Die goue seun. Die lewe en werk van Uys Krige
(2002)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 99]
| |
II
| |
[pagina 101]
| |
Hoofstuk IV
| |
[pagina 102]
| |
reën het, soos nou ná sy aankoms in die somer.Ga naar eind3. Teenoor Totius wat - met die ‘bleek’ mynhope en die gedreun van die skagte, ‘droef soos een wat smartlik smeek’Ga naar eind4. - in sy Trekkerswee 'n oorwegend negatiewe beeld van Johannesburg en die Rand opbou, toon die mynhope vir Uys 'n pragtige kleurewisseling in die oggend en die aand. Trouens, die hele stad in al sy verskeidenheid en uiteenlopendheid bekoor hom en voer hom mee: The mine dumps look strangely fantastic. They have blasted the hills here to make some of our suburbs. Houghton Estate and Orange Grove are beautiful. This city has so many aspects. Chinatown where I can smoke opium, Vrededorp, the Arab and Portuguese quarters. My impressions are a trifle chaotic ...Ga naar eind5. In vergelyking met die Kaaps-Hollandse argitektuur van die Wes-Kaap het Johannesburg naas 'n kunsmuseum en 'n goeie biblioteek net enkele mooi huise en geboue van Herbert Baker. Aan sy ouers skryf hy: ‘They all say here the place gets into one's blood. I seem to feel that attraction, although Johannesburg is only a commercial centre and is in a measure fashioned out of the dross that bringeth no joy and happiness.’Ga naar eind6. Slegs veertig jaar tevore, gaan hy voort, was dit nog net die ene veld waar die stad nou verrys. Sedert sy stigting het Johannesburg al soveel moes belewe: tweedrag en strewe, krygswet vier of vyf keer, sluipskutters en bomplanters, slagting en - met die mynstaking van 1922 - geweld wat op broedermoord uitgeloop het. Ook die mense van hierdie mees kosmopolitiese stad van Suid-Afrika fassineer hom. Die swartes sing met 'n ‘wild barbaric chant with a throb of exultation’.Ga naar eind7. Die operateur van die hyser in die gebou in die middestad noem Uys 'n visvreter omdat hy van die Wes-Kaap kom. Hierdie operateur was 'n kommandant van die mynstakers en moes in 1922 na Portugees-Oos-Afrika vlug toe die wêreld vir hom te warm geword het. Waar Uys in die eerste weke ná sy aankoms by sy oom Alphonse in Yeoville woon, is die sanitêre geriewe baie primitief; in die nag kom hulle met klein waentjies met helder rooi ligte vir die verwydering. Hy besoek nuwe vriende in verskeie woonstelle, vorm saam met hulle ‘a little circle of Bohemians’ en het selfs al ‘a strange little romance’ gehad. Ten spyte van die doemprofesieë van sy huismense op Cathcart kon Uys in die eerste maande in Johannesburg oorleef. Tydens sy be- | |
[pagina 103]
| |
soek aan Bloemfontein skryf Phil Weber vir hom 'n bekendstellingsbrief waarmee hy na Izak la Grange van The Rand Daily Mail gaan. Op grond van dié bekendstelling ontvang hy van The Rand Daily Mail 'n aanbod om verslaggewer te word. Hy besluit om voorlopig sy planne vir Europa opsy te skuif en die pos te aanvaar. Met dié pos verdien hy £15 per maand; indien sy werk bevredigend is, kry hy ná drie maande 'n verhoging. En buitendien stel dié betrekking hom in staat om dít te doen wat hy graag wil doen, naamlik om te skryf. Aan sy ouers kon hy dus laat weet dat hy, ten spyte van hulle diep bekommernisse, nou besig is om die wêreld te verower! ‘Ye Gods,’ skryf hy, ‘I have confounded the critics, and soon I shall be paying incometax and municipal rates and the like!’ | |
IIThe Rand Daily Mail, die Johannesburgse oggendkoerant waar Uys met ingang Maart 1930 begin werk, is in September 1902 deur Edgar Wallace opgerig. Van die begin af het dit 'n uitgebreide nuusdiens gehad en artikels oor 'n wye verskeidenheid belangstellingsvelde gepubliseer. Tydens Uys se termyn as joernalis was Lewis Rose Macleod redakteur van die koerant.Ga naar eind8. In 'n baanbrekerstyd van die koerantwese in Suid-Afrika speel Macleod 'n belangrike rol. Hy stel, volgens F.R. Metrowich, talle verbeteringe in wat betref die uitleg van sy koerant en die aanbieding van nuus.Ga naar eind9. Hy word beskou as ‘'n bekwame redakteur’ met ‘'n kragtige skryfstyl’ en ‘vreesloos in geskille’.Ga naar eind10. In 'n brief aan sy ouersGa naar eind11. sê Uys die hoofredakteur het ook 'n belangstelling in die ontwikkeling van die Afrikaanse literatuur en wil dit by sy lesers bevorder. Met sy toetrede tot die redaksie van The Rand Daily Mail en sy werk as joernalis is Uys nou in 'n uitnemende posisie om die wêreld oor die algemeen en die mens in die besonder in sy veelvuldige fasette te leer ken. 'n Betrekking by 'n koerant lei die joernalis na wat Hall Caine die drie H's genoem het: die hoer, die hospitaal en die hof. Die joernalis leer die verlokkinge van die vlees en die verleiding van soepel bors en dy ken; hy sien die mens wat deur geweld, selfmoord of dood gereduseer is tot stukke vlees, of wat deur die verminking van die gees in inrigtings verkeer; en hy hoor in die hof van die mens se verraad en bedrog, sy gemeenheid en sy gewetenloosheid. Al drie hier- | |
[pagina 104]
| |
die H's bied boustof vir dagbladartikel én gedig,Ga naar eind12. en soms kom die twee baie na aan mekaar. Die joernalistiek as beroep en die leë bedelende bladsye van die dagbladpers skep wel vir die wordende kunstenaar die gevaar van veelskrywery, veelwoordigheid en oppervlakkige roetinewerk, maar dit stel hom ook bekend aan 'n wye belangstellingsfeer en aan boustof vir sy skeppende werk wat hy moeilik elders in dieselfde mate sal vind. Uit sy briewe aan sy ouers en sy broer Bokkie uit hierdie tydperk blyk duidelik in watter mate Uys met die drie H's van die joernalistiek kennis maak en in watter mate hy deur die blootstelling aan die realiteite van 'n wêreldstad as mens verruim. Met sy nou reeds kenmerkende geestigheid en aansteeklike vertelstyl skryf hy aan sy ouers van sy betrekking by The Rand Daily Mail en wat sy werk alles behels. Een van die eerste berigte wat hy moes skryf, was oor 'n begrafnis wat hy moes bywoon. Met die oog daarop gaan hy na die ondernemers, verkry besonderhede oor die gestorwene, skryf die name van die vriende van die kranse af en skryf sy berig, sonder om hom naby die graf self te begewe. Dieselfde dag moes hy rapporteer oor die begrafnis van iemand wat selfmoord gepleeg het en 'n konsert in Joubertpark resenseer. ‘A Madam Santanera’, skryf hy, ‘was supposed to play the famous Tschaikovsky Piano Concerto. I do not know whether she did. I sincerely hope so, for I wrote quite a full-sized paragraph about her activities and the sustained applause she received’! Koerantwerk vind hy aangenaam, behalwe as 'n mens oor begrafnisse moet skryf! Dit is lekker om te bel en die nuus uit te vind. Dit word vir hom werklik opwindend om reg agter die nuus te wees, ‘pulling the strings of destiny, as it were’. 