Kreatiewe analise van taalgebruik
(1955)–W.Gs. Hellinga, H. van der Merwe Scholtz– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 38]
| ||||||||
Hoofstuk II
| ||||||||
[pagina 39]
| ||||||||
wil ondersoek wat behoort tot kulture wat hom wesensvreemd isGa naar voetnoot1. Die stilistikus begin dus nie ‘by die begin’ nie, daar waar byvoorbeeld in die aanvang van hierdie eeu die ondersoek na die Hetitiese tekste moes begin nie. Hy hoef nie te begin deur op die wyse van die wetenskap te probeer vasstel of die figurae op die bladsy signa, dat die signa op bepaalde en dikwels tradisioneel gekondisioneerde wyses simboliese vorme konstitueer nieGa naar voetnoot2. Hy gaan daarvan uit dat hy die gegewe geval van taalgebruik kan verstaan, kan lees noudat 'n boek ooplê. En hy kan dit doen omdat hy in prinsipe beskik oor 'n adekwate kennis van die kultuur waarbinne die gekose objek in genetiese opsig gegee is. Waarmee nie beweer word dat hy hierdie ideale kennis op eie houtjie verwerf nie. Inteendeel. Hy ontleen hierdie waardes, wanneer hy hulle nodig kry, aan ander wetenskapsgebiede. Wanneer daar dan ook oor dergelike punte 'n diskussie geopen word, verwys die stilistikus die opposisie na 'n spesialis. Bowendien gaan die stilistikus by sy ondersoek van taalgebruik daarvan uit dat hy beskik oor 'n ideale kennis van die taalsisteem wat in gebruik geneem word. Hy weet m.a.w. in prinsipe wat die taalvorme kán doen en moet nou vasstel wat die taalvorme in die gegewe gebruiksgeval in feite doen. Hierdie sisteemkennis reken hy tot sy wetenskapsgebied. Wanneer 'n diskussie oor suiwer linguistiese aangeleenthede geopen word, aanvaar hy self die verantwoordelikheidGa naar voetnoot3. | ||||||||
2.Om te hervat. 'n Boek lê oop. Dit is die tweede druk van J.H. Leopold se Verzen (Rotterdam 1920). Daar staan op die linkerbladsy die gedig: | ||||||||
[pagina 40]
| ||||||||
Om mijn oud woonhuis peppels staan
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
een smalle laan
van natte blaren, het vallen komt.
Het regent, regent eender te hooren
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
en altijd door en
den treuren uit, de wind verstomt.
Het huis is hol en vol duisternis
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
gefluister is
boven op zolder, het dakgebint.
Er woont er een voorovergebogen
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
met leege oogen
en die zijn vrede en rust niet vindt
Ons begin te lees. Die lesende oog begin sy taak en in hierdie komplementêre eenheid van ontvangs en aanbod word die taalgebruiksituasie gekonstitueer. Ons, die lesers, neem kennis van wat in hierdie teks deur middel van taalvorme aangebied word. In die geheel van die dan gekonstitueerde handelingsituasie is hierdie moment van kennisneming 'n psigologies gekondisioneerde feit. Daarvan moet prinsipieel onderskei word: wát die taalvorme in taalgebruik doen op die wyse van die taal. Ons het hierdie onderskeiding in die eerste hoofstuk reeds konsekwent eerbiedig by ons voorlopige en ‘diensbare’ analises. Dit is vir die stilistiek op linguistiese grondslag so 'n belangrike prinsipieel-metodologiese moment dat ons die lesende oog weereens in die rede gaan val met 'n kort teoretiese uiteensetting oor die implikasies van ons deurgaans kursief-gehanteerde kwalifikasie: ‘op die wyse van die taal’. | ||||||||
[pagina 41]
| ||||||||
Wanneer 'n bioloog wil weet hoe 'n bepaalde lewende organisme funksioneer, wanneer 'n psigoloog die mens wil leer ken in sy gedrag onder bepaalde omstandighede, dan sal albei ondersoekers in waarneming gerig wees op hulle onderskeie objekte. Hulle sal die gebeure in beskouing moet leer ken. Dit is ewe vanselfsprekend dat die beskoulikheid van albei ondersoekers, altans in prinsipe, geen moment of aspek is van wat hulle waarneem nie. Ook as iemand homself as waarnemende persoon wil ondersoek en daarby introspektief te werk gaan, wanneer hy dus in waarneming gerig is op homself-as-waarnemer, dan is sy selfbeskoulikheid nie 'n moment of aspek van sy waarnemingsobjek nie. Eers wanneer die ondersoeker-aan-die-werk deur 'n derde persoon waargeneem word, is sy beskoulikheid geïntegreer in die waarnemingsveld van die derde. Ook as ons wil beskrywe wat taalvorme in taalgebruik doen, moet ons ons daartoe altyd in waarneming rig op 'n geval van taalgebruik. As waarnemer is ons altyd taalbeskoulik. Maar hierdie taalbeskoulikheid van ons is nooit 'n moment of aspek van ons waarnemingsobjek nie. Nou is taalgebruik 'n handelingsmoment in 'n handelingsituasie wat verloop van kennisgewing tot kennisneming. En elkeen wat van taalgebruik kennisneem, is in die handelingsituasie opgeneem - of dit nou die bedoeling is of nie. Elkeen wat saamluister, ook al is dit na 'n gesprek van andere waarmee hy niks te make het nie, is opgeneem in die handelingsituasie. En ook hy wat 'n boek opneem en begin lees, is in kennisneming betrokke by 'n handelingsituasie wat op daardie oomblik gekonstitueer word in die hernude aanvang van die kennisgewing deur een of ander outeur. Op hierdie wyse is ook hy wat hom in waarneming rig op taalgebruik, opgeneem in die handelingsituasie waarvan daardie taalgebruik 'n moment uitmaak. Ter wille van 'n juiste waarneming, moet die linguïs daarom skerp onderskei tussen a) die gebruik van taal, d.i. die | ||||||||
[pagina 42]
| ||||||||
handelingsituasie as geheel, en b) die taalgebruik as handelingsmoment binne hierdie handelingsituasie. Maar by die gebruik van taal is diegene wat te kenne gee mede, maar dan as nie-linguale moment, in die taalgebruik te onderken. Dit is die taak van die linguis wat die taalgebruik bestudeer om ook hierdie moment daarvan in onderskeiding te skei. Anders gestel: by hierdie ondersoek is die verhouding van die kennisgewer tot die feitelike aanbod, wat hom deur die taalvorme voltrek, nie mede-objek van waarneming nie. Ewemin is ter sake die materiële aspekte van die taalvorme, of dit klankvorme of skrifvorme is, wat die sogenaamde personale moment van die kennisgewer uitmaakGa naar voetnoot1. Die linguis vra dus nie waarom iets deur iemand meegedeel word nie; hy raak nie onder die bekoring van 'n vrouestem wat hom miskien as man in die grootste verwarring sou kon bring nie; en indien hy as grapholoog sou kon vasstel dat iemand 'n belangrike mededeling met 'n onmiskenbaar leuenagtige hand geskryf het, dan sou hierdie feit, wat vir die handelingsituasie uiters belangrik is, tog in linguistiese opsig irrelevant weesGa naar voetnoot2. Nie enkel die kennisgewer nie, ook diegene wat kennis-neem is in die handelingsituasie opgeneem. Iedere kennisgewing eindig, deur die interpretasie van aanbod en bedoeling, in die begrip, die beaming, die illusie of die misverstand van die kennisneming. Die presiese reaksie sal afhang van die intelligensie en intensie van die kennisnemer. Maar vir die taalkundige wat taalgebruik waarneem, moet ook die oordeel van iedere kennisnemende subjek in onderskeiding van sy waarnemingsobjek geskei word. Vir die linguis is die sluitstuk van die taalgebruik die konfrontasie van die aangebode feitsake in hulle werklikheidstellende | ||||||||
