Kreatiewe analise van taalgebruik
(1955)–W.Gs. Hellinga, H. van der Merwe Scholtz– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 1]
| |
Hoofstuk I
| |
1.Die stilistikus met 'n suiwer linguistiese probleemstelling onderskei hom van stilistici met ander metodesGa naar voetnoot1 daardeur dat hy hom enkel bemoei met wat op die wyse van die taal gegee word. En as hy hom dan nougeset hou aan die taal wat aanvanklik vir elkeen van ons so vanselfsprekend en daarom onproblematies bly, dan kan hy tot die ontdekking kom dat die taal hom in die praktyk soos twee soorte ‘brandstof’ gedra: die taal-in-aksie is soms petroleum wat, ter wille van die feitelike vordering in myle, gedagteloos | |
[pagina 2]
| |
verbrand word; maar af en toe is hy jenewer wat ook om sy eie ontwil op die tong wil vertoef en nie bloot ter verwekking van die roes weggesluk en geoksideer wil word nie. Om die waarheid te kontroleer van die stelling wat ons hierbo voorlopig ver-beeld het, hoef ons ons maar net te rig op bepaalde gevalle van taalgebruik. In 'n gesprek bly die gespreksgenote gewoonlik nie in of aan hulle woorde hang nie. Daar word gehandel met simboliese vorme wat hulle funksie as tussengangersGa naar voetnoot1 pas dan vervul wanneer hulle self opgehef word, wanneer hulle dus plek maak vir die feitelikhede wat hulle, danksy die werklikheidstellende aspek van die taalgebruik, kan aanbied. Vanuit 'n linguistiese standpunt kan daar daarom ook nooit sprake wees van 'n woordewisseling nie. Wat wèl gebeur, is dat die gespreksgenote, deur middel van die tradisionele simboliese vorme, oor en weer feitelikhede aan mekaar aanbied. Daarom is taalgebruik in 'n taalsituasie soos die gesprek meestal letterlik 'n woordverspilling, sodat 'n mens hier eerder van taalverbruik sou kon praat. Dieselfde geld trouens vir visueel-aangebode taalvorme wat eweneens verbruik word en dus verdwyn. Hier moet die lesende oog die letters verbruik. Want die letters moet verdwyn voordat die visueel-aangebode woordvorm gekonstitueer word. Hoe die taal verbruik word ter wille van die aanbieding van feitelikhede, kan ons illustreer aan 'n gesprek waarin die feite-aanbieding versteur word deur twee faktore: 'n feitelike versperring en 'n vormafleiding. Twee vroue loop mekaar raak op straat, blosend van bose opwinding aangesien hulle hulle pas te buite gegaan het aan al die mooi dinge wat in die winkelvensters ten toon gestel wordGa naar voetnoot2. Mevrou A is vergesel van haar eggenoot, hierdie keer enkel in die hoedanigheid van pakesel; hy neem daarom | |
[pagina 3]
| |
ook nie deel aan die gesprek wat tussen die twee vrouens losbrand nie. Sy vrou, dus mevrou A, het nog meer gekoop as mevrou B en sy vertel nou aan haar effens afgunstige vriendin van 'n reuse-uitverkoping waar sy pas van alles en nog wat gekoop het: 'n matroospakkie vir klein Jannie en vir haarself ses paar van die nylons waarna sy al so lank so naarstiglik gesoek het. ‘En raai, Louise’, so vervolg sy triomfantelik, ‘toe ek my omdraai met die nylons nog koopvars in my hande, toe sien ek 'n pragstuk van 'n rebra wat ek onmiddellik vir die belaglike prys van vyftien sjielings gekoop het.’ As mevrou B nie so nuuskierig en so afgunstig was nie, sou sy op die woord ‘koopvars’ kon gereageer het. Maar sy móét eenvoudig weet wàt gesê word, wat m.a.w. as feitsaak (‘gekoopte rebra’) aangebied word. En nou reageer sy dus op een van twee maniere. Sy kan vra: ‘Wat sê jy daar?’ en sy kan ook vra: ‘Maar wat het jy tog in hemelsnaam gekoop?’ Die eerste antwoord sou hom kon voordoen indien Louise meen dat sy sebra gehoor het. En hoe sy ook al van die koopwoede van haar vriendin oortuig is, dit lyk vir haar tog ondenkbaar dat dié in 'n modewinkel 'n sebra sou kon gekoop het. Of dit moes 'n (uiters bonte!) bontmantel gewees het wat in ieder geval nie vir vyftien sjielings te koop sou gewees het nie. Die tweede antwoord ontval Louise indien sy nie op die hoogte is van alles wat daar in 'n modewinkel te koop is nie. Maar intussen staan sy in albei gevalle voor die probleem dat sy nie weet waaroor dit in feite handel nie. Hier is dus sprake van 'n feitelike versperring. En nou die swygende eggenoot. Hy praat selfs nou nog nie, maar indien hy die lus en die geleentheid sou gehad het om sy vrou te antwoord, dan sou hy wou gesê het: ‘hoe mooi kan jy tog die pynlike dinge verwoord!’ | |
[pagina 4]
| |
Meneer A sou daarmee nie gereageer het op die in-taalgestelde feit ‘rebra’ nie - hy was immers saam met sy vrou in die modewinkel en die feitelikheid van ‘rebra’ is hom maar al te pynlik bekend. Hy reageer naamlik op die vorm ‘koopvars’, waarmee nie gesê word dat die feitelikheid waarop hierdie vorm slaan, hom ontgaan het nieGa naar voetnoot1. 'n Psigoloog sou hiervoor 'n verklaring kon vind. Die arme vent klem hom miskien aan die vorm vas om sodoende die pynlike feitelikhede ten minste gedeeltelik te demp. Maar dit gaan ons hier nie om 'n verklaring nie, slegs om 'n beskrywing van die in-taal-gegewene. Daarom konstateer ons enkel: die vorm ‘koopvars’ word gereleveer en nou is daar nie meer enkel sprake van die feitelikheid wat deur die vorm aangebied word nie. Daar is nou ook letterlik ‘sprake van’ die wyse waarop hierdie feitelikheid in taal gegee word. Ons kan, om skerper te formuleer wat hier taalkundig aan die hand is, gebruik maak van Reichling se saakbegrip. ‘Een zaak’, aldus Reichling, ‘is voor ons datgene waar we met behulp van een woord over spreken’Ga naar voetnoot2. Die analise van die winkelpraatjie het ons nou op die spoor gebring van twee maniere van versaakliking. In die gevalle waar die taal gewoon verbruik word, word enkel feitsake aangebied. Maar in die geval ‘koopvars’ word ook die taalvorm mede aangebied of versaaklik omdat die mevrou gebruik gemaak het van 'n opvallendeGa naar voetnoot3, d.w.s. nie tradisioneel gegewe taalvorm. Die taalvorm word m.a.w. nie volledig verbruik nie en word medesaak naas die feitsaak wat deur die betrokke taalvorm aangebied word. Omdat hierdie feitsaak steeds gegee word, | |
[pagina 5]
| |
is hier geen sprake van 'n versperring soos by ‘rebra’ nie, maar bloot van 'n vormafleiding. En ons praat dus in die vervolg van versaakliking wat feitsake of feitsake èn vormsake tot gevolg kan hêGa naar voetnoot1. Hierdie mede-versaakliking van die taalvorm moet nie verwar word met die woord in sy sogenaamde ‘selfnoemfunksie’ nie. In die sin: ‘tafel is 'n selfstandige naamwoord’, noem ‘tafel’ nie 'n tafel-feitsaak nie, maar hy noem homself in sy hoedanigheid van taalkategorie. Die taalvorm ‘tafel’ word dus as feitsaak aangebied en ons het hier geen dubbele versaaklikingsproses soos in die geval ‘koopvars’ nie. | |
2.Die winkelpraatjie het ons, soos reeds gesê is, op die spoor gebring van twee linguistiese versaaklikingswyses. Maar intussen het ons, toe ons hierdie praatjie ondersoek het, 'n uiters belangrike probleem ontwyk. En ons kan hierdie probleem raakvat deur die swygende eggenoot tòg sy sê te laat sê, en wel: ‘hoe mooi kan jy tog die pynlike dinge verwoord!’ Mevrou A se reaksie hierop sal waarskynlik onder meer bepaal word deur die duur en die vervelingskoëffisiënt van haar huwelik. As laasgenoemde buitengewoon hoog is, sal sy haar seker nie eers 'n antwoord verwerdig nie. As sy nog vatbaar is vir haar meneer se vleitaal en sarkasme - in sy antwoord is naamlik albei aanwesig - dan kan sy reageer met: ‘Ag Jan, jy is alweer nie ter sake nie!’ Vir haar is | |
[pagina 6]
| |
