |
[pagina 367]
| |
Voor die tweede lesing van die wetsontwerp in verband met die Akademie in die Volksraad in Februarie 1942 het van die lede van 'n gekose komitee bedenkinge uitgespreek oor die eksklusiwiteit van die Akademie en gevra of dit nie net 'n kliek of seksie van die volk verteenwoordig nie. Teenstand teen die wetsontwerp kom verder van 'n heeltemal ander kant. Die dag voordat die debat oor die wetsontwerp sou begin, skryf Die Suiderstem by monde van sy redakteur, Abr. H. Jonker, op 5 Februarie 1942 dat hy die versekering wil hê dat die Akademie nie deesdae besig is om die werk ‘binne sy reeds bepaalde gebied te verknoei nie’. Daar is dinge wat daarop dui dat die Akademie besig is om 'n agterryer te word van die Keeromstraatse Opposisie-party. Jonker wys daarop dat hy vrae aan dr. Nienaber en die Akademie gestel het, maar geen antwoord ontvang het nie. Die koerant neem aan dat kunstenaars en skrywers wat nie die Nasionale Party se politiek steun nie, nie as ‘praktiese’ Afrikaners beskou word nie en dus nie vir bekroning in aanmerking kom nie. ‘Ons het indertyd die vraag gestel of dit hierom is dat verlede jaar die letterkundige prys nie aan Uys Krige, wie se dramas aanbeveel is as die beste vir die afgelope drie jaar en waarvan die gehalte minstens net so hoog is as vroeër bekroonde werk, toegeken is nie. Geen antwoord nie. Ons neem dus aan dat dit wel die geval is; dat Uys Krige deur die Akademie nie beskou word as “praktiese Afrikaner” nie, ten spyte daarvan dat die Uyse en die Kriges onder die oudste en mees geëerde Afrikaanse families getel word - eenvoudig omdat Uys Krige oorlogskorrespondent van die Inligtingsburo was, nou krygsgevangene in die diens van sy vaderland, en voorheen felle bestryder van die onafrikaanse anti-Christelike nasionaal-sosialisme.’ Die Suiderstem sluit sy artikel af deur te sê dat hy ‘by ons Regering en die Volksraad daarop aandring om in geen omstandighede enige uitbreiding van die funksies en magte van die Akademie toe te staan nie, voor en aleer die Akademie hom nie suiwer van die ondeugde wat hom reeds aankleef nie’.Ga naar eind81. Die Akademie was nou in 'n netelige situasie, veral ook omdat die saak die volgende dag tydens die behandeling van die wetsontwerp in die Volksraad ter sprake sou kom. Op 6 Februarie 1942 sê J.H. Hofmeyr, die minister van finansies en onderwys, dat sekere dinge in verband met die Akademie hom ‘met onrus’ vervul. In Die Burger het hy gelees dat die Hertzogprys deur 'n komitee van deskundiges aan Krige toegeken is, maar dat die breë komitee van vyftien lede | |
[pagina 368]
| |
dit afgekeur het. In die gees van dr. Nienaber se verklaring moet hy tot die gevolgtrekking kom dat Krige afgekeur is omdat hy nie 'n praktiese Afrikaner is nie. Blykbaar hou die Akademie met sy bekronings rekening met die aard van die persoon, nie met die gehalte van die werk nie. Hy doen 'n beroep op die Akademie om die bewys te lewer dat die indruk wat hulle geskep het, onjuis is.Ga naar eind82. Op 14 Februarie 1942 kom die Akademieraad op 'n spoedvergadering byeen om die aantygings van Die Suiderstem te weerlê en te verhoed dat die wet verongeluk word. Op 18 Februarie besoek 'n afvaardiging van die Akademie die minister in Kaapstad. Ná die voorlegging van die verslag van die keurkommissie was Hofmeyr tevrede, maar hy het gesê politiek is in die saak ingesleep en hulle behoort ook die beswaarde Volksraadslede en die redakteur van Die Suiderstem te gaan spreek. Tydens die byeenkoms dieselfde middag het die lede van die Verenigde Party 'n aantal vrae gestel, soos die versuim om op die vrae van Die Suiderstem te antwoord, die misverstand oor die nie-toekenning van die prys aan Krige, die prosedure wat met die toekenning van die prys gevolg is en die gebruik van die begrip ‘praktiese Afrikaner’. Die afvaardiging het ook Jonker besoek. Jonker het gesê dat 'n hoofartikel oor die onwenslikheid van die uitbreiding van die Akademie reeds in die pers was en die middag sou verskyn, maar dat hy in