[pagina 43]
| ||||||||
aspek met die ideale ervaringswerklikheid van die kultuur of kulture waarbinne die handelingsituasie hom bevindGa naar voetnoot1. Die linguis bestudeer hier dus uitsluitlik die funksie van taalvorme in taalgebruik op die wyse van die taal, d.w.s. a) in so verre hulle, in wat hulle doen, bepaal is deur 'n histories gegewe taalsisteem en deur die konvensie wat binne hierdie sisteem van krag is en b) soos hulle in die gestelde verband, d.w.s. kontekstueel, geïntegreer is. Hiérop rig die linguis hom in waarneming en hy beskryf dan die funksionering van taalvorme a) sonder om sy eie taalbeskoulikheid as moment of aspek in sy beskrywing te betrek en b) sonder om die verhouding van kennisgewer en kennisnemer tot die taalgebruik mede tot objek van waarneming te maak. | ||||||||
3.Die stilistiek op linguistiese grondslag wil dus die taalgebruik beskrywe, wil beskrywe wat gegee word op die wyse van die taal. En wat aangebied word in taalgebruik - ons het dit hierbo probeer uiteensit - word nie bepaal deur die psigologie van die leesproses nie, maar deur die struktuur van die taalsimbool: nooit kan twee taalsimbole tegelyk te kenne gegee word nie. Iedere taalaanbod, in die sin van ‘te kenne gee’, geskied agtereenvolgens in die tyd. Hierdeur word bepaal die prinsipe van die sig (op die wyse van die taal) vormende vorm. Hierdie prinsipe hou in dat die reeds gegewene telkens opnuut die volgende aanbod bepaal. Die essensiële struktuurreëls van die gegewe taalsisteem met sy gegewe konvensie besluit m.a.w. watter taalgebruiksmoontlikhede daar in strukturele opsig voor die deur lêGa naar voetnoot2. Egter met dien verstande | ||||||||
[pagina 44]
| ||||||||
dat met iedere aanbod 'n taalgebruikseenheid afgesluit kan word. En met hierdie aspek van die vorm wat homself vooruit projekteer, is komplementêr verbonde die aspek van die vorm wat homself terug-struktureer. Ná elke nuwe aanbod word die gegewe struktuur m.a.w. gereorganiseer. Om dit vir ons en vir die leser maklik te maak, sal ons die prinsipe van die sig-vormende vorm nie demonstreer met 'n struktuurtekening nie, maar wel met 'n illustrasie van moontlikhede soos dit binne essensieel en konvensioneel bepaalde reëls voor die hand lê. Ons kies as uitgangspunt die tweede taalvorm in die aangehaalde gedig van Leopold:
Om mijn: maar niet jouw appelboompjes...
zeven
zeer oude
en dorre
ja al te dorre.
As 'n mens hierdie klein demonstrasie nagaan, dan blyk dit dat die moontlikhede in essensieel-konvensionele opsig - soos trouens te verwagte was - beperk is. In feitelike opsig is 'n volgende aanbod onbepaalbaar. Die feit dat die taalgebruik bepaal word deur die essensieel-konvensionele moment, hou die moontlikheid van anormale taalgebruik in. In prinsipe kan vorme te kenne gegee word wat te kenne is binne 'n gegewe taalsisteem, maar wat afwyk van die konvensie wat binne daardie sisteem heersGa naar voetnoot1. Abnormale taalgebruik, d.w.s. taalgebruik wat buite die essensiële reëls van 'n bepaalde sisteem val, word egter deur die beperking van die essensieel-konvensionele moment uitgesluitGa naar voetnoot2, tensy natuurlik dergelike abnormale taalgebruik kontekstueel geïntegreer is (byvoorbeeld wanneer gekkepraat in die konteks ter sake is). Wat hierdie beperking in die taalgebruik beteken, en | ||||||||
[pagina 45]
| ||||||||
tewens: waarom by die analise die kennis van hierdie beperkende momente prinsipieel as geken veronderstel moet word, word duidelik wanneer ons nagaan watter struktuurgroeperings daar in matematiese opsig moontlik is in gegewe eenhede van I plus n woordeGa naar voetnoot1:
Hierdeur is die gedagte uitgesluit dat die analise van die sig-vormende vorm in die taalgebruik eers dan volledig kan wees wanneer alle matematiese struktuurgroepe vormlik geken en in hulle gebruiksmoontlikhede gepeil is. Net soos die handel-met-taal die struktuurbeperking van die taalgebruik veronderstel, so is ook in die waarneming van die taalgebruik die kennis van die struktuurbeperking gegee. Die implikasie hiervan is dat die waarnemer van die taalgebruik die aanbod-as-sodanig, dus as gegewenheid in die gebruiksituasie waarin hy self ook opgeneem is, ken. Dit in teenstelling tot die filoloog wat 'n Togaarse teks probeer vertaal, d.w.s. die aanbod wat gedoen word probeer verstaan. Daarom kan 'n mens ook sê dat die waarneming daaruit bestaan dat die taalkundige 'n gekende aanbod linguisties, op die wyse van die wetenskap en dus kontroleerbaar, probeer ken. Dit is natuurlik in prinsipe moontlik dat die stilistikus 'n bepaalde gebruiksgeval volledig op die wyse van die wetenskap wil ken. Of dit prakties moontlik is, is 'n ander kwessie. Dit is in ieder geval sy saak. So sal een taalkundige | ||||||||
[pagina 46]
| ||||||||
die klankgeskiedenis van Frans bestudeer met 'n volledigheidsdrang wat hom die een vet boekdeel na die ander laat publiseer, terwyl 'n ander met eweveel belangstelling 'n klein studie maak van die ontwikkeling van Latyn [u] in die Pikardies van die twaalfde eeu. Wat in 'n geval van taalgebruik waargeneem word, waarvan dus die voorwetenskaplike kennis omgeset sal word tot kennis-op-die-wyse-van-die-wetenskap, word bepaal deur die belangstelling, die gerigtheid van die taalwetenskaplike waarnemer. Hy self bepaal wat vir hom problematies is. Daarna sal in die wetenskaplike oordeel van ander bepaal word: nie slegs of die probleemstelling en die metode van ondersoek juis was nie, maar ook of die waarneming ver genoeg deurgevoer is om tot goed gefundeerde gevolgtrekkings te kan lei. | ||||||||
4.Die metodologies verantwoorde moontlikheid van die beperking maak dit vir ons noodsaaklik om ons standpunt teenoor die sitaat te bepaal. En aangesien die stilistiek in baie gevalle juis poësie sal ondersoek, word dit noodsaaklik om ook ons standpunt te bepaal teenoor die eise wat 'n objek as Gestalt aan die waarneming sou kon stel. Dit is hierbo opgemerk dat die wetenskaplike in prinsipe die volledigheid kan beoog, maar dat sy spesifieke belangstelling in die praktyk paal en perk aan sy ondersoek sal stel. Ons herhaal: hy kàn die volledigheid beoog. En met hierdie bewering herroep ons 'n vorige uitspraak van die stilistiek op linguistiese grondslag, naamlik: ‘Die stilistikus word gekonfronteer met 'n taalsituasie. Hy ondersoek die taalwaardes in hulle betrokkenheid op die bepaalde taalsituatie. Daarvoor moet hy die taalsituasie volledig analiseer, alle vormstrukturerende momente agterhaal....Ga naar voetnoot1 Selfs in Scholtz se analise van Die Towenares, waarin daar 'n goeie twee honderd bladsye nodig was om te verduidelik wat daar op die wyse van die taal gebeur in 'n gedig van elf | ||||||||
[pagina 47]
| ||||||||
