D.J. Opperman
(1986)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 398]
| |
Hoofstuk 11
| |
[pagina 399]
| |
werking op die lewer gehad en die toediening daarvan is onmiddellik gestaak. Die ondersoek het aangetoon dat hy nie alleen aan geelsug in die ergste graad ly nie, maar aan akute lewerversaking en dat sy bloeddruk hoër as normaal was. Vir die lewerversaking is hy behandel met 'n lae proteïne-dieet en die toediening van vitamines. Omdat die swelsel van die maag nie so geredelik verklaar kon word nie, het die dokters besluit om te opereer sodat hulle kon vasstel wat aan die gang was. Sy toestand was egter só ernstig dat hulle na 'n samespreking in die teater van gedagte verander en die operasie afgestel het. Indien dit lewerkanker was - en die moontlikheid kon nie uitgesluit word nie - sou 'n operasie in elk geval geen doel gedien het nie. By die Universiteit van Stellenbosch het Opperman se kollegas met skok van die verslegting in sy toestand kennis geneem en besef dat hy nie die eerste kwartaal sou kon doseer nie, indien hy hoegenaamd ooit weer sou terugkeer. Bertie du Plessis is tot die einde van die eerste kwartaal aangestel as sy plaasvervanger en die lede van die Departement het vir hom op aanbeveling van Marié 'n wekker present gegee, omdat hy moeite ondervind het om die syfers op sy polshorlosie te lees. Binne die eerste tien dae het sy toestand nog verder versleg. Hy het beheer oor sy funksies verloor en in 'n koma weggesink, 'n ontwikkeling wat regstreeks met die lewerversaking saamgehang het. As gevolg van infeksie wat deur die dreinasiebuis van die kateter veroorsaak is, het hy ook ernstige blaasontsteking ontwikkel. Van oor die hele land het skrywers en letterkundiges die verloop van die siekte gevolg en die algemene verwagting was dat hy sou sterf. Mollie Geldenhuys, vrou van Rudo, met wie hy jare lank op Franskraal bevriend was en by wie se huis hy sy laaste drankie voor sy vertrek na Stellenbosch gedrink het, was só oortuig dat hy nie weer sou opstaan nie dat sy vir haar 'n swart rok vir die begrafnis gaan koop het. Van Victoria-Wes het Mien Barnard, weduwee van Henry Barnard van Schietfontein, gekom om haar suster by te staan en uit Transvaal het Trienke en Heila gereis om hulle vader te besoek. In Kiepersol het die telefoon onophoudelik gelui en die briewe ingestroom. Ten spyte van die spanninge sedert die viering van Opperman se sestigste verjaardag skryf Piet Cillié aan Marié: ‘Net om jou en die kinders te laat weet dat ons aan julle dink in hierdie swaar dae. Hy is tog ons almal se Grootman.’ Teen die algemene verwagting van vriende en die somber diagnose van die geneeshere in het Marié Opperman egter bly glo dat haar man gaan herstel. Elke dag het sy van Stellenbosch oorgery na die Tygerberg-Hospitaal om hom te versorg. Ná die eerste koma, waarvan hy weer in 'n mate herstel het, was hy oor die algemeen gedisoriënteerd en verward en het hy dit moeilik gevind om te praat. Marié het gehelp met die voeding, hom behandel teen die vyf bedsere wat hy intussen ontwikkel het en hom bemoedig as hy die dag helder genoeg was. Telkens het hy egter weer in komas of stupors verval. Vyf keer het die geneeshere gedink hy gaan sterf en vir Marié gesê dat hy nie die volgende oggend sou haal nie. | |
[pagina 400]
| |
