Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 78] [p. 78] Chamonix. Onder 'n denne-boom in die land van berg en stroom, waar 'n watertje val in 'n sonnig dal lê die helft van mij hart begrawe. Vo'eltjes sing daarbij, die blommetjes praat van mij, en die klokkies klink om so's die koeie kom, deur die heldere stroom gelawe. In hemelglanse bloot, in vorst'lik swijge groot, troon Alp-reuse om bo die dal se kom en kijk deur die denne bowe. Wolkies krui verbij so's skapies in hemelse wei, wat weifel en draal of hul nie sal daal in die groen van die lokkende klowe. [pagina 79] [p. 79] Louwe geure dwaal deur mij lower-saal; en van ver kom 'n deun so's 'n weerklank wat dreun uit die velde se somerdag-drome. Bowe langs twijg en tak loer die lug deur mij tempeldak, deurvonkel, deurweef met die goud wat leet in die weem'lende groen van die bome. Najaarswindjes, strooi blaartjes o'er mij kooi, dek mij toe ik is mat en moe, vergeet wil ik rus en verborge. Winter, begrawe mij onder jou blanke sprei, waar blommetjes praat van die dageraad wat kom met die voorjaars-more. Vorige Volgende