Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2
(1983)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 217]
| |
Deel V
| |
[pagina 219]
| |
Hoofstuk I
| |
[pagina 220]
| |
Op 5 Oktober 1960 word 'n republikeinse staatsvorm by wyse van 'n referendum deur die stemgeregtigdes aanvaar. As Verwoerd tydens die daaropvolgende Statebondskonferensie in Londen sterk teenkanting op grond van die Regering se rassebeleid van die Afro-Asiatiese ledelande kry, trek hy sy aansoek om voortgesette lidmaatskap van die Britse Gemenebes onder 'n nuwe grondwetlike bedeling terug. Op 31 Mei 1961 kom die Republiek van Suid-Afrika tot stand met C.R. Swart as eerste staatspresident. In die eerste jare ná republiekwording is daar, in 'n poging om 'n verenigde blanke front teen die toenemende aanslae van buite te vorm, 'n doelbewuste strewe na nasionale eenheid met die Engelssprekendes op die grondslag van één, onverdeelde trou aan Suid-Afrika as enigste vaderland. Ten spyte van kritiek op die regeringsbeleid en gevale van binnelandse onluste leef die Afrikaner in die Verwoerd-era in 'n soort euforie as gevolg van die magsposisie waarin hy as regerende groep verkeer, die ekonomiese welvaart wat die land ervaar en die waan dat alle politieke probleme deur 'n waterdigte stelsel onderskep sou word. In teenstelling tot die sterk posisie van die Nasionaliste word die Verenigde Party ná die 1948-verkiesing verswak deur 'n gebrek aan daadwerklike leiding, effektiewe alternatiewe vir die apartheidsbeleid en die vorming van splinterpartye. In die vyftigerjare breek die Unie-Federale Party, die Liberale Party en die Konserwatiewe Party agtereenvolgens van die Verenigde Party weg, al kan nie een van dié groeperinge in die daaropvolgende verkiesings 'n enkele setel verower nie. In 1956 neem De Villiers Graaff die leierskap van die Opposisie van J.G.N. Strauss oor, terwyl die Arbeidersparty met die 1958-verkiesing uit die Parlement verdwyn. 'n Groter skeuring in die Verenigde Party ontstaan as twaalf Volksraadslede in 1959 die Progressiewe Party vorm. In teenstelling tot die Liberale Party, wat volledige rasse-integrasie voorstaan maar geen noemenswaardige steun by die kieserskorps kon vind nie, bepleit die Progressiewe Party 'n minder ekstreme integrasiebeleid deur middel van 'n gekwalifiseerde stemreg vir alle rasse. Met die 1961-verkiesing kan egter slegs Helen Suzman namens dié party 'n setel in die Volksraad behou, en
| |
[pagina 221]
| |
in die sestigerjare is sy die enigste Progressiewe woordvoerder in die Parlement. In die eerste jare van die Nasionale bewind voer die Regering sy verkiesingsbelofte van politieke en maatskaplike apartheid in die praktyk deur met 'n reeks wette wat die herstrukturering van die rasse- en sosiale verhoudings in die land as doel het. Naas die wetgewing van die vroeë vyftigerjare wat geslagsverkeer tussen mense van verskillende rasse onwettig verklaar en residensiële apartheid verpligtend maak, word die Kleurlinge in 1956 ná 'n konstitusionele krisis deur 'n omstrede uitbreiding van die Appèlhof en die Senaat op 'n aparte kieserslys geplaas. In dieselfde jaar word die blanke arbeiders met die Nywerheidsversoeningswet deur werksafbakening en 'n verbod op gemengde vakbonde teen die ‘goedkoop’ swart werkers beskerm, terwyl die Wet op Uitbreiding van Universiteitsopleiding van 1959 die Universiteite van Kaapstad en die Witwatersrand verbied om langer nie-blanke studente te aanvaar en die stigting van afsonderlike universiteitskolleges vir die verskillende swart en gekleurde eenhede in die vooruitsig stel. Hierdie wetgewing was in die vyftigerjare deel van die Afrikaner se isolasionistiese reaksie op die eise om gelykskakeling deur die wêreldmening en die geleidelik opkomende Afro-Asiatiese lande. Basies het dit neergekom op die konsolidasie van die politieke mag, selfbeveiliging van die Afrikaner met sy Westerse beskawing en die behoud van ‘blanke baasskap’, sonder dat dié wetgewing die staatkundige regte van die nie-blankes erken en hulle sosio-politieke posisie probeer verbeter het. Daarby kon die kunsmatige verdelings in die maatskaplike struktuur en die realiteit van die toenemende isolasie van Suid-Afrika die Regering nie tot ander insigte en 'n wysiging van sy beleid voer nie. | |
