| |
| |
| |
Eerste bedryf
1878
Die eet- en werkkamer in mev. Venter se huis. Links, die voordeur, en in die regtermuur twee deure, waarvan die agterste in 'n gang en die voorste [wat ons sal noem die middeldeur] na die kombuis lei.
In die kamer: Regs, die eettafel, met vyf stoele daarby. Links, die werktafeltjie, met naaigoed daarop. By die opgaan van die skerm is daar geen stoele by die werktafel nie, want die twee stoele wat gewoonlik daar staan was vir die aandete nodig by die groot tafel. Voor, effens links, staan 'n leuningstoel, en verder links, teen die muur, 'n buffetkas.
Op die tafel staan drie kandelare, met brandende kerse. Op die buffet is 'n outydse glasstulp met nagemaakte blomme en 'n kandelaar met kers en vuurhoutjies.
Die aandete is verby, en die huisgodsdiens is net klaar. Die tafel is reeds afgedek. Mev. Venter is aan die hoof van die tafel-aan die regtereinde daarvan. Sy lig haarself effens van haar stoel om 'n tapisseriekleedjie oor die tafel te skik en die kandelare daarop reg te sit. Voor haar op die tafel lê die familiebybel. Aan haar linkerkant sit Oupa. Naas hom staan die stoel waarop Nelie gesit het. Aan die ander kant van die tafel - die kant wat naaste aan die gehoor is - staan Mina se stoel skeef van die tafel af weg, en die vyfde stoel lê omgegooi op die vloer.
Die kamer, die meubels en die kleding van die persone is soos dié van 'n eerbare familie wat nie gebrek ly nie, maar wat dit tog nie ruim het nie. Mev. Venter is 'n dame van so iets in die veertig. Sy dra 'n donkerbruin polonaise-rok met swart breiding, en het 'n swart voorskootjie voor. Sy gebruik by die lees en die naaiwerk 'n goue bril. Oupa is 'n baie ou man - diep in die tagtig - met 'n onversorgde baard en enigsins slordige klere, want hy word al kinds en kan homself nie meer netjies hou nie. Sy kierie staan teen sy stoel aan.
Nelie is op die oog omtrent twintig, maar dit word gesê dat sy ouer lyk as haar jare, dus moet sy in werklikheid maar so sewentien-agtien wees. Mina is 'n opgeskote dogter 'n paar jaar jonger as Nelie.
Nelie en Mina het elkeen 'n ent van die tafellaken, wat hul saam besig is om op te vou. Mina se aandag is egter nie by die laken nie. Haar oë bly op die half-oop voordeur, waar die jongste broer, Willie, so-ewe uitgehardloop het. Dis sy stoel wat omlê.
| |
| |
Wag vir my, Willie. Ek kom ook.
Mina!
[Sy trek aan die laken, en dit glip uit Mina se hande. Mina lag, maar buk en tel die laken weer op.]
Jy bly hier, en help my eers klaar.
[Mina, nog laggend, gooi die laken op Nelie en wip by die voordeur uit.]
[roep net soos Mina uitgaan]:
Mina!!
Kinders, kinders! Die Bybel is nog op die tafel.
[Sy sak in haar stoel terug.]
[wie se gegiggel nog buite gehoor word, steek 'n ondeunde gesiggie by die voordeur in en wuif met die hand]:
Tot siens, Ousus!
[Sy klap die deur toe en verdwyn.]
[vou die laken oor die linkerarm, maak die voordeur oop en praat na buite]:
Mina, kom hiersô! Mina!!
[Geen antwoord nie. Sy maak die deur toe, kom weer binne, en sit die laken in die buffetlaai weg.]
Ma moet darem praat met Mina - en met Willie ook. Hulle is al groot genoeg om te help; maar as Ma ‘Amen’ sê, laat hulle spaander, en ek moet alles doen - selfs hulle stoele regsit.
[Sy is net besig om Willie se stoel op te tel en teen die naaitafel aan te skuiwe; dan doen sy dieselfde met Mina s'n.]
Toe ek hulle ouderdom was, toe het ek al...
[liefderyk]:
Ja, Ousus was maar altyd haar mammie se staatmakertjie. Jy was somaar van kleins af 'n grootmensie, Nelie - somaar ernstig en verstandig. As die ander kinders buitekant speel...