'n Mens kom egter nie los van die indruk nie dat hy reeds as jeugdige verslaggewer kans sien om argeloos te raak en onverantwoordelik op te tree. Omdat hy feitlik daagliks die verrigtinge in die howe moet bywoon en daaroor verslag moet lewer, raak Uys ook deeglik bekend met die onderwêreld van Johannesburg. Hy vind, soos hy dit in verskeie briewe aan Bokkie beskryf, Johannesburg nou 'n ‘interessante onopgevoede oppervlakkige stad’; die skynbare teenstrydigheid in hierdie kensketsing getuig juis van die mate waarin sy nuwe tuiste hom steeds meevoer. Hy vertel sy broer hy is bevriend met 'n klompie speurders en ken al die ‘crooks’ van Vrededorp. Die eienaardige tipes van die stad - ‘skurke, hoereerders, sodomiste, wrakke wat wie weet waarheen drywe’ - boei hom. Alle vooroordele en sede- | |
[pagina 105]
| |
like norme wat hy kon gehad het, ‘kruimel weg soos 'n sandhopie voor 'n rukwind’. Sonde en misdaad is vir hom relatief. ‘My kennisse’, skryf hy, ‘is van allerhande soorte, 'n paar sit hier agter slot en grendel in die Fort’. Sy werk in die howe bring ook mee dat hy amper elke hoertjie in die stad ken. Hy skryf: Tweetjies is met my goed bevrind. Ek loop hulle in die howe raak ‘in the course of my duties’. Soms praat ek met hulle op straathoeke. Die een se naam is Spencer en die ander, dink ek, Nightingale - pragtig nie waar nie? Die een het my haar lewensgeskiedenis vertel. Sy was heeltemal onsentimenteel daaroor. Op sestienjarige leeftyd - hoe deftig klink dit - het sy op straat gegaan - sy is onbekommerd, lag en knipoog altyd. Sy het lank gelag toe ek haar vertel dat ek nog 'n ‘virgo intacta’ is, en toe maak sy die aanbod om my te help om van my maagdelikheid ontslae te raak - en dit verniet - bepaald 'n Kristelike bedoeling as jy bedink dat sy 'n kamer hier naby het, dat sy taamlik duur is, en dit jou 'n pond kos om 'n paar oomblikkies by haar deur te bring. Ek sien hulle dikwels met mans, meestal oues, en dan knipoog hulle skelm-skelm vir my asof te sê: ‘You see, the old fool is tired of his wife again.’ Maar die twee word haas te vatterig. As ek hulle op straat kry snags wil hul my liefkoos, somar so in die publiek. Dit val 'n bietjie buite die toon, en deesdae groet ek hulle en stap met 'n draai om hulle. Die joernaliste wat hy in Johannesburg leer ken, is ‘die vloekerigste, losmondigste, mees roekelose klomp rakkers wat jy jou kan voorstel’. Tog is hulle gaaf en broederlik soos vrymesselaars en hulle huldig almal Omar Khayyám se filosofie om die dag te gryp en jou weinig oor die ewigheid of die hiernamaals te bekommer, 'n aanduiding dat Uys intussen die werk van die ou Persiese digter ontdek het en aan die lees is. In Johannesburg het hy 'n lekker tyd. Hy ontmoet mense links en regs en baie van hulle dra hom op die hande. Hy word voorgestel aan Terence deMarney, die jongste ‘actor-manager’ in Engeland en iemand vol verbeeldingryke idees. Uys skryf 'n artikel oor hom en sy sienswyse oor die toekoms van die teater vir The Outspan en, so dink hy in sy oormoed, saam gaan hulle tekste vir die ‘talkies’ skryf! Hy leer ook 'n Amerikaner ken, 'n jong beeldhouer en kommunis vol afkeer van die hoër middelklas wat in New York | |
[pagina 106]
| |
met die ‘neger-intelligentsia’ kennis gemaak het en wat nou in Johannesburg êrens in 'n garage woon, baie praat en min produseer. Dit is duidelik dat Uys in sy kort tydjie by The Rand Daily Mail baie meisies leer ken het en dat daar van sy staat as ‘virgo intacta’, waarmee hy aanvanklik nog in 'n brief aan Bokkie spog, weinig oorgebly het. Ná die eerste ‘strange little romance’, waaroor hy in sy eerste brief aan sy ouers skryf, laat hy Bokkie in Mei 1930 weet dat hy 'n ‘amouretjie’ met 'n ‘getroude juffer’ gehad het. Sy het met hom in die bioskoop kom praat. Hulle het die nag amper nie geslaap nie en die volgende dag was hulle heeldag saam. In Augustus skryf hy aan sy broer: ‘Met die nooiens gaan dit...fluks, ek is verlief op 'n vier stuks’. 'n Nooi wat die vorige jaar aan hom bekend gestel is, het hy nou weer gesien: 'n Franse meisie wat pas drie maande in Parys deurgebring het. En in Desember skryf hy dat hy verlief was op die maitresse van 'n plaaslike sakeman. Hy het ook ‘[t]wee baie tere liefdesverhoudinge’ gehad, 'n passasie wat 'n belangrike sleutel is tot Uys se idealisering van die vrou. Een van die meisies, skryf hy, kom die naweek by hom bly. ‘Geen stemmetjie fluister my 'n vermaning nie’, skryf hy aan Bokkie. ‘Daar kom nie 'n sweempie twyfel by my op nie. In so 'n volslae samekoms van gees en liggaam kan ek onmoontlik iets verkeerds sien. Nog nooit het ek so 'n vertedering geken nie....Ek wens jy kon haar ontmoet - slim, sjarmant, simpatiek, met daardie raffinement, daardie dartelheid van gees, daardie fisieke skoon wat die vrou tot die bekoorlikste van Gods skeppinge maak.’ Die idealisering van die liefde, en die voorkeur vir die amper nie-liggaamlike liefde in Uys se werk, is in hierdie weergawe van wat hy sy ‘tere liefdesverhoudinge’ noem, reeds in die kiem aanwesig. En 'n mens wonder of onderliggend aan sy bewondering vir die ‘fisieke skoon’ van die vrou en die ‘raffinement’ wat hy in die vrou se gees vind, nie 'n sterk moederbinding en 'n verering vir sy eie moeder verskuil is nie. In hierdie tyd deel Uys 'n woonstel met Skaap Theunissen, later bekend as N.H. Theunissen, die skrywer van Marianne, 'n roman oor die tyd van W.A. van der Stel. Hy is 'n interessante man wat twaalf jaar lank aan die Transvaalse Universiteitskollege in Pretoria gestudeer het. Hy was 'n belhamel in die stryd teen die rektor - as gevolg waarvan hy die kollege moes verlaat - en is nou lektor aan die Johannesburgse Tegniese Kollege. Met sy gemaklike omgang met mense, skryf Uys aan Bokkie, maak Skaap maklik en dikwels kennis | |
