Die goue seun. Die lewe en werk van Uys Krige
(2002)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 125]
| |
III
| |
[pagina 127]
| |
Hoofstuk V
| |
[pagina 128]
| |
daagliks na Trafalgar Square om die koerante in Suid-Afrika Huis te bekyk en te lees watter opgang sy broer Arnold as rugbyspeler vir Wanderers in Johannesburg maak. Die nuutste Sunday Times, laat weet hy in Julie 1931 sy broer Bokkie, wat in daardie stadium in Bonn is, sê van Arnold: ‘Krige was outstanding, and it seems a mystery why a player of such ability was buried in junior football for so long.’ Maar die sonskyn tydens Uys se dag van aankoms was 'n illusie. Net die volgende dag het dit begin reën. Aanvanklik hou die ‘môremisterigheid’ met die ‘silwer vag van spinnerak’Ga naar eind4. bo-oor die Teems en die uitgestrekte parke en pleine met hulle baie voëls nog vir hom 'n sekere bekoring in. Maar al die strate en die gewirwar van die verkeer bring hom só van stryk dat hy verlore begin voel. Teen die aand van die vierde dag was dié somber stad met sy rookmis - die ‘city of fogs and influenza fevers’,Ga naar eind5. soos sy digterkollega C. Louis Leipoldt dit bykans dertig jaar vroeër in 'n brief beskryf het - vir hom een te veel. Londen was vir hom nou 'n aaklige, grys monster en sy medelye het uitgegaan na die krioelende miljoene rondom hom wat geen ander lewe ken nie. En hy mymer: ‘How miserably the old must die here...When old Tant Miemie Fourie lies dying in Avontuur or Van Rhynsdorp, she is surrounded by friends, she receives presents from every one in the village, her last hours are softened by innumerable kindnesses and attentions. But when old Mrs. Betty Smith's last strength ebbs from her in her little room on the fifth floor of a tenement house in [London], who is there amongst all those feverish millions to attend to her, watch over her?’Ga naar eind6. Selfs die sogenaamde ‘sport of kings’, die perdewedrenne, kon die trae son nie terugkry nie. Toe hy op 'n dag uit blote nuuskierigheid die Derby gaan bywoon, sien hy van die beroemde fleurige, vrolike modeparade nie veel nie. Die hele dag reën dit ouvrouens met knopkieries, die knopkieries slaan hom katswink en hy bly twee weke lank met 'n kwaai griep in die bed. Van die boere se plasies verspoel heeltemal van die aanhoudende reën. En hy begin dink: ‘As die somer in Engeland só lyk, hoe gaan die winter nie daar uitsien nie?’Ga naar eind7. Kort ná sy aankoms maak Uys kennis met Enslin du Plessis, die Suid-Afrikaanse skilder en joernalis wat Londen sy tuiste gemaak het. Van die begin af was dit 'n baie hegte vriendskap wat oor 'n tydperk van meer as veertig jaar sou voortduur. Du Plessis maak Uys as 'n soort verdwaalde bloedjong onskuldige touwys in die stad, dra daartoe by om die onplesierige van wind en weer 'n bietjie te verdryf en | |
[pagina 129]
| |
stel hom voor aan baie van die Londense skilders, beeldhouers en skrywers soos Henry Moore en die Suid-Afrikaans gebore William Plomer.Ga naar eind8. Maar hierdie vriendskap en ontmoetings kon vir Uys nie die miserabele reënweer besweer nie. Só erg word dit dat hy dit oorweeg om by Bokkie in Bonn aan te sluit. Gelukkig kry hy egter 'n uitnodiging om vir die grootste deel van Augustus saam met Jack Barkham by sir Richard en lady GlynGa naar eind9. in Dorset te gaan kuier en aan die grysheid van die stad te ontsnap. Behalwe die treinkaartjies, skryf hy aan Bokkie, sal hulle geen onkoste hê nie en sal hulle die Engelse ‘countryside’ op sy beste kan sien. Vir Uys, wat nooit in sy lewe iemand was met 'n knuppeldik sak vol geld nie en wat gemerk het hoe sy karige £50 in Londen vinnig begin krimp, was dit 'n gelukkige uitkomste. Op 8 Augustus 1931 skryf hy aan Bokkie hulle beleef 'n wonderlike tyd. Hulle ‘kerjakker’ heeldag in een van die egpaar se vier motors rond, ry die hele Dorset plat en swem in die rivier voor die huis en op ander plekke. Op sir Richard se jag gaan hulle soms op ritte langs die kus en besoek Cowes op die Isle of Wight. Hulle stap op die pragtige voorvaderlike grasperke. In die sale en ruim voorkamer van die herehuis klop hulle teen die brons borste van die liggaamlose gewapende figure wat styf en regop staan om te hoor watter soort geluid die yster afgee.Ga naar eind10. En in 'n stadium dat Mussolini reeds Italië met 'n ystervuis regeer en Franco en Hitler in Spanje en Duitsland hulle vir hul opmars gereed maak, speel Uys en sy vriende grastennis met ‘squash-rackets’ en word hy en Barkham hand en voet bedien. Die twee meisies en die seun van die huis is hulle portuurs en die joligste klomp saam. Soms is almal glad luidrugtig aan tafel. Terug in Londen was die vraag hoe Uys 'n bestaan kon maak. Ten spyte van die slegte weer oorweeg hy dit aanvanklik om sy brood in Londen as vryskut te verdien. As hy daarby artikels vir Die Volkstem, Die Huisgenoot en ander Afrikaanse blaaie lewer, sal hy, so reken hy oormoedig in 'n brief van 27 Julie 1931 aan Bokkie, op £10 per maand kan lewe. Klaarblyklik was 'n permanente verblyf in dié nat stad tog nie vir Uys aanneemlik nie. Sy hart het sedert sy Franse klasse by dr. Franken op Stellenbosch steeds met 'n punt Frankryk toe gestaan. Met die impressionistiese skilders en die talle buitelandse skrywers wat hulle daar gevestig het, die stormagtige Boheemse atmosfeer rondom Montmartre en die jong studente van verskillende lande aan die Sorbonne | |
[pagina 130]
| |
in die Quartier Latin was Parys in 1930 die kultuursentrum by uitnemendheid en die intellektuele hart van die Westerse wêreld. Buitendien wou Jack Barkham graag Parys toe gaan en vir Uys saamsleep. Bokkie het beloof om sy reiskoste Parys toe te betaal. Op 'n lang, uitgerekte, natterige namiddag vertel 'n Engelse sportjoernalis Uys tydens 'n ontmoeting in 'n kafeetjie in Fleet Street hoe rugbymal die Franse, veral die Suid-Franse, is sedert hulle die Engelse geklop het. ‘Jy sal volop son daar kry,’ het die joernalis bygevoeg, ‘selfs in die winter. Dalk verdien jy nog 'n bietjie geld met jou rugbyspeel.’Ga naar eind11. Die twee grootste klubs was dié van Toulon en Marseille. Op goeie geloof besluit Uys om in die vissersdorpie Sanary-sur-Mer te gaan woon, bloot omdat hy op die landkaart gesien het dié dorpie lê tussen dié twee stede. Hopelik, het hy in sy geesdrif gedink, sou hy vir albei klubs kon speel! Hier was nou vir Uys 'n moontlikheid. Hoewel hy op universiteit net die derde span kon haal, het hy darem beter rugby vir Van der Stel gespeel. Daarby, so het hy gemeen, sit rugby met die beroemde Japie Krige as sy vader in sy bloed. Hy kon nog steeds vir Suid-Afrikaanse koerante en tydskrifte artikels en gedigte lewer en terselfdertyd met rugby 'n vaste inkomste hê. Teen dié tyd het hy soos 'n gevangene in Engeland gevoel. Die Albert Memorial, al die swart bowler-hoede en die grou skoorsteenpotte het hom op die lange duur laat skrik.Ga naar eind12. Vir iemand wat begeesterd was met 'n drang na die onbekende en die nuwe het Brittanje te veel raakpunte met Suid-Afrika gehad en was die onkommunikatiewe Britte 'n vervelige spul. Hy het reeds in Suid-Afrika De Maupassant en Daudet, wat die suidelike Frankryk in hulle werk vasgelê het, gelees en Van Gogh se verblyf in Provence het hom van vroeg af gefassineer. Maar ook Parys sou vir hom boeiender wees as Londen. Met sy daaglikse lewe as joernalis in die howe en die openbaring van die moderne grootstadslewe was dit reeds in Johannesburg vir hom asof hy in 'n De Maupassant-storie instap. In Parys sou hy die soort mense kon ontmoet oor wie Charles Baudelaire in Les fleurs du mal gedig het: diewe, swendelaars, prostitute, moordenaars. Ná drie maande, toe die najaar reeds daar is en die laaste herfsblare begin afdwarrel grond toe, het Uys genoeg van die nattigheid gehad. Sy verlange na daardie son wat nooit opdaag nie, word vir hom te veel. Een mooi môre is hy en Jack Barkham sak en pak onder die hael deur Frankryk toe. By Dover met sy ‘white cliffs’ neem Uys afskeid | |
[pagina 131]
| |
van Engeland. Het hy by dié gure weer gedink aan die ou koning Lear wat lank tevore in Shakespeare se drama op die heide naby Dover rondgedwaal het? In die tierende storm sê Lear: Blow, winds, and crack your cheeks! Rage! Blow!
