Ritme en skandering. 'n Ondersoek na ritmiese sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigte
(1972)–Abel J. Coetzee– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 86]
| |
Hoofstuk 5
| |
[pagina 87]
| |
Dié uitspraak verteenwoordig ook vandag die belangrikste beginsel vir die sogenaamde metriese poësie. 'n Skanderingspatroon word bepaal vanuit die verspreiding van heffmgs in 'n versreël en dan as deskriptiewe middel op die hele gedig toegpas. Nou is daar egter ook vir die skandering van die sterk ritmiese heffingspoësie sekere beginsels - 'n mens huiwer om van reëls te praat - wat in ag geneem moet word, en wat veral van hulp kan wees by die projeksie van 'n vasgestelde ritmiese patroon op 'n versreël. Aangesien die skandering die middel is waardeur belangrike betekenisnuanses aangedui kan word, sal dié beginsels moontlik daartoe bydra om die skandering van 'n gedig so ‘objektief’ moontlik te maak. Daarom moet dié belangrike aspekte van die ritme van 'n gedig in die volgende twee hoofstukke versigtig ondersoek word, nl. die probleem van geaksentueerde, eensillabige, woorde in die ritmiese opset; voetmaat en enjambement. | |
Voorsetsels, hulpwerkwoorde, voornaamwoorde, lidwoorde en voegwoorde in die skanderingGa naar voetnoot5.‘Without being importunate about ... prepositions, I think it should be remarked that the meter has to focus at rather regular intervals upon whatever word-objects lie in its path - and this happens no matter what work has been done privately beforehand in finding a likely set of word-objects to put into its path - and, falling on words which would not have risen to the stress in Standard prose, may be said to require a direction of attention which is not Standard or commonplace but fresh. It is an old prosodical principle, and is perhaps responsible in the long run for the common conviction that verse is more sensitive than prose, decidedly more sensitive than its own prose reading, to the human possibilities that lie in the context of the prose action, or beside the path. There can never be a doubt that, declining to put the stress at the place where the prose would have it, the reader will have weighed the force of the meaning he has abandoned’Ga naar voetnoot6.. Aangesien Afrikaans 'n groot aantal swakbetoonde eensillabige | |
[pagina 88]
| |
woorde besitGa naar voetnoot7., kan dit gebeur dat daar in die oplegging van die patroon 'n metriese ictus op eensillabige voorsetsels, hulpwerkwoorde, voornaamwoorde ens. skyn te val wat in die gewone prosa ongeaksentueerd is, en dan 'n ruimer betekenis aan daardie woord binne die konteks van die gedig kan gee, soos bv. in Digter. Maar dit kan ook gebeur dat dié heffing op so 'n woord val en nie aan daardie woord 'n belangriker betekenisaktualisering gee as wat dit in normale prosa besit nie. As daar dan deur so 'n aksentuering geen “force of meaning’ by die betrokke woord gevind kan word nie, òf as die betekenis wat gegee word, buite die sfeer van die gedig val, of selfs in stryd is daarmee, dan moet daardie heffing öf verplaas word na 'n ander woord òf in enkele gevalle selfs verval. Daar is alreeds aangetoon dat die moderne digter gewoonlik nie in 'n voorafbeplande metriese skema gaan skryf nie; want as dit wel die geval was, sou hy immers sorg dat ‘onbelangrike’ woorde nie in hef- fingsposisies te staan kom nie; dan sou daar ook definitiewe reëls vir hierdie woorde in 'n metriese skema moes gewees het, soos bv. dié van W.W. van Lennep: ‘Een algemeene regel van onze prosodie is de wóórden de het een (artikel) en er niet in heffingen te plaatsen, en in hulp- werkwoordsvormen is, zijn, heeft, als bijzonder leege begrippen, liefst niet in heffingen te plaatsen anders dan op zulke plaatsen waar de vaersbouw medebrengt, dat de heffing bijzonder licht is -’Ga naar voetnoot8.. As daar dan wel vandag nog sulke reëls was en die digter het sy woorde in n patroon ingepas, dan sou 'n mens geaksentueerde, maar nie besonder betekenisdraende eensillabige woorde as foute in die metrum moet beskou. Aangesien dit oënskynlik nie so is nie, sal 'n poging aangewend moet word om te bepaal - desnoods ‘beginsels’ vas te stel - wat by die skandering | |
[pagina 89]
| |
kan gebeur in gevalle waar die metriese skema wel heffings op ‘leege begrippen’ aangee. Die eerste voorbeeld wat ondersoek sal word, is Die moeder van Elis. EybersGa naar voetnoot9.. So nougeset moontlik volgens die onderliggende jambiese maat sal dit - voorlopig hipoteties - as volg skandeer: 1[regelnummer]
‘Die vreemde oorsprong van jou lewe het
2[regelnummer]
soos lig deur 'n kristal deur my gevloei
3[regelnummer]
in al die maande toe ek één was met
4[regelnummer]
die stil geheim van jou verborge groei.