[Onder die praat neem Nelie die Bybel en sit dit op die buffet neer.]
Ma praat daarvan asof ek nooit lus gehad het om te gaan saamspeel nie. Dink Ma dan...?
As jy daarvoor lus gehad het, my kind, soveel te meer eer vir jou dat jy dit laat staan het om jou weduwee-moeder tot hulp en troos te wees. Hoe sê Salomo in sy Spreuke? ‘Veracht uwe moeder niet, als zij oud geworden is.’
En die ander kinders, Ma? Sê Salomo dit nie vir hulle ook nie?
Nelie, Nelie! Is dit jy wat so oneerbiedig praat?
Maar Ma laat vir hulle darem skoon uit die hand uit raak.
Ja, wat kan ek doen - ek wat alleen staan - sonder 'n vader se bystand en 'n vader se tug. Ek moet maar hoop dat 'n jaar in die seminarie vir Mina sal leer om...
[praat hard, naby Oupa se oor]:
Oupa kan maar opstaan. Ons is klaar.
[praat ook hard, en beduie met die hande]:
Opstaan, Pa. Ons het klaar gelees.
| |
| |
Pa het dan nou net geëet.
Geëet? O. Gaan jul dan nie lees nie?
Ons het gelees ook, Oupa.
Gelees ook? O. Waar is my kierie?
[Hy voel rond daarvoor.]
[sit die kierie in sy hand]:
Hier is dit, Oupa.
[Nelie help hom om op te staan. Hy sukkel, met behulp van die kierie, oor die kamer, en gaan in die leuningstoel sit. Nelie stoot die stoel waarop hy gesit het teen die tafel, en gaan voort om alles in orde te maak. Oupa frommel in sy sakke, waaruit hy 'n pyp en 'n tabaksak te voorskyn bring. Hy stop die pyp en steek dit in die mond, en sit maar so totdat Nelie dit vir hom opsteek, nie deur 'n vuurhoutjie te trek nie, - daarvoor was die oumense te spaarsaam - maar deur die agterkant van die vuurhoutjie by een van die kandelare aan te steek en dit aan die pyp te bring. Mev. Venter het gesit en aankyk, met die arms op die tafel, maar onder die praat van die volgende sin staan sy op en stap sy na die tafeltjie waarop die naaigoed lê, toegebind in 'n bont doek. Sy neem een van die brandende kerse met haar mee en sit dit op die klein tafeltjie.]
Ai, hoe sit ek dan soos 'n ryk ou vrou wat van haar rente lewe - en daar lê my naaigoed opgehoop. En Sannie Albertyn se rok moet môre klaar wees as hulle inkom dorp toe, anders verloor ek nog straks my beste klandisie. Het jy al die opnaaisels ingesit, Nelie?
Nog nie, Ma. Ek kon nie die draai kry nie. Ek sal dit vanaand doen.
Ja, my kind, jy moet maar daarmee deurdruk, want ek wil nie vir Sannie teleurstel nie; en jy weet, ek moet netnou nog biduur toe, so sal ek vanaand maar min tyd vir die rok oorhê.
[Mev. Venter gaan aan met die naaiwerk.]
Dan kan Mina darem gerus kom skottelgoed opwas, Ma.
[Sy stap voordeur toe.]
Ek gaan haar nou roep.
[In die deur]:
Toe, praat dan nou, Ma. Kan ek sê Ma sê sy moet skottelgoed was?
Ja, sê maar, as jy dit graag wil hê - en as jy dink my woord sal help.
[Nelie uit by die voordeur. Buitekant hoor ons haar roep: ‘Mina! Mina!’]
[met die oop snuifdoos in die een hand en 'n knypie in die ander]:
Wat is dit nou weer?
[stadig en duidelik]:
Sy roep vir Mina - om vir haar te help skottelgoed was. Mina is ook nou so 'n handvol -
[Oupa snuiwe en nies]
- ek sal verplig wees om haar seminarie toe te stuur dat sy 'n bietjie onder toesig kan staan.
| |
| |
Op Wellington. Pa weet mos, waar die Joostes woon.