[pagina 107]
| |
met een of ander mooi meisie op straat: kelnerinnetjies, werkstertjies en ‘flinke vlindertjies’. Die gevolg daarvan is dat Uys se eie kennisse onder die rokkelui nie slegs tot een stand beperk (is) nie. Ons kry baie gaste. Soms sit ons 'n ses stuks aan tafel. - Die lewe is lekker. Sommige van hul, vernaam die verpleegsters, noem ons tuiste ‘their home from home’. Hier kry hul tee en eetware, kan hul rus as hul vermoeid is, selfs bad en hul opskik voor ons spieëls. Soms kom van die meisies oorbly en hulle dreig selfs om hulle babatjies saam te bring, al is hulle bevrees dat ‘skatlief eggenoot’ lont sal ruik! Dikwels ontmoet hy Frieda Mostert, wat in Joubertstraat gewerk het, by Rondi's om tee te drink en ‘anchovy toast’ vir nege pennies daarby te eet. Soms gaan slaap sy, soos van die ander meisies, op Uys se bed onder 'n karosGa naar eind13. en word hulle woonstel ‘'n werklike Bohemia in 't kleine’, al laat Uys Bokkie weet hy moet nie die indruk kry dat sy broer nou heeltemal ‘in sonde en weelde’ lewe nie! Hy en Skaap kook hulle eie kos, hulle lewe dus baie goedkoop en hy het al £30 in die bank. Soms wil hy die ‘gelukkige volslae genieting van alles wat die lewe oplewer,...uitbasuin....Maar die ou melancholie is nie dood nie, slegs slapend en somwyle sluip hy die vesting weer binne - óf soet weemoedig van aard óf swaar en skrynend’. Maar die gevoel van melancholie verdwyn wanneer Uys en sy broer Arnold, wat intussen ook in Johannesburg aangekom het, op 'n aand saam eet en besluit dat Bokkie vóór sy vertrek na Oxford by hulle moet kom kuier. Hulle sal hom kos en slaapplek gee, hom ‘die geheime van hierdie Sodom blootlê’ en aan al hulle vriende voorstel. Ook wanneer hy rugby speel, verdwyn die melancholie wat hy van sy moeder se mense geërf het. Dikwels speel hy op 'n Saterdag vir Pirates op Wanderers. Wanneer hy in Desember 1930 vir Bokkie 'n oorsig oor sy jaar se bedrywighede gee, beskryf hy met oorgawe 'n wedstryd van die pers teen die hospitale en hoe hy en Arnold met Bollie Sieff, een van hul teenstanders, klaargespeel het: Kort voor blaastyd kry Sieff die bal, skiet vinnig skuins weg. Die mense hou hul asem op. Arnold draf doodgerus langs my, sê saggies ‘Uysie, ek gee hom die “gap”’. ‘Leave him to me’, is al wat hy sê. Hy pyl toe in 'n rigting wat Sieff my kant toe stuur. | |
[pagina 108]
| |
Blind in sy waan, loop die arme drommel toe in die valstrik. Ek hoor net sy pote klap, sien net sy wit broek - dit wenk soos 'n doelwit - ek duik met 'n helse vaart, lê deur die lug soos 'n boog - man, dit was een van daardie doodhoue, wat jou hart sou verheug het, 'n slag net bokant die boude wat die ribbebene van 'n os sou inbreuk - ek kry hom vol met die linkerskouer, en as sy stutte onder hom padgee, pak Arnold hom by die nekband en ruk hom grond toe. Sieff klap neer, omvergetuimel. Toe dra hul hom af, en die volgende môre sê die koerant dat Sieff, die bekende senter, ernstig beseer is, en dat hy vir 'n paar weke hors de combat sal wees. Uit alles wat Uys aan sy ouers en aan Bokkie skryf, tree iets van 'n Shelleyaanse aardgees te voorskyn. Hy verteenwoordig die jeug in al sy nuanses. Hy is die goue seun, verpersoonliking van die borrelende jeug en entoesiasme, iemand wat voluit en ekstaties lewe. Hierdie oorgawe aan die jeug en die lewe het egter ook 'n sekere beperking, want 'n mens het reeds in hierdie stadium die vermoede dat Uys nooit tot volle wasdom sal kom nie, dat baie van sy bedrywighede 'n uiterlike skittering is en dat hy maklik na depressiwiteit kan oorslaan. 'n Mens sien die borreling in wat hy oor sy liefdeslewe uit hierdie jare in briewe meedeel. Wesentlik is dit die liefde van die romantikus, van die Middeleeuse troebadoer wat serenades of Meiliedere voor die geliefde se venster sing, en die vrou vererend op 'n pedestal plaas. Daar is haas geen sprake van enige diepgaande seksualiteit nie en 'n mens vra jou af of die drif by hom nie sterk was nie. Wanneer liefdesverhoudings in sy latere werk wel deel van die boustof is, word dit aangebied as iets dartelends, lig-vroliks, iets vlinderagtigs, met seks hoogstens as 'n terloopsheid. | |
IIIDaar is geen getuienis dat Uys tydens sy jaar en 'n half in Johannesburg, naas sy vriendskap met die oorwegend Engelstalige joernaliste van The Rand Daily Mail en met T.J. Haarhoff, enige poging aangewend het om van die noordelike Afrikaanse skrywers soos Eugène Marais, Jochem van Bruggen en C.M. van den Heever te ontmoet nie. In sy briewe aan Bokkie spreek hy sy afkeer uit van die literêre toneel | |
[pagina 109]
| |
in Afrikaans, wat oorheers word deur opgeblase akademici, dié tipe mense wat later deur N.P. van Wyk Louw ‘kultuurleiers sonder kultuur’Ga naar eind14. genoem sou word. Selfs Die Nuwe Brandwag, 'n tydskrif wat destyds opgerig is met die voorneme om net die beste op die gebied van die literatuur te publiseer en ook aandag aan die ander kunste te wy, het volgens Uys ‘die afsetgebied geword vir elke ou professoortjie of lektor wat homself as 'n fakkeldraer van die kuns beskou, wat te gebore onoorspronklik is om skeppend op te tree en wat dink [dat] hul kleurloos opgeskikte artiekeltjies, netjies gedruk, die harte van alle ware kunsliefhebbers sal laat opflikker...hul ewige gesanik oor kuns, kuns, kuns gee my 'n knop in die maag.’ As E.C. Pienaar ooit sy werk gunstig bespreek, skryf hy aan Bokkie, sal hy weet dat hy hom in sy roeping ‘vergis, dat die tyd gekom het vir my om vir ewig die pen neer te lê en te begin skoene skoonmaak hier op die hoek van Bree- en Eloffstraat’. En in 'n brief van Mei 1930 sê hy dat hy die pes het aan professore, predikante en politieke leiers en dat hy ‘van plan (is) om (hulle) op 'n fyn manier af te ransel in die digbundel wat...(hy) onder hande het’. Maar, gaan hy voort, hy is lui en sal kaalkop en getroud wees voor sy bundel gepubliseer word. Tog blyk dit uit sommige briewe dat Krige in hierdie jare met nuwe verse besig is. Terwyl hy by die aanvang van sy werk by The Rand Daily Mail ‘on the perilous seas of journalism’ inswem, laat hy sy ouers weet hy kon in die nag tot eenuur nie slaap nie, ‘for a modern poem (was) jazzing and drumming in my head’. En in September 1930 laat weet hy sy vader: ‘Ek het eindelik weer begin gedigte skrywe - niksbeduidende versies miskien, maar wat my 'n groot geluk en tevredenheid bring.’ Al speel hy reeds in sy Stellenbosse jare in 'n gedig soos ‘Nagreën’ met 'n losser gebonde tipe vers wat deur die klankrykheid voortgestu word, gee Krige tydens sy termyn by The Rand Daily Mail voorkeur aan die kwatryn as strofe- en digvorm. Reeds in verse soos ‘Lied aan Kalomien’, ‘CE 93 ...’, ‘Reisindruk’ en ‘Wens’ uit sy Stellenbosse jare het hy die kwatryn gebruik, maar dan met kruisrym en soms reëls van ongelyke lengte. Nou maak Krige egter haas uitsluitlik gebruik van die aaba-rymskema, die skema wat C.J. Langenhoven vir sy vertaling van Die Rubáiyát van Omar Khayyám aanwend en waaraan D.J. Opperman in 'n sterk betogende stuk die voorkeur gee as dié skema by uitstek vir die kompakte, geslote, selfstandige kwatryn.Ga naar eind15. Krige wend egter | |
[pagina 110]
| |
die aaba-skema nie alleen vir selfstandige kwatryne aan nie, maar ook vir gedigte waarin hy van die kwatrynvorm gebruik maak. En alle bewaar geblewe verse uit sy Johannesburgse periode is in die kwatrynvorm. Dié voorkeur kom voort uit sy kennismaking met Abu'l-Ala, die groot Siriese digter uit die laaste kwart van die tiende en die eerste helfte van die elfde eeu, aan wie se werk sy woonstelmaat Skaap Theunissen hom in die loop van 1930 voorstel. Feitlik onmiddellik het hy vonk gevat en, soos hy dit self stel, ‘alles gelees wat ek van Abu'l-Ala in die hande kon kry’.Ga naar eind16. ‘Wat my dadelik by hom getref het,’ skryf Krige, ‘was: sy breedheid en universele gees, sy streng soms byna norse houding, sy ironie, sterk maatskaplike sin, sy pleidooi vir politieke en godsdienstige verdraagsaamheid en sy opstandigheid teen sowel kerk as staat waar hy oortuig was hulle kom die mens in sy regte of sy waardigheid te na.’Ga naar eind17. Gou ag hy Abu'l-Ala belangriker as die gewilder en jonger Omar Khayyám. Hy skryf die ouer digter se mindere bekendheid toe aan die feit dat Abu'l-Ala nie soos Khayyám bevoorreg was om 'n voortreflike vertaler soos Edward Fitzgerald te gehad het nie. Wanneer Krige jare later tydens die Tweede Wêreldoorlog in Kaïro kennis maak met die blinde digter Taha Hussein, indertyd die grootste lewende Arabiese skrywer, vind hy bevestiging vir sy voorkeur. Volgens Hussein is Abu'l-Ala die grotere digter: ‘breër, weerbaarder, vuriger, diepsinniger, mensliker en so ook meer universeel’.Ga naar eind18. Dit is opvallend dat baie van die trekke van Abu'l-Ala - sy kritiek op staat en kerk, sy politieke oopgesteldheid, sy ironie en sy breë intellektuele ontwikkeling - later by Krige terug te vind is, 'n aanduiding van watter diepgaande invloed daar van die Siriër op hom uitgaan. As gevolg van sy kritiek op huigelaars en skynheiliges is Abu'l-Ala as godloënaar uitgekryt, maar volgens Krige val die digter die godsdiens slegs aan ‘waar dit blote vorm, 'n leë dop is, of waar gelowiges die een groot godsdienstige beginsel, liefde vir jou medemens, glad nie nakom nie....Elke menslike individu, selfs die nederigste, is vir Abu'l-Ala belangrik. Die oppermag van die individuele siel kan hy nie genoeg beklemtoon nie.’Ga naar eind19. Dit is aspekte soos dié wat sterk tot Krige sou gespreek het. Onder aansporing van Skaap Theunissen begin Krige nou Abu'l-Ala se werk te vertaal en in 'n kort tydjie voltooi hy nie minder nie as sestig kwatryne; later in Frankryk sal hy nog 'n groepie byvoeg.Ga naar eind20. | |
[pagina 111]
| |
Uit sy weergawes word dit gou duidelik dat hy veral Ameen F. Rihani se The quatrains of Abu'l-AlaGa naar eind21. en Henry Baerlein se The diwan of Abu'l-AlaGa naar eind22. gebruik.Ga naar eind23. Van die begin af is daar by Krige 'n vaste beginsel by die vertaling van verse werksaam, en dit geld ook vir hierdie eerste omvattende vertaalwerk wat hy onderneem. Self formuleer hy dit in die naskrif tot Vir die luit en die kitaar aan die hand van 'n Franse gesegde. Die Franse, sê hy, vergelyk die vertaling van poësie met 'n vrou: ‘Wanneer sy mooi is, is sy nie getrou nie. En wanneer sy getrou is, is sy nie mooi nie.’Ga naar eind24. Hy gaan voort: Getrouheid, letterlike getrouheid, aan die oorspronklike is onmoontlik vir die vertaler as hy self poësie wil skep. Maar 'n ander soort getrouheid, meen ek, is wel moontlik - getrouheid aan die gees, sfeer, stemming, wese van die gedig wat so kwaai by jou kom spook het dat jy van dié beswering ontslae kon raak slegs deur die gedig in jou eie taal te verwerk....En ek het tot die slotsom gekom: al toets is of die vertaling 'n nuwe gedig is, 'n gedig in sy eie reg met sy eie selfstandige poëtiese lewe.Ga naar eind25. Hoewel 'n mens in Krige se Abu'l-Ala-vertalings allerlei afwykings van die ‘oorspronklike’ Engels kry, handhaaf hy telkens die getrouheid aan gees, sfeer en stemming waarvan hy in sy naskrif by Vir die luit en die kitaar praat. Só sterk is sy voorkeur vir die aaba-rym dat hy dié skema ook meestal aanwend in gevalle wanneer hy van Baerlein se oorsettings - almal deurgaans in die abba-rymskema - gebruik maak. So byvoorbeeld steun sy motto-vers tot die bundel op nommer XXIII uit Baerlein: No Sultan at his pleasure shall erect
A dwelling less obedient to decay
Than I, to whom all mysteries obey,
Build with the twilight for an architect.Ga naar eind26.
