Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 102] [p. 102] VI Die brand. Dit is die winterwind wat waai, al wenend deur die lange nag, al wenend om die verre dag; die twijge swenk die takke swaai, dit is die winterwind wat waai. Hij sleep die sug van eeuwe mee uit dieptes van die diepe see, en waar vergane skepe rus op menig maan-gebleekte kust; hij sing van lang vergete wee, - hij breng die sug van eeuwe mee. hij kom o'er velde ver en wijd o'er grafte in hul eensaamheid, waar moeders van hul sorge rus, waar kindersnikkies is gesus; - dit is die lied van d'eensaamheid hij kom o'er velde ver en wijd. ‘Mij ma, ik hoor van verre om 'n dreuning o'er die velde kom!’ ‘Dit is die bome in die wind, die wilge-takke kreun, mij kind.’ [pagina 103] [p. 103] ‘Mij ma, ik hoor mij brakkie huil, wat sou daar kruip, wat sou daar skuil?’ ‘Mij kind, die nag is koud en lang, die diertje is alleen en bang.’ ‘Mij ma, dit dreun al in die rond so's pêrde-hoewe op die grond; mij ma, wat lig daar so's 'n vuur van buite op die kamer-muur?!’ ‘Mij ma, daar brand die koring-miet!’ ‘Mij kind die Heer Sij wil geskied!’ Is daar 'n beul so woest en wreed wat manne-eer en plig vergeet, met onskuld en met swakheid lach en uitdrijf in die winter-nag? Is daar 'n hand wat nie ontsiet die liefste wat Gods aarde bied, die skoonste gawe uit Gods hand: die vaderhuis in d' vaderland? d'is heilig grond, d'is heilig grond, die plekkie waar een wieg eens stond en waar 'n jonge moeder blij haar kindjes eerste skrede lei. waar sij die lippies, jong en teer hul eerst' gebedje het geleer en waar sij lange nagte vaak vol angst en kommer het gewaak. [pagina 104] [p. 104] 'n Stille vrede dra die plek waar, om die witte tafel-dek, die etens-ure so om haar die blonde koppies het vergaar: en uit herinn'rings blij verlee, vergange da'e se soete wee, berg elke hoekie so sij deel; O wee wie 't hart die skat ontsteel! Daar staat 'n moeder met haar kind alenig in die winter-wind, en niemand wat haar trane siet en niemand wat haar trooste bied. En wilde vlamme strooi dit wijd die vrug van lange lewens-vlijt, in vonke deur die lug gesaai in vonke wat die wind verwaai. Haar kindje aan haar bors gevouw beskut sij te'en die winterkou, - die trane wat sij swijgend ween so op haar wang tot ijs versteen. En winterwinde sing die lied van eensaamheid en stil verdriet; en sonder weerklank sterf die klag op wije velde in die nag, al sugtend deur die gras se saad, en verre is die dageraad. Die twijge swenk die takke swaai, dit is die winterwind wat waai...... Vorige Volgende