[Oupa nies weer. Nelie, gevolg deur Mina, kom by die voordeur in.]
Toe, toe, kom dan nou. Ma sê jy moet gaan skottelgoed was.
Ek alleen? Dit doen ons mos twee-twee. Dis baie makliker. Jy spoel en ek droë af.
En al die dae wat ek dit alleen doen?
Ag, kom, Ousus. Ons is in 'n jitsie klaar, en dis lekker gesellig.
[Mina stoot, speel-speel, vir Nelie deur die middeldeur, en Nelie laat haar dit maar geval.]
Dié Mina! Weet ook altyd om haar sin te kry. Sy het ons almal in die sak.
[hand by die oor]:
Hoe sê?
[baie hard]:
Ek sê, sy het ons almal...
[geklop aan die voordeur].
Kom maar binne.
[Hendrik Jooste, 'n nette seun van omtrent twintig, kom in.]
Naand, Tante; naand, Oom.
[Hy gee vir beide hand.]
[hou Hendrik se hand lank vas, en kyk vragend na mev. Venter]:
En wie is dit dié?
[hard]:
Pa ken hom dan so goed: Hendrik Jooste.
O. Hendrik Jooste. Van Bovlei?
[hard]:
Ja, Oom, dis waar ons vandaan kom; maar ons woon nou op die dorp - op Wellington.
Hendrik Jooste, van Bovlei. Ek weet. Ek was nog by toe jy die plaas gekoop het - onthou jy?
[hard]:
Dit was my oupa. Hy was ook Hendrik Jooste. Ek heet na hom.
[hard]:
Dis klein Hendrik, Pa. Kyk, dit kan mos nie ou Hendrik wees nie. Dié is al jare dood. Onthou Pa dit dan nie?
[los langsaam Hendrik se hand]:
O ja, ek onthou. Maar sien, die lig is so swak. Jy kan nie 'n man daarby beken nie.
Laat die oubaas maar staan, Hendrik. Hy dwaal so 'n bietjie. Sê my nou eers, hoe kom jy so skielik hier op Worcester aangewaai?
Ek kom 'n bietjie by oom Pieter en tant Chrissie kuier. Ek dink nie dis so skielik nie. Nelie het daarvan geweet.
| |
| |
Ek het haar dit geskrywe.
Sy kry so briewe wat sy nie vir my lees nie. Ek vrees die kind word 'n bietjie geheimsinnig. Dis seker maar van die eensaamheid - en van pure oumensgeselskap. Die arme ding het in so 'n treurige tyd grootgeword, met haar pa se dood, en ons behoeftigheid. Daar was Oupa op my hande, en die drie kinders - almal moet tog kos en klere hê en almal so hulpeloos, net Nelie wat kon skouer onder steek om my las 'n bietjie ligter te maak. Maar ek moenie kla nie
['n sug],
ek moet my kruis blymoedig dra.
O, Nelie? In die kombuis, sy en Mina. Hul is aan skottelgoed was. Hulle sal wel haas klaar wees...a, hier kom hul al.
[Nelie en Mina kom pratend en laggend by die middeldeur in.]
Kyk wie is hier, kinders.
Naand, Nelie.
[Hulle gee hand.]
En is dit Mina wat so groot geword het?
[Hy hou sy hand uit.]
[neem sy hand]:
Ek moet gegroei het, want laaste keer was ek nog klein genoeg om gesoen te word - en nou word hy al vir my bang, nè?
As jy dink dis bangigheid!
[Hy trek haar aan die hand nader en soen haar skamerig.]
Mina! Jy word al 'n dametjie. Gedra jou dan daarna. - Sy is 'n klein vabond, Hendrik. Jy moet haar nie somaar haar sin gee nie.
[Nelie gaan by die klein tafeltjie sit, en neem ook naaiwerk op. Hendrik gaan op 'n stoel by die groot tafel sit. Mina doen dieselfde, maar sy is te rusteloos om lank stil te wees, en staan later somaar in die kamer rond.]
Almal in welstand - vanmiddag nog, toe ek daar weg is.
Vanmiddag van Wellington weg, en vanaand op Worcester? Jy speel, Hendrik. Dis dan 'n goeie sestig-sewentig myl. Of het jy somaar vir kortpad oor die berge geklouter?