Teen die middel van Maart 1976 was daar 'n effense verbetering in Opperman se biochemiese toestand, maar sy bewussynsvlak het nog nie na wense gevorder nie. Die hele tyd was prof. Brink baie negatief oor sy pasiënt en het hy by herhaling aan Marié gesê sy moet nie verwag hy gaan lewe nie. Marié het intussen in die Encyclopaedia Britannica en mediese handleidings oor die werking van die lewer en lewersiektes gelees. Sy het gemeen dat haar man te veel proteïne inkry en dat die geneeshere moes sorg vir gereelde maagwerkings om sy lewer te suiwer. In 'n gesprek met Brink het sy dié dinge genoem en ook gevra dat hy meer vitamines moet voorskryf. As ervare medikus met 'n hoë status was Brink gesteur oor wat hy as Marié Opperman se inmenging beskou het. Hy het haar gevra of sy nou vir hom wil leer hoe om sy werk te doen en haar beskuldig dat sy as vrou haar plig versuim het deur nie twintig jaar tevore iets daadwerkliks aan haar man se drankgebruik te doen nie.Ga naar eind1 Marié se verweer was: ‘Professor Brink, so min as wat ek u vak ken, so min weet u van my man en sy vak en watter sensitiewe soort mens hy is.’ Omdat sy gevoel het dat sy nie met die behandeling tevrede was nie, het sy prof. S.J. Saunders, internasionaal erkende lewerdeskundige van die Groote Schuur-Hospitaal en die Universiteit van Kaapstad se mediese skool, vir 'n tweede mediese opinie ingeroep. Saunders se diagnose was egter grootliks dieselfde as dié van Brink. In sy ervaring was Opperman een van die heel ergste gevalle van lewerversaking wat hy ooit beleef het en daar was, wat hom betref, nie die geringste kans dat 'n pasiënt in so 'n verswakte toestand die siekte sou oorleef nie. In dié stadium het Marié Opperman gevoel dat dit beter sou wees as haar man in die Stellenbosse Hospitaal verpleeg kon word, onder toesig van hulle huisarts, dr. Krüger, en met kontrole deur Saunders. Sy het derhalwe vir Brink om 'n oorplasing gevra. Brink se reaksie was: ‘Mevrou Opperman, as u dink dat u en u dokters hom gesond kan maak, vat hom dan weg en kyk wat julle kan doen. Maar ék sê hy sal sterf.’Ga naar eind2 Op Vrydag, 22 Maart 1976, is Opperman in die Stellenbosse Hospitaal opgeneem. Vir die meeste kollegas, vriende en kennisse was hierdie oorplasing 'n aanduiding dat hy na 'n kleiner hospitaal geneem word waar sy vrou en kinders binne bereikbaarder afstand van hom kon wees, maar dat daar geen hoop op herstel was nie en dat hy teruggekom het om te sterf. Schalk Pienaar is as jarelange vriend gevra om 'n doodsberig te skryf wat as hoofartikel vir Die Burger gebruik kon word, terwyl Ernst van Heerden op versoek van die SAUK 'n ‘lykrede’ vir die televisie en Meyer de Villiers vir die radio opgeneem het. Ook Merwe Scholtz het 'n stuk opgestel wat ná Opperman se dood gebruik kon word. Tog het Marié bly glo dat haar man sal leef. | |
[pagina 401]
| |
IIMet Opperman se oorplasing na Stellenbosch was dit duidelik dat hy ook vir die tweede kwartaal en die res van die jaar nie sou kon doseer nie. Aangesien Bertie du Plessis op die punt gestaan het om na Duitsland te vertrek waar hy sy studies sou voortsit, is Helize van Vuuren vanaf begin April 1976 tot die einde van die jaar as plaasvervanger aangestel. In die Stellenbosse Hospitaal het dr. Krüger onmiddellik begin om Opperman met massiewe dosisse vitamines in te spuit, hom middels teen die blaasinfeksie te gee, vir gereelde maagwerkings te sorg en om alles moontlik te doen om die liggaamlike ineenstorting teen te werk. Opperman se toestand was egter steeds wisselend. By tye het hy weer in komas of stupors weggeraak en is daar vir die ergste gevrees. By een geleentheid het hy 'n massale breinbloeding gehad en was daar tekens van 'n ligte verlamming aan die linkerkant van sy lyf, al het hy betreklik gou daarvan herstel. Hy was steeds gedisoriënteerd en het in 'n