heb. Wij bidden veel voor hem, en de Heer zal troosten. Hy alleen kan het doen.’
Aan sy seun Klaas het hy gereeld in Nederlands geskryf, maar aan Klaas se vrou en kinders steeds in Afrikaans. Net één sinnetjie uit 'n brief aan Hester: ‘Dankie vir jou brief. Om die waarheid te sê is ik bietje teleurgestel, dat julle nie met die vakansie na die Bôland toe kom nie, en ik sal dus nog maar 6 maande moet wag, als die Heer vir my spaar, om jou en die kinders te sien.’ (26.11.'15).
'n Brief aan sy kleinkinders van 26 September 1914 wil ek graag gedeeltelik hier afskryf: ‘Oupa was baje bly, dat jul my brief ontvang het en daarmee vereer is. Nou ja, dan moet jul maar weer vir my skrywe als jul tyd kan vind en nie al te baja besig is met tuinmaak en bioskoop vertoon..... Verlang jul ook alweer om hierheen te kom? Oupa en Ouma kan amper nie meer hou nie, so verlang ons al naar die dag, dat jul sal kom. Nou Wynandje weg is, is ons huis maar baje eensaam en stil, en Oupa lees en skrywe maar die heel dag, maar sy oge kan dit nie hou nie. En ouma woel van 's môrens 5 tot 's avons 10 uur, alsof sy verhuur is.... Seg baie kompelmente vir Pa en Ma. Wees soet en gehoorsaam.’
Op 7 Oktober 1908 skryf hy aan Klaas: ‘Ik kan u niet zeggen, hoezeer ik naar u allen verlang en ook om den kleinen man aan myn oude hart te drukken.’
Tot in sy gryse ouderdom het C.P. Hoogenhout die eksamenskrifte van die Taalbond nagesien, maar dit was 'n veeleisende werk. Toe hy in 1913 weer aangestel is as eksaminator vir die Hollands-Laer, skryf hy aan Klaas (4.3.'13): ‘Ik zal maar voorlopig ja zeggen, want wie weet wat gebeuren kan als die vreselike hitte eerst voorbij is. Over 'n week (D.V.) ben ik 70. Zulke oude mensen moest men maar laten en op non aktiviteit stellen, doch men meent het goed en die £67 verleden jaar verdiend, kwam mij, o, zo uitnemend te pas - ik was lang niet zo ruim bij kas.’