naamlik ter sake die nuwe feitelikhede wat sy pas aangeskaf het, nie die ‘nuwe’ verwoording (met ‘koopvars’) van hierdie feitelikhede nie. Die leser wat dit eens is met ons linguistiese uit-een-setting van die ‘koopvars’-geval, sal dadelik opmerk dat die mevrou se teregwysing as 't ware berus op 'n foutiewe ‘interpretasie’ van haar eie taalgebruik. Haar man was wèl ‘ter sake’ toe hy mede op die vorm ‘koopvars’ gereageer het: hierdie taalvorm is immers, soos ons aangetoon het, mede versaaklik. Ons wil onmiddellik en uitdruklik daarop wys dat mevrou A se teregwysing van haar eggenoot 'n waarde-uitspraak is waarin sy eintlik haar eie taalgebruik kritiseer. Sy wil naamlik nie hê dat haar man die mede-versaakliking van die vorm - wat linguisties onherroepelik gegee is - au serieux opvat nie. En iemand wat met haar saam wil praat op die waarderingsvlak - en nou praat ons uit prinsipiële oorwegings nie saam nie maar luister nietemin aandagtig - sal ter verdediging van mevrou A kan aanvoer: ‘Sy het gelyk! Sy het dit inderdaad nie so bedoel nie en haar man was verkeerd toe hy die mede-versaaklikte vorm au serieux opgevat het’. Ook op ‘bedoelings’ kan ons, omdat ons enkel probeer nagaan wat op die wyse van die taal gegee word, nie ingaan nie. Maar ons kan die probleem transponeer na die linguistiese vlak. Die probleem wat gestel word, is dié van die dubbelsinnigheid. Dit het immers geblyk dat mevrou A, in een en dieselfde uitspraak, gelyk èn ongelyk kan hê. Hierdie probleem van die dubbelsinnigheid is vir ons nou nie 'n bedoelingskwessie waarvoor ons die spreker moet raadpleeg nie, maar 'n integrasiekwessie waarvoor ons die gegewe konteks moet nagaan. Die linguistiese probleem wat hier gestel word, is naamlik die probleem van die integrasie al dan nie van feitsaak èn vormsaak in dieselfde konteks. En dan wil dit voorkom asof hierdie integrasie in ons winkelpraatjie in ieder geval nie bo verdenking staan nie. Of dit inderdaad die geval is, wil ons hier nie nagaan nie. | |
[pagina 7]
| |
Ons wil die integrasieprobleem, wat ons met behulp van ons winkelpraatjie gestel het, aan 'n nuwe voorbeeld probeer verhelder. In 1953 het 'n bekende Australiese joernalis, Chester Wilmot, die lewe ingeskiet toe 'n Comet van die BOAC in die see by Elba neergestort het. In 'n Nederlandse weekblad het 'n herdenkingsartikel verskyn waarvan ons die eerste paragraaf hier aanhaal: | |
Chester Wilmot‘Chester Wilmot verongelukt.... Menselijkerwijs gesproken een te snel einde voor een man van zijn talenten. De “Yoke Peter” (bijnaam van de oudste Comet, het BOAC-toestel, dat neerstortte bij Elba) sleepte met zich naar de bodem van de zee een man, die vermaardheid had verworven, eerst als oorlogscorrespondent en later als commentator van de BBC en militair correspondent van de Observer. Een gezaghebbend journalist op zeer hoog niveau, nu verongelukt met het trotse product waarmee Britse genieën de wereld buiten Albion ver vooruit waren. Dit zware verlies telt dubbel voor het Britse volk.’ Ons het dit hier kennelik te doen met 'n feitelike betoog waarin daar bowendien dadelik aan 'n bepaalde feitekennis geappelleer word: ‘Chester Wilmot verongelukt...’ roep naamlik 'n bekende feit in die herinnering. In hierdie feitelike konstellasie word ons nou plotseling gekonfronteer met 'n problematiese gegewe. Want ná ‘verongelukt’ met sy stippeltjies staan daar 'n kwalifikasie van hierdie wyse van sterwe: ‘menselijkerwijs gesproken een te snel einde voor een man van zijn talenten’. En hierdie ‘te snel einde’ is nou problematies omdat dit in die konteks. altans soos hierdie konteks tot op hierdie stadium gekonstitueer is, klaarblyklik nie gaan om die doodstempo nie, maar | |
[pagina 8]
| |
om die ongelukkige wyse waarop Wilmot die lewe ingeskiet het. Twee verklaringe kan vir hierdie probleem of ‘fout’ aangebied word. Een moontlike verklaring is dat ‘een te snel einde’ foutief is omdat 'n dergelike woordkombinasie indruis teen die normale taalgebruik. 'n Tweede is dat dit in die gegewe konteks feitelik onjuis en onvanpas is. Die persoon wat opmerk dat ‘een te snel einde’ taalkundig fout is, het daarmee onvermydelik ook te kenne gegee dat die taalvorm in die betrokke konteks medesaak geword het. Die taalafwyking kan immers pas gekonstateer word indien die tradisioneel gegewe vorm van die sisteem waarbinne daar ‘gesondig’ word, mede geaktiveer word. En dan kan daar geredeneer word: hier moes eerder of eintlik gestaan het: ‘een te vroeg einde’ of ‘een te plotseling einde’. Die persoon wat so geredeneer het, het egter nie 'n taalfout met sy voorbeelde versigbaar nie, hy het enkel maar skerper aangetoon waarom die gewraakte kombinasie hier feitelik onjuis is: ‘plotseling’ en ‘vroeg’ kwalifiseer naamlik volkome tereg die wyse waarop Chester Wilmot verongeluk het, terwyl ‘te snel’ die einde, wat hier as punt of tydstip gegee word, kwalifiseer asof dit 'n duur is. In die gegewe konteks is dit inderdaad feitelike onsin. Taalkundig kan ‘te snel einde’ volkome in orde of normaal wees. 'n Paar bloeddorstige, wraaklustige kannibale is byvoorbeeld besig om 'n vyand langsaam dood te martel met allerlei vernuftige instrumente. Die slagoffer sterf egter ‘halwerweë’, d.w.s. voordat die volle instrumentarium op hom toegepas is. En nou sê een van die kannibale, terwyl hy droef-peinsend na 'n ongebruikte tang kyk: ‘Jammer, een te snel einde voor zo een rot vent!’ Die gevolgtrekking lê voor die hand: ‘een te snel einde’ is foutief omdat dit kontekstueel nie geïntegreer is nie. En die probleem van die kontekstuele integrasie is hier 'n suiwer feitelike aangeleentheid. Maar nou lees ons verder en dan is daar onmiddellik | |
[pagina 9]
| |
sprake van die ‘Yoke Peter’, die Comet waarin Wilmot verongeluk het. En nou sou iemand kon aantoon waarom die feitelike onsin deur die skrywer begaan is. Hy sou ook, wanneer hy die waarom tegelyk 'n verskoning vind, kon aanvoer waarom dit hier geen onsin is nie. Daar was naamlik as 't ware 'n feitelike kontaminasie: die skrywer het in een asem oor Wilmot en Yoke Peter (die gebruik van die vliegtuig se eienaam is insiggewend) gepraat. Om in 'n Comet, tans nog die snelste passasiersvliegtuig ter aarde, te sterf, beteken inderdaad dat 'n mens ‘te snel’ aan jou einde kom. Ons wil hier nie ingaan op die oorsaaklike of genetiese moment in hierdie verklarende verskoning nie. Maar in hierdie verklaring sit daar 'n groot brok suiwer deskriptiewe insig. Die hele paragraaf is naamlik in feitelike opsig dubbel gerig. Die swaar verlies - van Wilmot (joernalis ‘op zeer hoog niveau’) en van Yoke Peter (‘trotse product’ - ‘op zeer hoog niveau’?) - ‘telt dubbel voor het Britse volk’. Wanneer ‘een te snel einde’ mede betrek word op Yoke Peter, dan is hierdie taalvorm mede versaaklik. Dit is dan 'n woordspel en ook by die woordspel word, soos later vir ander gevalle aangetoon sal word, die taalvorm onvermydelik medesaak. Die vraag is nou egter of hierdie dubbele betrekking inderdaad vir ‘een te snel einde’ gegee word op die wyse van die taal. Ons het die laaste woorde van die vorige paragraaf skuins laat lê om daarmee weereens te beklemtoon dat dit ons enkel gaan om wat in taalgebruik en dus ‘in feite’ aangebied of versaaklik word. Wat die betrokke joernalis wou aanbied, wat hy m.a.w. ‘bedoel’ het, is 'n heerlike spekulasieterrein wat ons nie mag betree nie. Die dubbelsinnigheid is vir ons, soos trouens reeds aangetoon is, geen bedoelingskwessie nie maar 'n linguistiese integrasieprobleem. Want ook die dubbelsinnige moet ondubbelsinnig gegee word voordat dit as sodanig kan funksioneer. En dit wil dan sê dat albei moontlikhede kontekstueel geïntegreer moet wees. In die betrokke geval is die dubbele verwysingsmoontlik- | |