verse, word ongetwyfeld eweveel diskussies geopen as wat daar diskussies afgesluit word. Die wins van dergelike monografieë bly egter steeds dat èn die fout èn die juiste insig daarin, altans in prinsipe, linguisties kontroleerbaar bly. Hierdeur word daar vir eventuele verdere gesprekke 'n vaste uitgangspunt en selfs rigting gegee. Ons beweer dus nou: die stilistikus stel vas, - en dit geskied uiteraard in gedurige struktuuroorleg met sy objek, - wat vir hom probleem gaan wees; hy gaan gevolglik noodsaaklikerwyse siteer en gaan dan nie meer ná wat die sitaat in 'n volledig-gekende taalgebruikseenheid doen nie; hy gaan eenvoudig ná wat 'n sitaat doen in 'n taalgebruikseenheid. In hierdie formulering lê ook al implisiet 'n kwalifikasie van die begrip sitaat soos dit deur ons hanteer word. Ons ondersoek naamlik die funksie van 'n sitaat (die sitaat kan verskillende probleemsoorte stel - vergelyk hoofstuk I) binne 'n bepaalde taalgebruikseenheid. Ons siteer m.a.w. nie uit 'n taalgebruikseenheid nie, ons siteer binne hom. Die problematiese aspek wat linguisties onder die loep geneem word, is geen element wat ons los optel en wat ons desnoods ook in 'n ander verband kan gaan beskou nie. Iemand wat byvoorbeeld 'n werk oor die versbou skryf, gaan op hierdie wyse te werk: hy siteer uit die poësie, haal die sitaat uit sy kontekstuele verband en gaan gebruik hom vir klassifikatoriese doeleindes. Ons sitaat is daarenteen steeds 'n moment van die taalgebruikseenheid, 'n onvervreemdbare onder-deel wat wesenlik afhanklik is van die eenheid waarin hy voorkom. Op grond hiervan durf ons ons stilistiese beskrywing aankondig as 'n kreatiewe analise. Om die geheel sinteties uit sy onderdele te probeer saamstel, deug nieGa naar voetnoot1. Die omgekeerde weg moet bewandel word: die onderdele moet binne die | ||||||||
[pagina 48]
| ||||||||
geantisipeerde geheel ‘geartikuleer’ word. Die kreatiewe ‘antisipasie’ en die analitiese ‘artikulasie’ van die sitaat binne die geantisipeerde geheel, is 'n bedryf wat die suiwerste aangedui kan word as kreatiewe analiseGa naar voetnoot1. Deur hierdie gedurige gerigtheid op 'n bepaalde geval van taalgebruik word ons standpunt wel die allermeeste onderskei van dié van ondersoekers wat die sogenaamde ‘allgemeine Stilistik’ beoefenGa naar voetnoot2. Die volgende uitlating van Wolfgang Kayser is daarom ook vir ons prinsipieel onhoudbaar: ‘Die stilistische Ausdeutung einer ganzen Sprache unterscheidet sich damit zunächst nur durch die Grösze des Beobachtungsmaterials von der stilistischen Deutung eines Werkes’Ga naar voetnoot3. En ons haal hierdie bewering hier aan nie omdat ons wil polemiseer nie, maar omdat dit een van die essensiële punte van verskil is wat vir ons onderskei van 'n benaderingswyse waarmee ons origens heelwat gemeen het. Vir die stilistiek op linguistiese grondslag is daar - ons herhaal - enkel bepaalde, spesifieke taalgebruikseenhede wat aan die kreatiewe analise onderwerp word. Die gegewe eenheid word eerbiedig en word nie oorskry in 'n poging tot vergelyking of klassifikasie nie. Dat die stilistikus die taalgebruikseenheid as sodanig eerbiedig, wil egter hoegenaamd nie sê dat alles in 'n dergelike eenheid nou teen wil en dank samehang moet vertoon nie. Die term gebruikseenheid kan maklik die indruk skep dat die gebruiksgeval vir die stilistikus by voorbaat 'n Gestalt, 'n geheel is waarin àlles struktureel saamhang of geïntegreer is. Hierdie opvatting word egter geensins deur die stilistikus gehuldig nie. Wat saam gegee word, hoort immers nie noodsaaklikerwyse struktureel saam nie. Dat 'n bepaalde gebruiksgeval 'n Gestalt, 'n geheel is, kan dus nooit vir ons | ||||||||
[pagina 49]
| ||||||||
uitgangspunt of voorskrif wees nie. Dit is hoogstens 'n konklusie, 'n naskrif wat ons op grond van ons analise kan aanbied. | ||||||||
5.In die vorige paragrawe het ons gaan praat oor enkele prinsipiële implikasies van die prinsipe van die sig-vormende vorm nog voordat ons oor die sig-vormende vorm self heeltemal uitgepraat was. Daarom, voordat ons die gedig van Leopold eindelik ongesteurd aan die woord laat, nog enkele opmerkings oor hierdie kernbeginsel. Daar moet gewaak word teen die opvatting dat die sigvormende vorm met sy strukturele heen-en-weer alleen in die ondersoek geken word, dat dit enkel vir die ondersoek van belang is. Dit is 'n struktuurfeit wat die aanbod wesenlik bepaal. Dit is slegs die projeksie-aspek van die sig-vormende vorm wat byvoorbeeld die ‘gravy’-geval moontlik gemaak het. En vir die gedig van Leopold sal nog blyk hoe die poëtiese wêreld sy besondere samestelling in hoë mate te danke het aan die verwikkelde spel van gegewe waardes wat deur die terugstrukturering gereorganiseer word sonder dat hulle hulle aanvanklike waarde heeltemal prysgee. Voordat ons egter die sig-vormende vorm voluit in die analise van Leopold se gedig gaan hanteer, wil ons die terug-strukturerende aspek daarvan aan 'n eenvoudige geval demonstreer, naamlik aan De twee nablijvers van NijhoffGa naar voetnoot1. In die eerste druk van Nieuwe Gedichten (Amsterdam 1934) staan hierdie gedig as volg afgedruk: - O eene boom in den achtertuin,
hoe kaal en leelijk is uw kruin,
ik vraag mij af of gij nog leeft,
zoo weinig schaduw als gij geeft.
| ||||||||
[pagina 50]
| ||||||||
- O eenzaam schrijvertje in het raam,
uw kinderen zijn heengegaan,
ik vraag mij af, als gij zoo schrijft,
of dat is wat u overblijft.
- - Hoor, hoor! De nachtegaal hervat
zijn lied in 't hartje van de stad.
Men heeft er woningen gebouwd
van nieuwen steen en blinkend hout.
Die streep waarmee die eerste versreël van die eerste strofe begin, is eers sinvol sodra die tweede strofe, wat met dieselfde tipografiese teken begin, so ver gevorder is dat die konteks te kenne gee dat daar 'n wending na 'n ander aangesprokene voltrek word. Of dit een en dieselfde stem is wat in die eerste en tweede strofe aan die woord is, dit word pas beslis ná die dubbele aanvangstreep van die derde strofe. Deur hierdie dubbele streep word die eerste en tweede strofe, wat hulle deur die verskillende aangesprokenes van mekaar onderskei, saam gegroepeer teenoor die derde strofe: die gepraat in die eerste twee strofes word hierdeur naamlik eksplisiet geskei van die gepraat in die derde strofe. Daardeur is dit nou uitgeslote dat dit dieselfde stem is wat in al drie die strofes praat. Dit dwing tot die gevolgtrekking dat daar in 1 en 2 'n dialoog aangebied word tussen die skrywertjie en die boom, naamlik 'n gesprek oor die sterflikheid. In die derde strofe gryp 'n derde stem daaroorheen na die tema van die hernuwing van die seisoene en die selfbestendiging van die mens. Dit is naamlik die stem van die gedig, of as mens wil: van die digter as poëtieke persoonlikheid. Hoe die beslissing oor die organisasie vanuit die derde strofe geskied, hoe daar nie slegs 'n nuwe wending aan die reeds gegewene kom nie maar hoe die mededeling in sy geheel daardeur gereïnterpreteer en definitief bepaal word, blyk nogeens duidelik wanneer 'n mens die variante van die | ||||||||
[pagina 51]
| ||||||||
tweede druk byhaal. Die gedig sien daar in die tweede druk (Amsterdam 1937) as volg uit: - O oude boom in de achtertuin,
hoe kaal en lelijk is je kruin,
ik vraag mij af of jij nog leeft,
zo weinig schaduw als je geeft.