By Krige word dit: Geen vors sal vir sy vreugde uit die sode wek
'n praggebou bestendiger as dié wat ek
hoog, helderblank, onwankelbaar gebou het hier
met slegs my skemerdrome vir my argitek.Ga naar eind27.
| |
[pagina 112]
| |
Afgesien van die aaba-rymskema wat aan die Afrikaanse kwatryn 'n sterker eenheid as die Engelse vers met sy abba-skema gee, is Krige se positiewe ‘praggebou bestendiger’ in reël 2 bevredigender as Baerlein se negatiewe ‘less obedient to decay’. Daarby sluit die ‘opgestapelde’ reeks van drie bywoorde in reël 3 mooi aan by die boukundige beeld van die geheel; in vergelyking daarmee is ‘all mysteries’ in sy vaagheid minder funksioneel. En Krige volg die moontlikhede van die ‘twilight’-suggestie wat Baerlein hom gee, pragtig op met ‘skemerdrome’; 'n mens sou net ‘as’ in plaas van ‘vir’ in die slotreël verwag het. In sy geheel oorstyg Krige se kwatryn dié van die Engelse moederteks.Ga naar eind28. Maar ook in ander opsigte wen Krige se kwatryne in gehalte deur die behendige verskuiwing van 'n beeld of 'n ratse woordverstelling. Rihani se twaalfde kwatryn lui as volg: Tread lightly, for a thousand hearts unseen
Might now be beating in this misty green;
Here are the herbs that once were pretty cheeks,
Here the remains of those that once have been.Ga naar eind29.
Krige: Tree saggies, saggies, moet hul nie verras.
Hier klop 'n duisend harte in die gras,
hier sluimer hul waar nou die bye soem,
hier gloei die rose wat eens wange was.Ga naar eind30.
'n Oomblik lank dink 'n mens dat Krige Rihani se mooi beeld van die ‘herbs that once were pretty cheeks’ laat vaar het. Hy verskuif dit egter na die slotreël, waar dit 'n veel prominenter plek inneem as in die Engelse kwatryn wat met ‘of those that once have been’ mat en beeldloos verloop, terwyl sy eie vers aan beelding wen met die oorspronklike ‘waar nou die bye soem’ in reël 3. Op dié wyse oortref die Afrikaanse weergawe die Engels. In enkele gevalle volg Krige wel Baerlein se abba-rym, maar met die uitbreiding van 'n beeld wat by die Engelse vertaler net in die kiem aanwesig is, versterk hy sy eie gedig. Nommer XCIX van Baerlein lui as volg: | |
[pagina 113]
| |
Now fear the rose! You travel to the gloom
Of which the roses sing and sing so fair,
And, but for them, you'd have a certain share
In life: your name be read upon the tomb.Ga naar eind31.
By Krige word dit: Vrees nou die roos! jul reis na daardie donker doem
waarvan die somerrose sing op eend're toon.
Kyk, húl sou nog 'n tyd lank in die hede woon,
net rose dek die grafsteen wat hul name noem.Ga naar eind32.
Terwyl Baerlein die roos net in die eerste twee reëls van sy vers aanwend, keer dit besonder effektief by Krige ook in die slotreël terug, nou as die rose wat die grafsteen dek. Wat egter by Krige vreemd aandoen, is dat hy, anders as Baerlein, 'n verskil maak tussen die ‘jul’ van reël 1 en die ‘hul’ van reël 3 en 4. Momenteel lees 'n mens dus die ‘húl’ van reël 3 as 'n terugverwysing na die ‘somerrose’ van reël 2, net om uit die slotreël af te lei dat dit tog op mense slaan. Soms kies 'n vers by Krige sy eie koers, al bly die beelding in die sfeer van die kwatrynreeks. Rihani vertaal as volg: How many Sultans 'cended from a throne,
To journey through the dust, to that Unknown?
They went forth naked and behind them left
A kingdom desolate, in panic thrown.Ga naar eind33.
Krige se weergawe: Hoe dikwels klim 'n grootvors van sy troon
om sonder purper mantel, sonder kroon,
alleen en nakend deur die stof te reis
en met die wurms in die graf te woon.Ga naar eind34.
Terwyl die eerste reël van Krige nog naby dié van Rihani bly, herinner slegs die woorde ‘reis’ en ‘nakend’ in reël 3 aan die moedervers. Reël 4 is Krige se eie vinding. Uit die sfeer van hierdie beeldspraak groei ook Krige se agtste kwatryn, weer met belangrike afwykinge van die Rihani-weergawe: | |
[pagina 114]
| |
But even Sultans will to Clay return
And, chancing,Ga naar eind35. serve as a coffee urn;
Perchance remoulded to a pot and then
Drinks from it whoso wishes in his turn.Ga naar eind36.
'n Keiser self sal klei word, ja, wie weet
dalk nog 'n aardwerkskottel, diep en breed,
waaruit 'n moeë armmansgesin
stil in die skemeruur hul aandmaal eet.Ga naar eind37.
In reël 2 is ‘diep en breed’ in Krige se weergawe blote versvulsel, maar daarvoor vergoed hy ruimskoots met die pragtige uitbou van die beeld van die gesin en die aandete, 'n eie vinding waarmee sy kwatryn dié van Rihani verbysteek. Soms krimp Krige twee kwatryne van Rihani in tot een. Uit twee Rihani-weergawes neem Krige sekere momente oor wat hier gekursiveer word, terwyl hy met die gekursiveerde dele in sy eie kwatryn op die tema voortborduur, van die Engels afwyk en met die verhouding tussen ‘Waarheid’ en ‘Leuen’ 'n kontras bereik wat in die eerste Rihani-kwatryn ontbreek maar in die tweede, deur die teenstelling arm - ryk voorkom: Or wed thyself to Reason and behold
The Snakes of persecution (young and old,
Around thee hissing, poisoning the well
Of Life's Devotion true) their net unfold.Ga naar eind38.
If thou to wealth and power be allied,
Fang'd Cares upon thy soul will naked ride;
But be thou languid, poor and ignorant,
And Happiness will be thy loving bride.Ga naar eind39.
Trou met die Waarheid, sy, die kuise, en kyk
hoe kom die slange van vervolging aangestryk.
Maar leef in sonde met die Leuen - dan
sal alle sorge van jou drumpel wyk.Ga naar eind40.
'n Keer of wat brei Krige 'n enkele kwatryn van Rihani uit tot twee strofes wat regstreeks op mekaar volg en waarmee, soos Opperman | |
[pagina 115]
| |
tereg aantoon, die kwatryn in sy wese aangetas word en die selfstandigheid verlore gaan,Ga naar eind41. veral waar die eerste kwatryn deur die enjambement regstreeks in die tweede oorloop: But soon my Night, this winsome Ethiop Queen,
Who passes by be-jewelled, calm, serene,
Will wax old and with Saffron deeply dye
Her tresses, lest the ash of age be seen.Ga naar eind42.