Ek het met die trein gekom, tante,
Die trein? En loop die ding so vinnig?
En jy waag dit om daarin te klim?
Ag, wat is dit dan? Ek sou dit self doen as ek die kans kry.
Ek nie, al betaal jy my. Gee my 'n kar en 'n flukse span perde, en ek weet ek is veilig.
Ek ry met die trein as ek seminarie toe gaan, Ma. O, dit sal heerlik wees!
| |
| |
[menende dat Mina, wat toevallig naby hom staan, met hom gepraat het]:
Hoe sê?
[in Oupa se oor]:
Hendrik het met die trein gekom, Oupa - met die ysterwa.
[hard]:
Met die trein: dié loop mos nou tot op Worcester.
Met die trein? O. En niks oorgekom nie?
[hard]:
Nee a, Oom. Wat sou ek dan daarvan oorkom?
Word jy nie duiselig as jy met so 'n vaart oor die aarde trek nie?
Nee, raai, tante - party mense kry glo hoofpyn daarvan, maar aan my het dit niks gedoen nie.
Kom saam, Hendrik; die seuns het 'n vuur gemaak, en nou laat ons mielies spring - 'n hele boel van ons - daar oorkant in tant Miem se tuin - en ons vertel spookstories daarby - sulke nare stories - Jo! Dit laat jou ruggraat sommer so koud en krimperig word!
Eers darem 'n bietjie met die mense gesels.
Dit kan jy later doen. Die lug is nou so heerlik buite - en jy weet nie watter lekker grillerige stories jy mis nie.
[Sy vat hom aan die arm.]
Kom, jong.
[laat toe, half onwillig, dat sy hom deur toe trek]:
En jy, Nelie - kom jy nie mee nie?
[verlangend maar berustend]:
Hier is 'n rok wat moet klaarkom. Ek kan nie vanaand nie.
Gaan jy darem ander aande, as die klomp jongmense...?
Toe maar, Hendrik, Nelie gee nie om nie. Sy is daar al gewoond aan.
[daar Hendrik nog staan, asof hy die posisie nie heeltemal begryp nie]:
Toe dan nou, Hendrik. Hulle gaan netnou uitmekaar.
[Sy het hom by die voordeur uit. Mev. Venter en Nelie gaan voort met die naaiwerk. Oupa sit maar keel skoon te maak en rookdampe uit te blaas.]
So 'n verwilderde kind! Sy moet seminarie toe. Wat word daar anders van haar?
Ma praat aanmekaar so - Ma weet tog dat ons dit nie kan bekostig nie.
As jou pa maar gelewe het - so 'n hardwerkende man, so vol besorgdheid oor sy kinders! Ai, die dood is tog wreed, om so vroeg te kom, maar
[sug diep]
as die Here dit wil, moet ons...
[gooi haar naaigoed neer, staan op en stap 'n ent weg]:
Dag vir
| |
| |
dag! Weet Ma, dit word so bedrukkend, ek kan nie meer...
Nelie, Nelie! Asof ons oor een wat ons liefhet...
[kom terug en gaan weer sit]:
Hoe kan ek iets liefhê wat my ongelukkig maak?
Nelie! Dit was jou vader!
Nou ja, ek wil hom liefhê, en juis daarom moet Ma nie...Ag, Ma sal my ook nie verstaan nie. Ma vind daar plesier in om treurig te wees - dit lyk my ou mense is maar so - maar ek...Kan ons dan nie van Pa praat sonder om te sug en trane af te vee nie?
[vee juis 'n traan weg]:
Ag, Nelie, as jy my ook verstoot in my droefheid...
Maar Ma kan tog probeer dink oor iets moois van Pa - iets om voor dankbaar te wees.
Og, ja, daar is die goeie dinge ook. Hy het darem vir ons die huis gelaat - daar is weduwees wat nie eens dit het nie...
En die geld in die spaarbank.
Ja, die paar pondjies in die spaarbank. So bietjie-bietjie het hy dit opsygesit, en dan altyd gesê: ‘Weer iets vir die kinders se opvoeding.’ Dit was so sy ambisie - dis my nes die geld vir daardie doel moet gaan, asof dit selfsugtig van my sou wees om dit te hou en...