stadium die inbeelding gehad dat daar 'n komplot teen hom gesmee is en dat hy gevange gehou word. Ten spyte van sy swak liggaamlike toestand het hy probeer losruk en moes die verpleegsters hom met geweld na sy bed terugdwing. Reëlings is getref om hom vir behandeling na Stikland te neem, maar voor dit gedoen kon word, het hy weer in 'n koma weggesink. Telkens as Opperman in 'n koma was, het Krüger hom op aarvoeding met vitamines en soute gesit. Hy het gemerk dat sy pasiënt dan weer ‘opkom’, al was hy steeds verward en het hy aan geheueverlies gely. In 'n stadium het Krüger mismoedig begin raak omdat daar nie 'n daadwerklike deurbraak was nie en hy bevrees begin word het dat hy sy pasiënt aan die lewe hou vir 'n bestaan waarin sy brein nie normaal sou kon funksioneer nie. In 'n gesprek met Marié Opperman, wat steeds elke dag gekom het om haar man te voed, te verpleeg en moed in te praat, het hulle saam besluit dat hy dié procédé nog een keer sou volg. Indien daar dan nie 'n wending ten goede kom nie, sou dit gerade wees om die behandeling te staak. Met die volgende koma het Krüger hom weer op aarvoeding geplaas. Toe hy daarna by hom kom, merk hy dat Opperman helderder as voorheen was en dat hy 'n gesprek kon volg. Heel terloops sê Krüger vir hom dat daar 'n paar aande tevore 'n gedig van hom oor die radio voorgedra is. ‘Watter gedig?’ het Opperman gevra. ‘Ek kan nie die titel onthou nie, maar dit het gehandel oor die ewigheid en jy het daarin iets oor 'n Royalbakpoeierblik geskryf,’ was Krüger se antwoord. ‘O, net blik op blik op blik,’Ga naar eind3 het Opperman gesê, 'n antwoord waaruit Krüger kon aflei dat daar iets in sy pasiënt se brein begin gebeur, dat hy dinge kon verbind en dat daar iets van 'n deurbraak - hoe gering dan ook - aan die kom was. Hoewel hy nog baie swak was, het dit vir Krüger en Marié begin duidelik | |
[pagina 402]
| |
word dat Opperman tog aansterk. Hy het begin beter eet, by tye logies gepraat en kon selfs met hulp opstaan en in 'n stoel gaan sit. Ná die fase van opstandigheid en inbeeldings het Krüger en Marié gevoel dat Opperman nou geestelike ondersteuning nodig het en dat dit goed sal wees as van sy vriende kort besoekies by hom aflê. Marié het vir Duke Erlank, wat intussen terug was uit Nederland, gebel en gesê sy wil graag hê hy moet vir Opperman besoek, alhoewel haar man nog steeds ernstig siek was. Erlank is op 'n oggend om ongeveer elfuur na die hospitaal en by sy aankoms het hy een van die susters gevra waar Opperman lê. ‘U staan hier voor die kamer,’ het die suster geantwoord. Toe Erlank inkom, het Opperman onherkenbaar soos 'n ou verskrompelde vroutjie daar uitgesien. Opperman het egter dadelik gereageer: ‘Dis Duke Erlank se stem.’ Hy het sy oë gefikseer gehou op sy ou kollega. Vir Erlank was dit asof Opperman in sy agterkop wou lees: ‘Wat dink Duke Erlank, sal ek weer hier opstaan?’ Opperman het na hom gekyk en gesê: ‘As ek net weer ...’ en daarna die gebaar vir skryf gemaak. Erlank was diep geskok oor hoe Opperman daar uitsien en het nie een oomblik geglo dat sy vriend ooit weer daar sou opstaan nie. Een na die ander het vriende en kollegas - Meyer de Villiers, Johan Smuts, John Kannemeyer, Schalk Pienaar en Fred le Roux - Opperman in die hospitaal besoek. Schalk Pienaar, self in daardie stadium ernstig siek aan keelkanker, het sy ou vriend een kyk gegee en gesê: ‘Ou Dirk sal nie weer hier opstaan nie.’ Fred le Roux was vergesel van Uys Krige toe hy die eerste keer weer vir Opperman gesien het. Hy het in die kamer gestap, iets - so het hy dit later gestel - soos ‘'n kadawer’ sien lê en hom ‘uit (sy) vel geskrik’. Op versoek van Marié het hy egter gereeld in oop lesure vir Opperman gaan besoek en by tye gemerk dat daar met 'n soort geroggel in die keel 'n reaksie van hom kom. Intussen het Opperman se toestand weer versleg. Hy is met long- en blaasontsteking en in 'n diep koma na die Groote Schuur-Hospitaal verskuif waar daar vir die soveelste keer om sy lewe geveg is. Le Roux het in daardie stadium vir die wintervakansie na die Laeveld vertrek, vir Opperman gaan groet en nie verwag dat hy hom weer lewend sou sien nie. Terug op Stellenbosch het hy sy gereelde besoeke aan die Stellenbosse Hospitaal hervat waar Opperman intussen na 'n verbetering in sy toestand na die periode in Groote Schuur weer opgeneem is. Hy was heelwat helderder, kon partykeer enkele frases oor die literatuur sê en selfs met 'n aanhaling uit Yeats kom. Le Roux het besef dat sy ou vriend verstandelik wel aktief was en kon reageer; na die vergiftiging van die brein moes al die kanale net weer oopgestel word. In hierdie stadium het Krüger Stellenbosch tydelik vir 'n periode van agt maande verlaat en is die behandeling van Opperman deur een van die ander lede van sy praktyk onder die kontrole van Saunders oorgeneem. Opperman se toestand het gaandeweg verbeter, maar sy bewussynsvlak en spraak was nog steeds nie bevredigend nie en hy kon nog glad nie sonder hulp beweeg nie. Op | |
[pagina 403]
| |
11 Augustus 1976 het die huisarts egter ingestem dat hy huis toe kon gaan waar Marié met die hulp van Diederi en die bediende hom verder kon verpleeg. | |
IIIIn die vertroude milieu van sy eie huis en met die gedurige aanwesigheid van sy gesin het Opperman se toestand verder verbeter, al het hy steeds insinkings beleef. Van 9 September af kon hy bedags kort tydjies opstaan, enkele treetjies stap en weer gaan sit. Op die derde dag het hy 'n hele sirkel gestap, al hoe meer in die omgewing rondom hom begin belangstel en toenemend allerlei tekens begin toon dat hy die oorhand oor die siekte kry. Tog was hy nog baie swak. Marié en Diederi moes hom herhaaldelik van sy siekte en die hele verloop daarvan vertel. Baie dinge, veral dinge wat hy kort voor sy siekte beleef het, kon hy glad nie onthou nie. Gerrit Olivier, in 1975 sy assistent en een van die knapste studente in sy Honneursklas, kon hy nie plaas nie, terwyl hy in 'n gesprek met Koos Human onbewus was van die bestaan van Woord en wederwoord, die huldigingsbundel onder redaksie van Merwe Scholtz wat op sy sestigste verjaardag in 1974 aan hom oorhandig is. Aanvanklik kon hy glad nie skryf nie. Diederi moes hom leer hoe om 'n pen vas te hou, hoe hy moes skryf en hoe hy sy naam moes teken. Aanvanklik was dit 'n stadige proses, maar algaande het dit vinniger gegaan. Telkens moes Marié en Diederi hom aanpor en aanspoor, hom begeester en dinge herhaal. As hy byvoorbeeld 'n paar tree geloop het, moes hy dit na 'n uur of so hervat en later alleen doen om selfvertroue te wen. Wat die skryf betref, het Diederi begin met sy handtekening en daarna die letters afsonderlik geleer. Sy het selfs 'n telraam gebruik om hom opnuut in die rekenkunde in te lei! Met sy herstel het Opperman - na sewe maande in drie verskillende hospitale - die wêreld om hom feitlik soos 'n opnuut geborene in verwondering ervaar en van dag tot dag intens geleef. Elke oomblik was vir hom 'n vreugde en hy het dit as 'n gawe beskou om weer die aarde met nuwe oë te aanskou en opnuut geleenthede te kry. Om die son te sien opkom, was vir hom 'n wonder. Op 'n dag, terwyl hy buite in die tuin was, het Diederi gevra of hy nie 'n donkerbril wil opsit nie. ‘Nee,’ was sy antwoord, ‘ek wil elke ding noukeurig tot in die fynste besonderhede waarneem, want dit is vir my 'n vreugde om dit alles te sien.’ Een van die aandoenlikste oomblikke vir hom was toe die briewebesteller hom op 'n oggend kom groet terwyl hy in die tuin sit. ‘Ek is bly u is soveel beter dat u nou weer buite kan wees,’ het hy gesê. ‘Ek het in my voorbidding aan u gedink.’ Tog was die vraag of Opperman voldoende sou herstel om sy werk te hervat. Op sy verjaardag op 29 September het Die Burger 'n foto geplaas waarop hy nog baie swak en verouderd daar uitgesien het en wat vir baie van sy kennisse | |
[pagina 404]
| |
en oud-studente 'n skokkende ervaring was. Dieselfde aand is Joernaal van Jorik deur onder andere Cobus Rossouw, Babs Laker en Johan van Jaarsveld oor die radio gelees. Kort daarna was sy eerste openbare funksie om 'n direksieen bestuursvergadering van die firma Human & Rousseau in Kaapstad by te woon, al kon hy nie baie aktief daartoe bydra nie. 'n Paar dae later het Pierre Marais 'n kort televisie-onderhoud met hom gevoer. Hierdie onderhoud is gebeeldsend op 14 Oktober, dieselfde dag waarop hy voorgesit het by 'n direksievergadering van Standpunte. In die onderhoud het Opperman nog aarselend en met moeite gepraat, maar gesê dat een van sy grootste probleme ná sy siekte die verlore tyd was wat hy moes inhaal. Hy waardeer nog die geestigheid, maar baie dinge wat vroeër vir hom belangrik was, het nou relatief geword. Opperman se belangstelling in dinge rondom hom, sy toenemende herstel en sy eerste aarselende treë terug in die maatskappy was vir Marié die deurslaggewende bewys dat hy volkome sou genees en dat haar geloof in die donker maande van sy siekte nie tevergeefs was nie. Toe 'n administratiewe amptenaar van die Universiteit van Stellenbosch bel om te hoor of Opperman die volgende jaar sy lesings sal hervat, het sy dan ook nie 'n oomblik geaarsel nie en bevestigend geantwoord. Aan die begin van 1977 moes hy weer vir maagwerking in die Groote Schuur-Hospitaal behandel word, maar daarna het sy gesondheid steeds verbeter en het hy geleidelik sterker geword. Vir sy vriende en kollegas was hy sigbaar maerder met 'n ingevalle gesig, maar sy oë was helder en lewendig. Aan alkohol het hy nie weer sy mond gesit nie. Dit was nie meer vir hom 'n probleem nie, want hy het van die verslawing losgekom en nou ander belangstellings en waardes gehad. Tydens sy ernstige siekte het sy kollegas die indruk gekry dat Opperman nie die einde van die jaar sou haal nie en het hulle besluit dat dit gepas sou wees as die Universiteit van Stellenbosch hom met die graad D. Litt. honoris causa vereer. Die versweë gedagte by almal was egter dat hy ten tyde van die gradeplegtigheid in Desember nie meer sou lewe nie en dat die graad postuum toegeken sou word. Op 8 November 1976 ontvang Opperman 'n brief van die registrateur waarin hy meegedeel word dat die Universiteit die graad op die gradeplegtigheid van 15 Desember aan hom sou verleen. Opperman was nog te swak om aan die akademiese prosessie deel te neem en het eers sy plek op die verhoog ingeneem kort voordat die graad aan hom toegeken sou word. By dié geleentheid het die rektor, prof. Jannie de Villiers, die motivering voorgelees wat deur W.E.G. Louw opgestel is. Na 'n oorsig oor sy lewe en akademiese prestasies het Louw gewys op die grondtrekke van Opperman se poësie: ‘'n sekere hoekigheid en konkreetheid waarin die sierlikheid van 'n vorige generasie plek gemaak het vir stoere saaklikheid’, iets waarmee hy 'n aksentverskuiwing in die Afrikaanse digkuns gebring het. Met sy drietal versdramas maak 'n mens ‘as 't ware in kort bestek die ontwikkeling van ons Westerse toneelkuns’ deur vanaf ‘die ewewigtig geboude klassieke treurspel...tot die eietydse | |
