Ritme en skandering. 'n Ondersoek na ritmiese sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigte
(1972)–Abel J. Coetzee– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 109]
| |||||||
Hoofstuk 6
| |||||||
1. Die versvoetIn 'n vorige hoofstuk is alreeds daarop gewys dat die versvoet as hulpmiddel saam met die metrum nie verwerp hoef te word nie, aangesien 'n voetindeling ‘...a simpler and more elegant descriptive statement of metrical and scansional facts’Ga naar voetnoot2. aanbied, 'n Voetindeling is 'n prosodiese konvensie, 'n middel waardeur die kleinste ritmiese eenheid uit 'n versreël geabstraheer kan word; enersyds omdat ‘Bename’ en ordenen geeft menschen vrede’ en andersyds omdat die indeling in voete duide- lik die vorm van die verwagtingspatroon in 'n versreël aandui en die af- wykings van daardie patroon - die verbreking wat spanning veroorsaak en betekenis sterker aktualiseerGa naar voetnoot3.. Dit het in werklikheid weinig met die | |||||||
[pagina 110]
| |||||||
taal te doen, is slegs 'n verdere sistematisering van die geabstraheerde metriese skema, is trouens deel van daardie skema: ‘A foot is not only the basic element of meter but, in addition, becomes the meter itself’Ga naar voetnoot4.. En aangesien die metrum slegs met die skandering te doen het, is dit ook so dat ’Feet ... belong wholly to scansion; they are a formality used in the investigation of metre, and have nothing to do with its compositum or with its real nature’Ga naar voetnoot5.. Versvoete het ook niks met die komposisie van die poësie te doen nie en kan dus nie as ‘poëtiese entiteite’ beskou word nie, slegs as metriese entiteiteGa naar voetnoot6.. Dit moet duidelik gestel word dat deur die gebruikmaking van 'n vers- voetindeling 'n mens geensins van die veronderstelling uitgaan dat versvoete gelyk is aan mekaar in tydsduur nie - dit was 'n waarheid van die klassieke poësie wat nie meer vandag van krag is nie, aangesien 'n vaste isochronisme tussen heffings in 'n versreël nie 'n vereiste vir die ritmiese poësie is nie (vgl. Hoofstuk 1 van dié studie). Ten tweede is dit nie noodwendig waar dat daar van 'n gedig verwag word om isosillabies te wees, dat dit só deur skandering gemaak moet word om te kan ‘kwalifiseer’ vir 'n versvoetindeling nie - soos Chatman wel in 'n stadium gemeen het: ’The general assumption seems to be that lines should be scanned as regular, wherever possible - that if a deca-syllabic line has more than ten syllables, and it is not intentionally or permissively hypermetrical by some approved variation (as, for example, ending with feminine rhyme), its ‘excess’ may be seen as resolved in elision’Ga naar voetnoot7.. Alhoewel D.J. Opperman se Digter hoegenaamd nie isosillabies is nie, kan dit nietemin in jambiese voete verdeel word. Buitendien: daar is, tot dusver, weinig voorbedde in Afrikaans van gedigte wat doelbewus isosillabies geskryf is. Die uitspraak: ‘die Afrikaanse digter ‘tel’ heffinge en dalinge, nie lettergrepe nie’Ga naar voetnoot8. H., kan dus oor die algemeen aanvaar | |||||||
[pagina 111]
| |||||||
word, alhoewel daar natuurlik geen rede vir 'n digter in Afrikaans is om nie sillabes te tel nie. Vgl. bv. N.P. van Wyk Louw se 21-reëlige elegiese vers Meretrix TarraconensisGa naar voetnoot9. waarin elke reël uit dertien sillabes bestaan, en byna elke reël vyf hellings hetGa naar voetnoot10.. Hier het die digter dus sillabes en heffings getel! Een van C.F.P. Stutterheim se grootste besware teen die voetstelsel formuleer hy n.a.v. enkele reëls uit 'n sonnet van Kloos. Oor die indeling in voete wat gebruiklik is by die skandering van so 'n vers sê hy: ‘Hier schijnt geen twijfel mogelijk: dit zijn jambische verzen, te verdelen in vijf accent-groepen; elke accentgroep of versvoet bestaat uit een zwakker en een sterker accent, uit een daling gevolgd door een heffing. Toch is tegen deze scandering verzet gerezen; ze zou in wezen willekeurig zijn. En inderdaad: wat dwingt ons eigenlijk, in de continue reeks maatstrepen aan te brengen en dan nog weer speciaal maatstrepen na elke heffing en niet op andere plaatsen?Waarom bestaan de geciteerde verzen uit vijf jamben met een naslag en niet uit vijf trocheeën met een voorslag? De gebruikelijke theorie geeft op deze vragen geen bevredigend antwoord’Ga naar voetnoot11.. Stutterheim se eerste vraag is alreeds beantwoord: dis omdat dit minder verwarrend is om met 'n eenheid te werk as met 'n hele reeks. Maar 'n duideliker antwoord gee Chatman: ‘It is simpler to assume that the series consists of five recurrences of one event, , than that it consitutes some single homogeneous event. For then we would have to concede that the patterns | |||||||
[pagina 112]
| |||||||
and
also constitute separate single events. It is simpler and more elegant to interpret the above three sets of events as variations of the first set with the substitution of of in a different position in each case’Ga naar voetnoot12..
