Marxisme en die Afrikaanse letterkunde
(1988)–Ampie Coetzee– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 46]
| |
Hoofstuk 5
| |
[pagina 47]
| |
Afrikaner-armoede nie in kapitalisme as sodanig geleë is nie, maar in die feit dat die stelsel in die hande van nie-Afrikaners was. Volgens hom moet daar nie na die vernietiging van kapitalisme gestreef word nie; dit moet getransformeer, ‘veretniseer’ word sodat dit die aard van die Afrikaner pas. En toe het gekom die Reddingsdaadbond - 'n etniese organisasie, Christelik-Nasionaal, wat alle Afrikaners bymekaar wou bring vir die bevordering van hulle kuturele, maar veral hulle ekonomiese belange. Die Reddingsdaadbond wou die volk ook leer dat handel en nywerheid nie teenstrydig is met godsdiens en Afrikaner volkseenheid nie: ‘...the symbolic effect of the Reddingsdaadbond, impossible though it is to measure, must have been considerable. For example, certain intellectual leaders of the Afrikaner civil faith began to shift from the old attack on “Hoggenheimer” to praise the new “People's Capitalism”, without in any way casting off their traditional civil religion, and to urge that Afrikaners cultivate the virtues of an urban industrial society: to invest, to strike, to spend, to borrow, and to lend at interest. Despite its rural origins, the Afrikaner civil religion adapted surprisingly easily to urban industrial life.’Ga naar voetnoot3 Inspan en Koers het aangemoedig, geleer en die pad na kapitalisme met vrome argumente aangewys, soos: ‘Ons kan nie anders as om aan te neem dat die besitneiging, die drang om die stof te beheers en in te span in diens van die Skepper, deur God in die mens ingeskape is met die doel om Hom daardeur te verheerlik en sy beeld glansryker te weerspieël. Maar ons wil ook so ver gaan as om te beweer dat die beeld van God die sterkste geopenbaar word in en deur diegene in wie die wil om te regeer of om heerskappy te voer die sterkste tot uiting kom, nie willekeurig nie maar deur God daartoe geroep. Die aartsvaders in wie God Homself kragtig geopenbaar het, was vooraanstaande figure in die Gewyde Geskiedenis. Hulle was ryk en magtig en het as vorste gelewe. Dink aan Abraham, Jacob en Job. Ons volk het in die verlede ook baie sulke patriargale figure voortgebring. 'n Slaaf kan hom nie laat geld nie, omdat hy niks besit nie, maar besit word. Minder as 'n slaaf, kan iemand wat van liefdadigheid lewe, hom laat geld. As iemand hom wil laat géld, moet hy ook genoeg besit om in sy eie behoeftes te voorsien en boonop ook nog genoeg om as middel te gebruik in diens van God en sy volk.’Ga naar voetnoot4 Die volgende stap was die ‘Christen-kapitalis’ en die versoening tussen kapitalis en arbeider: | |
[pagina 48]
| |
‘Instede dat kapitaal en arbeid, soos die kommunis leer, geswore vyande is, moet hulle vir ons broers wees wat saam werk en mekaar help in die lewenstryd. Kapitaal moet behou word as 'n hemelse gawe wat meer werkgeleentheid skep - wat minderbevoorregtes 'n kans in die lewe gee. Só wil tekste van die tyd 'n harmonieuse verhouding tussen werker en kapitalis, en by implikasie ook die gesagsverhouding, kondisioneer. Dán word die bestaan van 'n wit proletariaat 'n voldonge feit: ‘Die arbeidsgemeenskap mag dan nooit sy karakter verloor as 'n gemeenskap van lewende mense, mense met vreugde en smart, ideale en verwagtinge, deugde en gebreke. Die mens ook in sy arbeid selfs die sogenaamde laagste is nooit 'n nommer nie, maar 'n volle, mondige, vrye