| |
| |
| |
Die dorp-sondag.
Sondaars kom, sondaars kom!
roep die klokke, om en om;
hoor 't op die mure beier,
rukke-golwend, wijer...... wijer,
- of so langs die lege straat
o'er en weer die gewels praat.
als 'n glimlag van die Heer;
stralebundels, skoof op skoof,
strooi hij deur die koele loof,
om op stille stoep en muur
sonneskijfies te borduur.
Voor geslote luik en deur
speel die vo'eltjes ongesteur,
en waar skaduws lang-gestrek
o'er die straat hul bane trek.
Hoor die klokke roep nog om:
sondaars kom, kom sondaars kom!
| |
| |
En die weerklank sprei en draai
tot die blouwe heuwel-rij,
wijd o'er akker, tuin en wei',
waar die diere dromend staan
van hul knellend tuig ontdaan,
waar die vliegies gons en dans
En langs tuin en bome-laan
kui'r die vrome skare aan,
stadig in hul Sondags-gang,
vrij van arbeids sorg en dwang,
spiere in arbeids skool gehard
rustig nou in kledend swart.
In die voorhof van die Vader,
waar Sij kudde stil vergader,
met elk vallend sonnestraal.
En naar buite, teme-lang,
sweef die vrome kerk-gesang,
o'er die grafte, rij aan rij,
om die bede-huis versprei.
Deur die sipres-bome, luister,
is 't of daar stemme fluister
van die verre stille kust
- stemmend als uit hoger sfeer
in die lofsang aan die Heer.
| |
| |
Blindend rus die volle vloed
van die laaie middag-gloed
op die strate leeg en lang
waar in skrijnend koorgesang,
uit die hangend wilge-loof
krekies ook hul Skepper loof,
- of die warmte weerklank vind
in hul deuntje wat 't bind.
In omsluitend groen gehuld
staan die gewels, sonverguld,
deur die awendgroet omstraal
van die dagvorst, so's hij daal,
in sij bed van karmosijn.
Maar daar's trane in die groet,
in die laggie bitter-soet,
- so's 'n moeder op die dag
als die Heer haar wenk en wag,
in haar ruste haar wil lei,
maar, haar kindje agter-blij.
v'r sij kroos in donk're nag,
stuur die dag-vorst nog 'n straal
uit sij vorst'lik voorportaal,
so's 'n gouwe baan gestrek,
om die wag omhoog te wek.
Kijk, die a'endster is al daar
eerst van almal kant en klaar,
| |
| |
en hij roep die woord alom
tot die wagte kom en kom,
op hul konings hoog bevel.
Op die trouwe wag verlate,
donkerwallend langs die strate,
staan die huisies, slaap-bevang
deur die verre kikker-sang,
nag-omslote trouw bijeen,
......liggies blussend, - een v'r een......
|
|