| |
| |
| |
Japie Greyling.
(Histories.)
Swart is die nag en geen windje roer,
o'er huis en veld kruip die dood op loer.
Moeder Greyling bid en sij waak en wag,
want vier wat haar sorge het groot gebrag
swerf o'er die rande en veld vannag,
mikpunt daar van d' moordend lood
- net nog Japie aan haar skoot.
Die dagster verbleek op sij wag-pos omhoog,
waar die dageraad klim so's 'n ligtende boog;
maar angstige blikke deurboor nog die skoot
van slepende skaduws in laning en sloot.
En kijk! so's met klouw en met vleugel geswind
van die nag-uil, wat val op sij prooi so's 'n wind,
kom 'n bank uit die grouw van die skemering op,
- dit is stormende ruiters in jagend gelop!
Hulle kom, hulle kom o'er die slapende werf,
en soekende oge dreig dood en verderf.
Halt! - en hul swaai uit die sa'els op die grond,
Voorwaarts! - hul singel die huis in die rond
Maar weerlose vrouwe slegs loon die geweld
van moordgrage blikke en wapens geveld,
- die vo'els gevloge, nog vrij op die veld!
| |
| |
O, arm is die harte aan ridderlik eer
wat bloedverraad kweek en wat trouwbreuk begeer;
so is stille veragting die welverdiend loon
van die hoofdman, wat nader met strengheids-vertoon,
en durf om 'n moeder en elfjarig kind
te vra naar die skuilplaats van broeder en vrind.
Maar, O skrik! so's 'n Gesler, wreedaardig en fel
die hart eens beproef het van Switserlands Tell,
so waag 't die hoofdman - beskawing, leen oor -
om die bors van 'n moeder met angst te deurboor:
‘Hier seuntje, jou hand, en gaat same met mij!’
- so's 'n lam naar die slagting laat Japie sig lij;
deur die raam mag die moeder hem slegs nog aanskouw,
en daar, voor haar oog, stel die Khaki hem nou.
‘Kom, seuntje, die roer in mij hand is gereed’ -
- en sij grimmige oge staan dreigend en wreed -
‘wijs, wijs met jou hand waar die Boere-mag trek,
of ik skiet jou daar dood waar jij staat, op die plek!’
Hij kijk naar sij moeder, verbleek in haar skrik,
maar ‘moed, Japie, moed,’ lees hij slegs in haar blik,
hij kijk o'er die rande, hij kijk o'er die veld,
en dit klop is sij borsie met jagend geweld.
‘Ik skiet!’ brul die wreedaard, en mik al sij skoot,
en...... ‘skiet’ seg Japie, ‘skiet dan maar dood!’
Versteend in haar skrik staat die moeder te wag
op die springende blits, op die moordende slag!
| |
| |
Godlof en wonder! kijk, swijgend en tam,
of die hand wat dit hou in sij krag is verlam,
daal die moordtuig omlaag, en die woest'ling verswind
voor die kalm-durvend oog van 'n weerlose kind!
So's Altorfs dal held Willem Tell
in beeldend brons voor oge stel.
met Walter trouw aan vaders sij,
so stel ons fier en vroom en blij
ook in ons harte hoog 'n troon
v'r moeder Greyling en haar soon;
en in die rolle van die faam
vra ons 'n plekkie v'r hul naam
Skande-naam van ‘beed'laar-geus’
werd der vaad're eere-leus,
en tot vijands skrik en rouw
o'er die waa'tre fier ontvouw.
trots mag ons ons naam reeds dra,
in ons wapenskild dit voer
tot 't eens die wereld roer,
eere-naam van ‘Takhaar-Boer!’
| |
| |
Want wie ook hul helde roem
reeds aan moeders haard en skoot;
ongesien word hul daar groot,
v'r ons daag'raads more-rood.
wat geen rower ooit nog vond;
waak met moed, beleid en trouw
bo bereik van rowersklouw.
|
|