5[regelnummer]
En nou kan niks ons skei - want is jy nie
6[regelnummer]
afhanklik en gebonde aan my bloed
7[regelnummer]
wat met sy onbegryplike chemié
8[regelnummer]
jou wonderlik gevorm het en voed?
9[regelnummer]
En of dié uur ver en vergete word,
10[regelnummer]
en of die jare tussen jou en my
| |
[pagina 90]
| |
11[regelnummer]
hul seile span, die see sy golwe stort,
12[regelnummer]
of selfs die Dood sy somber baken steek
13[regelnummer]
nogtans sal jy aan my gebonde bly
14[regelnummer]
met die onsigb're naelstring wat nie breek.’
As die metriese patroon nou ’focus ... upon whatever word-objects lie in its path’ sal sekere woorde onderstreep word sonder 'n duidelike betekenisnoodsaak. In reël 1 lyk die heffing op ‘van’ onnodig, aangesien 'n geaksentueerde ‘van’ meer die betekenis ‘vanuit’ sal weergee. Daar is egter vyf heffings en vyf dalings in. dié reël. Dit word deur die patroön-as-meetmiddel vereis, en kan dan ‘ook as 'n tentatiewe eerste ‘skanderingsbeginsel’ beskou word: waar 'n vasgestelde patroon 'n sekere aantal heffings en dalings, of 'n sekere opeenvolging van heffings en dalings, teoreties, vereis, lyk dit wenslik om voorlopig nie daardie patroon na willekeur te verander in gevalle waar onbelangrike eensillabige voorsetsels, hulpwerkwoorde ens. in die weg van die heffings staan nie (en die onbelangrikheid van hierdie woorde kan eers bepaal word nadat die heffings wel op hulle geplaas is en hulle dan nie as swaar betekenisdraende woorde binne die gedig fungeer nie). Die patroon kan behou word deur gebruik te maak van verplasing van die heffings. Indien die heffing op ‘van’ dan verskuif, kan dit val op een van die om-ringende dalings sodat daardie daling deur ‘van’ ingeneem word. Op die wyse van die taal kan die heffing nie verskuif na die tweede sillabe van ‘oorsprong’ nie; dit moet dus na ‘jou’ verplaas word, en die volgende moontlikheid bied hom dan aan: ‘Die vreemde oorsprong van jou lewe het’
Nou bly die aantal heffings en dalings dieselfde, so ook die volgorde, aangesien daar vir die opeenhoping van dalings gekompenseer is deur 'n opeenhoping van dieselfde aantal heffings, nl. twee. Die skandering kan | |
[pagina 91]
| |
egter nou nie daar gelaat word nie: die verskuiwing moet sinvol wees, anders was 'n verskuiwing onnodig. Die ‘jou’ moet dus belangrik wees in die reël, moet dus 'n teenstelling uitmaak met 'n ‘my’ êrens in die gedig. In die tweede reël word die teenstelling dan ook opgelos in die normaal - volgens die patroon - geaksentueerde ‘my’, sodat die aksentuering van ‘jou’ deur metriese verplasing regverdigbaar is. Dit is belangrik om daarop te let dat indien die verskuiwing nie 'n nodige be- tekenisaktualisering gee nie, die heffing op ‘van’ sal moet bly staan - om 'n betekenis aan die reël te gee wat nie binne die konteks pas nie, nl. ‘die vreemde oorsprong wat kom vanaf (ván) die lewe...’. Dit wil dus voorkom dat die metrum in meer as een opsig betekenis kan onderstreep: 'n onversigtigheid van die digter met woorde wat in heffings- posisiës val, kan die betekenis van 'n gedig aantas en gevolglik die kwaliteit van die gedig verlaag. (Die heffing kan natuurlik verval, en daardeur die norm verbreek; maar as die moontlikheid van verplasing hom aanbied, is daar geen rede vir die weglating daarvan nie.) Reël 2: die heffing op ‘'n’ lyk onwaarskynlik, en die enigste nabye woord wat daarvoor ‘kwalifiseer’, is ‘deur’: ‘soos lig deur 'n kristal deur my gevloei’