Jy wat nou wandel, kalm en sereen,
stil met jou sterremantel om jou heen,
jy, Nag, die Ethioop, my donker koningin,
jy sal ook oud word, moeg, en een vir een
jou snoere en jou sierade moet mis,
buk oor die heuwels, daar in droefenis
vergeefs jou lokke trag te tint, om só
die as van ouderdom daaruit te wis.Ga naar eind43.
Nog 'n geval waar een Engelse teks tot twee kwatryne uitgroei, maar dan 'n geval waar Krige met die gebruik van die Romeinse syfer twee afsonderlike en selfstandige eenhede aandui, is nommers XXII en XXIII wat steun op Rihani se nommer V: Our Nights and Days around each other spin,
And we like Planets end as we begin;
Our feet are on the heads of those that passed,
And as the Cradle cries, the Graves all grin.Ga naar eind44.
Soos wirr'lende planete duiselvaar
ons nagte en ons dae om mekaar,
dol tussen Nietigheid en Nietigheid ...
En daar is niks wat duur nie, hier nog dáár.Ga naar eind45.
Ons nagte en ons dae slyt gou af.
Snel is ons lewe soos 'n perd wat draf.
Ons voete spoed oor hulle wat verby is.
Wyl vrolik-luid die wieg roep, gryns die graf.Ga naar eind46.
| |
[pagina 116]
| |
Die kursief gedrukte gedeeltes in hierdie twee kwatryne is Krige se toevoegings wat almal getrou is aan die gees en sfeer van Rihani se weergawes. Opperman beweer in Digters van Dertig dat hierdie toevoegings swak is en ‘uit 'n gesukkel met die rymwoord’Ga naar eind47. voortvloei. Rymdwang bespeur 'n mens ongetwyfeld by die ‘hier nog dáár’ van die eerste kwatryn, maar dit is 'n geïsoleerde geval. 'n Mens moet in Krige se eerste vers waardering hê vir die vinding van die mooi rymwoord ‘duiselvaar’, wat die rasende spoed van die planete pragtig evokeer en veel sterker is as Rihani se dae en nagte wat rondom mekaar ‘spin’, weer 'n voorbeeld van hoe Krige met die subtiele verskuiwing van 'n beeld iets besonders bereik. 'n Mens merk ook in hierdie stadium reeds sy vaardigheid as vertaler in die feit dat hy Rihani se alliterasie in ‘gryns die graf’ in die slotreël van die tweede kwatryn kon behou, terwyl ‘vrolik-luid’ 'n sinvolle toevoeging is tot die geroep van die wieg in dieselfde reël. Waar Opperman as eindoordeel oor die vertalings van Abu'l-Ala se kwatryne versigtig sê ‘dat Krige se vertalings minstens ewe goed is as dié van Baerlein en Rihani’,Ga naar eind48. voel 'n mens dat hy sy waardering met meer entoesiasme kon verwoord het. Ten spyte van enkele gevalle van rymdwang en versvullings is hierdie reeks, Uys Krige se eerste groot prestasie as vertaler, des te merkwaardiger omdat hy van die streng gebonde kwatrynvorm gebruik maak - nie 'n vorm waarmee 'n mens Krige met sy latere sterk Frans georiënteerde vrye verse in die eerste plek assosieer nie. Daarby oortref hy nie alleen male sonder tal Baerlein en Rihani se verwerkings nie, maar het baie van die kwatryne gedigte in eie reg, met 'n ‘selfstandige poëtiese lewe’,Ga naar eind49. geword. Só baie het Krige gehou van sy reël ‘Snel is ons lewe soos 'n perd wat draf’, wat hier as 'n toevoeging tot die tweede kwatryn verskyn, dat hy dit gebruik as vertrekpunt vir 'n eie vers wat uit veertien (oorspronklik sestien) kwatrynstrofes bestaan. Die eerste paar strofes van ‘Snel is ons lewe ...’ is feitlik 'n klein voorspel tot die slotgedeelte van N.P. van Wyk Louw se latere ‘Beeld van 'n jeug: Duif en perd’. 'n Mens kan verstaan waarom Roy Campbell, digter van ‘Horses of the Camargue’, meegevoer was toe Krige hierdie gedig met sy drif en sy bewegende vaart 'n paar jaar later aan hom voorgelees het. Wesentlik is hierdie perd met ‘sy hang/na die vertes’ die skip van Krige se latere ‘Tram-ode’, dieselfde simbool wat hy hier met 'n ander inhoud vul. Die alliterasies, die assonansies en die hele versbeweging dra alles by tot die vitale beeld van die perd wat vry, sonder toom of | |
[pagina 117]
| |
stang, hardloop. Dié uitbeelding loop op tot die credo van die romantikus wat hier aan die woord is: O sug na die immerlokkende verskiet:
om altyd weer die Nuwe en Vreemde te verower,
opnuut te reik na wat die Onbekende bied!Ga naar eind50.
Ná die siening van die perd in sy draf kom daar aan die slot 'n traer gang tot die stilte intree, 'n beeldende bevestiging van wat basies reeds deur die eerste reël in die vooruitsig gestel is: dat hierdie snelle lewe gedoem is om verby te gaan, dat die gang traer sal word, 'n gedemptheid sal intree en dat die koue en stilte uiteindelik alles tot stilstand sal stol. 'n Selfstandige kwatryn wat Krige in Vir die luit en die kitaarGa naar eind51. as 'n vertaling uit Abu'l-Ala aanbied maar waarvoor daar geen moederteks by Rihani of Baerlein bestaan nie, is ‘Net soos matrose ...’, wat later in Rooidag opgeneem word: Net soos matrose, stuurloos-dobberend op die seë,
wat slinger-vaar langs wentelende waterweë,
verskrik deur stormgeweld, gaan ons ons lewe deur.
Maar waar's ons kaai, teen welk wit hawestad geleë?Ga naar eind52.