II. Kritiek van buite en binne en die posisie van Suid-Afrika in 'n veranderende wêreldMet die beëindiging van die Tweede Wêreldoorlog en die verwerping van die rassistiese ideologie van Nazi-Duitsland word imperialisme, kolonialisme en die oorheersing van een volk deur 'n ander wêreldwyd veroordeel. Dit val saam met 'n proses van gelykmaking van alle rasse, die emansipasie van die onderontwikkelde volkere en die onafhanklikheidswording van die Afro-Asiatiese lande in die vyftiger- en sestigerjare. In Februarie 1960 spreek Harold Macmillan, Britse premier, in sy ‘Winds of change’-toespraak in die Volksraad in Kaapstad sy twyfel uit oor die rigting waarin die beleid van afsonderlike ontwikkeling Suid-Afrika laat beweeg en kondig hy aan dat Brittanje die nasionale bewegings en die onafhanklikheidstrewe van die Afrika-lande as 'n realiteit aanvaar, die politieke ontvoogding van die Britse kolonies sal bevorder en hom aan die vasteland sal onttrek. In die raadsale van die Verenigde Volke-Organisasie (V.V.O.) word daar by herhaling heftige kritiek teen Suid-Afrika en sy rassebeleid uitgespreek, terwyl die Organisasie vir Afrika-eenheid (O.A.E.) in die sestigerjare die ‘kapitulasie’ van die blanke minderheidsregerings van Suider-Afrika eis en die Wêreldraad van Kerke in die sewentigerjare die terroristebewegings vir die ‘vrymaking’ van die onderdrukte volkere finansieel openlik steun. Die isolasie van Suid-Afrika word versterk deur die uitsetting uit of verbod op deelname aan die meeste internasionale organisasies en | |
[pagina 222]
| |
sportliggame, terwyl die kritiek van die Afro-Asiatiese blok besonder sterk deur o.m. Nederland ondersteun word. Met die onafhanklikheidswording van Angola en Mosambiek in 1974 en Zimbabwe in 1980, die probleme in Suidwes-Afrika/Namibië, die internasionale wapenbiokot teen Suid-Afrika en die aktiwiteite van terroriste op die noordelike grense verkeer die land militêr in 'n delikate posisie, iets wat nog verder vererger word deur Russiese invloed en inmenging (o.m. deur middel van Kubaanse troepe) in verskillende Afrika-lande. Maar afgesien van die felle veroordeling van die buiteland was daar ook in Suid-Afrika self kritiek op die Regering se rassebeleid. Naas die teenstand van die amptelike opposisie in die Parlement kom hierdie kritiek aanvanklik veral van Engelstalige geestelikes, soos Trevor Huddleston, wat in Naught for your comfort (1956) die beleid ten opsigte van die swartmense in die stede verwerp, later ook toenemend van Afrikaanse geestelikes en regsgeleerdes, soos B.B. Keet (Suid-Afrika - waarheen?, 1956), D.P. Botha (Die opkoms van ons derde stand, 1960) en H.A. Fagan (Ons verantwoordelikheid, 1960, en Co-existence in South Africa, 1963), wat bedenkinge het oor die godsdienstig-morele basis van die apartheidsbeleid en die uitvoerbaarheid daarvan in die praktyk. Daarnaas word die vraag na die toekoms van die Afrikanervolk by herhaling deur historici soos G.D. Scholtz (Het die Afrikaanse volk 'n toekoms?, 1954) gestel, terwyl denkers soos N.P. van Wyk Louw (Liberale nasionalisme, 1958) en J.J. Degenaar (Op weg na 'n nuwe politieke lewenshouding, 1963) vir 'n mensliker benadering van die probleem vra en 'n ‘voortbestaan-in-geregtigheid’ bepleit, terwyl W.P. Esterhuyse in