persoonlikheid, draer van die beeld van God. Dit is die redding van die Arbeid.’Ga naar voetnoot6 En natuurlik ook, en veral, die redding van die kapitalisme. Sjakkie Portjee, die inisiaat in Die onterfdes begin sy lewe as getroude man en hoof van die huis met die volgende teksverse van sy pa: ‘Sy pa het meermale vir hom gesê: “Sjakkie, ou seun, daar is drie soorte mense op die wêreld: Die hotnots, ons en die ryk mense. Oor die hotnots hoef jy jou nie te bekommer nie, hulle is sommer vuilgoed. En die ryk mense hoef jou nie af te skrik nie, as jy maar net uit hul pad uitbly en weet hul huis is nie joune nie. Ou Faantjie Delport mag sê dat ryk mense jakhalse is wat die bietjie vleis van die arm man wegvreet. Maar Faantjie was al in die tronk vir die-here-weet-wat, en hy is 'n kommunis! Onthou jy daardie rysweep wat ek vir kaptein Wilmot gemaak het? Portjee, het die kaptein gesê, ek is so damn satisfied met my sweep, as jy nog netso een vir miesies Wilmot maak, betaal ek jou twee pond en 'n dop goeie ou whisky! Hy was vir jou 'n gentleman, en so ryk dat jy nie naby kon kom nie! Nee, ou seun, ryk of arm, die mens is goed en God is goed. Haal jou hoed af vir die grotes en sê hallo vir jou eie mense, en die Here sal jou seën, so wragtag!” | |
[pagina 49]
| |
En na hierdie patroon van die mensewêreld het Sjakkie Portjee dan ook sy eie lewetjie probeer inpas. Trots op sy wit vel, solidêr met hulle wat vir elke pennie moes dankie-sê, en met 'n skugtere eerbied vir die grotes wat vir hulle kon laat werk en vir wie die mooi huise en die motorkarre gemaak word. Dit was die wêreld waarin die Liewe Heer op 'n goeie dag vir Sjakkie gesit het. En wie sou teen Sy Orde probeer spook? Nie Sjakkie Portjee nie!.’Ga naar voetnoot7) Hierdie woorde toon duidelik 'n aanvaarding van klas, van kapitalis en proletariaat. Diegene wat in verset teen kapitalisme is, word gediskrediteer. Daar is ook agting vir gesag: vir dié van God wat alles so gewil het, en vir Sjakkie se vader wat hom die les geleer het. En die aanvaarding van sy vader se opvattings, is ook 'n voorneme om sy lewe daarvolgens in te rig - om harmonieus saam te leef met gesag. Die teks begin met die huweliksbevestiging van Sjakkie en Sanna, die vestiging van 'n familieverband waarin dit beklemtoon word dat Sjakkie die hoof van die gesin sal wees - ‘die vrou sal volg waar die man gaan’ (bl. 5). Die familie - Oom Hennie, Sjakkie se vader, in die teks altyd ‘Vader Portjee’, sy seun en skoondogter, die portret van vader Portjee se gestorwe vrou, en later Sanna se siek moeder - leef saam in liefde, toegeneentheid en besorgdheid vir mekaar. Saam, onder die leiding van vader Portjee - vir die teks 'n ‘dierbare oubaas’ - bou hulle aan 'n toekoms. Reeds vroeg al is dit duidelik dat hulle mekaar gelukkig wil maak - veral die vader wat begin deur skelmpies 'n strykplank te maak om Sanna te help. Hulle is ywerig, almal werk, en die woord ‘fluks’ kry 'n taamlike hoë frekwensie in die teks. Dis 'n familie wat vooruitgaan, ook wat getalle betref, want later kom 'n veelgeliefde kindjie by. Wanneer vader Portjee sy plan vir die strykplank verduidelik, kom vra Anna Coetzee - met ses kinders, een op pad, en 'n dronk man, Japie - brood en koffie. Daardeur word die Coetzee-familie, met Japie die chauvinis en dronkaard wat vrou en kinders mishandel, gekontrasteer met die vlytige Portjee-familie. Waar die Portjee's vooruitgaan, gaan hulle agteruit; ook wat huisgenote betref, want van die kinders sterf en later die vrou