Die kwatryn gee met die skakeling tussen die matrose, die dobberende skip en die kaai 'n mooi beeldende eenheid, al lê Krige die verband met die lewe regstreeks in reël 3. Belangrik vir die verdere ontwikkeling van Krige is dat ons met hierdie gedig die inset van die ‘hart sonder hawe’-motief in sy oeuvre kry, 'n motief wat tot sy eerste hoogtepunt in ‘Tram-ode’ sal lei en later die aanleiding is vir sy bundeltitel Hart sonder hawe. In die heruitgawe van Kentering en Rooidag in Gedigte 1927-1940 plaas Krige hierdie kwatryn chronologies by die afdeling wat hy as 1930-1931 aandui, sy jare in Johannesburg en Sanary-sur-Mer in die suide van Frankryk. Na alle waarskynlikheid het Krige al die gedigte in hierdie rubriek - met uitsondering van ‘Dagbreek’, wat op indrukke van Parys steun - reeds in Johannesburg geskryf en later, ná sy aankoms in Julie 1931 in Frankryk, verder afgewerk. Deur die uitsluitlike gebruik van die kwatrynvorm in dié verse is dit trouens duidelik dat hulle almal uit dieselfde kreatiewe vaart voortkom. | |
[pagina 118]
| |
Dat ‘Net soos matrose ...’ sowel in Vir die luit en die kitaar as in Rooidag verskyn, is reeds 'n aanduiding dat van die ander verse in vierreëlige strofes uit hierdie fase van Krige se digterskap soms sterk ooreenkomste met Abu'l-Ala sal toon, sowel wat die eksterne vorm as die wysgerige substraat van die gedigte betref. In die naskrif tot Gedigte 1927-1940 sê Krige dat daar in sy eie verse ‘verskeie versreëls te vinde (is) wat ek regstreeks uit Abu'l-Ala vertaal het - maar nie, meen ek, 'n enkele volledige Abu'l-Ala-gediggie nie. Ek het 'n manier om na te dig of voort te borduur, noem dit wat jy wil ...’Ga naar eind53. Die sterkste ooreenkoms met 'n Rihani-verwerking is die sesde afdeling van ‘Dood, die onsterflike’ in Kentering, in Gedigte 1927-1940 heruitgegee onder die titel ‘Neerlaag’. By Rihani lui dit: Every abode to Ruin is addrest,
Be it a palace or a sparrow's nest;
Let not the mighty build, for they must go,
Like that fair dove, with what they built, to rest.Ga naar eind54.
By Krige: O boumeesters, die wêreld sing jul lof!
Jul en jul werk moet terugkeer tot die stof.
Ieder gebou verbrokkel tog tot sand:
miershoop en swalunes en koningshof.
Jul bou, jul stapel en jul giet, jul smee,
jul wil jul skeppinge die skoonheid gee
van haelwit wolk-kolomme teen die blou ...
Maar waar is Babilon, waar Ninevé?Ga naar eind55.
Met ‘Neerlaag’ oortref Krige die ‘oorspronklike’ vertaling. Dit is ook die geval met ‘Oorwinning’. Dié vers van twee vierreëlige strofes steun op 'n oorsetting van Baerlein: Zohair the poet sang of loveliness
Which is the flight of things. Oh, meditate
Upon the sorrows of our earthly state,
For what is lovely we may not possess.Ga naar eind56.
| |
[pagina 119]
| |
By Krige word dit: Zohair, die digter, het gesing van skoonheid wat
die swaluvlug en heenspoed is van alle dinge.
En hy, sy leed en sy geluk en al sy singe
had skaars die duur van sonskyn op blink môrenat.
Hy met tweeduisend lentes weergaloos
is dood en weggevaag...Maar sy verdriet
om 'n gebroke blom geur uit sy lied
fris soos 'n vars, volbloeide somerroos.Ga naar eind57.
Krige se oorspronklike poësie uit hierdie jare toon met insette soos ‘Van waar’, ‘Waarom’, ‘Waar kry’, e.d.m., die filosofies-vraagstellende inslag wat 'n kenmerk is van die Oosterse poësie vanaf Abu'l-Ala en Khayyám tot by Rabindranāth Tagore. In hierdie verse vind ons in die gees van dié digters vrae van die worstelende siel oor natuurverskynsels, die wisseling van vreugde en geluk, die mens se onvermoë om dinge te begryp, met die erkenning dat alle soeke tevergeefs en die dood die enigste sekerheid is. In 'n sterk strofe wat deur 'n BaerleinvertalingGa naar eind58. ingegee is, praat Krige hier van die ‘allerlaaste drank’: Onthou hoe kort die fees, hoe lank die nag, my broeders, dink
aan hom, die kelner...O hy sal skink,
beleef, maar puntenerig, daardie allerlaaste drank:
die grys brakwaters van die Dood - en jul sal drink.Ga naar eind59.
Verligting kan die mens vind in die wyn (‘O sluk die vog wat in die bekers blink!’),Ga naar eind60. 'n gedagte wat 'n verwantskap toon met Khayyám, of in sy herinnering aan die ‘helder lied’Ga naar eind61. van sy jeug, maar basies is hy gedoem tot 'n kenteoretiese onvermoë om die ‘Onontdekte’Ga naar eind62. te deurgrond. In die ‘Onmag’-reeks is daar telkens sprake van die mens wat in sy soeke alle grense wil oorskry en ‘met gebalde vuiste...teen/die tronkmuur van hul kennis en begrip’Ga naar eind63. op te staan, net om ‘radeloos van onmag en van wrok te ween’.Ga naar eind64. Onderliggend hieraan lê die wisselende emosies van die tipiese romantikus wat beurtelings tussen 'n ‘jubelende geluk’ en die ‘pyn’Ga naar eind65. beweeg. ‘Nag’, wat Krige volgens sy eie mededelingGa naar eind66. op negentienjarige ouderdom skryf en wat Opperman tereg omskryf as 'n geval waarin vertalings | |
[pagina 120]
| |
uit Abu'l-Ala en voortdigtings met mekaar vervleg word,Ga naar eind67. is 'n uiting van die tipiese Weltschmerz van die jongmens: O Nag, jy is vir my so skoon, so klaar
soos die jonge dagbreek met sy blonde haar
wat opspring, bly na sy kristalboog gryp,
en sy blink skigte deur die ruim laat vaar ...
Maar skoner, dieper, Nag, as jou klaarduisternis
en singende grys stilte, is my heugenis
aan vroeggestorwe vreug: skade wat deur die onverbiddelike
jare my berokken is ...
O Nag, jy was Gods snaarmusiek, en gans
jou stil gesternte Sy sonnettekrans.
Verruk het ons gelees, geluister - tot
matwit die Dag kom glim het teen die trans.Ga naar eind68.
