Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 100] [p. 100] V. Die strijd. Droef en lang was die nag, grijs en guur breek die dag - ver ruis die re'en...... In gebede geskaar, in die re'en bijmekaar smeek ons af in gevaar, Vader, Uw se'en! Stil, so's skaduws wat kom sluip die vijande om, - nader en nader...... Daar 's 'n blits! daar's 'n knal! hoor die sla'e dreunend val! Voorwaarts éen, voorwaarts al! - Lei ons, Al-vader! Va'erlands-grond drink die bloed, nog vol vrijheid se gloed - louw uit die wonde; menig sterwende sug dra 'n groet deur die lug bo' die wapen-gerug, - ver in die ronde. [pagina 101] [p. 101] O, die lippe wat bleek om 'n waterdronk smeek, - wonde wat brande! Ongehoor, ongeag menig kermende klag waar die woelende slag dreun o'er die rande. In die dood liewe God lei Uw hand nog ons lot als in die lewe. Mog Uw wil dit begeer aan Uw voete, O Heer, lê ons d' lewe weer neer, eenmaal gegewe. En in eensame nag staat die sterre se wag - stil en van verre, o'er die helde se skaar tot hul ruste vergaar, onbelas, onbeswaar, - veilig gebêre. Vorige Volgende