Kreatiewe analise van taalgebruik
(1955)–W.Gs. Hellinga, H. van der Merwe Scholtz– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 76]
| |
Hoofstuk III
| |
[pagina 77]
| |
uit die weg. En tereg! Die norm is die suiwerste aanwesig daar waar hy die gereeldste verdwyn: in die gesproke omgangstaal. En as die linguis-grammatikus nou nie volkome op die hoogte is van die taak van die stilistikus nie, dan sal hy maklik die stilistikus sy voorkeur vir die buiten-gewone ‘literatuurtaal’ verwyt. Die stilistikus sal natuurlik die beswaar eers anders formuleer voordat hy daarop probeer antwoord. Hy stel nie belang in taal of 'n taalsoort nie, maar in spesifieke gevalle van taalgebruikGa naar voetnoot1. Hy mag dus enkel verwyt word dat hy die gebruiksgeval ‘gedig’ of ‘roman’ analiseer. Nou is dit egter waar dat baie gedigte gekenmerk word deur hoogs eienaardige taalgebruik wat sterk afwyk van die normale. Dit sou daarom ook uiters gevaarlik wees om die taalsisteem uit hierdie tipe gebruiksgevalle te probeer konstrueer. En die stilistikus is dit hiermee roerend eens. Hy beoog nie die taalsisteem nie. Die norme, die sistematiese prinsipes wat die taalgebruik bepaal, is vir die stilistikus immers nie gegee tensy hierdie norme self tot gebruik word nieGa naar voetnoot2. Hy is op die gebruiksgeval self gerig, en dit is vir hom daarom in prinsipe volkome om het ewe of hy te make het met 'n gebruiksgeval waar die norm byna deurentyd verdwyn of met 'n geval waar die norm sporadies of gereeld verskyn. Dit spreek daarentegen vanself dat van die linguisstilistikus verwag kan word dat hy op wetenskaplike (of voor-wetenskaplike) wyse kennis dra van wat op 'n gegewe tydstip in 'n gegewe taal konvensioneel-sistematies is. Die literatuurkundige sal die stilistikus-met-die-literêre- | |
[pagina 78]
| |
voorkeur om verskillende redes wantrou. Die belangrikste is wel dat die literator meestal nie ten volle of selfs maar gedeeltelik van die linguis se goeie (d.w.s. literêre) trou oortuig is nie. Hy is naamlik bang dat die linguis die literêre teks sal misbruik vir 'n suiwer taalkundige probleemstelling wat met die betrokke teks niks of weinig uit te staan het nie. Hierdie vrees het sy oorsprong in die feit dat die literator eintlik maar net een soort taalkundige probleemstelling ken: die grammatiese. En inderdaad. Die linguis-grammatikus wat af en toe as taalkundige na 'n literêre teks kyk, gebruik die literatuur hoofsaaklik as aanleiding tot ‘praatjies oor ons taal’. Waarteen origens niks ingebring kan word nie, ewemin as teen die psigoloog wat nou opsluit 'n gedig wil gebruik om 'n bepaalde digter psigologies te diagnoseer. Ook die stilistikus se probleemstelling is in prinsipe suiwer linguisties: hy gaan beskrywe wat op die wyse van die taal gegee word. Maar dit is hom nie om die taal te doen nie, maar om die spesifieke gebruiksgeval. Hy dien die teks, nie die taalsisteem nie. Laasgenoemde is vir hom alleen ter sake indien dit mede-versaaklik word en daardeur deel word van die problematiek van die kontekstuele integrasie. Die stilistikus dien dus die teks, die literêre teks, deur te beskrywe wat daarin gegee word op die wyse van die taal. Of die literatuurkundige iets aan hierdie beskrywing sal hê, sal eenvoudig afhang van die wetenskaplike opgawe wat hy hom as literatuurkundige gestel het. | |
2.‘Criticism’, het T.S. Eliot op 'n keer beweer, ‘must always profess an end in view, which, roughly speaking, appears to be the elucidation of works of art’. Die oënskynlike eensydigheid van hierdie kritiese program - daar word immers met geen enkele woord eksplisiet van die literêre waardebepaling gerep nie - is die gevolg van 'n instelling wat die afgelope veertig jaar steeds sterker aan albei kante van die Atlantiese Oseaan begin posvat het: 'n grondige respek vir ‘the words on the page’. | |