[pagina 405]
| |
kroniekspel’. In sy kritiese opstelle en studies word 'n mens getref deur ‘sy aandag vir die strukturering van die letterkundige kunswerk sowel as sy vermoë om verskynsels in 'n sintese te sien en saam te bind’. Louw het die motivering as volg afgesluit: Die invloed wat van Opperman op sy tydgenote en aankomende digters uitgegaan het en die vormende invloed van sy literatuurlesse op veral senior studente aan hierdie Universiteit het reeds daartoe gelei dat verskeie jonger digters en talle literatore hiervan oor die lengte en die breedte van ons land uitgegaan het. Opperman is digter, dramaturg, man van die wetenskap en pedagoog, maar ook intellektueel. Ná die Dertigers het hy die Afrikaanse poësie in 'n nuwe rigting gestuur. Hy is bowenal man van Afrika, want alles wat deur die jare deur sy gees gegaan het - of dit die geskiedenis van Griekeland of die lewe van 'n Middeleeuse kerkheilige was - alles, het hy uitgedruk met 'n woord wat beurtelings hard, koel en onversier, dan weer lig en speels was, maar altyd deur en deur Afrikaans. Opperman se werk dra onuitwisbaar die stempel van sy Afrikaanse gees. Ná die motivering voorgelees is, het Opperman na vore gekom en - soos hy dit later in die gedig ‘Seremonie van die naelstring’ in Komas uit 'n bamboesstok sou stel - ‘eersugtig uit die dood’ teruggestap om deur die Vise-Kanselier, dr. J.S. Gericke, gekap te word - ‘'n anomalie’, want hy was nou ‘'n dienende professor...met...('n) eregraad’! By die noenmaal ná die verrigtinge het Opperman, nog swak maar reeds weer vol guitigheid, teenoor die rektor sy spyt uitgespreek oor sy voorbarigheid om die eregraad self te kom haal. ‘Ag, toe maar,’ was prof. Jannie de Villiers se antwoord, ‘ek weet mos jy het dit nie opsetlik gedoen nie’! By dié geleentheid het Meyer de Villiers die heildronk op Opperman ingestel. Opperman het daarop met 'n kort voorbereide toespraakGa naar eind4 geantwoord: Meneer die Vise-Kanselier, Meneer die Rektor, Geagte Raadslede en Senaatslede, Dames en Here - | |
[pagina 406]
| |
veral by my. Heel moontlik had ons dan nog 'n digter in die departement. Terwyl Opperman ernstig siek was, het twee van sy laboriete gedigte oor hom geskryf. In ‘aan julle: vermeende dokters, psigiaters’ (later opgeneem in o.a. debora) ‘betig’ Rika Cilliers die artse wat Opperman finaal probeer ‘opsom’ terwyl hy hulle - soos die vos in sy ‘Vloervelletjie’ - om die bos gelei het. En in ‘D.J. Opperman’, 'n gedig wat op 15 Februarie 1976 ontstaan en later in Dagreis opgeneem word, skryf Lina Spies met allerlei toespelings op Opperman se poësie oor die ernstige siekte van haar leermeester. Hierdie twee verse is die eerste van vele wat jonger digters na sy herstel oor Opperman en sy siekte skryf. Maar ook op Franskraal, waarheen hy na afloop van die gradeplegtigheid op 15 Desember 1976 vertrek, sou hy uit 'n onverwagte oord 'n geestige gedig ontvang. As James Yeats hom besoek en merk hoe Opperman se glasie druiweof suurlemoensap daar uitsien, kan hy nie nalaat om goedig met sy ou vriend te spot nie: Aan my drinkebroer
Eers het hy 'n Engel uit die Klip kon kap,
En somtyds dou-voor-dag die hardehout getap.
Helaas, dat lewensdrif so sterk,
Verflou tot Eiendoms Beperk.
In Dirk se huis, op Dirk se Erf,
Staan Dirk se dop - met doily op!
|
|