- O eenzaam schrijvertje in het raam,
je kinderen zijn heengegaan,
ik vraag mij af, als jij zo schrijft,
of dat is wat je overblijft.
- Hoor toch! De nachtegaal hervat
zijn lied in 't hartje van de stad.
- Men heeft er woningen gebouwd
van nieuwe steen en blinkend hout.
Ons wil slegs een variant, 'n uiters veelseggende variant bespreek: die variasie van strepe in die derde strofe. Die hele gedig word gereorganiseer wanneer die verdubbeling van die streep aan die begin van die derde strofe opgehef word. Of eintlik moet ons dit anders sê aangesien die stilistiek nie vergelykend te werk gaan nie. In die sig-vormende vorm van die sogenaamde tweede redaksie word in die derde strofe, deur die herhaling van die enkele streep aan die begin daarvan, beslis dat daar geen sprake is van 'n verdeling of teenstelling van stemming nie. Daar is net een stem, dié van die gedig of digter (in poëtieke opsig). Ten slotte: die prinsipe van die sig-vormende vorm het niks te make met die wyse waarop die taal aan die ontvangende taalgebruiker gegee word nie. 'n Dergelike opvatting kan aanleiding gee tot skynprobleme wat op psigologiese of pseudo-taalwetenskaplike terrein lê. Laasgenoemde terrein word byvoorbeeld betree wanneer iemand die sig-vormende vorm sien as 'n soort woord-puzzle. Ons illustreer dit met 'n gekonstrueerde geval: Indien gegewe is: | ||||||||
[pagina 52]
| ||||||||
De voor.... dan sou die sig-vormende vorm onder meer verder kon gaan as ....is diep gesneden door de kouter of ook as ....het huis geplante boom begint aardig te groeien. In die eerste geval is die taalvorm voor dus 'n substantief, in die tweede geval 'n voorsetsel. 'n Mens sou nou kon redeneer dat die vorm voor kategoriaal nie bepaald is wanneer hy gegee word nie, dat dit eers gebeur deur die verdere verloop van die sig-vormende vorm. Hierdeur is egter 'n skynprobleem gestel. Daar word naamlik op die wyse van die taal geen vorm, i.c. klankvorme gegee nie, maar taalvorme wat as sodanig kategoriaal bepaal is. Alleen wat hierdie taalvorme, normaal of anormaal, in die konteks doen, word beslis in die sig-vormende vorm. | ||||||||
6.En nou eindelik en hierdie keer werklik die gedig van Leopold wat, ten spyte van die vrome voornemens waarmee die eerste hoofstuk uitgelui is, tog maar weer diensbaar gemaak is aan die uiteensetting van prinsipes. Ons beskou die sig-vormende vorm gegee tot aan die einde van die eerste versreël. Daarmee is dan, op die wyse van die poësie, 'n eenheid gegee. Immers: waar die einde van die prosareël suiwer 'n aangeleentheid vir die setter is, daar is die einde van die versreël deur die digter bepaal. En daarmee word die tipografiese ‘wit’. 'n funksionele gegewe met eenheidskonstituerende vermoë. Die presiese aard van hierdie eenheid sal uiteraard eers vasgestel kan word wanneer die besondere omstandighede in ag geneem word. Of daar byvoorbeeld, op grond van sintakties-strukturele aanwysings, geënjambeer moet word al dan nie; en, indien daar wel geënjambeer word, die funksie van die tipografiese wit-sonder-meer, d.w.s. sonder die steun van die konvensionele interpunksietekens. Ons sal | ||||||||
[pagina 53]
| ||||||||
hierdie probleme in die volgende paragrawe uitvoerig ter sprake bring. Om mijn oud woonhuis peppels staan Ons kan die moment van taalgebruik wat in hierdie eerste vers gegee word, beskou as 'n sin. Hierdie term word dan uitsluitlik gebruik vir 'n taalgebruikseenheid wat, òf in sigself, òf op grond van die sogenaamde konteks-sintaksis, gekenmerk word deur die komplementêr-verbonde grammatikale kategorieë Subjek en Verbum finitum. Byvoorbeeld: A - ‘Ik vlieg morgenochtend vroeg naar Kaapstad’; B - ‘Ik/Vf/ook!’Ga naar voetnoot1 Op die niveau van die geskrewe kultuurtaal is die selfstandig of kontekstueel gegewe sin die grondvorm van 'n taalgebruikseenheid wat in strukturele opsig in sigself voltooi is. As bykomstige voorwaarde geld egter nog bowendien dat daar geen semantiese of sintaktiese komplementêre verbindings in mag voorkom wat nie selfstandig of kontekstueel volledig gegee is nie, byvoorbeeld: a) volledig: ‘Ik heb dat vernomen’; b) onvolledig: ‘Ik heb vernomen’Ga naar voetnoot2 Om mijn oud woonhuis peppels staan is gevolglik in strukturele opsig voltooi. Maar hierdie voltooide moment van taalgebruik is anormaal in sy voltooidheid. Die sintaktiese vorm van hierdie sogenaamde mededelende hoofsin is immers in konflik met die konvensioneel bepaalde struktuurmodel vir die kultuurskryftaal, naamlik: A. Vf. S. Die gegewe taalvorm is dus mede-versaaklik en stel daarom ook die vraag of die anormale inversie kontekstueel (d.w.s. feitelik) geïntegreer is. | ||||||||
[pagina 54]
| ||||||||
Ten gevolge van die konflik met 'n konvensioneel bepaalde struktuurmodel word die vorm-moment peppels staan medeversaaklik. Peppels staan funksioneer nie slegs in die anormale struktuurmodel A.S. Vf.Ga naar voetnoot1 nie, maar bowendien ook as eenheid wat as S. Vf. onderken kan word - dus in 'n model wat sintakties normaal is. Nou het staan, in die konvensionele model ‘om mijn oud woonhuis staan peppels’ vrywel die waarde van koppelwerkwoord, soos die verbum finitum dit ook het in gevalle soos: ‘in de tuin groeit veel onkruid’, ‘op het strand liggen prachtige schelpen’. In die anormale model word die eiewaarde van die verbum staan egter geaktiveer en daarmee word die copula in feite 'n ‘selfstandige’ werkwoord. Die feitsaak wat nou aangebied word, is nie bloot dat daar peppels is nie. Daarmee sou 'n mededeling gedoen word wat sy sinvolheid uitsluitlik ontleen aan die woordveld ‘boom’, sodat die peppel-feit dan gegee sou word naas nie-beuk, nie-eik, nie-wilg ens. In ons model word, deur die mede-versaakliking van die taalvorm, twee feitsake as gelykwaardig aangebied: enersyds word daar gegee die peppels, andersyds word gegee die ‘er zijn’ van die subjek, sy eksistensie as sodanig. In plaas daarvan dat daar 'n kleurvolle, pittoreske gegewe aan ‘mijn oud woonhuis’ toegevoeg word, bied die mede-versaaklikte taalvorm die ongewone feitlikheid aan dat ‘om mijn oud woonhuis’, maar dan onbetrokke op huis en omgewing, peppels verrys as wesens wat op hulle eie manier eksisteer in die tyd. Ons sal moet nagaan watter antwoord die konteks verstrek op die aanwesigheid van hierdie eien-aardige peppels. Alvorens ons egter hierdie antwoord probeer verstrek, sal ons eers moet ingaan op die vraag in hoeverre daar na die gegewe versreël-einde sprake is van 'n enjambement. Die aard van die gegewe eenheid sal in hoë mate daarvan afhang. | ||||||||