You cataracts and hurricanoes, spout
Till you have drench'd our steeples, drown'd the cocks!
... And thou, all-shaking thunder,
Strike flat the thick rotundity o' the world.Ga naar eind13.
Jare later sal Krige hierdie woorde vertaal: Blaas winde, en skeur jul wange! Blaas en woed!
En julle, wolkbreuke en waterhose, spuit
Tot jul ons toringspitse drenk, elk haan versuip!
... Jy, donderweer wat die aarde skud,
Slaan plat die dikke ronding van die wêreld!Ga naar eind14.
| |
IIMet sy aankoms in Calais aan die Franse kus is Uys dadelik per trein na Parys, waar Bokkie reeds op hom gewag het. Saam met sy broer, Jack Barkham, dr. Franken, in daardie stadium op besoek aan Parys, en nog 'n tweetal vriende wat hulle die volgende paar dae maak, loop hy agt dae lank die hele stad plat. Parys met sy breë boulevards, die wye sypaadjies en die mense wat orals langs die strate sit, is vir hom die sonnigste, vrolikste, lewendigste en mooiste stad wat hy nog gesien het. ‘Paris is alive, gay, disturbing’, skryf hy op 6 Desember 1931 aan Dorothy Pyper. ‘I was quite fascinated, having seen nothing like it before. Both fascinated and exhilirated, and the charm never wore off. We...wandered to our hearts' content seeing everything and spending hours sitting on cane chairs on the boulevards, drinking and talking in the sun.’ Die sfeer in die Cité Universitaire is vir hom met die talle studente uit alle oorde nie alleen kosmopolities nie, maar met die uiteenlopende standpunte wat uit hulle soms driftige debatte blyk, ook polities gelaai. Uys ervaar daar in die agt dae 'n bietjie van alles. Op die trottoirs gesels hy met van die studente en intellektuele oor 'n koppie koffie of 'n glasie wyn. Naas mense met werk- | |
[pagina 132]
| |
like aanleg is sommige van die skrywers en kunstenaars egter vir hom maar 'n bietjie ‘skraal van talent, vet soos varke en vrekkeriger as ou Shylock self’.Ga naar eind15. Hy en Bokkie vind die meisies van Parys gasvry en gewillig en laat hulle nie onbetuig as dit by die liefdespel kom nie! Sy ervaring van die stad lei hom tydens die Paryse verblyf tot die gedig ‘Dagbreek’,Ga naar eind16. die eerste van sy reeks ‘praatverse’, waarmee hy by die tradisie van Baudelaire en Apollinaire aansluit en waarmee hy in die Afrikaanse letterkunde die eerste proewe van 'n twintigsteeeuse eksperimenteel-modernistiese poësie in 'n ekspressionistiese styl lewer. Soos die verse wat hy in Johannesburg skryf, maak hy ook hier van die kwatrynvorm gebruik, maar die abab-rymskema - in teenstelling tot die meer geslote aaba-kwatryn - leen hom beter tot strofiese inskakeling in 'n groter geheel. Die gedig gee 'n siening van die ontwakende Parys en bekoor deur die haastige oorgange in die opeenvolgende waarnemings, versterk deur die enjambemente en die versbeweging: die grou dag wat oor die stad breek, die koerantjoggies met hulle ‘skel geroep’, die ‘melklorries’, die vragwaens, die trams en die metrotreine wat met hulle geluide die hele stad vul. Die vreugde oor wat hy alles rondom hom sien, lei aan die slot tot die pragtige beeld van Parys as die stad van die lig: Straatligte blaker dood. Die Eiffel vat
nou vuur en vlam...Flink en vol swier, geswind,
breed oor die ver wyduitgestrekte stad
tree nou die somermôre in sy blink drag
van teer-diep sonneblou en dag-goud rein!
Elk krantkiosk vlam terug in prag
soos graan goudgeel en bloedrooi soos aalwyn.
Maar, ten spyte van die verrukking oor Parys, voel Uys tog hy is nie werklik 'n stadmens nie. Reeds in sommige beelde wat hy in dié gedig oproep, word die stad as 'n monster en iets dreigends gesien. Die onderliggende melancholie, wat dwarsdeur sy lewe maar altyd by hom aanwesig sal wees, lei hom met die intrede van die spreker in ‘Dagbreek’ tot 'n detonerende slot: Parys word wakker tot 'n nuwe dag
en my hart ontwaak weer tot sy pyn.
| |
[pagina 133]
| |
[pagina 134]
| |
Agt dae in Parys was derhalwe vir Uys genoeg. Toe een van die halfwas-kunstenaars van die Quartier Latin bowendien dinge soos moord, doodslag en bloedskande as 'n artistieke noodsaaklikheid teenoor hom verkondig, slaan Uys, wat basies 'n Puriteinse mens was en hom nie met allerlei eksesse en ontaarde kunsvorme opgehou het nie, die kêrel amper katswink. In aller yl ontruim hy die ‘brein en hart van die wêreld’Ga naar eind17. en vertrek hy na die Midi, ‘the sun-blessed part of France with its vineyards, its pine trees and its oliviers’.Ga naar eind18. Met sy voortdurende ... sug na die immer-lokkende verskiet:
om altyd weer die Nuwe en Vreemde te verower,
opnuut te reik na wat die Onbekende bied!Ga naar eind19.