Die tweede vraag, waarom die spesifieke reëls juis uit jambiese voete moet bestaan en nie uit ander voete nie, is moeiliker om te beantwoord en lewer een van die grootste skanderingsprobleme, nl. hoe 'n versreël in voete verdeel moet word. In 'n poging om dié vraag te beantwoord, moet die reëls wat Stutterheim aanhaal eers geskandeer word. Dit kan as volg wees:Ga naar voetnoot17. ‘De stomme, bleeke schaduw aan mijn zijde,Ga naar voetnoot13.
Dat bitter-lieflijk beeld van't Lief-verloren
Wil met haar peillooze oogen mij doorboren
In onbeweeglijk staren te allen tijde’
Elke aksentgroep bestaan nie hier uit 'n daling gevolg deur 'n heffing, soos Stutterheim beweer nie: in die derde reël moet die heffing, om betekenisredes, verskuif van ‘met’ na ‘wil’, en in die vierde reël kan ‘te’ nie 'n heffing dra sonder om die natuurlike klemtoon op ‘allen’ te verwring nie. Dit egter terloops; die kwessie van voetindeling bly nog onbeantwoord. Vir 'n begrip van die ritmiese opset van 'n gedig is dit noodsaaklik dat die metris die onderskeid tussen 'n stygende en 'n dalende ritme kan insien - of aanvoel. Gewoonlik is dié onderskeid redelik sterk gemarkeer | |||||||
[pagina 113]
| |||||||
in verse met as basis òf 'n stygende òf 'n dalende raamwerk wat skielik verbreek word deur 'n verandering in die beweging van die ritme, soos bv. in die volgende gevalle: 1[regelnummer]
‘Wit is die wéreld
van outydse wee,
en 'n treurige wals
is die vroemoresee;
dou oor die duine, geen windjie wat waai
net 'n vaalvalk wat sing soos hy draai,
soos hy draai’Ga naar voetnoot14..
2[regelnummer]
‘Die jare bondel in sy oë saam
tot oumansnek en heupjigstap
vereng en tog verhewe bo
die grense vanjlie sterflikheid;
| |||||||
[pagina 114]
| |||||||
geslagte flikker soos 'n somerdag
verby: Egipte, Babilon
staan uit die stof weer op,
Ramses trek ten stryde uit.. ’Ga naar voetnoot15.
3 ‘And oft, as if her head she bow'd
Stooping through a fleecy cloud.
Oft on a Plat of rising ground,
I hear the far-off Curfeu sound,
Over som wide-water'd shoar,
Swinging slow with sullen roar’Ga naar voetnoot16..
In aldrie voorbedde geskied die opeenvolging van heffings en dalings oorwegend volgens die stelsel: een, of twee, dalings gevolg deur 'n heffing. 'n Stygende ritmiese patroon dus, wat gewoonlik weergegee word in jambiese of anapestiese voetmaat. Afwykings van dié stygende ritme sal in die meeste gevalle in die vorm van dalende - trogeïese, daktiliese, | |||||||
[pagina 115]
| |||||||
of wiegende - amfibraggiese - voete voorkom. Die afwykings van die vasgestelde patroon sal in die aangehaalde voorbeelde ongeveer as volg wees: 1 ‘Wit is die wêreld...
en:
dou oor die duine, geen windjie wat waai’
2 ‘staan uit die stof weer op
Ramses trek ten stryde uit...’
3 ‘Stooping through a fleecy cloud
Oft on a Plat ...’
‘Stooping through a fleecy cloud
Oft on a Plat ...’
