| |
| |
| |
Algemene bibliografie
By die behandeling van die afsonderlike tydvakke en figure word daar telkens na die belangrikste bronne en studies verwys. Hier word net die algemene en oorsigtelike bibliografiese, biografiese, ensiklopediese en historiese werke genoem wat van belang is by die studie van die Afrikaanse letterkunde, met kommentaar oor die gehalte en bruikbaarheid van die verskillende handleidings.
| |
1. Bibliografieë
Die South African bibliography (Londen, 1910, heruitgawe 1957) van S. Mendelssohn is tans verouderd en bevat min gegewens oor die Afrikaanse letterkunde. Die volledigste werk van dié aard vir die letterkunde is P.J. Nienaber se Bibliografie van Afrikaanse boeke, nege dele (Johannesburg, 1943-1981). Sedert 1959 publiseer die Staatsbiblioteek te Pretoria die Suid-Afrikaanse nasionale bibliografie (S.A.N.B.) en die Suid-Afrikaanse Biblioteek te Kaapstad Africana nova. Van Nienaber bestaan ook die Bronnegids by die studie van die Afrikaanse taal en letterkunde, akkumulatiewe uitgawe (Pretoria, 1980). Van Jan Senekal en Karien van Aswegen is daar bronnegidse oor die Afrikaanse dramas en digbundels (Johannesburg, 1980-1981). Van Nienaber bestaan verder 'n Addendum tot die Bronnegids (Johannesburg, 1965) wat gegewens oor die Afrikaanse taalstryd, toneel en diverse ander onderwerpe bevat. Die Repertorium van Suid-Afrikaanse tydskrifartikels (1940-), wat deur die Johannesburgse Openbare Biblioteek opgestel is, bevat ook besonderhede oor die Afrikaanse letterkunde.
| |
2. Biografieë
Die Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek (S.A.B.W.), vier dele (Kaapstad, 1968-1981), agtereenvolgens onder redaksie van W.J. de Kock, D.W. Krüger en C.J. Beyers, bevat biografiese besonderhede oor gestorwe skrywers. P.J. Nienaber se Afrikaanse biografiȩse woordeboek, I (Johannesburg, 1947) en Hier is ons skrywers! (Johannesburg, 1949) is tans verouderd en onvolledig. A.P. Grové gee in sy Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans (jongste uitgawe, Kaapstad, 1982) kort aantekeninge oor die belangrikste outeurs.
| |
3. Ensiklopedieë
Afgesien van die gegewens in buitelandse ensiklopedieë bevat die Standard encyclopaedia of Southern Africa onder redaksie van D.J. Potgieter (Kaapstad, 1970-1976) lemmas oor die Afrikaanse letterkunde, geskiedenis van die taal en kultuur, uitgewerye, biografiese sketse van gestorwe skrywers, e.d.m. Die Ensiklopedie van die
| |
| |
wêreld onder redaksie van C.F. Albertyn (Stellenbosch, 1971-1977) is gebaseer op die Nederlandse Winkler Prins Encyclopedie, met byvoeging van baie nuwe lemmas oor Afrika en Suid-Afrika, waaronder ook aandag aan gestorwe en lewende outeurs.
| |
4. Algemene geskiedenisse
Die werke van G.M. Theal (History of South Africa, elf dele, 1888-1919; faksimileeherdruk, Kaapstad, 1964) en Eric A. Walker (A history of Southern Africa, Londen, 1928; derde uitgawe 1962) is van groot belang vir die ouer geskiedenis, maar verouderd, en, in die geval van Walker, eensydig oor die twintigste eeu. Populêr geskrewe (en van wisselende gehalte) is die vyfdelige Drie eeue van A.J. Boëseken, D.W. Krüger en A. Kieser (Kaapstad, 1952-1953). Die jongste werke wat voortdurend tot op datum bygewerk word, is C.W. de Kiewiet, A history of South Africa (Oxford, 1957); A.J.H. van der Walt, J.A. Wiid en A.L. Geyer, Geskiedenis van Suid-Afrika, twee dele (Kaapstad, 1951), in een band versorg en aangevul deur D.W. Krüger (Kaapstad, 1966; tweede uitgawe, vyfde druk 1973); C.F.J. Muller (red.), 500 Jaar Suid-Afrikaanse geskiedenis (derde, hersiene en geïllustreerde uitgawe, Kaapstad/Pretoria, 1980); F.A. van Jaarsveld, Van Van Riebeeck tot P.W. Botha (Johannesburg, 1981); Monica Wilson en Leonard Thompson, The Oxford history of South Africa, twee dele (Oxford, 1969-1971); en T.R.H. Davenport, South Africa: A modern history (Johannesburg, 1977).