Afskeid van apartheid (1979) 'n pleidooi vir die beweging weg van rassediskriminasie lewer. In Desember 1960 besluit die Afrikaans- en Engelstalige afgevaardigdes by 'n kerkeberaad in Cottesloe by Johannesburg dat daar geen Skriftuurlike grond vir 'n verbod op gemengde huwelike is nie, terwyl gesamentlike aanbidding, direkte verteenwoordiging van die Kleurlinge in die Parlement en die gedomisilieerde swartmense se reg tot grondbesit en deelname aan die besluite van die land erken of as ideaal gestel word. Met die uitsondering van Die Burger onder redaksie van P.J. Cillié is die reaksie van die Afrikaanstalige koerante op hierdie besluite veroordelend, terwyl die Engelstalige pers gunstig reageer. In Desember 1960 wys Beyers Naudé, assessor van die Ned. Geref. Sinode van Transvaal, daarop dat erkende kerklike leiers wie se goeie trou teenoor en liefde vir hulle land en volk bo alle verdenking staan, aan die samesprekings by Cottesloe deelgeneem het, maar dat hulle ‘die gesag van die Woord van God’ hoër stel as dié van ‘volk en owerheid’. Hierdie verklaring lei tot 'n veroordeling van die Cottesloe-besluite deur Die Kerkbode by monde van sy redakteur, A.P. Treurnicht, terwyl sewe verskillende sinodes die besluite verwerp en premier Verwoerd afwysend reageer. Naudé stig daarop die Christelike Instituut (1963) wat met sy orgaan Pro Veritate krities teenoor die regeringsbeleid staan. In 1962-1963 wek die Geyser-saak in kerklike kringe beroeringe wat 'n ooreenkoms met die Du Plessis-aangeleentheid van die dertigerjare toon. Gelyktydig met hierdie kritiek uit intellektuele en kerklike kringe reageer sommige swartmense en Kleurlinge op die apartheidswette met eise om groter politieke regte, protesoptogte, oproer, dade van sabotasie (o.m. die afbranding van skole en kerke) en ander ondergrondse bedrywighede, dikwels onder die invloed van linkse groeperinge met Marxistiese verbintenisse. In 1956 volg 'n groot aantal arrestasies | |
[pagina 223]
| |
ná dade van verset en opstoking en staan die beskuldigdes - onder wie Albert Luthuli, president van die African National Congress (A.N.C.) - tereg op 'n klag van hoogverraad, al word die meeste van hulle weens onvoldoende getuienis ontslaan en die res in Maart 1961 deur die regters onskuldig bevind. In 1959 word die Pan African Congress (P.A.C.) onder die leiding van Robert Sobukwe gestig om effektiewer teenstand teen die regeringsbeleid te bied, terwyl die onluste by Sharpeville in 1960 en in Soweto in 1976 landswyd versprei en tot maatskaplike ontwrigting lei. Die Regering beantwoord hierdie onluste met polisie-optrede, die uitroep van noodtoestande, mobilisering van burgermageenhede, verlenging van militêre diensplig en uitbreiding van die polisie se magte (ondervraging en aanhouding sonder aanklag, eensame opsluiting, inperking en huisarres), terwyl liggame soos die A.N.C, en P.A.C. deur die Wet op Onwettige Organisasies verbied en sabotasie- en ander ondermynende aktiwiteite deur die Wet op Terrorisme effektiewer bekamp word. Van die opsienbarendste hofsake ingevolge dié wetgewing is dié teen die digter Breyten Breytenbach, wat in 1975 ná 'n openlike skuldbekentenis tot nege jaar gevangenisstraf veroordeel word, terwyl sommige selfmoord- en sterfgevalle tydens aanhouding (o.a. dié van Steve Biko in 1977 en Neil Aggett in 1982) tot 'n wêreldwye reaksie lei. Naas hierdie maatreëls om in 'n noodtoestand op te tree, erken die Regering egter vanaf die sestigerjare in toenemende mate die swart en bruin bevolkingsgroepe se aanspraak op groter vryheid en regte, die realiteit van 'n multi-nasionale samelewing in Suid-Afrika en die aspirasies van die swart volkere om hulself te regeer. Reeds in 1956 word die Tomlinson-verslag, waarin die moontlike sosio-ekonomiese beplanning