en:
Over som wide-water'd shoar,
Swinging slow with sullen roar
Om die oorwegende ritmiese beweging vas te stel, is uiters noodsaaklik, want slegs daarna kan die indeling in voete geskied. En al kan dit ook soms moeilik wees om te bepaal wat die metrum is, bly die hoofoorweging nog of die ritme stygend of dalend is: ‘Aber es ist nicht immer einfach, es (die metrum) zu finden, und gerade solche Unsicher- | |||||||
[pagina 116]
| |||||||
heiten führen wieder zu Stilfragen. Eine erste ist schon die Frage des fallendenund steigenden Rhythmus’. In die voorbeelde wat Stutterheim gee, is die beweging van die ritme duidelik van stygende aard, en wel in die vorm van een daling gevolg deur een heffing: As die eerste reël nie met 'n daling begin het nie, sou die ritme dalend gewees het: ens. en sou daar dienooreenkomstig ingedeel moes word. Om die eerste daling in 'n versreël te ignoreer, sou foutief wees: die aanvang van 'n reël is immers uiters belangrik vir die bepaling van die ritmiese stuwing in daardie reël; en die afkapping (‘truncation’) van 'n reël vind gewoonlik slegs aan die einde plaas; 'n koplose (‘acephalous’) reël kom hoofsaaklik by die jambiese maat voor, en dan is dit meestal a.g.v. 'n ‘swewende enjambement’ (vgl. p. 133 van hierdie studie). Aangesien die aanvang van die eerste versvoet belangrik is, kan die derde reël van Stutterheim se voorbeeld problematies wees:‘Wil met haar peilloze oogen mij doorboren’
Die aanvang is dalend; die hele versreël kan dan dalend wees: Maar as die ritmiese tendens - nl. stygend - van die hele strofe in ag geneem word, kan hierdie reël ook stygend wees. Deur gebruik te maak van inversie of omsetting kan dit bewerkstellig wordGa naar voetnoot18.: ‘Wil met haar peilloze oogen mij doorboren’
| |||||||
[pagina 117]
| |||||||
sodat die ritme basies dieselfde bly, met 'n funksionele versteuring aan die begin van die reël. ‘Stygend’ of ‘dalend’ is egter nie altyd genoeg aanduiding van watter voetindeling gebruik moet word nie. Daar is ook ander oorwegings wat van hulp kan wees. In die voorlaaste reël van Vaalvalk is daar aan die begin 'n omsetting van die stygende patroon; die verdere indeling kan egter probleme oplewer: ‘dou oor die duine, geen windjie wat waai’
Dit kan só ingedeel word: ‘dou oor die duinle, geen windjie wat waai’
of só: ‘dou oor die duine, geen windjie wat waai’
Die oorwegende ritme van Die eerste nag van Elis. Eybers kan stygend wees: ‘Hoe veillig en stil is my kindjie se slaap,
die tastende handjies so vreedsaam gevou’Ga naar voetnoot19.
Met omsetting aan die begin kan 'n latere reël dan as volg ingedeel word: ‘wat, in die nag wat een saam is?
dat skoonheid gebore word uit gemis’
| |||||||
[pagina 118]
| |||||||
of ‘wat, in die nag wat eenbaam is?’
Die feit dat dié gedig in sekere opsigte as 'n wiegeliedjie beskou kan word, kan ook 'n ander - miskien meer aanvaarbare - voetindeling ingee, nl: ‘Hoe veilig en stil is my kindjie se slaap
die tastende handjies so vreedsaam gevou;’
maar hierdie indeling sal natuurlik nie by alle reëls moontlik wees nie; die omsetting en daaropvolgende stygende ritme sal dus tog ontbreek. Naas die aanduiding van die ritmiese beweging, sal die sintaktiese groepering, in versreëls in dié gevalle van hulp kan wees (vgl. ook Hoofstuk 3 van dié studie, waar hierdie aspek kortliks bespreek is). In die reël uit Vaalvalk is daar, d.m.v. 'n komma, 'n duidelike sintaktiese pouse ná ‘duine’ aangegee, wat die reël presies in twee deel - die helfte dalend, die helfte stygend. Dit sal onwenslik wees om dié pouse te ignoreer by die voetindeling. Die finale skandering kan dan wees: ‘dou oor die duine, geen windjie wat waai’
So ook is daar in die reël uit Die eerste nag 'n sintaktiese pouse na ‘wat’. Met inagneming daarvan, en deur kompensasie vir die daling, kan die reël skandeer: ‘Wat, in die nag wat eensaam is’
Sintaktiese groepering by die voetmaat kan ook in 'n gedig wat van die parentese gebruik maak, nuttig wees om die betekenisonderdele by mekaar te voeg. Soos bv. die parentetiese sinne in ‘,versweë enjambe- | |||||||
[pagina 119]
| |||||||
mente’Ga naar voetnoot20. in sekere sonëtte van N.P. van Wyk Louw. Die sonnet Ambag II kan bv. as volg in voete ingedeel wordGa naar voetnoot21.: 1 ‘Van God durf ek skaars praat; ek ken Hom min,
2 al ken hy my tot in die laatse sel
3 en laaste selfbedrog; ek roer 'n vin
4 deur goue wakterwortels, moer en bel,
5 en sien die buite glans maar ken dit nie.
6 Min moet my woorde oor dié dinge wees
7 ek, hard van helderheid en styf van knie-
8 maar ánder woorde durf ek tog laat lees:
9 dat, van die dinge wat die mens bedink,
10 ons smet se krag ons wankele bestaan
11 die swaarste hoeke afgrond toelaat sink,
| |||||||
[pagina 120]
| |||||||
12 en buite wete, weet ek: daarvandaan
13 trek ons iets op wat ryk is soos die sin
14 van daardie woord van God in die Begin.’
