Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 97] [p. 97] III. Afskeids-more. ‘Kijk voor d' laaste, vrouwtje, nog met mij 'n slag hoe die son so vriend'lik o'er ons tuintje lach, so's die eerste more na ons huw'liksdag; of die skone dag, Magreet, van geen leed of skeie weet; of mij plantjes wag en wenk dat mij hand hul laaf'nis skenk. Arrem is die siel, Magreet wat om steentjes graaf en sweet, en in elke droppel douw nie 'n edelsteen aanskouw; in paleise mag hul woon, ons geluk vertrap en hoon, maar geen skatte koop hul vrij uit die armoed wat hul lij.’ ‘Sit mij Albert op geen troon, bo sij voorhoofd straal 'n kroon wat 'n vorst hem mag benij, - tot die dood moet dit daar blij; [pagina 98] [p. 98] mag mij hoofd ten grawe buk eer ik jou die kroon ontruk, Albert, eer mij swakheid jou van jou manne-plig kan hou.’ Wijd o'er huis en velde rus weer lang die nag als so bij die bedjes éen nog bid en wag, - bid om troos en kragte na die skeidings-dag. Vorige Volgende