van die swart gebiede met die oog op toekomstige ontwikkeling ondersoek word, aan die Parlement voorgelê, en in 1960 neem die desentralisasie van die nywerhede na die swart tuislande 'n aanvang met die doel om die swartmense se uitstroming na die stede te keer en vir hulle bestaansmoontlikhede in hulle eie gebiede te verskaf. Met die Wet op die Bevordering van Bantoe-selfbestuur van 1959 word die vroeëre wetgewing om aan die swart volkere in hulle eie gebiede politieke regte te gee, 'n stap verder gevoer, terwyl Verwoerd in 1961 in die Volksraad aankondig dat die Regering in beginsel tot 'n herverdeling van Suid-Afrika besluit het en dat dit sy bedoeling is om die verskillende tuislande tot groter selfbestuur en uiteindelik volkome onafhanklikheid te lei. Daarmee word die negatiewe wetgewing van die vyftigerjare met 'n positiewe beleid ten opsigte van die swartmense in die tuislande opgevolg ten einde aan die verskillende swart etniese eenhede - na die model van die Afrikanernasionalisme - die moontlikheid vir 'n volwaardige maatskaplike bestel en die uitoefening van politieke regte te bied en terselfdertyd die belange van die blankes se andersoortige samelewing te beveilig. Terwyl daar vroeër van apartheid en blanke baasskap oor die hele Suid-Afrika sprake was, val die aksent nou op afsonderlike ontwikkeling en goeie buurskap, die verskille tussen die bevolkingseenhede in Suid-Afrika en die skeiding van gebiede, waardeur alle nasies in die veelvolkige Suid-Afrika die geleentheid tot volledige uitlewing sal hê. Vir die bruinmense en Indiërs - groepe sonder geografies afbakenbare tuislande - en vir die groot getal stedelike swart werkers wat vir alle praktiese doeleindes nie verwyderbaar is nie en selfs meermale nooit in een van die tuislande gewoon het nie, is hierdie lyn nie deurgetrek nie. Onder denkende Nasionaliste | |
[pagina 224]
| |
word toenemend gevoel dat in die geval van bevolkingsgroepe vir wie daar geen vooruitsig op volwaardige burgerskap in eie gebiede bestaan nie, so 'n vooruitsig binne 'n gesamentlike staatstruktuur met die blankes gebied moet word. Ten spyte hiervan verwerp die Regering in 1976 die Erika Theron-verslag se aanbeveling vir die herintegrasie van die Kleurlinge in die blanke politieke sisteem. Afgesien van die eerste stappe in die rigting van onafhanklikheid vir die tuislande bepleit Verwoerd tydens sy termyn as Eerste Minister die vorming van 'n gemeenskapsmark vir die Afrika-state suid van die Sahara op die basis van ekonomiese samewerking. Hierdie idee word deur sy opvolger, B.J. Vorster, uitgebou tot 'n ‘uitwaartse beleid’ deur besoeke aan verskeie Afrika-state en samesprekings oor sake van gemeenskaplike belang, terwyl Suid-Afrika in die sewentigerjare geleidelik wegbeweeg van diskriminasie op grond van kleur en die irritasies van ‘klein’ apartheid. In 'n poging om aan die eise van 'n hedendaagse plurale gemeenskap te voldoen, kom die Regering in 1977 met ontwerpvoorstelle om die bestaande Westminster-stelsel te vervang deur 'n nuwe konstitusionele struktuur waarin die verskillende rasse in afsonderlike parlemente onder 'n superkabinet en 'n uitvoerende president verteenwoordig sal wees. As eerste stap word die Senaat afgeskaf en 'n Presidentsraad in 1981 geskep. In 1978 is Vorster verplig om weens gesondheidsredes die premierskap neer te lê. Kort ná die bewindsoorname van P.W. Botha word die Regering gekonfronteer met die Inligtingskandaal rondom geheime staatsondersteuning van die dagblad The Citizen, grootskaalse korrupsie en wanbesteding van staatsgelde. Dit lei tot die uittrede van C.P. Mulder as minister en Vorster as staatspresident. In die laat-sestigerjare kom daar 'n reaksie op Vorster se uitwaartse beleid as 'n paar Volksraadslede van die Nasionale Party wegbreek en die Herstigte Nasionale Party onder die leiding van Albert Hertzog vorm, 'n ekstreem regse beleid propageer en die Regering in diskrediet probeer bring met allerlei ‘onthullings’ insake 'n ‘liberale’ beleidsrigting. Alhoewel die H.N.P. geen setel kon verower nie, toon die meerderhede van die Nasionale Party in die 1970-verkiesing 'n geringe daling. In 1975 kom daar 'n verdere afsplitsing van die Verenigde Party as die Reformiste wegbreek en 'n eie party stig. 