Reëls 1-5 kan as oorwegend jambies beskou word, dus stygend in ritme, alhoewel 'n mens tog, in die eerste reël, heffings op ‘durf’ en ‘skaars’ sou wou plaas. Deur dié oorwegend stygende ritme word daar dus 'n sterk verwagtingspatroon gestel, sodat die verbreking van daardie patroon opvallend gaan wees. Na die klein, maar merkbare verbreking in die tweede reël by ‘tot in’, word die verbrekings veelvuldiger in die sesde reël met die nuwe sin - 'n voorlopige wending wat ‘min’, ‘my woorde’ en ‘dié dinge’, deur omsetting en versteuring van die patroon, vooropstel. Dis egter eers in die sewende reël waar die sterkste afgewyk word: die stygende ritme word totaal omgesit in 'n dalende ritme, sodat die hele reël nie ‘inpas’ in die ritmiese opset nie. Struktureel is dié omsetting verantwoordbaar op sintaktiese gronde: dié reël is parenteties. Sintakties ingedeel in voete, sal die pouse ná ‘ek’ in ag geneem moet word, aangesien dié woord alleenstaan, skerp afgebaken deur die komma, 'n Daling kan vir die pouse kompenseer, want die voet waarin ‘ek’ staan, het geen koppelingsmoontlikheid by 'n ander voet nie, soos in die geval van ‘dat’ in reël 9. Vanaf reël 9 is daar 'n reeks kwalifiserende sinsdele wat oor mekaar heen skakel. 'n Numeriese aanduiding van elke sinsdeel sal die saak duideliker stel: ‘...dat, van die dinge wat die mens bedink
ons smet se krag, ons wankele bestaan
die swaarste hoeke afgrond toe laat sink,
| |||||||
[pagina 121]
| |||||||
en, buite wete, weet ek: daarvandaan
trek ons iets op....
Deur die naasmekaarstelling van parentetiese sinne, sal die volgende dele bymekaar hoort: 1, 4, 5 en 8; 2 en 3; 6 en 7. In geskandeerde vorm en ingedeel in voete sal die sinsdeel wat kwalifiserend is van dít wat die sprecker kan ‘laat lees’ as volg wees: ‘dat ...
ons wankele bestaan
die swaarste hoeke afgrond toe laat sink,Ga naar voetnoot22.
en ... daarvandaan
trek ons iets op...’
trek ons
| |||||||
[pagina 122]
| |||||||
maat sonder ook in die laaste reël 'n frase uit wat normaalweg miskien nie raakgesien sou word nie, nl. ‘...in die Begin’. Ná die oorwegend stygende ritme van die laaste twee reëls verbreek die omgesette voet ‘ die normale verwagtingspatroon, sodat dié frase byna alleen- staan en moontlik daardeur 'n bykomstige betekenis kan kry in 'n verwysing na Johannes 1, vers 1: ‘In die begin was die woord...’Ga naar voetnoot23.
In antwoord op Stutterheim se besware kan daar dus gesê word dat 'n voetindeling nodig is as sistematisering van die ritme van 'n versreël, en dat die voetindeling nie noodwendig onoorkomelike probleme hoef te lewer as die stygende of dalende neiging van die ritme en die sintaktiese groepering in ag geneem word nie. Daar is egter ook ander middele wat die voetindeling kan vergemaklik en terselfdertyd ook kan meehelp met die noodsaaklike aktualisering van betekenis deur die skandering, nl. die enjambement. | |||||||
2. EnjambementGa naar voetnoot24.‘In tegenstelling tot andere literaire termen ... wordt over de term “enjambement” vrijwel geen strijd gevoerd. Dit neemt niet weg, dat er verschillende opvattingen over bestaan en dat het vrij moeilijk is een geheel bevredigende definitie te vinden’Ga naar voetnoot25.. En dit is veral t.o.v. die enjambement se gedrag binne die ritmiese opset dat daar onduidelikheid heers. Die volgende definisies is ter saké: | |||||||
[pagina 123]
| |||||||
i) ‘Het enjambement is gedefiniëerd als een verzwakking der ritmische snede aan het eind van de versregel, door het overlopen van de zin uit de ene regel in de volgende. Valt gewoonlijk het verseinde samen met een zinsnede, d.w.z. met het einde van de zin of tenminste met een natuurlijke pauze na een nauw samenhangende woordgroep, - in het enjambement worden twee in de natuurlijke rede onscheidbare woorden door de metrische pauze gescheiden, b.v. het adjectief van het daardoor bepaalde substantief, het voorzetsel van de daardoor ingeleide bepaling, de genitief-bepaling van zijn regerend hoofd woord’Ga naar voetnoot26.. ii) Enjambement vind plaas waar ‘syntactisch-afhankelijke woorden door de metrische snede van het verseinde van elkaar worden gescheiden’Ga naar voetnoot27.. iii) ‘Een definitie van ‘enjambement’ hoort de nadruk te leggen op het feit dat woorden die binnen een syntactisch verband samenhoren, gescheiden worden’Ga naar voetnoot28.. iv) ‘The carrying of sense (grammatical form) in a poem past the end of a line or (in heroic couplet) past the end of the couplet’Ga naar voetnoot29.. v) ‘Die handgreiflichsten Mittel, um den Fluss der Verse das nötige Gefälle zu wahren, sind Zeilensprung (Enjambement), d.h. der Sinn springt unmittelbar in die nächste Zeile’Ga naar voetnoot30.. vi) ‘The completion, in the following poetic line, of a clause or other grammatical unit begun in the preceding line; the employment of ‘run-on’ lines which carry the sense of a statement from one line to another’ without rhetorical pause at thé end of the line’Ga naar voetnoot31.. vii) ‘A run-on line has its sense carried over into the next line without syntactical pause’Ga naar voetnoot32.. viii) ‘When the end of the line does not coincide with a normal speech pause of any kind, it is called run-on; it is an example of enjambment. When a line end does coincide with a normal pause, the line is said to be end-stopped’Ga naar voetnoot33.. | |||||||