weet hy dat 'n nuwe avontuur op hom wag en dat hy hom nou in 'n sonnige streek, verewig in die doeke van Cézanne en Van Gogh, gaan vestig. | |
IIIUys, Bokkie en Barkham reis nog voor die einde van September 1931 met die sneltrein van Parys. Dieselfde aand laat kom hulle aan in Marseille, met meer as 'n miljoen mense die groot Franse hawestad aan die Middellandse See. Uys het net omtrent 'n sikspens in sy sak en die hele dag het hy en sy reismaats niks gehad om te eet nie. Op die trein moes hulle met leep oë toekyk hoe 'n kêrel regoor hulle in die kompartement met 'n hele kosmandjie sit, smaaklik aan sy koue hoender smul, heerlike koel wit wyn daarby drink en onophoudelik gesels!Ga naar eind20. Bokkie sou net 'n paar dae in Marseille bly en daarna terugkeer na Engeland, terwyl Barkham eers later 'n paar dae lank by Uys sou aansluit. Daarom vertrek hulle dadelik na hulle losiesplek vir die nag. Op die groot perron met die yslike koepeldak van die stasie bo sy kop, so vertel Uys in sy eerste artikel oor Marseille,Ga naar eind21. voel hy bitter allenig in die donker. Lank ná middernag straal daar gelukkig nog lig uit een van die kafees en hy gaan sit op een van die rietstoele buite op die sypaadjie. Toe die ou kafeebaas na hom toe kom, verduidelik Uys in sy swak Frans hy is honger, maar dat hy skaars meer as 'n frank in sy besit het. Êrens in 'n Londense bank, gaan hy voort, was nog 'n paar los | |
[pagina 135]
| |
pondjies tussen hom en die hongersnood, maar dié geld was nog nie in Frankryk vir hom beskikbaar nie. Die kafeebaas antwoord: ‘Ca va, mon petit’, en kom terug met 'n koppie vuurwarm koffie en twee croissants. Met die hande op die heupe staan die kafeebaas en kyk hoe Uys ‘die koffie stadig wegsluk en die...[croissants] verslind, en dit lyk of hy dit net soveel geniet as ek. Ek help hom die stoele en tafels inpiekel, en hy sê ek moet maar weer kom kuier.’ Wanneer hy uitstap, sien Uys in die Vieux Port, die beroemde binnehawe van Marseille, al die motorbootjies, jagte, roeibootjies en 'n klein vragskip lê. Die maste, die spitspunte wat in die maanlig glans en flonker, laat hom dink aan die populierbos op sy geboorteplaas, Bontebokskloof, op 'n maanligaand in die winter. Hy besef skielik dit is die Middellandse See wat hier voor hom lê: die see wat sedert Atlantis verskeie ryke sien groei en sink het en die konvergeerpunt is waar drie vastelande met hul uiteenlopende kulture bymekaar uitkom. En hy dink terug aan die onvergeetlike reëls uit Shelley se ‘Ode to the West Wind’, wat hy reeds op Stellenbosch leer ken het: The blue Mediterranean, where he lay,
Lulled by the coil of his crystalline streams,
Beside a pumice isle in Baiae's bay ...Ga naar eind22.
In die stasiewagkamer sluimer hy half in. Met dagbreek vertrek hy met die trein na Sanary-sur-Mer omtrent dertig myl verder langs die kus, waar hy in 'n losieshuis met die naam La Bonne Table aan die Boulevard de l'Avenir tuisgaan. Dit was 'n ‘ou kasarm van 'n huis’ wat aan ‘'n klein ou ingekrimpte vroutjie met die naam...mev. Gardiol’Ga naar eind23. behoort het. Dikwels het hulle saam onder die ou palmboom in die son gesit en gesels en het sy hom ‘verruk’Ga naar eind24. met al die stories wat sy op 'n smaaklike wyse kon vertel. In sy bundel Die palmboom teken hy later twee van die verhale op: ‘Die skaapwagter met sy wolmussie’ en ‘Die feëjuffertjies van Reyniers’. Baie gou het Uys hom gerieflik ingerig. In 'n brief van 4 Oktober 1931 aan Bokkie, wat intussen na Engeland teruggekeer het, kan hy oor Sanary-sur-Mer se ‘skoonhede’ nie uitgepraat raak nie; hy is ‘heeltemal verlief’ op die plekkie. Hy bedank sy broer vir die toesending van die jongste nommer van Die Nuwe Brandwag,Ga naar eind25. destyds - ná die beëindiging van Voorslag en vóór die oprigting van Ons Eie Boek | |
[pagina 136]
| |
en veel later Standpunte - die enigste Suid-Afrikaanse tydskrif wat uitsluitlik aan die kuns en letterkunde gewy is. Hy het waardering vir sommige verhale in dié uitgawe, maar vind die ‘ortodokse bohaai’ oor Jochem van Bruggen se In die gramadoelas deur P.C. Schoonees en Booia deur M.S.B. Kritzinger en die beskouing oor ‘Totius se epiek’ deur E. Hartmann ‘flou en onsuiwer’. Reeds in Engeland was dit sy voorneme om naas poësie joernalistieke stukke vir 'n hele paar koerante en tydskrifte in Suid-Afrika te lewer. Nou begin hy met 'n oorgawe en drif gereeld artikels skryf, iets wat duidelik word as hy Bokkie laat weet dat hy sedert sy aankoms al 12 000 woorde geskrywe en weer sorgvuldig in netskrif persklaar gemaak het. Naas stukke vir Die Volkstem, Die Boerevrou en die Cape Argus het hy 'n lang artikel oor hul rit na Marseille vir Die Huisgenoot gelewer en hy wil ook met 'n paar kortverhale begin. Sy stukke vir Die Burger stuur hy vir sy ou Stellenbosse universiteitsmaat Phil Weber, wat die paaltjiewagter van hulle krieketspan was en nou by die koerant werksaam is.Ga naar eind26. Intussen het Uys, ten spyte van sy bedenkinge oor die gehalte van baie bydraes in Die Nuwe Brandwag, die kwatryne wat hy in Johannesburg geskryf het, klaar afgewerk en sewe en twintig van hulle na dié tydskrif gestuur. Maar Die Nuwe Brandwag stel hom teleur. In 'n brief van 3 Junie 1932 laat hy Bokkie weet dat dr. M.L. du Toit die gedigte en 'n kortverhaal ná maande se vertraging aan hom teruggestuur het - met 'n mededeling dat hy nie meer redakteur is nie, maar sonder die ‘ordentlikheid’ om dit aan sy opvolger oor te dra. Wanneer Bokkie later nog uitgawes van Die Nuwe Brandwag vir hom aanstuur, reageer Uys negatief op die meeste van die bydraes. Die tydskrif gee hom die indruk ‘die doodsbeendere van die Afrikaanse letterkunde is besig om uit mekaar te val,...die ou trekosse (Van Bruggen, Malherbe, Maré ens. ens.)...staan stokstil, herkou en herkou, so sonder ophou, dat 'n mens van daardie eentonige knersende kakebeengeluid sat en siek word’.Ga naar eind27. Die blink papier van Die Nuwe Brandwag is vir hom, naas 'n publikasieruimte vir ou verstokte skrywers, net ‘die speelterreintjie van die ou spul professore en lektortjies. Niks nuuts, niks verfrissend nie - so dood morsdood soos 'n Sondagagtermiddag in Koffiefontein’,Ga naar eind28. 'n vergelyking wat reëls soos ‘Morsdood die lewe daar soos elders, tries net soos 'n kerkbasaar’ en ‘Slegs Sondagmôre in plaas van Saterdag’Ga naar eind29. in ‘Tram-ode’ in die herinnering roep. | |
[pagina 137]
| |