ook. Periferaal staan Faantjie Delport ook teenoor die Portjee's: hy is los van sy familie, 'n swerwer sonder inkomste wat nie vir hulle kan sorg nie. Deur arbeidsywer en harmonieuse samesyn bereik die Portjee's materiële welvaart wat hulle bo die Coetzee's en Faantjie Delport verhef. Maar dit veroorsaak nie 'n gevoel van klasseverskil tussen hulle en die ander nie, net so min as wat daar so 'n bewustheid bestaan tussen hulle en die klein-kapitalis Van Dyk, of die kapitalis-Jood Solem Rabinowitz. Die moontlike of potensiële klasseverskil tussen die Portjee's, Coetzee's (en Delport), Van Dyk's en Rabinowitz'e - almal as families want oral word iemand se vrou of kinders betrek - word oorbrug deur mededeelsaamheid, medemenslikheid of gemoedelikheid. En telkens is dit die | |
[pagina 50]
| |
een wat finansieel beter daaraan toe is wat die ander help. Uit jammerte help die Portjee's die Coetzee's en wanneer Japie uit die tronk kom en geld vra, gee vader Portjee dit (alhoewel dit Sjakkie se geld is, maar ‘Sjakkie sal verstaan, hy's 'n goeie seun ...’ bl. 127). Uit jammerte wil hy ook aan Faantjie Delport geld gee; maar Faantjie weier - en daarmee impliseer die teks dat hy beter as Japie is, al is hy 'n kommunis. Van Dyk help Sjakkie om sy besigheid te begin, en die herinnering aan vader Portjee se medemenslikheid beïnvloed Rabinowitz se optrede teen Sjakkie wanneer dié in die moeilikheid is. Die teks wat in handelinge en gebeurtenisse die kontras tussen die vrugte van orde en vlyt en die gevolge van wanorde en onverantwoordelikheid geskep het, maak deur sy teks-wees die opposisie tussen Portjee en Coetzee nog skerper. Die teks bestaan uit kort episodes wat deurlopend en chronologies is. Deur gebruik te maak van kort stukkies kan hy parallelle en teenstellings aandui - bloot deur teks te wees. Byvoorbeeld: aan die begin word byna gelyke gedeeltes teks afgestaan aan die Portjee-familie as aan die Coetzee-familie; maar met die vinnige retrogressie van die Coetzee's word die teksgedeeltes aan hulle gewy progressief minder, sodat die voorspoed van die Portjee's meer in die aandag van die leser bly. Hoofstuk twee eindig met 'n suggestie dat Sanna swanger is, en Sjakkie se kommer oor haar. In hoofstuk drie word Japie se sewende kind gebore van 'n verwaarloosde moeder. Hoofstuk vier eindig met nig Hester wat ekstra koekies van 'n geselligheid wegneem ‘vir die kleinspan by die huis’; en hoofstuk vyf begin met Anna se kind wat nie soos ander babas is nie en nie wil drink nie. Hoofstuk sewe eindig met ‘'n opwelling van bruisende geluk’ by Sjakkie wanneer hy die skopbewegings van die ongebore kindjie teen Sanna se maag voel, en hoofstuk agt begin met die opwellings van liefde wat klein Jannie Coetzee vir sy pa het - maar ook met sy herinnering aan dié kere wat sy pa hom uit die pad uit geskop het. Die hele hoofstuk tien word gewy aan die moontlike geboorte van Sjakkie-hulle se kind, en die volgende hoofstuk begin met: ‘Rabinowitz was tevrede met sy tafel en stoele’ wat Sjakkie en pa gemaak het; sodat die geboorte van die kind plaasvind aan die begin van 'n nuwe materiële era vir die Portjee's. In hoofstuk vyftien word 'n epidose gewy aan die agteruitgang by Japie-hulle, en veral die toestand van die kinders wat geen ordentlike sorg meer het nie. Direk daarna, en vir die res van die hoofstuk, gaan dit oor ma Saayman (Sanna se ma) se beroerte en die sorg wat sy van haar kinders en van vader Portjee kry. Soms is daar ook 'n ander metode waardeur mens, buiten die gebeurtenis wat beskryf word, skielik bewus raak van die teks self, van 'n wyse van sê wat meer sê as net beskryf. 'n ‘Poëtisering’ miskien, of 'n ironisering, 'n afstand-neem. Vergelyk die volgende - die begrafnis van Japie Coetzee se baba: ‘Die dominee bid lank en aandoenlik. God's Weë bly ondeurgrondelik! Blomme lê dun gesaai aan die voet van die graffie, verlep in die voorjaarson. | |