[pagina 55]
| ||||||||
In die poësie het ons, soos ons reeds in die eerste hoofstuk uiteengesit het, met 'n heel besondere taalgebruiksgeval te doen. Die vorm (of konteks) ontstaan nie alleen volgens die prinsipe van die sig-vormende vorm nie; die gedig is by voorbaat as 'n reeds te kenne gegewe gevormde vorm aanwesig. Hierdie dubbele aspek van die gedig berus op die versvorm-konstituerende momente, op die (in linguistiese opsig) leë vorm soos dit as keuse-beperkende prinsipe onder meer in die metriese substraat en rympatroon gegee wordGa naar voetnoot1. Omdat versreël en strofe vormeenhede is wat aan die taalaanbod as 't ware ‘voorafgaan’, omdat 'n mens 'n rymwoord byvoorbeeld (en by wyse van spreke) nie in die rede kan val voordat die laaste klankeggo opgeroep is nie, daarom word die taalaanbod in die poësie nie enkel geken onder die aspek van die sig-vormende vorm nie, maar ook as gevormde vorm. Sodat ons hier met Eliot kan sê: ‘in my end is my beginning’. Vir die analise, vir die kreatiewe peiling van die struktuur en die feitelike konstellasie, het hierdie dubbele aspek vèrstrekkende konsekwensies. Ons volg die sig-vormende vorm nou verby die eerste vers, nie om die konteks te leer ken nie, maar om binne die reeds gegewe konteks die waarde van die taalvorm ‘peppels staan’ vas te stel. En voor ons die einde van die eerste vers kan verbysteek, moet ons noodsaaklikerwyse nagaan wat hierdie versreël-einde as eenheidskonstituerende moment presies impliseer. Ons het reeds gesê dat daar, met die einde van die eerste vers, op die wyse van die poësie 'n eenheid gegee word. Die einde van 'n versreël het naamlik, of daar geënjambeer word of nie, 'n markeringsfunksie. Die funksie van die versreëleinde is dus een van die funksies van die interpunksie, en ons sal hierdie funksie enkel ken vasstel as ons hierdie poëtiese interpunksievorm sy funksionele plek in die interpunksie-sisteem van die hedendaagse Nederlands gee. 'n Punt (en wat ons in die volgende paragrawe van die punt sê, geld ook van die vraagteken en die uitroepteken) | ||||||||
[pagina 56]
| ||||||||
markeer in ‘het Nederlands van nu’ die absolute einde van 'n taalgebruiksmoment. Dit sluit natuurlik glad nie uit dat hierdie absolute einde ook op 'n ander wyse gemarkeer kan word nie. Die vraag is egter of daar, binne een en dieselfde konteks, naas die punt ook ander middels gebruik kan word om die absolute einde van 'n taalgebruiksmoment te markeer, byvoorbeeld die wit wat volg op die versreël-einde. 'n Komma verbind in onderskeiding. Anders gestel: dit stel onderskeiding in verband. Maar die sisteem is hier hibridies. Dit berus deels op logies-sinktaktiese oorwegings, deels op ritmiese oorwegings. En bowendien word hierdie sisteem nie eers konsekwent toegepas nie. Gevolglik kan 'n komma ontbreek waar hy in feite wel kan staan. Dit beteken dan dat 'n struktuurgegewe in 'n dergelike geval nie gemarkeer word nie. Die interpunksie-sisteem bestaan dan uit: 1 'n punt vir 'n absolute einde; 2 (a) 'n komma vir onderskeiding in verband; 2 (b) geen komma en dus in gegewe gevalle ook wit waar daar in strukturele sin sprake moet of kan wees van onderskeiding in verband. Dat die bostaande vir die huidige geskrewe kultuurtaal geld, wil nog nie sê dat dit noodsaaklikerwyse ook vir die geskrewe taalgebruik van J.H. Leopold geld nie. Net soos ons die interpunksie van 'n bepaalde gebruiksgeval eers moet beskou binne die sisteem wat binne die betrokke taalkultuur geldig is, so moet ons ook die interpunksie van ‘Om mijn oud woonhuis peppels staan’ probeer onderken binne die sisteem van Leopold. Dit kan ons doen deur die interpunksie van hierdie gedig te vergelyk met die interpunksie-vorme en -funksies in Verzen IGa naar voetnoot1. In Leopold se interpunksie-sisteem markeer die kombinasie hoofletter .... punt tussen twee reëls wit (of wel deur 'n reël wit afgesonder van 'n voorafgaande of van 'n volgende strofe | ||||||||
[pagina 57]
| ||||||||
of afdeling) die maksimale kontekstuele eenheid. Hierdie markering kan dan saamval met 'n taalgebruiksgeval as sodanig (byvoorbeeld die gedig ‘Wiegelend hoofd, zoet vrouwenhoofd’ waar die einde van die gedig saamval met die eerste punt); òf dit kan die maksimaal onderskeie eenheid binne 'n bepaalde konteks wees: dergelike eenhede wat deur 'n reël wit onderskei word, kom byvoorbeeld voor in ‘De bedgordijnen hangen zoo ijl // en angstig af’, (eerste stuk van Verzen 1895) wat eindig met die versreël te wezen in de nieuwe tijden. Binne hierdie maksimale kontekstuele eenheid, wat altyd begin met 'n hoofletter, kan ons dan nog bowendien tenminste vier sub-eenhede onderskei aangegee deur respektiewelik:
a) Punt, gevolg deur 'n nuwe alinea sonder 'n reël wit, byvoorbeeld:
waardoor op eens het dwingend groote
verschijnt.
En deze is gebogen
b) Punt, gevolg deur 'n hoofletter, byvoorbeeld:
gegeven, ons, van wie geweken
elk verder wenschen. O gij mijn gedweeë
lief, veilig mij gegeven bruid,
c) Kommapunt, byvoorbeeld:
een dolende, waar paden wijken
achter de heuvels en een verschiet
een wijdverloren; men vindt het niet.
d) Komma, byvoorbeeld (die komma tussen brengen en ach):
In een wachten gij, douloureus
en ik kan niet brengen, ach hoe zouden
mijn reikende begeerensarmen
/ .... raken // mogen....
| ||||||||
[pagina 58]
| ||||||||
Die komma is dus in hierdie sisteem die swakste onderskeiding in die kontekstuele verband. Anders gestel: kontekstuele eenhede, wat in sintakties-strukturele opsig selfstandig is, kan deur 'n komma intensief op mekaar betrek word. Hierdie komma onderskei en verbind egter nie alleen sintaksies-gevormde kontekstuele eenhede nie, hulle help die sintaktiese eenhede self ook vorm. Naas die ‘kontekstuele komma’ is daar dus ook 'n ‘sintaktiese komma’. Die struktuur self beslis telkens waar die komma 'n sintaktiese en waar hy 'n kontekstuele funksie het.