Die klomp artikels en ander bydraes wat Uys kort ná sy aankoms in Sanary-sur-Mer skryf, het nog nie vir hom onmiddellik inkomste besorg nie. Hy moes derhalwe die advies van sy Londense joernalisvriend opvolg. Op 'n pragtige sonnige herfsmiddag durf hy die vier myl van Sanary-sur-Mer na Toulon aan, ‘'n beeldryke ou Franse stad waar amper die hele mag van die Franse vloot geanker lê’.Ga naar eind30. Hy meld hom aan by die kantoor van die Rugby Club Toulonnais, Frankryk se kampioenspan. Met sy bokbaardjie en stamelende Frans moes hy waarskynlik 'n snaakse indruk gemaak het, maar met hulle vriendelikheid laat die rugbybase hom gou tuis voel. Die Woensdagmiddag draf hy uit vir 'n oefening. Die Franse, skryf hy aan Bokkie, swaai hul arms en praat almal tegelyk, maar in dié stadium kan hy omtrent niks verstaan nie. 'n Paar middae laterGa naar eind31. speel hy vir Toulon se tweede span. ‘En toe draf ek in die beroemde rouge et noir jersey op die veld’, laat hy Bokkie weet. ‘En ek kon niks verkeerd doen nie. In die tweede helfte het hul my na senter verskuiwe en toe het die poppe gedans.’ Drie van die drieë was aan hom te danke. Die hele skare het gejuig: ‘Bravo! Anglais! Bravo! Très bien’. In 'n byvoeging tot sy brief aan Bokkie skryf Jack Barkham dat Uys se spel 'n ‘debut sensationnel’ was. ‘The crowd gave him a special ovation while he stood on the middle of the field looking like an embarrassed mastodon. I, for my part, was bombarded with questions by enthusiastic Frenchmen about mon camarade Anglais. After the match little boys ran in front of us and looked adoringly at the great man.’Ga naar eind32. Ná die wedstryd is die span na 'n groot kafee met rugbyliefhebbers en begin hulle glasies klink. Hoe lank die ‘polmesarie’ voortgeduur het, kon hy nie meer onthou nie, maar Uys het eers twee dae later weer in Sanary-sur-Mer opgedaag!Ga naar eind33. Toulon vind hy tydens dié besoek 'n verruklike stad. Op 'n Sondagaand, skryf hy, is daar ‘duisende en duisende vrolike mense op die boulevards, [die] meeste van hul op die rietstoele op die klinkertjies, mans, vrouens, matrose, soldate - 'n wemeling van mense so opgewek en vol lewe - en opelug winkels en 'n entjie verder skoppelmaaiens en brûe, 'n soort van Coney Island - stel jou Parys voor, maar kleiner en lewendiger en bo-oor 'n ongelooflike blou Midi-hemel’. Later sal hy dié sfeer in sy uitstekende gedig ‘Romanza’ verwerk, hoewel hy dit dáár teen 'n Nice-namiddag plaas. Die volgende Sondag sou Uys vir die eerste span in die senterposisie speel naas Marcel Baillette, Toulon se beroemde kaptein en die man | |
[pagina 138]
| |
wat die vorige jaar met sy twee drieë vir Frankryk se oorwinning oor Engeland verantwoordelik was.Ga naar eind34. Dié Sondag, vertel Uys in sy artikel ‘Rugby in Frankryk’ in Sout van die aarde,Ga naar eind35. sal hy nooit vergeet nie. Voordat hulle op die veld draf, het elke speler van die twee spanne ‘in die volle aangesig van die tamaai pawiljoen in twee netjiese rye teen die sinkplaatheining gaan staan om daar doodluiters ontslae te raak van die vog wat hul gestel in die loop van die middag opgegaar het’.Ga naar eind36. Uys was 'n bietjie uit die veld geslaan, kon nie aan hierdie voorspel meedoen nie en het in plaas daarvan ‘Sarie Marais’ saggies gestaan en fluit. Baillette het hom sterk aangespreek: Alors, Krige! Ça ne marche pas, le petit dudu? Why do you not make pee-pee, eh? It is good for you before the action. And...for the best...for I do assure you, cher pinceau,Ga naar eind37. there will be no stopping for the making of pee-pee once the massacre commences!Ga naar eind38. Die wedstryd self was vol opwinding: Ons draf op die veld, die Narbonne-kaptein oorhandig aan Baillette 'n bos blomme en Baillette reik met 'n ewe mooi gebaar die ‘Baasbul van Narbonne’ 'n bos blomme toe. Twee nooiens dra die ruikers van die veld af, en hier blaas die fluitjie. Die Maandagmôre vind Uys tot sy stomme verbasing dat die koerante vol is van hom en dat hy nou ‘beroemd’ is. Hy moes sy oë vrywe toe ek dié Maandagoggend deur die Toulon-Sports en ander koerante blaai. Ek was die Boër barbu (bebaarde Boer), Scipion l'Africain (Scipio die Afrikaner), hulle het gepraat van my flegme Britannique of ‘Britse onverstoorbaarheid’ - iets wat my broer Arnold later nogal koddig gevind het daar hy my altyd beskou het as die la- | |
[pagina 139]
| |
waaierigste speler wat nog ooit op 'n voetbalveld rondgeraas het. 'n Ander skrywer het my bestempel as ce petit diable d'un centre, Krige (hierdie klein duiweltjie van 'n senter) en ek vind my foto oral. Saam met die Toulon-klub het Uys nou die geleentheid om - veral oor naweke wat soms tot die volgende Woensdag of Donderdag kon duur! - Provence en ook ander dele van Frankryk wyd en syd te deurreis. Die klub betaal hom alle reiskoste, sorg vir klere en skoene, selfs 'n mooi handdoek en 'n stuk seep. Voor elke oefening pak die masseur hom beet, vrywe amper 'n hele bottel olyfolie in sy bene en dye in en bewerk hom met die grootste toewyding asof Uys sy ‘peetkind’ is. Die hele Oktober deur speel hy dwarsdeur Frankryk, eet en drink saam met sy klubmaats ‘dat dit 'n naarheid is’. Op 6 Oktober 1931 laat hy Bokkie weet dat hy pas die beste wedstryd van sy lewe gespeel het. Sy span het met 23-0 gewen: | |
[pagina 140]
| |
Bokkie, dit was weer een van daardie dae wat 'n mens verdomp niks verkeerd kan doen nie. Ek speel met my kop, ek vat elke bal raak, ek gee net op die regte oomblik aan, ek val op die bal, ek ‘lak’ swaar stormende voorspelers dat hul neertuimel bal en al, en as daar 'n gaping is, glip ek deur soos seep....Op die oomblik is ek die skare se gunsteling, meer omdat ek 'n vreemdeling is met 'n witkop dan iets anders - en telkens hou hul so aan met hande klap en skree dat ek glad skaam word. Die applous begin stadig en trek dan oor die hele veld, maar ek begin dit nou gewoon raak. Die klub behandel hom asof hy ‘die Prince of Wales’ is en die koerante prys hom. In 'n gedeelte wat Uys in sy brief van 17 Oktober 1931 aan Bokkie in Engels vertaal, verwys die joernaliste na hom as ‘this devil of a small man playing brilliantly with his hair in the wind’; ‘son of a South African international, he showed us by his intelligent method of playing that he had talent and that he asked for nothing else but to follow in the footsteps of his father’; ‘the Boer Krige was the admiration of his opponents and of the spectators because of his intelligent and efficacious play ...’ Provence leer Uys tydens sy rugbyreise goed ken. Naby die kusdorpe en hawestede kan hy die Maritieme Alpe sien, dikwels waai die Mistral, die soms geniepsige suidewind, wat 'n suiwering in die lug bring, en onderweg van Toulon na ander stede gaan die roete deur die wingerde van die wynstreke. Saam met die klublede gaan hy na Lyon en stap hy oor die brûe van die Rhône in die blou misterigheid. Soos Peter Mayle baie jare later in sy A year in Provence sien hy tussen Avignon en Aix die seders, dennebome en eike wat in die wintertyd skuiltes bied aan die konyne, die wildevarke en die talle voëls. Tussen die rotse en onder die bome groei wilde blomme, tiemie, laventel en sampioene.Ga naar eind41. Hy sien Avignon met sy pouslike paleis, Tarascon met sy kasteel op die wal van die Rhône en Arles met sy amfiteater uit die Romeinse tyd. Van hierdie plekke en stede keer later verlangend terug in sy gedig ‘Tram-ode’: En ek wil gaan na Avignon
en ek wil sien hoe smeul die son
in die herfsblare by Tarascon.
Kastele is droomslotte by Carcassonne[.]Ga naar eind42.
| |
[pagina 141]
| |
Op die vlaktes van die Camargue, gebore uit die ontmoeting van rivier en see om die deltamond van die Rhône te vorm,Ga naar eind43. sien Uys 'n trop wilde bulle wat in die Provensaalse stiergevegte gebruik word en hoor hy die hoefslag van die sneeuwit wildeperde wat reeds aan hom bekend was uit Roy Campbell se beroemde gedig ‘Horses on the Camargue’: In the grey wastes of dread,
The haunt of shattered gulls where nothing moves
But in a shroud of silence like the dead,
I heard a sudden harmony of hooves,
And, turning, saw afar
A hundred snowy horses unconfined,
The silver runaways of Neptune's car
Racing, spray-curled, like waves before the wind.Ga naar eind44.