[pagina 79]
| |
In 1911 publiseer J.E. Spingarn in Amerika The New Criticism waarin hy aandag vra vir ‘the work and nothing but the work’. Volgens Spingarn praat die impressionistiese kritici eerder oor hulleself as oor die werk wat hulle moet beskou; die historiese kritici raak weer verseil in 'n speurtog na die omgewing, die tydvak, die ras; die psigologiese kritiek het die aandag van die kunswerk na die outeur verlê terwyl die suiwer estetiese kritiek weer maklik tot filosofie verloop het. In Amerika en Engeland het 'n aantal bekende literatuurkundiges weldra tot die oortuiging gekom dat dit enkel die taal, die woord is wat suiwer toegang tot die werk verskaf. Daarom die nadruk op ‘close reading’ wat die teks self weer tot sy reg laat kom. Hierdie sorgvuldige kontrole van die woord bly egter nie altyd suiwer deskriptief nie. Daar word ook veralgemeen. 'n Voorbeeld is die oortuiging van sekere geleerdes dat daar 'n spesiale ‘literatuurtaal’ bestaan. Vir I.A. Richards en William Empson word hierdie ‘poetic diction’ gekarakteriseer deur die attribuut ‘ambiguity’, vir Cleanth Brooks is die poësie ‘the language of paradox’Ga naar voetnoot1. In Rusland is dit die sogenaamde formaliste wat rondom die twintigerjare die werk met behulp van die woord wil benader. Vir 'n Roman Jakobson is die objek van die literatuurwetenskap nie die literatuur in sy totaliteit nie. Hy soek die ‘literaturnost’, die spesifiek-literêre waardeur die literatuur as sodanig gekonstitueer word. Die situs van die spesifiek-literêre moet nie in die psige van die outeur gesoek word nie, dit lê in die werk self. Die werk is naamlik 'n wêreld, 'n aparte wêreld. Hierdie ‘apartheid’ bereik die | |
[pagina 80]
| |
literatuur danksy 'n heel besondere ver-talingsproses wat in die literatuur toegepas word. Hoofsaak word dus nou ‘the poet's attitude towards language - for Jakobson the task of locating the differentia of imaginative literature became fundamentally a matter of delimiting 'poetic speech' from other modes of discourse’Ga naar voetnoot1. Die parallelle tussen die Russe en die bogenoemde Amerikaners en Engelse lê voor die hand. In Frankryk kom die woord-en-werk tot sy reg in die metode van die ‘explication de textes’. Vir die Duitse literatuurwetenskap getuig Emil Staiger: ‘Erst jetzt (d.w.s. die afgelope tien, vyftien jaar) wird erklärt, den Forscher gehe allein das Wort des Dichters an; er habe sich nur um das zu kümmern, was in der Sprache verwirklicht sei... Nur wer interpretiere, ohne nach rechts und nach links und besonders ohne hinter die Dichtung zu sehen, lasse ihr volle Gerechtigkeit widerfahren und wahre die Souveränität der deutschen Literaturwissenschaft’Ga naar voetnoot2. | |
3.Die wyse waarop ons die literatuurkundige landkaart kon vul met die werk-en-woordaanhangers, is eintlik al genoegsame aanduiding van die bruikbaarheid van 'n stilistiese dissipline wat hom besig hou met die beskrywing van taalwaardes in hulle betrokkenheid op een, enkele gebruiksgeval. En ook waar die literatuurkundige verder moet as die enkele werk, waar hy moet vergelyk en waardeer en klassifiseer, ook daar is die beskrywing van die enkele gebruiksgeval die aangewese uitgangspuntGa naar voetnoot3. Ons sal dit met enkele opmerkings probeer aantoon. | |
[pagina 81]
| |
