Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 95] [p. 95] II. Die laaste a'ent. Nog nie na bed! wat 'n pret, wat 'n pret! met jurkies aan en voetjes bloot so met Pappie te rol en stoei en stoot! Ja, laat mag hul speel het Mammie gesê voor Pa hul van a'end in hul bedje sal lê. - Maar, verlege soek Breggie bij Mammetje skuil, vra soetjes aan haar waarom Paatje toch huil? nog nooit bij hul speult'jes het hij dit gedoen, en so dikwils tot selfs die klein voetjes gesoen. Wijd o'er huis en velde rus al lang die nag als so bij die bedjes twee nog bid en wag, wakend tot die more - wrede skeidings-dag. ‘Vader in Uw hoede leg ons hulle neer, gee ons eendag, Vader aan elkander weer; wil, Vader, o'er ons huisie waak dat leed noch honger dit genaak.’ [pagina 96] [p. 96] Droom-verlore dotjes, rustend naas mekaar, hoor gebed noch klage, weet van geen gevaar, met éen troos tevrede: moeder is nog daar, om die oogies moeg en vaak met haar soentjes toe te maak. En na 'n diepe suggie gaan die borsies teer so in stille sluimer stadig op en neer; handjes sag en roserooi bo die hoofies opgegooi, - reine handjes, sonde-leeg, handjes waar geen las op weeg. Vorige Volgende