En hy onthou Enslin du Plessis het hom reeds in Londen vertel dat Roy Campbell ook in Provence woon en dat hy by Uys aangedring het om dié sterk liriese talent, die grootste Engelse digter van Suid-Afrika, persoonlik te leer ken. Maar eers was hy met sy rugbyverpligtinge nog te besig om vir Campbell te gaan kuier. Wanneer die klub in Parys speel, soek hy en sy maats sy en Bokkie se ‘geliefde “pumpingstations”’ weer op en vind hy hulle net so gasvry as vantevore. ‘Solemnly we reaffirmed our faith, and there were many other entrances and exits during the course of the day.’Ga naar eind45. Omdat dit onseker is of Toulon hom as speler op die lange duur nog sal kan gebruik, speel hy aan die begin van 1932 vir Nice. Nice vind hy, soos hy op 6 April 1932 aan Bokkie skryf, ‘die naaiplek van die skatrykes van die ganske Europa’. In die casino's van die stad en die nabygeleë Monte Carlo dobbel die roekeloses hulle lewensmiddele weg.Ga naar eind46. Met al die rykes is die stad ‘onsmaaklik’ weelderig: elkeen het 'n luukse villa en besoek die ‘cabarets, casinos en die here weet wat nog - en in die winter hou die fêtes en kermisse nooit op nie’. Tog hou hy van die kosmopolitaanse sfeer van die stad, die klimaat is wonderlik, en die wêreld pragtig ‘waar die mens hom nie aangeraak het nie’. Orals aan die Riviera gaan hy rond. ‘The French Riviera’, skryf hy in 'n brief aan die einde van 1932, ‘is rather beautiful, and crowded with the craziest people - of every race, every description, every degree of madness.’ | |
[pagina 142]
| |
Met die rugbyseisoen aan die verbygaan besef Uys sy ‘dae van vryheid en lotuslewe’Ga naar eind47. is op 'n end. 'n Uitkomste vir hom is die swemlesse in diens van 'n geslepe Armeniër wat hom onder die vaandel van ‘Champion de France’ en ‘Professeur de Natation et de Culture Physique’Ga naar eind48. bemark. Elke dag is hy op die strand, swart gebrand deur die son, met sy goue hare wit verbleik in die daaglikse gloed. Met die swemlesse is Uys in sy element, al is hy met die voortdurende tekort aan geld soms ‘gatvol’Ga naar eind49. vir die wêreld. Daarby kom sy skrywery op 'n end, want saans is hy so moeg van heeldag op die strand met 'n bal speel en met die kliënte ronddraf dat hy onmoontlik iets kan uitvoer. Maar hy hou van die aandag wat hy nou van veral die meisies geniet. Wederregtelik word Uys egter deur die Armeniër op grond van immoraliteit ontslaan wanneer hy van die meisies onder die maag vashou om hulle met hulle eerste swempogings te help! Van sy vriende wil hom verdedig en begin 'n vendetta teen die Armeniër, maar om moeilikhede te vermy, kies Uys koers na Marseille. In die somermaande is hy in die grootste geldnood, in so 'n mate dat hy Bokkie in 'n brief van 26 Junie 1932 vra om hom met die oog op sy artikels 'n vulpen te koop en - aangesien hy heeltemal ‘bankrot’ is - £3 te leen. ‘Dis die eerste maal’, skryf Uys, ‘dat ek jou om geld vra - ek wil dit nie graag doen nie, maar regtig ek sit in die ou balie met die bruin klewerige vloeisel tot by my neus.’ En hy voeg by: ‘Dis pure papbroekigheid hierdie - ek moes daardie ou beeld in al sy naakte, ruwe pittige bewoording hier neergeskrywe het.’ Intussen hou hy die hongersnood van die deur met allerlei los joppies. Aanvanklik werk hy as skottelgoedwasser in 'n restaurant, afgewissel met groente skil en kombuis uitvee. Langer as twee weke hou hy dit nie vol nie, want hy walg van die kos waarvan die aanpaksels soos wit mane onder sy naels vaskoek.Ga naar eind50. Daarby is die werksure van sewe-uur in die oggend tot neënuur saans vir Uys te uitputtend. Vervolgens verkoop hy matte vir 'n Korsikaan, maar dit word 'n misoes duisend en hy verdien skaars 100 frank. Daarna speel hy as figurant in Pabst se historiese film Don Quijote, waarin Sjaljapin, die grootste bas van sy tyd, as Don Quijote en George Robey as Sancho Panza optree. Uys was 'n trompetblaser in 'n enkele hoftoneel van 'n paar minute, net om - soos een van sy broers later sou sê - nooit weer op te hou om op sy trompetjie te toeter nie! In ‘Rolprent-aspirante’ in Die Huisgenoot van 14 Oktober 1932 gee hy 'n beeld van hoe voornemende filmakteurs geduldig moet sit en wag op 'n regisseur wat moontlik vir hulle rolle kan aanbied. | |
[pagina 143]
| |
Tussen die rugby en die los joppies deur kry Uys baie tyd vir leef, om die lewe te geniet en steeds nog meisies te ontmoet. In Sanary-sur-Mer leer hy die liefste nooientjie met krullende rooibruin hare ken. Met haar vry hy af en toe so 'n bietjie, al hou haar moeder haar soos 'n kosbare juweeltjie dop.Ga naar eind51. Later, wanneer hy in Nice woon, ontmoet hy 'n ‘danseuse’ wat in 'n ‘chic cabaret’ optree, ‘die mooiste vroueliggaam wat die goeie God ooit geskape het’.Ga naar eind52. Hy wil graag met haar 'n ‘liefdesaffaire’ begin; net jammer hy is so platsak, laat hy sy broer weet, want vir die rol van minnaar moet 'n mens ‘darem 'n sekere mate van rinkelgoedjies in die broekspyp hê’.Ga naar eind53. Soos vroeër in sy en Skaap Theunissen se woonstel in Johannesburg daag jong vrouens met hulle babas by hom op om hom van al hulle probleme te vertel. ‘Ek voel my soms soos 'n jong priester met al die ontboeseminge wat ek moet aanhoor’, skryf hy aan Bokkie. ‘En sommige is boonop nog vryerig en koket of “coy” - die meeste van hul, elkeen op sy eie afsonderlike manier. Ek kry groot lag! Had ek 'n heel klein bietjie geld, kon ek maklik sonder moeite 'n heel dosyn en meer nog bywyfies of maitresse tegelyk aanhou. Ek is egter bankrot, dus slaap ek stoksielalleen...Dit is alles baie vermaaklik natuurlik - ek ewig onder die klompie vroumense wie se mans almal op kantoor swoeg of honderde myle weg is en selfs die nog jongeres wat o so bitter eensaam kan voel somtyds.’Ga naar eind54. In dié tyd het hy 'n ‘onskuldige, baie plesierige liefdesaffêretjie met 'n skatlike Luxemburgse noientjie’; flirtasies met 'n Amerikaanse, 'n Franse en 'n Oostenrykse versag die pyn ná haar vertrek. Maar tussen al die vryery deur maak Uys ook nuwe vriende. Wanneer hy 'n keer Parys besoek, leer hy 'n kommunis ken ‘wat sy laaste kors met jou sal deel’.Ga naar eind55. Smiddags en saans koop hulle 'n bord kos by 'n restaurant en berei verder self voor. Met ses uur se skryfwerk op 'n dag voel hy in Sanary-sur-Mer gelukkig en tevrede met homself. In Januarie 1932 trek hy saam met 'n Duitse vriend, die skilder Herbert Appelbaum, in 'n huis in. Appelbaum se woonplek is op die eerste verdieping en dié van Uys op die grondvlak. Saam met Appelbaum se geliefde, wat in 'n hotel naby woon, sit hulle ‘heel aand om die vlamme te lees, te skrywe of te gesels. Die twee arbei heelwat as hul nie vry of stry nie, en dis 'n aansporing vir my.’ Aan Bokkie skryf hy op 12 Januarie 1932: ‘Jy kan nie besef die vreedsaamheid en tevredenheid wat ek hier gevind het nie. Ek wens jy kan my mooi groot kamer sien - rusbank, stoele, wye venster met groot groen gordyne, tafel en vuurherd.’ Hulle het ook 'n kat en 'n hond, wat die huislik- | |
[pagina 144]
| |