Die literatuurwetenskap het hom die spreuk: ‘comparisons are odious’ nog nooit aangetrek nie. Vergelyking is die basis van hierdie wetenskap. Dit kan egter nooit in die plek kom van die beskrywing nie, moet selfs deur die beskrywing voorafgegaan word. 'n Mens kan pas vergelyk wanneer 'n mens weet wàt vergelyk moet word, wanneer die beskrywing van die betrokke objekte dus agter die rug is. 'n Beskrywing wat op vergelyking gebaseer is, is egter 'n haglike onderneming. 'n Vergelykende beskrywing word haas outomaties 'n verklaring: die een word verklaar met behulp van die ander. 'n Mens kan baie maklik een werk ooplees met behulp van gegewens uit 'n ander werk. 'n Beskrywing van struktuurverhoudings binne 'n bepaalde werk is dit dan egter nie meer nie. Die werk word aangevul van buite, word verklaar. Die verleidelikheid van die vergelyking neem toe daar waar 'n mens dit met variante van dieselfde gebruiksgeval te doen het. Ons moes byvoorbeeld dubbel op ons hoede wees toe ons die ‘stemme’ in die verskillende variante van Nijhoff se Twee Nablijvers wou vasstelGa naar voetnoot1. Hoe versigtig beskrywing en vergelyking metodies onderskei moet word, kan met behulp van 'n enkele voorbeeld verduidelik word. Een van die eerste en volgens die letterkundiges nog steeds een van die heel mooi gedigte in Afrikaans, is Eugène Marais se Winternag:
O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
| |
[pagina 82]
| |
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.
O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van 'n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk' grashalm se vou
blink 'n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!
Die vyfde vers van die gedig
so wyd as die Heer se genade,
is kontekstueel problematies. Teen hierdie vergelyking as sodanig is daar niks in te bring nie. Dit gaan in die Afrikaanse ervaringswerklikheid op: die Heer se genade is wyd en 'n mens sou die uitgestrektheid van 'n vlakte-landskap heel goed daarmee kon suggereer. Maar in hierdie konteks doen die vergelyking vreemd aan. Hoe strook hierdie verwysing na die Heer se genade immers met die troostelose verloop en afloop van die gedig? As ‘troosreël’ kan dit nie genoeg gewig in die skaal lê om die troosteloosheid in ewewig te hou nie en 'n mens moet onvermydelik besluit dat die versreël in hierdie bepaalde geheel 'n dissonant verteenwoordig. Waarmee hoegenaamd nog nie gesê is dat die reël nie geintegreer en dus op een of ander wyse funksioneel kan wees nie. 'n Dissonant kan funksioneel wees. En dit sou vir ons konteks byvoorbeeld die geval wees indien hierdie reël op die wyse van die ironie geïntegreer is. Blote ‘onvanpastheid’ maak natuurlik nog nie 'n uitlating ironies nie. Ook die dubbelsinnigheid van die ironie moet op ondubbelsinnige wyse gekonstitueer word. Daar moet daarom | |
[pagina 83]
| |
ook vir ons konteks meer struktuurgegewens aanwesig wees voordat ons kan besluit: ‘er staat niet wat er staat, er staat...’ En aanvullende gegewens ter stawing van die ironiese lesing word dan ook inderdaad verskaf, en wel deur die sintaktiese versaaklikingswyse wat hier toegepas word. Die voegwoord ‘en’ is, wanneer die sig-vormende vorm tot by ‘kaal’ gegee is, die skakelprosedure waardeur neweskikking in hierdie gebruiksgeval versaaklik word (‘koud... en skraal, blink... en kaal’). As daar nou ná ‘kaal’ 'n komma gegee word, dan word daar vooruitgeprojekteer na 'n bepaling. Dit word bevestig deur die skakelnosie in die volgende vers: ‘so ... as’. Daardeur word in vooruitsig gestel 'n (uiteraard ondergeskikte) vergelykende bepaling by ‘kaal’. En die bepaling sal gegee word ná 'n herhaling van die feitelike aanbod wat met ‘kaal’ gedoen word. En hierdie hervatting van die feitelike aanbod ‘kaal’ kan geskied op een van twee maniere: of deur 'n herhaling van ‘kaal’ (die model: ‘en mooi, so mooi as’); of deur 'n sinoniem van ‘kaal’ (die model: ‘en mooi, so pragtig as’). Die woord wat hier egter wèl staan, is ‘wyd’. Sodat die ‘wyd’-saak hier struktureel as sinoniem met ‘kaal’ aangebied word. Indien die woord ‘wyd’ semanties in staat is tot die sintaktiese verpligtings wat hom opgelê word, dan sou daarmee die genade van die Heer as ironies aangebied word. En dan sou die betrokke reël ook strook met die troostelose afloop van die gedig waarin die genade van die Heer kennelik nie ingegryp het nieGa naar voetnoot1. Maar ‘wyd’ is hiertoe nie in staat nie. Hy kan die saak ‘kaal’ nie noem nie. Die resultaat is dat die aanbieding problematies word. Dus iets totaal anders as by | |