die lig van hulle verklaring en verdere verduideliking bereid was om die volgende dag 'n artikel te plaas om die Akademie van alle blaam ten opsigte van politiekery te onthef. In 'n brief van 24 Februarie 1942 verduidelik dr. Nienaber sy standpunt. Hoewel die afvaardiging van die Akademie daarin geslaag het om die gemoedere van Jonker en die Verenigde Party-lede in die Volksraad te kalmeer, is die indruk tog gewek dat die bekronings van dié liggaam nie net 'n suiwer literêre aangeleentheid was nie en dat die politieke oortuigings van 'n skrywer tydens die besluite ook 'n rol speel. In 1943 moes die Hertzogprys vir Poësie toegeken word. Die letterkundige kommissie bestaan dié keer uit F.E.J. Malherbe (sameroeper), E.C. Pienaar en P.C. Schoonees. Omdat 'n skrywer wat reeds die volle Hertzogprys ontvang het, volgens die prosedures van destyds nie weer in dieselfde genre in aanmerking kon kom nie, is Van Wyk Louw se Raka en Gestaltes en diere nie oorweeg nie. W.E.G. Louw, wat die prys by 'n vroeëre geleentheid met Leipoldt en Totius moes | |
[pagina 369]
| |
deel, was met sy bundel Terugtog egter wel 'n aanspraakmaker. Krige se Rooidag en Oorlogsgedigte, I.D. du Plessis se Kwatryne en Ernst van Heerden se Weerlose uur was die ander werke wat uit die betrokke tydvak wat oorweeg is. In die meerderheidsverslag van Malherbe en Pienaar word aanbeveel dat die prys verdeel moes word tussen I.D. du Plessis, W.E.G. Louw en Krige. Wat Krige betref, waardeer die meerderheid die beweeglike ritme van sy vers, sy gebruik van die praatvers en sê hulle dat hy miskien die mees nasionale onder die jonger digters is en dat sy gespanne waarnemingsvermoë en direktheid van taaluiting verfrissend aandoen naas die oorverfyndheid in baie van die jongste liriek, al is daar in sy bundels ook swak probeerslae en triwialiteit van segging. In sy minderheidsverslag sê Schoonees Terugtog is die mees geslaagde bundel en meen hy dat in die lig van die gewysigde prosedures (om na 'n vroeëre tydvak terug te gryp) Elisabeth Eybers ook in aanmerking kom. Rooidag bevat vir hom ‘verdienstelike jeugpoësie’ en ‘interessante probeerslae’, maar die aantal suiwer verse is vir hom nog te gering om bekroning te regverdig. Hy voel sterk vir 'n verdeling van die prys tussen Louw en Eybers of anders om dit onverdeeld aan Louw toe te ken. Die saak is na 'n breë letterkundige kommissie verwys. Die uitslag was: Du Plessis 2, Krige 2, Louw 0. Een lid sê Eybers moet die prys kry, 'n ander Leipoldt. Op 17 Januarie 1944 verwys die Fakulteitsraad van die Akademie die saak terug na die keurkommissie, met die wenk dat ook werke buite die betrokke tydvak in aanmerking geneem behoort te word. Wanneer hulle weer die saak moet oorweeg, stel Malherbe en Pienaar voor dat Krige alleen bekroon moet word, terwyl Schoonees meen Louw moet die onverdeelde prys kry. Hy sê: ‘Ek kan dit nie oor my letterkundige gewete kry om Uys Krige te bekroon nie, nog minder I.D. du Plessis se Kwatryne.’ Op 8 April 1944 verwerp die Fakulteitsraad tydens sy vergadering in Johannesburg albei hierdie verslae en besluit hulle om die Hertzogprys eenparig toe te ken aan Eybers vir Belydenis in die skemering en Die stil avontuur. Dit word dieselfde dag deur die Akademieraad bekragtig.Ga naar eind83. Hier was nou 'n tweede keer dat Krige deur die Akademie verontreg is, nou deurdat 'n liggaam sonder die deskundigheid van 'n keurkommissie die meerderheidsverslag verwerp en op eie stoom 'n literêre beslissing vel. Eybers was in hierdie stadium 'n digter wat met enkele pragtige verse reeds groot indruk gemaak het. In sy geheel was haar debuut Belydenis in die skemering (1936) egter nog baie jeugdig, | |
[pagina 370]
| |