Deur verplasing bly die patroon behou, en die aksentuering van ‘deur’ is belangrik as deel van die vergelyking in dié reël. Aangesien ‘deur’ twee maal verskyn, is 'n tweede aksentuering daarvan onnodig. Die betekenis is alreeds duidelik: ‘soos lig reg deur 'n kristal vloei, só het die vreemde oorsprong van jou lewe deur my gevloei’. 'n Verdere motivering vir 'n geaksentueerde ‘deur’ in dié betekenisverband gee die Woordeboek van die Afrikaanse taal waar die voorsetsel ‘deur’ as ‘konkreet en beklemtoonbaar’ aangegee word in die betekenis ‘van 'n lyn of beweging binne 'n voorwerp of ruimte van grens tot grens - soms met herhaling van deur of nader omskryf as dwarsdeur’Ga naar voetnoot10.. Reël 3: volgens die patroon ontvang ‘met’ 'n aksent, in ooreenstemming met die rymwoord van die eerste reël, ‘het’, 'n Benadrukte ‘met’ lyk egter onwenslik: dit gee aan die woord 'n belangrikheid wat nie pas nie, aangesien dit dan gestel word teenoor ‘sonder’, of kan beteken ‘saam met’. Belangriker nog: ‘met’ staan in 'n enjamberende | |
[pagina 92]
| |
posisie; word dit geaksentueer, sal daar 'n kort pouse tussen ‘met’ en ‘die’ ontstaan wat die metriese enjambement sal versteurGa naar voetnoot11.. Die heffing moet dan hier verval en verskuif word sodat die balans kan herstel. Deur dié verskuiwing sal dit nou op ‘was’ val en sodoende die tydsaspek beklemtoon - beklemtoon dat die ‘een’- heid iets van die verlede is. Dit lyk na 'n moontlike uitweg, veral as die onbetwisbare heffing op ‘het’ in die eerste reël in ag geneem word, en die aanvang van die tweede strofe met sy geaksentueerde ‘nou’, wat 'n duidelike verandering vanaf verlede na hede in die oorgang van die eerste kwatryn tot die tweede daarstel. Volledig geskandeer, met die voetmaat, sal die reël dan wees: ‘in al die maande toe ek een was met’
met 'n omgesette voet aan die einde van die reël. Reël 5: daar kan moontlik twyfel wees oor die aksentuering van ‘is’ en ‘nie’ aan die einde van die reël. Die heffing op ‘is’ benadruk egter die vragende toon, die twyfel, en ook die element van wonder, van die onbegryplike. Die metrum as norm moet dus hier toegelaat word om sy normale gang te gaan. 'n Moontlike variasie sal by die volgende reël ter sprake kom. Reël 6: in normale taalgebruik sal die konstruksie ‘afhanklik en gebonde aan’ die vaste voorsetsels moet behou: ‘afhanklik van en gebonde aan’Ga naar voetnoot12.. In so 'n konstruksie sal die voorsetsels gewoonlik geaksentueer word. Hier verval die eerste voorsetsel (dus grammaties verkeerd?), maar die tweede bly, met sy normale aksentuering. Die heffing op ‘en’ kan miskien geregverdig word omdat afhanklikheid en gebondenheid nie noodwendig hoef saam te gaan nie: 'n mens kan afhanklik wees van iets of iemand sonder om juis daaraan gebonde te wees. 'n Verpligte aksent is dit egter nie: ‘en’ sou aksentdraend wees in teen-stellende frases soos bv. ‘wit én swart’, ‘vaag én helder’, maar nie by bloot verskillende groepe soos ‘geel en groen’, ‘afhanklik en gebonde’ nie. Aangesien dié reël egter ‘onskandeerbaar’ is binne die grense van die patroon sonder die heffing op ‘en’ word dit dus behou. (En dít | |
[pagina 93]
| |
dien weer as waarskuwing: dat 'n skanderingsformule nie alles kan verklaar nie). Daar is verder die moontlikheid van 'n heffing op ‘my’ indien ‘aan’ ongeaksentueerd bly, sodat die reël skandeer: ‘afhanklik en gebonde aan my bloed’
wat daarvan oënskynlik 'n katalektiese reël sal maak, aangesien die laaste voet onvolledig is. 'n Ekstra daling in dié reël sal egter die patroon van vyf dalings en vyf heffings versteur. Die reël kan dus nie katalekties wees nie, maar kan wel die daling êrens anders vind. Die feit dat daar nie 'n sterk sintaktiese pouse na ‘bloed’ is nie, laat 'n mens vermoed dat die moontlikheid van 'n enjambement nie uitgeskakel kan word nie; ‘bloed’ vind dus sy daling by ‘wat’: ‘...gebonde aan my bloed
wat met sy ...’
Met 'n heffing op ‘my’ word die teènstelling van die eerste strofe, dié tussen moeder en kind, voortgesit, en moet die ‘jy’ in reël 5 moontlik óók 'n heffing kry. Met behoud van die patroon van twee heffings en twee dalings sal daar dan die volgende drie moontlikhede - elk met die heffing op ‘jy’ - wees: ‘- want is jy nie’;
‘- want is jy nie’;
‘- want is jy nie’.
Aangesien die heffing op ‘is’ nodig geblyk het, kan die laaste moontlikheid aanvaar word, met 'n omgesette voet aan die einde van die reël: ‘En nou kan niks ons skei - want is jy nie’.