[pagina 84]
| |
die mede-versaakliking van die taalvorm waar dit die aangebodene is wat as probleem gegee word. Hierdie lesing van die gedig is nie die konvensionele nie en daar sal ongetwyfeld oor die houdbaarheid daarvan gediskuteer kan word. En diegene wat daar nie mee saamstem nie, sal hulle stellig beroep op die ander beskikbare variante van Winternag: (a)
En blink in die doflig en kaal,
En zoo wyd als die Heer se genade,
Leg die velde in sterlig en skade,...
(b)
En blink in die doflig
en kaal -
zó wijd as die Heer se genade -
die velde in ster-lig en schade.
Van die onderskikking, van die vergelykende bepaling by ‘kaal’ is daar nie in een van hierdie twee variante sprake nie. In (a) word ‘En zoo wyd als die Heer se genade’ naas ‘En blink in die doflig en kaal’ 'n adverbiale bepaling by ‘leg’. In (b) word die omstrede versreël eksplisiet in sy ‘onvanpastheid’ gegee deur die parentetiese aanbieding met aandagstrepe. Die ironiese sintaktiese versaaklikingswyse is hier nie aanwesig nie. Indien hier van ironie sprake is, sal dit enkel uit die ‘onvanpastheid’ van genade in hierdie konteks afgelei moet word. Ons is dit hiermee ten volle akkoord, begin pas verskil wanneer die vergelyking toegelaat word om die beskrywing te affekteer. Wanneer die (a)- of (b)-lesings naamlik gebruik word om die ironiese versaaklikingswyse ‘weg te lees’ of te ontken. Dat dit die literêre waardebepaling van die betrokke versreël sal affekteer, is vanselfsprekend. Hierdie heen-en-weer lees tussen die tekste - want ook die variant is in die eerste plek 'n self-standige teks - is verleidelik en taamlik gewoon. Hierdie verleidelike gewoonte | |
[pagina 85]
| |
dank sy bestaan seker gedeeltelik daaraan dat daar nog steeds baie literatuurkundiges is wat hulle by voorkeur met 'n ‘oeuvre’ besig hou. Volgens hierdie literatore pak 'n mens 'n outeur nie aan voordat hy sy allerlaaste woord op papier gesit het nie. Eers ná die dood, so word dan geredeneer, is die werk as geheel gegee en is die literatuurkundige in staat tot 'n geheelbeeld. Teen die poging tot so 'n geheelbeeld is daar natuurlik niks in te bring nie. En dat daar by die opstelling van 'n dergelike geheelbeeld heen-en-weer gelees en vergelyk sal word, lê voor die hand. Maar daar moet tussen primêr- en sekondêr-gegewe gehele onderskei word. Wat in eerste instansie aangebied word, is die enkel-kunswerk. Dié moet eers in sy selfstandigheid geken word - en die stilistiek op linguistiese grondslag pretendeer nou juis hierdie kennis - voordat die same-lesing en vergelyking begin. Dit is dus slegs die vergelyking wat, bewus of onbewus, as beskrywing wil deurgaan waarteen gedurig gewaak moet word. Dit is hierdie dwaling wat toelaat dat die een gedig gebruik word om 'n ander gedig goed te praat. Dit mag nie. Die struktuurbreuk wat ons deskriptief vir ons teks vasgestel het, kan nie gelap word met behulp van gedeeltes uit die (a) of (b)-tekste nie. Waarmee ons glad nie beweer dat ons beskrywing juis móét wees nie. Maar die enigste repliek op hierdie beskrywing bly 'n nog suiwerder beskrywing. Die bruikbaarheid vir die literatuurwetenskap van 'n beskrywende dissipline wat uiteindelik gerig is op die kontrole van die kontekstuele integrasie, kan ten slotte aangetoon word deur baie kortliks te wys op die belang van die integrasie-kwessie vir 'n literatuurwetenskap wat vandag op verskillende maniere op soek is na die ‘Gestalt’, na die ‘design’ of ‘pattern’ in die kunswerk.