[pagina 10]
| |
heid van ‘een te snel einde’ (na die gevalle Wilmot en Yoke Peter) kontekstueel nie geïntegreer nie. Wilmot verval as spelvoorwerp enkel al omdat, soos ons aangetoon het, die ‘te snel einde’ sy geval feitelik nie sekuur tref nieGa naar voetnoot1. En die feitelike gerigtheid van die mede-versaaklikte vorm ‘een te snel einde’ op die Yoke Peter is eweneens nie trefseker gegee nie. Die speler (‘te snel einde’) hanteer dus nie een van die twee speeltuie (Wilmot en Yoke Peter) volkome nie. Daar word dus nie met gegewe moontlikhede gespeel nie, maar 'n spel word as moontlik gegee. Dit is die een of die ander, nie die een èn die ander nie. Dus geen kontekstuele integrasie nie. Om hierdie kontekstuele integrasiefout skerper omtrekke te gee, kan ons 'n geval konstrueer waar die integrasie wel aanwesig is. Vier toetsloodse staan in 'n kroeg op die lughawe. Hulle is al taamlik ver heen. Vroeër dieselfde middag het een van hulle kamerade die lewe ingeskiet toe hy 'n ‘Sabre Jet’ nie uit 'n duikvlug kon terughaal nie. En nou, ná die soveelste brandewyn, sê een van die loodse: ‘Ja, 700 myl per uur in die verdomde “Sabre” die wêreld uitgevlieg. 'n Te snelle einde vir Piet Verduyn’. Hier is die dubbele kontekstuele betrokkenheid van ‘'n te snelle einde’ linguisties volkome in orde. Of die ander manne in die kroeg hierdie wyse van linguistiese integrasie waardeer het, is 'n probleem van 'n ander orde. As een van hulle antwoord: ‘'n mens praat nie so nie’, dan trek hy nie die dubbele verwysing van ‘te snelle einde’ in twyfel nie, maar hy reageer daarop as die gegewene. Iemand sou teen ons betoog oor die Wilmot-geval kon aanvoer dat ons 'n belangrike moment, waarvan ons self die bestaan erken het, nie in die argumentasie betrek het nie. Ons het immers gesê dat daar, met ‘Chester Wilmot verongelukt....’, 'n beroep gedoen word op 'n as bekend | |
[pagina 11]
| |
veronderstelde feit, naamlik die dood van Wilmot, bekende joernalis, toe 'n Comet naby Elba in die Middellandse See neergestort het. Die vraag kan nou gestel word waarom ons die moontlike mede-versaakliking van die vorm ‘een te snel einde’ eers ter sprake gebring het nadat die Comet sy opwagting in die konteks gemaak het. Is dit nie moontlik en selfs waarskynlik dat die spel met ‘een te snel einde’ onmiddellik gegee word nie? Immers: die feitekennis wat met die aanvangswoorde gegee word, naamlik dat die joernalis in 'n Comet verongeluk het, kan genoeg wees om die dubbele gerigtheid van ‘een te snel einde’ onmiddellik aan te bied. 'n Dergelike argumentasie sou egter nie rekening hou met die wyse waarop die feitekennis, selfs in 'n enigsins losweg geboude koerantartikel, georkestreer word deur konteksdirigente nie. Die kontekstuele dirigent wat in die betrokke geval die onmiddellike spel Comet - Wilmot uitskakel, is die kwalifikasie ‘menselijkerwijs gesproken’. Tensy hierdie kwalifikasie 'n sinisme is, is die spel met ‘een te snel einde’ in hierdie fase van die feitelike aanbod nog onmoontlik. Laat ons egter argumentsonthalwe aanneem dat die betrokke joernalis 'n hiper-sinikus is sodat hy selfs ‘menselijkerwijs gesproken’ sinies aanbied. Indien dit die geval is, misluk die spel ook omdat die joernalis dan homself as psigopatologiese verskynsel in die spel betrek het sonder om homself as sodanig ook feitelik in die konteks te integreer. | |
3.Die versaakliking van feitsaak èn vormsaak in dieselfde konteks was, in die gevalle van taalgebruik wat ons tot dusver ondersoek het, nie kontekstueel geïntegreer nieGa naar voetnoot1. In die volgende paragrawe wil ons enkele gevalle ondersoek waar hierdie dubbele integrasie van feitsaak en vormsaak wèl gegee word. 'n Man sit rustig in die Reader's Digest en lees, ruk | |
[pagina 12]
| |
plotseling regop van die lag en bevredig dan sy vrou se verskrik-nuuskierige oogopslag met: Sommer 'n lawwe grappie, Marie - van twee eende, 'n moedereend en een van haar kleintjies. Die kleintjie kom aangewaggel hok toe, die ene modder. Die moeder sien die swart, besmeerde gedaantetjie aankom, slaan haar vlerke ontsteld saam en skree: ‘If your father could see you now, he'll turn over in his gravy!’ As ons hierdie grappie betrag, dan word dit duidelik waarom daar gepraat word van die ‘point of a joke’. Hierdie grap het in ieder geval werklik 'n ontploffingspunt, met name die kontakpunt tussen feitsaak en vormsaak wat gegee word met ‘gravy’. Dit word immers spoedig duidelik dat die eend besig is om 'n ‘aanhaling’ te gebruik. En die betrokke aanhaling kan deur iedere kenner van Engels gekontroleer word omdat dit uit geen gesproke of geskrewe bron kom nie, maar uit die taalsisteem self. Dit is naamlik die idioom: ‘to turn over in one's grave’. Die eend hou met hierdie aanhaling vol tot in die laaste, die allerlaaste lettergreepGa naar voetnoot1. Dan, nadat die verwagting reeds volledig gepunt is, of eerder: nadat die taalstrukturele aanknopingspunte vir die voltooiing reeds ondubbelsinnig en onherroeplik gegee is, plotseling die wending: i.p.v. die normale ‘grave’ staan daar ‘gravy’. Die mede-versaakliking van die taalvorm ‘gravy’ word gekonstitueer deur hierdie taalstrukturele konflik met ‘grave’ wat deur die ontplooiing van die sig-vormende vorm gegee word: hier ‘moes’ eintlik gestaan het ‘grave’. Die vraag na die kontekstuele integrasie van die medeversaaklikte vorm is 'n feitelike aangeleentheid. In 'n dergelike spel word naamlik beide die ‘grave’-feitsaak en die ‘gravy’-feitsaak gegee en albei moet feitelik toepasbaar wees voordat daar van integrasie sprake kan wees. In die gegewe | |
[pagina 13]
| |
feitekonstellasie, waar daar na 'n dooie eend verwys word, kan ‘grave’ en ‘gravy’ feitelik saamval. Ons mag dus konkludeer dat die einde van die sin en van die vadereend (‘gravy’), anders as die ‘snel einde’ van die joernalis, kontekstueel geïntegreer is. Kenners van die Afrikaanse poësie sal teen hierdie tyd miskien al 'n literêre snuf in die neus hê. Hulle sal ons miskien in die rede kom val met nog 'n aanhaling en wel uit Opperman se Joernaal van Jorik. Jorik staan in die uitkykhok van die duikboot en sien:
Wanneer die maan opkom, uit elke wrak,
diep onder uit die bodem van die see
styg wit spookskepe na die oppervlak
en seil weer op verbeelde winde mee;
en deur die mis buig hier en daar 'n man,
'n donker man stil by sy konkelwerk;
Ook in hierdie aanhaling is daar 'n ‘aanhaling’. In die laaste vers word naamlik gevarieer op die vorm van die idioom ‘donkerwerk is konkelwerk’. 'n Soortgelyke spelmoontlikheid as dié in die ‘gravy’-geval word dus benut en die ooreenkoms tussen grap en gedig is inderdaad opvallend. Só opvallend dat ons hierdie mooi voorbeeld links moet laat lê: die opvallende ooreenkoms tussen grap en gedig sou ons dwing om op die ewe belangrike verskille tussen hulle in te gaan. 'n Dergelike, haas dwingende aanleiding tot die uiteensetting van die verskille tussen taaltipes sou ons met vrug kon aangepak het indien ons, soos die Russiese formalisteGa naar voetnoot1 of soos byvoorbeeld William Empson in AmerikaGa naar voetnoot2, daarna gestrewe het om die poësie (en die literatuur in die algemeen) as 'n eien-aardige taalvoorval te lokaliseer, teenoor ander taalvoorvalle te begrens en bowendien nog te interpreteer. | |
[pagina 14]
| |