Reël 7: soos in reël 3, en om dieselfde rede, kan die heffing op ‘met’ verskuif. Daar is twee moontlikhede: óf na ‘wat’, óf na ‘sy’. Die voet- | |
[pagina 94]
| |
maatindeling met 'n heffing op ‘sy’, en met inagneming van die feit dat ‘wat’ alreeds opgeneem is deur die enjamberende voet ‘bloed wat’, sal as volg wees: ‘...bloed
wat met sy onbegryplike chemié’
'n Trogeïese reël met 'n katalektiese voet. Dit lyk onwaarskynlik, aan- gesien die ritme van die gedig deurgaans stygend is. Daar sal dus 'n heffing op ‘wat’ kan wees: ‘...bloed
wat met sy onlbegryplike chemié’
Daardeur word 'n sintaktiese pouse na ‘wat’ gerealiseer, al is die pouse nie deur enige vorm van interpunksie aangedui nie. Die heffing op die laaste sillabe van ‘onbegryplike’ is a.g.v. die meganiese lesing wat die toepassing van die patroon weergee (die ‘papierskandering’ dus); relatief tot die voorlaaste sillabe is daar moontlik wel 'n geringe styging in klemtoon. Reël 8: in uitspraak sal die woord ‘gevorm’ driesillabig wees: sodat dié reël heeltemal jambies is. Die heffing op ‘het’ is belangrik. Daar is aangetoon dat die tweede kwatryn die uitbeelding van 'n situasie in die hede is: die werkwoord ‘gevorm het’ staan dan as die enigste verlede tydsvorm in dié strofe, langs die teenwoordige tydsvorm. Met 'n heffing op ‘het’, wat anders ook ‘'t’ kon gewees het, word dié werkwoord in reliëf gestel teenoor ‘voed’, met die duidelike betekenisonderskeid dat die vorming verby is, maar nie die voeding, die afhanklikheid en gebondenheid nie.Reël 9: deur die aksentuering van ‘die’, wat volgens die patroon in 'n dalingsposisie moet val, word die patroon versteur deur die ekstra heffing wat die digteres invoeg. Die patroon behoort dus nog dieselfde te wees, met slegs een heffing wat 'n daling uitskuif: | |
[pagina 95]
| |
‘En of dié uur ver en vergete word’.
Voordat die invloed van dié heffing op die patroon betrek word, vra die tweede deel van die versreël eers die aandag. Die woord ‘ver’ is, as 'n mens relatiewe duur van sillabes in ag neem, langer as ‘en’, ongeveer van dieselfde lengte as ‘uur’: die heffing kan dus vanaf ‘en’ verskuif sodat die reël skandeer: ‘En of dié uur ver en vergete word.’
Die nodigheid van 'n heffing op ‘of’ kan deur die patroon verklaar word, sonder om betekenis by te haal. Kragtens die patroon moet daar vyf heffings en vyf dalings wees; die digteres vervang egter self een van hierdie dalings met 'n heffing, sodat daar dus ses heffings en vier dalings is (die sillabetal bly dieselfde, tien). Word ‘of’ nou in 'n dalingsposisie geplaas, dan is die telling weer vyf elk. Die versteuring van die patroon in aantal heffings en dalings word dus nie in ag geneem nie. Met die verandering van heffing-daling-verhouding sal die reël, in voetmaat, dan só kan skandeer: ‘En of dié uur ver en vergete word’
Daardeur is ‘dié uur’ en ‘ver’ prominent en word die wending in die sonnet skerp in die eerste reël van die sestet deur 'n verbreking van die normale ritmiese patroon ingelei. Reël 10: die geaksentueerde ‘of’ is hier ewe nodig, aangesien albei uitreik na die voltooiing van die bepalings deur die hoofsin wat in vers dertien staan en ingelei word deur ‘nogtans’. Met heffings op ‘jou’ en ‘my’ word die teenstellings wat vanaf die eerste reël daar was, voortgesit. Ook in reël 13, aan die slot dus, waar die gebondenheid tussen moeder en kind finaal bewys word, aktualiseer die metrum weer ‘jy’ en ‘my’. Reëls 11, 12 en 13 verloop normaal jambies, sonder die nodigheid van heffingverplasing; slegs die omgesette voet aan die begin van reël 13 trek die aandag - as nog 'n verdere, finale, wending. Reël 14: die heffing wat hier op die lidwoord ‘die’ val, moet ver- | |
[pagina 96]
| |
skuif. Dit kan egter nie na ‘met’ verskuif nie omdat dié woord gewoon 'n voorsetselfunksie vervul, en omdat die opeenvolging ‘met die’ albei in dalingsposisie gewoonlik tot elisie sal lei, sodat dié twee woorde as een daling in die ritmiese patroon gerealiseer kan word: ‘...’ Die heffing kan ook nie op die eerste sillabe van ‘onsigb're’ val nie; die wenslikheid van 'n verskuiwing van 'n heffing na een van die omringende woorde sal dus uitgeskakel word. Maar voordat 'n mens dié heffing laat verval, is dit nodig om na te gaan of dit moontlik op 'n ander woord in die reël krag kan uitoefen; en die enigste woord wat daarvoor kwalifiseer, is ‘nie’. So word die skandering dan:
‘met die onsigb're naelstring wat nie breek’
'n Geskandeerde ‘nie’ sal gepas wees: daardeur word die moontlikheid dat die band tussen moeder en kind in die toekoms kan breek, uitgeskakel, want die heffing op ‘nie’ gee die versekering dat dit nooit sal breek nie. Met hierdie versekering van die ‘nie’ is Die moeder nie slegs 'n gedig waarin verlede en hede betrek word nie - maar ook die toekoms. By die skandering van die veertiende reël is daar nog twee probleme. Ten eerste: die heffing op ‘wat’. Dit lewer geen belangrike betekenisonderskeiding nie; 'n verskuiwing daarvan na die tweede sillabe van ‘naelstring’ lyk egter nie onmoontlik as die relatiewe duur van die sillabes ‘ - string’ en ‘wat’ in ag geneem word nie, alhoewel dit natuurlik nie van dieselfde krag kan wees as dié op ‘nael -’ nie. Ten tweede: in die skandering het een daling verval. Word die woord ‘onsigb're’ egter as normale viersillabige woord gerealiseer, sal die daling wel daar wees: ‘met die onsigbare naelstring wat nie breek’
Deur die strenge toepassing van die ritmiese patroon is dit duidelik dat die woordverkorting - sekerlik ‘ter wille van die metrum’ - onnodig is. 'n Mens kan moontlik in 'n geval soos dié selfs praat van 'n ‘fout’ in die ritme. Wat eensillabige voorsetsels, hulpwerkwoorde, voornaamwoorde, lid- | |
[pagina 97]
| |
woorde en voegwoorde in heffingsposisies betref, kan daar uit die voor-afgaande ondersoek, tentatief, die volgende ‘beginsels’ vasgestel word. As 'n geaksentueerde voorsetsel ens. nie 'n ‘sluimerende’ betekenis in 'n gedig kan weergee nie, lyk dit wenslik dat die heffing daarop, met inagneming van die ritmiese patroon - d.i. van die aantal en wyse van opeenvolging van heffings en dalings - verskuif, en nie verval nie, aangesien dit moontlik nog 'n belangrike funksie op 'n ander woord kan vervul. Hierdie verskuiwing sal gewoonlik die woorde naaste aan die (van sy heffing ontneemde) woord beïnvloed maar dit kan ook verder weg van krag wees. As die losdrywende heffing geen rusplek kan vind nie, of as dit 'n ongevraagde betekenis op 'n ander woord gaan aktualiseer, sal dit moet verval; maar nie voordat daar 'n duidelike funksie voor is nie - anders kan die moontlikheid van 'n fout in die ritmiek nie uitgeskakel word nie. Die belangrikste slotsom is dan dat die patroon wat as hulpmiddel gebruik word in die sterk ritmiese vers nie na die willekeur van die metris kan verval wanneer eensillabige voorsetsels en ander skynbaar ‘onbelangrike’ woorde probleme oplewer nie - selfs nie eens as die digter (onbewus?) daardie patroon gewysig het deur die invoeging van ekstra heffings nie.
In die sterk ritmiese vers, die vers wat dus 'n abstraheerbare patroon het wat toegepas kan word as deskriptiewe middel, het die aanduidings wat die digter gee van heffingsposisies gewoonlik 'n uiters belangrike funksie. Dié aanduiding geskied in die Afrikaanse vers hoofsaaklik deur die aanwending van aksenttekens, alhoewel daar ook gevalle is waar gekursiveerde woorde in 'n gedig die heffing kan trek, soos bv. die ‘my’ in die volgende reëls uit Ex unguine leonemGa naar voetnoot13.: ‘Wat ek van mense of van God wil meen,
word in my dofheid dof’.
Albei reëls skandeer normaal jambies, maar a.g.v. die gekursiveerde my in die tweede aangehaalde reël kan die heffing verplaas word: | |
[pagina 98]
| |
‘word in my dofheid dof’
sodat ‘my’ dieselfde belangrikheid verkry as ‘ek’ in die eerste reël: ‘Wat ek van mense of van God wil meen’
Die aangeduide aksent op 'n woord kan op twee maniere die patroon beïnvloed. Ten eerste, waar die aksent val op 'n woord wat in die normale metriese skema ongeaksentueerd sal wees, soos in die geval van Die moeder (reël 9), en ook in die bogenoemde geval. Die volgende voorbeelde van geaksentueerde lidwoorde, voegwoorde ens. sal illustreer: 1[regelnummer]
‘dié wat in jare donkerte
sy wynsteen kon laat sak’
2[regelnummer]
maar ingewikkeld alles ken
en mens wil wees én reinGa naar voetnoot16.
3[regelnummer]
My land, my dor, verlalteland
‘Kry onsjdit ooit helder, kindjie?
| |
[pagina 99]
| |
4[regelnummer]
‘Kry ons dit ooit helder, kindjie?
kry ons óóit die kink uit?
daar's nou net een voudig net niê
ritssluilters wat sluit’Ga naar voetnoot16.