[pagina 51]
| |
Die superioriteit van die Portjee-familie is te danke aan hulle relatiewe materiële welvaart en hulle bewustheid van orde en gesag. Dit is waarvoor hierdie teks gaan - dit is die dialektiek oor kapitalisme - en ek wil probeer om die verloop daarvan uit te wys. Aan die einde van die eerste hoofstuk sê die teks, opsommend, hoe Sanna partykeer praat van Sjakkie: ‘eendag, as jy ryk is’ (bl. 10). Hoe kan hy as werker van oubaas Van Dyk ooit ryk word? En eendag maak hy vir haar ma 'n tafelblad reg, en die teks vertel: ‘“Maar jy is darem knap,” het sy hom bewonder. Die kommentaar oor vader Portjee se reaksie aan die einde is insiggewend. Sanna se koppige aanmoediging en die teks se subtiele bevestiging daarvan wys vroeg al die pad wat Sjakkie sal moet loop, aangepor en gelei deur Sanna en vader Portjee. Sy wil hê hy moet sy eie baas word, en in hierdie begeerte is daar 'n onverbiddelikheid by haar wat soms onaangenaam raak. Sy moedig hom aan om by Van Dyk geld te gaan leen vir 'n begin, en ‘... Daar is iets hards en onversetliks in haar gesig, asof sy haarself gewapen het vir 'n bitter stryd ...’ (bl. 43). En wanneer Sjakkie en vader Portjee besig is om die prys van 'n bestelling vir Rabinowitz uit te werk sê sy hý moet baie daarvoor betaal omdat hy 'n ‘stink-jood’ is, want ‘... sy kan partykeer so hard en meedoënloos voel as sy aan ryk mense dink. En Rabinowitz is ryk, daarvan is sy seker. Hy is ryk en hy is 'n Jood. Dis genoeg, en sy voel of daar iets bitters is waarteen sy moet stry’ (bl. 78). Sy sou die meedoënlose aanhitser tot kapitalisme kon word, maar die teks ontwikkel dié motief nie, want hierdie sy van kapitalisme is ongewens. Die weg van die goeie, gemoedelike vader Portjee sal eerder gevolg word. | |
[pagina 52]
| |
Vader Portjee het nooit vaste werk gehad nie, hy was dus nog nie werklik 'n arbeider nie; maar hy het 'n aanvoeling gehad van wat in die toekoms sal gebeur, daarom het hy sy seun 'n ambag laat leer, timmerman. Hy, die vader, was 'n maker van gebruiksvoorwerpe waarvoor hy dikwels geen geld ontvang het nie. Sy beloning toe hy die dominee se stoel reggemaak het, was: ‘Portjee ... jy het my 'n groot diens bewys. Geld het ek nie om jou te betaal nie. Maar ek sal vir jou bid ...’ (bl. 15). Maar eintlik is die strykplank wat hy maak al méér as net gebruiksvoorwerp; daar is 'n element van die kompeterende wanneer ander mense die plank bewonder (vgl. bl. 30-31): die strykplank verkry dus 'n waarde wat dit vergelykbaar maak met ander waardes. Na sy afdanking by Van Dyk, toe Sjakkie en sy pa met die houtwerkbesigheid begin, is daar kommer oor geld; en Sanna se versoek om doeke vir haar kind vind nie by hom byval nie. Dis opvallend dat Sanna 'n klasseonderskeid openbaar wanneer Sjakkie sê Jopie se kinders het nie doeke nie (‘My kind sal nie soos 'n hotnot gebore word nie’, bl. 46); en dat vader Portjee - as jy die teks versigtig lees - eintlik aan Sanna se kant is m.b.t. die doeke (bl. 48). Die geld wat sy neem vir die doeke lei tot 'n hewige uitbarsting: die harmonieuse familiesamesyn word verbreek a.g.v. 