al bevat dit reeds belangrike verse soos die pragtige ‘Maria’ en ‘Wes-Transvaal’. In vergelyking daarmee is Die stil avontuur (1939) 'n sterker bundel, al word ‘Maria’ nie oortref nie. Maar die bedoeling van 'n teruggryp na 'n vroeëre tydvak, soos die Akademie in dié geval gedoen het, kan alleen geregverdig word indien daar nie werk van waarde in die betrokke tydvak verskyn het nie. Krige kon in hierdie stadium ‘Romanza’, ‘Die blinde se geloof’, ‘Die seemeeu’ en veral die fel ironiese ‘Lied van die Fascistiese bomwerpers’ uit Rooidag en ‘Die soldaat’ uit Oorlogsgedigte wys wat nie alleen verse van besondere suiwerheid is nie, maar wat ook met die aansluiting by ander prosodiese en verstradisies en die Mediterreense inslag nuwe wêrelde vir die Afrikaanse literatuur oopmaak. Indien hulle wou teruggryp, kon hulle ‘Tram-ode’ uit Kentering bygehaal het. Gesamentlik maak hierdie verse, sowel deur hulle intrinsieke literêre waarde as die omvang van baie van die lang gedigte, 'n sterker indruk as dié van Eybers in hierdie stadium van haar ontwikkeling. Dit is vandag haas onagterhaalbaar of, as 'n mens dit teen die yl literêre argumente in die twee verslae stel, persoonlike en politieke vooroordele weer 'n rol by die finale beslissing gespeel het om Krige van die prys te weerhou. In elk geval was dit duidelik dat Krige se soort werk by lede van die Akademie nie juis ingang gevind het nie. Klaarblyklik het Uys hom nie veel aan hierdie besluite oor sy publikasies gesteur nie en met sy werk voortgegaan. In Mei 1944 skryf hy die pragtige titelstuk van die bundel Sout van die aarde, gevolg deur ‘Drumpel’ in Junie van dieselfde jaar en in Oktober die aangrypende ‘Eggo ...’ (opgeneem in Ver in die wêreld ... in 1951): die man wat, ‘moeg van die oorlog’, in die rustigheid van die bos met sy vlammende herfskleure orals die wrede tekens van vernietiging sien en by die lyk van 'n Duitser gaan stilstaan: Baie jonk lyk hy in dié weerlose houding. Daar is 'n ronde koeëlgat in die middel van sy voorkop. Dis 'n mooi groot kop met blonde krulhare. Met 'n eienaardige soort nugterheid staan ek die lyk en beskou. Weer kyk ek na die kop. Dan vat een van die vae gewaarwordinge wat al geruime tyd in my gees om uiting soek, vaster gedaante. Wat het daar nie alles uit die Duitse kop gekom nie? Faustus van Goethe ... Beethoven se Neënde simfonie ... Dalk was ook dié jong kop vol musiek of poësie?Ga naar eind84. | |
[pagina 371]
| |
Uys begin ook werk aan 'n paar eenbedrywe en verse wat hy eers later sou voltooi en skryf die teks van 'n dokumentêre film, Words in darkness, waarin sy anti-Fascistiese boodskap duidelik uitkom: Think not that when this war is ended you may sit down with folded hands. The fight for right and justice will be man's struggle always. Let there be no more barriers between man and man. Break them down. Build the full life. Listen, my countrymen, to the words that come to you from out of the darkness which we have entered. Let our sacrifice, the sacrifice of millions, not have been in vain. Oh, youngest of all the peoples of the world, march forward to knowledge and understanding.Ga naar eind85. Waarskynlik tot ergernis van baie Akademielede en van sy skrywersvriende lewer Uys in Augustus 1944 'n toespraak op 'n Sowjetvriendskapskongres in Johannesburg om Suid-Afrikaners oor Rusland in te lig. Dit was in 'n tyd toe die Geallieerdes onder leiding van Churchill en Roosevelt vriendelike dinge oor Stalin te sê gehad en Leipoldt 'n vererende sonnet oor hom geskryf het. Op dié kongres, waarvoor generaal Smuts 'n boodskap stuur en waarby minister Hofmeyr ook optree, sê Uys heelwat van die vyandskap teen Rusland ontstaan uit blote onkunde. Rusland het in groot mate daarin geslaag om sy bevolking ekonomies te beveilig, om die byna tweehonderd rasse in die land te laat saamwerk en om sosiale regverdigheid aan elkeen te laat geskied. Hy pleit vir 'n sintese tussen die beste in die Russiese stelsel en die beste in ons stelsel. Met verwysing na die toestande in Suid-Afrika sê hy: Gedurende die loop van die oorlog - trouens alreeds lankal daarvoor - het dit vir ons duidelik geword dat die demokrasie soos ons hom ken, baie gebreke het. Sy in die ooglopendste gebrek is dat hy geen ekonomiese demokrasie is nie. Hy gee wel die gewone mens reg om te stem. Maar hy gee duisende, nee, miljoene gewone mense nie 'n kans om 'n ordentlike, menswaardige lewe te lei nie.Ga naar eind86. Dit is woorde waarin Uys krities staan teenoor die soort demokrasie, of gebrek daaraan, in die Suid-Afrika van destyds. Minder as vier jaar voordat die land met die aanvang van die apartheidsera 'n | |