[pagina 124]
| |||||||
ix) ‘Übergreifen des Satz- und Sinnzusammenhangs ohne emphatische Pause von e. Verszeile (Strophe über deren Ende auf die folgende, so dass Satz- und Versende nicht zusammenfallen, der Satz- schluss meist innerhalb e. Verszeile steht und deren metrische Einheit aufteilt’Ga naar voetnoot34.. x) ‘Our best-known measures, of which ballad-metre and the heroic lines are samples, do undoubtedly seem to be followed by a short non-metrical pause. When the sense of one line runs into another, this stop is disregarded in delivery, being shortened so as to be imperceptible, but still exists. True enjambement as the French call it, in a metrical sense exists only when beginnings and endings of lines meet in one period...’Ga naar voetnoot35. 'n Beskouing van dié definisies en opvattings sal aantoon dat daar ooreenstemming is t.o.v. een aspek van die enjambement: dit is die oorloop van die betekenis, of van 'n sin, van een versreël tot 'n ander. Dié oorgang vind plaas by woorde wat in noue sintaktiese verband met mekaar staan. In twee van die opvattings - Geggus en Shipley - word die sintaktiese en betekenisverband van enjamberende reëls voorop gestel; daar word geen melding gemaak van 'n sintaktiese of retoriese pouse nieGa naar voetnoot36., terwyl Kramer se siening 'n sekere mate van dubbelsinnigheid inhou - of twee soorte enjambement betrek: die een waar 'n ‘verzwakking der ritmische snede’ voorkom met die oorloop van 'n sin tot 'n volgende versreël; en die ander wat 'n ‘metriese pouse’ vra tussen onskeibare woorde wat deur die versreëltipografie geskei word. Daarteenoor staan die definisies wat in die enjamberende oorgang geen pouse toelaat nie: ’without rhetorical pause’ (Preminger), ‘without syntactical pause’ (Barnet e.a.), ’not ... a normal speech pause of any kind’ (Brooks en Warren), ‘ohne emphatische Pause’ (Von Wilpert). Daar kan dus 'n sekere mate van verwarring wees oor die bestaan van 'n sintaktiese of ritmiese pouse aan die einde van 'n enjamberende reël. Dit is waar dat ‘handboeke oor die versleer weinig uitsluitsel (gee) oor die kwessie of 'n enjambement uiteraard 'n tussenkomende interpunksieteken uitsluit of nie’Ga naar voetnoot37.. En waar voorbeelde van die enjambement | |||||||
[pagina 125]
| |||||||
gegee word, is daar soms duidelike pouses - selfs interpunksietekens - in die oorgang; vgl. die volgende voorbeeld wat A.P. Grové gee van die ouditiewe funksie van die enjambement: ‘Alle geluid, dat nog van verre sprak,
Verstierf - de wind, de wolken, alles gaat
Al zacht en zachter - alles wordt zoo stil’Ga naar voetnoot38.
Ten einde die probleem nader te ondersoek - veral waar dit die skandering en voetindeling betref - moet enkele voorbedde van reëls wat geringe sintaktiese pouses vertoon, alhoewel daar geen visuele aanduiding deur die interpunksie van so 'n pouse in die oorgang van die een reël tot die volgende is nie, en reëls wat sonder duidelike sintaktiese pouses of interpunksietekens oorloop, beskou word. Laasgenoemde is dan dié reëls waarvan gesê kan word ‘der Sinn springt unmittelbar in die nachste Zeile’Ga naar voetnoot39.. As voorbeeld van die eerste kan die volgende gegee word: 1[regelnummer]
‘O Heer, laat hierdie dae heilig word:
laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en vér was van die pyn...’Ga naar voetnoot40.
| |||||||
[pagina 126]
| |||||||
‘Smeer vet aan 'n klip
korrel fyn, moenie kwes,
toe sak 'n duisend vere
noord, suid, oos, wes.Ga naar voetnoot41.
Die eerste voorbeeld bestaan uit die hoofsin ‘laat alles val’, met drie byvoeglike sinsdele ‘wat pronk en sieraad was’, ‘(wat) enkel jeug (was)’, ‘(wat) ver was van die pyn’. Aldrie sinsdele is sintakties af- hanklik van die hoofsin, maar nie noodwendig sintakties afhanklik van mekaar nie - daar is dus 'n moontlikheid dat die sinsdele van mekaar geskei kan word deur sintaktiese pouses, al word dié skeidings nie oral deur die interpunksie aangetoon nie. 'n Pouse tussen ‘was’ en ‘of’ is dan nie onmoontlik of onwaarskynlik nie. As die oorgang so gelees word, kan daar nie van 'n enjambement gepraat word in die sin van ‘in de natuurlijke rede onscheidbare woorden’ of ‘syntachtisch afhankelijke woorden’ wat geskei is nie. Die tipografiese skeiding - in versreël- wit - gaan dan hier saam met 'n sintaktiese skeiding d.m.v. 'n pouse. Dis belangrik om daarop te let dat alhoewel ‘was’ die einde van 'n metriese voet aandui: ‘laat alles val wat pronk en sidraad was’
of enkel jeug...’