‘Classification as art’, beweer Wellek en Warren, ‘should be distinguished from evaluation’Ga naar voetnoot1. Inderdaad. Waar die | |
[pagina 86]
| |
literatuurkundige wil vasstel waar hy dit met literatuur te make het, daar help dit nie om al dadelik die estetiese waardering as waterwyser te gaan gebruik nie. Die uiterste konsekwensie hiervan sou dan wees dat die literatuur gaan bestaan uit fragmente van kleiner of groter omvang. Die fragmentariese aard sal afneem by werke wat ons as die literatuur-in-engere-sin sou kon bestempel: dramas, gedigte, romans. Die literatuur sal daarenteen ‘krimp’ in die tekste wat maar ‘toevallig’ mooi is, byvoorbeeld 'n filosofiese traktaat. Gevolglik sal daar, met die ‘skone’ as uitgangspunt, haas geen werk wees wat nie ten minste 'n onderdeeltjie aan die literator ter keuring kom voorlê nie. Vir die lokalisering van die literatuur-in-engere-sin gebruik Wellek en Warren as kriterium ‘fictionality’Ga naar voetnoot1. Die woord in die literatuur verwys nie na die ‘werklike’ wêreld nie, maar na die wêreld-in-die werk - 'n kamma-wêreld met sy eie tyd-ruimtelike grense wat deur 'n besondere integrasie-wyse tot stand kom. Wolfgang Kayser laat hom so ongeveer in dieselfde trant uit. Die ‘betekenisse’ in die literatuur slaan nie meer ‘auf reale Sachverhalte’ nie: ‘Die Sachverhalte haben vielmehr ein seltsam irreales, auf jeden Fall ein durchaus eigenes Sein, das von dem der Realität grundsätzlich unterschieden ist. Die Sachverhalte [...] ist nur als Gegenständlichkeit dieser dichterischen Sätze da. Und umgekehrt: die Sätze der Dichtung schaffen sich ihre eigene Gegenständlichkeit’Ga naar voetnoot2. Vir die literatuur-in-engere-sin is daar dus volgens Kayser twee kriteria: ‘Das besondere Vermögen solcher literarischen Sprache, eine Gegenständlichkeit eigener Art hervorzurufen, und der Gefügecharacter der Sprache, durch den alles in dem Werk Hervorgerufene zu einer Einheit wird’Ga naar voetnoot3. Dat die stilistiek op linguistiese grondslag vir die lokalisering van hierdie ‘woord’-wêreld uitermate ter sake is, be- | |
[pagina 87]
| |
hoef ná ons vorige hoofstukke geen betoog nie. Reeds in ons eerste hoofstuk is daar vir besondere gevalle van taalgebruik aangetoon - ons het uiteraard nie veralgemeen nie - dat daar ìn die konteks 'n kontrolebasis of integrasiespil geskep word vir die feitsake wat aangebied wordGa naar voetnoot1. En spesiaal vir die poësie wat deur rym en 'n sterk-gereguleerde ritme gekenmerk word, kon ons wys op die ‘gehegt-heid’ van hierdie wêreld waarin feitelike integrasie en klankvormintegrasie kan saamvalGa naar voetnoot2.