Ná hierdie verkenning van die funksionele verhouding tussen Leopold se leestekens, kan ons nou ten slotte probeer vasstel watter funksie die wit-sonder-meer in Leopold se poësie verrig. Ons het gesien dat die komma, binne die kader van 'n sisteem waar die punt as eindmarkering funksioneer, tegelyk onderskei en verbind; dat die onderskeidingsfunksie van die komma binne die leestekensisteem van Leopold minimaal, sy komplementêre verbindingsfunksie maksimaal is. Deur die aanwesigheid van die wit-sonder-meer binne hierdie sisteem word die hele waardestelsel van die interpunksie egter lig maar veelseggend gewysig. In 'n sisteem waar sowel komma as wit-sonder-meer as markeringstekens dien, neem die onderskeidingsfunksie van die komma toe in funksionaliteit, is hierdie onderskeidingsfunksie m.a.w. sterker as binne 'n sisteem waar die komma die swakste onderskeidingsmiddel is. Deur die opposisie van komma teenoor wit-sonder-meer kry ons dus by Leopold die volgende funksionele belasting van die betrokke tekens: die komma op die verseinde (dus die komma-plus-wit) het altyd eksplisiet die funksie van onderskeiding; die wit op die verseinde (dus die kommasonder-meer) verbind altyd: soms verbind dit sintaktiese eenhede wat binne die sin onderskei word, soms die momente van dieselfde taalgebruikseenheid. Twee voorbeelde kan die gebruik van wit-sonder-meer en komma-plus-wit aandui | ||||||||
[pagina 59]
| ||||||||
- albei voorbeelde word weereens geneem uit Verzen 1895:
en ligt een meisje in doodsverschijnen
een kind in zijne onnoozelheid
en al het menschelijk afpijnen
is armer dan ....
waren wij niet een samen schreiend,
stamelend, verwonderd menschenpaar?
In 'n dergelike interpunksie-sisteem kan die versreëleinde, wat nie deur leestekens maar enkel deur wit-sonder-meer gemarkeer word, nie die absolute einde van 'n taalgebruikseenheid beteken nie. In 'n dergelike geval móét daar geënjambeer word. Dit beteken egter geensins dat die eenheid, wat deur die wit èn deur die sintakties-strukturele voltooidheid van die betrokke taalgebruiksmoment gegee word, daardeur opgehef en funksieloos word nie. Dit beteken enkel dat hierdie eenheid nou 'n sub-eenheid word binne 'n groter eenheid, dat hy in verband onderskei word en dat hy daarom uitsluitlik beoordeel moet word binne die kader van die totale eenheid waartoe hy behoort. Eers daarna, na hierdie onderlinge gesprek van eenheid en subeenheid gekontroleer is, kan nagegaan word wat die subeenheid in die totale konteks doen. Wanneer iemand dus vra wat die verhouding tussen die feitelike aanbod van verse 1 en 2 is, dan het hy 'n skynvraag gestel: die eenheid waarbinne hierdie eerste vers, op grond van die noodsaaklike enjambement, mede beoordeel moet word, is die volsin wat eindig met blaren (voor die komma) in vers 4. Maar voor ons sover is, moet eers nog vasgestel word wat daar in die tweede vers gesê word. Want ook hier is daar 'n sub-eenheid, word daar m.a.w. weer onderskei-in-verband.
In grammatikaal-sintaktiese opset is hierdie tweede vers ‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
| ||||||||
[pagina 60]
| ||||||||
Om mijn oud woonhuis peppels staan
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
een smalle laan
van natte blaren, het vallen komt.
Het regent, regent eender te hooren
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
en altijd door en
den treuren uit, de wind verstomt.
Het huis is hol en vol duisternis
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
gefluister is
boven op zolder, het dakgebint.
Er woont er een voorovergebogen
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
met leege oogen
en die zijn vrede en rust niet vindt.
| ||||||||
[pagina 61]
| ||||||||
nie anormaal nie maar veel eerder amorf. Die struktuur is verwant aan ‘Egidius, waar bestu bleven’ en aan die tipe: ‘Mijn kind, mijn kind, wie had dat ooit gedacht’. Nòg op grond van die vorm nòg vanuit die konteks kan egter vasgestel word wie as sogenaamde inwendige subjek van gebleven in die uitroep o waar gebleven beskou moet word. Mijn lief? Of die Ek wat in die eerste vers deur die besitlike voornaamwoord mijn te kenne gegee word? Hierdie onsekerheid oor die feitelike aanbod van die versreël word nog verhewig deur die afwesigheid van leestekens: die uitroep of versugting begin nie met 'n hoofletter nie, die vraende waar word nie deur 'n vraagteken of uitroepteken gevolg nie. Ons moet onvermydelik tot die gevolgtrekking kom dat hierdie vaagheid presies die wesenlike van die aanbod is. Dit is 'n wanhoopsgemompel wat dwaal tussen die geïmpliseerde ‘ik’ en sy ‘lief’ en wat, deur die herhaling in elke strofe, die hele gedig deurtrek. Dit word nie enkel as versreël in die verband van die strofe onderskei nie. Deur die struktuur, wat in linguistiese opsig totaal afwyk van die ander taalgebruiksmomente, is hierdie vers as hardnekkige eenloper, as eenheid in die hele gedig onderskei. En dan word hierdie eenheid van die mompelwoorde bowendien ook nog eksplisiet gegee deur die aanhalingstekens waartussen hulle afgehok word. En nou die vraag, 'n uiters lastige vraag: in watter verband staan hierdie vers nou, binne die eerste strofe, tot die taalgebruiksgeheel wat hom tussen die allereerste woord en die komma in die vierde vers ontvou? Dit is natuurlik moontlik dat ons hier met 'n tussensin te doen het. Maar die kenmerk van 'n tussensin is dat dit sowel sintakties-kompositories as kontekstueel 'n breuk is. En dit is hier geensins die geval nie. Inteendeel. Die tweede versreël gee selfs die grondtoon aan van die tema wat die hele gedig deurspeel. Daarom moet die vers inderdaad intensief betrek word op die voorafgaande en volgende verse, soos die interpunksie-sisteem van Leopold dan ook verg. Die reël is as 't ware 'n adverbiale bepaling by peppels staan: die | ||||||||
[pagina 62]
| ||||||||
Om mijn oud woonhuis peppels staan
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
een smalle laan
van natte blaren, het vallen komt.
Het regent, regent eender te hooren
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
en altijd door en
den treuren uit, de wind verstomt.
Het huis is hol en vol duisternis
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
gefluister is
boven op zolder, het dakgebint.
Er woont er een voorovergebogen
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
met leege oogen
en die zijn vrede en rust niet vindt.
| ||||||||
[pagina 63]
| ||||||||
peppels staan in hulle eie ‘er-zijn’ in die tyd op 'n onoplosbaar wanhopige wyse. Maar hulle staan daar egter ook nog op 'n ander wyse sodra ons die res van die primêre kontekseenheid tot aan die komma in die ondersoek gaan betrek. Dit gaan dus nou om die eenheid: peppels staan// .... een smalle laan // van natte blaren (komma). Die naaste verklaring vir wat hier struktureel aan die hand is, is dat staan hier op anormale wyse transitief gebruik word sodat een smalle laan // van natte blaren dan as objek gegee wordGa naar voetnoot1. Dergelike anormale variante het ons byvoorbeeld ook in: ‘(hij) kuste toorn op lippen van Bengalen’, en: ‘(toen) sprongen wij op en stoven lach’ (Herman van den Bergh). Die peppels is dus in hulle ‘er-zijn’ in die tyd so aanwesig dat hulle een smalle laan staan rondom die huis en hierdie ‘staanwyse’ wat tegelykertyd hulle bestaanswyse is, word dan nog nader gespesifiseer deur die toon wat aangebied word in die tweede versreël. En hiermee het ons ook die voorlopige antwoord van die konteks op die eien-aardig aangebode peppel-sake. Daar is egter nog etlike van die feitsake wat in hierdie eerste kontekstuele eenheid (dus tot aan die komma in vers 4) aangebied word wat sorgvuldig nagegaan moet word. Wat word naamlik aangebied met oud, met woonhuis en met laan? Die feitsake wat deur oud gespesifiseer word, kan verskillende kenmerke hê. Die woord oud is naamlik 'n homoniem en kan die volgende aandui: (a) Die feitsaak is, in verhouding tot ander feitsake wat tot dieselfde kategorie behoort, lank in die tyd aanwesig, byvoorbeeld: ‘Elk veulen wordt na twintig jaar een oud paard’; ‘in ons dorp staat een oud kerkje, dat vermoedelijk al in de twaalfde eeuw gebouwd is - zie maar eens wat een oude kloostermoppen er in de muur | ||||||||
[pagina 64]
| ||||||||
Om mijn oud woonhuis peppels staan
“mijn lief, mijn lief, o waar gebleven”
een smalle laan
van natte blaren, het vallen komt.