daar nie gepraat kan word van 'n ‘metriese pouse’ nie, aangesien 'n versvoetindeling nie 'n inleiding in tydseenhede hoef aan te dui nie - die pouse ná ‘was’ is 'n breuk in die ritme, dus 'n ‘ritmiese snede’ of pouse. 'n ‘Metriese pouse’ is nie gelyk aan 'n ‘ritmiese snede’ nie: daar moet eerder saam met Mussche gepraat word van 'n ‘metriese snede’ waar dit die versvoetindeling aandui. Volgens Elize LindesGa naar voetnoot42. is daar, in die tweede voorbeeld, 'n ‘sintaktiese enjambement’ tussen reëls 3 en 4 (‘toe sak 'n duisend vere / noord, suid, oos, wes’). Maar weer is dit nie noodwendig sintakties-afhanklike woorde wat geskei word nie, al is die vierde reël 'n voltooiing | |||||||
[pagina 127]
| |||||||
van die derde en daarvan afhanklik; en weer is daar die kwessie van die pouse. Word daar geen pouse na ‘vere’ gerealiseer nie, is daar die moontlikheid van 'n vae dubbelsinnigheid: dat die uitsakking van vere nie ‘eweredig’ is nie, aangesien ‘noord’ dan deur die enjambement direk gekoppel gaan word aan ‘vere’ en sodoende 'n groter belangrikheid verkry as ‘suid, oos, wes’, nl. ‘toe sak 'n duisend vere noord, suid, oos, wes’Ga naar voetnoot43.. Aan die anderkant sal 'n pouse na ‘vere’ ooreenkom met die pouses tussen ‘noord, suid, oos, wes’ en die verspreiding van vere in alle rigtings gelykstel. Hier is dan wel 'n duidelike sintaiktiese enjambement, maar nie 'n metriese enjambement nie, en ook nie 'n afwesigheid van die pouse in die oorgang nie. Die betrokke reëls skandeer as volg: ‘toe sak 'n duisend vere
noord, suid, oos, wes.’
of: (met kompensasie vir die pouses waar die kommas staan).
In voete gedeel, is daar die volgende moontlikhede: of Van die voorbedde van enjambemente wat ondersoek is (vgl. hierna) is gevind dat die enjambement 'n voortsetting kan wees van gelyke versvoete, d.w.s. as die enjamberende reël jambies is, is die volgende reël ook jambies, of hoogstens die enjamberende gedeelte daarvan. (Die belangrikste uitsonderings word later bespreek). In dié opsig kan daar | |||||||
[pagina 128]
| |||||||
moontlik gepraat word van 'n metriese enjambement. Die duidelik dat die skandering en voetindeling van die betrokke reëls uit Sprokie van die spikkelkoei nie so 'n metriese enjambement toelaat nie. In albei voorbeelde lyk dit dan nodig om telkens 'n pouse binne die enjamberende oorgang te realiseer, sodat dié voorbeelde kragtens die definisies van Preminger, Barnet e.a., Von Wilpert, Brooks en Warren nie as enjambemente beskou kan word nie. En aangesien daar in geeneen van die voorbeelde 'n skeiding gekom het tussen ‘in de natuurlijke rede onscheidbare woorde’ en ‘syntachtisch-afhankelijke woorden’ sal ook Kramer en Mussche se opvattings enjambemente hier uitskakel. Maar die sintaktiese pouse vervul tog 'n belangrike funksie by die enjambement. Dit kan, volgens die meeste aangehaalde definisies, 'n enjamberende oorgang verbreek; maar deur die verskuiwing daarvan kan dit ook in 'n groot mate funksioneel wees vir die vorming van 'n enjambement. Die volgende voorbeelde moet ondersoek word: 1[regelnummer]
‘laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort ⟶
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas ⟶
en nakend uit my teerder jeug verskyn’.Ga naar voetnoot44.
2[regelnummer]
‘o jy wat vlam was, skoon en sterk en blind ⟶
vir smart; wat alles tot jou beeltnis brand;
wat áls kon eis en nooit volkome vind ⟶
versadiging! ...’Ga naar voetnoot45.
3[regelnummer]
‘Die tuine langs die straat lê elke dag ⟶
bedwelmd in blommegeur en voëlgesang,
totdat die laaste kopergloed gevang ⟶
word in 'n gewelvenster en die nag ⟶
sy web van sterre, wat hul sirkelgang ⟶
in Maart vertraag, hoog bo die stad uithang.’Ga naar voetnoot46.