heid nog verder vergroot. Uys is ook in hierdie tyd model vir skilders, poseer heelwat en ‘word glad konfyt in die besigheid’. Met sy joernalistieke artikels en sy skeppende werk vorder dit nie altyd na wens nie. Tydens die rugbyseisoene kry hy weinig tyd vir gedigte. Markus Viljoen, redakteur van Die Huisgenoot, laat hom in Oktober 1931 weet dat hy Uys se reissketse nie interessant vind nie. In 'n brief aan Bokkie gaan hy gal af oor dié reaksie, veral as hy dink aan wat ‘daardie fakkeldraer van ons eie Afrikaanse kuns’ dikwels publiseer. Wanneer hy twee maande later weer 'n artikel vir Die Huisgenoot skryf, vermy hy alle mooiskrywery, waaraan van die prominentste Afrikaanse prosaskrywers uit dié tyd hulle skuldig maak, al vrees hy dat die redakteur die beste gedeeltes daarvan uit 'n oordrewe Puritynse skrik en respek vir sy publiek ‘die stilswye van die snippermandjie [sal] oplê’.Ga naar eind56. Tog aanvaar Viljoen die artikel, al vermink hy dit deur al die ‘gewaagde’ dele uit te sny en sentimentele brokkies by te las. In ‘'n Vreeslike verbanningsoord’ wei Uys uit oor Frans-Guiana, Frankryk se berugte strafkolonie aan die noordoostelike kant van Suid-Amerika,Ga naar eind57. terwyl hy in ‘'n Seekasteel te water gelaat’Ga naar eind58. skryf hoe die skip, die Normandie, van sy ‘landswieg’ die waters van die Loire inglip. Elke nou en dan skryf hy 'n kinderstorie wat hy vir sy jong sustertjie Suzanne en tegelykertyd vir Die Kleinspan of Die Huisgenoot pos. Een van die fraaiste van hierdie kinderverhale is ‘Prins Pierewiet’.Ga naar eind59. Dit handel oor 'n jong dogtertjie wat 'n optelkatjie huis toe bring - duidelik, tot met die name toe, gemodelleer op sy klein sustertjie Suzanne, sy skilderbroer, François, en sy ouers, met sy moeder as verteller. Maar soveel probleme het hy met sy joernalistieke bydraes en met Viljoen dat hy in 'n stadium wonder of hy nie sy verse in Afrikaans en sy prosa in Engels moet skryf nie. As hy net in Afrikaans joernalistieke stukke skrywe, laat weet hy Bokkie, gaan hy brandarm bly. En reeds in hierdie stadium is dit sy voorneme om vry te wees en nooit weer in sy lewe vaste kantoorwerk te doen nie.Ga naar eind60. Van tyd tot tyd skryf Uys aan Bokkie oor wat hy lees en beveel hy vir sy broer bepaalde boeke aan. In 'n brief van Februarie 1932 is hy bly om te sien hoe Bokkie op D.H. Lawrence se Lady Chatterley's lover reageer. ‘Ek had die gedagte’, skryf hy, ‘jy sou miskien walg van die boek, dit as pornografies bestempel en selfs 'n bietjie verontwaardig wees....Om Lady Chatterley's lover te verstaan moet mens Lawrence verstaan, sy werk en veral sy tragiese lewensloop. Vir my bly hy steeds | |
[pagina 145]
| |
die allerbelangrikste skrywer van ons tyd. Hy het soveel in hom opgeneem, aangevoel en gely. Telkens herinner hy my aan Van Gogh. Versuim nie om Sons and lovers veral of enigiets van hom te lees as jy die kans kry.’ Uys het intussen Aldous Huxley ontmoet, wat twee myl buite Sanary-sur-Mer woon. Hy het aangeklop, hulle het lekker gesels en hy het ontdek hulle letterkundige opinies stem in hoë mate ooreen. Huxley praat nie baie nie en het niks van die ‘windmakerige skyn-briljante manier van spraak’ in hom nie. Hy praat Spaans, Italiaans en Frans vloeiend en het 'n groot bewondering vir Nederland en sy mense. Met mev. Huxley, wat van Vlaamse afkoms is, praat Uys Afrikaans. Huxley, skryf Uys, bring tans Lawrence se briewe vir publikasie bymekaar en sy nuwe boek, Brave new world, is pas uit. Aan baie van die nuwe Engelse en Amerikaanse romans en novelles het Uys nie veel nie. ‘Ek dink ek het [net] een of twee klaargemaak’, laat weet hy sy broer op 10 Februarie 1932. ‘Somar in die middel vies en ongeïnteresseerd laat vaar. Alles so klein, so peuterig. Glad nie die ware lewe of die ware kuns nie. My smaak, lyk my, het skielik baie meer krities en veeleisend geword. Dit het my droewig gestem, en die treurigste gedagte van alles wat by my opgekom het, was dat ek, ook ek, ondanks my afkeur, ondanks my superioriteit, heelwaarskynlik tot al daardie enorme middelmatigheid gaan help bydra.’ In só 'n uitspraak sien 'n mens die onderliggende Uys-neiging tot swaarmoedigheid en depressie opduik, al beleef hy in hierdie tydperk juis 'n sterk fase van Afrikanernasionalisme. As hy gedigte van sy landgenote lees, word hy vervul met 'n sekere nasietrots en voel hy sterk om ook 'n aandeel aan die uitbouing van sy eie taal en letterkunde te hê. Wanneer Bokkie hom 'n eksemplaar van E.C. Pienaar se bloemlesing Digters uit Suid-Afrika stuur, is hy, soos vroeër op skool, meegevoer deur Celliers se verse. ‘Jan Celliers’, skryf hy op 1 November 1932 aan Bokkie, ‘is 'n regtige goeie digter. “Die Vlakte” is skitterend en ook andere. Mens kan nie help om hom te admireer nie. Ek het gebewe toe ek hom gelees het, nie soseer om die skoonheid van sy vers nie, maar om die gees van die man, so Afrikaner, so eg so suiwer - om die beeld van my eie land wat sy werk opgeroep het, om die gevoel wat daar skielik in my opgekom het, die gedagte aan die pad wat daar voor my lê, aan die aandeel wat ek gaan neem in die diens...van my nasie.’ | |
[pagina 146]
| |
IVIn die winter van 1932 speel Uys weer rugby in Marseille. Daar woon hy in die berugte matroosbuurt in 'n kamertjie op die vyfde verdieping van 'n hotel wat op die binnehawe afkyk. Maar sy klub raak in geldnood wanneer die tesourier geld verduister. Uys sit weer sonder inkomste. Juis in hierdie tyd tref 'n groot geluk hom. In Desember 1932 loop hy dr. Franken, weer uit Stellenbosch op besoek aan Frankryk, toevallig op straat in Marseille raak. Terstond stel Franken voor dat Uys hom twee weke lank op 'n pelgrimsreis na Rome tot onder in Capri en elders in Italië vergesel. Franken sal alle onkoste betaal. Hulle is in die nag per trein weg. Oor hierdie treinrit skryf hy op 4 Januarie 1933 aan sy ouers: In the carriage...it was the old classic struggle for supremacy between the Latin and the Germanic. We insisted on having the window open. The two Italians with us on having it closed. We fought courageously for our Idea. We would open the window, two minutes later the Italian would jump up, pull it [down] with a great silent disdain. Then Dr. would pull it open again - and the other Italian would reply a few seconds later. Then boldly I would retaliate. And so it would go on. It was a comedy without words. Everything was done in perfect silence. We were like automotons, only our faces expressing various degrees of anger, exasperation, pride of race, disgust, determination etc. We fought our battle on behalf of hygiene grimly, but were conquered. Spent, despairing, without hope we gave in at last. We made a compromise with our pride however by opening the door two inches. Then the contest started all over again. Daarna het hulle gaan slaap. Toe hy die volgende oggend om sesuur wakker word, skyn die son en is hulle naby Rome. Die land het vir hom iets van die Vrystaat, ‘stretched out level to the horizon’. In Rome, laat weet hy op 11 Januarie 1933 sy ouers, woon hy en Franken vyf dae lank in 'n mooi pension ‘within the shadow of the old Roman wall, two minutes' walk from a lovely park’. Die ‘towering firs’ laat hom aan Wynberg en Claremont dink. Hy is in ekstase oor Rome: | |
