Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 58] [p. 58] Aan 'n blommetje. Klein blompie in die more-son 'k het nooit gedenk toen jij mij wenk uit groene gras dat van die dag mij hart aan jou verlore was. Jou kleine hart was ope wijd, en uitgespreid so's ronde waaier daaromheen die blaartjes fijn in sonneskijn. En om jou koppie was 'n glans, 'n stralekrans van lewend lig, - 'n weerskijn van jou kleine siel, so vol, so vol dat d'owervloed in rijke gloed die blije dag werd weergegee. Jou steeltje had jij hoog gebeur bo blare en gras, of jij verruk wou opwaarts klim tot d'hoge troon waar lewe en lig se koning woon, [pagina 59] [p. 59] maar was blij staan in opwaarts gaan, - in stom aanbiddings boei geslaan. O, kon 't ons gegewe wees 'n o'enblik die vreug te voel wat jou deurwoel en wat uit saal'gheids blij teveel ons mededeel, in jubeling van geur en prag, 'n loflied op die somerdag! Van daardie dag voel ik mij sterk in lewenswerk en lewensstrijd: als bange sorge in die nag mij rus ontroof, als leegheids waan of domheidsmag mij moed wil doof dan sie 'k jou staan. Vol lewensmoed en stille deug, vol lewenslus en lewensvreug lach jij mij aan - hoewel, so's daardie somerdag, al lang vergaan. En waar mij lewensweg ook lei, geen berge of dale kan ons skei, geen see'e wijd. Van eeuw'gheid werk jou kleine gees, en sal so's mijne onsterf'lik wees tot eeuwigheid! [pagina 60] [p. 60] Die bijtje gaf jij ook haar deel: 'n droppie vog 'n greintje meel - onsigbaar klein, maar in die eeuwe tel 't mee met wereld-deel en wereldsee, - kan nooit verdwijn. So dra jij in 'n droppie douw, in spie'elend blouw, die groot Heelal! En in Sij dienst, mij kleine vrind, mog ons mekaar se wege vind in aardse dal. Vorige Volgende