En Ma se oudag? Wat daarvan?
Ag, as ek my kinders eers groot het, dan sal my behoeftetjies tog so gering wees - en so baie dinge kan in die tussentyd gebeur. Willie sal 'n groot man word, wat nie sal vergeet hoe sy ou moedertjie vir hom geslowe het nie. Ek moet maar van dag tot dag doen wat reg is, en die toekoms in 'n Hoërhand laat. En daardie dogter van my het tug so nodig - nie soos jy nie, Nelie, wat somaar vroom gebore is - ek sou my plig versuim as ek haar so wild laat bly soos sy nou groot word.
[Staan op en begin haar naaldwerk opvou.]
Buitendien, ons het al voor Mina daaroor gepraat, nou verwag sy dit. Ek weet nie wat dit sal afgee as ons haar teleurstel nie. Jy weet hoe sy is - hoe sy hemel en aarde kan omkeer tot sy kry wat sy wil hê.
[Sit die naaigoed neer en maak haar voorskoot los.]
Maar wag, dis darem tyd dat ek my klaarmaak vir die biduur. 'n Mens reken daarop dat die winteraande lank is, en dan kom jy maklik laat. Jy weet mos hoe om met Sannie se rok aan te gaan, nè Nelie?
[klop haar liefdevol op die skouer]:
My flukse dogter! Jy is ook so knap met die naald, ek dink Sannie sou liewer jou werk wil hê as myne. Ek is trots op jou, Nelie. En jy, voel jy nie gelukkig om te weet dat jy jou moeder se sorge lig en haar hart warm maak nie?
| |
| |
[Nelie glimlag maar.]
Nou ja, werk maar lekker, hoor.
[Mev. Venter neem 'n kers van die groot tafel en stap daarmee by die gangdeur uit. Oupa buk met moeite vorentoe en slaan sy pyp in sy linkerhand uit.]
[hard]:
Wag, Oupa - nie op die vloer nie.
[Sy neem die pyp, skud dit in die blaker uit, en gee dit aan hom terug. Oupa het intussen opgestaan en is op pad kombuis toe.]
Hoe sê?
[Neem die pyp aan.]
O. Dankie.
[Oupa af.]
[Die voordeur gaan ope, en Hendrik loer in.]
Net gaan aantrek vir die biduur.
[Hy kom in.]
En toe? Wat van jul mielies en jul spookstories?
Ek het stilletjies daar weggeraak. Nou het ek 'n kans om jou die brief te bring - van Ma - haar antwoord op joue.
[Hy gee haar 'n brief, op die outydse manier gevou - nie in 'n koevert nie. Onder die gesprek wat volg neem Nelie weer haar plek by die werktafel, en Hendrik gaan by haar sit op die stoel wat mev. Venter so-ewe verlaat het.]
[Sy maak gretiglik die brief ope.]
Ek weet wat daarin is. Pa en Ma sê ja, jy kan by ons kom bly, so lank as jy wil, en van ons huis af die seminarie-klasse bywoon. En verniet ook - Ma sê sy weet mos wat 'n vlytige paar hande jy het, en hoe behulpsaam jy in die huis sal wees.
[stralend]:
O, dit sal...dis te goed om waar te word. As Ma net 'n kans wil sien om sonder my...
Hulle het so daaraan gewoond geraak dat ek dingetjies doen - so aangeneem dat dit maar so hoort - en ek ook - ek sien waarlik nie meer hoe dit anders kan gereël word nie.
Maar jy moet kom, Nelie. Ek wil ook so graag hê jy moet kom.
[verwonderd, maar nie ontevrede nie]:
Jy? Ag!
Ja, regtig. Sien, daar is iets waarin jy vir my ook moet help.
[gewigtig, knik met die kop]:
'M! Kyk, noudat die Bovleiplaas somaar daar lê in die knegte se hande - want Pa is te sieklik, en Ma is ook nie meer te gesond nie - nou wil hulle hê ek moet daarop gaan boer.
Dis 'n lekker kans vir jou.