[pagina 147]
| |
Rome, eternal Rome, is a quiet respectable most peace-abiding city one can imagine. There is never any noise or rush of traffic; although it has a million souls it has quite a provincial aspect. At night the streets are deserted. There are no prostitutes to be seen, something quite unusual for a European city. One may compare her to a widow of advanced years, very stately, very proud, who is never merry, rising early and putting on her night-bonnet after dusk, content with her quiet life, her mansion, her garden, smiling a little wanly when she thinks of past triumphs and conquests. Rome is vir hom ‘a wildly exciting place’ waar elke klip 'n verhaal vertel en waar die ruïnes die eertydse glorie oproep: You walk out in the morning, you turn one corner and before you rises an ancient theatre. You turn a second corner and you are face to face with an age-old temple to Diana. A little further on you run up against the magnificent Colosseum mighty and invincible monument to the past - yet rearing itself aloft like a challenge after the passage of 2000 years. And the Forum Romanum nearby - a large stretch of earth covered with ruins, a small city of them - the centre, the very heart of the Roman Empire. Here from his rostrum Cicero delivered his orations, masterpieces of irrefutable logic. Here in the senate the decrees were promulgated, decisions taken that would find an echo in far Gaul and Albia. From here ancient Rome directed and controlled her vast Empire. Here near the Via Sacra Caesar was stabbed to death... En al die kunswerke wat hy gesien en baie ander waarvoor hulle nie tyd gehad het nie: God, the galleries, the art, the sculpture - the fabulous wealth of all these things....I had five long days to repent of the fact that my education had been so sadly neglected, that I had had the supreme audacity to come to Rome, unprepared, unequipped with any preliminary knowledge - savage, barbarian that I was from Africa. Die vyf dae in Rome sal hy nooit vergeet nie. Hy is dol verlief op Italië en ‘the beautiful melodious Italian language’. Hulle het orals rond- | |
[pagina 148]
| |
geloop, onder meer 'n lang ent op die Via Appia. Saam besoek hy en Franken Keats en Shelley se grafte in die klein Engelse kerkhoffie. Keats se as moet naby 'n groot den lê: His name was writ in water, poor despairing broken Keats wrote of himself. The towering pine with its eternal crown of green is the living symbol of Keats's worth and fame that slowly increased and grew into something beautiful, steadfast and abiding. Van Rome is hulle na Napels, ‘daardie blou see, daardie heuwels en berge, daardie oneindig uitgestrekte onvergeetlike wonderskone baai’, soos hy dit in Januarie 1933 in 'n brief aan Bokkie beskrywe. En Capri: O Capri, moenie praat van Capri nie. Ons was verruk, bekoor, sprakeloos. Daardie eiland wat so steil, so blou opskiet uit die see. 'n Eiland is altyd iets aantrekliks, dit is een van die vernaamste ‘stage-props’ in daardie droomwêreld wat 'n kind se verbeelding is - en selfs word jy oud, 'n eiland ontgroei jy wragtig nooit nie. 'n Eiland sit in 'n ieder mens se merg en bloed. En Capri is die aantreklikste van alle eilande wat ek ooit gesien het. Ek kan nie my iets mooier en aanskouliker voorstel nie - Capri! dit was 'n sonnige dag, weergaloos. Ons het die grot binnegegaan, die blou grot - dit was iets onbeskryfliks, daardie smeulende lewende blou kleur van die water....Die eiland was blou, die see, die hemel - die son goud soos 'n granaat, strelend, 'n seën. - Ons verrukking het geen end gekry nie. So ekstaties is hy oor Capri dat hy aan Bokkie skryf hy hoop om eendag daar te gaan woon. In die losieshuis waar hulle oornag het, was daar 'n Engelse dametjie met wie hy tot twee-uur die môre ‘allerhande kaskenades aangevang’ het. Haar maagdelikheid het hy haar nie ontneem nie, maar dit was vir hom ‘verfrissend om weer 'n vroumens hot en haar te vry, om weer 'n bietjie teerheid en liefkosings deelagtig te word’. Van Capri af is hulle na Florence, 'n stad waarvan hy dadelik besluit het dit is sy volgende verblyfplek. Die ‘kerke, die skilderye, die beeldhouwerk! Michelangelo, Donatello, Cellini’ en al die digters. By Pisa het hulle afgeklim en een aand in Genua deurgebring. Daarna is hulle weer Frankryk binne. Die hele reis, skryf hy aan Bokkie, was wonderlik: | |
[pagina 149]
| |
Italië het my verbeelding aan die vlam geslaan....Dit was genoeg van 'n voorsmakie om by my 'n skreeuende appetyt aan te kweek. Omdat Uys met sy terugkeer in Marseille nie meer enigiets uit rugby kan verdien nie, maar tog met sy joernalistieke werk 'n klein inkomstetjie kry, is hy verplig om baie goedkoop te loseer by 'n Korsikaanse vroutjie wat hom lief behandel en vir hom sorg en oor hom waak soos 'n moeder - ‘die liefste en groothartigste mensie’Ga naar eind61. wat hy in Frankryk raakloop. Marseille, die ‘Poort na die Ooste’, soos dié stad genoem word, is vir Uys 'n besondere plek om te woon. Dit is die enigste stad in die Wes-Europa van die dertigerjare van die twintigste eeu, skryf hy in sy eerste artikel oor Marseille, waar Ooste en Weste nie alleen mekaar op groot skaal ontmoet nie, maar waar die twee ook met mekaar meng om 'n krioelende mensemassa van elke ras of kleur te vorm.Ga naar eind62. In die blakende sonskyn stap 'n hele wêreld, 'n immer bewegende, afwisselende kleurryke mensemenigte by hom verby: dokwerkers, hawebeamptes, matrose, wit, blas, geel, bruin, swart - van amper elke volk of ras wat bestaan. Die Vieux Port, die ou hawe, is, soos die naam aandui, stokoud en maak 'n sonderlinge, skilderagtige indruk op die vreemdeling: Dis soos 'n gevierkante watervlak wat die land binnedring, drie kante waarvan deur hoë geboue van vier en vyf verdiepings begrens word. Die hawe self is net so druk as die drie groot strate wat hom amper omsingel. Binne sy beknopte ruimte lê daar duisenderlei vaartuie geanker. 'n Swerm motorbootjies, almal in een hoek bymekaar gekraal, 'n vloot vissersbote, bemas en ietwat groter, 'n skare gewone roeiskuitjies; jagte, kleintjies, halfwasses en 'n sestal groteres; resiesjagte van die Yachting Club de France: pragtige, slanke vaartuie met hul skraal, hoë maste. En as hulle sneeuwit seile ontvou word, is hulle skoon soos swane wat hulle bo spieëlgladde waters neig en teer-helder in die stil langsaam vlietende stroom hul beeld weerkaats sien.Ga naar eind63. ‘Marseille krioel van die lewe, laat my opgetoë en liries voel en terselfdertyd melankoliek’, het hy Bokkie vroeër in 'n gedempte stemming laat weet.Ga naar eind64. ‘Ek sit hier in 'n kafeetuin te skrywe onder die | |
[pagina 150]
| |
