Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige [pagina 120] [p. 120] XIV. O'erwinning. Kom lê jou hand in mijne Agneta mij ou vrouw, d'is sestig jaar van more dat ons twee het getrouw. Laat onweer raas, laat winde waai, laat d'hele wereld keer en draai, hou ik maar net v'r jou. O, skone trouw-dag more so fris, so klaar en blij toen ons twee naas mekander na dorp toe het gerij! Die more-son was op die veld - besaai met blomme ongeteld - die mooiste blom v'r mij! Die mense langs die strate het almal omgekijk; en 'k sien ou Kol nog drawwe, sij mooiste windmaak-strijk, 'n strikkie aan sij kop gebind sij hoefslag bowe in die wind, en vóor moes almal wijk. [pagina 121] [p. 121] O, waar 's die jonge lewe aan Soetendal se vlei, ons huw'liksdag se lente? Ach, al te gou verbij; bedreig deur dwing'landij se juk waar vrijheids kinders nooit voor buk en onreg nooit wil lij. Hoe swaar die skeidings-ure Van d'ou geboorteplek! Maar vrijheid was die leuse en noordwaarts was die trek. In 's Heren hand ons lot geleg, Sij Woord die lig op onse weg, - so ver die velde strek. Dit was 'n weg van lije van strijd en bloed en rouw; maar met jou hand in mijne, Agneta mij ou vrouw, het ons barbaar en B...t trotseer deur vuur en water, wind en weer, en onse land gebouw, gebouwe so's van 's lewe ons huisie, sterk en heg: die klei het jij gedra'e, die stene het ik geleg; geen storm of brande strijk hem neer of uit sij as verrijs hij weer en staat weer klaar en reg. [pagina 122] [p. 122] En vriend'lik skijn daarbuite nog onse son, voorwaar, deur al die droewe da'e v'r ons nog trouw bewaar. En onse ook so's altijd nog die land met onse bloed gekog. - en ons nog altijd daar! Die pad was lang en opdra'ens maar d'uitspan 's nabij nou, en uit ons stramme hande vat onse kroos die touw. En hand in hand wag ons gedwee tot Va'erlands grond ons rusplek gee Agneta, mij ou vrouw. Vorige