As ek daar lus of aanleg voor gehad het, ja; maar dié het ek
| |
| |
nie. Ek het so goed gedoen in die skool, en ek leer so maklik; as Pa my nou wil laat aangaan, kan ek eksamens maak, en onderwyser word. Dan kan ek lees - en lees - en met die kinders gaan praat oor wat ek lees - dit sou my lewe wees! Daar het ek begeerte en ambisie voor, en daar sal ek 'n sukses van maak, dit weet ek.
En wat kan ek daarin doen?
Jy kan met Pa en Ma praat - aanhou praat, elke maal wanneer jy die kans kry. Sien, hulle reken my vir 'n kind; hulle neem nie notisie van wat ek sê nie.
Maar weet jy dan nie? - ek is jonger as jy.
Dit weet ek. Maar jy is so verstandig - so ernstig. Almal behandel jou soos 'n ouer mens. Hulle sal baie beter na jou luister as na my.
[Mina steek die kop by die deur in.]
En toe? Jy sou dan van die goëlery op Groenberg vertel.
Ek kom weer. Ek wil net vir Nelie nog iets vra.
[kom binne]:
Nou ja - vra gou!
Loop jy maar. Ek sal kom.
Hul het gesê ek moet jou kom haal. Nou wag ek vir jou; dan maak jy gouer.
[sien nie kans om van Mina ontslae te raak nie]:
Ek wou maar vra - het jy gehoor, Nelie, daar is 'n man wat vanaand 'n toorlantern gaan wys, in die skoolsaal.
Ek wil gaan kyk. Oom Pieter en tant Chrissie gaan ook. Sal jy meekom?
Net 'n sikspens. Ek het genoeg - vir jou en vir my.
'n Toorlantern? Die moet pragtig wees.
Dan is Ma nog in die biduur - en dan moet ek kyk dat Oupa in die bed kom - en gaan kyk of hy sy kers doodgeblaas het - en hierdie rok wat moet klaarkom...
Ek gaan by Ma 'n sikspens bedel. Ek het nog nooit 'n toorlantern gesien nie.
[aan Mina, wat op pad is na die gangdeur]:
Toe maar, ek het geld genoeg vir ons drie.
[Uit by die gangdeur.]
Sy is al weer vir jou voor.
| |
| |
Sy weet Ma laat haar maar begaan.
[kom nader, en praat skamerig, maar gevoelvol]:
Weet jy, Nelie, dis...dis nou nie net vir jou plesier nie...dis vir myne ook. Ek - ek wil graag vir jou saamgehad het...dat ons 'n bietjie kan gesels...en...
[Mina kom weer ingestorm, regs.]
Ma sê ja, ek kan gaan, as oom Pieter en tant Chrissie meegaan - om te kyk dat die jong mense vir hulle gedra.
Lekker!
[Swaai dansend van vreugde oor die vloer.]
Ai! 'n Toorlantern! Jo!
Dit het ek nie gevra nie. Ek weet sy het werk om te doen; en sy is ook nie een wat so graag uitgaan nie.
Maar sy het lus om te gaan.
Nou loop vra dan, Ousus. Elke man vir homself, sê ek, dan kom almal die verste.
[aan Nelie]:
Sal jou ma dan nie maar vanaand die biduur laat staan nie?
Vir 'n toorlantern? Ek durf amper nie vra nie.
Maar jy moet, Nelie. Jou ma sal tog verstaan, en...
Probeer maar, sus. Vra is vry. - Maar ons sal darem vir Nelie alles vertel as ons terugkom, nè Hendrik.
Dis nie dieselfde nie. 'n Toorlantern is iets wat jy moet sien.
Dis iets wat ek al lankal wou gesien het. O, jy is 'n engel, Hendrik.
[Vat hom aan die arm.]
Kom, vertel nou daardie goëlstorie. Daar is nog 'n bietjie tyd.
[laat hom maar weer deur toe trek]:
Onthou om te vra, hoor Nelie. En laat ons kom help mooipraat, as dit nodig is.
[Mina by die voordeur uit, en Hendrik, vir wie sy nog aan die arm het, agterna. Nelie lees haar brief. Mev. Venter kom in by die gangdeur, met mantel, hoed en gesangboek, klaar vir die biduur. Haar duimhandskoene het sy nog in die hand, en onder die gesprek trek sy dit aan.]