[pagina 372]
| |
bestel sou binnegaan waarin die oorgrote meerderheid burgers nog minder regte sou hê, sien hy hier in die verskiet 'n menswaardige lewe vir alle rasse waarby Suid-Afrika voorlopig nie sou uitkom nie. Met sy werk aan The way out afgehandel, het Uys gevoel dat hy wil teruggaan na die Suid-Afrikaanse magte in Kaïro en Italië om, steeds as oorlogskorrespondent, die werk voort te sit waarmee hy in 1939 begin het en die einde van die krygsverrigtinge op die voet te volg. Vir hom was die stryd teen die Fascisme iets persoonliks en sy inherente diep oortuiging en liefde vir die demokrasie, vryheid en gelykheid het hom gedryf om in die voorste linies te wees saam met dié mense wat vir dieselfde humanitêre beginsels as hy stry. Daarby kon die ervarings op die oorlogsfront vir hom boustof vir sy skeppende werk bied. En hy het gehou van die opwinding en die geselligheid wat hy saam met die manne kon geniet. Vir Lydia was Uys se besluit 'n geweldige slag, want sy het gehoop dat hulle saam in hulle huisie in Norwood 'n nuwe lewe kon opbou. Sy het by hom gepleit om te bly, veral omdat sy swanger was en opgesien het teen al die verpligtinge wat die nuwe baba vir haar sou oplê. Sy kon Uys egter nie afkry van sy besluit nie. Vir hom was, so het sy tereg gedink, dit belangriker om 'n skrywer te wees as 'n eggenoot en vader. Sy het nou genoeg gehad van die voortdurende gebrek aan geld en van wat sy as Uys se selfsug en egosentrisiteit beskou het. Sy het al sy minnebriewe verbrand en vir haar, so het sy gemeen, was die huwelik op 'n einde.Ga naar eind87. In Augustus 1944 is Uys terug na Kaïro en bly Lydia en Eulalia alleen agter in hul Norwood-huisie. Op 6 Desember 1944 is haar en Uys se seun Taillefer Lafras Markgraaf dáár gebore. Taillefer beteken ‘ystersmid’ en is die naam van een van die ridders wat in 1066 geveg het by die Slag van Hastings, toe Willem die Veroweraar die laaste Angel-Saksiese koning, Harold II, verslaan het. Volgens 'n ongedateerde brief wat Uys jare later aan die rugbybaas Danie Craven skryf, is die eerste Pierre de Villiers van Boschendal met Elizabeth Taillefer getroud. Hulle dogter trou met die stamvader van die Kriges en Uys kry die naam Taillefer hiervandaan. Die naam Lafras reik terug na die Uys-voorsate, terwyl Markgraaf van die Duitse Kriges afkomstig is. In latere jare het Lydia altyd gesê dat Eulalia en Taillefer, wat later die noemnaam Tai gekry het, albei ‘Kersfees’-babas is: Eulalia is gebore op 25 Desember 1937, terwyl Tai die Nederlandse Sinterklaasdag op 5 Desember net-net gemis het! | |
[pagina 373]
| |
IVMet sy terugkeer na Kaïro en later Italië moes Uys uitsendings behartig vir die Suid-Afrikaanse radio en die BBC, stukke oor die oorlog vir koerante en tydskrifte lewer en ook die onbehaaglike taak op sy skouers neem om briewe, waar nodig, te sensureer. Die eerste paar dae is hy in Rome, daarna gaan hy na Florence en dan bring hy 'n paar dae aan die front deur. Op 27 Oktober keer hy terug na Rome. Terwyl Uys nog in Suid-Afrika was, is François, in daardie stadium as oorlogskunstenaar in Rome werksaam, kort ná die bevryding van Sulmona na die Abruzzi-vallei om met Vincenzo Petrella en sy familie kennis te maak. Daar moes hy hoor dat twee Duitsers, toe die nuus uitlek dat daar van Krige se dokumente in Sulmona is, op 'n dag Vincenzo se huis kom deursoek het om ‘al die dokumente’ te kry wat deur ‘oorlogskorrespondent Krige’ agtergelaat is. Vincenzo het die manuskripte wat Uys ter bewaring aan hom gegee het, onder sy matras weggesteek, maar aan die Duitsers gesê dat hy van 'n Krige niks weet nie. Die Duitsers het orals gesoek en uiteindelik Vincenzo se kamer binnegegaan. Teen dié tyd het hy hulle