Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 109] [p. 109] IX. Veldbrand. Ver so's 'n ster in die diep van die nag, so's 'n oogie wat waak en wat wenk in sij vaak, hou 'n liggie die wag, - ver, so's 'n ster......... Geen moeder is daar wat haar kindje bewaak, geen awend-gebed na die werkdag se taak, geen minnende paar wat in stilte sit vrij bij die nag-kers se vlammetje, sij aan sij. Nee, rouw en wee Is nou t'huis op die veld; wat nog leef, wat nog roe- is die dood op die loer en ontketend geweld. [pagina 110] [p. 110] Ver en wijd o'er die velde verspreid lê broer en vader en moeder en kind, so's blare verstrooi deur die najaars-wind, wat teme-lang sug so's hij kom en kom en moeg al van klage bij rukke verstom. Rooi word die lug o'er die bulte se rug; en swart te'en die gloed sprei die bome hul arme, so's smekende hande wat roep om erbarme. Die vuurkring dij uit o'er die hang van die rande, en die winde se asem kom warm uit die brande. In vliegende rij kom die vurige stoet, en eensame mure staan rooi in die gloed. - Geswind voor die wind woel die vlamme se rij, deur die grafte o'ergroei en verlate op sij, waar 'n voortrekker rus met sij brawe ou vrouw, - tot die laaste groot trek aan s'n sij nog getrouw. Die rouwkleed lê wijd in die lig van die maan, waar nakende gewels als wagters blij staan; en rokies trek opwaarts nog hier en nog daar, - so's kwijnende walm bij 'n dooie se baar. Maar luister, wat sing daar so deur die geklag van die winde se huil in die hol van die nag, net's 'n moeder haar stem wat haar kindje wil sus, net's 'n statige psalm van vertrouw en berus? En hoor hoe die orgeltoon dij en swel tot die sterre omhoog: ‘dit is wel, dit is wel!’ Vorige Volgende