In voorbeelde 1 en 2 omkoepel die sintaktiese pouse in twee gevalle die enjambement: ‘... laat stort / my waan...’ en ‘ ... skoon en sterk en blind / vir smart...’; lig dit as't ware uit sodat die reëls in | |||||||
[pagina 129]
| |||||||
hulle enjamberende posisies sterker uitstaan a.g.v. die werking van die duidelik (deur interpunksie) aangeduide sintaktiese pouse. En al is die pouse nie duidelik aangetoon nie, vind 'n mens nog dat daar êrens in die omgewing van die enjambement - daarvoor of daarna - so 'n pouse gerealiseer word. Byvoorbeeld, in 1: ‘... tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn’
realiseer die verbreking van die normale verwagtingspatroon - die jambiese - deur twee dalings langs mekaar by ‘eindelik’ 'n geringe pouse wat sterker stuwing aan die enjambement gee. Ná ‘nakend’ voel 'n mens ook 'n ligte pouse, sodat ‘vas en nakend’ begrens word deur pouses. By 2 is daar 'n duidelike sintaktiese pouse ná ‘versadiging’, met weer die moontlikheid van 'n geringe pouse voor ‘en’ (om sintaktiese redes na die werkwoord ‘eis’). In voorbeeld 3 is die pouses minder duidelik, behalwe in die oorgang van die vyfde tot sesde reëls. Die enjambemente is dan ook minder funksioneel: daar is nie dieselfde uitheffingskrag as in die voorbeelde waar dit oorloop van 'n pouse en tot rus kom in 'n volgende pouse nie. Van voorbeeld 1 en 2 wil dit ook voorkom dat hoe nader die pouses aan die enjambement staan, hoe sterker is die krag wat hulle daarop uitoefenGa naar voetnoot47.. | |||||||
[pagina 130]
| |||||||
Daar is, ten slotte, nog die soort enjambement wat Omond beskou as die ware enjambement: ‘True enjambment... in a metrical sense exists only when beginnings and endings of lines meet in one period...’. By die voorgenoemde enjambemente bestaan die enjamberende reëls ge- woonlik uit dieselfde versvoete as die reëls waarin hulle staan, en dan eindig die reël wat oorloop in 'n voltooide voet - die metriese snede en die tipografie skei dus die reëls: ‘o jy wat vlam was, skoon en sterk en blind ⟶
vir smart|...’
Die begin en einde van dié reëls val dan in afsonderlike versvoete, alhoewel daar nie 'n ritmiese pouse ná ‘blind’ is nie. As Omond se periode met versvoet vervang wordGa naar voetnoot48., kan 'n enjambement slegs bestaan waar die einde van 'n reël en die aanvang van die volgende reël in dieselfde versvoet val. Dieselfde opvatting vind 'n mens by Gerard Manley Hopkiris se uiteensetting van ’rove over lines’: ‘... that is for the scanning of each line immediately to take up that of the one before, so that if the first has one or more syllables at its end the other must have so many the less at its beginning; and in fact the scanning runs on without | |||||||
[pagina 131]
| |||||||
break from the beginning, say, of a stanza to the end and all the stanza is one long strain, though written in lines asunder’Ga naar voetnoot49.. Slegs deur die skandering en voetindeling sal dié soort enjambement bepaal kan word. Of anders kan dié enjambement die voetmaat bepaal - dus 'n hulpmiddel wees by die voetindeling. Die volgende reëls kan bv. op twee maniere geskandeer word met voetindeling: ‘... en witter lug wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word; elke blom word vrug’Ga naar voetnoot50.. Met kompensasie vir die sintaktiese pouse ná ‘word’ ('n pouse wat weer die enjambement versterk): Die oorwegende jambiëse patroon bly sodoende behou, maar dan word die versreël wat met ‘klare’ eindig katalekties, die ekstra sillabe moet dus by die skandering gevoeg word. Geen regverdiging bestaan egter vir so 'n sillabe ná ‘klare’ nie: daar is geen moontlikheid van 'n pouse wat vir dié sillabe kan kompenseer nie. Met inagneming van die enjambement word die sillabe deur ‘rove over’ gegee in die volgende reël, sodat die skandering dan kan wees: | |||||||
[pagina 132]
| |||||||
Ongeag die tipografiese skeiding, gaan die jambiese patroon dus voort, vang die ritme die golf van die volgende reël, en help die enjambement met die voetindeling, maar aksentueer die voetindeling ook die voortstuwende ritmiese enjambement. Meer ingewikkeld maar soortgelyk is die voetindeling in die eerste nege reëls van SfinksGa naar voetnoot51.: 1[regelnummer]
‘In die opgloei van die eerste spieël was swaar ⇉
2[regelnummer]
en rustig 'n groot ding- geel soos die sand
3[regelnummer]
of soos 'n leeu en naamloos in die skaar
4[regelnummer]
van die snel diere - wat uitlkyk oor die rand ⇉
5[regelnummer]
van die gewelflde aarde, oor wit stede en menpe ⇉
6[regelnummer]
sonder tal Maar oor sy gladde oë waai ⟶
7[regelnummer]
die beelde van ver dinge wat sonder grense ⇉
| |||||||
[pagina 133]
| |||||||
8[regelnummer]
is: wolk skadus, môre-seë end brand wat laai ⟶
9[regelnummer]
agter 'n swart planeet...’Ga naar voetnoot52.