so vrygewig en gasvry met vino rosso dronk gemaak dat hulle goeie vriende was. Hulle het net 'n paar minute lank 'n draai deur die kamer gegooi, sonder om onder die matras te kyk. Veiligheidshalwe het Vincenzo toe maar al die manuskripte in 'n karba gesit, dit toegekurk en in sy put laat afsak. Toe François ná 'n week in Sulmona terug is Rome toe, het hy die manuskripte met hom saamgeneem.Ga naar eind88. Onder dié manuskripte was ‘Death of the Zulu’ en van die gedigte in Hart sonder hawe.Ga naar eind89. Een van die eerste dinge wat Uys nou, ná sy terugkeer in Rome, doen, is om 'n hele trok vol voedsel, klere en allerlei presente bymekaar te maak en dit na sy vriende in Sulmona te neem om dankie te sê vir al die vrygewigheid en gasvryheid wat hy van Vincenzo en sy familie ontvang het. Dit was 'n blye, gelukkige weersiens. Die daaropvolgende vyftien maande is Uys getuie van die laaste fases van die oorlog en bevind hy hom in 'n groot aantal verdere avonture. Op Kersoggend besoek hy 'n hospitaal naby Napels en word hy getref deur die moed van die gewondes, 'n ervaring wat hom met vreugde vul en waaroor hy in ‘The Christmas box’ in The dream and the desert skryf.Ga naar eind90. Een van die mense vir wie hy nou leer ken en wie se gestalte legendariese afmetings aanneem, is die aanvoerder van 'n Suid-Afrikaanse bataljon wat reeds in die Italiaanse bergwêreld naam | |
[pagina 374]
| |
gemaak het. Hy is 'n man met 'n swaar leeukop wat bars en kwaai kan kyk, maar met twee blou oë wat soms 'n innerlike sagtheid verraai. Die soldate kon nie ophou oor hom praat nie. Een aand vergas een van sy jong offisiere Uys 'n uur lank op allerhande staaltjies oor die man se eienaardighede, skielike ingewings, grille en eksentrisiteite. Een van die redes vir sy gewildheid is dat hy 'n groot persoonlike belangstelling in elke afsonderlike soldaat openbaar. As hy eenmaal 'n manskap se gesig gesien het, vergeet hy hom nooit nie en hy ken elkeen op sy naam. Een maal per week hou hy 'n ‘Kla-en-Kermparade’ waartydens elkeen 'n klagte of grief aan hom kan voorlê, 'n stukkie gegewe wat Uys veel later in sy drama Die loodswaaiers sou gebruik. Tydens 'n skitterende tenkaksie is een van Hitler se uithalerregimente vernietig. Terwyl die geveg aan die gang is, lê die kolonel met twee wonde in die hospitaal. Toe die lugafweergeskut begin lostrek op 'n paar vliegtuie, sê hy aan die verpleegster: ‘Hoor bietjie daar, suster, hoe skiet my seuns. Luister hoe blaker Boer se kind hulle. Dis omdat die Duitsers my seergemaak het, die blikskottels, dat my mans nou so kwaai wraak neem. Roep bietjie die dokter. Ek wil opstaan, wegkom, waai ...’Ga naar eind91. By geleentheidGa naar eind92. vertel Uys oor die radio van sy ontmoeting met die ouers van 'n Italiaanse seun wat die bemanning van Amerikaanse tenks teen landmyne gaan waarsku het en noodlottig beseer is. Uys besoek die gesin en sien die boeke van die gestorwe seun; ook 'n gedig wat die seun geskryf het. Terwyl hulle by die tafel sit en eet, tref die egtheid van die familieband van die drie mense hom en besef hy weer hoe baie die armer stande onder die Italianers tydens die oorlog en die jare van Fascisme gely het. Hierdie mense wil nou net werk en nogmaals werk en hulle menswaardigheid terugwen. Uys skryf: Hierdie kreet: ‘Laat ons lewe menswaardig word’, is tans nie alleen die kreet nie van vooraanstaande Italiane wat meer as twintig jaar lank die Fascisme binne en buite Italië beveg het nie. Dit is ook die kreet wat opklink uit die harte van miljoene wyd en syd versprei oor die vasteland van Europa. Nee, meer nog: dis die sug, die versmagting te midde van al die ellende en verwoesting van die ganse mensdom. In Februarie 1945 is hy en sy medekorrespondent, Jacques Malan, vroeër redakteur van Trek, in die Futa-pas naby Bologna, waar daar | |
[pagina 375]
| |