'n Paar maande later gaan hierdie groepering 'n verbinding aan met die Progressiewe Party en lei dit uiteindelik, ná 'n verdere afsplitsing van die Verenigde Party, tot die stigting van die Progressiewe Federale Party, wat dan die amptelike Opposisie vorm, aanvanklik met Colin Eglin en sedert 1979 met F. van Zyl Slabbert as leier. In 1977 word die Verenigde Party ontbind en gaan sy ondersteuners op in die Nuwe Republiekparty en die Suid-Afrikaanse Party. Vroeg in 1982 breek A.P. Treurnicht met 'n aantal regse ondersteuners van die Nasionale Party weg en stig die Konserwatiewe Party. | |
[pagina 225]
| |
III. Maatskaplike toestandeMet die verdere ekonomiese verbetering van die land se posisie in die vyftigerjare kom ook die Afrikaner in die geleentheid om - méér as wat dit vroeër die geval was - langer opleiding aan universiteite te ontvang en tot beter betaalde beroepe en professies toe te tree. Die gevolg is dat die ekonomiese ongelykheid tussen die Engelse en Afrikaanse bevolkingsgroepe aansienlik verminder word en die Afrikaners - dikwels as ‘prinse van die handel’ wat nuwe, indrukwekkende sakeondernemings met internasionale belange begin - 'n groter aandeel in die welvaart geniet. Hierdie ontwikkeling lei tot 'n verdere verandering in die demografiese opset van die land deur die ontvolking van die platteland en die sametrekking in die stede as die ekonomiese, industriële en kulturele sentra van die samelewing. Soos in die dertiger- en veertigerjare duur die felle teenstellings in die Afrikanergemeenskap voort. Terwyl die plattelandse bevolking oorwegend - alhoewel nie uitsluitlik nie - nog steeds 'n konserwatiewe en behoudend-godsdienstige uitkyk op die lewe handhaaf, begin die verstedelikte Afrikaner hom ontuis voel binne die grense wat die volksleiers polities, religieus en kultureel vir hom afgebaken het. Veel meer as vroeër ontwikkel hy 'n kritiese ingesteldheid wat, met die emansipasie van Afrika en die ontwikkeling van die Wes-Europese welvaartstate met hulle vrysinnige samelewings, hom op 'n nuwe wyse laat kyk na die Afrikaner se waardestelsel en nasionalistiese oortuigings. Dié ingesteldheid lei tot selfondersoek, 'n reaksie op die verstarde denke van die behoudendes en voortdurende pogings om deur gesprekke en diskussies 'n beter mense- en volkereverhouding in Suid-Afrika te verkry. Die spanning tussen 'n konserwatief-isolasionistiese Afrikanerdom en 'n groep wat ‘uitwaarts’ beweeg, het tot gevolg dat die tradisionele verdeling tussen ‘Sappe’ en ‘Natte’ grotendeels opgehef word. In die plek daarvan kom 'n politiesideologiese verdeling tussen konserwatief en liberaal of - om W.J. de Klerk se begrippe van 1966 te gebruik - ‘verkramp’ en ‘verlig’, wat nie alleen tot die afsplitsing van die Herstigte Nasionale Party met sy regse beleid lei nie, maar ook twee duidelike strominge in die Nasionale Party self tot gevolg het en op verskillende vlakke in die Afrikanergemeenskap as sodanig gevoel word. In 'n belangrike mate is dit die Afrikaanse pers wat in die sestiger- en sewentigerjare baie van die taboes in die Afrikaanse samelewing afbreek en hom toenemend losmaak van die slaafse navolging van die partypolitieke beleidsrigtings. Naas die gevestigde dagblaaie, soos Die Burger in Kaapstad, Die Transvaler en Die Vaderland in Johannesburg, Die Volksblad in Bloemfontein en Die Oosterlig in Port Elizabeth, kom
