Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 82] [p. 82] Die vo'el. Ik is 'n kind van son en wind, die wije lug mij woon; storm-omwaai het mij wieg geswaai in 'n wilgeboom se kroon. Maar bij re'en en nag was mij bedje sag en warm bij felste vorst, - met liefde gesprei deur mij moeder v'r mij, met veertjes gepluk uit haar bors. In die diep van die nag was daar oge op wag so's twee kole vuur benede, maar bo die gevaar van hul moordlus bewaar was ons bo in ons huisie tevrede. [pagina 83] [p. 83] Als die dag-lemier bloos in die ligtende oost dan voel ik mij borsie klop vol dank en ontsag v'r die vorst van die dag, en ik spring uit mij bedje op; en hoog in die lug pijl ik op in mij vlug om sij eerste groet te vang, als die nag-sluier omlaag nog die velde o'ervaag, - met douw-diamante behang. O, meteens skiet 'n glans uit die gloeiende trans! en ik juig mij blijdskap uit, in die goud gevat van mij glorie-bad, - gevul van mij feestgeluid. Tot die deinende blouw wil ik opwaarts nou, tot die koepel-welf wijd en puur waar die sterre, verloor deur die dageraads gloor, verdwijn is in grondloos asuur. [pagina 84] [p. 84] 'n Roserooi blos kruip o'er velde en bos, en groots lach die vlakte benede, tot purper verglooi waar die dal-laagtes plooi - van blinkende strome deursnede. Tot die verste verskiet strek mij wije gebied: geen grens of boei v'r mij. bo' die klein gewoel wat in stof krioel, bo druk en dwinglandij. In heersugs trots sien ik nasies bots en worst'lend hul lot besleg, - die lijke, so's graan deur die ha'elslag geslaan, naas mekaar op die vlakte geleg! Maar bowe gevaar van die wilde misbaar, op rustende vleugel gehang. sweef ik kalm en in vree in die skadewé mee van 'n wolk op haar stadige gang. [pagina 85] [p. 85] Elke jaar word ik bang als die skadewe's lang en langer gerek word benee dat die magtige swing van die aarde op haar kring haar buite die bane laat tree; en ik volg mij vorst in mij lewensdors naar die Noord waar die aard hem verlaat, deur koue en gloed en o'er velde en vloed, - sij trouwe trawant, waar hij gaat. En ik is dit weer, als hij wederkeer, wat die blije boodskap breng, en, terug in mij woon in die ou wilge-kroon, 'n liedje van wellekom sing. Vol luister en prag op mij huweliksdag kwam die son als ons bruilofsgast deur 'n wolke-poort skouw uit die lewende blouw, - van die voorjaar se buie gewas; [pagina 86] [p. 86] die lower se koel van sij sprankels deurwoel, vol vlonkers van pinkend kristal, gestrooi van omhoog uit die kleurige boog - gespan o'er die geurende dal. Als die onweer kom en die donder brom dan rij ik die wilde orkaan, op vlugtige vlerk voor die fronsende swerk, - van bliksems geklief op sij baan. In die Here se huis is ik o'eral t'huis, gedrenk en gevoed elke uur, in die golwe verskoon op die berge getroon, - die aarde mij voorraadskuur. Ik is die fee van vrijheid en vree, misterie mij kome en gaan, onbedwing, onbespied, niemand weet, niemand siet waarhene of waarvandaan. Vorige Volgende