Ten slotte dan nog die baie belangrike vraag of die stilistiese analise ook 'n voor-waarde kan wees vir die literêre waardebepaling. Dit sal weereens daarvan afhang of die literatuurwetenskap waarde heg aan die kontekstuele integrasie van die werk-wat-wêreld-is. Dit is wèl die geval. Wellek en Warren betuig hulle instemming met die estetiese kriterium wat o.m. deur S.C. Pepper geformuleer is, naamlik ‘imaginative integration’ en ‘amount (and diversity) of material integrated’Ga naar voetnoot3. En Kayser beweer: ‘Was aber kennzeichnend für Dichtung und nun gerade stilschaffend ist, das ist neben der 'Ladung' der Wörter mit Gehalt das dauernde Walten der gleichen Perzeptionskategorien durch das Werk hin und ihr Zusammenklang zur Struktur, zum Gefüge’Ga naar voetnoot4. 'n Werk wat dan ook in hierdie sin ‘styl’ het, is vir Kayser 'n geslaagde werk.
Ons meen dat hierdie paar steekproewe genoeg is om aan te toon dat die stilistiek op linguistiese grondslag in meer as een opsig aan die literatuurkunde sy objek gee, naamlik 'n wetenskaplik-kontroleerbare beskrywing van wat daar in spesifieke taalgebruiksgevalle te kenne gegee is op die wyse van die taal. | |
[pagina 89]
| |
Die literatuurlys bevat nie alleen die gesiteerde of in teks of aantekeninge genoemde literatuur (met 'n * aangegee) nie. Ons voeg daar - bewus eklekties - 'n paar publikasies aan toe wat deur ons as onmisbaar of nuttig geag word in die veld van ondersoek wat ons in hierdie boek betree. Vir die inleiding tot die linguistiese denke bly die klassieke (posthume) werk van Ferdinand de Saussure nog steeds die onmisbare grondslag, ondanks die neiging by sommige jonger linguiste om veral die nadruk te lê op 'n paar verouderde momente wat uit die aard van die saak in die werk aan te wys is. In sekere sin geld dit ook vir die werk van Gardiner, wat 'n meer beskeie plek in die linguistiek inneem, maar van helder waarneming van taalgebruik getuig en reeds dáárom gelees behoort te word naas meer as een al te teoreties en aprioristies sistematiese ontwerp van die sogenaamde ‘suiwer linguistiek’. Ons is owerigens van oordeel dat die Nederlands- of Afrikaans-talige leser die problematiek van die ‘suiwer linguistiek’ die beste by Reichling kan benader. Die handboeke registreer die snel toenemende literatuur op die gebied van die stilistiek. Vir die duidelike bepaal van die posisie van die stilistiek op linguistiese grondslag is 'n keuse dan ook onvermydelik. Vir die verhouding tot die literatuurkundige stilistiek wys ons op enkele publikasies van Spitzer en Staiger, en veral ook op die gedagtewisseling tussen Staiger, Heidegger en Spitzer in Trivium. Nog belangriker ag ons 'n kennis van die Russiese Formalisme wat ons tydens die ondersoek en die skrywe van die boek slegs uit 'n paar korter publikasies van Erlich en Harkins geken het, maar wat nou in die onlangse werk van Erlich bestudeer kan word. Die problematiek van die tipologie is onmisbaar sodra 'n mens die terrein van die eie denkvorme en taalkultuur verlaat. 'n Eeu ná Von Humboldt het Cassirer hiervoor die groot gids geword. Ons noem daarnaas nog 'n paar studies, van Curtius, Maeder en Huisman, wat die noodsaaklikheid van so 'n oriëntasie duidelik kan aantoon. Ten behoewe van die wat veral in die Nederlandse literatuurgeskiedenis tuis is, word 'n paar studies van Hellinga daaraan toegevoeg. |
|