| |
5. Kultuurgeskiedenis
Die enigste uitvoerige en omvattende Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner is dié van C.M. van den Heever en P. de V. Pienaar (red.), eers in drie dele (Kaapstad, 1945-1950 en daarna - onder redaksie van die tweede samesteller - in een band (Kaapstad, 1968) uitgegee.
| |
6. Taalgeskiedenis
Vir die verskillende teorieë oor die ontstaan van Afrikaans is daar die werke van D.C. Hesseling (Het Afrikaansch, Leiden, 1899; Het Afrikaans, Leiden, 1923), S.P.E. Boshoff (Volk en taal van Suid-Afrika, Pretoria/Kaapstad, 1921), D.B. Bosman (Oor die ontstaan van Afrikaans, Amsterdam, 1923, 1928), G.G. Kloeke (Herkomst en groei van het Afrikaans, Leiden, 1950) en G.S. Nienaber (Oor Afrikaans, I en II, Johannesburg, 1949-1953). Die eksterne geskiedenis van Afrikaans word - vir die afgelope anderhalwe eeu - beskryf in G.S. en P.J. Nienaber se Geskiedenis van die Afrikaanse Beweging (Pretoria, 1941) en in E.C. Pienaar se Die triomf van Afrikaans (Kaapstad, 1943), terwyl ‘voorstudies’ tot 'n interne geskiedenis van die Afrikaanse taal gedoen is deur J.L.M. Franken (Taalhistoriese bydraes, Kaapstad, 1953) en veral deur J. du P. Scholtz (Taalhistoriese opstelle, Kaapstad, 1963; Afrikaans uit die vroeë tyd, Kaapstad, 1965; en Afrikaans-Hollands in die agtiende eeu, Kaapstad, 1972). Samevat- | |
| |
tende oorsigte skryf E.H. Raidt in deel 2 van Afrikaans en sy Europese verlede (Kaapstad, 1971) en Scholtz in Wording en ontwikkeling van Afrikaans (Kaapstad, 1980).
| |
7. Literatuurgeskiedenisse
Die (tot 1965) volledigste, omvattendste, betroubaarste - ook wat waarde-oordele betref - en mees organiese geskiedenis van die Afrikaanse literatuur is Rob Antonissen se Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede (Kaapstad, 1955; derde uitgawe 1965), 'n werk wat voorafgegaan is deur die in België geskrewe Schets van den ontwikkelingsgang der Zuidafrikaansche letterkunde I (Diest, 1946). Die oudste volledige Afrikaanse literatuurgeskiedenis is dié van G. Dekker (Kaapstad, 1935; twaalfde uitgawe - bygewerk tot 1966-1972) wat prakties gesproke dieselfde gebied dek, maar nie altyd in ewe veel besonderhede nie. G. Besselaar skryf omvattend oor Zuid-Afrika in de letterkunde (Amsterdam/Pretoria, 1914) en bespreek die ou reisbeskrywings van die Portugese, Franse, Duitse en Sweedse reisigers, die Nederlandse en Engelse letterkunde wat in Suid-Afrika ontstaan het, en sluit dan af met hoofstukke oor die Afrikaanse literatuur en die aandeel van die inboorlinge. Kort oorsigte vir gebruik in Nederland is Besselaar se ‘Zuidafrikaansche literatuur’ in W.L.M.E. van Leeuwen (red.), Dichterschap en werkelijkheid (Utrecht, 1938, 1943, in 1951 herskryf deur Rob Antonissen), en M.A. Bax-Botha se ‘Het woord bevrijdt’ in J. Haantjes en W.A.P. Smit (red.), Panorama der Nederlandse letteren (Amsterdam, 1948). P.J. Nienaber se Perspektief en profiel (Johannesburg, 1951, 1960, 1969, 1982), aanvanklik van erg ongelyke gehalte, maar sedert die tweede druk drasties verbeter, bestaan uit 'n oorsigtelike gedeelte (waaraan Antonissen die grootste aandeel het) en 'n afdeling oor die belangrikste outeurs, geskryf deur verskillende kritici. G.J. Beukes en F.V. Lategan se Skrywers en rigtings (Pretoria, 1952 en daarna telkens aangevul) ontaard grotendeels in 'n profilering van gestaltes met slegs 'n