Volgens die voetmaat bly die patroon dus basies jambies; maar dit word 'n sterk kontrapuntiese ritme waarin belangrike woorde en wendings deur die verbreking van die verwagtingspatroon onderstreep word. Die voetindeling toon weer die sterk enjambemente aan. Trouens, in reëls 4 en 5 is die indeling in voete soos gegee, die mees logiese oplossing vir 'n netelige probleem. Met die aanvang van die vyfde reël word drie dalings naasmekaar gegee; 'n opeenvolging van dalings wat op die voorgestelde wyse ingedeel kan word, of anders deur elisie van ‘van die’. Aangesien daar egter 'n enjambement is, versterk die gekose voetindeling die realisering daarvan. Met dié enjambement wat anders is as die metriese enjambement, wat die voortsetting van die basiese metrum sonder die verbreking van 'n versvoet is, sal 'n ander, meer kwalifiserende, benaming verwag word. W.E.G. Louw praat van ‘swewende enjambemente’ in die volgende gedig van J.H. Leopold (uit ‘Scherzo’)Ga naar voetnoot53. (die gedig word aangehaal met enjambementtekens soos Louw dit gee): ‘Die had verkoren ||
en was ter wone ⟶
in een dunpurperen ⟶
anemone.||
Want windebloem was haar ⟶
huis geweest||
vier bladen haar peinzens- ⟶
kluis geweest,||
| |||||||
[pagina 134]
| |||||||
totdat een blijdschap ⟶
haar werd beschoren||
en een verlangen⟶
ingeboren|.|’
Geskandeer - in voetmaat - is alle enjambemente egter nie dieselfde nie:
In die eerste strofe, met 'n ictus op ‘in’, kan daar ook so 'n ‘swewende enjambement’ verkry word: Dit lyk dus of 'n mens die ’rove-over’-begrip in Afrikaans met ‘swewende enjambemente’ kan aandui, en dan van twee soorte enjambemente binne die skanderingspatroon kan praat, nl. metriese en swewende enjambemente. En albei hierdie enjambemente is duidelik sonder pouse in die oorgang van die een reël tot die ander. Die gevolgtrekkings oor stygende en dalende ritme, oor sintaktiese groepering en oor die enjambement as hulpmiddels by die bepaling van | |||||||
[pagina 135]
| |||||||
die voetmaat - en omgekeerd oor die voetmaat as hulpmiddel by die aanwys van die enjambement - behoort die ‘objektiewe’ bepaling van 'n skanderingspatroon in sekere gevalle te vergemaklik. Die moeilik skandeerbare sonnet uit Tristia, ‘Ek weet jy is intelligent en krities’Ga naar voetnoot54., kan as proef dien. Daarvan sê Antonissen: ‘Die sillabetelling is hier net so vry as in die ander gedig (‘Die vrou ...’): die ritme egter presies weerbarstig genoeg om die vyfheffingsbeginsel beurtelings te duld, onverwags te laat spat, en dan weer, drie opeenvolgende verse lank, met jambiese metriek op die koop toe hom welgevallig te laat wees ... - maar nie in die lááste vers nie! Sonnet? 'n Anti-sonnet? ...’Ga naar voetnoot55. Met inagneming van sintaktiese groepering, swewende enjambemente en pouses by die enjambemente, is 'n moontlike - tentatiewe - skan- dering van dié gedig as volg (⇉ dui die swewende enjambemente aan en || die moontlike pouses vóór en na die enjambemente): 1[regelnummer]
‘Ek weet jy is intelligent en krities
2[regelnummer]
('n bietjie sinies ook, soos Teresa ⇉
3[regelnummer]
wat vir God verwyt dat Hy nie eties ⇉Ga naar voetnoot56.
4[regelnummer]
- altans nie filanltropies- wou gewees het ⇉
5[regelnummer]
teenoor sy eie en uiteinldelikle Seun:
6[regelnummer]
‘wát-nog van Sy vrienlde! Sylbemindes!!’)
| |||||||
[pagina 136]
| |||||||
7[regelnummer]
Die manlike Heiliges sal moet swaar leun ⇉
8[regelnummer]
teen die roeier, waar jou teenwind wil verhinder ⇉
9[regelnummer]
dat die Heer se ongeslagltelike HeerlikheidGa naar voetnoot57. ⇉
10[regelnummer]
vas gaan loop in wet-en-oe werbiesies:
11[regelnummer]
jy word nie moelder-onderste of miesies,
12[regelnummer]
jy word nie heibergierster of bar-maid -
13[regelnummer]
behalwe dat jy drank skink wat bacchanties ⇉
14[regelnummer]
en bevrydend spat teen die akante.’
Oënskynlik 'n ‘vrye’ sonnet, maar ingedeel in voete volgens die bevindings oor sintaktiese groepering en enjambemente, tel jy 51 jambes, teenoor slegs 19 afwykings. Wat die metrum betref, is dit dus nog jambies soos die tradisionele sonnet - en daardeur 'n illustrasie in die metriek van ‘I know the rigourisms that I taught’. Hier is dan ook één gedig waarvan 'n mens moontlik kan sê dat die digter bewus was van die metrum, van 'n vyfvoetige jambiese norm. |
|