In al die gekursiveerde gevalle sou daar met die toepassing van die normale patroon dalings op die woorde ‘die’ (1), ‘en’ (2), ‘iets’ (3), en ‘nie’ (4) gewees het. Dié dalings is egter verdring deur die aksent-tekens van die digter, sodat hulle as dalings verval: die patroon is dus deur innerlike noodwendigheid verbreek, en hierdie verbreking word duidelik geaktualiseer, veral deur die voetmaat. Maar daar is ook 'n tweede wyse waarop die digter se aksenttekens die patroon kan raak: wanneer daardie teken staan op 'n woord wat in die patroon die heffing sal kry, soos bv. die ‘ooit’ in die laaste voorbeeld (‘kry ons óóit die kink uit?’). Dié woord staan waar die heffing sou val. Was dit dan werklik nodig vir die digter om te aksentueer as die metriese skema dit tog self doen? Dié vraag kan moontlik as volg beantwoord word: normaal geskandeer (sonder die digter se aksent op ‘ooit’) sal die reël kan wees: ‘kry ons ooit die kink uit’
(die eerste strofe van die gedig is oorwegend trogeïes). Aangesien daar 'n heffing op ‘ooit’ val plus die aksent wat die digter gee, kan 'n mens vanuit die patroon verklaar dat ‘ooit’ eintlik twee heffings moet kry. Vir die hele reël gee die patroon drie heffings en drie dalings. Om dié balans te bewaar, sal twee heffings op ‘ooit’ 'n heffing van 'n omringende woord moet trek, sodat ‘ooit’ so sterk uitstaan dat dit die | |
[pagina 100]
| |
omringende woorde gaan verdwerg. In dié geval bied die volgende skanderingsmoontlikheid hom dan aan: ‘kry ons ooit die kink uit’
met 'n daling, 'n ‘ekstra’ daling, op ‘kry’Ga naar voetnoot17.. Die volgende, soortgelyke, voorbeelde moet ook beskou word: 1 ‘maar ék loop in my hart en sing:
My fees is Een April’Ga naar voetnoot18.
Sonder die aksentteken sal die reël byna normaal jambies skandeer; maar die werkwoord ‘loop’ sal 'n verplasing van die heffing op ‘in’ kan vra (omdat 'n geaksentueerde ‘in’ ‘binne in’ kan beteken, wat hier sinloos is), dus: ‘maar ek loop in my hartlen sing’
met 'n omgesette tweede voet. Sodoende is ‘loop’ prominent. Die digter aksentueer egter ‘ek’, én die metriese patroon gee 'n heffing daarop - dus twee heffings: een ander heffing sal moet verval, waarskynlik dié op ‘loop’: ‘maar ek loop in my hart en sing’.
Nou trek ‘loop’ nie die aandag nie, maar ‘ek’ - soos die digter dit bedoel het. Die dubbele aksentuering van ‘ek’ is verder betekenisvol. Die laaste reël van elke strofe in dié gedig eindig met die refrein: ‘my | |
[pagina 101]
| |
fees is Een April’; en in elke reël, behalwe in die eerste strofe, word ‘my’ met 'n kleinletter geskryf na die dubbelpunt van die vorige reël. Aan die einde van die eerste strofe, dus ná die enigste deur die digter geaksentueerde ‘ek’, begin ‘my’ met 'n hoofletter. Gesien die belangrikheid van dié ‘ek’ kán die hoofletter metries betekenisvol wees, kan dit 'n omgesette voet aandui met 'n heffing op ‘my’ - die enigste plek in die hele gedig waar 'n heffing daarop sal val. Met 'n geaksentueerde ‘ek’ en die hoofletter by ‘my’, kan dié reëls dan skandeer: 'n Verdere voorbeeld met die werkwoord ‘loop’: 2[regelnummer]
‘Niemand mag mos óóp loop
al vat ons son, al vat hy: Son...’Ga naar voetnoot20.
Normaal trogeïes, met inagneming van die werkwoord en sonder die aksent op ‘oop’, sal dit skandeer: ‘Niemand mag mos oop loop’.
Met aksent én metriese heffing op ‘oop’: ‘Niemand mag mos oop loop’,
sodat ‘loop’ moet swig voor die belangrikheid van ‘oop’. | |
[pagina 102]
| |
‘Dit het geen sin dat ons-twee praat
jy hoor nie: jy't die hoor verlaat;
en ék skree oop-keel sonder stem.
Die liefde braak van haat’.Ga naar voetnoot21.
Sonder die gegewe aksent op ‘ek’, sal die derde reël moontlik kan skandeer: ‘en ek skree oop-keel sonder stem’;
maar die normale skandering sal gewoon jambies wees, met 'n metriese heffing op ‘ek’ dus. Die aksent plus metriese heffing op ‘ek’ maak die skandering ondubbelsinnig: ‘en ek skree oop-keel sonkter stem’
In die eerste twee voorbedde het daar telkens 'n daling ingesluip waarvoor daar nie voorsiening gemaak is in die patroon nie. Dit kan egter nie ‘reggestel’ word nie, omdat die digter self die patroon verbreek het deur sy aksentuering - net soos in die gevalle waar woorde wat metries in dalingsposisies val deur die digter geaksentueer word en daar dan 'n ekstra heffing in die versreël kom. Oor die ingewikkelde aspek van aksentuering deur die digter op alreeds metries belangrike woorde val daar nog dit te sê: wanneer die betrokke vers nie sterk ritmies is nie en daar dus nie 'n toepasbare metriese skema is nie, gee ‘ekstra aksentuerings’ die heffings duideliker aan, maar is hulle op sigself belangrik, sonder dat 'n patroon verder hoef te aktualiseer. In die volgende strofe val die tweede en derde reëls nie binne die skema van die eerste en laaste reëls nie: ‘nou sing die merel vieruur môre
waar ek bo die stad wag
netnou sal die kráái kom
en kom vertel daars dag’Ga naar voetnoot22.