Het regent, regent eender te hooren
“mijn lief, mijn lief, o waar gebleven”
en altijd door en
den treuren uit, de wind verstomt.
Het huis is hol en vol duisternis
“mijn lief, mijn lief, o waar gebleven”
gefluister is
boven op zolder, het dakgebint.
Er woont er een voorovergebogen
“mijn lief, mijn lief, o waar gebleven”
met leege oogen
en die zijn vrede en rust niet vindt.
| ||||||||
[pagina 65]
| ||||||||
zitten!’Ga naar voetnoot1 (b) Oud bied die kenmerke aan wat die gevolg kan wees van die feit dat 'n verskynsel lank in die tyd aanwesig was, naamlik vervallen, versleten, vol gebreken, wrak ens. Byvoorbeeld: ‘Op zolder bij ons ligt een heleboel oude rommel; het wordt tijd dat de voddeman het komt weghalen’. (c) Oud beteken voormalig, byvoorbeeld: ‘ons oude huis was heel wat mooier dan deze flat; maar dat was dan ook een villa die pas vijf jaar geleden onder architectuur werd gebouwd’. In ons versreël is die laasgenoemde betekenis uitgeslote. Oud met die betekenis voormalig hoort tot die gemeensame omgangstaal. Dit is byvoorbeeld onmoontlik om op die niveau van gedissiplineerde (byvoorbeeld offisiële) taalgebruik te praat van ‘onze oude koningin’ wanneer 'n mens daarmee die voormalige koningin bedoel. In ‘mijn oud woonhuis’ kan van oud enkel die betekenis (a) - en dit impliseer dan tewens (b) - toegepas wees. Die konteks, spesiaal die derde strofe, bevestig dit dan ook. Die substantief woonhuis is in die eerste vers in 'n ongewone verband gebruik. Dit is veeleer 'n term uit 'n vaktaal, byvoorbeeld die taal van eiendomsagente. Daarin word dit dan geopponeer tot winkelhuis ens. So kan 'n mens die verkoop aankondig van 'n ‘garage met ruim woonhuis op het erf’. Dit impliseer dan dat die huis 'n selfstandige objek is, in teenstelling tot woning wat 'n onderdeel van 'n groter geheel kan wees: ‘garage te koop met ruime woning op de eerste verdieping’. En hierdie vry-staan van woonhuis word dan nog in die vers bowendien ook te kenne gegee deur die mededeling dat daar peppels om die huis staanGa naar voetnoot2. | ||||||||
[pagina 66]
| ||||||||
Om mijn oud woonhuis peppels staan
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
een smalle laan
van natte blaren, het vallen komt.
Het regent, regent eender te hooren
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
en altijd door en
den treuren uit, de wind verstomt.
Het huis is hol en vol duisternis
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
gefluister is
boven op zolder, het dakgebint.
Er woont er een voorovergebogen
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
met leege oogen
en die zijn vrede en rust niet vindt.
| ||||||||
[pagina 67]
| ||||||||
In woonhuis word derhalwe veral die moment van het wonen aangebied: die vierde strofe bevestig dit eksplisiet. As ons nou beweer dat die moment van het wonen in woonhuis geaktiveer word, dan bedoel ons geensins daarmee dat die digter weer die woord se etimologiese verlede getref het nieGa naar voetnoot1. Al wat hier gebeur, is dat die digter die woord, deur hom te gebruik in 'n ongewone omgewing, ‘splyt’ sodat die samestellende dele weer semanties geaktiveer word. Die wese van die feitsaak wonen word hierdeur onttrek aan die gewenning wat ontstaan in die alledaagse taalgebruik. Om hierdie huis, waarin daar gewoon word, wat iemand gemaak het tot sy vesting en waarin hy hom beveilig het teen wat ‘daarbuite’ is, staan dus die peppels. Maar hierdie peppels is nie op hierdie huis betrokke nie en hulle staan op 'n ontstellende wyse - hulle staan 'n dun muur. Want daar is geen enkele rede om aan te neem dat laan hier ‘pad’ of ‘weg’ met bome daarlangs sou aandui nie. Daar is niks in die konteks wat daarop wys nie en 'n dergelike saak sou in hierdie konteks dan ook hoegenaamd nie ter sake wees nie. Wel funksioneel sou daarenteen wees die toegepaste betekenis ‘bomenrij’ sonder meerGa naar voetnoot2. Dit blyk wanneer ons nou ten slotte nagaan wat daar in die eerste strofe gesê word. Nogmaals: die peppels staan daar op 'n eien-aardige wyse om die huis: hulle is op hierdie huis nie betrokke nie, hulle omring hierdie huis as wesens wat self-standig in die tyd bestaan. Intussen staan hulle wel 'n muur om die huis, sodat hulle die huis sodoende kan beskut en dit kan omring met die | ||||||||
[pagina 68]
| ||||||||
Om mijn oud woonhuis peppels staan
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
een smalle laan
van natte blaren, het vallen komt.
Het regent, regent eender te hooren
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
en altijd door en
den treuren uit, de wind verstomt.
Het huis is hol en vol duisternis
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
gefluister is
boven op zolder, het dakgebint.
Er woont er een voorovergebogen
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
met leege oogen
en die zijn vrede en rust niet vindt.
| ||||||||
[pagina 69]
| ||||||||
veilige intimiteit wat 'n afgeslote erf bied. Maar juis die besondere kwalifikasies van hierdie beskermende muur open die drama, die handeling wat hom in die gedig sal voltrek. Die laan is smal en is aangetas deur die weer en wind van 'n laat seisoen: het vallen komt word onmiddellik, deur die komma in Leopold se interpunksie-sisteem, op die smalle laan // van natte blaren betrek. Hierdie vallen tas die dun skutsel aan waarbinne die Ek wat daar woon, hom teruggetrek het van wat-daarbuite-is. Het vallen is egter nie alleen in betrekking tot die ‘smalle laan // van natte blaren’ gegee nie. Dit is het vallen. Die bepaalde lidwoord gee het vallen ook as sodanig. ‘Wir alle fallen. Diese Hand da fällt. Und sieh dir andre an: es ist in allen’ (Rilke). En dit is hierdie vallen, hierdie onvermydelike noodlot wat uit die Niks nader, waardeur die wêreld van hierdie gedig deurgaans beheers word. Uit die Niks. De ces espaces infinis (Pascal). Teen hierdie Niks staan die peppels, hulle roep dit op deur daar uitsluitlik en alleen te wees in hulle ‘er-zijn’ in die tyd - omhoogreikend na 'n oneindigheid, 'n onpeilbaar leegte wat nou, nou dat het vallen komt, nie meer af te weer is nie. In die tweede strofe is hierdie yl beskutting om die huis reeds deurbreek. Die eindelose reën, in die toon van die reddelose verlorenheid van die tweede versreël, skep in sy monotonie 'n stilte wat nie meer in 'n besef van weemoed en verlatenheid deur die menslike sentiment beheers kan word nie. Immers: den treuren uit. Den treuren uit word gegee in konflik met uit den treuren wat beteken ‘tot vervelens toe’. Dat hierdie konflik gegee word, blyk enkel al uit die handhawing van den in die anormale model: anders moes hier het gestaan het. Deur die ‘inversie’ kry ons nou 'n nuwe feitelike aanbod: uit tree uit die betekenisverdowende omarming van die cliché en bied nou as woord sy feitsaak aan, naamlik die ontstellende feit dat die menslike getreur agtergelaat word in hierdie onmenslike leegte, in le silence éternel de ces espaces infinis. | ||||||||
[pagina 70]
| ||||||||
Om mijn oud woonhuis peppels staan
‘smijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
een smalle laan
van natte blaren, het vallen komt.
