Die vlakte en andere gedigte
(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend
[pagina 118]
| |
'n'Vaders trots, 'n moeders sorg was hij,
sij eerste skrede het haar hand gelei,
sij kindertaal haar moederhart se vreug.
In vrees des Here en in stille deug
het sij hem groot gemaak-nou leg hij daar,
verniel, vergooi, geen-een weet waar.
V'r hem het liefdes hand die maal berei,
die rusbed na die sware dag gesprei;
en kinder-armpies om sij hals gesla'e
het hem met nieuwe moed die sorg laat dra'e.
Herenigd vond hul steeds die awend-uur
om awend-lamp of wintervuur.
Hoe lang, helaas, hoe lang werd hij gemis,
die bose da'e deur, aan haard en dis.
Maar lang reeds had die late vredes-dag
o'er velde en see die ander t'huis gebrag
toen nog v'r hem, met oge moeg van stare,
vergeefs gewag was, jare en jare......
Hij lê alleen, verlore en verlaat
waar slegs die windje sugtend langes gaat.
Lui dwalend o'er die velde in die rond
siet soms 'n herder daar die hopie grond,
waar va'erlandsgrond, deur hem so teer bemind,
hem nou om-arm, - haar held, haar kind.
Verloor v'r almal hou sij net v'r haar
hem nou so aan haar moederbors bewaar,
tot nieuwe lewe opgaat uit die dooje
als hier die ploeg eens langs gaat deur die sooje
en koring-are rijp uit helde-bloed
- om vrijheids-kroost opnieuw te voed!
| |
[pagina 119]
| |
'n Stille kind was hij van stille velde,
historieblad sal nooit sij dade melde
en mark noch straat sij beeld te pronk vertoon.
Van wereldswoeling verre was sij woon.
Geen taal of teken wat sij naam ons noem.
Geen digterlied sing ooit sij roem.
Wie sing die lof van somer-son en re'en,
wie dank die aarde v'r haar milde se'en,
wie prijs die vrugte-boom na rijke drag,
deur najaars-wind onttooi van blare-prag?
En so die held, onwetend van sij daad,
wat net maar doet, en dankloos gaat.
O salig wie die kleine loon ontbeer
wat mart'laars nooit ontvang en nooit begeer,
tevrede dat hul voet 'n spoor mag druk
op d' steile pad, in waarheids dienst gebuk,
- die spoor waar Vrijheid nooit van af mag dwaal
wil 's eens haar hoogste kroon behaal.
In d' sterwens-ure sag sij brekend oog
d'oerwinnings-vaan van dwinglandij omhoog,
maar bo hul dronke feest en blij gejuig
stond waarheids kalm gelaat hem toegebuig,
voorspellend aan haar held in d' stof gekrom
d' o'erwinningsdag wat eendag kom.
Vergete, ken die eeuwe tog sij waarde,
verlore, berg hem tog die moeder-aarde.
Behoed, behou, tot éen geword met haar
hou sij die skatte in haar skoot bewaar,
- haar grond verrijk, en hegter nog die band
wat ons verbind aan d' Vaderland.
|
|