strawwe gevegte plaasvind en waar hulle in die Amerikaanse persen radiokamp tuisgaan. Uys kom onder die indruk van die Amerikaanse gasvryheid en die ordelike wyse waarop hulle huisvesting ingerig is. Wanneer sy splinternuwe kampbed se poot afbreek en hy nie met sy elektriese lampie tevrede is nie, word dit blitssnel vervang. Elke dag ontvang hy twintig sigarette, 'n paar repe sjokolade en die weeklikse drankrantsoen is indrukwekkend. Iedere dag begin met 'n reuse-ontbyt en elke aand sien hulle 'n nuwe rolprent. Toe hulle op 'n dag 'n dorpie bereik waarop nog so af en toe 'n Duitse kanonbom val, ontmoet hulle twee Amerikaanse meisies wat as die ‘Doughnut Girls’ bekend staan en wie se taak dit is om koek, lekkergoed en sigarette uit te deel aan die soldate wat mag verbykom!Ga naar eind93. Terwyl die later bekende Suid-Afrikaanse digter, dramaturg en letterkundige Guy Butler in 1945 in Florence was, verneem hy dat Uys Krige ook daar is. ‘The mere name, Uys Krige, was already magic to me’, skryf hy later in sy outobiografie: On an Information Officers' course I felt particularly lucky to find myself in the same bungalow as his brother, Arnold. ... [Uys] had published powerful poems about the Spanish Civil War, such as ‘Die lied van die Fascistiese bomwerpers’. He had returned to South Africa as an anti-Fascist and supported Smuts against Nazi Germany. For this he was execrated by the Nationalist press and insulted and cold-shouldered by fellow Afrikaans poets. By 1944, however, the left-wing internationalist was fêted by the South African English Press as the hero-journalist who had been captured at Sidi Rezegh, escaped from a p.o.w. cage in Italy and, nothing daunted, after a brief visit to South Africa had returned as a war correspondent to the front line in Italy.Ga naar eind94. Saam met Uys was Conrad Norton en Jacques Malan. By geleentheid vra Uys aan Butler ‘Waar is Norton?’ Norton word uiteindelik in die kleinhuisie gevind, besig om 'n speurverhaal te lees, die enigste plek waar hy van Uys en Jacques se onophoudelike gepraat kon ontsnap! Vir Butler was hierdie gesprekke, saam met die digter Anthony Delius, wat ook later bygekom het, besonder stimulerend. Hy het nooit, so skryf hy, van hulle herstel nie!Ga naar eind95. Krige was vir hom, so sou hy later tot Uys se genoegdoening sê, ‘the only man who could run amok sitting down’!Ga naar eind96. | |
[pagina 376]
| |
Tydens hulle verblyf in Italië maak Uys en Jacques Malan ook kennis met Nederlandse skrywers wat hulle met die uitbreek van die oorlog in Italië bevind het. Tot Uys se groot spyt loop hy Arthur van Schendel mis, maar hy ontmoet Carel Scharten en sy vrou, Margo Scharten-Antink, die gesamentlike skrywers van De jeugd van Francesco Campana (1924), 'n werk wat, soos trouens ook Margo se Sprotje (1905), in Suid-Afrika deur herhaalde voorskryf op skool bekend was. Die egpaar woon in Florence en baie van hulle boeke en skilderye is geberg by vriende. Van die boeke wat wel daar was en waarop Malan se oog val, is Die halwe kring van Van Wyk Louw; en 'n oomblik later verras hy Uys deur een van sy eie werke vir hom te wys. Met die swaar bombardemente van Florence is baie van hulle vriende gedood en leef hulle in haglike omstandighede. Die Schartens was ondersteuners van Mussolini, maar is ontnugter deur die geweld. As gevolg daarvan is baie Nederlanders van hulle vervreemd en mev. Scharten hoop dat haar oorlogsherinneringe, waaraan sy werk, hulle standpunte in die regte perspektief sal stel. Baie van die Nederlanders in Florence ontmoet Uys en Jacques by die Suid-Afrikaanse Klub, wat hulle daagliks besoek. Van die Nederlanders tree dikwels as vrywillige gidse deur die Italiaanse stede vir Suid-Afrikaners op.Ga naar eind97. In Rome ontmoet Uys ook die Italiaanse skrywer Ignazio Silone, skrywer van onder meer Fontamara (1933), Pane e vino (Brood en wyn, 1937) en Il seme sotto la neve (Die saad onder die sneeu, 1944). Silone se werk handel enersyds oor die situasie van die arm kleinboere wat eeue lank onderdruk is, en andersyds oor die stryd van die indiwidu teen politieke ideologieë en maneuvers wat sy lewe manipuleer. Met sy sterk oortuigings