Het regent, regent eender te hooren
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
en altijd door en
den treuren uit, de wind verstomt.
Het huis is hol en vol duisternis
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
gefluister is
boven op zolder, het dakgebint.
Er woont er een voorovergebogen
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
met leege oogen
en die zijn vrede en rust niet vindt.
| ||||||||
[pagina 71]
| ||||||||
En nou, waar die stem van die reën nie langer uit den treure ruis nie maar tot die ont-menselikte stilte den treuren uit verklink het, nou is dit nog enkel die ou woonhuis wat die Ek daarbinne geskeie hou van die ontstellende leegte rondom hom. Want binne die kontekstuele eenheid van hierdie tweede strofe, sintakties-struktureel onderskei maar deur die komma met die voorafgaande verbonde, bevestig de wind verstomt die absolute stilte deur die absolute leegte daarbuite aan te gee. In die derde strofe word nou ook die huis aangetas, val ook die laaste beskerming weg: die beveiliging wat het wonen aan die mens bied. Die leegte is nou in die huis self. Die huis is daar nog as huis, maar die huis is nou hol. En 'n huis wat hol is, laat hom wat daarbinne is, alleen. So 'n huis is 'n afsydige, vreemde, volstrek-saaklike gegewe. Bowendien is daar nou duisternis in die huis: die ondeurgrondelike, die vyandige waarin die gevaar nou ongesien naderby kan kom. En die gevaar kom. Want 'n onbepaalde, ondefinieerbare, anonieme gefluister is boven op zolder: het dakgebint gee op sy beurt pad as beskutting teen die oneindige Niks daarbuite. Die struktuur van die strofe, spesiaal dié van die primêre kontekstuele eenheid tot by die komma in die vierde vers, word beheers deur die twee verba finita èn deur die interpunksie-sisteem van Leopold. In strukturele opsig is daar twee mededelende hoofsinne: die eerste versreël èn wat dan daarop tot aan die komma volg. In die tweede hoofsin is die tweede vers 'n spesifikasie van gefluister (die ‘inhoud’ daarvan, sodat dit onoplosbare wanhoopsgefluister is). Maar deur die funksie van die wit van die versreëleinde is die eerste vers weereens intensief verbonde aan wat daarop volg, en dus deurtrek die holheid en die duisternis, met alles wat daardeur geïmpliseer word, die gefluister. Hierdie anormale sinsverbinding doen hom ook in die laaste strofe voor. Kontekstueel sou 'n mens hier kan interpreteer: ‘Er woont daar iemand die voorovergebogen zit met lege ogen en die....’ Maar dan word die tweede vers on- | ||||||||
[pagina 72]
| ||||||||
Om mijn oud woonhuis peppels staan
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
een smalle laan
van natte blaren, het vallen komt.
Het regent, regent eender te hooren
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
en altijd door en
den treuren uit, de wind verstomt.
Het huis is hol en vol duisternis
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
gefluister is
boven op zolder, het dakgebint.
Er woont er een voorovergebogen
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
met leege oogen
en die zijn vrede en rust niet vindt.
| ||||||||
[pagina 73]
| ||||||||
herroeplik tussensin. Daarom is die subjek hier òf ‘één voorovergebogen mijn lief, mijn lief....’, òf één in die sin van 'n individu wat nie nader aangedui word nie. In die eerste geval word die enjambement van 1 op 2 egter volkome dominant, en dit is in stryd met die feit dat die eerste versreël mede as eenheid gegee word. Daarom is alleen die tweede interpretasie moontlik. Dit impliseer dan dat wonen resultatief is: die één ongenoemde woon in daardie ontredderde huis op so'n wyse dat hy, ‘voorovergebogen’, alleen die wanhoopsgefluister kan mompel wat deur die tweede vers gesê word. En dit word sowel deur die konteks van die vierde strofe as deur die hele gedig bevestig. ‘Er woont er een....’ Die ‘ek’ en die huis word as onbepaald gegee. 'n Dubbele desintegrasieproses het hom in die gedig voltrek. Die proses waarby die ‘ek’ reddeloos in sy volslae en wanhopige alleenwees gestort word, is 'n desintegrasieproses wat hom reeds vanaf die eerste strofe in die amorfe tweede versreël aangekondig het. In die allereerste vers word, soos reeds opgemerk is, die ‘ek’ gegee deur die besitlike voornaamwoord mijn. Die ‘ek’ word in die tweede en derde strofe nie genoem nie, maar hy is daar tog implisiet in aanwesig omdat die situasie, soos dit deur die teks gekonstitueer word, dieselfde bly terwyl die ‘ek’ nie eksplisiet vervang of verwyder is nie. In die laaste strofe word die dramatis persona nou as onbepaald gegee. Ook nou gee die konteks ons geen rede om 'n persoonswisseling aan te neem nie, maar dit beteken dan dat die ‘ek’ in sy uiterste ontreddering gedepersonaliseer is. Hierdie desintegrasieproses van die ‘ek’ verloop parallel met dié van die huis. In strofe I is dit mijn oud woonhuis, in II nie genoem nie, in III het huis, in IV er. In die vierde strofe word dus èn die ruimte èn die persoon onbepaald gelaat sodat daar die hoogste graad van onbepaaldheid gegee word. Wanneer ons naamlik sê: ‘één van de candidaten zal worden benoemd’, dan bly alleen die | ||||||||
[pagina 74]
| ||||||||
Om mijn oud woonhuis peppels staan
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
een smalle laan
van natte blaren, het vallen komt.
Het regent, regent eender te hooren
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
en altijd door en
den treuren uit, de wind verstomt.
Het huis is hol en vol duisternis
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
gefluister is
boven op zolder, het dakgebint.
Er woont er een voorovergebogen
‘mijn lief, mijn lief, o waar gebleven’
met leege oogen
en die zijn vrede en rust niet vindt.
| ||||||||
[pagina 75]
| ||||||||
vraag oor: wie? Maar as daar, met 'n gebaar in 'n bepaalde rigting, gesê word: ‘Er woont er één die benoemd zal worden’, dan roep dit nie alleen die vraag op wie daar woon nie; deur die globale aanduiding in die ruimte suggereer dit ook nog die vraag: waar presies? Dit moes dan ook hierdie stadium bereik: die huis is, saam met die ‘ek’, stelselmatig aangetas en afgetakel totdat die huis in die derde strofe eksplisiet as falende beskerming gegee word. In die laaste strofe bereik het vallen dus ook die mens, die ‘ek’ van die gedig. Hy is nie langer beveilig nie en buig hom nou ook onder die ontstellende, onmiddellike aanwesigheid van die Leegte, die Niks. Maar ook hierdie wanhoopsgebaar, hierdie laaste poging tot selfbeveiliging, is vrugteloos. Want die Leegte het ook in sy oë oopgevlak en die Angs het onontwykbaar van hom besit geneem. Le silence éternel de ces espaces infinis m'effraie. |
|