Ons wil egter nie, soos Empson, I.A. Richards en die Russe dit wil doen, verskille tussen die taal van die poësie en ander soorte taalgebruik vasstel nieGa naar voetnoot1. Ons wil enkel beskryf wat daar op die wyse van die taal gegee word. Dat die medeversaakliking van die taalvorm meestal plaasvind in gevalle van taalgebruik wat as poësie bekend staan, is ongetwyfeld waar maar in prinsipe vir ons toevallig omdat ons streef na 'n beskrywing en niè na 'n tipering of klassifikasie van die in-taal-gegewene nie. Waar ons dan ook voortaan in hierdie studie, ter wille van die beknoptheid van formulering, van ‘poësie’ praat, daar moet hierdie prinsipiële beperkings steeds in aanmerking geneem word. Omdat die Opperman-voorbeeld ons dus sou dwing tot 'n uiteensetting van die verskille tussen grap en gedig, gaan ons aan hierdie voorbeeld verby. Maar dit het ons ten minste gedwing om onsself voorlopig rekenskap te gee van die verskil tussen beskrywing en klassifikasie. En ons kies dan 'n ander voorbeeld uit die poësie waar die speelwyse so sterk verskil van die ‘gravy’-geval dat ons, anders as in die Oppermangeval, straffeloos op die linguistiese ooreenkoms tussen die twee gevalle kan let. ‘Vandaag wil ik licht glimlachen Die eerste vers van hierdie gedig - en ons lees voorlopig nie verder nie - kan opsigself nog as taalverbruik aangesien word. Wat hier opval - en dit sal waarskynlik die man opval wat eweneens sy dag vooruitbeplan, maar dan in sy sakboekie en uursgetrou - is die heel besondere program wat die ‘ik’ van die gedig vir homself opstel: hy wil vandag ligweg glimlag. Eienaardige ‘ik’ dus, d.w.s. eienaardige of proble- | |
[pagina 15]
| |
matiese feitelikhede wat deur die taal aangebied word. Voorlopig niks meer nie. Maar nou kom die tweede vers daarby en nou word die taalvorm onvermydelik medesaak. Die sig-vormende vorm projekteer 'n aantal moontlikhede vooruit. Die moontlikhede wat ná ‘geglimlacht’ binne die taalstruktuur in die gegewe tradisionele vormveld kan volg, lê almal in die verbaalveld van 'n perfektiewe vorm met ‘geglimlacht’Ga naar voetnoot1. Die sig-vormende vorm kan dus uitloop op: voor wie geglimlacht heeft/ had / zal hebben / zal willen hebben / zou willen hebben ens. Dit is die enigste moontlikheid omdat ‘glimlachen’, as een van 'n groep intransitiewe werkwoorde met perfekta op ‘hebben’, nie 'n verlede deelwoord het wat ook as resultatiewe adjektief voorkom nie. As daar nou, teen die struktuurverwagtings in wat deur die sig-vormende vorm geskep word, 'n substantief (‘licht’) voorkom, met as gevolg dat ‘geglimlacht’ adjektief word, dan moet die konflik met die normale onvermydelik optree en die taal word gevolglik medesaak. Hiermee is dit egter nog nie afgelope nie. Daar is in die eerste vers, soos ons hierbo aangetoon het, 'n problematiese | |
[pagina 16]
| |
feitelikheid aanwesig: die eienaardige program van die ‘ik’. Hierdie probleemfeit word nou ‘verklaar’ deur die taalstrukturele en uiteindelik dus ook feitelike implikasies van die mede-versaaklikte taalvorm in vers 2. Die sig-vormende vorm struktureer naamlik nie enkel vooruit nie, maar ook terug. Omdat ‘geglimlacht’ in vers 2 as resultatiewe adjektief gebruik word, word ‘glimlachen’ vir hierdie konteks ook as transitiewe werkwoord gekonstitueer. En nou word ‘licht’ in vers 1 sintakties bifunksioneel: hy word sowel bywoordelike bepaling by die normale intransitiewe werkwoord ‘glimlachen’ as voorwerp by die ‘nuwe’ transitiewe werkwoord ‘glimlachen’. Beide moontlikhede word naamlik gegee: die mede-versaakliking van die vorm word immers juis gegee deur die konflik van anormaal en normaal, waarmee die normale dus ewegoed gegee word. Dat dit moontlik is om die anormale moontlikheid (d.w.s. ‘glimlachen’ transitief gebruik) te ver-taal, is daaraan te danke dat die Nederlandse taalsisteem nou eenmaal intransitiewe èn transitiewe werkwoorde ken. Daar is dus nog steeds 'n taalsistematiese - nie tradisioneel-sistematiese! - oriëntasiekern vir hierdie spel. Hierdie twee moontlikhede word egter nie alleen saam gegee niet, hulle is bowendien geïntegreer in hierdie konteksGa naar voetnoot1 waarin daar dus sowel 'n feitsaak as 'n vormsaak gegee word. Ons sou dit as volg kon verduidelik. Hoewel vers 1 sy eintlike bestaanswyse pas openbaar deur die linguistiese bemiddeling van die tweede vers, volg vers 2 in die tyd nietemin op vers 1. En nou vind die omgekeerde proses plaas: vers 1, wat deur vers 2 taalstruktureel en dus ook feitelik gereïnterpreteer is, gaan op sy beurt feitelik ingryp in die wêreld wat in vers 2 genoem is. Wat naamlik in | |
[pagina 17]
| |
die tweede vers gegee word - lig wat geglimlag is - word immers feitelik in vooruitsig gestel deur een van die moontlikhede wat in vers 1 aangebied is: vandag sal ek lig (‘lig’ is 'n voorwerpsaak)Ga naar voetnoot1 glimlag. Deur hierdie heen en weer van interne verhoudings word daar binne die konteks 'n feitelike kontrolebasis geskep en dit juis deur die taalvorm wat as medesaak nou ook weer feitelike implikasies het vir die kontekstuele verhoudings: ‘geglimlacht licht’ word nou nie meer sommer uit die bloue hemel gegryp nie, maar word eers as moontlikheid gestel en dan, ná hierdie voorbereiding wat terselfdertyd 'n motivering is, feitelik volledig verwesenlikGa naar voetnoot2. Om voorlopig saam te vat: in gevalle soos ‘gravy’ en ‘geglimlacht licht’ word daar nie enkel feitsake aangebied nie, maar ook taalvormsake; hierdie taalvormsake het op hulle beurt weer 'n feitelike implikasie sodat die probleem van die kontekstuele integrasie uiteindelik weer 'n feitelike aangeleentheid is: | |
4.Ons het uitvoerig ingegaan op die feitelike implikasies van die vormsaak omdat die mede-versaakliking van die vorm die beskouer maklik kan ‘vervoer’ tot 'n verabsolutering van die vorm. Die Russiese formaliste het die poësie gesien as ‘kommunikasie met woorde wat gekenmerk word deur die maksimale waarneembaarheid van die uitingsmiddel’ (Efimov), as ‘een van die linguistiese sisteme waar die kommunikatiewe funksie na die agtergrond verskuif terwyl die | |
[pagina 18]
| |
taalstrukture outonome waarde verkry’ (Tomashevski)Ga naar voetnoot1. Die Russe het wel geweet dat die taal ook in die poësie iets moet sêGa naar voetnoot2, maar hierdie insig moes tog vervaag toe hulle, in hulle strewe om vas te stel hoe die literatuur linguisties van ander taalvoorvalle verskil, die teenstelling kommunikatiewe / estetiese taalgebruik ingevoer het. Die ‘outonome waarde’ wat Tomashevski aan die woordstrukture of woordvorme toeken, is 'n aanduiding van die gevaar waaraan hierdie beskouingswyse blootstaan. Daarom het ons gedurig beklemtoon dat die taalvorm medesaak word naas die feitsake wat deur die woorde aangebied word en het ons bowendien eksplisiet en uitvoerig die feitelike implikasies van die saakgeworde vorm gereleveer. Daar is dus hier as 't ware 'n dubbele aanbieding van feitelikhede. 'n Goeie voorbeeld van die gevare verbonde aan die verwaarlosing van die feitelike implikasies van die vormsaak het ons in die volgende uitlating van Sartre: ‘Digters’, so verklaar hy, ‘is mense wat weier om die taal te gebruik. Ook dink hulle daar nie aan om die wêreld te benoem nie; benoeming impliseer immers 'n gedurige opoffering van die naam aan die genoemde voorwerp.... Die digter het hom, met 'n enkele beweging, losgemaak van die taalinstrument. Hy het eens en vir altyd die poëtiese instelling verkies wat die woorde as dinge en nie as tekens beskou nie. Want die dubbelsinnigheid van die teken impliseer dat 'n mens deur hom kan kyk, soos deur 'n venster, na die genoemde ding; of dat jy na die werklikheid van die teken self kan gaan kyk en dit dus as 'n voorwerp gaan beskou’Ga naar voetnoot3. | |
[pagina 19]
| |