| |
[pagina 103]
| |
Daar sal dus nie die hulp van 'n metriese skema wees om die heffings in dié reëls ondubbelsinnig te realiseer nie. Alhoewel 'n mens sonder die skema, en sonder die aangewese aksent op ‘kraai’ tog nog 'n heffing daar sou plaas, sou dié heffing moontlik nie die belangrikheid van die woord aangewys het nie. Die aksent gee nou vanself die aktualisering deur die kontras tussen merel en kraai op die voorgrond te bring. In 'n studie van die probleme wat veral die eensillabige voorsetsels binne die ritmiese patroon bring, is daar gevind dat die gedrag van die voorsetsel ‘van’ binne dié patroon so akkuraat moontlik, deur middel van voorbedde, toegelig moet word. Dié voorsetsel kan bedrieglik wees omdat dit gewoonlik nie deur 'n digter geaksentueer word nie - geen geval van 'n geaksentueerde ‘van’ kon trouens in die Afrikaanse poësie gevind word nie, terwyl dit verskeie betekenisse kan weergee na gelang van 'n aksent daarop. In die Verklarende Afrikaanse woordeboek word die volgende onder ‘van’ gegee: ‘van (voors.), druk uit: (1) beweging (- huis); (2) tydstip waarop handeling of toestand begin (- Kersfees tot Nuwejaar); (3) berowing, bevryding, ens. (daar 'n paar - neem; - van die dood red); (4) verdelingsgenitief (een - my maats); (5) afkoms, oorsprong (- 'n ou geslag; gedigte - Visser); (6) stof, eienskap ('n huis - steen; 'n man - eer); (7) aanleiding, oorsaak (sterf - honger; skreeu - pyn); (8) nadere bepaling (die titel - baron)’Ga naar voetnoot23.. In sewe van hierdie uitdrukkingsmoontlikhede lyk dit of ‘van’ sonder aksent sy funksie sal kan verrig. Al val daar dan ook 'n metriese heffing op dié voorsetsel in een van die sewe betekenismoontlikhede sal dit geen verskil maak nie en sal die heffing eintlik verkwis word, aangesien dit moontlik op 'n ander plek in die versreël beter werk sal kan doen. Of 'n mens dus lees ván Kersfees tot Nuwejaar, een ván my maats, 'n huis ván steen, of: van Kersfees tot Nuwejaar, een van my maats, 'n huis van steen; sal dit geen verskil maak aan die betekenis wat ‘van’ gee nie. Dit is egter by die aanduiding van beweging waar 'n aksent wel moontlik sal wees om dubbelsinnigheid teen te gaan. In 'n normale prosasin soos die volgende kan daar bv. 'n element van onduidelikheid wees as daar nie kontekstuele verband is nie: ‘Die verklaring is deur sewe Protestantse Kerkmanne van Amerika onderteken’. Sonder 'n aksent op ‘van’ sal 'n mens geneig wees om te lees: ‘sewe Amerikaanse Protestantse Kerkmanne’. 'n Geaksentueerde ‘van’ kan weer beteken: ‘sewe Protestantse Kerkmanne wat van Amerika af gekom het...’ | |
[pagina 104]
| |
'n Paar voorbeelde uit die poësie sal kan aantoon dat daar uiters versigtig te werk gegaan moet word by die skandering wanneer dié voorsetsel in 'n reël voorkom. Die reëls word weergegee soos hulle, hipoteties, sal skandeer in die vasgestelde ritmiese patroon: 1[regelnummer]
‘Maar watter van die gode sal ek prys
dat hierdie winterglans en hierdie dag
sowat van goud en deuirskyn-grys
voor hierdie oog laat speel?’Ga naar voetnoot24.
2[regelnummer]
‘en van die goue en flikkerlose oog
deur die maer nek bo die lang vlerk
tot in die klou was alles soos 'n boog
gespan...’Ga naar voetnoot25.
‘Ons wil moet blink wees, buigsaam soos die staal,
een helder drif, een lem, een straal
vanuit die brein, die skouer, die taaie digte
| |
[pagina 105]
| |
vlegsel van die spiere en armgewrigte
tot in die koe punt van die mes’Ga naar voetnoot26.
4[regelnummer]
‘Maar vanuit die kosmosvelde word die hart
deur caballero's weggelok
na die arena van die goud en swart
en, voor die skares afgehok,
deur rooi skoenlappers uitgetart’.Ga naar voetnoot27.