'n strewe na ‘hoër materiële waardes’. Sjakkie se begin as vervaardiger van kommoditeite is teleurstellend omdat hy vir die tafel en vier stoele wat Rabinowitz van hom bestel het 'n lukrake prys maak. Sy profyt is te laag, en geduldig begin vader Portjee hom die formules van kosteberekening en oorhoofse uitgawes leer. 'n Begin is gemaak met vader Portjee se woorde: ‘Sjakkie ... jong ... kom ons maak weer biesnies met hom!’ (bl. 65) En wanneer die besigheid in alle erns begin, is dit aanvanklik vader Portjee wat onderhandel - grappenderwys en gemoedelik. As die gekibbel oor pryse ernstig word, weet die ou man om te waarsku: ‘“Dis net dat ek partykeer dink dat 'n klompie mense moet hard werk en dat die ander die geld kry”.’ (bl. 76) Maar as hy dié eksploitasie-aspek van kapitalisme noem, onthou Rabinowitz: ‘Toe sy enigste baadjie so vuil was dat almal hul neus vir hom opgetrek het - “ou stinkjood!” Net hierdie einste ou Portjee het toe so nou en dan 'n grappie met hom gemaak, hom darem soos 'n witman behandel ...’ (bl. 76) En 'n transaksie word beklink wat vir albei aanvaarbaar is - omdat ordentlike, menslike besigheid hier gedoen is. Dit is wat die teks wil beklemtoon: die Christelike kapitalisme. Nie lank na hierdie klein oefening in die humane kapitalisme nie kom kuier Faantjie Delport met die ander beeld daarvan: ‘En hy gesels net oor kommunisme en oor die verdomde kapitaliste. Veral oor die kapitaliste het Faantjie baie gruwelike stories om te vertel. Soos | |
[pagina 53]
| |
hulle die arm werkvolk behandel! Dis moord, lae moord, niks anders nie! En die lèste ding het Faantjie met sy eie oë gesien, so waar soos hy leef! Arm winkeldametjies wie se loon - daardie simpel paar sjielings! - agtergehou word omdat hulle nie hul rokkies wil optrek vir die ryk omies nie. Arm kaffers wat halfdood geslaan word as hulle 'n stukkie afval uit die groot besighede wegneem, net omdat hulle honger is, omdat hulle nie geld gekry het om daarvoor te betaal nie! En die rykes staan net by en lag! Ja, dreun hulle op, die swartgoed, moor hulle! Wat steel hulle ook ons goed! Die teks se hantering van hierdie uitbarsting is insiggewend. Sy toespraak word nie direk gegee nie, maar gerapporteer, en in die verslag daarvan effens gebanaliseer. En die teks beklemtoon sy rooi hemp. Op hierdie gerapporteerde woorde volg die direkte woorde van vader Portjee: ‘Faantjie, kry jy nie warm nie?’ En daarna antwoord vader Portjee alles direk op wat Faantjie indirek -déúr die teks - moes sê. Dis dus duidelik dat die teks hom letterlik distansieer van Faantjie - en daarom ook van sy beeld van die kapitalisme. Die teks mag hom daarvan gedistansieer het, maar Sjakkie is vrugbare aarde; en vader Portjee moet die teendeel bewys. Aanvanklik het vader Portjee se woorde geen effek teen Sjakkie se drif oor die weiniges wat het en die menigte wat nie het nie. Op die volgende wyse kalmeer die vader sy seun: ‘Sjakkie voel hoe sy pa se maer vingers soos 'n skroef om sy arm vasklem, harder en harder. Gotta, daar is vir jou nog krag in die ou kêrel se hande! Gesag, uitgeoefen met 'n bietjie krag; en Sjakkie bly tjoepstil, vir sy pa om in die direkte rede, en vir agt paragrawe lank, uit te wei oor die feit dat daar armes moet wees, maar dat die Here hulle nie sal vergeet nie. Jy moet net dít weet: ‘“Natuurlik moet jy werk dat dit bars. Dis waarvoor die Here jou gemaak het. Daarvoor het 'n man mos 'n vrou en kinders”.’ (bl. 96) Hy lewer verder 'n apologie vir kapitaliste; en diegene wat teen hulle is - soos Faantjie - is geweldenaars, immoreel, ateïsties - en doodgewoon sleg. Vader Portjee kan hierna sy opvoedingsproses voortsit, deur tentatief voor te stel dat Sjakkie 'n spaarboekie kry, maar Sjakkie verkies nog om die | |