Weer 'n brief gekry, Nelie?
Iets wat...iets waaroor ek graag met Ma wil praat. Het Ma nog tyd?
[stap tot by die werktafel, en gaan by Nelie sit]:
'n Paar minute, ja. Vertel maar.
| |
| |
Dis van Hendrik se ma. Ek het aan haar geskrywe
[aarsel]
...of ek 'n tydjie by haar sal kan gaan kuier.
Ek sal jou verskriklik mis, Nelie. Ek kan amper nie sien hoe die huishouding 'n dag sonder jou kan klaarkom nie. Maar om jou ontwil, kind - as jy daar lus voor voel - sal ons dit maar inpas, een of ander tyd as die naaiwerk nie so druk is nie, vir 'n naweek - miskien selfs vir 'n hele week...
Ek wou darem langer gebly het, Ma.
Ja, Ma. Ek het gesê ek sou help in die huis, en met die naaigoed, en so is sy gewillig om my verniet...
Vir...vir...ek sou sê, Ma, vereers vir 'n kwartaal, en dan...sien Ma, ek wil die seminarieklasse bywoon, en as ek verniet kan loseer, dan kos dit so min - en terwyl Ma nie omgee om van die spaarbankgeldjies te trek nie...
[met sterk aandoening]:
En as jy my alleen laat, Nelie, wat word van my, wat word van my? Wie hou vir my geselskap, wie help om te sôre vir Oupa, vir die kinders, vir die naaigoed wat ons brood moet verdien?
[Omhels vir Nelie.]
My kind, wat die ledigheid van my hart kom vul het, wil jy regtig jou weduwee-moeder verlaat? Is die huis, die werk dan vir jou so onaangenaam?
Nee, Ma, maar die opvoeding...Ma het daar self van gepraat. Ma wil dit vir Mina gee...en ek het gedink...
Jy het dit nie nodig nie, Nelie. Jy is somaar 'n volmaakte mensie - somaar van natuur goed en fyn en skrander. Ag, my kind, moet tog nie dink dat ek jou dit nie gun nie. Jy is my lieflingskind, jy weet dit. Maar juis daarom - die gedagte dat ek jou vir maande en maande nie sal sien nie, nie met jou sal kan praat nie, nie jou teenwoordigheid sal kan voel nie - o, ek kan jou nie afgee nie.
[Die laaste woorde sê sy byna snikkend, met die hande voor die gesig.]
[aangedaan, sit haar hand strelend op mev. Venter se skouer]:
Ag, Moedertjie, moenie.
En Hendrik moet vir jou laat staan - so 'n bog kind...so 'n...
Dit kom nie van hom nie, Ma. Ek het self...
Ek sien aan sy hele manier...miskien is dit maar omdat ek so bang is. Iemand sal jou eendag van my kom wegneem, Nelie, en ek sal nie in die pad van jou geluk wil staan nie; maar as ek sien dat 'n jong man jou aankyk, dan voel ek hul ruk aan my, hul skeur aan my, en ek kan dit nie help nie - al weet ek dis verkeerd van my - ek wil hul van jou wegstoot, ek voel of ek jou moet beskerm, ek
| |
| |
wil jou aan my hart druk dat hul jou nie kan kry nie.
[glimlag]:
Waar loop Ma se verbeelding dan nou heen!
Vandat jou vader my ontval het, Nelie, het jy die naaste daartoe gekom om sy plek in te neem. As ek die fout maak om jou te lief te hê - so lief dat ek die gedagte aan 'n skeiding nie kan verdra nie - dis tog 'n vergeeflike fout, Nelie, en jy sal dit my nie kwalik neem nie, nè?
En ek begin al oud word. Wie weet hoe kort my tydjie nog is! Jy sal nie altyd met die lastige oumens opgeskeep wees nie.
Wil jy waarlik van my weg? Wil jy nou waarlik jou ou moedertjie ongelukkig en ellendig maak?
[in hewige stryd]:
Ek...ek...
[omhels haar moeder]
nee, ek weet self Ma kan my nie mis nie...ek weet ek kan nie weg nie...net...net...