oor die euwel van die Fascisme en sy kennismaking met die Abruzzi-boere vind Uys in Silone 'n geesgenoot soos hy selde elders aangetref het. Uys sê hom dat dié tyd wat hy saam met dié boere deurgebring het, die mooiste van sy lewe was. Hy vertel hom van die skaapwagters tydens die vlug oor die berge en hoe Bartolommeo met sy wysheid en sy beroep op hulle almal se Christelike oortuigings die bedenkinge by sommige van dié wagters, of hulle dit kan waag om die vlugtelinge te help, besweer het. Breedvoerig wei Uys uit oor sy bewondering vir die moed van die boere wat met oop oë deelgeneem het aan 'n waagstuk wat kon uitloop op hulle gevangeneming en fusillering. Hy vertel Silone van sy boek wat ter perse is en wat in werklikheid 'n lofskrif sal wees oor die mense van die Abruzzi-gebergte. En hy belowe om later, wanneer sy groot | |
[pagina 377]
| |
is, sy dogter na Sulmona te bring sodat sy hierdie goeie mense kan leer ken. Vir Silone is Krige se mededelings só aangrypend dat hy later, in 1968, wanneer hy oor die lewe van pous Celestino V skryf, in 'n inleiding by sy ontmoeting met Krige stilstaan en die relaas van die skaapherders se gesprek en Bartolommeo se wyse woorde weergee.Ga naar eind98. As gevolg van haar swangerskap moes Lydia 'n uitnodiging afstel om in Londen as toneelspeelster op te tree. Wanneer Taillefer sewe maande oud is, nooi generaal Frank Theron Lydia uit om vir die troepe in Kaïro toneelstukke te gaan opvoer. Sy was oorstelp van vreugde. Haar moeder was bereid om na die twee kinders te kyk en gou het Lydia die medewerking van Siegfried Mynhardt, Berdine Grünewald en Mizzi Krige gekry. Saam vorm hulle die Lydia Lindeque Toneelgeselskap en met nog ander spelers vertrek hulle in Junie 1945 na Kaïro en later Rome, waar hulle voor die soldate speel. Uys word aangestel as die uitvoerende offisier wat met die geselskap moes saamgaan. In Kaïro sien Lydia en Uys mekaar weer. ‘Magtig, maar jy't stewig geword! Hoeveel kinders het ons nou?’ vra Uys toe hy by haar in die hotel aankom. Lydia het dit nie snaaks gevind nie, want vir haar was hulle huwelik op 'n einde. Uys wou egter nooit ophou om by haar te wil wees nie. ‘Ek kan jou nie verstaan nie. Almal wil altyd by my wees, behalwe jy’, was sy woorde aan haar. ‘Ja,’ antwoord sy, ‘maar daardie mense wat so graag by jou wil wees, is nie met jou getroud nie!’Ga naar eind99. Oor haar ervarings deur Egipte en Italië het Lydia ná haar terugkeer geskryf in 'n reeks wat sy 'n Toer per vliegtuig noem. Dit is uitgesaai deur die SAUK, as vervolgreeks in 1947 in Die Brandwag gepubliseer en in G'n proteas vir Cleopatra verwerk. Iemand wat Uys nou in Kaïro leer ken, is Geoffrey Long, causeur en geselser by uitnemendheid en 'n man met 'n flitsende, soekende, speurende gees oor 'n magdom onderwerpe. In die hotel gesels hulle dikwels tot drie-, vieruur in die môre en is daar van slaap geen sprake nie. Geoff se woorde, so stel Uys dit later as hy 'n huldeblyk oor sy vriend skryf, ‘was soos die branders wat eenkeer, toe ek op 'n warm somernag kort voor die oorlog by Clifton gaan swem het, vol fosforligte in hul geheime dieptes koel en strelend oor my gebreek het’. In 1946 het hy van Geoff 'n brief ontvang van sy indrukke van Berlyn kort ná die verowering deur die Russe. Dit het só 'n indruk op Uys gemaak dat hy dit by sy terugkeer in die Desember 1946-uitgawe van Vandag opgeneem het. Wanneer hy in Hitler se ‘Bunker’ langs die | |
[pagina 378]
| |