Sartre se uiteensetting - wat origens skaars denkbaar is sonder Valery se uitsprake oor die taal - raak-raak op verskeie punte aan ons onderskeiding tussen taalverbruik, waar enkel die feitsake aangebied word, en taalgebruik waarin feitsaak èn taalvormsaak versaaklik word. Maar, anders as wat Sartre hier betoog, noem die woord altyd iets, selfs in sy hoedanigheid van vormsaak. Die woord word slegs ‘ding’ of ‘voorwerp’ daar waar hy homself noem en homself dus as feitsaak aanbiedGa naar voetnoot1. Sartre se betoog sou waar gewees het indien dit gerig was op die woord in sy selfnoemfunksie. Maar aangesien hy dit kennelik nie hieroor het nie, moet sy betoog as gevaarlik eensydig verwerp word. Toe die Rus, Efimov, die poësie gekarakteriseer het as kommunikasie met woorde wat gekenmerk word deur die maksimale waarneembaarheid van die uitingsmiddel, het hy egter daarby ongetwyfeld ook gedink aan die funksie van rym en metrum. Wellek en Warren, wat in hulle Theory of Literature baie te danke het aan die insigte van die Russiese formaliste, sê byvoorbeeld o.m. oor die funksie van die metrum: ‘The influence of meter is to actualize words: to point them and to direct attention to their sound. In good poetry, the relations between words are very strongly emphasized’Ga naar voetnoot2. As 'n mens hierdie sitaat vinnig lees en dan vlakweg dink, dan lyk hierdie ‘actualizing’ van die woorde deur die metrum baie na ons beginsel van die mede-versaakliking van die taalvorm. Dit lê dan ook voor die hand om aan metrum en rym, wat nou eenmaal nie attribute van ‘normale’ taalgebruik is nie, 'n ‘opvallende’Ga naar voetnoot3 en dus taalvorm-versaakli- | |
[pagina 20]
| |
kende funksie toe te skryf. En dit wil dan ook sê dat die mede-versaaklikte taalvorm, dus byvoorbeeld die woord in rymposisie, 'n ‘ekstra’ feitelike implikasie kry. Aan die medeversaaklikte taalvorm beantwoord immers steeds 'n nuwe feitsaak. Sonder om ons selfs maar enigsins volledig in te laat met die probleme verbonde aan metrum en rym, sal ons hier tog moet probeer om die linguistiese toestand van sake vas te stel vir gevalle van taalgebruik wat deur metrum en rym gekenmerk word. Die sig-vormende vorm ontvou hom, en ons sal dit in die tweede hoofstuk uitvoeriger probeer aantoon, in ooreenstemming met die beperkings wat deur die taalstruktuur opgelê word. Selfs daar waar die aanbod oënskynlik nie langs die struktuurpaadjie verloop nie, word die uiteindelike feitelike aanbod (vgl. die ‘gravy’ - en ‘glimlachen’-gevalle) weereens bepaal deur die konflik van die ‘opvallende’ met die normaal-sistematiese. In die poësie kom daar egter dikwels 'n stel ‘aanvullende’ beperkings by waardeur die integrasieverwikkeldheid van die geval van taalgebruik nog toeneem. Hierdie tweede stel beperkings is in 'n sekere sin onderhewig aan die poëtiese mode en kan daarom wissel van gedaante met die tye. In die poësie wat vandag geskryf word, is hierdie beperkings dikwels ritmies of ‘musikaal’ van aard. Hierdie beperkings, wat maar al te dikwels bloot as toevoegsels tot die normale beskou word, staan bekend as metrum en rym. Daar moet skerp onderskei word tussen die taalstrukturele beperkings en hierdie tweede stel beperkings. Eersgenoemde geld taalvorme, laasgenoemde het betrekking op klankvorme. 'n Mens mag dus, streng linguisties gesproke, nie praat van woorde wat rym nie. En, gesien die feitelike neerslag van die woord-in-gebruik, kan 'n mens dus ook nie sê dat dit feitsake is wat rym nie. Al wat in die rym en metrum direk betrokke is, is die woord-corpusGa naar voetnoot1. En daarom kan 'n mens ook nie | |
[pagina 21]
| |
beweer dat met rym en metrum 'n mede-versaakliking van die betrokke taalvorm gegee word nie. Metrum en rym is gevolglik vir ons nie taalvorm-konstituerende momente nie, hoogstens versvorm-konstituerende momente. Ons sou van hierdie tweede, beperkende vormveld kon praat as ‘une forme rhythmique vide’ (Valery). En die vormveld is natuurlik enkel ‘leeg’ in taalsistematiese opsig en onder die aspek van die sig-vormende vorm. By hierdie leë vorm moet die taalvorme hulle nou aanpas. Hoe hierdie aanpassing geskied, hoe die twee vormvelde m.a.w. geïntegreer word, is 'n probleem wat telkens deur iedere afsonderlike gedig gestel word. Ons wil daar hier nie op ingaan nie. Hoofsaak vir ons is die insig dat ons hier met twee verskillende vormvelde te doen het. Vergelyk byvoorbeeld die eerste strofe van Die Smid deur Eugène Marais:
Blaas hoog die vlam,
geen floue trek of tam!
Want alles moet verteer, -
in gloed verander, eer,
met skitter, skoon en rein,
die wit lig suiwer skyn.
Blaas hoog die vlam!
Die ‘tam’ in vers 2 is getrou aan die metriese substraat en aan die rymskema. Hierdie ‘tam’ is egter lid van 'n heel eienaardige sintaktiese konstruksie. Wie die sig-vormende vorm volg, verwag ná ‘of’, indien die aanbod van nominale aard is, 'n substantief soos ons dit byvoorbeeld aantref in die model: ‘geen gelukkige man of vrou nie’. Anormaal, op byna dieselfde wyse as ons geval, sou wees: ‘geen gelukkige man of lelik nie’. Byna dieselfde, want ‘geen floue trek of | |
[pagina 22]
| |
tam’ het, in vergelyking met die vorige model, nog 'n ekstra anormaliteit: die afwesigheid van die ontkenningspartikel ‘nie’. In vers 2 word dus metries-musikaal genormaliseer wat taalstruktureel anormaal isGa naar voetnoot1. Dit is duidelik dat hier twee vormvelde is wat beperkend aktief is, elkeen met 'n eie integrasie-patroon van verwagting en verwesenliking. En dit lê ook voor die hand dat hulle teen mekaar uitgespeel sal word, soos dit dan ook hier die geval is in die tweede vers van Die Smid: wat kromgepraat word, word ‘reggesing’. In gedigte wat deur metrum en rym gekenmerk word, moet daar met 'n dubbele integrasie rekening gehou word. Daar is in die eerste plek die samehang van feitsake wat deur die taalvorme gekonstitueer word. Hier berus die samehang of ‘vorm’, soos Virginia Woolf dit in A Writer's Notebook (bls. 210) stel, op ‘the sense that things follow one another rightly’. En dan is daar nog bowendien die metries-musikale orkestrasie waardeur die klankvorme saam-gevat word. Aan hierdie dubbele integrasie of motivering moet gedeeltelik die hegtheid en onskendbaarheid van gedigte toegeskryf wordGa naar voetnoot2. Want hoewel die taalvorme, soos ons ná De Saussure baie goed weet, arbitrêr of ‘immotivé’ is, kry die woord in die poësie, vanweë hierdie dubbele ‘gehegtheid’, iets van die geaardheid wat deur die Griekse analogiste aan hom toegeskryf is toe hulle die woord as natuurgetroue weerspieëling van die saak of ding bestempel het. In die poësie wat deur metrum en rym gekenmerk word, val die ordening van feitsake immers saam met die ordening of orkestrasie van klankvormeGa naar voetnoot3. Omdat feitelike integrasie en klankvormintegrasie nou saamval, wil dit voorkom asof die woorde die dinge ‘weet’ of ‘ken’, asof die feitewêreld reeds in die woord- | |
[pagina 23]
| |
wêreld geordend aanwesig is. Vandaar, om te herhaal, die hegtheid van poësie waarin èn die feitsaak èn die klankvorm geordend aanwesig is. | |