[streel haar liefderyk]:
My skat van 'n dogter! O, Nelie, jy is 'n liewe kind. Jy is 'n volmaakte kind. Jy is 'n engeltjie op aarde. Ek is trots op jou. Ek is so dankbaar dat jy myne is.
[Streel haar weer.]
Nou moet ek regtigwaar loop.
[Staan haastig op.]
Ek wens ek kon jou 'n makliker lewe gee, maar ek is self magteloos. Maar toe maar, Nelie, jy dra die las in jou jeug, en jy sal jou loon eendag ontvang.
[Sy blaas die kerse op die groot tafel dood, sodat net dié op die werktafel nog brand.]
Wat sal die kerse verniet brand. Dit kos alles geld. Jy het mos nie ál hierdie lig vir die naaiwerk nodig nie, nè Nelie?
Jy sal sien dat Oupa om agtuur in die bed kom, nè?
En sy kers gaan doodmaak as hy slaap? - anders steek hy nog een nag die huis aan die brand.
[by die kombuisdeur, hard]:
Nag, Pa.
[uit die kombuis]:
Hoe sê?
[harder]:
Ek sê goeienag, Pa.
Tot siens, my liefste kind. Ek weet jy voel binnekant gelukkig. So voel 'n mens as jy doen wat reg is.
[lusteloos]:
Tot siens, Ma.
[Mev. Venter by die voordeur uit. Nelie kyk nog 'n slag na die brief, vou dit dan weer toe, en bêre dit in haar klere weg. Mina kom by die voordeur ingehardloop, gevolg deur Hendrik.]
| |
| |
[Sy hardloop oor die kamer en by die gangdeur uit.]
Van die toorlantern? - Ek het nie gevra nie.
Nie gevra nie? Hoekom dan nie?
[in skielike opgewondenheid]:
Hoekom moet ek altyd vra - altyd stoei en soebat, en op die ou end tog maar ingee? Kan Ma dan nie uit haar eie ook dink dat ek...?
[Sy stop en draai haar gesig weg om nie die opwellende trane te wys nie.]
[simpatiek]:
Jou ma is onbedagsaam, Nelie - dit het ek al opgemerk. Miskien het jou toegewendheid haar bederwe - dat sy nie besef hoe jy voel nie - want ek dink tog sy meen dit goed met jou.
[Mina kom in by die gangdeur, met 'n hoedjie en 'n manteltjie.]
As jy mooi gevra het, maar beslis, en gewys het hoe veel dit vir jou beteken, sou sy seker...
Ag, ek wil ook liewer nie gaan nie.
Nee. Toe, loop julle maar.
[besig om die hoedjie op te sit, aan Hendrik, wat enigsins oorbluf vir Nelie aankyk]:
Ousus is mos anders as ons. As ek nie met die jongspan mag saambaljaar nie - of na die toorlantern gaan kyk nie - of seminarie toe gaan nie, dan sou ek ellendig voel. Ek sou my doodknies. Ek sou 'n gifpoeiertjie sluk, so waar. Maar vir sus Nelie is dit plesier genoeg om net goed te wees. Dis mooi van haar, dit weet ek, en almal prys vir haar terwyl hul vir my slegsê - maar liewer sy as ek. Tot siens, my goeie Ousus.
[Sy maak die voordeur oop. Hendrik aarsel nog.]
Dis al agtuur, hoor. Kom, Hendrik, ons is laat.
[Mina en Hendrik by die voordeur uit. Intussen het Oupa weer uit die kombuis aangesukkel gekom.]
[sit 'n oomblikkie in gepeins; dan, asof sy skrik]:
Agtuur!
[Sy spring op, en stap na Oupa.]
Slaaptyd, Oupa.
[Hy draai om en strompel oor die kamer na die gangdeur. Nelie haal die kers van die buffet, steek dit by die kers op die werktafel aan, en gee dit vir hom.]
| |
| |
[Oupa by die gangdeur uit, met die brandende kers in die hand. Nelie, alleen, gaan by die werktafel sit en neem die naaigoed in die hand. Sy sit stil asof sy in die verte kyk. Dan haal sy 'n sakdoek te voorskyn en vee sy uit elke oog 'n traan weg.]
[Skerm] |
|