Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 105] [p. 105] VII. Die kamp-suster. Suster Anna, ik voel d'is die dood wat kom; slaat ope die tent-doek, na buitekant om, dat vrij mij oog o'er die bulte gaan. - Suster Anna, ik hoor 'n kerk-klok slaan. Ik hoor hoe dit kindertjes roep v'r mij; van ons klompie moes ik nog die laaste blij. Kom neem toch mij hand, so's jij dikwils doet; - Ach, altijd was Suster v'r ons so goed. Mij man, hij lê ver langs Toegela-stroom af en niemand wat weet waar hij rus in sij graf; ach, Suster, en neem nou die Heer nog v'r mij, dan is Pieter allenig nog ower-geblij. Ik weet hij blij staan met sij roer in sij hand ja, trouw tot die dood, v'r sij volk en sij land; en mog dit so wees dat die Heer hem behoed, so breng hem tog, Suster, sij moeder haar groet; en sê v'r hem, selfs op die donkere rand het jij vrese noch bewing gevoel aan haar hand; en dit was haar troos, dat haar Pieter sal hou aan sij God en sij land, aan sij eere en trouw. [pagina 106] [p. 106] Die kindertjes, Breggie en Japie en Faan, het Suster die een na die ander sien gaan; en jij sê daar's 'n plekkie v'r mij nog geblij, waar moeder kan rus aan klein Fanie se sij. Die ou huis se murasie staat swart en ontbloot, waar almal so saam was om moeder haar skoot, maar ver van die huis en verstrooi deur die land, rus almal tog saam in die Here se hand. O'er die velde kruip saggies die awend se grouw, maar, Suster, ik sien nog die hemel se blouw. - Daar rol 'n gedreun o'er die bulte aan; Suster Anna, ik hoor 'n kerk-klok slaan...... Vorige Volgende