Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 111] [p. 111] X. In memoriam. Aan Steenkool-spruit het ons hem stil in sij laatste rus geborge; 'n man was hij tot sij snewens-uur, sij land en sij lewe verkog hij duur, - en hij slaap tot die jongste morge. Sij t'huis was die veld van Suid-Afrika, die stilte sij lewens-gesel; maar die ploeg was opsij en sij roer was klaar toen sij Vaderland roep in die uur van gevaar, - en, ach, 't was sij laaste vaarwel. Die brandwag was hij die more vroeg in die drup re'en vaal en naar; die vure was dood en die la'er was stom toen hij fluister: ‘die vijand! hij kom! hij kom! op kerels! maak klaar, maak klaar!’ 'n Skot in die donker, twee, drie - vier! en die storm trek los langs die rij. O, die werk van die dood was wreed en gouw waar die klein-geweer kraak in die more-grouw, - en ik hoor hem nog: ‘Kerels, staan bij!’ [pagina 112] [p. 112] Sij plek was voor, waar die blits-vure spat uit die roers in die donkere lijn; die vuur in sij oog is die ster van die dag, en die veer op sij hoed gaat ons voor so's 'n vlag, - tot die Here sê: ‘Dese is Mijn!’ Die storm is verbij en die bare gaan rond om die oes van die dood te vergader; waar die geel gras buig in die sugtende wind lê stijf en verkrom menig moeder haar kind, - geleen en geneem deur die Vader. En hij? Ons staan almal in stilte rondom, so's op heilige grond van die Here, waar hij lê, met sij roer in die krammende hand en sij manlik gelaat naar die vijand se kant, - so's 'n held op die veld van eere. Geen uitlands marmer omknel sij bors, maar hij rus in die moeder-aarde. Sij land sal hem mis in die uur van haar lot maar sij bloed sal gedij, op die wenk van sij God, in volheid van tijd, en van waarde! Vorige Volgende