5.In die vorige paragrawe het dit geblyk dat metrum en rym, wat oënskynlik bydra tot die ‘maksimale waarneembaarheid van die uitingsmiddel’, in werklikheid nie taalvormkonstituerende momente is nie maar hoogstens versvormkonstituerende momente. Maar daar is by woorde ook ander gebruikswyses wat 'n mens meestal in die poësie teëkom en wat ook oënskynlik die waarneembaarheid van die taalvorm verhoog. Sodoende kan hulle miskien aanleiding gee tot die mede-versaakliking van die taalvorm. Dit is die sogenaamde ‘beeldspraak’. Die gerieflikste skyf vir die ondersoeker wat taalkundig probeer aanlê op die beeldspraak, is ongetwyfeld die metafoor. Vir die metafoor beskik ons immers onder meer oor die linguistiese insigte van Reichling. En Reichling plaas ons onmiddellik midde in ons probleemstelling wanneer hy van die metaforiese of disjunktiewe betekenistoepassing sê: ‘zij is niet altijd opzettelijk, maar zij is wel altijd bewust. Het bewustzijn der tegenstelling tussen de toegepaste en niettoepasselijke onderscheidingen binnen de betekenis maakt een bepaald gebruik tot “metaphorisch”’Ga naar voetnoot1. Ter illustrasie noem en interpreteer Reichling dan die uitspraak van die eerlike eggenoot wat na sy vrou se nuwe rok kyk en reguit beweer: ‘Wat heb jij daar voor een zak aan!’ Die eggenoot pas hier die vormloosheid uit die ‘zak’-betekenis toe op die vorm van sy vrou se rok. Die onderskeiding: voorwerp om bv. aartappels of steenkool in te vervoer, wat volstrek nie toegepas word nie maar wat die meneer en sy mevrou op een of ander manier in hierdie betekenis dink, dra verder hulle deel by om die mevrou te laat weet dat sy in hierdie rok seker nie pas nie. Aldus Reichling. Ons herhaal: Reichling plaas ons met hierdie formulering | |
[pagina 24]
| |
midde in ons probleemstelling. Sy ‘bewustzijn der tegenstelling’ is die bewussyn van 'n konflik tussen die betekenis wat 'n mens in die woord dink en die saak wat 'n mens met die woord noem. Die vraag vir ons is nou of Reichling hiermee van die metafoor 'n besondere soort ‘taalfout’ maak. Indien dit die geval is, dan moet die gegewe konflik onvermydelik uitloop op 'n mede-versaakliking van die taalvorm wat so ‘treffend’ misbruik word. Ons benader weereens die probleem met behulp van 'n voorbeeld en delf daarvoor weereens in die ryk metafoorskuur van Opperman se Joernaal van Jorik. Jorik verken Johannesburg vanuit 'n vliegtuig, die vliegtuig keer na die lughawe terug, en dan:
O die vervoering voor die vliegtuig sak!
Die aarde stroom bruin-groen verby die glas,
maar kringe strate gryp met spinnerak
die groot mot op die hawe eindelik vas....
Die groot, gevange mot is 'n uiters sorgvuldig en uitvoerig ‘geprepareerde’ metafoor. Verskillende metafore word soos lense oormekaargeskuif. Die eintlike voorbereiding begin in die strofe:
Vér onder sien hy liggies vasgespeld
waar linte rook vanuit 'n kroon ontwar
en waai oor die lapel van hoëveld,
die Goudstad met sy strate, 'n kokar.
Die stadsaanleg, vanuit die lug besien, is 'n ‘kokar’ wat liggies vasgespeld is aan die lapel van hoëveld. Die kokarbeeld word in ons probleemstrofe hervat met die ‘kringe strate’ wat vervolgens in 'n nuwe maar aangepaste metaforiese gedaante, dié van ‘spinnerak’, die groot mot ‘vasgryp’. Op dié wyse word 'n digte verwysingsnet geknoop. Die linguistiese vrae wat ons aan die ‘groot mot’ gaan stel, word natuurlik bepaal deur ons sentrale probleemstelling: die beskrywing van taalgebruik. Ons kan daarom nie | |
[pagina 25]
| |
aan ‘mot’ gaan vra wat hy beteken nie. Die woord se betekenis is vir ons enkel ter sake indien die betekenis as saak aangebied word, indien iemand dus die woord se betekenis in taalbeskouing aktiveerGa naar voetnoot1. Dit is in ons strofe beslis nie die geval nie. Die woord bied hier 'n feitsaak aan. En die feitsaak wat hier aangebied word, is ‘die groot mot’. Dat dit gebeur omdat 'n woord sy betekenis in die gebruik nie ‘te buite kan gaan nie’, dat dit dus in die betrokke geval gebeur omdat ‘mot’ nog steeds ‘mot’ en nie ‘vliegtuig’ beteken nie, weet ons danksy Reichling. Hierdie verklaring is vir ons beskrywing egter nie ter sake nie. Maar daar gebeur natuurlik nog iets meer met die ‘mot’-saak in die betrokke konteks. Die ‘mot’ is immers nie homself nie, hy is ‘vliegtuig’. En hierdie oor-vleueling van vlerkdier en vlerkmasjien is geen woordaangeleentheid, geen betekeniskwessie nie. Dit is slegs 'n woordaangeleentheid vir dié teoretici wat nog glo aan die teorie van die ‘dubbele uitdrukking’. Volgens hierdie teorie staan die woord ‘mot’ in die plek van die woord ‘vliegtuig’. Hier is egter, soos ons gesien het, nie meer sprake van woorde nie. Die woord ‘mot’ bied die feitsaak ‘mot’ aan en hierdie feitsaak tree nou as 't ware in plaasvervangende of verteenwoordigende hoedanigheid op vir die feitsaak ‘vliegtuig’: die vliegtuig word as mot in die hawe vasgegryp. Hierdie teleskopering of vereenselwiging van die twee feitsake word uiteraard outomaties in konflik met ons ervaringswerklikheidGa naar voetnoot2 gegee: 'n mot en 'n vliegtuig het ongetwyfeld sekere eienskappe gemeen maar kan, binne ons werklikheidsgeheel, nooit volledig saamval nie. En mèt hierdie konflik word ook die kontekstuele integrasie van die twee feitsake tot 'n twee-eenheid as problematies gegee. Anders gestel: die gedeeltelike wedersydse verset tussen die feitsake maak ook hulle gedeeltelike vereenselwiging - | |
[pagina 26]
| |
'n kontekstuele, feitelike aangeleentheid - problematiesGa naar voetnoot1. In die betrokke geval blyk dit dan dat die metafoor inderdaad trefGa naar voetnoot2. Die vliegtuig is ‘onder omstandighede’, d.w.s. kontekstueel, 'n mot. Dit is wel ‘onsin’ (eerder: fantasie) maar dan onsin wat feitelik in hierdie konteks geïntegreer is. Deur die feitsaak-mediante ‘kokar’, ‘spinnerak’ en ‘vasgryp’ word die vliegtuig-as-mot (nie: soos 'n mot) in die hawe vasgegryp. Hierdie suiwere en onmiddellike trefkrag sou ‘mot’ nie hê wanneer ek terloops by 'n venster uitkyk, 'n vliegtuig sien en dan sê: ‘maar kyk so 'n mot!’ Die aanwesiges sal hierdie opmerking as ‘sinlose onsin’ verwerp omdat daar in die konteks en die situasie geen feitelike dirigente gegee word waardeur die onsin as sodanig feitelik geïntegreer word nie. Hierbo is beweer dat 'n vliegtuig en 'n mot in ons ervaringswerklikheid nooit resloos kan saamval nie. Wat nou van die ‘res’, dit wat nie in die kontekstueel-georganiseerde kontakvlak tussen mot en vliegtuig lê nie? Is hierdie res 'n betekenisres, behels dit die sogenaamde betekenisonderskeidings (byvoorbeeld: spesifiek 'n nagvlieër) van die woord ‘mot’ wat nie toepasbaar is op 'n meganiese vliegtuigsaak nie? Die antwoord hierop behoort, ná ons betoog hierbo, baie voor die hand liggend te wees. Die onvermydelike ‘res’ word bepaal deur die konflik, die werklikheidskonflik, wat intree sodra twee verskillende feitsake as één aangebied word. Dit is geen taalaangeleentheid meer nie, dit is 'n konflik wat hom afspeel op die terrein van die genoemde feitsake. Ons herhaal nogeens: ons praat nie oor die taalsistematiese | |
[pagina 27]
| |
voorwaardes wat hierdie gedeeltelike vereenselwiging en verset van die feitsake bepaal nie, ons praat enkel oor die in-taalgebruik-gegewene waardeur die konflik wesenlik gekonstitueer word. Oor die taalsistematiese voorwaardes is ons dit met Reichling eens: ‘de norm voor het gebruik ligt in de woorden, niet in de zaken’Ga naar voetnoot1. Maar die ‘norm voor het gebruik’ is nog nie die gebruikte norm nie. En eers daar waar die norm self in die gebruik tree en nie meer enkel die gebruik bepaal nie, dáár is daar sprake van 'n mede-versaakliking van die vorm. Die mede-versaakliking van die vorm word immers gegee deur die konflik van normaal en anormaal. Hierdeur word die norm mede gegee. In die ‘glimlachen’-geval word sowel die ‘nuwe’ (anormale) transitiewe werkwoord ‘glimlachen’ as die normale intransitiewe werkwoord gegeeGa naar voetnoot2, in die ‘gravy’-geval word sowel ‘gravy’ as ‘grave’ gegeeGa naar voetnoot3. En, soos ons uitvoerig aangetoon het, sowel die anormale as die normale kom feitelik aan bodGa naar voetnoot4. Hierdeur word die norm tot gebruik en is dit nie enkel meer bepalend vir die gebruik nie. In die geval van die metafoor is die taalsisteem op die normale wyse bepalend vir die gebruik sonder om self gebruik te word. Tussen ‘mot’ en ‘vliegtuig’ word enkel kontekstuele (d.w.s. feitelike) en geen taalsistematiese aanknopingspunte gegee nie. Daarom is die norm hier, anders as in die ‘gravy’- en ‘glimlachen’-gevalle, nie ter sprake gebring en daarom vir die beskrywing van taalgebruik ook nie ter sake nie. Waarmee geensins beweer word dat die metafoor aan die stilistikus geen probleme stel nie. Dit het naamlik geblyk dat hier wel 'n taalgebruikskonflik gegee word, 'n konflik wat hom afspeel op die terrein van die genoemde feitsake. Die stilistikus wat taalgebruik ten voete uit | |