mate van samehang in die deel oor die prosa. In Die smal baan (Kaapstad, 1963, 1971) bespreek F.I.J. van Rensburg ‘Aspekte en figure uit die ontwikkelingsgang van die Afrikaanse letterkunde’. Oor die letterkunde sedert 1955 bestaan Die Afrikaanse literatuur sedert Sestig (Kaapstad, 1980) waarin A.P. Grové 'n oriënterende inleiding skryf en die drama, poësie en prosa onderskeidelik deur J.P. Smuts, T.T. Cloete en Elize Botha behandel word. Verouderde en eensydige werke is Abel Coetzee en S.C. Hattingh, Die Afrikaanse letterkunde: Rigtingslyne en hoogtepunte (Johannesburg, 1951) en Abel Coetzee, De hedendaagse Afrikaanse letterkunde (Brugge/Utrecht, 1963). 'n Goeie oorsigtelike werk is Inleiding tot die Afrikaanse letterkunde (Kaapstad, 1965; jongste hersiene uitgawe 1973) waarin R.H. Pheiffer oor ‘Die taalbewegings en die letterkunde voor 1900’ skryf, terwyl E. Lindenberg, André P. Brink (oorspronklik P.G. du Plessis) en A.J. Coetzee onderskeidelik die poësie, prosa en drama ná 1900 bespreek. Die Plateatlas by die Afrikaanse letterkunde (Pretoria, 1931) deur M.S.B. Kritzinger is deur A.P. Grové en P.J. Nienaber bygewerk as Die Afrikaanse letterkunde in beeld (Kaapstad/Pretoria, 1973). S.A. literatuur 1980 (Johannesburg, 1982) onder redaksie van Francis Galloway gee 'n oorsig oor die letterkunde en literêre gebeurtenisse van die betrokke jaar.
| |
| |
| |
8. Bloemlesings
Rob Antonissen se Schets van den ontwikkelingsgang der Zuidafrikaansche letterkunde II (Diest, 1946) is die enigste (maar tans verouderde) bloemlesing uit sowel die poësie, die prosa as die drama. Die eerste omvattende (maar erg eensydige) keur uit die Afrikaanse poësie is Digters uit Suid-Afrika (Kaapstad, 1921; daarna telkens herdruk) van E.C. Pienaar. Die voortreflikste en omvattendste bloemlesing uit die Afrikaanse poësie is D.J. Opperman se Groot verseboek (Kaapstad, 1951; daarna telkens bygewerk), terwyl dieselfde samesteller in Kleuterverseboek (Kaapstad, 1957) en Klein verseboek (Kaapstad, 1959) 'n keuse uit die poësie vir jong kinders maak en in Junior verseboek (Kaapstad, 1951) en Senior verseboek (Kaapstad, 1951) gedigte vir gebruik op hoër skole byeenbring. By lg. twee verseboeke bestaan Blokboeke met kommentaar deur Henning Snyman (Pretoria/Kaapstad, 1978), terwyl T.T. Cloete 'n Gids by ... Senior verseboek (tweede uitgawe, Kaapstad, 1981) skryf. Eweneens vir skoolgebruik is Treknet (Kaapstad/Pretoria, 1966) van N.P. van Wyk Louw en E. Lindenberg; hieroor Lindenberg se Blokboek (Pretoria/Kaapstad, 1979). Uit die kortverhaalkuns bestaan daar F.V. Lategan se bundels Kortpad (Kaapstad, 1951) en Kernbeeld van die Afrikaanse kortverhaal (Kaapstad, 1959), terwyl Elize Botha 'n keuse uit die Afrikaanse essayiste (Kaapstad, 1965) en A.P. Grové uit die Hoogtepunte in die Afrikaanse verhaalkuns (Kaapstad, 1972) maak; hierby 'n Blokboek van Elize Botha en N.J. Snyman (Pretoria/Kaapstad, 1979). Abraham H. de Vries is die samesteller van Kort keur (Kaapstad/Pretoria, 1977); hieroor 'n Blokboek van Henning Snyman (Pretoria/Kaapstad, 1979) en Die Afrikaanse kortverhaalboek (Kaapstad/Pretoria, 1978; hierby De Vries se Kortom, Kaapstad, 1983).
|
|