| |
[pagina 226]
| |
vier verdere koerante in hierdie tydvak tot stand: Hoofstad (Pretoria, 1967-1983) onder die aanvanklike redaksie van A.P. Treurnicht, Oggendblad (Pretoria, 1972-1983), Beeld (Johannesburg, 1974; verbind met die Nasionale Pers) en die tweeweeklikse Tempo (Durban, 1973), wat Die Nataller (1955-1973) opvolg. Dit is egter veral die skouspelagtige verskyning en opgang van die Sondagkoerante wat sedert die sestigerjare met hulle landswye verspreiding die joernalistieke terrein oorheers. In Junie 1947 word Dagbreek in Johannesburg opgerig, gevolg deur Sondagnuus kort daarna. Om finansiële oorwegings amalgameer hulle egter in Desember 1947 as Dagbreek en Sondagnuus (verbind met Dagbreekpers, daarna met die Afrikaanse Pers en later Perskor). Naas Die Landstem is Die Suid-Afrikaanse Stem (later herdoop tot Sondagstem, 1957-1967) die enigste koerant wat 'n mate van voeling met die Verenigde Party het. Veel indrukwekkender is die totstandkoming van Die Suid-Afrikaanse Beeld (Johannesburg 1965-1970; verbind met die Nasionale Pers), wat onder die redaksie van Schalk Pienaar met 'n nuwe tipografiese aanbod, provokerende joernalistiek (o.m. die openbaarmaking van regse groeperings in die Afrikanermaatskappy) en besinnende ‘diepte’-artikels vir 'n nuwe inslag in die Suid-Afrikaanse koerantwese sorg. Om Die Suid-Afrikaanse Beeld effektiewer te opponeer, word Die Landstem in 1969 in Dagbreek en Sondagnuus opgeneem, maar in 1970 besluit die direkteure van die Nasionale Pers en Perskor dat dit in albei groepe se belang is om die twee grootste Sondagkoerante te amalgameer. So verskyn Rapport dan onder die aanvanklike redaksie van W.J. Wepener. Die weeklikse koerant Die Afrikaner (Pretoria, 1970) stel die saak van die Herstigte Nasionale Party, terwyl die kwartaalblad Deurbraak (Kaapstad, 1971), wat heelparty bydraes van leidende intellektuele bevat, 'n Progressiewe rigting volg. Sedert 1982 is Die Patriot (Pretoria) die orgaan van die Konserwatiewe Party. | |
IV. Opvoedkundige ontwikkelingsDeur die Wet op Uitbreiding van Universiteitsopleiding van 1959 word 'n hele paar nuwe universiteitskolleges - naas die reeds bestaande Fort Hare (wat ingevolge die nuwe wetgewing die Xhosa-volk moes bedien) - in die lewe geroep: Wes-Kaapland vir die Kleurlinge, Durban-Westville vir die Indiërs, Zoeloeland vir die Zoeloes en die Noorde vir die Sotho's. Hierdie kolleges kry almal aan die begin van die sewentigerjare volwaardige universitêre status. In 1965 kom die tweetalige Universiteit van Port Elizabeth tot stand, terwyl die Randse Afrikaanse Universiteit in Johannesburg in 1966 in die lewe geroep word. Die bestaande universiteite ondergaan sedert die vyftigerjare groot ontwikkelings deur die vermeerdering van getalle en die uitbreiding van fakulteite en studierigtings, o.m. van Algemene Taalwetenskap en Algemene Literatuurwetenskap as vakke. In 1970 stig die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (R.G.N.) 'n Doku-
| |
[pagina 227]
| |
mentasiesentrum vir Taal en Lettere in Pretoria (sedert 1981 bekend as SENSAL, Sentrum vir Suid-Afrikaanse Letterkundenavorsing), terwyl die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN in 1972 in Bloemfontein tot stand kom. Ná hulle dood word N.P. van Wyk Louwen W.E.G. Louw se manuskripte, korrespondensie en ander dokumente in die Carnegie-biblioteek aan die Universiteit van Stellenbosch bewaar, terwyl D.J. Opperman ook in 1977 sy dokumente aan dié inrigting vir bewaring gee. Die Instituut vir Eietydse Geskiedenis (INEG), wat aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat tot stand kom, dokumenteer ook materiaal in verband met die resente Afrikaanse letterkunde. |
|