[pagina 28]
| |
wil beskrywe, moet hom gevolglik terdeë besin oor die wyses waarop taalgebruik in feitelike opsig problematies kan word. | |
6.Die metafoor, wat ons aanvanklik van taalvertoon verdink het, is 'n geval van werklikheids-vertoon: die vliegtuig-as-mot is 'n problematiese feitsaak omdat dit 'n konflik met ons ervaringswerklikheid open. Die feitsake wat in taalgebruik aangebied word, het klaarblyklik 'n werklikheidstellende aspek, hulle ‘pretendeer’ 'n werklikheid. Hierdie werklikheid hoef nie altyd ‘op te val’Ga naar voetnoot1 nie: wanneer feitsake aangebied word in ooreenstemming met 'n gekende ervaringswerklikheid, word die werklikheid nie as probleem in taalgebruik gegee nie. Hy word, net soos die taalsisteem by normale taalgebruik, ‘verbruik’. Vergelyk byvoorbeeld: ‘gee asseblief vir my die beker water op die tafel aan’. Die feitsake wat in hierdie sin aangebied word, is ‘normaal’ of onproblematies (gegewe natuurlik dat daar inderdaad 'n beker water op die betrokke tafel staan). Vergelyk daarenteen:
Goe, and catche a falling starre,
Get with childe a mandrake roote,
Tell me, where all past yeares are,
Or who cleft the Divels foot,
Teach me to hear Mermaides singing,
Or to keep off envies stinging,
And finde
What winde
Serves to advance an honest minde.
(John Donne: Song.)
In hierdie strofe word daar vers ná vers feitsake aangebied wat kennelik in stryd is met ons werklikheidspatroon en | |
[pagina 29]
| |
derhalwe onsin of fantasie is. Deur dié werklikheidskonflik word die werklikheid eksplisiet as taalgebruiksprobleem gegee. En daarmee word onvermydelik ook die probleem gestel van die kontekstuele integrasie van die problematiese feitsake. Hoe word die fantasie as sodanig in die Donne-Song geïntegreer? Dit geskied in die tweede strofe:
If thou beest borne to strange sights,
Things invisible to see,
Ride ten thousand daies and nights,
Till age snow white haires on thee,
Thou, when thou retorn'est, wilt tell mee
All strange wonders that befell thee....
Hier, waar die aangebodene eksplisiet as ‘strange sights’, ‘things invisible’ en ‘strange wonders’ gegee word, word die feitsake van die eerste strofe as fantasie kontekstueel geïntegreer. Ons het hierbo gesê dat die feitsake in taalgebruik 'n werklikheid ‘pretendeer’. En ons het toe die onbepaalde lidwoord om heel bepaalde redes gebruik: alle feitsake wat in taalgebruik gegee word, word naamlik gekonfronteer met die in-ervaring-gekende werklikheid van 'n bepaalde kultuur in 'n bepaalde fase van sy bestaan. Ons ‘werklikheid’ is dus nie dié werklikheid waaroor die filosowe dit in hulle ‘Wirklichkeitslehre’ het nie. Dit is steeds 'n bepaalde, tyd-ruimtelik begrensde konfigurasie van ‘houdings’. Daarom is dit vir taalkundiges en literatuurkundiges so gebiedend noodsaaklik om, veral daar waar hulle te staan kom voor tekste uit ander kulture of uit ouer kultuurfases, deur kultuurmorfologiese rekonstruksie die ervaringswerklikheid te leer ken waarbinne die betrokke geval van taalgebruik as historiese gegewenheid behoort. Maar al te dikwels word die ondersoeker se eie histories-bepaalde werklikheid normgewend vir feitsake wat met 'n totaal andere | |
[pagina 30]
| |
ervaringswerklikheid gekonfronteer moet word. Ons sal dit met 'n uiters eenvoudige voorbeeld illustreerGa naar voetnoot1. In 1908 verskyn Totius se eerstelingbundel: By die Monument. Daarin staan een van sy bekendste gedigte - Vergewe en Vergeet. In hierdie gedig word die stryd tussen Boer en Brit simbolies weergegee: 'n swaar ossewa (die Engelse) vertrap 'n doringboompie (die Boere) onder sy wiele. Die keuse van die ossewa as simbool vir die Engelse is vir die noukeurige Afrikaanse leser van vandag beslis eienaardig. Die ossewa, wat deur die Voortrekkers gebruik is om laer te trek teen vyandige inboorlinge, word in Vergewe en Vergeet simbolies van agressie wat teen die Afrikaner gepleeg word Inderdaad 'n hoogs eienaardige sameloop van sake. Die Totius wat hierdie gedig omstreeks 1908 geskryf het, het egter nog veel meer as die Afrikaner van vandag, die ossewa in sy hoedanigheid van alledaagse gebruiksartikel geken. Dit was nog die dae van die transportryer (vergelyk Celliers se Eensaamheid) en Totius kon hom dus in alle waarskynlikheid maklik losmaak van die ‘historiese’ ossewa. En daarom kon hy ook hierdie alledaagse vervoermiddel simbolies inspan soos hy wou. Vir die Afrikaner van 1954 is die ossewa daarenteen al 'n seldsaamheid wat eerder historiese as praktiese ‘konneksies’ daarop nahou. Die stilistikus wat wil nagaan wat daar op die wyse van die taal met ‘ossewa’ gegee word, sal hierdie verskil in ‘houding’ noukeurig in aanmerking moet neem. Ook by die metaforiese gebruik, waar die werklikheid eksplisiet mede-aangebied word, is kennis van die betrokke | |
[pagina 31]
| |
ervaringswerklikheid vir die stilistikus 'n volstrekte vereiste. Die persoon wat in ons ervaringswerklikheid vir die eerste keer iemand afgesnou het met die woorde: ‘jy is 'n pappegaai’, het ‘pappegaai’ metafories gebruik. 'n Persoon en 'n pappegaai val binne ons werklikheidspatroon nie saam nie en die persoon wat hulle laat saamval, skep gevolglik 'n werklikheidskonflik. 'n Indiaan wat die pappegaai as totemdier ken en wat hom met hierdie voël volledig vereenselwigGa naar voetnoot1, gebruik geen metafoor wanneer hy aan 'n stamgenoot sê: ‘jy is 'n pappegaai’. Die werklikheid word deur hierdie vereenselwiging nie oortree nie. Die Donne-‘onsin’ en die metafoor-‘onsin’ moet intussen skerp onderskei word van die on-sin wat gegee word met byvoorbeeld: ‘ik bloeien rode de grote resida's zie’. Hierdie taalgebruik is nie in feitelike opsig problematies nie, maar in vormlike opsig. Die gebruikte vorme is naamlik in konflik met 'n essensiële moment van die taalsisteem. Ook al kan in die taalgebruik die aanbod geïnterpreteer word of ná taalbeskoulikheid die vorm gekorrigeer word, bly die gegewe taalgebruik op die wyse van die taal on-sin. In al dergelike gevalle van abnormale taalgebruik word die gebruikte vorm mede versaaklik en word die konflik in sisteembeskoulikheid gekenGa naar voetnoot2. Ook die leuen moet nie met die onsin of fantasie gelykgestel word nie. Die leuen word immers juis as ‘normale’ of onproblematiese feitsaak aangebied, terwyl die onsin of | |
[pagina 32]
| |
fantasie eksplisiet as problematiese feitsaak aangebied word. | |
7.Daar is, ten slotte, ook feitsake wat in taalgebruik problematies is sonder dat hulle in konflik met die werklikheid verkeer. Hierdie feitsake ‘beantwoord’ aan die werklikheid - sodat die werklikheid nie mede as probleem gegee word nie - maar is problematies omdat hulle 'n kontekstuele konflik open. Vergelyk byvoorbeeld die aanvangsreëls van Het Uur U van Nijhoff:
Het was zomerdag.