5[regelnummer]
‘en van omhoog
skuif Oog in oog -’Ga naar voetnoot28.
6[regelnummer]
‘groot liefde was in my, en mededoë
en weke van die duislt're in ons hart,
want alles was deurweek van sterflikheidGa naar voetnoot29..
| |
[pagina 106]
| |
'n Ondersoek na die posisie van die voorsetsel ‘van’ in die geskandeerde gevalle sal aantoon dat dit, vanselfsprekend, in enige plek - in 'n heffings- of dalingsposisie - kan staan. Maar dit aktualiseer nie noodwendig die betekenis ‘vanuit’ of ‘vanaf’ in elke geaksentueerde situasie nie. Nadat die betekenis ondersoek is, lyk dit of die persoon sal moet meegee en die betrokke heffings verplaas. In die meeste gevalle sal. so 'n verplasing wel binne die patroon kan geskied. Die eerste reël van die eerste voorbeeld gee ‘van’ as benadruk aan binne dié patroon, in teenstelling met die ongeaksentueerde ‘van’ in die derde reël. Albei voorsetsels is egter 'n aanduiding van die genitief, daar kan dus geen heffings op hulle wees nie - die heffing in die eerste reël moet verskuif of verval, 'n Te groot ontwrigting van die patroon sal veroorsaak word deur die verwydering van die heffing; dit kan dus geplaas word op ‘maar’, en elisie kan by ‘van’ en ‘die’ die bykomende daling absorbeer: ‘Maar watter van die gode sal ek prys’
In die tweede voorbeeld daarenteen kan die geaksentueerde ‘van’ wel ‘vanaf’ aandui en uitreik na voltooiing in 'n ander voorsetsel, nl. ‘in’. Die patroon aktualiseer dus die ‘verwagte’ betekenis, en die feit dat ‘van’ 'n heffing dra, word versterk deur die latere voorsetsel ‘in’Ga naar voetnoot30.. By die derde voorbeeld is daar nog twee ander geaksentueerde voorsetsels, nl. ‘van’ in die 4de en 5de reëls. Albei is egter genitiefsvorme, sodat die heffings moet verskuif: | |
[pagina 107]
| |
In die eerste reël het die heffing op ‘van’ nou verval, sonder 'n verplasingsmoontlikheid; tensy 'n mens dit na die volgende reël wil laat verskuif: ‘tot in die koel punt van die mes’
Met so 'n weglating van heffings wat veronderstel is om daar te wees volgens die patroon, kan die ritme óf as foutief beskou word óf moet aan die digter die voordeel van die twyfel gegee word. Dit lyk wel of die weglating in dié geval funksioneel kan wees, in ooreenstemming met die vier heffings in die laaste reël: 'n algemene vermindering van heffings wat lei tot 'n sametrekking in die laaste ‘...koel punt van die mes’. Ook in die vierde voorbeeld verval die heffing op ‘van’, sonder verplasing: ‘na die arena van die goud en swart’
alhoewel die moontlikheid van verplasing na die ‘en’ van die volgende reël aanvaarbaarlyk: ‘en, voor die skates afgehok’
Dit wysig dan die gevolgtrekkings t.o.v. die verplasing soos gegee op p. 120, aangesien verplasing van 'n heffing ook nou die volgende reël kan raak. Dit lyk onwaarskynlik dat dit verder as die volgende reël sal gaan - en dan moet daardie reël ook sintakties en sonder 'n duidelike pouse enjambeer met die vorige - soos die geval hier is. Voorbeeld vyf illustreer slegs weer die verlangde betekenisaktuali- sering by 'n geaksentueerde ‘van’, nl. ‘vanaf’. Die probleme waartoe dié voorsetsel kan lei, is duidelik in die sesde voorbeeld: ‘en wete van die duist're in ons hart’
| |
[pagina 108]
| |
Geaksentueerd sal ‘van’ die volgende betekenis gee: ‘wete vanaf, wat kom van, die duist're in ons hart’; daarteenoor, sonder die heffing, is die betekenis: ‘wete van dit wat duister is in ons hart’. Laasgenoemde moet vir dié gedig as die juiste betekenis aanvaar wordGa naar voetnoot32.. Die feit dat die patroon egter die eerste moontlikheid daarstel, en die metris vir 'n oomblik kan verwar, is genoeg aanduiding dat dié spesifieke voorsetsel versigtig behandel moet word waar dit in die pad van 'n heffing staan. Maar by alle eensillabige, skynbaar onbeduidende, voorsetsels, hulpwerkwoorde, lidwoorde en voegwoorde wat deur die metriese skema d.m.v. heffings belig word, moet die metris waak teen 'n verontagsaming van die ‘beginsel’ dat die skema as hulpmiddel (in die sterk ritmiese vers) in 'n groot mate dwingend kan wees, en dat enige verskuiwing van heffings derhalwe duidelik binne daardie skema gemotiveer moet word. |
|