Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 80] [p. 80] Die maan. In die blekend awendblouw, glimmend deur die wolkies flouw, glij die maan al deur die sluier langs haar paadje waar sij kuier, van haar perelkleed omvouw, in die blekend awendblouw. Maar die peilloos diep verdonker waar die sterre-heir uit flonker. en sij swewe wijd en breed o'er die blouw fluweele kleed, - sprakeloos van trots en prag, meesteresse van die nag. Eensaam is haar weg gelege op misteries wonderwege; in die donker, waar sij dwaal. deur die verre wonderstraal van die dagvorst voorgelig, - volgend waar sij wenke rig. [pagina 81] [p. 81] En 'n weerglim sprei daar wijd van haar kleed en majesteit, - droom-gedra'e towerstraal, wonder-wasend waar dit dwaal, o'er die rande in slaap gesus, o'er die boomgaard waar ik rus. Ver geheime dra dit aan wat die blaartjes net verstaan, uit die dieptes van die sfere, uit die woning van die Here: stille hoor ik fluister-fluister in die loof se skemerduister. Maar al blij ik luist'rend staan waar die windje kom en gaan, onverstaanbaar v'r mij ore gaat die lispeltaal verlore; maar, wil ik mij huiswaarts keer, nieuw-belowend lok dit weer. Slaap kom blus mij, 'k gee mij ower in mij huisie, maan-omtower, so's ik op mij laaste dag eens die dood, Uw suster, wag - vragensmoeg maar vol vertrouwe in misteries arm gevouwe. Vorige Volgende