Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 114] [p. 114] XII. Die kindertjes In die lewe se tuin is die more se douw nog fris op die knoppies net ope gevouw in die lig van die voorjaars-more O, die dag is nog jong en die ure kan wag als die awend moet daal op hul somerse dag, Als die blaartjes moet val en verdorre; die lewe se tafel is nouw'liks gedek, die handjes belus naar die vrugte gestrek, die bordjes met ete nog vol; die korrels is klein en nog sag in die aar, O, die maaier kan wag om die oes te vergaar tot die jaar op sij end is gerol. Maar die stormwinde spot met gebed en getij: o'er die sonnige veld skuif 'n sombere sprei d'is die onweer, hij kom, hij kom! O, die ha'elslag se geesel is wreed en gouw, en sij pad is geteken met trane en rouw. - verpletter lê aare en blom! [pagina 115] [p. 115] Die pad van die wereld is steil en lang. die voetjes nog klein en nog wankel van gang, die handjes gehewe om steun. O, wie, in sij krag, sal die onskuld mislei, die lammetjes jaag wat nog soek naar die wei, die swakheid verstoot wat wil leun? O, waar is die lafaard so snood en so wreed wat ei'ebaat-soekend die kleine vertreed, ont-erend 't mannelik staal? O, wie sou begeer met o'erwinnaar se vaan op die graf van die weerlose onskuld te staan, na sege op onmag behaal? Getui'e dit, heuweltjes, rije aan rij op eensame velde in stilte versprei! Wat bêre jul in julle skoot? ‘Die onskuld vertrap onder hebsug se voet, die lammers gesmoor in hul moeders se bloed, - met helde vergaar in die dood!’ O, ween nie v'r hul nie, die bron was nog rein toen 't weer in die Vader se Hof het verdwijn, - van wereldsbesmetting nog vrij, Die lammetjes wreed deur die wereld verstoot is veilig weer t'huis in die Vader se skoot. - terug bij Sij kudde gelei. V'r wie berg die lewe nog gawe so skoon als reeds op die drempel die martelaars-kroon, met vrijheid se helde behaal? Benijdbaar wie vroeg in hul rus word geleg, in vaderlands bodem v'r vaderlands reg, - met sterflose eere omstraal! Vorige Volgende