[pagina 54]
| |
akkumulasie te sien gebeur (‘dis darem lekker om te kan sien hoeveel geld jy het’, bl. 99). Dan word Sjakkie gedwing om self te leer onderhandel wanneer kapitalisme in aksie hom byna 'n finale knou gee: Rabinowitz weier om die toonbankkas te aanvaar wat Sjakkie op verkeerde mate gemaak het. Sjakkie vertel hom wat hy geleer het van sy pa: van wedersydse goedgesindheid wat nodig is vir besigheid; en toe praat Rabinowitz van die medemenslikheid wat Sjakkie se pa aan hom betoon het in die veriede. En kapitalisme gekwalifiseer deur menslikheid wen die stryd. Die laaste les leer Sjakkie van Sanna wanneer sy een aand in trane uitbars. Die implikasie is dat hy haar verwaarloos het (‘Dalk hèt hy te min aandag aan haar gegee ... en dis nie net oor die besigheid met Rabinowitz nie ...’ bl. 144); dat sy besigheid sy gesinslewe begin beïnvloed. Maar dis ironies dat die grootste troos wat hy haar kan gee in die teken van kapitalistiese vooruitgang staan: hy vertel dat hy 'n saag gaan koop wat oor die honderd pond kos, met geld by Rabinowitz geleen: ‘Alle onsekerheid gly skielik uit haar weg. Sjakkie kan nou maar praat oor honderd pond, sy sal nie meer bang voel daaroor nie. Sy is seker hy sal dit kan terugbetaal, sommer gou ook.’ (bl. 145) 'n Mens sou verwag dat die teks hier eindig: Sjakkie is op die pad na kapitalistiese akkumulasie en die teks het die menslikheid en dus aanvaarbaarheid van 'n humane kapitalisme bewys, en die pad na 'n tevrede proletariaat. Maar direk na die vorige passasie - dus doelbewus so deur die teks gewil - volg dié mededeling: ‘Sy hoes opeens, heftig en droog. Sanna het tering. Waarom hierdie terugslag wanneer alles begin goed gaan? Nou kan geld nie help nie en vader Portjee gaan praat met die magistraat. Sanna kry plek in 'n sanatorium en die magistraat vra uit oor die lewensomstandighede van die armes, en belowe uitkoms. Die owerheid belowe uitkoms. Soos vader Portjee se gesag oor sy seun gemoedelik en goed is, net so is die magistraat teenoor vader Portjee: 'n belangstellende, besorgde, hulpvaardige, goeie gesag. As die gesag goed is, is dit aanvaarbaar, impliseer die teks. En aanvaarding van gesag is aanvaarding van die orde; en dit is: hiërargie, klas, ryk en arm, die verdeling van arbeid. As jy proletariaat is moet dit so wees; jy kan strewe tot iets hoër deur harde arbeid, maar ootmoedig moet jy bly en weet van jou meerderes. Jy is nie gedestineer om bo uit te kom nie - net om gelukkig te leef binne die perke wat die orde, die kapitalistiese orde, daarstel. Die orde kapitalis-werker mag jy nie bevraagteken nie; dit is goed, net soos gesag goed is. Die teks het dit duidelik gewys in die lewens van die mense wat hy geskep het: as jy nie wil werk | |
[pagina 55]
| |
nie, gebeur met jou wat met Japie Coetzee en familie gebeur het; as jy die orde en gesag beveg, gebeur met jou wat met Faantjie Delport gebeur het. Wie kan twyfel daaraan dat Sjakkie Portjee die regte pad gekies het? Ek wil hierdie hoofstuk afsluit met dié brief uit die novelle Sonneskyn en Chevrolet: ‘Sonneskyn en Chevrolet | |
[pagina 56]
| |
een van Swart Bewustheid. Vir jou, en jou bedreiging vir die ideologiese mites van ons samelewing, is daar nie plek nie. |
|