Al hierdie gedigte het 'n sterk bewerende inslag, iets wat 'n kontras vorm met Krige se latere werk en wat van dié reeks Johannesburgse verse iets unieks in sy oeuvre maak. 'n Mens sien dit in ‘Weerstand’Ga naar eind69. met sy afwisseling van bewering en beeld en die aansporing aan die mens om geduld, krag en stilte sy besit te maak. Die kwatrynvorm wat Krige in hierdie reeks verse aanwend, lyk met hulle oorwegende aaba-rymskema skynbaar tradisioneel, maar dikwels swaai hulle weg van die tradisie deur die ritmiese stuwing en die ongewone plasing van die ruspunte. Hoewel baie van dié verse nog deur Nederlandse reste, argaïsmes en 'n onnette rym ontsier word, is dit duidelik dat Krige reeds in hierdie stadium besonder bewus is van die klank wat 'n gedig moet hê en 'n bevredigende klankeenheid nastreef. Die vierreëlige verse uit hierdie tydvak illustreer sy vermoë tot 'n klassieke vormgewing. Gewoonlik word Krige gesien as die Dionusiese kunstenaar wat, teenoor die Apolliniese digter met sy sterk vormtug, deur die stuwing en die onrus van sy gemoed weinig aandag aan die vormelike afwerking van sy vers gee. Dit is 'n baie beperkte en eensydige kyk op sy digkuns, want hier illustreer hy ten volle, soos ook telkens elders in sy oeuvre, die Apolliniese komponent in sy samestelling en die vermoë om 'n vers bevredigend op te bou. | |
[pagina 121]
| |
IVIn Februarie 1931 gaan Uys saam met Arnold op Cathcart by Japie en Sannie kuier. In 'n brief wat hy kort vóór die besoek skryf, mymer hy - met 'n toespeling op sy gedig ‘Snel is ons lewe ...’ - oor hoe gou die dertien maande van skeiding van sy ouers verbygegaan het, ‘soos perde wat op hul gemak draf, maar wat darem gou die bult oor is, en weg ...’ Nou kry hy die geleentheid om hom, na die lang nagte in die redaksiekantoor, uit te slaap, ure aaneen met sy moeder te gesels en te hoor hoe sy klavier speel, hope eie Krige-kos te eet, tennis te speel en die hele liewe lange dag vol te wees van die son. In Maart laat weet hy Bokkie, wat reeds vir sy verdere studie in Oxford aangeland het, dat hy en Arnold dit baie op die dorp geniet. Die ‘jagveld’ is weer oop en die ‘nôiens’ is ‘soos ryp appels om te pluk’. Sybil is 'n ‘aantreklike meisiemens’ met ‘'n slanke lyfie’ en ‘toegeeflike lippies’ en ‘sy vry net oulik’. Hy en Arnold is ‘vir 'n tydjie “the talk of the town”’. Saam besoek hulle die Fronemans se plaas Stedmere om perd te ry en saam met hulle gaan die twee broers na Kei-mond om in die see te baai.Ga naar eind70. François, wat by die Michaelis Kunsskool aan die Universiteit van Kaapstad studeer, se werk het volgens Uys baie verbeter. Dit is ‘sterk’ en ‘ferm’; as hy só aangaan, sal niks hom keer nie. In Pretoria het Uys 'n ou vriend van sy moeder, Simon Becker, ontmoet. Vir sy moeder kon hy spot met Becker, wat hom vertel het dat sy 'n nooi duisend was en dat Uys so ampertjies sy seun was! Uys se reaksie was ‘dat dit 'n baie snaakse ding is, maar soveel mans het my al dieselfde storie verkoop, en toe skaterlag die seksie’. Hy word soms moeg daarvan om as ‘Japie Krige se seun’ voorgestel te word, nes asof hy nie self 'n persoonlikheid het nie. Daarom was dit nou interessant en verfrissend om 'n keer as ‘Sannie Uys se seun’ 'n vreemdeling se hand te druk. Met Bokkie oorsee begin Uys nou opnuut kriewelrig word om sy oorspronklike planne uit te voer: om op 'n skip te klim en die wêreld te gaan sien. Hy het, meen hy, nou geleer dat om net van sy pen te leef, destruktief is vir sy ingebore poëtiese talent. Hy is bang dat, indien hy langer by The Rand Daily Mail gaan bly, hy net soos die subs gaan word wat elke dag korreksies aan artikels aanbring en self niks meer skryf nie. In Augustus 1930 skryf hy aan Bokkie: Die woord ‘Europa’ is 'n sketter-klaroen wat roep tot onstuimige bloed. Een van die mooi dae breek ek los soos 'n jong bul wat in | |
[pagina 122]
| |
'n hok vasgepen is en wat die vars geur van die weilande in sy trillende neusvleuels nie langer kan duld nie. In April 1931 skryf Uys aan sy ouers dat hy nog geen betrekking oorsee kon kry nie. Terence deMarney het aan hom geskryf die toestande in Londen vir toneeloptredes is hopeloos en die ou geselskap sit sonder werk. Daaraan steur hy hom egter min - ‘ek wil nou vort, en vort gaan ek!’ As hy hier bly, gaan The Rand Daily Mail hom na hulle Pretoria-kantoor stuur, en dit wil hy nie. Sy vriend Ronald Cohen, uit 'n skatryk familie, sal vir hom plek op een van sy pa se vragskepe kry as die nood hoog word. ‘As ek dus vasgekeer raak’, skryf hy in 'n passasie wat na ‘Tram-ode’ vooruitwys, ‘spring ek op 'n “tramp” en laat spat na Suid-Amerika. Rio de Janeiro, Buenos Aires, Valparaiso - skoon-klinkende name, dis om van te droom ...’ 'n Mnr. Kotze van Die Volkstem in Pretoria, wat in sy ma se klas op Ermelo was en haar aanbid, het toegestem dat Uys elke maand vanuit Europa twee lang artikels kan stuur. Daarvoor sal hy £4 per maand ontvang. Hy gaan ook Die Burger nader vir 'n dergelike ‘joppie’. Hy vra dat Sannie sy viool met François na Johannesburg moet saamstuur; ‘miskien kry ek dit nog nodig om 'n oulappie of twee op die boulevards van Parys te verdien’. Met 'n bietjie oormoed hoop hy selfs om in Nederland 'n pos by die dagblad De Telegraaf te kry. Met al hierdie moontlikhede, hoe vaag sommige van hulle ook al was en hoe onwerklik sommige van die verwagtings, bedank Uys nou by The Rand Daily Mail. As hy nog getwyfel het aan sy planne, het Bokkie se brief oor sy besoek aan Florence hom finaal oorreed. ‘Here, Bokkie’, skryf hy, ‘ek kon die son voel en hoe die drentelgedagtes deur 'n mens se gees kom vloei.’ Hy was vies dat hy, ten spyte van sy besware, tog by die Pretoriase takkantoor moes gaan werk en sy woonstel en al die ‘jollie maats’ moes agterlaat. Johannesburg en hulle ‘bohemian haunts’ het François aangetrek en hy bly nou in hulle woonstel saam met Skaap Theunissen. Chris, Uys se Franse vriendin, beskryf François, van wie almal hou, as ‘angelic’. François se werk ‘word by die dag sterker - een stillewe wat hy onlangs geskilder het, is eenvoudig meesterlik - dit oortref enigiets wat ek ooit van 'n Suid-Afrikaanse skilder gesien het - dit slaan my dronk’. In 'n brief van 6 Mei 1931 aan Bokkie sê Uys dat hy nou definitief einde Junie per skip uit Kaapstad vertrek. Sy medeverslaggewer Jack Barkham sal hom vergesel. Drie weke later sal hulle in Southampton | |
[pagina 123]
| |
arriveer en dan dadelik na Londen vertrek, waar Bokkie hom moet ontmoet. Hy sal £50 by hom hê. Sy planne is vaag: hy wil 'n week of twee in Oxford bly, hy wil 'n bietjie van die wêreld sien, en hy gaan nie weer by 'n koerant werk nie. Op 30 Junie is Uys in die Kaapstadse hawe. Van sy Stellenbosse Krige-familie sien hom af en wens hom die beste toe. Laatmiddag vaar hy met die Dunbar Castle die hawe uit. Hy weet dat 'n groot avontuur op hom wag. Hy was nou een van die bende wat steeds gehoor moes gee aan die bevel
van ver verskiete en kimme, glansend-hel;
aan die gebod van daerade wat wyd straal
deur goudportale, hoog oor hul mure van metaal.Ga naar eind71.
|
|