De doodstille straat lag
te blakeren in de zon.
Tot op hierdie stadium in die sig-vormende vorm is die as-bepaald-gegewe straat kontekstueel nog nie as sodanig gelokaliseer nie. Die bepaalde straat wat in die son lê en blaker is dus in kontekstuele opsig problematiesGa naar voetnoot1. In dergelike gevalle, waar die feitsaak problematies word sonder dat hy eksplisiet in sy werklikheidstellende aspek in die gebruik tree (waar die werklikheid m.a.w. ‘verbruik’ word), praat ons van 'n feitelike konflik. Taalgebruik word vir ons m.a.w. problematies in feitelike opsig wanneer die feitsaak, wat aangebied is op die wyse van die taal, a) in die sig-vormende vorm in konflik is met die feitekonstellasie wat tot op daardie oomblik in taalgebruik gekonstitueer is, en b) in die gevormde vorm in konflik is met die gekonstitueerde feitekonstellasie. Ons lig die feitelike problematiek nogeens toe aan die hand van 'n voorbeeld waarin ook die belangrikste ander probleemsoorte ter sprake kom, met name die medeversaaklikte taalvorm en die werklikheidskonflik. En die probleemsoorte tree, vir hierdie finale monstering, almal aan in die vierde vers van Eugène Marais se Towenares wat ons hier in sy geheel aanhaal: | |
[pagina 33]
| |
Wat word van die meisie wat altyd alleen bly?
Sy wag nie meer vir die kom van die jagters nie;
sy maak nie meer die vuur van swart-doringhout nie.
Die wind waai verby haar ore;
sy hoor nie meer die danslied nie;
die stem van die storieverteller is dood.
G'neen roep haar van ver nie
om mooi woorde te praat.
Sy hoor net die stem van die wind alleen,
en die wind treur altyd
om hy alleen is.
In vers 4 word daar twee probleme gestel: waarom ‘verby haar ore’ en: waarom ‘verby haar ore’? Die eerste probleem: waarom die wind nou juis die meisie se ore uitsoek, is 'n suiwer feitelike aangeleentheid, skep 'n feitelike of kontekstuele konflik. En as ons dientengevolge dan ook die konteks raadpleeg en nagaan hoe die sigvormende vorm hom ná die vierde vers ontvou, dan blyk dit dat die meisie ná die vierde vers alles deur die gehoor ervaar. Daarom ook dat die wind haar in die vierde vers ‘all ears’ maak: sy is enkel in haar ‘oor’ - of ‘hoor’ - hoedanigheid ter sake. Waarom ‘verby haar ore’? Hierdie vraag stel 'n probleem van 'n ander en verwikkelder orde as die ‘ore’-kwessie. daar is in die eerste plek sprake van 'n mede-versaaklikte taalvorm: ‘verby’ word hier anormaal gebruik. Vergelyk byvoorbeeld ook: ‘die wind waai vandag verby my windpomp’. Iemand sou hierop tereg kon antwoord: ‘maar wat sou die wind dan teen jou windpomp hê dat hy vandag aan hom verbywaai?’ Die normale gebruik sou wees: die wind waai om haar ore. Deur die mede-versaakliking van die taalvorm het ons 'n dubbele aanbieding van feitsake. Die mede-versaakliking van die taalvorm bestaan immers daaruit dat die normale taalvorm saam met die anormale taalvorm in die gebruik | |
[pagina 34]
| |
Wat word van die meisie wat altyd alleen bly?
Sy wag nie meer vir die kom van die jagters nie;
sy maak nie meer die vuur van swart-doringhout nie.
Die wind waai verby haar ore;
sy hoor nie meer die danslied nie;
die stem van die storieverteller is dood.
G'neen roep haar van ver nie
om mooi woorde te praat.
Sy hoor net die stem van die wind alleen,
en die wind treur altyd
om hy alleen is.
| |
[pagina 35]
| |
tree, d.w.s. feitelik aan bod komGa naar voetnoot1. Deur hierdie inbruikneming van die normale naas die anormale sê ‘verby’ nou in feite: die wind waai verby, nié om die meisie se ore. En hierdie aktiwiteit van die feitsake wat aan ‘verby’ beantwoord, open nou sowel 'n werklikheidskonflik as 'n feitelike konflik. Die werklikheidskonflik ontstaan omdat die dubbel-gegewe en daarom gereleveerde windrigting 'n heel eienaardige wind-feitsaak skep. Hierdie wind, wat verby en nié om waai nie, is gelokaliseer en begrens op 'n wyse wat hom die aanvang van konkrete omtrekke en afmetings besorg. Hy korrel immers so noukeurig en blykbaar willens en wetens (vergelyk weereens die ‘windpomp’-voorbeeld) dat hy 'n haas wesenlike aanwesigheid word. So 'n be-liggaamde wind kom in òns alledaagse werklikheid nie voor nie. Raadpleeg ons egter die konteks, dan blyk dit dat hierdie wind-met-die-lyf in Die Towenares in sy anormale bestaanswyse heeltemal tuis of geïntegreer is. Hy waai naamlik in 'n primitiewe wêreldGa naar voetnoot2, 'n wêreld waarin ook die eksplisiete personifikasie van die wind, soos dit vanaf die negende vers plaasvind, volkome van pas is. Die windsaak word aangebied in konflik met die werklikheid; die windrigting-saak (verby, nié om nie) open 'n feitelike of kontekstuele konflik. Waarom immers die relevering van die windrigting. Die konteks verstrek weereens op afdoende wyse die antwoord. In die eerste vers word 'n ‘leemtevraag’ gestel, d.w.s. 'n vraag waarin daar sowel 'n bepaalde kennis as 'n leemte aanwesig is. Dat die meisie altyd alleen bly, is vir die situasie naamlik geen vraag nie, maar word as feitelike gegewe gestel. Hierdie feitelike inhoud lê aan alles wat daarop volg besliste beperkings op: die meisie is permanent alleen en die | |
[pagina 36]
| |
Wat word van die meisie wat altyd alleen bly?
Sy wag nie meer vir die kom van die jagters nie;
sy maak nie meer die vuur van swart-doringhout nie.
Die wind waai verby haar ore;
sy hoor nie meer die danslied nie;
die stem van die storieverteller is dood.
G'neen roep haar van ver nie
om mooi woorde te praat.
Sy hoor net die stem van die wind alleen,
en die wind treur altyd
om hy alleen is.
| |
[pagina 37]
| |
gebeure in die gedig mag hierdie eensaamheid nie skend nie. Dit is daarom ook verklaarbaar dat die wind verby haar waai. Sodoende laat hy haar in haar eensaamheid en word hy meteen voorberei op sy eie eensaamheid: ‘en die wind treur altyd / om hy alleen is’. Die kontekstueel-problematiese windrigting is dus as feitsaak volledig geïntegreer in Die Towenares.
In die sewe afdelings van hierdie eerste hoofstuk het ons die probleemveld van die stilistiek in groot trekke probeer afsteek. Die probleemtipes is deurgaans opgediep uit bepaalde gevalle van taalgebruik en ons kon sodoende reeds in hierdie prinsipiële hoofstuk aanduidings gee van die wyse waarop 'n stilistiese analise verloop. Die betrokke gevalle van taalgebruik is egter, vanweë die prinsipiële strekking van die hoofstuk, nie soseer om hulle eie ontwil ondersoek nie - hulle was vir ons in die eerste plek probleem-draers. Die disseksie is gevolglik ook gerig op die ‘aangetaste’ dele en gestaak sodra die probleemtipes oop en bloot lê. Die wese van ons stilistiese benadering lê egter juis daarin dat ons die gegewe geval van taalgebruik homself wil laat wees, dat ons hom nie aan iets anders diensbaar wil maak nie. Daarom in die volgende hoofstuk onder meer 'n kort proefanalise waarin ons 'n gedig van Leopold sy eie sê sal laat sê. |
|