bome - die see is 'n honderd tree weg. Daar speel 'n orkes nie ver hiervandaan nie. As daar stilte kom, word die eeue oue klag van die see verneem. My gedagtes dwaal baie ver...Woorde is te banaal vir weemoed ...’ In so 'n stemming van weemoed en verlange skryf Uys ‘Tram-ode’, een van sy groot verse, 'n gedig wat met sy hele ‘Franse’ versbeweging en musikale subtiliteite vir die Afrikaanse poësie met sy oorwegend Germaanse inslag indertyd rewolusionêr was. Die gedig begin as die spreker - hier duidelik die ervarende Uys Krige self - teen sononder op 'n tram sit en deur die verveling en wanhoop oorval word. Hoewel die gedig blykens die oorspronklike manuskrip in Marseille in September 1932 geskryf is,Ga naar eind65. wys die ‘Corniche-pad’ in reël 2 - die oorspronklike Romeinse weg - daarop dat die toneel in Nice afspeel. Die skip wat na die Verre Ooste vertrek, wys egter weer na Marseille, die hawe van waar skepe na die verskillende windstreke uitvaar. Die verskyning op die Middellandse See van 'n skip, die Aldarín, laat die verlange skielik loskom en sit die ‘wakker mars van name’ in wat die spreker in sy gees oproep: aanvanklik vertroude en onbekende plekke wat mekaar afwissel, maar wat toenemend, soos die gedig vorder, sy verlange na Suid-Afrika en die bekende terrein van sy jeugjare oproep. Aan die slot verdring die onvergenoegdheid met die hede die verrukking en nostalgie as hy bewus word van die verdriet van die hart en van die tyd wat ‘soos 'n gewas...aanhou vreet’.Ga naar eind66. ‘Tram-ode’ is binne die konteks van sy publikasie in die dertigerjare rewolusionêr vir die Afrikaanse poësie deur sy hele inkleding en musiek: die skynbaar chaotiese opeenvolging van jukstaponerende ervarings en verrukkings, die wisseling van maat en rym, die gebroke ritmes en rymskemas, en die snelle wisseling van gedagtegang en emosie. Hoewel Krige in hierdie stadium reeds deeglik kennis geneem het van die groot opbloei wat die vrye vers sedert die middel van die negentiende eeu veral in die Franse poësie beleef, volg hy hierdie modelle nie regstreeks na nie. In ‘Tram-ode’ bereik hy 'n besondere kombinasie van vrye vers en rym wat 'n nuwe groeipunt in hierdie hele tradisie verteenwoordig. In 'n gesprek wat hy veel later met Jan Rabie sou voer,Ga naar eind67. sou Krige by hierdie saak stilstaan. Volgens hom is daar in ‘Tram-ode’ 'n aansluiting by twee verssoorte: die vrye vers wat 'n soepel beweeglikheid en 'n ‘amper-praterigheid’ aan die gedig verleen; en die meer tradisionele tipe vers wat met sy rymbin- | |
[pagina 151]
| |
ding, te midde van die ‘losheid en lenigheid’, die geheel tot 'n hegte eenheid saamsnoer. Deur dié ‘gedurige wisselwerking, hierdie aanhoudende kruisbevrugting’, het ‘Tram-ode’ iets van die losse vlug van die vrye vers en die vormgebondenheid van die tradisioneel rymende gedig. Krige voltooi ‘Tram-ode’ in September 1932 terwyl hy in Marseille woon. Ongeveer dertig jaar tevore skryf Jan Celliers, wanneer hy in Switserland woon en na Suid-Afrika verlang,Ga naar eind68. ‘Die vlakte’, wat hy op Shelley se ‘The cloud’ baseer, amper om te illustreer dat Afrikaans tot dieselfde fyn verwoording, beelding en verwikkelde rymstruktuur as Engels in staat is. Enkele jare later voltooi C. Louis Leipoldt in Londen ‘Oom Gert vertel’, waarin hy van Browning en Tennyson se monoloë en Multatuli se ‘Golgotha’ kennis neem, sonder om sy modelle slaafs na te volg. Met ‘Tram-ode’ sluit ook Krige aan by 'n tradisie vóór hom, maar ook hý slaan sy eie koers in. 'n Mens kan, soos D.J. Opperman in Digters van Dertig, aansluitings tussen verse van Baudelaire en W.J. Turner aandui, maar in werklikheid is hierdie raakpunte onbeduidend, hoogstens illustrasies van hoe Krige invloede in sy oorname volkome kon verwerk en funksioneel in sy gedig kon inskakel.Ga naar eind69. Só vreemd was die vermenging van stemminge, die wisselende beelde en die bontspringery vir die Afrikaanse lesende publiek dat Krige aanvanklik nie die erkenning ontvang het waarvoor hy op grond van die kwaliteit van dié gedig kon aanspraak maak nie. Wanneer hy dit vir die Kaapstadse Eisteddfod voorlê, verwerf dit geen prys nie en word dit nie eens eervol vermeld nie.Ga naar eind70. Selfs T.J. Haarhoff, wat baie gunstig op Krige se eerste gedigte reageer en later 'n bemiddelende rol by die publikasie van sy debuutbundel sou speel, het sy bedenkinge of ‘Tram-ode’ genoeg waardering by die publiek sal vind. Hoewel hy self meen die gedig is ‘pragtig’, dink hy dit sal nie ingang by ons mense vind nie. Net soos ek, sal jy meteens bestempel word as ‘kosmopoliet’ en ‘on-Afrikaans’. Die opsetlike onreëlmatigheid sal ook nie verstaan word nie. Ek het jou poging om met eiename te toor, geniet. Maar daar is niks wat ‘ons mense’ so afskrik nie as eiename wat hul nie ken nie. Al dadelik is jy (ook by ons onkundige kritici) - ‘cerebraal!’Ga naar eind71. | |
[pagina 152]
| |
En tog was dit juis hierdie ‘wakker mars van name’ en die ‘opsetlike onreëlmatigheid’ wat latere lesers sou waardeer. In sy studie oor die Digters van Dertig sê D.J. Opperman byvoorbeeld: Die gedig begin stroef en afgekap, maar as die skip die verbeelding losmaak, vat die vers met 'n enjambement en drif koers, met 'n klankespel van vokale en herhalings; die versreël krimp in en dein uit en die drif bereik sy hoogtepunt in die beskrywing van die blomme by Caledon, neem dan af en keer terug na die basiese patroon, naamlik die stroef afgekapte tersine.... ‘Tram-ode’ is die hoogtepunt van Krige se digkuns; dit is ook sy outobiografie en die vervulling van 'n jeugdroom: om soos 'n Keats en Shelley 'n ode te skryf met 'n heerlike beweging!Ga naar eind72. Ook latere lesers het Opperman se geesdrif gedeel. Selfs by kinders, wat net op skool met poësie kennis gemaak en later nie veel meer gedigte gelees het nie, het reëls uit ‘Tram-ode’ bly steek. Hulle is meegevoer deur die geesdrif, die namespel, die wisselende lengte van die reëls en die wyse waarop Krige hier rym en vrye vers afwissel: Daar is 'n haltjie, Dwaal,
te midde van die vaal
godverlore dor Karoo.
En Arequipa in Peru.
Granada is 'n sprokiestad in Andaloe.
Popocatepetl heet 'n berg se piek in Mexico.
Die laaste stasie voor my tuiste het die mooi Xhosanaam, Waku.
Tierra del Fuego, Tristan da Cunha, Put-Sonder-Water,
Kilimandjaro en Ruitersbospas;
en die Brahmapoetra en Baardskeerdersbos...Ga naar eind73.
Met ‘Tram-ode’ bereik die motief van die ‘sug na die immer-lokkende verskiet’ sy hoogtepunt in Krige se oeuvre. Terselfdertyd voer hy die vraag uit Abu'l-Ala, ‘Maar waar's ons kaai, teen welk wit hawestad geleë?’,Ga naar eind74. hier verder wanneer die reisiger in die bus deur verveling en wanhoop oorweldig word: | |
[pagina 153]
| |
Is daar geen uitvlug vir die hart in nood?...
Is daar geen hawe vir die hart, geen oord
van rus en vrede wat op hom wag?Ga naar eind75.
En met 'n verdere uitbouing van die hawe-beeld en, ná die verrukking met die namespel, keer die depressie en verveling aan die slot terug: Maar die hart ken sy verdriet
oral, in elk landgebied,
in Kaapstad sowel as in Madrid.
Palmbome wuif pluimkuiwe in die klaar
kalm stilswye van die skemeraand, by Zanzibar.
Morsdood die lewe daar soos elders, tries net soos 'n kerkbasaar.
Ek voel die Tyd soos 'n gewas wat aanhou vreet.
Waar is die dag? Waar die geluk? Wie weet?
Die tram staan stil. Ek stap na huis. Ek moet gaan eet...
Maar die hart herkou steeds sy verdriet
oral, in elk landgebied.
Mens kan geen leeurik maak van 'n kiewiet.
Diep soos vergetelheid lê die nag...
Wat kan ek van die daeraad verwag?
- Slegs Sondagmôre in plaas van Saterdag.
|
|