kanselary deur Eva Braun se kamer stap en die bloedbevlekte rusbank en bottels met grimering sien, verbyster die sieklike intimiteit en die verbasende ordinêre van die skouspel hom: A shoe; some aspirin; I tread on a toothbrush ... Nothing heroic remains. It is inconceivable that it could be so pathetically ordinary. It seems that all that is personal of war is in the litter and what remains is so small. Wanneer Uys by Geoff aandring om te skryf en hom verseker dat hy dit baie verder sal bring, lag Geoff dit af met: ‘Maar dan krap ek mos in jou slaaitjies! Skoenmaker, hou jou by jou lees ...’Ga naar eind100. Ná sy terugkeer in Rome reis Uys per Amerikaanse vliegtuig en sien hy uit die lug die suide van Frankryk met al die strandplekkies waar hy twaalf jaar tevore visgevang, rugby gespeel en rondgeslenter het. Op die lughawe van Marseille land hulle. In plaas van om met die bus stad toe te ry, stap Uys by 'n plattelandse herbergie uit, waar hy sit en van waar hy later begin stap in 'n poging om die huis terug te vind waar hy en die Campbells so lekker saamgewoon het. Nog voor hy dit kon bereik, word hy egter in hegtenis geneem, omdat die Amerikaners op grond van sy uitspraak en die naam Krige daarvan oortuig is hy is 'n Duitse valskermsoldaat. Twee uur lank praat hy land en sand om hulle te oortuig, maar tevergeefs - hoe openhartiger hy die waarheid verkondig, hoe vaster raak hulle daarvan oortuig hy lieg. Eindelik word hy uit hulle kloue gered deur 'n Suid-Afrikaanse offisier by 'n vliegveld met wie hy oor die telefoon in Afrikaans praat, terwyl 'n ander offisier hulle lang skertsende gesprek op 'n aparte telefoon volg. En toe was hy weer in húlle kloue, want hulle het hom by hulle kroegie ingeboender. Dié keer betaal húlle die gelag! Oor die hele ondervinding skryf Uys later in die vermaaklike ‘The perils of Provence’ in Orphan of the desert. Van Marseille vlieg hulle na Parys, waar hy teen die winter van 1945 aankom en waar hy skrywers soos Camus en Aragon en toneelspelers soos Dullin en Barrault ontmoet. Oor sy indrukke van Parys lewer hy verslag in 'n radiopraatjie wat op 17 Desember 1945 uitgesaai word.Ga naar eind101. Hy skryf: My hoofindruk van Parys, nadat ek 'n week daar deurgebring het, was dat dit 'n strenger, ernstiger Parys geword het. Sy toe- | |
[pagina 379]
| |
riste-aspek het hy heeltemal verloor - en dis bepaald 'n bate, meen ek. Parys is nog so mooi soos altyd - maar hy het ongetwyfeld 'n strakker, meer verbete voorkoms. En hy is dit ook in sy wese - nie alleen omdat die stad in sy winterstooi staan nie, met sy bome kaal en nakend, sy poele en vywers bevries; maar veral omdat die mense van Parys ernstiger, baie ernstiger geword het. Mens kan dit aan hulle gewaar. Dit wil jou voorkom asof elke Paryser volkome bewus is van die feit dat 70 000 van sy stadsgenote moes sterwe sodat hy vandag as 'n vrye man in die strate van sy geliefde stad kan rondstap. Ná afloop van die besoek aan Parys vlieg Uys in Januarie 1946 na Londen, waar hy by die BBC in vier tale uitsaai. Londen is toe onder die sneeu en selfs die verkeer het met dié sneeumantel stil geword. Hier besoek hy weer sy vriend Enslin du Plessis in sy woning op Mecklenburg Square in Bloomsbury. Naby Enslin se huis is Doughty Street, waar Charles Dickens gewoon het. ‘He must have walked up and down this street thousands of times’, mymer Uys. ‘How many of his immortal characters, I wonder, put on flesh and blood in his mind while he strolled, lost in thought, along these pavements?’ Wanneer Uys 'n dag siek en sat is van Londen, wyk hy 'n week lank uit na die dorpie Hadleigh in Suffolk. Daar word hy verras deur die nalatenskap van die Hollanders wat in 1313 en later tydens die Tagtigjarige Oorlog na Hadleigh gekom en hulle huise op die Hollandse patroon gebou het. Met die oorlog verby en alle werk afgehandel, keer Uys in Maart 1946 terug na Suid-Afrika. Terwyl hy met sy eerste besoek aan Europa die groot kultuurskatte en prestasies van dié vasteland kon ontdek, | |
[pagina 380]
| |
het hy nou die menslike ellende ná 'n verwoestende oorlog ervaar. ‘Europa vergaan/in smart en skande’,Ga naar eind102. kon hy inderdaad sê. In haar boek oor Krige skryf Christina van Heyningen: What he saw and felt in the course of these years left an indelible impression on his mind. It has inspired the themes of a substantial proportion of the work produced since 1945. Indirectly, it had a more profound and extended influence: he had acquired a new wisdom, a fresh understanding, and a greater breadth of humanity.Ga naar eind103. |
|